Podcasts about Jy

  • 375PODCASTS
  • 1,724EPISODES
  • 23mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Nov 30, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024

Categories



Best podcasts about Jy

Show all podcasts related to jy

Latest podcast episodes about Jy

HRCO Potgooi Preke
Moenie Mense Ghost oor Een Slegte Dag Nie

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 46:33


(Een flop maak nie 'n villain nie – Cancel of genade?)Jy ken my nie, jy ken net daai een oomblikOns leef in 'n wêreld van screenshots, snippets en stories.Iemand sê één ding verkeerd in 'n WhatsApp-groep, maak één fout by die werk, laat jou één keer sleg voel – en skielik het jy 'n “final opinion” oor daardie persoonNotas:

The Clydesdale, Fitness & Friends
Lunch with the Clydesdale - It's Black Friday!

The Clydesdale, Fitness & Friends

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 43:38 Transcription Available


Presenting Sponsor Thirdzy!  https://thirdzy.com/JAZZYPromotion Code for 15% off: JAZZYEvery day we take a break from the busy work day to take a breath, hang out with friends and talk about the world of Sports, Entertainment and specifically CrossFit.  Today is Black Friday we talk about the WFP Fiasco of releasing events, What's wild is that isn't even the biggest screw up of the week, More thoughts on JY's Mountain, and what a day of Football.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dis Alles Beplan

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 28, 2025 2:37 Transcription Available


Send us a textJesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. Het jy al ooit in die spieël gekyk en gedink: Wel, as ek myself gemaak het, sou ek dit anders gedoen het? En nou praat ons nie net van jou voorkoms nie, maar ook jou persoonlikheid, jou familie, jou lyding langs die pad, jou huidige situasie...Wat sou jy verander het as jy God se krag gehad het?Ons hoef nie te lank na die antwoord te soek nie, want ons het almal dinge wat ons wens God anders sou gedoen het toe Hy ons geskape het en toe Hy ons lewensplan geskryf het.Wil jy my sê ons het die reg om nie met God saam te stem nie? Om sy keuses te bevraagteken en te wens dat Hy dinge net 'n bietjie beter sou gedoen het? Kyk wat die profeet se gevolgtrekking is:Jesaja 64:8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande.Daardie vers is 'n nederige erkenning dat God inderdaad die reg het om ons lewens te vorm, en dat ons aan Hom behoort. Die persoon wat jy geword het en die lewe wat jy geleef het, was nie net die gevolg van 'n lukrake mog-het-troffe poging nie. Alles omtrent jou is liefdevol, versigtig en met 'n beplande doel deur God gevorm; net soos 'n kunstenaar klei op die pottebakkerswiel in iets unieks en kosbaar kan vorm. En jy is deur God aanmekaar geweef – jou gawes, jou omstandighede, jou lyding, jou lewensdoel, jou reis en jou bestemming. Jy is sy handewerk. Bewaar hierdie waarheid in jou hart, wantDis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Jou Tweede Kans Weggooi Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 27, 2025 3:01 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Stel jou vir 'n oomblik voor dat iemand 'n orgaan in ‘n oorplanting ontvang wat hul lewe red. Wonderlik. Maar dan, ná die operasie, gaan hulle voort met dieselfde leefstyl wat veroorsaak het dat hul eie orgaan in die eerste plek ingegee het. Nie baie slim nie, of hoe?Wel, is alle mense op hierdie aarde slim? George Best was 'n bekende Ierse sokkerspeler wat in 2002 'n leweroorplanting ondergaan het as gevolg van ernstige lewerskade wat deur alkoholmisbruik veroorsaak is.Tog, ten spyte van hierdie tweede kans, het hy kort daarna weer begin drink en hy is net drie jaar later as gevolg van veelvuldige komplikasies, tragies oorlede.Jy hoef nie te lank te bespiegel oor sy dood om tot die gevolgtrekking te kom dat sy voortgesette alkoholmisbruik absoluut onnosel was nie. En tog wonder ek of ons nie ook soms dieselfde doen nie.1 Petrus 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Jesus het doelbewus sy lewe opgeoffer om ons van ons sonde te genees. Hy het ons skuld uit die weggeruim; dit beteken dat, omdat Jesus vir ons gely het, ons nie self vir ons sonde gaan betaal nie; en daarom kan ons in gehoorsaamheid aan die wil van God lewe.Waarom sal ons, nadat ons een keer gered is en 'n tweede kans op die lewe gegee is, na die sonde wil terugkeer? Wil ons regtig soos George Best wees en Russiese roulette met ons ewigheid speel?Charles Spurgeon het gesê: Sonde het ons Verlosser doodgemaak; hoe kan ons op vriendelike voet daarmee leef?Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Regte Tyd Sal Aanbreek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 26, 2025 3:10 Transcription Available


Send us a textHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Daar is tye in ons lewens wanneer iets werklik belangriks aan ‘n draadjie hang – 'n kritieke gesondheidsprobleem, 'n huwelik, 'n finansiële krisis, wat dit ook al mag wees. En dit is in daardie tye wat die meeste mense sal bid. Dit is in daardie tye dat mense na God sal uitroep.Ek het 'n goeie vriend wat met 'n slim, suksesvolle vrou getroud is. Trouens, hulle het albei soveel in hul lewens bereik ... en hulle is steeds baie gelukkig en suksesvol. Toe hulle jonk was, wou hulle baie graag kinders hê, maar sy kon nie swanger raak nie. Hulle het gebid en gebid en gebid ... en tog het dit gelyk of God hulle óf nie hoor nie, óf nie omgee nie.Al die jare het hulle kinderloos gebly maar hulle het tot 'n diep en nederige aanvaarding gekom, dat om kinders hê – om watter rede ookal – eenvoudig nie deel van God se plan vir hul lewens was nie.God het vir sy volk, Israel, in 'n ongelooflik moeilike tyd in hul geskiedenis, gesê:Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Hier is die wrede waarheid van die saak: God verhoor nie altyd ons gebede op die manier waarop ons gehoop het nie, en beslis nie altyd op die tydstip wanneer ons daarvoor gevra het nie. Soms gebeur slegte dinge met goeie mense. Sy planne is nie altyd ons planne nie. Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit. Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo. (Rom. 8:28 DB)Wat jy ook al nou deurmaak, daar sal 'n tyd kom wanneer jou trane sal val, nie as gevolg van jou probleme nie, maar omdat God jou gebede verhoor het op 'n manier wat net Hy kon. Daardie tyd sal kom; dit sal nie te laat wees nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfkennis is die Sleutel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 2:59 Transcription Available


Send us a textPsalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè?Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die rede is waarom ons op ‘n sekere manier optree.Ongelukkig ontwikkel baie mense nooit eintlik ‘n hoë vlak van selfkennis nie. Hulle is nie bereid om onwrikbaar eerlik met hulself te wees oor die onaanvaarbare dinge wat in hul harte aangaan en wat hulle dryf om so op te tree nie.Het jy die laaste keer toe jy 'n moeilike afspraak met iemand moes nakom, jouself vooraf kardinale vrae afgevra: Wat voel ek? Watter vooropgestelde idees dryf my? In watter bui is ek? Jy kan dink dat daardie dinge 'n vergadering en 'n verhouding kan maak of breek. En dít is selfs voordat ons onsself vra oor wat die ander persoon se situasie is; wat hy dalk voel; watter seer hy dalk besig is om te verwerk.Ja, my vriend, ons het almal blinde kolle. Ons is nie in staat om ons eie motiewe en bedoelings te beoordeel nie en dikwels wíl ons dit nie eers oorweeg om eerlik met onsself te wees nie.Dis waarom ons hulp nodig het. En dit is wat Dawid, die koning van Israel, gemotiveer het om hierdie gebed te bid:Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!As jy vermoed dat jou motiewe dalk nie heeltemal suiwer is nie, vra God vir sy hulp om dit uit te sorteer. Hy sal ‘n hemelsbreë verskil maak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oordenking 24 November 2025

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later Nov 24, 2025 4:18


Jy is 'n kind van God. Roep ABBA!

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Goeie Leier se Profiel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 23, 2025 2:36 Transcription Available


Send us a textNehemia 1:6-7; 4:6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.… Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk. Daar is niks erger as 'n giftige, selfgesentreerde leier nie, want die mag van sy posisie vergroot sy toksisiteit; dit veroorsaak skade; dit saai verwoesting en maak mense wyd en syd seer.Jy hoef nie 'n president, eerste minister, miljardêr of media-magnaat te wees om 'n leier te wees nie. Ons is almal in 'n sekere sin leiers; as ouers, of as mense wat verantwoordelikhede in die werkplek het.Vir my is die kenmerk van 'n ware leier die volgende: hulle aanvaar blaam en deel lof. Hulle is die persone wat wanneer dinge verkeerd loop, verantwoordelikheid daarvoor sal neem en wanneer dinge reg loop, sal hulle krediet gee waar krediet toekom.God het vir Nehemia die ontsaglike verantwoordelikheid gegee om die verwoeste muur rondom Jerusalem te herbou. Dit was 'n reuse-taak. Hy het begin deur sy aandeel aan die skuld te aanvaar:Nehemia 1:6-7 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het.En toe die muur gebou was, het hy as leier, die arbeiders erkenning gegee vir hul harde werk:Nehemia 4:6 Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.Dis hoe goddelike leierskap lyk – aanvaar verantwoordelikheid vir die foute en gee erkenning aan die harde werk van ander.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Indien Nie Jy Nie, Wie Dan?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 22, 2025 2:33 Transcription Available


Send us a textMattheus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Nie een van ons hou daarvan om tyd saam met moeilike, onbeskofte en ‘toksiese' mense deur te bring nie. Tog voel dit party dae asof ons deur hulle omring word. En ons wil uitroep: Help! Ek moet wegkom van hulle. Jy ken daardie gevoel, nè?Nou ja, daar is mense van wie jy moet wegkom om jouself te beskerm. Soos situasies wanneer jy jouself in 'n vernietigende verhouding bevind, byvoorbeeld: 'n narsistiese baas, of as jy ‘n mishandelende huweliksmaat het. Afgesien van daardie tipe uiterstes, is dit alte maklik om mense te vermy, bloot omdat jy nie van hulle hou nie; of omdat jy vind dat wat hulle glo, sê of doen, vir jou aanstootlik is. Goed, maar as jy, wat vir Jesus aanbid, hulle vermy; hoe sal hulle ooit die vreugde en die vryheid van goddelike goedheid ontdek?By een geleentheid het Jesus besluit om saam met 'n klomp sondaars: tollenaars, diewe, afpersers aandete te eet.Matteus 9:11-13 Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”Jesus se ete saam met daardie sondaars was nie 'n geval van uittarting van die ‘godsdientiges' nie. Dit was 'n daad van radikale, onverdiende genade. Wie is die sondaars in jou lewe wat daardie soort genade nodig het? En as jy nie hierdie liefde en genade aan hulle gaan bewys nie … wie sal dan?Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Spring In: Slaan jou Hand Aan Die Ploeg

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 21, 2025 2:59 Transcription Available


Send us a textMatteus 23:27-28 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.” Sommige mense staan jou beslis nie aan nie. Die oomblik wanneer jy hulle ontmoet, kom jy tot die gevolgtrekking dat jy die res van jou lewe baie gelukkig sonder hulle sal kan deurbring. Hul lewens is deurmekaar. Hul houdings is toksies. Die maklikste ding om te doen, is om van hulle af weg te bly.Nicky Cruz se ouers was in heksery betrokke en hulle het hom fisies en geestelik mishandel. Hy het in sy tienerjare sy ouerhuis verlaat en 'n gewelddadige bendeleier van die gevreesde Mau Maus in New York geword. Toe David Wilkerson, ‘n prediker met die roeping om met bendes en verslaafdes te werk, vir Nicky gesê het dat Jesus hom liefhet, het Cruz hom geslaan en gedreig; maar Wilkerson het met onwrikbare liefde telkens na hom teruggegaan.Uiteindelik was Cruz so diep geraak deur die boodskap van Christus se liefde dat hy sy lewe aan Jesus gegee het en 'n evangelis geword het wat baie mense met die Evangelie bereik het. Dit is die krag van volgehoue Christelike liefde en God se genade om selfs die mees gebroke lewens te transformeer.Jy het 'n keuse om daardie mense, wat jy eerder sou wou vermy, te ignoreer, of lief te hê. Wat sal dit wees?Jesus het gekies om saam met sondaars te eet, om met hulle te kommunikeer, om hulle lief te hê. Dit het baie kritiek ontlok van die Fariseërs, die godsdienstige leiers van die tyd; die godsdienstige ‘hoogheiliges' wat hulle eerder in hul eie elite kringe teruggetrek het. Jesus het hulle aangespreek:Matteus 23:27-28 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
Wanneer God nie SIN maak nie?

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Nov 16, 2025 35:53


Het jy al gevoel: “Here… waar is U? Hoekom lyk dit of U ander antwoord en ek hoor net stilte?”Jy is nie alleen nie. ✨Hierdie Sondag bestudeer ons een van die mees eerlike en bemoedigende stories in die evangelies:Johannes die Doper – God se gunsteling – in die tronk… en Jesus bly stil.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Byt Vas!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 15, 2025 2:46 Transcription Available


Send us a textJakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Ons word omring deur soveel talentvolle mense, nè? Mense wat dinge kan doen wat ons nooit sal kan doen nie; mense wat hoogtes bereik wat ons nooit sal bereik nie; mense wat so perfek lyk, dat dit jou asem wegslaan.Kyk, baie van daardie talent is op een of ander manier deel van hulle; dit spruit uit hul DNS. Ek dink nou aan my vriendin Lorraine, wat ‘n wonderlik begaafde violis is en my ou vriend Laurrie, wat deur sy bediening met liefde en sagmoedigheid ander help om genesing te vind. Daardie mense is in staat tot dinge waartoe ek nooit in staat sal wees nie.En dan ... dan is daar die hele kwessie van versoeking. Jy weet waarvan ek praat, nè? Daardie ander mense lyk almal so voorspoedig en in beheer van alles, terwyl ons ons swakhede ken; ons ons mislukkings sien; ja, ons weet wanneer ons in versoeking gestruikel het en in sonde geval het. Waarom kan ons nie soos hulle wees nie, vra ons onsself af.Maar daar was ook tye toe jy versoeking verduur het; tye toe jy uit 'n diep kennis van die liefde van God vir jou, versoeking weerstaan het; standvastig gebly het ... omdat jy geweet het wat Jesus vir jou gedoen het.Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.Die dilemma met versoeking is dat wanneer dit oor jou pad kom, dit baie lekkerder voel om daaraan toe te gee, as om dit te weerstaan. Maar, my vriend, hier is die waarheid. Jy hoef nie ‘n wonderlike talent van een of ander aard te hê nie, solank jy  standvastig kan bly wanneer jy nie lus het nie, om die kroon van die lewe te ontvang wat die Here belowe het. Staan vas!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Taaltoffie
Ruben Namibië en sy dierefamilie kry hul eie storieboek

Taaltoffie

Play Episode Listen Later Nov 15, 2025 14:42


“Jy moet jou in die skoene van ʼn kind plaas en probeer om soos hulle te dink. Dit het tien jaar as joernalis gevat om my voor te berei vir die skryf van ʼn kinderboek.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

dit jy namibi maroela media
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Goeie Nuus

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 2:42 Transcription Available


Send us a text1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf!Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jouself al vergewe? Of beroof die gevolge van jou dade jou steeds van jou vrede en vreugde, en hang dit soos 'n donker wolk oor jou toekoms?Watter fout uit jou verlede bly by jou spook? Terwyl jy die las daarvan voel; miskien die pyn weer ervaar; kom ons kyk wat staan in:1 Johannes 1:9  Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.Wat beteken dit om jou sondes aan God te bely? Dit beteken om hulle een vir een op te noem; om verantwoordelikheid vir hulle te neem en om eerlik met jouself en met God daaroor te wees, eerder as om hulle, met die hoop dat hulle sal weggaan, te ignoreer.En wanneer jy dit doen, sal God jou vergewe. Jy kan Hom absoluut vertrou om dit te doen, want Jesus het gesterf om vir jou sondes te betaal. En Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.Nou sal jy, met jou lei heeltemal skoongevee, kan voortgaan met dié lewe wat Hy nog altyd vir jou begeer het. Dis die rede waarom Jesus weer uit die graf opgestaan het: om jou die oorwinning oor sonde en dood te gee; om jou 'n nuwe lewe te laat lei; vir ewig, in sy teenwoordigheid. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe die Terugval Begin

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 2:47 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 2:2-3 L Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is. Byna al die goeie dinge wat jy jou voorneem om te doen, behels dat jy skouer aan die wiel moet sit en dit doen. Dit begin as 'n goeie idee, maar na ‘n ruk word die versoeking om jou voet van die pedaal af te haal; stadiger te ry; en stil te hou, te groot. En so ... begin die terugval.Entropie is 'n beginsel in fisika wat basies sê dat in enige stelsel orde in chaos verander; organisasie in anargie, en dit lei uiteindelik tot ineenstorting en verval.Dink aan 'n eier. Jy breek dit in 'n bak en dit is georden - 'n eiergeel omring deur die eierwit. Maar wanneer jy dit met 'n vurk roer word dit deurmekaar. Jy kan nie nou weer die eier skei nie.Die enigste ding wat orde bring, is lewe. Hoe word 'n eier gevorm? Dit word deur 'n lewendige hoender gelê. Trouens, lewe is die enigste ding wat orde uit chaos kan bring. Dieselfde geld vir ons goeie bedoelings. Hulle het lewe nodig om hulle te baar, te onderhou en te help groei. En dis waar God – die Outeur van die lewe – inkom. Die Apostel Petrus skryf in sy eerste brief:1 Petrus 2:2-3 Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is.Wanneer ons goeie bedoelings nie uitwerk nie; wanneer ons begin terugval, soos met ons almal gebeur, het ons daardie suiwer geestelike melk, die Woord van God, nodig sodat ons kan groei tot ons geestelik weer groot en sterk word as mense wat aan God behoort.Charles Spurgeon het eens gesê dat terugval begin met 'n stowwerige Bybel. Ek stem heelhartig saam.Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie die Spoor Byster Raak Nie!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 2:43 Transcription Available


Send us a textMatteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Stel jou vir 'n oomblik voor dat jy honger ly. Sê nou, jy het weke laas geëet. Jy is besig om dood te gaan, jou liggaam wil nie meer reg funksioneer nie. Die lyding is onuitspreeklik. So, wat sal jy doen om kos in jou maag te kry? Instinktief is die antwoord dat ons omtrent enigiets sal doen om kos te kry. Toe Jesus veertig dae en veertig nagte sonder kos in die woestyn was, het die duiwel gekom en Hom versoek om sy lyding in sy eie krag te beëindig. Die duiwel, sê selfs vir Jesus: Jy is die Seun van God. Jy kan dit doen, man!As jy onder dieselfde druk sou verkeer, en die mag sou gehad het om klippe in brood te verander, sou jy die duiwel self gehoorsaam het? Hoekom nie? Wat is verkeerd daarmee?Ons emosies is 'n groot deel van wie ons is. Ons kan dit nie ontken nie. Soms dien hulle ons. Ander kere kan hulle ons in verskriklike moeilikheid laat beland, veral, wanneer ons swaarkry. 'n Emosionele besluit wat op die ingewing van die oomblik geneem word, kan 'n magdom van probleme veroorsaak. Maar kom ons kyk hoe Jesus gereageer het:Matteus 4:4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”Jesus wys dat Hy sy Vader gehoorsaam en dat Hy nie sy lyding sal beëindig wanneer die duiwel dit voorstel nie. Wanneer jy die Woord van God hoor, keer Hy dat jy in daardie moeilike situasies van die spoor afdwaal; daardie tye wanneer jy die risiko loop om slegte emosionele, ingewing-van-die-oomblik besluite te neem.Soos iemand eenkeer gesê het, as jy nie geestelik gevoed word nie, dan sal jy emosioneel gelei word.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Kernwaarheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 9, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is Sommige mense het 'n ware aanleg om komplekse konsepte in 'n enkele sin so slim en kragtig op te som, dat dit eeue nadat hulle oorlede is, steeds aangehaal word. Sint Franciskus van Assisi, het in die laat tweede en vroeë derde eeue n.C. in Italië geleef. Hy het volgens oorlewering hierdie wonderlike woorde gesê: Verkondig die Evangelie, gebruik woorde indien nodig. Daar is geen historiese bewyse dat hy spesifiek daardie woorde gesê of geskryf het nie, maar dit is nie ter sake nie.Trouens, sy volgelinge het hierdie beginsel om die Evangelie uit te leef en ook die mondelinge verkondiging daarvan beklemtoon. Ek stem honderdpersent saam.Maar weet jy, daar is te veel welmenende Christene dwarsdeur die wêreld wat deur hul goeie dade die verlorenes tot in 'n Christuslose ewigheid liefhet. Ja, wat hulle miskyk, is die feit dat mense nie net liefdesdade nodig het nie, maar dat die Goeie Nuus van Jesus aan hulle vertel en verduidelik moet word: En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? Vertel hulle wat staan in:1 Petrus 1:19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.Jesus, die Seun van God, God self, het 'n mens geword. Hy het op hierdie aarde geleef. Hy was heeltemal onskuldig, heeltemal sonder sonde of smet, maar Hy is skuldig bevind en gekruisig om die prys, wat God se geregtigheid vir jou en my sonde eis, te betaal.En wanneer ons in Jesus glo, verstaan ons dat God ons sonde vergewe het en ons 'n nuwe lewe gegee het; 'n ewige lewe. Nie deur wat ons gedoen het nie, maar deur ons geloof in wat Jesus namens ons gedoen het.Jy is met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is, losgekoop.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

装备说
EP208: 十月好物推荐,平时用不到的装备,换个环境,就成了宝贝

装备说

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 92:23


金秋十月,无论是越野跑、马拉松,都迎来的赛事高峰,大家这个月的推荐也是相当的丰富。而且,不同的比赛有着不同的气候、地理特征,这时,装备的选择就尤其重要了。大家的推荐也多是结合着自己所经历的比赛而来,我们发现,一些在平时不怎么用到的装备,一旦换了场景,换了环境,就成了必须品,或者说是提升运动感受的利器。一起来看看本月大家的推荐吧。背包salomon 2L 训练背包salomon 越野背包adv skin 12w补给澳洲 CrampFix 抽筋克星补剂N8 refuel水力速elete离子弹电解质浓缩液矿物元素均衡微量元素液体盐丸 原味配件bigrun小得巨心率臂带眼镜防滑落眼镜腿绑带防掉固定器黑鲨刀锋2移动电源磁吸款JY景遥3.0进阶版 越野五指袜(中筒)颂拓宁海联名夜光表带环四牛牛帽Apex 4鞋破九max小鲶Nike Vomero premiumalphafly3布鲁克斯山猫agil越野跑鞋Asics Metaspeed RAY衣物内道汗遁跑步长袖弹力干爽透湿秋冬男拇指扣训练运动长袖飞比特越野袋鼠裤Outopia Fibo Tight 美利奴羊毛长袖迪卡侬华夫格外套内道三合一腰包裤内道越野短裤NEDAO 口袋越野五分裤(紧身款)Outopia Soul Run 2.5L 越野跑跑步紧身短裤labAO短袖(utmb主题设计)Outopia Wonderland 美利奴羊毛长袖Yamatomichi Alpha VestBein space加厚羊毛长袖其他念慈菴润喉糖练己髌骨带国贸鲜啤吧的酒花 ipa 扶他林(2%含量)=======================微博 / 小程序 / 服务号 / 小红书:@跑者日历公众号: 跑者日历RUN365各音频及播客平台:跑者日历跑者日历播客矩阵:跑者日历/装备说/PB计划/跑圈速递/首百计划商务合作请添加微信号:janicegooner加入听众群:请添加客服微信号 paozherili

God se Woord VARS vir jou Vandag
Weet Dan Nou Verseker!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 2:51 Transcription Available


Send us a textDeuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam, Jy kan absoluut 100 % seker wees van iets – dood, doodseker – tot ‘n bal jou uit die skeelkant tref; jou heeltemal onkant betrap en jou alles waarvan jy eens so seker was, laat bevraagteken.Die waarheid is dat ons baie dinge as vanselfsprekend aanvaar – ons gesondheid, byvoorbeeld. Alles gaan goed. Nouja, miskien voel jy nie heeltemal honderd persent nie, maar jy voel redelik seker dat jy vandag, môre, die volgende dag oukei sal wees.En dan skielik gebeur daar iets. Miskien is dit 'n hartaanval (soos met my gebeur het), of 'n beroerte, of kanker, of iets anders wat nie net 'n wolk van onsekerheid oor jou toekoms gooi nie, maar jou hele lewe omverwerp. Ons kan soveel dinge as vanselfsprekend aanvaar, maar daar is in werklikheid baie min dinge waarvan ons régtig seker van kan wees. Maar hier is een ding wat verseker absoluut rotsvas staan: Deuteronomium 7:9 “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam,'n Verbond is 'n onverbreekbare kontrak wat deur God opgestel en in die bloed van Jesus, sy Seun, onderteken is. As jy jou geloof, jou vertroue in enigiets, of in enigiemand gaan plaas, plaas dit in Hom, eer Hom met jou lewe ... want Hy sal sy verbond, sy kontrak, sy belofte van die ewige lewe met jou en diegene wat na jou kom, hou.“Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Free Oakley
Breeders Cup/Terry Rozier Theory

Free Oakley

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 32:14


JY returns to breakdown the field for the 2025 Breeders Cup, and I share my theory on Terry Rozier's motives in the NBA gambling scandal. Great convo with the big fella...listen here now!!!

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Gewaarsku: Bly Weg!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 29, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a textJesaja 47:13-14 Jy het jou moeg gemaak met jou baie voortekens. Laat jou voorspellers nou optree, laat hulle jou help, hulle wat die hemel opdeel en die sterre bekyk, hulle wat elke maand bekend maak wat oor jou gaan kom. Maar hulle het soos stoppels geword, hulle gaan verbrand. Hulle kan hulleself nie red van die vlamme nie. Daar bly nie eens kole oor om jou by warm te maak nie, 'n vuur om by te sit nie. Ek het onlangs opgelet dat astrologie skielik populêr geraak het. Kan jy glo dat bekendes kaarte raadpleeg voordat hulle besluite neem?'n Onlangse nuusartikel oor die onderwerp het berig:. Horoskope is tans so gewild dat 'n sekere astrologie-toepassing tot meer as 30 miljoen gebruikers het. Dan is daar na raming 100 miljard keer na astrologie-verwante inhoud op TikTok gekyk. Pasop! Dit is so maklik om in die versoeking te kom! Ek bedoel, dis sekerlik redelik onskadelik, net 'n bietjie pret eintlik. Nee my vriend, dis tyd om baie vinnig die gevaar raak te sien! Hier is God se siening oor hierdie hokus-pokus astrologie-besigheid: Jesaja 47:13-14 Jy het baie raadgewers. Is jy moeg vir die raad wat hulle gee? Stuur dan jou manne uit wat die sterre lees. Hulle kan sien wanneer die maand begin, so miskien kan hulle vir jou sê wanneer jou probleme sal kom. Maar hulle kan nie eers hulself red nie. Hulle sal soos strooi brand. Hulle sal so vinnig brand dat daar geen kole oor sal wees om brood te bak nie. Daar sal geen vuur oor wees om by te sit nie.God het die son, die maan en die sterre geskep om vir ons tyd aan te dui en ons kyk met verwondering daarna en sien God se almag, wysheid en oneindigheid. Astrologie is die “interpretasie” van ‘n “veronderstelde invloed” wat die sterre en planete op die mens se bestemming uitoefen. Glo my, dit is ‘n valse oortuiging.  Astrologie het sy oorsprong in Oosterse Afgodsdiens en is ‘n vorm van waarsêery wat uitdruklik in die Bybel verbied word. (Deut. 18:10-14). Dit mag dalk nuwerwets klink. Maar, my vriend, dit is nie onskuldige pret nie. Dit is gevaarlik. God veroordeel dit oor en oor. Dis 'n gevaarlike bedrieër. Wees dus gewaarsku. Bly weg!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

F**K It Let's Have A Beer
Melon Baller Madness

F**K It Let's Have A Beer

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 41:14


This week, the guys crack open Melon Baller from Angry Chair Brewing, a watermelon-lemonade sour that's as tart as the secrets being spilled. Turns out, JY's got a hobby the crew didn't see coming… and once the truth comes out, things go off the rails fast.It's raunchy, ridiculous, and completely uncut—the kind of chaos you only get when the mics are on and the beers are cold.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wag Geduldig (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 23, 2025 2:53 Transcription Available


Send us a textPsalm 37:7-8 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. So, sê my, waarvoor wag jy op die oomblik om te gebeur? Dit lyk asof ons altyd vir iets goeds wag om te gebeur, of vir iets slegs om verby te wees. En hoe langer ons wag, hoe moeiliker word dit; en hoe meer waarskynlik is dit dat ons ons emosies die oorhand sal laat kry. Jy en ek weet albei dat ons senuweeagtig word wanneer ons ongemaklik is; dat lyding ons angstig maak; dat ongeregtigheid ons kwaad maak; en dat 'n vertraagde deurbraak ons ongeduldig maak. Ja, toemaar ek weet jy verstaan; ek gaan nie nog negatiewe emosionele reaksies opnoem nie. Maar ons weet ook dat wanneer ons ongeduldig wag, ons dinge kan doen, wat ons, as ons terugstaan en daaroor nadink, waarskynlik nie moes gedoen het nie. Maar emosies is emosies en daarom reageer ons op die situasie waarin ons ons bevind. Gister het ons gesels oor hoe om rustig te wag – om op God, wat goed is vir diegene wat Hom liefhet, te wag, eerder as om op die geluksgodin te wag om die situasie in jou guns te beslis. Vandag neem ons dit een stap verder: Psalm 37:7-8 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Iets besonders gebeur wanneer ons kies om op God te vertrou eerder as op ons omstandighede. Hy kalmeer ons emosies; Hy kalmeer ons senuwees; Hy maak ons gees stil. Wanneer jou emosies weereens dreig om uit te spring en die oorhand oor jou te kry en om jou te lei om iets te doen waaroor jy later spyt sal wees ... gaan terug na God. Jy kan nie ‘n fout maak nie. Vertrou op die Here en wag stil vir sy hulp. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wag Geduldig (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 22, 2025 2:53 Transcription Available


Send us a textKlaagliedere 3:25-26 Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (NLV) Het jy al daaraan gedink hoeveel van jou tyd verlore gaan omdat jy moet wag? Soms moet jy by die verkeerslig wag en soms moet jy op 'n wonderwerk van God wag. Ja, my vriend, of jy daarvan hou of nie, dit is ‘n feit van die lewe - ons spandeer baie tyd terwyl ons wag. So, hoe rustig wag jy? Ja, dis nogal 'n ongemaklike vraag. Hoe goed hanteer jy dit wanneer jy moet wag? Die antwoord is alte dikwels ... nie so goed nie. Dink aan die situasie: Jy is volgende in die ry by die supermark se betaalpunt. Jy het hierdie tou gekies omdat die vrou voor jou nie baie items het nie, maar dan ... is een van haar items nie in hulle stelsel nie. Hulle moet eers die prys gaan kontroleer. Ag nee, tog! Intussen maak die volgende betaalpunt oop en iemand wals reguit in en word onmiddellik bedien. Maak dit jou nie sommer de hoenders in nie?  Natuurlik is dit nie regtig die dood van Katryn nie, maar tog... Wat van daardie persoon op hul tweede rondte chemoterapie, wat vir sy resultate wag? Of die oupa wat in die hof by sy eiesinnige kleinseun, wat van sy ouers vervreem is, moet sit en wag?  Dit kan moeilik wees. So hoe wag jy? Wag jy ten spyte van jou omstandighede met geduld, met vrede, met stille versekering? Klaagliedere 3:25-26 Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (NLV) Ons wag alte dikwels op 'n antwoord daar buite; in plaas daarvan om op God te wag. En laat ek jou vertel, alles verander wanneer jy eerder op God wag, want … Die Here is goed vir hulle wat op Hom wag en Hom soek. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red.  Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 Oktober 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Play Episode Listen Later Oct 19, 2025 30:10


Lees: Eks 17:8-16. Fokus: Eks 17:11. Om te lewe deur die geloof is om ook tegelykertyd al jou kragte in te span (deel 2).  ·       Terwyl Moses alles van God verwag en voorbidding doen op die heuwel, het Josua en sy manne onder geveg teen die Amalekiete. ·       Wat jy glo kom uit in jou optrede. As jy iets glo, sal jy dit ook doen. As jy nie doen nie, is jou geloof maar net wensdenkery. ·       Ons mense kan alleen waarlik deur die geloof lewe as die Heilige Gees ons die krag gee. ·       Omdat Jesus nooit verander nie en vir ewig dieselfde is (Heb 13:7-8), is Hy die enigste egte voorwerp van ons geloof. ·       Jy ontvang ‘n lewe van oorwinning as jy deur die geloof lewe.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? ·       Wat is die 2 kenmerke van ‘n opregte lewe deur die geloof? ·       Wat is die verskil tussen wensdenkery en opregte geloof? ·       Wat is die toets vir opregte geloof? ·       Hoekom is Jesus die enigste egte voorwerp van ons geloof?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wat Beteken Dit Alles?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 17, 2025 2:49 Transcription Available


Send us a textDeuteronomium 6:5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. (NLV) Daar is deesdae soveel verskillende vlakke waarop mense hulleself identifiseer: godsdiens, omgewing, politiek, sosiaal, wat ook al. Ons is geneig om ons eie idees, aan een tipe raamwerk vas te pen en met daardie groep te identifiseer. Maar wat beteken dit alles?Volgens Statista.com identifiseer ongeveer 31.6% van die wêreldbevolking hulself met die een of ander Christelike stelsel. Dit is ongeveer 2.6 miljard mense, en dit sal na verwagting teen 2050 tot 3.3 miljard groei.Maar wat beteken dit alles? Sal elkeen van daardie mense eendag in die hemel land? Ek twyfel daaraan. As jongman het ek myself op die regering se sensusvorms as ‘Christen' geïdentifiseer. Maar die manier waarop ek my lewe geleef het, het redelik duidelik die teenoorgestelde gesê.Ons het almal 'n verwagting van hoe die lewe van 'n ‘sogenaamde Christen' moet lyk. Maar, my vriend, myne het glad nie so gelyk nie. Wat van jou lewe? Noem jy jouself ‘n Christen? En hoe pas dit in met hoe jy werklik jou lewe leef?Terwyl jy daaroor nadink, kyk wat het Moses vir die volk van Israel gesê voordat hulle die Beloofde Land binnegegaan het:Deuteronomium 6:5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. (NLV)Wanneer jy God só liefhet, kan jy dit nie help nie, dit verander die manier waarop jy leef. Hoe jy leef is nie die ding wat die deur na 'n verhouding met God oopmaak nie – dít is slegs beskikbaar deur geloof in Jesus. Maar hoe jy leef, is die bewys van jou liefde vir God. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Vrygespreek, sodat jy vry kan wees

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 16, 2025 6:27


ʼn Voorreg, ja, maar nie ʼn maklike een nie. Jy kry seer, en jy máák ook seer. Dis alles deel van die reis.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Jy is veerkragtig

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 16, 2025 4:49


Jy is sterker as wat jy dink. Jy kan meer hanteer as wat jy vermoed. Ná alles, die Gees van God woon in jou.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Was daar dan niemand nie?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 14, 2025 5:18


Maak vandag nog ʼn lys van mense met wie jy kan praat wanneer die lewe sy onvriendelike gesig wys. Jy hoef dit nie alleen te dra nie.

Lifestyle Church / Leefstyl Kerk

"Jy moet jou naaste lief hê soos jouself." Matteus 22:39Hoe het ek myself lief? As ek my naaste so moet lief hê, hoe gaan dit lyk?

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Die mens wat terugkyk na jou

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 9, 2025 3:23


Jy was alleen, so dink jy. Niemand weet nie. Maar Iemand weet. Hy het gesien en kennis geneem.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Dankie vir U genade en ʼn koppie koffie

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 9, 2025 5:21


Om saam met God oor ʼn koppie koffie te kuier werk net so goed saam. Jy trek jou Bybel en dagboek nader en word nuuskierig oor wat die Here deur sy Gees vir jou wil sê.

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Besliste Plan

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 8, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy.(NLV) Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om te ly nie. Ek hou nie eens daarvan om effens ongemaklik of benoud te voel nie. Wat van jou?Jy weet hoe dit voel as jy verskriklik koud kry. Jy bibber van die koue en jy wil ‘n plan maak om warm te word. Trouens, al waaraan jy kan dink, is om warm te word. En wanneer jy warm kry en sweet, is ‘n koel luggie en 'n koue drankie al wat jy wil hê. Vir sommige mense is die aanvoelbare temperatuur nie so belangrik nie, dis bloot 'n kwessie van gemak; maar vir ander kan dit lewensbelangrik wees.Wanneer jy in ‘n situasie van ongerief en ongemak is en dit vererger tot op ‘n punt van lyding, is dit nogal natuurlik om te dink dat God jou verlaat het. Dit kan tog nie deel van sy plan wees nie!Christene het in die 1ste eeu n.C. baie gely. Die Jode het hulle vervolg. Die Romeine het hulle vervolg. En, aangesien hulle, as gevolg van daardie uiterste vervolging dwarsdeur die bekende wêreld versprei het, het die plaaslike inwoners hulle ook verwerp en hulle as deel van 'n mal en ekstremistiese kultus bestempel!Aan die vervolgde Christene skryf die apostel Petrus die volgende:1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. (NLV)Dit was God se plan wat Hy van die grondlegging van die aarde af gehad het: om deur hierdie eerste Christene, wat baie moes ly, die Goeie Nuus van Jesus dwarsdeur die wêreld te versprei … tot by jou en my. Net omdat jy ly, beteken dit nie dat God nie 'n plan met jou lewe het nie. Trouens, dis net die teenoorgestelde. Hy het altyd 'n plan, en Hy sal jou nooit verlaat nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Tydsberekening is Altyd Perfek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 26, 2025 3:11 Transcription Available


Send us a textHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Het jy al, terwyl jy wag op 'n deurbraak, jouself tussen 'n hamer en ‘n aambeeld vasgevang gevind... en jy wag, en jy wag, en jy wag... Sal daardie deurbraak betyds kom, of sal alles tot niet gaan? Ek is seker jy het dit al meer as een keer ervaar. En wanneer dinge op die randjie van ineenstorting wankel, kan dit jou ernstig laat twyfel oor God se tydsberekening.In Augustus 1776, tydens die Amerikaanse Rewolusie, is George Washington se Kontinentale Leër deur die Britte in Brooklyn vasgekeer. Washington het, met die oog op 'n dreigende nederlaag, 'n waaghalsige nagtelike terugtog oor die East River beplan. Die Britse leer, het op daardie tydstip gewag op die Britse vloot om hul troepe te versterk. Toe 'n skielike storm die Britse vloot vertraag het, het daar nog ‘n wonderwerk plaasgevind. Die volgende oggend het 'n digte mis Washington se leër se ontsnapping moontlik gemaak deur hulle bewegings totaal te bedek. Elke soldaat en al die toerusting kon veilig na Manhattan beweeg voordat die Britte ontdek het dat die kamp dolleeg was.Daardie wonderbaarlike tydsberekening het veroorsaak dat die Rewolusie, wat uiteindelik tot die Amerikaanse onafhanklikheid gelei het, voortgegaan het. God se perfekte tydsberekening het die verloop van die geskiedenis verander.Ek is seker Washington sou verkies het dat hy nie so in 'n hoek vasgedruk was nie en dat hy nie 'n gewisse nederlaag in die gesig gestaar het nie. En dit is dieselfde vir ons, wanneer ons swaarkry.Maar gedurende 'n tyd van groot onrus en omwenteling in Israel se geskiedenis, het God die volgende vir hulle gesê:Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Dit maak nie saak hoe onseker dinge lyk nie; onder hoeveel druk jy verkeer nie, en hoe desperaat jy God nodig het om nóú op te daag nie; onthou sy tydsberekening is altyd beter as joune.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

RSG Dokumentêr
STYL SONDER 'N HAP UIT JOU BEURSIE deur Sue Pyler-Slabbert

RSG Dokumentêr

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 26:57


Jy sal veel eerder 'n motor tweedehands aanskaf as wat jy enige iets anders sommer sal koop, maar hier is 'n wêreld wat jou twee keer sal laat dink. Thrifting of snuffelkoop is 'n florerende, globale verskynsel met 'n mark ter waarde van miljarde, gedryf deur die begeerte na bekostigbare, unieke items, 'n verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en 'n kulturele verskuiwing weg van kitsmode. Thrifting omvat 'n verskeidenheid praktyke, van liefdadigheidswinkels en vlooimarkte tot saamgestelde vintage-boetieks en aanlyn herverkoopplatforms.

God se Woord VARS vir jou Vandag
God Sal Jou Nooit Verlaat Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 25, 2025 3:13 Transcription Available


Send us a textPsalm 27:10 Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou. (NLV) 'n Baie slegte ding wat met jou kan gebeur, is as iemand op wie jy staatmaak, jou in die steek laat. Daar is baie mense in hierdie wêreld wat deur hul ouers versaak is. Ons sien ook soms hoe baie intieme verhoudings verbreek word, waar die een party, op pad na groener weivelde, sy sielsgenoot weggooi. Om verwerp te word, is 'n verskriklike ding. Jy kan selfs omring wees deur mense wat oënskynlik goeie voornemens het en steeds heeltemal alleen voel.Josephine Bakhita is in 1869 in Soedan gebore. Sy is as kind ontvoer en as ‘n slaaf verkoop. Verlate en geskei van haar gesin, het sy geweldige lyding verduur. Sy is toe later op ‘n wonderbaarlike wyse, deur 'n goeie, godvresende familie gered.Dit is waar sy Christus ontmoet het en sy het die res van haar lewe daaraan gewy om ander te dien. Op een of ander manier het God haar pyn gedurende daardie traumatiese jare in ‘n kragtige getuienis van vergifnis, veerkragtigheid en onwrikbare geloof omskep.Psalm 27:10 Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou. (NLV)Dawid het meer as 3 000 jaar gelede hierdie Psalm geskryf. Hy het, deur die lewensgevaarlike tye waarin hy baie gely het, eerstehands geweet dat God altyd daar sal wees vir hom.Dit is moeilik om enigiets meer desperaat of gevaarliks voor te stel as 'n kind wat deur sy ouers verlaat word. Tog, soos in Josephine se geval, het God die manier om sulke verskriklike omstandighede te neem en dit ten goede te laat uitwerk.Dit was soortgelyk aan die ervaring wat ek deurgemaak het toe my eerste vrou my meer as 30 jaar gelede vir 'n ander man verlaat het. En ek kan getuig, dat toe ek my in daardie verskriklike tyd tot God gewend het, het Hy wonderlike dinge gedoen – Hy doen steeds wonderwerke. Hy kan slegte dinge in goeie dinge verander.Selfs al verlaat ander mense jou; sal God jou altyd styf vashou.Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

FURTHER NORTH: An NMFC Fan Podcast
Sheezel on Simpkin | AFLW DOMINANCE | Steven May to NORTH?

FURTHER NORTH: An NMFC Fan Podcast

Play Episode Listen Later Sep 22, 2025 52:33


On this episode Josh is joined by Joel to update all the news around NMFC. Harry Sheezel speaks on Jy, Ash Riddell is on FIRE and what trade targets are still on the board?Follow the socials to get your thoughts read out on the podcast!Instagram: @furthernorthpodFacebook: Further North PodcastEmail: furthernorthpod@gmail.comTikTok: @furthernorthpodLeave a 5 star review on Apple or Spotify, you the real MVP!

God se Woord VARS vir jou Vandag
Huwelikstrou

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 14, 2025 3:05 Transcription Available


Send us a textHebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. Wat dink jy van die huwelik as instelling? Ek dink jou reaksie sal wissel na gelang van jou kulturele agtergrond, jou lewenservaring en waarskynlik ook jou ouderdom. Daar bestaan absoluut geen twyfel dat die aantal huwelike wat gesluit word wêreldwyd skerp daal nie.In die Verenigde State, byvoorbeeld, het huwelike sedert 1972 met byna 50% gedaal. Dieselfde geld vir baie Westerse lande met ontwikkelde ekonomieë. Maar dit gebeur ook in Iran, in Pole, in China, in Japan en in dele van Afrika. Hierdie wêreldwye verskynsel is te wyte aan die veranderende sosiale norme, ekonomiese faktore en die bemagtiging van vroue.Die plaasvervanger vir die huwelik wissel van ‘n ‘nag van passie', tot vriende met voordele, tot los seks en tot kort-, medium- en langtermyn-samewonery. Hoe voel jy hieroor?Jy kan my maar as outyds bestempel, maar ek bly 'n groot voorstander van die instelling van die huwelik, veral omdat ek meer as 30 jaar gelede eerstehands verraad en egskeiding beleef het. My siening is nie omdat ek “godsdienstig” is of omdat die huwelik 'n “kulturele instelling” is nie, maar omdat die huwelik God se bloudruk vir die mens was en is. En hier staan dit in:Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.Deesdae sal sommige mense dit as outyds, simpel of irrelevant beskou. Wat van my? Ek is nou al 27 jaar met Jacqui, die wonderlikste vrou, getroud. Daar was verseker ook al moeilike tye, maar daardie eksklusiewe, getroue huwelik is die grootste seën in my lewe.Die huwelik van een man en een vrou was nog altyd God se plan.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Ouerlike Plig

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 11, 2025 3:04 Transcription Available


Send us a textEfesiërs 6:4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil. Dit word deesdae al hoe moeiliker om kinders groot te maak. Ek dink dit word báíé moeiliker as wat dit destyds vir ouers soos ek was, wat ‘n hele paar jaar gelede kinders grootgemaak het.Deesdae is beide pa en ma dikwels in die arbeidsmag om te probeer om kop bo water te hou. Vir baie paartjies is die ondersteuning van uitgebreide families net nie meer daar nie. Jy ken die ou gesegde, wat sê dit benodig 'n gemeenskap om 'n kind groot te maak. Die probleem is dat grootouers en familie dikwels ook in ander dorpe of lande woon.Ja, ons weet mos, op baie plekke en in baie kulture leef mense so afgesonderd en afgesluit in hul eie ou huisies vasgekluister, dat jy dikwels nie eers jou buurman ken nie. Daar is dus geen sprake van ‘n  gemeenskap nie. In plaas daarvan het ons 'n versameling klein gesinseenhede geword, wat moontlik in fisiese nabyheid, maar op ‘n groot sosiale afstand van ander woon.Dan, is daar natuurlik, soos die kinders ouer word, die ongelooflike druk van die sosiale media met sy 24/7-beskikbaarheid. En dan is daar ook die groot invloed van hul onvolwasse portuurgroep en die wins-gefokusde, materialistiese advertensiewese wat toegelaat word om met hul denke, met hul emosies en hul breine te smokkel.O ja, dit is baie moeiliker deesdae! Soveel jong ouers vind dat hulle beheer oor hul kinders se opvoeding verloor. Hulle word onder soveel druk geplaas dat hulle uiteindelik onder die druk knak.So, ma's, pa's, grootouers, tannies, ooms ... luister.Efesiërs 6:4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.Dis nogal spesifiek, nè? Ons pa's kan soms hulle kinders onder soveel onnodige druk plaas, dat hulle opstandig raak. God wys ons hier op die groot verantwoordelikheid van ouers, onderwysers, familie en almal betrokke om ons kinders in die wysheid en leer van God groot te maak. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Word Radikaal Onselfsugtig

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 7, 2025 3:13 Transcription Available


Send us a textHandelinge 2:44-45 Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. (NLV) Ek dink jy sal met my saamstem dat selfsug absoluut onaanvaarbaar is. Maar vandag is sosiale ongelykheid oral ‘n probleem. Die rykes het ongelooflik ryk geword. Die armes het ongelooflik arm geword.So, dink jy dalk: Wat sê jy Berni? Stel jy voor ek moet skuldig voel oor wat ek besit? Sê jy dat ek meer vir die armes moet gee?”Charles Dickens het in sy roman, The Tale of Two Cities, geskryf dat dit 'n morbiede feit is, dat selfs vername manne die verleentheid van hul arm familielede het. Ja, wat ook al jou omstandighede is, daar is altyd iemand ná aan jou, wat slegter daaraan toe; iemand wat jou hulp nodig het. Maar dis tragies dat ons nie so effektief is as dit daarby kom om deernis te toon nie. Dit is baie makliker om te oordeel – Wel, as hulle net harder gewerk het en meer gespaar het … as hulle nie daardie slegte besluite geneem het nie. Jy weet mos hoe ons koppe werk!In die eerste eeu n.C., was die impak wat Jesus op die mense se lewens in die vroeë kerk gehad het, baie anders. Dit het hulle radikaal vrygewig gemaak.Handelinge 2:44-45 Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. (NLV)Miskien roep God jou nie op hierdie stadium om alles wat jy het, te verkoop nie. Maar daar is beslis iemand ná aan jou wat 'n helpende hand kan gebruik. Wie is daardie persoon? Of wie is daardie familielid?Die Amerikaanse pastoor en teoloog, Tim Keller, het dit, om aantreklik anders te wees, genoem. Stel jou voor hoe ‘aantreklik anders' jy sou wees, en met hoeveel meer gesag jy van die liefde van Jesus sou kon praat, indien jy radikaal vrygewig was; deur daardie een persoon, daardie een familielid wat God op jou hart gelê het, te help. Stel jou voor!Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jy Sal Nooit Alleen Loop Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 5, 2025 2:49 Transcription Available


Send us a textJesaja 43:1-2 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, Eensaamheid is een van die moeilikste gewaarwordinge wat ons ooit kan ervaar. Ons almal beland op een of ander tyd in ‘n situasie van eensaamheid. Soms is dit slegs vir ‘n kort rukkie; ander kere voel dit of dit vir ewig aanhou.Om sake te vererger, word eensaamheid dikwels vererger deur swak gesondheid, armoede, die verlies van 'n geliefde of verraad ... dis soos om sout in die wonde te vryf. En hoe langer dit aanhou, hoe meer begin vrees, moedeloosheid en hopeloosheid intree.God het op 'n baie moeilike tydstip in hul geskiedenis, te midde van die verdrukking wat deur hul eie rebellie oor Israel gebring is, met die Israeliete gepraat en die volgende vir sy volk gesê:Jesaja 43:1-2 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.Gister het ons gesels oor God se doel om ons karakter te verfyn deur ons toe te laat om deur die vuuroond van lyding te gaan. “Oond” is so 'n gepaste beskrywing. Jy wil net daar uit kom. Maar luister, Hy het wel 'n doel daarmee; en wat nog belangriker is; Hy is saam met jou daarbinne.Onthou: Wanneer jy probleme het: Ek is by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.Dis God se belofte. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Les Wat Geleer Moet Word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 3, 2025 3:10 Transcription Available


Send us a textFilippense  4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (NLV) Dit maak nie saak hoeveel ons reeds het nie, daar is ‘n drang hier binne elkeen van ons, wat net so ‘n bietjie meer wil hê. En daardie begeerte na meer, is die aartsvyand van tevredenheid.Die leuen wat ons onsself vertel, is die volgende: as ek net daardie bietjie meer het (wat dit ook al mag wees), dan sal ek vir ewig tevrede wees.Imelda Marcos, ‘n politikus en weduwee van die tiende Filippynse president, het bekend gestaan as die Eerste Dame van die Filippyne. Sy was berug vir haar reuse skoenversameling. In 1986, toe haar man, Ferdinand, weens hulle korrupsie uit sy magsposisie verwyder is, is daar by die drie duisend pare skoene in haar woning ontdek – 'n versameling wat sy bymekaargemaak het terwyl 'n groot deel van die Filippynse bevolking in ontsettende armoede geleef het.Die waarheid is dat as ons net altyd meer en meer wil hê, ons nooit tevrede sal wees nie. Dit is regtig tragies dat tevredenheid 'n les is wat op sy beste in ‘n situasie van lyding geleer word.Kyk wat skryf die apostel Paulus uit sy tronksel …Filippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (NLV)Tevredenheid kom nie natuurlik nie, nee my vriend, wat wel natuurlik kom, is die voortdurende begeerte na meer. Ja, dis reg, tevredenheid is 'n les wat ons moet leer. En terwyl ons dit in die hitte van die stryd leer, dra dit, ten spyte ons omstandighede, wonderlike vrugte. Jy leer dat … Christus die een is wat jou die krag sal gee wat jy nodig het om te doen wat jy ook al moet doen.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

96.5 WKLH
James "JY" Young has the Biggest Brain - 8/6/25

96.5 WKLH

Play Episode Listen Later Aug 6, 2025 8:48


James "JY" Young has the Biggest Brain - 8/6/25 by 96.5 WKLH

SicEm365 Radio
SEC & Big 12 QB Rankings, Eddie George Joins the Show, Mountain West Preview | 7.18.25

SicEm365 Radio

Play Episode Listen Later Jul 18, 2025 183:18


(0:32:00) Eddie George, Bowling Green Coach  (1:05:00) JY, Big Mountain Podcast (1:35:00) Anthony Morales, The Athletic (2:05:00) Andrew Monaco, Voice of Texas A&M (2:40:00) Mississippi State Schedule (2:50:00) Paul Catalina's “Top 5” Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

ParentingAces - The Junior Tennis and College Tennis Podcast
Tennis is Getting Intennse ft JY Aubone

ParentingAces - The Junior Tennis and College Tennis Podcast

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 29:45


Welcome to Season 14 Episode 23 of the ParentingAces Podcast! This week's episode with JY Aubone was shot live at the brand new Intennse Arena in Atlanta right before opening weekend of this exciting new way to play tennis.JY is working with Intennse to help manage the players as well as to do the live broadcasting via Twitch. In this week's episode, he explains how Intennse works, how it fits into a junior player's overall developmental pathway, and the opportunities it holds for recently graduated college players.I had the opportunity to watch Intennse live during its opening weekend, both the qualies matches for a spot on the Challenge team as well as the pro and junior matches. What a blast! This is tennis like you've never seen before: played on a clock, one serve, co-ed teams with coaching and substitutions, with teams playing singles, doubles, and mixed doubles. If you missed my Instagram posts over the weekend, you can find them at https://instagram.com/ParentingAces.To be clear, Intennse is NOT looking to replace traditional tennis or tennis tournaments. Rather, it is acting as a bridge for junior players who want to play college tennis so they can gain experience playing on a team and under pressure as well as for those players looking to play professionally but aren't quite ready - either developmentally or financially - to start a pro career. On the junior side, Intennse matches do count for UTR and WTN and, if a junior player wants to play qualies for a spot on that week's Challenger team, they have the opportunity to earn in excess of $1500 if their Challenger team beats the pro team that week. On the pro side, players receive a guaranteed salary plus prize money if their team wins a match. Intennse is allowing players to better manage their travel and competition schedule while receiving salary and benefits, a far cry from the current ATP/WTA tours.For more information on Intennse, visit the website at https://www.intennse.com/home and be sure to follow them on Instagram at https://www.instagram.com/intennsetennis, TikTok at https://www.tiktok.com/@intennsetennis, and Facebook at https://www.facebook.com/profile.php?id=61566418503744.You can always reach out to JY directly via email at jy@forthesport.com.As always, I am available for one-to-one consults to work with you as you find your way through the college recruiting process. You can purchase and book online through our website at ⁠⁠⁠⁠https://parentingaces.com/shop/category/consult-with-lisa-stone/⁠⁠⁠⁠.If you're so inclined, please share this – and all our episodes! – with your fellow tennis players, parents, and coaches. You can subscribe to the podcast on Apple Podcasts or via your favorite podcast app. Please be sure to check out our logo'd merch as well as our a la carte personal consultations in our online shop.CREDITSIntro & Outro Music: Morgan Stone aka STØNEAudio & Video Editing: Lisa Stone

Pete McMurray Show

Our old friend Kevin Cronin joined us to talk:-Vocal rest - is it a real thing-REO's breakup "It doesn't make sense to me.  We've tried and tried and tried to make it work, and at some point you just have to accept that it's not gonna work."-The Pope is now on the Kevin Cronin and Styx bandwagon-JY of Styx and Kev go waaaaay back-He went to a James Taylor concertFollow Kev on Instagram  To subscribe to The Pete McMurray Show Podcast just click here

阿雞寫台語歌說故事::蔥仔蛋跟他慢慢聊
#Live 阿雞GLOJ vs 阿兄喬治饒舌大對決【南部囝仔來

阿雞寫台語歌說故事::蔥仔蛋跟他慢慢聊

Play Episode Listen Later May 27, 2025 71:47


這集真的好好笑 每次心情不好就打開來聽阿兄喬治跟阿雞GLOJ鬥嘴 - 號外! 阿雞GLOJ x 顏冠希JY x 金其禾Dudu King 【新國家】上串流了啦 Apple Music / Spotify 都聽得到! - 錄音日期: 2022.11.26 阿兄喬治ig @nbanba20003 ----以下訊息由 SoundOn 動態廣告贊助商提供----

The Final Leg
Michael Johnson Explains the Future of Grand Slam Track Locations & the Connection of Stars and Stories in GST.

The Final Leg

Play Episode Listen Later May 7, 2025 24:14


Michael Johnson Full Interview: https://youtu.be/1whAcE9I0mY?si=jY_bscv-9MiZOFniGuardian Article: https://www.theguardian.com/sport/2024/nov/12/uk-athletics-turns-down-grand-slam-track-financial-concerns-------------------------------Host: Anderson Emerole | ⁠⁠⁠⁠@emeroleanderson on TwitterSUPPORT THE PODCAST

Free Oakley
Kentucky Derby / Knicks-Pistons

Free Oakley

Play Episode Listen Later May 1, 2025 42:46


Show breakdown: 1) JY and I spend the 1st 10 minutes recapping the Knicks/Pistons series 2) At the 10-minute mark we get into the Derby field and JY's betting strategy and 3) at the 32-minute mark we announce the annual blind pick-em pool. Listen here now!!

Free Oakley
Backstage at the Big East Tourney/Race to the Derby/Val Kilmer

Free Oakley

Play Episode Listen Later Apr 4, 2025 24:33


An action-packed episode as JY returns. We recap our behind-the-scenes adventure at the Big East Tournament. JY gives us his global locks for this weekend in horse racing. And an emotional tribute to Val Kilmer. Listen here now!!!