Podcasts about Sy

  • 998PODCASTS
  • 4,547EPISODES
  • 26mAVG DURATION
  • 1DAILY NEW EPISODE
  • Jan 1, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026

Categories



Best podcasts about Sy

Show all podcasts related to sy

Latest podcast episodes about Sy

God se Woord VARS vir jou Vandag
Los die Verlede Nou Uit!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 1, 2026 3:13 Transcription Available


Send us a textJesaja 43:18-19  Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Wel, hier is ons. Ek bid vir jou 'n gelukkige en geseënde nuwe jaar toe. Maar voordat ons hierdie nuwe jaar met entoesiasme, afwagting en met geesdrif tegemoet kan gaan, moet ons die spyt en verwyte van die verlede laat vaar. Ons moet dit doen!In die vroeë 20ste-eeu in Sjina, het die Keiserin-weduwee, Longyu, geabdikeer. Sy was die laaste Sjinese koninklike en dit het die keiserlike heerskappy van meer as tweeduisend jaar tot ‘n einde gebring. Haar abdikasie as regent was polities die korrekte ding om te doen vir vrede in Sjina, maar sy het nooit van haar persoonlike verlies van status herstel nie. Vasgevang in die Verbode Stad, het sy haar van mense onttrek; aan haar rituele vasgeklou en oor haar verlore grootsheid getreur.Haar verlies het haar vernietig. Sy was op die ou end totaal vereensaam en gebroke en is net maande nadat sy geabdikeer het, oorlede. Hier was 'n dinamiese vrou wat 'n nuwe rol en 'n nuwe toekoms vir haar land kon gee, maar sy het eerder gekies om haarself in die verlede te begrawe.Weet jy, spyt kom nie ooglopend nader gehardloop nie, dit sluip saggies nader! En as jy te lank na jou eie stem van verwyt luister, sal dit jou in 'n paleis sonder deure toesluit.Jesaja 43:18-19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.Geen hoeveelheid spyt kan verander wat in die verlede gebeur het nie. Dit sal net jou hede vernietig en jou van jou toekoms beroof. Ja, dit sal jou beroof van die lewe van oorvloed wat Jesus vir jou kom gee het.Dis 'n nuwe jaar. God doen iets nuuts! Jy weet dat dit waar is.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Kyk Dieper

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 30, 2025 3:05 Transcription Available


Send us a text2 Korintiërs13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie. Is dit vir jou ook ongelooflik moeilik om jou eie foute te erken, om die werklikheid in die gesig te staar; die krake in jou wapenrusting raak te sien en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar? Ja my vriend, as jy dit nie doen nie, gaan jy die wêreld vir jouself onseker en ongemaklik maak.Piero di Lorenzo de' Medici, seun van Lorenzo die Grote, was die rykste man in Florence. Maar anders as sy wyse vader, het die jong Piero waarskuwings geïgnoreer en sy sjarme oorskat. Hy was gekenmerk deur swak dissipline, swak oordeel en ‘n gebrek aan visie. Sy heerskappy het in 1494 aan ‘n einde gekom toe hy lafhartig, sonder slag of stoot vir Florence aan die Franse oorgegee het.Die mense het teen hom gedraai. Hy is verban, verneder en deur sy eie mense verstoot. Hy het homself oor en oor probeer verontskuldig. Trots het hom verblind. En hoogmoed ... wel, hoogmoed kom tot ‘n val.Daardie selfde trots maak ons ook te blind om ons aangebore tekortkominge raak te sien; dit te erken en dit te hanteer. Trots kan sonder twyfel ook tot groot dwalings in ons eie lewens lei. Maar al is dit nie groot dwalings nie, kan 'n reeks kleiner foute saamwerk om ons van die wonderlike lewe wat ons kón geleef het, en die impak wat ons op hierdie wêreld kón gehad het, te beroof. So …2 Korintiërs 13:5 Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.Is vandag dalk die dag om jouself van nader te bekyk, om jouself te ondersoek? Is ek werklik wie ek dink ek is? Leef ek werklik vir Jesus? Is Hy werklik die Here van my lewe … of flous ek myself?Dit doen nie skade om so ‘n bietjie van nader te kyk nie!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Gebou in Soweto stort ineen; drie sterf

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 29, 2025 0:19


Twee vroue en 'n kind is dood toe 'n dubbelverdiepinggebou in Doornkop, Soweto, ineengestort het. 'n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Xolile Khumalo, sê die nooddienste is gisteroggend omstreeks 3-uur na die toneel ontbied. Sy sê met hul aankoms is bevestig dat ses mense ten tye van die ineenstorting in die gebou was, met drie onder die puin vasgekeer:

Nuus
Nuwe BKS-gevalle in Oos-Kaap aangemeld

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 26, 2025 0:21


Die Oos-Kaapse LUR vir Landbou, Nonceba Kontsiwe, het boere opdrag gegee om nie diere te skuif nie, aangesien gevalle van bek-en-klouseer steeds in die provinsie aangemeld word. Sy sê 'n bevestigde geval is nou in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit opgespoor. Verdagte gevalle wat simptome toon wat ooreenstem met bek-en-klouseer, is in ander gebiede aangemeld, insluitend Mbhashe, Matatiele en die Winnie Madikizela-Mandela Plaaslike Munisipaliteit. Kontsiwe sê monsters word tans vir laboratoriumtoetse versamel:

Nuus
Twee liggame in Hennopsrivier gevind

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 0:20


Twee mense wat deur vloedwater meegesleur is, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die woordvoerder van die Stad Tshwane se Nooddiensdepartement, Nana Radebe-Kgiba, sê hulle het Sondag dringend ʼn soektog begin nadat hulle berigte van vermiste persone ontvang het. Sy sê die reddingspan het die liggame in die voertuig onder die water gekry:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Sluit dit Uit, nie Af Nie!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 2:40 Transcription Available


Send us a textLukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. My vriend, ten spyte van hoe goed of edel jou lewe is en hoe wonderlik jy jou roeping uitleef, is die versoeking baie groot om wanneer omstandighede teen jou draai, handdoek in te gooi en weg te stap, en net in ‘n balletjie op te krul en die wêreld uit te sluit.Ek dink nie enigeen van ons hou daarvan om teëspoed te beleef nie... Ek hou beslis nie daarvan nie. En tog is dit 'n feit van die lewe. Ek dink die ergste soort, is wanneer ons voel dat die wêreld ons verwerp het; wanneer die mense naaste aan ons ons verwerp het. Jy voel soos 'n weerlose kind wat alleen gelaat is, en daardie gevoel van verlatenheid is net verskriklik.As jy die afgelope week of wat by my VARS-oordenkings ingeskakel het, sal jy weet dat ons gesels het oor die verskriklike teëspoed wat daardie gebeurtenis, meer as twee duisend jaar gelede, wat ons nou "Kersfees" noem, omring het. Hier is 'n vers waarna ek graag wil terugkyk, om dit 'n tweede keer vanuit 'n ander hoek te bekyk:Lukas 2:6-7 Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus was al op dag een deur die wêreld verwerp! Daar was geen plek vir Hom nie, maar dit was alles deel van God se plan. Kom ons dink mooi hieraan: verwerping beteken nie verlating nie. Wanneer deure toegaan, is God steeds daar, Hy het steeds 'n pad vorentoe – selfs al is dit in die nederigste omstandighede, in die ongemaklikste en moeilikste plekke. God het 'n plan.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Nog verdagtes ondervra oor DJ Warras-moord

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 23, 2025 0:17


Die polisie in Johannesburg het twee verdagte persone ondervra na die sluipmoord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock verlede week in die middestad. Stock, 'n direkteur by Imperium Security, is buite die Zambezi-gebou doodgeskiet. Die polisie se woordvoerder, Athlenda Mathe sê die twee is vroeg vanoggend by 'n hostel in Soweto vasgetrek. Sy sê ondersoekbeamptes gaan voort om alle leidrade op te volg om die saak op te los:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lang, Moeilike Pad

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 23, 2025 2:52 Transcription Available


Send us a textLukas 2:4-5 En omdat Josef 'n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV) Vandag is dit twee dae voor die viering van Jesus se geboorte. As ons die horlosie sou terugdraai na daardie tyd in die geskiedenis, was Josef en Maria sekerlik nog op pad na Betlehem. Kan jy jou voorstel hoe ongemaklik die reis op pad van Nasaret na Betlehem moes gewees het vir die arme Maria; net om daar aan te kom en te ontdek dat daar geen plek in ‘n herberg was nie?  Ek het oor die jare baie gereis en al klink dit glansryk en opwindend, kan ek jou vertel, reis is harde werk. Om vir 14 uur in die ekonomiese klas in die middelste sitplek ingeprop te wees; by verskillende tydsone-veranderinge aan te pas; om jou pad na jou bestemming te vind; om nie eers van oorvol lughawens en bagasie probleme te praat nie...Maar as ons dink hedendaagse reise is erg, moet ons verstaan dis niks in vergelyking met wat Maria en Josef in gehoorsaamheid aan die Romeinse bevel, om aan die sensus deel te neem, deurgemaak het nie.Lukas 2:4-5 En omdat Josef 'n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp. Hy het sy verloofde, Maria, wat swanger was, saamgeneem om te gaan registreer. (NLV)Sy was nie net swanger nie. Sy was op die punt om geboorte te skenk. Stel jou voor! Heelpad opdraand, net om in 'n stinkende stal oor te bly wanneer jy daar aankom. Kan jy jou vir een oomblik indink hoe uitputtend en ongerieflik dit moes gewees het?Maar dis hoe God gekies het dat dit alles moes gebeur. En die boodskap vir jou en vir my is dat God se bestemming vir ons so dikwels moeilike reise behels. Maar, omdat die pad moeilik is, beteken dit nie dis nie deel van sy plan nie. Hou moed. Dis amper Kersfees.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Twig Audiobook
Thicker Than Water 14.7

Twig Audiobook

Play Episode Listen Later Dec 21, 2025 39:37


One of Sy’s classic very good plans. But it’s a better plan to donate to wildbow on PayPal and Patreon. Crypto Kevin MacLeod (incompetech.com)Licensed under Creative Commons: By Attribution 3.0 Licensehttp://creativecommons.org/licenses/by/3.0/The post Thicker Than Water 14.7 first appeared on Twig Audiobook.

paypal sy thicker than water crypto kevin macleod
Nuus
Artikel 22-komitee stook godsdiensvure in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 21, 2025 0:18


Die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, sê die liggaam sal voortgaan om die Artikel 22 ad hoc-komitee te ondersteun en verwerp bewerings dat bestaande wette voldoende is. Die komitee, met die opdrag om godsdienstige en kulturele gemeenskappe te beskerm, beklemtoon die verdediging van totale geloof. Sy sê hulle verdedig nie individue nie, eerder die Christelike geloof:

Rhesus Medicine Podcast - Medical Education

Brugada Syndrome is a genetic condition that predisposes to sudden cardiac death. In this video we cover the Brugada Syndrome ECG changes and Brugada Syndrome Pathophysiology, as well as symptoms and treatment. PDFs available here: https://rhesusmedicine.com/Consider subscribing (if you found any of the info useful!): https://www.youtube.com/channel/UCRks8wB6vgz0E7buP0L_5RQ?sub_confirmation=1Buy Us A Coffee!: https://www.buymeacoffee.com/rhesusmedicineTimestamps:0:00 What is Brugada Syndrome? 0:22 Brugada Syndrome Epidemiology0:48 Brugada Syndrome Pathophysiology 2:33 Brugada Syndrome Symptoms 3:08 Brugada Syndrome ECG3:23 Type 1 Brugada Syndrome ECG 3:48 Type 2 Brugada Syndrome ECG4:08 Brugada Syndrome Criteria5:09 Brugada Syndrome TreatmentLINK TO SOCIAL MEDIA: https://www.instagram.com/rhesusmedicine/References:Life in the Fast Lane (LITFL), 2025. Brugada Syndrome • ECG Library Diagnosis. [online] Available at: https://litfl.com/brugada-syndrome-ecg-library/. Life in the Fast Lane • LITFLLi, K.H.C., Lee, S., Yin, C., Liu, T., Ngarmukos, T., Conte, G., Yan, G.X., Sy, R.W. & Letsas, K.P., 2020. Brugada syndrome: a comprehensive review of pathophysiological mechanisms and risk stratification strategies. International Journal of Cardiology Heart & Vascular, 26:100468. [online] Available at: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC6974766/. PMCStatPearls / National Center for Biotechnology Information (NCBI), 2025. Brugada Syndrome. [online] Available at: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK519568/. ncbi.nlm.nih.govDisclaimer: Please remember this podcast and all content from Rhesus Medicine is for educational and entertainment purposes only and is not a guide to diagnose or to treat any form of condition. The content is not to be used to guide clinical practice and is not medical advice. Please consult a healthcare professional for medical advice.

Shahzad Sheikh
Amazon Owns Bond, AI Fakes Everything & We Want An Esprit | BCG Podcast w/ Sy of Drivers Union

Shahzad Sheikh

Play Episode Listen Later Dec 21, 2025 74:27


Everything you think is real probably isn't anymore… and cars, Bond and AI are right at the centre of it.In this wide-ranging BCG Podcast episode, I'm joined by Sy from Drivers Union for a candid, funny and occasionally unsettling conversation about AI, cars, car culture, events, media, movies and what the future actually looks like for enthusiasts and creators alike.We kick off by tackling AI and reality — from fake videos and AI-generated voices to the moment you stop trusting your own eyes. If you've ever wondered “Is this real or AI?”, you're not alone. We discuss how artificial intelligence is already reshaping content creation, photography, video, journalism, marketing and media, and why ignoring it puts you at a serious disadvantage.From there, the conversation naturally moves into cars and car culture, including:- Why AI is changing how cars are designed, marketed and perceived- The explosion of Chinese EVs, industry uncertainty and why legacy manufacturers are hitting the brakes- Why classic cars and 80s/90s icons are becoming more desirable than new cars- The stabilising (and shifting) classic car marketWe dive deep into one of the most talked-about new projects of the year:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Gedoemde Verwerping

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 20, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a textJohannes 1:11  Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Het jy al ooit in die geselskap van jou eie mense – jou vriende, familie en geliefdes – gevoel dat jy op een of ander manier anders is; op een of ander manier nie in die binnekring hoort nie; op een of ander manier net nie dieselfde is as al die ander nie? En dis 'n eensame plek om op te wees, nè?Ek dink ons het almal al so gevoel. Dit maak nie saak wat enigiemand sê of doen nie, hoeveel hulle jou dalk aanmoedig nie; jy voel steeds verwerp. En dit bedreig jou gevoel van selfwaarde. Vir sommige is dit 'n chroniese gevoel wat hulle dag na dag beleef. Ek weet goed hoe dit voel, want dit is hoe ek vir ongeveer die eerste veertig jaar van my lewe gevoel het.Verwerping. Dis wat dit is. Of dit nou ‘n realiteit, of net verbeelding is, dit maak nie saak nie. Dit maak seer. Vroeër hierdie week het ons, op pad na Kersfees, na hierdie gedeelte gekyk: Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.As jy daaroor nadink, is Jesus simbolies en in werklikheid, as verworpene gebore. Alhoewel Hy die langverwagte Messias was, het die wêreld wat Hy binnegegaan het, Hom nie herken, erken of verwelkom nie.Johannes 1:11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.Jesus het vooraf al hierdie dinge geweet, maar Hy het nogtans hierdie wêreld vir jou binnegekom; om in jou plek van eensaamheid, in jou plek van verwerping by jou te wees. Hy verstaan jou gevoelens heeltemal! Dis waaroor Kersfees gaan. God word een van ons ... vir jou.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Brown-skieter dood aangetref

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:39


Die verdagte in die Brown Universiteit-skietery, geïdentifiseer as die 48-jarige Claudio Manuel Neves Valente, is dood in 'n stoorfasiliteit in Salem, New Hampshire, gevind. Sy ontdekking volg op 'n vyf dae lange klopjag in verskeie state wat hom nie net aan die Brown Universiteit-tragedie gekoppel het nie, maar ook aan die moord op 'n MIT-professor in Brookline, Massachusetts. Wenke van die publiek en goeie polisiewerk. Die hoof van die Providence polisie, Oscar Perez het met die media gepraat.

Nuus
Kennedy beperk geslagsbevestigende sorg vir kinders

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:39


Die Amerikaanse gesondheidsminister, Robert F. Kennedy jr., het besluit om toegang tot geslagsbevestigende sorg vir kinders te verminder. Hy het reëls voorgestel wat onder andere hospitale wat sulke sorg lewer, van Medicare- en Medicaid-programme sal uitsluit. Sy posisie is in stryd met die land se grootste mediese organisasies, insluitend die Amerikaanse Akademie vir Kindergeneeskunde en die Amerikaanse Mediese Vereniging, wat versekeringsdekking vir geslagsbevestigende sorg ondersteun. Die liggame sê dat besluite deur kinders, ouers en dokters geneem moet word. Luister na Kennedy.

SBS Vietnamese - SBS Việt ngữ
Hãy để nước mắt dâng trào trước nỗi đau sau vụ xả súng ở Bondi

SBS Vietnamese - SBS Việt ngữ

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 9:23


Sau thảm kịch trên bãi biển Bondi cuối tuần trước Chủ nhật, ngày 14 tháng 12, Sydney đã chào đón các hệ thống hỗ trợ sức khỏe tâm thần mới. Sở Y tế New South Wales đang cung cấp hỗ trợ cho bất kỳ ai bị ảnh hưởng - cả trực tiếp và gián tiếp. Dịch vụ hỗ trợ nầy gồm những gì?

Nuus
Madonsela bekommerd oor haar veiligheid

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:18


Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela het kommer uitgespreek oor haar veiligheid nadat sy haar oorlede lewensmaat, Richard Foxton se boedel betwis het. In 'n onderhoud voor die Meester van die Hooggeregshof in Johannesburg sê Madonsela daar was 'n meedoënlose mediaveldtog teen haar en beweer daar is onreëlmatighede in hoe die boedel hanteer is. Sy beweer Foxton se kinders en die boedeleksekuteur het probeer om 'n ongeldige dokument op haar af te dwing, wat haar regstappe laat neem het:

Nuus
Kubayi sê maatreëls teen korrupsie is versterk in SA

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:16


Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het albei siklusse van die Instellingshersieningsmeganisme suksesvol afgehandel. Sy het die 11de sitting van die Konferensie vir Staatspartye van die Verenigde Nasies se konvensie teen korrupsie in Doha, Katar, toegespreek. Kubayi sê verskeie maatreëls soos wetgewing, nasionale teenkorrupsie-strategie, en beleid is hersien om maatreëls teen korrupsie te versterk:

Nuus
GIPF se indirekte NamBob-belegging kry momentum

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:41


Die Regeringsinstellings Pensioenfonds se indirekte belegging in die begrafnisdiensverskaffer NamBob in 2019 kry momentum. Na jare van herstrukturering en operasionele hervormings het die maatskappy 'n netto wins van agt persent in die 2024/25-boekjaar aangeteken, na die fonds se belegging van 31 miljoen Namibiese dollar deur die Allegrow-fonds. Die fonds se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit 'n grondslag lê vir volhoubare groei. Sy het meer.

Nuus
Nick Reiner verskyn in hof, saak tot 7 Januarie uitgestel

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:38


Nick Reiner, die jongste seun van die vermoorde Rob en Michelle Singer Reiner, het Woensdag vlugtig in 'n Los Angeles hof verskyn. Hy staan tereg op twee moordklagte, maar is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot 7 Januarie 2026. Volgens berigte het hy 'n tipe selfmoordvoorkomingsbaadjie aangehad, wat vir gevangenes aangetrek word om te keer dat hulle hulself skade aandoen. Sy prokureur, Alan Jackson, het buite die hof gepraat.

Nuus
Visseryministerie verlaag toelaatbare maasbanker-vangs

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:31


Die visseryeministerie sê dat hy in 'n gevorderde stadium is van die implementering van die Visserye Telkaart, wat na verwagting in 2026 uitgerol sal word. Minister Inge Zaamwani het verduidelik dat die telkaart daarop gemik is om 'n deursigtige stelsel te vestig om streng byvangsbeheermaatreëls te monitor. Sy het ook gesê dat regtehouers van maasbanker hulle moet voorberei op verminderde kwotatoewysings in 2026 na 'n afname in biomassa.

Nuus
Withuis staan bankvas agter Wiles na 'daardie' onderhoud

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:18


Die Withuis-stafhoof, Susie Wiles, het opslae gemaak vir 'n reeks openhartige kommentare wat in Vanity Fair gepubliseer is. Sy het president Donald Trump beskryf as ‘n mans met grenslose vertroue, die persoonlikheid van ‘n alkoholis en iemand wat wraak neem en vergelding soek. Sy het ook, onder andere, gesê visepresident JD Vance glo in samesweringsteorieë. Verbasend genoeg, word haar aanmerkings verdedig en sy is nie in die sop nie. Hoor die Withuis perssekretaris Karoline Leavitt, en Vance.

Nuus
Versigtig met jou kinders tydens die vakansie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:19


Die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders waarsku ouers om hierdie feestyd waaksaam te bly. Die kliniese direkteur, Shaheda Omar, sê kinders is nie altyd veiliger by die huis nie omdat hulle gewoonlik misbruik word deur mense wat hulle ken. Omar sê alkohol, minder toesig en sosiale geleenthede skep gevare. Sy waarsku ouers om kinders heeltyd in die oog te hou en nooit hul waaksaamheid te verslap nie:

Nuus
Media 'moet help om GBV-begrip te vorm'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:38


Die Verenigde Nasies se inwonende koördineerder, Hopolang Phororo, sê geslagsgeweld bly 'n sensitiewe en onderrapporteerde kwessie, aangesien baie slagoffers nie gereed is nie of onveilig voel om hul stem te laat hoor. Sy het vanoggend tydens 'n opleidingsessie joernaliste daaraan herinner dat hulle kragtige instrumente vir sosiale verandering het en die media se verantwoordelikheid beklemtoon om die publiek se begrip van geslagsgeweld te vorm.

Radio Scriptura
Terugkyk op 2025

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 43:27


Wat 'n voorreg om terug te kyk op 2025!   Die jaar het so baie op gelewer en so vinnig verby gevlieg, maar die Scriptura span het reekse en episodes gepubliseer wat ons eie verbeelding oortref het.   AAN GOD AL DIE EER, want in werklikheid was dit episode vir episode, 'n groot genade.  En alles het uitgewerk soos dit moes, en ons is baie dankbaar dat die ses broers in die Here al vir 'n volle agt jaar elke week saam gesels oor die Woord van ons wonderlike God. Die bediening bereik duisende mense regoor die wereld, want God het dit so laat gebeur.  Hy gebruik nederige mense om Sy evangelie van redding wêreldwyd te versprei.   En dit het 'n baie positiewe impak op die predikers en aanbieders self, en op die luisteraars, asook op die werkers in die agtergrond meegebring.  Ons bedank elkeen wat geluister en gekyk het, en die episodes met vriende en familie gedeel het, want dit is ook natuurlik die uitvloeisel van die aanraking van die Woord van God in elke hart.   Die liefde van God is soos 'n vuur en dit steek harte aan die brand, en ons kan dit nie vir onsself hou nie. Bid asseblief vir die volgehoue en getroue verkondiging van die Here se kosbare woord, en vir die bediening om voort te gaan om nog meer mense te bereik vir God se koninkryk.

Nuus
Israel gebruik onderwys as oorlogswapen: Sadou

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:19


Die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het belowe om teen Israel te veg oor sy voortgesette aanvalle in Gaza ten spyte van die onlangse wapenstilstand. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê Israel teiken die onderwysstelsel in Gaza sedert die oorlog in Oktober 2023 begin het met aanvalle teen universiteite, biblioteke en skole en moord op onderwysers en studente. Sy sê onderwys kan nie as 'n oorlogswapen gebruik word nie:

Nuus
Huldeblyke stroom in vir Rob Reiner

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:30


Huldeblyke stroom in vir die ontslape Hollywood-regisseur Rob Reiner. Hy en sy vrou is Sondag met meswonde, dood aangetref by hulle woning in Brentwood, Los Angeles. Sy seun, Nick, is intussen gearresteer. Reiner was uiters liberaal en was baie betrokke by die Demokrate. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het met CNN gepraat.

Advancing Women Podcast
“Going Little” Comfort, Joy, and Doing Less

Advancing Women Podcast

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 20:07


Episode Description: It's December. Again. And the end-of-year chaos is real. This episode is your invitation to slow down, find comfort, and embrace joy through the art of going little. In this episode,  we explore the Danish concept of Hygge and I share simple, science-backed practices to help you pause, reset, and reclaim calm during the busiest season of the year. From holding a warm drink to creating a cozy nook, or winding down with an intentional end-of-day ritual, these small, intentional actions are ways to soothe your nervous system and reconnect with yourself. What You'll Learn in This Episode: How warmth can regulate your nervous system and reduce stress The power of sensory anchoring to calm your mind The concept of environmental containment and creating a cozy sanctuary How to create an End-of-Day Soft Landing for better rest Why doing less doesn't mean feeling less or being less Key Takeaway: Whether it's holding a warm drink, anchoring yourself in a favorite sensory cue, carving out a cozy nook, or gliding gently into sleep, each of these practices invites intentional ease. Go little. Comfort, joy, and presence are not indulgent; they're essential. Resources & References: The Year of Living Danishly by Helen Russell The Little Book of Hygge Yang, Z., Su, Q., Xie, J. et al. Music tempo modulates emotional states as revealed through EEG insights. Sci Rep 15, 8276 (2025). https://doi.org/10.1038/s41598-025-92679-1 Yang, SY., Wang, JY., Liu, C. et al. Effects of binaural beat therapy with different frequencies on autonomic nervous system regulation among college students. BMC Complement Med Ther 25, 206 (2025). https://doi.org/10.1186/s12906-025-04922-x Listen, Subscribe, Connect! Instagram: @AdvancingWomenPodcast https://www.instagram.com/advancingwomenpodcast/?hl=en Facebook: Advancing Women Podcast https://www.facebook.com/advancingwomenpodcast/ LinkedIn: Dr. Kimberly DeSimone https://www.linkedin.com/in/kimberly-desimone-phd-mba-ba00b88/

Nuus
Namibië bevestig omgewingsvriendlike ekonomiese modelle

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:40


Meer as 170 lande is in Kenia byeen by die VN se Omgewingsvergadering en die lynminister Indileni Daniel is ook teenworodig. Sy sê Namibië se visie vir 'n sirkulêre ekonomie gaan verder as net afvalbestuur na industrialisering en ekologiese herstel. Daniel sê dat hierdie model plaaslike waardetoevoeging prioritiseer.

Nuus
BEE-beleidsvoorstelle moet teruggetrek word, vra parlementêre komitee

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 14, 2025 0:20


Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie en digitale tegnologie, Khusela Sangoni Diko, het gevra vir die onmiddellike onttrekking van beleidsvoorstelle deur die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, aan OKOSA oor breedgebaseerde swart- ekonomiese bemagtiging. Diko het aan SABC News gesê die voorstelle is onwelkom, onwettig en 'n poging om die wettige 30 persent eienaarskap van histories benadeelde groepe te omseil. Sy hou vol transformasie is ononderhandelbaar en die parlement moet in 2026 nakoming toepas:

Nuus
Machado het vir 16 maande voor Oslo-besoek weggekruip

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:36


Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, wat maande lank weggekruip het, sê dat sy presies weet watter risiko's sy loop deur na Noorweë te reis om haar Nobelprys vir vrede af te haal. Machado het in die middel van die nag in Oslo verskyn en van 'n hotelbalkon vir ondersteuners gewaai en saam met hulle gesing. Dit was die eerste keer sedert Januarie dat sy in die openbaar gesien is. Sy het die geheime reis onderneem ondanks 'n reisverbod en 'n dreigement van die Venezolaanse regering dat sy as 'n voortvlugtige bestempel sou word. Haar dogter, Ana Corina Sosa Machado, het Woensdag die prys namens haar ontvang. Die BBC het Machado gevra hoe dit voel om weer saam met haar familie te wees.

Nuus
Batohi ontken dat sy gelieg het in die Cato Manor-saak

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:20


Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, ontken dat sy gelieg het oor die rol van die raadgewer, David Broughton, in die Cato Manor-afpersingsaak, en aanklagte rakende die voormalige Misdaadintelligensie-hoof, Richard Mdluli. Sy is kruisondervra voor die Nkabinde-ondersoek na die hoof van die Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, Andrew Chauke, se geskiktheid vir die posisie. Batohi ontken advokaat Tembeka Ngcukaitobi se bewering dat sy Broughton se insette verkeerd oorgedra het:

Nuus
Korrektiewe Diens spog met 153 nuwe lede

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 0:41


Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.

Nuus
Zaamwani bevestig plek vir Batswana in nasie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 0:40


Die landbouminister, Inge Zaamwani, het vandag die Gam-gebied besoek, wat Batswana van Namibiese afkoms huisves. Sy het die toestand van die fasiliteit beoordeel en 'n vroeë Kersmiddagete vir inwoners aangebied. In 2024 is sommige van die Batswana met regeringsondersteuning, insluitend dokumente, verblyf, watertenks en ander geriewe, na Namibië gerepatrieer. Zaamwani het bevestig dat die regering daartoe verbind is om hulle ten volle in die Namibiese samelewing te integreer.

Nuus
Net 31% van SA inwoners het baie vertroue in regering

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 0:17


Die 2025 Suid-Afrikaanse Versoeningsbarometer toon slegs 31-persent van burgers het baie vertroue in die Regering van Nasionale Eenheid met 34-persent wat min vertroue toon. 'n Navorser, Kate Lefko-Everett, sê vertroue is in die Wes-Kaap, Noordwes en Limpopo die hoogste en die laagste in die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Sy verbind dié gemengde resultate aan bestuur, dienslewering en aanspreeklikheid want armoede en ongelykheid is steeds groot struikelblokke:

Nuus
Trump kritiseer 'swak' Europese leiers

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 0:16


President Donald Trump van Amerika het Europese leiers gekritiseer en as swak beskryf. Hy sê hulle sukkel met immigrasie-druk en die beëindiging van Rusland se oorlog teen Oekraïne. Sy opmerkings volg ná die bekendstelling van ʼn nuwe Amerikaanse nasionale veiligheidstrategie waarin Europa beskuldig word van oorregulering, dalende selfvertroue en dat beskawing deur immigrasie uitgewis word. Trump het met Politico gepraat:

Nuus
Nuwe energieminister vra vrae oor kragopwekking, koste

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 0:41


Die enerigieministerie het sy nuwe lynminister, Modestus Amutse, aan die personeel voorgestel. Amutse was voorheen die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie. Sy aanstelling kom na die president Natangwe Ithete afgedank het, blykbaar oor ongerymdhede. Amutse het die personeel toegespreek.

Nuus
Land moet uitvoere na Afrika diversifiseer: ekonoom

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 0:38


Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens die SAOG-parlementêre forum in Suid-Afrika gesê dat Amerikaanse tariefstygings van tussen 21 tot 15 persent dreig om vorige jare se winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing illustreer dat Afrika-uitvoerders blootgestel word aan skielike eksterne beleidsveranderinge wat voorsieningskettings kan ontwrig, uitvoerverdienste kan knou en werksgeleenthede in Agoa-gekoppelde sektore in gevaar kan stel. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus, gepraat wat sê Namibië moet diversifiseer.

Pro a proti
Rok po pádu Asada. Situaci hodnotí Kurd Chalíl a Syřan Attasi

Pro a proti

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 23:53


Většina Syřanů oslavuje nabytou svobodu, uplynul totiž rok od pádu diktátora Bašára Asada. Zemi zuboženou třinácti roky občanské války nyní vede prezident Ahmad Šara, někdejší džihádista. Směřuje Sýrie ke stabilitě? „Euforie je pryč a teď nastala tvrdá realita,“ hodnotí pro Český rozhlas Plus Rašíd Chalíl z kurdské menšiny. „Mohlo to být mnohem horší,“ dodává v pořadu Pro a proti Assem Atassi, mluvčí někdejší iniciativy Syrská revoluce.Všechny díly podcastu Pro a proti můžete pohodlně poslouchat v mobilní aplikaci mujRozhlas pro Android a iOS nebo na webu mujRozhlas.cz.

Living on Earth
Bonus: Sy Montgomery on "The Chicken Universe", Earth Heat for Cozy Homes, and Hiking on Wheels

Living on Earth

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 41:44


This Giving Tuesday, we've put together some favorite stories into a special bonus episode! Please enjoy, and don't forget to head to loe.org and click on Donate at the top of the page. Thank you so much for helping Living on Earth keep going strong. In this bonus episode you'll hear: Author and naturalist Sy Montgomery has trekked across the world to write about pink dolphins in the Amazon and tigers in Asia. But for her book, What the Chicken Knows: A New Appreciation of the World's Most Familiar Bird, she stayed right in her own New Hampshire backyard. Sy joins us to talk about the social intelligence of chickens, how to handle a feisty rooster and much more. Also, using the Earth's heat as an anchor for heat pumps yields virtually carbon-free energy. Surface geothermal energy drills down 500 meters or less and taps into the relatively constant temperature of the close to-the-surface earth, which sits around 55 degrees. The process is more efficient than air-coupled heat pumps, providing new hope for combatting the climate crisis. And physical disabilities can make getting outside more challenging, but adaptive devices and accessible trails can transform lives. Producer El Wilson, who has cerebral palsy, and producer Jenni Doering test an offroad wheelchair and meet a woman who has been able to reclaim the joy and freedom of hiking since becoming disabled. Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

Couleurs tropicales
«OMW», le nouvel EP de la chanteuse Ronisia est disponible depuis le 17 novembre

Couleurs tropicales

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 48:30


Programmation consacrée aux nouveautés musicales avec Ronisia, Tayc, Chili, ou encore Koffi Olomidé et dans la séquence Gold, Syè bwa de Kassav'. Dans la séquence Génération Consciente, Jessica Webe, directrice exécutive de UN Global Compact en République Démocratique du Congo. Le 10 décembre 2025, en joignant leurs efforts avec l'initiative Unis contre la corruption, ils organisent le premier sommet national de lutte contre la corruption en RDC. Pour visionner les clips, cliquez sur les titres des chansons :  Ronisia - Solide Tayc - Il s'appelait Tayc Hiro - C'est mort Rutshelle Guillaume - Ou méchan Sandra Nanor et Darius Denon - On se perd  Nesly et Mik L - Je serai là Malcolm - Flora Coquerel  Chili - Rebanav 126 BPM Koffi Olomidé feat Cindy Le Coeur - Sieta Charlotte Dipanda feat Davido - Survivor Bamby feat Genezio - Téléphone Thanda Choir  Georgio - Le temps n'emporte rien Kassav'  - Sye bwa Théodora feat Thisizlondon - Masoko na Mabélé Retrouvez la playlist officielle de RFI Musique.

Nuus
NNN stel drie taakmagte aan

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 0:30


President Netumbo Nandi-Ndaitwah het drie taakspanne aangewys oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Die lede, wat op 'n vrywillige basis dien, is gekies uit die regering, privaatsektor, burgerlike samelewing, akademie en ander sektore. Die taakspanne spruit uit verbintenisse wat die president tydens die onlangse Namibiese Openbare-Private Forum gemaak het. Sy het lede by die bekendstelling toegespreek:

Couleurs tropicales
«OMW», le nouvel EP de la chanteuse Ronisia est disponible depuis le 17 novembre

Couleurs tropicales

Play Episode Listen Later Dec 2, 2025 48:30


Programmation consacrée aux nouveautés musicales avec Ronisia, Tayc, Chili, ou encore Koffi Olomidé et dans la séquence Gold, Syè bwa de Kassav'. Dans la séquence Génération Consciente, Jessica Webe, directrice exécutive de UN Global Compact en République Démocratique du Congo. Le 10 décembre 2025, en joignant leurs efforts avec l'initiative Unis contre la corruption, ils organisent le premier sommet national de lutte contre la corruption en RDC. Pour visionner les clips, cliquez sur les titres des chansons :  Ronisia - Solide Tayc - Il s'appelait Tayc Hiro - C'est mort Rutshelle Guillaume - Ou méchan Sandra Nanor et Darius Denon - On se perd  Nesly et Mik L - Je serai là Malcolm - Flora Coquerel  Chili - Rebanav 126 BPM Koffi Olomidé feat Cindy Le Coeur - Sieta Charlotte Dipanda feat Davido - Survivor Bamby feat Genezio - Téléphone Thanda Choir  Georgio - Le temps n'emporte rien Kassav'  - Sye bwa Théodora feat Thisizlondon - Masoko na Mabélé Retrouvez la playlist officielle de RFI Musique.

Nuus
Unite for Change-beweging 'kan SA se toekoms bepaal'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 0:18


Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille sê die Unite for Change-beweging is 'n kans om Suid-Afrika se toekoms te bepaal. De Lille het in Soweto, tydens die Unite for Change-veldtog wat bestaan uit BOSA, die GOOD Party en RISE Mzansi, die huidige leiers gekritiseer vir die uitbuiting van mag, diefstal en hul ignorering van die beginsel dat die mense moet regeer. Sy sê Build One South Africa, RISE Mzansi en die GOOD Party het verenig om verantwoordbare leierskap te herstel:

Nuus
16 Dae: Seuns en mans moet betrek word

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 1, 2025 0:39


Ons is vandag op die sewende dag van die 16 Dae van Aktivisme teen vrouegeweld. Intussen is twee vroue vermoor, twee verkrag en een kind verwaarloos. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis en direkteur van Civic +264, Ethne Mudge, gepraat. Sy meen dit is van kritieke belang om seuns en mans by die veldtog te betrek.

Nuus
Strenger vonnisse in statutêre verkragtingsake nodig

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 0:19


Die adjunkminister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Steve Letsike, vra vir strenger vonnisse in statutêre verkragtingsake. Die jongste statistieke dui daarop dat minstens 117 000 meisies tussen tien en 19 jaar in die afgelope boekjaar geboorte geskenk het. Sy sê die syfers stem nie ooreen met statutêre verkragtingsverslae nie, wat onder 20 persent bly. In 'n onderhoud met SABC News waarsku Letsike dat onbeplande en gedwonge swangerskappe jong mense se toekoms verwoes:

Nuus
Oscar-wenner Nyong'o sê nee vir slawerny

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 0:17


Die Oscar-bekroonde aktrise Lupita Nyong'o sê sy sal nie weer slawernyrolle aanvaar nie. Tydens 'n gesprek met die Grammy-bekroonde Beninese-Franse sangeres en aktrise, Angélique Kidjo, op Inside Africa, verduidelik Nyong'o sy wil die narratief verander van wat dit beteken om 'n Afrikaan te wees. Sy voeg by selfs al beteken dit sy moet minder werk, sal sy rolle wat stereotipes versterk vermy aangesien dit noodsaaklik is om insigte te hervorm en Afrika se uiteenlopende stories te vier:

Nuus
Polisieminister gelooi voor Madlanga-kommissie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 29, 2025 0:17


Die waarnemende adjunk- nasionale polisiekommissaris, Hilda Senthumule, het die ernstige gevolge van polisieminister Senzo Mchunu se besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind, uiteengesit. Senthumule het voor die Madlanga-kommissie getuig die skuif het voortgesette ondersoeke ontwrig en speurders wat met die taakspan verbind was, geraak. Sy het gewaarsku die ontbinding van die eenheid het 'n breër uitwerking op die bestendigheid van polisiëringsbedrywighede:

Nuus
Numsa is boos vir Gautrein se Bombela

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 0:17


Die vakbond Numsa veroordeel die Bombela-bedryfsmaatskappy wat die Gautrein bestuur, wat na bewering werkers se salarisse onwettig uit hul rekeninge onttrek het. Gautrein het einde Oktober sommige werkers per abuis dubbel betaal. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die bestuur het werkers beveel om die geld onmiddellik terug te betaal. Sy sê sommige werkers kon nie, want hulle het reeds die geld bestee:

boos sy numsa phakamile hlubi majola
Nuus
Namibië vra streeksbeleide moet nasionale wette word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 0:39


Namibië doen 'n beroep om streeksbeleide in werklike nasionale wette te omskep. Tydens die vrystelling van 'n opname oor die SAOG Parlementêre Forum se operasionele doeltreffendheid, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die land se verbintenis tot die versterking van die forum herbevestig. Sy waarsku egter dat die implementering van SAOG-modelwette 'n opdraande stryd bly.