Podcasts about verkiesing

  • 15PODCASTS
  • 74EPISODES
  • 14mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Jun 27, 2024LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about verkiesing

Latest podcast episodes about verkiesing

Podlitiek
Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jun 27, 2024 30:28


In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.

Nuus
Britse verkiesing: Tories sukkel voort

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 27, 2024 0:28


Die Britse premier Rishi Sunak en die leier van die Arbeidersparty sir Keir Starmer het hulle laaste debat voor volgende week se verkiesing gevoer met peilings wat toon dat die Tories nie op die oomblik baie gewild is nie. Anand Menon, direkteur van die UK in a Changing Europe-organisasie, het die stand van sake so verwoord.

Nuus
Jeug moet opgevoed word oor verkiesing, politiek

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 21, 2024 0:41


Daar is kommer oor die jeug wat blyk om apaties te wees en nie veel belangstel om te gaan stem in die komende verkiesing nie. 'n Voorstel is gemaak dat regeringsposte net oopgestel moet word vir mense wat as kiesers geregistreer is en gaan stem het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat 'n beter voorstel het.

Nuus
Fopnuus gaan toeneem voor verkiesing - ken dit so uit

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 13, 2024 0:38


Namibiërs berei voor vir die verkiesing van 27 November te midde van 'n oplewing in disinformasie op sosiale media. 'n Algemene taktiek wat deur propagandiste gebruik word is om betroubare nuusbronne na te boots, met die doel om geloofwaardig en legitiem voor te kom. 'n Voorbeeld in Namibië is "The Windhoek Times," 'n sosiale media-bladsy wat homself as 'n betroubare nuuskantoor voordoen. Kosmos 94.1 Nuus het 'n onderhoud met Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, gevoer oor hoe Namibiërs disinformasie en fopnuus wat op sosiale media sirkuleer in die aanloop tot die verkiesing kan hanteer.

Nuus
Gebruik sosiale media om jeug by verkiesing te betrek

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 10, 2024 0:29


Met die verkiesing wat op hande is kom die vraag op of media huise genoeg doen om Namibiërs meer te leer oor die verkiesing. In 'n onlangse vox pop deur die Engelse dagblad The Namibian het 'n meerderheid van die jeug met wie gepraat was gesê hulle sal nie stem nie, omdat hulle nie genoeg inligting het om 'n besluit te neem nie. Dit is nie duidelik of hulle onkundig is of nie genoeg in politiek belangstel nie. Charmaine Ngatjiheue, 'n joernalis en 'n verteenwoordiger van die Namibiese Media Vakbond, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat die fokus moet wees om die jeug in te lig oor die verskiesing.

Podlitiek
Ep. 245 - 2024 verkiesingsuitslae ontleding

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jun 7, 2024 31:28


In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.

ernst politiek iec suid afrika verkiesing podlitiek
Nuus
Sosiale media, die jeug en die verkiesing

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 4, 2024 0:38


Die jeug se aandag word nou meer as ooit op sosiale media gevestig en daar is baie ruimte vir maatskappye, en natuurlik, politieke partye, om die jeug te bereik. Die vraag is of daar voluit gebruik gemaak word van die geleentheid. Volgens die woordvoerder van die LPM, Lifalaza Simataa doen die verkiesingskommissie nie naastenby genoeg vir die jeug nie.

RSG Geldsake met Moneyweb
Wat sê staatseffekte van die verkiesing?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 30, 2024 8:32


Gert Visser van Rand Merchant Bank oor hoe staatseffekte reageer op die verkiesing. Volg RSG Geldsake op Twitter

Die ekonomie minuut
Die wisselkoers, die verkiesing, en die MBK

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later May 30, 2024 2:06


Gister in die ry om te stem vra iemand my of die rand al begin val het. Dit is so dat sentiment, veral rondom ʼn verkiesing, ʼn rol kan speel, maar toe dink ek dit is dalk interessant om te praat oor die faktore wat die wisselkoers bepaal. Dit is nou nie hierdie week se veranderinge nie in die rand-dollar koers nie, maar die onderliggende, fundamentele drywers van die wisselkoers. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

RSG Geldsake met Moneyweb
Jy kan op die uitslag van die verkiesing wed

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 28, 2024 8:58


Gideon Mann – hoofbedryfsbeampte, SunBet Volg RSG Geldsake op Twitter

verkiesing
Die ekonomie minuut
'n Laaste (ekonomiese) woord voor die verkiesing

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later May 28, 2024 2:23


Daar is al baie gesê oor more se verkiesing. Ons probleme is ekonomies van aard en hoe die verskillende partye belowe om dit op te los lê op ʼn spektrum van ontwikkelingstaat tot die vrye mark. Hierdie stryd is so oud soos ons demokrasie en om dit in perspektief te stel is dit die moeite werd om ʼn ou navorsingsartikel van Nicoli Nattrass te lees. Die titel is Gambling on investment: Competing economic strategies in South Africa. Dit gaan oor die stryd van idees tussen die destydse GEAR beleid en die idees van Nedlac se arbeidskoukus. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Nuus
RISE Mzansi hou kerkdiens om te bid vir party, verkiesing

Nuus

Play Episode Listen Later May 26, 2024 0:13


RISE Mzansi hou 'n kerkdiens by die Redeemed Gospel-kerk in Ennerdale, Johannesburg, om vir die party, asook die komende verkiesing, te bid. 'n Woordvoerder, Gugu Ndima, sê kerke is ankers in talle gemeenskappe en hulle het steeds te doen met die vernietigende uitwerking van politieke verwaarlosing en korrupsie op Suid-Afrikaners. Die party respekteer alle gelowe en erken die belangrikheid van die verering van godsdienspraktye.

Nuus
SA verkiesing 'sal vry en regverdig wees'

Nuus

Play Episode Listen Later May 24, 2024 0:19


Burgerlike samelewingsgroepe soos Defend Our Democracy, Corruption Watch, en die Ahmed Kathrada-stigting is vol vertroue dat die verkiesing vry en regverdig sal wees. Defend Our Democracy is een van 150 onafhanklike verkiesingswaarnemingsgroepe wat by die Verkiesingskommissie geakkrediteer is. Suid-Afrikaners gaan volgende week hul kruisies trek. Oudregter Johann Kriegler sê hy is trots op Suid-Afrika se demokrasie en samelewing:

Die ekonomie minuut
Die verkiesing en ekonomiese beleid

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later May 24, 2024 2:12


Met minder as ʼn week oor voor die algemene verkiesing lyk dit of ontleders en die markte baie rustig is oor die uitkoms. Die uitslag is min of meer die ANC in koalisie met kleiner partye en redelike stabiliteit, of te wel meer van dieselfde. Dit is goed en sleg. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool. Ek het hierdie week 'n NWU prys ontvang vir my media-werk en dit is alles te danke aan die getroue luisteraars van Die Ekonomie Minuut. Baie dankie.

RSG Geldsake met Moneyweb
Die verkiesing gaan heel moontlik beleggingsmarkte en die wisselkoers help

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 22, 2024 6:30


Hannes van den Berg, hoof van Suid-Afrikaanse aandele- en multibatebestuur by Ninety One gesels oor die invloed van die verkiesing op beleggingsmarkte en die wisselkoers. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Die verkiesing en my beleggings

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 21, 2024 6:26


"Jy moet nie belegginsbesluite basseer op politiek nie" – Hennie Fourie, welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria- Oos. Volg RSG Geldsake op Twitter

jy verkiesing
Nuus
Verkiesing: Registreer met die dokumente

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2024 0:27


Die kiesersregistrasie vir die verkiesing in November gaan op 2 Junie begin. Kiesers word daaraan herinner dat ou registrasiekaarte nie meer geldig is nie. Almal moet van nuuts af registreer. Die registrasie eindig op 1 Augustus en kiesers word aangemoedig om nie tot die laaste dag te wag nie. Wat het jy nodig om te registreer? Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Namibiese Verkiesingkommissie, De Wet Siluka.

Nuus
Verkiesing: Registreer met die dokumente

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2024 0:36


Kry die nuus soos dit breek.

dokumente kry verkiesing
RSG Geldsake met Moneyweb
Groot ongelukkigheid oor die president die NGV twee weke voor die verkiesing teken

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 14, 2024 8:14


Cas Coovadia, uitvoerende hoof van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) gesels oor die NGV-wetsontwerp. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Pasop vir geraas voor die verkiesing

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 6, 2024 4:16


Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

voor verkiesing
RSG Geldsake met Moneyweb
Redefine wil hê die verkiesing moet nou klaarkry, sodat instandhouding kan begin

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 6, 2024 7:35


Leon Kok, bedryfshoof van Redefine Properties gesels oor die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Beurtkrag kan nie na verkiesing voortduur nie

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2024 0:16


Die DA waarsku oor 'n moontlike verkiesingskandaal met die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en die Eskomraadsvoorsitter, Mteto Nyati, wat nie reageer op kommer oor beurtkragdeursigtigheid nie. Hulle beweer Eskom gebruik steeds oopsiklus-gasturbines en 'n gebrek aan duidelikheid oor dieselverkryging wek agterdog oor begrotingswanbestuur. Die party hou vol as beurtkrag terug is na die verkiesing sal dit 'n skandaal wees. Samantha Graham-Maré van die party vra 'n verandering van regering om die sektor se uitdagings te hanteer:

eskom hulle die da kgosientsho ramokgopa verkiesing
Nuus
Indië hou grootste, langste en duurste verkiesing ooit

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 18, 2024 0:11


Indië maak gereed vir die wêreld se grootste demokratiese verkiesing wat môre begin. Byna 970-miljoen kiesers sal aan die langste en duurste verkiesing in die geskiedenis deelneem. Die verkiesing sal oor sewe fases en ses weke strek, met uitslae wat op 4 Junie aangekondig word. Twee-duisend-500 politieke partye sal na verwagting 266-miljard Namibiese dollar aan veldtogte bestee, met 15-miljoen veiligheidspersoneel en stembeamptes wat deur die verkiesingskommissie ontplooi word. Die opposisieleier, Rahul Gandhi, het die verkiesing gekritiseer as die mees skaamtelose een in Indiese geskiedenis:

Nuus
Zuma mag nie as kandidaat in verkiesing staan

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 29, 2024 0:20


Jacob Zuma mag nie 'n kandidaat wees in Suid-Afrika se verkiesing op 29 Mei nie. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het 'n beswaar gehandhaaf teen sy kandidatuur, wat beteken die oudpresident mag nie as kandidaat vir die MK Party staan nie. Die kommissie sê hy het 82 besware ontvang oor kandidate wat deur 21 politieke partye genomineer is. Die kommissie het besware oorweeg gegrond op kriteria soos uiteengesit in die Verkiesingswet en die Grondwet, en besware teen sewe kandidate afgewys. Ses onafhanklike kandidate sal meeding om setels in die Nasionale Vergadering. Die voorsitter, Mosotho Moepya, sê die OVK het die beswaar gehandhaaf teen Zuma se nominasie vir uMkhonto we Sizwe.

Nuus
Verkiesing sal verskille verskerp - Cyril

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 16, 2024 0:22


Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa sê die komende verkiesing sal waarskynlik verskille in perspektief verskerp. In sy reaksie op die staatsrededebat neem hy kennis van die skerp kontraste in die voortslepende tweedaagse debat oor die nasie se geskiedenis. Ramaphosa voer aan, die verskille in perspektief is vererger in die aanloop tot die komende verkiesing, waarvan die datum nog nie aangekondig is nie. Hy sê, daar was positiewe transformasie in die lewens van miljoene burgers die afgelope drie dekades, in weerwil van politieke verdeeldheid.

Nuus
Panyaza Lesufi waarsku oor gevolge as ANC verkiesing verloor

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 13, 2024 0:11


Die ANC se voorsitter in Gauteng, Panyaza Lesufi, het gewaarsku oor wat hy noem, die verskriklike gevolge, as die party die verkiesing sou verloor. Hy sê dit sal die einde beteken van die nasionale demokratiese revolusie. Lesufi het op die provinsiale uitvoerende komitee se Lekgotla in Boksburg gepraat. Hy glo die ANC sal ‘n oorwinning behaal in die komende verkiesing, en benadruk die party se vermoë om sonder faksievennote te wen. Lesufi beklemtoon ook hoe belangrik dit vir die ANC is om die mag in die provinsie te behou.

anc hy gauteng boksburg lesufi verkiesing
Francois van Rensburg
Lunch Punch: Carla Burg gesels met jong studente oor 2024 se nasionale verkiesing

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Jan 30, 2024 20:04


Carla het 5 jongelinge van Pretoria (Elzanie Voster, Johann Combrink, Cara Meiring, Ivan Malan en Mia Snyman) in die atljee gekry om te probeer verstaan hoekom so min jong mense wil gaan stem. Registreer studente om te gaan stem, of reken hulle dis nie eintlik die moeite werd nie?

Die ekonomie minuut
Hoekom die verkiesing die repokoers beinvloed

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later Jan 23, 2024 2:25


In Makro-ekonomie is dit moeilik om oor een ding te praat sonder om ook ʼn klomp ander vraagstukke aan te raak. Hierdie week se Makro nuus is Desember maand se VPI inflasiekoers en die Monetêre Beleidskomitee se eerste vergadering van die jaar. Voor ek praat oor die vooruitsigte vir die repokoers moet ek eers oor die fiskale posisie gesels. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.

Nuus
Azapo vertrou nie ANC in komende verkiesing

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 16, 2024 0:21


Die Azanian People's Organisation sê hy is bekommerd oor die regverdigheid van die komende verkiesing en beskuldig die ANC daarvan dat hy met die uitslae kan knoei. Azapo sê hy grond sy uitspraak op die ANC se onverskrokke slagspreuk. Die party sê hy neem ook kennis van die gewese sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, wat beweer hy weet hoe die stemme gaan lyk. Die woordvoerder van Azapo, Jabu Rakwena, sê mense moet aandag skenk aan sekere kwessies in die verkiesing en moet die proses fyn dophou.

Nuus
Politiek in 2023 'net aanloop tot verkiesing'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 23, 2023 0:37


Die politieke jaar 2023 sal hoofsaaklik onthou word vir die Namibië se regsbank en die parlement wat oor verskeie kwessies vasgesit het en aktivisme wat toegeneem het. Die politieke gebeure van die jaar was alles in aanloop tot die nasionale verkiesings volgende jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless People's Movement, wat sy insae in die politieke jaar gee.

Nuus
Stel SA verkiesing uit, sê eks-statistikus-generaal

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 21, 2023 0:17


Voormalige statistikus-generaal Pali Lehohla stel voor die 2024 algemene verkiesing word uitgestel. Hy sê daar is ʼn behoefte aan inklusiewe en eerlike gesprekke oor Suid-Afrika se toekoms waarby alle burgers betrokke is. Hy het kommer uitgespreek dat die land verswak het na vlakke voor 1993 wat die ekonomie, maatskaplike prestasie en regering betref. Lehohla glo ‘n nasionale gesprek is nodig om die toekoms en stand van Suid-Afrika te bespreek.

stel hy suid afrika verkiesing pali lehohla
Nuus
Vervroeg verkiesing, vra SA party

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 21, 2023 0:19


Die Activists and Citizens Forum in die buurland vra die algemene verkiesing aanstaande jaar moet vervroeg word en verwerp die voorstel van uitstel deur die voormalige statistikus-generaal, Pali Lehohla. Die party voer aan uitstel is ‘n ontoereikende oplossing vir die veelvlakkige krisisse in die land. Woordvoerder Dennis Bloem sê die regering se mislukking is duidelik in verskeie sektore, wat gelei het tot hulle oproep om vroeë verkiesings om nuwe leiers te verkies. Bloem versoek die ANC-regering om die belange van landsburgers voorop te stel.

anc bloem verkiesing pali lehohla
Nuus
IVP gaan as onafhanklike organsisasie in verkiesing staan

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2023 0:20


Die Inkatha-Vryheidsparty gaan volgende jaar as ‘n onafhanklike organisasie aan die buurland se verkiesings deelneem. Alles is slaggereed vir die party se tweedaagse nasionale beleidskonferensie in Empangeni, KwaZulu-Natal. Afgevaardigdes sal na verwagting beraadslaag oor beleidstandpunte rakende verskeie kwessies van nasionale belang. Dit is die party se eerste beleidskonferensie na die afsterwe van sy stigter en president, Mangosuthu Buthelezi. Die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa, het die opening van die konferensie toegespreek en afgevaardigdes aangemoedig om steun te mobiliseer.

Nuus
DA wil vroeër verkiesing hou

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2022 0:21


Die DA-leier, John Steenhuisen, het sy planne aangekondig om Artikel 50 van die Grondwet te gebruik om 'n vroeë verkiesing aan te vra. Die party wil President Cyril Ramaphosa aanspreeklik hou ná verdoemende bevindings van 'n onafhanklike paneel in die Phala Phala-skandaal. Steenhuisen sê Ramaphosa moet vrae beantwoord en die ampsklag-verrigtinge teen hom moet voortgaan. Hy glo Suid-Afrikaners moet 'n vroeë verkiesing hou.

Nuus
Lesufi se verkiesing dien as VF+ se nuwe veldtog om ANC uit kussings te lig

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 7, 2022 0:21


Die Vryheidsfront Plus sê die verkiesing van Panyaza Lesufi as premier van Gauteng is ook die begin van die party se nuwe veldtog om seker te maak die ANC word in die 2024-verkiesing uitgestem. Lesufi is met 38 stemme as premier verkies teenoor Solly Msimanga van die DA se 22. Die VF Plus se nasionale voorsitter, Anton Alberts, sê hulle sal as 'n stabiele koalisievennoot in die provinsie staan wanneer alle redelike partye kragte saamsnoer om 'n koalisieregering te vorm om die ANC te vervang:

die n anc gauteng lesufi verkiesing
Nuus
Peiling toon ANC sal net 40% van steun ontvang in volgende verkiesing

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 17, 2022 0:19


Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder en ANC-veteraan, Omry Makgoale, sê dit is die ANC se verantwoordelikheid om sake te verander. Dit volg nadat 'n onlangse peiling deur die marknavorsingspesialis, Ipsos, aangedui het die ANC sal waarskynlik sowat 40 persent van die steun in die volgende verkiesing kry. Ipsos waarsku die afname in steun dui op die verbrokkeling van die regerende party se mag en invloed. Makgoale sê die ANC moet optree en daaraan werk om mense se vertroue te herwin:

dit toon anc ipsos volgende steun ontvang die suid afrikaanse verkiesing
Nuuspod
Ekonomiese groei wag na die verkiesing

Nuuspod

Play Episode Listen Later Nov 11, 2021 29:34


Izak gesels met die bekende ekonoom, Roelof Botha. Hy is baie positief oor vooruitsigte vir die ekonomie onder nuwe koalisieregerings na die verkiesing.

Podlitiek
Ep. 158 - Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing uitslae _ Analise

Podlitiek

Play Episode Listen Later Nov 4, 2021 38:14


In vandag se episode #ontnonsens die Podlitiek-span die munisipale verkiesing se uitslae (sover). ONDERSTEUN #ONTNONSENS​​​​​​​​.

Nuus
Eskom sal sekerlik krag aanhou tydens verkiesing - OVK

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2021 0:23


Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Suid-Afrika glo Eskom sal daarin slaag om die ligte aan te hou tydens Maandag se verkiesing. Die OVK vergader met die kragvoorsiener ter voorbereiding vir stemdag. Adjunk-uitvoerende-hoof Mawethu Mosery sê hulle is tevrede met Eskom se rugsteun-planne:

Nuus
EFF in Limpopo verwag weghol-oorwinning in verkiesing

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 26, 2021 0:19


Die EFF in Limpopo is vol vertroue dat hy 'n weghol-oorwinning gaan behaal in Maandag se munisipale verkiesing. Die party het planne bekend gemaak om die nywerheidsparke in Seshego en Lebowakgomo op te knap en sodoende sowat 40 000 werksgeleenthede te skep. EFF-voorsitter, Jossey Buthane, voeg by die party sal seker maak alle straathandelaars in Seshego en Polokwane kan gratis handel dryf en dat alle munisipale veiligheidspersoneel permanent aangestel word.

AGRI NEWS NET
Prof Andre Duvenhage gee sy indrukke oor die plaaslike verkiesing in Suid Afrika

AGRI NEWS NET

Play Episode Listen Later Sep 28, 2021 3:12


Prof Andre Duvenhage --- Send in a voice message: https://anchor.fm/johannpretorius/message

Podlitiek
Ep. 144 - Februarie verkiesing en die reaksie op plundering

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jul 22, 2021 31:50


Ernst en Daniël bespreek oud-adjunkregter Moseneke se voorstel om die munisipale verkiesings na Februarie 2022 uit te stel asook die reaksie op die afgelope twee weke se wetteloosheid.ONDERSTEUN #ONTNONSENS​​​​​​​​.

Nuus
Datum vir Suide-verkiesing nog nie bepaal nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 19, 2021 0:47


Die Verkiesingskommissie van Namibië het nog nie 'n datum bepaal vir die herverkiesings in die Suide nie veral weens die aandklokreël en 'n aantal ander faktore. Die kommissie se Voorsitter, Advokaat Notemba Tjipueja sê hulle sal die datum bekend maak sodra daar een in plek is.

bepaal namibi verkiesing voorsitter
Podlitiek
Ep. 117 - Washington onbeskof, verkiesing met verlof, Covid-19 entstof

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jan 14, 2021 34:56


Op dag 378 van die jaar 2020 bring Podlitiek vars en uitgerus vir jou die eerste episode van die nuwe jaar. Ons gesels oor die onstuimighede in die VSA, die uitstel van Suid-Afrikaanse tussenverkiesings en die regering se greep op Covid-19 entstowwe.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiekOndersteun #ontnonsens. Koop vir Podlitiek 'n koppie koffie ► https://www.buymeacoffee.com/podlitiek

Nuus
VSA verkiesing: laaste stap voltooi

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 7, 2021 0:41


Die laaste stap in die Amerikaanse presidensiële verkiesing is vroeër voltooi toe die Kongres Joe Biden se oorwinning in die November presidensiële verkiesing gesertifiseer het. Adjunkpresident Mike Pence het in sy hoedanigheid as President van die Senaat die aankondiging gemaak.

Nuus
Verkiesing: alles is gereed

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 24, 2020 0:20


Die Namibiese Verkiesingskommissie sê alles is gereed vir môre se verkiesings. Die verkiesing word as die belangrikste ge-ag omdat dit die daaglikse lewens van die bevolking direk beïnvloed. Lina Ndengu Kommunikasie Bestuurder by die kommissie.

alles verkiesing
Nuus
Geen bedrog in Amerikaanse verkiesing nie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2020 0:36


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Geen bedrog in Amerikaanse verkiesing nie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2020 0:12


Internasionale waarnemers van die Organisasie van Amerikaanse State sê in 'n voorlopige verslag dat hulle geen voorvalle van bedrog of stem-onreëlmatighede tydens die Amerikaanse presidentsverkiesing opgemerk het nie. Die afvaardiging sluit 28 kenners uit 13 lande in wat die verkiesingsproses in Georgia, Iowa, Maryland, Michigan en die Distrik van Columbië bestudeer het. Die waarnemers sê verkiesingsdag was vreedsaam, maar daar was pogings om beamptes te intimideer terwyl die stemme getel is. Intussen sê die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake Mike Pompeo hulle is gereed vir ‘n tweede termyn vir President Trump...

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Seëngroet; die Christen se roeping en verkiesing (2 Petrus 1:1-4)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Nov 5, 2020 28:30


RSG Geldsake met Moneyweb
VSA se presidensiële verkiesing

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 4, 2020 17:28


Deon Gouws – beleggingshoof, Credo Wealth in Londen & Johann Els - hoof-ekonoom,Old Mutual Investment Group

verkiesing
Podlitiek
Spesiale Episode 12 - VSA Verkiesing, 'n Trump loesing of Biden verwoesting

Podlitiek

Play Episode Listen Later Aug 26, 2020 63:28


Paul, Ernst, Hermann en Daniël gesels in die nuutste Podlitiek spesiale episode oor die opkomende VSA verkiesing. Gaan Donald Trump weer die meningsopnames verras of gaan Joe Biden weer die Demokrate in die Withuis kry? Ons ontnonsens Amerikaanse politiek in hierdie regstreekse episode.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiekOndersteun #ontnonsens. Koop vir Podlitiek 'n koppie koffie ► https://www.buymeacoffee.com/podlitiek

Radio Scriptura
Verlossing deur genade alleen: Onvoorwaardelike verkiesing

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jul 21, 2020 53:35


In die episode behandel ons die tweede aspek van die TULIP-akroniem. U  - Unconditional election of Onvoorwaardelike verkiesing.

Podlitiek
Ep. 94 - Verkiesings vertraag, erfreg vaag & IMF knaag

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jun 18, 2020 39:58


Daniël, Paul, Hermann en Ernst gesels in hierdie episode oor die afgelope week se politieke gebeure, insluitende die EFF en ANC wat 2021 se munisipaleverkiesings wil uitstel, Pierre de Vos wat erfreg op sy kop wil draai en Suid-Afrika se versoek vir geld by die IMF.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiekOndersteun #ontnonsens. Koop vir Podlitiek 'n koppie koffie ► https://www.buymeacoffee.com/podlitiek

Gereformeerde Preke
Johannes 6|NGB Artikel 16 Die ewige verkiesing van God

Gereformeerde Preke

Play Episode Listen Later Jun 9, 2020 11:11


johannes ewige verkiesing
Podlitiek
Spesiale Episode 6 - 2019 'n Jaar in Oënskou

Podlitiek

Play Episode Listen Later Dec 17, 2019 64:06


In hierdie uurlange episode kyk Podlitiek se vier aanbieders terug op 2019 en die vier grootste nuusstories van die jaar. Die span bespreek die 2019 verkiesing en die uitval wat gevolg het, Suid-Afrikaanse staatsinstellings wat sukkelend aan die lewe bly en die grootste hofsake wat die reg tot vryheid van spraak die jaar verander en ontwikkel het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podl...Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► https://www.podmedia.org.za/podlitiek

Podlitiek
Ep. 70 - Lesufi se sukkel somme en EFF dreig met bomme

Podlitiek

Play Episode Listen Later Nov 12, 2019 31:17


Soos wat die jaar ‘n aftreeouderdom bereik, en die pers bloeiseltjies in Pretoria eerder onder die boom lê, as aan hulle hang, besef Podlitiek dat die rus nogsteeds maar min is vir die Suid-Afrikaanse nuusleser. Hierdie week is ‘n volbank van Podlitiek se viermanskap teenwoordig, en die stories waarna hulle kyk is die bomdreigemente wat die EFF gemaak het, die verkwisting van geld deur Panyaza Lesufi se departement in Gauteng, en die privaatvervolging van die moordenaars van Bafana ster Senzo Meyiwa.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podl...Podlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek

Die Moerse Average Podcast
1 - 'n Moerse Average Baba word Gebore (& die 2019 S.A. Verkiesing)

Die Moerse Average Podcast

Play Episode Listen Later Jul 17, 2019 52:02


Na 'n baie kort en pynlose swangerskap word 'n baba gebore wat enige ouer sal teleurstel. Ons gesels so bietjie oor die Suid-Afrikaanse verkiesing en die raakvatters waaruit te kies en keur was.

3 Minute, 3 Sake - Sakeliga
Die verkiesing I 'n Nuwe kabinet I Beleidshervorming

3 Minute, 3 Sake - Sakeliga

Play Episode Listen Later May 14, 2019 3:48


Daniel du Plessis en Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute die 2019-verkiesing, pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet en die moontlikheid van beleidshervorming. Sakeliga se webwerf · Sakeliga op Facebook

3 Minute, 3 Sake - Sakeliga
Die verkiesing I ’n Nuwe kabinet I Beleidshervorming

3 Minute, 3 Sake - Sakeliga

Play Episode Listen Later May 14, 2019 3:48


Maroela Media — Daniel du Plessis en Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute die 2019-verkiesing, pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet en die moontlikheid van beleidshervorming.

gerhard plessis cyril ramaphosa kabinet onselen sakeliga verkiesing maroela media
Podlitiek
Ep. 45 - Noah in die sop, die verkiesingsflop & sal dit ooit stop

Podlitiek

Play Episode Listen Later May 14, 2019 25:33


In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz na afloop van die Nasionale Verkiesing van 8 Mei onder ‘n mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za

Podlitiek
Ep. 44 - Wat jy van die verkiesing moet weet & die SA regering laat AirBNB sweet

Podlitiek

Play Episode Listen Later May 10, 2019 28:50


In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte onder die vergrootglas na Suid-Afrikaanse nuus en politiek, midde in die stemdag en -tellery wat tans ons nuussiklus oorheers.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za

huiDIG
Episode 9 - Gedigte wat protes aanteken

huiDIG

Play Episode Listen Later May 3, 2019 61:36


HuiDIG bring vir jou hierdie week 'n spesiale verkiesingsepisode: Gedigte wat protes aanteken.Wil jy meer van huiDIG hoor? Volg dié skakels om niks te mis nie:Spreaker - https://www.spreaker.com/show/huidigYouTube - https://tinyurl.com/y2xajfkfApple Podcasts - https://itunes.apple.com/za/podcast/huidig.Facebook - https://www.facebook.com/huidig-359466591317361/

Eensgesind Klanklêers
Die pad na 1994 en daarna...

Eensgesind Klanklêers

Play Episode Listen Later Apr 18, 2019 62:55


VerkiesingsIn hierdie episode van Verkiesing 2019, gesels Emile en Johan oor die laaste jare van Nasionale Party-beheer en die verkiesings, en selfs ʼn referendum, wat in die jare tussen 1987 en 1994 plaasgevind het.Herinneringe aan daardie tydperk se bekende politieke figure, uitsprake en gebeure vorm die hoofpunte van hierdie episode. Die dae toe 'n mens moes kies tussen die NP, KP, HNP, AVU en die PFP met die vrees van wat sal gebeur met die ANC, PAC en SAKP, is nog vars in die geheue van veral die senior burgers. Elkeen het hierdie era anders beleef en hul eie afleidings en gevolgtrekkings gemaak. Dit was ʼn tyd van onderhandelinge en hoë eise aan president F.W. de Klerk en sy administrasie.En toe kom 1994...Luister gerus saam na hierdie episode oor die oorgangstydperk wat na ANC-oorname gelei het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

Eensgesind Klanklêers
Die NP wen verder met advokaat Vorster en meneer PW Botha

Eensgesind Klanklêers

Play Episode Listen Later Apr 11, 2019 46:33


VerkiesingsIn hierdie episode van Verkiesing 2019, word gekyk die verkiesings wat advokaat B.J. Vorster en meneer P.W. Botha gewen het.Op 6 September 1966 is dr Verwoerd in die parlement te Kaapstad vermoor en die Nasionale Party-koukus besluit dat sy opvolger die minister van Justisie, advokaat B.J. Vorster, moet wees. Die Vorster-era het wel die opvolgende verkiesing oorleef en die 1970's kan gesien word as die “Vorster-era”.Vorster moes teen 1978 plek maak vir sy opvolger. Hy wou wel verder aangaan as Staatspresident. Die minister van Verdediging, P.W. Botha, het by Vorster oorgeneem as die leier van Nasionale Party toe hy dr Connie Mulder in ʼn binne-partyverkiesing geklop het. As die 1970's Vorster se era was, dan was die 1980's die era van PW Botha. Botha het wel veranderinge aan verkiesings in Suid-Afrika gebring, wat net tot 1994 sou duur.Luister gerus saam na die verhaal van hoe Vorster en Botha die laaste bastions van Nasionale Party-mag in Suid-Afrika geword het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

Eensgesind Klanklêers
Die verkiesings wat dr H.F. Verwoerd gewen het

Eensgesind Klanklêers

Play Episode Listen Later Apr 4, 2019 48:00


VerkiesingsIn hierdie episode van Verkiesing 2019, word gekyk na die verskiesings wat die 6de eerste minister van Suid- Afrika, dr H.F. Verwoerd gewen het.Dr Verwoerd is in 1901 in Nederland gebore en het op ʼn vroeë ouderdom, natuurlik saam met sy ouers, na Suid-Afrika verhuis. Die Verwoerdgesin het toe ʼn bestaan in destydse Rhodesië gemaak waar klein Hendrik as skolier uitgeblink het. Dit was maklik om te glo dat hy bestem was vir ʼn posisie van invloed.As professor by Stellenbosch, redakteur van die Transvaler was sy hy op pad na ʼn hoë amp toe Dr DF Malan in 1948 gewen het.Na Dr Malan en Advokaat Strijdom, was dit Dr Verwoerd se beurt. Hoe het ʼn jonge Nederlandse seuntjie die staatshoof van Suid-Afrika geword?Luister gerus saam na die verskiesings waar Dr Verwoerd koning gekraai het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

Eensgesind Klanklêers
Die verkiesings van die ZAR en die OVS

Eensgesind Klanklêers

Play Episode Listen Later Mar 14, 2019 54:23


VERKIESINGSIn hierdie episode gesels Emile en Johan oor hoe verskiesings in die historiese Boererepublieke gehou is.Dit is interessant om te verneem dat daar nie enige partye as sodanig was waarvoor burgers kon stem nie, maar die fokus was eerder op ʼn individu wat verkiesbaar was - nie net vir die Volksraad nie, maar ook vir die posisie van die staatshoof. Die fout moet nie gemaak word om te dink dat die ZAR se verkiesings op presies dieselfde wyse gehou is as die van die Oranje-Vrystaat nie.Met ander woorde, in die lig van ʼn komende verskiesing in Mei vanjaar, begin Eensgesind se Verkiesing 2019-reeks met ʼn episode oor die dinamika van Suid-Afrika se eerste demokratiese kiesstelsels in die voormalige Boererepublieke. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

Podlitiek
Ep. 16 - Wettige Dwelms, Verkiesing Voorspellings En Stimlus - Kwellings.

Podlitiek

Play Episode Listen Later Sep 26, 2018 21:21


Net omdat dagga nou wettig is, beteken nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hul besef goed, waar daar ‘n rokie is, is daar gewoonlik ‘n vuur. Die span bespreek die Grondwetlikehof se uitspraak oor dagga, die IRV se onlangse verkiesingsopname en die probleme met Ramaphosa se stimulus plan.

Monitor
Verkiesing gee Pieter-Dirk Uys nuwe materiaal

Monitor

Play Episode Listen Later May 9, 2014 3:10


Die politieke satirikus Pieter-Dirk Uys sê verkiesings gee vir hom die beste materiaal vir sy tong-in-die-kies vertonings. Hy sê hy het in die afgelope verkiesing reeds 'n klomp flaters van politici ge-identifiseer waarmee hy die spot sal kan dryf.

hy pieter dirk uys verkiesing
Monitor
1994 Verkiesing: 20 jaar later

Monitor

Play Episode Listen Later Apr 28, 2014 15:45


Twintig jaar gelede het bykans 20 miljoen Suid-Afrikaners geduldig in lang rye en soms vir ure in die son gestaan om te stem in die verkiesing wat van 26 tot 29 April gehou is. Die stempersentasie was 86 persent en daar was minder as 1 persent bedorwe stembriewe. Die man wat in 1994 as voorsitter van die OVK moes sorg dat die verkiesing op glad geoliede wiele loop, was regter Johann Kriegler.

Monitor
Die rol van openbare uitsaaiers in 'n verkiesing

Monitor

Play Episode Listen Later Apr 14, 2014 3:37


'n Politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Andre Duvenhage, meen openbare uitsaaiers moet sover moontlik billike dekking gee aan politieke partye tydens verkiesings, maar wêreldwyd word daar soms te veel verwag.

politieke noordwes universiteit verkiesing
Monitor
Is dit vanjaar die verkiesing waarin die ANC bloedneus gaan kry by die stembus?

Monitor

Play Episode Listen Later Mar 28, 2014 11:01


Is dit vanjaar die verkiesing waarin die ANC bloedneus gaan kry by die stembus? Daar is sekerlik opposisiepartye wat so dink. En kyk 'n mens na die chaos van gewone mense wat die afgelope jaar of meer toenemend gewelddadig hulle misnoeë met swak dienslewering en korrupsie te kenne gee, dan is die versoeking om met daardie siening saam te stem. Maar die geskiedenis van die afgelope 20 jaar het 'n mens al moes leer: kiesergedrag volg nie altyd die konvensionele paadjie nie. By ons in die ateljee vanoggend is die politieke ontleder, Prof. Susan Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand...