POPULARITY
Categories
President Cyril Ramaphosa lewer sy Nuwejaarsboodskap aan die land. Suid-Afrika se begrotingstekort styg met meer as R14 miljard - ons praat met 'n ekonoom. Die drama oor die Tweedenuwejaar-Klopseparade in Kaapstad verdiep.
Bafana Bafana-doelskieter Lyle Foster sê die span moet foute wat in hul wedstryd teen Zimbabwe gemaak is, regstel in hulle voorbereiding vir die Ronde van 16 in die 2025 Afrikabekertoernooi. Suid-Afrika sal teen die naaswenners van Groep F in die uitklopfase te staan kom. Foster sê dit is belangrik om hulle verdediging te versterk. Hy voeg by die span moet gefokus bly terwyl hulle konsentreer op die allerbelangrike ontmoeting wat voorlê:
Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê Amerika kan nie Suid-Afrika gyselaar hou te midde van groeiende spanning met die land oor rasseverhoudinge, eiendomsregte en grondbesit nie. Bhengu het in 'n onderhoud met eNCA gesê president Cyril Ramaphosa en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking werk aktief om handel en belegging te bevorder deur middel van verskeie internasionale gesprekke met ander lande:
Ons bring vir jou ‘n in-diepte oorsig oor die jaar se grootste nuusgebeure, plaaslike en internasionaal. Op plaaslike vlak gee ons ‘n oorsig oor die verdwyning van Joshlin Smith en die skuldigbevinding van Joshlin se ma, Kelly Smith, haar vriend, Jacquen Appollis, en Steveno van Rhyn; en die bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nahlanhla Mkhwanazi dat die polisiemag en die strafregstelsel deur misdaadsindikate geïnfiltreer is, en dat daar wydverspreide bewerings van korrupsie en politieke inmenging is, en die totstandkoming van die Madlanga Kommissie van Ondersoek en die Parlementêre Ad Hoc-komitee om dié bewerings te ondersoek. Op internasionale vlak gee ons ‘n in-diepte oorsig oor die oorlog in Gasa en die eerste tydelike skietstaking wat bereik is, hoe humanitêre hulp gestaak is en hoe die humanitêre krisis in Gasa vererger; en hoe die politieke landskap in Amerika verander het sedert president Donald Trump vir ‘n tweede termyn ingehuldig is, en hoe die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika oor die afgelope jaar ontvou het.
Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings van regering vervang het:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van Suid-Afrika se minerale rykdom herhaal, en sê minerale behoort aan die mense, nie aan private mynbougroepe nie:
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wens lands- en streeksburgers ʼn vredevolle Kersfees toe saam met familie, en hernude hoop vir die jaar wat voorlê. Die raad se hoofsekretaris, Mzwandile Molo, sê hulle dink met dankbaarheid na oor 2025, maar is ook bekommerd oor die toestand in die land en die wêreld. Hy sê hulle hoop Suid-Afrika sal sy probleme oplos:
Die nuusstorie wat vanjaar meer as enige ander op ons sosiale media-platforms afgelaai is, is die storie van die wegraping: die dag toe die musikant en prediker, Danie Botha, aan die wêreld verkondig het dat hy 'n boodskap ontvang het dat die wêreld teen 24 September 2025 sou vergaan. Ons hoor of Botha weer die Woord op dié manier sal verkondig. Ons bring ook vir jou stories oor spesiale kerstradisies vanoor regoor die wêreld en uit Suid-Afrika, spesiale kersdisse, wat mense se kersherinneringe is, hoekom kersfilms soveel heimweë uitlok, en wat die kleingoed in hulle kerskouse wil hê.
Sokker: Bafana Bafana het hul Afrikabekertoernooi met ʼn oorwinning afgeskop nadat hulle Angola met 2-1 verslaan het in ʼn opwindende Groep B-wedstryd op die Marrakesj-stadion. Oswin Appollis en Lyle Foster se doele het Suid-Afrika se oorwinning beklink. Die sewemalige kampioene, Egipte, het Zimbabwe met 2-1 verslaan terwyl Mali en Zambië se kragmeting gelykop was met een elk. Bafana-afrigter, Hugo Broos, sê hulle kon beter gedoen het:
Suid-Afrika en Angola ontmoet mekaar in 'n Suider-Afrikaanse derby in hulle eerste Groep B-wedstryd van die 2025 Afrika-Nasiebeker vanmiddag om 17:00 in Marokko. Dit is hul vyfde Afcon-ontmoeting in die groepfase. Bafana Bafana het twee keer gewen en twee keer gelykop gespeel, maar Angola is onoorwonne in die laaste ses ontmoetings. Bafana Bafana se kaptein, Rowen Williams, sê hy het steeds groot vertroue in sy span:
Jayden Schaper van Suid-Afrika het die Amerikaner Ryan Gerard in 'n uitspeelwedstryd geklop om die Mauritius Ope te wen. Albei spelers het baansyfer op die eerste uitspeelputjie behaal, maar Schaper het 'n verstommende arend op die tweede uitspeelputjie geslaan om sy tweede DP World-toertitel te verower. Casey Jarvis van Suid-Afrika het derde geëindig. Schaper sê dit was die beste paar weke van sy loopbaan, na sy Alfred Dunhill-kampioenskaptriomf:
Die buurland se landbouminister, John Steenhuisen, sê die departement se ministeriële raadgewende taakspan vir voorkoming en beheer van dieresiektes stel 'n bepalende, feit-gedrewe meesterplan in vir die bekamping van bek-en-klouseer. Die siekte kom tans in sewe provinsies voor, met die meeste gevalle in KwaZulu-Natal. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê Suid-Afrika het nou ʼn tegnies goeie manier gevind om sy doelwit van ʼn bek-en-klouseer-vrye status te bereik:
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het onder sy G20-presidentskap voorkeur gegee aan bateherwinning in die G20-werkgroep teen korrupsie. Sedert Augustus 2025 het die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingsvereniging 8 456 bevriesingsbevele bekom met ʼn geskatte waarde van 31,3 miljard Suid-Afrikaanse rand. Kubayi het by ʼn konferensie in Katar gesê die werksgroep het hoëvlakbeginsels ontwikkel vir die administrasie van bates waarop beslag gelê is:
Die Departement van Binnelandse Sake het sewe Keniaanse burgers in Johannesburg in hegtenis geneem omdat hul met toeristevisums onwettig in Suid-Afrika gewerk het. Dit volg op intelligensie-geleide operasies gemik op 'n sentrum wat vlugtelingaansoeke na Amerika verwerk. Deportasiebevele is aan die mense uitgereik en hul is vyf-jaar-lank in die land verbied. Minister Leon Schreiber sê diplomatieke verbintenisse met Kenia duur voort:
Namibië se eerste anti-koloniale vegter, Kaptein Hendrik Witbooi, word in Suid-Afrika vereer. Hy is onder 48 bevrydingsleiers wat in die nuwe Leiersgallery by Vryheidspark in Pretoria opgeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die Witbooi Tradisionele Gemeenskap, Kaptein Ismael Witbooi gepraat, wat sê die erkenning bekragtig die langdurige stryd van die Nama-mense.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het albei siklusse van die Instellingshersieningsmeganisme suksesvol afgehandel. Sy het die 11de sitting van die Konferensie vir Staatspartye van die Verenigde Nasies se konvensie teen korrupsie in Doha, Katar, toegespreek. Kubayi sê verskeie maatreëls soos wetgewing, nasionale teenkorrupsie-strategie, en beleid is hersien om maatreëls teen korrupsie te versterk:
Suid-Afrika se verwagte inflasiekoers vir 2026 het gedaal tot 3,8 persent, 'n 25-jaarlaagtepunt sedert 'n laer 3 persent-inflasieteiken aangekondig is. 'n Kwartaallikse opname in opdrag van die Reserwebank het die gemiddelde voorspelling vir 2027 op 3,7 persent aangedui. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen, wat die impak daarvan op Namibië verduidelik.
Agra Veilings Namibië het ‘n terugblik op die jaar gegee. Aan die begin van die jaar was daar verskeie onsekerhede in boerdery wat kop uitgesteek het. Knopvelsiekte en bek-en-klouseer wat in Suid Afrika uitgebreek het was kopsere, maar Namibië se boerderybedryf het kop bo water gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, uitvoerende bestuurder van Agra Veilings, gesels.
Die Wes-Kaap ervaar tans ‘n uitbreking van masels in verskeie gebiede sowel as difterie in dele van die Kaapse Metropool. Die toename in maselsgevalle is nie uniek aan die Wes-Kaap nie, aangesien Suid-Afrika tans 'n afname in die opname van kinderinentings in die gesig staar, wat 'n ernstige risiko vir openbare gesondheid inhou en die land se pogings om siektes wat deur inenting voorkom kan word, uit te skakel, bedreig. Monique Johnstone, woordvoerder van die provinsie se gesondheidsdepartement.
Andre Roux – hoof van die Stellenbosse sakeskool Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Mosambiekse minister van Vervoer en Logistiek, João Matlombe, sê die ooreengekome planne om verkeersopeenhoping by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte te verlig, is daarop gemik om lang wagtye te verminder. Matlombe het met verwysing na grensamewerking gesê verbeterde verkeersvloei sal help om spitstye te bestuur en ongeluksrisiko's te verminder. Hy sê daar is tydens die feestyd meer reise tussen Suid-Afrika en Mosambiek, en alhoewel nie alle uitdagings onmiddellik opgelos sal word nie, is die maatreëls 'n stap vorentoe:
Die Activists and Citizens Forum het benadruk dat die keuse van Suid-Afrika se volgende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging op meriete gebaseer moet wees en nie op politiek nie. Die forum kritiseer die ampstermyn van die uittredende direkteur, Shamila Batohi, en verwys na verlore sake, insluitend korrupsie, geslagsgeweld en staatskaping-aangeleenthede. Woordvoerder Dennis Bloem waarsku dat misdaad toeneem met oortreders wat die Nasionale Vervolgingsgesag uitbuit. Hy dring daarop aan dat president Cyril Ramaphosa die belange van die nasie moet prioritiseer:
Suid-Afrika en Mosambiekse owerhede het ooreengekom op planne om die vragmotor-opeenhopings by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte te verlig. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en haar Mosambiekse ampsgenoot, João Matlombe, sê een-stop-verwerkingstasies sal 'n paar kilometer van die grense af gevestig word. Creecy sê mobiele eenhede vir die twee lande sal vervoertrokke gesamentlik verwerk en bestuurders sal in hul voertuie kan bly, wat lang rye op die N4 sal verminder:
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het bevestig Suid-Afrika skakel met verskeie ambassades weens kommer oor Amerika se optrede in die G20. Lamola het in 'n onderhoud met SABC News beklemtoon Suid-Afrika, as 'n stigterslid van G20 en deel van die Troika, vra nie 'n boikot deur ambassades nie. Hy moedig lande aan om Washington DC te betrek en multilateralisme en G20-beginsels te steun:
Suid-Afrika het sy medelye aan Australië oorgedra na gister se terroristeaanval op die Bondi-strand in Sydney. Minstens 15 mense is dood en 40 gewond toe twee gewapende mans losgebrand het op ʼn skare wat die begin van Hanukkah, ʼn Joodse vakansie, gevier het. Die slagoffers sluit ʼn Brits-gebore rabbi en ʼn Israelse burger in. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika veroordeel die sinnelose geweld:
Jayden Schaper van Suid-Afrika het met 'n arend in 'n uitspeelwedstryd geslaag om sy landgenoot en verdedigende kampioen Shaun Norris te verslaan en die Alfred Dunhill-kampioenskap te wen. Die paar was gelykop op 16 onder nadat die toernooi tot 54 putjies verminder is, maar dit was Schaper wat 'n eerste DP World-toer-oorwinning op die eerste uitspeelputjie behaal het. Die Spanjaard Eugenio Chacarra was derde. Schaper sê die oorwinning was spesiaal:
Al Jama-ah het die parlement se uitstel verwelkom van die spertyd vir geskrewe voorleggings op die voorgestelde Apartheidwet tot Februarie 2026. Die wet het ten doel om Suid-Afrika se verpligtinge onder die VN Konvensie oor Apartheid af te dwing. Die partyleier Ganief Hendrick sê die proses laat groter openbare deelname toe. Hy hou vol die wetsontwerp sal nie godsdiensvryheid ondermyn nie en sal bydra tot aanspreeklikheid vir apartheid as 'n misdaad teen die mensdom:
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lei vandag die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die elfde VN Teenkorrupsie-konferensie in Doha. Die woordvoerder van die minister, Terrence Manase, sê die week lange geleentheid sal na verwagting meer as 2 000 afgevaardiges van oor die wêreld saamtrek vir samesprekings oor voorkoming en bedreigings, insluitend kubermisdaad en KI-korrupsie. Die span van Suid-Afrika sluit in die SAPD, die Nasionale Vervolgingseenheid, die Spesiale Ondersoekeenheid, die Finansiële Intelligensiesentrum en die Departement van Internasionale Betrekkinge:
President Cyril Ramaphosa het gewaarsku elemente in die regering van nasionale eenheid probeer om Suid-Afrika se hervormingsagenda te verswak. Dit volg op die DA wat 'n punt daarvan maak om hof toe te gaan met beleidsrigtings waarmee hulle nie saamstem nie, insluitend die Nasionale Gesondheidsversekering-finansieringsplan en swart bemagtiging. Ramaphosa sê die RNE is 'n taktiese ingreep wat nie die ANC se langtermynstrategie vir fundamentele transformasie verander nie:
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê 'n boikot van die G20 in Amerika sal eensydige besluitneming net aanmoedig. Lamola het aan SABC News gesê Washington het vanjaar reeds verskeie eensydige handelsbesluite geneem en uit mulitlaterale platforms onttrek. Hy sê Suid-Afrika en die meeste G20-lede ondersteun betrokkenheid, nie afsondering nie. Hy het Suid-Afrika se rol as 'n stigterslid van die G20 beklemtoon:
Die eThekwini-munisipaliteit sê geen goedgekeurde bouplanne is ingedien vir die Verulam-tempelgebou wat in Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het nie. Twee mense is dood en drie ander is steeds vasgekeer. Reaksie-eenheid Suid-Afrika sê reddingspanne boor versigtig deur puin om oorlewendes op te spoor. Die gebou het na bewering ineengestort terwyl beton deur 'n mengvragmotor gegooi is. Burgemeester Cyril Xaba sê die voldoeningsregulasies sal nou ondersoek word:
Die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap het geskiedenis gemaak deur Suid-Afrika se eerste volledig interne ledemaatrekonstruksie uit te voer. Die operasie het 'n ernstige beendefek herstel en 'n verskil in beenlengte reggestel sonder om eksterne rame te gebruik. Die 64-jarige pasiënt, 'n voormalige polisiebeampte, is in 2018 geskiet en het sedertdien met chroniese pyn en bewegingsprobleme saamgeleef. Nando Ferreira van die hospitaal sê die gevorderde prosedure laat die pasiënt meer gemaklik wees, verminder komplikasies en bekort die hersteltyd aansienlik.
Williston in die Boesmanland-streek van die Noord-Kaap, worstel steeds met 'n erge droogte, terwyl swaar reën oor dele van Suid-Afrika geval het. AfriForum en Saai het 12-ton voer aangekoop om die boere te help. Tarien Cook van AfriForum bepleit regeringsingryping en openbare steun, en waarsku plase, gemeenskappe, skole en inkomste kan sonder noodhulp in 'n ernstige maatskaplik-ekonomiese krisis gedompel word:
Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC Afrika, deel haar mening oor hoe die VSA se rentekoersbesluit Suid-Afrika raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
Mia Kriegler, direkteur vir batebestuur by Kruger Internasionaal, deel haar mening oor die VSA se rentekoersbesluit en die verwagtinge rondom Suid-Afrika se inflasiesyfer wat volgende week aangekondig word. Volg RSG Geldsake op Twitter
Country pop singer Roan Ash was on Breakfast with Martin Bester this morning for an interview with Martin and the team. Despite now living in the US, he said, 'Ek is so lief vir Suid Afrika'! Listen to the interview here.
Die DA sê dringende optrede is nodig met kinderwanvoeding wat steeds honderde lewens in Suid-Afrika eis. Parlementêre syfers toon tussen Mei en September vanjaar het meer as 300 kinders onder vyf jaar in openbare hospitale aan matige en ernstige wanvoeding gesterf. Michele Clarke van die DA sê wanvoeding is voorkombaar en behandelbaar:
Die Referendum-party het aan die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, geskryf en ʼn verduideliking gevra van sy opmerkings oor die wettigheid van rasseklassifikasie in Suid-Afrika. Schreiber het in ʼn inskrywing op X gesê daar bestaan geen wetlike grondslag wat enige persoon verplig om ʼn rasse-klassifiseerder te word nie. Die party se leier, Phil Craig, sê hulle is verheug oor die minister se benadering, maar wonder of ander in die regering van nasionale eenheid ook die wet so verstaan.
Die ANC-president vra partylede om nie-rassige beleid in Suid-Afrika, te bevorder. Onderhoude vir die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag begin vandag. Die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van finansiële ineenstorting.
President Cyril Ramaphosa sê idees van wit oppergesag en valse bewerings van wit vervolging hou 'n bedreiging in vir Suid-Afrika se eenheid, soewereiniteit en internasionale betrekkinge. Ramaphosa het tydens die ANC-konferensie in Boksburg, Ekurhuleni, 'n beroep gedoen op wêreldwye pogings om hierdie mites om te keer. Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika, te midde van onderhandelings met die VSA oor handel, ook sy uitvoermarkte diversifiseer:
Die Forum for South Africa sê organisasies soos AfriForum en Solidariteit moet gestraf word omdat hulle volgens die forum leuens oor die land in Amerika versprei. Die drukgroepe wie se besoeke aan Amerika die afgelope maande opslae in die media gemaak het, word beskuldig dat hulle met buitelandse magte saamwerk om Suid-Afrika se soewereiniteit te ondermyn. FOSA-leier Tebogo Mashilompane stel voor AfriForum en Solidariteit se status as burgerregtebewegings word opgehef en hulle word strafregtelik aangekla omdat hulle volgens hom die staat aanval:
Die vakbondfederasie Saftu sê die regering moet meer doen om die toenemende krisis te verhoed van blootstelling aan plaagdoders, voedselbesmetting en die verwoestende gesondheidsgevolge vir plaaswerkers en landelike gemeenskappe. 'n Onlangse studie het bevind dat 67 plaagdoders, wat reeds in Europa verbied is, steeds na Suid-Afrika uitgevoer en hier gebruik word. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê gevaarlike plaagdoders veroorsaak buitengewoon erge skade aan mense se gesondheid en die omgewing:
Die Departement vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede sê hulle is diep bekommerd oor die stygende selfdoodsyfers onder jongmense in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê Suid-Afrika het 'n beduidende en groeiende selfdoodkrisis, met 'n nasionale koers van ongeveer 23,5 per 100 000 mense, een van die hoogstes in Afrika. Hy sê selfdood is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder jongmense tussen 15- en 29-jaar oud:
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens die SAOG-parlementêre forum in Suid-Afrika gesê dat Amerikaanse tariefstygings van tussen 21 tot 15 persent dreig om vorige jare se winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing illustreer dat Afrika-uitvoerders blootgestel word aan skielike eksterne beleidsveranderinge wat voorsieningskettings kan ontwrig, uitvoerverdienste kan knou en werksgeleenthede in Agoa-gekoppelde sektore in gevaar kan stel. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus, gepraat wat sê Namibië moet diversifiseer.
Jan Vermeulen, redakteur van MyBroadband, verduidelik wat die ooreenkoms behels en hoe dit Suid-Afrika affekteer. Volg RSG Geldsake op Twitter
Nes ons eie gesondheidsminister sê haar Suid-Afrikaanse eweknie, Aaron Motsoaledi, Suid-Afrika kan tans nie bekostig om duur Lenacapavir te koop en te versprei nie. Lenacapavir is 'n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee dosisse per jaar. Motsoaledi sê Suid-Afrika kry meer as driekwart van die LEN-dosisse wat die Globale Fonds aan nege lande skenk. Dit is egter steeds veel minder as wat nodig is om 'n voldoende duik in nuwe MIV-infeksies te maak:
Die Parlement sal vandag oor Build One South Africa se mosie stem om die 30-persent-slaagsyfer vir matriekvakke te skrap. Dit volg nadat die Parlement verlede week debat gevoer het oor die mosie om die huidige vereiste 30-persent om matriekvakke te slaag, op te skuif tot 'n 50-persent. Die debat het die dringende behoefte aan onderwyshervorming in Suid-Afrika uitgelig, maar het ook die wydverspreide misverstande oor die slaagstruktuur van die Nasionale Senior Sertifikaat beklemtoon. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, sê die 30-persent-slaagsyfer verskans middelmatigheid en lae verwagtinge:
President Cyril Ramaphosa sê ten spyte van die uitdagings en misverstande wat ontstaan het, bly Suid-Afrika ʼn goeie vriend van die Amerikaanse mense. Hy sê dis jammer Amerika het nie aan die G20-leiersberaad deelgeneem nie. Ramaphosa sê die redes wat Amerika aangevoer het, is gebaseer op vals bewerings dat Suid-Afrika volksmoord teen Afrikaners pleeg en wit mense se grond afvat:
President Cyril Ramaphosa sê die uitwerking van Suid-Afrika se G20-presidentskap strek verder as die hartlike verwelkoming vir en die onvergeetlike ervaring van besoekers. Hy het die land ingelig oor die sukses van die G20-leiersberaad, die eerste wat op Afrika-bodem gehou is. Hy sê Suid-Afrika het Afrika se groei en ontwikkeling in die hart van die G20 se agenda geplaas en dit gedoen terwyl die wêreld ingewikkelde uitdagings in die gesig staar:
Suid-Afrika se bek-en-klouseer-uitbreking hou steeds plaaslike 'n risiko in. Die voorsitter van die Lewendehawe Produsente-organisasie, Jako van Wyk, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië sy bek-en-klouseervrye status moet beskerm voor toenemende vakansiereise vanuit Suid-Afrika. Hy het gewaarsku dat 'n uitbreking alle dierebewegings en -bemarking sal stop, produsente se inkomste sal afsny en uitvoere, wat twee derdes van Namibië se vleisproduksie uitmaak, sal belemmer.