Dis meer as twee jaar later en die verteller, net nog 'n persoon vir wie werksgeleenthede in sy tuisland opgedroog het, herbesoek 'n reeks van briewe geskryf aan familie en vriende gedurende 'n jaarlange ekskursie as Engelse onderwyser saam met sy vrou in Chungju, Suid-Korea.
Met groot oë kyk ’n seun van veertien wie se pa ’n tandaarts is en so oud soos ek is my stip aan en sê dat daar niks beter is as die vroue golf nie. Ek wil my hare uittrek en vir hom vertel hoefeel grades van laf hy is en kry dan dit verder nie eers reg om hom dieper uit te vra oor watter aspekte van die spel vir hom so ongelooflik opwindend is nie.
Ek noem toe so ligweg dat ek eintlik kon sien dat die vis nie vasgesit het op die hoek nie, maar bloot bo-op dit gestaan het met sy ander vin wat die lyn stewig vasgehou het. Hy het op die serimonieuse wyse sy verskyning gemaak en nes ons hom kon sien het hy sy middelvin (want visse het nie middelvingers nie) gewys en in vistaal gegorrel dat 'julle dom Suid-Afrikanertjies niks uit hierdie water gaan trek vandag nie' en met parmantigheid 'n agteroor duik terug in die water gemaak het.
Ek staar myself stip in die oë en sê:"Hierdie is net die volgende klip waarop jy moet trap om oor die stroom te kom. Die ander klippe gaan anders lyk en voel. Die ander klippe kan stede wees of blote molekules. Hou aan beweeg. Dis 'n avontuur wat jy gekies het en die avontuur is smoorverlief op jou. Wees verlief, wees intuitief, maak 'n gemors en ruim dit weer op, wees groter en sterker as die dag tevore".
Terug by The Aark het Adri 'n verassinkie gehad. Salomé het 'n bottle duty free Richleau brandewyn gehad en 'n halwe kilogram se chilli biltong. So het ons op die derde verdieping van the Aark gesit met families wat hulle kinders en oumense voer in die venster teater om ons en 'n stukkie Suid-Afrika geproe wat uiters sielsstrelend was.
Ek het myself al 'n paar keer gevind dink dat as ek 'n lat gehad het, ek met die grootste gemak een van die cheeky seuns net so uit hul skoolbankie sou lig en hul net daar en dan 'n loesing sou gee wat hulle nog tot oor hul aandete rysbakkie saggies oor sou ween.
Ek het besluit om te glo dat daar nie 'n kans is dat Koreaners nog hondevleis eet nie. As dit gebeur sal dit deur 'n ondergrondse hondeteel mafia bedryf word in agterstraatjies wat agter staal deure lê met 'n oopskuifsluis vir 'n gesiggie, bewaak met 'n wagwoord opgemaak uit 'n ouer weergawe van Koreaans, bekend aan maar 'n paar "hondekos" liefhebbers.
Daar is min verskille tussen dié kantoor en enige ander staatsinstansie waar ons in die verlede al vasgekeer was. Kies een van die twintig forms, trek 'n nommer en wag jou beurt met jou hand vol kontant en persoonlike dokumentasie wat jou vlak van vreemdelikskap bewys.
Meeste Koreaners het maar dieselfde tipe skrefies ogies wat ons vereenselwig met elke Oosterse ras. Hulle s'n gaan dog nie skerp op óf af nie. Dis eintlik so half van ewe toegetrek aan die bo en onderkant.
Koreaners koop beddens, met matrasse en als, want dit is wat almal begin doen het, maar volgens ons baas slaap meeste glo skelm op ‘n dun matjie op die grond langs hul beddens.