Podcasts about heilige gees

  • 63PODCASTS
  • 551EPISODES
  • 23mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Jul 13, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about heilige gees

Show all podcasts related to heilige gees

Latest podcast episodes about heilige gees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textHandelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Ons leef vandag in ‘n wêreld vol van soveel leë beloftes. Jy kan nie eers vyf minute aanlyn spandeer sonder dat die een of ander advertensie opduik wat die een of ander wonderwerkende produk adverteer nie. Meestal is dit net baie lawaai, maar wanneer jy gedaan is – soos wat ons al te dikwels in hierdie vinnige wêreld is – kan hulle maklik jou met hulle beloftes oortuig en mislei.So in plaas daarvan, gaan ek vandag iets met jou deel, iets wat waar is, iets wat nooit sal misluk nie, iets wat ‘n ryk, oorvloedige lewe bring. Ná Jesus se dood en opstanding het sy dissipels na 'n hemelse oplossing vir hulle wêreldse probleem gesoek. Hulle wou hê dat Jesus hulle uit die Romeinse beheer bevry.Handelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.In beide die Ou Testament (in Hebreeus) en die Nuwe Testament (in Grieks) beteken die woorde vir “die Heilige Gees” basies 'n rukwind, 'n asem … die asem van die lewe.God kan besluit om jou omstandighede te verander. Dit hang net van Hom af. Maar wanneer jy Jesus volg, wanneer jy een van sy dissipels word, sal Hy jou met sy asem vul, met sy Gees. En dié krag sal jou bemagtig en jou die krag gee om ander van Hom te vertel. Heilige Gees Krag.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textHandelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Dit slaan my voete onder my uit wanneer iemand van wie jy dit nie in jou wildste drome verwag nie, iets briljants doen; iets heeltemal onverwags; iets wat niemand kon voorspel nie. Stem jy saam?Toe Susan Boyle in 2009 op die verhoog van die TV-program, "Britain's Got Talent" verskyn, het die gehoor gesug en hul oë gerol. Sy het eienaardig gelyk en eintlik nogal vreemd opgetree. Toe sy vir die beoordelaars sê sy wil 'n bekende sangeres word, het mense gegiggel.Maar, my mens, toe daardie tannie haar mond oopmaak en “I Dreamed a Dream” uit Les Misérables sing, het die gehoor en die beoordelaars ‘n ander deuntjie gesing. Sy het dit soos 'n superster gesing. Die nuus van haar optrede het soos ‘n veldbrand versprei, en meer as 600 miljoen mense het reeds haar optrede op YouTube gekyk. Absoluut merkwaardig!Net so het niemand ooit verwag dat 'n uiteenlopende, ongeletterde klomp vissermanne en tollenaars veel sou bereik, nadat hulle vir drie jaar lank in die geselskap van 'n skrynwerker gesien is nie. Maar Jesus het 'n plan vir hulle gehad wat groter was as enigiets wat enigiemand ooit sou kon dink. Voordat Hy hulle 'n laaste keer uitgestuur het, het Hy vir hulle gesê:Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”Dit is presies wat gebeur het. Hulle het in die krag van die Heilige Gees uitgegaan en die Evangelie verkondig. Volgens skatting is daar agt tot tien biljoen mense in die tweeduisend jaar sedertdien, wat hul harte vir Jesus gegee het.Jy is dalk net 'n gewone, onbelangrike persoon. Miskien dink ander mense selfs dat jy 'n bietjie eienaardig is. Miskien verwag hulle nie dat jy veel in die lewe sal bereik nie.Maar hulle sal verbysterd wees wanneer die Heilige Gees oor jou kom en jou krag gee. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Stop! Hou op om ‘n Beter Persoon te Wees

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 5, 2025 3:11


Send us a textGalasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Deur die jare het dit my ongelooflik baie gefrustreer, dat hoe harder ek probeer het om my eie ingewortelde karakterfoute te hanteer (en ons almal het foute) dat ek nie in staat was om ‘n enkele een daarvan op my eie te verander nie. Ai, jy kan nie dink hoe dit my ontstel het nie! Kry jy dit reg om jou karakterfoute reg te stel?Tydens die 16de eeu het die seerower, Grace O'Malley, die Ierse See geterroriseer. Hierdie dame was bekend vir haar wreedheid en het 'n vloot aangevoer wat skepe en selfs nedersettings aan die kus geplunder het.Maar haar lewe het 'n dramatiese wending geneem na 'n baie interessante ontmoeting met Engeland se koningin Elizabeth I. Tydens 'n persoonlike ontmoeting, het O'Malley se intelligensie en felle onafhanklikheid die koningin so beïndruk, dat sy 'n koninklike kwytskelding aan hierdie gevaarlike seerower se seun uitgereik het.Hierdie ontmoeting het O'Malley se hart versag. Haar lewe het heeltemal verander, sy het ‘n nuwe koers ingeslaan; haar fokus het verskuif van flagrante wetteloosheid, en van die plundering van haar mense, na die beskerming van hulle. Dit was werklik 'n merkwaardige ommeswaai.Maar niks daarvan sou gebeur het sonder daardie persoonlike ontmoeting met die koningin nie.Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.Ons kan aan ons gebreke werk totdat die perde horings kry, maar weet jy, die werklike verandering, blywende verandering gebeur amper nooit nie. Maar wanneer ons 'n ware ontmoeting met Jesus, die Koning van die konings het, plaas Hy sy Gees - die Heilige Gees - in ons en Hy is die een wat die vrug voortbring, die merkwaardige ommeswaai waarna ons nog altyd gesmag het.En dis nie eers teen die wet nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a text2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo het; dít wat ons altyd as onwrikbaar waar beskou het. Ja, die dinge wat in die verlede regtig vir ons saak gemaak het, word verdring deur die dinge wat vandag soveel druk op ons plaas.In die vroeë 17de eeu was die Nederlandse matroos Pieter van der Linde en 'n paar van sy bemanningslede tydens 'n storm van die vloot geskei. Omdat hulle gedink het dat hulle naby die kus was, het hulle voortgeseil en nie besef dat hulle verder van die land af beweeg het nie. Hulle het dae lank op beperkte voorraad oorleef en gedink dat iemand hulle sal red, of dat hulle by die land sal uitkom. Hulle het eers, toe 'n Portugese vaartuig hulle opgemerk en gered het, besef in watter gevaarlike situasie hulle was.Dit was nie so ongewoon om tydens die sogenaamde 'Eeu van Ontdekkingsreise' te verdwaal nie. Die probleem was dat die matrose dikwels nie besef het hoe verlore hulle was, totdat hulle gered is nie. En dieselfde ding kan met ons gebeur. 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is ongelooflik dat wanneer ons onbewustelik ver weggedryf het, dat ons eers dán besef dat ons besig is om op karige rantsoene te oorleef. Eers dan weet ons dat ons dors na … Jesus, om ons deur die Heilige Gees te red. Miskien is dit selfs wat tans besig is om met jou te gebeur?Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

lewendewoordmidrand
29 Junie | Jou Verhouding met die Heilige Gees | Hallo Kerk Centurion - Mark Hodgetts

lewendewoordmidrand

Play Episode Listen Later Jul 1, 2025 43:46


29 Junie | Jou Verhouding met die Heilige Gees | Hallo Kerk Centurion - Mark Hodgetts by Hallo Kerk

God se Woord VARS vir jou Vandag
Nie Genadig of Beeldskoon Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 1, 2025 3:05


Send us a textHandelinge 5:1-6 Maar daar was ook 'n sekere man, Ananias, en sy vrou, Saffira, wat 'n eiendom verkoop het. Met die medewete van sy vrou het hy van die verkoopprys vir hulleself agtergehou en net 'n gedeelte daarvan gebring en vir die apostels gegee. Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? Die grond was mos joune, en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie maar vir God. ”Toe Ananias dit hoor, het hy dood neergeval; en al die ander wat dit gehoor het, het baie bang geword. 'n Paar van die jonges het nader gekom, hom toegedraai en gaan begrawe. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf daar elke jaar ongeveer 1,2 miljoen mense wêreldwyd in padongelukke en baie meer doen ernstige beserings op.'n Egpaar, Ananias en Saffira, lidmate van die vroeë kerk het 'n noodlottige ongeluk gehad. Nee my vriend, nie ‘n motorongeluk nie, maar ‘n ongelukkige ou leuentjie wat beslis noodlottig was! Handelinge 5:1-6 Maar daar was ook 'n sekere man, Ananias, en sy vrou, Saffira, wat 'n eiendom verkoop het. Met die medewete van sy vrou het hy van die verkoopprys vir hulleself agtergehou en net 'n gedeelte daarvan gebring en vir die apostels gegee. Petrus sê toe vir hom: “Ananias, hoekom het jy jou deur die Satan laat omhaal om vir die Heilige Gees te lieg en van die verkoopprys van die grond vir jouself agter te hou? Die grond was mos joune, en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Wat het jou besiel om dit te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie maar vir God. ”Toe Ananias dit hoor, het hy dood neergeval; en al die ander wat dit gehoor het, het baie bang geword. 'n Paar van die jonges het nader gekom, hom toegedraai en gaan begrawe.Kyk nou net wat met Ananias gebeur het. Dis nogal snaaks, want sy naam beteken “God is genadig.” As jy verder lees, sien jy dat dieselfde lot vir Saffira, wat "mooi" beteken, tref. Maar daar was niks genadig of mooi in hul bedrieglike gedrag nie.Waarom was God so ongenadig teenoor hulle? As ons hulle gedrag vergelyk met ander mense wat hulself deur die eeue baie slegter gedra het en dit oorleef het, kan ons dit nie verstaan nie. Maar, hier is ‘n ernstige waarskuwing: God is 'n God van genade en barmhartigheid, maar moenie speletjies met God se genade speel nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
In Daardie Gevaarlike Geheime Oomblikke

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 20, 2025 3:14


Send us a textRomeine 13:13-14 Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronkwordpartytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie. Nee, soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. (NLV) Ons kom almal voor versoekings in die lewe te staan. Al trek mense deesdae op ‘n ander wyse die lyn tussen reg en verkeerd, bly reg steeds reg, en op die ou end is verkeerd steeds verkeerd. So hoe reageer jy op versoeking?Augustinus van Hippo, wat gedurende die 4de en 5de eeue nC geleef het, was een van die invloedrykste Christelike teoloë in die geskiedenis. Maar voor sy bekering het hy 'n lewe gelei wat gekenmerk is deur sy deelname aan uitspattige wêreldse plesier. Hy het jare lank gesukkel om van onsedelikheid en die sogenaamde ‘begeertes van die vlees' genees te word en dit baie moeilik gevind om sy ou weë te laat vaar.Die keerpunt het egter in 'n tuin in Milaan gekom, toe Augustinus 'n kinderstem hoor sing het: "Neem dit en lees." Hy het dit as 'n goddelike opdrag beskou en die Bybel oopgemaak en op hierdie gedeelte afgekom: Romeine 13:13-14 Ons moet ordentlik lewe sodat dit die toets van die daglig kan deurstaan. Ons moet nie betrokke wees by wilde en dronkwordpartytjies, by seksuele en losbandige uitspattigheid, of onenigheid of afgunstigheid nie. Nee, soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. (NLV)Daardie verse het Augustinus diep getref. Hy het summier sy huidige lewenstyl verwerp; hy is gedoop en het besluit om Jesus met sy hele hart te volg. Tot vandag toe vorm sy geskrifte ‘n baie belangrike rol in die Christendom. Hoe ons op die ou end in daardie verborge oomblikke op versoekings reageer, is wat die res van ons lewens sal vorm. En weet jy dat daar soveel wysheid in God se Woord is; wysheid waardeur die krag van die Heilige Gees werk om mense totaal te verander....soos 'n mens jou klere aantrek, moet julle die Here Jesus Christus “aantrek”, en nie 'n duimbreedte toegee aan die begeertes van julle sondige natuur nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Lewendewoord Centurion
15 Junie 2025 - Wouter van der Merwe - Die Vader gee vir ons die Heilige Gees

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Jun 15, 2025 31:06


15 Junie 2025 - Wouter van der Merwe - Die Vader gee vir ons die Heilige Gees by LWC

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textHandelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy vir hulle sondes gesterf het en weer opgestaan het, besig is toe te neem.Nouja, miskien dink jy dat hierdie idee van ‘n toenemende gety van vervolging jou nie raak nie. Die lewe is goed, die wêreld gaan aan; hoekom praat Berni dan hieroor?In 2023 het Geopende Deure ('n bediening aan vervolgde Christene) berig dat meer as 360 miljoen Christene weens hul geloof, hoë vlakke van vervolging en diskriminasie - insluitend geweld, tronkstraf, verlies van eiendom en sosiale uitsluiting - ervaar.In daardie selfde jaar is die aantal Christene wat vir hul geloof vermoor is, op meer as 5 000 geskat - 'n effense afname van vorige jare; maar dit wys ons dat geweld teen Christene steeds ‘n werklikheid is.Gister het ons gesien hoe sommige eerste-eeuse Christene, onder leiding van Petrus en Johannes, gereageer het op die vervolging wat hulle ly. Hulle het gebid vir vrymoedigheid om voort te gaan om mense van Jesus te vertel, en vir God gevra om hulle ook wonders te laat doen om mense van sy krag te oortuig. So … wat het op die ou end gebeur? Hoe het God gereageer?Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.God het hulle gebed verhoor. Hy het die aarde geskud. Hy het hulle met sy Heilige Gees vervul. Hy het hulle presies gegee waarvoor hulle gevra het – die vrymoedigheid om die Woord van God in die openbaar te verkondig.Daar is net een soort gebed waarvan die Bybel ons leer – die soort wat kragtige resultate het. So wanneer jy dalk vervolging in die gesig staar … bid vir vrymoedigheid en weet dat ons getroue God hoor!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Krag wanneer jy Vervolg Word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 9, 2025 2:58


Send us a textHandelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. Dit is nie lekker as mense nie met jou saamstem nie. Maar wanneer hulle jou vervolg of veroordeel as gevolg van jou oortuigings, is dit ‘n heel ander saak. Dit is net menslik om ontsteld, verneder, teleurgesteld en verslae te voel as mense jou op dié wyse behandel. Maar ons lees in die Bybel dat die vervolging nog baie erger gaan word.Die vervolging van minderhede vind al eeue lank plaas. Kyk na die Joodse nasie. Deur hul geskiedenis, van die antieke tyd tot die slagting van die twintigste eeu, tot die hedendaagse konflik waarmee hulle te kampe het, het hul vyande nog altyd probeer om hulle van die aarde af te vee. Weet jy dat meer Christene in die afgelope eeu gemartel is as in die vorige negentien eeue saam?  Destyds is die apostels Petrus en Johannes gearresteer en gedreig omdat hulle mense van Jesus vertel het.Handelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.Maar hoe het hulle op die vervolging gereageer? Het hulle teruggedeins; het hulle dinge gelate aanvaar en het hulle hul klere geskeur? Nee! Hulle het hul stemme verhef om God se heerskappy oor hul vyand te verkondig. Halleluja. Ons Koning regeer!Mense kan jou dalk vervolg omdat jy in Jesus glo. Wanneer dit gebeur, praat met God, vertrou Hom, verkondig sy magtige Naam.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Is die Heilige Gees welkom in jou lewe?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 6, 2025 4:31


Hy het vir ons ʼn ander Voorspraak gestuur, maar wat doen ons ná Pinkster met daardie belofte?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Liggaam is ‘n Tempel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 6, 2025 2:52


Send us a text1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed 'n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) Vandag … gaan ons gesels oor, 'n baie aktuele onderwerp. Ja, dis reg: dis onsedelikheid; seksuele onsedelikheid. Wanneer dit kom by sieninge oor die uitdrukking van intimiteit, is daar twee teenoorgestelde pole. Aan die eenkant van die spektrum, gaan dit oor die begeerte om goed te voel. Aan die anderkant, miskien die ‘godsdienstige kant,' as ons dit so kan noem, is daar 'n paar baie spesifieke morele sienings oor getrouheid en gesinswaardes. Aan watter kant van die spektrum sit jy?Heelwat historici en morele filosowe sal argumenteer dat daar bewys is dat onsedelikheid tot die agteruitgang van beskawings lei, en die val van die magtige Romeinse ryk as 'n uitstekende voorbeeld gebruik. Maar ons weet almal dat vroue en kinders ongelukkig die slagoffers van onsedelikheid is; hulle kom die slegste daarvan af.Kyk, ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar ek is 'n redelike eenvoudige ou: Een man en een vrou in 'n liefdevolle, lewenslange verhouding van intimiteit, lyk vir my of dit die perfekte basis vorm vir 'n stabiele samelewing waarin kinders geliefd en gekoester word. Ek weet, baie mense sal my siening bevraagteken. Dis goed. En ek is die eerste een wat sal saamstem dat die stelsel deur die eeue ver van perfek was.Maar wat jou siening ook al is; moet ek vandag hierdie versies aanhaal:1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed 'n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Moenie wag vir die Heilige Gees nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 6, 2025 5:01


Die Heilige Gees is reeds by en in jou. Moenie wag vir Hom nie; Hy wag vir jou om te gaan doen waarvoor Hy jou bekwaam.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Gewone mense maar buitengewone werke

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 5, 2025 3:34


“Groter werke sal julle doen,” het Jesus gesê. Hoe is dit moontlik, en waarom leef so min gelowiges in daardie werklikheid? Ontdek die verrassende krag van die Heilige Gees in gewone mense se lewens.

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.42 (04.06.25) - (Afr.) - Laat jou voete loop!

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jun 4, 2025 3:20


Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! (Rom. 10:13-15)Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. (Matt. 28:19)

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oggend Oordenking - 2 Junie 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Jun 1, 2025 3:46


Ons dink na oor die uitstorting van die Heilige Gees en die vrug wat die Gees in ons lewens bewerk. In hierdie episode dink ons na oor die liefde as eienskap van die vrug van die Gees as eerste eienskap van die vrug waaruit al die ander eienskappe vloei. 

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wees die lig

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 12, 2025 4:17


Is dit nie so dat die krag van die Heilige Gees die gewaande krag van die duiwel heeltemal oorskadu nie?

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.34 (07.05.25) - (Afr.) - Almal, beteken ALMAL...

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later May 7, 2025 3:30


Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. (2 Pet. 3:9)Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  (Matt. 28:19)En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe. (Joh. 12:32-33)Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak. (Jer. 1:5)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie ‘n Onmiddellike Reaksie Verwag Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 3, 2025 3:17


Send us a textMatteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Jy kan vir ‘n KI-rekenaar 'n vraag vra, en binne enkele sekondes sal dit sulke deeglike navorsing doen en met die antwoorde te voorskyn kom, wat jou destyds ure se naslaan in 'n biblioteek sou geneem het. Ons is so bederf daardeur, dat ons deesdae dink mense moet net so blitsig die regte antwoorde hê.Ek het onlangs met my vriend, Dave, wat op sy eie besig is om ‘n kamer by sy huis aan te bou, gesels. Een van die redes waarom hy dit geniet om te bou, het hy gesê, is die onmiddellike terugvoer. Dit neem ‘n paar uur en daar staan 'n muur waar daar voorheen niks was nie. Nog 'n paar uur later en 'n venster gaan in. Hy kan terugstaan en met trots kyk wat hy gebou het.Maar my vriend 'n pastoor belê in mense; jy belê en jy belê; sommige mense sal jou deur die gesig klap, maar jy belê steeds, en jy sal dalk vir maande, selfs jare ... nooit verandering sien nie! Ek bewonder daardie geduld en liefde.Wie is die mense in wie se lewe God jou geroep het om te belê? Hoe geduldig is jy met hulle? Hoe maklik verloor jy moed? Net voordat Hy na die hemel opgevaar het, het Jesus vir sy dissipels gesê...Matteus 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”Om mense dissipels van die Here Jesus te maak en hulle te leer om gehoorsaam te wees aan Hom is baie belangrike, maar harde werk. Moenie moed verloor met daardie een moeilike persoon in jou lewe, wat lyk asof hy nooit gaan reageer nie. Wanneer jy dit vergelyk met KI-werk, waar jy onmiddellike oplossings vir probleme kry, kan jy jou regmaak vir die feit: transformasie van ‘n mens se lewe neem soms baie lank.Die goeie nuus is egter dat Jesus altyd by jou sal wees. Hy sal geduldig saam met jou werk, selfs al neem dit tot die einde van die tyd.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textEfesiërs 1:13-14 Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV) Deesdae het die meeste produkte 'n soort waarborg ... en tog is sommige waarborge, inderdaad, absoluut waardeloos.In 1967 het die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n intensiewe wêreldwye veldtog geloods om pokke uit te roei. Hulle het gewaarborg dat hulle deur massa-inentings en toesig die siekte sou uitroei. Dit was 'n reuse waarborg. En tog het hulle teen 1980 dit reggekry - pokke was uitgeroei. Dis wonderlik! Geen waarborg kon sommer so ‘n prestasie klop nie, nè?Ek wil jou vertel daar is wel een prestasie, iets veel groter selfs as die wêreldwye uitwissing van 'n dodelike siekte. Dit is God se waarborg aan jou van alles wat Hy gereed het en wat vir jou wag … tot in alle ewigheid. Hier is dit in:Efesiërs 1:13-14 Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLVParty mense hoor die boodskap, die Goeie Nuus dat Jesus gesterf het om vir hulle sonde te betaal, dat Hy weer opgestaan het om vir hulle 'n nuwe, ewige lewe te gee, en hulle glo dit, maar dan raak hulle so besig met allerhande uitdagings, dat hulle geloof begin wankelrig voel. Hulle begin twyfel, hulle wonder, Is ek regtig gered? Is God nog daar? Het ek nog die ewige lewe?” Luister weer:Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. (NLV)Die 20ste eeuse Walliese teoloog, Martyn Lloyd-Jones, het dit so gestel: Dank God dat my redding nie afhang van my swak greep op Hom nie, maar van Sy magtige greep op my.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 8, 2025 32:54


"Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....".  Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om 'n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Goedkoop Geluk Teenoor Heiligheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 1, 2025 2:49


Send us a textTitus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV) Ek haat dit as iemand vir my iets oor my houding of gesindheid wil vertel wat ek nie wil hoor nie … en tog, diep binne-in, weet ek dat ek dit moet hoor. Ek weet ook dat ek moet gehoorsaam. Ek weet ek moet my ingesteldheid verander, maar ek wil nie. Hoe reageer jy as iemand jou reghelp?En een van die dinge wat ék dink ons almal moet hoor, is dat ons soms dinge sê en doen, wat regtig nie baie mooi is nie.Nouja, ek kan hier sit en jou slegsê en jou die leviete voorlees oor hoe om op te tree, hoe om beter te doen … totdat ek blou in die gesig is. Maar gaan dit regtig oor 'n week, oor 'n maand of oor 'n jaar van nou af, enige verskil aan jou lewe maak? Nee, my vriend, ons weet albei dis hoogs onwaarskynlik!Maar ek weet dat dit 'n kragtige verskil in jou lewe gaan maak as God dit uit sy liefde vir jou sê; uit sy genade teenoor jou; met die krag wat net Hy het om 'n hart, wat verhard het, te versag … wel …Titus 2:11-12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. (NLV)Miskien is dit nou nie heeltemal wat jy vandag wou hoor nie. Maar, soos Leonard Ravenhill, ‘n 20ste eeuse Britse skrywer en evangelis, eenkeer gesê het: “As jy gewild wil wees, verkondig geluk. As jy ongewild wil wees, verkondig heiligheid.” Moet dus asseblief nie vandag die boodskapper skiet nie!Maar deur God se genade, in die krag van die Heilige Gees, sê ek vir julle, gee goddeloosheid en wêreldse begeertes prys, en leef 'n lewe wat selfbeheersd, opreg en godvrugtig is.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
In verbondenheid met Christus

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Mar 30, 2025 50:59


“Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur 'n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.” “Die uitdrukking ‘in Christus', ‘deur Christus' of ‘met Christus' verskyn meer as 160 keer in die Nuwe Testament — dit is nie bloot 'n teologiese frase nie, maar die absolute kern van die evangelie, die goeie nuus self! Mag die Heilige Gees hierdie heilige geheimenis diep in ons harte, denke, bewussyn en lewensstyl inkerf en anker, sodat ons vas en standvastig kan leef — selfs te midde van 'n wêreld wat al hoe meer onstuimig en donker word.” Notas

Radio Scriptura
Nuwe gelowiges: Wedergeboorte

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 38:26


Wat kom eerste:  geloof of wedergeboorte? Is dit noodsaaklik om wedergeboorte, herskepping, nuutskepping of dan bekering te ondersoek en te beleef om 'n christen te wees? Hoe kan ons die koninkryk van God binnegaan en die geestelike beërf?  Wat is die manier waarop ons wedergebore word?  Kan ons dit deur eie vermoë, intellek of deur werke bereik?  Wie se werk is die wedergeboorte dan, en hoe kry mens die Heilige Gees?  Is die effek van wedergeboorte dalk 'n groot stryd in jou hart?  Wat is die vrug van die wonderwerk in jou? 

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Aanklag en die Verdediging

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 11, 2025 2:43


Send us a textJohannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek probeer my soms indink in ‘n situasie waar ek van 'n kriminele oortreding aangekla word en in 'n hof voor 'n regter en jurie moet staan. Dit sal angswekkend wees. Ek sal beslis moet hoop dat ek 'n goeie prokureur het, of dalk het ek ‘n advokaat nodig, nè? Of ek, of jy, nou skuldig of onskuldig is, nie een van ons wil tronk toe gaan nie. En, kom ons erken dit, terwyl ek en jy terugkyk op ons lewens, is daar soveel dinge waaraan ons ons skuldig gemaak het. Oneerlikheid, bedrog, laster, voortdurende klaery … die lys is oneindig. So, sê my as jy na jou lewe kyk; hoe lyk jou boekie? Wie wen? Jou demone of jy? Wat verdien jy? Is jy skuldig of onskuldig? Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “Satan” in die Ou Testament, is “die aanklaer”. Dis regtig gepas, nè? Hy fluister voortdurend in jou oor: “Jy is nie goed genoeg nie. Trouens, jy sal nooit goedgenoeg wees nie. So, gee net moed op met al hierdie ou goedjies, dis tog nie belangrik nie, en dryf saam met die stroom.” Maar dit is gelukkig nie waar dit eindig nie, want die Griekse woord vir die "Heilige Gees" in die Nuwe Testament beteken "die verdediger".  Johannes 14:15-17 “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. En die Heilige Gees is die beste advokaat, die beste verdediging wat jy ooit sal hê.  Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

GraceLife
Hoe Om God Se Stem Te Hoor - Deel 5 - Die Werking Van Die Heilige Gees - Tjaart Olivier (Piketberg)

GraceLife

Play Episode Listen Later Feb 16, 2025 43:41


Hoe Om God Se Stem Te Hoor - Deel 5 - Die Werking Van Die Heilige Gees - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast

God se Woord VARS vir jou Vandag
Raaisels van die Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 12, 2025 2:52


Send us a textPsalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Die lewe kan 'n raaisel wees, veral as jy aan die toekoms dink. Wat hou die toekoms in? Hoe gaan dit afloop? Ons hoop almal op 'n blink toekoms. Al is dinge vandag dalk donker of somber … sal dit sekerlik môre 'n helder, sonnige dag wees.Daardie hoop op 'n blink toekoms bestaan in elke kultuur, in elke uithoek van die wêreld. Vir diegene van Chinese afkoms, is dit vandag Lantern Day. Vandag word kinders lanterns gegee. En geboue word met lanterns versier. Wat sou dit simboliseer? Ja jy het reg geraai! Met die nuwe jaar wat nou behoorlik gevier is, simboliseer die lantern die lig wat vir hulle ‘n blink toekoms gaan gee. Maar, aan daardie lampe is raaisels vasgeheg vir ander mense om te raai. Indien ‘n persoon die oplossing van die raaisel kry, ontvang hy ‘n geskenk.So, al hoop ons op 'n blink toekoms, bly dít wat werklik voorlê, ietwat van 'n raaisel.Vir my is daar egter een ding wat my toekoms rig, wat 'n lig op my pad is. En daardie een ding is die Woord van God. Soos die psalmis dit stel in:Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.Ja, ons weet, God sê nie altyd vir ons presies wat ons toekoms inhou nie. Maar terwyl ons probeer om te leer – hoe meer ons luister, en hoe meer ons Hom toelaat om deur die Heilige Gees sy Woord vir ons oop te breek, hoe meer vind ons dat ons treë gerig word. Daardie goddelike, bonatuurlike krag wat vir ons die lig skyn op die pad wat ons moet neem.U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 9 Februarie 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Feb 9, 2025 29:47


Lees: Efes 5:6-20. Fokus: Efes 5:8 (AFR53). Ons is lig in die Here.God het jou natuur verander van duisternis na lig.Is jy in ‘n troutrekkery betrokke tussen twee nature? By jou wedergeboorte het God nie slegs ‘n nuwe goddelike natuur by jou ou sondige natuur gevoeg nie. Nee, die Heilige Gees het jou ou sondige natuur vervang met God se natuur. Die Heilige Gees het jou opnuut gebore en jy is getransformeer in iemand wat nie voorheen bestaan het nie: ‘n nuwe skepsel in Christus, ‘n geestelik gebore kind van God, ‘n kind van die lig, ‘n heilige in Christus wat soms sondig! Leef as kind van die lig want jy kan!Jesus gee aan ons sy natuur sodat ons werklik kan wees soos Hy. As kind van die lig is jy nou nie meer langer ‘n verdorwe en hulpelose slaaf van die sonde nie. Dit is in jou vermoë om te kan kies teen die sonde vir God se wil. Ek en jy moet leer lewe in harmonie met ons nuwe natuur om werklik gelukkig te kan wees. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:Besit ons 2 nature wat veg om die beheer van ons lewens? Was julle vroeër in duisternis; en nou is julle in lig in die Here volgens Efes 5: 8? Wanneer het God ons duisternis-natuur vervang met sy eie lig-natuur?

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.06 (29.01.25) - (Afr.) - Volhard tot die einde toe...

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jan 29, 2025 3:10


En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. (Mar. 13:11-13)

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 26 Januarie 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Jan 27, 2025 31:15


Lees: Mat 18: 15-20.  Fokus: Mat 18: 19-20.  Die krag van eenstemmigheid in Jesus onder leiding van die Heilige Gees.  ·       Die krag van verkeerde ooreenkomste (Gen 11: 1-9).  ·       Die krag van eenstemmigheid onder leiding van die Heilige Gees.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat is die Here se gevolgtrekking aangaande die gesamentlike poging van die mense om die toring van Babel te bou?  ·       Wat is die betekenis van die Griekse woord sunago wat in vers 20 met “saam is” vertaal word?  ·       Wanneer verhoor ons hemelse Vader ons gebede?  ·       Wie is die twee of drie persone met wie jy gereeld vergader in Jesus se Naam?   

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfbeheersing en Geduld

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 21, 2025 2:59


Send us a text2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, Jy weet hoe dit voel wanneer jou geduld besig is om op te raak. Iemand, of die een of ander situasie, irriteer jou en werk op jou senuwees … en jy kan net voel hoe die stoom by jou ore wil uitkom. Ons het dit almal al ervaar, nè?Ek waak tot vandag toe nog teen daardie ongemaklike gevoel van stygende woede wanneer 'n persoon my irriteer, want ek is ‘n eertydse gerehabiliteerde perfeksionis. Ja, soos ons die afgelope paar dae gesien het, het God aan ons al die krag gegee wat ons nodig het om 'n godvrugtige droomlewe te lei. Dit hang natuurlik daarvan af of ons dit begeer, want Hy ís bereid om dit vir ons te gee. En dit vereis natuurlik, dat ons met Hom saamwerk.2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,Ons het gister oor selfbeheersing gepraat. Dit is nie maklik nie, nè? Maar onthou, selfbeheersing is 'n vrug van die Heilige Gees, net soos geduld ook ‘n vrug is. Maar as ons mooi daaraan dink, sien ons dat geduld bloot die doelgerigte toepassing van selfbeheersing oor 'n lang tydperk is. Regtig? Ja, regtig.Ek vind dit glad nie maklik nie. Wat ek geleer het om in daardie oomblikke te doen, wanneer ek kan voel hoe my temperatuur styg, is … om te bid: Here, gee my asseblief geduld.En ek kan in alle opregtheid daarvan getuig dat Hy nog altyd my gebed verhoor het. Voeg geduld by jou selfbeheersing.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Kennis en Selfbeheersing

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 20, 2025 3:10


Send us a text2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, Ons het elkeen snellers wat ons blitsvinnig beheer oor ons emosies laat verloor. Selfs die saggeaardes en gelykmatige ouens onder ons, het hulle. Wat is jou snellers?Ek het twee. Die eerste een wat my my humeur laat verloor, is wanneer mense my tyd mors. As 'n hoogs gedrewe, uitkoms-georiënteerde individu haat ek om 'n minuut te mors. So wanneer iemand anders my tyd mors, verloor ek my humeur.Die tweede is mense wat simpel dinge doen; byvoorbeeld nie hul flikkerlig gebruik wanneer hul links draai nie, of hulle inkopietrollie in die middel van die parkeerterrein los in plaas daarvan om dit terug te neem. Ag nee man, sulke dinge ontstel my regtig!Wat laat jou sommer irrasioneel kwaad word? En, dink mooi of dit die moeitewerd is om voort te gaan om daardie snellers toe te laat om jou dinge te laat doen, waaroor jy later spyt sal wees; of behoort jy iets daaraan te doen?Ons gesels hierdie week oor ‘n droomlewe, gebaseer op hierdie goddelike stukkie wysheid:2 Petrus 1:3,5-6 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,Selfbeheersing in daardie stres-sneller-situasies kan bra moeilik wees. Maar wat is die goeie nuus? God het reeds vir ons die krag gegee; meer nog - inderdaad alles wat ons nodig het om ons lewens toegewy aan Hom te leef. En selfbeheersing is 'n vrug van die Heilige Gees.Vind jy, soos die res van ons, dat selfbeheersing ietwat van ‘n uitdaging is? Goed. Vra God daarvoor en Hy sal jou dit in oorvloed gee, want dit is noodsaaklik om te leer om selfbeheersing toe te pas, as jy werklik ‘n droomlewe wil lei.Voeg goedheid by jou geloof; en by jou goedheid kennis; en by jou kennis selfbeheersing.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Word deur die Heilige Gees Vervul

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 8, 2025 2:53


Send us a textEfesiërs 5:18-20 Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV) Daar is soveel goeie dinge in hierdie lewe. En hoewel die meeste van ons nie al ons tyd in die sewende hemel verkeer nie, is dit 'n goeie ding om dít wat na ons kant toe kom, te geniet ... natuurlik binne perke!Ek is geseën met die wonderlikste vrou, met drie volwasse kinders en drie kleinkinders. Saam verteenwoordig hulle die grootste “aardse seën”, as ek dit so kan noem, in my lewe.Ek weet dat nie almal so geseënd is nie. Ek was ook op ‘n stadium heeltemal alleen in hierdie wêreld. Wat ook al jou situasie is, is daar waarskynlik tog mense en dinge wat vir jou tot seën is. En ek wil graag beklemtoon dat dit goed is dat ons die goeie dinge, die seëninge, in ons lewe geniet.Maar daar is iewers 'n perk wat ons so maklik kan oorskry; ‘n situasie waarin ons op eie risiko oor daardie streep trap, wanneer ons so bedwelm raak met die dinge van hierdie wêreld, dat ons vir onsself skatte begin opgaar en verwaand en selfvoldaan raak.Efesiërs 5:18-20 Verder, moenie soveel wyn drink dat julle dronk word nie, dit lei tot uitspattige gedrag. Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge. (NLV)Die liefde wat God vir jou het, sy begeerte om jou met sy Teenwoordigheid te vul, troef enigiets wat hierdie wêreld kan bied. Moenie dat die goeie dinge in jou lewe jou beroof van die heel beste nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Draai Terug en Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 5, 2025 2:53


Send us a textEsegiël 18:31-32 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.” Om 'n eerbare lewe te lei, behels noodwendig 'n paar moeilike keuses van jou kant af. Kom ons kyk daarna: gesonde eetgewoontes, genoeg oefening, genoeg slaap en, les bes, die hantering van daardie slegte gedrag wat jou beroof van die goeie resultate wat jy begeer.Nouja, hier is ons op die vyfde dag van hierdie nuwe jaar en ons het reeds ‘n hele paar nuwejaarsvoorneme verbreek; is ek reg? Dit bevestig die realiteit dat enige positiewe veranderinge harde werk behels. Maar wat van negatiewe verandering? Neewat, om sleg op te tree, kom sommer vanself!Moes jy al ooit hard werk daaraan om selfsugtig te wees? Om nie te mededeelsaam te wees nie? Om jou geld op te gaar? Nooit! Maar onbaatsugtigheid, vrygewigheid, vriendelikheid … hierdie gesindheid is baie moeiliker om op 'n konsekwente basis te handhaaf.Daarom is hierdie waarskuwingsein op hierdie tyd van die jaar so 'n belangrike een vir ons.Esegiël 18:31-32 Laat vaar al julle oortredings en kry 'n nuwe gesindheid, 'n nuwe gees. Waarom wil julle sterf, Israel? Dit is nie my wil dat die mens moet sterf nie,” sê die Here my God, “maar dat hy hom bekeer en bly lewe.”Gister het ons gesien dat God belowe om vir ons 'n nuwe hart en 'n nuwe gees, die Heilige Gees, te gee om ons te bemagtig om alles te wees wat Hy ons gemaak het om te wees. Ons is nie alleen hierin nie.Maar daar is een ding wat Hy nie vir ons kán of sál doen nie. Net óns kan besluit om weg te draai van die dinge wat ons weet verkeerd is. Kry ‘n nuwe gesindheid en ontvang die Heilige Gees. Jou lewe hang daarvan af!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Maar Wag, Hier Kom Nog Meer...

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 4, 2025 3:07


Send us a textEsegiëi11:19 Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee. Soos ek elke nuwe jaar ingaan … wonder ek dikwels wat voorlê. Watter uitdagings sal ek in die gesig moet staar? Sal ek opgewasse vir die taak wees; sal ek aan die verwagtinge wat aan my gestel word, voldoen? Vertel my, hoe gaan dit met jou?Ons leef in 'n wêreld wat prestasie beloon. Wanneer jy presteer, word jy beloon. Misluk jy, word jy misken. Dit is soos 'n koekiedrukker wat van kleins af op jou gedruk word. Dit word dan versterk deur die wyse waarop die wêreld jou behandel, wanneer jy dag na dag na almal se pype moet dans.Wanneer laas het jy nie daarin geslaag om aan mense se verwagting te voldoen nie? Hoe het hulle gereageer? Sien jy, dis waarvan ek praat!Ja, ek wil ook graag mense in ag neem, maar weet jy, my hoogste prioriteit is om my lewe op 'n manier te leef, wat God behaag. Ek wil Hom eer in alles wat ek doen, ek wil mense liefhê en hulle goed behandel. Met my hele hart is dít wat ek in hierdie jaar wat voorlê vir my lewe wil hê. Hoe voel jy daaroor?Maar nou kom die slagyster! Wanneer dit jou hartsbegeerte is om eerbaar te lewe, is dit maklik om te dink dat jy dit alleen moet doen; dat God, ook soos almal rondom jou, van jou verwag om te presteer... of anders! Maar dit is glad nie hoe dit werk nie, want Hy is ons helper.Esegiël 11:19 Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee.Uit sy groot liefde is Hy die een wat ons 'n hartsverandering gee, wat sy Gees - die Heilige Gees - in ons plaas om ons te bemagtig om alles te wees wat Hy ons geskep het om te wees. Jy hoef nie alleen te probeer om vir mense, of vir God te behaag nie. Jou grootste bondgenoot is God self.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Te Midde van ons Probleme

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 17, 2024 2:45


Send us a textRomeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV) As jy vandag ‘n lys moes maak van al die dinge in jou lewe, wat jy wens nie daar was nie; hoe sal jou lysie lyk? Wat is die goed wat jy sommer onmiddellik van die lys sou wou uitvee?Ons het almal ten minste 'n paar items op ons lys, of hoe? Miskien is dit net 'n paar klein dingetjies, of miskien is daar een of twee baie groot items wat jou lewe heeltemal verwoes.Hoe groot of hoe onbenullig die dinge op jou lysie ook al mag lyk, daardie dinge is geneig om jou te dreineer en van jou vrede, jou vreugde, jou gevoel van verwondering en afwagting en jou lewenslus te beroof. En hier, waar Kersfees net ‘n paar dae weg is, laat dit jou nogal wonder hoe jy dit moontlik kan vier?Gister het ons gesien hoe die apostel Paulus saam met sy vriende in Rome bly was oor al die wonderlike dinge wat hulle geloof in Jesus vir hulle gegee het. Vrede. Genade. Seën. Vreugde. Hoop. Glorie. Fantasties! Maar in die volgende asem skryf hy in:Romeine 5:3-5 Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (NLV)My vriend, wees verseker dat Jesus mét jou is deur jou moeilikhede, te midde daarvan en in baie opsigte, as gevolg daarvan. Hoe kan jy dit weet? Omdat Hy sy liefde uitgestort het om jou hart te vul deur die Heilige Gees wat Hy aan jou gegee het. Hou vas aan daardie waarheid. Want …Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie se Kind Is Jy?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 14, 2024 2:43


Send us a text1 Johannes 3:9,10 Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. Hoe jy leef en hoe jy mense behandel, vertel baie van jou – eintlik vertel dit alles – oor wie jy is en wat jy glo. Vra jouself: Hoe leef ek? Hoe behandel ek ander mense?Een van die dinge waaroor ek myself dikwels verwyt, is dat ek nie meer na my ouers geluister het toe ek jonk was nie. Ek kon so baie uit hulle wysheid geleer het en gouer daarvolgens geleef het. Ja, ek kon soveel foute vermy het en soveel minder van die negatiewe gevolge gely het.Weet jy, dat die ding wat my die meeste oggende vroeg uit die bed laat opstaan om hierdie VARS-boodskappe vir jou en talle ander mense voor te berei, is om jou te help om die foute wat ek gemaak het, te vermy. En dit kan ek nie doen deur enigiets intelligent wat ek kan uitdink nie; ek bring dit vir jou in die krag van die Heilige Gees om God deur sy Lewende Woord met jou te laat praat. Kyk wat staan in:1 Johannes 3:9,10 Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.My vriend, ek smeek jou vandag, luister na jou Vader in die Hemel. Gaan na God, praat met Hom en laat Hom toe om jou te help om die sonde in jou lewe vir eens en vir altyd te hanteer. Leef jou lewe deur sy genade, deur sy krag en as sy kind en nie as 'n kind van die duiwel nie.Dis reg! Hoe jy leef, sê alles oor wie se kind jy is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die God van Alle Hoop

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 5, 2024 3:01


Send us a textRomeine15:13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (DB) Het jy al ooit gewonder hoe mense wat jou ontmoet, jou ervaar? Wie of wat beleef hulle? Is dit ‘n persoon met uitbundigheid of moedeloosheid; is hy vol vreugde of is hy morbied; is hy vriendelik of gaan hy jou dalk manipuleer? Het jy al ooit gewonder hoe ander oor jou voel?Soms wanneer ek inkruip om te gaan slaap, dink ek aan die mense met wie ek gedurende die dag skouers geskuur het. Ek dink eerste aan my vrou – het ek haar aangemoedig, het ek haar spesiaal laat voel, of was ek 'n bietjie te kortaf met haar? Daardie videokonferensie met ons span in Indië – het ek hulle laat verstaan dat ek hulle waardeer, of was ek dalk te saaklik?Dit is nie slegte vrae om onsself af te vra nie, want ons het almal maar ‘n paar snaakse nukke en grille wat ander beïnvloed. Dis die rede waarom ons 'n helpende hand nodig het. 'n Bron van ‘transformasiekrag' wat verander wie ons is. Ja, sodat die ander mense wat ons ontmoet, die veranderde weergawe van die ‘ou-ek' beleef! Romeine 15:13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (DB)Sien jy? God se blydskap, God se vreugde en God se vrede manifesteer natuurlik deur ons wanneer ons op Hom vertrou. En nie net as 'n warm, vae snoesige gevoel binne-in nie. Nee, jy sal soveel meer hoop hê, en dit sal deur die krag van die Heilige Gees uit jou na ander mense vloei.En dit verander wie jy is. Dit verander wie mense ontmoet. Dit verander die impak wat jy op hul lewens sal hê. En dit gebeur, wanneer ons op Hom vertrou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Vermenigvuldigingsfaktor

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 26, 2024 2:55


Send us a textHandelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Volgens die media is die kerk besig om te sterf. Dit laat menige belangegroepe van vreugde juig. Wat egter selde genoem word, is dat die kerk in baie dele van die wêreld vandag floreer, en inderdaad groei.So, wat dink jy? Is jy opgewonde om te sien hoe meer mense na Jesus kom, of sien jy dit dalk as die horlosie wat teruggedraai word na die slegte ou dae? In watter kamp jy ook al is, onthou dat Christene dwarsdeur die wêreld dié mense was wat weeshuise, hospitale, skole, universiteite, sorg vir armes, vir mense wat deur die gemeenskap na die kantlyn geskuif is, begin het.Die probleem is egter dat sogenaamde Christene deur die eeue hulself ook sleg gedra het. Die Kruistogte – verskriklik! Die inkwisisie – afgryslik! Moderne finansiële en kindermishandeling skandale – gewetenloos! Daarenteen, al het God se kinders, ook deur die eeue, soveel goed gedoen, soos hulle vandag nog doen – is dít grootliks ongesiens.So, wat is die oorsaak dat een kerk groei, terwyl die volgende op die wingerdstok verlep? Ons het gister alreeds na hierdie gedeelte gekyk:Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.Sommige mense sê dat die vroeë kerk destyds ‘n herlewing beleef het. Nouja, wat lees ons in hierdie versie? Wat het veroorsaak dat die gelowiges wat van huis tot huis bymekaar gekom het, vermeerder het? Wel, hulle het vrede gehad, hulle het God geëer en gehoorsaam en daarom is hulle deur sy Heilige Gees geseën en bemagtig.Dit blyk dat herlewing plaasvind wanneer Christene begin om God te eer en sy Woord te gehoorsaam!En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vrees, Vrede en Vertroosting

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 25, 2024 2:53


Send us a textHandelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Ons leef in onstuimige tye. Jy tel 'n koerant op en lees dikwels van mense in gesagsposisies se skokkende gedrag en van kerke deurspek met finansiële en nog veel erger skandale. Wat gaan aan?Kyk, ek weet nie of jy 'n kerkganger is of nie, maar weet jy, kerke en Christene … is nie perfek nie! Trouens, hulle was nog nooit nie … reeds in die eerste eeu moes die apostel Paulus streng vermanings aan eiesinnige en swak gedissiplineerde kerke skryf.Dit is tragies, ‘n mens sou dit graag nie so wou hê nie. ‘n Mens sal tog nie dink dat die Christene, van al die mense op die planeet, so behoort te wees nie, of hoe?Hoe hanteer jy dit? Hoe stel jy dit reg, soos wat dit veronderstel is om te wees? Die vroeë kerk het swaargekry – die gelowiges was hewig vervolg. Vandag neem vervolging al hoe meer toe. Maar kyk wat was daardie eerste gelowiges se geheim: Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.Om God te vrees beteken nie om vir Hom bang te wees nie, dit beteken om Hom te respekteer, om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam. Nouja, vir 'n buitestaander lyk sommige van die dinge wat Christene glo, snaaks of onaanvaarbaar. Maar weet jy, hierdie een ding is seker: wanneer God se kinders Hom eer, in plaas daarvan om “godsdiens te speel”, gebeur goeie dinge, werklik goeie dinge.En al haal hulle nie die pers nie, is daar baie wonderlike dinge aan die gang. Dit is wat gebeur wanneer God se kinders in die vrees van die Here wandel.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Thought For Today
The Holy Spirit

Thought For Today

Play Episode Listen Later Oct 27, 2024 3:14


I greet you in Jesus' precious name! It is Sunday morning, the 27th of October, 2024, and this is your friend, Angus Buchan, with a thought for today. We start in the Book of Proverbs 18:24: “But there is a friend who sticks closer than a brother.” You don't have to be lonely today. Then we go straight to the New Testament to the Gospel of John 16:7, and this is the Lord Jesus speaking to His disciples. He says: “Nevertheless I tell you the truth. It is to your advantage that I go away; for if I do not go away, the Helper will not come to you; but if I depart, I will send Him to you.” The Lord Jesus is talking about the Holy Spirit.I want to say to you this morning if you are feeling lonely or if you are feeling fearful, you have got a huge task on your hands next week and you just don't know what to do, call upon the Holy Spirit. You know, so often we talk about our Heavenly Father, we talk about the Lord Jesus Christ, our best friend, but we don't always talk about the Holy Spirit, and I want to tell you, He is part of the Holy Trinity, and we cannot do it without Him, believe me! Whenever I stand on that platform and I look out on that sea of faces, I say, “Lord, Holy Spirit, please help me because I can't do this.” And He does, every single time. In Zulu, we call Him, “Umoya oNgcwele”. Umoya oNgcwele - the Spirit who lives within us. Isn't that beautiful? In Afrikaans, we say, “Heilige Gees”, He is my Friend, He is my Helper. The Greeks call Him, Paráklētos which means The Helper.I want to say to you today, we need to call upon Him, we need to love Him, we need to speak to Him because He wants to speak to you. Do you remember that beautiful chorus, “Spirit of the Living God fall afresh on me”? Why don't you sing it with me?Spirit of the Living God,Fall afresh on me,Spirit of the Living God,Fall afresh on me.Break me, melt me, mould me, fill me.Spirit of the Living God,Fall afresh on me.God bless you and have a lovely day,Goodbye.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 26, 2024 19:48


Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie. Wanneer ons elke dag leef en drink, naby God leef, gebeur daar iets. Die Heilige Gees woon in jou. Die Gees is uitgestort en soos die water uit die kan na alle kante oor die brandofferaltaar gestort het, so het God sy Gees uitgestort in die harte van gelowiges. Die Heilige Gees is God se lewende water! Kyk rondom ons rond, ons leef in ‘n wȇreld wat dors is, ons leef in ‘n wȇreld waarin korrupsie, bedrog, moord en doodslag heers. Ons leef in ‘n wȇreld wat dors na geregtigheid (een van die saligsprekinge), ons het die antwoord vir die dors van mense wat ongeregtigheid belewe – ons antwoord is – Drink by die fontein van verlossing, drink by Jesus Christus, Hy is die enigste antwoord in die korrupte en sondige lewe. Wees ‘n fontein vir jou medemens – jy kan want die Heilige Gees rus jou toe. Is u ‘n fontein wat die lente in u mendemens se hart laat ontluik?   https://youtube.com/live/2cOiasuAW_c 

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
2 Timoteus 4:6-8| Die HERE los die geloofsworstelaar in sy hinderniswedloop af en gee aan hom die ewige lewe.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 26, 2024 23:41


Die dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms. Verlede : Sy lewe wat verby is.  Hede : Die dood wat naby is. Toekoms : Sy lewe in die hiernamaals. VERLEDE : SY LEWE WAT VERBY IS. In vers 7 vat Paulus sy lewe saam in drie kort sinne : Ek het die goeie wedloop afgelê (1983) - Ek het die goeie stryd gestry (2020) Ek het die wenstreep bereik (1983) - Ek het die wedloop voltooi (2020) Ek het gelowig end-uit volgehou (1983) – Ek het die geloof behou (2020) DIE HEDE : DIE DOOD WAT NABY IS: Hoe moet ‘n gelowige sy dood sien? Paulus gebruik in vers 6 twee pragtige beelde om sy eie dood te beskryf: “Want ek word reeds as drankoffer uitgegiet” en “Die tyd van my dood is naby” TOEKOMS Paulus skryf in vers 8 met blydskap oor die lewe anderkant die graf. Daar staan: “Nou wag die oorwinningskrans van geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee- “ https://youtube.com/live/rsWJkgwRauY 

HRCO Potgooi Preke
7 Dodelike Sondes Reeks - GIERIGHEID - VRYGEWIGHEID

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jun 30, 2024 51:45


Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie. Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewigheid! Kom saam met ons op 'n innerlike reis met die hulp van die Heilige Gees en die Woord van God. Laat ons ons harte was en reinig van alle geheime sondes wat ons lewens verwronge en donker maak.

Radio Scriptura
Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jun 3, 2024 43:34


Wie is die belangrikste persoon in die huwelik tussen man en vrou?  As Christus dus die hooffokus in die christen se huwelik is, hoe behandel ek my huweliksmaat ter wille van Christus?  Kan christene werklik die rolle van onderskeidelik man en vrou in die huwelik vervul, indien ons nie beide ook gevul is met die Heilige Gees nie?  Hoe is ons veronderstel om mekaar binne die huwelik te dien, sodat dit kan getuig van die selfopofferende liefde wat Christus vir Sy bruid, die kerk, het?

Radio Scriptura
Hemelvaart

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later May 14, 2024 30:41


Watter nut en getuienis het die hemelvaart van Christus vir ons?  Wie is ons voorspraak by die Vader?  Wie was die volmaakte, eenmalige offer en die eens en vir altyd offer?  Wie regeer nou, of is Jesus se werk nou verby?  Het Jesus al die Ou Testamentiese beloftes vervul?  Hoe werklik is die waarbord en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe?  Watter impak het die wete dat jy deel is van die bruid van Christus op jou lewe, en hoe impakteer dit die kerk? Leef ons vanuit die evangelie, of leef ons net vir hierdie lewe? 

HRCO Potgooi Preke
Beoefen Deernis deur die Gawes vd Heilige Gees

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Feb 4, 2024 43:32


Ons lewe in 'n wêreld met so min deernis en empatie! Mense is hard, en genadeloos, sommige word op sosiale media openlik verkleineer, en ons skinder van mekaar sonder grense of feite. Die NT kerk is deur die Heilige Gees bemagtig om deur die bonatuurlike GAWES wat Hy in ons werk, vir mekaar om te gee!! Kom ondervind 'n samekoms waar gelowiges onder die Leiding van die Heilige Gees mekaar bemoedig, stig, en opbou! Die gesonde LIGGAAM van Christus is die genialiteit van God! #Empatie #Deernis #Omgee #Daarwees

Radio Scriptura
Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jan 23, 2024 32:49


"Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik."   Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom?   Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het?  Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament?  Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders?   Kan ons God se soewereine wil ontduik?   Verbondsverbreking kan daartoe lei dat God ons oorgee aan onsself, maar is God se liefde veranderlik?

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
n Mens ontvang die Heilige Gees deur te glo (Galasiёrs 3:1-9)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Nov 22, 2023 23:37


Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans
Die Heilige Gees maak jou bekwaam (2 Korintiers 2:14-3:18)

Die Bybel vir vandag @ ttb.twr.org/afrikaans

Play Episode Listen Later Sep 4, 2023 25:10