POPULARITY
Send us a textRomeine 6:1,2 ...Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Om jou hele lewe na ander mense se pype te dans en hulle te probeer tevrede stel, is harde werk, want mense is wispelturig. Hulle kan eendag aan jou kant wees … en die volgende dag teen jou draai. Jy het dit seker ook al beleef?'n Dierbare vriend van my was vir byna veertig jaar 'n prediker by ‘n kerk. Hy en sy vrou het alles opgeoffer om mense te dien. Hy het inderdaad vir my self ook baie beteken. En tog het twee van sy beste vriende na al die jare teen hom gedraai. Dit het die kerk vernietig. Dit het hom en sy vrou jare geneem om van die seer te herstel.Daardie soort verraad is 'n verskriklike ding, maar dit gebeur ongelukkig. Dit gebeur om elke hoek en draai. Dit is een van die redes waarom so baie mense hard daaraan werk om ander mense te behaag, om ten alle koste in hulle goeie boekies te bly.Maar in 'n goeie huwelik hoef ‘n mens nie jou sielsgenoot se liefde te probeer verdien nie. Hulle is reeds lief vir jou. Wat jy dan doen, is om slegs op hul liefde te reageer. Daar is 'n hemelsbreë verskil tussen daardie twee.En dit is baie dieselfde met God se liefde. Ons verander nie ons gedrag om sy liefde te verdien nie. Hy is reeds lief vir ons. Hy het reeds vir Jesus gestuur om aan 'n kruis te sterf om vir ons sonde te betaal. Nee, ons verander óns gedrag om op sy liefde te reageer.Romeine 6:1,2 ...Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?Ware Christenskap is 'n reaksie op God se liefde, nie 'n poging om dit te verdien nie. Dis genade.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap (deel 2) Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Jesus se verkondiging van die evangelie van God se koninkryk kom op 4 beginsels neer: (1) die tyd is vervul; (2) die koninkryk van God het naby gekom; (3) bekeer julle; en (4) glo die evangelie. Christus se metode van dissipelskap was rabbyns: Hy het sy dissipels geleer van die lewe in God se koninkryk en dit dan ook self geillustreer met sy lewe. Dan het Hy hulle ook uitgestuur om die koninkryks-lewe te gaan doen. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe moet ons Jesus se oproep tot bekering verstaan? Wat beteken en behels dit om die evangelie te glo? Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk? Kan jy ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees?
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap. Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening: evangelie van die koninkryk van God – nie die evangelie van verlossing nie! Deur Jesus se koms na hierdie wêreld (kairos) het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is. God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie. Die toekomstige koninkryk van God breek kragtig deur in hierdie sondige wêreld as gelowiges funksioneer in die gawes van die Heilige Gees. Dit is dissipelskap! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat bedoel Johannes en Jesus as hulle sê: “Die koninkryk van die hemel/God het naby gekom”? (vgl Mat 3:1-2 en Mark 1:15) Beskryf die “reeds en die nog nie” van die koninkryk van God. Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk? Kan jy ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees?
Send us a Text Message.Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God singNouja, hoe ervaar jy nou eintlik die stilte, die kalmte, en die vrede van God? Daardie vrede wat Hy vir jou beplan? Sy vrede, wanneer die roesemoes van die lewe jou wil oorweldig; wanneer jy die hele tyd deur die branders van die lewe heen en weer geslinger word? Hoe vind jy daardie vrede op ‘n praktiese vlak?Ek is nie 'n ou wat net droom nie, ek is ‘n doener. Die rede waarom ons bediening "Christianityworks" genoem word, is omdat Christenskap óf werk, óf nie werk nie. En as dit nie werk nie, onthef ons ons hele span van hul poste en hulle is vry om ‘n ander loopbaan te volg, want dan mors ons ons tyd!Wanneer God dus vir ons sy vrede, te midde van teenstand belowe, (soos Hy telkens in die Bybel doen); glo ek met my hele hart dat ons eintlik geskape is om daardie vrede in ons dag-tot-dag lewens te ervaar. En hier is dit …Kolossense 3:15,16 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.Ja, laat die vrede van Christus jou gedagtes beheer – letterlik in jou hart heers. Maar hoe presies? Hier is dit weer:Wees altyd dankbaar - want my vriend, as jy ‘n gesindheid van dankbaarheid teenoor God het vir alles wat Hy vir jou gedoen het, sal hierdie gesindheid jou perspektief heeltemal verander. Dit maak jou hart oop om Christus se boodskap in jou te laat lewe.Met ander woorde, lees gereeld die Bybel. Dink daaroor na en vul jou gedagtes daarmee. Laat ander toe om jou met goddelike wysheid te leer en raad te gee en sing met 'n dankbare hart 'n nuwe lied tot God se eer.Dit is die wyse waarop jy God se vrede van dag tot dag sal ervaar.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Matteus 5:14-16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en maak dit onder 'n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op 'n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” (NLV) Skynheiligheid en selfbedrog gaan hand aan hand. Iemand wie se dade nie met hul woorde ooreenstem nie, is baie beslis 'n huigelaar. Maar weet jy, baie dikwels word daardie skynheiligheid deur selfbedrog aangevuur. Huigelaars kyk in die spieël, maar bly heeltemal blind vir hul ellendige toestand.Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die ergste soort huigelaar 'n godsdienstige een is. En dit is nie net ek wat so dink nie. Jesus het die skynheilige godsdiensleiers van sy dag absoluut aan flarde geskeur. En jy hoef nie baie ver te kyk om te sien dat vir baie, sogenaamde Christene, niks verander het nie. Richard Rohr, ‘n Franciskaanse monnik stel dit so:Christenskap is 'n leefstyl – dit is veronderstel om die lewe ongekompliseerd, nie-gewelddadig en liefdevol te maak en met ander te deel. Maar ons het dit egter in 'n vaste "godsdiens" (en alles wat daarmee saamgaan) gegiet en die verandering van lewenstyl self vermy. 'n Mens kon tydens die grootste deel van die Christelike geskiedenis oorlogsugtig, gierig, rassisties, selfsugtig en ydel wees en tog sê dat Jesus jou "persoonlike Here en Verlosser" is. Maar die wêreld het nie meer tyd vir sulke lawwigheid nie. Die lyding op hierdie aarde is te groot.Jesus het oor hierdie onversoenbare kloof tussen geloof en dade gepraat en gesê:Matteus 5:16 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en maak dit onder 'n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op 'n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. “Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” (NLV)Tensy ons daardie lig uitstraal, mislei ons onsself. Moenie skynheilig wees nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos 'n rivier wat nooit gaan staan nie. Soos enigiets in die lewe, kan Christenskap omskep word in 'n winsgewende besigheid. Die rykdom van sommige kerke is verstommend. En dit is maklik vir eenvoudige godvresende mense soos ek en jy om daarby ingesuig te word.Ek klink nou ‘n bietjie onsensitief, nie waar nie? Maar ons weet dat die Christelike kerk regoor die wêreld triljoene rande se vaste eiendom en bates besit, en dat dit nie altyd met wysheid gebruik word nie. Ek is seker jy sien volop advertensies op sosiale media vir hierdie konferensie, daardie optrede, hierdie beweging van God en daardie profetiese … wel, daar is soveel dat jy nie kan voorbly met al die inligting nie!Natuurlik het die kerk bates nodig om God se werk te doen. Nouja, daar behoort seker vergaderings regoor die wêreld te wees om God se Woord te bestudeer en Hom te aanbid. Maar jy kan so maklik vasgevang word in die truuks; die selfverheerlikende besigheid van die hedendaagse Christendom, dat jy uit die oog verloor wat God regtig wil hê. Wat wil hy hê?Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos 'n rivier wat nooit gaan staan nie. (DB)Dit is nie alles so ingewikkeld nie. Aanbid God met jou hele hart, met alles wat jy is. Leef jou geloof in liefde uit deur billik en regverdig te wees. En moenie vasgevang word in al die bohaai nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan 'n blinde persoon 'n ander blinde lei? Die eerste sal in 'n sloot val en die ander een saam aftrek.'n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV) Dis ‘n ernstige en gevaarlike situasie wanneer enigiemand hul vertroue in ‘n persoon of enigiets anders as die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus stel. Selfs Christene (in werklikheid veral Christene), kan hul geloof tot belaglike en gevaarlike uiterstes neem.Ja, mense word mislei om gewelddadig op te tree; en dit is hoe die Kruistogte, daardie verskriklike godsdiensoorloë tussen 1095 en 1291 ontstaan het; asook die Katolieke Inkwisisie van die 12de tot die middel van die 15de eeu. Ja, en vandag kry ons dit in die vorm van die selfmoordbomaanvallers van ander godsdienstige groeperinge. Vir 'n Christen is die waarheid van die Evangelie 'n onweerlegbare werklikheid. Maar daar is deesdae baie invloedryke leraars, wat Christene oproep om op te staan, om hul regte terug te eis, om hul land (in watter land hulle ook al woon) met mag in 'n Christelike een te verander. Hulle gebruik oortuigende argumente … en tog mis hulle die punt.Lukas 6:39,40 Jesus het toe die volgende voorbeeld gebruik: “Hoe kan 'n blinde persoon 'n ander blinde lei? Die eerste sal in 'n sloot val en die ander een saam aftrek.'n Leerling is nie belangriker as sy leermeester nie. Maar die leerling wat hard werk, sal net soos sy leermeester word. (NLV)Moenie toelaat dat blinde gidse jou op 'n dwaalspoor lei nie. Die doel van die Evangelie, die Goeie Nuus van Jesus Christus, is nie om dit op ander af te dwing nie. Soos iemand eenkeer gesê het, wanneer jy Christenskap met mag begin meng, het jy kort voor lank leiers wat besig is om ‘n kruis op iemand anders se skouers af te forseer, eerder as om dit vir hulself op te neem.Tree dus oordeelkundig op. Kies jou onderwysers versigtig. Ja, ek weet ons moet opstaan teen die kwaad, maar onthou, die Evangelie van Christus is 'n Evangelie van God se liefde, sy vergifnis, sy begeerte om mense na Hom toe te trek.Moenie in die duiwel se slagyster trap nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Ek dink dit is deesdae baie maklik om Christenskap so maklik ‘geestelik' te maak. Mense word so ingetrek deur liedjies te sing en mense op die rug te slaan – loof die Here, broer – dat ons vergeet dat liefde, beide 'n selfstandige naamwoord en 'n werkwoord is. In alle groot kulture is die woord vir liefde nie net iets wat ons het of nie het nie (met ander woorde 'n selfstandige naamwoord), dit is ook iets wat ons veronderstel is om te doen ('n werkwoord).Ons almal hou daarvan om geliefd te wees. Maar hoeveel liefde betoon ons aan ander mense deur liefde te gee? Is ons liefde prakties? Steek ons maklik 'n helpende hand uit? Is ons eerlik en ordentlik in die werksplek? Ek ken 'n suksesvolle sake-eienaar wat op 'n Sondag soos 'n godvresende, lieflike persoon lyk, maar by die werk is hy 'n tiran en dit lei tot ‘n baie hoë verwisseling van werknemers. Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.Ek dink dit is so maklik om vasgevang te word in die hele spiritualiteit van 'n geloof in Jesus, dat ons die eenvoudige, die basiese, die praktiese dinge vergeet. Die dinge wat ander raaksien. Die dinge wat tot hulle spreek van die liefde (of die afwesigheid daarvan) van ons God, van wie ons getuig dat ons in Hom glo. Dit voel asof ons hierdie week nogal baie oor liefde gepraat het, maar verstaan asseblief dat dit opsetlik gedoen is. Want vir God is dit 'n baie belangrike saak.Dit is goed vir ons, baie goed, om vriendelik, vrygewig en regverdig te wees, ja, om bekend te wees as iemand wat in al sy sake reg optree.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Spreker: Johan Delport Reeks: Getemperde Geloof Youtube link: https://www.youtube.com/watch?v=AqEhU5ZzWwc&feature=youtu.be
Scriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status, Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.
2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. Ek wil vandag die bul by die horings pak en vir jou sê, dat daar nie iets soos "gemaklike Christenskap" is nie. Trouens, dis net mooi die teenoorgestelde! As jy net traak-my-nieagtig deur die lewe wil gaan sonder om te dink wat jy doen, dan is Christenskap nie vir jou nie.En as jy nou effens ongemaklik voel, is dit 'n goeie ding, want Christenskap het uit die wrede, koelbloedige dood aan die kruis op Golgota ontstaan en is nie daar om mense te troos en goed te laat voel nie.Die vroeë Christene is genadeloos vervolg omdat hulle verkondig het dat Jesus uit die dood opgestaan het. En weet jy, dat meer Christene gedurende die twintigste eeu, as in die vorige negentien eeue saam, gemartel is?En as dit nie genoeg was om jou te laat regop sit nie; is die nuus dat die vlaag van vervolging teen Christene tans dwarsoor die wêreld besig om toe te neem. Nee, Christus het ons beslis nie geroep om ons goed en gemaklik te laat voel nie, want sy doel word duidelik in:2 Korintiërs 5:15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.Nou ja, sê my, voel jy goed en gemaklik as jy hierdie woorde hoor? Toemaar, moenie bekommerd wees nie, ek ook nie. Dit is hoe ons geprogrammeer is. Maar as jy in Jesus wat vir jou gesterf het, glo, dan kan jy weet dat Hy gesterf het sodat jy kan ophou om vir jouself te lewe.My vriend, Jesus het gesterf en is uit die dood opgewek sodat jy jou lewe vir Hom kan leef. Dit is 'n ongelooflike, ongemaklike waarheid - Hy het jou hier geplaas om Hom te dien … wat dit ook al mag kos.Daar is mense in jou lewe wat nodig het om Jesus se liefde deur jou unieke gawes en vermoëns te ervaar, sodat hulle van 'n Christuslose ewigheid gered kan word.Ja, laat ons maar die waarheid in die gesig staar: Daar is nie iets soos gemaklike Christenskap nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Wat Is Jou Verwagting Van Christenskap? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
(1) Jakobus wys vir ons egte Christenskap in aksie en (2) hoe ons versoekings met vreugde tegemoet mag gaan en (3) ook moet ontwikkel in ons volharding. https://youtube.com/live/j3X2H7Kl8Zk
Dis nie te laat om praktiese Christenskap te begin beoefen nie.
Tydlose relevansie te midde van moderne verwarring. Voel jy verlore in vandag se komplekse godsdienstige en filosofiese landskap? Wil jy 'n pad na geloof vind wat eenvoudig en maklik is? Ons almal smag na 'n manier om sin te maak van die swaarkry in die lewe. Wat as daar 'n pad na ware betekenis en vervulling is wat eintlik redelik eenvoudig is? Die goeie nuus is, daar is 'n WEG! ONTVANG & GLO die eenvoudige evangelie; 'n reguit benadering tot Christenskap wat duidelikheid en hoop bring aan diegene wat 'n dieper betekenis in die LEWE soek. Geïnspireer deur Dr. Peter Kreeft se insigte uit sy boek "Tussen Allah en Jesus," sal ons delf na die skoonheid en betekenis van die primitiewe, eenvoudige, tydlose evangelie in die aangesig van post-moderne agnostisisme en 'n groeiende Godlose samelewing. Sermon Notes in English: hrco.co.za/sermons/the-simple-gospel/ #BackToBasics #Eenvoud #Nugterheid #Fokus #Sekerheid #Ankers #Fondamente #Tydloos #Waarheid
Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV) Weet jy wat my regtig bang maak? Dis mense wat hulself oortuig het, dat omdat hulle redelike goeie mense is, en hul lewens op "Christelike beginsels" baseer, hulle op die Oordeelsdag gered sal word. Dit maak my regtig bang!Daar is net een antwoord. Jesus is die antwoord. Kyk wat sê:Handelinge 4:12 “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” (NLV)Dit is die hart van die Evangelieboodskap. Dit is die kern van Christenskap. Jy sal nie gered kan word van die komende oordeel en toorn van God deur 'n goeie lewe te lei nie. Jy sal ook nie 'n vrypas na die hemel kan kry, om die ewige pyniging van die hel te ontsnap, deur jou lewe volgens Christelike beginsels te leef nie.Jy kan slegs gered word deur jou vertroue in Jesus te stel. Glo in Jesus wat aan die Kruis gesterf het om vir jou sondes te betaal en weer opgestaan het om vir jou 'n nuwe lewe; ‘n verhouding met God te gee - 'n verhouding wat oneindig beter sal word wanneer jy uit hierdie lewe na die volgende gaan. Te veel mense sit op die draad wanneer dit kom by vertroue in Jesus. En dit maak my regtig bang. Soos die bekende Amerikaanse country-sanger Johnny Cash dit gestel het: "Ek het geleer dat daar geen draad tussen die hemel en hel is om op te sit nie."My vriend, ek wil jou vandag baie ernstig waarsku. Jou lewe, jou ewigheid hang in die weegskaal. Goedheid en “Christelike beginsels” sal nie – luister na my, sal nie! – op die Oordeelsdag. vir jou red nie! Slegs 'n diep geloof in wat Jesus vir jou gedoen het; 'n geloof wat van 'n lewe wat vir Christus geleef word, getuig, kan jou red. Om op die draad te sit, sal nooit nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. Soms voel dit asof jy deur 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is – dat jy om en om en om getuimel is, totdat al die lewe uit jou gedreineer is.Ateïste sê graag dat Christenskap ‘n kruk vir swakkelinge en verloorders is. Maar jy hoef nie lewenslank 'n verloorder te wees nie. Dis nie net swakkelinge wat in die rondte rondgeskommel en uitgespoeg word nie. Jy hoef nie 'n swakkeling te wees vir mense en omstandighede om jou fisiese, emosionele en geestelike energie te dreineer nie. Dit gebeur met die sterkste, die slimste, die vinnigste en die beste ook.En wat ons onder hierdie omstandighede broodnodig het, is vrede; ons smag daarna te midde van die verskriklike gevoel van mismoedigheid.Die probleem is dat wanneer jy voel asof die lewe jou onderkry, het die goedbedoelde raad en hulp waarmee mense jou wil ophelp, op een of ander manier nie die krag om jou daar diep in jou donkerte te bereik nie. En enige vrede wat die wêreld jou in jou moedeloosheid bied, is maar uiteindelik vlietend. Jy was ook al daar, of hoe?Dit is juis om daardie rede dat Jesus – die einste Seun van God, wat vir jou gely en gesterf het – vandag vir jou ‘n antwoord het:Johannes 14: 27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.En wanneer Jesus sy vrede in jou hart uitstort, word jy versterk deur die krag van God se Gees. Luister na my: Jesus gee vir jou vrede oor jou verlede, Hy gee jou ‘n doel vir die hede en hoop vir jou toekoms.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)Oor die jare het ek baie mense ontmoet, wat op plekke woon waar hulle nie vryheid van spraak het nie. Wat my ontstel het terwyl ek na hul stories geluister het, is hul diep gevoel dat dinge onregverdig is. Vryheid van uitdrukking is iets wat die meeste van ons as 'n fundamentele mensereg sal beskou. En tog word daar vandag, selfs in samelewings wat hulself as oop en ruim-denkend beskou, vryheid van spraak vinniger as wat ons dink, afgetakel. Sir Winston Churchill het dit jare gelede nogal profeties gestel: Sommige mense se idee van vryheid van spraak is dat hulle vry is om te sê net wat hulle wil, maar as iemand anders iets terugsê, voel hulle beledig. En dit is baie dikwels hoe dinge vandag in gesprekke verloop. Ja, waar die een groep mense dink net hulle is reg, het beskaafdheid, liefde en begrip so te sê verdwyn. Die diskoers handel dikwels oor Christenskap; oor jou en my geloof in Jesus en oor die dinge wat God reg en verkeerd noem. Die opponerende magte probeer ons blokkeer; hulle wil ons verhoed om die waarheid te praat. Nou, hoe reageer ons dan? Deur terug te skree? Ek dink nie so nie. Jesus sê in:Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV) Dink mooi: hoe sou jy wou hê dat jou teëstanders - diegene wat heeltemal ander sienings as jy het, diegene wat jou kritiseer en verkleineer - jou behandel? Wel, jy het gehoor hoe Jesus wil hê jy moet hulle behandel. En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.Hoekom kritiseer die samelewing Christenskap deesdae so dikwels? Wat maak die Goeie Nuus van Jesus vir so baie mense aanstootlik? Dit voel asof die vervolging van Christene besig is om toe te neem. Hoekom is dit so?'n Ruk gelede het ek 'n klein bybelstudiegroepie van uiteenlopende mense uit verskillende tradisies en perspektiewe bygewoon. Ek was dus nie verbaas oor die verskillende opinies nie.Daar was een man daar wat vas geglo het dat die Bybel net een van baie rigtingwysers na God is. Hy het Boeddhisme en die Koran bestudeer. Hy het allerhande verskillende maniere ywerig ondersoek. Hy het honderde dollars op CD's van ghoeroes en ander materiaal spandeer.Toe ons die Evangelie van Johannes bestudeer, was hierdie man se opinie dat dit slegs figuurlik gestel is, as 'n soort metafoor. En dat dit belaglik is om te glo dat Jesus werklik water in wyn kon verander! En daardie stukkie waar Jesus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kan na die Vader kom behalwe deur My nie” … is volgens hom beslis verkeerd vertaal en oorgedra. Daar is volgens hierdie man ook baie maniere om na God te kom. Maar weet jy, dit is nie wat God sê nie.1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.Net omdat ons 'n waarheid ontken, maak dit dit nie minder waar nie. Dis die offer van Jesus aan die Kruis wat betaal het vir jou sonde en myne, Sy dood en opstanding het die deur wawyd oopgegooi na 'n ewige verhouding met God. Daar is slegs een manier. Jesus. Dís die waarheid.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie boodskap is deel van Riekert Botha se aanbiedding by Tygerberg Gesinskerk se 2022 Mannekamp.
Vir Ons EN Vir Ander - Deel 4 - Christenskap - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Spreuke 3:6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Dit is maklik om te sê jy moet God, selfs deur moeilike tye, altyd vertrou. Om dit te doen, is baie moeilik, want om Iemand te vertrou, wat jy nie kan sien nie, terwyl jy jou probleem baie duidelik kan sien, gaan teen jou grein.Die bediening waarby ek betrokke is, wat hierdie daaglikse oordenkings produseer, word Christianityworks genoem. Hoekom? Omdat ek met my hele wese weet dat Christenskap inderdaad werk. Om Jesus te volg, werk. Om Jesus te vertrou, werk. Dit is wat die bemarkers die "handelsmerkbelofte" sou noem.Nou ja, as dit dan die geval is, moet dit tydens die goeie en die slegte tye "werk." Wel, kom ons praat vir 'n oomblik oor daardie slegte tye, die moeilike tye. Hoe maklik vind jy dit om op Jesus te vertrou wanneer jy voor 'n onmoontlike situasie te staan kom? Of sukkel jy op daardie tydstip om te vertrou dat Hy sal help?Ons weet dat ons Hom moet vertrou, maar die vraag is ... hoe kry ons dit reg? Hoe doen ‘n mens dit eintlik? Hoe vertrou jy Jesus in die moeilike tye?Spreuke 3:6 Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Ja, my vriend, dit verduidelik die "hoe". Daardie vers kom mooi in die middel van 'n gedeelte voor, wat praat van die vertroue op Hom in moeilike tye. Terwyl jy versigtig, soms met groot pyn, soms met ontnugtering in jou hart, in die versoeking kom om die verkeerde ding te doen, hou net aan met stap – dink met elke tree wat jy gee, aan wat God wil hê. Wat wil Jesus hê moet ek doen, wanneer ek in hierdie situasie is en terwyl ek hierdie tree neem?En redelik gou sal jy agterkom dat Hy jou tog in die regte rigting gestuur het.Met elke tree wat jy gee, dink aan wat Hy deur jou wil doen. Dis hoe.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.In baie dele van die wêreld word die huwelik al hoe minder as die ‘regte-ding-om-te-doen' beskou – dit word as ‘n outydse gebruik bestempel. Mense woon net saam, hulle breek die verhouding, gaan aan, vind 'n ander maat … en dit is die lewe. Dit is maar hoe dinge is.In daardie konteks begin die Christelike siening van die huwelik 'n bietjie outyds lyk. In sekere kerke word dit ook glad nie meer as belangrik beskou dat iemand tot hul troudag rein moet bly nie. Maar ons lees in:Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.Ag, kom aan! Regtig? Kan mense vandag nog so dink?! Ek het onlangs 'n interessante artikel gelees van ‘n uitgesproke ateïs en historikus, Tom Holland. Terwyl hy antieke geskiedenis bestudeer het, het hy ‘n baie interessante ontdekking gemaak. Die mense wat eeue gelede gelewe het, was baie wreed en hul waardes was heeltemal vreemd vir hom.‘Die Spartane het gereeld "onvolmaakte" kinders vermoor. Slawe se liggame is gebruik vir die mense met mag se fisiese plesier. Kindermoord was ‘n algemene praktyk. Die armes en die swakkes het geen regte gehad nie.'‘Hoe het ons uit daardie verskriklike lewenstyl tot hier gekom? Dit was Christenskap wat dit veroorsaak het', skryf Holland. ‘Die Christendom het, op die gebied van seks en die huwelik 'n omwenteling teweeggebring. Hulle het geëis dat mans hulself beheer en alle vorme van verkragting verbied. Die Christendom het seksualiteit binne monogamiese verhoudings beperk. Dit is ironies', merk Holland op, ‘dat dit nou daardie einste standaarde is, waarvoor daar deesdae met die Christene gespot word. Dis die Christendom wat vroue verhef het. Dit kom daarop neer dat Christenskap die wêreld totaal verander het'.Die verval van hierdie Christelike waardes waar die samelewing teen die helling van onsedelikheid afgly, dra 'n verskriklike koste: Gebroke gesinne, vaderlose kinders en vernietigde lewens. Maar ons weet dat daar 'n afrekening sal plaasvind.Die huwelik moet deur almal geëer word.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Vicky Kente, woordvoerder van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die situasie van vervolgde Christene in Indië. Sy deel die inspirerende getuienis van twee Indiese vroue wat ten spyte van erge vervolging steeds hul Christenskap uitleef.
Wat verstaan iemand wat koud kry? Hy of sy verstaan 'n kombers. Wat verstaan iemand wat honger is? Hy of sy verstaan iets in die hand om te eet. Wat verstaan iemand wat eensaam is? Hy of sy verstaan jou daar wees. Wat verstaan iemand wat bang is? Hy of sy verstaan dit om veilig by jou te voel. Wat verstaan mense van die liefde van God? Hulle verstaan God se liefde deur by jou aanvaarding, menswaardigheid en liefde te beleef. Daar is soveel verskille tussen mense. Die enigste manier hoe ons mekaar sal begin verstaan is deur ons Christenskap uit te leef soos wat God dit van ons vra: God is en word jou alles en almal rondom jou hanteer jy soos jy wil hê dat ander jou sal hanteer, met respek, met aanvaarding, met menswaardigheid, met waarde en dan so sal ons en ander die Evangelie verstaan. --- Send in a voice message: https://anchor.fm/petrus-botha/message
Preekteks: Joh 1:12-13; 3:3-7 Tema/Titel: Wat op aarde is 'n Christen? Hoofpunt: Reddende, ervaarbare en waarneembare Christenskap begin met die wedergeboorte. Wat kan ons hieroor uit ons twee teksgedeeltes leer?
Psalm 37:8: Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Woede is 'n geestelike kanker wat lynreg teenoor God se liefdesgebod staan. Woede breek af, vernietig, verwoes. Want in woede sê jy goed wat jy nooit kan terugtrek nie. Woede maak seer. En daarom vergelyk Jesus woede eintlik met moord. Deur ons woede vermoor ons mense en verhoudings. Deur ons woede vermoor ons ons eie Christenskap. Woede breek in een oomblik af wat oor baie jare opgebou word. Trek die onkruid van woede uit en plant en versorg die liefde sodat ons lewens ‘n wonderlike blomtuin van God se liefde kan wees. --- Send in a voice message: https://anchor.fm/petrus-botha/message
Johannes maak vir ons duidelik dat geheime Christenskap nie sal deug nie. Dit is dikwels vir ons 'n uitdaging as Christene, om ons dissipelskap geheim te hou of te offer op die altaar van “sosiale aanvaarding”.
Hoe wil die Here midde hierdie omstandighede gebruik om sy Evangelie deur Woord en daad te bring? Dit is wanneer ʼn mens die uitdaging aanvaar om die Here selfs te midde van minder aangename omstandighede steeds te vertrou dat die vreugde en oortuiging van Christenskap weer terug kom.
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (AFR20)Ek sal eerlik wees met jou. Die eerste ses en dertig jaar van my lewe het ek skaars aan Christenskap gedink ... behalwe om gek te skeer met die onnosele Christene daar buite, wat in God geglo het. Wat van jou? Hoe ernstig voel jy oor Jesus? As iemand wat die grootste deel van elke werksdag sit en werk, geniet ek dit baie om oefening te kry. Ek gaan dus die meeste oggende vroeg uit vir 'n vinnige stappie. Daar is 'n groot park met 'n wonderlike staproete naby ons huis. Ek kom normaalweg net voor sonop daar en dan is daar skaars 'n siel in die omgewing. Maar na ‘n kort rukkie begin die plek vol word met mense wat loop, hardloop en fietsry. Jonk, oud; manlik, vroulik, lank, kort, vet, maer, swart, wit; goed, sleg ... die wonderlikste verskeidenheid mense. Maar weet jy, daar is nog 'n onderskeid wat die moeite werd is om te maak: verlore, gevind; gered ... in die verderf vergaan. Dit maak nie saak hoe ons elkeen uiterlik lyk nie, maar party van ons ken Jesus Christus as die Verlosser van ons siel en die Here van ons lewens, en ander nie. En eendag, nou-ja, eendag is dit die enigste onderskeid wat sal saakmaak. Dit is die enigste ding wat die een mens van die ander sal onderskei. In Johannes 3:16 staan: Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Verlore of gevind. Gered of vergaan. Dit is die enigste ding wat sal saak maak. Watter een is jy? Het jy Jesus Christus aangeneem as die Verlosser van jou siel en die Here van jou lewe? As jy nog nie vir Jesus aangeneem het, is dit vandag jou geleentheid. Bid 'n eenvoudige gebed, slaan ‘n nuwe blaadjie om, begin jou lewe vir Jesus leef. Want eendag is dit die enigste ding wat sal saakmaak. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Ivor Jefferies
Reynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is.
Reynardt Hugo gesels oor die draaipunte in sy lewe, Christenskap en sy boek, Soldaat, wat pas by Lux Verbi verskyn het. Spits jou ore, want aan die einde van die onderhoud kan jy ook na sy enkelsnit “Weggebreek” luister wat saam met die boek uitgereik is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”Christenskap is nie 'n godsdiens nie, dit is nie 'n stel reëls om te volg nie – dit werk soos ‘n huwelik. Net soos die huwelik, is die Christendom 'n verhouding waarin ons gedrag verander, omdat ons ‘n liefdesverhouding met God het. Dis die groot verskil!Ek het onlangs 'n verskriklike konflik in 'n Christelike organisasie waargeneem, waar mense regtig sleg optree het. En hierdie onenigheid het my oë weer oopgemaak vir hoe ongelooflik belangrik sterk verhoudings is.Verhoudings is soos brûe wat ons tydens die goeie en slegte tye in die harte en lewens van ander mense inbou. Brûe wat bedoel is om sterk te staan tydens storms wat onvermydelik uitbars.Ja, ek weet, dis harde werk om so 'n sterk brug te bou, maar dink net dat wanneer die storm woed, dit wonderlik is om verhoudings te hê wat die toets deurstaan het? Kyk in Lukas 3 wat die heel eerste ding is, wat Johannes die Doper oor Jesus gesê het:Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”Dit was 'n radikale stelling oor iets baie seldsaam, want tot op daardie stadium was die Gees van God nog net aan 'n handjievol uitgesoekte leiers en profete gegee.Dit blyk egter dat God hierdie plan gehad het om 'n kragtige verhouding met elkeen van ons op te bou; deur ons met sy Gees te deurdrenk. Dit is wat dit beteken om gedoop te word; om in iets gedompel, deurdrenk en deeglik getransformeer te word.In hierdie geval is dit die plan van God om ons te doop, te deurdrenk en radikaal te transformeer deur die uitstorting van Sy Gees op ons. Dis 'n brug wat gebou is deur die lyding van sy Seun. Dit is 'n verhouding wat vir ewig sal hou.Word gedoop - deurdrenk en deeglik getransformeer - deur die Heilige Gees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johann Els gesels met Charmonique Klingenberg oor haar nuwe blog - crosstintedglasses.com wat gaan oor ouerskap in 'n wêreld wat ons kinders wil oortuig dat ons Christenskap irrelevant is. Sy't net besef ons kinders erf nie ons geloof nie, en ons beter weet wat en hoekom ons glo, om te kan saampraat.
As die jongmense kreatief raak tydens die grendelstaat gee dit ons sommer ook die geleentheid om met hulle te gesels oor hoe hulle die hele korona-situasie beleef en sommer hulle Christenskap ook. Lekker luister!
Baptist Church Kempton Park (South Africa) / Baptistekerk Kemptonpark
Aanbidding, Verlossing
Ons het begin om praktiese oplossings te soek op praktiese vrae. Dis hoekom ons die podcast reekse begin het wat ons dan weekliks sal bekendstel sodat ons prakties meer kan leer oor ons Christenskap.
Wie is God — Christenskap het my altyd skuldig laat voel. Elke keer as ek gevloek het, ongeduldig was, of iets gedoen het waaroor my dominee gepreek het, het ek gevoel ek is nie "worth it" nie. Ek het nie geweet of ek Hemel toe gaan nie. Ek het na ander gelowe gekyk en eers toe ek die Grootste verskil tussen die gelowe verstaan het, het ek geweet waarntoe ek gaan.
Fienie is in die Polisie Sy gaan met ons kom deel hoe sy haar Christenskap uitleef in haar werk , soms onder geweldige druk
In hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as 'n wêreldbeskouing. Wat is 'n wêreldbeskouing en hoe lyk 'n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om 'n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.
Ons leef in 'n wêreld waarin daar soveel verskillende stemme opgaan oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Bv. 72% Persent van Suid Afrika se inwoners noem hulself "Christene" Daarom kyk ons in hierdie episode na wat dit beteken om 'n ware Bybelse Christen te wees - en hoe die lewe van so 'n persoon lyk.
Ds Ulrich preek uit 1 Konings 18:20-39.
Wanneer 'n top atleet in een dissipline uitstyg en hy/sy besluit om 'n ander sportsoort te probeer, verander so 'n atleet se lewe radikaal, van die nuwe dieet to 'n splinternuwe oefen program en leefstyl as te ware. Die vraag is hoekom dink ons om Jesus te volg so eenvoudig is soos die druk van 'n knoppie wat ons gereeld doen wanneer ons mense op Instagram en Twitter volg.
RSG — Is daar iets soos ʼn sekulêre Christen, en hoe verskil dit van ʼn tradisionele Christen? Jean Oosthuizen gesels met prof. Hansie Wolmarans, ʼn teoloog by die Community in Christ Church in Melville in Johannesburg, en ds. Liena Hoffmann, 'n tentmakerleraar by die NG Kerk-Noord gemeente in Stellenbosch, oor sekulêre Christenskap.
Afgodery, Sonde, Redding en Post-Modernisme Wherefore, my dearly beloved, flee from idolatry. 1 Corinthians 10:14 #Definition of IDOLATRY: image-worship or divine honour paid to any created object. #Paul describes the origin of idolatry in Romans 1:21-25 : men forsook God, and sank into ignorance and moral corruption ( 1:28 ). When we shrink God, imagining that it is His job to serve our tribal aspirations rather than our job to serve Him and to strive for the elevation of His world, that is a form of idolatry. Lee Weissman "It is nothing less than self-idolatry to conceive that we can carry on even the ordinary matters of the day without His counsel" - Charles Bridges Die gesig van ‘n desperate man of vrou op soek na kos, werk, genesing of bevryding raak mens diep. Die diep soeke na aanvaarding, liefde, erkenning, sin en betekenis maak ons as mens baie broos, en kwesbaar. Ons het nog nooit so baie redders (saviors) gehad nie. Produkte, programme, diëte, spirituele reistogte, oefeninge, selfs klere, selfone en rekenaars word aan jou verkoop, oor hoe dit jou gaan laat lekker voel! Starbugs verklaar ons verkoop nie koffie nie, ons verkoop die lekker salige gevoel wanneer jy in ons winkels kom en koffie drink. Miljoene gelowe, aanbidding rituele, en geestelike ghoeroes, en selfs die taliban ‘n terroriste groep maak volgelinge omdat jongmense soekend is na meer. Daar is al sedert die skepping ‘n stryd tussen afgodery en ware aanbidding. Die eerste sonde van ongehoorsaamheid was inherent die wegdraai van die ware God na ‘n ander god. Paulus het dit verstaan verduidelik dit baie mooi: “die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.” Rom 1:18-32 Geen mens kan neutraal staan nie, ons is gemaak om te aanbid, om te dien, om na te volg. Jy aanbid of die Ware Skepper God, af afgode. Selfs die atheis wat selfvoldaan verklaar; “Christenskap is vir mens wat ‘n kruk nodig het” wys op sy self-aanbidding, selfbeskikking, en self-redding. Om ons weerbaarheid, afhanklikheid, kwesbaarheid en broosheid te erken dui nie op ons swakheid nie, maar ons realisme. Selfs in geneeskunde word iemand as nie-behandelbaar beskryf, wat nie toewillig tot die rehabilitasie proses nie. Die wortel van verslawing is, ondervoeding en die mens se eie pogings om vol te word, op hulle eie manier. Self-aanbidding is vandag die afgodery van ons tyd. Selfies, self-beheptheid, selfgerigtheid, en selfhelp godsdiens. Self-help is die benaming van die katogorie boeke, dvd’s, en hulpmiddele vir die mens, deesdae in boekwinkels. “Die Here help die mens wat homself help” is die mantra van die hedendaagse kultuur. This form of idolatry is known as Hedonism – or the worship of self as god (Pro 22:15; Rom 1:21-25). As such it operates by the belief that our highest good, goal, priority and purpose in life is to seek to the glory of oneself - and that through the pursuit of pleasure (or the avoidance of personal pain). Hedonism - or the principle of hedonism, is frequently alluded to in many of the bible’s words/phrases (covetous, folly, flesh, selfish ambition, pleasure, passion, sensuality, lovers of self, lovers of pleasure, appetite, their god is their belly, deceitful desires, glutton, drunkard). Hedonism is a direct attack on the first commandment (Exo 20:3) and (as should be expected) a very serious capital crime (Exo 22:20). Knowing then how to diagnose when a Christian is living for self (pleasure/fun) is key to avoiding/preventing the charge of hedonistic idolatry Die moderne mens soek hulle heil en verlossing in romantiese verhoudinge, beroep sukses, materiële besittings, aansien, volgelinge op sosiale media, wat meebring dat ons onsself dryf, ons is hard op onsself, ons jaag, ons raak verslaaf, ons is angstig, desperaat, ons kompeteer. Soos die mensdom die skepping begin aanbid, in plaas van die S
Christenskap is nie iets wat staties is nie, dit moet beweeg...
Die opdrag om getuies te wees staan in die kern van Christenskap. Jesus verklaar in Joh 17 dat soos God Hom stuur, stuur Hy ons. In Gen 12, as God Abraham roep is die opdrag om tot seën van al die nasies te wees. Ons word uitgestuur om vir mense ‘n blessing te wees. Dit is net moontlik as ons aan die Here toegewyd is (Joh 17:17-19). Dit is ons commitment aan Jesus wat dit moontlik maak om ander deur ons lewens te bless.
Die opdrag om getuies te wees staan in die kern van Christenskap. Jesus verklaar in Joh 17 dat soos God Hom stuur, stuur Hy ons. In Gen 12, as God Abraham roep is die opdrag om tot seën van al die nasies te wees. Ons word uitgestuur om vir mense ‘n blessing te wees. Dit is net moontlik as ons aan die Here toegewyd is (Joh 17:17-19). Dit is ons commitment aan Jesus wat dit moontlik maak om ander deur ons lewens te bless.
Die opdrag om getuies te wees staan in die kern van Christenskap. Jesus verklaar in Joh 17 dat soos God Hom stuur, stuur Hy ons. In Gen 12, as God Abraham roep is die opdrag om tot seën van al die nasies te wees. Ons word uitgestuur om vir mense ‘n blessing te wees. Dit is net moontlik as ons aan die Here toegewyd is (Joh 17:17-19). Dit is ons commitment aan Jesus wat dit moontlik maak om ander deur ons lewens te bless.
Die opdrag om getuies te wees staan in die kern van Christenskap. Jesus verklaar in Joh 17 dat soos God Hom stuur, stuur Hy ons. In Gen 12, as God Abraham roep is die opdrag om tot seën van al die nasies te wees. Ons word uitgestuur om vir mense ‘n blessing te wees. Dit is net moontlik as ons aan die Here toegewyd is (Joh 17:17-19). Dit is ons commitment aan Jesus wat dit moontlik maak om ander deur ons lewens te bless.
God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof
God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof
God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof.
God roep Hosea met ‘n ander opdrag. Hy moes met ‘n prostituut trou, wat keer op keer wegloop en kinders by ander mans kry, en keer op keer neem Hosea haar terug. Dit is hierdie God wat ons ook roep. God is lief vir ons – en Hy gaan my weer en weer kom haal, gaan aanhou om my te soek. EN: dit word die maastaf hoe ek ander moet hanteer: Hosea tree op teenoor Gomer, soos God optree teenoor ons – dit is hoe ons moet optree... Dit sal altyd die hart bly van Christenskap, van ons geloof.
Ons dink soms dat ons God se guns en seën, selfs materiële voorspoed kan verdien deur goed en voorbeeldig te lewe. In Markus 10 kom ‘n ryk, goeie, voorbeeldige jongman by Jesus met die vraag wat hy nog moet doen om gered te word. Ons word nie gered omdat ons reg en voorbeeldig leef nie. Ten diepste is Christenskap iets wat ons moet ontvang. Die Bybel daag ons uit om te gee, nie omdat ons daardeur God se seën kan verwag nie, maar omdat ons ontdek het dat Hy vir ons lief is. Dit is hoekom ons wil gee.
Ons dink soms dat ons God se guns en seën, selfs materiële voorspoed kan verdien deur goed en voorbeeldig te lewe. In Markus 10 kom ‘n ryk, goeie, voorbeeldige jongman by Jesus met die vraag wat hy nog moet doen om gered te word. Ons word nie gered omdat ons reg en voorbeeldig leef nie. Ten diepste is Christenskap iets wat ons moet ontvang. Die Bybel daag ons uit om te gee, nie omdat ons daardeur God se seën kan verwag nie, maar omdat ons ontdek het dat Hy vir ons lief is. Dit is hoekom ons wil gee.
Ons dink soms dat ons God se guns en seën, selfs materiële voorspoed kan verdien deur goed en voorbeeldig te lewe. In Markus 10 kom ‘n ryk, goeie, voorbeeldige jongman by Jesus met die vraag wat hy nog moet doen om gered te word. Ons word nie gered omdat ons reg en voorbeeldig leef nie. Ten diepste is Christenskap iets wat ons moet ontvang. Die Bybel daag ons uit om te gee, nie omdat ons daardeur God se seën kan verwag nie, maar omdat ons ontdek het dat Hy vir ons lief is. Dit is hoekom ons wil gee.
Ons dink soms dat ons God se guns en seën, selfs materiële voorspoed kan verdien deur goed en voorbeeldig te lewe. In Markus 10 kom ‘n ryk, goeie, voorbeeldige jongman by Jesus met die vraag wat hy nog moet doen om gered te word. Ons word nie gered omdat ons reg en voorbeeldig leef nie. Ten diepste is Christenskap iets wat ons moet ontvang. Die Bybel daag ons uit om te gee, nie omdat ons daardeur God se seën kan verwag nie, maar omdat ons ontdek het dat Hy vir ons lief is. Dit is hoekom ons wil gee.
Omdat ons as christene vandag soveel teenkanting kry van ander gelowe/ateiste is ons genoodsaak om ten minste 'n goedgevormde opinie te kan gee oor die mees algemene onderwerpe waarmee hulle ons aanval. Vandag kyk ons na die sabbat en hoe om dit te verstaan/verduidelik.
Omdat ons as christene vandag soveel teenkanting kry van ander gelowe/ateiste is ons genoodsaak om ten minste 'n goedgevormde opinie te kan gee oor die mees algemene onderwerpe waarmee hulle ons aanval. Vandag kyk ons na die sabbat en hoe om dit te verstaan/verduidelik.