Sakegesprek Met Theo Vorster

Follow Sakegesprek Met Theo Vorster
Share on
Copy link to clipboard

Sakegesprek, aangebied deur Theo Vorster, is ‘n Afrikaanse potgooi wat fokus op die beginsels van finansiële sukses. Luister elke week hoe Theo gesels oor onderwerpe wat jou kan help as dit kom by beleggings en finansiële besluite.

Theo Vorster


    • Feb 19, 2021 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 9m AVG DURATION
    • 23 EPISODES


    Search for episodes from Sakegesprek Met Theo Vorster with a specific topic:

    Latest episodes from Sakegesprek Met Theo Vorster

    Hoe affekteer belasting en kostes jou beleggings?

    Play Episode Listen Later Feb 19, 2021 11:13


    In hierdie episode van Sakegesprek gee Wessel Oosthuizen advies oor die impak van belasting en verskillende koste strukture op jou beleggings, asook die vrae wat jy jou finansiële adviseer moet vra om seker te maak jy bestuur jou geld so effektief as moontlik. 

    Waarom is ‘n aftrede plan ‘n moet?

    Play Episode Listen Later Feb 12, 2021 14:14


    Hierdie week gesels Theo met Wessel Oosthuizen oor die nut van ‘n aftrede plan. Hulle bespreek die kernelemente wat jy moet insluit in jou plan om dit jaar tot jaar suksesvol te bestuur, asook die moontlike slaggate wat ‘n finansiële plan kan ruïneer. 

    Hoe om jou 'langboomlys' op datum te hou

    Play Episode Listen Later Feb 5, 2021 6:18


    In hierdie eerste episode van 2021 gesels Theo oor die vyf elemente van ‘n lewens lêer – die sogenoemde ‘langboomlys' – en hoekom dit noodsaaklik is om al jou belangrikste besonderhede op datum te hou, sou jy tot sterwe kom.

    Hoekom is dit belangrik om te dink oor die toekoms?

    Play Episode Listen Later Dec 18, 2020 7:47


    Met die einde van die jaar wat nader stap, gee Izak Smit praktiese advies oor hoe jy jou vakansietyd kan gebruik om te beplan vir die pad vorentoe.

    Hoekom is kwaliteit nuusbronne belangrik?

    Play Episode Listen Later Dec 11, 2020 8:35


    Vandag gesels Theo met Izak Smit oor hoe jy kwaliteit nuus kan identifiseer in ‘n wêreld waar ons almal gebombardeer word met verskillende nuusbronne en fopnuus.

    Hoe kan lees jou persoonlike finansies ondersteun?

    Play Episode Listen Later Dec 4, 2020 12:20


    In hierdie episode van Sakegesprek is Izak Smit terug in die ateljee, en gesels met Theo oor die boeke wat almal moet lees om beter finansiële besluite te maak. 

    Wat is die elemente van ‘n beleggings slenter?

    Play Episode Listen Later Nov 27, 2020 5:32


    Vandag gesels Theo oor beleggings foefies, of beleggings slenters, en die drie elemente waarvoor jy moet uitkyk as jy wil belê. Hy gee ook ‘n praktiese voorbeeld van hoe ‘n beleggings geleentheid lyk wat jy moet vermy.

    Hoe kan ek suksesvol aftree?

    Play Episode Listen Later Nov 20, 2020 15:09


    In hierdie episode gesels Wessel en Theo oor die geheime van ‘n suksesvolle aftrede, en spesifiek oor die belangrike punte van aftrede wat nie gereeld aandag kry nie. 

    Wat is die slaggate van boedel beplanning?

    Play Episode Listen Later Nov 13, 2020 21:45


    Vandag gesels Theo met Wessel Oosthuizen, die uitvoerende hoof van Verso Wealth, oor dit wat verkeerd kan gaan met boedel beplanning. Wessel gee ook praktiese voorbeelde om hierdie slaggate te vermy.

    Hoe hou jy kop in onseker tye?

    Play Episode Listen Later Nov 6, 2020 8:39


    In hierdie episode van Sakegesprek is dit Theo se beurt om vrae te beantwoord. Yolande Botha en Theo gesels oor sy nuwe boek, Jou Geldsake, wat gemik is aan enige iemand wat wakker lê en bekommerd is oor hulle geldsake.

    Hoe kan ek finansiële vryheid bekom?

    Play Episode Listen Later Oct 30, 2020 7:15


    In hierdie week se episode van Sakegesprek gesels Theo en Yolande Botha oor die stappe wat jy kan neem om finansieel onafhanklik te wees.

    Hoe kan ek prakties in die buiteland belê?

    Play Episode Listen Later Oct 23, 2020 8:37


    In hierdie uitsending van Sakegesprek gesels Theo en Yolande Botha oor buitelandse beleggings vanuit ‘n welvaart beplannings oogpunt, asook die praktiese stappe wat jy kan vat om in die buiteland te belê.

    Watse besluite moet ek maak as ek aftree?

    Play Episode Listen Later Oct 16, 2020 7:02


    Yolande Botha en Theo gesels verder oor belasting hierdie week, en spesifiek oor die belangrike besluite wat jy moet maak tydens die onttrekkingsperiode om die maksimum voordele vanuit jou belegging te kry.

    Hoe kan jy nou spaar vir jou aftrede?

    Play Episode Listen Later Oct 9, 2020 8:47


    Vandag gesels Theo met Yolande Botha, wie in beheer is van welvaart bestuur by Galileo Capital. Hulle praat oor die verskillende maniere hoe jy kan spaar vir jou aftrede, en hoe jy die maksimum belastingvoordele kan kry tydens hierdie spaar fase.

    Is jou woonhuis ‘n bate?

    Play Episode Listen Later Oct 2, 2020 6:07


    In hierdie episode gesels Theo met Izak Smit oor die tipe bates in jou persoonlike balansstaat, en waar jou woonhuis inpas in jou portefeulje.

    Hoekom maak ons foute?

    Play Episode Listen Later Sep 25, 2020 8:14


    Theo en Izak Smit gesels oor hoe foute inherent deel is van ons menswees, en hoe dit ons langtermyn beplannings vermoë beïnvloed.

    Wat is mediese versekering?

    Play Episode Listen Later Sep 18, 2020 7:00


    Izak Smit gesels weer met Theo in hierdie week se episode van Sakegesprek. Hulle bespreek die breë landskap van mediese versekering, asook die impak van COVID-19 daarop.

    Waarom moet jy nuuskierig bly?

    Play Episode Listen Later Sep 11, 2020 10:19


    Izak Smit – uitvoerende hoof van PPS, naweek sportman en bron van kennis – gesels met Theo oor die lewenslesse wat hy al geleer het gedurende sy loopbaan, asook sy advies vir jong professionele persone wat wil belê in hulle loopbaan.

    Hoekom is dit belangrik om 'n testament te hê?

    Play Episode Listen Later Sep 4, 2020 11:47


    In hierdie week se episode deel George Robertson nog wyshede met Theo. Die gesprek fokus op testamente – waarom dit belangrik is, die beginsels daarvan, en waarop jy moet fokus om dit prakties, uitvoerbaar en eenvoudig te hou.

    Hoekom is trusts nodig?

    Play Episode Listen Later Aug 28, 2020 7:46


    In hierdie episode van Sakegesprek gesels Theo met George Robertson, ‘n prokureur en direkteur van Galileo Adviesdienste. Hulle gesels oor hoe trusts steeds van toepassing is vandag, asook die maniere hoe jy 'n trust kan gebruik om jou bates te beskerm.

    Wat is die kern van langtermyn prestasie?

    Play Episode Listen Later Aug 21, 2020 7:09


    Wat bepaal die langtermyn prestasie van jou beleggingsportefeulje? In hierdie week se episode gesels Theo oor bate klas samestelling, en hoe belangrik dit is vir jou portefeulje in die langtermyn.

    Hoe kan jy in die buiteland belê?

    Play Episode Listen Later Aug 14, 2020 11:35


    Hierdie week gesels Theo oor buitelandse beleggings en diversifikasie. Luister hoe hy jou vrae antwoord van hoekom, hoe, hoeveel en wanneer jy moet belê vir gesonde internasionale blootstelling.

    Wanneer is genoeg, genoeg?

    Play Episode Listen Later Jul 20, 2020 9:11


    In hierdie eerste episode van Sakegesprek gesels Theo oor hoe jy reeds kan beplan vir jou oudag. Die fokus van die episode is op begrotings en uitgawes, die impak van inflasie daarop, asook hoe jy jou kapitaal behoeftes kan benader.

    Claim Sakegesprek Met Theo Vorster

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel