POPULARITY
Categories
ActionSA het 'n etiese klag teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, ingedien. Dis volgens die party weens sy misleidende antwoord op 'n parlementêre vraag oor die Teboho Mokoena-sage wat Bafana Bafana amper hul plek in die 2026 Wêreldbeker gekos het. FIFA het Suid-Afrika met drie punte beboet nadat Makoena, wat geskors was, in Maart toegelaat is om teen Lesotho te speel. Die woordvoerder van ActionSA's , Matthew George, sê McKenzie het die saak nie ondersoek nie, hoewel hy gesê het hy het:
Namibië se privaatsektor kredietgroei het in September versnel en gestyg tot 5,9 persent jaar-op-jaar, die vinnigste tempo sedert Maart 2020. 'n Nuwe Simonis Storm-verslag toon dat die opswaai gedryf word deur sterker korporatiewe lenings, veral in landbou, mynbou en vervaardiging, aangesien laer rentekoerse steeds sake- en huishoudelike vertroue verhoog. Die totale kredietvoorraad staan nou op 122 miljard Namibiese dollar, wat dui op bestendige ekonomiese herstel ten spyte van volgehoue kostedruk. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen het meer.
Die Nasionale Vergadering het vanmiddag eenparig die Wysigingswetsontwerp op die Begroting van 2025/2026 goedgekeur. Dit wysig die huidige Begrotingswet vir die boekjaar wat op 31 Maart 2026 eindig. Dit is deur finansminister Ericah Shafudah tydens die middeltermyn-begrotingshersiening aangebied en bevat hertoewysings van 1,2 miljard Namibiese dollar. Belangrike toewysings sluit in 814 miljoen dollar aan onderwys, 185 miljoen dollar aan gesondheid, 61 miljoen dollar vir gebeurlikheidsmaatreëls, 50 miljoen dollar elk aan die presidensie en die Rampfonds, 30 miljoen dollar aan die Verkiesingskommissie en 45 miljoen dollar aan die Nasionale Vergadering.
NamRA het 'n verdere verlenging aangekondig vir die indiening van inkomstebelastingopgawes kragtens artikel 21 van die Inkomstebelastingwet. Die nuwe sperdatum is van 31 Oktober 2025 tot 31 Maart 2026 verskuif weens stelselgereedheid. Belastingbetalers met verliese van meer as 1 miljoen Namibiese dollar uit vorige jare word daaraan herinner om die gewysigde bepalings toe te pas. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze gepraat.
Die DA het 'n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die Polisiediens en waarnemende minister Firoz Cachalia te dwing om die lank-uitstaande misdaadstatistiek vir die kwartaal tussen Januarie en Maart vry te stel. Die DA se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, sê ondanks herhaalde versoeke en beloftes is die inligting steeds nie beskikbaar nie. Sy waarsku die verdoeseling van misdaadsyfers ondermyn deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare vertroue in wetstoepassing:
Die ministerie van binnelandse sake het aangekondig dat aansoeke vir studiepermitte vir die 2026 akademiese jaar op 3 November sal open en op 20 Maart 2026 sal sluit. Alle buitelandse studente wat in Namibië studeer, of beplan om te studeer, word versoek om binne hierdie tydperk aansoek te doen. Geen verlengings sal toegestaan word nie. Kostes is vasgestel op 1 600 Namibiese dollar vir primêre en sekondêre leerders, en 2 200 dollar vir tersiêre studente. Ministeriële woordvoerder Margaret Kalo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het Eskom se aankondiging sterk veroordeel om teen Maart 2026 'n halfmiljoen slimmeters te installeer, ten spyte daarvan dat hulle slegs 278 000 in voorraad het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê dié Eskom-plan is teen-armoede, en 'n inkomstegedrewe obsessiewe beleid wat invordering bo diens, straf bo solidariteit en winste bo mense plaas:
Die Nasionale Teater van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Filmkommissie, het die terugkeer van die Namibiese Teater- en Filmtoekennings aangekondig. Dit sal op 19 Maart 2026 by die Nasionale Teater van Namibië plaasvind. Hierdie gesogte geleentheid vier die kreatiewe uitnemendheid, veerkragtigheid en kulturele impak van Namibiese teater- en film-praktisyns. NTN-woordvoerder Desiree Mentor het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die nuwe toekennings oor 20 kategorieë sal strek.
Rob de Nijs, zanger en acteur, kwam meer dan zestig jaar de huiskamer binnen met zijn rollen in jeugdserie's en zijn hits. Zijn leven zat vol ups en downs, die door de pers uitvoerig werden beschreven, maar het publiek bleef van hem houden en hij bleef optreden tot het niet meer kon. Presentator Nathan de Vries praat met De Nijs' ex-vrouw en tekstschrijver Belinda Meuldijk, collega-artiest en vriendin Willeke Alberti en radiopresentator en De Nijs-liefhebber Frits Spits.
Het ministerie van Binnenlandse Zaken werkt aan de ontwikkeling van een nieuw model stembiljet. Op dit moment is het stembiljet te groot is en daardoor lastig te lezen en te hanteren. Dit geldt voor de kiezers en de stembureauleden. De Vereniging van Nederlandse Gemeenten (VNG), de Nederlandse Vereniging voor Burgerzaken (NVVB) en de Kiesraad vragen al geruime tijd om de ontwikkeling van een nieuw stembiljet dat makkelijker en sneller te tellen is en dat eenvoudiger is in gebruik, in combinatie met hulpmiddelen zoals de stemmal voor blinde en slechtziende kiezers. Na een eerste positieve evaluatie is besloten om door te experimenteren met het nieuwe stembiljet en verder te onderzoeken hoe het nieuwe stembiljet door de kiezer wordt ontvangen. Vanuit de VNG is er een oproep gedaan aan gemeenten om deel te nemen aan het experiment met dit nieuwe stembiljet. Als de gemeenteraad met deze deelname instemt, zal het experiment plaatsvinden tijdens de gemeenteraadsverkiezing in 2026.Verloop beeldvormende bijeenkomstVerloop gespreksronde1. Per fractie neemt 1 woordvoerder deel;2. Opening door de voorzitter met inleiding;3. Presentatie door mevrouw van Dijck, adviseur Ministerie van Binnenlandse Zaken en Koninkrijksrelaties (BZK)4. Vragen n.a.v. de presentatie en gelegenheid tot het stellen van bestuurlijke vragen aan portefeuillehouder Metz;5. De voorzitter vraagt aan de woordvoerders of het raadsvoorstel:a. Voldoende besproken en besluitrijp is;b. Opnieuw dient te worden geagendeerd voor beeldvorming;c. Dient te worden geagendeerd voor oordeelsvorming;d. Dient te worden geagendeerd als hamerstuk of bespreekstuk in het Besluit;Deze uitkomst komt tot stand op basis van gewogen stemmen en wordt gezien als een advies aan de Agendacommissie.Afsluiting
01_NIEUWE_MAAN_Nr_135_maart_2025 by Stad Mechelen
In 2024 het die Namfisa 358 uit 373 verbruikersklagtes opgelos en 11,8 miljoen Namibiese dollar in uitbetalings aan 87 klaers verseker. Dit is volgens die owerheid se jaarverslag vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die nie-bank finansiële instellingssektor veerkragtigheid getoon het gedurende die oorsigtydperk.
Die Internasionale Strafhof het die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte van drie klagte van misdade teen die mensdom aangekla. Die 80-jarige Duterte word daarvan beskuldig dat hy tussen 2013 en 2018 onregstreeks aanspreeklik was vir die moorde op meer as 76 mense tydens sy sogenaamde dwelmoorlog. Hy is sedert Maart in Nederland in aanhouding. 'n Woordvoerder van die Strafhof, Fadi El Abdallah, het bewerings verwerp dat die hof met die land se huidige president, Ferdinand Marcos, saamwerk in die saak teen Duterte:
Maaike Rikhof over Coba Reitsema te zien in Frans Hals Museum tot 1 maart 2026 by Haarlem105
Die Namibiese been van die wêreldbekende King's Baton Relay vind van 25 tot 27 September in Windhoek en aan die kus plaas. Dié aflos het in Maart by Buckingham-paleis in Londen begin en eindig volgende jaar by die opening van die Statebondspele in Skotland. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee en Statebondspele, Anri Parker, het meer oor die plaaslike aflos:
Programa completo con Pepa Gea. Noticias con Óscar Plaza. El tiempo con Rosana Güiza, que además nos lleva de visita virtual al museo Thyssen-Bornemisza. Álvaro Maartínez nos cuenta la iniciativa, "Botánico en el aula". El profesor Fernando Vilches con sus madrileñismos y descubrimos quien es el proveedor de sus chistes tan malos: el doctor Miguel Botella. Revolución Senior con Ana Bedia, directora de 65ymás. Acabamos con los deportes y Aitor Gómez.
Sokker: Bafana Bafana speel vandag in Bloemfontein teen Nigerië, wetende dat 'n oorwinning regstreekse kwalifikasie vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi sal verseker - mits geen strafpunte afgetrek word nie. FIFA moet nog beslis of Suid-Afrika drie punte moet verbeur vir die insluiting van die geskorste Teboho Mokoena in die span wat Lesotho in Maart 2-0 geklop het. Bafana lei Groep C met 16 punte, met Benin tweede en Nigerië derde. Kaptein Ronwen Williams sê hulle is gefokus op die wedstryd:
Die Polisie- en Gevangenissevakbond, Popcru eis dat die regering met dringende praktiese stappe moet kom om polisie-moorde en -beserings te verminder, hetsy aan of van diens. Popcru-woordvoerder Richard Mamabolo sê tussen April verlede jaar en Maart vanjaar is 27 polisiebeamptes regoor die land vermoor. Hy sê Popcru eis 'n dringende praktiese transformasie van polisiëringsomstandighede in Suid-Afrika:
Wat het gebeur met ruimte tegnologie sedert Maart?Waar staan SpaceX, RocketLab, Blue Origin en NASA?00:00; SpaceX19:52; RocketLab23:40; Blue Origin26:21; NASA bevondsing probleme
Kredietverlening in die private sektor het met 5,7 persent in Junie 2025 gegroei, teenoor 4,1 persent in Mei 2025. Volgens FNB Namibië se jongste data is dit die sterkste groeikoers sedert Maart 2020 en is aansienlik hoër as die 1,8 persent wat in Junie 2024 aangeteken is. Ndateelela Amukuhu, 'n ontleder by die bank, skryf hierdie groeikoers toe aan verhoogde korporatiewe lenings.
Olimpiese Spele: Die reëlingskomitee vir volgende jaar se Milaan-Cortina Olimpiese en Paralimpiese Winterspele in Italië sê voorbereidings vorder goed en tydig. Die Olimpiese openingseremonie is op 6 Februarie, en die Paralimpiese Spele open op 6 Maart. Die Spele maak gebruik van 'n magdom bestaande persele om kostes te bespaar. Die komitee se uitvoerende hoof, Andrea Varnier, sê net soos met enige ingewikkelde wêreldgeleentheid is uitdagings deel van die proses, maar hulle beweeg vol vertroue voort:
Het is 50.000 jaar geleden. Seddi staat trots voor haar grote tekening van een wrattenzwijn, diep in een grot op Sulawesi. Zal het zwijn haar volk helpen te overleven? Wilde Eeuwen, het Begin. Iedere vrijdag een nieuwe aflevering. Meer informatie: nrc.nl/hetbeginHeeft u vragen, suggesties of ideeën over onze journalistiek? Mail dan naar onze ombudsman via ombudsman@nrc.nl.Tekst en presentatie: Hendrik SpieringRedactie en regie: Mirjam van ZuidamMuziek, montage en mixage: Rufus van BaardwijkBeeld: Jeen BertingVormgeving: Yannick MortierVoor deze aflevering is onder meer gebruikt gemaakt van deze literatuur: Maxime Aubert e.a. ‘Narrative cave art in Indonesia by 51,200 years ago' in Nature, op 25 juli 2024. Rikai Sawafuji e.a. ‘East and Southeast Asian hominin dispersal and evolution: A review' in Quaternary Science Reviews,Volume 333, op 1 Juni 2024. April Nowell ‘Oral Storytelling and Knowledge Transmission in Upper Paleolithic Children and Adolescents' in Journal of Archaeological Method and Theory, in Maart 2023. Adam Brumm e.a. ‘Oldest cave art found in Sulawesi' in Science Advances, op 15 januari 2021. Chris Stringer e.a. ‘Did the Denisovans Cross Wallace's Line?', in Science, op 18 oktober 2013. Michael Witzel 'The origins of the world's mythologies', bij Oxford University Press, in 2012.Sally Mcbrearty e.a. ‘The revolution that wasn't: a new interpretation of the origin of modern human behavior' in Journal of Human Evolution, in november 2000.Zie ook ‘Het oudste verhaal ter wereld werd 50.000 jaar geleden getekend in een grot op het eiland Sulawesi', in NRC op 16 november.In deze aflevering komt muziek voor van de volgende artiesten:Fralalai, Frodi Fransman, Hidde Meenhorst, Arno Adelaars, Imre Peemot.Zie het privacybeleid op https://art19.com/privacy en de privacyverklaring van Californië op https://art19.com/privacy#do-not-sell-my-info.
Die Khomas-goewerneur Sam Nujoma, wat by sy aanstelling in Maart 5 000 nuwe huise vir die streek in sy eerste jaar beloof het, het sy streeksrede vandag gelewer. Tot dusver is 11 huise voltooi met nog wat beplan word. Nujoma het die syfers en die kostes daarvan.
Statistieke Suid-Afrika het tussen Januarie en Maart vanjaar 'n daling van 74 000 werksgeleenthede in die formele sektor aangeteken, wat die totale indiensnemingsyfer op net meer as tien-miljoen te staan bring. Die grootste verliese was in handel en gemeenskapsdienste, met vervaardiging en konstruksie wat 'n klein wins getoon het. Matlapane Masupye van Statistieke SA sê voltydse werksgeleenthede het met 55 000 gedaal, deeltydse poste met 19 000 en die algehele verdienste het met meer as 47-miljard Suid-Afrikaanse rand gedaal:
Naspers en Prosus het vandag winssyfers vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak. Die omset is 20% hoër, en die wesensverdienste bykans 50% hoër. Nico Marais, finansiële hoof van Naspers, verduidelik die groep se finansiële prestasie. Volg RSG Geldsake op Twitter
Meer inligting is bekend oor die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, se kwartaallikse statistiekbulletin vir die tydperk Januarie tot Maart 2025. Die bulletin bied 'n omvattende oorsig van sleutelaanwysers binne die telekommunikasie-, kuberveiligheid-, uitsaai- en possektore. Kosmos 94.1 Nuus het by Mufaro Nesongano, die segsman by Cran aangeklop vir ‘n oorsig van die verslag. Die toename in kuberaanvalle is skrikwekkend.
MultiChoice het gister sy jaarlikse finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak, met 'n omset wat 9% laer is. Die uitvoerende hoof, Tim Jacobs, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in April met 6,3-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die grootste dalings is aangeteken in die voedsel- en dranksektor, motorvoertuie, en staal- en metaalprodukte. Produksie het egter van Maart tot April effens gestyg met 1,9-persent. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê produksie en verkope het die afgelope drie maande afgeneem, wat toon dat daar voortdurende uitdagings in die sektor is:
Hier is 'n interessante boerdery-opsie in 'n warm, droë klimaat – hoe lyk dit met Kamanjab kameelmelk? Dit is presies waarmee Hans Knoesen van die plaas Koppieskraal duskant Askham in die Kalahari boer. Knoesen het Camel Milk South Africa in Maart 2015 gevestig. Dit was droogte en hy het opsies oorweeg vir sy kameelkudde wat al van sy oupa se tyd af aankom. Hy het 'n vleismark gesoek, maar toe gehoor mense drink die melk, wat glo baie gesond is. Knoesen vertel self:
Alexforbes het vandag sy winssyfers vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak, en die wesensverdienste was 17% hoër. Die uitvoerende hoof, Dawie de Villiers, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
Ninety One het vandag sy finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart bekend gemaak. Die wesensverdienste per aandeel is ongeveer 7% hoër, en die totale bates onder bestuur het met 4% gestyg. Die uitvoerende hoof, Hendrik du Toit, bespreek die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
In de podcast Wat Blijft een aflevering over schrijver, dichter, wetenschapper en staatsman Goethe, één van de belangrijkste filosofen van Duitsland. Zijn bekendste boeken zijn Faust en Die Leiden des jungen Werthers. Journalist Maarten Dallinga onderzoekt wat het werk van Goethe nu nog kan betekenen. Hoe kan Goethe helpen ons te verhouden tot de onrust en onzekerheid in de wereld? In Wat Blijft praat hij met: *de Vlaamse schrijver Tom Lanoye. Hij bewerkte Goethe's klassieker Faust tot toneelstuk OustFaust voor Het Nationale Theater. *dichteres Iduna Paalman, die zich verdiepte in ‘Werther' van Goethe en hier een essay over schreef voor De Groene Amsterdammer. *priester en filosoof Victor Bulthuis, die de liefdesgedichten van Goethe vertaalde Wat blijft is een podcast van HUMAN en NPO Radio 1 over de nalatenschap van overleden mensen en hun betekenis. In deze serie veel aandacht voor iconische ‘grote geesten': denkers en filosofen. De podcast staat zondags om 21 uur online en is 's nachts om één uur te beluisteren in Wat Blijft Radio op NPO Radio 1.
Volgens die jongste verslag deur Simonis Storm is die hoogste maandelikse besettingskoers sover vanjaar in April aangeteken op 54,94 persent. Dit is 24,1 persent hoër as in Maart, en effe hoër as die 54,73 persent van April 2019. Dit het verwagtinge laat ontstaan dat die piek-toerismeseisoen in die Namibiese winter beduidende besettingverhogings sal meebring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat versigtig optimisties is.
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, het eers op 28 April afgeskop. Net meer as 11 000 huishoudings is gekies vir die opname. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Shitenga, die agentskap se bestuurder van maatskaplike statistieke, wat 'n opdatering gee.
Aktivis Michael Amushelelo beskuldig die uitgaande Sentrale Verkrygingsraad van Namibië daarvan dat hulle op 2 April 2025, net ná hul termyn op 30 Maart geëindig het, tenders van 6 miljard Namibiese dollar aan sogenaamde “proxy”-maatskappye toegeken het. Die tenders, vir die verskaffing van kos aan koshuisleerlinge, is goedgekeur onder die vaandel van Amon Ngavetene, wat glo ook 'n ongeadverteerde tender van 451 miljoen dollar aan Fabupharm toegeken het – na bewering gekoppel aan Johannes !Gawaxab. Amushelelo doen ‘n beroep president Netumbo Nandi-Ndaitwah om op te tree en noem tenders 'n "gesofistikeerde vorm van diefstal". Hy eis dat die tenders gekanselleer word en dat die staat self hierdie dienste aan skole lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels.
As deel van die verskerpte straatligveldtog het die Stad Kaapstad se energiespanne tussen 26 Maart en 25 April vanjaar meer as 10 000 straatligte reggemaak. Die veldtog is verlede jaar bekendgestel. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê vandalisme, diefstal en onwettige verbindings reg oor die metro beïnvloed hersteltyd omdat beskadigde infrastruktuur dikwels heeltemal vervang moet word:
President Donald Trump sê die VSA gaan die bomaanvalle teen die Iran-gesteunde Houthi-rebellegroep in Jemen staak. Dit is nadat die groep ingestem het om op te hou om skepe in die Rooi See te teiken. Die VSA het in Maart lugaanvalle op die Houthi's verskerp, met die weermag wat verklaar het dat hulle sedertdien duisend teikens in Jemen aangeval het. Oman sê hy het 'n wapenstilstandooreenkoms tussen die Houthi's en die VSA bemiddel. Trump sê dit is 'n belangrike ontwikkeling:
Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, beleggingsontleder by die Sisedi Beleggingsgroep gesels. Hy gee huishoudings raad oor hoe om die druk te hanteer.
Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Cirrus sê die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het. Die makelaarsfirma sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom, Almandro Jansen gepraat oor die vooruitsigte vir sakesektor en huishoudings.
Die Noorweër Casper Ruud het die Madrid Ope gewen - sy eerste ATP Meesters-1 000-titel. Die 26-jarige Ruud het 'n opdraande stryd gehad om die Brit Jack Draper te klop en daarmee sy grootste titel ooit in te palm. 'n Oorwinning vir Draper sou vir hom sy tweede Meesters-1 000 titel besorg het ná die Indian Wells in Maart. Ruud skuif nou na die sewende plek op die rangleer. Hy sê dit was 'n ongelooflike gevoel om een van sy doelwitte te bereik:
Die verbypad by die brug net suid van Windhoek op die B1 wat op 20 Maart ingegee het tydens oorstromings, is Dinsdag deur vervoerminister Veikko Nekundi amptelik geopen. PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement Nekundi gevra oor die veiligheid van die verbypad, asook vir 'n opdatering van werk aan die brug. Nekundi het so geantwoord.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van 'n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in 'n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne is dood sedert die skietstaking in Maart ineengestort het. Guterres het sy oproepe herhaal vir 'n onmiddellike en blywende wapenstilstand, die onvoorwaardelike vrylating van alle gyselaars en volle humanitêre toegang:
Scriptura voer 'n tweede onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die uittrede van 10 NG kerke uit die Algemene Sinode (ASM) as gevolg van afwykings van die Skrif. Die NG Kerk Namibië verwerp die waninterpretasie van die skrif, onbybelse kerkorde, homoseksualiteit, homoseksuele huwelike, humanistiese invloed en die "woke" beweging wat al vanaf 2002 die sinode besluite onbybels beinvloed het. Teologiese opleiding wat ook afwyk van die gereformeerde leer vir die afgelope 30 jaar, is nou ook onder die vergrootglas.
Die verbypad by die brug wat net suid van die Aris-weegbrug op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth ingegee het, is voltooi, voor skedule. Die brug het op 20 Maart ingegee na swaar reën en ‘n eenbaan verbypad is inderhaas gebou. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, woordvoerder by die Paaie-owerheid gesels.
Rugby: Die Springbok-heelagter Willie le Roux en flank, Marco van Staden, is terug in die Bulle-groep wat vanaand die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, in die Verenigde Rugbykampioenskap in Skotland takel. Le Roux, wat in Maart ʼn operasie ondergaan het, is op die bank terwyl Van Staden op nommer agt begin nadat hy verlede naweek se wedstryd teen Munster misgeloop het. Suid-Afrika se Onder-20-slot, Jacobus Grobbelaar, is gereed om sy debuut van die bank te maak. Die Bulle is derde op die VRK-punteleer, en vier punte agter Glasgow wat tweede is. Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, het meer.
Die verkragting en moord van die vyf-jarige Ingrid Maasdorp van Okahandja, wat op 20 Maart as vermis aangegee is, bly onopgelos en lok steeds reaksie uit. Kashivi Kashingungu, ‘n Namibiër wat woonagtig is in Finland, het ‘n aanlynpetisie van stapel gestuur. Justice for Ingrid Maasdorp het reeds 9 000 handtekeninge en Kosmos 94.1 Nuus het met Kashingungu gepraat.
Die Okahandja-munisipaliteit keer vir ‘n betoging wat vir 29 April beplan was. Inwoners soek geregtigheid vir die vyf-jarige Ingrid Maasdorp wat op 20 Maart vermis geraak het en verkrag en vermoor gevind is. Inwoners en aktiviste is woedend en die dorp se burgemeester Beatrice Kotungondo het uitgereik na die nasionale uitsaaier om hulle standpunt te verduidelik. Dit handel blykbaar oor die ekspo wat binnekort begin.
Die nuwe Khomas-goewerneur, Sam Shafiishuna Nujoma, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die haweloses wat in Maart 2020 by die stadions in Khomasdal en Katutura gevestig is. Sedertdien het getalle toegeneem en meer en meer mense het daar ingetrek, insluitend lede van die verre noordweste se Himba-stamme. Na Nujoma en die adjunk-lynminister Dino Ballotti die stadions besoek het, sal die mense hervestig word. Nujoma verduidelik.
francesco farioli / marjolein faber / mona keijzer / zacht lenteweer / cokeprijs
Linda Nooitmeer was acht jaar lang bestuursvoorzitter van NiNsee, het Nationaal Instituut Nederlands Slavernijverleden en Erfenis. 1 Maart van dit jaar nam ze afscheid. In het dagelijks leven is ze werkzaam als bedrijfseconoom. Daarnaast heeft Nooitmeer verschillende politieke rollen vervuld, onder andere als gemeenteraadslid en voorzitter van de vrouwencommissie van het Surinaams Inspraak Orgaan. Tijdens haar voorzitterschap werden excuses gemaakt door de premier en koning Willem-Alexander en hebben verschillende steden en banken onderzoek laten doen naar hun eigen slavernijverleden. Femke van der Laan gaat met Linda Nooitmeer in gesprek.