In dié spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak s…
rrRADIO — In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans. Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese Advokaat Caro Marx weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie. Nuwe episodes word vanaf 27 Februarie, elke Donderdagoggend vrygestel.
rrRADIO — In rrRADIO se splinternuwe troeteldier-reeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldier-kenners oor belangrike onderwerpe wat troeteldier-eienaars dikwels oor wonder. Nuwe episodes word vanaf 2 Maart, elke tweede Maandagoggend vrygestel.
rrRADIO — “Ek hoop jy is nou tevrede, Amelia. Dit is tyd dat ek en jy hierdie hoofstuk van jou lewe afsluit. Jy moet nou tot rus kom.” **Kyk uit vir ons nuwe opwindende vervolgverhaal, LAM IN WOLFSKLERE, wat op 27 Februarie begin**
rrRADIO — Amelie twyfel of daar iewers in haar toekoms ‘n ware romantiese storie sal wees. Sy sien nie weer kans vir een nie.
rrRADIO — Die verskrikte gesigte van haar kinders by die polisiekantoor sny deur Amelie se gewete. Sy het hulle saam met haar by die gemors ingetrek.
rrRADIO — Daar woed ’n hewige debat in Amelie se kloppende kop. Enersyds kasty sy haarself oor die gebeure en andersyds soek sy versagtende omstandighede vir haar domheid.
rrRADIO — Die lewensles wat sy die twee dogters moet gee, is seer, en onbepland. Sy is jammer dat sy hulle vertroue in mans so moet skend. **LET WEL: Die episode bevat 'n gewelddadige toneel wat sensitiewe luisteraars mag ontstel.**
rrRADIO — Amelie maak voor Adrian of sy besoeke haar irriteer, maar sy vang haarself elke keer uit dat sy lê en wag vir sy vasberade voetstappe wat die gang af kom.
rrRADIO — Amelie kan nie glo wat sy hoor nie. Dink Adrian en sy ma sy het een van hulle familie se waardevolle skilderye in haar besit? En as sy dit sou gekry het, wie op aarde dink hulle is hulle om sommer nou te kom sê die skildery behoort aan hulle?
rrRADIO — Amelie wonder of sy dan gek geraak het? Wat op aarde besiel haar dat haar hormone eers op hol raak oor ’n slymbol soos Phillip en nou oor ’n onbeskofte Fransman? Dit moet die jarelange romantiese droogte in haar lewe wees wat veroorsaak dat sy so na aandag smag.
rrRADIO — Amelie voel hoe haar wange van woede begin gloei. . Sy vertel vir Adrien presies wat sy van sy maniere dink, maar weerhou haar darem daarvan om sy ma by sy gebrek aan ordentlikheid te betrek.
rrRADIO — Dit voel vir Amelie of eindelose winterlandskappe voor haar verbyvlieg voor die imposante hekke van Le Crotoy voor hulle opdoem. Hulle kronkel deur wingerde tot die wit chateau in die mistigheid sigbaar word.
rrRADIO — Die omstandighede van Phil se dood begin al meer by Amelie spook. Een van die inskrywings op die slaapkamermuur het die saadjie van nuuskierigheid by haar geplant.
rrRADIO — Amelie staal haar solank om met Adrien Marceaux oor die weg te kom. Iets aan sy gedrag laat haar net vermoed dat hulle koppe gaan stamp en dat hy arrogant is.
rrRADIO — Amelie kan nou verstaan dat die Groenewalds haar juis oor haar verbintenis met Amelia uit Mon Abri probeer wou verjaag, maar dit maak steeds nie vir haar sin hoekom hulle vorige moontlike kopers ook wou afskrik nie. Daar moet ’n rede wees hoekom die Groenewalds nie wou hê iemand moet in Mon Abri bly nie.
rrRADIO — Tant Celia lig die sluier om Amelia se tragiese omstandighede: “Jy moet versigtig wees, my kind. Moenie seerkry nie. Moenie dat Amelia se storie jou ook seermaak nie. Dis genoeg dat een Groenewald-man ’n vrou se lewe in hartseer gedompel het.”
rrRADIO — Amelie voel Phillip se asem in haar nek en haar handpalms sweet teen die relings van die leer. Sy weet sy ly nie aan hoogtevrees nie en skryf die bewing in haar binneste aan skok toe.
rrRADIO — Amelie weet dit is haar plig as ouer om die kinders te kalmeer al bewe sy self. Die tweede kermgekuid wat deur die huis trek, bevestig aan haar dat dit nie ’n kat is nie.
rrRADIO — Amelie voel effens skuldig om een van die bottels af te haal, maar sy wil graag die briewe se geheime ontrafel.
rrRADIO — ’n Koue rilling streel teen Amelie se nek af. Sy dink eers sy verbeel haar, maar dan voel sy dit weer. Sy kyk na die kinders. Nie een van hulle kom dit agter nie...
rrRADIO — “Daai mal ou Franse vrou gaan julle nie rus gee nie. Sy gaan julle vinnig uit haar huis jaag! Sy gaan elke aand met haar rooi rok in julle tuin dans. Net na middernag. Julle sal sien.”
rrRADIO — “Dis Mon Abri. Die plek staan jare al leeg. Niemand wil dit koop nie. Glo my, ek probeer al jare. Dit het aan ’n Franse kluisenaar behoort en almal op die dorp glo die ou vrou spook steeds hier."
rrRADIO — In dié spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ...Die eerste episode van Dans met die rooi rok word op 10 Oktober uitgesaai.