Podcasts about moenie

  • 73PODCASTS
  • 764EPISODES
  • 8mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Sep 15, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about moenie

Show all podcasts related to moenie

Latest podcast episodes about moenie

Nuus
SA publiek moenie bespiegel oor N1-ongeluk nie

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 15, 2026 0:17


Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap maan die publiek om nie oor die oorsaak van die dodelike ongeluk op die N1 te bespiegel of skuldiges uit te wys voor die feite bepaal is nie. Een-en-twintig mense is dood na 'n botsing tussen twee minibus-taxi's en 'n stasiewa tussen Prins Albert-weg en Leeu-Gamka. Die provinsiale voorsitter van SANTACO, Besuthu Ndungane, sê die tragedie is 'n herinnering dat elke reis die verantwoordelikheid meebring om lewens te beskerm:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer iemand anders se gemors jou verantwoordelikheid word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 7, 2026 2:59 Transcription Available


Send us Fan MailGalasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (20) Wat is jou instinktiewe reaksie wanneer jy gekonfronteer word met die rou, morsige realiteite van iemand anders se lewe? Die vriend wie se huwelik besig is om uitmekaar te val. Die ouer wat in verslawing verval. Die kollega wie se bitterheid elke kamer waarin hy loop, vergiftig. Wanneer sy pyn joune begin raak – leun jy nader … of staan ​​jy terug?Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Clara Barton, 'n jong meisie, gewonde soldate verpleeg. Aanvanklik het sy teruggedeins vir die bloed en pyn – sy wou net omdraai en weghardloop. Maar iets diep binne-in haar het vir haar gesê om te bly.Dag ná dag het sy wonde verbind, die hande van sterwendes vasgehou en verligting vir duisende mense georganiseer. Haar volharding het uiteindelik gelei tot die stigting van die Amerikaanse Rooi Kruis – 'n simbool van medelye wat 'n hele nasie verander het.Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (‘20)Die apostel Paulus het dit geskryf aan gelowiges wat gesukkel het om ware gemeenskap te ervaar. Sy oproep was eenvoudig maar veeleisend: dra mekaar se laste. Moenie die sorge van ander vermy nie – deel dit, want dit is presies wat Jesus vir ons gedoen het.Miskien het iemand ná aan jou vandag seer, en alles in jou wil jou laat omdraai en vlug; elke instink sê vir jou: Dit is net te veel. Maar liefde hardloop nie weg nie. Liefde bly. Liefde dra.Wie in jou wêreld het jou nou nodig om hulle by te staan? In wie se gebroke lewe roep God jou om te help, sodat jy hul sorge kan help dra? Want onthou, jou liefde kan hulle hele lewe verander.Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us Fan MailRomeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. Ons bekommer ons so baie oor ons werk en die dinge wat nou vir ons swaar is. Al voel hierdie dinge op die oomblik groot, is dit klein binne die groter prentjie van God se verhaal.In 1903 het Eugene Aldrin gekyk hoe die Wright-broers die eerste aangedrewe vlug voltooi. Hy was toe nog 'n jong man. Dekades later het sy eie seun, Buzz Aldrin, op die maan geloop. Eugene het albei beleef. Ongelooflik!Een leeftyd het die mensdom se grootste lugvaart-spronge gedek. Dit strek van brose vlerke oor sandduine tot voetspore op die oppervlakte van die maan. Tog is hierdie groot prestasies bitter klein. Dit sal skaars twee druppels in die emmer van die heelal se skepping wees.Romeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.Die heelal strek verder as wat ons kan dink - sterrestelsels, sterre en ligjare wat ons nie eers kan meet nie. En elke deel daarvan verkondig sý majesteit.So, hoekom is ons so dikwels behep met die hier en die nou? Hoekom kyk ons net vas teen die dinge wat dringend is, terwyl die ewige dinge bokant ons skyn? Selfs die maanlanding is niks in vergelyking met die glorie van die Een wat die maan op sy plek opgehang het nie. En hier is die uitdaging. Kyk op. Kyk verby die alledaagse dinge. Moenie net vaskyk teen aardse dinge nie, maar fokus op Christus wat oor alles regeer. Want wanneer jy dit doen, word jou probleme minder, jou hoop groei, en jou hart aanbid. Die hemele verkondig die mag van God. Gaan jy ook oor Hom getuig?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Pasteur se Ontdekking

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 5, 2026 2:59 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.(AFR20) Dit is glad nie ongewoon om te hoor hoe mense die wetenskap en geloof teen mekaar afspeel nie - asof jy tussen die twee moet kies. Maar sê nou dit is 'n vals keuse? Sê nou die waarheid in die skepping en die waarheid van Christus is deel van dieselfde storie?Louis Pasteur was 'n bekende wetenskaplike uit die 1800's. Hy het die mediese wêreld verander met sy werk oor kieme, entstowwe en pasteurisasie. Sy ontdekkings het miljoene lewens gered. Ten spyte van al sy kennis, was wetenskap vir hom nooit ‘n vyand van geloof nie.Hy het eenkeer gesê: 'n Bietjie wetenskap neem jou weg van God af, maar baie wetenskap bring jou nader aan Hom. Hoe meer hy studeer het, hoe meer het hy die wonder van ontwerp, orde en wysheid raakgesien - tekens wat hy terugverwys het na die Skepper. Vir Pasteur het die wetenskap nie sy geloof afgebreek nie; dit het dit verdiep. Die psalmdigter skryf in:Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend. (AFR20)Die skepping self is die bewys. Om dit te verken beteken nie om weg te stap van God af nie, maar om Hom nog meer intiem te ontdek. Die wetenskap probeer die “wat” en die “hoe” vrae beantwoord, terwyl geloof die “wie” en die “waarom” duidelik maak.Saam vervul hulle ons met die wonder van ‘n God wat alles gemaak het en dit vandag nog versorg. Moenie glo jy moet kies tussen die Bybel en die wetenskap nie. Dieselfde God wat die sterre gemaak het, het deur Jesus mens geword om ons te red. Alle waarheid behoort aan Hom.So, die volgende keer as jy jouself verwonder aan 'n wetenskaplike deurbraak of opkyk na die naghemel, onthou dit: alles wys terug na dieselfde Skrywer. Die wetenskap en geloof is nie vyande nie. Hulle is hoofstukke in een groot storie - sý storie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Sien Verder as Jouself

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 4, 2026 3:13 Transcription Available


Send us Fan MailLukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20) Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En as dit al is wat ons weet, mis ons heeltemal hoe die lewe lyk vir mense wat 'n totaal ander pad as ons gestap het.Het jy al daardie landkaart gesien wat die wêreld in twee deel? Albei helftes het vier biljoen mense. Die een helfte se mense woon oral oor die wêreld versprei. Maar die ander helfte sit almal saamgepak in 'n klein deeltjie van Asië. Dieselfde aantal mense; maar twee totaal verskillende wêrelde.Dit laat jou regtig twee keer kyk. Ons is so gewoond daaraan om die wêreld net vanuit ons eie hoek te sien, maar hierdie kaart wys hoe min ons eintlik van ander mense se wêrelde weet. En die waarheid is, ons doen presies dieselfde met mense met wie ons in die regte lewe skouers skuur.Ons dink ons sien die hele prentjie, maar intussen dra mense stories saam wat ons glad nie verstaan nie. Juis hier kom sny Jesus reg deur ons blindheid in: Lukas 6:37:“Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.” (AFR20)Agter hierdie woorde is eintlik 'n groot uitnodiging - om ons eie trots en vooroordele 'n bietjie te laat staan, en mense regtig raak te sien. Dis dán wanneer ons, in ‘n klein mate, mekaar se harte begin verstaan. Is daar miskien iemand in jou lewe wat jy heeltemal verkeerd verstaan het, net omdat jy nog altyd uit jou eie oogpunt na hulle kyk?Dink net watter seer, watter moeilike lewe, of selfs watter ongelooflike lewenservaring jy kan ontdek, as jy net vir 'n oomblik stilstaan en na die lewe deur húlle oë kyk!Want wanneer ons anders begin kyk, leer ons om lief te hê net soos Jesus liefgehad het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hier is ek Here

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 31, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailLukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20) Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ignoreer, jou talente minderwaardig laat klink, of glad nie raaksien wat jou bydrae is nie… is dit so maklik om in jou dop te kruip. Om te wag. Om vir jouself te sê: Wel, ek sal my deel doen wanneer iemand my uiteindelik raaksien.Scott Clary, wat talle wêreldberoemde boeke oor besigheid geskryf het, het nou die dag gesê... Wees jy die een wat uitreik. Stuur eerste daardie WhatsApp. Bel eerste. Beplan eerste. Neem die inisiatief. Vriendskap kos moeite. Liefde vra aksie… Inisiatief is aantreklik.Goed, ek besef hy praat van hoe jou houding in die sake-wêreld moet wees. Maar laat ek jou vertel, Jesus het presies dieselfde van sy dissipels verwag.Lukas 5:10-11: Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20)In die Koninkryk van God is dit natuurlik Jesus wat ons roep. Maar dis steeds so maklik om terug te deins, om heeltemal deur die wêreld se kritiek verlam te word. Jesus het daardie vissermanne geroep om uit hulle gemaksone te klim, hulle nette agter te laat en Hom te volg. Hulle kon met allerhande verskonings vorendag gekom het oor hoekom hulle eerder moes bly waar hulle is. Maar hulle het die inisiatief geneem en Hom gevolg. En dit is vandag ook die roeping vir ons. Nie om sy gesag oor te neem nie, maar om een van die eerstes te wees om sy leiding te volg. Eerste om op te tree. Eerste om lief te hê. Eerste om te lei. Want om ander te lei terwyl jy Jesus volg, is nie hoogmoed nie. Dis gehoorsaamheid.  Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hou Op om die Stomp Byl te Swaai

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 30, 2026 3:10 Transcription Available


Send us Fan MailLukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel.Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses uur om 'n boom af te kap, dan sal ek die eerste vier uur gebruik om die byl skerp te maak. Dit klink dalk met die eerste oogopslag heeltemal mal, nè? Maar hy het die groot geheim geken: goeie voorbereiding maak jou impak net soveel groter. Die skerper byl doen immers binne minute dít waarmee die stomp een ure lank sou sukkel.Dieselfde geld vir 'n lewe van geloof. Met die eerste oogopslag lyk dit asof Jesus van een ontmoeting na 'n ander beweeg – hier leer Hy mense, daar genees Hy, en dan gaan Hy aan na die volgende dorpie. Maar as jy van naderby kyk, sal jy sy ritme raaksien: Hy het weggeglip om te bid, na sy Vader geluister en Homself in afsondering voorberei. Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.Dit was sý manier om sy byl skerp te maak. Die krag vir alles wat Hy vir mense gedoen het, het in stil gebed begin. Jesus het self gesê dat Hy altyd na sy Vader se stem geluister het. Sy moed vir die kruis het Hy reeds in Getsemane gekry.En hier is die groot vraag vir my en vir jou: probeer ons dalk om met 'n stomp byl deur die lewe te sukkel? Storm ons sommer net sonder gebed, sonder die Bybel, en sonder om te vra wat God wil hê in verhoudings en probleme in? Goeie voorbereiding is vandag nog net so belangrik soos dit in die verlede was. As jy 'n lewe met ware impak wil lei, maak jou byl skerp net soos Jesus gedoen het. Doen dit in gebed. Doen dit deur te luister. En doen dit in gehoorsaamheid. Moenie sommer net in dinge instorm nie. Berei eers voor. Want dit is presies waar jou krag vandaan kom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur Christus se Oë

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 29, 2026 3:14 Transcription Available


Send us Fan MailJakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en die goeie in hulle raak te sien? Onderwysers het destyds gedink die jong fisikus, Albert Einstein, is hopeloos te stadig en onbevoeg. Sommige van hulle het selfs gesê dat hy nooit enigiets in sy lewe sal bereik nie. Maar daar was een persoon wat gelukkig groot potensiaal in hom raakgesien het. Hierdie persoon het sy nuuskierigheid aangemoedig en vir hom die nodige ruimte gegee om dinge self te ondersoek. En dit was juis daardie aanmoediging wat uiteindelik die genie, wat die wêreld later sou leer ken, ontsluit het.As jy die beste in mense na vore wil bring, moet jy bereid wees om na die beste in hulle te soek. Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.Jesus het hierdie waarheid nie net verkondig nie, Hy het dit self uitgeleef. Hy het na 'n korrupte tollenaar gekyk en dadelik 'n dissipel gesien. Hy het na 'n sondige vrou gekyk en diep geloof raakgesien. Hy het na 'n rowwe visserman gekyk en die rots van sy kerk gesien. Hy het nooit mense se foute geïgnoreer nie, maar Hy het ongetwyfeld altyd God se moontlikhede in hulle gesien.So kom ek vra jou vandag – wie is jy tans besig om met jou kritiek af te breek; miskien is dit selfs net stilweg in jou hart? Wat sal gebeur as jy eerder kies om hierdie mense deur die oë van Jesus te sien, en te glo in dit wat Hý in hulle kan doen? Want wanneer jy jouself verneder om die beste in ander raak te sien, sal jy skielik die vermoë hê om hulle te help om hulle potensiaal te bereik en die beste na vore te bring. Dit is immers hoe Christus dit gedoen het. Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Wag Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 26, 2026 2:50 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Het jy al ooit gevoel dat jy net nie goed genoeg is om na God toe te gaan nie? Asof jou sondes te veel is; jou mislukkings te groot; jou gebede te oppervlakkig? Ons almal het al so gevoel. Ons het gevoel dat ons onwaardig is om selfs ons oë na die hemel toe op te lig.Charles Spurgeon het eenkeer gesê: God ken jou situasie so goed asof jy die enigste skepsel is wat Hy nog ooit gemaak het, of die enigste van sy kinders wat Hy nog ooit liefgehad het. Gaan na Hom toe en vind vrede.Is dit nie presies hoe dit is nie? God weet alles van jou - Hy ken jou verlede, jou foute en jou swaarkry. Tog bly Hy lief vir jou, nét soos jy is. Jy is nie net nog 'n gesig in die skare nie. Hy sien jou, Hy ken jou, Hy het jou lief.Die apostel Paulus het dit so gestel in:Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.Het jy dit al verstaan? Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was. Nie nadat ons onsself reggeruk het nie. Nie eers toe ons goed genoeg was nie. Net so, in die middel van ons totale chaos, het Hy die kruis gekies— vir jou en vir my.So, hier is my uitdaging aan jou: Hou op om te wag tot jy waardig voel. Jy hoef nie jou plek in sy teenwoordigheid te verdien nie. Kom net soos jy is—gebroke, gekneus, skuldig. Kom nou dadelik in die Naam van Jesus na Hom toe.Die oomblik wanneer jy dit doen, sal jy vind wat Charles Spurgeon gevind het: 'n God wat jou heeltemal ken, jou perfek liefhet en jou uitnooi om vrede in sy teenwoordigheid te vind.So … waarvoor wag jy? Gaan na Hom toe. Vandag nog.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Watter Prys sal Jy Betaal?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 24, 2026 2:55 Transcription Available


Send us Fan MailMatteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, Ons leef in 'n wêreld wat behep is met eie belang. Sorg vir jouself. Beskerm jou eie belange. Moenie toelaat dat enigiemand jou misbruik nie. Is dit nie maar hoe die meeste van ons van dag tot dag leef nie?In die vyftien-honderds het Dirk Wilhelms, 'n Nederlander wat weens sy Christelike geloof die doodstraf gekry het, uit die tronk ontsnap. Terwyl hy besig was om oor 'n bevrore grag te hardloop, het een van die tronkwagte wat hom agtervolg het, deur die ys geval. Dirk kon net aanhou hardloop – sy vryheid was binne bereik. Maar in plaas daarvan het hy omgedraai, sy vyand uit die water getrek, en sodoende sy eie lot verseël. Hy is weer in hegtenis geneem en op die brandstapel verbrand.Hoekom sou 'n mens dit doen? Jesus het eenkeer gesê in:Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg.Dit is maklik om met daardie vers saam te stem, maar moeilik om dit te doen. Dirk het dit nie net geglo nie – hy het dit gedoen. Op daardie oomblik het sy liefde baie meer beteken as wat enige preek sou kon beteken.Wat is jy bereid om op te offer om iemand anders te red? Jou tyd? Jou gemak? Miskien jou veiligheid? Ons wil almal 'n rustige lewe hê, maar die waarheid is: Jesus se liefde kos jou altyd iets.So, in vergelyking met wat Jesus gegee het – sy eie lewe vir joune en myne – hoe kan ons enigiets terughou? My vriend, die uitdaging is groot. Sal jy, wanneer dit moeilik is, ‘n ander persoon so liefhê soos Jesus jou liefhet? Wanneer dit seermaak? Wanneer dit jou alles kos? Dit is die prys; dit is jou opdrag!Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us Fan MailJeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie en hoewel ons duidelikheid soek, is God se grootste lesse dikwels reg voor ons weggesteek. Hy wil hê ons moet aanhou soek vir antwoorde in plaas van kitsoplossings, want juis in hierdie onsekerheid groei ons, solank as wat ons nie opgee nie.In 1928 het die Skotse bakterioloog en mediese navorser, Alexander Fleming, van vakansie af teruggekeer en ontdek dat daar skimmel in sy petri-bakkies groei. Die meeste wetenskaplikes sou dit sommer weggegooi het - maar nie Fleming nie. Sy nuuskierigheid het gelei tot die ontdekking van penisillien, 'n lewensreddende deurbraak wat reg voor sy oë versteek was. Die wêreld het verander omdat een man besluit het om dieper te delf.Jeremia 33:1–3 sê: Terwyl Jeremia nog in die binneplaas van die paleiswag gevange gehou is, het die woord van die Here vir 'n tweede keer tot hom gekom: So sê die Here wat die aarde gemaak het, die Here wat die aarde gevorm en gevestig het, wie se Naam Here is: Roep My aan en Ek sal jou antwoord en jou groot en onverstaanbare dinge vertel waarvan jy nie weet nie.Jeremia was agter tralies toe God met hom gepraat het; hy was nie vry nie. Maar selfs in daardie donker plek het God dinge aan hom bekendgemaak. Hy het gesê: Roep My aan en Ek sal jou antwoord. Dit gaan nie oor 'n maklike lewe nie; dit gaan oor vasbyt en aanhou roep, selfs al voel jy vasgevang, deurmekaar of bang.As jy aanhou bid en nie opgee nie, doen jy presies wat Fleming gedoen het; jy ontdek dinge wat jou hele lewe kan verander. God wil graag sy geheime deel met diegene wat aanhou vra, aanhou klop en aanhou soek.Moet dus nie ophou soek nie. Al sit jy nou in jou eie klein tronkie of in die pikdonker; kan jy weet dat Hy klaar besig is om agter die skerms vir jou dinge, wat jou verstand heeltemal te bowe gaan, voor te berei.Dit is sy Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Net Een Gebedjie Ver

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 22, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 116:1-2 Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV) Almal bid wanneer die nood druk — selfs die ateïs in 'n dokter se wagkamer, of die skeptikus in 'n vliegtuig vol turbulensie. Ons almal roep op 'n manier uit na bo. Maar hoe gereeld voel dit nie of jou gebede nêrens heen gaan nie? Asof God net nie tuis is nie en jy begin wonder of Hy jou selfs kan hoor. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was C.S. Lewis—wat toe 'n uitgesproke ateïs was—tydens die lugaanvalle doodsbenoud. Uit pure wanhoop het hy gebid, al het hy nie geglo dat daar iemand is wat luister nie.Daardie desperate gebed het sy lewe getransformeer. Hy het later vertel dat God hom een aand vasgekeer het terwyl hy besig was om te bid. Die man wat altyd getwyfel het, het een van die grootste voorstanders van die geloof geword; bloot omdat hy die moed gehad het om in sy bangste oomblik na God uit te roep.Psalm 116:1–2Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV) Gebed is nie maar net 'n gewoonte nie; dit is jou redding. God draai nie sy rug op jou as jy roep nie; Hy luister. Al is dit soms vreeslik stil om jou, is Hy reeds besig met dinge wat jy nog nie nou kan sien nie.Wat is die een ding wat nou swaar op jou hart weeg; daardie een vrees, die pyn, of die vraag wat jou wakker hou? Moenie dit opkrop of met besigwees wegdruk nie. Neem dit na Hom toe.Want Hy is nie ver nie. Hy is nader as wat jy dink; Hy wag om jou stem te hoor. En wanneer jy roep - hoor Hy jou. Altyd. Bid terwyl jy besig is om te werk. Bid as angs jou beetkry. Bid as jy kwaad is. Bid as jy baie bly is. Maak gebed deel van alles wat jy doen; want dit verander alles.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.64 (19.08.26) - (Afr.) - Moenie dat jou liefde verkoel nie

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Aug 19, 2026 3:43


En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. (Matt. 24:12-13 Afrikaans OV)

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.63 (16.08.26) - (Afr.) - Moenie met diesulkes omgaan nie

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Aug 16, 2026 4:05


Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie— dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. (1 Kor. 5:9-11 Afrikaans OV)Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. (Heb. 3:13 Afrikaans OV)

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Teësinnige Bekeerling

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 16, 2026 2:48 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om 'n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis 'n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie.Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die hele Engeland.Hy is nie deur emosie oortuig nie, maar deur die werklikheid van God wat eenvoudig deurgebreek het in sy lewe.Terwyl hy met die waarheid geworstel het, het hy besef dié God wat hy probeer ontken het, was nie net 'n idee nie, maar 'n Persoon. Daardie ontmoeting met Christus het alles verander – die skeptikus het een van die grootste Christelike skrywers van alle tye geword.Koning Dawid het presies dieselfde besef:2 Samuel 7:22 sê: Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie.Die punt is dat Dawid vir God in aksie gesien het – en hy het gewéét daar is niemand soos Hy nie. Dis die kern van wat die bekende prediker R.C. Sproul gesê het toe iemand hom gevra het wat die verskil tussen die Christelike God en ander gode is. Sy antwoord was eenvoudig: Die grootste verskil is dit – die God van die Christendom bestaan.Die God wat bestaan, is 'n God wat dinge doen. En in Christus het Hy eens en vir altyd ingegryp om jou te red. Moenie net van Hom weet nie. Ervaar Hom. Kyk vandag hoe Hy in jou eie lewe aan die werk is. Want wanneer jy Hom in aksie sien, sal jy ook nie anders kan as om uit te roep:Daar is niemand soos U nie. Daar is geen God buiten U nie! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Van Intimiteit tot Gehoorsaamheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 15, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Het jou eie woorde jou al ooit in die moeilikheid gebring? Dink aan 'n aanmerking wat jy gemaak het sonder om te dink, 'n kwaai uitbarsting, of 'n leuen wat aan die begin onskuldig gelyk het, maar later so groot geword het dat jy beheer daaroor verloor het? Ons almal verstaan daardie tipe hartseer en spyt.Gedurende die Watergate-skandaal in die 70's het invloedryke mans in Amerika ontdek presies hoe gevaarlik geheime gedagtes en woorde kan wees. Geheime opnames in President Nixon se kantoor het gesprekke verklap wat sy hele presidentskap laat tuimel het. Woorde wat net vir die binnekring bedoel was, het op die lappe gekom en die magtigste man in die wêreld laat val.Ek en jy loop dieselfde gevaar wanneer ons geheime gedagtes en woorde allesbehalwe eervol is, nè? Koning Dawid het daardie gevaar in sy eie lewe geken. Daarom het hy hierdie gebed gebid:Psalm 19:15: Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Weet jy wat dit is? Dis 'n eerlike uitroep om God te vra vir integriteit. Gister het ons gesien dat diegene wat ontsag vir God het, in sy binnekring genooi word. Dis daar waar Hy sy beloftes met ons deel en ons selfs uit die moeilikheid help. Uit daardie naby vriendskap vloei hierdie begeerte: Here, laat elke woord en elke gedagte van my in lyn wees met U hart. En in Christus word daardie gebed waar. Hy verlos ons; Hy is ons Rots. Deur sy Gees verander Hy dít wat ons regtig wil hê. Hoe nader ons aan Hom kom, hoe sterker word ons verlange om Hom in alles te volg.Moenie net jou tong probeer beheer nie. Soek God se teenwoordigheid op. Smag na daardie intimiteit met Hom. Laat Hy jou hart so verander dat elke woord en elke gedagte vir Hom vreugde bring.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Môre gaan effe warmer wees, maar moenie truie wegpak

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 12, 2026 0:40


Terwyl dit vandag koud in die binneland was, kan Namibiërs verwag dat dit van môreoggend af effens sal opwarm. Meteoroloog Albertina Anderson van die Weerdiens waarsku teen die gevaar van veldbrande en sê dit is nog nie tyd om die truie en baadjies te diep weg te pak nie. Sy het meer.

RSG Geldsake met Moneyweb
Moenie die mark teleurstel nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 11, 2026 7:00


Mia Kriegler – direkteur: batebestuur, Kruger Internasionaal Volg RSG Geldsake op Twitter

God se Woord VARS vir jou Vandag
Christus, Ons Bron van Vreugde

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 11, 2026 3:16 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 27:4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie. Dinge tref ons van alle kante af – spanning en druk, verliese en teleurstellings wat ons nooit vir onsself sou gekies het nie. Bitterheid kan so maklik wortel skiet. Fanny Crosby, die blinde 19de-eeuse liedjieskrywer, is as baba weens 'n mediese fout van haar sig beroof. Sy kon maklik 'n bitter lewe gelei het en kwaad gewees het oor die onregverdigheid van haar omstandighede. Maar in plaas daarvan het sy in haar verlange na God gedraai. Uit haar intimiteit met Christus het sy meer as 8 000 lofgesange geskep - liedere van vreugde, vertroue en ander om sommer net die Here se teenwoordigheid te geniet. En dit is presies wat ons vandag nog nodig het. Sy het eenkeer gesê dat sy haar blindheid vir niks ter wêreld sou verruil nie, want daardeur het sy die skoonheid van Jesus duideliker gesien. Dit is die hartklop van Psalm 37. Ten spyte van Dawid se beproewings van beide voor en nadat hy koning van Israel geword het, skryf hy in:Psalm 27:4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel.Dit beteken nie dat ons dink dat God 'n outomatiese masjien is waarby jy net iets kan intik om te kry wat jy wil hê nie. Dit gaan oor intimiteit. Wanneer jy jou in God se teenwoordigheid verlustig en wanneer jy bo alles na Hom smag, verander jou prioriteite. Sy vreugde word jóú vreugde. Sy wil word jóú wil. En te midde van jou stryd verander dit alles.Dit vind sy diepste vervulling in Christus, omdat Hy die grootste onreg van alle tye aan die kruis gedra het. Maar, deur sy opstanding, bring Hy vir ons die diepste vreugde – 'n nuwe lewe in Hom.Moenie toelaat dat bitterheid oor die wêreld se onregverdigheid in jou hart wortel skiet nie. Kies vandag om jou in Christus te verlustig. Smag na sy teenwoordigheid, geniet sy intimiteit, en laat Hom toe om jou begeertes te herskep in iets wat blywend, pragtig en ewig is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vervang Jou Skuldgevoel met Vreugde

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 10, 2026 3:02 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek?Dit is presies wat met koning Dawid gebeur het. Hy het Batseba se skoonheid gesien, hy het haar begeer en hy het haar geneem. Ongeag die feit dat sy getroud was. Soos jy kan dink, was die gevolge verwoestend. Haar man, Uria, wat onskuldig was in die situasie, is vermoor. 'n Vrou se lewe is verwoes. 'n Koning se hart het verhard in sy rebellie teen God. En vir 'n tyd lank het Dawid aangegaan asof niks gebeur het nie. Klink dit vir jou bekend?God het die profeet Natan gestuur om Dawid tot sy sinne te bring. Dit was toe hy die verskriklikheid van sy dade verstaan het, dat Dawid vir God gevra het om hom te vergewe en hom rein te maak: Psalm 51:12: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Dawid wou nie net vergifnis hê nie - hy wou sy verhouding met God herstel. Hy wou daardie vreugde van God se verlossing terughê. Die krag van sy Gees. Hy wou weer in gehoorsaamheid wandel.En dít is God se uitnodiging aan jou vandag. Jy hoef nie vasgevang te bly in kompromieë nie. Jy hoef nie aan te hou om te maak asof alles reg is nie. Jy kan nou dadelik omdraai en God vra om jou skoon te was. Jy kan Hom vra om jou met sy Gees te vul en om die skuldgevoelens en skaamte wat jou vernietig te verwyder en jou vreugde te herstel.Moenie wag nie. Moenie jou skuldgevoelens nog een dag langer dra nie. Jesus het gesterf sodat jy vergewe kan word. Vra God om jou vreugde te herstel en vir jou 'n gees te gee wat gewillig is om Hom te gehoorsaam.Dis God se Woord. Vars... vir jou... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie die Probleem Voos Dink Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 9, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan Mail1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Stres. Druk. Spertye. Rekeninge. Kinders. Verhoudings. Gesondheid. Party dae voel dit of jy die hele wêreld op jou skouers dra. En dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die vrag word net al hoe swaarder.Lê jy ook soms snags wakker en laat dieselfde probleem soos ‘n wysie, oor en oor in jou kop afspeel? Jy dink deur elke scenario, elke "wat as", en steeds … verander niks nie. Dis omdat jy niks bereik wanneer jy iets voos dink nie. Jy los nie jou probleme op nie. Dit steel net jou vrede.'n Sielkundige het hierdie proses waar jy iets toelaat om in jou te maal, met 'n wiegstoel vergelyk. Dit gee jou iets om te doen, maar dit bring jou nêrens nie. Dis presies hoe bekommernis is. Dit vreet jou energie op en steel jou vreugde, maar dit láát jou op dieselfde plek: vasgeval.So, wat is die antwoord? Hoe kom jy hierdeur?1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.Jy hoef nie die gewig van daardie konstante ‘geestelike toertjies' te dra nie. Jy hoef jouself nie geestelik uit te put deur aan te hou om, soos 'n stukkende plaat, in dieselfde sirkels om-en-om te draai nie; maar in plaas daarvan kan jy dit oorgee - alles oorgee - aan die Een wat reeds weet hoe dit gaan eindig.En hier is die verskil: wanneer jy bid en jou vrese by God los, stap vrede by die deur in. Want jy probeer nie meer om môre se probleme in jou eie kop op te los nie. Jy vertrou dié God wat môre in sy hande hou.Jesus het die swaarste vrag van almal aan die kruis gedra: jou en my sonde. As Hy dít kon dra, kan Hy dít wat jy nou ervaar, ook dra. Jou stres. Jou vrees. Jou slapelose nagte. Hou op om in sirkels te loop. Bid. Gee dit aan Hom oor. En rus.Want dié God wat jou liefhet, is nie net in staat om jou laste te dra nie - Hy wíl dit doen. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Moenie kinders se vreugde steel nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Aug 7, 2026 3:32


Paulus praat oor karakter, volharding en oor ʼn lewe wat God eer.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Screwtape laat Wen Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 5, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailFilippense 4:8  Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV) Het jy al gesien hoe vinnig 'n mens vasgevang word in al die politieke stryery, die skinderstories op sosiale media of ander mense se foute? Jy kyk na die nuusopskrifte, lees die kommentaar onderaan en skud net jou kop. Voor jy jou oë uitvee, is jou vrede by die venster uit en voel jy sommer skoon benoud.C.S. Lewis het dit perfek beskryf in sy klassieke boek, The Screwtape Letters – 'n reeks denkbeeldige briewe waarin 'n senior demoon, Screwtape, sy nefie, Wormwood, touwys maak oor hoe om mense van God af weg te trek. Hier is 'n stukkie van daardie raad wat 'n mens nogal koue rillings gee:Laat 'n persoon eers sy liefde vir sy land, of sy strewe na vrede, as deel van sy geloof sien. Laat hom dan, omdat hy kant kies, glo dat dit die heel belangrikste deel van sy ‘godsdiens' is.Lei hom dan stap vir stap tot op 'n punt waar sy godsdiens bloot 'n hulpmiddel vir sy 'saak' word. Hy gebruik dan die Christelike geloof net vir die goeie argumente wat dit bied om sy kant van die saak te ondersteun.Dis presies die duiwel se plan: hy wil hê jy moet jou oë op alles daar buite hou, sodat jy nooit fokus op dit wat hier binne-in jou eie hart aangaan nie. Die apostel Paulus gee vir ons die regte raad vir die pad vorentoe:Filippense 4:8 sê: Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV)Nouja, jy kan nie die hele wêreld beheer nie. Maar jy kan kies waarop jy jou gedagtes fokus. En wanneer jy op Christus fokus, dan heers sy vrede in jou hart. So, moenie hierdie week vir Screwtape laat wen nie. Weier om in konstante woede en frustrasie te leef. Vul eerder jou gedagtes met dit wat waar en rein is – en laat Jesus jou van binne-af nuut maak. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Moenie vir jou versekeraar lieg nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2026 0:22


Versekeringskliënte word aangemoedig om akkurate en volledige inligting te verskaf wanneer hulle dekking uitneem, met Old Mutual Namibia wat waarsku dat versuim om dit te doen, kan lei tot verminderde of verwerpte eise. Francois Smith, die maatskappy se nasionale verkoopbestuurder, sê eerlikheid is noodsaaklik om billike premies te verseker, polishouers te beskerm en vertroue in die versekeringstelsel te handhaaf.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Krag van Volharding

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 30, 2026 3:10 Transcription Available


Send us Fan MailHebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle 'n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV) Een van die moeilikste dinge om te doen, is om deur te druk wanneer jy so gedaan gesukkel is, dat jy voel jy moet handdoek ingooi. Dink mooi, wanneer was die laaste keer wat jy in die versoeking was om moed op te gee? In 1968, tydens die Olimpiese Spele in Mexikostad, het John Stephen Akhwari, 'n marathon atleet van Tanzanië, tydens deelname aan die spele, ‘n slegte val gehad en sy been beseer. Almal het verwag dat hy uit die wedloop sal wegstap, maar ure nadat die wenner verby die wenstreep was, het Akhwari strompelend die stadion binnegestap. Hy was bebloed en uitgeput, maar vasbeslote om die wedloop te voltooi. Toe hy gevra is waarom hy nie gestop het nie, het hy gesê: "My land het my nie 10 000 myl gestuur om die wedren te begin nie. Hulle het my 10 000 myl gestuur om dit klaar te maak."Dit is die krag van deursettingsvermoë. En dit is presies waarvan God hier praat:Hebreërs 10:35-36 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle 'n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. (NLV)Keer op keer word ons deur terugslae getref. Ons geloof word deeglik getoets. En tog vra God ons nie net om ‘n taak te begin nie, maar om dit met moed, met geduld en met vertroue te voltooi.Dit gaan nie daaroor om op jou tande te kners en in jou eie krag deur te druk nie. Dit gaan daaroor om vas te hou aan Christus, wat reeds die wedloop vir ons vooruit gehardloop het. Hy het die kruis verduur. Hy het die skande en die pyn verduur. En nou regeer Hy in glorie.En dieselfde krag - dieselfde opstandingskrag - wat Hom uit die dood opgewek het, is vir jou beskikbaar, hier en nou, om jou tot die einde staande te hou. Moet dus nie moed opgee nie. Jou geloof in Jesus sal beloon word. Nie omdat jy sterk genoeg is nie, maar omdat Hy getrou genoeg is. In Hom is die wenstreep verseker, en die prys is ewig.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Munisipaliteite moenie onbefondsde begrotings indien nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 29, 2026 0:21


Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê munisipaliteite moet slegs begroot vir uitgawes wat deur beskikbare inkomste gefinansier kan word. Die Nasionale Tesourie gaan die oorblywende 7,1-miljard Suid-Afrikaanse rand van die 13,5-miljard-rand in gelykberegtigings-toelaes aan plaaslike regerings wat begin Julie teruggehou is, uitbetaal. Hlabisa waarsku munisipaliteite om nie onbefondsde begrotings goed te keur nie en sê dit ondermyn finansiële volhoubaarheid en mislei gemeenskappe:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wysheid wat jou laat Uitblink

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 29, 2026 2:52 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en 'n versiering wees om jou nek. (NLV) Het jy opgemerk hoe die kleinste stukkies raad van jou ouers jou vir die res van die lewe bybly? Dit is ongelooflik hoe jy, wanneer iets dekades later gebeur, hulle amper kan hoor, asof hulle hier langs jou staan. 'n Dosent het op ‘n keer 'n groep top leiers gevra wat die grootste invloed op hulle gehad het: Was dit boeke, mentors, of opleiding? Byna almal het dieselfde gesê: "My ouers se stem in my kop." Hulle ouers se wysheid, was dikwels maar net eenvoudig; dikwels gewone stellings, wat hierdie uitstaande leiers gevorm het.Dit is presies waaroor die Boek van Spreuke in die Bybel gaan. Goddelike wysheid wat deur alledaagse stemme oorgedra is: Spreuke 1:8-9 My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en 'n versiering wees om jou nek. (NLV)Sien jy, wysheid is nie abstrak nie. Dit kom na ons toe deur die gewone mense wat God in ons lewens plaas. Ouers. Vriende. Mentors. En uiteindelik kom dit perfek na ons toe deur Jesus, wat die wysheid van God in menslike vorm is.Salomo verwys hier na 'n kroon en 'n versiering - simbole van eer en prestasie. God se wysheid druk jou nie af nie. Dit lig jou op. Dit versier jou. Dit gee jou waardigheid. Dit laat jou skitter in 'n donker wêreld.Moet dus nie die stemme van wysheid rondom jou verag nie. Moenie teregwysing versmaai nie. Moenie die mense wat God gebruik om jou te vorm, ignoreer nie. En belangrikste van alles: luister na wat Jesus sê - want ín Hom is wysheid, nie net raad nie. Dis die lewe.Wanneer jy met sy wysheid optree, sien die wêreld iets anders in jou: God se heerlikheid wat deur jou in die alledaagse weerspieël word.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie God Beperk Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 28, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailEfesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV) Het jy al ooit een van daardie oomblikke gehad waar jy iets niksbeduidend probeer het, maar waar die uitkoms jou wildste drome oortref het? Ek het beslis!Toe ek destyds in die bediening van Christianityworks begin werk het, was die bediening in hopelose finansiële omstandighede. Dit was een van daardie situasies waar mense spottend sê: "die laaste een uit, skakel die ligte af". Ek het gebid - my vriend, ek het gebid - gebede wat vir my destyds soos groot, onbereikbare gebede gelyk het. Wat destyds onmoontlik gelyk het en vir my wanhopig of radeloos gelaat het, lyk nou in retrospek totaal onbenullig of nietig. Ja, wat eens ‘n berg was, was op die ou end net ‘n stoffie in die pad. Ons bid dikwels ‘klein' gebede, of hoe? Ons vergroot ons kanse op sukses, ons mik laag, want diep binne-in is ons nie seker of God regtig gaan luister nie. Maar kyk wat Paulus, uit die tronk geskryf het:Efesiërs 3:20 Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. (NLV)Het jy dit gehoor? Baie; oneindig meer. Meer as wat jy kan vra. Ver meer as wat jy jou kan indink. Dit is nie wensdenkery nie. Dit is God se krag – sy opstandingskrag - wat deur Christus in ons werk.Beteken dit nou dat die lewe perfek gaan wees? Nee. Paulus het dit nie uit 'n strandstoel geskryf terwyl hy ystee met ‘n sambreeltjie deur ‘n strooitjie gesuig het nie. Hy was in die tronk vasgeketting. Maar selfs daar het hy geweet: God is steeds in staat om meer te doen.God gee meer genade, meer krag, meer heerlikheid deur Christus.So watter probleem jy ook al vandag in die gesig staar; moenie ‘klein' gebede bid nie. Moenie jou hoop beperk nie. Want dié God, wat Jesus uit die dood opgewek het, doen steeds meer as wat jy kan vra of jou kan indink. En Hy doen dit ín jou.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Moenie alle migrasie-inligting glo: SA regering

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 27, 2026 0:19


Die regering waarsku die publiek om nie ongetoetste inligting in verband met migrasie te vertrou of te deel nie. Hy sê vals berigte kan vrees aanwakker, verdeling skep en vertroue in staatsinstellings ondermyn. Die regering se waarnemende woordvoerder, William Baloyi, sê Suid-Afrika bestuur migrasie deur gevestigde wette, beleide en instellings, en balanseer dit met nasionale belange, openbare veiligheid en streeksverbintenisse. Hy sê die regering beskou vals inligting as ʼn bedreiging vir maatskaplike samehang:

Kosmos 94.1 Kollig
Jessica Humphrey oor haar rekordbrekende vertoning by die Statebondspele

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Jul 27, 2026 4:28


Jessica Humphrey het reeds drie nasionale rekords in net drie dae by die Statebondspele in Glasgow verbeter en skryf steeds geskiedenis vir Namibië. In hierdie eksklusiewe gesprek deel sy meer oor haar indrukwekkende prestasies, haar ervaring om op die internasionale verhoog mee te ding en waarna sy volgende uitsien. Moenie hierdie inspirerende onderhoud misloop nie.

God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Planne is Altyd Goed

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 27, 2026 2:46 Transcription Available


Send us Fan MailJeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Soms verloop die lewe nie soos jy wil hê dit moet nie. Jy beplan alles - jou loopbaan, jou gesin, jou aftree-droom - en dan, uit die bloute, gooi iets jou van koers af. Voor hy die gloeilamp uitgevind het, het Thomas Edison duisende mislukte eksperimente gehad. Joernaliste het hom gespot, Hoekom gaan  jy na soveel katastrofes aan om te probeer om die onmoontlike te doen? Sy antwoord was: Ek het nie gefaal nie. Ek het pas 10 000 maniere gevind wat nie gaan werk nie. Wat mense as mislukking beskou het ... het hy as deel van die plan gesien.Die Israeliete moes in die tyd van die Profeet Jeremia, ook moedeloos gevoel het. Hulle was ontwortel; hulle was uit hulle eie land verban; hulle het in Babilon, ver van die huis, ver van die tempel en ver van alles wat hulle voorheen sekuriteit gegee het, gewoon. Maar te midde van hulle pyn bemoedig God hulle:Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!Dit was nie as 'n opwindende ‘Instagram-meme aan Israel geskryf nie. Dit is aan 'n gebroke, vervreemde volk geskryf. Ja, en ons weet dat Israel uiteindelik na die Beloofde Land terug is en dat God se belofte waar geword het. Hy het belowe dat sy goeie planne eendag vervul sou word - planne wat in Jesus tot vervulling gekom het.Weet jy dat jy ín Hom reeds die toekoms wat God belowe het, besit? Die Ewige Lewe. Vergifnis. Hoop wat nie van jou weggeneem kan word nie. So... Moenie paniekerig wees wanneer jou eie planne misluk nie. God se plan in Christus is steeds op koers. En sy plan is altyd goed.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Krampagtig aan Môre Vashou Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 24, 2026 3:13 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV) Ons beplan vir die toekoms asof ons op een of ander manier in beheer is. Jy weet: môre se vergadering; volgende maand se doelwitte; volgende jaar se vakansie; waar ons oor vyf jaar wil wees, of wat ook al. Maar dan gebeur iets onbeplands. 'n Diagnose. 'n Telefoonoproep. 'n Krisis. Skielik is môre nie meer so seker as wat ons gedink het nie.Op 11 Maart 2011 het pendelaars in Japan net soos op enige ander dag op hulle treine geklim …. Kosblikke was gepak. Boodskappe gestuur. Afsprake gereël. Maar toe, presies om 14:46, tref 'n aardbewing van 9 op die Richterskaal die land. 9!Dit het 'n massiewe tsunami veroorsaak wat meer as 18,000 mense se dood veroorsaak het; dit het lewens, bestemmings en ewighede vir altyd verander. Nie 'n enkele persoon het daardie oggend verwag dat dit hulle laaste dag sou wees nie. Maar dis die lewe, en dis waarom hierdie spreuk ons aangryp:Spreuke 27:1: Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)Kyk, dit beteken nie dat ons nie moet beplan nie. Dit is gemik op die mens se hoogmoed dat ons ons eie lewe sonder God kan leef. God herinner ons aan die ongemaklike waarheid dat môre nie in ons hande is nie.Dit is maklik om te lewe asof ons tyd op aarde onbeperk is. Asof ons gehoorsaamheid, vergifnis, verandering of selfs oorgawe aan God kan uitstel - want “daar is altyd later tyd.” Maar later word nie gewaarborg nie.Wat ís gewaarborg? Nou. Hierdie oomblik. Hierdie asemteug.Moenie dít wat die meeste saakmaak, uitstel nie. Moenie die gesprek, die gebed of die besluit om na God terug te keer, uitstel nie. Lewe asof vandag tel - want dit tel. En wanneer jy môre in God se hande plaas, sal jy ‘n baie beter greep op vandag hê.Moenie roem op wat jy môre gaan doen nie, want jy weet nie wat tussen nou en dan gaan gebeur nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie die Geleentheid Misloop Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 23, 2026 3:17 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 55:6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. Treine wat verpas is. Oproepe wat gemis is. Kanse wat verlore is. Die meeste van ons weet hoe dit voel om net 'n klein bietjie te laat te wees; en hoe dit voel as daardie oomblik verby is. Ja, my vriend, die ou bootjie het by jou verbygevaar.In 1986 het Halley se Komeet naby genoeg aan die aarde verbybeweeg om met die blote oog gesien te word. Skares het saamgedrom. Mense het uitgekamp. Maar die meeste het dit gemis en gesê: Ag wat, miskien is ek volgende keer gelukkig.Ja, goed, maar die volgende keer sal eers in 2061 wees. 'n Oomblik het gekom … en gegaan. Vir die meeste was dit 'n kans van ‘n leeftyd, maar hulle het dit om die een of ander rede gemis. Punt. Einde van die storie.Goed, jy dink dalk nie dis die dood van Kaspaas nie. Ek stem saam. Maar sê nou jy mis jou kans van ‘n leeftyd om die koers van jou ewigheid te verander; vir altyd en altyd, ‘n lewe sonder einde? Dit sou 'n vreeslike tragedie wees. Hoe dink jy?Jesaja 55:6: Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.God kruip nie weg nie. Hy speel nie speletjies nie. Hy is hier. Nou vandag. Maar wees wakker: die profeet Jesaja gee vir ons 'n duidelike en ernstige waarskuwing: Soek Hom nou; terwyl jy nog kan.Wees realisties: bootjies vaar baie maklik verby. Oomblikke gaan verby. Seisoene gaan verby... En wanneer jou hart begin roer; wanneer iets binne-in jou weet dat dit tyd is om na God uit te reik, is dit nie toevallig nie. Dis Hy wat jou nader trek.Moenie dit sommer net afmaak nie. Moenie sê: Ek sal later daarna kyk nie. “Later” is baie dikwels te laat!Die oproep is nie ingewikkeld nie. Dis nie “maak eers jou lewe skoon” of “pluis eers alles uit” nie.Want wanneer Hy jou roep, en jy reageer nie daarop nie, is dit die resep vir ‘n rampspoedige doodloopstraat. Dis eenvoudig. Roep Hom aan. Soek vir Jesus terwyl Hy nog naby is. Die geleentheid is nou daar. Gryp dit aan!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wees wakker, maar moenie in vrees leef nie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 17, 2026 4:23


Gelowiges moet die bose se werking nie ontken of oorbeklemtoon nie, want die kruis en opstanding het reeds die beslissende woord gespreek: Jesus het oorwin.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Grense Verskuif Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 12, 2026 3:13 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 23:10,11 Moenie die ou grense van 'n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig. (NLV) Daar is 'n ou wenresep wat politici gebruik: Steun altyd die perd wat eiebelang genoem word, ou seun! Dit is 'n wyd aangehaalde, siniese waarneming oor die menslike natuur en politieke gedrag. Met ander woorde, bevredig die eiebelang van die mense en hulle sal vir jou stem. Ja my vriend, mense is selfsugtig en sal allerhande vorms van onreg en wreedheid tot hulle eie voordeel gebruik. En so verskuif ons die grense tussen reg en onreg. Tydens die sogenaamde Hoogland-verskuiwings in die 18de en 19de eeu in Skotland, het ryk grondeienaars duisende arm huurders van hul grond verwyder om plek te maak vir meer winsgewende skaapboerdery.Grense op kaarte is letterlik óór opgestel, dorpies is vernietig, en mense wat vir geslagte daar gewoon het, is in armoede, ballingskap of emigrasie van hul grond gedryf.Dit was in wese die verskuiwing van gemeenskappe en geregtigheid ter wille van wins. Die kwesbares - dikwels weduwees, weeskinders en die armes - is sonder grond of huise gelaat.Spreuke 23:10,11 Moenie die ou grense van 'n stuk grond verskuif nie. Moenie weeskinders se grond by hulle probeer afvat nie. Die Een wat hulle beskerm, is magtig. Hy sal hulle saak teen jou verdedig. (NLV) Eiebelang is 'n kragtige motiveerder vir elkeen van ons, miskien die magtigste van almal. Wie gee om wat met die ander gebeur, net solank ons gemaklik is! Wie gee om vir hulle swaarkry?In hierdie vers waarsku God ons teen gierigheid, en die uitbuiting van die kwesbares deur grense vir selfsugtige gewin te verskuif. Gierigheid wat die magteloses verplaas, korrodeer beide geregtigheid en die samelewing. En God sal sien dat sy geregtigheid uiteindelik geskied. Moenie die ou grense verskuif nie. Moenie begin om dit wat verkeerd is, reg te noem nie. Dis God se waarskuwing, en …Moenie toelaat dat grense verskuif word nie. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Weet Wanneer om Op te Hou

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 11, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel. Het jy al opgelet hoe maklik mense deur hierdie samesweringsteorie, of daardie radikale dogma, aan die neus gelei word? Kyk net om jou rond. Soveel mense word in die maalstroom van die sosiale media meegesleur en ingesuig, dat hulle nie meer hul eie opinies kan vorm en hul eie koppe kan volg nie.Stel jou voor jy ontmoet iemand wat oortuig is daarvan dat die aarde plat is, of dat vliegtuie chemikalieë spuit om mense se gedagtes te beheer. Daar sit jy hande oormekaar, ewe geduldig na hulle en luister terwyl hulle jou hulle NASA-foto's wys; hulle weergawe van basiese fisika aan jou verduidelik en selfs ‘betroubare wetenskaplikes' aanhaal.Maar weet jy, dit maak nie saak watter teenbewyse jy bring nie, jou vriend skud net sy kop en sê: "Dis dan wat hulle sê." Jou weerlegging van sy teorieë met woorde van wysheid en waarheid spoel oor hom soos water oor 'n eend se rug. Dis ‘n totale mors van tyd. Wat doen jy nou?Spreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.Dwaas klink darem baie kras. Maar soms is dit ook die regte benaming vir sulke mense. Deur die boodskappe wat ek skep, ontvang ek baie negatiewe kritiek van mense wat my allerhande name noem en my van allerhande dinge beskuldig.Dit het my aanvanklik regtig gepla, en dit het my ure lank geneem om aan elkeen te skryf en om te probeer om die lig van God se liefde in hul harte aan die brand te steek. Maar ek is jammer om te sê, nie een van hulle het getuig dat dit vir hulle behulpsaam was nie.En hoe wreed dit ook al mag klink, moet jy uiteindelik God se raad volg:Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Vita Dei Podcast
Moenie "panick" nie -- glo in God! (Joh 14:1)

Vita Dei Podcast

Play Episode Listen Later Jul 9, 2026 23:28


Vita Dei 768

God se Woord VARS vir jou Vandag
Laat Vreugde Jou Dra

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 30, 2026 2:59 Transcription Available


Send us Fan MailNehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm. Voel jy asof die laste van die lewe jou onderkry? En hoe langer jy hulle dra, hoe swaarder word hulle; hulle tap jou krag; hulle beroof jou van jou vreugde. Is dit regtig hoe jy wil leef?Mense gebruik kamele al vir byna drieduisend jaar as lasdiere. Daar is 'n rede daarvoor. 'n Kameel kan ongeveer 450 kilogram oor die woestyn dra - nie omdat hy sterk is nie, maar omdat God hom gemaak het met baie fyn ontwerpte sening-en-gewrig-skarniere wat sy bene sluit wanneer hy kniel.Die gewig van sy vrag druk dus nie direk op sy spiere nie; dit word deur sy skeletraamwerk gedra. Die kameel vou nie onder sy las soos ons sou nie - sy skelet doen die werk.Sien in jou gedagtes ‘n prentjie van die kameel met sy vrag. Kom ons dink dan aan die letterlike en figuurlike vrag waaronder die Israeliete gebuk gegaan het. Maar kyk wat God vir hulle, deur die profeet, sê:Nehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.Hy bemoedig sy volk, nadat hulle vir soveel jare in ballingskap geleef het! Terwyl die Israeliete Jerusalem herbou het, moes hulle nie slegs die sterk opposisie van hul vyande hanteer nie, maar ook swaar vragte boumateriaal aandra om die muur en hul huise, weer op te bou. Wanneer jy te midde van ontberings kragteloos voel, gaan dit nie help om op jou tande te kners en harder te probeer stoei nie. Dit gaan oor God se vreugde wat die gewig van jou probleme verskuif; in plaas daarvan dat die las jou gees verpletter, dra sy vreugde jou vrag met sy krag, nie jou eie nie.God se vreugde lig nie net jou kop op nie - dit dra jou vrag, want die vreugde van die Here is jou krag.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vreeslose Geloof

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 17, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood. Ons beleef hoe so baie mense vandag met groot ophef vir Christus verwerp. Sulke mense verwerp die idee dat daar 'n God van liefde en geregtigheid in die hemel is; hulle verwerp die ongelooflike idee dat Hy enigiets so dramaties sou doen as om sy Seun na hierdie wêreld te stuur om vir ons aan 'n kruis te sterf, sodat ons sondes vergewe kan word en om vir ons die gawe van die ewige lewe te gee.Sommige mense hou van Jesus, en hulle sal Hom nog verdra, maar dit beteken nie dat hulle Hom sal gehoorsaam nie. Vir baie mense het kulturele Christenskap 'n veilige alternatief vir Bybelse dissipelskap geword. Die waarheid word, selfs deur die kerk, herdefinieer. Gemak word vir hulle belangriker as geloof. Die waarheid van die Evangelie word aangepas om by die mense te pas.En so het sommige mense nou al geleer om beleefd vir Jesus te knik, terwyl hulle die deur in sy gesig toeklap; hulle wil sy Troos hê, nie sy kruis nie; sy Seëninge, nie sy Heerskappy nie. Ons het die nóú pad vir die wye een verruil en Hom ons oulike gelukbringer gemaak, wat by ons wêreldse standaarde inpas.Ja, ons sien dat mense skaam geword het vir die ware Jesus. Hulle weier om te glo dat Hy die Krag het om lewens te verander en dat die mens se Ewigheid in sy hande lê. Hulle het huiwerig geword om mense van Hom te vertel, want hulle besef dat hulle eie, afgewaterde geloof, alles behalwe ‘n voorbeeld van ‘n opregte gelowige weerspieël.En kyk wat het die apostel Paulus in1ste eeu n.C., geskryf in:Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.My vriend, dit is God se duidelike opdrag aan jou en my, om 'n vreeslose geloof in 'n wêreld, wat Jesus as irrelevant of dwaas bestempel, uit te leef. Moenie skaam wees om ander van Jesus te vertel nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Here Versterk Jou

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 2:52 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Was jy al op 'n punt waar jy geen hoop vir die toekoms gehad het nie? Waar jy gedink het dat jy nie gaan oorleef nie? Waar jy geen geloof in God gehad het nie? Miskien was jy al daar, of miskien het jy al iemand ontmoet wat so moedeloos gevoel het?Vilhjalmur Stefansson was 'n Arktiese ontdekkingsreisiger van Ysland. In 1913 is sy skip vasgekeer en deur pakys vernietig. Hy en sy bemanning was gestrand in een van die mees onherbergsame plekke op aarde. Hulle het hongersnood, wrede storms en totale isolasie in die gesig gestaar, maar Stefansson het met opregte en onwrikbare geloof in God se voorsiening vertrou.Hy het aangepas by die omgewing deur by die inheemse inwoners van die Arktiese streek te leer hoe om te oorleef. So het hy en ‘n handjievol van sy oorspronklike span vir jare op plaaslike hulpbronne die onmenslike koue getrotseer tot hulle uiteindelik deur die bemanning van ‘n Amerikaanse vissersboot opgelaai is. Hy het later getuig dat, toe alle menslike hoop verdwyn het, dit die sekerheid van God se teenwoordigheid en krag was, wat hom die moed gegee het, om te volhard.Ja, en ons sien hoe God, deur sy profeet, Jesaja, sy volk bemoedig het, toe hulle moedeloos was. Dit was teen die einde van sewentig jaar van ballingskap, toe alles verlore gelyk het; toe hulle nie kon sien hoe hulle ooit bevry sou word nie; toe hulle geloof in God teen die mag van die Babiloniese Ryk so kwesbaar gelyk het … Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.Wanneer elke menslike oplossing misluk, troos God se teenwoordigheid jou nie net nie - Hy gee jou die krag, die wysheid en die moed om die vrees te oorwin en om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Badenoch sê Belfast se fokus moenie ras wees nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 11, 2026 0:39


Die leier van die Konserwatiewe Party in die Verenigde Koninkryk Kemi Badenoch het kommer uitgespreek oor die rassistiese ondertone van die geweld in Belfast in Ierland. Sy sê terwyl sy erken dat as iemand aangeval word oor hulle velkleur dat dit rassisme is maar, sy sê dit is nie waar die fokus moet wees nie.

Nuus
Moenie beeldmateriaal van ongelukke deel nie - NamPol

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2026 0:29


Beeldmateriaal van 'n ongeluk by die Langstrand-afdraai op die B2-pad waarin twee mense dood is doen tans die rondtes op sosiale media. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersdepartement, kommissaris Petrus Swartz, doen 'n beroep op Namibiërs om nie beeldmateriaal van ongelukstonele te versprei nie. Hy waarsku streng daarteen en sê dat dit eerder direk met die polisie gedeel moet word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

RSG Geldsake met Moneyweb
Moenie spaar vir 'n neseier nie. Spaar sodat die geld lank genoeg hou

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 20, 2026 6:25


Morné van Vrede – beleggingspesialis, Allan Gray Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Moenie vergeet om begunstigdes vir jou lewende annuïteit te benoem nie. Dit sal 'n baie duur fout wees

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 19, 2026 7:17


HW de Jager – welvaartbestuurder, PSG Wealth Volg RSG Geldsake op Twitter

RSG Geldsake met Moneyweb
Moenie die mark teleurstel nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later May 14, 2026 7:29


Schalk Louw – welvaartbestuurder, PSG Old Oak Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Moenie wag nie, spaar só maklik

Nuus

Play Episode Listen Later May 13, 2026 0:35


Kenners waarsku dat om te wag op 'n "beter tyd" om te spaar dikwels tot finansiële stagnasie lei, aangesien vandag se behoeftes gereeld môre se planne oorskadu. Die voorstel is dat werknemers hul spaarbydraes outomaties verhoog elke keer wanneer hulle 'n salarisverhoging of lewenskoste-aanpassing ontvang. Hierdie metode beveg inflasie en verseker dat die toekomstige koopkrag van spaargeld nie krimp nie, sonder dat dit die huidige lewenstyl noemenswaardig benadeel. Monique Christiaan, die korporatiewe segment hoofbestuurder van Old Mutual.

Nuus
Cyril se hersiening van Artikel 89-verslag moenie vertraging veroorsaak nie

Nuus

Play Episode Listen Later May 12, 2026 0:13


Die DA sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die Artikel 89-verslag oor die Phala Phala-saak op hersiening te neem, moenie gebruik word om die Parlement se werk te vertraag nie. Die Konstitusionele Hof het bevind die Parlement het in Desember 2022 irrasioneel opgetree toe hy gekeer het dat die president se optrede na ʼn ampsklagkomitee verwys word. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis sê Ramaphosa moet enige hersieningsaansoek spoedig indien:

Nuus
Moenie rentekoers verhoog, smeek Cosatu

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 23, 2026 0:20


Die vakbondfederasie Cosatu het 'n beroep op die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee gedoen om nié die terugkoopkoers te verhoog wanneer hy Donderdag sy tweede rentekoersbesluit vir vanjaar neem nie. Ekonome sê vanweë die oorlog in die Midde-Ooste is dit is onwaarskynlik dat die Reserwebank die koerse sal opskuif. Die woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê werkers sukkel om met die stygende lewenskoste by te hou, met krag- en vervoerkoste wat ver bo die inflasiekoers is:

Nuus
Moenie paniek-brandstofaankope doen, vra bedrysvereniging

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 20, 2026 0:20


Die Brandstofbedryfsvereniging van Suid-Afrika se Avhapfani Tshifularo vra motoriste om normale brandstof-aankooppatrone te handhaaf te midde van wêreldwye voorsieningsonderbrekings. Hy waarsku paniekaankope kan onnodige wanbalanse in die voorsieningsketting skep, en beklemtoon motoriste moet slegs volmaak wanneer hul tenk leeg raak. Tshifularo beklemtoon rasionele gedrag is noodsaaklik om te verseker die land se brandstofvoorraad bly bestendig tydens die voortdurende internasionale krisis:

Nuus
Moenie aan wapenbeheer torring nie, sê AfriForum

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 10, 2026 0:18


AfriForum het die regering versoek om voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer te laat vaar en op korrupsie binne staatsinstellings te fokus. Die versoek volg nadat 'n voormalige polisiebeampte en verklikker, Patricia Mashale, aan 'n parlementêre ad hoc-komitee gesê het die polisie en ander staatsinstellings het vuurwapens aan misdadigers verkoop en nie vernietig nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê die regering moet ophou om wetsgehoorsame burgers te teiken en fokus op die bekamping van staatskorrupsie: