POPULARITY
Die Springbok-hulpafrigter Tony Brown sê hulle neem Italië nie ligtelik op nie, omdat hulle 'n gevaarlike span is. Albei spanne is vol selfvertroue vir Saterdag se botsing in Turyn, met Suid-Afrika wat Frankryk met 32-17 geklop het, terwyl Italië 'n oorwinning van 26-19 oor Australië behaal het. Brown sê die Italianers is 'n groot bedreiging by die afbreekpunte, en ook baie gevaarlik wanneer hulle ruimte en geleenthede kry:
Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy hoop op ʼn oortuigende oorwinning teen Zambië omdat hy hul plek op die FIFA-ranglys wil verbeter. Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd in die Baai is deel van Suid-Afrika se voorbereiding vir die Afrikanasiesbeker wat volgende maand in Marokko begin. Bafana Bafana is in Groep B met die sewemalige wenners en rekordhouer Egipte, Angola en Zimbabwe. Broos sê sy spelers moet dieselfde fokus en mentaliteit hê wat hulle in die Wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde gehad het:
Die Britse polisie sê daar is niks wat daarop dui dat die messteek-aanval aan boord van 'n Doncaster-Londen-trein Saterdag 'n terroriste-voorval was nie. Vier van die nege mense wat aanvanklik vermoed is, ernstig beseer is, is uit die hospitaal ontslaan, terwyl twee se toestand steeds ernstig is. Die eerste minister Keir Starmer het die aanval as afgryslik en diep kommerwekkend beskryf. Die Britse vervoerpolisie-superintendent John Loveless sê twee mense is in hegtenis geneem:
Die Springbok-stut Ox Nché is ná ʼn besering vir res van die jaareindtoer na Europa op die kantlyn, terwyl Asenathi Ntlabakanye hom vervang. Nché het Saterdag sy been seergemaak tydens Suid-Afrika se skitterende 61-7-sege oor Japan op die Wembley-stadion in Londen. Ntlabakanye het in Julie die eerste keer vir die Bokke uitgedraf in hul toets teen Italië. Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê Ntlabakanye was op die toer se bystandlys, en is bekend met die span se strukture en stelsels:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê toenemende konflik tussen plaaslike owerhede en inwoners is kommerwekkend en belemmer dienslewering. Tydens haar toespraak Saterdag by die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena, het die president ‘n beroep op samewerking tussen al die belangehebbers gedoen.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan drie taakspanne aanwys om die land se ekonomiese-, behuisings- en gesondheidsuitdagings te takel, het sy Saterdag tydens die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena gesê. Die regering en die private sektor moet die kwessies saam aanpak, sê sy.
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy het volle vertroue in die stut Zachary Porthen. Die 21-jarige is gereed om Saterdag die eerste keer vir Suid-Afrika uit te draf in die toets teen Japan op Wembley in Londen. Die voormalige SA Onder-20-kaptein het slegs in vyf senior wedstryde vir die Stormers gespeel - vier vanaf die bank en een in die opdrafspan. Erasmus sê Porthen gaan senuagtig wees, maar hy sal fisies gereed wees:
Die Namibiese rugbyspan sal Saterdag teen Suid-Afrika se Sanlam Boland Kavaliers in Malmesbury in die Wes-Kaap in ‘n finale wedstryd speel, voor die span na Dubai vertrek in sy laaste poging om vir die 2027 Wêreldbeker te kwalifiseer. Die toernooi in Dubai vind plaas van 8 tot 18 November by die Sevens-stadion. Die span het elke jaar sedert 1999 gekwalifiseer. Jacques Burger, direkteur van rugby, het meer.
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Jerry Flannery, sê hulle jaareindtoer gaan ʼn groot en uitdagende toets vir die span wees. Suid-Afrika draf in November uit teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die Bokke skop hul vyf-toets toer Saterdag af met ʼn kragmeting teen Japan op die Wembley-stadion in Londen. Flannery gee toe dat vyf toetse binne vyf weke die wêreldkampioen fisies en geestelik gaan uitdaag, maar glo dis presies die soort toets wat die groep nodig het:
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die herverkiesing van Suid-Afrika tot die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie se Bestuursraad verwelkom tydens die 42ste Algemene Vergadering wat tans in Montreal, Kanada, plaasvind. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die verkiesingstemming het Saterdag plaasgevind, en Suid-Afrika is herkies in Deel II van die Algemene Raad, 'n kategorie waar lidstate hoër verteenwoordiging ontvang by globale forums wat handel oor burgerlike lugvaart:
Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds ontplooide weermaglede om die brand op verskeie fronte te probeer blus. Kabinetsekretaris Emilia Mkusa het Saterdag ‘n noodvergadering belê om bykomende maatreëls in te stel. Die woordvoerder van die Kantoor van die Eerste Minister, Maxmus Halwoodi, het meer:
‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000 voormalige gevangenes is ook tydens Saterdag se geleentheid onthul. Onderwys- en kultuurminister Sanet Steenkamp het dit bygewoon:
Rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie die gevaarlike Argentyne in Saterdag se Rugbykampioenskap-botsing in Durban onderskat nie. Die Bokke het tien van hul laaste 12 wedstryde sedert 2018 teen die Pumas gewen met hul enigste twee nederlae teen Argentinië die afgelope seisoen en in 2018. Erasmus sê die Los Pumas hou oral gevaar in, veral met sterk voorspelers en uiters talentvolle agterspelers:
Rugby: Die afrigter van Nieu-Seeland, Scott Robertson het vier veranderinge aan die span gemaak wat 'n geskiedkundige nederlaag teen die Springbokke gely het, vir hulle wedstryd teen Australië. Die wedstryd, as deel van die Rugbykampioenskap, vind Saterdag op Eden Park plaas. Fabian Holland is in die span in die plek van kaptein Scott Barrett wat beseer is, terwyl Codie Taylor van sy besering herstel het. Die skrumskakel, Cam Roigard, en vleuel Caleb Clarke is ook terug in opdrafspan as die enigste ander veranderings. Robertson sê hy het vertroue in sy spelers:
Rugby: Die Australiese stut Allan Alaalatoa met sy terugkeer na die Wallabies, sê sy span sien Edenpark as net nog 'n ander rugbyveld. Hulle hoop om Saterdag Nieu-Seeland se 31 jaar onoorwonne rekord op die ikoniese Auckland-stadion te beeïndig. Die All Blacks het in 1994 laas op Edenpark verloor, maar het Saterdag 'n groot taak om daardie rekord te verdedig teen Australië as die Rugbykampioenskap-voorlopers. Nieu-Seeland is in hulle laaste wedstryd in Wellington, in 'n rekord-nederlaag van 43-10 deur die Springbokke verslaan. Alaalatoa sê hulle fokus op hulleself:
Die regering het 21 boorgate in Kavango-Oos laat sink om die voortdurende watertekorte in Rundu en omliggende gebiede te takel. Eerste minister Elijah Ngurare het Saterdag tydens ‘n besoek aan die streek gesê installering van die nodige infrastruktuur sal binne twee weke deur die landbouministerie afgehandel wees.
President Netumbu Nandi-Ndaitwah het Saterdag in New York geland vir die 80ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering van 23 tot 29 September. Sy sal na verwagting Woensdag haar debuuttoespraak in die Algemene Vergadering lewer. Net voor haar vertrek uit Windhoek Vrydag, het Nandi-Ndaitwah die volgende boodskap gehad:
Goeie nuus vir drawwers: Registrasie vir die 11de Navachab-halfmarathon is tot middernag vandag verleng. Dié gewilde resies vind Saterdag op Karibib plaas. Resiesdirekteur Bethold Karumendu het meer:
Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het 'n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De Bruin sê Frankryk is vierde op die wêreldranglys en dit was duidelik omdat hulle baie klinies was en elke geleentheid in punte omskep het:
Geskiedenis is Saterdag.in Namibiese skolerugby geskryf toe Privaatskool Moria van Outjo die eerste keer die onder-19 Superliga gewen het. Die dorp was 51 jaar gelede in die topliga se eindstryd. Moria het verdedigende kampioene Windhoek Hoërskool in 'n naelbytstryd met 55-40 geklop. Hulle was halftyd met sewe punte agter. WHS was sedert 1969 al 27 keer die wenners. Moira se kaptein, Franko Engelbrect, het ná die wedstryd met Sport Wrap gepraat:
Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue sê gerugte is gemeen dat fondse wat hy met sy Ry vir Skoolgeld-veldtog insamel, net kinders in Suid-Afrika gaan baat. Elvis Blue het Donderdag die Namibiese grens oorgesteek ná hy verlede Saterdag in Stellenbosch weggespring het. Sy tog van 1 500 km gaan in Windhoek eindig.
Sekuriteitsminister Lucia Iipumbu sê 'n Quantum-bus was beskikbaar vir die 12 Namibië Korrektiewe Diens-beamptes wat Saterdag in die Mariental-ongeluk dood is. Sy het by 'n perskonferensie gesê dit is onduidelik waarom die beamptes in 'n voertuig vir gevangenes vervoer is. Vier oorlewende beamptes is in 'n kritieke toestand en kan nie praat nie. Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het die 16 oorledenes, wat twee polisiebeamptes en twee lede van die publiek insluit, se name uitgelees en gesê twee van hulle was susters. Iipumbu is aan die woord.
Gelukwensinge stroom steeds in vir die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile. Shalulile, 'n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken, die meeste ooit in die Premierliga. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige hoofafrigter van die Brave Warriors, Ricardo Mannetti, Shalulile as 'n hardwerkende en produktiewe speler beskryf.
Net agt uit die 12 inskrywings in die Shell V-Power/M+Z nasionale tydrenkampioenskappe op Grootfontein kon die mas opkom. Dié tydren oor 10 trajekte het Saterdag op die noordedorp plaasgevind. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het die uitslae:
Die regering gaan meer as 200 miljoen Namibiese dollar in sport-infrastruktuur landswyd belê, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare het Saterdag in ‘n toespraak in die Oshihepo-nederstetting in Ohangwena gesê dié ontwikkelingsprojek gaan reeds in die huidige begrotingsjaar geïmplementeer word. Elke kiesafdeling in die land gaan oor ‘n basiese sportstadion beskik, volgens hom:
In motorsportnuus is groot name onder die 13 inskrywings vir die vierde been van Shell V-Power-tydren Saterdag op Grootfontein. Die geleentheid is ook ter herinnering aan wyle jaer Jaco van Dyk, wat in Julie in ‘n motorongeluk oorlede is. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:
Die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in Oshana het Saterdag die eerste ooit Afrikaanse fees in die streek aangebied. Die fees gaan ‘n jaarlikse instelling word om die taal en kultuur in skole te bevorder wat Afrikaans as vak aanbied. Twaalf skole het aan vanjaar se debuutfees in Ongwediva deelgeneem. Een van die organiseerders, Eugenie Forbes, het die doelwitte van die fees verduidelik:
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre 'n bloedskenkingskliniek by sy hoofkwartiersentrum in Talstraat by Ausspannplatz aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salmi Shigwedha, bemarkingsbeampte by die diens, wat sê bloedskenkings neem af in die winter weens griep en seisoenale siektes. Shigwedha het meer.
Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot menslikheidspouses ingestem sodat hulp vandag in sekere dele van Gaza afgelewer kan word. Klein hoeveelhede voedsel word ook sedert Saterdag per valskerms gelewer. Kenners meen egter dit gaan min impak op die hongerkrisis in Gaza hê. Intussen het president Donald Trump van Amerika gesê Hamas stel nie in ‘n skietstilstand belang nie:
Landbou- en waterminister Inge Zaamwani sê sy gaan na die private sektor uitreik vir vennootskappe om die regering te help om die teikens van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP 6, te bereik. Zaamwani het Saterdag die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos van stapel gestuur, in samewerking met die Swakop Uranium-stigting. Die 30 begunstigdes van die projek het skape en bokke, in totaal 600 ooie en 30 ramme, ontvang. Zaamwani het ook goeie nuus oor boorgate gehad:
Namibiërs moet trots wees op hul identiteit en moet hul diversiteit vier, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare was Saterdag die hoofspreker by die Masubia-kultuurfees in die Zambezi-streek. Dit was die eerste keer in vier jaar dat dié jaarlikse fees weer gevier is, aangesien die groep leierloos was. Gilbert Muhongo Mutwa, Moraliswane III, is Saterdag ook as die nuwe hoof van die Masubia verwelkom. Ngurare het gesê kultuur en tradisie speel ‘n belangrike rol in die vorming van ‘n gemeenskap:
Rugby: Drie sleutelspelers, Will Skelton, Rob Valetini en Dave Porecki, is terug in die Wallabies se span vir Saterdag se tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Australië hoop om hom self reg te ruk na verlede week se nederlaag van 24-19. Skelton vervang Jeremy Williams wat na die bank skuif, terwyl Valetini vir Nick Champion de Crespigny vervang. Porecki keer terug na harsingskudding om in Matt Faessler se plek te begin. Die afrigter Joe Schmidt sê selfvertroue is die sleutel:
Namibië se nasionale rugbyspan moet nog oor een hekkie kom om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die hekkie is in die vorm van Zimbabwe, in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker-toernooi in Uganda. Afskop in die wenner-vat-alles stryd is Saterdag om 3-uur Namibiese tyd. Die direkteur van die Namibiese Rugby-unie en tans hoofafrigter, Jacques Burger, het meer.
Rugby: Die Engelse flank, Tom Curry, en die Skotse senter Sione Tuipulotu is ingesluit in die Britse en Ierse Leeus se span vir Saterdag se eerste toets teen Australië in Brisbane. Tuipulotu is verkies bo Bundee Aki, terwyl Curry spelers soos Jac Morgan, Josh van der Flier en Henry Pollock laat terugstaan het. Marcus Smith is op die bank gekies voor Fin Smith en Owen Farrell. Afrigter Andy Farrell sê hulle het die regte balans vir die wedstryd:
Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Nabha, die agtjarige wyfiejagluiperd in Indië se Kuno Nasionale Park, wat Saterdag vrek is aan beserings wat sy na bewering 'n week gelede tydens 'n jagtog opgedoen het. Volgens owerhede was een van haar bene gebreek en was behandeling ondoeltreffend. Nabha was een van agt jagluiperds wat Namibië in 2022 na Indië gestuur het.
Namibië en Zimbabwe speel Saterdag in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker nadat die twee spanne hul halfeindronde wedstryde teen onderskeidelik Algerië en Kenia in Kampala, Uganda, gewen het. Saterdag kan daar net een wees – die wenner kwalifiseer vir 'n plek by die Mansrugby Wêreldbeker in Australië in 2027. Namibië se onder-kaptein Danco Burger sê Namibiërs moet bankvas agter die span staan.
Sluit aan by die stryd teen kanker by die Nasionale Kankerstaptog op Saterdag 26 Julie 2025, met trots aangebied deur PathCare Namibia. Hierdie 5 km-pretstaptog, wat in Windhoek, Rehoboth, Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund plaasvind, bring gemeenskappe bymekaar vir 'n saak wat saak maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, gepraat.
Iga Swiatek het Saterdag die eerste Pool geword om ‘n Wimbledon-enkelspeltitel te wen toe sy Amanda Anisimova van Amerika met 6-0, 6-0 in net 57 minute verslaan het. Dit is die eerste keer in meer as ‘n eeu dat ‘n speler ‘n Wimbledon-finaal in skoon stelle verloor. Saterdag se oorwinning beteken Swiatek het 100 wedstryde uit 120 by groot toernooie gewen. Dit is die vinnigste 100 sedert Serena Williams in 2004. Swiatek is ook die jongste speler sedert Williams in 2002 om Grand Slam-titels op gras-, klei- en asfaltbane te wen. Kort ná sy haar trofee ontvang het, het Swiatek met die media gepraat:
In motornuus het die derde been van die Shell V Power-supertydren Saterdag op Tsumeb plaasgevind en vir harde wedren-aksie gesorg. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die uitslae:
Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, moes twee veranderinge maak aan sy opdrafspan vir Saterdag se tweede toets teen Frankryk in Wellington. Patrick Tuipulotu vervang kaptein Scott Barrett, wat op die kantlyn is weens ʼn geskeurde kuitspier, terwyl Caleb Clarke instaan vir Sevu Reece wat in die eerste toets harsingskudding opgedoen het. Die All Blacks het dié toets 31-27 gewen. Onderkaptein Ardie Savea sal die span lei. Robertson sê hy het baie respek vir die Franse afrigter, Fabien Galthié:
Die derde been van die 2025 Nasionale Tydren-kampioenskappe vind Saterdag op Tsumeb plaas. Inskrywings het Maandagaand gesluit en 12 spanne se name is op die lys. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Rugby: Die Stad Kaapstad verwag 'n vol Kaapstad-stadion vir Saterdag se geskiedkundige kragmeting tussen die Springbokke en die Barbarians. Die wedstryd is die eerste ontmoeting tussen die twee spanne sedert 2016 en die eerste een op Suid-Afrikaanse bodem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê meer as 40 000 toeskouers word verwag en dit sal die verkeer beïnvloed:
Maatskaplike welsyn-minister Emma Kantema het 'n video op sosiale media veroordeel waar 'n man gesien word hoe hy 'n jong meisie, vermoedelik sy dogtertjie, dwing om 'n hookah-pyp te rook. Die polisie ondersoek twee klagte, van oortreding van die Wet op Kindersorg en Beskerming, asook van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Die voorval het na bewering op Saterdag, 14 Junie in 8ste Laan in Otjimuise plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die woordvoerder van die LPM se jeugvleuel, William Minnie.
Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het 'n finale span van 26 spelers aangekondig vir die Afrikabekertoernooi vir vroue wat volgende Saterdag in Marokko begin. Slegs 14 was in die span wat die toernooi drie jaar gelede gewen het. Die 17-jarige Casey Gordon en Bonolo Mokoma van die JVW-klub in Bedfordview is die jongste spelers in die groep. Suid-Afrika speel in Groep C teen Ghana, Mali en Tanzanië. Ellis sê dit was 'n uitdaging om die finale span te kies:
Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Tony Brown, sê Saterdag se wedstryd teen die Barbarians is 'n ideale toets vir die span wat die toon sal aangee vir die komende seisoen. Die wedstryd op die Kaapstad-stadion is die eerste ontmoeting tussen die Bokke en die BaaBaas sedert 2016. Brown sê aspekte van Suid-Afrika se speelstyl sal deur die seisoen ontwikkel terwyl hulle daarop fokus om aanhoudend te verbeter:
Namibië se Welwitschias het Saterdag ‘n naelskraapse oorwinning teen Uganda op Naartjiepark op Walvisbaai behaal. Die eindtelling in dié vriendskaplike wedstryd was 22-19. Die wedstryd was deel van Namibië se voorbereiding vir die Afrika-nasiebeker en die Rugbywêreldbeker. Jacques Burger, die rugbydirekteur van die Namibiese Rugby-unie, het ná afloop van die wedstryd só reageer:
President Donald Trump se langverwagte militêre parade is Saterdag in die strate van die middestad van Washington gehou. Dit was ook Trump se 79ste verjaardag. Die viering van die Amerikaanse leër se 250ste herdenking is egter gekenmerk deur 'n dag van geweld en onenigheid. In die ure voor die parade begin het, het honderdduisende Amerikaners die strate in van New York tot Chicago en tot Los Angeles ingevaar en teen Trump se presidentskap betoog. Waarnemers sê dit is die grootste betoging sedert sy bewindsoorname in Januarie.
Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Jake White, is vol lof vir Leinster voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd in Dublin. Hy sê die Ierse span is strate voor enige ander span. Nie een van die twee kon nog die kompetisie wen nie, en die Bulle is die derde keer in 'n eindstryd na vier pogings. White sê Leinster se model is bewonderenswaardig:
Rugby: Die Springbok-vroue se veelsydige voorspeler, Lerato Makua, sê sy is vasbeslote om 'n impak te maak in die Afrika-vrouebeker in Madagaskar wat Saterdag begin. Suid-Afrika wil hulle titel teen Uganda, Kenia en die gasvroue Madagaskar by die Stade Makis in Antananarivo verdedig. Makua, wat na 'n kniebesering terugkeer, sê dit is 'n geleentheid vir haar om te wys dat sy fiks en gereed is om later vanjaar in die Wêreldbeker te speel:
Die Gauteng-polisie sê hulle soek drie verdagtes in verband met die moord op die adjunkhoofsweep van die IVP, Khethamabala Petros Sithole. Hy is Saterdag in 'n skietery by die Buyafuthi-hostel in Katlehong aan die Oos-Rand dood. Sy party het die moord as 'n sluipmoord bestempel. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê 'n groep mans was besig met 'n vergadering by die hostel toe drie onbekende mans op die groep losgebrand het en een persoon doodgeskiet en twee gewond het: