Koffie en Klets

Follow Koffie en Klets
Share on
Copy link to clipboard

Koffie en Klets is ‘n gesels program tussen twee pelle, Yolanda en Ernst, wat praat oor hulle ervarings van die lewe uit eg Afrikaanse perspektief. Dit is direk, maar lighartig en uit die hart; hulle sê ‘n ding soos hy is. Onderwerpe sluit in Self-liefde, Geloof teenoor Spiritualiteit, asook Familie…

Ethan Baird Podcasting


    • Dec 4, 2018 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 58m AVG DURATION
    • 23 EPISODES


    Search for episodes from Koffie en Klets with a specific topic:

    Latest episodes from Koffie en Klets

    Episode 23 - Ingewikkeldheid

    Play Episode Listen Later Dec 4, 2018 52:49


    Ethan Baird Podcasting — Ons almal maak ons eie lewens ingewikkeld. Ons gesels die week oor hoe emosies ‘n rol speel en wat ons kan doen om nie so behep te wees oor alles wat negatief voorkom nie.

    Episode 22 - Breinspoeling

    Play Episode Listen Later Nov 20, 2018 60:24


    Ethan Baird Podcasting — Almal van ons word daagliks geprogrammeer om in spesifieke maniere te dink en op te tree. Yolanda en Ernst bespreek maniere hoe mens die tiepe van breinspoeling kan verander.

    Episode 21 - 'n Lewe van Dankbaarheid

    Play Episode Listen Later Nov 12, 2018 57:05


    Ethan Baird Podcasting — Ernst kom tot ‘n groot skok agter hy lewe glad nie in dankbaarheid nie, want hy vang homself gedurig in ‘n negatiewe kop spasie. Daar word gesels oor hoe mens dit kan probeer oorkom.

    Episode 20 - Familie En Ons Dinge

    Play Episode Listen Later Nov 5, 2018 56:56


    Ethan Baird Podcasting — Familie is ‘n sensitiewe saak en in die week se programme voel dit of ons is sirkels klets. Ons kom wragtag tot geen gevolgtrekkings nie, so daar sal verseker ‘n opvolg episode op ‘n stadium wees. Luister wel oor hoe ons families sien en beleef.

    Episode 19 - Wat Beteken Oorvloed Nou Eintlik

    Play Episode Listen Later Oct 29, 2018 52:23


    Ethan Baird Podcasting — Oorvloed kom in vele vorms en ons bespreek hoe geseënd ons eintlik is en ons lewens oorloop van alles wat goed en mooi is.

    Episode 18 - Persoonlike Groei

    Play Episode Listen Later Oct 22, 2018 60:44


    Ethan Baird Podcasting — Elkeen van ons word elke dag gekonfronteer met situasies wat ons forseer om voorraad te neem van die aspekte wat ons wesens dien of nie. In die proses moet ons probeer om nie ons individualiteit te behou of selfs terug wen.

    Episode 17 - Waardes

    Play Episode Listen Later Oct 15, 2018 62:42


    Ethan Baird Podcasting — Ernst en Yolanda gesels oor waardes en bespreek hoe belangrik dit is om mekaar en ander se waardes te verstaan om enige vorm van besigheids of persoonlike verhoudings te versterk.

    Episode 16 - Skaap Mentaliteit

    Play Episode Listen Later Oct 8, 2018 56:09


    Ethan Baird Podcasting — Ons gesels lekker oor hoe meeste mense lei aan Skaap mentaliteit en hulle onbewus deur die lewe loop en glad nie hulle individualiteit uitleef of selfs ken nie.

    Episode 15 - Rassisme

    Play Episode Listen Later Sep 10, 2018 55:41


    Ethan Baird Podcasting — Alhoewel ‘n sensitiewe onderwerp bespreek Ernst en Yolanda onlangse gebeure en hoe hulle oor dinge voel.

    Episode 14 - Goedkeuring Van Ander

    Play Episode Listen Later Sep 3, 2018 56:42


    Ethan Baird Podcasting — Ons soek almal gedurig vir goedkeuring en erkenning van ander mense af. In die episode gesels Ernst en Yolanda oor hoe dit hulle lewens affekteer. Hulle bespreek ook hoe ons liggame gewoontes aanleer en dan herhaal ons onbewustelik dieselfde gedrag oor en oor.

    Episode 13 - Verskillende Liefdes

    Play Episode Listen Later Aug 27, 2018 60:42


    Ethan Baird Podcasting — Liefde kom in baie vorms en Ernst en Yolanda gesels oor al daai vorms van mens-liefde en hoe dit dan alles terugkom na onvoorwaardelike liefde vir jouself en almal om ons.

    Episode 12 - Verhoudings

    Play Episode Listen Later Aug 20, 2018 61:35


    Ethan Baird Podcasting — Ernst en Yolanda gesels oor romantiese verhoudings en hoe hulle mislukte en suskesvolle verhoudings perspektief gee oor hulle eie ervarings.

    Episode 11 - Dit is nooit te laat nie

    Play Episode Listen Later Aug 12, 2018 60:19


    Ethan Baird Podcasting — Ons gesels die week oor mense wat heeltyd soek na eksterne stimulus om beter to voel oor hulleself of net beter te voel. Daar word gekyk na mense wat selfs in hulle goue jare nog opslae maak en bewys dat dit nooit te laat is om eienaarskap van Self te vat nie.

    Episode 10 - Soektog Na Self

    Play Episode Listen Later Aug 6, 2018 59:51


    Ethan Baird Podcasting — Yolanda en Ernst besef dat dit maak nie saak hoe jy jouself besig hou met ander dinge nie dat jy die rekkie effek gaan beleef wat jou forseer om altyd terug te keer na jouself.

    Episode 9 - Die Mag Van Meditasie

    Play Episode Listen Later Jul 30, 2018 58:00


    Ethan Baird Podcasting — Ernst probeer begeleide meditasie die week en hy en Yolanda gesels oor die meditasie, die verskillende opsies en hoe dit hulle lewens beinvloed het.

    Episode 8 - Hoe Herstel Jy Van 'n Terugslag In Die Lewe?

    Play Episode Listen Later Jul 23, 2018 60:15


    Ethan Baird Podcasting — ​Hoe hou jy balans in die lewe en bly gemotiveerd en gelukkig wanneer die lewe jou pootjie met hindernisse? Hoe hou jy jou vibrasie hoog en 'n glimlag op jou bakkies ten spyte van die feit dat die uiterlike situasie nie goed lyk nie? Kom luister en gesels saam.

    Episode 7 - Gewigtige Gesprek Oor Gewig

    Play Episode Listen Later Jul 16, 2018 61:23


    Ethan Baird Podcasting — Baie van ons gaan gebukkend onder die las van gewig wat ons daagliks saam ons dra. Hetsy dit geestelik of fisies is. Ons gaan loer en gesels oor die impak wat dit het in ons wêreld.

    Episode 6 - Aanvaarding Deur Objektiwiteit

    Play Episode Listen Later Jul 9, 2018 62:28


    Ethan Baird Podcasting — Aanvaarding van mense en hulle foute is moeilik. Ons praat oor hoe mense moet objektief wees deur emosie en die ego te verwyder van situasies, sodat mens die mooiheid daarin te kan raaksien.

    Episode 5 - Eienaarskap

    Play Episode Listen Later Jul 2, 2018 67:42


    Ethan Baird Podcasting — Almal van ons is so maklik om die wêreld en ander mense te blameer vir alles wat fout is en verkeerd loop in ons lewens. Ware verandering vind eers plaas wanneer ons kan eienaarskap vat van die feit dat ons onbewustelik die situasies skep. Eienaarskap beteken volle verantwoordelik vat van die gedagtes en energie wat ons uitstraal.

    Episode 4 - Vergifnis

    Play Episode Listen Later Jun 26, 2018 61:29


    Ethan Baird Podcasting — Onvergifnis is soos om gif te drink en te hoop en glo dat die ander persoon daarvan dood sal gaan. Vergifnis is van kardinale belang vir jou gesondheid en welvaard.

    Episode 3 - Ons Insig Oor Bid, Meditasie, Vibrasie en Manifestasie

    Play Episode Listen Later Jun 8, 2018 52:03


    Ethan Baird Podcasting — Ons persoonlike uitkyk oor die aspekte van gebede versus meditasie. Wat jy vibreer en dan die manifestasie oor wat ons gevra het of glo ons verdien. Dit mag dalk soos voodoo klink maar sal jou beslis laat wonder en sien of jy enigsens jouself daarmee kan vereenselwig.

    Episode 2 - Geloof Teenoor Spiritualiteit

    Play Episode Listen Later Jun 1, 2018 60:13


    Ethan Baird Podcasting — Alhoewel ‘n sensitiewe onderwerp, is die idee om mense die verskil tussen elk te verstaan en dan perspektief te gee oor hulle reistogte vanaf georganiseerde geloof en hoe hulle daagliks prinsiepe en filosofieë toepas uit die spirituele wêreld om hulleself geestelik te verryk.

    Episode 1 - Self Liefde

    Play Episode Listen Later May 28, 2018 53:05


    Ethan Baird Podcasting — Die fondasie van baie van die gesprekke in Koffie en Klets verwys na Self-liefde. Dit is uiters belangrik vir mense om die persepsie van hulleself te verander en liefde en respek aan hulleself te toon om deurbrake in hulle lewens te ervaar. Hulle bespreek die deurbrake wat hulle gehad het en wat die veranderinge oor “self” veroorsaak het asook wenke om dit toe te pas.

    Claim Koffie en Klets

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel