Podcasts about bybel

  • 80PODCASTS
  • 425EPISODES
  • 19mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • Feb 25, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about bybel

Latest podcast episodes about bybel

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | In Wording (onder konstruksie)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 10:14


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Naleef-gedagte: …in-wording (onder konstruksie) Deon se gesels oor die Hebreeuse woord, die kern van Israel se geloof, die Shema (Deut 6) ,en die postuur van luister, het my laat dink aan die luisteryke “Heilige familie kerk” (La Sagrada Familia) in Barcelona. Die bouwerk aan hierdie indrukwekkende Katedraal, ontwerp deur die Spaanse Argitek Antoni Gaudí, het in 1882 begin. Hulle beplan om na 144 jaar in Junie 2026 die bouwerk klaar te maak — 100 jaar na Gaudi se dood! Met Gaudi se dood in 1926 was die bouwerk maar ongeveer 20% ver. N.a.v kritiek oor die lang bouproses het hy blykbaar opgemerk “My client is not in a hurry.” Na sy dood was daar 'n Spaanse burgeroolog in 1936 en Gaudi se oorspronklike planne en modelle is vernietig en 'n hele paar argitekte ná hom moes namens Gaudi die planne en modelle rekonstrueer. Hoewel die bouery al vir jare voortduur ,en nog nie klaar is nie, is die Katedraal al lankal in gebruik. Die Pous het die gebou geheilig en as 'n UNESCO erfenisgebied verklaar. Selfs al word daar beplan om in Junie vanjaar die buitekant van die argitek-wonder te voltooi, word daar beweer dat die die afronding met standbeelde, lig en kuns eers in 2034 voltooi sal wees. Hierdie bou-proses, wat na 'n ewigheid voel, en die postuur van luister – 'n openheid om te hoor en te leer ge-hoor-saam leef – het my laat wonder: Kinders raak soms goed kwyt of vang onbesonne dinge aan…en ons glimlag en dink “Siestog, hulle is nog net kinders, hulle leer nog, hulle is nog in wording.” Ons maak spasie vir hierdie wording se vrae, wonder en foute. Ons moedig dit selfs aan. Maar is groot-mense regtig afgehandel, wanneer ons so vol kritiek, ‘n foutlose perfektheid van mekaar verwag? Of, veroorsaak die plooilose kunsmatige intillegensie dat ons só min genade met onsself het: “Ek moes van beter geweet het! Hoe kon ek so dom wees? Teen die tyd behoort ek mos te weet, in beheer te wees…Die wêreld, die kerk, my werk en my mense verwag dit immers van my!” Dan bestaan daar natuurlik ook die afgehandeldes: Klaar gedink, klaar besluit – selfversekerde ék-weet-mense. Dalk steek hierdie afgehandeldheid maar kop uit by elkeen van ons. Dalk hét ons nie ruimte vir leer, groei, verander…of selfs die moontlikheid dat ek nog altyd verkeerd was oor 'n saak, 'n persoon of gebeure nie. Afgehandeldes verwag natuurlik ook afgehandeldheid by ander! Dit maak nogal die lewe, 'n beroep en 'n verhouding spanningsvol as jy moet voorgee dat jy perfek, afgerond, kant-en-klaar is. Veral as jy voor jou siel weet “Ek weet nie. Ek is nie in beheer nie. Ek sukkel met dit, daai en die ander…” Ek en jy is, wanneer ons eerlik kan wees met onsself, soos Gaudi se meesterwerk: onafgehandeld – vir ewig in-wording. Hoe anders sal jou lewensbenadering en verhoudings lyk wanneer jy hierdie “in-wording” genade ook dáár kan uitleef: Jy vra dalk meer vrae as wat jy stellings maak; Jy haal die juk van perfektheid se angs van jou skouers af en word oral bekend as 'n ewige student; In plaas van kritiek en verwerp, sien jy “Siestog, hy leer nog, hy groei nog, hy ontdek nog…” en dan nie op 'n beterweterige manier nie, maar op ‘n ek-is-ook-nog-in-wording manier. Wat help kla en skel en self-marteling oor onafgehandeldheid? Dit is soos om na 100 jaar die meesterlike katedraal af te breek omdat dit nou nog nie klaar is nie. Dis tog absurd! Om 'n onafgehandelde verder af te breek, maak tog geen sin nie. ‘n Beter benadering is dalk eerder “Hoe word ek deel van die in-wording storie van God met jou? In-wording beteken nie, in onbruik nie. In-wording beteken nie, minder heilig of indrukwekkend nie. In-wording beteken nie, laat staan maar soos dit is nie. Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, ‘n gemeente wat nog duidelik in-wording is. Hy sluit 'n lang gesprek oor die sluier-van-ons-gebrokenheid af met die mooi woorde in 2 Kor 3:18 “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” Die woorde “Ons word al meer verander” se tydsgleuf is tot in die oneindigheid…m.a.w dit beteken letterlik “vir-ewig-in-wording” en so ook die woorde “die heerlikheid van ons uitstraal neem steeds toe”. Ek is nog nie klaar nie, jy is nog nie klaar nie, die kerk is nog nie klaar nie…ons is vir ewig nog in wording en die argitek-bouer is die Here, wat die Gees is en die manier hoe die Gees primêr in die Bybel werk is deur mense. Mag ons al meer met die genade leef van “My client is not in a hurry.” omdat ons vertrou dat 'n meesterstuk soms langer as 'n ewigheid neem. Na-leef teks: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” 2 Korintiërs 3:18 Na-leef vrae Waar in jou lewe is jy nog in wording? Wat gaan jou help om jou kind-wees, jou openheid vir wording, te onthou? Wat gaan jou help om ruimte te maak vir ander se ewige wording?

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Koop `n nuwe Bybel - Kom weer in die Woord! | Breek die Droogte - Deel 6

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Feb 22, 2026 34:00


Baie welkom by Tygerberg Gesinskerk, Durbanville!Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie `n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 22 Februarie – Deon Botha

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 19, 2026 29:13


Ons kan heeldag in isolasie Bybel lees en die groot geskenk van Saam mis, dan mis ons die plek waar geloof en liefde beoefen word. Ons kan verbruikers van geloofsgemeenskap wees en steeds mis dat ons siele is met ‘n diep soeke na betekenis. Ons kan al die kennis oor geloof hê en steeds nie anders leef binne die kultuur van ons dag nie. Vandag se kontoerlyn is een van die mees invloedryke tradisies in Joodse geskiedenis omdat dit funksioneer as ‘n geloofsbelydenis en ‘n loflied waarmee God geprys word. – Deon  Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | ‘n Veelkleurige skepping

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 4, 2026 26:19


'n Gesprek wat jou nooi om saam te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Pieter gesels met Helène Smit. “Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing ‘n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan ‘n stuk van God se “voluit lewe” geskenk nie?” – Helène Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Die veelkleurige skepping beweeg my… – Helène Smit Hulle sê dat ‘n liefde vir voëlkyk jou onverhoeds betrap met die ouderdom. En aangesien ek groot geword het in ‘n familie met verkykers en voëlboeke, het die onvermydelike toe ook met my gebeur. Saam met die voëlkyk die laaste 10 jaar, het ek so diep onder die indruk gekom van die diversiteit van die skepping. Dit voel vir my al meer of God soveel pret gehad het toe hy al die verskillende voëls uitgedink het. Kyk net na die Paradysvlieevanger of Rooiborslaksman! En dan praat mens nog nie eens oor al die vreemde insekte, wonderlike fynbos en belaglike diepsee kreature nie! As ek kyk na al die verskillende persoonlikhede, eienskappe en talente van die mensdom, sien ek beslis ook God se kreatiwiteit en sin vir humor. Dit is dalk nie heeltemal teologies korrek nie, maar ek is oortuig God het die skepping so divers gemaak vir ons genot. Dan wonder ek: As ek kyk na die mense om my, die mense wat naby my bly, saam met my kerk toe gaan, dieselfde plekke oefen as ek, dan voel dit of hulle maar meestal lyk soos ek. Daar is beslis nie dieselfde diversiteit in my vriendekring as wat daar is in hierdie mooie dorp van ons nie. Ons weet almal dat dit is as gevolg van ons land se geskiedenis-storie. Maar dit voel of ek uitmis op ‘n groot stuk genot wat God dalk vir my beplan het. Want dink net hoe my prentjie van Hom sou kon verander as ek meer gereeld saam met iemand wat totaal anders as ek lyk en grootgeword het en dink, die Bybel kan lees! Maar sjoe – dis moeilik om regtig kontak te maak! Ons het soveel vooropgestelde idees oor mekaar. As ek iemand sien wat ek nie ken nie, maak ek aannames oor hulle op grond van geslag, ras, klere. En dit verander dadelik hoe wyd my arms oop is vir hulle. En of ek dalk ongemerk eerder seker maak my motordeur is gesluit in die verkeer… Ek sou beslis kon sê dat my wêreld heeltemal veelkleurig genoeg is met werk en gesin en vriende en stokperdjies en dat ek nie regtig die res van die skepping mis nie. Dit is mos nie regtig nodig om te gaan soek na nog meer kleure en geure en geluide nie? Is daar enige gevaar daarin om maar net dit wat ek reeds om my het, voluit te geniet? Dan dink ek egter aan die nuwe lied wat ek al harder en meer gereeld hoor wêreldwyd: Ek staan op vir MY mense. Ek maar seker dat MY mense OK is. Die Bybel sê ek moet lief wees vir my bure – so ek gaan veg vir my buurt. Ek dink egter dat ons dalk hier keuses begin maak wat kies teen ‘n deel van God se hart? Ek wonder wat sê die Bybel oor nationalisme? Oor menswees bo ras en taal en al die ander verskille en diversiteit. Daarom wil ek jou uitnooi om saam met my te dink oor die skepping in al sy diversiteit. Kom ons gesels saam oor die prentjies wat ons het van mekaar wat ons nie eens altyd besef nie. Dalk help dit ons om saam die volheid van God se skepping te ontdek. Natuurlik is hierdie tipe gesprekke soms ongemaklik. En as jou huis en omgewing ‘n veilige spasie is waar jy nie regtig hoef te kies vir ongemak nie, kan ons dit maklik vermy. Maar verloor ons nie dan ‘n stuk van God se “voluit lewe” geskenk nie? So hier is jou uitnodiging: kom gesels saam. In ‘n veilige spasie waar jy mag sê wat jy voel, al voel dit nie heeltemal reg nie. Kom ons ontdek ons dorp se volle kleure saam. Ek het dit n paar jaar terug begin doen. Ongemak gekies deur mense te volg op sosiale media wat my bitter kwaad maak. Spasies gekies waar mense anders lyk as ek. Boeke en TV reekse  deur mense van ander rasse en kulture as ek. Ek het diversiteit gekies! En wow – ek het sooooooveel gewen! En ek is boonop nou BAIE minder ongemaklik. Ek voel baie minder skuldig. Dit voel of ek tools het om verskil te maak. Kom kuier saam. Kom ontdek die volle geskenk van diversiteit en die God wat dit uitgedink en geskep het en steeds so lief het. Word deel van ons reis binne SG om met groter verwondering tuis te kom en te leef met diversiteit van mense in ons lewe: Versoeningsgesprek – 'n oop, veilige saam-gesels ruimte oor die wonders, uitdagings en misverstande oor ras en diversiteit. Donderdag 12 Feb om 18:30 by kantoor [elke 2e Do van die maand] Becoming human – 'n werkswinkel wat doelbewus geloof en diversiteit in gesprek bring met mekaar. Donderdag 26 Feb om 18:30 by die kantoor [elke laaste Do. van die maand] Church walk – 'n pelgrimstog deur die geskiedenis van Stellenbosch en ons storie.    Sat 21 Mrt 8:00-12:00, vanaf Aunt Sophie by die Ou Landbou-saal. Volg hierdie skakel om deel te word van die WA-groep

God se Woord VARS vir jou Vandag
Haat Alles wat Verkeerd Is

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 20, 2026 2:53 Transcription Available


Send us a textRomeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Is dit nie uiters ontstellend wanneer diegene met mag korrup is nie? Dis so verkeerd! Die onskuldiges kry swaar omdat die mense wat veronderstel is om hulle te beskerm en vir hulle te sorg, korrup is. Die klein mensies – die armes en die behoeftiges is die mense wat die meeste ly onder die magsbehepte leiers. Dis wat reg onder ons neuse besig is om te gebeur. En nou is die versoeking daar om die leiers te haat, eerder as om die sonde wat hulle doen, te haat.Jacques Lusseyran was 'n blinde tiener toe die Nazi's Frankryk beset het. Hy het by die weerstandsbeweging aangesluit en gehelp om 'n geheime netwerk te lei wat ondergrondse koerante versprei het. Hy is egter verraai en na die Buchenwald-konsentrasiekamp gestuur. Daar het hy geweier om toe te laat dat die haat wat hom omring, sy siel vergiftig.Hy het, ten spyte van sy gebrek, sy medegevangenes aangemoedig om positief te bly en geweier om die wagte te haat. "Haat," het hy later geskryf, "verblind ons meer as enige blindheid." Hy kon sien wat baie siende mense nie kon sien nie: dat die kwaad weerstaan moet word en dat mense steeds liefgehê moet word.Kom ons kyk weer na:Romeine 12:9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.Hoe fassinerend. Hier lees ons in die Bybel, van liefde en dit wat sleg is, alles in een asem. As dit nie vir die eerste deel was nie – Die liefde moet opreg wees – sou dit maklik gewees het om die tweede deel – dit wat sleg is – te interpreteer as 'n lisensie om mense te haat.Maar dis glad nie korrek nie. Ja, ons weet, die kwaad moet weerstaan word. Maar die mense moet steeds liefgehê word.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jan 13, 2026 26:59


Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense?  Wat staan in die gedeelte voor die teksvers?  Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God?  Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan? Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21.  Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die Heilige Gees. Die woord was nog in verbale vorm oorgelewer en oorvertel aan die heidene in daardie tyd en konteks, en Paulus het mense vermaan om hul lewe en hul gawes aan die Woord van God te meet. Die toets en beproef van vleeslike genot is geensins die bedoeling van die teks nie, maar om sonde teen te staan, is wel.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hou Altyd Jou Woord

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 12, 2026 2:46


Send us a textPsalm 15:2 - 4 Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade, Respek kom nie outomaties met jou posisie of titel nie. Nee, respek is iets wat deur konsekwente betroubare gedrag eers later verdien word.As jy dink aan die mense wat jy respekteer, is een van hul uitstaande eienskappe dat jy op hulle kan staatmaak. Hulle doen wat hulle sê. Met ander woorde, hulle doen hulle woord gestand. Hulle doen wat hulle belowe het, hulle hou nie halfpad op nie.Is jy 'n betroubare persoon? Kom jy jou beloftes na? Koning Dawid het drieduisend jaar gelede: hierdie woorde geskryf in:Psalm 15: 2 - 4 Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,Jy hoef nie die hele Bybel deur te lees om te ontdek dat God nie slegs beloftes maak nie, maar dat Hy hulle hou, en dat Hy verwag dat ons dieselfde moet doen. Om jou woord te hou, is meer as net goeie maniere – dis 'n weerspieëling van wie jy is, en inderdaad, van jou verhouding met God.Ons is mal daaroor om saam met mense te wees wat hul woord hou. Ons is mal daaroor om in die geselskap van mense te wees wat hulle beloftes nakom. En hoekom nie? Hulle is die mense wat ons kan vertrou; daar ontwikkel 'n respek en vertroue wat tussen ons opgebou word wanneer hulle keer op keer hul woord hou – selfs wanneer dit hulle iets kos; selfs wanneer dit hulle seermaak.Moenie beloftes maak wat jy nie van plan is om na te kom nie; hou … elke keer jou woord.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
Gee ʼn Bybel, verander ʼn lewe

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 13:07


Vir vervolgde gelowiges kan ʼn enkele Bybel die verskil tussen wanhoop en volharding wees. Jy kan help om God se Woord in die hande van iemand te plaas wat hul lewe vir hul geloof waag. Elizabeth Botha van Geopende Deure Afrika het Maroela Media meer oor die veldtog vertel. Maroela Media

God se Woord VARS vir jou Vandag
Volhard en Eer God

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 2:50 Transcription Available


Send us a textGalasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Kom ons wees eerlik, sommige dae voel jy net nie lus om vrolik en opgewek te wees nie; die redes daarvoor kan wissel, maar party dae voel jy net nie lus vir mense en ander aktiwiteite nie. Sommige dae voel dit sommer die beste opsie om in die bed te bly. Sommige dae …Toe ek vandag se boodskap voorberei het, het ek beslis nie lus gevoel om op te spring en te jubel nie. Ek was net besig om oor 'n borsaandoening te kom en ek het aaklig gevoel. Maar wanneer jy verantwoordelik daarvoor is om vir 365 dae per jaar VARS- boodskappe aan ons luisteraars en intekenaars, beskikbaar te stel, moet jy dit biddend skryf en opneem omdat jy jou getroue gehoor daarmee wil seën terwyl jy ook die sperdatums nakom. In tye soos hierdie onthou ek wat een van my wyse, ou dosente by die Bybelskool al daardie dekades gelede vir my gesê het: Party dae, het hy gesê, moet jy God eer en net deurdruk en voortgaan. En as dit ál is wat jy in jou het, is dit ook goed.Galasiërs 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.Dit het baie te doen met deursettingsvermoë. Trouens, dit is een van die belangrike temas in die Bybel. En as jy kyk na die mense wat 'n werklike verskil in hierdie wêreld gemaak het en steeds maak; besef jy dat talent belangrik is, maar dat dit nie die hoofsaak is nie. Dit gaan meer daaroor dat jy op hierdie mense kan staatmaak; hulle is mense wat ten spyte van die feit dat hulle miskien siek, of moeg is, getrou opdaag wanneer hulle regtig nie die krag of die lus het om daar te wees nie.So, moenie moeg word om in jou eie klein hoekie; in jou kring van familie en vriende, werkskollegas en bure, goed te doen nie, want jy sal die oes van die ewige lewe op die regte tyd ontvang. Moenie moed opgee nie, daag op.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe die Terugval Begin

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 2:47 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 2:2-3 L Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is. Byna al die goeie dinge wat jy jou voorneem om te doen, behels dat jy skouer aan die wiel moet sit en dit doen. Dit begin as 'n goeie idee, maar na ‘n ruk word die versoeking om jou voet van die pedaal af te haal; stadiger te ry; en stil te hou, te groot. En so ... begin die terugval.Entropie is 'n beginsel in fisika wat basies sê dat in enige stelsel orde in chaos verander; organisasie in anargie, en dit lei uiteindelik tot ineenstorting en verval.Dink aan 'n eier. Jy breek dit in 'n bak en dit is georden - 'n eiergeel omring deur die eierwit. Maar wanneer jy dit met 'n vurk roer word dit deurmekaar. Jy kan nie nou weer die eier skei nie.Die enigste ding wat orde bring, is lewe. Hoe word 'n eier gevorm? Dit word deur 'n lewendige hoender gelê. Trouens, lewe is die enigste ding wat orde uit chaos kan bring. Dieselfde geld vir ons goeie bedoelings. Hulle het lewe nodig om hulle te baar, te onderhou en te help groei. En dis waar God – die Outeur van die lewe – inkom. Die Apostel Petrus skryf in sy eerste brief:1 Petrus 2:2-3 Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is.Wanneer ons goeie bedoelings nie uitwerk nie; wanneer ons begin terugval, soos met ons almal gebeur, het ons daardie suiwer geestelike melk, die Woord van God, nodig sodat ons kan groei tot ons geestelik weer groot en sterk word as mense wat aan God behoort.Charles Spurgeon het eens gesê dat terugval begin met 'n stowwerige Bybel. Ek stem heelhartig saam.Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Besluit

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 2:46 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.Sommige mense is geseën met 'n natuurlike innerlike krag en selfvertroue. Dis wonderlik. Goed gedaan. Maar vir ander verwoes emosies en omstandighede alte dikwels hul gevoel van sekerheid. Dit maak nie saak waar jy op daardie spektrum is nie, maar ons gaan almal deur tye wanneer ons tot in die kern geskud word en ons selfbeeld afgetakel voel. Almal van ons!Ons het die afgelope paar weke oor hierdie hele sekerheid en onsekerheid-ding gesels. En om dinge af te rond, gaan ons vandag kyk na wat ons met ons gedagtes doen.Toemaar, hierdie is nie die een of ander van daardie "wees positief"-boodskappies nie. Nouja, jy kan probeer om positief te wees, dis nie 'n slegte ding nie – maar dit werk nie altyd nie, dit kry jou nie altyd uit jou neerslagtige bui nie, nè?En jy weet jou gedagtes speel 'n groot rol om onder alle omstandighede aan jou geloof vas te hou.1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.God wil hê dat ons voorbereid moet wees; ja, Hy wil hê ons moet wakker en nugter wees wanneer ons in die stryd ingaan. En ons weet die lewe ís 'n stryd. Ek begin elke dag in gebed en lees my Bybel om my ingesteldheid en my gedagtes voor te berei vir die uitdagings van die dag. Ek maak seker dat ek onthou wat ek glo, in Wie ek glo, en dat ek ‘n vaste hoop in Christus het.Want soms, hardloop my gedagtes met my weg en dit saboteer my geloof. Ek berei dus my denke voor vir die stryd.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Liefde Daag Op

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 3:07 Transcription Available


Send us a textJohannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Hier is vir jou 'n verstommende feit: meer as 150 miljard teksboodskappe word daagliks deur boodskapplatforms – soos SMS, Facebook, Messenger, iMessage, WhatsApp, WeChat, Telegram, Signal en dies meer, wêreldwyd gestuur. Dis 55 triljoen per jaar. Verstommend, nè! Ja, ek weet, hierdie boodskappe is wonderlike tegnologiese hulpmiddels; dis vinnig; dis gerieflik ... totdat dit dalk te vinnig en te gerieflik is...Vriende van my is onlangs met 'n lewensbedreigende situasie in hul familie gekonfronteer. Hulle het onmiddellik hulle eie kerk laat weet, sodat hulle kon bid. In reaksie hierop het hulle oor die daaropvolgende weke 'n handvol teksboodskappe ontvang, maar niemand het hulle op enige wyse bygestaan nie. Niemand het eers gebel om te gesels nie!Dit behoort jou nie te verbaas om te hoor dat hulle heeltemal verlate gevoel het deur hul sogenaamde kerkfamilie se onbetrokkenheid nie. Hoekom nie? Is dit die vlak waartoe liefde in hierdie dag en eeu afgedaal het?Kontrasteer dit nou met God se benadering tot sy liefde vir ons.Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.Sien jy, God het nie 'n teksboodskap gestuur nie! Hy het nie eers op die krag van Sy Woord, die Bybel, staatgemaak nie. Nee, God het sy eniggebore Seun in vlees en bloed gestuur!As daar een ding is oor die soort liefde waarvan God praat, is dat dit prakties is. Ja, my vriend, ‘n teksboodskap sonder praktiese betrokkenheid, is nie liefde nie!Wie in jou lewe het op die oomblik vir jou nodig om 'n telefoonoproep te maak; of wat van 'n koffie-afspraak; of om by hulle huis op te daag; of beter nog, by hul voordeur met 'n maaltyd in die hand op te daag?Nee, liefde skuil nie agter 'n teksboodskap nie. Liefde verskyn!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Gewaarsku: Bly Weg!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a textJesaja 47:13-14 Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens. Laat jou voorspellers nou optree, laat hulle jou help, hulle wat die hemel opdeel en die sterre bekyk, hulle wat elke maand bekend maak wat oor jou gaan kom. Maar hulle het soos stoppels geword, hulle gaan verbrand. Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie. Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie, 'n vuur om by te sit nie. Ek het onlangs opgelet dat astrologie skielik populêr geraak het. Kan jy glo dat bekendes kaarte raadpleeg voordat hulle besluite neem?'n Onlangse nuusartikel oor die onderwerp het berig:. Horoskope is tans so gewild dat 'n sekere astrologie-toepassing tot meer as 30 miljoen gebruikers het. Dan is daar na raming 100 miljard keer na astrologie-verwante inhoud op TikTok gekyk. Pasop! Dit is so maklik om in die versoeking te kom! Ek bedoel, dis sekerlik redelik onskadelik, net 'n bietjie pret eintlik. Nee my vriend, dis tyd om baie vinnig die gevaar raak te sien! Hier is God se siening oor hierdie hokus-pokus astrologie-besigheid: Jesaja 47:13-14 Jy het baie raadgewers. Is jy moeg vir die raad wat hulle gee? Stuur dan jou manne uit wat die sterre lees. Hulle kan sien wanneer die maand begin, so miskien kan hulle vir jou sê wanneer jou probleme sal kom. Maar hulle kan nie eers hulself red nie. Hulle sal soos strooi brand. Hulle sal so vinnig brand dat daar geen kole oor sal wees om brood te bak nie. Daar sal geen vuur oor wees om by te sit nie.God het die son, die maan en die sterre geskep om vir ons tyd aan te dui en ons kyk met verwondering daarna en sien God se almag, wysheid en oneindigheid. Astrologie is die “interpretasie” van ‘n “veronderstelde invloed” wat die sterre en planete op die mens se bestemming uitoefen. Glo my, dit is ‘n valse oortuiging.  Astrologie het sy oorsprong in Oosterse Afgodsdiens en is ‘n vorm van waarsêery wat uitdruklik in die Bybel verbied word. (Deut. 18:10-14). Dit mag dalk nuwerwets klink. Maar, my vriend, dit is nie onskuldige pret nie. Dit is gevaarlik. God veroordeel dit oor en oor. Dis 'n gevaarlike bedrieër. Wees dus gewaarsku. Bly weg!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Ondergang van die Christendom

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 26, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a textMatteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV) Mense praat al eeue lank oor die ondergang van die Christendom. Dit was egter net wensdenkery van hulle kant af. En terwyl kerkbywoning in sommige denominasies afgeneem het, is dit in ander weer aan die toeneem.Voltaire, die agtiende-eeuse Franse filosoof, skrywer en kritikus het die Christendom gehaat en dikwels teen Christene en die Bybel geskryf. In 1776 het hy ‘n voorspelling gemaak, wat as volg lui: ‘n Honderd jaar ná my tyd sal daar nie 'n Bybel op aarde wees nie; behalwe een wat deur 'n versamelaar van interessante ou geskrifte bewaar word.CrossExamined.org bied sterk historiese bewyse dat slegs vyftig jaar na sy dood, is die einste huis waarin hy eens gewoon en geskryf het, deur die Evangeliese Vereniging van Genève as 'n pakhuis vir Bybels en Evangelisasie-traktate gebruik. Dis nogal ironies, nè? Die drukpers wat hy eens gebruik het om sy eie werke te druk, is toe eerder gebruik om Bybels te druk.Natuurlik het die priesters en familiehoofde van daardie tyd ook probeer om Jesus stil te maak. Hy is bespot en gehaat deur die godsdienstige establishment. Hulle het nie gehou van wat Hy gesê het nie. Wat was sy reaksie?Matteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV)Die vuur wat Jesus in sy hart gehad het om vir my en vir jou te red; om ons 'n lewe te gee wat die moeite werd is om te leef en om ons die ewigheid saam met Hom te laat deurbring ... kan nie uitgedoof raak nie. Dit brand helder in hierdie huidige duisternis en sy Lig, sy warmte, sy liefde is vir jou. Natuurlik is daar diegene wat God se Woord bespot en wat hulle wat Jesus volg, haat, maar hulle sal nooit seëvier nie.Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV)Jesus is die Woord van God. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Dankie vir U genade en ʼn koppie koffie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 9, 2025 5:21


Om saam met God oor ʼn koppie koffie te kuier werk net so goed saam. Jy trek jou Bybel en dagboek nader en word nuuskierig oor wat die Here deur sy Gees vir jou wil sê.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onregverdig Gestraf

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 6, 2025 2:52 Transcription Available


Send us a textRomeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. In ‘n volmaakte wêreld sal alles regverdig wees. Goeie mense sal vir goeie dade beloon word. Slegte mense sal vir slegte dade gestraf word. Alles sal wees soos dit behoort te wees. Maar weet jy, ons leef nie in ‘n volmaakte wêreld nie en die lewe is nie altyd regverdig nie.Vandag, 489 jaar gelede, is William Tyndale tereggestel omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het. Sy harde werk is deur die godsdienstige leiers as 'n uitdaging vir die gesag van die kerk beskou. Hy is verwurg en toe op ‘n brandstapel naby Brussels in België verbrand.Tyndale se laaste opgetekende woorde was 'n gebed: Here, open die oë van die Koning van Engeland. Dit was 'n pleidooi vir Henry VIII om die Bybel vir die gewone mense in hul moedertaal toeganklik te maak.Dit is heeltemal ondenkbaar dat Tyndale se teregstelling deur die hande van die kerkleiers plaasvind het; maar daar het jy dit. Goeie mense word soms vir goeie dade gestraf. As ons die horlosie terugdraai na die 1ste eeu n.C., sien ons wat die apostel Paulus skryf nadat hy self verskriklike vervolging verduur het:Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.Watter onreg ook al oor jou pad mag kom, hoeveel dit jou ook al mag kos, onthou: niks en niemand kan jou van die liefde van Christus skei nie. Niks!Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Bereid om Leerbaar te Wees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 2:49 Transcription Available


Send us a text2 Korintiërs 12:8,9 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”. Hou jy daarvan om uitgedaag te word? So ‘n bietjie, solank dit my net nie ongemaklik laat voel nie. Ons gee nie om vir so 'n bietjie fisiese, intellektuele of emosionele uitdaging nie … solank dit ons nie onseker maak nie. Ek dink dis hoekom die meeste mense sommer vinnig die makliker uitweg kies.Ek het onlangs 'n interessante artikel van ‘n dame oor kognitiewe agteruitgang gelees. Die geleerde professor het gesê dat mense hier rondom sestig, 'n bietjie gemaklik raak. Hulle kan byvoorbeeld uitdagende en moeilike dinge vermy en op hul ervaring begin terugval. Dít, het sy gesê, is die ergste ding wat ons kan doen.Volgens haar, moet ‘n mens fokus op uitdagende aktiwiteite wat jou uitdaag en jou brein laat groei. Dis goeie raad, maar moenie nou agteruitsit en sê: Maar ek is nog nie 60 nie! Sy het ook gesê dat die mens se brein eintlik al op dertig begin krimp.So, hou jy daarvan om uitgedaag te word op 'n manier wat jou sal toets en selfs ongemak sal veroorsaak? Sommige atlete doen dit, maar die meeste mense is sku daarvoor. Ons is geneig om ‘n verskoning te soek en te sê, dit staan dan in die Bybel dat God getrou is en ons nie bo ons kragte sal versoek nie. Ons beskou sy liefde en trou as ‘n verskoning. Maar my vriend, dis nie reg nie. Dis die ergste ding wat ons kan doen.Paulus het homself met die spreekwoordelike doring in sy vlees bevind. 2 Korintiërs 12:9 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”God sal ons nie meer verantwoordelikheid gee as wat ons kan hanteer nie. Hy help ons om te hanteer wat ons gegee word. Berei jouself voor om uitgedaag te word.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Eden gemeente Preke
Sê "La Vie" - Episode 3 - Om met demone te praat of nie…

Eden gemeente Preke

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 38:25


In Hierdie Sê “La Vie”:Preekreeks: Dit staan geskrywe… maar nie in die Bybel nieTema: Om met demone te praat of nie…

God se Woord VARS vir jou Vandag
Verstaan Jy of Vertrou Jy?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 23, 2025 3:07 Transcription Available


Send us a textSpreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Ek is seker jy het al baie slim mense langs jou lewenspad ontmoet. Ek het ook. Hul briljantheid het net stof in ons oë geskop, nè? Sommige is akademies begaafd. Ander lyk asof hulle 'n vlak van emosionele intelligensie en wysheid het, wat ek en jy sekerlik nooit sal kan bereik nie.Dit maak nie saak hoe slim of emosioneel intelligent of wys ons mag wees nie ... ons word almal in dié lewe gekonfronteer met omstandighede wat so kompleks is; situasies wat met soveel veranderlikes en onverstaanbare dinge deurspek is ... dat niemand dit ooit alles sal kan uitpluis nie.Die probleem is, wanneer jy in daardie moeilike omstandighede gedompel is; wanneer dit vir jou onsekerheid, bekommernis en vrees veroorsaak ... wíl jy dit uitpluis, of hoe? Natuurlik wil jy, ons wil almal!Maar wanneer dit kom by verhoudings, politiek, organisatoriese intriges, emosies, aandelemarkte, wat dit ook al is... is daar niemand wat alles verstaan nie, of hoe? En wie weet wat die beste en slimste manier is om al jou vrae te beantwoord en al jou probleme op te los? Daar is net EEN!Niemand ken die gedagtes van God nie, maar ek weet dat Hy die mens so gemaak het, dat ons van Hom afhanklik is om ons elke dag te lei:Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Nêrens in die Bybel, beveel die Here ons om dit alles self uit te pluis nie, of om alles wat om ons aangaan, vir onsself te verklaar nie. Tog beveel Hy ons oor en oor om op Hom te vertrou.Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Loop Lig vir Aanlynslenters en Kuberkrakers!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 15, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a textGenesis 3:4,5 Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Nie een van ons van hou daarvan om mislei, bedrieg of gekul te word nie. Dis aaklig, nè? Tog, volgens die Global Anti-Scam Alliance, het kuberkrakers en bedrieërs verlede jaar wêreldwyd meer as een triljoen Amerikaanse dollar van gewone mense, soos ek en jy, gesteel. Nouja, as jy sukkel om daardie bedrag te begryp, kan ek die begrip vir jou prakties maak deur te sê dat as jy tot een triljoen wil tel; een sekonde op 'n slag – een, twee, drie, vier – sonder etes en ruspouses tussen-in … dit jou net minder as 32 duisend jaar sal neem. Ja, my vriend, kuberbedrog is groot besigheid met verskriklike gevolge. Sommige mense het selfs ál hul lewenslange spaargeld deur hierdie gewetenlose misdadigers verloor. Maar weet jy, daar is een misdadiger wat nog meer geslepe is. Hy is besig om nie net jou spaargeldjies te steel nie, maar jou lewe ook. Kom kyk weer na Adam en Eva, die eerste mense waarvan ons in die Bybel leer. Hulle het 'n wonderlike lewe in die Tuin van Eden gehad, waar hulle kon eet van enige vrugte wat hul harte begeer. Daar was egter net één reël van God... dat hulle nie van die boom in die middel van die Tuin se vrugte mag eet nie – dis reg! Dis die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad. Maar toe kom die bedrieër... Genesis 3:4,5  Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Elke bedrieër het 'n hoek aan die punt van sy lyn met ‘n netjiese stukkie aas, in die vorm van 'n aantreklike voorstel om jou in te katrol. Die duiwel se taktiek is om jou met lokaas, wat spesiaal vir jou gemaak is, uit te lok. Moenie byt nie, want uiteindelik sal dit jou jou lewe kos. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
'Jesus'-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Sep 12, 2025 11:54


“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.” Maroela Media

god ware onder woord bybel gelowiges maroela media
God se Woord VARS vir jou Vandag
Eenheid in die Gesin is Belangrik

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 12, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a textKolossense 3:13-14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. In sommige kulture is "uitgebreide gesinne" steeds 'n baie belangrike ding. En as jy deel is van 'n uitgebreide gesin, al is dit nie perfek nie, en al is daar van tyd tot tyd meningsverskille, hoop ek jy besef hoe ongelooflik geseënd jy is.Vir baie mense het uitgebreide gesinne egter iets van die verlede geword. Verstedeliking en globalisering het 'n situasie geskep wat daartoe gelei het dat familielede fisies verder van mekaar af woon. Daar is gevolglik ook 'n toenemende druk op die kerngesin, ten opsigte van finansiële onafhanklikheid, te midde van die ewig stygende lewenskoste. Veranderende geslagsrolle, generasieverskille, die opkoms van alternatiewe vir kinderversorging en digitale kommunikasie het almal ‘n rol gespeel in die verbrokkeling van uitgebreide gesinne. Hoe gebeur dit? Verskille verander in meningsverskille; meningsverskille verander in gebroke verhoudings en voor jy dit weet, praat ons van vervreemding.Ek is geen huweliks- en gesinskenner nie, maar ek is baie seker dat daar ook ‘n Goddelike oplossing daarvoor is: Kolossense 3:13-14 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.God se bloudruk het nog altyd gesinne ingesluit. En terwyl jy ook baie gebroke en ongelukkige gesinne; wat wissel van argumente, egbreuk, bloedskande en moord, in die Bybel sal vind, is dit God se begeerte dat gesinne verenig moet wees. Dit begin met liefde; dit manifesteer in vergifnis. Wat ook al in jou uitgebreide gesin aangaan, is dít waartoe God jou vandag roep.Liefde is die grondslag. Dit hou almal in perfekte harmonie bymekaar.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oordenking 10 September 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Sep 10, 2025 3:30


Is die Bybel gesagvol vandag?

Nuus
Trump maak GBV af as 'mindere dinge'

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:38


President Donald Trump het Maandag tydens 'n geleentheid in die Museum van die Bybel in Washington gepraat oor die sukses van sy veldtog teen misdaad. Hy het voorgestel dat wat hy noem mindere dinge soos gesinsgeweld, nie in misdaadstatistieke getel moet word nie. Luister self.

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oordenking 8 September 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 4:18


Waar kom die Bybel vandaan? 

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Perfekte Ontwerp

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 2:56 Transcription Available


Send us a textGenesis 2:24 Dit verklaar waarom 'n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. (NLV) Wêreldwyd, op die meeste plekke, eindig ongeveer veertig persent van die huwelike vandag in egskeidings. Hoe meer welvarend 'n samelewing word, hoe hoër styg daardie persentasie. Dis regtig tragies.Die idee dat die huwelik 'n lewenslange, "tot-die-dood-ons skei" ooreenkoms is, was nog altyd deel van God se plan.Genesis 2:24 Dit verklaar waarom 'n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. (NLV)Of jy nou getroud is, nog nooit getroud was nie en of jy deur 'n egskeiding is, of die dood van 'n geliefde deurgemaak het; verstaan my mooi, ek is nie hier om enige oordele te vel nie. Ek het meer as 30 jaar gelede 'n egskeiding deurgemaak toe my eerste vrou my vir een van my beste vriende verlaat het. Sulke dinge gebeur partykeer...Die huwelik was nog altyd deel van God se plan vir die man en sy vrou. Maar so ‘n groot deel van die mensdom het hulle ongelukkig nie daaraan gesteur nie en nie ‘n sukses van hulle huwelike gemaak nie. Dit is waar dat sommige mense wel geroepe voel om enkellopend te bly en die Bybel verwys selfs in 1 Korintiërs 7:7,8 daarna dat om enkellopend te wees, ‘n hoër roeping is.Ek wil net vandag vir ons daaraan herinner; vir jóú daaraan herinner, dat wat jou huwelikstatus ook al is; dat die huwelik, die uitsluitlike vereniging van een man en een vrou met mekaar, 'n goeie plan is, 'n baie goeie plan. Wanneer jy getroud is, kan jy nie agter ander vroue of mans aanhardloop nie, nie waar nie?So wat jy ook al doen, of dit nou in jou eie huwelik is, of wanneer jy ander paartjies ná aan jou in hulle huwelike bystaan, eerbiedig God se plan vir die huwelik. Dit verklaar waarom 'n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oordenking 9 September 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 4:50


Wie het die Bybel geskryf? 

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oggend Oordenking 20 Augustus 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Aug 20, 2025 4:52


Wat glo ons oor die Bybel? 

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textRomeine 2:5b-8 ....daardie dag wanneer God, die regverdige regter, almal sal oordeel volgens wat hulle gedoen het. Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee. Maar dié wat hardkoppig weier om die waarheid te gehoorsaam en toegee aan die ongeregtigheid, sal Hy in sy woede straf. (NLV) As ons mooi daaraan dink, besef ons dat liefdevolle gesinne die grondslag van menswees in die gemeenskap vorm. Sonder gesinne sal die samelewing ineenstort ... en dit verklaar heel moontlik die gemors waarin die wêreld vandag is.Natuurlik is nie elke kind geseën om groot te word in ‘n huisgesin waar hy omring word deur 'n liefdevolle, alhoewel onvolmaakte, moeder en vader nie. Gelukkig het ek in so ‘n huis grootgeword en is die opvoeding wat ek gehad het, iets wat ek vir ewig sal koester.Maar weet jy, daardie opvoeding het 'n bietjie ‘liefde met gevoel' oftewel tough love behels! Dit het dissipline behels. Dit het selfs van tyd tot tyd die kweperlat behels – nie dat dit iets is wat ek vandag sal voorstaan nie. Tog was my ouers vasbeslote om my te leer dat dade gevolge het.Ons liefdevolle God wil ook vir ons dissiplineer en gehoorsaamheid leer; want indien ons dit nie leer nie, sal dit ewige gevolge hê:Romeine 2: 5b-8 ....daardie dag wanneer God, die regverdige regter, almal sal oordeel volgens wat hulle gedoen het. Aan dié wat met volharding aanhou om goed te doen, en op hierdie manier streef na die toekomstige heerlikheid, eer en onsterflikheid wat Hy vir hulle weggebêre het, sal Hy die ewige lewe gee. Maar dié wat hardkoppig weier om die waarheid te gehoorsaam en toegee aan die ongeregtigheid, sal Hy in sy woede straf. (NLV)Sjoe, is dit werklik in die Bybel? Ja, dit is! Wat het geword van ‘n God van barmhartigheid en genade? Wel, Hy is steeds die God van barmhartigheid en genade, maar ons aanvaar of verwerp daardie barmhartigheid en genade, deur hoe ons leef. Aan diegene wat in gehoorsaamheid reageer, sal Hy die ewige lewe gee. Vir diegene wat in ongehoorsaamheid reageer, sal Hy met toorn en woede straf.Ja, my vriend, dade het inderdaad gevolge.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Kennis van die Woord is krag

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 28, 2025 5:10


Maak die Bybel, God se Woord in mensetaal, deel van jou daaglikse ervaring.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe om Vrugte te Kweek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 26, 2025 2:58


Send us a textMatteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” Ons weet dat byna een derde van die wêreld se bevolking – 2,5 miljard mense – beweer dat hulle Christene is, maar dat baie van hulle nie 'n opregte verhouding met Jesus het nie. En, om die waarheid te sê, lyk hulle soos skynheiliges.Daar is niks erger as 'n Christen wat beweer dat hy in Jesus glo, maar wie se lewe wys dat hy Hom nie gehoorsaam nie, en sodoende vir Christus daardeur onteer.Jesus het 'n gelykenis oor verskillende soorte Christene vertel deur die voorbeeld van 'n boer wat saad strooi, te gebruik. Van die sade het langs die pad geval en is dadelik deur voëls geëet; sommige het op klipperige grond geval en vinnig opgekom net om te verdor as gevolg van 'n gebrek aan genoeg grond vir hul wortelstelsel; en sommige het tussen dorings geval wat uiteindelik die plante verstik het.Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”D.L. Moody, ‘n baie bekende 19de eeuse pastoor en evangelis, het eenkeer gesê: Ek het nooit 'n vrugdraende Christen gesien wat nie 'n student van die Bybel was nie.Ek stem volkome saam. Wanneer jy jou Bybel oopmaak, en wanneer jy biddend lees wat God daardeur vir jou sê, en wanneer jy sy Gees toelaat om sy Woord op jou hart te skryf, is dít wanneer jy verander. Dit bemagtig jou om jou lewe tot sy eer te leef en om daagliks meer en meer soos Jesus te lyk. In die pad; op die klipperige grond; tussen die dorings … is geen plek vir jou om te wees nie. Maak seker dat jy jouself in goeie grond bevind, sodat jy oorvloedige vrugte kan dra wat jou verhouding met Jesus waardig is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Mag die Here ons harte verander

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 7, 2025 4:02


Hoe dikwels word die liefde nie in die Bybel as voorwaarde én bewys van ʼn herstelde verhouding met God beskryf nie?

God se Woord VARS vir jou Vandag
In Daardie Gevaarlike Geheime Oomblikke

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 20, 2025 3:14


Send us a textRomeine 13:13-14 Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronkwordpartytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie. Nee, soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. (NLV) Ons kom almal voor versoekings in die lewe te staan. Al trek mense deesdae op ‘n ander wyse die lyn tussen reg en verkeerd, bly reg steeds reg, en op die ou end is verkeerd steeds verkeerd. So hoe reageer jy op versoeking?Augustinus van Hippo, wat gedurende die 4de en 5de eeue nC geleef het, was een van die invloedrykste Christelike teoloë in die geskiedenis. Maar voor sy bekering het hy 'n lewe gelei wat gekenmerk is deur sy deelname aan uitspattige wêreldse plesier. Hy het jare lank gesukkel om van onsedelikheid en die sogenaamde ‘begeertes van die vlees' genees te word en dit baie moeilik gevind om sy ou weë te laat vaar.Die keerpunt het egter in 'n tuin in Milaan gekom, toe Augustinus 'n kinderstem hoor sing het: "Neem dit en lees." Hy het dit as 'n goddelike opdrag beskou en die Bybel oopgemaak en op hierdie gedeelte afgekom: Romeine 13:13-14 Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronkwordpartytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie. Nee, soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. (NLV)Daardie verse het Augustinus diep getref. Hy het summier sy huidige lewenstyl verwerp; hy is gedoop en het besluit om Jesus met sy hele hart te volg. Tot vandag toe vorm sy geskrifte ‘n baie belangrike rol in die Christendom. Hoe ons op die ou end in daardie verborge oomblikke op versoekings reageer, is wat die res van ons lewens sal vorm. En weet jy dat daar soveel wysheid in God se Woord is; wysheid waardeur die krag van die Heilige Gees werk om mense totaal te verander....soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | God maak nie onderskeid nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 18, 2025 5:14


Immers, sê die Bybel nie as een deel van die Liggaam swaarkry, kry almal swaar nie?

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Ons harte moet vernuwe

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 17, 2025 4:26


As ek weer deur die Bybel blaai en die honderde tekste raak lees wat sê dat God omgee, liefhet, steeds op die troon is, met ons almal op pad is, begin die geloof weer opvlam.

Stellenbosch Gemeente
Sondag 15 Junie | André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jun 15, 2025 32:00


Dink aan die plek wat water het in die Bybel. Ons sou so baie historiese gebeurtenisse kon opnoem - dink aan die see waardeur Israel moes trek; die riviere wat hulle moes oorsteek; die invloed van reën; droogte. — — Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap:   Wees hier [...]

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textHandelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy vir hulle sondes gesterf het en weer opgestaan het, besig is toe te neem.Nouja, miskien dink jy dat hierdie idee van ‘n toenemende gety van vervolging jou nie raak nie. Die lewe is goed, die wêreld gaan aan; hoekom praat Berni dan hieroor?In 2023 het Geopende Deure ('n bediening aan vervolgde Christene) berig dat meer as 360 miljoen Christene weens hul geloof, hoë vlakke van vervolging en diskriminasie - insluitend geweld, tronkstraf, verlies van eiendom en sosiale uitsluiting - ervaar.In daardie selfde jaar is die aantal Christene wat vir hul geloof vermoor is, op meer as 5 000 geskat - 'n effense afname van vorige jare; maar dit wys ons dat geweld teen Christene steeds ‘n werklikheid is.Gister het ons gesien hoe sommige eerste-eeuse Christene, onder leiding van Petrus en Johannes, gereageer het op die vervolging wat hulle ly. Hulle het gebid vir vrymoedigheid om voort te gaan om mense van Jesus te vertel, en vir God gevra om hulle ook wonders te laat doen om mense van sy krag te oortuig. So … wat het op die ou end gebeur? Hoe het God gereageer?Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.God het hulle gebed verhoor. Hy het die aarde geskud. Hy het hulle met sy Heilige Gees vervul. Hy het hulle presies gegee waarvoor hulle gevra het – die vrymoedigheid om die Woord van God in die openbaar te verkondig.Daar is net een soort gebed waarvan die Bybel ons leer – die soort wat kragtige resultate het. So wanneer jy dalk vervolging in die gesig staar … bid vir vrymoedigheid en weet dat ons getroue God hoor!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Krag wanneer jy Vervolg Word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 9, 2025 2:58


Send us a textHandelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. Dit is nie lekker as mense nie met jou saamstem nie. Maar wanneer hulle jou vervolg of veroordeel as gevolg van jou oortuigings, is dit ‘n heel ander saak. Dit is net menslik om ontsteld, verneder, teleurgesteld en verslae te voel as mense jou op dié wyse behandel. Maar ons lees in die Bybel dat die vervolging nog baie erger gaan word.Die vervolging van minderhede vind al eeue lank plaas. Kyk na die Joodse nasie. Deur hul geskiedenis, van die antieke tyd tot die slagting van die twintigste eeu, tot die hedendaagse konflik waarmee hulle te kampe het, het hul vyande nog altyd probeer om hulle van die aarde af te vee. Weet jy dat meer Christene in die afgelope eeu gemartel is as in die vorige negentien eeue saam?  Destyds is die apostels Petrus en Johannes gearresteer en gedreig omdat hulle mense van Jesus vertel het.Handelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.Maar hoe het hulle op die vervolging gereageer? Het hulle teruggedeins; het hulle dinge gelate aanvaar en het hulle hul klere geskeur? Nee! Hulle het hul stemme verhef om God se heerskappy oor hul vyand te verkondig. Halleluja. Ons Koning regeer!Mense kan jou dalk vervolg omdat jy in Jesus glo. Wanneer dit gebeur, praat met God, vertrou Hom, verkondig sy magtige Naam.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Die Bybel is die Woord van God

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 15, 2025 31:50


Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe?  Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?

god sy woord watter bybel die bybel skrif dissipels
HRCO Potgooi Preke
#5 Leef in oorwinning- VAN SMEEKGEBEDE TOT PROFETIESE VERKLARINGS

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Nov 24, 2024 43:30


Gebede vanuit ‘n regeerders-posisie Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar 'n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, 'n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer. Hy het wat God klaar vir Hom beveel het met geloof verklaar. Hierdie boodskap is 'n uitnodiging om jou gebedslewe te herkalibreer—van smeekgebede na kragtige verklarings, gebaseer op God se wil en beloftes. Hoe bid jy? As 'n bedelaar of as 'n mede-erfgenaam, kind van God? #Gebed #intersessie #oorwinning

HRCO Potgooi Preke
#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Oct 20, 2024 51:02


#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het.  In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer en vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan.    Hoe ons, ons HART bestuur en orden bepaal ons oorwinnning in die LEWE. Leer in hierdie boodskap die ranglys en prioriteite van hoe om jou innerlike wêreld te orden en in LYN te bring met die WIL van GOD. PreekNotas

The Running Mullet
The Running Mullet Episode #82, Neal Barnaba recaps Trails 4 Tails and tells us about ES to WS, and Emily Bybel finishes her first hundo!

The Running Mullet

Play Episode Listen Later Sep 24, 2024 49:42


In episode #82 of The Running Mullet podcast, we're joined by Emily Bybel who just finished her first hundo at Fri stone 100. Then Neal Barnaba, race director for the popular Trails 4 Tails event. Neal recaps this year's race and shares insights from behind the scenes. As an accomplished ultrarunner, Neal has not only tackled Pennsylvania's grueling Eastern States 100 but also the legendary Western States 100. In this episode, he compares the two iconic races, highlighting the unique challenges, terrain, and experiences each offers. Tune in for an in-depth look at what makes both races stand out in the ultra world and why Trails 4 Tails is one not to miss!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Efesiërs 5:18b-20| ...oor my hart... en dit waarmee hy gevul is!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Sep 16, 2024 29:15


Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie? Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens! Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid sal hê wat betref jou denke, nadenke, emosies, wilsbesluite, voor en afkeure ens... Soos die Bybel dan ook elders tereg sê: want uit die hart...'is die oorsprong van die lewe' (Spr 4:23). Meer nog: Hierdie ware hartsgesindheid en verandering gebeur slegs deur die innerlike en blywende werking van die Gees van God. En hierdie werking en dit wat die Gees jou bring lyk so totaal anders as wat die wereld jou ooit kan bied. Daarom druk Paulus dit hulle (mense van Efese) baie sterk op die HART. Hy gebruik selfs 'n skerp en amper kras voorbeeld dat hulle al die baie Godde-lose gebruike en afgode van Efese moet verwerp... en dat hulle sal 'toelaat' dat die Gees van God in hulle harte werk en hulle blywend sal verander...! Want: so 'n Geesvervulde en blye hart sal dan 'n wonderlike lied en melodie van lof en dankbaarheid sing wat soms selfs onhoorbaar vir ander mense sal wees ...! https://youtube.com/live/7NOp_BHiunQ 

Nuus
'Vergeet van die Bybel, wat is jou plan?'

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 7, 2024 0:38


Namate die verkiesing in November naderkom, verwys politieke partye toenemend na die Bybel in hul veldtogte. Hamunyera Hambyuka, Swapo-LP, het onder andere by 'n saamtrek in Rundu aan Swapo-ondersteuners gesê dat versuim om vir Swapo en sy kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah te stem, hulle van beide die hemel en die hel sal uitsluit. Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, het op sosiale media gesê dit blyk dat verwysings na en aanhalings uit die Bybel die mees prominente veldtogvoertuig is, in die afwesigheid van enige samehangende program om die maatskaplike uitdagings en ongeregtighede aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Melber gesels, wat meer insig oor sy plasing gee.

kosmos bybel nuus die bybel melber swapo
You Turn Podcast w/ Ashley Stahl
[WELLNESS] Ep. 371 Unlocking Emotional Freedom Through EFT Tapping with Amanda Bybel

You Turn Podcast w/ Ashley Stahl

Play Episode Listen Later Feb 14, 2024 49:15


This week, Ash brings Amanda Bybel, an NFT practitioner and credentialed coach, onto the podcast to share the transformative benefits of the Emotional Freedom Technique (EFT) and tapping, a treatment she considers a game-changer in personal wellness.  Amanda shares her own experiences with overcoming addiction and finding fulfillment in her life and business through the use of these modalities. Amanda and Ash also shed light on the role of mindset in success, the importance of redefining societal definitions and handling self-fulfilling prophecies. Tune in to learn practical advice on incorporating EFT tapping into your daily routines! In This Episode, You'll Learn: An introduction to EFT and tapping. How to address unexplained negative feelings. Using EFT to overcome addiction and compulsive behavior. Tools to leverage past experiences for future success. How you can redefine success. Connect with Amanda Bybel https://www.instagram.com/innerbeautybybel/?hl=en https://innerbeautybybel.com/ Connect with Ash: https://www.instagram.com/ashleystahl/ Take a FREE Quiz to Discover Your Most Authentic Career Path: https://www.ashleystahl.com/freequiz/

Flow State of Mind Podcast | Health | Fitness | Physique | Psychology | Business
499. The Power of the Subconscious Mind with Amanda Bybel

Flow State of Mind Podcast | Health | Fitness | Physique | Psychology | Business

Play Episode Listen Later Jan 4, 2024 46:57


Do you know the true power of your subconscious? Have you ever been interested in learning more about NLP? Today's guest has an incredible story we are excited to share with you! Amanda Bybel is a mindset expansion expert that helps coaches stand out online, amplify their impact, and make bank as a credentialed coach. We discuss Amanda's story, how to be a great mom and entrepreneur, and end with a really cool EFT tapping exercise!   Time Stamps:   (1:37) Mom Identity (6:51) The Inner Beauty Bybel (8:21) Amanda Hiring Her First Coach (10:51) First Starting in NLP (14:03) The Power of The Subconscious (18:34) EFT Tapping (20:29) Cold Plunges (23:06) Being an Entrepreneur (31:16) Being a Great Mom and Entrepreneur (34:09) Knowing Your Value (37:54) Tapping Exercise (46:11) Where to Find Amanda ---------- Follow Amanda on Instagram ---------- Whenever You're Ready, Here Are 5 Ways We Can Help You (For Free) (Community) Join the Fitness Business Secrets FB  Community to Unlock Your Free 5 Clients in 5 Days Mini-Course (Content) Grab our exact post templates that are responsible for more than 3,500 online clients in our business Automated Post Planner   (Instagram) 3-5x Your Engagement, Grow an Audience and Generate Dream Clients from Instagram IG Playbook For Health & Fitness Coaches (Training) Get Access To The  5 Most Popular Training We Created in 2022 (Get Clarity) Schedule a FREE No-Obligation 15-minute Call to Explore How To Add 10,000/Mo to Your Business–Guaranteed

Glow Up to Blow Up
34. From Addict to 7-Fig Entrepreneur with Amanda Bybel

Glow Up to Blow Up

Play Episode Listen Later Oct 10, 2023 55:09


Meet Amanda Bybel! She is an entrepreneur, motivational speaker, cat-mom, Master Certified NLP Practitioner and Trainer, Master Certified Success and life coach. A mother of two, a devoted wife to her soulmate of over a decade, she enjoys the simple things all whilst living in the luxuries of life, which are her birthright. Founder of inner beauty bybel and the internationally board accredited multi modality life and success coaching certification , the sparkle system. In this episode, we cover: Her personal story & how she went from being an addict to a 7-figure coach + entrepreneur Identity work: what it is and how to use it to get anything you want in life (hint: Amanda used this tool to go from making $12/hour to $200k in her corporate career) Advice for holding the vision & belief in your biz (even after being burned and disappointed many times) The 3 things that are required to build a six-fig online business What changes between 6-figures & 7-figures Motherhood, how it changes your business, and how to pass on the tools you teach to your kiddies Coaching certs - why are they important and what can go wrong when you skip them Connect with Amanda Bybel: Website: www.Innerbeautybybel.com Instagram: @Innerbeautybybel Facebook: Amanda Jyll Support the Podcast & Get Your Questions Answered: If this episode supports you, it would mean the world to me if you are able to take two minutes to rate it on Spotify and give it a follow/subscribe on Apple Podcasts or Spotify, so you get notified when weekly episodes drop! Have a question you'd like to get answered on the podcast or a topic you'd like me to speak on? Let me know here! Ways to Work with Nora: Big Vision Mastermind, a high-touch group mastermind for entrepreneurs with the dream to start and grow an online business to six-figures through blending the spiritual with the strategy. Elevate Membership, the space where you arrive & elevate their inner world on a spiritual, emotional and mental level, so that you can intentionally create the reality of their dreams. Elite, the biz energetics course for spiritual entrepreneurs designed to help you unleash your inner CEO, show up online as a powerful industry leader, and build a wildly successful + impactful movement. This is where you make your first $100k in biz, go full-time, & have the time of your life while doing it.

Entreprenista
Unlocking Your True Potential Through Mastering Your Mind with Amanda Bybel

Entreprenista

Play Episode Listen Later Aug 21, 2023 36:31


“I am me and that is my superpower. I can live a life beyond my wildest dreams and I deserve it. I am worthy of it. I attract money wherever I go. I am an abundant beacon of light.”  After years of struggling with addiction cycles and failing to find fulfillment in the corporate world, Amanda discovered the key to her transformation and ultimately her purpose, through a personal development program that opened her eyes to the power of her own mind.  In today's episode, we finally got to sit down with Amanda Bybel Kutner, Mindset Expansion Expert, Motivational Speaker, certified NLP practitioner, and the founder and CEO of the Inner Beauty Bybel, a resource that aims to guide you on a transformative journey of self-discovery and empowerment using cutting edge neuro-scientific principles and the art of manifestation. Amanda shares her inspiring recovery journey, the realization that altered the trajectory of her company, how collaboration over competition serves as the foundation for her business, which business tools have been the best for launching her wildly popular courses, and so much more!   We talk about:   Healing addition patterns + restoring inner-strength  Mindset + the art of manifestation   Collaborating with other new entrepreneurs  Neuro-Linguistic Programing  Transformation Coaching + Personal Development Programs  Choosing a launch model  Creating courses   Intention + Intuition  Goals + desired outcomes  If you're looking to take your business to the next level, join the Entreprenista League today at entreprenista.com/join. We can't wait to welcome you, support you, and be part of your business journey!    Resources Mentioned:  ThriveCart Kajabi  Circle Connect with Amanda:  Instagram Tiktok Podcast  Website Email   If you're looking to take your business to the next level: Join our Entreprenista League community of women founders! You'll have access to a private community of like-minded Entreprenistas who are making an impact in business every day, special discounts on business products and solutions, exclusive content, private events, the opportunity to have your story featured on our website and social channels, and MORE! Whether you're looking to scale your existing business and want to make the right connections, or you're thinking about finally taking the leap to launch your business, we're here to give you access to a community of women who will celebrate your every step, and with whom you can share the candid reality of building a business from scratch. Join the Entreprenista League today at entreprenista.com/join. We can't wait to welcome you, support you, and be part of your business journey!    Become An Entreprenista!  Thanks for tuning into this week's episode of The Entreprenista Podcast - the most fun business meeting for female founders, by female founders. If you enjoyed this episode, please subscribe to the show and leave a review wherever you get your podcasts.

I Don't Get It
EP332: Manifesting and Mindset with Amanda Bybel

I Don't Get It

Play Episode Listen Later Jul 3, 2023 53:44


Amanda Bybel is a trainer and expert in neuro-linguistic programming, manifestation, and the subconscious mind. She is also an addict in recovery with over 10 years clean and sober and believes strongly in the power of the subconscious mind. Amanda joins Ashley and Naz this week to talk about everything from breaking generational patterns, to preventing toddler meltdowns, to how to stop energetically chasing someone (but still get them to text you back). We cover so much in this episode, and it was great to have Amanda here to shed some light on ways to shift our more ingrained habits and beliefs into intentional, productive ways of being. This episode is for all of our listeners who love when we talk about manifesting and the power of a positive mindset.Don't forget you can watch the ad-free video version of our podcast at patreon.com/idontgetitpodcastFollow Amanda Bybel:@innerbeautybybel / @mindset_with_minisIf you're looking for a simpler, effective investment for your health, try AG1, and get 5 free AG1 Travel Packs and a FREE 1 year supply of Vitamin D with your first purchase. Go to drinkAG1.com/GETIT. Control Body Odor ANYWHERE with @lumedeodorant and get $5 off off your Starter Pack (that's over 40% off) with promo code GETIT30 at lumedeodorant.com/getit! #lumepodLet therapy be your map, with BetterHelp. Visit BetterHelp.com/GETIT today to get 10% off your first month.See Privacy Policy at https://art19.com/privacy and California Privacy Notice at https://art19.com/privacy#do-not-sell-my-info.

CEO School
246. Mastering Manifestation, EFT Tapping, and Unlocking Productivity with Amanda Bybel

CEO School

Play Episode Listen Later Jun 19, 2023 51:34


This week on CEO School,Suneera welcomes Amanda Bybel, entrepreneur and host of The Related podcast to discuss inner work, generational trauma, and manifestation. Discover how to harness the extraordinary potential of your mind to gain a competitive edge in life. This thought-provoking episode explores the significance of mindset, journaling, and daily practices for working mothers striving for productivity. Gain practical insights on cultivating habits that enrich your mindset and increase your productivity. Additionally, learn about the journey of building a thriving podcast and the valuable lessons it entails.  Amanda Bybel is a multi-talented 7-figure entrepreneur, and motivational speaker. With her Master's Certifications in NLP, coaching, hypnotherapy, TIME Techniques, and EFT, she is an expert in mindset realignment and generational healing. Amanda's mission is to train others to become certified mindset experts. She hosts The Related Podcast, with over 3 million downloads; she is inspiring listeners to embrace their journey and achieve their highest aspirations.   In this episode: The Concept Of Manifestation And The Importance Of Mindset Tackling Generational Patterns EFT Tapping Impact Of Thoughts On Our Feelings, State Of Being, Actions, And Results Modeling Healthy Behaviors For Future Generations   Connect with Amanda: Instagram: https://www.instagram.com/innerbeautybybel Website: https://innerbeautybybel.com/   Connect with Suneera: https://www.instagram.com/suneeramadhani/ Connect with CEO School: https://www.instagram.com/ceoschool/   Are you a female founder looking to scale? If you are, we have the perfect opportunity for you to take the leap ⚡️ Doors to The CEO Collective, the #1 platform for female entrepreneurs, are now open and we want YOU inside our room. Whether you're at the beginning stages of your business, or you're ready to create a successful exit, we have the exact tools and resources you need to finally reach your next level and we'll get you there through quality mentorship, accountability, community, and education. Join us inside & get access to: ⚡️ Our all-in-one platform where you can find our upcoming events, find our resources, and connect with like-minded female founders ⚡️ 4-8 Monthly community-led workshops to bust through blockers and partake in invaluable networking ⚡️ Fireside chats with celebrity entrepreneurs who leave our community feeling inspired ⚡️ Monthly workshops led by 9 figure founder, Suneera Madhani to revolutionize the way you learn ⚡️ A cohort of 6-12 women who match you at your level with a certified coach that is an active CEO ⚡️ And more! Learn more and join now: https://theceoschool.co/collective