Welkom by Die Moerse Average Podcast, die grootste en beste podcast gemaak deur ons.
Ons gesels oor 'n sanger, volksdigter en oor-die-algemeen raakvatter. Al is sommige dinge beter onaangeraak gelaat.
Een ding is seker: as iemand gekies sal word om terug te gaan in tyd om die geskiedenis vir die beter te verander, is dit ons. Skakel in om te hoor wat ons sou doen.
Na 'n baie kort en pynlose swangerskap word 'n baba gebore wat enige ouer sal teleurstel. Ons gesels so bietjie oor die Suid-Afrikaanse verkiesing en die raakvatters waaruit te kies en keur was.