Paratus

Follow Paratus
Share on
Copy link to clipboard

Welkom by Paratus, die stem van Hoërskool Bellville. Sluit by ons aan elke Sondag, soos ons jou deur die kalender vir die volgende week neem, en terselfdetyd ook met 'n paar interresante, en soms bekende mense praat!

Hoërskool Bellville

  • Jun 14, 2019 LATEST EPISODE
  • infrequent NEW EPISODES
  • 15m AVG DURATION
  • 13 EPISODES


Search for episodes from Paratus with a specific topic:

Latest episodes from Paratus

Ken jou onnie! (met Maxwell Stoffels)

Play Episode Listen Later Jun 14, 2019 25:56


Het jy al ooit gewonder hoe die onderwysers by ons skool daar op geëindig het? Wat is hulle storie? Waar lê hulle passie? Hoekom juis onderwys? in ons 'Ken jou onnie!' reeks gesels ons informeel met ons onderwysers opsoek na antwoorde tot hierdie vrae. Luister gerus na hierdie episode waar ons met Mnr. Maxwell Stoffels gesels oor sy jeug, drome en passies. Mnr. Stoffels is onlangs verkies as hulp afrigter by die WP se o/18 Akademie rugbyspan wat tydens die Junie skoolvakansie aan die Nasionale Akademie week deelneem.

Mnr. en Mej. Bellville

Play Episode Listen Later May 18, 2019 19:03


Ons gesels vandag met Mnr. en Mej. Bellville vir 2019, Bennie Gibbons en Adri-Jo Waterboer, oor hulle reistog tydens die kompetisie, hulle vissie vir die leerders van die Hoërskool Bellville, en die pad vorentoe. Ons gee ook 'n algemene oorsig van die eksamen reëlings vir die Junie eksamens wat Maandag 20 Mei begin, en ons kyk oudergewoonte na jou kalender vir die week.

Vakkeuses op Moedersdag

Play Episode Listen Later May 12, 2019 18:06


Gelukkige Moedersdag aan al die mammas daar buite! In vandag se episode gesels ons met Juf. Amanda de Villiers gaande vakkeuses vir die Graad 9 leerders van 2019. Ons kyk oudergewoonte ook na jou kalender vir die volgende week, en vang ook op met die gebeure van die afgelope week.

Sing, dans, speel en wees vrolik!

Play Episode Listen Later May 5, 2019 16:02


In vandag se episode kyk ons terug na Da Vinci week was by die skool gevier is, en heel gepas ook gepaard gegaan het met items soos die Nasionale Toneelspel kompetisie, die Laerskole koorfees en die Band Extravaganza. Ons bespreek ook jou kalender vir die volgende week, en staan dan 'n oomblik stil om te gesels oor eksamen voorbereiding.

Die Fynere Kunste

Play Episode Listen Later Apr 28, 2019 10:25


Ons gooi oudergewoonte 'n blik op die kalender vir die volgende week. Met die wintersporte in volle swang is daar verskeie wedstryde en proewes wat plaasvind, en ons loer 'n bietjie terug na Mnr. en Mej. Bellville 2019 en stel ons wenners bekend.

Skoonheid en Sport

Play Episode Listen Later Apr 20, 2019 15:47


Ons is terug met 'n vollengte episode! In hierdie episode gesels ons met Juf. Megan Bornman, organiseerder van Mnr. en Mej. Bellville, om meer insig te bekom aangaande die glansgeleentheid. Ons kuier ook met die kapteine van ons 1ste Rugby- en Seunshokkiespanne, om uit te vind hoe hulle uitsien na die week se wedstryde.

Die Pad Vorentoe

Play Episode Listen Later Apr 14, 2019 6:30


Ons loer vinnig na die gebeure vir die volgende week, en gesels dan bietjie oor die pad vorentoe vir Paratus en wat als in stoor is vir die toekoms van die podcast.

Kwartaal 2, hier kom ons!

Play Episode Listen Later Mar 31, 2019 6:36


Kwartaal 2 van 2019 is op ons. Ons loer vinnig na die eerste week van die tweede kwartaal. Ons raak ligtelik aan die Margaret Pansegrouw Sportdag wat plaasvind op Vrydag 5 April en Saterdag 6 April, en ons sluit af deur te gesels oor ons beginsel van die week: Eerlikheid.

Kwartaal 1 Oorsig

Play Episode Listen Later Mar 18, 2019 19:13


In hierdie vakansie program, werk ons deur die eerste nuusbrief van die jaar, en loer ook terug na die eerste kwartaal wat verby is.

Redenaars en Diensbaarheid

Play Episode Listen Later Mar 11, 2019 18:28


Vandag loer ons in by Juf. Elizabeth van der Merwe oor die ATKV Redenaars kompetiesie waarvoor die Hoërskool Bellville gasheer speel die week. Ons gesels ook 'n bietjie oor Diensbaarhied, en soos gewoonlik bespreek ons die kalender vir die volgende week.

Pienk Piekniek en die OOV

Play Episode Listen Later Mar 3, 2019 17:17


In hierdie episode gesels ons met die voorsitter van die OOV, Vanessa Da Costa, oor wat die OOV behels en waar hulle betrokke is. Ons loer ook in by Juf. Hanmari Pretorius om meer uit te vind oor die Pienk Piekniek. Verder gaan ons deur al die sport vooruitsigte vir die week.

'n Kykie na Sport!

Play Episode Listen Later Feb 28, 2019 16:23


In vandag se episode gesels ons met oud-Springbok Pierre Spies oor sy lewe na rugby. Ons loer ook in by Mnr. Michael Aucamp rakende sport by die Hoërskool Bellville, en soos gewoonlik kyk ons na jou kalender vir die week.

Welkom by Paratus!

Play Episode Listen Later Feb 28, 2019 17:33


In die loods-episode van die Hoërskool Bellville se nuwe podcast, gesels met met onder andere ons leerder-leiers oor twee van hulle projekte, ons loer in by Lizle Cloete oor die weeklikse biduur, en ons kyk na die kalender vir die komende week.

Claim Paratus

In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

Claim Cancel