AGS Wilropark wil graag deur die grense van tradisie breek en ons omgewing vir die Here bereik. Daarom ons kern vers: Elkeen n medewerker in diens van God (1 Korintiërs 3:9). Ons hoop hierdie boodskappe rus jou toe om n verskil te maak daar waar jy is.
Deur die Ou Testament lees ons van mense wat altare gebou het vir die Here. In besonder het Abraham altare gebou om die Here se goedheid en voorsiening te gedenk. Elke Christen behoort 'n altaar bouer te wees. Luister gerus na hierdie boodskap van Christiaan Swanepoel om te hoor waarom jy moet leer hoe om altare te bou.