Die Donker Kamer

Follow Die Donker Kamer
Share on
Copy link to clipboard

ñ Alternatiewe Afrikaanse podcast vir niemand, iemand en almal tussen in. Kom raak rustig saam ons op sondae om 5 uur vir n gesprek oor idees en temas.

Die Donker Kamer


    • Nov 10, 2019 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 1h 9m AVG DURATION
    • 10 EPISODES


    Search for episodes from Die Donker Kamer with a specific topic:

    Latest episodes from Die Donker Kamer

    Ep.10: November Nonsens #2

    Play Episode Listen Later Nov 10, 2019 48:49


    Die Donker Kamer — Gryp jou snor-kam en sluit aan by Johanness Fenratis en Rafiki in die tweede episode van die November Nonsens reeks. Die week bou die manne aan op die vorige week se nonsens en probeer nog vrede maak met hul lip-lapas.

    Ep.9: November Nonsens

    Play Episode Listen Later Nov 3, 2019 62:01


    Die Donker Kamer — Gryp jou skeermes en room en sluit aan by Johanness Fenratis en Rafiki in ons eerste November Nonsens episode. Die week probeer die manne mekaar besig hou met nonsens terwyl hulle snorre probeer kweek.

    Ep.8: Kort Films

    Play Episode Listen Later Oct 27, 2019 50:50


    Die Donker Kamer — Gaan gryp ʼn bak springmielies en sluit aan by Johanness Fenratis, Rob Doble en Ruiter Swartz in ʼn gesprek oor kort films. Die week bestudeer die manne die films Alone, The Gunfighter, Portal Short Film, The Jigsaw en Coke Town wat op YouTube beskikbaar is en bespreek die nut en waarde van die kort film genre.

    Ep.7: Die Misinterpretasie van drome

    Play Episode Listen Later Oct 20, 2019 64:25


    Die Donker Kamer — Gryp jou kussing en kombers en sluit aan by Johanness Fenratis, Melkman, Klaas Waarzegger en Wyn-hand in ʼn gesprek oor drome. Die week raak die manne bietjie filosofies oor die verhouding tussen ons drome en realiteit en ons deel ook ʼn paar van ons eie drome en wonder wat ons daaruit kan leer.

    Ep.6: Même wêreld

    Play Episode Listen Later Oct 13, 2019 103:52


    Die Donker Kamer — Klim op jou buurman se Wi-Fi en sluit aan by Johanness Fenratis, Melkman, Klaas Waarzegger en Kaptein Bêrends in die week se gesprek oor die wêreld van Mêmes. Die week probeer die manne vir Kaptein Bêrends meer leer oor die aard van Mêmes en bespreek watse impak dit het op die manier wat ons kommunikeer in 2019.

    Ep.5: Unplugged

    Play Episode Listen Later Oct 6, 2019 65:53


    Die Donker Kamer — Gaan gryp ʼn lekker sitplek en sluit aan by Johanness Fenratis, Ikarus en Boet in die week se episode oor Fenratis se onlangse ‘unplugged’ vakansie. Die manne reflekteer bietjie oor die maand van September, die begin van die Donker Kamer en bespreek die idee van Sober October.

    Ep.4: Helde

    Play Episode Listen Later Sep 29, 2019 91:25


    Die Donker Kamer — Gaan gryp jou masker en mantel en sluit aan by Johanness Fenratis, Melkman en Kaptein Bêrends in ʼn gesprek oor waar mens die lyn trek met jou helde. Die week bespreek ons of dit moontlik is om die kunstenaar van sy kuns te skei, veral na die kunstenaar iets oneties aangevang het. Kevin Spacey, Michael Jackson, Roman Polanski en ou Woody Allen word onder andere gebruik om die gesprek te stuur.

    Ep.3: Ruimtes

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2019 86:26


    Die Donker Kamer — Kom gryp ʼn kussing en kombers en bou ʼn veilige spasie saam Johanness Fenratis, Klaas Waarzegger, Melkman en Wyn-hand. Die week bestudeer die groep ruimtes en gebruik Michel Foucault se idee van Heterotopia as ʼn vertrekking punt om te praat oor hoe ons dit toepas op ons alledaagse en digitale ruimtes.

    Ep.2: Tyd-reisigers

    Play Episode Listen Later Sep 8, 2019 71:26


    Die Donker Kamer — Gaan gryp jou DeLorean sleutels en sluit aan by Johanness Fenratis, Melkman, Klaas Waarzegger en Janneman in ʼn gesprek oor Tyd-reisigers. Die week se gesprek draai ligtelik om verskillende teorieë en konsepte van tyd en tyd manipulering deur die behulp van verskeie films. Ons praat ook vlugtig oor Joseph Heller se boek Catch – 22.

    Ep.1: Area 51

    Play Episode Listen Later Sep 1, 2019 49:32


    Die Donker Kamer — Kom gryp ʼn foelie hoed en luister na Johanness Fenratis, Klip van der Grond, Ruiter in Swart en Gammat in die Eerste episode van die Donker Kamer. Die week takel die manne die Area 51 klopjag en bespreek, onder andere, Annie Jacobsen se boek Area 51: An Uncensored History of America's Top Secret Military Base.

    Claim Die Donker Kamer

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel