POPULARITY
Categories
Send us Fan Mail1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie. Skakel jou foon aan, en dis asof die negatiwiteit jou sommer in die gesig klap. Oorloë, skandale, die nuutste skinderstorie, en dan die belaglike debatte ook nog. Elke keer wat jy blaai, trek dit jou emosies weer na 'n ander kant toe. Dis asof jy in 'n storm vasgevang is wat nooit ophou nie, en hoe erger dit raak, hoe swaarder word dit om selfs jou eie gedagtes te hoor, wat nog te sê van God se stem.'n Paar jaar gelede het 'n jong joernalis besluit om vir 'n hele jaar al haar sosiale media af te skakel. Haar vriende het agter haar rug voorspel sy gaan doodeenvoudig irrelevant raak. Maar toe kry sy iets terug wat sy lankal kwyt was, vrede. Sy't weer 'n manier van leef gekry wat persoonlik en gefokus is, met 'n doel wat regtig saak maak, iets wat geen app. of skerm ooit kan vervang nie.Kyk na die soort lewe waartoe Paulus die gelowiges in die woelige stad Tessalonika aangemoedig het:1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle 'n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.Die vroeë Christene het ook in 'n wêreld vol politieke onrus, en geskarrel geleef - nou nie eintlik baie anders as ons s'n nie. Maar Paulus se raad was baie duidelik: moenie saam met die geroesemoes daarbuite raas nie. Bou liewer vir jou 'n bestendige, rustige lewe, een wat 'n baie kragtiger boodskap as enige plasing op jou skerm of enige betoging op straat uitstuur.Miskien is dit dan nou tyd om die nuus en sosiale media 'n bietjie stiller te maak, en te gaan luister na daardie stil, sagte stem van God. Want in 'n wêreld wat verslaaf is aan geraas, is dit juis die rustige mens wat 'n geseënde lewe lei, en wat die grootste verskil maak.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailEfesiërs 5:14 En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied:“Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” Wat kruip in die skaduwees van jou lewe weg? Die dinge waaroor jy glad nie praat nie – die skuldgevoelens wat jy diep wegsteek, die bitterheid wat jy probeer regverdig, die geheime gewoontes wat jou stil-stil beheer. Miskien sien niemand anders hierdie dinge nie, maar jý weet van hulle. En hulle steel jou vrede.Het jy al ooit in 'n donker kamer ingestap nadat jy buite in die helder sonlig was? Vir 'n paar oomblikke kan jy absoluut niks sien nie. Jou oë sukkel om aan te pas, jy huiwer, en selfs bekende dinge lyk skielik vreemd. Maar die oomblik as jy die lig aanskakel, verander alles. Wat onsigbaar was, is dadelik weer sigbaar. Dit is presies hoe dit ook in ons binneste werk. Ons raak naderhand so gewoond daaraan om met klein stukkies duisternis saam te leef – soos die bitterheid wat ons nie wil laat gaan nie, die skaamte wat ons nie wil erken nie, of emosies wat ons diep wegbêre – totdat daardie skaduwees na 'n rukkie vir ons heeltemal normaal voel. Die apostel Paulus het destyds aan die Christene in Efese geskryf. Hulle was omring deur allerhande versoekings en dinge wat verkeerd was. Hy het hulle – en vir ons – uit daardie skaduwees uitgeroep om in die lig te gaan staan:Efesiërs 5:14 En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” Hierdie boodskap is baie eenvoudig maar ook baie dringend: hou op om half aan die slaap deur die lewe te gaan. Hou op om te maak asof die duisternis nie skadelik is nie. Jesus het nie gesterf sodat jy lekker gemaklik in die skaduwees kan bly sit nie – Hy het opgestaan om jou heeltemal in sy helder lig in te bring.Daardie lig wys natuurlik dinge wat ons eintlik baie liewer sal wil wegsteek. Maar daardie selfde lig herstel dinge wat ons nooit op eie stoom sou kon regmaak nie. So, wat is daardie donker kamer in jou lewe – die ding wat jou tot nou toe gekeer het om vir God oop te maak? Skakel vandag die Lig aan. Laat Sy lig heeltemal inkom. Onthou ware vryheid kom nie as jy wegkruip nie … dit kom wanneer jy reguit in die lig instap.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor 'n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens vir vroue. Hulle vertel jou van Nampo Kaap saam met Jaguar Land Rover en hulle Defender-reeks op uitstalling. Mazda stel dan hulle splinternuwe CX-5 sportnuts bekend. Vir 2Wiele fokus hulle onder andere op Darryn Binder wat die MotoAmerica Supersport-kampioenskap beklink het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor ThreshHold RealMSM en hoe dit moontlik kan help met alledaagse liggaamspyn en seer gewrigte. Of jy nou 'n atleet is met seer knieë, of iemand wat daagliks met gewrigspyn en pyn in jou liggaam sukkel – ThreshHold kan moontlik 'n rol speel, maar dit is belangrik om dit korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek om meer uit te vind. Vir meer inligting, besoek www.threshhold.co.za of stuur 'n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.
Send us Fan MailGoeiedag, 'n Heerlike, geseënde lentetyd vir jou!Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir September.Sjoe, kan jy glo dit is alweer lente? Ons hoop dit gaan sommer baie goed met jou en dat jy die warmer dae en vroeë oggendsonnetjie net soveel soos ons geniet. Die nuwe seisoen bring nuwe energie, en dit is die perfekte tyd om vir 'n oomblik asem te skep en te kyk na al die mooi dinge wat die Here vir ons gee. In hierdie nuusbrief wil ons sommer net 'n bietjie liefde en inspirasie met jou deel—en wys hoe ons intekenaars se terugvoer ons harte warm laat klop!Hier is ‘n getuienis wat ons ontvang het:Joan Kilian sê: Baie dankie vir die "VARS-"boodskappe wat elke oggend vir my soveel betekenis het. So baie daarvan is "spot on."Vanoggend se boodskap "Die vreugde om ja te sê" spreek weer eens tot my. Ek is besig om Kolossense te lees en dit bevestig juis dat ons God se wil moet doen. Baie dankie aan almal by Christianityworks wat hierdie boodskappe elke dag uitstuur en spesiaal aan Berni wat GOD gehoorsaam. Mag julle geseënd wees in alles wat julle doen. Jesus liefde.Hier is nog ‘n paar kortetjies: · Dankie julle! Ek is absoluut mal oor die praktiese boodskappe. Ek deel dit in my klaskamer, stuur dit vir my vriende aan, en gebruik dit natuurlik vir my eie stilte-tyd saam met die Here.· Dankie dat julle hierdie daaglikse e-posse stuur, julle ouens is tops!"· Sjoe! My voete is twee keer in die laaste paar dae sommer onder my uitgeslaan deur julle boodskappe! Ek wil sommer my arms in die lug gooi en jubel oor die Waarheid daarvan. Dit was net die regte vonk om my geloof in Jesus Christus weer nuwe lewe te gee. Baie dankie!· Hierdie inspirerende boodskappe maak sommer my hele dag. Dit voel altyd of dit my situasie presies aanspreek, nog voor ek selfs weet ek het dit nodig! Julle is amazing!Dankie dat jy deel is van hierdie bediening — jou betrokkenheid en gebede beteken vir ons meer as wat woorde kan sê. Ons nooi jou hartlik uit om jou gebedsversoeke na afrikaans@christianityworks.com te stuur wanneer jy wil hê ons gebedspan moet saam met jou bid. Ons hoor altyd graag van jou; stuur ook gerus jou getuienis of terugvoer oor die materiaal vir ons aan. As die Here dit op jou hart lê om ons Suid-Afrikaanse bediening finansieel te ondersteun, kan jy eenvoudig die skakel hieronder gebruik. So kan jy op ‘n praktiese wyse ook meewerk om die boodskap van die Koninkryk van Jesus Christus tot in die verste uithoeke van die aarde uit te dra.Moenie vergeet om vir jou land te bid nie!Seënwense en mooi loop!Van Jokkie, Annelie en die VARS-span Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailNahum 1:3 "Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete. Dit is snaaks hoe graag ons reg en geregtigheid wil sien - maar net nie wanneer ons fouteer nie. Wanneer mense óns te na kom, wil ons hê God moet dadelik ingryp. Maar wanneer óns droogmaak, wil ons hê Hy moet wag. Hy moet verstaan. Hy moet ons 'n bietjie kans gee. Dit is nogal selfsugtig, nè?Hierdie spanning - genade vir my, maar straf vir hulle - is so oud soos die mensdom self. Dit is presies waaroor dit hier gaan in:Nahum 1:3: Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete.Die profeet Nahum het hier gepraat oor die magtige Assiriese Ryk. Hulle was bekend vir hul verskriklike wreedheid en onderdrukking. God het hulle op vorige geleenthede gebruik om sy eie volk te dissiplineer, maar nou was dit tyd vir geregtigheid. God was nie van plan om hulle geweld vir altyd te ignoreer nie.En tog herinner Nahum ons daaraan dat God lankmoedig is. Hy hou geregtigheid en barmhartigheid in perfekte balans. Dit is iets waarmee óns sukkel. Kom ons wees eerlik: Ons veroordeel ander vinnig, maar verskoon onsself maklik. God werk nie so nie. Sy geregtigheid is heilig en sy barmhartigheid is geduldig.So, voor jy vandag geregtigheid van God eis vir dit wat aan jou gedoen is, stop net vir 'n oomblik. Dank Hom eerder vir sy barmhartigheid teenoor jóú. Want dieselfde Hand wat die kwaad oordeel, reik ook vandag uit om te vergewe.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hardi Swart – besturende direkeur, Family Wealth Custodians Volg RSG Geldsake op Twitter
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van 'n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap (WorldsSBK) vir die ROKiT BMW Motorrad-span gaan deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Rondom 7 200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna 3 500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord. Die ergste was die een in Wes-Afrika wat van 2014 tot 2016 geduur het. Die VN se spesiale Ebola-koördineerder, Julien Harneis, sê die epidemie bly geweldig groot en dit sal maande duur om dit onder beheer te kry:
Send us Fan Mail1 Samuel 12:24 Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.Voel jy soms asof dinge net nie wil uitwerk nie? Daardie tye toe jy gebid het, gehoorsaam was… en niks verander het nie. Wanneer 'n kompromie makliker lyk, stilte veiliger voel, en om moed op te gee aanloklik klink. Jou hart fluister: Waarom moet ek nog aanhou?In 1555 is Hugh Latimer, die voormalige biskop van Worcester in Engeland, in die tronk gegooi omdat hy tydens Engeland se vervolging van die Protestante die Evangelie verkondig het.Terwyl hy saam met sy medegelowige, Nicholas Ridley, op die brandstapel gestaan het, kon hy sy geloof versaak en so sy lewe behou het.Maar, in plaas daarvan het hy terwyl hy besig is om te sterf, uitgeroep: Wees vol moed, meneer Ridley, en staan jou man; ons sal vandag, deur God se genade, 'n kers in Engeland aansteek wat nooit uitgedoof sal word nie. Hulle standvastige geloof het 'n nuwe vlaag van hoop geïnspireer onder Engelse gelowiges wat geweier het om bes te gee. Hierdie vasberadenheid het 'n vuur aangesteek wat vandag nog brand.1 Samuel 12:24: Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.Dit is die woorde van die profeet Samuel aan Israel toe hulle weggedraai het van God om op 'n koning te vertrou. Samuel het vir hulle gesê: die krag om aan te hou, kom nie uit vrees of uit ‘n mens se eie wilskrag nie. Dit word gebore wanneer jy onthou hoe getrou God nog altyd was.Dit is die kern van die saak — dink aan die groot dinge wat Hy vir jou gedoen het. Wanneer gehoorsaamheid te swaar voel, kyk terug. Onthou sy barmhartigheid, sy geduld, sy kruis. Dankbaarheid laat die moed weer opvlam.So, as dit vandag onmoontlik voel om God te eer, as dit vandag voel asof jy nie kan asem kry nie, hou op spartel en begin onthou. Want dieselfde God wat jou tot hier gedra het … sal jou die res van die pad dra.Onthou die wonderlike dinge wat Hy vir jou gedoen het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Het jy al ooit gevoel asof niemand jou werklik raaksien nie? Asof jy tussen mense staan, maar steeds alleen voel?In Deel 7 van ons Name van God-reeks ontdek ons El Roi – die God wat my sien.Deur Hagar se verhaal in Genesis 16 en 21 sien ons hoe God haar in die middel van haar woestyn ontmoet. Waar ander haar miskyk, ken God haar naam. Hy sien haar nood, Hy hoor haar uitroep en Hy tree in.Hierdie boodskap herinner ons dat God ons sien wanneer niemand anders ons raaksien nie – selfs wanneer ons onsself in moeilike omstandighede bevind. Sy genade is groter as die gemors waarin ons soms sit, en Hy sien dikwels dit wat ons self nog nie kan sien nie.Deur Hagar se woestynreis ontdek ons vier kragtige waarhede oor hoe God ons werklik raaksien:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro12:46 El Roi sien ons wanneer niemand anders ons raaksien nie21:02 El Roi sien ons binne die gemors wat foute veroorsaak het 28:54 El Roi is nie ‘n toeskouer nie – Hy's ‘n doener33:54 El Roi word mens in Jesus Christus-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#ElRoi #NameVanGod #GodSienJou #Preek #TygerbergGesinskerk #Genesis #Geloof
Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, gesels op 12 September op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe hierdie ATKV-tak 'n verskil in hulle gemeenskap maak.
Send us Fan MailPsalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan! Waarom is ons sulke ‘experts' as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘dis hulle skuld.' Ons skinder – wel, net omdat ons ‘besorg' is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘te besig' is. Dis verstommend hoe maklik ons dinge, wat ons in ons harte weet verkeerd is, kan probeer regverdig.Dis 'n bietjie soos in 'n huwelik, wanneer een maat aanhou verskonings maak. “Ek wou nie my humeur verloor nie.” “Jy is te sensitief.” Met verloop van tyd bou daardie klein verskilletjies en irritasies op. En dit veroorsaak bitterheid. Uiteindelik breek die waarheid deur – en dit maak seer. Want verskonings genees nie verhoudings nie. Eerlikheid wel.Dis presies wat gebeur het toe God sy volk gekonfronteer het. Uiterlik was hulle godsdienstig – hulle het offerandes gebring, samekomste bygewoon – maar hulle lewens het 'n ander storie vertel. En op ‘n dag sê Hy die volgende vir hulle: Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!Hulle het gedink God se geduld beteken dat Hy tevrede is met hulle gedrag. Hulle het gedink sy stilte beteken dat Hy saamstem met hulle lewenswyse. Maar Hy was gereed om rekenskap van hulle te vra. Ja, God het baie geduld. Ja, Hy gee vir ons tyd en kans om self na Hom toe terug te draai. Maar op die ou end, juis as gevolg van sy groot liefde, kom daar 'n einde aan sy geduld. Hierdie genadetyd is nie onbeperk nie.En God gee ons altyd eers die kans om dít wat ons in ons hart ronddra, self te erken en reg te maak.So, is daar dalk iets wat jy altyd as verskoning gebruik? 'n Gesindheid, gewoonte of reaksie wat jy vir jouself wil regverdig? Doen jouself 'n guns. Moenie wag totdat God rekenskap vra nie. Neem dit nóú na Hom toe. Want sy goedheid en liefde sal altyd daar wees wanneer jy eerlik is.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie'-reeks, gesels op 5 September op Kopskuif. Skakel in ek kom luister hoe Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Jy wil nie hierdie aflewering misloop nie, want Reinette vertel ook van 'n baie opwindende projek ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag.
Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie'-reeks, gesels op 5 September op Kopskuif. Skakel in ek kom luister hoe Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Jy wil nie hierdie aflewering misloop nie, want Reinette vertel ook van 'n baie opwindende projek ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag.
Hierdie week vir Wiele2Wiele neem hulle jou op 'n toetsrit met die Audi Q3 S line Sportback. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Bio-Strath, een van haar mees geliefde produkte. Hulle gesels oor die produk, die unieke samestelling daarvan en waarom dit volgens Estie 'n belangrike deel van 'n mens se gesondheid en welstand kan wees. Bio-Strath is beskikbaar by apteke in stroop- en tabletvorm en is geskik vir die hele gesin. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur 'n e-pos aan info@livingnaturally.co.za.
Send us Fan MailJakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. Het jy al ooit voor 'n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? 'n Siekte. 'n Verlies. 'n Mislukking. Verraad. 'n Finansiële krisis. 'n Verhouding wat skipbreuk gely het. Dit voel asof ‘n gevaarlike reus reg voor jou staan; jou pad versper en alles binne-in jou wil net weghardloop. Maar soms is dit daardie reuse vir wie ons so bang is, wat God wil gebruik om ons voor te berei vir dít wat voorlê.Hudson Taylor, 'n negentiende-eeuse sendeling in China, het sy eie reuse gehad wat hy in die oë moes kyk. Hy moes teen siekte baklei; hy moes die dood van sy vrou en kinders verwerk. En hierby moes hy nog die mense wat met hom gespot het omdat hy Chinese klere en gewoontes aangeneem het, hanteer. Sy sendingwerk was meer as een keer op die randjie van ineenstorting.Maar deur daardie beproewings was God besig om hom te vorm. Uit sy swaarkry is die China Inland Mission - 'n organisasie wat duisende sendelinge uitgestuur het en miljoene mense met die Evangelie bereik het - gebore. Die reuse in sy lewe het hom voorberei vir die doel wat God vir hom beplan het.Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.En dit is waaroor dit gaan. Hierdie reuse uitdagings is nie straf nie. Hulle is voorbereiding. Hulle vorm ons, hulle maak ons sterk en kry ons gereed vir die roeping wat God op ons lewens geplaas het. Toe God vir Dawid koning wou maak, het Hy nie vir hom 'n kroon gegee nie. Hy het vir hom ‘n Goliat gestuur. So kom ek vra jou - watter reus staan vandag voor jou? In plaas daarvan om op moedverloor se vlakte te gaan sit; oorweeg die moontlikheid dat God besig is om dit te gebruik. Want in sý hande is jou grootste uitdaging dalk net die ding wat jou gaan vorm.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailJakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en die goeie in hulle raak te sien? Onderwysers het destyds gedink die jong fisikus, Albert Einstein, is hopeloos te stadig en onbevoeg. Sommige van hulle het selfs gesê dat hy nooit enigiets in sy lewe sal bereik nie. Maar daar was een persoon wat gelukkig groot potensiaal in hom raakgesien het. Hierdie persoon het sy nuuskierigheid aangemoedig en vir hom die nodige ruimte gegee om dinge self te ondersoek. En dit was juis daardie aanmoediging wat uiteindelik die genie, wat die wêreld later sou leer ken, ontsluit het.As jy die beste in mense na vore wil bring, moet jy bereid wees om na die beste in hulle te soek. Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.Jesus het hierdie waarheid nie net verkondig nie, Hy het dit self uitgeleef. Hy het na 'n korrupte tollenaar gekyk en dadelik 'n dissipel gesien. Hy het na 'n sondige vrou gekyk en diep geloof raakgesien. Hy het na 'n rowwe visserman gekyk en die rots van sy kerk gesien. Hy het nooit mense se foute geïgnoreer nie, maar Hy het ongetwyfeld altyd God se moontlikhede in hulle gesien.So kom ek vra jou vandag – wie is jy tans besig om met jou kritiek af te breek; miskien is dit selfs net stilweg in jou hart? Wat sal gebeur as jy eerder kies om hierdie mense deur die oë van Jesus te sien, en te glo in dit wat Hý in hulle kan doen? Want wanneer jy jouself verneder om die beste in ander raak te sien, sal jy skielik die vermoë hê om hulle te help om hulle potensiaal te bereik en die beste na vore te bring. Dit is immers hoe Christus dit gedoen het. Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie week se aanwysers gaan oor ekonomiese aktiwiteit en oor inflasie.
Hierdie is nogal regtigwaar 'n boodskap wat elke landbou produsent moet hoor of lees... om hulle moed in te praat oor hulle GELOOF wat hulle beter verstaan as die meeste mense!6Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet. 7Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp. 2 Tim 2:6 Boerdery is GELOOF in AKSIE. Kom ons leer van die BOER die geestelike beginsels en lesse wat ons nodig het om in hierdie lewe te oorwin! Lees gerus die Preek Notas:www.harvestercederberg.co.za/wat-leer-die-boer-ons-oor-die-geestelike-lewe/
Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met 'n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én 'n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met 'n anime-tema. Vir die wenk van die week gesels hulle oor hoe SVI jou kan help om jou voertuig te beveilig en vertel jou hoe dit met Tristin Pienaar in Engeland gegaan het tydens ronde sewe van die nasionale Junior Sportbike-kampioenskap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige, splinternuwe Kia Seltos, wat met drie enjins aangebied word – onder andere 'n 1.5-liter-turbodiesel. Hulle vat jou dan saam op die pad in die Lexus RZ 550e F-Sport en die Land Cruiser FJ. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wie is Jahwe, en wat beteken dié Naam van God vir jou lewe vandag?In hierdie verkorte boodskap ontdek ons Jahwe as die God wat heers, vrede bring, voorsien en genees. Ons kyk na vier betekenisvolle Name waardeur God Homself aan ons openbaar:------------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro13:41 Jahwe-Sabaot – die Here wat oor alle magte heers19:12 Jahwe-Shalom – die Here wat vrede gee24:21 Jahwe-Jireh – die Here wat voorsien30:06 Jahwe-Rapha – die Here wat genees en herstel------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat jy ook al vandag in die gesig staar, God se Naam herinner jou aan wie Hy is—en dat jy Hom kan vertrou.Hierdie boodskap vorm deel van ons reeks: Die Name van God.Teken in op ons kanaal vir meer preke en geloofsbemoediging, en deel gerus hierdie boodskap met iemand wat dit vandag nodig het.#Jahwe #DieNameVanGod #AfrikaansePreek #Geloof #TygerbergGesinskerk
Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy 'n motorfiets wil koop wat 'n spesiale uitgawe in sy tyd was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Send us Fan MailSpreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV) Ons beplan vir die toekoms asof ons op een of ander manier in beheer is. Jy weet: môre se vergadering; volgende maand se doelwitte; volgende jaar se vakansie; waar ons oor vyf jaar wil wees, of wat ook al. Maar dan gebeur iets onbeplands. 'n Diagnose. 'n Telefoonoproep. 'n Krisis. Skielik is môre nie meer so seker as wat ons gedink het nie.Op 11 Maart 2011 het pendelaars in Japan net soos op enige ander dag op hulle treine geklim …. Kosblikke was gepak. Boodskappe gestuur. Afsprake gereël. Maar toe, presies om 14:46, tref 'n aardbewing van 9 op die Richterskaal die land. 9!Dit het 'n massiewe tsunami veroorsaak wat meer as 18,000 mense se dood veroorsaak het; dit het lewens, bestemmings en ewighede vir altyd verander. Nie 'n enkele persoon het daardie oggend verwag dat dit hulle laaste dag sou wees nie. Maar dis die lewe, en dis waarom hierdie spreuk ons aangryp:Spreuke 27:1: Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)Kyk, dit beteken nie dat ons nie moet beplan nie. Dit is gemik op die mens se hoogmoed dat ons ons eie lewe sonder God kan leef. God herinner ons aan die ongemaklike waarheid dat môre nie in ons hande is nie.Dit is maklik om te lewe asof ons tyd op aarde onbeperk is. Asof ons gehoorsaamheid, vergifnis, verandering of selfs oorgawe aan God kan uitstel - want “daar is altyd later tyd.” Maar later word nie gewaarborg nie.Wat ís gewaarborg? Nou. Hierdie oomblik. Hierdie asemteug.Moenie dít wat die meeste saakmaak, uitstel nie. Moenie die gesprek, die gebed of die besluit om na God terug te keer, uitstel nie. Lewe asof vandag tel - want dit tel. En wanneer jy môre in God se hande plaas, sal jy ‘n baie beter greep op vandag hê.Moenie roem op wat jy môre gaan doen nie, want jy weet nie wat tussen nou en dan gaan gebeur nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die groot Land Rover Defender 130, die giftige Toyota GR Yaris en die GAC GS3 Emzoom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Hoe kan kultuurprojekte en kreatiewe deelname jou lewe verander? In hierdie inspirerende episode gesels Myrsha Eksteen met Angie Gallagher oor die waarde van persoonlike ontwikkeling, selfvertroue en die belangrikheid daarvan om in jouself en jou toekoms te belê. Angie deel haar persoonlike verhaal oor hoe deelname aan kultuurprojekte haar van 'n skaam en teruggetrokke leerder ontwikkel het tot 'n selfversekerde professionele persoon. Die gesprek ondersoek die lewensvaardighede wat deur kreatiewe deelname ontwikkel word, insluitend openbare redevoering, kritiese denke, taalvaardigheid, selfvertroue en leierskap. Die episode fokus ook op die talle digitale geleenthede wat beskikbaar is vir deelnemers van alle ouderdomme, ongeag waar hulle woon. Luisteraars kry waardevolle inligting oor kreatiewe skryfwerk, redenaars, toneel, kuns, spelling, idiome en ander projekte wat ontwerp is om talent te ontwikkel en nuwe geleenthede te skep. Verder word daar gesels oor die bekroonde tydskrif Taalgenoot, die alternatiewe musiekkompetisie Ruk en Rym, en die belangrike rol wat kultuur speel in die ontwikkeling van 'n veelsydige, afgeronde mens. Hierdie episode is 'n waardevolle bron van inspirasie vir jongmense, ouers, opvoeders en enigeen wat hul talente wil ontwikkel en 'n verskil wil maak.
Send us Fan MailGenesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. Die lewe kan soms nogal deurmekaar wees. Dit is nie altyd maklik om reg op te tree wanneer probleme jou skielik tref of dinge jou ontstel nie. Maar agter al die chaos is daar 'n geheime orde … as ons maar net daarna soek. Die wetenskap het baie gevorder sedert Isaac Newton sy drie bewegingswette in 1687 geformuleer het - wette wat verduidelik hoe voorwerpe stilstaan, hoe hulle vinniger beweeg, en hoe elke aksie 'n reaksie het. Trouens, hoe meer ons leer, hoe duideliker word dit dat die heelal volgens vaste reëls werk. Alles is so fyn beplan en georganiseer dat selfs die kleinste verandering alles in chaos sou laat beland.As swaartekrag net 'n bietjie sterker was, sou sterre dadelik uitgebrand het; as dit 'n bietjie swakker was, sou daar nooit sterrestelsels gewees het nie. Dit is dieselfde met die spoed van lig en alles anders in die natuur.Hierdie perfekte balans wys duidelik dat daar 'n God van orde is, en nie van chaos nie.Genesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. Dink jy regtig dat die God wat die hele heelal gemaak het, nie ook orde kan bring in die chaos van hierdie wêreld, of in die moeilike dinge waardeur jy nou gaan nie?Dieselfde Heilige Gees wat alles uit niks gemaak het, is die Een wat - ten spyte van wat die wêreld sê - vir jou wonderlike orde sal bring. Hy het eintlik reeds daarmee begin. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In hierdie diep roerende episode deel Monique Pieterse haar inspirerende getuienis van geloof, moed en volharding nadat sy met veelvuldige sklerose (MS) en lupus gediagnoseer is. Sy vertel eerlik oor die uitdagings van chroniese siekte, hospitaalopnames, moederskap, onderwys en die emosionele reis van aanvaarding en hoop. Monique praat ook oor haar passie vir vroeë kinderontwikkeling, skoolgereedheid en Baba Gym, en hoe sy steeds kies om 'n verskil in kinders en ouers se lewens te maak ten spyte van fisiese beperkings. Hierdie gesprek is 'n kragtige herinnering dat ons nie deur ons omstandighede gedefinieer word nie, maar deur God se genade, liefde en doel vir ons lewe. 'n Bemoedigende luisterervaring vir enigiemand wat deur siekte, trauma of moeilike seisoene gaan en weer hoop wil vind.
Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap nie, maar ook op wêreldverhoë. Hierdie is die verhaal van 'n familie wie se musiek hulle van die Boland tot by die Chelsea Blommeskou in Londen geneem het. Die familie is veral bekend as die Papier Langarm Orkes of Papier Family Band. Die orkes bestaan uit pa, kleinseun en familielede wat 'n musikale nalatenskap voortsit wat deur hulle pa, Marthinus Papier, begin is. Vandag speel Frank Papier (77) die trekklavier en kleinseun Greagan (13) elf instrumente, en so leef meer as 100 jaar se musiekervaring in die familie voort. Greagan is onlangs vir ‘n KKNK KANNA-toekenning benoem vir Beste Musiekspel by die ABSA KKNK 2026.
Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – 'n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis Knouwds oor haar splinternuwe album, Hierdie Oomblik, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Sy deel die inspirasie en stories agter die liedjies, vertel meer oor haar nuwe fokuslied, "Bly In Jou Baan", en gee luisteraars 'n voorsmakie van wat hulle in die toekoms van haar kan verwag.
Die visserye-ministerie sê dat hy ekologiese en biologies sensitiewe gebiede geïdentifiseer het en beplan om sommige as beskermde gebiede te verklaar, wat verbintenis tot die Konvensie oor Biologiese Diversiteit se 30-teen-30-teiken nakom. Hierdie teiken verbind deelnemende lande om teen 2030 ten minste 30 persent van die Aarde se land-, binnelandse water-, kus- en mariene gebiede te bewaar. Tydens die Wêreld Oseanedag-geleentheid het lynminister Inge Zaamwani gesê Namibië se bewaringsmaatstawwe staan tans op 39,92 persent op land en 1,69 persent in mariene gebiede. Sy het meer.
Die Vodacom Bulls se skrumskakel Embrose Papier is beloon vir sy uitstekende spel gedurende die 2025/26-seisoen deur aangewys te word as die Suid-Afrikaanse Vodacom Verenigde Rugbykampioenskap Speler van die Seisoen. Papier se nominasie is bepaal deur stemme van die Springbok-afrigtingspan, die vier franchise-afrigters en geselekteerde Suid-Afrikaanse rugbykommentators. Hierdie erkenning beklemtoon sy uitstekende bydrae en bestendige vertonings dwarsdeur die seisoen. Papier het met die Vereniging van Uitsaai Veterane gesels, wat dit met Kosmos 94.1 Nuus gedeel het:
Wêreld-byedag word vandag gevier. Hierdie internasionale viering beklemtoon die kritieke rol wat bye en ander bestuiwers speel in die handhawing van biodiversiteit, die versekering van globale voedselsekerheid en die ondersteuning van volhoubare landbou. Dr. Baby Kuarivi van Unam en lid van die Namibiese Bye-organisasie verduidelik die belangrike rol van bye in die omgewing.
Namibië gaan 'n historiese bewaringsfinansieringsooreenkoms van meer as 1 miljard Namibiese dollar onder die Namibia for Life-inisiatief onderteken. Hierdie ooreenkoms gebruik die innoverende Project Finance for Permanence-model om langtermynfinansiering en -stelsels te verseker wat gemeenskapsbewaring permanent sal ondersteun. Die ooreenkoms sal die komende week onderteken word. Vilho Hangula, die omgewingsminbisterie se woordvoerder, gee meer inligting.
Kenners waarsku dat om te wag op 'n "beter tyd" om te spaar dikwels tot finansiële stagnasie lei, aangesien vandag se behoeftes gereeld môre se planne oorskadu. Die voorstel is dat werknemers hul spaarbydraes outomaties verhoog elke keer wanneer hulle 'n salarisverhoging of lewenskoste-aanpassing ontvang. Hierdie metode beveg inflasie en verseker dat die toekomstige koopkrag van spaargeld nie krimp nie, sonder dat dit die huidige lewenstyl noemenswaardig benadeel. Monique Christiaan, die korporatiewe segment hoofbestuurder van Old Mutual.
Die skorsing van Joseph Shikongo uit die pos van NamPol inspekteur-generaal vir 12 maande bly in die nuus. Hierdie keer eis die amptelike opposisieparty antwoorde. IPC-president Panduleni Itula het die uitvoerende gesag versoek om dokumente wat verband hou met die proses openbaar te maak, insluitend die aanbeveling van die Veiligheidskommissie, rekords van konsultasies en advies van die Staatsdienskommissie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Christo de Wit – bestuurder, Luno Suid-Afrika Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Maltahöhe-gebaseerde Rural Revive, die vlagskipinisiatief van die Wolwedans-stigting se AridEden-projek, is met goud bekroon in die kategorie Regeneratiewe Toerisme by die gesogte 2026 World Travel Market Africa Responsible Tourism-toekennings in Kaapstad. Hierdie erkenning kwalifiseer die projek om in September by die Global Responsible Tourism-toekennings in Londen mee te ding. Projekwoordvoerder Annely Ickua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk. Siel, Waarom is jy So Neerslagtig?Psalms 42 & 43Het jy 'n onversadigbare honger en dors na die teenwoordigheid van die Here? Voel jy soms paradoksaal naby en tog ver van die Here. Jy is in Christus, en tog voel jy op 'n gegewe oomblik verlate van Christus. Hierdie psalm begin met 'n soeke en begeerte ('n passievolle, emosionele werkwoord) na die lewende God. Ons soek Nie godsdiens, dooie gode en tradisies nie... maar na die lewend-makende bruisende Gees van die lewende God, die oorsprong van alle lewe! https://www.harvestercederberg.co.za/die-kuns-om-in-god-se-aangesig-jouself-te-versterk/
Hierdie episode is oorspronklik in Februarie 2022 op 'n ander podcast reeks, Nostalgooi, opgeneem het. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat hierdie gesprek met Kramer tydloos is; nie net as kunstenaar nie, maar ook as entrepreneur. Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert' behaal het, kan David Kramer met reg as 'n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek beskou word. Ironies genoeg het Kramer tydens sy universiteitsjare, in die apartheidsera, Afrikaans aanvanklik afgemaak as die taal van die onderdrukker. Met verloop van tyd het hy egter besef dat dit in werklikheid nié bloot die witmens se taal was nie. Dit was ook aan die Universiteit van Leeds waar die saadjie van liedjieskryf geplant is; 'n saadjie wat later sou uitgroei tot 'n roemryke loopbaan en bekroonde musiekteaterproduksies saam met wyle Taliep Petersen. Vir David Kramer was die belangrikste nog altyd om die Suid-Afrikaanse identiteit te ondersoek en iets eg Suid-Afrikaans te skep. Wat 'n bakgat mens.
Bewerings dat Rusland Swapo gehelp het om tydens die laaste verkiesings te wen, bly in die nuus. Hierdie keer sê die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, dit is verdag dat Swapo se adjunk-sekretaris-generaal, Uahekua Herunga, sê hy sal nie regstappe doen nie, na bewerings dat hy miljoene dollar van Russiese intelligensie-agente gewerf het om Swapo se 2024-verkiesingsveldtog te ondersteun. Cloete sê daar kan ook 'n skakel wees met die onlangse druk deur die regering om Russiese maatskappye toe te laat om in-situ-mynbou in die Leonardville-gebied te begin, ten spyte van sterk teenkanting.
Die Namibiese Akkerbouraad nooi belangstellende en potensiële vrugteprodusente reg oor Namibië uit om aansoek te doen vir deelname aan die Vrugtewaardekettingontwikkelingskema. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die uitbreiding van vrugteproduksie te ondersteun deur gesubsidieerde produksiemiddele, kapasiteitsbou en markfasilitering. Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou het meer.
Reaksie word steeds ontvang oor Nudo LP Vetaruhe Kandorozu wat vir adjunk-onderwysminister Dino Balotti in die parlement gesê het hy moet teruggaan na Italië en dat Namibiërs nie so lyk nie. Hierdie keer het Kosmos 94.1 Nuus direk met Nudo gepraat. Volgens Nudo-lid Barry Rukoro stem hy saam dat Kandorozu se opmerking ongevraagd was. Die party kan egter niks daaraan doen nie want dit is in wanorde.
Suider-Afrika staar beduidende risiko's in die gesig as gevolg van klimaatsverandering. Die streek is reeds hoogs blootgestel aan die gevolge van El Niño en La Niña. Hierdie siklusse veroorsaak onderskeidelik ernstige droogtes en vloede, wat deels verantwoordelik is vir voedselonsekerheid. Klimaatsverandering sal ook 'n impak op die land se ekonomie hê. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van navorsing by die Namibiese Natuurstigting gepraat.
Hierdie naweek stap Namibiërs uit solidariteit met kinders wat teen kanker veg en einde-van-lewe behandeling nodig het. Terwyl die wêreld Sondag Wêreldkankerbewustheidsdag vir Kinders vier, doen die Kankervereniging van Namibië, saam met die Lions-klub en wêreldwye pediatriese onkologie-vennote, 'n beroep op gesinne landwyd om hierdie Saterdag vir hoop te stap. Deelnamegeld vir studente is 20 Namibiese dollar en 50 dollar vir volwassenes. Geleenthede word in Windhoek, Rehoboth, Swakopmund en Walvisbaai beplan om broodnodige fondse in te samel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen gepraat.
Die uitbetalings van maatskaplike toelae het op die 9de Februarie begin, met die verskillende toelae wat op verskillende datums betaal word. Die publiek word aangemoedig om net op die datums wanneer hulle toelae uitbetaal word, na poskantoor-betaalpunte te gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewald, die woordvoerder van Nampost gepraat.