Podcasts about hoekom

  • 95PODCASTS
  • 754EPISODES
  • 16mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Jun 9, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about hoekom

Show all podcasts related to hoekom

Latest podcast episodes about hoekom

Magalies Potgooi
[199] Entropie en die sterfte vd heelal

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Jun 9, 2026 53:09


Hoekom breek eiers, maar hulle ontbreek nooit nie. Hoekom sê fisici dat die heelal in 'n chaotiese hitte-dood gaan eindig?Hoofstukke:00:00; Outback-avontuur07:50; Potensiaalverskil - soos 'n battery14:44; Soos verf... en koffie, wat bedoel hulle met chaos?22:05; Gravitasie, Heelal se einde, Vorm, gradiënte30:34; Soos parfuum, digtheid37:20; Lewe42:58; Selfs atome vrek47:13; "We are doomed!", Tyd se rigting, Termodinamika

God se Woord VARS vir jou Vandag
Beheer Jou Sake met Integriteit

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 8, 2026 3:19 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV) Vind jy ook dat mense al hoe meer gewetenloos word? Hoe gereeld sien jy groot finansieringsinstellings, soos banke, wat hulself met warm, gesinsvriendelike advertensies uitbeeld om nuwe kliënte te lok? Maar wat gebeur, die eerste keer wat iemand sukkel om hul terugbetalings op hul huis te maak? Hulle verkoop die huis onder hulle uit. En ons weet, dis nie net die banke wat skuldig is nie.Kom ons praat van 'n groot gewetenlose bedryf waar die slim ouens al die slenters en slagysters ken om die gewone ou mee te verlei. Rentekoerse is baie hoog, kontrakte is noukeurig en waterdig opgestel; en pasop - die fynskrif is waar hulle werklike wins lê.Maar dan is daar een firma wat anders werk. Hulle verhoog nie rentekoerse op kwesbare kliënte se lenings nie. Hulle plaas nie onnodige druk op die klein outjie nie. In plaas daarvan, bied hulle billike terme. Hulle gee genade as dit moet, en ly af en toe self verlies. Hulle kliënte vertrou hulle.Die ander ouens in die bedryf lag hulle uit en sê: Kyk maar, sulke ouens speel voor jy jou oë kan uitvee, bankrot. Maar dan kom die gevreesde ineenstorting. Markte val. Krediet droog op. Kliënte kan nie hulle verpligtinge nakom nie. En die bloedsuiers? Hulle is paniekerig. Elkeen is besig om sy eie bas te red – hulle dagvaar; hulle spook; hulle stort in duie.Maar hier is die verrassing - daardie een firma na wie daar so minagtend gekyk is! Die een wat genade betoon het! Dis die een na wie kliënte hardloop. Want in die donker onthou mense wie die lig gehad het.Psalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV)Ja, ons weet dat dinge soms moeilik is. En die versoeking is altyd daar om eerste jou eie nes reg te skrop; om daardie maklike wit leuen te vertel. Hoekom nie? Wie gaan dit agterkom?Maar wat ook al jou omstandighede is, wat ook al jou rol is, bestuur jou sake met integriteit, want ... Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Magalies Potgooi
[198] Klets: Sal jy 'n android kry vir jou huis?

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Jun 2, 2026 56:31


Gaan hulle net wasgoed doen of ook jou kinders maniere leer en te veel loer vir jou man/vrou?Hoofstukke:00:00; Hoekom lyk hulle soos mense?13:53; Sal jy een koop?21:46; Komersieel gebruike & AI musiek31:52; Kombuis take, as hulle begin menslik raak38:47; Reëls, Beste geselskap?48:15; Gaan ons iets verloor?

Lifestyle Church / Leefstyl Kerk
Hoekom gebeur dit met my?

Lifestyle Church / Leefstyl Kerk

Play Episode Listen Later Jun 1, 2026 56:01


Onderskei of jou moeilike omstandigheid tugtiging, 'n storm, 'n aanval of 'n gevolg is — en draai dit vir God se glorie.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vreugde Is Aansteeklik

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 26, 2026 2:37 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Het jy al opgemerk hoe jy ook onwillekeurig gaap wanneer jy iemand anders sien gaap? Hoekom is dit so?Dit word sosiale spieëling genoem - ons breine boots instinktief die gedrag van ander na, veral diegene met wie ons emosioneel verbind is. Wanneer jy iemand sien gaap, stuur spieël-neurone in jou brein die boodskap dat jy ook nou moet gaap. So, wanneer jou vriend gaap, sê jou brein: "Ek ook!" - nie uit moegheid nie, maar uit ‘n gemeenskaplikheid.En dieselfde geld vir ons emosies. 'n Nare woord of 'n vuil kyk van iemand bederf die res van jou dag. Maar, wanneer 'n vreemdeling jou onverwags vriendelik behandel; al glimlag hy net vir jou, kan dit 'n gewone vaal dag sommer ophelder.Ek glo in Jesus. Ek is nie seker of jy ook in Hom glo nie, maar sy verlossing gee my groot vrede. En een van die dinge wat Hy ons belowe, is sy vreugde. As ons weet hoe lief Hy ons het, en wat Hy vir ons gedoen het; en wat die ewigheid vir ons inhou ... is daar mos geen rede waarom ‘n mens nie vol vreugde kan wees nie! Ja, selfs, wanneer dinge nie so glad verloop nie.Psalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”Die vreugde wat Hy vir ons gee, raak ook ander aan. Mense sien dit raak wanneer ons te midde van beproewinge, onverklaarbare vreugde, uitstraal. Ek dink hierdie wêreld het meer vreugdevolle Christene nodig. Wanneer die mense jou opregte, blywende vreugde sien, sal hulle vir hulself sê ... Sjoe! Die Here het groot dinge vir daardie ou gedoen.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Omring Deur Hoenders

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 9, 2026 2:42 Transcription Available


Send us Fan MailGalasiërs 6:2-3 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Party mense kan so ongelooflik frustrerend wees, nè? Hoekom kan hulle nie my standpunt insien nie? Hoekom verstaan hulle dit nie? Wat is fout met hulle? Ek wil jou sê dat as jy só aanhou, jy 'n bitter en verwronge mens gaan wees.Voordat ek tot bekering gekom het, was my gunsteling gesegde altyd: Dis so moeilik om soos 'n arend te sweef wanneer jy tussen die hoenders woon.Dit klink nogal skerp, nè? Maar as jy 'n bietjie dieper delf, loop dit oor van skynheiligheid, veral as iemand wat sê dat hy ‘n Christen is, dit sê. Hoekom? Omdat dit gaan oor 'n gevoel van meerderwaardigheid, 'n minagting van ander, 'n blaamverskuiwende houding - dinge wat Jesus dikwels bestraf het.Selfs toe ek uiteindelik my lewe aan Hom gegee het, was dit steeds 'n reis van baie jare om werklik van daardie afbrekende houding ontslae te raak.Maar God is baie duidelik hieroor. Jy kan nie so arrogant wees en tog beweer dat jy sy liefde ken nie. Ja, my liewe mens, hierdie by die hoenders woon-houding vernietig die wêreld waarin ons leef.Wat is die oplossing? Wel, hier staan dit in:Galasiërs 6:2-3 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.Nederigheid is die teenoorgestelde van selfvoldane arrogansie, nie waar nie? Trouens, ek en jy lyk vir hierdie wêreld soos Jesus wanneer ons onsself verneder om hulle met hul probleme te help; of wanneer ons ons vyande liefhet; of wanneer ons ingryp om hulle wonde te verbind.En as julle dink julle is te belangrik om dit te doen, flous julle net julleself.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Bitter of Beter

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 7, 2026 3:22 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Dit voel so vreeslik onregverdig wanneer slegte dinge onverwags met jou gebeur, nè? Iets gebeur met jou, iets wat regtig seermaak, en jy dink by jouself: Wat is besig om te gebeur... Hoekom gebeur dit met my? Het daardie laaste keer wat iets slegs met jou gebeur het ‘n noemenswaardige impak op jou lewe gehad?William Bligh was die kaptein van die skip die Bounty. In 1789 het twee van sy ontevrede matrose die bemanning opgestook om die Bounty te muit. Hulle het Bligh vasgebind en met ‘n paar van sy lojale manskappe op ‘n oop boot in die see gegooi. Hy het as held na Engeland teruggekeer, nadat hy die berugte Muitery oorleef het, maar die vernedering en woede oor die onreg wat hy aangedoen is, het hom outoritêr en bitter gemaak.Later, as Goewerneur in bevel van die Australiese kolonie, Nieu-Suid-Wallis, het Bligh, in sy opdrag om die korrupte Rum-smokkelary te stop, weer as gevolg van sy onverbiddelike, dominante leierskap 'n opstand ontketen. Die Rum-rebellie waar Bligh deur die oproeriges onder huisarres geplaas is, was die enigste suksesvolle gewapende oorname van 'n Australiese regering in die geskiedenis.Bligh se briljantheid as 'n navigator is oorskadu deur sy obsessiewe behoefte om sy reputasie te verdedig. In plaas daarvan om uit die muitery te leer, het hy al hoe meer verbitterd geword, sy bondgenote vervreem en toegelaat dat sy ongehanteerde bitterheid sy lewe definieer.Bitterheid is dikwels ‘n reaksie op pyn. Op die kort termyn is dit seker heeltemal verstaanbaar. Maar wanneer ons weier om te vergewe en toelaat dat bitterheid ons harte oorheers, sal dit ons vernietig. 2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy óf bitter óf beter word. Dis so eenvoudig. God wil jou beter maak, nie alleenlik wil Hy die gapende wond van pyn genees nie, maar Hy wil jou deur die teenwoordigheid van sy Gees binne-in jou, transformeer. Hy wil die vrees, die bitterheid en die negatiwiteit vervang met sy krag en sy liefde sodat jy selfbeheersd kan lewe.Dis wat die Heilige Gees vir jou kan doen. Maar dis jou keuse. Bitter, of beter.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Bly Liewer Stil

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 5, 2026 3:02 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 15:4 Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. As ons maar net die gemene dinge wat ons oor die jare gesê het, kon terugtrek en dit kon vervang met woorde van vriendelikheid en begrip... Dink daaroor na. Hoe anders sou sommige van jou verhoudings, selfs jou lewe, gewees het as jy nie party van daardie dinge gesê het nie?Ons het dit almal gedoen. Ons is almal spyt daaroor. Ons wens almal dat ons dit ongedaan kon maak. Maar ons kan nie. Wat ons wel kan doen, is om te probeer verstaan hoekom ons daardie kwetsende dinge gesê het, sodat ons volgende keer anders kan optree. Maar kom ons kyk na die ooglopende, die voor die hand liggende oplossing in:Spreuke 15:4  Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.Kalmerende woorde, of soos dit in die ou vertaling ‘n "sagte tong" genoem word, verwys letterlik na 'n genesende tong in die oorspronklike Hebreeuse taal. Dink net wat dit sal beteken wanneer jy leer om moeilike situasies met woorde, wat mense genees en opbou, te benader; eerder as woorde wat hulle afbreek.Maar verdraaide of korrupte woorde, leuens, laster, wreedheid en dies meer – breek ‘n mens se gees, dit verpletter mense, verwond hulle, dit slaan hulle plat.Hoekom doen ons dit? Dis reg, dis omdat ons self seer het. Hoe gereed dink jy, is jy om liefdevol met ander te praat wanneer jou hart seer is? Jy is beslis nie gereed nie, nè?Hier is die waarheid: Wanneer die hart seer en gewond is, volg die tong dikwels op vernietigende maniere. Die Bybel waarsku ons dat die toestand van ons hart ons woorde beïnvloed. Ons moet dus wanneer ons emosies rou is, met selfbeheersing, wysheid en in stilte optree. ‘n Regverdige mens dink voor hy antwoord. Goddelose mense sê net slegte dinge.So, moenie jou tong vertrou wanneer jou hart bitter of gebroke is nie. Bly stil totdat jy genees het, want dan eers kan jy opreg wees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wie is jy en hoekom maak dit saak?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 1, 2026 4:40


Selfkennis verander hoe jy leef, liefhet en reageer – selfs op die pad of agter jou slimfoon se skerm.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Skild; Jou Pantser

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 27, 2026 2:45 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Dink jy, jy sou twintig jaar gelede kon voorspel hoe jou lewe vandag gaan lyk? Vir die meeste van ons is die antwoord 'n duidelike nee, want dinge neem soveel onverwagte wendings, nie waar nie? Daar is soveel vooruitgang en veranderinge wat ons nooit kon voorsien nie...Met al die hoogte- en laagtepunte wat jy ervaar het, was daar sekerlik tye wat dinge net nie sin gemaak het nie. Hoekom het dit gebeur? Hoe kan dit reg wees? Hoe het ek in hierdie situasie beland?Dekades gelede, toe my hoop en drome voor my verpletter gelê het, het ek beslis daardie vrae gevra. En destyds kon ek nooit voorspel dat ek hier saam met jou sou wees en doen wat ek besig is om te doen nie. Maar langs die pad het ek ontdek hoe waar die woorde in hierdie versie is:Psalm 18:31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.My reis was deurmekaar; joune waarskynlik ook. Maar as ek terugkyk, kan ek sien hoe God my op die pad, wat Hy vir my gekies het, gelei het. Ek kan sien hoe die koers wat Hy vir my uitgestippel het, foutloos en onberispelik was. Toe ek tot my sinne gekom het, het ek besef dat dit veilig sal wees om die leisels aan Hom te oorhandig.Ek het oor die jare op soveel verskillende maniere sy beloftes, sy wysheid en sy krag ervaar; dat ek sonder twyfel kan sê dat sy Woord waar is.Deur uiters onaangename omstandighede en pynlike ervarings, wat ek nie vir my ergste vyand sal toewens nie, het Hy my beskerm. Hy het my toevlugsoord geword; Hy het my veilig tot op hierdie punt gebring om by jou te wees. Want dit is wie God is ... vir my, en vir jou.En dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Nie Gemors Nie. Nie Willekeurig Nie. Nie Alleen Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 8:28-29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.Het jy al ooit in hierdie besige wêreld heeltemal alleen gevoel? Miskien het jy mense rondom jou, dinge waarby jy betrokke is, maar daardie gevoel van eensaamheid en van isolasie, vreet aan jou. So, jy vra jouself af: Hoekom gaan ek hierdeur? Hoekom voel ek asof niemand verstaan waardeur ek gaan nie?Dis nie 'n ongewone gevoel nie. Dit lyk net asof dinge sonder rede met jou gebeur. Jy voel asof dinge buite beheer is. Dinge - slegte dinge en ook hier-en-daar goeie dinge – word net na jou kant toe geslinger. Jy dink later dat jy in die maalkolk van die lewe gegooi is.Ons begin die gevoel van isolasie veral beleef wanneer ons neerslagtig voel en wanneer ons seergekry het. Ons ervaar dit wanneer onbeplande dinge gebeur; ons beleef dit wanneer mense se houdings en gedrag teenoor ons verander.Paulus het in die 1ste eeu n.C. vir die kerk in Rome verseker dat God se motiewe suiwer is:Romeine 8:28-29 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.Tim Keller, ‘n Amerikaanse pastoor en teoloog het dit so gestel: Die Christendom weet, in teenstelling met fatalisme is lyding oorweldigend; in teenstelling met Boeddhisme, is lyding 'n  werklikheid; in teenstelling met karma, is lyding dikwels onregverdig; en in teenstelling met sekularisme, is lyding betekenisvol. Daar is 'n doel daarmee, en as dit reg aangepak word, maak dit ons nog liewer vir God en gee dit vir ons meer stabiliteit en geestelike krag as wat jy verwag.Alles werk ten goede saam vir diegene wat God liefhet. Alles.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Ander programme
#GROOTBiddag2026 - Charonike en Maynie bid saam Lean Buys oor Roeping

Ander programme

Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 43:28


Charonike en Maynie gesels met Lean Buys oor God se roeping oor en vir jou lewe. Ons gesels en bid oor die menslike vraag; “Hoekom is ek hier?” Ons bid oor hoe om God se plan vir jou lewe te herken, om jou gees weer nuut te maak, en hoe om Hom te verheerlik deur Sy roeping vir jou! Luister gerus weer!

Monitor
Monitor 20 April 2026

Monitor

Play Episode Listen Later Apr 20, 2026 48:04


Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie verskyn vandag in die hof op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Die Menseregtekommissie ondersoek die emmerstelsel in Noordwes, en die ineenstorting van basiese dienste in die Emfuleni Munisipaliteit. Hoekom is daar ‘n toename in malariagevalle en -sterftes in Gauteng.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jesus het vir Jou Gesterf

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 30, 2026 3:10 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. Hoe belangrik is Paasfees vir jou? Kom en gaan dit dalk in 'n waas van sjokolade, langnaweke en etes? As dit die geval is, het ons die hartklop van God gemis. Paasfees is God se manier om te sê: “Jy is die moeitewerd om voor te sterf.”So, kom ons begin ons week saam deur 'n tree terug te gee om te kyk waaroor dit werklik gaan. Dawid sê vir God in:Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het.Met ander woorde: God het jou uniek gemaak. Hy het jou in jou moederskoot aanmekaargeweef. Jy is nie ‘n ongeluk nie. Jy is nie 'n lukrake produk van geluk nie. Jy is met liefde deur Hom gemaak om Hom te ken en Hom die middelpunt van jou lewe te maak. Maar hier is die ontstellende nuus:Romeine 3:23 Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (NLV)Elkeen van ons het, op ons eie manier, ons rug op God gedraai. Ons het sy doel gemis. En daardie rebellie kom teen 'n prys...Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; God het geweet dit gaan gebeur! Maar ten spyte daarvan, het Hy steeds besluit om in te gryp.2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.Hy het ons sonde – myne en joune – op Jesus gelê. Hoekom? Sodat ons kan kry wat ons nooit sou kon verdien nie: vergifnis, vryheid, die ewige lewe.Romeine 6:23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.Paasfees is nie 'n vinnige wegneemete nie; dit gaan nie net daaroor om God se offer te onthou nie - dit gaan daaroor om te reageer op die Een wat sy lewe vir jou gegee het. Die Een wat jou mislukkings gesien het en gesê het: “Jy is die moeitewerd om voor te sterf.”So, moet asseblief nie Paasfees óm wens nie. Talm 'n rukkie. Laat sy liefde diep insink, want Jesus het nie net vir die wêreld gesterf nie; Hy het vir jou gesterf.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Wat sê die vers? Spreuke 29:18

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Mar 24, 2026 28:19


Wat is die konteks van Spreuke en hoekom het God dit vir ons gegee? Hoe moet ons dit lees en is die mistiese visioen of die moralistiese benadering korrek?  Moet ons eers drome en visioene kry om die regte pad te volg?  Wat is algemene misbruike van hierdie teks? Hoekom kyk ons verlossingshistories na hierdie teks? Wat dring ons tot gehoorsaamheid aan God? Waarom staan "bandeloosheid" teenoor "geseënd wees" in hierdie vers? Kan die wet vir ons 'n troos wees, en watter uitwerking het die woord van God op die samelewing? 

Nuus
Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 24, 2026 0:39


Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes vir die weiering is dat die maatskappy 100 persent in buitelandse besit is. Dit beteken Namibië het nie jurisdiksie oor die diens nie, wat sekuriteitskwessies na vore bring. Die voorsitter van Cran se raad, professor Tulimevava Mufeti, gee verdere redes vir die weiering.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 22 Maart 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Mar 22, 2026 32:44


Lees: Mat 16: 13-28.Fokus: Mat 16: 21-25.Opregte Christusbelydenis impliseer ‘n Christusgerigte lewe.1. Die inhoud van ons Christusbelydenis.·       Jesus se Christusskap(die Griekse woord vir Messias) beteken Hy is God se Gesalfde na wie ons as volk van God opkyk vir hulp en verlossing van ons sondes. ·       Plaasvervangend het Hy ons sondes op Hom geneem en in ons plek God se oordeel en straf gedra tot in die dood. ·       Christus se gehoorsaamheid aan die Vader en liefde vir ons sondaar mense, het Hom gehou aan die kruis totdat Hy gesterf het.2. Die implikasies van ons Christusbelydenis.·       Petrus berispe Jesus omdat hy bekommerd is oor sy eie lyding, omdat hy selfgerig is. ·       Selfgerigtheid maak jou ontvanklik vir Satan se leuens en om deur hom misbruik te word – al is jy ‘n gelowige kind van God. ·       Bedink wat God wil hê deur elke gedagte te toets volgens God se waarheid vir jou lewe in sy Woord (2 Kor 10:5). ·       Ons is beide geregverdig en geheilig deur die kruis van Jesus.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Wat is die inhoud van ons Christusbelydenis? ·       Hoekom berispe Petrus vir Jesus? ·       Hoe maak selfgerigtheid jou ontvanklik vir Satan se leuens? ·       Hoe kan ons die stryd teen die bose in ons denke wen en Jesus volg?  

Kopskuif
KOPSKUIF - Dr Sonia Joubert, 'n sielkundige gesels oor die krag van denke

Kopskuif

Play Episode Listen Later Mar 21, 2026 42:46


Dink jy ooit daaroor of jy regtig genoeg vir jouself dink? Hoekom is dit so maklik om net saam met ander se denke te gaan, en hoe ontwikkel 'n mens jou eie, onafhanklike denke? Sielkundige, dr. Sonia Joubert, gesels op Kopskuif oor die krag van denke. In hierdie insiggewende gesprek verken ons hoe jy jou verstandelike vermoë én veerkragtigheid kan versterk. Dr. Joubert verduidelik hoe 'n mens jou brein kan herbedraad, en sy deel insigte oor hoe om jou optimale breingesondheid te bevorder. Sy lig ook die werklike impak van negatiewe gedagtes op jou lewe uit. Verder vertel sy meer oor haar Thinkingfit‑program en hoe dit jou kan help om jou denke doelbewus te ontwikkel.

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Geseënd is dié wat huil (1)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Mar 18, 2026 6:11


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Geseënd is dié wat huil (1) Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Geseënd is dié wat huil Geseënd is dié wat huil wanneer die gewig van die lewe deur hul skanse breek, hul voorgee stroop en die waarheid tot trane vloei — want dit is hier waar ons onthou ons was nooit bedoel om die wêreld alleen te dra nie. Geseënd is dié wat huil oor wat verloor is —     'n geliefde stem wat stil geword het,     'n stoel wat leeg staan by die tafel,     'n lewe wat skielik verander het— want rou is liefde wat nêrens anders het om heen te gaan nie— as om te besef hoe hul liefde jou gevind het nie. Geseënd is dié wat huil, wat weier dat die wêreld hul verhard. In 'n tyd wat eis 'n rots-van-Gibraltar, deurweek trane die hart, tot vrugbare grond wat nooit sal versteen nie. Geseënd is dié wat huil omdat hul ontsteld word oor wat verkeerd is in die wêreld—     geweld waar daar vrede moet wees,     gierigheid waar daar genoeg moet wees. Hul trane verlang na heelheid — verbind hul aan 'n ander moontlikheid, sleur hul mee tot geregtigheid . Geseënd is dié wat huil met die trane van 'n ander se seer. Wanneer ander se trane in jou hart loop lê beweeg God se genade reeds, omhelsend, verby alle twyfel heen. Geseënd is dié wat huil wanneer waarheid illusie deurbreek— die stof afwas van vensters van die siel— dat ons helder kan sien wat in ons gerief vermy, geklee, vertroetel word. Geseënd is dié wat huil eerder as om terug te slaan; wat in die middel, eerder as aan 'n kant, gaan staan; wat vrede se ewigheidspas bo kits kunsmatige wraak verkies. Hul trane hou beide die pole vas, skilder waterwerf landskappe wat die verbeelding van almal verras. Geseënd is dié wat huil omdat hul ten koste van hulself probeer om reg te doen — want trane troos teleurstelling, voed verlange, vloei tot ‘n volgende tree op die pad wat lewe gee. Geseënd is dié wat huil wanneer hul liefdesoffer misbruik word want hulle sal onthou—     liefde se krag,     liefde se vreugde,     liefde se lewe, leef in die gee. Geseënd is dié wat huil — want hulle sal ontdek, onthou, glo in 'n God wat huil oor 'n wêreld wat verward is oor wat seën werklik is. Mag jou elke traan in die lewegewende stroom van God se trane drup. Mag jou elke sug uitnooi na inasem van 'n Gees-deurweekte lewe. Al is dit snikkend. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.”  Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Gelukkig is jy wat huil (2)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Mar 18, 2026 7:03


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Gelukkig is jy wat huil… Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van huil en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Gelukkig is jy wat huil Gelukkig is jy wat huil want jou siel is nie verdor nie. Gelukkig is jy wat huil want jou hart is nie versteen nie. Gelukkig is jy wat huil want jou lyf is nie verwyderd nie. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verklap jou menslikheid, jou afhanklikheid, ons nog maar oppad wees. Gelukkig is jy wat huil met trane, of net 'n sug, want jy ontdek weer jou eie weerloosheid,     jou klein,                  afhanklik, kind wees. Gelukkig is jy wat huil want jou trane ontbloot wat vir jou belangrik is. Gelukkig is jy wat huil want jou trane dwing jou verby die oppervlak van jou bestaan. Gelukkig is jy wat huil want jou trane stop jou geskarrel, vra jou om hier te wees, verlos jou van ontvlugting. Gelukkig is jy wat huil oor 'n geliefde se dood, want hul lewe het gewig gehad, jou hart bewoon, meer as net jou sintuie geraak. Julle was die rare wonder van geliefdes-van-mekaar. Gelukkig is jy wat huil oor ander se seer, want hulle dra dit nie alleen nie. Gelukkig is jy wat huil oor 'n gebroke werklikheid, want jy behoort aan 'n groter heelheid:     'n geloof in goedheid,     'n hoop op herstel,     'n liefde vir skoonheid. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verlos jou van die greep van tydelikheid. Gelukkig is jy wat huil want jy sal kan glo in 'n God wat huil — 'n God met 'n hart, 'n teenwoordige God, 'n God wat saam treur, 'n God wat hoop. Gelukkig is jy wat saam met ander kan huil, want jy sal ook saam met hulle lag, saam met hulle vier. Gelukkig is jy wanneer jy erken — dit is swaar om te huil. Want diep in ons almal woon 'n verlange na 'n wêreld waar trane net lagtrane of trane van verwondering is. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.”  Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

Magalies Potgooi
[187] Bou natuurwette die heelal? (Humean Mosaic)

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 17, 2026 53:30


Die Humean Mosaic raamwerk sê natuurwette is 'n goeie verduideliking van die patrone van realiteit, maar niks fundamenteel nie.Nog episodes oor die aard van relatiteit: M2 - Ontleding van Realiteit - playlist by Magalies Potgooi Playlists | SpotifyHoofstukke:00:00; Hoekom val die appel vd boom af09:45; Aard van natuurwette en verhoudings tussen state16:48; Anti-wetenskap? Ontologie vs Epistemologie, Kousaliteit37:37; Patrone, Assembly Theory, Essensialisme47:42; Relevante konsepte soos logika en possible worlds

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Herhaaldelike Fout

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 13, 2026 3:16 Transcription Available


Send a textSpreuke 26:11 'n Dwaas wat sy foute herhaal, is soos 'n hond wat terugkom na sy eie braaksel toe. (NLV) Dis darem baie dom om aanhoudend dieselfde fout oor en oor te maak. Hoekom doen ons dit? Dit het nie die eerste 15 keer wat ek dit probeer het, gewerk nie, so hoekom sal ek nie nog 'n keer probeer nie; dalk werk dit nou?.Koning Charles I van Engeland het destyds sy parlement se aanbevelings herhaaldelik geïgnoreer. Hy het besluit om outokraties te regeer en sy parlement te ontbind. Ten spyte van waarskuwings en opstande, het hy voortgegaan om sy 'goddelike reg' te misbruik en sonder hulle toestemming belasting gehef. Sy weiering om van koers te verander – selfs nadat die burgeroorlog uitgebreek het – het tot sy verhoor en teregstelling in 1649 gelei. Sy ondergang was beslis nie iets wat skielik gebeur het nie, dit was die sameloop van herhaalde, trotse foute. Hy het wyse raad geïgnoreer en dit het tot nasionale ondergang gelei.Maar, ons weet dis nie net konings wat die lisensie het om herhaalde flaters te begaan nie. Daardie trotse weiering om te erken dat jy verkeerd is, wat jou weer dieselfde fout laat begaan, is 'n redelik universele menslike eienskap.Die manier waarop mense hul huweliksmaat behandel; deur hulle herhaaldelik te verkleineer; hulle aanhoudend as vanselfsprekend te aanvaar; om herhaaldelik drif en kritiek, in plaas van liefde en aanmoediging te gee, lei tot meer egskeidings as wat enigiemand ooit kan tel. Kom ons wees eerlik, om dieselfde fout oor en oor te herhaal, is absoluut onverskoonbaar. So, hier is 'n beeld vir jou uit die Bybel; ingeval jy 'n slegte gewoonte het wat jy moet breek:Spreuke 26:11 'n Dwaas wat sy foute herhaal, is soos 'n hond wat terugkom na sy eie braaksel toe. (NLV)Hierdie afstootlike prentjie is ‘n baie duidelike waarskuwing om nie dieselfde foute oor en oor te herhaal nie.Doen jouself 'n guns, doen almal in jou lewe 'n guns. Hou op om dwaas op te tree. Hou op om dieselfde dwase dinge oor en oor te doen. Moenie daardie hond wees wat na sy braaksel terugkeer nie.Want, dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Pastoraal - Enkellopend en Alleen

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Mar 10, 2026 38:28


Hoekom kan sommige mense nie iemand vind wat by hulle pas nie?  Is daar fout met hulle, of is daar rede tot kommer?  Is dit goed as trou en maat soek jou top lewensdoelwitte word?  Watter invloed het die sekulêre wêreld se danke op jong mense en die huwelik?  Wat is die ware redes in die Skrif vir die heilige huwelik, en hoekom gaan sommige van ons ongetroud bly?  Hoe kan ons met die enkellopendes in die kerk simpatiseer, hulle aanmoedig en ondersteun in die gemeenskap van die heiliges?  Wat kan enkellopendes self ook doen om hul gawes in die koninkryk te gebruik, goeie vriende te maak op die regte plekke, en vir die regte redes?

hoekom skrif
RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom moet boere die regering vrystel van entstof-aanspreeklikheid?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Mar 3, 2026 10:47


John Steenhuisen, minister van landbou, gesels oor die plan om bek-en-klouseer te bekamp, die maatreëls wat ingestel is, en die kwessie van entstof-aanspreeklikheid. Volg RSG Geldsake op Twitter

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 1 Maart 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Mar 1, 2026 29:01


Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Strategie teen die listige aanslae van die duiwel. Raak bewus van twee duidelike vlakke van kommunikasie: ·       Saaklike-kommunikasie: die onderwerpe van bespreking wat betrekking het op die lewe en ons huwelik. ·       Verhoudings-kommunikasie: boodskappe wat ons aan mekaar stuur wat betrekking het op ons identiteit en waarde.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Verduidelik vlak 1 kommunikasie met ‘n praktiese voorbeeld. ·       Verduidelik vlak 2 kommunikasie met ‘n praktiese voorbeeld. ·       Hoekom kan jy jammer sê al was jy nie verkeerd op vlak 1 kommunikasie nie?

Die ekonomie minuut
Hoekom jy positief kan wees oor die Begroting

Die ekonomie minuut

Play Episode Listen Later Feb 27, 2026 2:53


Ek sal enige dag na ʼn vervelige Begrotingrede luister. Na al die opwinding van 2025 was die week se rede rustig, maar behalwe vir al die interessante besonderhede in die Begroting is die vraag wat ons moet vra of Minister Godongwana gewys het dat hy by sy plan hou.

Nuus
Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 23, 2026 0:32


Kry die nuus soos dit breek.

Nuus
Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 23, 2026 0:28


Terwyl die Amerikaanse weermag se opbou in die Midde-Ooste voortduur, sal onderhandelings Donderdag tussen die land en Iran voortduur. President Donald Trump het verlede week gesê hy sal oor tien of 15 dae ‘n besluit oor ‘n aanval maak. Intussen het Iran se buitelandse sake-minister Abbas Araghchi met CBS News in die VSA gepraat.

Podlitiek
Ep. 287 - Hoe lyk n toekoms onder NGV - AfriForum gee vir jou n idee

Podlitiek

Play Episode Listen Later Feb 18, 2026 28:14


Louis, Ernst en Wian gesels oor AfriForum se nuwe hofsaak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet.Hoekom dit nou belangrik is en wat ons kan verwag.

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | As-Woensdag — 'n off-beat ritueel

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 18, 2026 9:39


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte: As-Woensdag — 'n off-beat ritueel deur Pieter Roeloffse “Jesus is an alternative to the dominant ways of the world,  not a supplement to them.”  Eugene Peterson Elke jaar doen die kerk iets vreemd. Ons neem die oorblyfsels van verlede jaar se Palmsondag — die takke waarmee ons “Hosanna!” gesing het — en ons verbrand dit. Die takke wat eens tekens van oorwinning en hoop was, word as. En met daardie as begin ons Lydenstyd. Dit is nie toevallig nie. Dit is teologies briljant. Die ironie van die skare Op Palmsondag stap Jesus Jerusalem binne. Die skare waai palmtakke. Hulle roep “Hosanna! “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” (Matt 21:1-11, Mark. 11:1-11; Luk. 19:28-38; Joh. 12:12-19) Hulle verwag 'n Messias wat hul vyande sal oorwin, die regte mag sal herstel, die regte koninkryk sal vestig. 'n Paar dae later is daar weer 'n skare. En hulle roep: “Kruisig Hom! Kruisig Hom.” (Matt 27:15-26, Mark. 15:6-15; Luk. 23:13-25; Joh. 18:39 – 19:16)  Dieselfde stad. Dieselfde fees. Waarskynlik meeste van dieselfde mense. Wat het verander? Jesus het nie by hulle script ingepas nie. Hy het nie mag oorgeneem soos hulle verwag het nie. Hy het nie Rome omver gewerp soos hulle verwag het nie. Hy het nie die soort oorwinning gebring wat hulle wou hê nie. En toe Hy nie inpas by hul verwagtinge nie, draai die skare. Ons is nader aan die skare as wat ons dink. As-Woensdag begin met “Onthou jy is stof” en 'n as-kruis merk op jou voorkop of pols. Hoekom? Omdat ons ook palmtakke dra — ons eie verwagtinge het van hoe God moet werk; hoe verlossing moet lyk. Ons eie planne van die mooi en goeie lewe het. Ons juig maklik vir 'n Jesus wat óns drome bevestig. Maar 'n Jesus wat selfopoffering vra? 'n Koning wat op 'n donkie ry? 'n God wat alle mense liefhet? 'n Messias wat leer en leef “sterf van jou ekkigheid dan kom daar nuwe lewe”? Dis net té anders, té vreemd, té ongemaklik. Die as van Palmsondag-takke herinner ons: selfs ons aanbidding kan soms besoedel wees (vgl. Miga 6:6-8; Amos 5:21-24). 'n Heilige onderbreking Wanneer die palmtakke verbrand word, word triomf in stof verander. Dit nooi ons: Moenie hoop op jou eie namaaksel van God en jou eie weergawe van oorwinning nie. As-Woensdag help ons om eerlik te word oor iets diep in ons harte — ons wil graag hê God moet ons idees, oortuigings en storie versterk — nie dit herskryf nie. Maar Jesus kom nie om ons storie te verbeter nie. Hy kom om 'n ander een te gee: 'n Storie waar die eerste laaste is. Waar mag lyk soos diens. Waar oorwinning deur selfopoffering kom. Waar lewe deur die dood breek. Wanneer die as op ons voorkop in die vorm van 'n kruis geteken word, hou dit Palmsondag en Goeie Vrydag saam. Dit sê: Moenie te vinnig juig nie. Moenie te vinnig veroordeel nie. Moenie dink jy staan buite die skare nie. Dit nooi ons om ons afhanklikheid te erken. Te erken dat God en Sy manier anders is as wat ons graag sou verkies. Te onthou dat God en Sy anderster manier verlossing, vryheid, lewe gee — vir alles en almal! As-Woensdag vra nie: Is jy opgewonde oor Jesus? nie. Dit vra: Sal jy Hom volg wanneer Hy nie in jou verwagtinge pas nie? Sal jy Hom vertrou wanneer Hy nie jou vyande veroordeel nie? Sal jy leer om 'n ander soort oorwinning lief te hê? Van palmtak tot as — van triomf tot waarheid — van skare tot dissipel Mag hierdie As-Woensdag en Lydenstyd ons help om nie net mense te wees wat “Hosanna!” roep wanneer dit maklik is nie, maar mense wat gevorm word deur die kruis. Na-leef teks: “22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin,  24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.” 1 Korintiërs 1:22-25 Na-leef vrae Kan jy dit in jouself raaksien hoe jy soms Jesus en Sy weg, soos die skare, wil verander om by jou agenda en idees in te pas? Watter deel van Jesus se “Neem jou kruis op en volg my.” Is vir jou moeilik? Hoe sal jy dit eerlik in 'n kaalvoet-gebed verwoord?

Radio Scriptura
Pastoraal: Afwesige Vaders

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Feb 17, 2026 33:16


Hoe lyk die werklikheid van vaderskap in ons huise?  Doen ons die nodige om ons kinders te begelei en ons seuns as manne van God te herder, op te voed en te ondersteun in al die verskillende fasette van hul lewe en geestelike groei?   Maak ons moeite met ons kinders, of laat ons daardie werk maklik aan ons vrouens oor as dit te emosioneel of geestelik van aard is?  Staan ons die bybelse mandaat af aan diegene wat gretig is om ons kinders af te rokkel, negatief te beinvloed, en die verskriklike groot gaping met wêreldse invloed te vul?  Wie het die gesin en die opdrag vir vaders as  die hoof van hul gesinne ingestel?  Hoekom verbrokkel die gesin en word kinders goddeloos en afvallig van God die Vader?  Hoe kan ons werklik gehoorsaam en verantwoordelik in die rol van vaderskap begin staan? Hoe draai ons die groot krisis van vaderloosheid om in Suid-Afrika, sodat ons God kan verheerlik, en ons kinders die voorreg het om Hom as vader te leer ken en te dien?

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom is dr Danie Odendaal uit die Bek-en-klouseer-taakspan geskop?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 13, 2026 15:29


Dr Danie Odendaal, besturende direkteur van die Veearts Netwerk, verduidelik die redes waarom hy uit die Bek-en-klouseer-taakspan verwyder is. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Dít is hoekom die Kaapse Metro Airbnb's teiken

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Feb 10, 2026 9:32


Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, bespreek die stad se besluit om kommersiële tariewe op Airbnb en soortgelyke eiendomme te hef. Volg RSG Geldsake op Twitter

airbnb metro kaapstad hoekom geordin hill lewis kaapse
RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom is die rand tans so stabiel?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 7:17


Gert Visser, valutaspesialis by Rand Merchant Bank (RMB), verduidelik hoekom die rand so stabiel is en of hierdie stabiliteit volhoubaar is. Volg RSG Geldsake op Twitter

rand tans hoekom rand merchant bank rmb
RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom dink Fibertime daar is 95 miljoen mense in Suid-Afrika?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Dec 3, 2025 13:36


Magnus Rademeyer – hoof van insigte, Fibertime Volg RSG Geldsake op Twitter

Radio Scriptura
Wat sê die vers? Handelinge 2:38

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 25, 2025 32:53


Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees?  Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet 'n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom word so min kuberdiewe vervolg?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 14:13


Andre Wentzel, uitvoerende hoof va Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric), bespreek die vervolging van kuberdiewe. Volg RSG Geldsake op Twitter

HRCO Potgooi Preke
Wanneer God nie SIN maak nie?

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 35:53


Het jy al gevoel: “Here… waar is U? Hoekom lyk dit of U ander antwoord en ek hoor net stilte?”Jy is nie alleen nie. ✨Hierdie Sondag bestudeer ons een van die mees eerlike en bemoedigende stories in die evangelies:Johannes die Doper – God se gunsteling – in die tronk… en Jesus bly stil.

Nuus
Sondebelasting moet direk aan gesondheid toegewys word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:39


Die plastieksakheffing word direk aan die Omgewingsbeleggingsfonds oorgedra. Hoekom nie sondebelasting nie? Die gesondheidsministerie maak gereeld melding van befondsingstekorte en die impak van drank en sigarette op die gesondheidstelsel en tog, word die belasting direk aan die Tesourie oorbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan ekonoom dr. John Steytler gepraat. Hy stem saam.

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom is ongelykheid in die wêreld onvolhoubaar?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 14:27


Prof Imraan Valodia – Professor: Ekonomie en Adjunkvisekanselier: Klimaat, Volhoubaarheid en Ongelykheid Volg RSG Geldsake op Twitter

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Oct 14, 2025 40:02


Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.

Nuus
Hoekom is Starmer stil oor Trump se Londen-aanmerkings?

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 0:37


Die Britse eerste minister Keir Starmer is opnuut onder skoot oor sy stilswye nadat Amerikaanse president Donald Trump in sy toespraak by die Verenigde Nasies se algemene vergadering Londen se burgemeester, Sadiq Khan, aangeval het. Trump het terwyl hy oor immigrasie gepraat het, gesê Khan is 'n verskriklik slegte burgemeester en die stad beweeg na Sharia-wetgewing. Khan het Trump daarna beskuldig van rassisme, seksisme en Islamofobie. SkyNews het met die Arbeidersparty se parlementslid Dawn Butler gepraat.

Nuus
Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2025 0:40


Die IPC doen 'n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir 'n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir 'n opdatering oor die proses en beklemtoon dat die wet belangrik is om verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die regering te verseker.

Nuus
Dis hoekom Old Mutual CrossFit Namrox Throwdown ondersteun

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2025 0:19


Old Mutual Namibia het die CrossFit Namrox Throwdown oor die naweek by CrossFit Damascus in Windhoek met 30 000 Namibiese dollar geborg. Hierdie unieke fiksheidsgeleentheid het tradisionele gewigoptel verruil vir 'n meer toeganklike formaat, wat hardlopers, fietsryers, triatlete en hibriede atlete verwelkom het. Alle opbrengste het na Special Olympics Namibia gegaan, wat hul missie ondersteun om atlete van alle vermoëns te bemagtig. Old Mutual Namibia Wealth se uitvoerende hoof, Wikus Fourie, het meer.

Nuus
Dís hoekom Kanker-appelprojek na vroeg-'26 verskuif is

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 0:32


Bank Windhoek het die bekendstelling van sy jaarlikse Kanker-appelprojek na Februarie 2026 herskeduleer, en dit in lyn gebring met die piek appel-oesseisoen om die varsste vrugte en groter koste-effektiwiteit te verseker. Jacquiline Pack, die bank se hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.

Nuus
Dís hoekom kinders nie deur politici gebruik moet word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:19


Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.

Nuus
Hoekom is die kragprysstyging 13,6%, Stad Windhoek?

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:39


Die herrie blyk om los te wees na die verhoging in kragtariewe in die hoofstad. Terwyl Stad Windhoek volhou dat elektrisiteitstariewe slegs met 3,9 persent gestyg het, beweer sommige inwoners in buurte soos Kleine Kuppe, Pionierspark en Olympia dat hul jongste rekeninge stygings van tot 13,6 persent toon, wat vrae laat ontstaan. Windhoek-inwoner, John Dalton het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig met nagmaal?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Aug 12, 2025 28:00


Is die nagmaal 'n sigbare seël, of 'n misterieuse ritueel, of 'n dooie simbool? Wat is die belofte en geestelike betekenis van die nagmaal?  Hoekom gebruik ons die sakrament?  Hoekom het Jesus dit as 'n opdrag aan christene gegee?  As die brood en die wyn nie letterlik Sy liggaam en sy bloed is nie, hoe is Christus dan teenwoordig tydens die nagmaal? Hoe verdedig ons hierdie waarheid uit die Woord en aan die hand van ons belydenisse? Hoe sien ons die drie-enigheid?  Wat is Biblisisme, en hoekom het ons belydenisskrifte gesag?    

Nuus
Mynwese: As 51% vir De Beers kan werk, hoekom nie?

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 0:20


Reaksie word ontvang op die regering se plan om 51 persent plaaslike besit in nuwe mynbedrywighede. Daar is vrae oor hoe dit sal werk – is dit gratis, die regering of privaat beleggers en indien dan, wie omdat miljoene benodig word. Nietemin die regering werk nog aan die beleid en intussen sê Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu as dit vir De Beers kan werk, hoekom nie?

Podlitiek
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jul 8, 2025 42:38


In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?Podlitiek word aangebied deur:Arno RoodtLouis BoshoffErnst van Zyl