Podcasts about vandag

  • 90PODCASTS
  • 1,052EPISODES
  • 15mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Aug 14, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026

Categories



Best podcasts about vandag

Show all podcasts related to vandag

Latest podcast episodes about vandag

Nuus
Afrikaans vandag 151 jaar terug gestig

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 14, 2026 0:30


Min organisasies in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so 'n diepgaande en blywende invloed gehad as die Genootskap van Regte Afrikaners. Die beweging, wat in 1875 in die Paarl gestig is, het 'n bepalende rol gespeel in die transformasie van Afrikaans van 'n gesproke dialek na 'n erkende skryftaal, en uiteindelik 'n amptelike taal. Vanaf 15 Januarie 1876 het die genootskap 'n tydskrif in Afrikaans gepubliseer genaamd Die Afrikaanse Patriot, die eerste in sy soort. Afgetrede predikant en lid van Netwerk Namibia se bestuur, Dr. Callie Opperman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus:

Nuus
Sonsverduistering vandag bekoor die mensdom

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 12, 2026 0:39


Besoekers stroom na dele van Spanje, Ysland en Groenland vir 'n totale sonsverduistering net voor sononder vanaand, terwyl 'n gedeeltelike verduistering oor 'n groot deel van Europa asook in Noord-Afrika en Noord-Amerika sigbaar sal wees. Die jaarlikse Perseid-meteorietreën sal ook vanaand sy hoogtepunt bereik, en in Brittanje is voorbereidings getref vir kyk-byeenkomste, veral in die noorde. SkyNews se Niall Paterson het aan die sterrekundige dr. Jenifer Millard gevra waarom die mensdom so betower word deur wat in ons lugruim aangaan.

Nuus
Monica onthou Hage op sy 85ste verjaarsdag

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:38


Vandag sou oudpresident Hage Geingob se 85ste verjaarsdag gewees het. Hy was van 2015 tot sy dood op 4 Februarie 2024 die derde president van Namibië. Geingob was die land se eerste premier van 1990 tot 2002, en het weer van 2012 tot 2015 in die pos gedien. Sy weduwee Monica Geingos onthou hom so.

Nuus
DA se hofsaak teen onteiening skop vandag af

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:22


Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende magte kry om sonder vergoedng te vat wat aan Suid-Afrikaners behoort nie:

teen hy skop die da vandag suid afrikaners geordin hill lewis
Nuus
Trump gesels oor onderhandelinge wat vandag begin

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:13


President Donald Trump van Amerika sê onderhandelings met Iran hervat vandag. Dit volg ná sy besluit om alle beplande aanvalle op te skort met die voorwaarde dat ʼn ooreenkoms vinnig bereik word. Hy sê Amerikaanse bondgenote in die Midde-Ooste en Iran het hom gevra om die beplande aanval te kanselleer. Die Iranse staatsmedia ontken dit egter. Trump het aan joernaliste op Air Force One gesê dit sou die grootste aanval sedert die Tweede Wêreldoorlog wees:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Een God, Een Verlosser

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 2, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 43:11-12 Ek, ja, Ek is die Here. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie. Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is, sê die Here. (NLV) Ons leef in 'n wêreld waar almal 'n 'oplossing' vir alles het. Politici belowe hulle gaan die ekonomie regruk en tegnologie maak asof dit enige probleem kan uitsorteer. Dan is daar ook nog die selfhelp-kenners wat sê hulle kan jou hele lewe verander as jy net húlle plan volg. Maar op die ou end stel almal van hulle 'n mens teleur.In 2008 het die wêreldwye finansiële krisis alles ontwrig. Banke het toegemaak en markte het heeltemal in duie gestort. Jare lank het mense geglo die stelsel sal hulle altyd veilig hou, maar in 'n kwessie van weke het triljoene dollars net verdwyn. Alles wat almal gedink het veilig is, was toe glad nie. Kyk wat sê die Here:Jesaja 43:11-12 Ek, ja, Ek is die Here. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie. Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is, sê die Here. (NLV)Dit klink taamlik duidelik, nè? Daar is net één God. Een Verlosser. Israel se geskiedenis is vol tye waar hulle agter ander gode aangehardloop het, net om aan die kortste ent te trek. En dan herinner God hulle: Dit was Ek. Dit was altyd ek.En toe - eeue later - het daardie waarheid vlees en bloed geword. Jesus is God se reddingsplan. Hy is ons Redder. Nie rykdom nie. Nie krag nie. Nie politiek nie. Net Christus Jesus ons Here.Ja, my vriend, ek kan jou verseker dat indien enige iemand anders, of iets anders waarin jy glo, jou nog nie al klaar in die steek gelaat het nie; dit jou eendag sal teleurstel. So wanneer alles om jou wankelrig voel, moenie jou vertroue in tydelike redders plaas nie. Plaas jou hoop waar dit hoort - in die enigste Een wat nooit faal nie: Jesus.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Breek die Sirkel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 1, 2026 2:49 Transcription Available


Send us Fan MailDeuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV) Ek wens ek kon vir jou sê dat die lewe eenvoudig is. Maar dit is nie. Dis kompleks, dis chaoties, en die toekoms is allesbehalwe seker. Jy kan nie eers seker wees van môre of die volgende dag nie! Al wat ons het, is vandag. So, wat gaan jy daarmee doen?'n Paar jaar gelede het 'n navorsingspan ‘n aantal stappers, wat nie kompasse of GPS'e gehad het nie, in digte woude gevolg. Dit was merkwaardig dat byna elkeen van hulle in sirkels geloop het. Dis wat gebeur wanneer ons nie 'n vaste verwysingspunt het nie. Ons verloor almal ons pad – dit maak nie saak hoe hard ons probeer om reguit te loop nie.In hierdie onseker, komplekse en deurmekaar lewe is dit onmoontlik om op koers te bly as jy nie vir God as daardie lewensbelangrike verwysingspunt het nie. Deuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)Dit is nie ingewikkeld nie. Dis redelik eenvoudig. Dink aan die Israeliete wat op die punt was om 'n land vol afgode en heidene binne te gaan. God se opdrag aan hulle was eenvoudig: Moet nie afdwaal nie. Moet nie in sirkels rondloop nie. Hou julle oë op My.En kyk hoe eenvoudig is Jesus se opdrag: "Volg My." Nie onverskillig nie, nie passief en koud nie - maar met jou hele hart. Hy vra nie net vir ons Sondagoggende nie. Hy vra vir ons lewens.En hier is die goeie nuus. Ons hoef Hom nie in ons eie krag te volg nie. Dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, lei ons nou, bemagtig ons en hou ons op koers.So as jy afgedwaal het, draai om. Draai vinnig. Fokus jou oë weer op Jesus. Want net ín Hom sal jy reguit en gefokus kan loop.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wysheid in die Wagtyd

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 31, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. 'n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV) Het jy al ooit besef hoe hardkoppig ons kan wees? Ons spandeer ure om elke klein detail van ons "perfekte" toekoms uit te werk, amper asof ons die heelal met 'n lysie instruksies kan beheer en dan voel ons gefrustreed as dinge nie volgens ons plan verloop nie.Kom ons kyk na Steve Jobs. Op dertig is hy by Apple, die maatskappy wat hy self gestig het, afgedank. Volgens alle berigte was dit 'n vernederende ervaring. Maar jare later het hy erken dat sy ontslag hom vrygemaak het om meer kreatief te dink. Daardie terugslag het gelei tot sy ontwikkeling van Pixar, en sy uiteindelike terugkeer na Apple - waar hy die wêreld van tegnologie hervorm het. Wat na die einde van 'n belowende loopbaan gelyk het, was 'n noodsaaklike afspringplek na sukses. Dit is die perfekte voorbeeld van hoe ‘n oomblik van vernedering eintlik ‘n belangrike bousteen geword het.Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. 'n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV)Wysheid beteken om toe te gee dat ons nie alles weet nie. Dit beteken om nederig genoeg te wees om te luister – na God se Woord, na godvrugtige raad en selfs na die dissipline wat seermaak. Uiteindelik is dit nie ons slim strategieë en sorgvuldig opgestelde planne wat die uitkoms bepaal nie. God se doelwitte seëvier. Altyd.In Christus sien ons daardie waarheid in die vlees. Mense het sy ondergang beplan. Judas het Hom verraai. Die leiers het teen Hom gedraai. Maar, deur die kruis en opstanding, het God se groter plan - ons verlossing - geseëvier.Beplan wys - dis die geheim. Maar moenie krampagtig aan jóú planne  vasklou nie, want uiteindelik is die enigste plan wat saakmaak, God s'n ... en daardie plan is Jesus.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Krag van Volharding

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 30, 2026 3:10 Transcription Available


Send us Fan MailHebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle 'n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV) Een van die moeilikste dinge om te doen, is om deur te druk wanneer jy so gedaan gesukkel is, dat jy voel jy moet handdoek ingooi. Dink mooi, wanneer was die laaste keer wat jy in die versoeking was om moed op te gee? In 1968, tydens die Olimpiese Spele in Mexikostad, het John Stephen Akhwari, 'n marathon atleet van Tanzanië, tydens deelname aan die spele, ‘n slegte val gehad en sy been beseer. Almal het verwag dat hy uit die wedloop sal wegstap, maar ure nadat die wenner verby die wenstreep was, het Akhwari strompelend die stadion binnegestap. Hy was bebloed en uitgeput, maar vasbeslote om die wedloop te voltooi. Toe hy gevra is waarom hy nie gestop het nie, het hy gesê: "My land het my nie 10 000 myl gestuur om die wedren te begin nie. Hulle het my 10 000 myl gestuur om dit klaar te maak."Dit is die krag van deursettingsvermoë. En dit is presies waarvan God hier praat:Hebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle 'n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)Keer op keer word ons deur terugslae getref. Ons geloof word deeglik getoets. En tog vra God ons nie net om ‘n taak te begin nie, maar om dit met moed, met geduld en met vertroue te voltooi.Dit gaan nie daaroor om op jou tande te kners en in jou eie krag deur te druk nie. Dit gaan daaroor om vas te hou aan Christus, wat reeds die wedloop vir ons vooruit gehardloop het. Hy het die kruis verduur. Hy het die skande en die pyn verduur. En nou regeer Hy in glorie.En dieselfde krag - dieselfde opstandingskrag - wat Hom uit die dood opgewek het, is vir jou beskikbaar, hier en nou, om jou tot die einde staande te hou. Moet dus nie moed opgee nie. Jou geloof in Jesus sal beloon word. Nie omdat jy sterk genoeg is nie, maar omdat Hy getrou genoeg is. In Hom is die wenstreep verseker, en die prys is ewig.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wysheid wat jou laat Uitblink

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 29, 2026 2:52 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en 'n versiering wees om jou nek. (NLV) Het jy opgemerk hoe die kleinste stukkies raad van jou ouers jou vir die res van die lewe bybly? Dit is ongelooflik hoe jy, wanneer iets dekades later gebeur, hulle amper kan hoor, asof hulle hier langs jou staan. 'n Dosent het op ‘n keer 'n groep top leiers gevra wat die grootste invloed op hulle gehad het: Was dit boeke, mentors, of opleiding? Byna almal het dieselfde gesê: "My ouers se stem in my kop." Hulle ouers se wysheid, was dikwels maar net eenvoudig; dikwels gewone stellings, wat hierdie uitstaande leiers gevorm het.Dit is presies waaroor die Boek van Spreuke in die Bybel gaan. Goddelike wysheid wat deur alledaagse stemme oorgedra is: Spreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en 'n versiering wees om jou nek. (NLV)Sien jy, wysheid is nie abstrak nie. Dit kom na ons toe deur die gewone mense wat God in ons lewens plaas. Ouers. Vriende. Mentors. En uiteindelik kom dit perfek na ons toe deur Jesus, wat die wysheid van God in menslike vorm is.Salomo verwys hier na 'n kroon en 'n versiering - simbole van eer en prestasie. God se wysheid druk jou nie af nie. Dit lig jou op. Dit versier jou. Dit gee jou waardigheid. Dit laat jou skitter in 'n donker wêreld.Moet dus nie die stemme van wysheid rondom jou verag nie. Moenie teregwysing versmaai nie. Moenie die mense wat God gebruik om jou te vorm, ignoreer nie. En belangrikste van alles: luister na wat Jesus sê - want ín Hom is wysheid, nie net raad nie. Dis die lewe.Wanneer jy met sy wysheid optree, sien die wêreld iets anders in jou: God se heerlikheid wat deur jou in die alledaagse weerspieël word.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie God Beperk Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 28, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailEfesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV) Het jy al ooit een van daardie oomblikke gehad waar jy iets niksbeduidend probeer het, maar waar die uitkoms jou wildste drome oortref het? Ek het beslis!Toe ek destyds in die bediening van Christianityworks begin werk het, was die bediening in hopelose finansiële omstandighede. Dit was een van daardie situasies waar mense spottend sê: "die laaste een uit, skakel die ligte af". Ek het gebid - my vriend, ek het gebid - gebede wat vir my destyds soos groot, onbereikbare gebede gelyk het. Wat destyds onmoontlik gelyk het en vir my wanhopig of radeloos gelaat het, lyk nou in retrospek totaal onbenullig of nietig. Ja, wat eens ‘n berg was, was op die ou end net ‘n stoffie in die pad. Ons bid dikwels ‘klein' gebede, of hoe? Ons vergroot ons kanse op sukses, ons mik laag, want diep binne-in is ons nie seker of God regtig gaan luister nie. Maar kyk wat Paulus, uit die tronk geskryf het:Efesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV)Het jy dit gehoor? Baie; oneindig meer. Meer as wat jy kan vra. Ver meer as wat jy jou kan indink. Dit is nie wensdenkery nie. Dit is God se krag – sy opstandingskrag - wat deur Christus in ons werk.Beteken dit nou dat die lewe perfek gaan wees? Nee. Paulus het dit nie uit 'n strandstoel geskryf terwyl hy ystee met ‘n sambreeltjie deur ‘n strooitjie gesuig het nie. Hy was in die tronk vasgeketting. Maar selfs daar het hy geweet: God is steeds in staat om meer te doen.God gee meer genade, meer krag, meer heerlikheid deur Christus.So watter probleem jy ook al vandag in die gesig staar; moenie ‘klein' gebede bid nie. Moenie jou hoop beperk nie. Want dié God, wat Jesus uit die dood opgewek het, doen steeds meer as wat jy kan vra of jou kan indink. En Hy doen dit ín jou.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Planne is Altyd Goed

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 27, 2026 2:46 Transcription Available


Send us Fan MailJeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Soms verloop die lewe nie soos jy wil hê dit moet nie. Jy beplan alles - jou loopbaan, jou gesin, jou aftree-droom - en dan, uit die bloute, gooi iets jou van koers af. Voor hy die gloeilamp uitgevind het, het Thomas Edison duisende mislukte eksperimente gehad. Joernaliste het hom gespot, Hoekom gaan  jy na soveel katastrofes aan om te probeer om die onmoontlike te doen? Sy antwoord was: Ek het nie gefaal nie. Ek het pas 10 000 maniere gevind wat nie gaan werk nie. Wat mense as mislukking beskou het ... het hy as deel van die plan gesien.Die Israeliete moes in die tyd van die Profeet Jeremia, ook moedeloos gevoel het. Hulle was ontwortel; hulle was uit hulle eie land verban; hulle het in Babilon, ver van die huis, ver van die tempel en ver van alles wat hulle voorheen sekuriteit gegee het, gewoon. Maar te midde van hulle pyn bemoedig God hulle:Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!Dit was nie as 'n opwindende ‘Instagram-meme aan Israel geskryf nie. Dit is aan 'n gebroke, vervreemde volk geskryf. Ja, en ons weet dat Israel uiteindelik na die Beloofde Land terug is en dat God se belofte waar geword het. Hy het belowe dat sy goeie planne eendag vervul sou word - planne wat in Jesus tot vervulling gekom het.Weet jy dat jy ín Hom reeds die toekoms wat God belowe het, besit? Die Ewige Lewe. Vergifnis. Hoop wat nie van jou weggeneem kan word nie. So... Moenie paniekerig wees wanneer jou eie planne misluk nie. God se plan in Christus is steeds op koers. En sy plan is altyd goed.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
BBU-veiling vir bewaring begin vandag

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 20, 2026 0:28


'n Internasionale WhatsApp-veiling open vanoggend ná die voltooiing van die uitmergelende RMB Brandberg Backyard Ultra-marathon die afgelope naweek op Uis. Die wedloop se eksklusiewe WhatsApp-bewaringsveiling sal wêreldwye skenkers mobiliseer om broodnodige fondse vir bewaringsgroepe in die voorste linie in te samel. Kosmos 94.1 Nuus het met die organiseerder, Nico Scholtz, gesels:

Nuus
Drie hoëprofiel-sluipmoordsake vandag in SA howe

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 20, 2026 0:21


Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het lede van die taakspan oor politieke moorde en Gauteng se Teenintelligensie-operasies geloof vir hul volgehoue pogings om seker te maak drie hoëprofiel-sluipmoordsake beland in die hof. Die beskuldigdes, insluitend die baasbrein, Vusimuzi “Cat” Matlala, verskyn vandag in die hof. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê hulle sal teregstaan op die poging tot moord op die sakeman Joe Sibanyoni en vyf ander, die mediapersoonlikheid Tebogo Thobejane en drie ander, en musikant DJ Vettys en twee ander:

Nuus
Belanghebbendes vergader vandag oor Kunene-amok met Etosha-leeus

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 15, 2026 0:40


Kommunale boere in die Kunene-streek vra vir dringende ingryping na 'n toename in leeu-aanvalle op vee naby Etosha Nasionale Park. Boere in die dorpe Oromauua en Otjokavare, in die landelike kiesafdelings Sesfontein en Opuwo, sê hulle het sedert Januarie vanjaar sowat 40 beeste en meer as 100 bokke en skape aan leeus verloor. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende lid van die Otjikaambuti Boerevereniging, German Kavetu-Muzuma, gepraat wat sê belanghebbendes vergader vandag om 'n blywende oplossing te probeer vind.

Monitor
Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop

Monitor

Play Episode Listen Later Jul 15, 2026 46:11


15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se koste uiteindelik kan beloop, en vra of dit finansieel die moeite werd is.

Afrikaans Vandag met Annemie
Kuier in die VSA

Afrikaans Vandag met Annemie

Play Episode Listen Later Jul 13, 2026 20:34


Vandag kuier ons in Florida saam met Natashe ... en luister hoe ons die teamlied ontleed!

RSG Dokumentêr
MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie

RSG Dokumentêr

Play Episode Listen Later Jul 9, 2026 22:22


Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap nie, maar ook op wêreldverhoë. Hierdie is die verhaal van 'n familie wie se musiek hulle van die Boland tot by die Chelsea Blommeskou in Londen geneem het. Die familie is veral bekend as die Papier Langarm Orkes of Papier Family Band. Die orkes bestaan uit pa, kleinseun en familielede wat 'n musikale nalatenskap voortsit wat deur hulle pa, Marthinus Papier, begin is. Vandag speel Frank Papier (77) die trekklavier en kleinseun Greagan (13) elf instrumente, en so leef meer as 100 jaar se musiekervaring in die familie voort. Greagan is onlangs vir ‘n KKNK KANNA-toekenning benoem vir Beste Musiekspel by die ABSA KKNK 2026.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Durf jy vandag die moeilike vrae vra?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 6, 2026 5:46


“Waar was U?” “Waarom het dit met my gebeur?” “Wanneer is dit dan my beurt?” Die Bybel is voller van eerlike vrae as wat jy soms onthou. Vandag gee jy ook jou eie vrae ʼn stem.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Waar begin genesing?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 6, 2026 5:30


Vandag begin jy by die eerste tree na genesing.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Vertel Hom alles, al weet Hy reeds

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 6, 2026 6:14


Vandag hoef jy niks te versag of mooier te maak nie. Vertel God die hele storie, presies soos dit in jou hart leef, want dis waar herstel begin.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | ‘U weet beter, Here'

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 6, 2026 5:37


Vandag kyk jy weer op en ontdek dat God jou nog die hele tyd in sy hand vashou.

Kosmos 94.1 Kollig
Maak Spore met Michelle Loubser | Die Krag van Drama, Kreatiwiteit en Selfvertroue

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Jun 30, 2026 7:29


Vandag gesels Elmero Strauss met Michelle Loubser, 'n dramaklub-onderwyseres wat jongmense inspireer om hul talente te ontdek, selfvertroue te bou en hul kreatiwiteit te ontwikkel. Hulle praat oor haar passie vir die kunste, die verskil wat drama in jongmense se lewens maak, en hoe elkeen van ons spore in ander se lewens kan los. Luister saam na 'n inspirerende Namibiese gesprek oor groei, invloed en die krag van kreatiewe uitdrukking.

Naweekaktueel
Naweekaktueel: Waar lê balans tussen immigrasiewette en mensregte?

Naweekaktueel

Play Episode Listen Later Jun 27, 2026 49:06


27 Junie 2026: Waar lê die balans tussen die toepassing van immigrasiewette en die beskerming van menseregte? Vandag is Wêreld Doofblind-dag - ons praat oor die uitdagings en tegnologiese vordering wat reeds gemaak is. Ons bespreek Bafana Bafana se reg-of-weg wedstryd môreaand teen Kanada.

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 28 Junie, André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jun 27, 2026 27:06


Vandag saam met SG As ek jou sou vra om 'n bietjie dieper te kyk as die behoeftes op die oppervlak van jou lewe. Wat is die drie dinge waaraan jy 'n diep behoefte het, jou diepste begeertes. Wat sou dit wees? Die skrywer NT Wright verwys na drie begeertes of behoeftes van die mens: spiritualiteit ('n verhouding met God), geregtigheid en skoonheid. Watter rol speel die soeke na ‘skoonheid' in jou lewe? Dit wat ons verwonderd laat, dit wat ons 'n bewustheid gee van die Goddelikheid? … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 21 Junie – Heinrich Dry

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jun 20, 2026 29:15


Vandag saam met SG Ons het die afgelope paar weke uit die boek van Handelinge gepraat hoe die HG sy kinders, sy gemeente en sy wil vir sy kerk uit te leef. Die reeks het begin tydens Pinkster en vandag sluit ons die reeks af deur die Gees wat ons lei. Hoe weet ek wanneer die Gees my lei in my besluite, my optrede? Hoe help die Gees my onderskei wat God se wil is? … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wat het ons kinders vandag die nodigste?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 15, 2026 5:55


Die grootste belegging wat ons kan maak, is nie in prestasie nie, maar in mense.

Nuus
Koue tref die Suide van vandag

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2026 0:34


Koue weer sal die naweek voorkom in die Suide wat ligte reënbuie en sterk winde sal meebring. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê toestande sal merkbaar verskil van die warm weervoorspelling vir die noorde. Weervoorspeller Albertina Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

kosmos vandag tref nuus
Nuus
Motorfietsren: Derde Enduro-been vandag op Omaruru

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 6, 2026 0:45


Die derde been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe vind vandag op Omaruru plaas met sowat 47 jaers wat sake gaan uitspook. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het met Quinton van Rooyen, die huidige voorloper in die kampioenskap, gepraat:

Nuus
Reën word vir vandag voorspel

Nuus

Play Episode Listen Later May 21, 2026 0:39


Reën word oor meeste dele van die land verwag vandag. Kenners meen die winterreën is ‘n teken van die Super El Nino wat op pad is. Maar, meer daaroor in ‘n volgende bulletin. Vir nou hoor ons van Albertina Anderson van die Namibiese weerdiens.

Nuus
Mogotsi sal vandag onskuldig pleit

Nuus

Play Episode Listen Later May 18, 2026 0:19


Die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi se prokureur, Makau Sekgatja, sê sy kliënt is emosioneel ontsteld na sy inhegtenisneming. Mogotsi sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling na aanleiding van bewerings verlede November dat hy 'n sluipmoordpoging in Vosloorus opgemaak het. Die vuurwapen wat gebruik is, word verbind met moord- en poging tot moordsake. Sekgatja het aan SABC News gesê Mogotsi gaan onskuldig pleit:

vandag vosloorus
Nuus
Nampo Oesdag sluit vandag af

Nuus

Play Episode Listen Later May 15, 2026 0:44


Die 58ste Nampo Oesdag sluit vandag af. Dit was 'n besige week by Nampo-park net buite Bothaville in die Vrystaat, veral met die tema "Veerkragtigheid deur Innovasie" en die massiewe Toyota-wêreldrekordpoging vir die Hilux-byeenkoms wat vroeër hierdie week plaasgevind het. Pieter Moller, die bekende radiojoernalis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

toyota dit kosmos sluit hilux vandag nuus vrystaat nampo bothaville
Nuus
Dis Nujoma-dag en Nasionale Boomplantingsdag

Nuus

Play Episode Listen Later May 12, 2026 0:36


Vandag is Nujoma-dag en Nasionale Boomplantingsdag ter ere van stigterspresident Sam Nujoma, wat op hierdie dag in 1929 in Etunda in die Omusati-streek gebore is. Nujoma, wat verlede jaar oorlede is, sou vandag 96 geword het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swapo Party Jeugliga, Moses Shikerete, gepraat wat sê Namibië moet Nujoma se visie van eenheid, selfstandigheid en nasiebou uitdra om sy nalatenskap te eerbiedig.

Nuus
Da lê sy BEE-vervangingswetsontwerp vandag voor

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2026 0:19


Die DA sal vandag sy Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in die Parlement voorlê. Die party se beleidshoof, Mat Cuthbert, sê Swart Ekonomiese Bemagtiging het na 30 jaar misluk om breë insluiting te lewer, en bevoordeel 'n klein elite terwyl miljoene steeds uitgesluit is. Hy sê die Wetsontwerp vervang rasgebaseerde reëls met 'n uitkomsgedrewe stelsel wat fokus op werksgeleenthede, belegging, vaardighede en kleinsakegroei, en versterk aanspreeklikheid:

Nuus
NHP se sperdatum is vandag, fonds neem volle verantwoordelikheid

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2026 0:36


Namibia Health Plan sê dat hy verantwoordelikheid neem vir die uitdagings waarmee hulle tans te kampe het. Die fonds ondervind groot operasionele probleme na die oorgang na 'n nuwe bestuurstelsel. Die oorgang het gelei tot vertragings in die verwerking van eise met die sperdatum vir die betaling van alle agterstallige eise wat vir vandag neergelê is. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se hoofbeampte, Dantago Garosas, gepraat. Dantago Garosas Donderdag

Nuus
Landbousektor groei dramaties sedert 2015

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2026 0:36


Die Namibiese landbousektor het dramaties gegroei sedert 2015. Daardie jaar is 52 persent van lewendehawe by plaaslike abattoirs geprosesseer. Vandag staan die syfer op 84 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Jako van Wyk, LPO-voorsitter gepraat.

Nuus
Cassingadag nie net simbolies, sê Nahas

Nuus

Play Episode Listen Later May 4, 2026 0:41


Vandag herdenk Namibië Cassingadag. Die vakansiedag word gevier ter ere van die meer as 600 mense wat in 1978 in die aanval deur Suid-Afrikaanse magte in 'n Swapo-vlugtelingkamp in die dorp Cassinga in Angola dood is. Swapo-veteraan Nahas Angula sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dae soos hierdie nie net oor simboliek moet gaan nie, maar 'n weerspieëling van die status van die sosio-ekonomiese situasie waarmee baie Namibiërs vandag te kampe het.

Nuus
Saak teen Malema is poging om EFF te vernieting, vonnis is vandag

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 15, 2026 0:18


Die EFF sê die saak teen sy leier, Julius Malema, is 'n poging om die party te vernietig, en beklemtoon dat howe nie as instrumente gebruik moet word om politieke gevegte te voer nie. Hy is verlede jaar skuldig bevind aan die onwettige besit van 'n vuurwapen en die afvuur van 'n vuurwapen in 'n openbare area. Dit spruit uit 'n voorval in 2018 by 'n partybyeenkoms in Mdantsane. Vonnisoplegging sal vandag in die Oos-Londense Landdroshof begin. Die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, sê daar is geen saak teen Malema nie:

Nuus
Israel en Libanon praat weer vandag

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 15, 2026 0:23


Israel en Libanon het ooreengekom om regstreekse onderhandelinge voort te sit. Die twee lande het Dinsdag hulle eerste diplomatieke gesprekke in meer as drie dekades gevoer na bemiddeling deur Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in ʼn poging om gevegte tussen Israel en die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep te beëindig. Meer as 2 000 mense is dood sedert Israel op 2 Maart met militêre optrede in Libanon begin het. Israel se ambassadeur in Amerika, Yechiel Leiter, sê Israel en Libanon is op dieselfde bladsy:

Nuus
Uithou begin vandag aan die kus

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 19, 2026 0:40


Puma Energy Namibia sal vir die tweede agtereenvolgende jaar brandstof borg om die Namibia Endurance Championships te fasiliteer, wat vandag tot Saterdag by Hentiesbaai plaasvind. Vanjaar se geleentheid het 'n rekordinskrywing van 105 perde en hul ruiters van 11 klubs gelok, wat aandui dat die sport groei en al hoe gewilder word. Marna Oosthuizen, woordvoerder van die Namibia Endurance Championships, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

kosmos vandag nuus saterdag
RSG Geldsake met Moneyweb
Die markte sak verder terug vandag en die rand verloor waarde teen die Amerikaanse dollar

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Mar 19, 2026 11:17


Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor wat vir hom in die markte uitstaan, die voortslepende onsekerheid, en sy verwagtinge vir rentekoerse. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Meer vroue in alle sektore in Namibië nodig

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 8, 2026 0:40


Vandag is Internasionale Vrouedag en die kwessie van vroueverteenwoordiging in openbare en private ruimtes word bespreek. Vanjaar se tema, “Gee om te wen”, is daarop gemik om geslagsgelykheid te bevorder deur oorvloedig te gee. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se nasionale koördineerder, Brigit Loots, gesels wat sê meer moeite is nodig om meer vroue in alle sektore van die land in te sluit.

Nuus
ITB Berlin sluit vandag af, Namibië goed bemark

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 5, 2026 0:39


Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af en Namibië is goed verteenwoordig. Byna 6 000 uitstallers van meer as 160 lande het duisende besoekers hanteer. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 'n verskeidenheid plaaslike toerisme-ondernemings en toeroperateurs. Elzanne McCulloch, die besturende direkteur van Venture Media wat ook by die skou verteenwoordig is, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Nuus
Loopbaanweek vandag en môre in hoofstad

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 5, 2026 0:39


Field Ready sal amptelik sy Namibiese Werkbaarheidsplatform bekendstel tydens Nasionale Loopbaanweek 2026, wat vandag en môre by die Mercure Hotel in Windhoek plaasvind. Die digitale platform is ontwikkel om jong Namibiërs te help om werkbaarheidsvaardighede te ontwikkel deur toegang tot bedryfsgerigte opleiding, digitale leerpaaie en verbindings met werkgewers in sleutel-ekonomiese sektore. Die loopbaanweek sal na verwagting meer as 5 000 studente, gegradueerdes en jong professionele persone lok. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van Field Ready, Phil Andrews gepraat vir meer inligting oor die platform.

kosmos windhoek vandag namibi phil andrews nuus field ready
Nuus
Jarvis kan vandag geskiedenis maak

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 5, 2026 0:15


Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het 'n kans om geskiedenis te maak by die DP World-toer wanneer die Johannesburg Ope vandag by die Houghton-gholfklub begin. Die 22-jarige Jarvis wat agtereenvolgende seges behaal het in die Kenia Ope en Suid-Afrikaanse Ope, kan by gholfreuse soos Nick Faldo en wyle Seve Ballesteros aansluit as die enigste spelers wat drie agtereenvolgende oorwinnings in die DP World-toer behaal het. Jarvis sê hy wou nog altyd die Johannesburg Ope wen:

Nuus
Verdrag van Walvisbaai vandag 32 jaar oud

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 28, 2026 0:34


Vandag 32 jaar gelede is die Verdrag van Walvisbaai in 1994 onderteken om die soewereiniteit van dié kusdorp en die 12 Pikkewyn-eilande amptelik van Suid-Afrika na Namibië oor te dra. Dit het 84 jaar van Suid-Afrikaanse beheer beëindig en die VN-Veiligheidsraad se Resolusie 432 van 1978 vervul, wat die hawe weer in Namibië geïntegreer het. Kosmos 94.1 Nuus het met afgetrede weermag luitenant-generaal Martin Shalli gesels oor die betekenis van die hawestad vir Namibië.

Nuus
Protes vandag oor sekuriteitswagte en minimumloon

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 0:38


Die maatskaplike aktivis Michael Amushelelo het besluit om sy platform te gebruik om sekuriteitswagte wat nie die minimumloon betaal word nie te help deur 'n betoging te reël wat vanoggend om sewe begin het. Volgens Amushelelo sal hy nie daar wees nie maar staan in solidariteit met die wagte. Die betoging sal by die Katutura Youth Complex plaasvind en die groep sal 'n petisie oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.

Nuus
Tweede ronde polio-inentings begin vandag, tot Vrydag

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 24, 2026 0:39


Die gesondheidsministerie sê die eerste ronde polio-inentings het 91 persent van die teikengroepe landwyd gedek. Die eerste ronde inentings het tussen 26 en 29 Januarie plaasgevind na die opsporing van poliovirus tipe 2 op 13 November verlede jaar deur roetine-omgewingsmonitering van 'n rioolmonster wat by Ndama by Rundu in die Kavango-Oos-streek versamel is. Die tweede ronde begin vandag tot Vrydag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Walters Kamaya gepraat:

Nuus
Veldfiets: MotoCross-aksie vandag by Gallina

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 14, 2026 0:51


Die eerste been van die 2026 Nasionale Veldfietskampioenskappe vind vandag by die Gallina Motocross Park net buite Windhoek plaas. Dit beloof ‘n dag propvol aksie, sê Kosmos 94.1 se Francois Lottering. Hy doen verslag:

Nuus
Wêreldradiodag: Hier's Namibië se stemme!

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 13, 2026 2:08


Vandag is Wêreldradiodag, wat elke jaar op 13 Februarie gevier word. Vanjaar is die fokus op hoe KI uitsending, produksie en toeganklikheid kan verbeter, terwyl dit verseker dat menslike redaksionele oordeel sentraal bly. Kosmos 94.1 Nuus het met verskeie leerders, studente en stemme in die bedryf gepraat wat hulle mening gee oor die relevansie van radio vandag.