POPULARITY
Categories
Send us a textLukas 2:17,18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het Nouja, hoe was jou Kersdag gister? Ek vermoed die meeste van ons het 'n ete saam met ons geliefdes geniet. As jy egter 'n gelowige is; hét jy die geleentheid gebruik om jou geloof tydens die ete te deel? Of het jy 'n bietjie verleë gevoel oor jou onvermoë om betekenisvol oor die werklike rede vir die viering te praat?As jy glo dat dit slegs deur geloof in Jesus is, dat 'n persoon gered kan word van die verskriklike vooruitsig om 'n ewigheid van God geskei te wees (dit is wat 'n Christen glo), behoort jy nie vir mense van Hom te vertel nie?Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek wil nie hê jy moet skuldig voel nie. Dit gaan nie oor 'n skuldgevoel nie. Maar ek wil jou herinner aan die wonderlike geleentheid wat jy het, om wanneer jy die nuutheid van lewe wat sy Gees gee, ontvang het, jy dit met ander kan deel. Jy kan met entoesiasme die vreugde en die vrede wat Jesus bring, deel.Die probleem is dat baie mense verleë is om ander van Jesus te vertel. Jy begin twyfel en verskonings uitdink soos: Sal hulle nie dink ek is 'n godsdienstige fanatikus nie? Sê-nou hulle verwerp my? Ag, ek dink dis soveel beter om die evangelisasie werk aan die kenners oor te laat, of hoe?Onthou jy daardie herders in die veld aan wie God die geboorte van Jesus aangekondig het; die heel eerste besoekers wat Hom in daardie krip gesien het?Lukas 2:17-18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.Daardie eenvoudige herders, was nie as die belangrike, of hooggeagtes van hulle tyd beskou nie, maar hulle het inderwaarheid die eerste tipe evangeliste geword. God het gewone mense gekies – nie geleerdes nie, nie heersers nie – om die aankoms van die Koning van konings te verkondig. Hierdie wonderlike boodskap van Jesus is nie vir die gekwalifiseerdes gereserveer nie, dit is aan die gewilliges toevertrou.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Walvisbaai Sages Gholftoernooi het ‘n reuse hupstoot gekry met Old Mutual Namibia wat 'n driejaar-borgskapverbintenis van 100 000 Namibiese dollar aangekondig het. Hierdie vennootskap beklemtoon die maatskappy se toewyding om gemeenskapsontwikkeling te bevorder en inisiatiewe te ondersteun wat 'n betekenisvolle impak maak. Old Mutual se nasionale verkoopbestuurder, Fabio Do Rego:
Die Omgewingsbeleggingsfonds het toelaes goedgekeur wat bestaan uit 12 aanvangsprojekte en 14 bestaande projekte. Hierdie toelaes is daarop gemik om inisiatiewe te ondersteun wat kwesbare lewensbestaan versterk, aanpassing aan klimaatsverandering verbeter, die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne bevorder, en natuurgebaseerde entrepreneurskap bevorder. Romeo Muyunda die woordvoerder van die fonds verduidelik wat die toelae behels.
Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar hulle vaardigheids-opname geloods. Hierdie sensus stel Namibiërs in staat om hul vaardigheidsinligting in te dien en relevante dokumente op te laai om in 'n omvattende werksoekersdatabasis ingesluit te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Wilkinson,die senior ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Hyphen gepraat, wat 'n opdatering gee oor die hoeveelheid aansoeke wat hulle tot dusver ontvang het.
Dinge vorder uiters goed by Savanna Beef en tussen 12 en 15 November het die maatskappy die streeks-SAOG-slagting-ouditinspeksie suksesvol deurgesien. Hierdie oudit is noodsaaklik, aangesien dit die verpligte eerste stap vorm om te kwalifiseer vir die volledige EU-uitvoerstatusoudit en uiteindelik goedgekeurde EU-notering. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van Savannah Beef Processors gepraat wat sê hulle wil graag vroeg teen volgende jaar na die EU uitvoer.
Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - 'n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op 'n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en 'n ‘Japannese Ducati' pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter orgaan werk letterlik harder ná 'n groot Kersete en hoë suiker-inname? >Leer om te dans hierdie Desember - Dis goed vir jou brein >Baanbreker-operasie by Tygerberg Hospitaal >Wees verantwoordelik gedurende die Feesseisoen >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
Na die opsporing van 'n polio-voorval in die land verlede maand, sê die lynministerie dat geen menslike gevalle aangemeld is nie. Op 13 November is laboratoriumresultate ontvang wat die teenwoordigheid van poliovirus tipe-2 in 'n rioolmonster bevestig wat versamel is uit die Ndama-riooldam in die Rundu-distrik. Hierdie spesifieke poliovirus tipe-2 is geneties gekoppel aan twee menslike gevalle wat in die Cubango-provinsie, Angola, aangemeld is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, dat daar geen rede tot paniek is nie.
Jesus vra steeds: “Verstaan julle?”. Dit is ʼn vraag wat groei en diepte van elke gelowige eis. Hierdie is die laaste ToekomsVenster-oordenking vir 2025. Nuwe oordenkings sal vanaf Maandag 12 Januarie 2026 beskikbaar wees. Geseënde Kersfees en voorspoed vir die Nuwejaar.
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Waarvoor help kaneel — 'n gewilde Kersfees-spesery — volgens navorsing om natuurlik te stabiliseer? >Crohn's and Colitis Awareness Week >16 Days of Activism >Gesprek met Taleen Heath – oor 16 Days of Activism >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
Hierdie platoniese aanrakings speel ʼn groot rol in die huwelik, aangesien dit emosionele sekuriteit en intimiteit bevestig. Maroela Media
In hierdie inspirerende episode gesels Adri-Marie van Heerden oor die vier kernwaardes van Advent: hoop, vrede, vreugde en liefde. Advent, die voorbereidingseisoen vir Kersfees, begin die vierde Sondag voor Kersdag en bring elke week 'n nuwe fokus en betekenis. Adri-Marie deel insiggewende tekste, idees en geestelike perspektiewe om luisteraars te help om elke tema op 'n dieper en meer betekenisvolle manier te beleef. Hierdie episode is ideaal vir enigiemand wat die Adventstyd met groter bewustheid, refleksie en geloofsdiepte wil vier.
In hierdie episode gesels ons met Gerhard de Jager, besturende direkteur van #Projectschools, oor die organisasie se visie om voltydse jeugwerkers in skole te plaas en leerders te ondersteun met hul geestelike en emosionele welstand. Ons word ook vergesel deur Liza-Marie Schutte, wat meer vertel oor #ProjectPrayer, 'n nasionale gebedsdag wat op 18 Januarie 2026 plaasvind. Hierdie besonderse inisiatief nooi Suid-Afrikaners uit om saam te bid vir ons land se leerders, onderwysers en skole. Luister saam vir 'n inspirerende gesprek oor opvoeding, geloof en gemeenskapsimpak.
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het Fase Twee van sy Universele Diensfonds-projek afgehandel, 'n groot poging om mobiele breëband- en stemdienste na sommige van die land se mees onderbediende streke te bring. MTC en Telecom Namibia het subsidies ter waarde van meer as 42 miljoen Namibiese dollar verseker om nuwe netwerkterreine oor agt streke uit te rol. Hierdie aankondiging kom terwyl Cran die bekendstelling van sy eerste toring onder die projek in Epinga, Ohangwena, vier. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano:
Engeland se voormalige kaptein, Andrew Strauss, sê die span gaan swaar leun op wedstrydwenners soos kaptein Ben Stokes, Joe Root en Harry Brook in die reeks om die As. Engeland het die As laas in 2015 gewen en kon in 2011 laas in Australië wen, terwyl die Aussies hul laaste drie tuisreekse ingepalm het. Hierdie seisoen se reeks begin Vrydag in Perth. Strauss het op die Sky Sports Cricket Podcast gesê Engeland se kolflys is nie sterk genoeg nie:
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Waar of Vals: Alle mense deel meer as 99% van dieselfde DNA (DNS). >Mo-vember week 3 fokus: Testikulêre kanker >Wêreld Toilet Dag >Vetterige lewersiekte: 'n Groeiende kommer in Suid-Afrika en hoe om dit te bestry. >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
Hoe hanteer jy die oppe en veral die awwe van die lewe - terwyl jy jou lewenslus en geloof behou? Entrepreneur en planmaker Leilani Snyman Kuter van Krulkop-Hub praat oor haar loopbaan, hartsmense, ‘n 'random' geaardheid, finansiële druk, sakewenke, ‘n dik vel, 'thrifting' en groei. www.youtube.com · Hierdie episode se potgooi-notas en foto's · www.mariettesnyman.co.za · www.facebook.com · www.instagram.com · www.linkedin.com
Reaksie word ontvang op die bekendstelling van ‘n Robbe-subsektor Tegniese Komitee. Dit het ten doel om 'n winsgewende, etiese en volhoubare robwaardeketting te bevorder. Hierdie inisiatief is ontwerp om werksgeleenthede te skep, innovasie aan te moedig en die bestuur van die land se mariene hulpbronne te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat sê geen konsultasies is met belanghebbendes gehou nie.
Want aan U...Dankdiens By die besef van God se teenwoordigheid, sorg, verlossing, begeleiding…reageer mense dieselfde op verskillende maniere: Jakob bou 'n altaar; Mirjam maak musiek; Israel sing; Dawid dans uit sy klere; Een melaatse draai om, juig, kniel en erken die wonder in dankbaarheid. Hierdie dankbaarheids-geloof, lees ons, het hom gered. “Die Here is God, [...]
Verwikkelinge in Amerika rondom die nuut-vrygestelde persoonlike e-posse van die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein, waarin president Donald Trump en ander prominente figure herhaaldelik genoem word, kring steeds uit. Die Withuis het die belangrikheid daarvan van die hand gewys, met adjunk-perssekretaris Abigail Jackson wat aan die BBC gesê het: "Hierdie e-posse bewys letterlik niks nie." Volgens CNN se hoof data-analis, Harry Enten, is die Amerikaanse publiek nie tevrede met Trump se hantering van die kwessie nie. Hy het die syfers.
Hierdie week vir Wiele2Wiele plaas hulle Omoda in die kollig - hulle toets die C9 400T Explore en die splinternuwe C7. Daar is 'n Motul-wenk, hulle gesels oor veilige volgafstande en vir 2Wiele word daar meer vertel oor vier Suid-Afrikaners wat ons vlag hoog laat waai. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Onlangse besprekings rondom Namibië se Onderhoudswet het lig gewerp op 'n klousule wat werkende kinders spesifiek verplig om hul ouers finansieel te ondersteun. Hierdie klousule, wat wyd onbekend was, gee bejaarde ouers die reg om hul werkende volwasse kinders hof toe te neem in gevalle waar bewys word dat hulle nie vir hulself kan sorg nie weens redes buite hul beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, gesels.
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Watter orgaan produseer insulien, die hormoon wat bloedsuikervlakke reguleer? >Mo-vember week 2 fokus: Prostaatkanker >NICD bevestig probiotiese-gekoppelde bloedinfeksie-uitbraak in Gauteng- en Noordwes-hospitale >Tania Joffe gesels oor Wêreld Diabetes dag >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
“Die Here was nog altyd goed vir my en my gesin, Hy't nog altyd vir ons gesorg. Hierdie prysgeld is natuurlik wonderlik, maar dit het vir my gevoel soos ʼn geleentheid om terug te gee.” Maroela Media
Hierdie week sluit die program aan by verlede week se onderwerp, met ‘n bespreking van Bio-Strath Iron vir bloedarmoede. Wêreldwyd ly sowat ‘n derde van die bevolking aan bloedarmoede, en dit raak veral mense in Afrika en Asië. Bio-Strath Iron is beskikbaar op aanvraag by plaaslike apteke en sal binnekort ook by Dis-Chem beskikbaar wees. Vir meer inligting, besoek www.bio-strath.co.za of stuur ‘n e-pos aan info@sanatural.co.za . .
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese Vasvra Vraag - Wat is die alledaagse term vir die mediese toestand Somnambulisme? >Die begin van Mo-vember >Hand-voet-en-mondsiekte tref kleuterskool in Bloemfontein >Beenmurg-bewustheidsmaand >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week
Die Finansiële Geletterdheidsinisiatief, in samewerking met die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, sal Vrydag 'n baanbrekersstudie wat kyk na die verbruiksgedrag en spaargedrag on die drie sosio-ekonomiese segmente van die land se bevolking. Hierdie navorsing beoog om insig te gee in Namibiërs se finansiële praktyke, struikelblokke en geleenthede. Finansministerie-woordvoerder Johnathan Swartz het meer.
Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar 'n honger — jou gees weet: daar is meer… Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met 'n bewussyn vir die ewige — 'n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God. En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie geestelike sintuie afgestomp. Ons hoor, maar luister nie. Ons kyk, maar sien nie.Ons sing, maar voel nie meer nie. Hierdie Sondag ontdek ons saam hoe om weer daardie innerlike sintuie te herkalibreer — Ons gaan leer om Hom te sien, hoor, proe, ruik en voel — met die oë van die hart, die ore van die siel, en die aanraking van die Gees. Hierdie boodskap gaan jou help onderskei tussen emosie en openbaring, tussen die “gevoel van iets” en die werklikheid van Iemand — die Drie-enige God wat sigbaar word vir diegene met geopende oë. #Openbaring #Herlewing #Verkwikking #Vernuwing #GeestelikeDiepte
Die meeste mense in die Westerse wêreld hou nie van enige beperkinge nie. Ons wil ons eie lewens lei, op ons eie manier. Grense is nie tralies nie; dit is die randstene van wysheid. Soos sypaadjies 'n pad veilig hou, 'n skildery eers tot sy reg kom in 'n raam, en musieknote jou gemoed streel wanneer dit in 'n bepaalde ritme en akkoord is. Sonder grense raak liefde goedkoop, werk 'n afgod, en plesier leeg. Hierdie generasie wil alles ervaar, vrees om iets te mis (FOMO - "fear of missing out"), met almal vriende wees, plesier najaag en bly lekker voel in die proses.In hierdie preek gaan ons kyk na die belangrikheid van GODDELIKE HEILIGE grense in ons lewens. Ons gaan ondersoek hoe God se grense ons nie beperk nie, maar ons bevry om in sy volheid te leef. Kom ons ontdek saam hoe ons deur die aanvaarding van God se grense, 'n lewe van oorvloed en vreugde kan lei.
Namibië het amptelik die hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid, 2025, tesame met die implementeringsaksieplan bekendgestel. Hierdie beleid, wat in Julie 2025 deur die kabinet goedgekeur is, vervang die Nasionale Beleid oor Gestremdheid van 1997 en bring Namibië in lyn met internasionale standaarde. Dit is deur visepresident Lucia Witbooi bekendgestel.
Die Nasionale Teater van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Filmkommissie, het die terugkeer van die Namibiese Teater- en Filmtoekennings aangekondig. Dit sal op 19 Maart 2026 by die Nasionale Teater van Namibië plaasvind. Hierdie gesogte geleentheid vier die kreatiewe uitnemendheid, veerkragtigheid en kulturele impak van Namibiese teater- en film-praktisyns. NTN-woordvoerder Desiree Mentor het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die nuwe toekennings oor 20 kategorieë sal strek.
HyIron se Oshivela-projek beplan om die produksie van groen yster tot 200 000 ton per jaar teen 2026 op te skaal, na 'n suksesvolle aanvanklike fase van 15 000 ton per jaar. Hierdie uitbreiding stem ooreen met 'n geprojekteerde toename in sonkrag- en batterybergingskapasiteit en word ondersteun deur 'n aankoop-ooreenkoms met die Duitse maatskappy Benteler. HyIron se besturende direkteur, Johannes Michels, deel meer.
Die Stad Windhoek se beplande verskuiwing van 43 huishoudings en 'n kerk vanaf die hoek van die Matshitshi- en Eneas Peter Nanyemba-kruising, algemeen bekend as Havana Fourway, na gedienste erwe in Havana uitbreidings 8 en 11, word as 'n positiewe ontwikkeling beskou. Hierdie stap, wat vir Oktober geskeduleer is, baan die weg vir 'n nuwe oop mark en taxistaanplek by Havana Fourway. Dit beloof beter handelsvoorwaardes vir meer as 400 verkopers en verbeterde lewenstandaarde vir verhuisde gesinne, insluitend toegang tot water, elektrisiteit en sanitasie. Die aktivis Shaun Gariseb het sy opgewondenheid gedeel tydens 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
Om die doelwitte van die buigsame grondbesitstelsel te versnel, het die ministerie van stedelike ontwikkeling planne aangekondig om prestasieteikens vir geselekteerde plaaslike owerhede uit te rol, te befonds en vas te stel as deel van die Informele Nedersettingsopgraderings- en Sanitasieprojek. Die inisiatief sal oor 'n tydperk van vyf jaar, van 2025 tot 2030, geïmplementeer word. Die deelnemende plaaslike owerhede sluit in die Windhoek-, Walvisbaai-, Keetmanshoop-, Rundu- en Oshakati-dorpsrade. Hierdie aankondiging is gemaak deur die adviseur van die minister, dr. Boniface Mutumba.
Oliepryse het 'n beskeie styging beleef, met Brent-ru-olie wat bo 70 Amerikaanse dollar per vat verhandel het maar teruggesak het na net onder 69 dollar. Hierdie styging kom midde toenemende geopolitieke spanning, insluitend Rusland se uitgesproke teenkanting teen die herinstelling van die Verenigde Nasies se sanksies teen Iran en onlangse sanksies wat Russiese olie-uitvoere teiken. Ekonoom Dawie Klopper het sy insigte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel en opgemerk dat hoewel vraagfaktore stabiel bly, die primêre dryfveer agter stygende oliepryse die verstramming van aanbod weens hierdie geopolitieke ontwikkelings is.
Finansminister Ericah Shafudah, het amptelik aangekondig dat die regering die proses begin het om die Wet op Openbare Verkryging te hersien. Hierdie stap volg op jare van openbare kritiek en kommer oor die wet se doeltreffendheid. Die aankondiging dui op 'n direkte reaksie op 'n gebrekkige stelsel wat blameer word vir opgeblase koste van tenders, langdurige geskille en 'n gebrek aan geleenthede vir klein ondernemings. Shafudah het tydens 'n kabinetsinligtingsessie gepraat.
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het boere gewaarsku teen die advies van omgewingskonsultante wat deur eksplorasielisensiehouers gekontrakteer word om omgewingsimpakstudies uit te voer. Hierdie konsultante, wie se opleidingsessies van gister tot 25 Oktober geadverteer word, bied ook leiding aan boere oor hoe om met die lisensiehouers saam te werk. Sauma het kommer uitgespreek dat hierdie reëling 'n belangebotsing kan inhou. Sauma se visevoorsitter, Wolfgang Teichert, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Europese Unie se belegging in Namibië se groen toekoms sal na verwagting miljarde euro in die plaaslike ekonomie bring, volgens die Europese Unie-kommissaris vir Internasionale Vennootskappe, Jozef Síkela, tydens 'n besoek aan HyIron Oshivela. Die EU en Duitsland het gesamentlik 2 miljoen euro in NIMT belê deur middel van toelaes, terwyl Duitsland 'n bykomende 2 miljoen euro aan Cleanergy Solutions Namibia belowe het, wat bydra tot 'n vorige belegging van 13 miljoen euro. Hierdie verbintenisse is aangekondig tydens 'n besoek deur EU-parlementslede. Síkela het met Kosmos 94.1 gepraat oor die besoek en die beleggings in Namibië.
Die Omgewingsbeleggingsfonds se ambisieuse voorstel om Namibië se eerste groennywerheidsone te vestig, het tot die finale keuringstadium gevorder vir 625 miljoen Namibiese dollar in internasionale klimaatbefondsing. Hierdie projek, wat onder die top 20 uit meer as 500 wêreldwye voorleggings geplaas is, kan Namibië aan die voorpunt van volhoubare nywerheidsontwikkeling plaas. Die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
Prokureur Kadhila Amoomo het kommer uitgespreek oor 'n moontlike privaatheidsbreuk deur die telekommunikasieverskaffer MTC. Hy beweer dat individue by telefoonoproepe gevoeg kan word sonder hul medewete of toestemming. Hierdie praktyk, sê hy, kom neer op ongemagtigde onderskepping en kan deur owerhede uitgebuit word om waarneming sonder 'n lasbrief uit te voer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Old Mutual Namibia het die CrossFit Namrox Throwdown oor die naweek by CrossFit Damascus in Windhoek met 30 000 Namibiese dollar geborg. Hierdie unieke fiksheidsgeleentheid het tradisionele gewigoptel verruil vir 'n meer toeganklike formaat, wat hardlopers, fietsryers, triatlete en hibriede atlete verwelkom het. Alle opbrengste het na Special Olympics Namibia gegaan, wat hul missie ondersteun om atlete van alle vermoëns te bemagtig. Old Mutual Namibia Wealth se uitvoerende hoof, Wikus Fourie, het meer.
Met Amnestiemaand in September, moedig die Namibiese polisie die publiek aan om onwettige vuurwapens en ammunisie aan die polisie te oorhandig sonder vrees vir vervolging. Hierdie inisiatief, deel van die Afrika-Unie se "Maak die Gewere Stil"-veldtog, is daarop gemik om openbare veiligheid en vrede te bevorder deur die aantal onwettige wapens in omloop te verminder. Die polisie het 'n klankgreep met inspekteur Rosette Coetzee geskep en met die media gedeel.
Ná 51 romans daag moedswillige karakters, vertwyfeling en die gevaar van selfplagiaat haar steeds uit, sê die bekroonde romanskrywer Chanette Paul. Sy praat oor haar jongste roman, “Déjà Vu,” die onvoorsiene verband tussen haar storie en ‘n moord in Australië, die skryf van vurige tonele en haar eie ervaring van prekognisie. Chanette verduidelik hoe die debat oor die waarde van Afrikaanse literêre werk versus ontspanningsfiksie benader kan word en wys op ‘n wanopvatting rakende skrywers wat dalk nét gegrond is... www.mariettesnyman.co.za · Hierdie episode se potgooi-notas en foto · www.facebook.com · www.instagram.com · www.linkedin.com
Hierdie rock 'n roller oorskry die grense van taal met sy musiek, en sy loopbaan strek al oor meer as drie dekades. Tog lyk hy steeds smeulend jonk!Hy bewandel die Aarde reeds lank voordat die meeste van julle nog in julle pa se sak was!Hy het al 'n verhoog én 'n toilet met Bono van U2 gedeel. Nie op dieselfde tyd nie, maar steeds kak impressive!Wat het 'n Springbok en 'n kaal dame in gemeen?'n Arno Carstens.To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
Welgestelde individue, insluitend Suid-Afrikaners kyk toenemend na Namibië vir groter sekuriteit, langtermynverblyf, beleggingsvooruitsigte en eiendomsgeleenthede. Hierdie tendens word uitgelig in die Africa Wealth Report, wat 'n merkbare toename in die aantal individue met 'n hoë netto waarde in Namibië oor die volgende dekade voorspel. Kosmos 94.1 het met ekonoom Dawie Klopper gesels om sy insigte oor die saak te kry.
Namibië se jeug staar 'n groeiende gesondheidsprobleem in die vorm van damprook in die gesig. In reaksie hierop het die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sy #LosDieChoof-veldtog in die Erongo-streek van stapel gestuur. Hierdie jeuggedrewe inisiatief is daarop gemik om bewustheid oor die gevare van damprook te verhoog en gesonder keuses onder jongmense te bevorder. Hafeleni Petrus, Nanso Erongo se beampte vir geslag, gestremdheid, gemarginaliseerde gemeenskappe en maatskaplike welsyn, het met die nasionale uitsaaier gepraat.
Die landbouminister, Inge Zaamwani, het landbouprojekte in die Zambezi-streek besoek. Hierdie terreine, insluitend die Liselo-tuine en Chefuzwe-pluimvee, trek voordeel uit die ministerie se waardekettingprogram. Zaamwani sê dat die ministerie deur die projekte produktiwiteit, marktoegang, waardetoevoeging en plaaslike bemagtiging bevorder.
NamWater installeer en sal dan ‘n nuwe kraglyn by Kuiseb in bedryf stel om die betroubaarheid van watervoorsiening in die Erongo-streek te verbeter. Hierdie infrastruktuuropgradering kan die watervoorsiening na Walvisbaai tydelik verminder tydens die inbedryfstellingsfase, wat begin het. Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, gepraat.
Stygende koste en stagnante lone veroorsaak dat 28 persent van Namibiërs nou staatmaak op verskeie inkomstestrome om te oorleef. Hierdie tendens, bekend as "poly-jobbing", bied buigsaamheid, maar bring ook risiko's soos uitbranding. Om suksesvol te wees, benodig sogenaamde sy-besighede behoorlike beplanning, beskerming en struktuur, want veerkragtigheid moet stabiliteit bou, nie tot uitputting lei nie. Ashante Manetti, stigting- en kleinhandelbemarkingsbestuurder by Old Mutual Namibia, het meer.
Swakopmund vier vanjaar 133 jaar van ryk geskiedenis, kultuur en sjarme. Oor die dekades het dit van 'n stil hawedorp na een van Namibië se mees ikoniese bestemmings verander. Hierdie mylpaal word gevier met 'n reeks opwindende geleenthede, insluitend kulturele uitstallings, gemeenskapsfeeste, strandskoonmaak en historiese uitstallings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Swakopmund Munisipaliteit se woordvoerder Linda Mupupa gepraat.