Podcasts about suid afrikaanse

  • 64PODCASTS
  • 1,817EPISODES
  • 10mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Dec 30, 2025LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026

Categories



Best podcasts about suid afrikaanse

Show all podcasts related to suid afrikaanse

Latest podcast episodes about suid afrikaanse

Nuus
Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 30, 2025 0:19


Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg ook te midde van berigte van ten minste 17 Suid-Afrikaners wat na Rusland gelok is met valse opleidingsbeloftes. Hy dring in 'n onderhoud met SABC News daarop aan dat waaksaamheid aan die dag gelê moet word wanneer oorsese werkaanbiedinge aanvaar word:

Nuus
Siya sê hy wil nader aan sy kinders wees

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 0:20


Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê dit was 'n moeilike besluit om die Sharks te verlaat. Vyf jaar nadat hy die Stormers te midde van die ineenstorting van die unie verlaat het, sal die 34-jarige terugkeer na die klub waar hy vroeër naam gemaak het. Die Sharks, wat 17-miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal het om Kolisi van die Franse klub Racing 92 vry te stel, was huiwerig om so 'n uiters belangrike speler te verloor, maar omstandighede het blykbaar verander. Kolisi sê hy wil nader aan sy skoolgaande kinders wees:

Nuus
SA bevestig soewereiniteit oor immigrasie beleid

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:18


Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die regering gaan nie onderhandel oor sy soewereiniteit en gebruik van regsreëls nie. Amerika beskuldig Suid-Afrikaanse owerhede dat hulle Amerikaanse amptenare aanhou wat besig was om hul pligte uit te voer deur humanitêre hulp aan Afrikaners te bied. Dit volg na ʼn klopjag by ʼn vlugteling-verwerkingsentrum in Johannesburg, waar sewe Keniaanse burgers gearresteer het wat na bewering onwettig vir ʼn Amerikaans-geaffilieerde organisasie gewerk het. Die departementele woordvoerder Chrispin Phiri sê hulle neem ook kennis van bewerings oor die bekendmaking van privaat inligting van Amerikaanse amptenare:

Nuus
NVG het 8 456 beslagleggingsbevele bekom ter waarde van R31,1 miljard

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:19


Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het onder sy G20-presidentskap voorkeur gegee aan bateherwinning in die G20-werkgroep teen korrupsie. Sedert Augustus 2025 het die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingsvereniging 8 456 bevriesingsbevele bekom met ʼn geskatte waarde van 31,3 miljard Suid-Afrikaanse rand. Kubayi het by ʼn konferensie in Katar gesê die werksgroep het hoëvlakbeginsels ontwikkel vir die administrasie van bates waarop beslag gelê is:

Nuus
Cyril betreur skendings van SA se naam

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:20


President Cyril Ramaphosa sê dit is kommerwekkend dat daar diegene, binne en buite die land, is wat hul uiterste bes doen om 'n vals prentjie van die Suid-Afrikaanse omgewing te skets. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer tydens die nasionale herdenking van Versoeningsdag by die Ncome Museum in KwaZulu-Natal. Ramaphosa sê die land se kritici skilder 'n vals prentjie wat ontwerp is om vrees en haat te saai, maar hulle sal nie slaag nie:

Nuus
Gayton McKenzie betreur moord op DJ Warras

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:18


Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het sy meegevoel betuig na die moord op Warrick Stock, algemeen bekend as DJ Warras, gister in Johannesburg. McKenzie beskryf hom as 'n gerespekteerde uitsaaier en kulturele figuur wat jong talent gekoester en Suid-Afrikaanse skeppendheid gevier het. Hy glo buitelanders betrokke by die kaping van geboue kan moontlik met die moord verbind word en sê die betrokkenes sal aanspreeklik gehou word:

Nuus
Brent ru-olie neig onder US$60 'n vat

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:44


Sedert die begin van Desember beweeg olie pryse afwaarts. Brent neig vanoggend onder 60 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit kan 'n vroeë Kersgeskenk vir wêreld ekonomieë wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gesels.

Nuus
Goud styg weens swakker Amerikaanse dollar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:39


Goudpryse het Vrydag tot 'n sewe-week hoogtepunt gestyg, versterk deur 'n swak Amerikaanse dollar en 'n toename in werkloosheid in die VSA. Die edelmetaal het op 4 286 dollar per fynons gesluit, en verhandel vandag teen sowat 4 337 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper oor die beweegredes agter goud se vertoning gepraat:

Nuus
Groot teenkorrupsie byeenkoms in Doha

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:19


Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lei vandag die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die elfde VN Teenkorrupsie-konferensie in Doha. Die woordvoerder van die minister, Terrence Manase, sê die week lange geleentheid sal na verwagting meer as 2 000 afgevaardiges van oor die wêreld saamtrek vir samesprekings oor voorkoming en bedreigings, insluitend kubermisdaad en KI-korrupsie. Die span van Suid-Afrika sluit in die SAPD, die Nasionale Vervolgingseenheid, die Spesiale Ondersoekeenheid, die Finansiële Intelligensiesentrum en die Departement van Internasionale Betrekkinge:

Nuus
Slaagsyfer van 30% in SA belemmer werkskepping

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 13, 2025 0:17


Die United Africans Transformation sê Suid-Afrikaanse werkgewers sukkel reeds om werkers met basiese vaardighede soos geletterdheid, syfervaardigheid, en probleemoplossing te vind. Die party waarsku die handhawing van 'n slaagsyfer van 30 persent in skole vererger hierdie vaardigheidsgaping, wat leerders onvoorbereid laat vir die eise van die moderne werkplek en hul toekomstige werksgeleenthede beperk. Die woordvoerder van UAT, Mighty Mabule sê die lae drempel verberg sistemiese probleme in onderwys:

Naweekaktueel
Naweekaktueel 13 Desember 2025

Naweekaktueel

Play Episode Listen Later Dec 13, 2025 52:05


Reddingspogings by 'n Hindoe-tempel in Durban wat ineengestort het, gaan voort. Menseregte kan met een woord saamgevat word. Nóg 'n Suid-Afrikaanse rolprent word staande toegejuig in Londen.

Nuus
Vlakke van armoede daal in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:20


Die regering het die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika oor armoedesyfers in die land verwelkom. Dit wys 'n merkbare afname in armoedevlakke oor die afgelope 17 jaar. Volgens die verslag het die persentasie Suid-Afrikaners wat onder die laagste armoedelyn leef met 1 300 Suid-Afrikaanse rand per persoon per maand met pryse van 2023, met 37,9 persent in 2023 gedaal het. Die woordvoerder van die regering, William Baloyi, sê hoewel die vordering bemoedigend is, is dit nog nie genoeg nie:

Nuus
Voorstel oor SA se minimumloon verwelkom

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:21


Die vakverbond Cosatu verwelkom die voorstel dat die nasionale minimum loon volgende jaar met 1,5-persent bo die inflasiekoers styg. Dit sal beteken dat die huidige 28 Suid-Afrikaanse rand en 79-sent per uur in 2026 die 30 rand-kerf verbysteek. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die verhoging sal verligting bring vir 5,5-miljoen werkers in die landbou-, konstruksie-, kleinhandel en skoonmaak-sektore wat die minimum loon verdien:

Nuus
DA verwelkom skoolveiligheidsplan

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 0:22


Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie in die eerste drie kwartale van vanjaar aangemeld het. Hy sê die skade beloop meer as 5,1-miljoen-rand:

Nuus
Wes-Kaap begroot R17m vir brande die somer

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 0:20


Die Regering van die Wes-Kaap het 17 miljoen Suid-Afrikaanse rand bewillig vir brandbestryding vanuit die lug om hierdie somer vinniger op veldbrande te reageer. Die befondsing is deel van die provinsie se 2025/2026 somergereedheidsinisiatief, wat gemeenskappe, eiendomme en kritieke natuurlike infrastruktuur sal beskerm. Verlede jaar is meer as 11 000 brande aangeteken, met meer as 75 000 hektaar wat geraak is. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê voorspellings waarsku teen 'n warm, droë en winderige seisoen:

Monitor
Monitor 8 Desember 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 49:42


Die ANC gaan sy vernuwingsveldtog by sy hoofraadsvergadering in oënskou neem. Die veiligheid van fluitjieblasers is onder die vergrootglas ná die moord op Getuie D by die Madlanga-kommissie. Minder as 30% van Suid-Afrikaanse soldate is gesond genoeg om ontplooi te word. Fedsas is bekommerd dat die Menseregtekommissie traag is om klagtes in die onderwyssektor te ondersoek.

Nuus
Goud bly onvoorspelbaar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 0:37


Goud het verlede maand sy hoogste prys tot dusver vanjaar behaal, met 4 381 Amerikaanse dollar per fynons op 20 Oktober. Daarna het dit effe terugsak voordat dit herstel het om die maand op 4 001,82 dollar per fynons af te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat meen dis moeilik om te voorspel waar die goudprys teen die einde van vanjaar gaan draai. Hy verduidelik hoekom:

Nuus
SA kan ook nie Lenacapavir bekostig nie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 0:17


Nes ons eie gesondheidsminister sê haar Suid-Afrikaanse eweknie, Aaron Motsoaledi, Suid-Afrika kan tans nie bekostig om duur Lenacapavir te koop en te versprei nie. Lenacapavir is 'n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee dosisse per jaar. Motsoaledi sê Suid-Afrika kry meer as driekwart van die LEN-dosisse wat die Globale Fonds aan nege lande skenk. Dit is egter steeds veel minder as wat nodig is om 'n voldoende duik in nuwe MIV-infeksies te maak:

Nuus
AfriForum maak alarm oor waterverliese

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 0:17


AfriForum sê die waterstelsel is in 'n krisis, met munisipale ineenstorting, lekkende infrastruktuur en onbetaalde rekeninge wat watertariewe opjaag. Onlangse verslae deur waterrade toon dat munisipaliteite in KwaZulu-Natal daagliks meer as 1 miljard liter water verloor, wat meer as 6 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kos. Lambert de Klerk van AfriForum het die Nasionale Tesourie en die Departement van Water en Sanitasie versoek om onmiddellik op te tree deur lekkasies te herstel, aanspreeklikheid af te dwing en oplossings vanuit die gemeenskap te ondersteun om inwoners se watersekerheid te beskerm:

RSG Geldsake met Moneyweb
Het SA 'n draaipunt bereik?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 16:20


Dr Christo Wiese, bekende Suid-Afrikaanse sakeman, deel sy mening oor dis stand van die land. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Vier vas oor beweerde militêre werwing vir Rusland

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 0:20


Vier verdagtes verskyn môre in die Kemptonpark-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem is vir vermoedelike oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hulle is by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep terwyl hulle op pad na Rusland was. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê 'n Suid-Afrikaanse vrou het na bewering hul werwing vir die Russiese weermag fasiliteer. Mogale het aan SABC News gesê elektroniese toestelle is gekonfiskeer en owerhede ondersoek moontlike wyer veiligheidsbedreigings:

Nuus
Curro-aandeleverkoping 'puik vir onderwys in die land'

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 0:38


Botswana en Namibië het die 7,2 miljard Namibiese dollar verkryging van Curro aandele goedgekeur. Die aandele van Curro was gekoop deur die Jannie Mouton-stigting. Die stigting is deur Suid Afrikaanse besigheidsman Jannie Mouton begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die besturende direkteur van Windhoek Gymnasium gepraat, Colette Riekert wat uiteensit wat dit vir Namibiërs beteken. Curro gaan nou van die JSE gedenoteer word en word as 'n nie-winsgewende maatskappy geregistreer.

Nuus
SA veroordeel staatsgreep in Guinee-Bissau

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 0:15


Die Presidensie sê die Suid-Afrikaanse regering veroordeel die militêre staatsgreep in Guinee-Bissau en noem dit 'n bedreiging vir demokrasie gedurende 'n kritieke verkiesingstydperk. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, moedig vreedsame dialoog aan en sê Suid-Afrika sal met die Afrika-unie en die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State saamwerk om bestendigheid in Guinee-Bissau te herstel:

Nuus
Cat beweer hy het R500 000 aan Cele betaal

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 27, 2025 0:18


Die misdaadbeskuldigde sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die parlementêre ad hoc-komitee beweer die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het onder eed gelieg. Die bewerings is deel van 'n voortgesette ondersoek na politieke inmenging en onreëlmatige gedrag in polisiëring. Matlala het onder polisiebewaking by die Kgosi Mampuru maksimum sekuriteitsgevangenis in Tshwane getuig hy het 500 000 Suid-Afrikaanse rand in twee betalings aan Cele gegee, en die geld moes verklaar word as hul vergadering vir navorsingsdoeleindes was:

Nuus
RISE het kommer oor 20% van polisiestasies wat onbewoonbaar is

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 0:19


RISE Mzansi het sy kommer uitgespreek dat ongeveer 118 uit 1 165 polisiestasies as onbewoonbaar geklassifiseer word. Waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia het vroeër gesê die stasies wat die meeste geraak word, is in Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal - almal in gebiede wat hoë misdaad beveg. Hy het 35 beplande opgraderings aangekondig, insluitend nuwe bouwerk en herstelwerk, gerugsteun deur 'n begroting van 305 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Makashule Gana van RISE Mzansi doen 'n beroep op toesigbesoeke om behoorlike besteding en veiliger werksomstandighede te verseker:

Nuus
NNN op pad G20 toe

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 0:34


President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die naweek by wêreldleiers in Johannesburg aansluit om Namibië se ontwikkelingsprioriteite by die G20 te bevorder. Die Presidensie sê Nandi-Ndaitwah is deur die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa genooi om die beraad as 'n spesiale gas by te woon. Sy sal Namibië se afvaardiging lei en opmerkings lewer in twee sessies: "Inklusiewe volhoubare ekonomiese groei – niemand agterlaat nie" en "'n Veerkragtige wêreld". Jonas Mbambo, presidensiële woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Ekurhuleni prioritiseer G20 bo inwoners se dienste

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 0:15


Die Vryheidsfront Plus het burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, gekritiseer omdat hy 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee het aan G20-maatskaplike beraadlokale sonder begrotingsgoedkeuring terwyl inwoners verbrokkelende dienste moet verduur. Dit sluit in langdurige kragonderbrekings, watertekorte, rioolstortings en onverwyderde vullis. Jennifer Glover sê die party eis duidelikheid oor die befondsingsbron, die goedkeuring van die Tesourie en die beskerming van noodsaaklike dienste, maar het geen reaksie ontvang nie. Glover sê die Metro prioritiseer prestige bo inwoners se basiese behoeftes:

Nuus
SA sê 'n G20-verklaring is belangrik, ten spyte van VSA-waarskuwing

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 0:22


Die Verenigde State het aan die Suid-Afrikaanse regering geskryf en hom gewaarsku om nie ʼn G20-verklaring uit te reik sonder dié land se teenwoordigheid by die naweek se leiersberaad in Johannesburg nie. Amerika boikot die beraad en sê hy sal enige uitkoms wat as ʼn G20-konsensusposisie voorgehou word, blok omdat Suid-Afrika se prioriteite teen dié van Amerika se beleidsmenings indruis. Suid-Afrika se G20 Sous-Sherpa, ambassadeur Xolisa Mabhongo, het aan die SABC gesê dis vir Suid-Afrika belangrik om ʼn verklaring te verseker:

Nuus
Afrikane het hoë vlak van verdraagsaamheid

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 0:40


Ten spyte van wydverspreide kommer oor toenemende politieke polarisasie regoor Afrika, toon 'n nuwe Afrobarometer-opname van 38 lande 'n hoë vlak van politieke verdraagsaamheid onder burgers. Gemiddeld sê 'n sterk meerderheid van 81 persent van Afrikane wat in die afgelope twee jaar ondervra is, dat hulle nie sal omgee nie, of selfs aktief sal geniet, om langs ondersteuners van 'n ander politieke party te woon, met verdraagsaamheid veral hoog in Wes-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kommentator, dr. Charles Sinkala, gesels wat sê die vasteland weerstaan oor die algemeen diep partydige frakturering op buurtvlak.

Nuus
SAPD behaal groot sukses met onwettige goedere

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:20


Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand tydens onlangse landwye arrestasies. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê oor die afgelope twee weke het multidissiplinêre polisiespanne lasbriewe vir deursoeking en beslaglegging bedien op winkels en bergingsfasiliteite in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap. Sy sê dit het gelei tot die beslaglegging van meer as 800 000 nagemaakte en onwettige items:

Nuus
Jhb verwerp berigte oor R4 miljard betaling om staking tydens G20 te keer

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:18


Die Stad Johannesburg het 'n Sunday Times-artikel met die opskrif, Workers' R4bn G20 blackmail, heeltemal verwerp. Die artikel beweer die metro het 4 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy kapitaaluitgawebegroting aangewend om 'n betoging deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie om die G20-leiersberaad te ontwrig, te voorkom. Burgemeester Dada Morero se woordvoerder, Khathutshelo Mulaudzi, sê die artikel is deurspek van feitelike onwaarhede, teenstrydighede en ongegronde bewerings:

Nuus
Eskom se dieseluitgawes bly onder begroting

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 0:16


Eskom sê dieseluitgawes vir die jaar tot dusver bly deurgaans onder die begroting. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dieseluitgawes vir die afgelope week was slegs 4,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand, vergeleke met 287,64 miljoen rand gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Dit onderstreep die finansiële en operasionele voordele van Eskom se ommekeer. Sy sê die diesel is slegs gebruik vir omgewingskorrelasietoetse op Eenheid 12 by Ankerlig-kragstasie om aan statutêre vereistes te voldoen:

Nuus
GOOD vra regulering van aanlyndobbelary

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 0:20


Die GOOD-party vra die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om toesig oor en regulering van die aanlyn dobbelbedryf te verhoog. Die party sê volgens die jongste jaarverslag van die Nasionale Dobbelraad is die waarde van die dobbelbedryf 'n reuse 75 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2024/2025-boekjaar. Sarah Mabotsa sê GOOD ondersteun die instelling van voorgestelde regulasies, soos reeds aangeneem deur lande soos Australië, Brittanje en Finland, wat 'n afname in onwettige dobbelverkeer bereik het:

Nuus
Ekonoom sê oor goeie vertoning van SA-rand

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 0:38


Die Suid-Afrikaanse rand het vir die eerste keer sedert Februarie 2023 tot onder 17 per Amerikaanse dollar versterk, terwyl aandele en effekte gestyg het na die middeltermynbegrotingsopdatering wat 'n laer inflasieteiken en verbeterde fiskale vooruitsigte insluit. Die rand het soveel as 0,8 persent gestyg en sy sterkste vlak in byna drie jaar bereik, op grond van verwagtinge dat die sentrale bank rentekoerse langer hoër sal hou om prysstygings te demp. Die Johannesburgse aandele-maatstaf was Donderdag die wêreld se bespresterende aandele-indeks. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper.

Nuus
Baanbrekende gas-na-energie-aanleg sit vullis in krag om

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:23


Die Stad Kaapstad se nuwe gas-na-energie-aanleg sal genoeg elektrisiteit opwek vir 4 300 huishoudings deur sy afvalgas na kragopwekking-projek by die Coastal Park Vullisterrein. Die metro het reeds 93-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die projek bestee en sal die volgende drie jaar nog 82-miljoen-rand belê vir verdere infrastruktuur by ander vullisterreine. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die inisiatief sal in die toekoms vir homself betaal met verminderde elektrisiteit-aankope van Eskom en die verkoop van koolstofkrediete:

Nuus
Tax Justice bly oor opskorting van lisensies

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:20


Tax Justice South Africa sê die regering moet deurdruk met kriminele vervolgings soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wat die lisensies van drie sigaretvervaardigers opgeskort het. Die minister van Finansies Enoch Godongwana het die stap Woensdag in sy mediumtermyn-begrotingsrede in die Parlement aangekondig. Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê hulle verwelkom die regering se sterker optrede teen misdadigers wat die land jaarliks van 28 miljard Suid-Afrikaanse rand aan aksynsbelasting net op tabak beroof:

Nuus
Suid-Afrikaners in Donbas: Hoe het die werwing in die land plaasgevind?

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:19


Die DA eis aanspreeklikheid oor hoe 17 Suid-Afrikaanse mans met beloftes van werk gelok is om by huursoldaatmagte aan te sluit wat by die oorlog tussen Rusland en Oekraïne betrokke is. Die mans was blykbaar onder die indruk hulle gaan wettige opleiding kry of sekuriteitswerk doen, maar is gedwing om vir Rusland in Oekraïne se Donbas-streek te veg. Chris Hattingh van die DA sê die Staatsveiligheidsagentskap en Verdediging-intelligensie moet verduidelik hoe hierdie werwings in Suid-Afrika kon plaasvind sonder om bespeur te word:

Nuus
Enoch was nie dapper genoeg nie - Cosatu

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:16


Cosatu sê hy is bekommerd oor die mediumtermynbegroting wat nie dapper genoeg is om sigbare groei in die ekonomie te bring nie. Die minister van Finansies Enoch Godongwana was Woensdag optimisties in sy toespraak en het gesê staatsinkomste sal na verwagting vanjaar op 'n beter syfer as die verwagte 19,7 miljard Suid-Afrikaanse rand te staan kom. Die woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê hulle waardeer die ommekeer in verskeie belangrike afdelings van die staat, veral by Eskom, Transnet, metro rail en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens:

Nuus
SA-landbou verbind tot byebedryf

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:19


Landbouminister John Steenhuisen het die regering se verbintenis herbevestig tot die versterking van Suid-Afrika se byebedryf. Bestuiwing dra jaarliks meer as 10 miljard Suid-Afrikaanse rand tot die land se landbou by. Die land produseer jaarliks tot 2 500 ton heuning, maar verbruik byna dubbel soveel, en is sterk afhanklik van hoofsaaklik Chinese invoere. Steenhuisen sê byeboerdery is 'n belangrike bydraer tot die land se landbousektor as gevolg van sy bydrae tot voedselsekerheid, inkomsteskepping en ekonomiese ontwikkeling:

Nuus
NVG moet optree teen Prasa-hoofde: DA

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 0:19


Die DA vra die Nasionale Vervolgingsgesag om streng op te tree teen ses gewese uitvoerende hoofde van die Passasierspooragentskap wat betrek word by onregmatige kontrakte van 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand wat tussen 2010 en 2019 aangegaan is. Volgens ʼn verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid het hierdie persone kontrakte gesluit sonder om die regte verkrygingsprosesse te volg. Dit sluit sekerheids-ooreenkomste van 1,6-miljard-rand in. Chris Hunsinger van die DA sê die NVG moet beslissend optree om aanspreeklikheid te verseker:

Nuus
ANC stres oor burgers wat na oorloë gelok word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 9, 2025 0:22


Die ANC is diep bekommerd oor noodoproepe deur 17 Suid-Afrikaanse burgers wat tans vasgekeer is in die konflikgebied in die Donbas-streek van Oekraïne. Volgens berigte is sestien mans van KwaZulu-Natal en een uit die Oos-Kaap gelok om by gewapende magte in die Rusland-Oekraïne-konflik aan te sluit, onder die dekmantel van winsgewende werksgeleenthede. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu waarsku Suid-Afrikaanse burgers teen deelname aan buitelandse gewapende magte of die verlening van militêre bystand aan buitelandse regerings sonder magtiging:

Nuus
Die Oekraïne weet niks van 17 Suid-Afrikaners in Donbas nie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:17


Die Oekraïnse ambassade in Suid-Afrika sê hy ondersoek berigte dat 17 Suid-Afrikaanse mans in Oekraïne se Donbas-streek vasgekeer is. Die mans van tussen 20 en 39 jaar oud is glo met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Olexander Scherba, het aan die SABC gesê hulle sal nooit iemand aanmoedig om na die gevegsone te gaan nie:

Nuus
Nog 'n SAFA hoë by Jordaan-bedrogsaak gevoeg

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 0:18


Die Nasionale Vervolgingsgesag het die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van SAFA, Russell Patrick Paul, by die bedrogsaak teen Danny Jordaan en drie ander gevoeg. Phindi Mjonondwane van die gesag sê Paul het na bewering met die beskuldigdes saamgesweer om bedrog te pleeg deur betalings sonder 'n kontrak goed te keur. Mjonondwane sê Paul het in die Palmridge-landdroshof verskyn en is borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan. Die saak hervat op 21 November:

Nuus
SA-uitvoere na VSA laag, wisselvallig

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 0:12


Die Solidariteit Navorsingsinstituut se jongste tariefbarometer toon dat Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA in September toegeneem het, hoofsaaklik as gevolg van goud, wat vrygestel is van Amerikaanse tariewe. Ekonomiese navorser Theuns du Buisson waarsku dat uitvoere, met die uitsondering van edelmetale, laag en wisselvallig bly. Hy doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om beter handelsvoorwaardes te beding om uitvoere te stabiliseer, werkgeleenthede te beskerm en nywerhede te ondersteun:

Nuus
Noodoproep van 17 Suid-Afrikaners in Donbas-streek

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 0:17


Die regering sê hy het noodoproepe ontvang om 17 Suid-Afrikaanse mans te help om terug te keer huis toe nadat hulle in die oorloggeteisterde Donbas-streek in Oekraïne vasgekeer is. Die mans, tussen 20 en 39 jaar, is met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. Sestien van die mans is van KwaZulu-Natal en een van die Oos-Kaap. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering veroordeel die uitbuiting van jong, kwesbare mense:

Nuus
Eskom kap teë teen 'waninligting'

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 0:18


Eskom is bekommerd oor voortgesette waninligting oor sy stelselprestasie en dieselverbruik. Hy herhaal dat hy elke Vrydag deursigtige, datagebaseerde inligting oor sy bedrywighede gee. Die kragverskaffer word gedwing om miljarde Suid-Afrikaanse rand se diesel te gebruik omdat sy opwekkingsvloot nie betroubaar genoeg is om voldoende krag op te wek nie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê diesel word steeds strategies gebruik, met oopsiklus-gasturbines wat ʼn integrale deel van die opwekkingsvloot uitmaak:

Nuus
Geingos oorhandig ongelykheidsverslag aan Ramaphosa

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 0:33


Die voormalige presidentsvrou en medevoorsitter van die Globale Raad vir Ongelykheid, Vigs, en Pandemies, Monica Geingos, het Dinsdag die raad se verslag aan Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die titel is “Verbreking van die ongelykheid-pandemie-siklus: Die bou van ware gesondheidsekuriteit in 'n globale era”. Die oorhandiging is in Suid-Afrika gedoen aangesien die land die presidentskap van die G20 beklee, wat hom posisioneer om wêreldwye gesprekke te lei oor die aanspreek van ongelykheid en die versterking van pandemiese paraatheid. Geingos het gesê dat ongelykheid aangespreek kan word as daar politieke wil is. Ramaphosa het haar tydens die geleentheid bedank:

Nuus
Gary Player moet sy politiek vir homself hou

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 0:18


Die GOOD-party sê kritiek teen die staat se instelling van grondhervormings- en swart ekonomiese bemagtigingsbeleid is geregverdig, maar om die behoefte aan hervormende beleide teen te staan, is iets anders. Die bekende Suid-Afrikaanse gholfspeler Gary Player het gevra vir die dringende herroeping van die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging, omdat dit volgens hom 'n beduidende hindernis is om beleggings na Suid-Afrika te lok. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Player moes sy politieke sienings vir homself gehou het:

Nuus
SA-hofuitspraak bring hoop vir renoster-eienaars

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 0:41


'n Suid-Afrikaanse hofuitspraak oor renosterhoringhandel maak opslae. Nadat regter Pule Tlaletsi gelas het dat uitvoerpermitte toegestaan word vir horing van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel word, is bewaringsbewustes hoopvol. Jaco Muller, stigter van die Rhino Momma-projek, sê die besluit is 'n deurbraak. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy hoop dat dit Namibië se komende voorstel by Cites se COP20-beraad sal versterk om streng gereguleerde handel in renosterhoring en ivoor toe te laat.

Radio Scriptura
Perspektief - Oktober 2025

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 48:06


In Perspektief - Oktober 2025 gesels Scriptura oor ernstige nuusgebeure van die afgelope maand.  Pous Leo en koning Charles III bid saam vir die eerste keer in 500 jaar, en die stryd teen die Cultural, Religious and Linguistic Rights Commission (CRL) waarmee die Suid-Afrikaanse regering poog om kerke te reguleer.  En laastens het die Grootte kerk in Kaapstad 'n intergeloof byeenkoms gehou vir die geregtigheid van Palistyne wat in die oorlog in Gaza vasgevang is.