Wie is God nou eintlik? As n CA was besigheid, sukses, geld en titels baie belangrik vir my. Ek was altyd n 'high achiever' en ek was verslaaf aan sukses. Maar die jaag van doelwit na doelwit, die trek van een plek na die ander en die konstante 'deadlines' het my sieldood laat voel. Ek is bly God he…
Wie is God — Gedurende hierdie nuwe Covid19 storm, hoor ek baie "false claims". So wat belowe God, en wat belowe hy nie? En hoe kan ons groei in hierdie moeilike tyd? Ek deel ook n "update" op my lewe en gebede wat onlangs beantwoord was.
Wie is God — Christenskap het my altyd skuldig laat voel. Elke keer as ek gevloek het, ongeduldig was, of iets gedoen het waaroor my dominee gepreek het, het ek gevoel ek is nie "worth it" nie. Ek het nie geweet of ek Hemel toe gaan nie. Ek het na ander gelowe gekyk en eers toe ek die Grootste verskil tussen die gelowe verstaan het, het ek geweet waarntoe ek gaan.
Wie is God — Ons bespreek verder die onderwerp - Bestaan God? Dan vertel ek ook verder my storie oor my soektog na God se stem en wat ek gedoen het om God se stem duideliker te hoor.
Wie is God — Ek het alles begin betwyfel wat die Bybel en die kerk my geleer het. Bestaan God ooit? En as hy bestaan, hoe weet ek watter God is die regte God? Ek bespreek Wetenskap vs Bybel. Evolusie en Big Bang vs Bybel. Ja, hier is ons nie bang om die scary vrae te vra nie!
Wie is God — Nie vir jonges geskik. In hierdie episode vertel ek meer oor my kruispad, my dilemma en my beroeps verandering. Dit vertel ook watter ander "spiritual practices" ek probeer het. Net om na jare se pynvolle soek maar weer by die God van die "boring" Bybel uit te kom. Maar hierdie keer is dit anders. Hierdie keer is ek in n dieper verhouding met hom. Dit is so amazing. Hy is n realiteit, nie n dagdroom nie. Ek kan hom nou duideliker "sien" en duideliker "hoor" en laat ek jou nou vertel - Hy is beautiful!
Wie is God — Wie is God nou eintlik? As n CA was besigheid, sukses, geld en titels baie belangrik vir my. Ek was altyd n 'high achiever' en ek was verslaaf aan sukses. Maar die jaag van doelwit na doelwit, die trek van een plek na die ander en die konstante 'deadlines' het my sieldood laat voel. Ek is bly God het my deur hierdie 'crash course in life' gesit, want dit was in my desperate uitputting dat my spirituele lewe nou regtig wakker geword het. Ek het eers baie verkeerde draaie geneem, maar elke draai het vir my dure lesse geleer. En elke les het my gehelp om die regte God te vind.