Podcasts about hoekom

  • 92PODCASTS
  • 716EPISODES
  • 16mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Nov 25, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about hoekom

Show all podcasts related to hoekom

Latest podcast episodes about hoekom

Radio Scriptura
Wat sê die vers? Handelinge 2:38

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Nov 25, 2025 32:53


Wat is die misverstande en dwaalleer van die vers ten opsigte van die water, die doop en die Heilige Gees?  Daar is groot hoop vir die mens in Handelinge 2:38, en meer nog in die vers wat volg: " .... die belofte kom julle toe en julle kinders ..." Kan ons geloof vir onsself in ons eie harte bewerkstellig? Wat is dan nou werklik die gawe van die Heilige Gees? Kry ek dit saam met my doop, of moet 'n ander persoon dit eers oor my afbid? Hoekom doop gelowiges hul kinders? Moet hulle nie eers in God glo voordat hulle gedoop kan word nie?

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom word so min kuberdiewe vervolg?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 14:13


Andre Wentzel, uitvoerende hoof va Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric), bespreek die vervolging van kuberdiewe. Volg RSG Geldsake op Twitter

HRCO Potgooi Preke
Wanneer God nie SIN maak nie?

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 35:53


Het jy al gevoel: “Here… waar is U? Hoekom lyk dit of U ander antwoord en ek hoor net stilte?”Jy is nie alleen nie. ✨Hierdie Sondag bestudeer ons een van die mees eerlike en bemoedigende stories in die evangelies:Johannes die Doper – God se gunsteling – in die tronk… en Jesus bly stil.

Nuus
Sondebelasting moet direk aan gesondheid toegewys word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:39


Die plastieksakheffing word direk aan die Omgewingsbeleggingsfonds oorgedra. Hoekom nie sondebelasting nie? Die gesondheidsministerie maak gereeld melding van befondsingstekorte en die impak van drank en sigarette op die gesondheidstelsel en tog, word die belasting direk aan die Tesourie oorbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan ekonoom dr. John Steytler gepraat. Hy stem saam.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer die Duiwel Los Rondloop

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 3:05 Transcription Available


Send us a text1 Johannes 4:4 Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. Volgens die jongste ramings is daar meer as 5 miljoen potgooie en 600 miljoen blogs of webrubrieke daar buite. Hulle publiseer gesamentlik byna 8 miljoen episodes en plasings per dag. Dit is benewens die "tradisionele media" waar ware joernalistiek grootliks vervang is deur sorgvuldig vervaardigde metodes om jou met verwante inligting uit te lok. Daar word soveel inligting, in ons kele afgedruk dat dit moeilik is om te weet wát om te glo en wat nie.Kom ons wees eerlik. Terwyl daar hier en daar briljante inligting is, is daar volop absolute giftige gemors. My vriend, dit voel of óns enkele klein ou kersie met 'n flikkerende vlammetjie van liefde, geen kans staan in die toenemend donker en perverse wêreld nie. Hoe kan enigiemand 'n eenvoudige geloof in Jesus uitleef in 'n wêreld wat hulle toenemend wil afsluit; stilmaak; afskryf? Is daar enige hoop hoegenaamd?1 Johannes 4:4 Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.Wat 'n kragtige waarheid. Al daardie mense wat valse, giftige en toenemend donker en gevaarlike idees daar buite versprei, is reeds verslaan. Hoekom? Omdat Jesus, die Een wat in jou is, groter is as die een wat in die wêreld is.Jesus het gesterf en weer opgestaan en Hy het reeds die stryd vir jou en vir enigiemand anders wat hul vertroue in Hom stel, gewen; want deur aan die kruis te sterf, het Hy die straf geneem wat ek en jy vir ons sonde verdien het. Deur weer op te staan, het Hy vir ons die oorwinning oor sonde en dood gegee om 'n ewigheid in sy teenwoordigheid deur te bring.Die waarheid is dat selfs al kom die hel teen jou, is die hel steeds in die minderheid. Jesus het oorwin.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie die Spoor Byster Raak Nie!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 2:43 Transcription Available


Send us a textMatteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy honger ly. Sê nou, jy het weke laas geëet. Jy is besig om dood te gaan, jou liggaam wil nie meer reg funksioneer nie. Die lyding is onuitspreeklik. So, wat sal jy doen om kos in jou maag te kry? Instinktief is die antwoord dat ons omtrent enigiets sal doen om kos te kry. Toe Jesus veertig dae en veertig nagte sonder kos in die woestyn was, het die duiwel gekom en Hom versoek om sy lyding in sy eie krag te beëindig. Die duiwel, sê selfs vir Jesus: Jy is die Seun van God. Jy kan dit doen, man!As jy onder dieselfde druk sou verkeer, en die mag sou gehad het om klippe in brood te verander, sou jy die duiwel self gehoorsaam het? Hoekom nie? Wat is verkeerd daarmee?Ons emosies is 'n groot deel van wie ons is. Ons kan dit nie ontken nie. Soms dien hulle ons. Ander kere kan hulle ons in verskriklike moeilikheid laat beland, veral, wanneer ons swaarkry. 'n Emosionele besluit wat op die ingewing van die oomblik geneem word, kan 'n magdom van probleme veroorsaak. Maar kom ons kyk hoe Jesus gereageer het:Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”Jesus wys dat Hy sy Vader gehoorsaam en dat Hy nie sy lyding sal beëindig wanneer die duiwel dit voorstel nie. Wanneer jy die Woord van God hoor, keer Hy dat jy in daardie moeilike situasies van die spoor afdwaal; daardie tye wanneer jy die risiko loop om slegte emosionele, ingewing-van-die-oomblik besluite te neem.Soos iemand eenkeer gesê het, as jy nie geestelik gevoed word nie, dan sal jy emosioneel gelei word.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Liefde Daag Op

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 6, 2025 3:07 Transcription Available


Send us a textJohannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Hier is vir jou 'n verstommende feit: meer as 150 miljard teksboodskappe word daagliks deur boodskapplatforms – soos SMS, Facebook, Messenger, iMessage, WhatsApp, WeChat, Telegram, Signal en dies meer, wêreldwyd gestuur. Dis 55 triljoen per jaar. Verstommend, nè! Ja, ek weet, hierdie boodskappe is wonderlike tegnologiese hulpmiddels; dis vinnig; dis gerieflik ... totdat dit dalk te vinnig en te gerieflik is...Vriende van my is onlangs met 'n lewensbedreigende situasie in hul familie gekonfronteer. Hulle het onmiddellik hulle eie kerk laat weet, sodat hulle kon bid. In reaksie hierop het hulle oor die daaropvolgende weke 'n handvol teksboodskappe ontvang, maar niemand het hulle op enige wyse bygestaan nie. Niemand het eers gebel om te gesels nie!Dit behoort jou nie te verbaas om te hoor dat hulle heeltemal verlate gevoel het deur hul sogenaamde kerkfamilie se onbetrokkenheid nie. Hoekom nie? Is dit die vlak waartoe liefde in hierdie dag en eeu afgedaal het?Kontrasteer dit nou met God se benadering tot sy liefde vir ons.Johannes 3:16-17 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.Sien jy, God het nie 'n teksboodskap gestuur nie! Hy het nie eers op die krag van Sy Woord, die Bybel, staatgemaak nie. Nee, God het sy eniggebore Seun in vlees en bloed gestuur!As daar een ding is oor die soort liefde waarvan God praat, is dat dit prakties is. Ja, my vriend, ‘n teksboodskap sonder praktiese betrokkenheid, is nie liefde nie!Wie in jou lewe het op die oomblik vir jou nodig om 'n telefoonoproep te maak; of wat van 'n koffie-afspraak; of om by hulle huis op te daag; of beter nog, by hul voordeur met 'n maaltyd in die hand op te daag?Nee, liefde skuil nie agter 'n teksboodskap nie. Liefde verskyn!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom is ongelykheid in die wêreld onvolhoubaar?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 14:27


Prof Imraan Valodia – Professor: Ekonomie en Adjunkvisekanselier: Klimaat, Volhoubaarheid en Ongelykheid Volg RSG Geldsake op Twitter

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Positiewe Verandering

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 2:51 Transcription Available


Send us a text2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om 'n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV) As ons aanvaar dat jy, soos die meeste mense, 'n beter lewe wil lei – wat dit ook al vir jou beteken – wat sou jy bereid wees om te verander om dit te laat gebeur?Howard Hughes, ‘n twintigste-eeuse Amerikaanse miljardêr, wou sukses, geluk en 'n beter lewe hê. Maar ten spyte hiervan het hy geweier om sy verslegtende geestesgesondheid en obsessief-kompulsiewe versteuring aan te spreek.Hughes het ten spyte van sy geweldige rykdom, ‘n paranoia en 'n vrees vir kieme ontwikkel, wat hom daartoe gelei het om 'n kluisenaar te word en homself in donker hotelkamers te isoleer. In plaas daarvan om sy probleme te konfronteer en hulp te soek, het hy toegelaat dat sy vrese hom van lewenskwaliteit beroof. Dit wys ons net dat rykdom en ambisie betekenisloos is, tensy ons bereid is om ons demone te konfronteer.2 Timoteus 1:9 Dit is God wat ons verlos en gekies het om 'n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. (NLV) Dis goeie nuus, wonderlike nuus, dat God vir Jesus na hierdie aarde gestuur het om ons van ons sonde te bevry. Dis 'n boodskap van genade en vergifnis. Halleluja! Hoekom het Hy dit gedoen? God het ons gered en ons uitgekies om sy heilige volk te wees.Heiligheid beteken om afgesonder te wees en rein te leef. Dit beteken ook dat ons ons mislukkings, ons swakhede en ons demone agter sal laat. Die nuwe lewe wat God bied, is gebaseer op sy genade, maar dit vereis verandering; 'n verandering ten goede.Wat is daar in jou lewe wat moet verander? Wat is jy bereid om te verander om te getuig van jou nuwe lewe in Christus?Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Oct 19, 2025 30:10


Lees: Eks 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2).  ·       Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder geveg teen die Amalekiete. ·       Wat jy glo kom uit in jou optrede. As jy iets glo, sal jy dit ook doen. As jy nie doen nie, is jou geloof maar net wensdenkery. ·       Ons mense kan alleen waarlik deur die geloof lewe as die Heilige Gees ons die krag gee. ·       Omdat Jesus nooit verander nie en vir ewig dieselfde is (Heb 13:7-8), is Hy die enigste egte voorwerp van ons geloof. ·       Jy ontvang ‘n lewe van oorwinning as jy deur die geloof lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? ·       Wat is die 2 kenmerke van ‘n opregte lewe deur die geloof? ·       Wat is die verskil tussen wensdenkery en opregte geloof? ·       Wat is die toets vir opregte geloof? ·       Hoekom is Jesus die enigste egte voorwerp van ons geloof?

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Dekonstruksie van geloof

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Oct 14, 2025 40:02


Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.

Magalies Potgooi
[166] Pop! Oldboy en ander wraak flieks

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Oct 14, 2025 61:25


00:00; Oldboy 28:23; Oldboy Spoiler Warning en einde33:26; Ander wraak flieks en IMDB top 5041:37; Law Abiding Citizen44:32; Dogville50:42; Hoekom raak ons wraak simpatiekIMDB Top 50: https://www.imdb.com/list/ls008647612/

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Nader Jy Kom …

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 2:24 Transcription Available


Send us a textMatteus 7:3-5 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,' en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. Mense is darem snaakse wesens, nè? Aan die eenkant smag ons na nabyheid, na liefde, na intimiteit, en tog, hoe nader ons aan iemand kom, hoe maklikerkritiseer ons hulle en hoe meer konsentreer ons op hulle swakhede. Hoekom is dit so?Weet jy, Napoleon en Josephine was innig lief vir mekaar. Maar ten spyte van hul liefde, het sy oorheersende geaardheid en haar onvermoë om aan sy verwagtinge te voldoen, gelei tot ernstige konflik en uiteindelik tot ‘n egskeiding. Soos so dikwels die geval is, het hul persoonlike swakhede, hulle aanvanklik opregte toegewyde gevoelens, vernietig.Hoe dikwels het daardie scenario homself deur die eeue in verhoudings afgespeel? En die rede is altyd dieselfde. Jesus het dit so gestel:Matteus 7:3-5 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,' en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.Hoe nader jy aan iemand kom, hoe makliker is dit om die splinter in hulle oog te sien. Hoe meer irriteer dit jou. Hoe meer aanstoot gee dit jou. En dan voel jy dat die ander persoon moet verander.Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Hoekom is Starmer stil oor Trump se Londen-aanmerkings?

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 0:37


Die Britse eerste minister Keir Starmer is opnuut onder skoot oor sy stilswye nadat Amerikaanse president Donald Trump in sy toespraak by die Verenigde Nasies se algemene vergadering Londen se burgemeester, Sadiq Khan, aangeval het. Trump het terwyl hy oor immigrasie gepraat het, gesê Khan is 'n verskriklik slegte burgemeester en die stad beweeg na Sharia-wetgewing. Khan het Trump daarna beskuldig van rassisme, seksisme en Islamofobie. SkyNews het met die Arbeidersparty se parlementslid Dawn Butler gepraat.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 21 September 2025, Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Sep 21, 2025 37:41


Lees: Eks 16:1-4, 13-21 en 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om alles van God te verwag.  ·       Moses is die heuwel op om voorbidding te gaan doen ogv God se beloftes. ·       Ons kan in die geloof verseker weet dat God ons gebede hoor, want ons bid in die Naam van onse Here Jesus Christus. ·       Elke dag moet jy nuwe vars manna van God ontvang (Eks 16:4) – dit is die huidige spesifieke Woord wat kom vanaf God vir daardie dag, die lewende Woord vanaf Hom vir die spesifieke dag.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? ·       Hoekom was Israel die sterkste solank Moses sy hand opgehou het? ·       Hoekom is ons gebede in die Naam van ons Here Jesus Christus se kragtig? ·       Wat is die geestelike manna wat ons ook elke dag moet ontvang in afhanklikheid van die Here? (vgl Mat 4:4)  

Naweekaktueel
Naweekaktueel 20 September 2025

Naweekaktueel

Play Episode Listen Later Sep 20, 2025 44:18


Die DA bevestig dat Helen Zille die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg is in aanstaande jaar se verkiesing. Die Spesiale Ondersoekeenheid bestee glo meer as R15-duisend per maand om die veiligheid van 'n fluitjieblaser te verseker. Hoekom was die Noord-Kaapse dorp, Kharkams, en Wupperthal in die Wes-Kaap, in die kollig by die Venesië Internasionale Rolprentfees?

Nuus
Hoekom is Inligtingskommissaris nog nie aangestel, vra IPC

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 17, 2025 0:40


Die IPC doen 'n beroep op die regering om die aanstellingsproses vir 'n Inligtingskommissaris te bespoedig om te verseker dat die Wet op Toegang tot Inligting, wat in 2022 aangeneem is, in werking tree. Die IPC-parlementslid John-Louw Mouton het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gevra vir 'n opdatering oor die proses en beklemtoon dat die wet belangrik is om verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die regering te verseker.

Nuus
Dis hoekom Old Mutual CrossFit Namrox Throwdown ondersteun

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 16, 2025 0:19


Old Mutual Namibia het die CrossFit Namrox Throwdown oor die naweek by CrossFit Damascus in Windhoek met 30 000 Namibiese dollar geborg. Hierdie unieke fiksheidsgeleentheid het tradisionele gewigoptel verruil vir 'n meer toeganklike formaat, wat hardlopers, fietsryers, triatlete en hibriede atlete verwelkom het. Alle opbrengste het na Special Olympics Namibia gegaan, wat hul missie ondersteun om atlete van alle vermoëns te bemagtig. Old Mutual Namibia Wealth se uitvoerende hoof, Wikus Fourie, het meer.

Magalies Potgooi
[163] Politiese Stelsels: RSA vs VSA vs Australië

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Sep 16, 2025 57:29


Wat is die verskil tussen die parlement en die kabinet? Wat is 'n senator in Amerika? Hoekom is Trump se uitvoerende bevele so kontroversieel? Wat is "midterm elections"? Wat is die verskil tussen provinsies en state? Wat is gerrymandering?Magalies Politieke episodes: https://open.spotify.com/playlist/5UhrBFSHzGrS9MP1dZwK8900:00; Hoofstede09:30; Twee-kamer parlement en "midterm"14:10; State21:40; Senators25:50; Gerrymandering29:50; Proporsionele verteenwoordiging35:48; President verkiesing42:53; Executive Orders & Kabinet vs Parlement49:27; Gerangskikte en Verpligte Stemming in Australië

HRCO Potgooi Preke
DIE OORLOG TEEN VALSE PERSEPSIES

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Sep 14, 2025 46:18


Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar 'n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31).

Nuus
Dís hoekom Kanker-appelprojek na vroeg-'26 verskuif is

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 8, 2025 0:32


Bank Windhoek het die bekendstelling van sy jaarlikse Kanker-appelprojek na Februarie 2026 herskeduleer, en dit in lyn gebring met die piek appel-oesseisoen om die varsste vrugte en groter koste-effektiwiteit te verseker. Jacquiline Pack, die bank se hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oordenking 2 September 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Sep 2, 2025 4:25


Hoekom laat God lyding toe?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Plek Sonder Vrede

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 1, 2025 3:16 Transcription Available


Send us a textJesaja 48:22 Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here. Ons wil almal vrede hê, nie waar nie? Ja, wie wil nou nie 'n vreedsame lewe, vry van konflik hê nie? Wie begeer nie ‘n vreedsame tuiste nie? En wat van daardie diep, innerlike vrede? En tog is daar baie mense, wat die een of ander ding het, wat oor en oor by hulle spook; daardie ding wat hulle van dié vrede wat hulle so begeer, beroof.In die middel van die 16de eeu was Ivan die Verskriklike die Tsaar van Rusland. Hy het probeer om vrede te bring deur sy geheime polisiemag te gebruik. Maar in die proses het hy terreur onder sy mense gesaai deur mense wat ‘n bedreiging ingehou het, te laat vermoor. Hy het selfs sy eie seun vermoor. Ivan het later heeltemal paranoïes geword. Dit is dus nie ‘n verrassing dat sy aanvanklike soeke na vrede deur middel van daardie bose dade, heeltemal nutteloos was nie, en dat hy Rusland net dieper in paniek en rebellie gedryf het.Ons sin vir geregtigheid wil hê dat sulke mense die straf, wat hulle verdien, ontvang. Ons wil allermins sien dat hulle slaag.Jodie Foster, die Hollywood-aktrise, het onlangs in ‘n toespraak die volgende gesê: Nee, vriende, moenie naïef wees nie. Diegene wat bose dinge doen, kry nie altyd wat hulle verdien nie. Baie van hulle sal goed vaar. Jy sal sien hoe hulle slaag. Jy sal sien hoe hulle die beste van alles kry. En dis hoe dinge in die regte wêreld gebeur. Maar, as dit jou sal troos, kan ek jou verseker dat ek al baie suksesvolle goddelose mense gesien het ... maar nie een van hulle het ooit innerlike vrede gehad nie.Daar is niks nuuts daaraan nie. Ons lees in:Jesaja 48:22 Maar vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê die Here.Hoekom? Omdat God dit so ontwerp het. Nouja, die oplossing is dat, indien jy vrede wil hê, jy dít wat daar ook al in jou lewe is, wat jou daarvan beroof, moet laat vaar. Want vir die goddeloses is daar geen vrede nie,Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Dís hoekom kinders nie deur politici gebruik moet word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:19


Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.

Nuus
Hoekom is die kragprysstyging 13,6%, Stad Windhoek?

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:39


Die herrie blyk om los te wees na die verhoging in kragtariewe in die hoofstad. Terwyl Stad Windhoek volhou dat elektrisiteitstariewe slegs met 3,9 persent gestyg het, beweer sommige inwoners in buurte soos Kleine Kuppe, Pionierspark en Olympia dat hul jongste rekeninge stygings van tot 13,6 persent toon, wat vrae laat ontstaan. Windhoek-inwoner, John Dalton het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Radio Scriptura
Luisteraarsvraag: Is Christus teenwoordig met nagmaal?

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Aug 12, 2025 28:00


Is die nagmaal 'n sigbare seël, of 'n misterieuse ritueel, of 'n dooie simbool? Wat is die belofte en geestelike betekenis van die nagmaal?  Hoekom gebruik ons die sakrament?  Hoekom het Jesus dit as 'n opdrag aan christene gegee?  As die brood en die wyn nie letterlik Sy liggaam en sy bloed is nie, hoe is Christus dan teenwoordig tydens die nagmaal? Hoe verdedig ons hierdie waarheid uit die Woord en aan die hand van ons belydenisse? Hoe sien ons die drie-enigheid?  Wat is Biblisisme, en hoekom het ons belydenisskrifte gesag?    

Nuus
Mynwese: As 51% vir De Beers kan werk, hoekom nie?

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 0:20


Reaksie word ontvang op die regering se plan om 51 persent plaaslike besit in nuwe mynbedrywighede. Daar is vrae oor hoe dit sal werk – is dit gratis, die regering of privaat beleggers en indien dan, wie omdat miljoene benodig word. Nietemin die regering werk nog aan die beleid en intussen sê Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu as dit vir De Beers kan werk, hoekom nie?

Radio Scriptura
Menslike Seksualiteit: Verlossing - die evangelie bring bevryding

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jul 29, 2025 35:00


Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom is Bitcoin so opgewonde oor Kriptowee

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 16, 2025 9:51


Wiehann Olivier – vennoot en hoof van digitale bates, Mazars SA Volg RSG Geldsake op Twitter

Podlitiek
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff

Podlitiek

Play Episode Listen Later Jul 8, 2025 42:38


In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?Podlitiek word aangebied deur:Arno RoodtLouis BoshoffErnst van Zyl

Nuus
Dis hoekom Chinese EV's skoonskip maak op die mark

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 0:37


Volgens die jongste voertuigverkope-statistieke, word elektriese voertuie wêreldwyd al meer gewild. Dit kan veral toegeskryf word aan wisselvallige brandstofpryse. Die statistieke wys dat die voorkeur-handelsmerke van China afkomstig is, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia.

Radio Scriptura
Menslike Seksualiteit: Skepping deel 2 - Geslagsideologie en Verwarring

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jun 17, 2025 32:46


In die derde episode van die reeks gesels Scriptura oor vrae 6 tot 8, wat handel oor geslagtelikheid, transgenderteorieë, en God se skeppingsorde. Hoekom moet ons God se plan en doel met die twee geslagte vertrou? Het God enige foute gemaak met die skepping van 'n persoon se geslag, en wat het na die sondeval verkeerd geloop? Kan dit wees dat iemand in die verkeerde lyf gebore is? Wat is die gnostiese en mistieke idees oor geslagtelikheid? Is liggaam en gees veronderstel om geintegreerd te wees? Kan identiteit in geslag en geslagtelikheid gevind word?

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom moet ongebruikte databondels verval?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 17, 2025 7:26


Jan Vermeulen, redakteur van MyBroadband, sê dit is ongelooflik kompleks om hierdie produkte in 'n mark soos Suid-Afrika te prys. Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Dít is hoekom Capitec dink die werkloosheidskoers in SA is nader aan 10% as die amptelike 33%

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 11, 2025 9:49


Francois Viviers, hoof van bemarking en kommunikasie, Capitec Volg RSG Geldsake op Twitter

Radio Scriptura
Perspektief: Mei 2025

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jun 10, 2025 27:54


Die Scriptura span gesels oor drie temas in vandag se perspektief:  Josh Buice,  stigter van die G3 Ministries is geskors oor kritiek op ander predikers,  poliandrie (meer as een man) en poligamie (meer as een vrou), en die afname van aanddienste en leerdienste in die kerk.  Hoekom loop kerke se aand- en leerdienste dood, en hoekom is dit so belangrik?

Nuus
Volksmoordherdenking: Dís hoekom 28 Mei gekies is

Nuus

Play Episode Listen Later May 30, 2025 0:37


Namibië se eerste herdenking van die volksmoord van 1904 tot 1908 Woensdag was in omstredenheid gedompel met sekere lede van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe wat nie met die keuse van die datum saamgestem het nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 28 Mei is gekies omdat Duitsland op dié dag in 1908 die konsentrasiekampe in Namibië gesluit het. Volgens Nandi-Ndaitwah is daar nie lukraak op dié datum besluit nie:

RSG Geldsake met Moneyweb
Hoekom word munisipaliteite en metros so vrot bestuur?

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 29, 2025 7:18


Sharonne Adams van die kantoor van die ouditeur-generaal gesels oor die OG se jongste ouditverslag. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Hoekom is politici stil oor informele verkopers se penarie?

Nuus

Play Episode Listen Later May 27, 2025 0:40


Hy wil weet hoekom parlementslede niks sê oor die kwessie nie.

Nuus
Hoekom is politici stil oor informele verkopers se penarie?

Nuus

Play Episode Listen Later May 27, 2025 0:37


Die Windhoek Stadspolisie se hardhandige optrede teenoor informele verkopers voor ‘n kettingwinkel in die middestad kry steeds sterk kritiek. Volgens die Stad Windhoek kla besighede al meer oor informele verkopers wat onwettig voor hul winkels sake doen. Daar word egter ook gesê dat die Stad nie 'n geskikte plek het vir informele verkopers om besigheid te doen nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die NEFF-aktivis Michael Amushelelo gepraat.

Radio Scriptura
Menslike Seksualiteit: Troos en sekerheid van 'n nuwe identiteit in Christus

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later May 20, 2025 39:40


Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig?  Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade?  Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef?  Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons 'n nuwe identiteit in Jesus Christus het?  Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet?

Nuus
Dis hoekom Gaseb nie van moord aangekla is nie

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2025 0:29


'n Sosiale media-storm het losgebars na die vermeende bestuurder wat 1 Mei se gru-ongeluk veroorsaak het, in die hof verskyn het. Die botsing het die lewens van vyf mense, insluitend die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, geëis. Die 37-jarige Ronnie Gaseb is onder andere op vyf klagtes van strafbare manslag aangekla, en die publiek wil weet hoekom dit nie moordklagtes is nie. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, verduidelik.

Nuus
Dis hoekom Gaseb nie van moord aangekla is nie

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2025 0:30


Die ondersoekproses is nog nie afgehandel nie.

Nuus
IPC wil weet hoekom kombi-taxi-permitte gekonfiskeer word

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 29, 2025 0:26


Daar blyk om probleme te wees onder die kombi-taxi's. Bestuurders kla hulle permitte word gekonfiskeer, ten spyte daarvan dat hulle tot September het om te herregistreer. Die IPC se skadu-minister van werke en vervoer, Nelson Kalangula, het dit in die Nasionale Vergadering opgehaal. Werke en vervoer-minister Veikko Nekundi het so geantwoord.

Nuus
Hoekom so lank om Hengari te ontslaan?

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 28, 2025 0:40


Meer inligting is bekend oor die standpunt van die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi oor die aanstelling van oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Lilian Lutuhezi Maandag Een

Nuus
Hoekom so lank om Hengari te ontslaan?

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 28, 2025 0:40


Sy wil weet hoekom het dit so lank gevat?

Nuus
Staatsrede: Dis hoekom pensioene nie verhoog is nie

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 0:46


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede die beloofde verhoging in ouderdomspensioene, wat nie gebeur het nie, opgehaal. Sy het redes verskaf waarom pensioene nie vanjaar verhoog kon word nie. Die pensioenverhoging was 'n belofte wat in die Swapo-manifes en haar verkiesingsveldtogte gemaak is.

Radio Scriptura
Nuwe Dissipels: Gebed

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Apr 22, 2025 36:41


Hoekom praat christene met God? Waarom beveel God dat Sy kinders bid en aanbid? Wat gebeur as christene bid? Hoe en waarvoor mag ons bid? Is daar krag in gebed?  Waarvoor moet ons oplet om die eer van God voorop te stel? Wat is die hoof fokus van gesprek met God eintlik?  

Nuus
Soedan wil weet hoekom hy nie by konferensie oor Soedan was nie

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 16, 2025 0:23


Die hoof van die sending by die Soedanese-ambassade in Londen, Babikir Elamin, het kritiek uitgespreek oor die Britse internasionale vergadering oor Soedan wat in Londen gehou is – sonder enige verteenwoordiging van die betrokke partye.

Nuus
Kenner meen Iran sal toegee aan Trump, hier's hoekom

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 15, 2025 0:37


Navo se voormalige direkteur vir die beperking van kernwapens William Alberque glo Iran sal toegee aan eise deur die VSA dat hy nie ‘n kernwapen mag besit nie. Alberque, in ‘n gesprek met SkyNews, sê spanning het baie toegeneem en dit is nie ‘n oorlog wat Iran kan wen nie.

Nuus
Ombud weet hoekom sy wetsontwerp teruggetrek is

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 0:42


Die ombudsman-wetsontwerp het kontroversie in die vorige parlement en hewige debatte onder wetgewers ontlok. Daar was sterk opposisie, met kommer oor sekere bepalings wat sommige aangevoer het die onafhanklikheid en doeltreffendheid van die ombudsman kan ondermyn. Die onenigheid het uiteindelik daartoe gelei dat voormalige justisie minister Yvonne Dausab die wetsontwerp onttrek het vir verdere hersiening en moontlike wysigings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ombudsman Basilius Dyakugha, wat sê die minister het aan hom haar redes daarvoor gegee.