Podcasts about heilige gees

  • 64PODCASTS
  • 601EPISODES
  • 23mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Jul 19, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about heilige gees

Show all podcasts related to heilige gees

Latest podcast episodes about heilige gees

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Heiligheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 19, 2026 2:43 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Tessalonisense 2:13 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV) Het jy jouself al as “spesiaal” beskou? Nie op 'n selfsugtige manier met 'n groot kop nie, maar met die wete dat jy geskape is om 'n verskil in hierdie wêreld te maak; dat daar iets is wat net jý kan doen.Toe ek jonk was, het my ouers 'n baie spesiale eetservies gehad - deftige borde, bakke, koppies en pierings - kristalglase en  silwer eetgerei wat net uitgehaal is wanneer daar spesiale gaste was.Die ander dae het ons die gewone borde, glase en messe en vurke gebruik. Dit was reg so, maar laat ek jou vertel, wanneer daardie gaste opdaag, het daardie eetstel, die kristal en die silwer alles so spesiaal gemaak.En dit is die betekenis van die woord “heiligheid”. Dit beteken om eenkant gesit te word vir 'n spesiale doel … dis wat God wil hê jy moet wees: heilig, opsy gesit vir Hom.2 Tessalonisense 2:13: Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV)God het ons lief met 'n liefde wat mens nie met woorde kan beskryf nie. Maar as ons kyk na al die foute en blapse wat ons maak, voel ons dikwels glad nie so heilig nie. Maar dit is juis die punt. Net soos die skottelgoed hulself nie was nie, en die silwerware hulself nie opvryf nie, is dit nie ons werk om onsself heilig te maak nie.Jy is gered omdat die Gees jou heilig maak en jou die geloof in die waarheid gegee het.Glo net en laat die Heilige Gees sy werk doen.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Skenk Genade

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 18, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailHandelinge 4:31,33 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Iets wat baie kerkmense pla, is die manier waarop die gemeentelede optree. Jy sien kerke skeur en die helfte van die mense loop uit; soms baklei hulle selfs in die hof oor hul verskille. Regtig? Is dit hoe dit veronderstel is om te wees?In die vroeë 1700's het 'n klein groepie gelowige vlugtelinge uit Morawië, wat ons as Tsjeggo-Slowakye ken, vir vervolging gevlug. Hulle het gaan wegkruip op die plaas van graaf Nikolaus von Zinzendorf. Aanvanklik was daar baie spanning in die groep, maar op 13 Augustus 1727 het iets besonders gebeur: tydens 'n nagmaaldiens het hulle beleef hoe God se genade oor hulle uitgestort word.Die bakleiery het opgehou, daar was skielik 'n atmosfeer van versoening en hulle was weer in volle akkoord. Van daardie oomblik af het alles verander. Binne 'n paar dekades het hierdie vlugtelinge, sendingwerkers na Afrika en Amerika gestuur en die Morawiese beweging het een van die grootste sendingaksies ooit geword.Kyk wat sê die boek Handelinge:Handelinge 4:31,33: Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Hier is die kruks van die probleem. Wanneer ons eie wil en begeertes ons lewens regeer, en ons net heeltyd reg wil wees ... gaan dit net op één manier eindig: in ‘n bakleiery en verdeeldheid.Maar wanneer ons toelaat dat God se Heilige Gees ons vul, net soos Hy met die apostels gedoen het, sal sy krag en sy genade ons heeltemal beheer. Dis mos die genade wat ons nodig het!Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Wysheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 17, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailEksodus 31:3-5 My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak. Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak. Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak. (NLV) Ons is almal geneig om ons natuurlike talente en vermoëns as vanselfsprekend te aanvaar. Ons leef immers al ons hele lewe lank daarmee saam; dis mos niks spesiaal nie; almal kan seker maar doen wat ek doen? En tog is niks verder van die waarheid af nie.Sommige mense is ongelooflik geseënd met 'n sagmoedigheid en vriendelikheid wat regtig bo gemiddeld is. Maar dan vergelyk hulle hulleself met die uitskieters en mense wat altyd in die kollig is, en hulle dink: As ek maar net so talentvol soos hulle kon wees. Ekke? Natuurlik probeer ek om saggeaard en vriendelik te wees; maar ek moet hard daaraan werk, want ek is meer die tipe ou wat oor hekkies spring om dinge gedoen te kry. Sien jy hoe simpel dit is om hierdie vergelykings-speletjie te speel?Destyds toe God vir Moses opdrag gegee het om die tabernakel te bou - daardie spesiale tent waar sy teenwoordigheid tydens Israel se tog van veertig jaar deur die woestyn sou woon - is dít wat Hy gesê het oor Besaleël:Eksodus 31:3-5: My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak. Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak. Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak. (NLV)So, hoekom het net een ou daardie talente ontvang? Hoekom nie sommer enige Jan Rap en sy maat nie? Want Besaleël was juis die een wat God uitgekies het en hom bekwaam gemaak het om daardie spesiale dinge te doen.En weet jy, wanneer jy vervul word met sy Gees - die Heilige Gees word jou "vervelige" ou talente ongelooflik spesiaal en buitengewoon kragtig in sy hande. Niemand anders kan doen, wat jy kan nie, want God het vir jou die talent en die vermoë gegee het om dit te doen. Vir niemand anders nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 14, 2026 2:46 Transcription Available


Send us Fan MailGenesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Ons is geneig om die lug wat ons elke dag 23 000 keer in- en uitasem, sommer as vanselfsprekend te aanvaar. En tog sou ek en jy nie eens vir 'n paar minute daarsonder kon oorleef nie. Elke keer as jy asemhaal, trek jy triljoene suurstofmolekules in wat na jou longe jaag, in jou bloedstroom opgeneem word, aan jou hemoglobien vashaak, en binne minder as 20 sekondes elke sel in jou liggaam bereik.Asem is nie sommer net lug nie - dit is die vonk van lewe wat oomblik vir oomblik deur jou vloei. En tog is daar een ding wat die wetenskap nog nooit kon regkry nie (al probeer hulle hoe hard): om lewe uit dooie materie te skep. Nooit nie! Maar …Genesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “asem,” ruach, word ook dwarsdeur die Ou Testament gebruik om na die Heilige Gees te verwys. Dit beteken dieselfde as die Griekse woord, pneuma, wat in die Nuwe Testament vir die Heilige Gees gebruik word. Albei woorde dra die betekenis van asem of wind - onsigbaar, kragtig en lewenskragtig.En net soos God lewe in jou liggaam ingeblaas het (die enigste Een wat dit kon doen), so blaas die Heilige Gees lewe diep binne-in jou gees in.Net soos jy, het ek al tye beleef waar ek soos 'n zombie gevoel het; asof die wêreld al die lewe uit my uitgesuig het. Maar elke keer wanneer ek na God gedraai het vir hulp, het sy Gees - sy ruach, sy pneuma - weer lewe in my siel ingeblaas. Dit is die Gees wat lewe bring. Trouens, Hy is die enigste Een wat dit kan doen!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Jy is die tempel van die Heilige Gees

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 13, 2026 5:11


Die kerk is meer as ʼn gebou en geloof meer as ʼn erediens: God woon in sy kinders en roep ons om elke dag onder leiding van sy Gees te leef.

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.53 (12.07.26) - (Afr.) - Ons kan deur die Heilige Gees versterk word met krag.

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jul 12, 2026 3:31


Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. (Efes. 3:14-19 Afrikaans OV)

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 12 Julie, Deon Botha

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jul 11, 2026 27:06


Dit is opvallend dat die eerste ding wat God as “nie goed nie” (nie mooi nie) beskryf, was nie sonde nie, maar eensaamheid: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie.” (Genesis 2:18) Gesonde vriendskappe ly gereeld onder die illusie dat romantiese verhoudings belangriker is, selfs al is wat nodig is. Dit doen my huwelik goed dat ons goeie vriende het, ons doen afsonderlik goed saam met vriende maar ook saam. Ware, diep vriendskappe is waarskynlik van die mees onderskatte van alle verhoudings. Gelukkig is die heel beste bron oor vriendskap, en die skoonheid van vriendskap, God se Woord. Sommer aan die begin in Genesis, sien ons God se storie begin met verhouding. God skep die mens vir gemeenskap — met Hom, die skepping en mekaar. Ons is geskep na die beeld van God, in verhouding — Vader, Seun en Heilige Gees. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Vreugde Koninkryk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 2, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Watter dinge in jou lewe is vir jou die belangrikste: jou ervarings, jou besittings of jou status? Maak hulle jou werklik gelukkig? Is hierdie dinge wat jy gehoop het dit sou wees ... of nie?Franciscus van Assisi is in ‘n adellike gesin gebore. Hy was gewoond aan baie geld, luukshede, fyn klere, bankette en hoë status. Hy is tydens ‘n veldslag gevange geneem en vir meer as ‘n jaar as gyselaar in ‘n ondergrondse tronk aangehou. Hier het God in ‘n visioen aan hom verskyn en hy het die betekenis van luuksheid en voorreg begin bevraagteken. Hy het radikaal tot bekering gekom, sy lewe aan die Here gewy en ‘n monnik geword.Hy het in eensaamheid na die behoeftiges en melaatses – die mense wat hy vroeër sou verag het - omgesien. Hy het sy erfenis verwerp en eerder 'n lewe van radikale armoede, prediking en dienswerk gekies.Ja, dit is die waarheid... Hoe groot ons behoefte na rykdom, gemak en invloed ook al is ... ons weet diep binne-in dat dit nie saak maak hoe aanloklik geld en gemak lyk nie, dit sal nooit die diepste verlange van ons siel kan bevredig nie. Die apostel Paulus skryf hierdie woorde aan die kerk in Rome nadat daar ‘n stryery in die vroeë kerk ontstaan het.Romeine 14:17 Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.Dit gaan nie oor die dinge van hierdie wêreld nie. Al wat hulle doen, is om ons te mislei en ons vreugde en vrede te steel.Franciscus het die vlietende plesier van hierdie wêreld verruil vir die dieper werklikheid van God se koninkryk – die geregtigheid, die vrede en die blydskap wat die Heilige Gees bring.God se koninkryk - sy heerskappy in ons lewens - is nie dié van 'n despotiese diktator wanneer ons onsself gewillig aan Hom oorgee nie. Nee, die koninkryk van God is 'n koninkryk van vreugde.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
Lewe vanuit 'n Oop Hemel Belewenis In Christus

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jun 14, 2026 23:48


Die wêreld word by die dag meer en meer verdeeld. Die komende lokale verkiesing gaan mense nog meer verdeel in kampe. Verder groei die agterdog, wedywering, self-beskerming en ambisie ten koste van ander by die dag. In Christus is ons op 'n manier verbind aan mekaar, dat ons soms letterlik soos mekaar klink, in harmonie en liefde en omgee vir mekaar, versigtig om mekaar nie te na te kom nie, maar tog eerlik te wees. Die Bybel beskryf in die OT dit as 'n oop hemel ervaring, in die NT word hierdie goddelike openbaring en nabyheid normatief in Christus Jesus ons Here, en later verdiep en geanker deur die uitstorting van die Heilige Gees. Die voorhangsel is geskeur! Kom BELEEF Jesus IN en ONDER ons! https://www.harvestercederberg.co.za/lewe-vanuit-n-oop-hemel-belewenis-in-christus/

HRCO Potgooi Preke
Aktiewe Geraasonderdrukking

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jun 14, 2026 39:49


Aktiewe Geraasonderdrukking om die Heilige Gees te kan hoor. Hoe Jesus die stilte gevind het — en hoe ons dit ook kan vindDaar is 'n nuwe merkwaardige tegnologiese wonder - Apple AirPods Pro. Aktiewe geraasonderdrukking. Die mikrofone luister vir die geraas wat om jou gebeur — die motors, die mense, die lawaai van die alledaagse — en skep 'n teenklank. Geraas plus teenklank is gelyk aan stilte. Die fisiese wet van destruktiewe inmenging in diens van geestelike ruimte van STILTE.Maar hier is die ironie wat ons oor moet dink: ons het 'n instrument uitgevind wat geraas kanselleer — en dan vul ons die stilte wat dit skep met nog meer geraas. Podcasts. Musiek. Nuus. Inhoud. Ons is so gewoond aan die lawaai dat ons nie meer weet wat om met die stilte te doen nie.→ Wanneer laas het jy doelbewus in stilte gesit — nie om iets te doen nie, behalwe om te luister? Na die Here se stem in jou hart? www.harvestercederberg.co.za/aktiewe-geestelike-geraasonderdrukking/

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 31 Mei 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later May 31, 2026 29:52


Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels (Hand 1:3). Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Selfs Johannes die Doper, wie die pad moes voorberei vir Jesus se koms na die aarde, begin sy prediking met die boodskap van God se koninkryk (Mat 3:1-2). En nadat Jesus gedoop is deur Johannes en met die Heilige Gees gesalf is as Messias, begin Hy ook sy prediking deur te sê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom” (Mat 4:17).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Wat bedoel Johannes en Jesus as hulle sê: “Die koninkryk van die hemel het naby gekom”? (vgl Mat 3:1-2 en Mat 4:17) ·       Beskryf die “reeds en die nog nie” van die koninkryk van God. ·       Hoe laat God sy koninkryk kom vandag deur sy kerk? ·       Hoe verhinder ons die koms van God se koninkryk?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Geleentheid om te Groei

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 25, 2026 3:11 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek waar jy nooit verwag het om te wees nie. Maar weet jy, dit kan net mooi die grootste geleentheid vir God wees om vir jou ‘n besondere geskenk te gee!In 1931, op sewejarige ouderdom, het Jacques Lusseyran in 'n ongeluk sy sig verloor. Sy wêreld het oornag verander. Maar hy het vinnig by sy blindheid aangepas en eerder as om wanhopig te word, het hy buitengewone insig en deursettingsvermoë ontwikkel. As ‘n jong seun het hy besorgd geraak oor Hitler se mag. Hy het besluit om Duits te leer sodat hy radio uitsendings kon volg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n leier van ‘n Franse Weerstandsbeweging geword. Hy is deur die Gestapo gearresteer en na Buchenwald gestuur, waar hy een van die min mense was, om, ten spyte van die wrede toestande, sy gevangeskap te oorleef. Sy blindheid het 'n geestelike lens geword waardeur sy insig, moed en deernis verskerp is. In sy memoir, And There Was Light, skryf hy: Ek het vrede in my hart gehad, want ek het ontdek dat vreugde in duisternis kan bestaan.Romeine 5:3-5 … Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Wanneer die lewe onverwags verander, gee God jou die geleentheid om te groei. Wanneer jy deur lyding volhard, bou dit ongetwyfeld jou karakter. Jy stap saam met Jesus deur daardie hel. Hy sal jou vul met 'n rotsvaste hoop wanneer Hy deur sy Gees, sy liefde in jou hart uitstort.Moenie blind wees vir die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 24 Mei 2026 - Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later May 24, 2026 34:27


Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. ·       Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word? ·       In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempel). ·       Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in gelowiges (Joh 20: 22). ·       Na Pinkster bemagtig die Heilige Gees ook gelowiges om getuies te wees (Hand 1:8).  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Hoe was die Heilige Gees in die Ou Testament by God se volk teenwoordig? ·       Hoe verklaar jy die ontvang van die Heilige Gees in Joh 20: 22? ·       Wat is die verskil tussen die werk van die Heilige Gees voor en na Pinkster? ·       Hoe weerstaan ons die bemagtigende werk van die Heilige Gees in ons lewens?

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 24 Mei – André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later May 23, 2026 32:06


Vandag saam met SG Waar begin jóú storie met die Heilige Gees? Genesis 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Net as Jy dit die Minste Verwag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 21, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailHandelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar. Die lewe bestaan hoofsaaklik uit alledaagse en herhalende dinge …. Maar niks is toevallig nie. Eendag, skielik, uit die bloute gebeur daar iets wonderliks waarvan jy self nie die betekenis verstaan nie, totdat jy jare later daarna terugkyk en dan word dit glashelder.Klink die naam Albert McMakin bekend? Waarskynlik nie. Albert McMakin was ‘n nuwe gelowige en hy was aan die brand vir Jesus. Hy was baie ernstig dat sy vriende ook van Jesus moes leer, en toe daar ‘n bekeringsdiens daar naby was, het hy 'n vragmotor met mense gevul om van Jesus te hoor. Hy het Billy, een van sy vriende wat glad nie belanggestel het nie, met moeite omgekoop om saam te gaan, deur hom die eer te gee om die vragmotor te bestuur. Toe hulle daar aankom, was Albert se gas 'betowerd' en nadat hy nog ‘n paar dienste bygewoon het, het hy sy lewe aan Jesus Christus gegee. Daardie man, die bestuurder van die vragmotor, was Billy Graham. Dit was die jaar 1934. Sedertdien het Billy Graham duisende tot geloof in Jesus Christus gelei en die verloop van die geskiedenis vir altyd verander. Ons kan nie almal soos Billy Graham wees nie, maar ons kan almal soos Albert McMakin wees – ons kan almal ons vriende na Jesus bring. Daar word beraam dat meer as 3.2 miljoen mense deur Billy Graham se openbare dienste na Christus gekom het.Handelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar.Albert, Billy, Barnabas, Saulus. Gewone mense, elk met 'n voorafbepaalde rol, deur wie God magtige dinge gedoen het. Vir elkeen het hul dag begin soos enige ander dag. Maar toe ... verskyn God. Pasop, want net wanneer jy dit die minste verwag, sal die Heilige Gees verskyn.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Mei Nuusbrief 2

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 20, 2026 3:19 Transcription Available


Send us Fan MailGoeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Mei.  Indien jy dalk nog gewonder het; die winter is hier! Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar is dit nie! Die lang stil koue aande herinner my so baie aan die woorde van N.P. Van Wyk Louw: O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sieraad was. In 1993, tydens die Heidelberg Taverne-aanval in Kaapstad, het die 23-jarige Lyndi Fourie haar lewe verloor. Jare later het haar ma, Ginn Fourie, die dapper besluit geneem om Letlapa Mphahlele, die bevelvoerder tydens die aanval, te ontmoet. Ten spyte van ondenkbare hartseer, het Ginn vergifnis bo bitterheid gekies nadat sy oor Jesus se woorde in Matteus 6:14 nagedink het:Want as julle ander se oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.   Deur die krag van die Heilige Gees het 'n merkwaardige verhaal van versoening ontvou. Vandag reis Ginn en Letlapa saam en deel 'n boodskap van genesing, vrede en vergifnis dwarsdeur Suid-Afrika. ‘n Getuienis soos hierdie herinner ons waarom die verkondiging van die Evangelie vandag nog so belangrik in ons land is. In 'n wêreld vol verdeeldheid, pyn en onsekerheid, bring die versoeningsboodskap van Jesus, genesing van harte, en herstel van verhoudings. Deur FRESH of te wel VARS, en ons radiovennote dwarsdeur Suid-Afrika, word mense elke dag, dikwels op plekke wat 'n kerk dalk nooit sal bereik nie, aan Bybelwaarhede blootgestel en bemoedig.  Plaaslik het KG, ons nuut aangestelde Hoof in Suid-Afrika, onlangs die radiostasie, Radio Khwezi, wat daagliks Fresh-Zulu uitsaai, besoek. Hy het die stasiebestuurder, Daniel Wunderlich, ontmoet om die vennootskap te versterk wat daarop fokus om meer Zoeloe-sprekende luisteraars met Bybel-gesentreerde inhoud te bereik en te dissipel. KG het weer bevestig dat: “Radio 'n betroubare bron van waarheid in die gemeenskap is. Dít wat uitgesaai word, vorm persepsies en oortuigings en is deel van die daaglikse lewe.”  Dankie dat jy Christianityworks Suid-Afrika met jou gebede, aanmoediging en vrygewigheid ondersteun. Jou bydrae help ons om die lewensveranderende boodskap van Jesus oor ons hele streek te versprei.Onthou:Vergifnis is ‘n geskenk aan jouself; dis ‘n besluit - nie ‘n emosie nie.Seënwense en mooi loop. Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Christus se teenwoordigheid in die elemente van die Nagmaal

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later May 12, 2026 27:50


Is die nagmaal net 'n simbool, of is die brood en die wyn heilige tekens?  Hoe moet ons die teenwoordigheid van Christus in die nagmaal verstaan?  Christus het fisies aan die kruis gesterf, en weer fisies opgestaan uit die dood, en ook fisies opgevaar na die hemel. Is Hy dan fisies of net geestelik teenwoordig in die elemente van die nagmaal?  Staan die nagmaal elemente en Christus apart van mekaar?  Wat beteken dit om Coram duo te leef? Is dit net Jesus wat teenwoordig is by die nagmaal, of ook God en die Heilige Gees?

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 10 Mei 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later May 10, 2026 41:26


Lees: 2 Tim 3:1-17. Fokus: 2 Tim 3:14-17. Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord.1.    Die bedrieërs wat jou wil verlei·       Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en Griekse godsdienste. ·       Volgens die bedrieërs aanbid alle godsdienste dieselfde God, elkeen net op sy eie manier. 2.    God roep jou om te lewe uit sy Woord·       Ons het 2 wapens teen die bedrieërs: Die Bybel en die onderrig van betroubare leermeesters. ·       Kenmerke van ‘n betroubare leermeester: (1) Woord is sentraal, (2) lewe en prediking is gerig op God, (3) lewe en prediking is Geesvervuld. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Kry jy te doen met ‘n vermenging van godsdienste? Verduidelik ·       Gee die beskrywing van ‘n betroubare leermeesrter. ·       Hoe kan jy vervul word met die Heilige Gees?  

God se Woord VARS vir jou Vandag
Bitter of Beter

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 7, 2026 3:22 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Dit voel so vreeslik onregverdig wanneer slegte dinge onverwags met jou gebeur, nè? Iets gebeur met jou, iets wat regtig seermaak, en jy dink by jouself: Wat is besig om te gebeur... Hoekom gebeur dit met my? Het daardie laaste keer wat iets slegs met jou gebeur het ‘n noemenswaardige impak op jou lewe gehad?William Bligh was die kaptein van die skip die Bounty. In 1789 het twee van sy ontevrede matrose die bemanning opgestook om die Bounty te muit. Hulle het Bligh vasgebind en met ‘n paar van sy lojale manskappe op ‘n oop boot in die see gegooi. Hy het as held na Engeland teruggekeer, nadat hy die berugte Muitery oorleef het, maar die vernedering en woede oor die onreg wat hy aangedoen is, het hom outoritêr en bitter gemaak.Later, as Goewerneur in bevel van die Australiese kolonie, Nieu-Suid-Wallis, het Bligh, in sy opdrag om die korrupte Rum-smokkelary te stop, weer as gevolg van sy onverbiddelike, dominante leierskap 'n opstand ontketen. Die Rum-rebellie waar Bligh deur die oproeriges onder huisarres geplaas is, was die enigste suksesvolle gewapende oorname van 'n Australiese regering in die geskiedenis.Bligh se briljantheid as 'n navigator is oorskadu deur sy obsessiewe behoefte om sy reputasie te verdedig. In plaas daarvan om uit die muitery te leer, het hy al hoe meer verbitterd geword, sy bondgenote vervreem en toegelaat dat sy ongehanteerde bitterheid sy lewe definieer.Bitterheid is dikwels ‘n reaksie op pyn. Op die kort termyn is dit seker heeltemal verstaanbaar. Maar wanneer ons weier om te vergewe en toelaat dat bitterheid ons harte oorheers, sal dit ons vernietig. 2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy óf bitter óf beter word. Dis so eenvoudig. God wil jou beter maak, nie alleenlik wil Hy die gapende wond van pyn genees nie, maar Hy wil jou deur die teenwoordigheid van sy Gees binne-in jou, transformeer. Hy wil die vrees, die bitterheid en die negatiwiteit vervang met sy krag en sy liefde sodat jy selfbeheersd kan lewe.Dis wat die Heilige Gees vir jou kan doen. Maar dis jou keuse. Bitter, of beter.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

lewendewoordmidrand
3 Mei | Die Heilige Gees | Hallo Kerk Centurion - Barend Kriel

lewendewoordmidrand

Play Episode Listen Later May 4, 2026 31:05


3 Mei | Die Heilige Gees | Hallo Kerk Centurion - Barend Kriel by Hallo Kerk

Radio Scriptura
Tekskritiek - 'n Onderhoud met Professor Jorrie Jordaan

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 28, 2026 50:53


Besit ons steeds die onvervalste evangelie?  Wat is tekskritiek, en hoe is die bybel - spesifiekdie nuwe testament - onder gelowiges in die eerste drie eeue na Christus versprei? Hoe is die bybel vertaal, en hoe het die evangelie behoue gebly, en het die handgeskrewe afskrifte hoofsaaklik ooreengestem?  As die bybel oorgeskryf is deur mense, kan ons daarop staatmaak dat dit 'n goeie kopie van die oorspronklike woord van God is?  Is die Heilige Gees en die openbaring van God afhanklik van menslike vertalings en oorlewering?  Vertalings is betroubaar in sovere hulle die Griekste teks volg wat die Here in sy woord gegee het. Die Here het dit so beskik en ons kan dit vandag in meeste tale kan lees en vertrou. 

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Offer van ‘n Geesvervulde Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 17, 2026 2:49 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV) Hoe sal ‘n kind grootword wanneer sy ouers van sy geboorte af spring om sy elke behoefte te vervul? Wanneer hy iets wil hê, bedien hulle dit. Wanneer hy 'n homself op die vloer neergooi en skree, paai hulle hom deur hom sy sin te gee. Watter soort volwassene dink jy sal daardie kind eendag word?Een van die dinge wat baie mense van die Christendom afskrik, is die idee dat hulle, nadat hulle God se liefde en vergifnis deur Jesus aanvaar het, nou hul eie ek moet kruisig. Jou eie ek te kruisig?! Regtig? Ek dink nie so nie! Dit klink na 'n rigiede 1950's-godsdienstigheid, en niemand wil tog teruggaan na daardie onredelike reëls en wettisisme nie.Maar kyk wat skryf die apostel Paulus aan die kerk in Rome:Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)As jy die liefde, die vreugde en die krag van God in jou lewe wil ervaar; en sy teenwoordigheid deur die vervulling van die Heilige Gees begeer, sál jy bereid wees om in gehoorsaamheid aan die God wat sy Seun, Jesus, gestuur het om jou te red, jouself as ‘n lewende offer vir Hom te gee.‘n Evangelis het eenkeer gesê: Ek het gevra vir meer van die Heilige Gees, en Hy het gevra vir meer van my.‘n Geesvervulde lewe vereis gehoorsaamheid. Ja, dis 'n offer, maar dis waar jou oorvloedige lewe in Christus begin.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Kruisgenerasie
Wie is die Heilige Gees

Kruisgenerasie

Play Episode Listen Later Mar 16, 2026


God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur God Verander

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 7, 2026 3:05 Transcription Available


Send a text2 Korintiërs 3:17-18 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. As jy sou terugkyk na hoe jy as persoon, oor die afgelope vyf of tien jaar verander het, sou jy kon aflei dat jy vandag beslis ‘n beter mens is, as wat jy destyds was?Wat beteken dit om 'n beter mens te wees? Miskien het jou selfsug plek gemaak vir vrygewigheid, jou trots vir nederigheid, jou woede vir vriendelikheid. Miskien het jy groter empatie vir ander; miskien help jy hulle, miskien vergewe jy hulle, selfs wanneer hulle dit nie verdien nie. Miskien glimlag jy meer as wat jy frons.Dit wil gedoen wees, nè? Maar dit maak nie saak hoe hard ons daaraan werk om 'n "beter mens" te word nie; is dit moeilik om diepgewortelde houdings en gedrag te verander. Dis amper soos om 'n ernstige siekte te hê en jouself te probeer dokter, in plaas daarvan om na 'n dokter toe te gaan.Daar is natuurlik 'n ander manier; daardie Dokter is Jesus. Laat die groot Geneesheer toe om die geneser van jou hart te wees. Hier is hoe die apostel Paulus dit stel:2 Korintiërs 3:17-18 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.Billy Graham verduidelik dit met hierdie woorde van wysheid: Slegs God kan ‘n mens onselfsugtige liefde vir ander gee, wanneer die Heilige Gees jou van binne verander. Dit is waarom jy Christus moet aanneem; want sonder sy Gees kan jy nooit van die kettings van selfsug, jaloesie en onverskilligheid bevry word nie. Vra jouself af: Sal ander mense Christus se liefde vandag in my lewe sien?Laat Jesus jou verander, van binne af na buite toe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Lewendewoord Centurion
01 March 2026 - Wouter van der Merwe - Vrug & Gawes van die Heilige Gees

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Mar 1, 2026 30:44


01 March 2026 - Wouter van der Merwe - Vrug & Gawes van die Heilige Gees by LWC

AGS Krugersdorp Noordkampus
Gemeenskap met die Heilige Gees | Marius Keyter | 15 Februarie 2026 | AGS Krugersdorp Noordkampus

AGS Krugersdorp Noordkampus

Play Episode Listen Later Feb 16, 2026 26:15


Tema: Gemeenskap met die Heilige Gees Prediker: Marius Keyter Datum: 15 Februarie 2026 Plek: AGS Krugersdorp Noordkampus

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit Tyd vir Huisskoonmaak

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 16, 2026 2:52 Transcription Available


Send a textPsalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.Het jy ook sulke klein ou dingetjies in jou lewe wat pla en jou sommer ongemaklik en moeg laat voel? Ek praat nie van groot en pynlike dinge wat jou lewe ontwrig nie; maar daardie gevoel van ongemak wat jou permanent gespanne en omgekrap laat voel.Neem byvoorbeeld jou slaap. Jy kan vir 'n rukkie, selfs vir jare, met onvoldoende slaap klaarkom; totdat jy op ‘n dag besef dat dit tot stres, hoë bloeddruk, selfs suikersiekte en hartsiektes bydra. En jy weet dat, tensy jy iets daaraan doen ... dit jou sal doodmaak.Dieselfde geld vir die woelinge wat in jou hart aangaan; die dinge wat emosioneel en geestelik skadelik is en die dinge wat verhoudings belemmer. Neem byvoorbeeld chroniese woede. Dink jy dis goed vir jou vrede, jou huwelik en selfs jou verhouding met God?Dawid het met die probleem van wellus geworstel. Hy het egbreuk gepleeg en selfs ‘n man laat doodmaak sodat hy die ou  se vrou in die hande kon kry. Sy lewe was op 'n afwaartse pad ... totdat hy tot sy sinne gekom het en hierdie gebed gebid het:Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.Wat is daar in jou lewe wat jou van vrede en blydskap beroof? Miskien is vandag die dag vir jou om tot jou sinne te kom. Miskien is vandag die dag vir jou om huis skoon te maak.Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastigDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Hy is Here van Maandag tot Sondag

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Feb 16, 2026 5:48


Wanneer ons verstaan dat die Heilige Gees elke faset van ons lewe deurdring, verander ons uitkyk op werk, ontspanning en selfs populêre kultuur.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 1 Februarie 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Feb 1, 2026 33:38


Lees: Spreuke 10: 22-32. Fokus: Spreuke 10: 24. Hoe om op God se spesifieke beloftes te wag. ·       In ‘n verhouding met God deur Christus, plaas die Heilige Gees baie keer sy wil as ‘n begeerte of droom in ons harte.  ·       Beweeg van geloof tot verwagting (met dade agter jou geloof), dan sal die Heilige Gees jou bonatuurlik neem tot vervulling van sy spesifieke beloftes aan jou.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Gee ‘n beskrywing van die begeertes wat God belowe om te vervul. ·       Hoe kom spesifieke beloftes van God vir jou lewe tot stand? ·       Wat is die verskil tussen glo en verwag? ·       Wat is die regte manier om op God se spesifieke beloftes te wag?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Volhard

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 27, 2026 3:02 Transcription Available


Send us a textRomeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Het jy al opgemerk hoe stadig tyd verbygaan wanneer jy swaarkry? Die res van die wêreld gaan op sy gewone drafstap voort, maar jou lewe loop in stadige-aksie – uiterste stadige- aksie, soos elke minuut op die horlosie stadig aftik. En jy weet hoe jou geduld onder daardie omstandighede baie vinnig opraak. Kan ek nie net die ‘fast forward'- knoppie druk nie? Kan ek nie net anderkant uitkom nie?Corrie ten Boom, die eerste vroulike horlosiemaker in Nederland, het 800 Jode gehelp om tydens die Tweede Wêreldoorlog uit die Nazi's se hande te ontsnap. Sy is uiteindelik in hegtenis geneem en na die Ravensbrük konsentrasiekamp gestuur. Daar is Corrie omring deur dood, siekte en ondenkbare wreedheid, maar sy het die verskriklike toestande in nederigheid en geloof in Jesus Christus verduur.Sy en haar suster Betsie, wat daar gesterf het, het saam gebid, geheime Bybelstudies gehou en die ander vroue bemoedig en gehelp. Corrie het later geskryf: Daar is geen put so diep dat God se liefde nie nog dieper is nie.Sy het nie die lyding ontsnap nie; sy het dit met geduld verduur en op God se ewige tydsberekening vertrou.Ons kan onsself nie indink in die ontsettende trauma wat sy met soveel geloof deurgemaak het nie. En tog, te midde van ons lyding op hierdie oomblik, is daardie soort kalmte, daardie soort stilte, daardie soort ongelooflike geloof, heeltemal moontlik. Nie omdat ek so sê nie, maar omdat God so sê.Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.My vriend, my gebed is dat die Heilige Gees jou nou sal vul, sodat jy bly kan wees oor die wonderlike toekoms wat God vir jou deur Christus beplan. Volhard in jou tye van swaarkry en hou vas aan die geduld wat God vir jou in jou tyd van lyding gee, sodat jy ook in jou swaarkry sal ontdek dat daar geen put so diep is, dat God se liefde nie nog dieper is nie.Wees geduldig in lyding.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Wat sê die Vers? 1 Thes 5:21

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jan 13, 2026 26:59


Wat is die tema en konteks van die boek 1 Thessalonisense?  Wat staan in die gedeelte voor die teksvers?  Gaan die vers oor die toets van lekker dinge en versoekings van die lewe, of oor die meet van die geestelike gawes van christene aan die Woord van God?  Leer die Bybel ons om die versoekings van hierdie lewe uit te toets, of om pro-aktief sonde teen te staan? Daar bestaan twee strome van dwaling oor die 1 Thessalonisense 5:21.  Een is om die ervarings en versoekings van die aardse bestaan uit te toets vir menslike genot, en die ander dwaling is oor die gawes van die Heilige Gees. Die woord was nog in verbale vorm oorgelewer en oorvertel aan die heidene in daardie tyd en konteks, en Paulus het mense vermaan om hul lewe en hul gawes aan die Woord van God te meet. Die toets en beproef van vleeslike genot is geensins die bedoeling van die teks nie, maar om sonde teen te staan, is wel.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Put Wat Nooit Opdroog Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 10, 2026 3:05 Transcription Available


Send us a textJohannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Het jy al ooit ‘n tyd van emosionele en geestelike droogte ervaar? Dis nie aangenaam nie – jy wil dit graag vermy en vertrou dat dit nooit weer sal gebeur nie. Maar dit is nie terminaal nie; jy sal jy dit oorleef, mits daardie tyd natuurlik nie vir te lank aanhou nie. Weet jy, die proses waardeur ‘n liggaam gaan wanneer dit nie genoeg vloeistof kry nie, illustreer die proses baie duidelik. Jy is dors, jy smag na iets om te drink, maar indien dit nie vir te lank aanhou nie, sal jy oukei wees. Maar wat sal gebeur as dit wél lank aanhou? Wat dan?Kom ons kyk hoe werk dit: Jou mond word droog, jou lippe kraak, en binnekort neem jou bloed se volume (wat meestal water is) af. Die volgende stap is dat jou bloed verdik; jou sirkulasie verstadig, en dan plaas dit ‘n groter las op jou hart.Binnekort neem die breinfunksie af, die nierfunksie versleg en jou liggaam oorverhit ... en so gaan dit aan totdat orgaanversaking intree en dan is die skrif aan die muur; en dít alles weens 'n gebrek aan vloeistof!Jesus het 'n Samaritaanse vrou by 'n put ontmoet en water as 'n geestelike metafoor gebruik. Hy sê die volgende vir haar:Johannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”Jesus wys hier dat wanneer ons na Hom toe kom; wanneer ons in 'n ryk, dinamiese verhouding met Hom tree, ons nooit weer emosioneel of geestelik dors of droog hoef te wees nie. Die water wat Jesus gee, sy Heilige Gees, is lewende water, borrelende water, water wat die ewige lewe bring. Gaan na Hom toe om jou te vul met sy geestelike water.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jan 4, 2026 49:42


Sien Reg met 'n Hart vol van Sy Lig Reeks #2 Goddelike Visualisering Ek is partykeer opreg verbaas hoe verskillend mense dieselfde ding kan sien—Sommige mense sien onmiddellik moeilikheid en gevaar in elke idee. Dis asof hulle innerlike alarmstelsel permanent op “rooi” staan: Wat kan verkeerd gaan? Waar is die strik? Ander is weer só ingestel op mense dat hulle elke sinsnede ontleed met agterdog—soos 'n privaat speurder wat altyd 'n “bedekte agenda” soek. In hulle wêreld het almal 'n motief om jou skade te doen; elkeen soek glo sy eie gewin. Hoe jy die lewe sien, bepaal hoe jy die lewe leef. In Mat 6:22-23 leer Jesus ons om reg te sien, met die oë van die hart wat skoon gewas is in Sy heerlike LIG!! Mag ons liefdevolle geestelike oogarts Jesus Christus ons sig kom aanraak en Heilige Gees oogdruppels ingooi in ons oë sodat ons kan sien soos Hy sien! Notas: https://www.harvestercederberg.co.za/sien-reg-met-n-hart-vol-van-sy-lig/

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a textMatteus 1:19-21,24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” …Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. Daar word deesdae baie oor manlikheid gepraat en geskryf, en in baie kringe word daarmee gespot. ‘n Mens wonder selfs of mans steeds veronderstel is om manlik te wees? Is dit 'n goeie ding, of 'n slegte ding? Wel, dit hang af...Mans is heeltemal anders as vroue gebou. Hulle is nie slegs fisies sterker nie, maar word ook tradisioneel gesien as beskermers en voorsieners. Wanneer mans verantwoordelik optree, is manlikheid baie positief vir die samelewing as geheel, en vir hul vrouens en gesinne, in die besonder.As ons van gesinne praat – diegene van julle wat mans is – verbeel julle julle is verloof aan die vrou van julle drome, en skielik ontdek jy sy is swanger … met iemand anders se kindjie. Om sake te vererger, gee sy vir jou 'n ongelooflike storie oor "die Heilige Gees wat dit gedoen het." Wat doen dit aan enige man se manlike ego?Matteus 1: 19-21 en vers 24 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” …Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou.Weet jy wat dink ek? Ek dink dat Josef se onwrikbare gehoorsaamheid, om by Maria te bly, ten spyte van die skande en skinderstories, een van die mees manlike dade in die hele geskiedenis is. Hy het gedoen wat die Here se engel hom beveel het om te doen.Wat ‘n wonderlike getuienis!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Herskep in die Wildernis

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 6, 2025 2:47 Transcription Available


Send us a textLukas 4:14-15 Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat. Dit voel party dae asof jou swaarkry vir ewig gaan aanhou en nooit gaan ophou nie. Jy sien geen hoop op ‘n uitkoms of selfs verligting van jou situasie nie. Die druk is so groot dat jy vir jouself sê: Dis ondraaglik. Ek kan nie voortgaan nie! Wanneer gaan dit eendag eindig?Diamante, wat wêreldwyd baie werd is, word sowat 190 kilometer onder die oppervlak, diep binne-in die aarde se maag gevorm. Dit gebeur gedurende 'n ontsettende stadige proses onder enorme druk en hoë temperature – ons praat van 60 000 keer atmosferiese druk, en 1 300 grade Celsius.Die diamante word uiteindelik deur vulkaniese uitbarstings deur kimberlietpype na die oppervlak gevoer, waar dit ontgin en as kosbare minerale verkoop kan word.Gister het ons gesien hoe God Jesus in die woestyn “uitgegooi” het – dit was sy besluit om dit aan sy geliefde Seun te doen!Lukas 4:14-15 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.Nadat Jesus die veertig dae van daardie verskriklike tyd van hitte en die druk van satan oorleef het, het daar wonderlike dinge met Hom gebeur.Hy het in sy openbare bediening met die krag van die Heilige Gees begin.Dit lyk asof God se gewoonte is om sy allerbeste – of dit nou 'n diamant of 'n karakter is – onder hitte en druk te vorm. En wanneer jy in daardie woestyn is, gaan die tyd teen 'n ondraaglik stadige tempo verby. Maar hou moed, werk saam met God, en jy sal met die krag van die Heilige Gees anderkant uitkom.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit is My Geliefde Seun

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 2:58


Send us a textMarkus 1:12-13 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg Jy weet hoe dit gaan. Ons weet dat die lewe sy hoogte- en laagtepunte het, sy stampe en kneusplekke, en dan is daar ook af en toe ‘n haakhou teen die kop. En tog, diep binne-in, hoop ons, verwag ons eintlik, dat dit baie makliker vir ons sal word. Ons is immers spesiaal, of hoe? Natuurlik dink ons elkeen dat ons spesiaal is. Daardie slegte dinge behoort nie met ons te gebeur nie! En tog gebeur dit.Dis moeilik om iemand meer spesiaal as Jesus, God se geliefde Seun, voor te stel. Kyk net na wat gebeur met sy doop.Lukas 3:21-22 Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”Dit het beslis nie by my doop gebeur nie. Het dit by joune gebeur? Nee, ek het nie so gedink nie! Maar kyk wat gebeur onmiddellik daarna met Jesus ...Markus 1:12-13 ... Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.Die woord: “weggevat” in die oorspronklike Grieks sê eintlik dat die Heilige Gees Jesus die woestyn “ingegooi” het. Stel jou voor, Jesus was daar alleen; “gegooi” om veertig dae lank honger te ly en om deur die duiwel versoek te word. Die duiwel versoek Hom om die handdoek in te gooi en hóm te gehoorsaam.As Jesus deur die duiwel versoek kon word, kan dit mos maklik met ons ook gebeur. God sal ons geloof in Hom toets ... en as ons Hom toelaat, sal Hy ons aan die anderkant, sterker en nader aan Hom, uitbring.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Wat sê die vers? Handelinge 2:38

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 25, 2025 32:53


Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees?  Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet 'n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Die Gees vul jou met krag, liefde en selfbeheersing

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 5:03


Waar jou krag ophou, begin die Heilige Gees se krag.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer die Bose Jou Aanval (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 3:07 Transcription Available


Send us a textHandelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Dit lyk asof mense deesdae glo dat hoe harder hulle skree, hoe meer sal hulle gehoor word; al is hulle in die minderheid, en al lê selfs dít wat hulle verkondig, êrens tussen waansin en ekstremisme. Maar die ergste is dat wanneer hulle nie met jou saamstem nie, wil hulle jou stilmaak, jou opsy stoot en jou invloed in die gemeenskap afsny. En dis ongelooflik intimiderend.In baie dele van die wêreld het dit onaanvaarbaar geword om te sê dat 'n man 'n man is en 'n vrou 'n vrou. Hoe mal dit ook al mag lyk; daardie eenvoudige stelling, van die duidelik voor die hand liggende waarheid, word deur sommige (slegs deur 'n paar, maar steeds deur sommige) as bevooroordeeld en aanstootlik beskou.En so kan die gemiddelde Jan Alleman geïntimideerd voel om op te staan; om die waarheid te praat. Sy natuurlike reaksie sal dan wees om hom van gesprekke wat saak maak, te onttrek.Daardie vervolging, watter vorm dit ook al mag aanneem (en ek het hier slegs een voorbeeld gebruik) gebeur al sedert die vroegste tye. Vroeë Christene het verskriklike vervolging gely. So hoe het hulle gereageer? Het hulle teruggetrek? Nee. Hulle het gebid. Hier is wat hulle gebid het:Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.Daardie vroeë Christene het nie teruggedeins voor vervolging nie. Hulle het gebid. Hulle het gebid dat God hulle sal help om sonder vrees die Goeie Nuus te deel. Hulle het gebid dat God se krag in hulle en deur hulle sal werk.Wanneer jy geïntimideerd voel, is die antwoord om te bid. En onthou altyd: die Een wat in jou is, is groter as die een wat in die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Wat sê die vers? Kolossense 1:15

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 25:53


Wat word regtig bedoel met Kolossense 1:15 - "Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …"?  En wat is die algemene waninterpretasies van groepe soos die Jehova getuies en die Moslems oor die person van Jesus Christus?  Is Hy net die beeld van God, en is Hy die letterlike eersgebore van die skepping soos ons dit vleeslik sal voorhou?  Is Hy 'n skepsel, of is Hy God, en een met God en die Heilige Gees?  Wat was die Kolossense konteks en misleiding?  Hoe verstaan mense die woord "eersgeborene" verkeerd?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Jou Geloof Ondermyn Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 8, 2025 2:51 Transcription Available


Send us a text1 Petrus1:14,15 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Tensy jy een van daardie geseënde mense is, wat nooit nodig gehad het om oor hul gewig te bekommer nie, is die kanse goed dat jy al baie diëte probeer het. Maar hoe maklik is dit om al jou pogings te kelder deur terug te val in jou ou eetgewoontes?Markus Antonius was tydens die 1ste eeu v.C. ‘n bekwame Romeinse generaal en politikus. Hy het Rome probeer regeer, maar die verleidelike Cleopatra het hom laat struikel. In plaas daarvan om op sy politieke en militêre strategieë te fokus, het hy so in sy liefdesverhouding verstrengel geraak dat hy plesier en persoonlike bevrediging bo plig gestel het.Daardie obsessie het tot swak besluite gelei. By die Slag van Actium in 31 v.C. het hy sy vloot verlaat om Cleopatra te volg en so sy nederlaag verseël. Ja, hulle sê die versoeking van liefde en luuksheid het hom uiteindelik beide sy mag en sy lewe gekos.Versoeking is so oud soos die berge, nè, en ongetwyfeld iets waarmee ons onsself kan vereenselwig. Ja, daar was tye in ons lewens waar versoekings ons beste pogings ondermyn het.En dis iets waarvan God maar alte bewus van is. So, die antwoord is om die Heilige Gees te vra om jou te beskerm teen enige versoekings wat op hierdie oomblik aan jou hakskene hap:1 Petrus 1:14,15 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.Moenie dat die versoekings uit jou verlede jou nuwe lewe as kind van God ondermyn nie. Ruk jouself reg! Gehoorsaam Hom en moenie terugval na die manier waarop jy voorheen geleef het nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.86 (05.11.25) - (Afr.) - Bou jouself op in jou allerheiligste geloof

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 3:32


Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is. (Jud. 1:20-23 Afrikaans OV)

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Oct 19, 2025 30:10


Lees: Eks 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2).  ·       Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder geveg teen die Amalekiete. ·       Wat jy glo kom uit in jou optrede. As jy iets glo, sal jy dit ook doen. As jy nie doen nie, is jou geloof maar net wensdenkery. ·       Ons mense kan alleen waarlik deur die geloof lewe as die Heilige Gees ons die krag gee. ·       Omdat Jesus nooit verander nie en vir ewig dieselfde is (Heb 13:7-8), is Hy die enigste egte voorwerp van ons geloof. ·       Jy ontvang ‘n lewe van oorwinning as jy deur die geloof lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? ·       Wat is die 2 kenmerke van ‘n opregte lewe deur die geloof? ·       Wat is die verskil tussen wensdenkery en opregte geloof? ·       Wat is die toets vir opregte geloof? ·       Hoekom is Jesus die enigste egte voorwerp van ons geloof?

HRCO Potgooi Preke
Herlewing-'n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike Welsyn

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Sep 28, 2025 35:32


Herlewing—'n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike WelsynHERLEWING, VERNUWING, TRANSFORMASIE, VERANDERING, NUWE LEWE! Ons hoor gerugte en getuienisse van HERLEWING regoor die aarde, soos mense terugkeer na die Here toe!! Ons vervang die TEENWOORDIGHEID en INSPRAAK van die Heilige Gees so maklik met videogrepe, prentjies en inspirerende woorde hier en daar… terwyl Hy wag om ons TE VUL met Sy HEERLIKHEID! “Lord Whatever You're doingIn this seasonPlease Don't do it without medo it without me”Herlewing is nooit net 'n emosionele hoogtepunt of 'n kerkdiens wat langer aanhou nie. Dit is 'n kollektiewe openbaring—'n hele gemeenskap wat die erns van sonde erken, in berou terugkeer, en weer die ou paaie van toewyding aan God begin loop.Notas: www.harvestercederberg.co.za/herlewing-n-godgesentreerde-raamwerk-vir-ware-menslike-welsyn/Let us pray that He would find us WORTHY to impart His glory and grace as we empty ourselves to be filled with His Glory. #herlewing #vernuwing #nuwedinge #nuwelewe #ontwaking #transformasie #ingryping

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 8, 2025 32:54


"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....".  Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om 'n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?

HRCO Potgooi Preke
In verbondenheid met Christus

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Mar 30, 2025 50:59


“Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur 'n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.” “Die uitdrukking ‘in Christus', ‘deur Christus' of ‘met Christus' verskyn meer as 160 keer in die Nuwe Testament — dit is nie bloot 'n teologiese frase nie, maar die absolute kern van die evangelie, die goeie nuus self! Mag die Heilige Gees hierdie heilige geheimenis diep in ons harte, denke, bewussyn en lewensstyl inkerf en anker, sodat ons vas en standvastig kan leef — selfs te midde van 'n wêreld wat al hoe meer onstuimig en donker word.” Notas

Radio Scriptura
Nuwe gelowiges: Wedergeboorte

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 38:26


Wat kom eerste:  geloof of wedergeboorte? Is dit noodsaaklik om wedergeboorte, herskepping, nuutskepping of dan bekering te ondersoek en te beleef om 'n christen te wees? Hoe kan ons die koninkryk van God binnegaan en die geestelike beërf?  Wat is die manier waarop ons wedergebore word?  Kan ons dit deur eie vermoë, intellek of deur werke bereik?  Wie se werk is die wedergeboorte dan, en hoe kry mens die Heilige Gees?  Is die effek van wedergeboorte dalk 'n groot stryd in jou hart?  Wat is die vrug van die wonderwerk in jou? 

Thought For Today
The Holy Spirit

Thought For Today

Play Episode Listen Later Oct 27, 2024 3:14


I greet you in Jesus' precious name! It is Sunday morning, the 27th of October, 2024, and this is your friend, Angus Buchan, with a thought for today. We start in the Book of Proverbs 18:24: “But there is a friend who sticks closer than a brother.” You don't have to be lonely today. Then we go straight to the New Testament to the Gospel of John 16:7, and this is the Lord Jesus speaking to His disciples. He says: “Nevertheless I tell you the truth. It is to your advantage that I go away; for if I do not go away, the Helper will not come to you; but if I depart, I will send Him to you.” The Lord Jesus is talking about the Holy Spirit.I want to say to you this morning if you are feeling lonely or if you are feeling fearful, you have got a huge task on your hands next week and you just don't know what to do, call upon the Holy Spirit. You know, so often we talk about our Heavenly Father, we talk about the Lord Jesus Christ, our best friend, but we don't always talk about the Holy Spirit, and I want to tell you, He is part of the Holy Trinity, and we cannot do it without Him, believe me! Whenever I stand on that platform and I look out on that sea of faces, I say, “Lord, Holy Spirit, please help me because I can't do this.” And He does, every single time. In Zulu, we call Him, “Umoya oNgcwele”. Umoya oNgcwele - the Spirit who lives within us. Isn't that beautiful? In Afrikaans, we say, “Heilige Gees”, He is my Friend, He is my Helper. The Greeks call Him, Paráklētos which means The Helper.I want to say to you today, we need to call upon Him, we need to love Him, we need to speak to Him because He wants to speak to you. Do you remember that beautiful chorus, “Spirit of the Living God fall afresh on me”? Why don't you sing it with me?Spirit of the Living God,Fall afresh on me,Spirit of the Living God,Fall afresh on me.Break me, melt me, mould me, fill me.Spirit of the Living God,Fall afresh on me.God bless you and have a lovely day,Goodbye.

Radio Scriptura
Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jun 3, 2024 43:34


Wie is die belangrikste persoon in die huwelik tussen man en vrou?  As Christus dus die hooffokus in die christen se huwelik is, hoe behandel ek my huweliksmaat ter wille van Christus?  Kan christene werklik die rolle van onderskeidelik man en vrou in die huwelik vervul, indien ons nie beide ook gevul is met die Heilige Gees nie?  Hoe is ons veronderstel om mekaar binne die huwelik te dien, sodat dit kan getuig van die selfopofferende liefde wat Christus vir Sy bruid, die kerk, het?

Radio Scriptura
Hemelvaart

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later May 14, 2024 30:41


Watter nut en getuienis het die hemelvaart van Christus vir ons?  Wie is ons voorspraak by die Vader?  Wie was die volmaakte, eenmalige offer en die eens en vir altyd offer?  Wie regeer nou, of is Jesus se werk nou verby?  Het Jesus al die Ou Testamentiese beloftes vervul?  Hoe werklik is die waarbord en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe?  Watter impak het die wete dat jy deel is van die bruid van Christus op jou lewe, en hoe impakteer dit die kerk? Leef ons vanuit die evangelie, of leef ons net vir hierdie lewe?