Podcasts about moenie

  • 69PODCASTS
  • 631EPISODES
  • 9mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Sep 26, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about moenie

Show all podcasts related to moenie

Latest podcast episodes about moenie

Nuus
Moenie van Strafhof onttrek, maak dit van binne reg

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 0:39


In plaas daarvan om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, moet Namibië maniere vind om die organisasie van binne af reg te stel, sê Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum. Daar is voortdurende debat in Namibië oor sy lidmaatskap van die Strafhof. Sommige kritici voer aan dat die hof bevooroordeeld is, veral teenoor sake in Afrika, en stel voor dat Namibië moet oorweeg om te onttrek. Die AR-leier Job Amupanda is gereed om 'n mosie in die parlement ter tafel te lê dat die land die Strafhof verlaat. Hancox het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Monitor
Monitor 25 September 2025

Monitor

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 50:16


Kwaai kritiek teen president Donald Trump oor die onwetenskaplike verband wat hy trek tussen 'n pynmiddel en outisme. Moenie daai swerm bye in jou tuin uitrook of bespuit nie - 'n byevanger verduidelik. 'n Legendariese 93-jarige koerantman in die Karoo maak sy besigheid se deure toe.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Pasop: Bedrieër in die Omgewing

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 16, 2025 2:46 Transcription Available


Send us a textGenesis 3:6-7 Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om 'n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk 'n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. (NLV) Selfkennis is so noodsaaklik om jou veilig te hou; om te keer dat jy dieselfde foute oor en oor maak; om jouself te beskerm téén jouself en teen diegene wat jou skade wil aandoen. Die probleem is, dat ons almal blinde kolle het wanneer dit kom by daardie versoekings wat ons herhaaldelik op 'n dwaalspoor lei. Wat is die kwesbare plekke in jou mondering? Daardie versoekings wat jou duur te staan sal laat kom, maar wat jy nie kan weerstaan nie?Ek het die ander dag 'n artikel, van 'n hervormde kubermisdadiger gelees waarin hy raad gee oor hoe om aanlyn veilig te bly. Daarin sê hy:Mense het ‘n baie fyn aanvoeling wanneer hulle in ‘n situasie beland wat hulle laat voel dat alles nie pluis is nie. Maar, ongelukkig is dit nie die geval wanneer dit by aanlyn uitdagings kom nie! So, saam met die kennis van ons eie swakhede en die vermoë om gedag daarop te wees, het ons ook ‘n fyn onderskeiding nodig om te weet wanneer iemand ons in ‘n lokval wil lei – of dit nou 'n bedrieër, of hoofbedrieër, die duiwel self, is. Iets wat Eva beslis nie gehad het toe dit noodsaaklik was nie:Genesis 3:6-7 Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om 'n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk 'n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. (NLV)Bly waaksaam! Moenie toelaat dat jy bedrieg word nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Loop Lig vir Aanlynslenters en Kuberkrakers!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 15, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a textGenesis 3:4,5 Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Nie een van ons van hou daarvan om mislei, bedrieg of gekul te word nie. Dis aaklig, nè? Tog, volgens die Global Anti-Scam Alliance, het kuberkrakers en bedrieërs verlede jaar wêreldwyd meer as een triljoen Amerikaanse dollar van gewone mense, soos ek en jy, gesteel. Nouja, as jy sukkel om daardie bedrag te begryp, kan ek die begrip vir jou prakties maak deur te sê dat as jy tot een triljoen wil tel; een sekonde op 'n slag – een, twee, drie, vier – sonder etes en ruspouses tussen-in … dit jou net minder as 32 duisend jaar sal neem. Ja, my vriend, kuberbedrog is groot besigheid met verskriklike gevolge. Sommige mense het selfs ál hul lewenslange spaargeld deur hierdie gewetenlose misdadigers verloor. Maar weet jy, daar is een misdadiger wat nog meer geslepe is. Hy is besig om nie net jou spaargeldjies te steel nie, maar jou lewe ook. Kom kyk weer na Adam en Eva, die eerste mense waarvan ons in die Bybel leer. Hulle het 'n wonderlike lewe in die Tuin van Eden gehad, waar hulle kon eet van enige vrugte wat hul harte begeer. Daar was egter net één reël van God... dat hulle nie van die boom in die middel van die Tuin se vrugte mag eet nie – dis reg! Dis die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad. Maar toe kom die bedrieër... Genesis 3:4,5  Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV) Elke bedrieër het 'n hoek aan die punt van sy lyn met ‘n netjiese stukkie aas, in die vorm van 'n aantreklike voorstel om jou in te katrol. Die duiwel se taktiek is om jou met lokaas, wat spesiaal vir jou gemaak is, uit te lok. Moenie byt nie, want uiteindelik sal dit jou jou lewe kos. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Afgewaterde Geloof

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 3:07


Send us a textRomeine1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV) Ons raak daagliks al hoe meer selfgesentreerd. Kyk net na wat  vandag in die samelewing aangaan. Die konsep van reg teenoor verkeerd is so verwater dat dit sommer vervang is deur die idee dat: as dit goed voel, kan jy dit maar sonder om te blik of te bloos doen. Ons leef toenemend in 'n wêreld van "alles is geoorloof."Kyk na wat deesdae op televisie en in films, in die naam van vermaak aan ons opgedis word – die voorbeelde van hoe mense lewe; selfs die eksplisiete lirieke in musiek wat as normaal bestempel word; die sangers wat halfnaak op die verhoog rondspring om 'n gehoor te lok. Enigiets is toelaatbaar. En in daardie konteks het die idee van 'n goeie God; 'n heilige God en 'n God wat begeer dat ons reg, eerder as verkeerd, moet leef; vir baie mense heeltemal afstootlik geword. Dis die waarheid. Maar weet jy, dis niks nuuts nie. Die Christendom van die 1ste eeu het met soortgelyke probleme te make gehad. Dit is in daardie konteks wat die apostel Paulus die volgende skryf:Romeine 1:16-17 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.” (NLV)Ja, die Evangelie is goeie nuus, maar dit vra ook verantwoording van ons. Dit behels geloof en 'n geregtigheid wat van God af kom; ‘n geregtigheid wat ons roep om in gehoorsaamheid te leef.A.W. Tozer het eenkeer gesê: Die Christendom is so afgewater dat die oplossing so flou is, dat as dit 'n gif was, dit niemand sou seermaak nie en as dit 'n medisyne was, dit niemand sou genees nie.Moenie dit afwater nie! Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Moenie jaag nie, wees bedagsaam op paaie!

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 25, 2025 0:40


Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen 'n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref om potensiële vertragings wat veroorsaak word deur verhoogde verkeersvolumes en moontlike verkeersopeenhopings te vermy.

HRCO Potgooi Preke
Verslaan die draak deur HEILIGMAKING en NAASTELIEFDE

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Aug 24, 2025 47:04


'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25Ons leef in 'n wêreld vol storms:Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep.Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar.Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië.Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie ken nie, net geld, plesier, status en eiebelang jaag. Huwelike word leeg, siektes neem toe, en miljoene voel vasgevang in wanhoop en vra: Waar is God?En tog, juis in só 'n wêreld laat die apostel Petrus sy stem hoor. Hierdie man wat Jesus verloën het, wat oorhaastig die oor van Malgus afgeslaan het, wat by die verheerliking tempels wou bou skryf nou – deur die Gees – met diepte, wysheid en gesag. Sy boodskap: daar ís hoop, daar ís 'n onverganklike erfenis wat nie gesteel of vernietig kan word nie (1 Pet. 1:4).

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.64 (20.08.25) - (Afr.) - Moenie soos die heidene wandel nie

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Aug 20, 2025 3:40


Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. (Ef. 4:17-19 Afrikaans OV)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Oorwin Jou Demone

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 20, 2025 2:53 Transcription Available


Send us a textEfesiërs 4:31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wanneer ons iemand as “boos” bestempel, dink ​​ons aan Adolf Hitler of Idi Amin. Ons pas selde, indien ooit, daardie woord op onsself, op ons eie gedagtes en dade toe. En tog moet ons dit tog oorweeg!John Newton was 'n 18de-eeuse Engelse matroos wat later 'n slawehandelaar geword het. En laat ons nie doekies omdraai nie, daardie slawehandel was gevoelloos, brutaal ... boos. Maar eendag, tydens 'n hewige storm op see, het hy tot God gebid om genade en God het gehoor en hom gered. Daardie ervaring het hom radikaal tot bekering gebring en hy het die slawehandel laat vaar en uiteindelik 'n Anglikaanse predikant geword.Van toe af het Newton slawerny passievol teengestaan ​​en William Wilberforce, 'n sleutelfiguur in die afskaffing daarvan, gehelp. Hy het talle lofliedere geskryf, onder andere "Amazing Grace" uit sy dankbaarheid vir God se genade om 'n "ellendeling" soos hy, te red.Hy sou tog sekerlik nie nadat hy so ‘n radikale transformasie ondergaan het en die impak van God se liefde en genade ervaar het, gekies het om in die slawehandel, of met sy sondige lewe voort te gaan nie. Natuurlik nie!Want, wanneer jy die liefde, die genade, die barmhartigheid en die vergifnis van God ervaar, verander jou hele lewe. Efesiërs 4:31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.Die waarheid is dat jy nie van jou demone ontslae kan raak as hulle jou vriende is en jy nog steeds hulle geselskap geniet nie. So ... Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir 'n ander een sleg is nie. (DB)Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie God se Hart Breek Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 19, 2025 2:43


Send us a textEfesiërs 4:30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. Almal wil 'n beter lewe hê. Ek dink nie ek het al ooit 'n enkele persoon ontmoet wat nie die een of ander dingetjie het, wat hulle wens hulle kon verander nie. Het jy al? Ja, ek weet ons almal verstaan daardie gevoel van onvergenoegdheid. En tog blameer ons alte dikwels daardie één ding, wat ons hartseer veroorsaak, terwyl die probleem eintlik binne-in ons lê.Ek wonder wat ons sou sien as ons die kans gegee word om van die hemel se balkon af op ons lewens neer te kyk?  Hoe lyk ons gedagtes, ons begeertes, ons dade, ons reaksies? Wat van die dinge wat in ons harte aangaan; die dinge wat God bedroef, die dinge waarvan Hy ons graag wil bevry?Efesiërs 4:30 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.Sal jy my toelaat om jou vandag prontuit te vra wat jy dink, begeer, doen en sê? Is dit gierigheid, of selfsug, of trots, of woede, of onvergewensgesindheid, of dalk ‘n wrok? Daardie ding wat jou van ‘n vervulde lewe beroof; en wat God diep in sy hart bedroef?Dis nogal vreemd hoe ons aan daardie dinge wil vashou sonder om eerlik te wees met onsself, sonder om dit ooit, vir eens en vir altyd, finaal te hanteer. Wat dink jy? Waaraan klou jy vas? En as dit God se hart breek, waarom verbeel jy jou dat dit jou eie hart sal vervul?En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.Laat dit gaan.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Ernstige Waarskuwing

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 7, 2025 2:50


Send us a textOpenbaring 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. Dit is vir my ‘n baie vreemde ding dat die gevaar van straf nie vir baie van die kriminele mense genoeg van ‘n afskrikmiddel is nie. Maar weet jy, die blote gedagte daaraan om voor 'n hof te moet verskyn en skuldig bevind te word aan 'n misdaad, is vir my genoeg van ‘n afskrikmiddel ... ‘n baie goeie afskrikmiddel om my wetsgehoorsaam te hou. Hoe voel jy oor straf as ‘n afskrikmiddel?Ek dink die meeste van ons sal saamstem dat dit 'n goeie ding is om 'n streng en billike regstelsel te hê; een waardeur die beskuldigde skuldig of onskuldig bevind en gestraf kan word. Ja, voorwaar 'n baie goeie ding.Ons weet ook dat selfs die beste regstelsels soms foute maak, maar kan jy jou die anargie voorstel as daar geen regstelsel was nie?En tog, as jy om jou rondkyk, lyk dit of sosiale anargie – mense wat skandelik optree; mense wat mekaar sleg behandel – hoogty vier. Kan ons dan hoop dat God se geregtigheid op 'n stadium sal seëvier? Ja, dit sal beslis!Die apostel Johannes het 'n kykie gekry in die werkinge van die hemel, en dit is wat hy geskryf het:Openbaring 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook 'n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het.Die "dooies" waarna hy verwys, is diegene wie se name nie in die Boek van die Lewe gevind sal word nie. Diegene wat nie die geleentheid gebruik het om terwyl hulle op aarde geleef het, terug te keer na God en op Jesus te vertrou nie.Kan ek jou ernstig versoek: Moenie jou lewe verkwis nie. Moenie jou ewigheid verkwis nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Jouself Flous Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 5, 2025 2:56


Send us a text2 Korintiërs11:13-15 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy 'n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien. Jy weet wat hulle sê: jy kan al die mense somtyds flous, en party mense die hele tyd, maar jy kan nie almal die hele tyd flous nie. En tog lyk dit asof ons elkeen 'n onbeperkte vermoë het om onsself te flous.Tot op die ouderdom van omtrent veertig was ek heeltemal onbewus daarvan dat ek my lewe net om myself laat draai het – my begeertes, my gevoelens, my reputasie en my sukses. Gevolglik het ek amper die helfte van my volwasse lewe in selfbedrog geleef; ek was oortuig daarvan dat ek 'n goeie mens was. Dis skrikwekkend, maar weet jy, ek is nie die uitsondering op die reël nie.2 Korintiërs 11:13-15 Want sulke mense is vals apostels; hulle is bedrieglike werkers wat voorgee dat hulle apostels van Christus is. Geen wonder nie! Satan self gee immers voor dat hy 'n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien.Dis Paulus wat hier praat van vals leraars, wat hulself voordoen as opregte leraars om ander te mislei. Maar dit maak nie saak wie ons is nie, daar is altyd daardie versoeking om onsself te mislei. Ja, om diegene rondom ons te probeer mislei; om verkeerde motiewe in ons donker harte te koester, terwyl ons onsself as engele van die lig voordoen.Wel, jy kan jouself dalk vir 'n lang tyd flous, jy kan al die mense somtyds flous, en party mense die hele tyd flous, maar jy kan nooit vir God flous nie, want Hy sien deur alles!Dit is waarom ek jou baie ernstig wil vra dat jy besin oor wat in jou hart aangaan. Moenie jouself mislei nie, want jou einde sal ooreenstem met jou dade.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Instinktiewe Reaksies

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 3, 2025 2:56


Send us a text1 Petrus 3:9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet 'n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. (NLV) Hoe reageer jy wanneer iemand jou sleg behandel; wanneer hulle jou ignoreer of beledig ...? Die antwoord vir die meeste van ons is dat ons instinktief reageer en dieselfde aangeleerde patroon in konfliksituasies kies.Nouja, niemand van ons hou daarvan om geïgnoreer, verkleineer, of sleg van gedink, of van gepraat te word nie. Nie een van ons wil hê dat die mense ná aan ons, ons moet afjak nie. Maar dit gebeur amper daagliks. So, dink mooi, wat is jou instinktiewe reaksie?Diegene met 'n sterk persoonlikheidstipe is geneig om terug te kap en mense presies te laat weet wat hulle dink. Dis 'n goeie manier om konflik nog ‘n paar grade in die rooi te laat styg, of hoe!Ander bly stil, maar dis net om hulle tyd te gee om hulle wraak te beplan. Jy ken die gesegde: moenie kwaad word nie, betaal hom in eie munt terug. En hoe sal dit werk vir die verhouding met daardie persoon? Wel...Ander neem alles ter harte en krul op in 'n emosionele balletjie van pyn. Hoe beïnvloed dit hul eiewaarde in die toekoms? Maar daar is nog 'n opsie.1 Petrus 3:9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet 'n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. (NLV)Victor Frankl, ‘n persoon wat die Holocaust, oftewel die Joodse Volksmoord, oorleef het, het dit so gestel: Alles kan van 'n mens weggeneem word, behalwe een ding: die laaste van die menslike vryhede - om jou houding in enige gegewe situasie te kies; om jou eie weg te baan.So, kies om nie terug te baklei nie. Kies om God eerder te vra om die ander persoon te seën.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2025 0:37


Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in die dam in en dit is nie geskik vir menslike gebruik nie. Ministeriële woordvoerder Simon Nghipandulwa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vir Jou Eie Beswil

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 27, 2025 2:42


Send us a textJesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. Nie een van ons hou daarvan om voorgesê te word wat om te doen nie. Ons het nie daarvan gehou toe ons kinders was nie, en ons hou beslis nie daarvan noudat ons almal groot is nie.Ek het onlangs iets op sosiale media gesien wat soos volg gelui het: Moenie dat iemand wat nie in jou skoene geloop het vir jou vertel hoe om jou veters vas te maak nie. Kyk, ek verstaan die begrip, maar ‘n mens kan dit, tot jou eie nadeel, heeltemal te ver voer.Ons trots - die gevoel van selfgeregtigheid waar ons ons tekortkominge goedpraat, kan uiteindelik ons harte afstomp en onleerbaar maak - doof vir die goeie raad van ander en inderdaad vir die raad van God self.Luister dus asseblief vir 'n oomblik terwyl God uitreik om ons harte sag te maak en ons verstand oop te maak.Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.Dink jy God sê vir ons dinge om ons lewens te benadeel, of om ons te seën? Gee Hy, soos enige goeie pa, vir ons opdragte om met ons koppe te smokkel, of om ons vir ons eie beswil te leer?Een van die ergste situasies waarin ons onsself kan bevind, is daardie hardnekkige situasie; daardie situasie waar ons ons harte verhard vir sy liefde, 'n liefde wat verder strek as enigiets wat ons ooit sal kan begryp. So, asseblief: luister... asseblief...Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Haastige Hond Verbrand Sy Mond

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 24, 2025 2:58


Send us a text1 Konings 20:11 Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: 'n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.”(NLV) Om in 'n argument betrokke te raak, is een van die beste maniere om jouself in die moeilikheid te laat beland. Ek het gesien hoe mense die geleentheid geniet; hoe hulle vol vertroue instorm met die idee dat hulle die stryd gaan wen - net om sleepvoetend daar uit te stap en hulle wonde te moet gaan lek. Het jy al ooit selfvoldaan in ‘n stryery betrokke geraak? Ek het op my dag, al op meer as een geleentheid met te veel selfvertroue daarin betrokke geraak, maar glo my: dit is nie iets wat ek graag sal wil herhaal nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is nie ‘n lafhartige bangbroek nie. Trouens, ek het nogal 'n sterk persoonlikheid. My naam – Bernhard – beteken ‘sterk soos 'n beer'.Maar wanneer ons konflik te vinnig en met te veel selfvertroue benader, en oortuig voel dat óns reg is, vertroebel daardie trots ons oordeel; dit verblind ons vir die gevare wat voorlê. Ons lees in die Ou Testament in:1 Konings 20:11 Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: 'n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.” (NLV)Koning Agab se argument is dat dit onverstandig is om met 'n oorwinning te spog, voordat die geveg begin het. Dié een wat vir die geveg voorberei deur sy gevegsuniform aan te trek, moenie spog soos iemand wat reeds gewen het nie.Met ander woorde: dit is baie makliker om 'n argument te begin as om een te wen. Natuurlik is konflik soms onvermydelik. Soms moet jy inderdaad jou man staan. Maar daardie tye is meer die uitsondering as die reël.Jesus het die grootste geveg in die ganse geskiedenis gewen deur te weier om te veg. Hy het mense, soos ek en jy gered, deur Homself oor te gee aan die dood aan 'n Kruis en God toe te laat om die oorwinning te behaal, deur Hom weer op die derde dag op te wek.Moenie gevegte veg tensy jy absoluut móét nie. En moet beslis nie met oorwinning spog terwyl jy nog besig is om jou gevegsuniform aan te trek nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.56 (23.07.25) - (Afr.) - Waar is jou skat?

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jul 23, 2025 3:05


Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Matt. 6:19-21 Afrikaans OV)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Prokureurs en Regters

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 21, 2025 2:55


Send us a textMatteus 7:1-2 Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. Ek hou nie daarvan om foute te maak nie – maar ek moet ruiterlik erken dat ek soms oordeelsfoute maak en dinge instinktief sê of doen waaroor ek later spyt is. Maar jy weet seker nou presies waarvan ek praat, want ons maak almal foute, Nè!En hier is ons strategie: Wanneer ons 'n fout maak, probeer ons dit óf ignoreer, óf dit te regverdig deur een of ander verskoning te maak om onsself uit die pekel te kry. Maar o wee, staan terug, want wanneer iemand anders 'n fout maak wat ons lewe beïnvloed, of ons selfs net so effens verontrief, dán reageer ons! Dan trek ons los – óf deur ‘n stortvloed van woorde, óf deur ons harte teenoor hulle te verhard.Soos iemand eenkeer gesê het, ons is baie goeie prokureurs as dit by ons eie foute kom; maar ons is baie ongenadige regters wanneer dit by die foute van ander kom!Hoekom is dit so? Hoekom is dit dat wanneer iemand anders iets verkeerd doen, ons ‘vergeet' dat hulle ook mense is? Ons dink nie daaraan dat hulle ook ‘dinge' in hul lewens aan die gang het nie. Waarom dink ons nie vir ‘n oomblik aan die seerkry, stres, letsels of gebreke wat hulle gedrag kan beïnvloed nie? Waarom nie?Jesus het in die Bergpredikasie, 'n baie sterk waarskuwing oor hierdie einste ding gegee:Matteus 7:1-2 Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. Kyk mooi na die kern van hierdie streng waarskuwing. God sal jou op dieselfde manier behandel as wat jy ander behandel.Hou op om ander mense sonder genade te oordeel. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 18, 2025 3:01


Send us a textEfesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie deur middel van tegnologie kan kommunikeer  nie.In die 1950's, toe my pa, wat ná die oorlog uit Europa na Australië geëmigreer het, vir my ma, wat nog in Oostenryk was, wou vra om te trou, het dit byna drie maande geneem vir sy brief om haar te bereik en vir haar antwoord om by hom uit te kom.Kom ons vergelyk dit met die blits-kommunikasie van vandag: Ek was onlangs in 'n raadsvergadering in Sydney, toe ek per foon van ons Afrika-direkteur, wat 'n radiostasie in Zanzibar besoek het, 'n boodskap ontvang het. Dit is maklik om dit deesdae as vanselfsprekend te aanvaar, maar dink daaraan - dit is eintlik ongelooflik!Maar hoe vinniger en geriefliker ons kommunikasie raak, hoe meer geïsoleerd raak ons. Hoe gerieflik is dit nie vandag om ‘n onpersoonlike boodskap, sommer uit te stuur, sonder om eers aan die persoon te dink?Sommige van die e-posse wat ek ontvang; die teksboodskappe; die kommentaar op sosiale media, is nie slegs kortaf nie, maar sommer onbeskof. Dit is regtig ‘n kwessie. Dink ‘n bietjie aan die manier waarop jy jou digitale kommunikasie gebruik en vergelyk dit met hierdie raad in:Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)Of, soos een van my Facebook-vriende onlangs gesê het: trap suutjies en verstandig oor die klippertjies. Lewer ‘n positiewe bydrae, moenie verdeeldheid saai nie. Gaan jou feite na. Weerstaan dit om die spot te dryf of iemand te verneder. Skep pragtige inhoud. Moenie deel wees van die bitterheid van hierdie wêreld nie; wees positief, selfs wanneer jy nie saamstem nie.Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Berge van Molshope Maak Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 7, 2025 2:43


Send us a textJesaja 40:25-26 ““Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een. Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Wanneer jy 'n probleem ervaar, is dit regtig maklik om die omvang daarvan te oorskat. Jy maak sommer gou ‘n berg van ‘n molshoop! Hoe meer hartseer die probleem vir jou veroorsaak, hoe groter word dit. Dit is net natuurlik. Wat jy nodig het, is die korrekte perspektief op die probleem.Kan jy vir ‘n oomblik daaraan dink dat indien die son hol was, jy 1,3 miljoen van ons aardes daarin sou kon inpas. Dis die reine waarheid – 1,3 miljoen! Tog word die son as slegs 'n medium grootte ster in die bekende heelal geklassifiseer.Die sterrekundiges skat dat daar triljoene sterre in die bekende heelal is. Dit laat jou heeltemal klein voel, nè?  God vra in: Jesaja 40:25-26 “Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een. Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) So, kom ons kyk nou na wat die ware perspektief is ten opsigte van daardie probleem, waarmee ons elkeen op die oomblik te kampe het. Verbeel jou vir een oomblik dat dié God wat al hierdie triljoene sterre geskep het, die God wat elke ster se naam ken, nie in staat is om in te tree om jou met jou probleem te help nie?Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onderstebo en Agterstevoor

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 22, 2025 2:56


Send us a textMatteus19:29-30 En elkeen wat 'n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of 'n pa of 'n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees. Ons moet elkeen êrens langs die pad opofferings maak. Maar het jy al ooit gewonder wat 'n opoffering werklik van ‘n mens gaan vra? Want as jy dit nie verstaan nie, dan wonder jy sommer hoekom jy jou tyd daarmee moet mors?'n Opoffering is om iets wat jy vandag wil hê, prys te gee omdat dit op die lange duur ‘n beter uitkoms gaan gee. 'n Skaakspeler kan 'n biskop opoffer om sy teenstander uit te lok om 'n skuif te maak, wat ontwerp is om hom sy koningin te verower.'n Ma sal haar eie gemak opoffer en dikwels haar eie behoeftes ondergeskik stel daaraan om haar kinders die allerbeste opvoeding te gee wat sy kan. Wanneer jy die opofferings maak, is dit nooit aangenaam nie; dit is selde glansryk en dit gaan dikwels ongemerk verby.Watter opofferings het jy al op jou lewensreis gemaak? Was hulle die moeite werd, of wonder jy nog steeds? Jesus het nogal baie gepraat oor die opofferings wat Hy ons roep om te maak … maar Hy het dit baie duidelik gestel dat daar ‘n wonderlike uitkoms op ons wag.Matteus 19:29-30 En elkeen wat 'n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of 'n pa of 'n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees.Mense praat nie dikwels hieroor nie, maar dit is moeilik om Jesus te volg. Jy moet sekere dinge prysgee – soms, nogal baie van hulle. Maar in die onderstebo, agterstevoor ekonomie van God se koninkryk, sal diegene wat vandag ter wille van Hom laaste is, vir alle ewigheid eerste wees. Moenie moed verloor nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.47 (22.06.25) - (Afr.) - Wees geduldig, Jesus is op pad!

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jun 22, 2025 2:51


Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. (Jak. 5:7-9)En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. (Luk. 21:25-26)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Verborge Potensiaal

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 21, 2025 2:58


Send us a textPsalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) Weet jy wat regtig tragies is? Wanneer iemand nooit sy volle potensiaal bereik nie omdat die wêreld nie sy potensiaal kan raaksien nie. Wat nog erger is, is wanneer die persoon self dit nie eers raaksien nie. Dit is so 'n tragedie! So watter verborge talent skuil in jou?Hedy Lamarr is veral bekend as 'n Hollywood-aktrise van die 1930's en 40's. Sy het in baie suksesvolle rolprente gespeel en was as een van die mooiste en glansrykste vroue van haar tyd beskou.So jy kan sien hoe maklik dit vir die pers en die publiek was om haar as net nog 'n aktrise met 'n pragtige voorkoms te bestempel. Maar Hedy se talente was meer as dit wat mense bewonder het. Sy was ook 'n uitvinder.Sy was baie besorg oor die oorlog, en sy het saam met die komponis, George Antheil, gewerk. Hulle het ‘n stelsel ontwerp waardeur hulle die radiokommunikasietegnologie ontwikkel het, wat die versteuring van torpedo-seine deur vyandelike magte, voorkom het.Daardie uitvinding het die grondslag gelê vir vandag se draadlose kommunikasietegnologie, insluitend Wi-Fi, Bluetooth en GPS. Ja, hulle sê mos feite is soms vreemder as verdigsels.Maar daar is 'n baie goeie rede hoekom wonderlike dinge soos hierdie gebeur....Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV)En moenie dink jy is ‘n uitsondering nie, jy is ook besonder en wonderlik gemaak. Jy het ook die potensiaal wat God in jou DNA ingeweef het, terwyl jy nog in jou ma se baarmoeder was. Moenie dit ignoreer nie!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textEfesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Ek het vandag ‘n vraag vir jou, nee, eintlik 'n paar vragies. Wie is die een, of twee, mense in jou lewe wat jou die seerste gemaak het? En sê my, kon jy hulle vergewe? Ek bedoel, het jy hulle heeltemal vergewe en vrygespreek asof hulle jou nooit seergemaak het nie?Daar is een man in my lewe wat my op die ergste moontlike manier, meer as enigiemand anders op die planeet, verraai het. En ek sal eerlik wees met jou, om hom daagliks vir die afgelope dertig jaar te vergewe, is 'n voortdurende stryd.Nouja, ek ken die teorie. Vergifnis maak jou vry - en dis waar. En God vergewe, en daarom is Hy so vasbeslote dat ons ander mense moet vergewe.Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.So, kom ons kyk weer na die een of twee mense wat jou seerder gemaak het as enige ander mense. Soos jy op hierdie oomblik aan hom, haar, of hulle dink … ek bedoel as jy hulle nou op straat sou raakloop, sal jy vriendelik en liefdevol teenoor hulle kan wees?Het jy hulle inderdaad vergewe soos God jou, deur jou geloof in die dood van Jesus aan die Kruis, vir jou sondes vergewe het?Vir my was vergifnis nie 'n eenmalige ding nie. In my ervaring moet jy dit herhaaldelik, oor en oor kies, selfs al het die oortreding jare gelede plaasgevind. Elke keer as jy onthou, kan jy kies om weer te vergewe - dit gee jou vryheid, vreugde en vrede.Moenie toelaat dat bitterheid jou lewe verwoes nie. Moenie toelaat dat jou onvergewensgesindheid 'n wig tussen jou en God indryf nie.Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Versigtig met wat julle Oorsien

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 17, 2025 3:11


Send us a text1 Korintiërs 5:9 -13 In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat 'n onsedelike lewe lei nie.  Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat 'n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat!  Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan 'n onsedelike lewe lei of 'n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie. Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak. Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: “Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder.” (NIV) Dit is ‘n siekte van ons tyd om ander mense te beskuldig en te veroordeel. En dis hartseer om te sê, maar dit lyk asof dit ook 'n gunsteling tydverdryf vir baie Christene is.Voordat ek 'n Christen geword het, was ek 'n regte buffel. Boonop was ek ook amper heeltemal onkundig oor die dinge van God. Die manier waarop ek geleef het en die wyse waarop  ek mense behandel het, het vir my volkome sin gemaak. As iemand my op daardie stadium sou veroordeel, sou dit absoluut geen verskil aan my gedrag gemaak het nie, dit sou soos water van ‘n eend se rug afgeloop het.Maar weet jy, wanneer ons besig is om die vinger te wys na die sondaars daar buite, kan ons vind dat ons ons eie slegte gedrag ignoreer. So, hier is die apostel Paulus om ons te help om ons skynheiligheid uitgesorteer te kry:1 Korintiërs 5:9-13 In my vorige brief het ek vir julle geskryf dat julle nie met mense moet assosieer wat 'n onsedelike lewe lei nie.  Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat 'n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat! Wat ek bedoel het, is wat ek nou in hierdie brief bevestig: Julle moenie in die gemeente assosieer met iemand wat op Christenskap aanspraak maak en ten spyte daarvan 'n onsedelike lewe lei of 'n gierigaard of afgodsdienaar of kwaadsteker of dronkaard of swendelaar is nie. Julle moenie eers saam met so iemand eet nie. Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak. Gód sal sy oordeel vel oor hulle wat buite staan. Maar die Skrif sê: “Julle moet die slegte persoon uit julle midde verwyder.” (NIV). Soos John Wesley dit gestel het, Wat een generasie duld, sal die volgende generasie omhels. Moenie slegte gedrag onder gelowiges duld nie … anders word dit die norm. En ons het die afgelope tyd te veel daarvan gesien.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Vita Dei Podcast
Moenie dwaal nie (Gal 6:3-9)

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jun 9, 2025 26:45


Vita Dei 657

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Moenie wag vir die Heilige Gees nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 6, 2025 5:01


Die Heilige Gees is reeds by en in jou. Moenie wag vir Hom nie; Hy wag vir jou om te gaan doen waarvoor Hy jou bekwaam.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Troos vir tye van onsekerheid

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jun 2, 2025 3:56


Dit neem tyd, maar as jy fyn luister, sal jy hoor: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou.”

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vertrou op die Here

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 30, 2025 3:07


Send us a textSpreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Stel jou voor - jy is in 'n piepklein bootjie op 'n kalm see en skielik begin die donderwolke inrol, die wind begin huil, jou boot begin heftig wieg en toe maak die hemel oop en emmers reën sak uit. Water stroom in, die boot sink laer in die water, jy voel of jy oor die kant gaan siekwees en in 'n vlaag van paniek besef jy dat jou lewe in gevaar is. Kan daar enigiets meer skrikwekkend as dit wees?Ek hoop en bid dat dit nooit met een van ons sal gebeur nie. En tog is daar tye in die lewe - in elke mens se lewe - wanneer verskriklike storms toeslaan. En die probleem is dat dit heeltemal buite ons beheer is om hulle te keer, om te verhoed dat ons bootjie omtiep, om te keer dat daardie verskriklike golwe ons insluk.Net 'n oomblik gelede was die see kalm, die briesie was verfrissend, die son was warm. Nou skielik gebeur dit?! En hoe erger dit word, hoe meer kom jy tot die besef dat jy nie op jou eie gaan oorleef nie. Jy is hulpeloos. Wat nou?Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.Die antwoord is tweeledig – in plaas daarvan om op jou eie krag en talente staat te maak, vertrou op God. Onthou, Hy het 'n bewese rekord van die stilmaak van storms! En in plaas daarvan om tog ‘O, so slim te wees', draai weg van wat jy weet verkeerd is, doen wat reg is, vrees die Here. Want, glo my, dit sal genesing wees vir jou vlees en verkwikking vir jou gebeente.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.40 (28.05.25) - (Afr.) - Moenie jou siel verloor vir die wêreld nie.

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later May 28, 2025 3:11


Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele. (Mar. 8:36-38)

Nuus
Moenie beleid verslap vir een mens, sê Forum

Nuus

Play Episode Listen Later May 27, 2025 0:20


Forum for South Africa veroordeel die regering se plan om wette oor swart ekonomiese bemagtiging vir miljardêr Elon Musk te verslap. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het verlede week ʼn beleidsriglyn in die Staatskoerant gepubliseer om swartbemagtigingsvereistes vir satellietdiensmaatskappye te verslap. Indien dit goedgekeur word, mag Musk se Starlink-internetdiens in Suid-Afrika bedryf word. Tebogo Mashilompane van die forum sê hierdie groot beleidsverskuiwing moenie toegelaat word nie:

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Die belangrikste Man ter wêreld

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 26, 2025 6:41


Moenie die geleentheid om met Hom te praat deur jou vingers laat glip nie.

Nuus
Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 0:17


Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die organisasie se woordvoerder, Juanita du Preez, sê dit is onaanvaarbaar om taktiese eenhede te ontwapen wat dikwels op gewelddadige misdade en geslagsgeweld reageer:

RSG Geldsake met Moneyweb
Moenie in onsekere tye bang of slim wees met beleggings nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 23, 2025 7:41


Pieter Koorhof – portefeuljebestuurder, Allan Gray Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Moenie geld aan bedelaars by kruisings gee nie

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 27, 2025 0:40


'n Jong seun in Windhoek het ernstige beserings vermy nadat hy in die verkeer ingehardloop het terwyl hy by 'n kruising gebedel het. Om geld by kruisings te gee moedig gevaarlike gedrag aan en die publiek word versoek om eerder geregistreerde welsynsorganisasies te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Windhoek Stadspolisie superintendent Katrina Nomboga.

Nuus
Motocross hervat Saterdag op Gallina

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 25, 2025 0:39


Die enjins gaan brul by die eerste been van die Namibië nasionale motocross-kampioenskap Saterdag by Gallina Motocross Park. Die hekke maak ses-uur die oggend oop en die eerste wedren begin om 11-uur. Verversings is beskikbaar. Toegangsgeld is 20 Namibiese dollar voor vier-uur en 40 dollar na vier, en kleuters kom gratis in. Moenie 'n epiese dag vol spoed, opwinding en pret vir die hele familie misloop nie! Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Anthea Mans van SMAC Namibia, wat meer inligting gee.

Nuus
Moenie belasting verhoog, samel eerder beter in

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 27, 2025 0:18


Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter sê die verhoging van belastinginkomste moet begin met die versterking van invorderingsvermoë, en nie belastingverhoging nie. Hy het 'n paneelbespreking van G20-vergaderings oor makro-ekonomiese kwessies in Kaapstad toegespreek. Die finansminister, Enoch Godongwana, kon nie die nasionale begroting indien nie, omdat die regering van nasionale eenheid nie saamgestem het oor 'n 2 persent verhoging in BTW nie. Kieswetter sê belastingverhogings het gevolge.

Nuus
KI moenie oorreguleer word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 12, 2025 0:17


Die Amerikaanse visepresident JD Vance het gewaarsku dat oormatige regulering die vinnig-groeiende kunsmatige intelligensie-bedryf sal doodmaak. Hy het Dinsdag wêreldleiers en tegniese bestuurders by die Kunsmatige Intelligensie-aksieberaad in Parys, Frankryk, toegespreek. Vance sê die VSA beoog om die leiers op die gebied van KI te bly en die Europese Unie se streng regulatoriese benadering gekritiseer. Hy sê Amerika wil hê KI moet vrygestel wees van ideologiese vooroordeel:

RSG Geldsake met Moneyweb
Moenie oorhaarstig wees om in 'n Trump-era beleggingstrategieë te verander nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jan 21, 2025 7:15


Hennie Fourie, welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria- Oos, gesels oor beleggingsmarkte in 2025. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Waterskuld moenie afgeskryf word nie - Afriforum

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 17, 2025 0:17


AfriForum kritiseer die planne van die Departement van Water en Sanitasie om munisipale skuld van 22,36-miljard Suid-Afrikaanse rand aan waterrade af te skryf. Die voorstel laat munisipaliteite toe om skuld te laat afskryf indien hulle 'n gedeelte betaal en bestaande faktuurverpligtinge nakom. Volgens die organisasie beloon die plan swak bestuur. AfriForum-woordvoerder, Lambert de Klerk, waarsku die privaat sektor sal noodgedwonge by munisipale dienste betrokke moet raak indien sake nie verbeter nie:

Nuus
Moenie aan diewe adverteer jy is nie tuis: NamPol

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 24, 2024 0:40


Die Namibiese Polisie het oor die naweek ses sake van huisbraak en diefstal ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gesels oor hoe huiseienaars kan verseker dat hul eiendomme veilig is gedurende die feesseisoen. Kuwinga het 'n paar wenke vir huiseienaars.

Nuus
'Onwettige besetting van staatsgrond moenie krimineel wees nie'

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 3, 2024 0:19


Die Kaapstadse nieregeringsorganisasie, Ndifuna Ukwazi, is gekant teen die regering se voorneme om die onwettige besetting van grond in staatsbesit te kriminaliseer. Die Menslike Nedersettings departement het aangekondig hy hersien wetgewing teen die toename in die onwettige besettings van openbare grond en huise. Woordvoerder Buhle Booi het aan SABC News gesê daar bestaan reeds wetgewing wat aandag gee aan die kwessie, en daar is gevolglik geen behoefte aan nuwe wetgewing nie.

Nuus
Moenie nou al geld bestee op bestrede NGV nie: AfriForum

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 22, 2024 0:17


AfriForum waarsku die gesondheid-departement teen voortydige besteding aan die instelling van Nasionale Gesondheidsversekering. Die burgerregte-organisasie voer aan stappe soos die opstel van regulasies en die saamstel van bestuurstrukture vir die NGV, moet teruggehou word totdat al die regsgeskille afgehandel is. Woordvoerder Louis Boshoff spreek sy kommer uit oor die gebruik van belastingbetalers se geld vir ʼn stelsel wat as ongrondwetlik verklaar kan word en moontlik alle voorbereidings tot niet sal maak.

Nuus
Spaza-winkels: SA-regering moenie reguleer nie, eerder saamwerk

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2024 0:19


Kopanang Africa Against Xenophobia is gekant teen die regering se uitgebreide plan om informele handelaars te reguleer, wat nou straatverkopers saam met spaza-winkels teiken. Die groep beweer die ingryping kan moontlik armoede kriminaliseer en ignoreer die  grondoorsake van werkloosheid en ekonomiese ongelykheid. Woordvoerder Dorothy Mabelebele glo die regering moet met handelaars saamwerk om oplossings te vind en te fokus op kwessies soos onveilige produkte van verskaffers in plaas daarvan om die verkopers te penaliseer

Nuus
Sien wêreldklas muurbal by die BDO Namibië Ope!

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2024 0:40


Die BDO Namibië Ope 2024 is hier! Moenie die grootste ope muurbaltoernooi ooit in Namibië misloop nie, met topspelers van regoor die wêreld in aksie. Die aksie skop vanaand af en duur tot 16 November by Wanderers Muurbalklub. Toegang is gratis, en eet- en drinkgoed is beskikbaar. Dit is die tweede PSA Challenger Tour wat in Namibië gehou word, met 'n totale pryspoel van 9 000 Amerikaanse dollar, of sowat 163 950 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Steven Berry, die spanbestuurder, wat die publiek nooi om wêreldklas muurbalaksie te kom geniet.

Nuus
Spaza-winkels: Moenie informele sektor oorreguleer nie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2024 0:19


'n Arbeids-regsgeleerde, Michael Bagraim, doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om nie die informele sakesektor te oorreguleer nie, ná afloop van die toenemende aantal voedselvergiftigingsgevalle wat veroorsaak word deur kos vanaf spaza-winkels. Hy sê oorregulering sal beslis die informele sektor se vermoë om deel van die formele sektor te word, vernietig. Hy sê daar is ongeveer 2 000 inspekteurs en duisende klein ondernemings in die land.

Nuus
Moenie raas nie, die kinders leer!

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2024 0:37


NamPol adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het onlangs die belangrikheid van openbare nakoming van die Drankwet se regulasies beklemtoon. Met skole wat vroeër as gewoonlik vir die verkiesings gesluit het, het sy sjebiens, kroeë en kerke aangemoedig om geraas tot die minimum te beperk om te verhoed dat leerders en studente wat vir nasionale eksamens voorberei, ontwrig word. Hierdie oproep het ten doel om 'n gunstige studie-omgewing gedurende hierdie kritieke tyd te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi gepraat wat haar punte uit die mediaverklaring herhaal het en bygevoeg dat die polisiemag die land op die hart dra terwyl die Namibiese verkiesing nader kom.

Nuus
Shiimi moenie leen om begrotingstekorte aan te vul nie - ekonoom

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 28, 2024 0:38


Die middeltermyn begroting word vanmiddag deur finansminister Ipumbu Shiimi gelewer. Dit is ‘n verkiesingsjaar maar, daar is uitdagings met begrotingstekorte, veral met droogte verligting. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matunda gesels wat sê hy hoop Shiimi wend hom nie aan skuld om die tekorte aan te vul nie.