POPULARITY
Send us a Text Message.Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is menseverhoudings. Verhoudings met daardie moeilike mense. Konflik, 'n skerp woord, of selfs 'n skewe kyk, kan jou vrede in 'n oogwink soos mis voor die son laat verdwyn.Jy weet mos hoe dit gaan. Jy klim met ‘n lied in jou hart en met die regte voet uit die bed uit; jy het die beste voornemens om 'n goeie dag te hê en om in die vrede en die vreugde van die Here te lewe... Maar die eerste e-pos wat jy lees; die eerste persoon met wie jy praat … kolskoot! Net daar waai jou voornemens by die voordeur uit.Hoe durf hulle? Ek verdien respek. Ek sal hulle wys!So, hoe gaan jy te werk om jou pad in die vrede wat God vir jou dag beplan het, te leef? Sy vrede is een van sy groot geskenke aan sy kinders.Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.Ek is geregtig op beter behandeling en respek! Dis ons reaksie op daardie moeilike mense wat ons van ons vrede beroof. Maar wat sal gebeur as ons 'n ander gesindheid teenoor daardie mense, wat ons van ons vrede beroof, openbaar?Betoon genade aan ander, wees meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.Hoeveel genade het God aan jou bewys? En hoeveel keer het Hy jou al vergewe?As jy voel mense het jou kwaad aangedoen, vergewe hulle. Vergewe ander mense, want die Here het jou vergewe.Betoon genade, vergewe en wees vriendelik, nederig en sagmoedig, … en leef in vrede.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Maak 'n verskil fokus op die hantering van goeie besigheidsbeginsels. Aangebied deur dr. Mario Denton op Woensdae om 14h00.
Lees als hierOns is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het. Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet wat die Here vir ons in hierdie baie belangrike jaar wat vir ons land voorlê, beplan? Die waarheid is, dat net Hy weet. Ons lees in Handelinge 1:7,8 dat Jesus vir sy dissipels gesê het: “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” (NLV) En dit is presies wat ons elkeen wil doen, nè? Ons weet die tyd is kort en kosbaar en dat ons geleenthede om die boodskap van Jesus Christus aan ‘n honger wêreld uit te dra, al hoe skaarser word. Sefanja 3:16,17 : Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is 'n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV) Daarom wil ons jou graag uitnooi om prakties deel van Christianityworks te wees. Ons wil nie op finansies hamer nie, maar die werklikheid is, dat ons jou ondersteuning baie nodig het! (Alle bydraes by die FNB-rekening word slegs deur ons plaaslike bediening benut!) Die Bybel leer ons dat dit God se normale praktyk is om sy mense te betrek by die finansiering van sy werk. Lees gerus 2 Korintiërs 8: 1-15. Ons waardeer jou voorbidding vir die bediening.Het jy al vir al jou vriende en familie vertel dat hulle daagliks VARS-boodskappe per e-pos of op ‘n potgooi kan geniet? (Ons het tans oor die 700 boodskappe wat weekliks op potgooi afgelaai word!) Laat weet asseblief as jy enige voorstelle het om VARS beter bekend te stel.Ons is altyd baie dankbaar en opgewonde om terugvoer en getuienisse van julle te ontvang!IN DIE PYPLYN o ‘n VARS – Facebookbladsy om gereelde interaktiewe kommunikasie met julle, ons intekenaars en donateurs, te hê. o Ons ondersoek die moontlikheid van ‘n “White-label” ( ‘n gedrukte weergawe van die oordenkings met advertensie geleenthede) vir kerke en ons radio-vennote o Opdatering van ons Webwerf om dit 100% in Afrikaans te hêo Berni besoek Suid-Afrika DV in Julie 2024Seënwense en mooi loopDie VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
17 Dec 2023 - Wouter van der Merwe - Verhoudings by LWC
28.10.2023 - KOPSKUIF - Chantal Munnik, verhoudings- en operasionele bestuurder van die Mind Moves-instituut, gesels op 28 Oktober op Kopskuif. By die Mind Moves-instituut word leer gedefinieer as die vermoë om aan te pas. Die Mind Moves-instituut help mense om hul vermoë om aan te pas en te leer, te optimaliseer. Hierdie instituut streef daarna dat alle mense die insig en gereedskap sal hê om te groei en in kundige, selfversekerde en deernisvolle individue te ontwikkel, wat gesamentlik neurowetenskap ‒ as vergestalting van kennis ‒ kan aanwend om uitdagings die hoof te bied. Skakel gerus in en kom hoor watter verskil die Mind Moves-instituut maak
Vier die mense wat die lewe vol, mooi, betekenisvol, selfs uitdagend maak. Vier iemand in jou konteks vandag deur ʼn opregte kompliment.
02.09.2023 - KOPSKUIF - Hendrik van Deventer van die Vida-gemeente in Linden, Johannesburg. Hoe verhoudings ná die pandemie lyk.
Hebreërs13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. In die wêreld waarin ons leef, waar ons toestelle, wat 'n paar jaar gelede as superrekenaars beskou sou kon word in ons handpalms kan vashou, was die versoeking om ontrou te wees aan jou huweliksmaat, nog nooit so groot soos vandag nie.Ja, dit is 'n ontsaglike sosiale probleem. Hierdie toestelle skeur huwelike op ‘n groot skaal uitmekaar - of dit nou is om onbehoorlike aanlyn-verhoudings aan te knoop of om na pornografiese inhoud te kyk ... Maar kyk wat staan in:Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.Wanneer ek so ‘n versie lees, wil ek graag die oorspronklike Grieks waarin dit geskryf is, opsoek. En hierin sê die skrywer dat die huweliksbed nie besoedel moet word nie.Dit is een ding om te sê ... moet dit nie doen nie! Dit is 'n ander ding om te vra: Hoe kry ek dit reg? Maar hoe op dees aarde kry ons dit reg om nie toe te gee aan die versoeking om ontrou te wees, wanneer die verskriklikste, onvanpaste inhoud die hele tyd onder ons neuse gevryf word?Die antwoord is: deur jou huwelik te eerbiedig. Maak seker dat jou huwelik met die emosionele en fisiese intimiteit, wat God van die begin af vir die huwelik bedoel het, gevul is. Dit is sy geskenk vir beide man en vrou.Moenie julleself van mekaar weerhou nie. Moenie jou lewe met jou neus in jou selfoon leef, waar jy permanent deur nuusflitse op jou sosiale media verlei word nie.Daardie verwaarlosing is op sigself ‘n ontering van jou huwelik. Nee moenie moeilikheid soek nie!Die huwelik moet deur almal geëer word. En elke huwelik moet deur beide man en vrou rein gehou word.Meneer en mevrou … eer jul huwelik. Gee julleself aan mekaar sodat julle nie in versoeking beland en onder die oordeel van God kom nie!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die wêreldbekende sielkundiges, Dr Henry Cloud and Dr John Townsend , definieer "Veilige Mense" soos volg: "Safe People refers to individuals who demonstrate qualities that promote emotional and relational safety."
Diens slides: https://bit.ly/3O6WIL9
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:6 (1953 AV). Bergbron missie: Wandel in Christus (vlak 3 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende: Geestelik – dit is belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees as ons suksesvol wilwandel in Christus. Geestelike onderskeidingsvermoë is die eerste lyn van verdediging in geestelike oorlogvoering. Verstandelik – ‘n volwasse dissipel van Jesus sal altyd erken – hoe meer hy God leer ken, hoe meer afhanklik raak hy van God. Hoe meer besef hy hoe nodig hy God het. Emosioneel – ‘n volwasse gelowige leer om in alle omstandighede vergenoeg/tevrede te wees (Fil 4:11).Gelowiges op vlak 3 dissipelskap het daarom voortdurend ‘n behoefte aan bemoediging. Wil – suksesvolle wandel in Christus hang nou af van die dissiplinering van jou wil. Die gedissiplineerdepersoon is ‘n Geesvervulde persoon wat daarna streef om al sy behoeftes in Christus te bevredig. Verhoudings – ‘n volwasse gelowige lewe nie meer vir hom- of haarself nie, maar vir ander. Traumatiese ervarings kan jou weer laat worstel met krisisse van vlak 1, 2 en 3 dissipelskap. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen? Behels vlak 3 dissipelskap hoofsaaklik uiterlike dade? Wat kan die effek van traumatiese ervarings wees op ‘n vlak 3 dissipel? Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlakjyself is en ‘n persoon wat jy begelei?
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:7 (1953 AV). Bergbron missie: Groei tot volwassenheid om meer soos Jesus te wees (vlak 2 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos Christus te wees. Dit beteken: Verstandelik – begelei Christene om hulle denke te dissiplineer om God se waarheid in Christus te glo. Geestelik – help hulle om te leer hoe om te wandel volgens die Gees en deur geloof. Emosioneel – help hulle om ontsla te raak van die emosionele wipplank deur hulle gedagtes te fokus opGod in plaas van op hulle omstandighede. Wil – bemoedig ‘n vlak 2 dissipel om selfbeheersing aan te leer. Verhoudings – daag hulle uit om persoonlike probleme op te los deur ander te vergewe en vergifnis te soek. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen? Waar is die hoofslagveld waar die stryd gevoer word teen Satan en al sy magte? Wat is die eerste stap om te kan beweeg tot ‘n vlak 2 dissipel wat groei tot volwassenheid in Christus? Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei?
Lees: Jes 61:1-3 en Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:10 (1953 AV). Bergbron missie: Vestiging van volkome identiteit in Christus (vlak 1 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende: Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Christus en begelei hulle deurrelevante Skrifgedeeltes tot sekerheid van hulle saligheid. Verstandelik: denke is nog verduister – begelei mense tot ‘n ware kennis van God en wie hulle is in Christus. Leer hulle om God se weë te kan identifiseer. Emosioneel: vrees gedrewe – verander vrees vir mense en die dood as mense se basiese dryfveer in hulle lewens na die vrees van God as dryfveer. Wil: in rebellie teen God – help mense om die maniere te sien waarop hulle nog steeds God probeer speel en ook op watter maniere hulle in rebellie is teen God se outoriteit. Verhoudings: worstel met verwerping – breek mense se verdedigingsmeganismes teen verwerping af deur hulle te aanvaar. Wys mense dat jy hulle aanvaar deur aan hulle te gee wat hulle nodig het en nie wat hulle verdien nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2: 6-10 en wat beteken elkeen? Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlak jyself is en ‘n persoon wat jy begelei? Hoe beïnvloed jou identiteit in Christus (kosbare kind van God) jou geestelike, verstandelike, emosionele, wils- en verhoudingsdimensie van lewe?
In die jongste aflewering van "Rianette en die Internet", vertel Rianette Leibowitz jou meer oor kuberwelstand, hoe om beheer te neem en te verseker dat dit nie jou verhoudings negatief beïnvloed nie. Sy plaas jou verhouding met jouself, die Here, jou gesin en nog meer in hierdie episode in die kollig. Maroela Media
In die jongste aflewering van "Rianette en die Internet", vertel Rianette Leibowitz jou meer oor kuberwelstand, hoe om beheer te neem en te verseker dat dit nie jou verhoudings negatief beïnvloed nie. Sy plaas jou verhouding met jouself, die Here, jou gesin en nog meer in hierdie episode in die kollig.
Prediker: Marius Keyter |
Carien dink bietjie na oor verhoudings
Verhoudings is alles oor vertroue. Vertroue is die sterk fondasie van enige verhouding, waarop alles anders gebou word. Wees weer diep en innig lief, onbaatsugtig en gee die beste van jouself, sonder enige voorafopgestelde idees, sonder enige bymotief. Ons is gemaak om liefde te leef, soos God liefde is en in liefde te funksioneer. Vra die Here om vandag jou hart te deurgrond en enigiets daarin wat nie van Hom af is nie te verwyder, en jou die vermoë te gee om liefde te wees soos Hy liefde is. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Perspektief: November 2021 Aanbieders: Jonker Venter, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer 00:00 November in perspektief 00:43 Tema 1 - Oud-president FW de Klerk se boodskap voor sy afsterwe 01:08 Tema 2 - Metaverse 01:40 Reaksie op De Klerk se boodskap 06:28 Harte is ontbloot... 09:49 Negende gebod 11:04 Daar is 'n groter prentjie... God regeer soewerein 12:00 Sosiale media impak 14:40 Objektiewe waarheid 17:55 Kansellasie kultuur 18:33 Wandel in wysheid - lig en sout 20:55 Artikel 36 - Nederlandse Geloofsbelydenis 22:33 Metaverse 26:30 Virtuele wêreld post-covid 29:19 Eindtye - stad van Babilon 30:50 Wetgewing uitdaging 32:00 Uitdaging vir die kerk 33:52 Virtuele "eredienste" bedreig onderlinge verbintenis 36:20 Isolasie impakteer geestesgesondheid 37:45 Gevare van gebrek aan verhoudings 39:55 Ouers moet grense bepaal vir jonger generasies Skrifverwysings: Kol 4, Matt 5:13-16, 2 Kor 3, Openbaring, 1 Kor 12
Die Krag Van Verhoudings - Pieter Weenink (Stellenbosch) by GraceLife Podcast
Met die eerste episode opgeneem in Lelanie se nuwe flat kontempleer die twee alweer oor verhoudings, stereotipes, die filmbedryf in Suid Afrika en die verwerping wat ons beleef het as kinders in die afrikaanse evangelistiese kerk.
Verhoudings - Deel 5 - Die Regte Lense - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Verhoudings - Deel 4 - Die Moeilike Gesprek - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Verhoudings - Deel 3 - Die Ander Persoon - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
19 September 2021 - Die DNA Van Kerk: Verhoudings Wat Jou Verander by lewendewoordmidrand
Verhoudings - Deel 2 - Herstel Gebroke Verhoudings - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Verhoudings - Deel 1 - Hoe Lewe Ek Liefde? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Kliniese Sielkundige Thea Smith van Oudtshoorn praat vandag oor konflik in verhoudings.
Kliniese Sielkundige Thea Smith van Oudtshoorn praat vandag oor mense se grootse probleme in verhoudings.
Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”Christenskap is nie 'n godsdiens nie, dit is nie 'n stel reëls om te volg nie – dit werk soos ‘n huwelik. Net soos die huwelik, is die Christendom 'n verhouding waarin ons gedrag verander, omdat ons ‘n liefdesverhouding met God het. Dis die groot verskil!Ek het onlangs 'n verskriklike konflik in 'n Christelike organisasie waargeneem, waar mense regtig sleg optree het. En hierdie onenigheid het my oë weer oopgemaak vir hoe ongelooflik belangrik sterk verhoudings is.Verhoudings is soos brûe wat ons tydens die goeie en slegte tye in die harte en lewens van ander mense inbou. Brûe wat bedoel is om sterk te staan tydens storms wat onvermydelik uitbars.Ja, ek weet, dis harde werk om so 'n sterk brug te bou, maar dink net dat wanneer die storm woed, dit wonderlik is om verhoudings te hê wat die toets deurstaan het? Kyk in Lukas 3 wat die heel eerste ding is, wat Johannes die Doper oor Jesus gesê het:Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”Dit was 'n radikale stelling oor iets baie seldsaam, want tot op daardie stadium was die Gees van God nog net aan 'n handjievol uitgesoekte leiers en profete gegee.Dit blyk egter dat God hierdie plan gehad het om 'n kragtige verhouding met elkeen van ons op te bou; deur ons met sy Gees te deurdrenk. Dit is wat dit beteken om gedoop te word; om in iets gedompel, deurdrenk en deeglik getransformeer te word.In hierdie geval is dit die plan van God om ons te doop, te deurdrenk en radikaal te transformeer deur die uitstorting van Sy Gees op ons. Dis 'n brug wat gebou is deur die lyding van sy Seun. Dit is 'n verhouding wat vir ewig sal hou.Word gedoop - deurdrenk en deeglik getransformeer - deur die Heilige Gees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ons Kan Beter - Deel 4 || We Can Do Better - Part 4
Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het.God maak baie beloftes in sy Woord. Dit is egter ‘n ander saak om sy beloftes te ervaar en om elke dag vanuit daardie beloftes te leef. Wat dink jy?Ons word soveel dinge in die lewe belowe, soveel ... en tog word so baie beloftes nooit bewaarheid nie. Sukses kan op die ou end leeg voel. Verhoudings kan teleurstel. En ongelukkig ervaar baie mense ook dat God se beloftes nie in vervulling gaan nie.Dit lyk asof Jesus soveel vir ons belowe het - vrede, vreugde, 'n oorvloedige lewe - maar op die een of ander manier voldoen die beloftes nie aan die verwagtinge nie.Die arme Israeliete. Hoe moes hulle gevoel het? Hier staan hulle en sien uit na die vervulling van God se belofte. Na eeue van slawerny in Egipte, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, lê die Beloofde Land, wat God al jare tevore aan Abraham belowe het, voor hulle.Maar hierdie "Beloofde Land" wat aan húlle beloof is, word alreeds deur 'n hele klomp stamme en nasies bewoon. Dit sal geveg op geveg van hulle vra om hierdie land hul eie te maak.Was dit regtig een van God se beloftes? En as dit was, hoekom sou hulle moes veg daarvoor?Kyk hoe God die vrae beantwoord het in:Deuteronomium 6:18,19 “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem, dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het..Ja, dit het geveg op geveg van hulle gevra, maar hulle het die getrouheid van God eerstehands ervaar. Hulle het vasgehou aan God se belofte.“Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou...”Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ons Kan Beter Doen - Deel 1 || We Can Do Better - Part 1
24 Jan 2021 - Wouter Vd Merwe - Verhoudings Is Maklik Soos 1,2,3 by LWC
God Se Hart Vir Verhoudings - Daleen Booysen(Stellenbosch) by GraceLife Podcast
Dankie vir elkeen wat dit vir ons moontlik maak om te doen wat ons doen. Gebruik gerus die Snapscan link om hierdie week by te dra: pos.snapscan.io/qr/STB27375 Verwysing: Stellenbosch of Kaapstad
Verhouding spesialis, Paul Smit het op #SlatDiePad met Ruben Delmage en Nina Coetzer kom gesels oor verhoudings in die werksplek en meer spesifiek oor die Strengthfinder. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Verhouding spesialis, Paul Smit het op #SlatDiePad met Ruben Delmage en Nina Coetzer kom gesels oor verhoudings in die werksplek en meer spesifiek oor die Strengthfinder. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Verhouding Spesialis, Paul Smit, het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer kom inloer om te gesels oor verhoudings in die werksplek. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Verhouding Spesialis, Paul Smit, het op #SlatDiePad by Ruben Delmage en Nina Coetzer kom inloer om te gesels oor verhoudings in die werksplek. Luister gerus weer hier na die #PodCast.
Dankie vir elkeen wat dit vir ons moontlik maak om te doen wat ons doen. Gebruik gerus die Snapscan link om hierdie week by te dra: pos.snapscan.io/qr/STB27375 Verwysing: Stellenbosch of Kaapstad