POPULARITY
Categories
Send us Fan MailPsalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! Jy ken daardie tye wanneer jy desperaat gewag het dat dinge moet verander? Jy het gebid, maar dit het gevoel of die hemel swyg. Jy het werk gehard, maar niks het verander nie. Soos die wagtyd langer geword het, het jou hoop begin vervaag.Jane Grey Swisshelm, 'n Amerikaanse joernalis en aktivis uit die negentiende eeu, is gespot, stilgemaak en selfs gedreig oor haar kritiek oor slawerny en onreg. Tog het sy geweier om tou op te gooi. Sy het eerder vol hoop gewag dat God dinge sal regstel. Sy het geglo dat die waarheid belangrik is en dat God self vir sy saak sal opstaan. Na jare se gespook het haar stem die openbare mening oor slawerny verander. Goed, dit was haar situasie destyds. Maar wat van ons, vandag? Hoe wag 'n mens met hoop? Gister het ons in Psalm 27:4 gesien hoe ons begeertes verander wanneer ons ons verlustig in die Here; om die waarheid te sê, dit verander ons hele uitkyk op die lewe. Dit is die sleutel - om na God Self te smag. En vandag moedig Koning Dawid ons nog verder aan in:Psalm 27:14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!Die Hebreeuse woord vir "wag" beteken nie sommer net om tyd te verdryf terwyl jy senuweeagtig aan jou naels kou nie. Dit beteken om met hoop te wag - om in afwagting vorentoe te beur: om oortuig te wees daarvan dat God se hulp op pad is.Terwyl hy deur vyande omring was, het Dawid geleer wat daardie soort hoop is; want dit vloei natuurlik voort uit 'n diep verlange na God Self. Dawid kon vertrou dat God sou ingryp – en God hét.En ek kan jou belowe, in Christus skyn daardie hoop op sy helderste. Die kruis het na duisternis gelyk, maar die opstanding was naby. Om met hoop op Jesus te wag, is nooit tevergeefs nie, want Hy is getrou. So, as jy jouself tans in God se "wagkamer" bevind, moenie moed verloor nie. Smag na God Self. Hou aan om op Jesus te vertrou. Dít is die plek waarvandaan sy moed en sy hoop sal vloei. Sy hulp is op pad – altyd presies betyds.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailPsalm 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Ons het almal al foute gemaak wat ons eerder sou wou uitwis. Jy het; ek het; keuses wat ons gemaak het en wens ons kon terugtrek. Maar hoe dikwels hou ons net aan om op dieselfde pad te loop - die een kompromie ná die ander - eerder as om te stop; om te draai en God om genade te smeek?Dit is presies wat met koning Dawid gebeur het. Hy het Batseba se skoonheid gesien, hy het haar begeer en hy het haar geneem. Ongeag die feit dat sy getroud was. Soos jy kan dink, was die gevolge verwoestend. Haar man, Uria, wat onskuldig was in die situasie, is vermoor. 'n Vrou se lewe is verwoes. 'n Koning se hart het verhard in sy rebellie teen God. En vir 'n tyd lank het Dawid aangegaan asof niks gebeur het nie. Klink dit vir jou bekend?God het die profeet Natan gestuur om Dawid tot sy sinne te bring. Dit was toe hy die verskriklikheid van sy dade verstaan het, dat Dawid vir God gevra het om hom te vergewe en hom rein te maak: Psalm 51:12: Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.Dawid wou nie net vergifnis hê nie - hy wou sy verhouding met God herstel. Hy wou daardie vreugde van God se verlossing terughê. Die krag van sy Gees. Hy wou weer in gehoorsaamheid wandel.En dít is God se uitnodiging aan jou vandag. Jy hoef nie vasgevang te bly in kompromieë nie. Jy hoef nie aan te hou om te maak asof alles reg is nie. Jy kan nou dadelik omdraai en God vra om jou skoon te was. Jy kan Hom vra om jou met sy Gees te vul en om die skuldgevoelens en skaamte wat jou vernietig te verwyder en jou vreugde te herstel.Moenie wag nie. Moenie jou skuldgevoelens nog een dag langer dra nie. Jesus het gesterf sodat jy vergewe kan word. Vra God om jou vreugde te herstel en vir jou 'n gees te gee wat gewillig is om Hom te gehoorsaam.Dis God se Woord. Vars... vir jou... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jy is nie geroep tot eienaarskap nie, maar tot rentmeesterskap...
Send us Fan Mail1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Stres. Druk. Spertye. Rekeninge. Kinders. Verhoudings. Gesondheid. Party dae voel dit of jy die hele wêreld op jou skouers dra. En dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die vrag word net al hoe swaarder.Lê jy ook soms snags wakker en laat dieselfde probleem soos ‘n wysie, oor en oor in jou kop afspeel? Jy dink deur elke scenario, elke "wat as", en steeds … verander niks nie. Dis omdat jy niks bereik wanneer jy iets voos dink nie. Jy los nie jou probleme op nie. Dit steel net jou vrede.'n Sielkundige het hierdie proses waar jy iets toelaat om in jou te maal, met 'n wiegstoel vergelyk. Dit gee jou iets om te doen, maar dit bring jou nêrens nie. Dis presies hoe bekommernis is. Dit vreet jou energie op en steel jou vreugde, maar dit láát jou op dieselfde plek: vasgeval.So, wat is die antwoord? Hoe kom jy hierdeur?1 Petrus 5:7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.Jy hoef nie die gewig van daardie konstante ‘geestelike toertjies' te dra nie. Jy hoef jouself nie geestelik uit te put deur aan te hou om, soos 'n stukkende plaat, in dieselfde sirkels om-en-om te draai nie; maar in plaas daarvan kan jy dit oorgee - alles oorgee - aan die Een wat reeds weet hoe dit gaan eindig.En hier is die verskil: wanneer jy bid en jou vrese by God los, stap vrede by die deur in. Want jy probeer nie meer om môre se probleme in jou eie kop op te los nie. Jy vertrou dié God wat môre in sy hande hou.Jesus het die swaarste vrag van almal aan die kruis gedra: jou en my sonde. As Hy dít kon dra, kan Hy dít wat jy nou ervaar, ook dra. Jou stres. Jou vrees. Jou slapelose nagte. Hou op om in sirkels te loop. Bid. Gee dit aan Hom oor. En rus.Want dié God wat jou liefhet, is nie net in staat om jou laste te dra nie - Hy wíl dit doen. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailJohannes 6:28-29 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” Jy dink dalk dis 'n vreemde ding vir my om te sê, maar ek gaan dit in elk geval sê: godsdiens sal jou uitput. Jy sal jouself stokflou maak as jy reëls en rituele wil volg en dit sal boonop net skuldgevoelens veroorsaak. En wat is die waarheid? 'n Geloof wat op werke gebaseer is, is soos om op 'n trapmeul te hardloop – dit maak nie saak hoe hard jy werk nie, jy kom nêrens nie.Stel jou dit voor. Jy draf jouself poegaai by die gym, die sweet tap jou af, jou bene brand, jou hart jaag. En wanneer jy uiteindelik die "stop"-knoppie druk ... is jy nog presies op dieselfde plek. Nouja, dis presies hoe godsdiens sonder genade voel. Al die moeite, maar geen vordering nie.Luister nou na hierdie gesprek tussen Jesus en sy dissipels:Johannes 6:28-29: Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.”Sien jy die kontras? Hulle wou 'n geestelike oefenprogram hê! Doen dít, moenie dát nie, tik die lysie af, betaal jou ledegeld. Maar Jesus trek ‘n streep daardeur en sê bloot: Dit gaan nie oor wat jy doen nie, maar dat jy in My glo.Geloof wat op genade berus, verskil radikaal van godsdiens wat op werke gebaseer is. Dit beteken jy klim van die trapmeul af en besef die grond onder jou voete is reeds stewig, omdat Christus die swaar werk aan die kruis gedoen het.Jesus het, net voordat Hy vir jou aan die kruis gesterf het gesê: Dit is volbring. Dit beteken dat jy nooit eers moet probeer om God se goedkeuring te verdien nie. Jesus het reeds die prys vir jou sonde betaal. Wanneer jy in Hom glo, is jy heeltemal vergewe. So, hier is die keuse: hou aan om jouself moeg te hardloop en nêrens te kom nie ... of stap in genade en loop saam met Jesus - vry, vergewe en geliefd.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailFilippense 4:8 Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV) Het jy al gesien hoe vinnig 'n mens vasgevang word in al die politieke stryery, die skinderstories op sosiale media of ander mense se foute? Jy kyk na die nuusopskrifte, lees die kommentaar onderaan en skud net jou kop. Voor jy jou oë uitvee, is jou vrede by die venster uit en voel jy sommer skoon benoud.C.S. Lewis het dit perfek beskryf in sy klassieke boek, The Screwtape Letters – 'n reeks denkbeeldige briewe waarin 'n senior demoon, Screwtape, sy nefie, Wormwood, touwys maak oor hoe om mense van God af weg te trek. Hier is 'n stukkie van daardie raad wat 'n mens nogal koue rillings gee:Laat 'n persoon eers sy liefde vir sy land, of sy strewe na vrede, as deel van sy geloof sien. Laat hom dan, omdat hy kant kies, glo dat dit die heel belangrikste deel van sy ‘godsdiens' is.Lei hom dan stap vir stap tot op 'n punt waar sy godsdiens bloot 'n hulpmiddel vir sy 'saak' word. Hy gebruik dan die Christelike geloof net vir die goeie argumente wat dit bied om sy kant van die saak te ondersteun.Dis presies die duiwel se plan: hy wil hê jy moet jou oë op alles daar buite hou, sodat jy nooit fokus op dit wat hier binne-in jou eie hart aangaan nie. Die apostel Paulus gee vir ons die regte raad vir die pad vorentoe:Filippense 4:8 sê: Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (NLV)Nouja, jy kan nie die hele wêreld beheer nie. Maar jy kan kies waarop jy jou gedagtes fokus. En wanneer jy op Christus fokus, dan heers sy vrede in jou hart. So, moenie hierdie week vir Screwtape laat wen nie. Weier om in konstante woede en frustrasie te leef. Vul eerder jou gedagtes met dit wat waar en rein is – en laat Jesus jou van binne-af nuut maak. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailGoeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Augustus.Soms is dit nodig dat ons tot stilstand kom, sodat die Here sy herstelwerk kan doen. Hier is die storie van een van ons luisteraars wat na 30 jaar in die polisiemag self in 'n baie donker gat beland het - en hoe die Here deur die werk van Christianityworks sy lewe handomkeer verander het:Waar ek na amper drie dekades in een van die moeilikste en gevaarlikste woonbuurtes gewerk het, het die emmers vol trauma uiteindelik oorgeloop. Die finale druppel was die tragiese dood van vier kollegas - waarvan drie onder my direkte bevel was. As bevelvoerder moes ek help met die nadoodse-ondersoeke en die begrafnisse.Dit het my emosioneel en geestelik totaal geknak.Ek het myself heeltemal van die wêreld afgesny. Ek was oortuig ek is 'n gevaar vir myself en die mense om my. Ek was fisies gedaan en geestelik besig om te sterf. Alhoewel ek as tiener al my hart vir die Here gegee het, erken ek vandag dat daardie 30 jaar in die polisiemag my eie "woestynjare" was waar ek die Here nie die regte plek in my lewe gegee het nie.Toe ek uiteindelik weens ernstige siekte moes aftree, het dit soos 'n krisis gevoel, maar dit was eintlik God se manier om vir my 'n splinternuwe begin te gee.Gedurende die jare van my herstelpad, het ek op 'n Christelike radiostasie afgekom wat Christianityworks se programme uitsaai. Die opregte liefde vir God, die ware getuienisse en die boodskappe van Berni Dymet het my dadelik diep getref. Dit het my lewe verander en my daaglikse anker geword. Jy kan ook vandag deel hê aan hierdie lewensveranderende werk. Deur jou gebede en 'n maandelikse of eenmalige bydrae tot die Suid-Afrikaanse bediening van Christianityworks, kan jy help om nog lewens te red. Ons VARS-boodskappe word tans daagliks oor meer as 20 radiostasies uitgesaai, aan sowat 22 000 e-pos-intekenaars gestuur en is ook op potgooi beskikbaar. As die Here dit op jou hart lê om 'n finansiële bydrae te maak, sal dit ons help om ons begroting te laat klop en te verseker dat die Evangelie so verkondig word. Baie dankie vir ons vennootskap!Seënwense en mooi loop. Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailDeuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV) Ek wens ek kon vir jou sê dat die lewe eenvoudig is. Maar dit is nie. Dis kompleks, dis chaoties, en die toekoms is allesbehalwe seker. Jy kan nie eers seker wees van môre of die volgende dag nie! Al wat ons het, is vandag. So, wat gaan jy daarmee doen?'n Paar jaar gelede het 'n navorsingspan ‘n aantal stappers, wat nie kompasse of GPS'e gehad het nie, in digte woude gevolg. Dit was merkwaardig dat byna elkeen van hulle in sirkels geloop het. Dis wat gebeur wanneer ons nie 'n vaste verwysingspunt het nie. Ons verloor almal ons pad – dit maak nie saak hoe hard ons probeer om reguit te loop nie.In hierdie onseker, komplekse en deurmekaar lewe is dit onmoontlik om op koers te bly as jy nie vir God as daardie lewensbelangrike verwysingspunt het nie. Deuteronomium 13:4 Volg maar net die Here jou God en eer Hom. Gehoorsaam sy gebooie, luister na sy stem en hou vas aan Hom. (NLV)Dit is nie ingewikkeld nie. Dis redelik eenvoudig. Dink aan die Israeliete wat op die punt was om 'n land vol afgode en heidene binne te gaan. God se opdrag aan hulle was eenvoudig: Moet nie afdwaal nie. Moet nie in sirkels rondloop nie. Hou julle oë op My.En kyk hoe eenvoudig is Jesus se opdrag: "Volg My." Nie onverskillig nie, nie passief en koud nie - maar met jou hele hart. Hy vra nie net vir ons Sondagoggende nie. Hy vra vir ons lewens.En hier is die goeie nuus. Ons hoef Hom nie in ons eie krag te volg nie. Dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, lei ons nou, bemagtig ons en hou ons op koers.So as jy afgedwaal het, draai om. Draai vinnig. Fokus jou oë weer op Jesus. Want net ín Hom sal jy reguit en gefokus kan loop.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailJeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Soms verloop die lewe nie soos jy wil hê dit moet nie. Jy beplan alles - jou loopbaan, jou gesin, jou aftree-droom - en dan, uit die bloute, gooi iets jou van koers af. Voor hy die gloeilamp uitgevind het, het Thomas Edison duisende mislukte eksperimente gehad. Joernaliste het hom gespot, Hoekom gaan jy na soveel katastrofes aan om te probeer om die onmoontlike te doen? Sy antwoord was: Ek het nie gefaal nie. Ek het pas 10 000 maniere gevind wat nie gaan werk nie. Wat mense as mislukking beskou het ... het hy as deel van die plan gesien.Die Israeliete moes in die tyd van die Profeet Jeremia, ook moedeloos gevoel het. Hulle was ontwortel; hulle was uit hulle eie land verban; hulle het in Babilon, ver van die huis, ver van die tempel en ver van alles wat hulle voorheen sekuriteit gegee het, gewoon. Maar te midde van hulle pyn bemoedig God hulle:Jeremia 29:11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!Dit was nie as 'n opwindende ‘Instagram-meme aan Israel geskryf nie. Dit is aan 'n gebroke, vervreemde volk geskryf. Ja, en ons weet dat Israel uiteindelik na die Beloofde Land terug is en dat God se belofte waar geword het. Hy het belowe dat sy goeie planne eendag vervul sou word - planne wat in Jesus tot vervulling gekom het.Weet jy dat jy ín Hom reeds die toekoms wat God belowe het, besit? Die Ewige Lewe. Vergifnis. Hoop wat nie van jou weggeneem kan word nie. So... Moenie paniekerig wees wanneer jou eie planne misluk nie. God se plan in Christus is steeds op koers. En sy plan is altyd goed.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailSpreuke 29:25 As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. Wat gaan die mense dink? Wat gaan hulle sê? Gaan ek hulle teleurstel? Is ek besig om mense in die steek te laat? As jy al ooit met hierdie vrae geworstel het, is jy nie die enigste een nie. Die vrees vir wat ander dink, praat nie net met jou nie - dit skree. Dit is 'n vrees wat al baie lewens verwoes het.Die superster-gimnas, Simone Biles, het tydens die 2021 Olimpiese Spele in Tokio, onder geweldige druk verkeer. Sy het ten spyte van die feit dat die hele wêreld se oë op haar was, almal geskok toe sy aan verskeie items onttrek het om haar geestesgesondheid te beskerm. Die kritici was vinnig om haar deursettingsvermoë te bevraagteken.Maar sy het nie voor hulle eise geswig nie - sy het geluister na wat sy geweet het, reg is. Sy het later gesê: Ek moes my trots opsy skuif. Ek moes doen wat reg is vir my en op my geestesgesondheid fokus. Dit is beslis nie swakheid nie. Dit is dapperheid.Spreuke 29:25: As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.Vrees vir ander mense is 'n strik. Dit lyk dalk na goedkeuring, maar dit word later 'n tronk. Jy begin lewe vir die ‘likes op Facebook' en jy werk jou gedaan om te voldoen aan ander se verwagtinge, in plaas daarvan om die pad van die waarheid wat God binne-in jou gesit het, te stap.As jy al so gevoel het, of as jy nou verstaan dat dit jou probleem is, is dit tyd om met nuwe oë na jouself te kyk. Om op God te vertrou - is waar jou regte krag begin. So word jy nie meer in elke moontlike rigting getrek nie, maar jy begin stewig staan, selfs wanneer mense jou nie verstaan nie.Simone Biles het nie almal tevrede gestel nie. Maar sy het iets beters gekies: integriteit, gesondheid en die waarheid. Vertroue in God bring innerlike vrede, nie mense se applous nie.So, hier is die vraag vir jou vandag: Lewe jy vir húlle, of vir Hóm?As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail1 Petrus 1:3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV) Die lewe is onvoorspelbaar, nè? Maar weet jy, ‘n mens kan geweldig baie oorleef as jy hoop het. Maar vat daardie hoop weg - vat dit régtig weg - en jy hou op voort te beweeg. Jy hou op om te probeer. Jy hou op om om te gee. Hoop is nie sommer net iets wat "lekker is om te hê" nie. Dit is suurstof vir jou lewe.In 1952 het Florence Chadwick probeer om die 41 kilometer van die Kaliforniese kus na Catalina-eiland te swem. Halfpad deur het 'n dik mis opgesteek. Sy kon nie die kuslyn sien nie. Na 15 uur, uitgeput en gedisoriënteerd, het sy opgegee - net om uit te vind dat sy minder as 'n kilometer van die eindstreep af was.Later het sy gesê: Ek dink as ek die kus kon sien, sou ek dit gemaak het. Ek dink nie een van ons twyfel daaraan nie. Haar probleem was nie 'n gebrek aan uithouvermoë nie. Haar probleem was dat sy hoop verloor het.1 Petrus 1:3: Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. (NLV)Hierdie is nie 'n mog-het-troffe tipe hoop nie. Dit is 'n lewende hoop - geankerd in iets wat reeds gebeur het: Jesus het opgestaan uit die dood. En dít … dít verander alles. Dit beteken dat dit nie saak maak hoe dik die mis word nie, die kus is werklik daar. Die eindstreep is daar. Jy verbeel jou dit nie net nie. Jy is nie net besig om te oorleef nie. Jy is op pad iewers heen.En daardie soort hoop is nie net vir wanneer jy eendag sterf nie - dis vir nou, terwyl jy lewe. Dit gee jou die moed om weer lief te hê, om weer te veg, om weer te glo. Jy kan aanhou lewe. Omdat Jesus leef, leef jou hoop ook.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailSpreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV) Ons beplan vir die toekoms asof ons op een of ander manier in beheer is. Jy weet: môre se vergadering; volgende maand se doelwitte; volgende jaar se vakansie; waar ons oor vyf jaar wil wees, of wat ook al. Maar dan gebeur iets onbeplands. 'n Diagnose. 'n Telefoonoproep. 'n Krisis. Skielik is môre nie meer so seker as wat ons gedink het nie.Op 11 Maart 2011 het pendelaars in Japan net soos op enige ander dag op hulle treine geklim …. Kosblikke was gepak. Boodskappe gestuur. Afsprake gereël. Maar toe, presies om 14:46, tref 'n aardbewing van 9 op die Richterskaal die land. 9!Dit het 'n massiewe tsunami veroorsaak wat meer as 18,000 mense se dood veroorsaak het; dit het lewens, bestemmings en ewighede vir altyd verander. Nie 'n enkele persoon het daardie oggend verwag dat dit hulle laaste dag sou wees nie. Maar dis die lewe, en dis waarom hierdie spreuk ons aangryp:Spreuke 27:1: Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)Kyk, dit beteken nie dat ons nie moet beplan nie. Dit is gemik op die mens se hoogmoed dat ons ons eie lewe sonder God kan leef. God herinner ons aan die ongemaklike waarheid dat môre nie in ons hande is nie.Dit is maklik om te lewe asof ons tyd op aarde onbeperk is. Asof ons gehoorsaamheid, vergifnis, verandering of selfs oorgawe aan God kan uitstel - want “daar is altyd later tyd.” Maar later word nie gewaarborg nie.Wat ís gewaarborg? Nou. Hierdie oomblik. Hierdie asemteug.Moenie dít wat die meeste saakmaak, uitstel nie. Moenie die gesprek, die gebed of die besluit om na God terug te keer, uitstel nie. Lewe asof vandag tel - want dit tel. En wanneer jy môre in God se hande plaas, sal jy ‘n baie beter greep op vandag hê.Moenie roem op wat jy môre gaan doen nie, want jy weet nie wat tussen nou en dan gaan gebeur nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailJesaja 26:4 Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug. Daar is 'n baie goeie rede waarom ‘n bergklimmer rotshake in die rots inslaan. Dis nie vir die klim self nie. Dis vir wanneer dinge skeefloop - die onverwagte wind, wanneer hy gly, wanneer hy skielik val. Wanneer alles padgee, het hy ‘n anker nodig wat hom sal red.In 1940 het ingenieurs begin om die Tacoma Narrows-brug in die staat Washington te bou. Dit het sterk gelyk. Dit was amper 'n kilometer lank en almal het die vaartbelynde ontwerp geprys. Maar hulle het nie die krag van die wind in berekening gebring nie. Net vier maande nadat dit geopen het, het dit meegegee en op 'n skouspelagtige manier inmekaargestort. Waarom? Omdat die fondasies nie sterk genoeg was om die hele ding aanmekaar te hou nie.Ek wonder, hoe dikwels jy al daardie selfde fout gemaak het? Jy het 'n blink plan, jy jaag halsoorkop daarin omdat dit vir jou goed lyk; net om weer eens uit te vind dat jy die krag van die wind, wat beslis gaan waai, onderskat het.Daar is 'n alternatief.Jesaja 26:4: Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug.Dit is maklik om op God te vertrou wanneer dit goed gaan. Maar hierdie vers is nie net van toepassing op die maklike tye nie. Dis ook vir wanneer die wind opsteek - wanneer dít, wat jy gedink het stabiel is, begin buig en kraak.Vertrou altyd op die Here, want die Here is die Rots. Nie 'n teorie nie. Nie 'n gevoel nie. Nie 'n Sondagskool-sêding nie. Jou Rots - onwankelbaar, onbeweeglik, vir ewig. Jy hoef nie sterk te wees nie. Jy hoef nie te weet hoe dit gaan eindig nie. Jy moet net geankerd wees.Slaan dus jou pen diep in en sê: Dit maak nie saak wat skud nie - ek sal nie wankel nie. Want my Rots sal nooit wankel nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan Mail2 Tessalonisense 2:13 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV) Het jy jouself al as “spesiaal” beskou? Nie op 'n selfsugtige manier met 'n groot kop nie, maar met die wete dat jy geskape is om 'n verskil in hierdie wêreld te maak; dat daar iets is wat net jý kan doen.Toe ek jonk was, het my ouers 'n baie spesiale eetservies gehad - deftige borde, bakke, koppies en pierings - kristalglase en silwer eetgerei wat net uitgehaal is wanneer daar spesiale gaste was.Die ander dae het ons die gewone borde, glase en messe en vurke gebruik. Dit was reg so, maar laat ek jou vertel, wanneer daardie gaste opdaag, het daardie eetstel, die kristal en die silwer alles so spesiaal gemaak.En dit is die betekenis van die woord “heiligheid”. Dit beteken om eenkant gesit te word vir 'n spesiale doel … dis wat God wil hê jy moet wees: heilig, opsy gesit vir Hom.2 Tessalonisense 2:13: Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV)God het ons lief met 'n liefde wat mens nie met woorde kan beskryf nie. Maar as ons kyk na al die foute en blapse wat ons maak, voel ons dikwels glad nie so heilig nie. Maar dit is juis die punt. Net soos die skottelgoed hulself nie was nie, en die silwerware hulself nie opvryf nie, is dit nie ons werk om onsself heilig te maak nie.Jy is gered omdat die Gees jou heilig maak en jou die geloof in die waarheid gegee het.Glo net en laat die Heilige Gees sy werk doen.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Het jy al gebid, gewag en gewonder of God jou nog sien?Wanneer 'n antwoord uitbly, kan hoop begin voel soos 'n tou wat al stywer getrek word. Jy het dalk nie opgehou glo nie—jy is net moeg van lank wag. Maar God se stilte beteken nie dat Hy afwesig is nie.In hierdie boodskap uit 1 Petrus 1:3–9 en Spreuke 13:12 ontdek ons drie belangrike waarhede:-------------------------TIMESTAMPS:0:00 Intro14:00 Ons hoop het 'n Naam | Waarheid 124:40 Ons hoop het 'n volmaakte tyd | Waarheid 233:34 Ons Hoop kom weer | Waarheid 3-------------------------Christelike hoop is nie bloot optimisme dat môre beter sal wees nie. Dit is vertroue in Jesus vandag. Ons omstandighede kan verander, maar Jesus verander nooit.Skakel saam met ons in by Tygerberg Gesinskerk en deel hierdie boodskap met iemand wat moed verloor het of lank vir 'n antwoord wag.-------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#HoopHetNNaam #GodSeTyd #JesusOnsHoop #TygerbergGesinskerk #Sondagdiens
Send us Fan MailHandelinge 4:31,33 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Iets wat baie kerkmense pla, is die manier waarop die gemeentelede optree. Jy sien kerke skeur en die helfte van die mense loop uit; soms baklei hulle selfs in die hof oor hul verskille. Regtig? Is dit hoe dit veronderstel is om te wees?In die vroeë 1700's het 'n klein groepie gelowige vlugtelinge uit Morawië, wat ons as Tsjeggo-Slowakye ken, vir vervolging gevlug. Hulle het gaan wegkruip op die plaas van graaf Nikolaus von Zinzendorf. Aanvanklik was daar baie spanning in die groep, maar op 13 Augustus 1727 het iets besonders gebeur: tydens 'n nagmaaldiens het hulle beleef hoe God se genade oor hulle uitgestort word.Die bakleiery het opgehou, daar was skielik 'n atmosfeer van versoening en hulle was weer in volle akkoord. Van daardie oomblik af het alles verander. Binne 'n paar dekades het hierdie vlugtelinge, sendingwerkers na Afrika en Amerika gestuur en die Morawiese beweging het een van die grootste sendingaksies ooit geword.Kyk wat sê die boek Handelinge:Handelinge 4:31,33: Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Hier is die kruks van die probleem. Wanneer ons eie wil en begeertes ons lewens regeer, en ons net heeltyd reg wil wees ... gaan dit net op één manier eindig: in ‘n bakleiery en verdeeldheid.Maar wanneer ons toelaat dat God se Heilige Gees ons vul, net soos Hy met die apostels gedoen het, sal sy krag en sy genade ons heeltemal beheer. Dis mos die genade wat ons nodig het!Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jy mag die emosie voel, maar jy moet daaroor heers...
Send us Fan MailSpreuke15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. Daar is ‘n magdom van potensiële bruikbare talent wat in die agt miljard mense op aarde opgesluit is. Maar dit is tragies watter enorme deel van daardie talent verlore gaan, bloot omdat die wêreld dit nie waardeer of erken nie. Dink ‘n bietjie daaroor na. Die verlies van al daardie talent is verstommend!In 'n wêreld waar almal om aandag en sukses meeding, is daar soveel mense wat deur moeilike en onregverdige omstandighede benadeel word. Mense word geoordeel volgens hul uiterlike, of waar hulle vandaan kom. Jy moet jouself afvra, hoekom doen ons dit? En hoekom laat God dit toe?Spreuke 15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.Neewat, niks het God se aandag ontglip nie. Die verskriklike dinge wat ons aan ander doen, gebeur onder sy neus. God sien die kwaad raak, en Hy sal daarmee afreken wanneer die tyd aanbreek. Maar intussen is daar iets wat jy en ek kan doen wat 'n groot verskil in soveel mense se lewens sal maak: Die ou vertaling praat van die sagtheid van tong as 'n lewensboom. Die oorspronklike Hebreeus praat van daardie vriendelike woorde as 'n genesende tong. Dit is spraak wat herstel, streel en aanmoedig; dit bring vitaliteit, groei en seën – dis soos 'n lewegewende boom.Dis opmerklik hoe min aanmoediging sommige mense eintlik nodig het om hulle volle potensiaal te bereik. Jy kan die een wees wat deur jou vriendelike woorde; jou genesende tong, hul lewens herstel tot alles wat God dit beplan het om te wees. Ja ... jy kan die instrument wees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailPrediker 11:4-6 Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.Ons ken almal daardie verskoning van, wag vir die "perfekte oomblik" voordat ons optree. Maar die lewe werk nie so nie. Geleenthede glip verby terwyl ons huiwer; en in ‘n oogwink is die oomblik heeltemal verby.Om die eerste tree in ‘n nuwe rigting te gee, is dikwels uitdagend. Dit is beslis ook uitputtend om die duisendste tree te gee op die geykte weg. Uitstel lyk inderdaad aanloklik; waar jy ook al op jou reis is.Prediker 11:4-6 Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.Ag, vandag is te winderig, ek kan nie saai nie. Kyk na daardie stormwolke. Nee dis nie 'n goeie tyd om te oes nie.Sien jy? Uitstel is altyd 'n opsie! Waar jy ook al op die reis is. Maar diep in jou hart weet jy: hoe vinniger jy die moeilike dinge doen wat jy eintlik wil vermy, hoe vinniger sal jy die goeie dinge ontvang wat jy eintlik wil hê.Ja, daar is risiko's en onsekerhede langs die pad, maar net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan.God is op hierdie reis saam met jou, hou dus op om uit te stel. Begin saai.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Matt. 22:39 Afrikaans OV)
Hoe sal mense weet dat ons dissipels van Jesus is? Nie deur geraas, gawes of goeie bedoelings alleen nie — maar deur liefde.In hierdie boodskap kyk Chris Heunis na 1 Korintiërs 13 en Johannes 13:35, waar ons herinner word dat God se liefde nie net iets is wat ons ontvang nie, maar iets wat deur ons moet vloei na ander mense. Ware liefde vra oorgawe, nederigheid en aksie.Mag hierdie boodskap jou help om eerlik te bid: “Here, leer my opreg liefhê.”Gaan vandag en wees God se liefde vir iemand.#TygerbergGesinskerk #LeerMyLiefhê #GodSeLiefde #AfrikaansePreek #Johannes1335 #1Korintiërs13-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS:0:00 Intro20:16 ‘n Offer sonder liefde is niks (1 Kor 13:3) | Punt 128:44 Jy moet met Christus beklee word (1 Kor 13:4-6) | Punt 2-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
Send us Fan Mail1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. Jy kan maar net om jou rondkyk en jy sal sien dat mense desperaat soek na iets wat eg is. Ons word oorweldig deur die nuus, ons kyk na dopamien-treffers op ons skerms, en dan lê ons snags met 'n pyn in ons harte wakker.Die vals belofte van vreugde is die slagyster wat soveel mense daartoe lei om dit op al die verkeerde plekke te soek. Een van daardie plekke is op ons slimfone; ons hoop om daar iets raak te loop wat vir ons plesier sal verskaf.So, kom ons slaan vandag 'n ander rigting in:1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. (DB)Petrus wil die nuwe Christene wat werklike probleme van hulle afsondering, laster en dreigemente ervaar, bemoedig. Hulle is op hierdie stadium darem nog nie vir die leeus gevoer nie, maar hulle kry swaar om in 'n vyandige kultuur aan Jesus getrou te bly.Petrus vertel hulle van 'n vreugde wat hul vyande nooit kan steel nie. Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom.Nee, my vriend, hierdie is nie die een of ander brose gevoel van vreugde, van troos, of goedkeuring, wat soos mis voor die son verdwyn nie. Nee, dit is die vrug van die Gees, wat op Christus gevestig is, wat in die hitte van beproewing ontwikkel het.Die wêreld se vreugde vervaag vinnig. Maar die Gees se vreugde? Dit sal deur lyding voortduur. Jesus se Lig skyn die helderste in die duisternis. Laat jou vreugde volkome wees. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. (Matt. 22:36-38 Afrikaans OV)
Send us Fan MailSpreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Skinder en stories oorvertel, is so oud soos die berge self! Dit is in die Bybel waar ons hoor dat dit reeds in die Tuin van Eden al voorgekom het. Ja, die oorvertel van geheime en onwaarhede oor ander mense is een van die grootste versoekings van die mensdom. Die slang in die Tuin van Eden het dit afgeskop deur die waarheid oor God te verdraai om vir Adam en Eva die groot leuen oor hul Skepper te vertel.Anne Boleyn, die tweede vrou van Koning Hendrik VIII, was die teiken van hofdienaars en politieke mededingers wat jaloers was op haar invloed. Hulle het om die hoekies gefluister en haar belaster; hulle het haar van egbreuk, bloedskande en heksery beskuldiging en die nuus vinnig versprei.Alhoewel dit absoluut onwaar was, is dit gebruik om 'n saak teen haar te bou. Sy is in die Toring van London onthoof. Met haar wrede dood, is dinge in Engeland gedestabiliseer, die troonopvolging is radikaal verander en daar het politieke onrus ontstaan.Hoeveel mense se loopbane, reputasies en lewens is deur die eeue heen verwoes deur ydele of kwaadwillige skinderstories? Daar moet sekerlik miljoene van hulle wees. Dis nogal iets om oor na te dink, voordat jy volgende keer in die versoeking kom om deel te neem aan ‘n skynbaar onskadelike ou skinderstorietjie.Spreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.Jy mag baie populêr voel wanneer mense om jou saamdrom terwyl jy 'n sappige skinderstorie oordra. Hulle mag dalk in hulle noppies wees wanneer hulle 'n vuil geheim hoor. Maar pasop! Hulle sal jou nooit weer vertrou nie, want hulle weet nou dat jy net so maklik oor hulle ook kan skinder!Skinder mag dalk onskuldig lyk, maar dit dra die krag om mense se lewens te vernietig. Skinder is die duiwel se radio; moenie sy platejoggie wees nie!Mense wat geheime oor ander vertel, kan nie vertrou word nie. Diegene wat vertrou kan word, se geheime gaan na hulle graf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jean-Yves or JY as he is fondly known, was born in France, awarded young entrepreneur, then moved to Malaysia & created Deriv a successful trading platform. Now his passions lie in owning & preserving islands in the north of Vanautu, Ratua & Kwakea,
Send us Fan MailGoeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Junie.Dis altyd vir ons 'n groot bederf om deur hierdie nuusbrief by jou in te loer. Ons wil hê jy moet vandag weet hoe opreg ons jou waardeer. Jy is nie net 'n intekenaar op 'n lys nie; jy is 'n noodsaaklike vennoot in God se Koninkryk. Wanneer ons praat van jou vennootskap in 'n wêreldwye bediening, praat ons van getroue dissipelmakers soos Berni se Poolse vriend, Henryk Dedo. Henryk vertaal die FRESH-boodskappe in Pools — 'n land waar slegs 0.4% van die bevolking Protestantse Christene is. Hy deel dit tans op sosiale media en 39 radiostasies dwarsoor Pole.Henryk is prakties en vindingryk, en die boodskappe wat hy deel sny reg deur tot op die been. Hy hou daarvan om alledaagse dinge te gebruik om mense tot selfondersoek te dwing. Hier is 'n situasie wat hy onlangs gedeel het:Jy is régtig lus vir 'n lekker koppie koffie. Jy stap by jou gunsteling-koffiewinkel in en bestel 'n cappuccino. Terwyl jy rustig sit en rondkyk en jou eerste slukkie neem, sien jy hoe die kelner die gebruikte koppie van die tafel langs jou wegvat. Sonder om twee keer te dink, gebruik hy dieselfde vuil koppie om die volgende persoon se koffie in te skink. Hoe sou dit jou laat voel?Dit is presies waaroor Jesus in Matteus 23:26 waarsku: “Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.”Bid asseblief saam met ons:o Vir Henryk in Pole: Dat die Here sy werk sal seën en 'n groot oes vir die Koninkryk sal inbring.o Vir ons plaaslike radiostasies: Vir geseënde uitsendings op ons vennoot-radiostasies in Suid-Afrika en Namibië. Bid vir elke omroeper wat daagliks VARS en Izwi EliFresh (in Zulu) uitsaai.o Vir die luisteraars: Dat die Here hierdie daaglikse boodskappe sal gebruik om mense se harte aan te raak en hulle verhouding met Hom te versterk.Ons hoor baie graag van jou! As VARS jou lewe op een of ander manier aangeraak het, deel asseblief ‘n kort getuienis by die skakel hieronder: https://forms.gle/47qNnqQ8HnnhFVrY6 Elke gebed bring hoop. Elke getuienis verander ‘n lewe. Seënwense en mooi loop.Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jy mag nie begeer nie.
Send us Fan MailPsalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op 'n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontstellend om te weet dat dié persoon wat mense dink jy is, nie is wie jy werklik is nie! Hulle sal ontnugter wees om te ontdek dat jy ook soms twyfel, dat jy ook donker gedagtes het wat binne-in jou rondmaal.Ferdinand Waldo Demara was gedurende die vorige eeu bekend as die Groot Bedrieër. Hy het homself op ‘n kol voorgedoen as 'n monnik, toe ‘n sielkundige, toe ‘n tronkbewaarder en toe selfs as ‘n chirurg - alles sonder enige kwalifikasies. Tydens die Koreaanse Oorlog het hy groot operasies aan boord van 'n Kanadese oorlogskip uitgevoer deur die vorige aand mediese handboeke te memoriseer.Hy is in die openbaar geprys as 'n heldhaftige dokter wat lewens red. Maar agter die skerms was dit alles 'n leuen. Hy het gesê hy wou "die mensdom dien", maar hy het instellings en individue voortdurend mislei en dikwels lewens in gevaar gestel. Sy sjarme het 'n diep agterbaksheid bedek. Sy uiterlike beeld was dié van eerbaarheid; hy het so edel en bekwaam voorgekom, maar dit was alles op bedrog gebou. Kyk wat bid die psalmis in: Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op 'n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB)"Om reëls te volg" is nie deesdae gewild nie, nè? Maar hoe meer jy die Woord van God jou laat beïnvloed; hoe meer jy toelaat dat sy goedheid jou gids is; hoe minder van 'n bedrieër word jy. Jy ontwikkel ‘n dors om jou Bybel te lees en jy ontwikkel die begeerte om meer en meer soos Jesus te word.Moenie 'n bedrieër wees nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jy mag nie jok nie.
Jy mag nie steel nie.
Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
Jy mag nie moord pleeg nie.
Jy is nie 'n produk van jou verlede nie.
Send us Fan MailSpreuke 2:3-6 indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos 'n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB) Wanneer ons by die punt kom waar ons glo dat ons alles weet, is daar een ding seker: ons is regtig te onnosel om te weet wat ons nie weet nie! Ons is so verblind deur ons eie opgeblase sin van ons eie slimmigheid, dat ons blind is vir die feit dat ons minder as niks weet nie. En kom ons wees eerlik, ons is almal al deur so ‘n vernederende proses.Die meeste van ons het daardie een ding waarin ons regtig uitblink; daardie een ding waarin ons beter is as die meeste mense rondom ons. Miskien is jy een van daardie mense wat, anders as ek, intuïtief aanvoel hoe ander voel? Dit is dus maklik vir jou om minagtend na iemand anders te kyk wat nie dieselfde talent as jy het nie en te dink: Wat is fout met hom? Ek is soveel beter as hy!Ek kan so vinnig soos die wind skryf. Ek kan komplekse idees bymekaarbring en dit op 'n eenvoudige maar boeiende manier verduidelik. Hoe maklik is dit dan nie vir my, om met my neus in die lug na ander te kyk wat sukkel om vlot te skryf?Wanneer ons so optree, vertroebel ons trots ons oordeel en ons weet mos hoogmoed kom tot ‘n val. So, hier is God se alternatief:Spreuke 2:3-6 ...indien jy na insig in die alledaagse lewe smag en meer kennis begeer oor hoe om te leef, indien jy heeltyd hierna soek soos 'n mens na kosbare silwer of na skatte soek, sal jy die Here se liefde begin verstaan. Jy sal weet hoe om wys en gelukkig te leef. Onthou egter net een saak: wysheid om reg te leef kom net van die Here af. Kennis en insig is net by Hom te kry. (DB)Slim mense gee slim antwoorde, maar wyse mense vra slim vrae. Hulle is nederig, hulle is leerbaar, en dit is presies wat God van ons verwag. Vra Hom om vir jou kennis en wysheid te gee.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jy moet die Sabbatdag heilig hou.
Jy mag die Naam van God nie misbruik nie.
Jy mag nie afgode aanbid nie.
Send us Fan Mail1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB) Weet jy hoekom ek van jou hou? Ek is mal oor die feit dat jy so anders as ek is. Jou motivering is heeltemal anders en jy het ander vermoëns wat in jou DNS ingebed is. Jy het ook unieke ervarings deurgemaak, wat jou gevorm het. Ongelukkig is daar baie mense wat hul gawes en hul vermoëns met ander vergelyk en hulself as minderwaardig beskou. Maar dis 'n groot fout!Tydens die Kubaanse Missielkrisis van 1962, was Vasily Arkhipov tweede in bevel op 'n Sowjet-duikboot gewapen met kernwapens. Omdat hulle geglo het dat die oorlog reeds uitgebreek het, het die bemanning alles gereed gekry om ‘n kernwapen te lanseer. Twee senior offisiere het dit goedgekeur - maar die Sowjet-protokol het drie vereis. Arkhipov was die enigste een wat geweier het. Hy het daarop aangedring om na die oppervlak te kom en op bevele te wag.Hy was nie die offisier met die hoogste rang aan boord nie, ook nie 'n politikus of wetenskaplike nie - net 'n gedissiplineerde vlootoffisier met die morele moed van sy oortuiging en die vermoë om kalm te bly onder druk. Sy selfbeheersing, wat deur sommige mense as ‘n swakheid beskou is en deur sy mede offisiere as vrees bestempel is, het die wêreld van vernietiging gered.1 Petrus 4:10 God het aan elkeen van julle uitsonderlike talente gegee. Moenie dink dit is julle wat so goed is nie. Nee, dit is God wat eintlik so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. (DB)Kom ons sê jy is Vasily in daardie duikboot. Die spanning loop hoog. Jou kaptein beveel jou om te gehoorsaam. Hoe belangrik beskou jy jou vermoë om op daardie oomblik kalm te bly? Jy het natuurlike gawes en vermoëns ontvang wat diegene rondom jou nie het nie. En die taak wat God jou gegee het, is om dit te gebruik; al is dit oënskynlik onbeduidend vir jou. Ons het jou nodig. Reik uit en gee dít, wat jy ontvang het, asseblief aan na die volgende persoon!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek waar jy nooit verwag het om te wees nie. Maar weet jy, dit kan net mooi die grootste geleentheid vir God wees om vir jou ‘n besondere geskenk te gee!In 1931, op sewejarige ouderdom, het Jacques Lusseyran in 'n ongeluk sy sig verloor. Sy wêreld het oornag verander. Maar hy het vinnig by sy blindheid aangepas en eerder as om wanhopig te word, het hy buitengewone insig en deursettingsvermoë ontwikkel. As ‘n jong seun het hy besorgd geraak oor Hitler se mag. Hy het besluit om Duits te leer sodat hy radio uitsendings kon volg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n leier van ‘n Franse Weerstandsbeweging geword. Hy is deur die Gestapo gearresteer en na Buchenwald gestuur, waar hy een van die min mense was, om, ten spyte van die wrede toestande, sy gevangeskap te oorleef. Sy blindheid het 'n geestelike lens geword waardeur sy insig, moed en deernis verskerp is. In sy memoir, And There Was Light, skryf hy: Ek het vrede in my hart gehad, want ek het ontdek dat vreugde in duisternis kan bestaan.Romeine 5:3-5 … Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Wanneer die lewe onverwags verander, gee God jou die geleentheid om te groei. Wanneer jy deur lyding volhard, bou dit ongetwyfeld jou karakter. Jy stap saam met Jesus deur daardie hel. Hy sal jou vul met 'n rotsvaste hoop wanneer Hy deur sy Gees, sy liefde in jou hart uitstort.Moenie blind wees vir die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailRomeine 14:11-12 want daar staan geskrywe: So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Sommige dinge is baie duidelik sonde. Jy mag nie moord pleeg nie, dis tog voor die hand liggend, nè? Jy mag nie egbreuk pleeg nie – dis ook logies, maar deesdae ongelukkig nie ‘n baie populêre ding om te sê nie. Ander dinge is, wel, nie so voor die hand liggend nie. En daardie nie-so-voor-die-hand-liggende- dinge veroorsaak baie konflik.Hier is ‘n moeilike vraag: Beteken genadedood 'n deernisvolle keuse om lyding te beëindig, of is dit 'n skending van die heiligheid van lewe? Is kunsmatige intelligensie 'n wonderlike ontdekking, of hou die ongereguleerde ontwikkeling daarvan ‘n bedreiging vir die mensdom se bestaan in?Ek is seker jy het jou eie siening oor daardie, en oor baie ander sogenaamde grys areas, wat ons begrip van reg en verkeerd bepaal. Maar, wanneer boosheid onder die vaandel van sosiale vooruitgang gepleeg word, moet dit gekonfronteer word. En soos opinies meer verdeeld word, en soos samelewings meer verskeurd raak, en soos die media meer venynig word, moet jy jouself afvra, watter rol speel ek in die negatiewe dinge wat om ons gesê word? Waarom gooi ek klippe na ander, eerder as om in die spieël na myself te kyk? Romeine 14:11-12 “So seker as Ek lewe,” sê die Here, “voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.Terwyl ons so besig is om ander te oordeel, moet ons onthou dat God alleen die regter is, en dat ons almal eendag voor Hom verantwoording sal moet doen.Nederigheid en selfgeregtigheid is vyande. Voordat jy iemand se kop in 'n argument afbyt, onthou dat elkeen van ons aan God sal moet rekenskap gee.Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Joe Young and the Knicks are the 2 hottest things in NY right now. JY is back in the studio to recap his massive Kentucky Derby win with the Ortiz Brothers Exacta and also breakdown the 2026 Preakness field. At the 32-minute mark we talk Knicks. Listen here now!!
對占星有興趣的朋友可以在這裏找到JY老師:
Charlotte and Portland both won their games in the Play-In last night. 2 more games tonight. Matt welcomes the host of The Coach's Edge with JY, Coach James Young to talk about the NBA today.
Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk. Siel, Waarom is jy So Neerslagtig?Psalms 42 & 43Het jy 'n onversadigbare honger en dors na die teenwoordigheid van die Here? Voel jy soms paradoksaal naby en tog ver van die Here. Jy is in Christus, en tog voel jy op 'n gegewe oomblik verlate van Christus. Hierdie psalm begin met 'n soeke en begeerte ('n passievolle, emosionele werkwoord) na die lewende God. Ons soek Nie godsdiens, dooie gode en tradisies nie... maar na die lewend-makende bruisende Gees van die lewende God, die oorsprong van alle lewe! https://www.harvestercederberg.co.za/die-kuns-om-in-god-se-aangesig-jouself-te-versterk/
00989B台新美國非投等債(本基金之配息來源可能為收益平準金且無保證收益及配息)用心挑選票息6.5%以上美國企業債採月配息機制,讓你掌握收益機會了解更多
Presenting Sponsor Thirdzy! https://thirdzy.com/JAZZYPromotion Code for 15% off: JAZZYEveryday we take a break from the busy work day to catch our breath, hang out with friends and talk about the world of Sports, Entertainment and specifically CrossFit. Today we talk about the JY and BFriendly top 100 lists, and why do we need this? CrossFit Oslo is back to defend and finalize their roster. Should we embrace what we suck at?
Episode Description: It's December. Again. And the end-of-year chaos is real. This episode is your invitation to slow down, find comfort, and embrace joy through the art of going little. In this episode, we explore the Danish concept of Hygge and I share simple, science-backed practices to help you pause, reset, and reclaim calm during the busiest season of the year. From holding a warm drink to creating a cozy nook, or winding down with an intentional end-of-day ritual, these small, intentional actions are ways to soothe your nervous system and reconnect with yourself. What You'll Learn in This Episode: How warmth can regulate your nervous system and reduce stress The power of sensory anchoring to calm your mind The concept of environmental containment and creating a cozy sanctuary How to create an End-of-Day Soft Landing for better rest Why doing less doesn't mean feeling less or being less Key Takeaway: Whether it's holding a warm drink, anchoring yourself in a favorite sensory cue, carving out a cozy nook, or gliding gently into sleep, each of these practices invites intentional ease. Go little. Comfort, joy, and presence are not indulgent; they're essential. Resources & References: The Year of Living Danishly by Helen Russell The Little Book of Hygge Yang, Z., Su, Q., Xie, J. et al. Music tempo modulates emotional states as revealed through EEG insights. Sci Rep 15, 8276 (2025). https://doi.org/10.1038/s41598-025-92679-1 Yang, SY., Wang, JY., Liu, C. et al. Effects of binaural beat therapy with different frequencies on autonomic nervous system regulation among college students. BMC Complement Med Ther 25, 206 (2025). https://doi.org/10.1186/s12906-025-04922-x Listen, Subscribe, Connect! Instagram: @AdvancingWomenPodcast https://www.instagram.com/advancingwomenpodcast/?hl=en Facebook: Advancing Women Podcast https://www.facebook.com/advancingwomenpodcast/ LinkedIn: Dr. Kimberly DeSimone https://www.linkedin.com/in/kimberly-desimone-phd-mba-ba00b88/
Presenting Sponsor Thirdzy! https://thirdzy.com/JAZZYPromotion Code for 15% off: JAZZYEvery day we take a break from the busy work day to take a breath, hang out with friends and talk about the world of Sports, Entertainment and specifically CrossFit. Today is Black Friday we talk about the WFP Fiasco of releasing events, What's wild is that isn't even the biggest screw up of the week, More thoughts on JY's Mountain, and what a day of Football.