Podcasts about hulle

  • 139PODCASTS
  • 2,051EPISODES
  • 13mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Dec 28, 2025LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026

Categories



Best podcasts about hulle

Show all podcasts related to hulle

Latest podcast episodes about hulle

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Werklikheid Is Hier!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 28, 2025 2:59 Transcription Available


Send us a textJesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Noudat Kersfees verby is, begin die werklikheid, dat nog 'n jaar so te sê verbygesluip het, ons oorweldig. Nog 'n jaar, kan dit wees? Dit is eintlik net datums op 'n kalender, maar dit laat ‘n mens allerhande gedagtes kry, nie waar nie?Soms bring die nuwe jaar verandering mee, ander kere lyk dit asof dit net op die gewone spoor sal voortstoom. Soms sien ons uit na verandering, ander kere verafsku ons die idee. En al het ons ook in die verlede gedink dat niks gaan verander nie, hét daar toe groot omwentelings plaasgevind. Dit is dus so effens riskant en 'n bietjie verwarrend om oor die jaar wat voorlê te besin, want ons was in die verlede al so verkeerd...Teen die einde van die sewentig jaar van ballingskap in Babilon was die Israeliete in 'n verskriklike groef; hulle was ‘n hele geslag van slawe, wat niks anders geken het nie. Hulle het maar net van dag tot dag, sonder om vir hulself te dink, soos skape voortgeploeter – hulle was eintlik op die ou end heel gemaklik! Toe kom sê God vir hulle deur Jesaja sy profeet:Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.'n Nuwe ding? Watter nuwe ding? Dit kan gevaarlik wees. Wat beteken dit vir my? Dit was die onwillekeurige reaksie van die Israeliete. Verandering, selfs verbetering, kan skrikwekkend, ontstellend en ontwrigtend wees.Kyk, ek en jy het geen idee wat hierdie volgende jaar sal oplewer nie. Maar soos hier, waar God sy volk na die Beloofde Land teruggebring het; bring God dikwels wonderwerke deur seisoene van omwentelinge – nie ten spyte daarvan nie.Verandering mag jou dalk benoud laat voel; ja, ons weet, jy voel asof jy nie kan asem kry nie; maar dit kan dikwels presies die plek wees waar God ‘n wonderlike nuwe begin vir jou beplan.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Winskopies na Kersfees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 27, 2025 2:50 Transcription Available


Send us a textJohannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”“Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom.Vandag is 'n paar skoene xRand werd. Môre op die uitverkoping is hulle skielik vir halfprys beskikbaar. Wat het verander? Dit is tog dieselfde paar skoene. Die groothandelprys aan die kleinhandelaar het beslis nie verander nie. En tog is hulle gedevalueer, afgemerk, net om hulle vinnig te verkoop. Hoe bepaal die wêreld ‘n persoon se meriete? Met watter standaard meet hulle jou waarde? Johannes 1:46 … Maar Natanael sê vir hom: "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?""Kom kyk," het Filippus hom geantwoord.Sien jy? Dít was die algemene gesindheid van die mense wat hier in Natanael se woorde weerspieël word. Jesus het nie alleenlik ‘n nederige geboorte in 'n krip gehad nie, maar sy ouers het geen status gehad nie. Om alles te kroon, is Hy in die obskure werkersklas dorp, in Nasaret (ver van Jerusalem, die sentrum van godsdienstige elite), grootgemaak.Uit die wêreld se perspektief het Jesus geen getuigskrif, geen stamboom, geen gesag gehad nie. Tog is Hy "Verlosser, Christus die Here" genoem (Lukas 2:11).Jesus was deur mense ‘afgemerk' soos 'n item in ‘n na- Kersfees-uitverkoping. Dit was ‘n fout! Hy bly tot vandag toe die Verlosser van die wêreld, want Hy het deur sy kruisdood en opstanding die mens van sy sonde kom verlos.Mense sal jou ‘afmerk'. Hulle sal jou verkleineer, jou ignoreer, jou selfs verag. Maar moenie vrees nie – God sien jou, Hy is lief vir jou en Hy het 'n plan om, ten spyte van wat ander mag dink, magtige dinge deur jou te bereik.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Onverwagte Uitnodiging

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 21, 2025 2:42 Transcription Available


Send us a textLukas 2:8-11 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! Wanneer 'n koninklike kind gebore word, is dit 'n tyd van groot feesviering. En dit was beslis die geval toe Prins William, die huidige opvolger van die Britse troon, op 21 Junie 1982 gebore is. So, wie dink jy was die eerste mense wat hom besoek het?Wel, dis nie 'n moeilike vraag nie, nè? Dit was Koningin Elizabeth die Tweede en haar man, die Hertog van Edinburgh, ander lede van die koninklike familie en goeie vriende ... en dis presies wat jy by die geboorte van die toekomstige erfgenaam van die troon sou verwag.Nouja, wie was die besoekers by die Koning van konings, die Here van heersers, die Messias, die Verlosser van die wêreld, toe Hy gebore is?Lukas 2: 8-11 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!Die nuus van Jesus se geboorte is aan uitgeworpenes gegee, nie aan die ‘elite' nie. God het skaapwagters – nederige, dikwels veragte lede van die samelewing – gekies, nie konings of priesters nie. Moet asseblief nooit dink dat jy nie goed genoeg vir Hom is nie. Hy het na hierdie wêreld gekom om jou te red.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Havana Fourway: Kontrakteurs kla oor informele handelaars

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:38


Kontrakteurs wat aan die Eneas Peter Nanyemba-padprojek by Havana Fourway in Katutura werk, sê hulle staar uitdagings in die gesig wat hul werk vertraag. 'n Terreinagent vir Welwitschia Construction CC, Sam Angula, sê dat verkopers aanhou werk in die projekarea wat skoongemaak word. Hulle moet ook elke dag vullis verwyder wat deur die verkopers gelos word, en informele werktuigkundiges het teruggekeer na die terrein. Die verkopers sê egter hulle is 'n nuwe oop mark belowe wat nog nie gebou is nie, en hulle het nêrens anders om handel te dryf nie. Angula het met die NBC gepraat.

Nuus
Imran Khan se seuns het groot kommer oor hulle pa

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:23


Die oud-Pakistanse premier Imran Khan se seuns het groot kommer oor sy welstand terwyl hy tronkstraf in sy geboorteland dien. Luidens die hofbevel moet sy familie elke Dinsdag toegang tot hom kry maar, dit gebeur nie. Die voormalige leier is tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is in 'n rits sake wat volgens hom polities gedrewe was na sy uitsetting in 'n parlementêre stemming in 2022. Kasim Khan het met Sky News gepraat.

Nuus
Olie-beleggers soek duidelikheid, of hulle loop: Thieme

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:29


Royale Wealth Management het met die uitvoerende hoof van Olthaver en List, Sven Thieme gepraat oor Namibië se opkomende olie- en gasvooruitsigte en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Hulle bespreek die risiko om fokus te verloor op wat werklik saak maak vir langtermynbeleggings. Thieme gee 'n duidelike beeld van wat dit sal verg om die geleenthede te ontsluit.

Nuus
Boewe doen hulle voor as polisie in hoofstad

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:39


Daar is 'n nuwe slenter wat kop uitsteek, waar skelms na wat berig word hulle voordoen as polisiebeamptes of sekuriteitswagte en niksvermoedende Namibiërs om die bos lei of vaslik beboet op straat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Windhoek Stadspolisie se skakelbeampte, assistent-superintindent Katrina Nomboga, wat verduidelik.

Nuus
Meer is bekend oor Rob Reiner se seun se arrestasie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:42


Meer inligting is bekend in verband met die dood van Hollywood-regisseur Rob Reiner en sy vrou, Michele. Hulle seun Nick is agter tralies vir hulle moord en sal teen Woensdag formeel aangekla word. Die misdaad- en ondersoekende skrywer by die LA Times, Richard Winton, het met Britse media oor die besonderhede gepraat.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a textMatteus 1:19-21,24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” …Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. Daar word deesdae baie oor manlikheid gepraat en geskryf, en in baie kringe word daarmee gespot. ‘n Mens wonder selfs of mans steeds veronderstel is om manlik te wees? Is dit 'n goeie ding, of 'n slegte ding? Wel, dit hang af...Mans is heeltemal anders as vroue gebou. Hulle is nie slegs fisies sterker nie, maar word ook tradisioneel gesien as beskermers en voorsieners. Wanneer mans verantwoordelik optree, is manlikheid baie positief vir die samelewing as geheel, en vir hul vrouens en gesinne, in die besonder.As ons van gesinne praat – diegene van julle wat mans is – verbeel julle julle is verloof aan die vrou van julle drome, en skielik ontdek jy sy is swanger … met iemand anders se kindjie. Om sake te vererger, gee sy vir jou 'n ongelooflike storie oor "die Heilige Gees wat dit gedoen het." Wat doen dit aan enige man se manlike ego?Matteus 1: 19-21 en vers 24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” …Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou.Weet jy wat dink ek? Ek dink dat Josef se onwrikbare gehoorsaamheid, om by Maria te bly, ten spyte van die skande en skinderstories, een van die mees manlike dade in die hele geskiedenis is. Hy het gedoen wat die Here se engel hom beveel het om te doen.Wat ‘n wonderlike getuienis!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Werklikheid van Verwerping

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 14, 2025 2:55 Transcription Available


Send us a textJohannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie. Verwerping is een van die pynlikste dinge wat ons ooit kan deurmaak, want ons is gemaak om liefgehê en gekoester te word. Ons is sosiale wesens wat gemaak is om deel te wees van 'n gesin; ‘n familie; deel van 'n gemeenskap. Ja, verwerping kan verwoestend wees, maar dit is nie die einde nie. Verwerping hoef ons nie te definieer nie. Dit hoef ons nie te keer om ‘n vervullende lewe te lei nie.Harriet Tubman is in 1822 in Dorchester County, Maryland in die VSA gebore. Sy is as leier deur die samelewing verwerp. Hulle het haar geminag oor haar ras, en ook die feit dat sy ‘n vrou is.Nadat sy uit Maryland ontsnap het, het sy keer op keer teruggekeer om meer as sewentig mense wat gevange was, via die smokkelroete, bekend as die "Ondergrondse Spoorweg," te red. Sy het haar lewe gewaag en dertien keer teruggekeer, deur geheime roetes en veilige huise in Pennsilvanië en Kanada te gebruik.Haar moed en geloof het vir Harriet 'n blywende simbool van vryheid gemaak. Sy inspireer steeds vandag bewegings vir geregtigheid. Jesus het verwerping só aan sy dissipels verduidelik:Johannes 15:20-21 Onthou wat Ek vir julle gesê het: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde ter harte geneem het, sal hulle julle s'n ook ter harte neem. Maar hulle sal dit alles aan julle doen omdat julle my Naam bely en hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.Mense sal julle verwerp omdat julle in Jesus glo; omdat julle weier om deel te neem aan die boosheid van hierdie wêreld; omdat julle liefde betoon te midde van haat. Hulle het dit aan Jesus gedoen, hulle sal dit ook aan julle doen.Volg Jesus in elk geval. Leef ten spyte van verwerping ‘n betekenisvolle lewe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur jou Eie Mense Verwerp

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 13, 2025 2:45 Transcription Available


Send us a textLukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding. Maar ek kan jou eerstehands vertel dat wanneer jy deur diegene ná aan jou verwerp word, is dit verwoestend. Woorde kan nie beskryf hoe dit voel wanneer diegene naaste aan jou, die mense op wie jy vertrou, jou in die rug steek en jou bloeiend langs die pad laat lê nie. Miskien weet jy waarvan ek praat? Wat dit erger maak, is wanneer diegene ná aan jou – jou familielede, werkskollegas, mense in jou eie gemeenskap – jou verwerp omdat jy doen wat goed en edel is.‘n Mens kan dit immers verstaan dat mense jou verwerp wanneer jy iets regtig aaklig doen. Maar, die pyn is ondenkbaar wanneer jy net jou beste gedoen het en hulle jou steeds verwerp. Kan enigiemand dit verstaan? Verstaan God selfs?Die eerste ding wat Jesus gedoen het tydens sy openbare bediening, was om in die sinagoge in Nasaret, sy tuisdorp, te preek. Aanvanklik was mense ontsteld oor wat Hy gesê het. Hulle het teen Hom gedraai en wou Hom selfs vermoor.Lukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.Niemand – nie eens 'n familielid – het opgestaan om Hom te verdedig nie. Die mense het selfs probeer om Hom van ‘n krans af te gooi om Hom dood te maak. Miskien sal jy eendag deur jou eie mense verwerp word omdat jy in Jesus glo. Miskien was jy reeds in so ‘n situasie?As, en wanneer dit gebeur, onthou net dat Jesus daar is. Hy verstaan hoe dit voel. Vertrou Hom.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry BMW M2

Wiele2Wiele

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 24:06


Hierdie week vir Wiele2Wiele raak almal liries oor die BMW M2 - 'n motor wat jy nie sonder handskoene aanpak nie. Hulle vat jou ook saam op 'n rit met die BYD Dolphin Surf. Daar is waardevolle raad oor verkoelingsvloeistof en 'n ‘Japannese Ducati' pronk nou in hierdie motorhuis. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Nuus
Gariseb soek vergadering met nuwe hoofstad raadslede

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 0:40


Die Katutura Residents and Ratepayers Association het 'n afvaardigingsversoek aan die Stad Windhoek gestuur. Dit is 'n wetlike bepaling in terme waarvan hulle gevra het om in Februarie aangehoor te word tydens die tweede sitting van die nuwe raad. Hulle redes is dat hulle wil hê die nuwe raad uitstaande kwessies moet prioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die groep, Shaun Gariseb gepraat, wat verduidelik.

Nuus
Só kan regering korrupsie help uitroei

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 0:40


Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en openbare dienste. Tog is hulle ook uniek geposisioneer om verandering te lei. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing, Graham Hopwood, gepraat.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Herstel die Skade

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 4, 2025 3:05 Transcription Available


Send us a textPsalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV) Om in hierdie onvolmaakte wêreld van ons te oorleef, eis sy tol van elkeen van ons. Jy is vol stampe en kneusplekke, om nie eens van die gevolge van ‘n volstruisskop so af en toe te praat nie! Ja, soms voel ons totaal afgetakel; ons lewensvreugde verdwyn en al wat oorbly, is daardie gevoel van onherstelbare gebrokenheid.Gelukkig voel nie almal só nie – dank God daarvoor. Maar daar is tye wanneer die geswoeg van die lewe (hoe dit ook al in jou omstandighede lyk) jou baie meer, as wat dit behoort, affekteer. Daar is tye wanneer ons onsself afvra … Wat is die betekenis van alles? Watter ramp kom volgende?Eeue, nee, millennia gelede, het die Israeliete hulself in 'n droë woestyn bevind. Hulle was moedeloos, honger en dors en hulle was tot siel en liggaam uitgeput.Jy het seker al af en toe figuurlik in ‘n “droë woestyn” verdwaal; in ‘n situasie waar jy nie her- of derwaarts geweet het nie. Stel jouself so ‘n situasie voor; sien dit in jou gedagtes.Dorre, lewelose, warm, droë sand so ver as wat die oog kan sien; sonder hoop op ontsnapping; jou liggaam, jou siel en jou gees onherstelbaar beskadig; die dood klop aan jou deur... Maar kyk wat gebeur as ons na die Here roep:Psalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV)Soos die 19de-eeuse Skotse pastoor en skrywer Oswald Chambers eens geskryf het: Om jouself alleen met God af te sonder, herstel die skade wat deur die gejaag, geraas en lawaai van die wêreld aangerig is.Wanneer jy verlore is, wanneer jy seer het, wanneer jy gebroke is … bid. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Oncologie Up-to-date
Wel of geen PSMA-PET/CT bij gemetastaseerd prostaatkanker?

Oncologie Up-to-date

Play Episode Listen Later Dec 3, 2025 46:13


In de podcastserie proefschriften spreekt AIOS interne geneeskunde dr. Tessa Steenbruggen met promovendi. In deze aflevering spreekt zij met Fleur Kleiburg over haar proefschrift, getiteld: ‘Clinical value of PSMA-targeted PET/CT imaging in prostate and non-prostate cancers.' Fleur bespreekt de toegevoegde waarde van de PSMA PET/CT bij gemetastaseerd hormoongevoelige en castratieresistente prostaatkanker. Daarnaast vertelt ze hoe de PSMA PET/CT mogelijk ingezet kan worden bij niet-prostaatkankers. Fleur zal op 20 januari 2026 haar proefschrift verdedigen aan de Universiteit van Leiden bij promotoren prof. dr. Lioe-Fee de Geus-Oei, prof. dr. Srirang Manohar, en copromotoren dr. Linda Heijmen en dr. Tom van der Hulle. Referenties Inspiratietip: Die ene patiënt – Ellen de Visser PSMA PET/CT scan bij mCRPC: PSMA PET/CT for treatment response evaluation at predefined time points is superior to PSA response for predicting survival in metastatic castration-resistant prostate cancer patients PSMA PET/CT scan bij sarcoom/weke delen tumoren: PSMA expression and PSMA PET/CT imaging in metastatic soft tissue sarcoma patients, results of a prospective study

God se Woord VARS vir jou Vandag
Politiek en Godsdiens

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 3, 2025 3:08 Transcription Available


Send us a textMatteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Die afgelope jaar was 'n onstuimige een op die wêreldfront, of hoe? Dink net aan die geopolitieke magte wat oor ‘n magdom van verskillende dinge bots. Hoe reageer die gewone man op straat – mense soos ek en jy – as die dinge om ons so verskriklik deurmekaar en gevaarlik word? Wel, sommige mense trek in hulle dop van eiebelang terug. Watter invloed het die chaos om ons, op my finansies, my welstand, my huisverband of my huur, my kospryse, my toekoms? Ander sien dit egter as 'n geleentheid om hul nasionale belang te verkondig en hul godsdiens en hulle politiek op 'n baie onheilige manier saam in dieselfde mandjie te gooi. Dit klink nogal soos die godsdienstige leiers van Jesus se tyd, die Fariseërs, nè? Hulle het saamgewerk met die Romeine wat hul land beheer het en hul godsdiens op 'n slinkse manier gebruik om hul eie magsbasis te versterk.Hulle het Jesus heftig gekritiseer omdat Hy saam met die skuim van die samelewing; die verlorenes en hopeloses, tyd deurgebring het. Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Dit lyk asof die Fariseërs die doel van hul “godsdiens” heeltemal gemis het; iets wat vandag steeds gebeur deur die lelike Christelike nasionalisme wat oral uitbreek. Die Britse teoloog, N.T. Wright, stel dit so: Christelike nasionalisme is verarm omdat dit 'n koninkryk sonder 'n kruis wil hê. Dit jaag 'n oorwinning sonder genade na. Hulle roem op God se krag, eerder as op God se liefde. Vir Jesus het dit nooit oor godsdiens of politiek gegaan nie. Dit het altyd daaroor gegaan om vriendelikheid en liefde aan die verlorenes te bewys en hulle na Homself te trek. Dis mos die model wat enige mens behoort na te volg. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
SA fm-omroeper betrek by werwing van huursoldate in Donbas

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 0:20


Die senior SA fm-omroeper, Nonkululeko Mantula, en vier mans is in aanhouding oor hul beweerde betrokkenheid by 'n geheime werwingskema van huursoldate vir Rusland. Hulle het in die Landdroshof in Kemptonpark verskyn en staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Die Valke se woordvoerder Katlego Mogale sê die saak is deel van 'n breër ondersoek na Suid-Afrikaners wat gewerf word vir buitelandse gewapende konflikte en is tot 8 Desember uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek:

Nuus
Vier vas oor beweerde militêre werwing vir Rusland

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 0:20


Vier verdagtes verskyn môre in die Kemptonpark-landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem is vir vermoedelike oortreding van die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Hulle is by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep terwyl hulle op pad na Rusland was. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê 'n Suid-Afrikaanse vrou het na bewering hul werwing vir die Russiese weermag fasiliteer. Mogale het aan SABC News gesê elektroniese toestelle is gekonfiskeer en owerhede ondersoek moontlike wyer veiligheidsbedreigings:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Here, Ek Is Jammer!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 2:52 Transcription Available


Send us a textMatteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Hulle sê woorde wek, maar voorbeelde trek, met ander woorde, daar kan 'n baie groot verskil wees tussen wat ons sê en wat ons doen. Dit klink so goed as iemand onderneem om iets te doen, maar wanneer hy dit moet deurvoer, gebeur daar niks nie.. Destyds toe ek 'n IT-konsultant was, was my taak hoofsaaklik om my kliënte se behoeftes te ontleed en die senior bestuur van hul ondernemings van 'n voorgestelde plan van aksie te voorsien. Ek het nie ‘n probleem gehad om my kliënte te oortuig van oplossings vir hulle probleme nie.Maar toe ek as 'n deskundige getuie in IT-verwante litigasies moes verskyn, was dit nie genoeg om die hof met woorde van iets te oortuig nie. Ek moes bewyse, wat my gevolgtrekkings ondersteun het, lewer. Dit is baie moeiliker om iets te bewys, as om iemand van iets te oortuig. En dit is wat Johannes die Doper hier vir die godsdienstige leiers sê:Matteus 3:7-8 Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.Kom ons kyk nugter na die saak. Ware bekering is nie om net ‘n kort ou gebedjie op te sê en jammer te voel nie – dit vereis 'n verandering van denke wat ‘n verandering van gedrag tot gevolg het. Bekering beteken om weg te draai van sonde en terug te keer na God. Wat Johannes hier in werklikheid sê is: As jy werklik berou gehad het, waar is die bewyse daarvan? Daardie “vrug” van ‘n veranderde lewe? 'n Lewe wat anders lyk, omdat jou hart teruggekeer het na God?Bekering is nie 'n emosie nie – dit is 'n besluit wat tot transformasie lei. En dit is heeltemal betekenisloos as jy nie ophou om dít, waaroor jy sê jy jammer is, te doen nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
NNN moedig kiersers aan hulle stem te laat hoor

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 0:45


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar stem uitgebring in Hochlandpark. Sy het met Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus gepraat en kiesers aangemoedig om te stem.

Nuus
NNN moedig kiersers aan hulle stem te laat hoor

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 0:23


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
As jy nie stem nie, ontneem jy die jeug van hulle toekoms - Ngurare

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 0:40


Die eerste minister dr. Elijah Ngurare het sy stem by Akademia in die hoofstad uitgebring. Hy sê aan Kosmos 94.1d se Donald Matthys dat wanneer stemgeregtiges nie hulle demokratiese reg beoefen nie, ontneem hulle die toekoms van die jongmense.

RSG Geldsake met Moneyweb
Vodacom en Remgro kry hulle laaste groenlig

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 9:01


Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek die positiewe dag op die markte en die transaksie tussen Vodacom en Remgro. Volg RSG Geldsake op Twitter

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Regte Tyd Sal Aanbreek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 3:10 Transcription Available


Send us a textHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Daar is tye in ons lewens wanneer iets werklik belangriks aan ‘n draadjie hang – 'n kritieke gesondheidsprobleem, 'n huwelik, 'n finansiële krisis, wat dit ook al mag wees. En dit is in daardie tye wat die meeste mense sal bid. Dit is in daardie tye dat mense na God sal uitroep.Ek het 'n goeie vriend wat met 'n slim, suksesvolle vrou getroud is. Trouens, hulle het albei soveel in hul lewens bereik ... en hulle is steeds baie gelukkig en suksesvol. Toe hulle jonk was, wou hulle baie graag kinders hê, maar sy kon nie swanger raak nie. Hulle het gebid en gebid en gebid ... en tog het dit gelyk of God hulle óf nie hoor nie, óf nie omgee nie.Al die jare het hulle kinderloos gebly maar hulle het tot 'n diep en nederige aanvaarding gekom, dat om kinders hê – om watter rede ookal – eenvoudig nie deel van God se plan vir hul lewens was nie.God het vir sy volk, Israel, in 'n ongelooflik moeilike tyd in hul geskiedenis, gesê:Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Hier is die wrede waarheid van die saak: God verhoor nie altyd ons gebede op die manier waarop ons gehoop het nie, en beslis nie altyd op die tydstip wanneer ons daarvoor gevra het nie. Soms gebeur slegte dinge met goeie mense. Sy planne is nie altyd ons planne nie. Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit. Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo. (Rom. 8:28 DB)Wat jy ook al nou deurmaak, daar sal 'n tyd kom wanneer jou trane sal val, nie as gevolg van jou probleme nie, maar omdat God jou gebede verhoor het op 'n manier wat net Hy kon. Daardie tyd sal kom; dit sal nie te laat wees nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfkennis is die Sleutel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 2:59 Transcription Available


Send us a textPsalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè?Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die rede is waarom ons op ‘n sekere manier optree.Ongelukkig ontwikkel baie mense nooit eintlik ‘n hoë vlak van selfkennis nie. Hulle is nie bereid om onwrikbaar eerlik met hulself te wees oor die onaanvaarbare dinge wat in hul harte aangaan en wat hulle dryf om so op te tree nie.Het jy die laaste keer toe jy 'n moeilike afspraak met iemand moes nakom, jouself vooraf kardinale vrae afgevra: Wat voel ek? Watter vooropgestelde idees dryf my? In watter bui is ek? Jy kan dink dat daardie dinge 'n vergadering en 'n verhouding kan maak of breek. En dít is selfs voordat ons onsself vra oor wat die ander persoon se situasie is; wat hy dalk voel; watter seer hy dalk besig is om te verwerk.Ja, my vriend, ons het almal blinde kolle. Ons is nie in staat om ons eie motiewe en bedoelings te beoordeel nie en dikwels wíl ons dit nie eers oorweeg om eerlik met onsself te wees nie.Dis waarom ons hulp nodig het. En dit is wat Dawid, die koning van Israel, gemotiveer het om hierdie gebed te bid:Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!As jy vermoed dat jou motiewe dalk nie heeltemal suiwer is nie, vra God vir sy hulp om dit uit te sorteer. Hy sal ‘n hemelsbreë verskil maak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Goeie Leier se Profiel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 23, 2025 2:36 Transcription Available


Send us a textNehemia 1:6-7; 4:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.… Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk. Daar is niks erger as 'n giftige, selfgesentreerde leier nie, want die mag van sy posisie vergroot sy toksisiteit; dit veroorsaak skade; dit saai verwoesting en maak mense wyd en syd seer.Jy hoef nie 'n president, eerste minister, miljardêr of media-magnaat te wees om 'n leier te wees nie. Ons is almal in 'n sekere sin leiers; as ouers, of as mense wat verantwoordelikhede in die werkplek het.Vir my is die kenmerk van 'n ware leier die volgende: hulle aanvaar blaam en deel lof. Hulle is die persone wat wanneer dinge verkeerd loop, verantwoordelikheid daarvoor sal neem en wanneer dinge reg loop, sal hulle krediet gee waar krediet toekom.God het vir Nehemia die ontsaglike verantwoordelikheid gegee om die verwoeste muur rondom Jerusalem te herbou. Dit was 'n reuse-taak. Hy het begin deur sy aandeel aan die skuld te aanvaar:Nehemia 1:6-7 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.En toe die muur gebou was, het hy as leier, die arbeiders erkenning gegee vir hul harde werk:Nehemia 4:6 Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.Dis hoe goddelike leierskap lyk – aanvaar verantwoordelikheid vir die foute en gee erkenning aan die harde werk van ander.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Capricorn Eagles klop Uganda in Bangkok

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 0:33


Namibië se Capricorn Eagles het teruggebons en hul tweede wedstryd by die IKR Vroue Ontluikende Nasies Trofee-toernooi in Bangkok, Thailand gewen. Die Eagles het Uganda met 12 lopies geklop nadat hulle eerste gekolf en 83 vir 8 in hul 20 kolfbeurte aangeteken het. Hulle het daarna Uganda beperk tot 71 vir 7 in 20 boulbeurte. Namibië se bouler Leigh-Marie Visser is as die speler van die wedstryd aangewys na sy drie paaltjies laat kantel het vir net 10 lopies in 4 boulbeurte. Die Eagles se volgende wedstryd is Saterdag teen Thailand.

Wiele2Wiele
Wiele2Wiele ry nuwe Duster

Wiele2Wiele

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 24:51


In hierdie week se episode het Volvo sy opgegradeerde XC60-sportnuts bekendgestel en die span vat die langpad met die splinternuwe Renault Duster. Hulle gaan maak 'n draai by Goeie Hoop Onderdele om meer oor hierdie familiebesigheid en oor Motul te gesels. Verder toets hulle die BMW R 1300 RT-motorfiets en deel 'n interessante MotoGP-feit. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer die Bose Jou Aanval (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 3:07 Transcription Available


Send us a textHandelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Dit lyk asof mense deesdae glo dat hoe harder hulle skree, hoe meer sal hulle gehoor word; al is hulle in die minderheid, en al lê selfs dít wat hulle verkondig, êrens tussen waansin en ekstremisme. Maar die ergste is dat wanneer hulle nie met jou saamstem nie, wil hulle jou stilmaak, jou opsy stoot en jou invloed in die gemeenskap afsny. En dis ongelooflik intimiderend.In baie dele van die wêreld het dit onaanvaarbaar geword om te sê dat 'n man 'n man is en 'n vrou 'n vrou. Hoe mal dit ook al mag lyk; daardie eenvoudige stelling, van die duidelik voor die hand liggende waarheid, word deur sommige (slegs deur 'n paar, maar steeds deur sommige) as bevooroordeeld en aanstootlik beskou.En so kan die gemiddelde Jan Alleman geïntimideerd voel om op te staan; om die waarheid te praat. Sy natuurlike reaksie sal dan wees om hom van gesprekke wat saak maak, te onttrek.Daardie vervolging, watter vorm dit ook al mag aanneem (en ek het hier slegs een voorbeeld gebruik) gebeur al sedert die vroegste tye. Vroeë Christene het verskriklike vervolging gely. So hoe het hulle gereageer? Het hulle teruggetrek? Nee. Hulle het gebid. Hier is wat hulle gebid het:Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.Daardie vroeë Christene het nie teruggedeins voor vervolging nie. Hulle het gebid. Hulle het gebid dat God hulle sal help om sonder vrees die Goeie Nuus te deel. Hulle het gebid dat God se krag in hulle en deur hulle sal werk.Wanneer jy geïntimideerd voel, is die antwoord om te bid. En onthou altyd: die Een wat in jou is, is groter as die een wat in die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
MI5 waarsku oor Chinese spioenasie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 0:21


Brittanje se binnelandse intelligensie-agentskap, MI5, het ʼn waarskuwing uitgereik dat twee mense wat met die Chinese intelligensiediens verbind word, besig is om parlementslede te werf. Hulle teikens sluit in parlementêre personeel, ekonome, werkers van dinkskrums, geopolitieke raadgewers en mense wat saam met die regering werk. Brittanje se minister van Sekuriteit, Dan Jarvis, sê die regering sal nie geheime en berekende pogings om by die land se soewereine sake in te meng, duld nie:

Nuus
Gariseb sê staat skarrel om sy saak teen hom voor te berei

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 0:39


Die saak deur die Stadspolisie teen Windhoekse aktiviste Shaun Gariseb en Armando Pieters is na twee-uur vanmiddag verskuif. Hulle staar klagtes van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig. Dit kom nadat hulle en gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, rioolafval by die Katutura Munisipale kantoor verlede maand gestort het. Gariseb spreek frustrasie uit dat die saak eers om nege-uur van die verkeershof na die landdroshof in Katutura uitgestel is. Hy sê die staat is nie voorbereid nie.

Nuus
Families, vriende moet praat as hulle selfmoord-tekens sien

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:39


Selfmoord bly 'n ernstige bron van kommer in Namibië. Oor die naweek is drie gevalle aangemeld, 'n 21-jarige man in Ruacana, 'n 30-jarige man in Tsumeb en 'n 27-jarige vrou in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende aktivis Zack Itodo gepraat, wat die belangrikheid beklemtoon het om vroeë waarskuwingstekens van selfmoordgedagtes te herken. Hy spoor familielede en vriende aan om ondersteuning te bied en in te gryp voordat dit te laat is.

Nuus
Net 130 vlugtelinge van Gaza is nog in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 0:12


Die Grensbestuursowerheid sê die 153 Palestyne wat as asielsoekers na Suid-Afrika gereis het, kan 'n 90-dae visum kry om in die land te reis. Die vlugtelinge was gister 12-uur lank op OR Tambo Internasionale Lughawe gestrand nadat hulle aanvanklik toegang geweier is omdat hulle nie die nodige vertrekstempels in hul paspoorte gehad het nie. Hulle het die vliegtuig verlaat nadat Gift of the Givers onderneem het om die reisigers te huisves. Mmemme Mogotsi van die owerheid sê 23 van die 153 passasiers het die land reeds verlaat:

Nuus
NamPost sê begunstigdes moet net kom op hulle toegewysde dae

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:40


NamPost doen 'n beroep op pensioenbegunstigdes om by hul geskeduleerde betaaldatums te hou na die tragiese dood van 'n 72-jarige pensioenaris wat ineengestort het nadat sy etlike ure in 'n tou by die Rundu-poskantoor deurgebring het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus gesê dat oorbevolking vermy sal word deur die betalingsskedules in die takke te volg en takke slegs op hul aangewese betaaldae te besoek.

Nuus
Namibië woeker by COP30

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:35


Namibië word by COP30 verteenwoordig deur omgewingminister Indileni Daniel, saam met die Omgewingsbeleggingsfonds se uitvoerende hoof, Benedict Libanda. Hulle het die land se deelname aan drie hoëvlak-gesprekke gelei. Die sessies het gefokus op klimaatsfinansiering, gemeenskapsweerbaarheid en klimaatsgedrewe mobiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda gesels wat meer inligting gee.

Nuus
Nuwe pogings om Gupta-broers uit te lewer

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:22


Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, sê hulle sal alles moontlik doen om die Gupta-broers se uitlewering aan Suid-Afrika moontlik te maak. Die Nasionale Vervolgingsgesag se uitleweringsversoek aan die Verenigde Arabiese Emirate vir die broers Atul en Rajesh Gupta is in April 2023 verwerp. Hulle word onder meer gesoek in verband met bedrog en geldwassery wat met staatskaping verband hou. Batohi het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê die Guptas is die grootste oorsaak dat die land op sy knieë is:

Nuus
Mashatile se beskerming sal wel vervolg word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:19


Action Society sê die uitspraak van die Randburg-streekhof in die saak teen adjunk-president Paul Mashatile se agt beamptes vir die beskerming van belangrike persone, is 'n belangrike stap in die rigting van verantwoordbaarheid in wetstoepassing. Slegs een aanklag teen dié sogenaamde blouligmafia is laat vaar. Hulle word daarvan beskuldig word dat hulle motoriste op die N1-snelweg in Johannesburg in Julie 2023 aangeval het. Juanita du Preez van die organisasie vra dat die beamptes geskors word terwyl die saak voortduur:

Nuus
Sprinkane maak hulle terugkeer in Zambezi

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2025 0:36


'n Groot uitbreking van Afrika-treksprinkane is in die Zambezi-streek aangemeld, wat minstens agt vloedvlaktegebiede affekteer. Landbouminister Inge Zamwaani het die uitbreking in die Nasionale Vergadering aangekondig en gesê die vloedvlaktes van Muyako en Masokotwani is bekende broeiplekke vir die spesie. Die ministerie het spanne ontplooi om spuitoperasies in die geaffekteerde gebiede uit te voer. Zamwaani sê die omvang van die uitbreking vereis wyer samewerking en doen 'n beroep op regeringsinstellings, streeksrade, plaaslike owerhede, die private sektor en tradisionele leiers om reaksiepogings te ondersteun. Zamwaani is aan die woord:

Nuus
Kandidaat-registrasie: LPM is gereed om hof toe te gaan

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:39


Die Landless People's Movement ontken hulle kandidate se name vir die komende verkiesings was laat ingedien, en blameer die Verkiesingskommissie van Namibië se aanlyn stelsel vir tegniese mislukkings. Dit kom na mediaberigte dat die party laat was met voorleggings in 28 plekke. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die party voortdurende probleme en stelselineenstortings ondervind het tydens die oplaai van sy kandidatelys. Hulle het egter alle prosedures gevolg en selfs probeer om fisiese kopieë in te dien, wat die ECN geweier het om te aanvaar.

RSG Geldsake met Moneyweb
Kripto beursverhandeldefondse maak hulle buiging in die VSA

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 7:10


Christo de Witt, hoof van Suid-Afrika, verduidelik wat 'n kripto-ETF is en hoe dit verskil van direkte beleggings in kripto-geldeenhede. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
SA huishoudings is diep in die moeilikheid, maar hulle maak 'n plan

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 9:52


Sunette Ansara, hoof van regsversekering by JustMoney, bespreek hul Money & Me-peiling. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Namaf kry kritiek oor mediese fonds-tariewe vir geestesgesondheid

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 0:29


Vooraanstaande geestesgesondheidswerkers het kommer uitgespreek oor die Namibiese Vereniging van Mediese Hulpfondse, Namaf, se Februarie-tariefopdatering wat 'n vaste tarief vir alle psigiatriese konsultasies vasstel. Dit behandel ook komplekse assesserings en nood-selfmoordkrisisse dieselfde as roetine-ondersoeke. Die groep psigiaters, sielkundiges, maatskaplike werkers en privaat praktisyns sê die skuif devalueer geestesgesondheidsorg en bedreig pasiëntveiligheid. Hulle eis selfmoordvoorkomingsdekking, billike tariewe en gelykheid in geestesgesondheid. Dr. Jürgen Hoffmann, die uitvoerende hoof van die Namibiese Privaat Praktisynsforum, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

PRAATING
BEER ADRIAANSE

PRAATING

Play Episode Listen Later Oct 2, 2025 103:53


Hulle sê: “Probeer is die beste geweer...”Maar probeer is nie eers 'n geweer nie — dis 'n woord.Dis 'n werkwoord. Dis 'n wens. Dis daai ding wat jy doen nét voor jy uitvind wie jy regtig is.Om te probeer is dalk die coolste ding ooit.En as iemand weet hoe om mooi te probeer — op die verhoog, in teks, in stiltes en in skielike lagbuie — dan is dit vandag se gas.Hy's daai ou wat altyd lyk of hy óf pas wakker geword het, óf pas 'n gedig klaargeskryf het. Of altwee.Hy's 'n akteur wat soms 'n filosoof is, 'n regisseur wat soms 'n berg is, en 'n mens wat altyd 'n beer is — met 'n klein letter b én 'n groot letter B.Hy't al gehuil met styl, gelag met wysheid, en geskryf soos iemand wat weet hoe stilte klink.Welkom by Praating.Die ou met die coolste naam in die land... Beer Adriaanse.To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm

Nuus
MISA is boos oor Agoa vat verval het

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:14


Die motorvakbond MISA sê Suid-Afrika het te laat opgetree om nuwe handelsooreenkomste met Amerika te sluit voor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika gister verval het. Hulle waarsku dat hierdie mislukking werksverliese in die kleinhandelmotorbedryf sal vererger waar afleggings alreeds styg. Die woordvoerder van die vereniging, Sonja Carstens, sê pogings deur president Cyril Ramaphosa en die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau om die ooreenkoms te red, het misluk:

Nuus
Ovaherero-gemeenskap herdenk hulle kultuur

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 0:29


Die Ovaherero-gemeenskap het van 19 tot 21 September bymekaargekom vir 'n lewenslustige viering van die tweede Ombu-kultuurfees in die Otjozondjupa-streek. Die fees in die Ombu-kultuurdorp het tradisionele opvoerings, kulturele uitstallings en 'n vertoonkas van talente en vaardighede uniek aan die Ovaherero-nasie ingesluit. Die stigter van die fees, Vetumbuavi Mungunda, het meer gedeel in 'n onderhoud met die nasionale uitsaaier.

Nuus
Eden Park net nog 'n rugbyveld: Alaalatoa

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 22, 2025 0:17


Rugby: Die Australiese stut Allan Alaalatoa met sy terugkeer na die Wallabies, sê sy span sien Edenpark as net nog 'n ander rugbyveld. Hulle hoop om Saterdag Nieu-Seeland se 31 jaar onoorwonne rekord op die ikoniese Auckland-stadion te beeïndig. Die All Blacks het in 1994 laas op Edenpark verloor, maar het Saterdag 'n groot taak om daardie rekord te verdedig teen Australië as die Rugbykampioenskap-voorlopers. Nieu-Seeland is in hulle laaste wedstryd in Wellington, in 'n rekord-nederlaag van 43-10 deur die Springbokke verslaan. Alaalatoa sê hulle fokus op hulleself:

Nuus
Gholf: Vyf jong SA sterre skitter by Sunbet Challenge

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 19, 2025 0:17


Die jong Suid-Afrikaanse sterre, Benjamin van Wyk en Tyran Snyders, is onder vyf voorlopers wat gelykop is na die tweede ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle loop op ses onder baansyfer voor saam met hul landgenote, Jaco Prinsloo, Louis Albertse en Pieter Moolman. Hulle is almal een hou voor die res van die spelers. Snyders sê vandag se finale ronde gaan opwindend wees:

Nuus
EU staan bankvas agter Namibië se groennywerheid

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 18, 2025 0:28


Die Europese Unie het Namibië opnuut verseker dat dit die land se groennywerheidagenda ondersteun en gesê een miljard euro is hiervoor opsy gesit. Die EU se kommissaris van internasionale vennootskappe, Jozef Sikela, vergesel van ander hoëlui uit dié magsblok, besoek Namibië tans. Hulle het Woensdag ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumbu Nandi-Ndaitwah by Staatshuis gebring:

Nuus
Gholf: SA se Van Niekerk, Mack gee pas aan by Sunbet Challenge

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 18, 2025 0:20


Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië. Van Niekerk, wat probeer om sy eerste sege op die Sonskyn-toer te behaal, sê hy het homself in ʼn sterk posisie geplaas om die toernooi van 54 putjies te wen: