Podcasts about vrydag

  • 67PODCASTS
  • 899EPISODES
  • 22mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Dec 27, 2025LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about vrydag

Show all podcasts related to vrydag

Latest podcast episodes about vrydag

Nuus
Hewige storms saai verwoesting in KZN

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 27, 2025 0:16


Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thulasizwe Buthelezi, sê altesaam 125 huishoudings is in die Amajuba- en Umzinyathi-distrikte beskadig na hewige donderstorms 'n spoor van verwoesting gelaat het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê 'n gevaarlike weerstelsel wat gekenmerk is deur swaar reën, groot hael en stormsterk wind het Vrydag oor die gebied voorgekom. Hy sê meer as 50 huise is heeltemal verwoes:

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 26 Desember 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 26, 2025 48:41


Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
VSA justisie werk deur duisende Epstein-lêers

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 22, 2025 0:19


Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, sê die departement van justisie sal voortgaan om materiaal uit die duisende lêers wat met die Jeffrey Epstein-ondersoek verband hou en sedert Vrydag vrygestel word, na te gaan en te redigeer. Die departement het ʼn paar nuwe lêers vrygestel, maar ook meer as tien ander wat met Epstein verband hou, van sy webtuiste verwyder. Blanche het in ʼn onderhoud met NBC die besluit verdedig om ʼn foto waarop president Donald Trump is, te verwyder en sê dis om die slagoffers te beskerm:

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 19 Desember 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 44:16


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Goud styg weens swakker Amerikaanse dollar

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:39


Goudpryse het Vrydag tot 'n sewe-week hoogtepunt gestyg, versterk deur 'n swak Amerikaanse dollar en 'n toename in werkloosheid in die VSA. Die edelmetaal het op 4 286 dollar per fynons gesluit, en verhandel vandag teen sowat 4 337 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper oor die beweegredes agter goud se vertoning gepraat:

Nuus
Hokkie: Namibië se vroue wys staal in Nkosi-beker

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 14, 2025 0:26


Namibië se vrouehokkiespan bly onoorwonne by die Nkosi-binneshuise toernooi in Kaapstad ná hulle Nieu-Seeland Saterdagoggend met 7-3 geklop het. In hul eerste wedstryd Vrydag, het die span Zimbabwe ook met 7-3 verslaan. Die vroue durf Australië vanmiddag om drie-uur aan. Afrigter Shayne Cormack het Saterdag se kragmeting só opgesom:

Nuus
Dis kleinboere wat rooshout, kiaat uitroei - ekoloog

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:36


Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is Savannah Environmental Consultants Services en die proponent is Nondunge Brands and Investment. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat wat sê die eintlike probleem lê by boere wat die bome uitroei.

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 12 Desember 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 50:16


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Moontlike storms en hael op pad

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 0:37


Namibiërs kan regmaak vir goeie reën in die komende dae, veral in die noordelike en noord-oostelike streke, Vrydag word daar swaar reën verwag, van die suide en suid-ooste tot oor die sentrale dele en die noorde. Stormagtige toestande en hael is 'n groot moontlikheid, soos die weerkenner Johan van den Berg verduidelik.

Nuus
Voertuig verbind met Madlanga-moord gevind

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 0:18


Die Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het bevestig die polisie het een van die twee voertuie opgespoor wat gebruik is in die moord op die Madlanga-kommissie-getuie Marius van der Merwe. Hy is Vrydag buite sy huis in Brakpan doodgeskiet. Masemola het die Van der Merwe-gesin gisteraand oor die vordering in die saak ingelig. Hy sê 'n wit Chevrolet-bakkie wat in Alexandra gelos is, pas die beskrywing van die voertuig wat op die aand van die moord op geslotekring-beeldmateriaal gesien is:

Nuus
Ahmed Kathrada-stigting waarsku na moord op Getuie D

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 0:19


Die Ahmed Kathrada-stigting sê die moord op Marius van der Merwe het 'n baie dieper betekenis. Van der Merwe, bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, is Vrydag vermoor. Neeshan Balton van die stigting sê 'n kersligwaak is by sy huis in Brakpan gehou. Hy sê verklikkers word geteiken, en bepleit dringende hervormings om diegene wat uitpraat oor korrupsie te beskerm:

RSG Geldsake met Moneyweb
Kleinhandelbedryf het 'n rooiwarm Swart Vrydag ervaar

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 8:20


Solly Bellingan, hoof van bemarking by PayInc, gesels oor Swart Vrydag 2025. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 5 Desember 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 5, 2025 49:47


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Vredesamesprekings met Oekraïne vorder

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 0:23


Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Sondag gesê hy verwag dat gesprekke met Oekraïnse amptenare "meer vordering" sal lewer oor 'n ooreenkoms om die oorlog tussen Oekraïne en Rusland te beëindig. Oekraïne se afvaardiging is gelei deur 'n nuwe hoofonderhandelaar, die sekretaris van die nasionale veiligheidsraad, Rustem Umerov, na die bedanking Vrydag van die vorige spanleier Andriy Yermak, stafhoof van die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, te midde van 'n korrupsieskandaal tuis. Volgens Rubio gaan die onderhandelinge oor meer as net ‘n vredesooreenkoms:

Nuus
Luvindao maan teen paniek oor cholera en ander uitbrekings

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 29, 2025 0:33


Gesondheidsminister Esperance Luvindao het Vrydag ‘n beroep op die publiek gedoen om nie paniekerig te raak oor die uitbrekings van cholera, M-pokke, Krim-Kongo-hemorragiese koors, masels en polio in die Namibië nie. Luvindao het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die uitbrekings beklemtoon die noodsaaklikheid van beter sanitasie-infrastruktuur in die land. Dit verg ook ‘n multisektorale benadering waarin die betrokkenheid van die gemeenskap sentraal staan:

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 28 November 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 50:20


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Spektrum
Spektrum 26 November 2025

Spektrum

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 46:43


Verrigtinge by die Madlanga-kommissie se sittings word tot Vrydag uitgestel, wat ook die uitstel van ander getuienis insluit. Die geregtelike kommissie wat bewerings van politieke inmenging in die Waarheid- en Versoeningskommissie ondersoek, hervat sy verhore in Johannesburg. Die familie van die ontslape oudhoof van die Johannesburg Metropolisie glo hy het aan natuurlike oorsake gesterf.

Die ekonomie minuut
Wat Swart Vrydag verkope gaan sê oor verbruikers en oor die ekonomie

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later Nov 25, 2025 2:02


Dit is hierdie Vrydag Swart Vrydag en ekonome hou asem op vir hierdie aanwyser van hoe dit met verbruikers en met die ekonomie gaan.

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 21 November 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 49:47


Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
NBC sat vir rassisme teen Johanna Swartbooi

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 0:40


Die NBC het die voortdurende stamgebonde-aanvalle teen Johanna Swartbooi, Mej. Namibië en amptelike verteenwoordiger by die 2025 Mej. Heelal-kompetisie, veroordeel. Die kroning vind Vrydag plaas. Sedert sy gekroon is het Swartbooi egter diskriminerende opmerkings in die gesig gestaar, veral teen haar Khoisan-afkoms. NBC-direkteur-generaal Stanley Similo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die organisasie sal regstappe instel teen diegene wat voortgaan met diskriminasie teen Swartbooi.

Nuus
Oud-Engelse kaptein sê kolflys te swak vir die As

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 19, 2025 0:19


Engeland se voormalige kaptein, Andrew Strauss, sê die span gaan swaar leun op wedstrydwenners soos kaptein Ben Stokes, Joe Root en Harry Brook in die reeks om die As. Engeland het die As laas in 2015 gewen en kon in 2011 laas in Australië wen, terwyl die Aussies hul laaste drie tuisreekse ingepalm het. Hierdie seisoen se reeks begin Vrydag in Perth. Strauss het op die Sky Sports Cricket Podcast gesê Engeland se kolflys is nie sterk genoeg nie:

Nuus
LPM looi ECN, eis kommissaris verwydering

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 0:28


Die LPM vra vir die dringende verwydering van die Verkiesingskommissie van Namibië se kommissarisse, en beskuldig die liggaam van vooroordeel, onbevoegdheid en skending van SAOG-verkiesingbeginsels. Die party sê in 'n verklaring die kommissie het nie daarin geslaag om onpartydige verkiesings te hou nie, het die LPM se aktiwiteite in sommige streke geblokkeer, stembriewe verkeerd hanteer, en noue bande met die regerende party behou. Ivan Skrywer van die LPM het aan die nasionale uitsaaier gesê hulle het Vrydag aan die kommissie geskryf oor die tekort aan stembriewe wat by die regeringspakhuis waargeneem is. Hy het meer.

Nuus
Versigtig vir Swart Vrydag 'winskopies'

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:29


Swart Vrydag kom nader en Old Mutual Namibia waarsku dat verbruikers moet versigtig wees. Mignon du Preez, hoof van bemarking en openbare sake, waarsku dat 'n winskoop nie 'n winskoop is as dit gesinne in finansiële stres plaas nie. Met die stygende lewenskoste en die feestyd net weke weg, sê sy dat slim, doelbewuste besteding belangriker as ooit tevore is.

Nuus
Die 2025 Desert Ultra begin môre, Naude Dreyer vat hom weer

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 0:54


Die 2025 Desert Ultra begein môre by Spitskoppe en duur tot Vrydag waar dit by die Save the Rhino-trust eindig. Dit is ‘n uitmergelende 250 kilometer marathon oor vyf dae en atlete is self-onderhoudend en kry net elke 10 kilometer waterbystand. Daar is vyf Namibiese atlete wat deelneem waaronder Naude Dreyer van Namibia Ocean Conservation. Dit is Dreyer se tweede Desert Ultra en dis vir ‘n goeie doel.

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 14 November 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 49:33


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Stokes sê oud-kapteine is arrogant

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:20


Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê voormalige spelers is verby hulle beste, na hulle kritiek oor Engeland se voorbereidings vir vanjaar se reeks om die As teen Australië, wat volgende Vrydag in Perth begin. Die besoekers speel van vandag af 'n enkele driedaagse opwarmingswedstryd teen die toerspan van die Engelse Leeus in die Wes-Australiese stad. Stokes het gereageer op kritiek deur voormalige kapteins Ian Botham, Michael Vaughan en Graham Gooch en sê dit grens aan arrogansie:

Nuus
Ankit Gems-fabriek hupstoot vir plaaslike verwerking

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 9, 2025 0:40


Die waarnemende minister van nywerheid, mynbou en energie, Frans Kapofi, het Vrydag die nuwe Ankit Gems Namibia-fabriek ingewy. Dit is 'n hupstoot vir werkskepping en industriële groei. Die multimiljoen-Namibiese-dollar-fasiliteit beloof om plaaslike verwerking te verbeter en Namibië as 'n sterker speler in die globale edelsteenmark te posisioneer. Kapofi is aan die woord.

Nuus
Skema vir watervoorsiening skop af op Onamatanga

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 8, 2025 0:51


Die regering se pyplynskema vir watervoorsiening is Vrydag amptelik op Onamatanga in die Kunenestreek deur landbou- en waterminister Inge Zaamwani van stapel gestuur. Dié inisiatief sal water aan meer as 250 huishoudings en vee op Onamatanga voorsien, asook aan die skool, kliniek en polisiestasie. Zaamwani het tydens dié geleentheid oor die regering se ander watervoorsieningsplanne uitgebrei:

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 7 November 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 50:08


Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Eskom kap teë teen 'waninligting'

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 0:18


Eskom is bekommerd oor voortgesette waninligting oor sy stelselprestasie en dieselverbruik. Hy herhaal dat hy elke Vrydag deursigtige, datagebaseerde inligting oor sy bedrywighede gee. Die kragverskaffer word gedwing om miljarde Suid-Afrikaanse rand se diesel te gebruik omdat sy opwekkingsvloot nie betroubaar genoeg is om voldoende krag op te wek nie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê diesel word steeds strategies gebruik, met oopsiklus-gasturbines wat ʼn integrale deel van die opwekkingsvloot uitmaak:

Nuus
'Werk moet nie net genoeg wees nie, dit moet ook goed wees," sê Immanuel

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 1, 2025 0:25


Werkskepping in Namibië gaan nie net oor die hoeveelheid werksgeleenthede nie, maar ook oor die gehalte daarvan, sê arbeidsminister Wise Immanuel. Immanuel het Vrydag tydens ‘n bespreking oor die implementering van die Internasionale Arbeidsorganisasie se raamwerk vir die bepaling van die impak van werksgeleenthede in Windhoek, die volgende gesê:

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 31 Oktober 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 51:03


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
RISE vat dobbelkrisis parlement toe

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2025 0:18


RISE Mzansi sal Vrydag die 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand dobbelkrisis in Suid-Afrika tydens 'n mini-debat in die Nasionale Vergadering in die kollig plaas. Die Nasionale Dobbelraad se jongste verslag toon die bruto dobbelinkomste het van 59 miljard rand in 2023/24 gestyg tot 75 miljard rand in 2024/25, wat dui op 'n dringende behoefte aan ingryping. RISE Mzansi se Parlementslid, Makashule Gana, sê die veldtog poog om die maatskaplike en openbare gesondheidsuitwerking van dobbel te bespreek, aangesien dit lewens en lewensbestaan vernietig:

Nuus
Uitstel van boorgatregistrasies tot Vrydag was net vir NLU-lede

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:27


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Uitstel van boorgatregistrasies tot Vrydag was net vir NLU-lede

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:40


Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Namibiese Landbou-unie het ‘n verlenging van agt maande, tot 31 Oktober, aangevra maar, dit geld net vir lede van die landbou-unie. Sakeus Ihemba, die hoofhidroloog by die ministerie verduidelik.

Nuus
Jeug sokkertoernooi vind die naweek plaas

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 0:41


Die Julinho Athletic Sokker-akademie sal sy hoogs verwagte jeug sokkertoernooi aanbied van Vrydag tot Sondag by die Akademie Sokker Arena in Rieckmannstraat, Pionierspark. Die toernooi spog met Ino Harith Capital en Demshi Investment Holdings as die hoofborge. Jong spelers van onder-7 tot onder-17 sal vaardigheid, spanwerk en sportmanskap tydens 'n opwindende naweek van sokker ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die akademie, Isac Tjombonde gepraat.

Nuus
Studie kyk na spaar- en verbruiksgedrag in Namibië

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:27


Die Finansiële Geletterdheidsinisiatief, in samewerking met die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, sal Vrydag 'n baanbrekersstudie wat kyk na die verbruiksgedrag en spaargedrag on die drie sosio-ekonomiese segmente van die land se bevolking. Hierdie navorsing beoog om insig te gee in Namibiërs se finansiële praktyke, struikelblokke en geleenthede. Finansministerie-woordvoerder Johnathan Swartz het meer.

Nuus
FNCC hou EU-uitstalling

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:33


Die Europese Unie se Nasionale Instituut vir Kultuur open Vrydag die uitstalling "Solarpunk: 'n Storie van Sand en Energie" by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek. Die uitstalling bevat nuwe werke deur die Namibiese kunstenaar Vitjitua Ndjiharine en die Spaanse kunstenaar Rocío Asensi, wat tydens 'n gesamentlike verblyf in Swakopmund ontwikkel is. Die Goethe-instituut se woordvoerder, Jasko Rust, het meer.

Nuus
Dinge lyk nie goed vir November se brandstofprys nie

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 0:39


Dis byna die einde van die maand en die komitee wat oor die brandstofpryse besluit, gaan Donderdag vergader om November se pryse te bepaal. Die aankondiging kan moontlik Vrydag verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat sê die VSA se sanksies teen twee Russiese oliemaatskappye gaan nie die olieprys veel beïnvloed nie. Hy het meer:

Nuus
CAN vier Pienk Vrydag met verkoping

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 27, 2025 0:36


Vrydag is amptelik Pienk Vrydag ter bewusmaking van borskanker. Die Kankervereniging van Namibië verkoop weer goedere aan die publiek om geld in te samel vir hulle doelwitte, wat insluit borskankerklinieke in elke streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende beampte van die vereniging, Rolf Hansen, wat meer inligting gee.

Nuus
Ngurare soek 'politiek van menslikheid'

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 25, 2025 0:45


Eerste minister Elijah Ngurare sê alle politieke partye in Namibië moet die politiek van menslikheid bedryf om te verseker dat menstruasie nie meisies se skoolbywoning ontwrig nie. Ngurare het Vrydag die Nasionale Sanitêre Doekie-inisiatief op Keetmanshoop van stapel gestuur. Die regering het 500 000 Namibiese dollar bestee om 41 700 sanitêre doekies aan te koop, wat in al 14 streke in die land versprei gaan word.

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 24 Oktober 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 24, 2025 50:05


Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 17 Oktober 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 17, 2025 47:49


Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 10 Oktober 2025

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Oct 10, 2025 49:34


Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Etosha-brand: Geen plan nie en reaksie was te stadig

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:25


Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds afgebrand. Die omgewingsministerie het aanvanklik net parkbeamptes en ‘n weermaglede gebruik om die brand in bedwang te probeer bring. Eers teen Vrydag kon boere en ander vrywilligers toegang verkry om te gaan help. Sean Naude van Namibia Marshall Rangers sê die trae reaksie van die regering is betreurenswaardig:

Nuus
Lede van afpersingsindikaat in KZN gearresteer

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:18


Die KwaZulu-Natalse provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het drie verdagtes in hegtenis geneem, van wie twee vermoedelik afpersingsindikaatleiers in Eshowe en Durban is. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê tydens die optrede Vrydag het die polisie 'n lasbrief vir inhegtenisneming by 'n woning in die Ntumeni-gebied in Eshowe uitgevoer. Hy sê toe die polisie by die woning aankom, het hulle twee sekuriteitswagte gevind waarvan een 'n vuurwapen gehad het waarvan die reeksnommer afgevyl is.

Nuus
Etosha-brand: Nóg honderde soldate ontplooi

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 28, 2025 0:26


Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds ontplooide weermaglede om die brand op verskeie fronte te probeer blus. Kabinetsekretaris Emilia Mkusa het Saterdag ‘n noodvergadering belê om bykomende maatreëls in te stel. Die woordvoerder van die Kantoor van die Eerste Minister, Maxmus Halwoodi, het meer:

Nuus
Hawe, infrastruktuur aanloklik vir VSA-beleggers

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 28, 2025 0:25


Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.

Nuus
Ryderbeker-betaling raak nie spanprestasie nie

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 0:20


Die tweemalige Major-wenner Collin Morikawa het die idee verwerp dat die Amerikaanse span betaling ontvang en daarom minder gedrewe is as die Europese span om die Ryder-beker te wen. Kritici het die Beroepsgholfspelersvereniging van Amerika se besluit om die Amerikaanse spanlede vir deelname aan die Ryder-beker te betaal, bevraagteken. Die Ryder-beker begin Vrydag op Bethpage Black in New York. Morikawa sê die betaling is nie oor persoonlike gewin nie:

Nuus
LPM verifieer nog kandidate, registrasie open Vrydag

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 24, 2025 0:36


Kandidaatregistrasie vir die komende streek- en plaaslike owerheidsverkiesings open Vrydag amptelik. Politieke partye het tot 16 Oktober om hul kandidate te registreer, terwyl onafhanklike kandidate hul name teen 14 Oktober moet indien. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM gepraat, wat sê dat hulle steeds besig is om hul kandidate te verifieer voordat hulle 'n formele aankondiging maak oor wie die party in die verkiesings sal verteenwoordig. LPM-woordvoerder Lifazala Simataa.