POPULARITY
Categories
Vandag is Wêreldselfmoordvoorkomingsdag, terwyl die krisis in Namibië verdiep. Meer as 540 Namibiërs het die afgelope jaar hul eie lewens geneem, 'n hartverskeurende tol wat pyn weerspieël wat te dikwels in stilte gely word. Vandag is 'n wêreldwye oproep om die stigma te breek, te luister en op te tree voordat dit te laat is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus dring die maatskaplike aktivis Zack Itodo daarop aan dat mense, veral mans, oor hul probleme moet praat.
Die Wêreld Afrika-waterstofberaad begin vandag in die hoofstad, en duur tot Donderdag. Dit word met die tema, Ambition in Action: Fuelling Africa's Green Industrialisation, the Strategic Conference. Die kommersiële bestuurder van DMG Events, William Shilamba, sê die beraad sal die saak vir waterstof en hernubare energieë stel as 'n onderliggende oplossing vir beide 'n laer-koolstof-energiestelsel en die bloudruk vir 'n groen industriële ekonomie:
Die Madlanga-kommissie sê ʼn nuwe begindatum vir sy werksaamhede sal bevestig word sodra alle ICT-stelsels ten volle operasioneel is. Die kommissie wat misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel moet ondersoek, sou vandag met sittings begin. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling kon egter nie die nodige infrastruktuur betyds reël nie. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, het aan die SABC gesê diensverskaffers toets tans alle ICT-apparatuur:
Die lewe is soms taai maar tog leef jy elke dag uit die seën van die Here.
Vandag is die Internasionale Dag van die Slagoffers van Gedwonge Verdwynings. Hierdie Verenigde Nasies-herdenking beklemtoon die ernstige ongeregtighede en lyding wat aan slagoffers en hul families wêreldwyd veroorsaak word, en om aksie te bevorder om dié misdaad teen die mensdom te voorkom. Dr. Leefa Martin 'n oorlewende van Swapo se Lubango-kerkers in Angola, en 'n lid van Conquerors – Survivors of Lubango Dungeons and Other Atrocities in Exile, het met Kosmos 94.1 gesels.
Vandag se gas is Suid-Afrika se eie legendariese privaatspeurder — 'n skaars glimlagger, 'n meester van ondersoek, en die ewige behoeder van geregtigheid.Hy het al in die in die oë van duisternis gekyk sonder om sy eie oë te knip...En tog dra hy sonbrille — want hy weet: lig is gevaarliker as skaduwee.But who is the man agter the bril? Hy's die ou wat weet waar jou ex was op 12 Mei 2019.Die enigste mens wat 'n moordenaar, 'n politikus én 'n papegaai binne dieselfde uur kan ondervra... Sonder koffie.Hy is ook 'n fan van groot hare, en hy's hier om te praat.Maar moenie probeer lieg nie — cos he will weet! Welkom by PRAATING...Die een, die enigste: MIKE BOLHUIS.To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
Elke dag maak ons spore.
Vandag se gas is 'n ikoon van die kassie én die silwerdoek!Vanaf Lipstick Dipstick tot Poena is Koning.Sweet 'n Short tot Pretville.Hoener met die Rooi Skoene tot Diepe Waters. Vaaitjie sien sy gat tot Spoorloos.Hester en Ester Bester, Ballade vir 'n Enkeling, Agter Elke Man, Villa Rosa...Aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger — 'n kulturele ikoon.Haar bynaam is "Bizzie Lizzie" omdat sy soms aan ses of meer produksies tegelyk werk.Sy sit die Molly in Molly en Wors!Ek praat natuurlik van die charismatiese en snaakse:Lizz Meiring!To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
Elke dag maak ons spore.
Send us a text1 Petrus 1:17-19 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders. Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV) Vir baie mense is vrees 'n konstante metgesel. Nou dink jy dalk: "Ek is vir niks bang nie." Dit klink baie dapper. Die vraag is, wat lê om die draai?Ons sien vrees, oor die algemeen, as 'n slegte ding ... en dit is dikwels. Maar vandag wil ek graag oor ‘n ‘goeie vrees' met jou gesels. Ons leer hoe God talle kere vir Israel tydens hul ballingskap uit hul verknorsing gered het. Maar weet jy, dit maak nie saak wat ons vandag mag konfronteer nie, God wil ons ook red. Hy wil ons van daardie slegte vrese vrymaak tot 'n ‘goeie vrees' of anders gestel, ‘n heilige ontsag vir Hom.1 Petrus 1:17-19 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders. Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van 'n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (NLV)Die slegte dinge wat ons doen; die verkeerde dinge wat ons doen, is baie dikwels die oorsaak van die knaende vrese wat ons van binne-af opvreet. Kan ek dit openlik en kras stel? Sonde maak die deur vir vrees oop.Maar God het ons daarvan gered deur Jesus te stuur om aan 'n kruis te sterf, sodat ons vergewe kan word. Hy het die losprys betaal, Hy het ons vrygemaak.En nou verwag Hy dat ons Hom sal vrees, Hom sal respekteer, Hom sal eer. Dis 'n goeie vrees, want hierdeur ontdek jy 'n vrede en 'n vreugde wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Vandag is die dag om God te vrees.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Vandag gesels Marcel Theron met veearts Mariëtte Beukes. Sy deel haar lief en leed in die beroep. Hoe begin haar dag en hoe hanteer sy die hartseer wat soms daar is. Elke spoor het 'n storie om te vertel. Moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
Die Verkiesingskommissie is ten volle voorbereid vir die aanvullende kieserregistrasie wat vandag begin en tot 19 Augustus duur, met 4 233 registrasiepunte en 696 opgeleide spanne oor al 14 streke. Vervoer, insluitend NDF-helikopters, sal afgeleë gebiede in streke soos Zambezi en Kunene bereik, en die polisie sal sekuriteit verseker. Die kommissie beoog om die oorblywende 10 persent van stemgeregtigde kiesers, ongeveer 161 000 mense, te registreer wat verlede jaar se registrasie gemis het of besonderhede moet opdateer, voor die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder.
Gaza se Hamas-bestuurde gesondheidministerie sê 91 mense is Donderdag vermoor terwyl hulle voedselhulp probeer kry het en twee mense is aan wanvoeding dood. Intussen het die Withuis aangekondig dat Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant vir die Midde Ooste, Steve Witkoff, vandag na Gaza sal gaan om die hulpverspreidingsterreine van die omstrede Gaza Humanitêre Fonds te inspekteer. Die Withuis se perssekretaris Karoline Leavitt het die aankondiging gemaak.
Vandag se gas is 'n man wat al meer harte gebreek het as 'n BlackBerry op hoërskool!Hy's 'n sanger, 'n akteur, 'n pa... en 'n permanente emosionele landskap in die hart van Afrikaanse popmusiek.Hy's die enigste mens wat 'n traan, 'n windpomp én 'n spierhemp gelyk kan laat sin maak. Die stem van 'n engel met abs soos 'n kobbelsteen-voetpaadjie in Tuscany.Die tannies love hom — en haat hom — afhangende van of hy sing of op die silwerdoek is.Tannies, maak gereed vir die een en enigste Bobby van Jaarsveld!To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat twee verdagtes in die voortgesette Namcor-korrupsiesaak vandag in die hof sal verskyn. Die woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle hard op soek is na Victor Malima wat ook met die saak verbind is maar, uit die land gevlug het.
'n Massademonstrasie word vandag gehou waar Windhoek-inwoners sal protesteer teen kwessies wat Build Together-groepe raak, 'n einde sal eis aan die beweerde onwettige verlenging van RedForce se kontrak, en 'n petisie sal oorhandig wat kommer uitlig oor die Stad se gebrekkige faktuurstelsel en die beweerde dreigende inhegtenisneming van amptenare wat met RedForce Debt Management verbind word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb.
We have met the Kaptein… But do we ken the Generaal?Vandag se gas sing blues, rock, country én sokkie met die stem van 'n duisend brullende Harleys. Hy is die OG bad boy van sokkie — maar wie is die man binne die sokkies, binne die vlamtastiese stewels?Hy is deel van Afrikaanse popkultuur, en was al genoem in 'n Jack Parow-snit én 'n Van Pletzen-snit!Die clue lê in die opening lyn van ons kakgroot mega-hit, “Jy Bly Stil.”Ek praat natuurlik van fkn NICHOLIS LOUW!To partner with PRAATING, visit www.praating.com Podcast en video production The Media Farm
Die Parlement sal vandag oor die Begrotingswetsontwerp stem, wat 'n belangrike stap is in die afhandeling van die nasionale begroting. Dit volg op talle debatte oor departementele besteding die afgelope klompie weke. Die wetsontwerp bepaal hoe openbare fondse aan verskeie regeringsdepartemente toegewys sal word. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê die Nasionale Vergadering moet die begroting daarna goedkeur, waarna dit op 30 Julie vir oorweging na die Nasionale Raad van Provinsies verwys sal word:
Reaksie op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se afdanking. Wie is die nuwe minister, Buti Manamela? Die seëvierende Junior Bokke trots terugverwelkom. Vandag, op Wêreld Breindag, is die vinnige toename in demensie-gevalle onder die soeklig. Ons praat met 'n neuroloog.
Elke dag maak ons spore. Van die plaas tot die stad, van klaskamers tot kantore en kombuise – elke beroep, elke roeping het sy eie ritme. Vandag gesels Jessica Thomas met Geraldo Bok, 'n Namibiese sportster en mede eienaar van Kosoto MMA . Wie is hy, wat inspireer hom en waarmee hou hy hom besig? Elke spoor het 'n storie om te vertel.
Namibië se Welwitschias draf vandag in Kampala, Uganda in die semi-finaal van die Rugby Afrikabeker teen Algerië uit. Prince !Gaoseb voer die manne aan, terwyl Danco Burger die span se onderkaptein is. Die wedstryd begin om een-uur Namibiese tyd en word regstreeks op die Facebook-blad van Rugby Afrique uitgesaai. Afrigter Jacques Burger het met Rugby Africa gepraat oor dié wedstryd en die Welwitschias se strewe om vir die sewende opeenvolgende keer vir die Rugbywêreldbeker in 2027 in Australië te kwalifiseer:
Namibië sluit aan by die res van die vasteland om Afrika Teenkorrupsiedag vandag te vier. Dit is 'n jaarlikse herdenking herinner aan die dringende behoefte om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die stryd teen korrupsie regoor die kontinent te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige Ombudsman John Walters gesels.
Die eerste minister van Indië, Narendra Modi, kom vandag in Namibië aan. Dit is die eerste besoek deur 'n Indiese eerste minister sedert onafhanklikheid in 1990. Die besoek is deel van sy vyfnasie-toer en sal fokus op die versterking van samewerking in diamanthandel, digitale uitvoere en belangrike minerale soos litium en uraan. Namibië se Hoë Kommissaris in Indië, Gabriel Sinimbo, sê die besoek sal bilaterale betrekkinge en energievennootskappe verbeter:
Ons praat oor die pad vorentoe vir die families van die Cradock-4. Inflasieverwagtinge daal vir die eerste keer in meer as vier jaar tot laer as 4% - maar wat beteken dit vir die verbruiker? Vandag is Wêreld Plastieksakvrye-dag.
Elke dag maak ons spore. Van die plaas tot die stad, van klaskamers tot kantore en kombuise – elke beroep, elke roeping het sy eie ritme. Skakel elke Dinsdag om 12:45 in op Kosmos 94.1 vir Maak Spore – 'n vars kykie in die werklike wêreld van werklike Namibiërs. Vandag gesels Jessica Thomas met Ruben Lambrechts. Moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
Die vakbond Giwusa sê die ANC het meer as 70 jaar lank die revolusionêre aspek van die Vryheidsmanifes verraai. Vandag is die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes wat in 1955 in Kliptown, Soweto, aanvaar is. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ANC het dit verraai deur die sosialistiese betekenis te ontken en neo-liberalisme saam met die DA af te dwing in die regering van nasionale eenheid:
Wat kan ons van Israel en Iran verwag nadat president Donald Trump ‘n skietstilstand aankondig? Ses Suid-Afrikaners wat in Saoedi-Arabië gestrand is weens die oorlog, kan hulle reis na Kaapstad hervat. Vandag 30 jaar gelede het Suid-Afrika 'n geskiedkundige oorwinning teen die All Blacks op die rugbyveld behaal. Waar was jy?
Vandag word die Dag van die Afrika-kind gevier. Die tema vanjaar is die beplanning van en begroting vir kinderregte en die vordering wat sedert 2010 hiermee gemaak is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rivaldo Kavanga, ‘n plaaslike aktivis vir kinders, gepraat.
Die opdrafspan van die Springbok-vroue wat Uganda 62-7 verslaan het, bly onveranderd vir hulle Rugby Afrikabeker-kragmeting met Kenia vandag in Antananarivo, Madagaskar. Die afrigters sê hulle wil momentum behou. Die enigste verandering is op die bank waar die losvoorspeler Nompumelelo Mathe die agterspeler Nomawethu Mabenge vervang. Patience Mokone, wat twee drieë teen Uganda gedruk het in haar eerste wedstryd vir die Bokke, sê Kenia sal 'n moeilike uitdaging wees:
Mej. Wêreld Namibië 2025, Selma Kamanya, het haar top-20 plek in die Mej. Wêreld-kompetisie, wat vandag in Hyderabad in Indië plaasvind, verseker. Die finaal begin om 3-uur Namibiese tyd op die Miss World-webwerf by www.watchmissworld.com. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marco Coetzee, die nasionale direkteur van die Miss NGO-skouspel en Selma se bestuurder.
Vandag word die volksmoord van 1904 tot 1908 amptelik in Namibië herdenk. Die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe verwerp egter 28 Mei as Volksmoord Herdenkingsdag, en sê dit is histories onakkuraat en sonder hul insette ingestel. Hulle verkies 2 Oktober en 12 April, waarop die volksmoordbevele uitgereik is. Die amptelike herdenking vind vandag by die parlementstuine in Windhoek plaas. Kosmos 94.1 het gesels met Maboss Ortmann van die Nama Tradisionele Owerheid.
Vandag is Wêreld-byedag, wat jaarliks op 20 Mei gevier word. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame kos. Die dag se doel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van bestuiwers, die bedreigings wat hulle in die gesig staar en hul bydrae tot volhoubare ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ndawe Shaanika, ‘n aktivis by Byeboerderyvereniging.
Dit is vandag die sperdatum vir nakoming van voordelige eienaarskapsverklaring met besighede wat reeds sedert 1 Mei gederegisteer word. Die verklaring van voordelige eienaarskap is nodig ingevolge die gryslysnotering van die land deur die Finansiële Aksie-taakmag. Indien jy ‘n eiendom in ‘n maatskappy geregistreer het, kan dit aan die staat verbeur word. Ockert Jansen, Bipa-woordvoerder...
Vandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)?Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
Kardinale het in die Vatikaanstad bymekaargekom en hulself afgesonder ter voorbereiding vir die verkiesing van 'n nuwe pous ná Franciskus se dood op 21 April. Die kardinaalsvergadering wat vandag in die Sistynse Kapel begin, behels 133 kardinale onder die ouderdom van 80. Kardinaal William Seng Chye Goh van Singapoer sê hulle sal afgesonder bly en streng geheimhoudingsprotokol handhaaf totdat 'n opvolger met 'n twee-derde meerderheid verkies is:
Dit is vandag Wêreld Persvryheidsdag. In Namibië het die media toenemende onder druk gekom en die land se plasing op die Persvryheidsindeks het in die afgelope paar jaar gedaal. ‘n Vrye en regverdige pers is kritiek vir enige demokrasie op aanspreeklikheid en regte te bevorder. Charmaine Ngatjiheue van die media-vakbond Nampu sê die wetgewing rakende toegang tot inligting moet daadwerklik geïmplementeer word.
Ware oorgawe is nie om vas te klou aan sekerheid, aanvaarding of mag nie, maar om dit — soos Jesus — sagkens los te laat, en jou te laat val in die liefdevolle misterie van God wat nie antwoorde gee nie, maar sy teenwoordigheid bied; dit is om selfs jou sterflikheid te sien as iets groters as die dood: “Vandag is jy saam met my in die paradys…”
Alle oë is op die Bank van Namibië wat vanoggend sy jongste repokoers aankondiging maak. By die vorige vergadering van die monetêre beleidskomitee in Februarie is die koers met 25 basispunte verlaag na 6,75 persent. Die FNB-ekonoom Helena Mboti het haar voorspelling ...
Dit is vandag die tiende herdenking van die dood van Namibië se legendariese spotprent-tekenaar Gene Travers. Hy het in die laat Sewentigs spotprente vir die destydse Windhoek Observer geteken en het in 1981 by die Republikein aangesluit. Baie het hom beskryf as 'n kunstenaar met 'n hoë verantwoordelikheidsin en sy werk is deur baie bewonder. Travers is op die ouderdom van 70 dood na ‘n lang stryd met kanker. Oud-kollega Gert Jacobie onthou Travers so...
Vandag is Wêreld-Chagas-siektedag, met die fokus op die tema: 'Voorkom, Beheer, Versorg: Almal se Rol in Chagas-siekte. Chagas-siekte, wat dikwels die 'stil siekte' genoem word, raak ongeveer sewe miljoen mense wêreldwyd, met meer as tien duisend sterftes jaarliks. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, het die belangrikheid van vroeë opsporing en behandeling van hierdie tropiese siekte beklemtoon om ernstige hart- en spysverteringskomplikasies te voorkom:
Die hooggeregshof sal vanoggend om tien sy uitspraak in die appèl van die sogenaamde Swakopmund Butcher, Thomas Florin lewer. Florin het sy vrou Monika, in Desember 1999, in Swakopmund vermoor. Toe hy die misdade gepleeg het, het Namibië se paroolwette gevangenes wat lewenslange vonnisse uitgedien het, toegelaat om na tien jaar om parool aansoek te doen. Nuwe wette wat ná sy vonnisoplegging aangeneem is, het egter paroolreëls verander. Media ombud en regskenner John Nakuta het sy mening so aan Desert FM in Februarie vanjaar verwoord.
Die begroting sal vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word deur finansminister Ericah Shafudah. Tydens 'n begrotingsbespreking wat deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië aangebied is, het ekonome gesê geen nuwe planne moet ingestel word om die ekonomie te verbeter nie, maar bestaande planne moet deurgevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gemeenskapsaktivis Sandy Tjaronda, wat sy mening gee oor waarop gefokus behoort te word.
Dit is vandag 40 jaar sedert die Westdene-ramp waar 42 kinders gesterf het toe die bus wat leerders van Hoërskool Vorentoe in die Westdene-dam verongeluk het. Daar is 30 kinders gered. Tot vandag toe weet niemand presies wat die ongeluk veroorsaak het nie. Dit is deur die destydse regering in Suid-Afrika as nasionale ramp verklaar. Pierre de Bruin, oud-Beeld joernalis, het in 2015 met eNuus gepraat oor sy ervaring as jong joernalis op die toneel.
Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal vandag met Russiese president Vladimir Putin praat oor die beëindiging van die Oekraïne-oorlog. Trump sal probeer om Putin se steun wen vir 'n 30-dae-wapenstilstandvoorstel wat Oekraïne reeds aanvaar het. Albei kante het Maandag hewige lugaanvalle uitgevoer. Rusland was ook nader daaraan om Oekraïnse magte uit die Wes-Russiese streek Kursk te dryf. Trump het met verslaggewers op Air Force One gesels tydens 'n vlug na Washington vanaf Florida.
Die 60 Namibiese dollar gedenkbanknoot ter ere van wyle president Hage Geingob en sy 60 jaar diens aan die land, is van vandag af by banke beskikbaar. Aangesien dit 'n beperkte uitgawe is, kan dit slegs binne banke oor die toonbank verkry word. Sandra Garises, die Bank van Namibië se kommunikasie-kantoor spanleier, gee meer inligting.
Die 2019-kampioen, Rory McIlroy, kom vandag in Florida teen die Amerikaner, JJ Spaun te staan in die drie-putjie-uitspeelstryd om die Spelerskampioenskap se wenner te bepaal. ʼn Vertraging van vier ure weens gure weer het gister gekeer dat die PGA Toer se beroemde toernooi afgehandel word. Die Noord-Ierse speler het 'n vier onder 68 behaal om saam met Spaun op 12 onder klaar te maak. Die Amerikaners Tom Hoge, Akshay Bhatia en Lucas Glover is gesamentlik derde op tien onder. McIlroy sê hy het sy kanse verspeel:
Toegang tot landelike internet is in die nuus, veral na die onlangse ondersteuning vir Starlink se plaaslike lisensie-aansoek. Die Namibiese Landbou-unie het saam met ander landbou-unies die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië, Cran, oor die kwessie betrek en hulle sal vandag vergader om uitdagings te bespreek. Peet van Staden, 'n deeltydse boer en elektroniese ingenieur van die afgeleë Karasberge, het ook vroeër 'n brief aan Cran gestuur oor die behoefte aan beter konnektiwiteit op die platteland. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Staden gesels oor sy verwagtinge vir die vergadering.
Die regering se nuwe visum-regime word beskryf as 'n belangrike stap om Namibië se toeganklikheid vir wêreldreisigers te verbeter. Dit het ten doel om toeriste se logistieke reëlings te vergemaklik en 'n naatlose ervaring by aankoms te verseker. Dit tree op 1 April in werking, terwyl die visum-by-aankomsproses en e-visumstelsel vandag bekendgestel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Margaret Kalo, die binnelandse sake-ministerie se woordvoerder.
Die hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer in IPC-president Panduleni Itula se regsuitdaging van aspekte van die presidentsverkiesing op 27 November 2024. Itula voer aan dat die verlenging van die verkiesing onwettig was, omdat die proklamasie oor die verlenging wat deur president Nangolo Mbumba uitgereik is, onwettig was. Die uitspraak kan beduidende implikasies vir die plaaslike politieke landskap hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, wat die IPC se saak steun.
Daar heers groot kommer oor boorgatregistrasie wat teen vandag voltooi moet wees. Dit kom na die streekswerkswinkels oor die kwessie en die nuwe Waterwet gekanselleer is na die afsterwe van stigterspresident Sam Nujoma. Dit was ‘n opdrag van die kabinet.