Podcasts about kyk

  • 87PODCASTS
  • 596EPISODES
  • 19mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Sep 16, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about kyk

Show all podcasts related to kyk

Latest podcast episodes about kyk

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.72 (16.09.26) - (Afr.) - Soek die Woord van God nou, terwyl dit nog te vinde is

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Sep 16, 2026 2:50


Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor. En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie. (Amos 8:11-12 Afrikaans OV)

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Marius Schoombie oor donker tye en 'n vreemde lig

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Sep 14, 2026 19:43


Ons gesels oor misdaad. Marius Schoombie is geen polisieman of 'n kriminoloog nie — hy is 'n dominee by Stellenberg gemeente — maar hy het dit al aan sy eie lyf gevoel. 'n Paar keer. En hy het stories om te vertel! Van dit tragies en wreed, maar dan is daar ook 'n inspirerende misdaadverhaal. 'n Verhaal so beautiful dat dit mens weer hoop gee.   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Die slang se gif en die Kruis se genesing

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Sep 14, 2026 5:52


Wanneer die gif van sonde, skuld of versoeking jou raak, onthou: moenie net na die wond kyk nie. Kyk na die Kruis. Daar is genesing in Christus.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Stilbly nie Goed is Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 8, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV) Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar diep binne weet jy dit is nie reg nie.Toe president Abraham Lincoln die eerste weergawe van ‘n wet voorgestel het, het baie van sy kabinetslede sonder om te murmureer, saamgestem. Dit was 'n gewaagde stap – te gewaagd, het sommige van hulle gedink – maar hulle het nie die moed gehad om te praat nie.Een van sy ministers het egter die moed bymekaar geskraap om vir Lincoln te sê dat die tydsberekening vir die proklamering van die wet verkeerd was. Lincoln het na hom geluister, en die aankondiging uitgestel. Toe hy dit uiteindelik bekend gemaak het – nadat die lug gesuiwer en sy kabinet weer positief was – het hy die nasie oortuig en die verloop van die geskiedenis verander.Die minister se moed om die moeilike raad te gee, het nie net sy president gehelp nie, maar ook sy eie invloed en vriendskap met hom versterk.Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)Ware vreugde kom nie daarvan om ongemaklike dinge te vermy nie. Dit kom wanneer jy die moed het om die waarheid in liefde te praat – op die regte tyd en op die regte manier.Daardie soort direkte raad kan iemand vir wie jy omgee, genees. Dit kan hulle help om 'n koersaanpassing te maak, of hulle bloot te beskerm. So, as God jou vandag aanspoor om jou stem te laat hoor – moet asseblief nie terugdeins nie. Die maklike roete mag jou ongemak spaar, maar 'n moedige woord wat in liefde gesê word, kan alles verander.Wie in jou lewe het daardie tydige woord van jou nou nodig?Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag..Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us Fan MailRomeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. Ons bekommer ons so baie oor ons werk en die dinge wat nou vir ons swaar is. Al voel hierdie dinge op die oomblik groot, is dit klein binne die groter prentjie van God se verhaal.In 1903 het Eugene Aldrin gekyk hoe die Wright-broers die eerste aangedrewe vlug voltooi. Hy was toe nog 'n jong man. Dekades later het sy eie seun, Buzz Aldrin, op die maan geloop. Eugene het albei beleef. Ongelooflik!Een leeftyd het die mensdom se grootste lugvaart-spronge gedek. Dit strek van brose vlerke oor sandduine tot voetspore op die oppervlakte van die maan. Tog is hierdie groot prestasies bitter klein. Dit sal skaars twee druppels in die emmer van die heelal se skepping wees.Romeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.Die heelal strek verder as wat ons kan dink - sterrestelsels, sterre en ligjare wat ons nie eers kan meet nie. En elke deel daarvan verkondig sý majesteit.So, hoekom is ons so dikwels behep met die hier en die nou? Hoekom kyk ons net vas teen die dinge wat dringend is, terwyl die ewige dinge bokant ons skyn? Selfs die maanlanding is niks in vergelyking met die glorie van die Een wat die maan op sy plek opgehang het nie. En hier is die uitdaging. Kyk op. Kyk verby die alledaagse dinge. Moenie net vaskyk teen aardse dinge nie, maar fokus op Christus wat oor alles regeer. Want wanneer jy dit doen, word jou probleme minder, jou hoop groei, en jou hart aanbid. Die hemele verkondig die mag van God. Gaan jy ook oor Hom getuig?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

NTVRadyo
İşe Giderken - 03 Eylül 2026

NTVRadyo

Play Episode Listen Later Sep 3, 2026 70:21


God se Woord VARS vir jou Vandag
Christus op Straatvlak

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 2, 2026 3:20 Transcription Available


Send us Fan MailMatteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.'' So baie Christene verlang vandag daarna dat Jesus in heerlikheid moet terugkeer, en dis wonderlik. Ons sing daaroor. Ons preek daaroor. Halleluja! En tog, stap ons baie keer by die arme, die sieke, die vlugteling, die vergetene by Hóm verby, sonder dat ons dit besef. Kyk jy net op na die lug en wag op Jesus se koms, terwyl jy weier om Hom raak te sien in die mense wat nou hier rondom jou swaarkry?Die geskiedenis het al oor en oor gewys hoe rampspoedig dit is as mense blind is vir ander se nood. Vat nou maar die groot aartappel-hongersnood in Ierland gedurende die middel-1800's. Terwyl miljoene mense daar letterlik van die honger gesterf het, het die land aangehou om kos uit te voer na die ryk markte in die buiteland. Die politieke leiers van daardie tyd het allerhande verskonings uitgedink om dit goed te praat. Selfs van die kerke het die mense wat honger ly in die steek gelaat en eerder gekies om die mense met die mag te ondersteun.Heeltemal te veel mense het gesterf omdat ander mense hul eie gerief as belangriker beskou het as om liefde te bewys; en omdat gelowiges bang geword en stilgebly het. Dit was 'n verskriklike fout wat hulle gemaak het om nie vir Jesus ín die mense wat honger was en sleg behandel is, te herken nie. Maar weet jy, Jesus was baie duidelik hieroor! Toe Hy verduidelik het wat op die laaste oordeelsdag gaan gebeur, het Hy hierdie woorde gesê oor die mense wat nie die armes, die behoeftiges en die randfigure wou help nie.Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.''Hierdie woorde laat ons sonder enige verskonings. Om Jesus te volg beteken nie net om te sit en wag dat Hy op die wolke terugkom nie. Dit beteken om Hom nou al raak te sien - in die gesig van die vlugteling, in die oë van die boemelaar, en in die nood van mense wat onderdruk word. So hier is die groot vraag: kyk jy net op na die hemel en wens dat Jesus moet kom, terwyl jy Hom miskyk waar Hy reg voor jou staan? Want as jy weier om die geringstes of onbelangrikste mens te help, weier jy om vir Jesus te help. Die opdrag is eintlik baie maklik. Maak jou oë oop. Sien Hom raak. Dien Hom. Wys vir Hom jou liefde deur daardie geringstes lief te hê. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Christus is By die Hek

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 27, 2026 3:02 Transcription Available


Send us Fan MailDeuteronomium 27:19 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie! Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!'” Wanneer dinge om ons te vinnig verander, voel dit soms of ons ou tradisies wegraak. Ek dink dis heeltemal natuurlik om dan bang te wees. Politici stry en mense kies kante. Intussen worstel gewone mense soos ek en jy met moeilike vrae: Hoeveel verandering kan ons eintlik hanteer? Waar ontmoet deernis en gesonde verstand mekaar?Terwyl jy oor hierdie vrae dink, kyk na:Deuteronomium 27:19: Vervloek is elkeen wat die reg van 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee skend.Dit is baie kragtige woorde. Dit wys God is doodernstig  oor hoe sy mense die mees kwesbare mense behandel—insluitend die buitestaander en die vreemdeling.Natuurlik is dit ingewikkeld. Regerings moet moeilike besluite neem. Maar vir my en jou, as volgelinge van Jesus, is die opdrag duidelik. Wanneer ons 'n nuwe mens sien, sien ons nie in die eerste plek 'n bedreiging vir ons eie lewenswyse nie. Ons sien iemand wat na die beeld van God geskep is. Ons sien iemand vir wie Christus gesterf het.Onthou ook: die Evangelie self het begin te midde van 'n groot botsing tussen verskillende kulture. Jesus het grense afgebreek deur saam met uitvaagsels te eet, melaatses aan te raak en nie-Jode te verwelkom. Hy was nie bang dat sy kultuur sou verwater nie. Hy het juis 'n nuwe Koninkryk begin waar elke stam en taal saamhoort.Hier is my uitdaging aan jou: Kyk jy na vreemdelinge en nuwelinge deur die lens van vrees, of deur die oë van Christus? Dit is beslis moeilik. Dit mag ons ons eie gemak kos. Maar die kruis was ook nie gemaklik nie.Ons roeping is nie om ons kultuur ten alle koste te beskerm nie. Dit is om Christus ten alle koste te weerspieël. Ons moet regverdig, barmhartig en liefdevol wees—selfs teenoor die vreemdeling by ons poort. Dit is hoe die Koninkryk werk.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Dissipline Genade Word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 20, 2026 3:14 Transcription Available


Send us Fan MailOpenbaring 3:19-20 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. Liefde en dissipline - ons bring die twee amper nooit bymekaar uit nie. Ons wil die liefde hê, maar ons is bang vir die pyn van om vasgevat te word. Ware liefde is egter nie ruggraatloos nie; dit is sterk genoeg om die dinge wat sleg is vir ons, uit te wys.. 'n Ouer wat nooit sy kind reghelp nie, is nie liefdevol nie, maar onverskillig. God se dissipline werk net so: Hy gooi ons nie weg nie; Hy herstel ons.Die boek Openbaring in die Nuwe Testament voel soms nogal vreemd. Die visioene van trone, diere, trompette en sterre lyk soos tonele uit 'n ander wêreld. Dit is skitterend, geheimsinnig en amper buitewêrelds. Tog, agter al daardie vreemdheid lê iets diep mensliks wanneer Jesus met sy mense praat. Nie van 'n afstand af nie, maar hier by ons voordeur.Openbaring 3:19–20 sê: Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.Al is die res van die boek vol ingewikkelde simbole, is hierdie gedeelte doodeenvoudig. Die Here klop saggies aan jou hart se deur. Hy raas nie met ons van ver af nie; Hy staan daar met soveel liefde en vra bloot of Hy mag inkom.Dissipline is nooit lekker op daardie oomblik nie, maar dit ruim die rommel op wat tussen ons en God staan. Dit maak plek vir sy teenwoordigheid wat ons regtig versadig. Wanneer ons die deur oopmaak, wag daar nie 'n pakslae nie, maar 'n intieme kuier saam met Hom. Dit is gemeenskap. Stel jou die prentjie voor: die Koning van die Heelal sit daar reg oorkant jou by die tafel. Hy breek brood, lag saam met jou en fluister woorde van vrede in jou hart. Dit is wat sy teregwysing eintlik doen; dit bring jou nader aan Hom in plaas daarvan om jou weg te stoot. Van nou af tot in ewigheid, vind die Een wat ons in liefde reghelp, dit heerlik om net so saam met ons aan tafel te sit en saam met ons fees te vier.Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Augustus Nuusbrief 2

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 19, 2026 2:10 Transcription Available


Send us Fan MailGoeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Augustus. In moeilike tye soos dié waarin ons vandag leef, wil God hê sy kinders – dis nou ek en jy – moet lewens leef wat betekenisvol is, nè?Hy wil hê ons moet in oorwinning leef. Hy wil hê ons moet dapper opstaan vir Christus. Wanneer ek en jy ons geloof met krag en doelgerigtheid uitleef, gebeur iets wonderliks…God werk déúr ons om ander mense nader aan Hom te bring.Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan! Die versoeking is groot om dié idee sommer dadelik af te skryf – Hy kan tog sekerlik nie deur mý werk nie – maar wag net so 'n oomblik. Kyk bietjie hierna: In Numeri 22:28-33 lees ons dat die Here 'n donkie laat praat het om Bileam se lewe te red.Nou wat dink jy daarvan?God het deur 'n pratende donkie gewerk om Bileam se lewe te spaar en hom op 'n nuwe pad te lei. Ons Hemelse Vader het 'n hart wat verlang dat mense nader aan Hom moet kom. Hy moes ‘n donkie gebruik om Bileam se aandag te kry. Wat moet Hy vandag doen om jou aandag te kry?Luister na sy Stem en wees dapper! Gebruik ook die VARS-boodskappe om hoop te versprei. En onthou, God wil deur jou werk.Ons nooi jou uit om deel te word van die span wat hierdie lewensveranderende boodskappe na miljoene bring.Sal jy vandag saam met ons staan?Jy kan bid dat God deur hierdie boodskappe harte sal aanraak.Jy kan gee: Jou finansiële bydrae maak dit moontlik dat ons die Evangelie kan verkondig.En jy kan jou vriende en familie vertel van VARS wat oor die radio, per e-pos en op potgooi beskikbaar is.Seënwense en mooi loop!Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Deon Els, rugby kopdokter, dominee, vredemaker . . .

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Aug 17, 2026 30:30


Hulle noem hom die kopdoter van die Blitzbokke, die Springbok-sewespan wat onlangs gekroon is as wêreldkampioene. Deon Els is ook predikant by Helderberg Gemeente in Somerset-Wes waar hy saam met sy vrou en hulle twee dogters woon en hy het 'n PhD in Politieke Wetenskappe gefokus Konflikbestuur, die kuns van vredemaak.   “Ek spot gereeld dat as ek langs die DHL Stadion staan dan verlang ek na die kerk en as ek by die kerk is dan verlang ek na die rugby . . ."   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise    

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Teësinnige Bekeerling

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 16, 2026 2:48 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie Wat vat dit om 'n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis 'n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie.Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die hele Engeland.Hy is nie deur emosie oortuig nie, maar deur die werklikheid van God wat eenvoudig deurgebreek het in sy lewe.Terwyl hy met die waarheid geworstel het, het hy besef dié God wat hy probeer ontken het, was nie net 'n idee nie, maar 'n Persoon. Daardie ontmoeting met Christus het alles verander – die skeptikus het een van die grootste Christelike skrywers van alle tye geword.Koning Dawid het presies dieselfde besef:2 Samuel 7:22 sê: Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie.Die punt is dat Dawid vir God in aksie gesien het – en hy het gewéét daar is niemand soos Hy nie. Dis die kern van wat die bekende prediker R.C. Sproul gesê het toe iemand hom gevra het wat die verskil tussen die Christelike God en ander gode is. Sy antwoord was eenvoudig: Die grootste verskil is dit – die God van die Christendom bestaan.Die God wat bestaan, is 'n God wat dinge doen. En in Christus het Hy eens en vir altyd ingegryp om jou te red. Moenie net van Hom weet nie. Ervaar Hom. Kyk vandag hoe Hy in jou eie lewe aan die werk is. Want wanneer jy Hom in aksie sien, sal jy ook nie anders kan as om uit te roep:Daar is niemand soos U nie. Daar is geen God buiten U nie! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Slim is nie Genoeg Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 6, 2026 2:30 Transcription Available


Send us Fan MailJakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig. Dis vreeslik maklik om met groot woorde of intelligente argumente slim te probeer klink. Maar ware wysheid gaan nie oor wat jy sê nie; dit gaan oor hoe jy leef. Ek was self nog altyd vinnig met 'n slim antwoord. Dit kan soms werk, maar dit kan ook vinnig arrogant en lelik oorkom. God moes al baie aan my werk om my te leer om sagter te wees en meer deernis te hê – en hy is nog steeds besig met my. Ja, my vriend, wysheid is baie meer as om bloot net slim te wees.Jakobus 3:13 sê: Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.Die wêreld dink dalk wysheid gaan oor 'n hoë IK, sukses of invloed. Maar vir God lê ware wysheid in hoe jy leef: met 'n sagte hart en opregte nederigheid.Ons grootste voorbeeld van ware wysheid sien ons by Jesus. Hy het nie met 'n swaard en geweld Jerusalem binnegestorm om mense te oorheers nie; hy het nederig op 'n donkie die stad ingery. Hy het nie sy vyande vernietig nie, maar sy lewe vir hulle afgelê. In daardie nederigheid het hy vir ons gewys wat ware wysheid is – die wysheid van die kruis.So, as jy wil weet of jy regtig wys is, moenie kyk na hoe slim jy dink jy is nie. Kyk eerder na hoe nederig jy leef – want ware wysheid is altyd sagmoedig en ware wysheid lyk altyd soos Jesus.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Een God, Een Verlosser

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Aug 2, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 43:11-12 Ek, ja, Ek is die Here. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie. Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is, sê die Here. (NLV) Ons leef in 'n wêreld waar almal 'n 'oplossing' vir alles het. Politici belowe hulle gaan die ekonomie regruk en tegnologie maak asof dit enige probleem kan uitsorteer. Dan is daar ook nog die selfhelp-kenners wat sê hulle kan jou hele lewe verander as jy net húlle plan volg. Maar op die ou end stel almal van hulle 'n mens teleur.In 2008 het die wêreldwye finansiële krisis alles ontwrig. Banke het toegemaak en markte het heeltemal in duie gestort. Jare lank het mense geglo die stelsel sal hulle altyd veilig hou, maar in 'n kwessie van weke het triljoene dollars net verdwyn. Alles wat almal gedink het veilig is, was toe glad nie. Kyk wat sê die Here:Jesaja 43:11-12 Ek, ja, Ek is die Here. Buiten My is daar niemand wat jou kan red nie. Ek het die verlossing aangekondig. Ek het eers gesê wat Ek gaan doen en julle toe gered. Geen vreemde god kon dit doen nie. Julle is getuies dat Ek die enigste God is, sê die Here. (NLV)Dit klink taamlik duidelik, nè? Daar is net één God. Een Verlosser. Israel se geskiedenis is vol tye waar hulle agter ander gode aangehardloop het, net om aan die kortste ent te trek. En dan herinner God hulle: Dit was Ek. Dit was altyd ek.En toe - eeue later - het daardie waarheid vlees en bloed geword. Jesus is God se reddingsplan. Hy is ons Redder. Nie rykdom nie. Nie krag nie. Nie politiek nie. Net Christus Jesus ons Here.Ja, my vriend, ek kan jou verseker dat indien enige iemand anders, of iets anders waarin jy glo, jou nog nie al klaar in die steek gelaat het nie; dit jou eendag sal teleurstel. So wanneer alles om jou wankelrig voel, moenie jou vertroue in tydelike redders plaas nie. Plaas jou hoop waar dit hoort - in die enigste Een wat nooit faal nie: Jesus.Dit is God se Woord. Vars ... Vir jou... Vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God, U is My God

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 21, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 63:2 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Het jy al ooit wakker geword met 'n droë mond, 'n krapperige keel en 'n dors na water asof dit die enigste ding is wat saak maak? Fisiese dors is erg. Maar wanneer jou siel dors is, is dit 'n ander soort pyn. Een wat jy nie met 'n glas water kan les nie.In 1901, in die versengende hitte van Wes-Australië se goudvelde, moes delwers diep grawe - soms honderde meters - net om water te kry. Baie van hulle het gesterf terwyl hulle probeer het. Nie omdat daar geen water was nie, maar omdat hulle nie geweet het waar om te grawe nie en ook dikwels omdat hulle te gou moed opgegee het.Die woestyn was nie net warm nie. Dit was dodelik. Iets wat koning Dawid van Israel maar te goed geken het:Psalm 63:2: Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.Dawid was nie net besig om poëties te wees nie. Hy was letterlik in die wildernis, besig om vir sy lewe te vlug. Geen tempel nie. Geen menigte mense nie. Geen gemak nie. Net droë, eensame, verlate terrein. En tog was daar iets wat hy baie nodiger gehad het as water en al die ander dinge! Hy het vir God nodig gehad.Want wanneer jou siel dors is, wanneer jy alles probeer het en daar niks is wat daardie diep dors les nie; is God die enigste Een wat jou kan verkwik. Nie rykdom nie. Nie gemak nie. Nie godsdiens of rituele nie. Net 'n diep, opregte verhouding met God self.Kyk, die vraag is nie of God daar is of nie. Natuurlik is Hy daar. Die vraag is: Grawe jy op die regte plek? Of is jy dalk te moeg om te soek?God kruip nie vir die dorstiges weg nie. Hy versadig hulle.So, as jou siel vandag dor is, begin deur na Hom uit te roep: “O God, U is mý God.” En moenie ophou soek nie.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Frikkie Coetzee

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Jul 19, 2026 38:01


"Die groot gevaar is dat ons vandag wil onttrek en terugtrek en bedreig voel, terwyl die liefde van die Here ons juis oor grense vat. Wanneer ons oor grense beweeg, buite ons gemaksone, ontdek ons 'n nuwe wêreld saam met die Here . . ." Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Skenk Genade

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 18, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailHandelinge 4:31,33 Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Iets wat baie kerkmense pla, is die manier waarop die gemeentelede optree. Jy sien kerke skeur en die helfte van die mense loop uit; soms baklei hulle selfs in die hof oor hul verskille. Regtig? Is dit hoe dit veronderstel is om te wees?In die vroeë 1700's het 'n klein groepie gelowige vlugtelinge uit Morawië, wat ons as Tsjeggo-Slowakye ken, vir vervolging gevlug. Hulle het gaan wegkruip op die plaas van graaf Nikolaus von Zinzendorf. Aanvanklik was daar baie spanning in die groep, maar op 13 Augustus 1727 het iets besonders gebeur: tydens 'n nagmaaldiens het hulle beleef hoe God se genade oor hulle uitgestort word.Die bakleiery het opgehou, daar was skielik 'n atmosfeer van versoening en hulle was weer in volle akkoord. Van daardie oomblik af het alles verander. Binne 'n paar dekades het hierdie vlugtelinge, sendingwerkers na Afrika en Amerika gestuur en die Morawiese beweging het een van die grootste sendingaksies ooit geword.Kyk wat sê die boek Handelinge:Handelinge 4:31,33: Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.… Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (NLV) Hier is die kruks van die probleem. Wanneer ons eie wil en begeertes ons lewens regeer, en ons net heeltyd reg wil wees ... gaan dit net op één manier eindig: in ‘n bakleiery en verdeeldheid.Maar wanneer ons toelaat dat God se Heilige Gees ons vul, net soos Hy met die apostels gedoen het, sal sy krag en sy genade ons heeltemal beheer. Dis mos die genade wat ons nodig het!Dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Krag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 16, 2026 2:59 Transcription Available


Send us Fan MailEfesiërs 3:16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Ek weet nie van jou nie, maar vir my lyk dit asof dit al hoe moeiliker word om getrou aan Christus te bly. Dis moeilik om vol selfvertroue te praat oor dít waarin ons glo, of selfs net om aan te hou glo, terwyl almal van ons verwag om in te pas by 'n nuwe, goddelose wêreld. Hoe bly mens tot diep in jou siel getrou aan Jesus?Mariam Farahat was 'n Palestynse Christen wat onder groot druk na Islam oorgestap het, maar later in die geheim na Christus teruggekeer het - al het dit volgens plaaslike wetgewing, die doodstraf beteken. Toe sy gevang is, is sy toegesluit en gemartel. Ten spyte van al die dreigemente en mishandeling, het sy geweier om Jesus weer te verloën. Sy is uiteindelik in 2010 deur ekstremiste tereggestel.Hoewel haar storie buite die ondergrondse kerk nie baie bekend is nie, onthou gelowiges in daardie streek haar as iemand wat, net soos die martelaars van ouds, onder marteling staande gebly het, eerder as om Christus prys te gee. Daardie soort krag voel amper nie menslik nie; dis asof dit uit 'n ander wêreld kom. En dis presies wat dit is! Kyk wat het die apostel Paulus aan sy vriende in Efese in die eerste eeu geskryf:Efesiërs 3:16: Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word.Dit was nie sommer net mooi godsdienstige woorde nie. Dit het daardie Christene baie diep getref, want hulle het onder permanente kulturele en ekonomiese druk geleef; wat beteken het dat dit hulle opregte geloof en moed gekos het om in Jesus te glo. Wat jou ook al jou vandag onderkry - of dit nou versoeking, sonde, verslawing of die druk om in te pas by wêreldse standaarde is; onthou:Die Vader sal vir jou die krag gee om innerlik sterk te wees. Hy sal vir jou daardie krag deur sy Gees gee.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Weet Wanneer om Op te Hou

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 11, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan MailSpreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel. Het jy al opgelet hoe maklik mense deur hierdie samesweringsteorie, of daardie radikale dogma, aan die neus gelei word? Kyk net om jou rond. Soveel mense word in die maalstroom van die sosiale media meegesleur en ingesuig, dat hulle nie meer hul eie opinies kan vorm en hul eie koppe kan volg nie.Stel jou voor jy ontmoet iemand wat oortuig is daarvan dat die aarde plat is, of dat vliegtuie chemikalieë spuit om mense se gedagtes te beheer. Daar sit jy hande oormekaar, ewe geduldig na hulle en luister terwyl hulle jou hulle NASA-foto's wys; hulle weergawe van basiese fisika aan jou verduidelik en selfs ‘betroubare wetenskaplikes' aanhaal.Maar weet jy, dit maak nie saak watter teenbewyse jy bring nie, jou vriend skud net sy kop en sê: "Dis dan wat hulle sê." Jou weerlegging van sy teorieë met woorde van wysheid en waarheid spoel oor hom soos water oor 'n eend se rug. Dis ‘n totale mors van tyd. Wat doen jy nou?Spreuke 23:9 Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.Dwaas klink darem baie kras. Maar soms is dit ook die regte benaming vir sulke mense. Deur die boodskappe wat ek skep, ontvang ek baie negatiewe kritiek van mense wat my allerhande name noem en my van allerhande dinge beskuldig.Dit het my aanvanklik regtig gepla, en dit het my ure lank geneem om aan elkeen te skryf en om te probeer om die lig van God se liefde in hul harte aan die brand te steek. Maar ek is jammer om te sê, nie een van hulle het getuig dat dit vir hulle behulpsaam was nie.En hoe wreed dit ook al mag klink, moet jy uiteindelik God se raad volg:Moenie 'n dwaas probeer reghelp nie; hy sal jou verstandige raad met minagting behandel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hou op om uit te stel. Begin Saai.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 7, 2026 2:34 Transcription Available


Send us Fan MailPrediker 11:4-6 Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.Ons ken almal daardie verskoning van, wag vir die "perfekte oomblik" voordat ons optree. Maar die lewe werk nie so nie. Geleenthede glip verby terwyl ons huiwer; en in ‘n oogwink is die oomblik heeltemal verby.Om die eerste tree in ‘n nuwe rigting te gee, is dikwels uitdagend. Dit is beslis ook uitputtend om die duisendste tree te gee op die geykte weg. Uitstel lyk inderdaad aanloklik; waar jy ook al op jou reis is.Prediker 11:4-6 Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.Ag, vandag is te winderig, ek kan nie saai nie. Kyk na daardie stormwolke. Nee dis nie 'n goeie tyd om te oes nie.Sien jy? Uitstel is altyd 'n opsie! Waar jy ook al op die reis is. Maar diep in jou hart weet jy: hoe vinniger jy die moeilike dinge doen wat jy eintlik wil vermy, hoe vinniger sal jy die goeie dinge ontvang wat jy eintlik wil hê.Ja, daar is risiko's en onsekerhede langs die pad, maar net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan.God is op hierdie reis saam met jou, hou dus op om uit te stel. Begin saai.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Vreugde-uitruiling

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 1, 2026 2:46 Transcription Available


Send us Fan MailJohannes 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Vreugde - egte, blywende vreugde - is die wonderlikste ding wat ‘n mens kan ervaar. Nie geluk nie. Geluk ry wipplank met jou omstandighede. Vreugde, aan die ander kant, bly by jou deur al jou hoogte- en laagtepunte.Ek weet dat God wil hê jy moet elke minuut van elke dag vir die res van jou lewe, in sy egte, blywende vreugde leef. En daardie vreugde is nie iets wat jy self kan optower nie; dit word deur Jesus self, diep in jou hart gevestig.Wanneer koel lug op 'n snikhete dag uit 'n lugversorger blaas, ervaar jy die proses van hitte-uitruiling. Warm en koel vloeistowwe vloei deur aparte kanale; hitte beweeg deur 'n dun wand, sodat die warm kant afgekoel word en die koel kant verfrissend koud word.Kyk wat Jesus die nag voor sy kruisiging vir sy vreesbevange volgelinge sê in:Johannes 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.Hy moedig ons nie net van 'n afstand af aan nie – Hy dra sy eie vreugde ín ons oor. Sy vreugde vloei in ons moeë harte in en vul ons met sy blydskap, sodat ons blydskap ook volkome kan wees.Sien jy die oordrag, die uitruiling wat Hy beskryf?... my blydskap ... in julle ... julle blydskap ...volkome kan wees. Maar net soos die hitte-uitruiling afhang van die afstand van die bron, hang die vreugde-uitruiling af van hoe naby jy aan Jesus is, of jy ín Hom bly, na Hom luister, en aan Hom gehoorsaam is. Dit is hoe die vreugde-uitruiling plaasvind - deur nabyheid en intimiteit. Mag Jesus se vreugde ín jou ... volkome wees. Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Rikus van Zyl, 'n dominee op die platteland

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Jun 15, 2026 18:43


“Ek wil nooit 'n dominee op die platteland wees nie!”    Hoe baie moes ek dit al hoor. Of iets soortgelyks. Veral onder jonger dominees deesdae. Ja, hulle sien dalk nog kans vir “'n klein plekkie langs die see”, sal hulle dan opmerk — die roeping Kaap toe loop al sterker — maar nie sommer vir 'n klein plekkie in die Vrystaat of Noordkaap nie. “Ek sal gaan,” sê iemand, “maar net as 'n Engel self die boodskap bring.”    Rikus van Zyl is 'n dominee op die platteland in die Vrystaat, op Edenburg, 80km suid van Bloemfontein, en sy oë blik as hy oor die bediening praat.    Die platteland is in Rikus se murg. Hy onthou sy grootwordjare in Wesselsbron. Hulle was mielieboere, hy gereeld gaan visvang, elke aand was daar huisgodsdiens, Sondae as gesin kerk toe . . . daai tipe lewe.    En toe gebeur 'n amper tragiese ding . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise    

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie ‘n Bedrieër Wees Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 11, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op 'n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB) Het jy al ooit soos 'n bedrieër gevoel? Dis nogal ontstellend om te weet dat dié persoon wat mense dink jy is, nie is wie jy werklik is nie! Hulle sal ontnugter wees om te ontdek dat jy ook soms twyfel, dat jy ook donker gedagtes het wat binne-in jou rondmaal.Ferdinand Waldo Demara was gedurende die vorige eeu bekend as die Groot Bedrieër. Hy het homself op ‘n kol voorgedoen as 'n monnik, toe ‘n sielkundige, toe ‘n tronkbewaarder en toe selfs as ‘n chirurg - alles sonder enige kwalifikasies. Tydens die Koreaanse Oorlog het hy groot operasies aan boord van 'n Kanadese oorlogskip uitgevoer deur die vorige aand mediese handboeke te memoriseer.Hy is in die openbaar geprys as 'n heldhaftige dokter wat lewens red. Maar agter die skerms was dit alles 'n leuen. Hy het gesê hy wou "die mensdom dien", maar hy het instellings en individue voortdurend mislei en dikwels lewens in gevaar gestel. Sy sjarme het 'n diep agterbaksheid bedek. Sy uiterlike beeld was dié van eerbaarheid; hy het so edel en bekwaam voorgekom, maar dit was alles op bedrog gebou. Kyk wat bid die psalmis in: Psalm 119:29-32 Keer dat ek leuens vertel en op 'n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. (DB)"Om reëls te volg" is nie deesdae gewild nie, nè? Maar hoe meer jy die Woord van God jou laat beïnvloed; hoe meer jy toelaat dat sy goedheid jou gids is; hoe minder van 'n bedrieër word jy. Jy ontwikkel ‘n dors om jou Bybel te lees en jy ontwikkel die begeerte om meer en meer soos Jesus te word.Moenie 'n bedrieër wees nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Beheer Jou Sake met Integriteit

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 8, 2026 3:19 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die ligte midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV) Vind jy ook dat mense al hoe meer gewetenloos word? Hoe gereeld sien jy groot finansieringsinstellings, soos banke, wat hulself met warm, gesinsvriendelike advertensies uitbeeld om nuwe kliënte te lok? Maar wat gebeur, die eerste keer wat iemand sukkel om hul terugbetalings op hul huis te maak? Hulle verkoop die huis onder hulle uit. En ons weet, dis nie net die banke wat skuldig is nie.Kom ons praat van 'n groot gewetenlose bedryf waar die slim ouens al die slenters en slagysters ken om die gewone ou mee te verlei. Rentekoerse is baie hoog, kontrakte is noukeurig en waterdig opgestel; en pasop - die fynskrif is waar hulle werklike wins lê.Maar dan is daar een firma wat anders werk. Hulle verhoog nie rentekoerse op kwesbare kliënte se lenings nie. Hulle plaas nie onnodige druk op die klein outjie nie. In plaas daarvan, bied hulle billike terme. Hulle gee genade as dit moet, en ly af en toe self verlies. Hulle kliënte vertrou hulle.Die ander ouens in die bedryf lag hulle uit en sê: Kyk maar, sulke ouens speel voor jy jou oë kan uitvee, bankrot. Maar dan kom die gevreesde ineenstorting. Markte val. Krediet droog op. Kliënte kan nie hulle verpligtinge nakom nie. En die bloedsuiers? Hulle is paniekerig. Elkeen is besig om sy eie bas te red – hulle dagvaar; hulle spook; hulle stort in duie.Maar hier is die verrassing - daardie een firma na wie daar so minagtend gekyk is! Die een wat genade betoon het! Dis die een na wie kliënte hardloop. Want in die donker onthou mense wie die lig gehad het.Psalm 112:4-5 Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. (NLV)Ja, ons weet dat dinge soms moeilik is. En die versoeking is altyd daar om eerste jou eie nes reg te skrop; om daardie maklike wit leuen te vertel. Hoekom nie? Wie gaan dit agterkom?Maar wat ook al jou omstandighede is, wat ook al jou rol is, bestuur jou sake met integriteit, want ... Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Heeltemal Teenoorgesteld

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 4, 2026 3:07


Send us Fan MailSpreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Selfontdekking is deesdae baie gewild. Ek moet myself ken en nie skaam wees oor wie ek werklik is nie. Ja, dis reg... Kyk om jou rond. Hoe goed werk al daardie introspeksie vir ons in hierdie toenemend selfbehepte, narsistiese wêreld waarin ons leef?Die Griekse filosoof, Aristoteles, het beweer dat om jouself te ken, die begin van alle wysheid is. Inderdaad! Die bekende leuse "Ken jouself" is in die Tempel van Apollo in Delphi gegraveer. Sokrates en Plato was ook groot aanhangers van hierdie denkpatroon.So, wat het daardie antieke geskiedenis vandag met ons te doen? Wel, daar is 'n multi-miljard dollar, globale selfhelpbedryf wat gewortel is in hierdie idee van selfontdekking; in die idee dat jy jou eie oplossing is; dat jy reeds alles wat jy nodig het, binne-in jou het - jy hoef dit net te ontsluit. Eindelose gereedskap, boeke, kursusse en afrigting is alles ontwerp om jou te help om "jou ware self te ontdek."Maar hoe dieper jy in hierdie bodemlose put van introspeksie afdaal, hoe dieper sink jy in subjektiewe selfgesentreerdheid. Sien jy ook hoe dit alles om die eie-ek draai?God se plan is net mooi die teenoorgestelde:Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.Nou-ja, dis korrek om selfbewus te wees, maar ek praat van mense wat oorboord gaan; mense wat glo dat ware wysheid bekom word deur na binne te kyk. Nee, my vriend, wysheid kom van om op te kyk. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfs Al …

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 3, 2026 3:11 Transcription Available


Send us Fan MailDaniël 3:17-18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” In tye van uiterse teëspoed moet ons elkeen besluit: Sal ek aanhou om op God te vertrou ... of moet ek maar opgee? En, laat ons dit duidelik stel, dis een van die moeilikste besluite wat jy ooit sal moet neem. Die skrywer, ‘n opregte gelowige, John White, vertel hoe hy, sy vrou en baba seuntjie, van die VSA na Bolivia moes vlieg. Hy moes, as gevolg van ander verpligtinge, ‘n later vlug haal. Hy het 'n nare voorgevoel gehad dat sy gesin tydens die vlug as gevolg van ‘n vliegtuigongeluk gaan sterf; maar hy het dit nie met sy vrou bespreek nie. Nadat sy gesin opgestyg het, het hy gevoelens van vrees, skaamte, skuld en naarheid ervaar. Bewend het hy gebid. En God het hom geantwoord deur te vra: Wat is fout? Kan jy my nie vertrou nie? Ja, ek sal U vertrou as U hulle veilig aan my teruggee.En as ek hulle nie teruggee nie, sal jy ophou om my te vertrou? Kan jy hulle nie aan my toevertrou in die dood sowel as die lewe nie?In geloof het White geantwoord: Ek sal u wil doen; wat dit vir my, of vir hulle, ook al mag kos. Ek sal U vertrou. Hulle vliegtuig het inderdaad neergestort en almal aan boord is dood. Maar sy vrou het ook 'n ongerustheid in haar hart gehad en besluit om haar vlug te onderbreek. Sy was nie op die laaste been van die vlug aan boord toe die tragedie plaasgevind het nie. Na die tyd het John gesê: Ek sou getreur het indien hulle dood was. Maar ek sou nie spyt gewees het oor my besluit om ten volle op Christus te vertrou nie.Kyk wat Sadrag, Mesag en Abednego vir koning Nebukadnesar gesê het:Daniël 3:17-18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.My vriend, vertrou op God .. in jou donkerste uur; selfs al hang die uitkoms in die weegskaal; selfs al gebeur die ergste. Vertrou op God. Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Slim Ontwerp

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 2, 2026 2:53 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 43:2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie die vlamme sal jou nie brand nie, Met my werk by Christianityworks, bring ek baie tyd op vliegtuie deur. En wanneer daardie groot passasiersstralers op die aanloopbaan afrol om gereed te maak om te vertrek, verbaas dit my altyd hoe die loodse hulle in die lug kry. Met my gereelde vlugte in gedagte, kan jy jou voorstel dat ek nogal ontsteld was om te lees dat kommersiële stralers gemiddeld een keer per jaar deur weerlig getref word. Sjoe!Ja, dis werklik kommerwekkend om daaraan te dink wanneer jy en 'n paar honderd ander mense, op 12 000 meter in die middel van nêrens, deur die lug vlieg. Maar hier is die goeie nuus:Wanneer 'n vliegtuig deur weerlig getref word, sterf mense nie, want die vliegtuig is ontwerp om dit te hanteer. Die buitenste laag van die vliegtuig word van goeie geleiers, soos aluminium gemaak, wat die elektriese lading toelaat om óm die buitekant te beweeg en, gewoonlik deur die stert, veilig weg te vloei. Sensitiewe elektronika word afgeskerm en brandstofstelsels word ook vir veiligheidsredes beskerm. Vliegtuie word natuurlik gereeld getoets om hulle veilig te hou. Weerlig wat die vliegtuig tref, is skouspelagtig om te sien, maar dit is selde gevaarlik en dit gebeur meestal sonder dat die passasiers dit eers agterkom. En as ingenieurs sulke besondere dinge soos vliegtuie kan ontwerp, dan kan jy mos dink dat God 'n plan sal hê vir situasies waar die storms van die lewe ons tref! Kyk wat sê Hy in:Jesaja 43:2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie die vlamme sal jou nie brand nie,Niemand van ons is onsterflik nie; nie een van ons nie. Maar deur elke beproewing, deur elke storm, deur elke vloed, deur elke vuur ... is God by ons totdat Hy ons veilig huis toe bring. Moenie bekommerd wees nie, moenie vrees nie, want God is by jou waar jy ook al mag gaan!Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Voorbeeld van ‘n Wonderwerk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 1, 2026 3:22 Transcription Available


Send us Fan MailPsalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV) Ek wonder of ons ooit werklik besef hoeveel van die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar, eintlik wonderwerke is wat elke minuut van elke dag gebeur. Dinge wat, as ons werklik daaroor nadink, nie slegs die manier waarop ons die wêreld sien nie, maar ook die wyse waarop ons onsself sien, sal verander.So, kom ons kyk na jou. Het jy geweet dat jy 99.999% leë ruimte is? Wag, laat ek verduidelik: Atome bestaan uit 'n uiters klein, digte kern en word omring deur ‘n relatief groot volume elektrone, wat beteken materie is eintlik leë ruimte. As al die leë spasie in die atome van 'n menslike liggaam verwyder sou word, sou die oorblywende materie omtrent so groot soos 'n stoffie wees, hoewel dit steeds sy volle massa behou. Die leë spasie beteken nie die liggaam is "niks" nie; dit is 'n funksie van elektromagnetiese kragte en kwantummeganika, nie vaste materie nie. So ja, maak dit sin? Vaste materie is meestal glad nie solied nie. Wat ons as "solied" ervaar, is eintlik die gevolg van onsigbare kragte, nie fisiese kontak nie.Dus bestaan ek en jy amper geheel en al uit leë ruimte. Ongelooflik nè? Kyk hoe die psalmis die Here loof in: Psalm 139:13-14 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! (NLV)Wanneer jy terugstaan en in die spieël na jouself kyk, is dit absoluut wonderlik hoe God jou met die hand gemaak het; hoe kompleks, hoe ingewikkeld, hoe wonderlik jy eintlik is … veral wanneer jy besef dat jy 99.999% leë ruimte is!Soos Hans Christian Anderson, die skrywer van die sprokies wat ons as kinders gelees het, opgemerk het: Die hele wêreld is 'n reeks wonderwerke. Maar ons het so gewoond geraak daaraan dat ons dit gewone dinge noem.So, moet asseblief nooit vergeet dat jy die sprekende voorbeeld van ‘n wonderwerk is nie; want jy is op 'n baie gekompliseerde en wonderbaarlike manier gemaak.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Koninkryke Val

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 28, 2026 2:56 Transcription Available


Send us Fan Mail1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe. Dit is baie maklik om so betrokke te raak in die kultuur waarin ons leef, en die sosiale en ekonomiese gebeure van die dag; dat ons uiteindelik glo dat dinge nog altyd so was, en boonop altyd so sal wees. Tog het hele beskawings, deur die geskiedenis gekom en gegaan. Die mees gevorderde, die magtigste koninkryke ... het verdwyn en net ruïnes agtergelaat.In sy groot werk: History of the Decline and Fall of the Roman Empire het Edward Gibbon beweer dat die agteruitgang van Rome die natuurlike en onvermydelike gevolg van trots en ‘n illusie van grootsheid was. Te veel voorspoed het hulle aandag op die verkeerde dinge laat vestig en die belangrike instandhoudingswerk is so afgeskeep dat dit tot verval gelei het. En net daar het hierdie ontsaglike groot ryk so agteruitgegaan dat dit ineengestort het.Dekadensie lei tot agteruitgang, agteruitgang tot verval, en verval lei uiteindelik tot vernietiging. Kyk om jou na die wêreld vandag. Wat sien jy? En in watter mate het jy jouself oortuig dat dit altyd so sal wees? 1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.God is ewig. Die wêreld is nie. Alles wat vandag so aanloklik en verleidelik lyk; al die begeerlike dinge, gaan verby - maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig...Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hou Moed en wees Dapper

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 23, 2026 2:59 Transcription Available


Send us Fan MailDeuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Hou jy van verandering? Nie? Wel, jy is nie alleen nie. Die waarheid is, dat baie min mense gemaklik is met verandering.Stel jou dié situasie voor. Moses weet hy gaan binnekort sterf en hy is besig om Josua voor te berei om die leierskap van Israel oor te neem. Hulle staan op die drumpel van die Beloofde Land terwyl Moses sy laaste instruksies gee. Hulle staar magtige vyande, versterkte stede en die onsekerheid van 'n kritieke leierskapsoorgang in die gesig. En op die oomblik pleit Moses met hulle om nie bang te wees nie, maar om sterk en dapper te wees.Wel, ja, dis maklik vir jou om te sê, Moses. Jy is nie die een wat die Jordaanrivier moet oorsteek nie. Jy is nie die een wat geveg na geveg moet veg om die Beloofde Land in te neem nie. Kyk watter seënwense spreek Moses oor sy volk uit:Deuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”Soos ons gesê het, hou die meeste van ons nie van verandering nie. Al hoop ons dat dinge sal verbeter, of dat dit sommer vanself sal regkom, is dit ontstellend wanneer verandering kom, selfs al is dit positiewe verandering, omdat ons nie weet wat in die toekoms gaan gebeur nie. En dit is veral wáár, wanneer ons ernstige uitdagings in die gesig staar; wanneer verandering kom, soos dit vir Israel gebeur het. Dis een ding as iemand anders vir jou sê: wees sterk, wees dapper, moenie bang wees nie, maar dis nie genoeg nie. Wat genoeg sal wees - wat altyd meer as genoeg is - is die rede waarom ons dapper moet wees; want die HERE jou God sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Santie en Henry Tyrer

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later May 18, 2026 43:20


“Ja, so ons doen maar sulke goeters,” sê Santie Tyrer en lig haar skouers.   Sy vertel van 'n vrou wie se man onlangs oorlede is: “Dit was 'n reënerige Dinsdag, en dis koud en die vrou is soos amper in 'n trans . . . jy weet. Maar dis maar hoe sy is. Om te oorleef. Want haar man het haar vreeslik . . " Hoop op wiele! ministryonwheelsnelspruit@gmail.com   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.36 (13.05.26) - (Afr.) - Staan op en loop!

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later May 13, 2026 3:37


Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ‘n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word? Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ‘n ander een voor my in. Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop. (Joh. 5:6-8 Afrikaans OV)Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie. (Joh. 5:14 Afrikaans OV)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vind Jou Plekkie in die Son

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 12, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan MailMatteus 4:2-4 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Van kleins af probeer ons elkeen ons plekkie in die son ontdek. Ons wil vasstel waar ons in hierdie wêreld inpas; waar ons behoort. Maar daar is een aspek wat ons alte maklik, tot ons eie nadeel, te ernstig opneem...Het jy al ooit na iemand anders gekyk en gedink: Sjoe, hulle is suksesvol. Ek wonder wat hulle verdien. Kyk na die motor wat hulle bestuur, die huis waarin hulle woon. Hulle het baie beter as ek gevaar.Ek het onlangs iemand, wat homself vergelyk het met ‘Chris', een van sy ou skoolvriende wat ongelooflike sukses bereik het, hoor sê: "Die eerste ding wat ek gedink het, was, dat ek in vergelyking met Chris, so 'n mislukking is."In werklikheid gebruik ons uiterlike standaarde - veral rykdom - as ons maatstaf van sukses. Ek het dit ook vroeër gedoen. Ek kan jou verseker dat die onnodige waarde wat ons aan ons begeerte na rykdom gee, en die manier waarop ons onsself met ander vergelyk, ‘n mens se lewe verwoes.Vergelyk dit met hierdie werklikheid:Matteus 4:2-4 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Jesus se prioriteit was om God te gehoorsaam; selfs al was Hy so lank sonder kos, het Hy nie aan sy maag gedink nie! Dit laat ons twee keer dink aan ons begeerte na welvaart, nie waar nie?C.S. Lewis het in sy boek, The Screwtape Letters, geskryf: “Voorspoed bind 'n mens aan die wêreld vas. Die mens voel asof hy sy plek in die wêreld gevind het, terwyl die wêreld inderwaarheid sy plek in hom gevind het.”Moenie toelaat dat voorspoed jou op 'n dwaalspoor lei nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Geen Wegkruipplek, Geen Verskonings

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 30, 2026 2:42 Transcription Available


Send us Fan MailJeremia 17:10 Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.Vandag is een van daardie slegte-nuus-en-goeie-nuus-dae. Ons ontvang almal partykeer slegte nuus, maar die slegste nuus wat ons ons ooit kan kry, is dat daar 'n God in die hemel is, en dat Hy elkeen van ons volgens ons dade oordeel.O aarde! Dit mag vir jou soos 'n grap klink, of dit kan jou absoluut vreesbevange maak. Ek is een van die laasgenoemdes, want ek glo met my hele hart dat daar 'n God in die hemel is en dat Hy ons wel oordeel. Kyk! Hier staan dit in:Jeremia 17:10 Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.Dis nie net slegte nuus nie, dis skrikwekkend. Kyk, as daar 'n God is, sou jy wou hê dat Hy regverdig moet wees, nè? Soveel skelms kom met moord weg. Jy wil tog hê dat hulle daarvoor gestraf moet word? En dis presies wat God hier sê. Hy deursoek elke hart, Hy ondersoek elke gedagte – joune, myne en almal anders s'n. Hy sien alles wat ons doen.En ons weet almal dat wanneer Hy oordeel, ons baie diep in die moeilikheid is. Dink net aan al die verskriklike dinge wat ons gedoen het; al die verkeerde dinge wat in ons breine rond geborrel het; nee, my vriend, dit klink nie goed nie. Dis 'n skrikwekkende vooruitsig. Ons is almal verdoem.Maar ons God van geregtigheid, is ook die God van liefde. En daarom het Hy Jesus gestuur om ons plek in te neem en om die straf wat ons dade verdien, te dra. Aan die kruis het óns sonde deel van Jesus geword en Hy is daarvoor gestraf, sodat ons deel kan hê aan sy volmaakte geregtigheid.Dis die goeie nuus. Plaas jou vertroue in Jesus, en jy sal gered word.Want dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dankbaarheid Verander die Oomblik

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 24, 2026 3:05 Transcription Available


Send us Fan Mail1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.Dankbaarheid is een van die grootste kragte in die heelal. Die probleem is, wanneer ons moedeloos voel, voel dit vir ons onmoontlik om dankbaar te wees.Etty Hillesum, 'n jong Nederlandse Jodin, is tydens die Tweede Wêreldoorlog, soos so baie Jode, deur die Nazi's gevange geneem. Terwyl sy in die Westerbork-transitokamp gevange gehou is, het sy geworstel met haar skuldgevoelens oor haar vorige losbandige verhoudings en 'n knaende vrees vir die Nazi-terreur. Sy het God se teenwoordigheid te midde van haar lyding ervaar en 'n buitengewone dankbaarheid vir medemenslikheid en vriendelikheid ontwikkel. Haar dagboeke weerspieël 'n diepgaande innerlike transformasie: Die ellende hier is verskriklik... en tog - laat in die nag... dank ek God dat Hy my so oordadig laat leef het. Dankbaarheid het haar lewe gekenmerk en haar dae betekenis gegee voordat sy in 1943 in Auschwitz omgekom het. 1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.Ja, nou wel, dit was Etty Hillesum. Sy was ‘n uitsonderlike dapper mens! Maar wanneer jy hierdie skrifgedeelte lees, dink jy by jouself … dis onmoontlik. Hoe kan ek onder my moeilike omstandighede altyd vol vreugde wees? Hoe kan ek altyd dankbaar wees … ten spyte van dít wat besig is om te gebeur?Kyk, geen hoeveelheid spyt sal jou verlede verander nie. Geen hoeveelheid angs sal jou toekoms verander nie. Maar die kleinste greintjie dankbaarheid sal jou hede heeltemal verander.So, neem hierdie Skrifgedeelte, omhels dit, mediteer daaroor, bid daaroor … en kyk hoe die krag van God jou lewe verander, want dit is hoe Hy wil hê jy in Christus Jesus moet leef.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onstuimige See Veroorsaak Veerkragtige Geloof

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 23, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailJakobus 1:2-4 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer 'n mens se geloof 'n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. (NLV) Dit is ‘n feit dat alle mense op een of ander stadium lyding gaan beleef. Dit is onmoontlik om ons lewens daarsonder voor te stel, al is dit waarvoor ons sou hoop. Maar dis die lewe... So, hoekom laat God dit toe? Meer ter sake, hoekom laat Hy vir jou en vir my ly? Dit is wat ons regtig wil weet! Kyk wat skryf Jesus se broer, vir die vervolgde Jode wat oor die Romeinse Ryk versprei was:Jakobus 1:2-4 My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer 'n mens se geloof 'n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. (NLV)Ek was diep geraak deur iets wat Lowell Wertz, my goeie vriend en sendeling in Afrika oor hierdie einste ding geskryf het:Miskien is daar geen plaasvervanger vir lyding nie. Die ervarings wat God oor ons bring, het altyd 'n doel. Die dissipels het in ‘n storm op die See van Galilea, in vrees vir hul lewens, vir Jesus die storm sien stilmaak. Op ‘n ander geleentheid het hulle Jesus op die water sien loop.Bote, wind, golwe - toe hulle vir hulle lewens gevrees het, was die sterk manne van die see, magteloos. Hulle het in die proses, toe hulle in vrees gebewe het, nederigheid geleer. Hulle het geweet dat hulle nie die see, wat hulle so goed ken, kan beheer nie; en daardeur kon hulle die Here se wonderbaarlike ingryping ervaar.Of, soos Franklin D Roosevelt dit gestel het, 'n gladde see het nooit 'n bekwame seeman gekweek nie.Omarm die stryd, want jy weet dat die toets van jou geloof volharding voortbring; Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Koninkryk Kom, Chaos Wyk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 20, 2026 3:19 Transcription Available


Send us Fan MailSagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV) Alexander Solzhenitsyn is in1945 gevange geneem omdat hy die Russiese diktator, Joseph Stalin, in ‘n privaat brief gekritiseer het. Hy was vir agt jaar lank in Sowjet-kampe aangehou. Die gevangenes het in verskriklike koue en in hongersnood dwangarbeid verrig. Die omstandighede in die kampe was so onmenslik dat hy selfmoord oorweeg het. Tydens daardie traumatiese tyd het Solzhenitsyn bewus geword van sy verlorenheid, diep berou gehad en sy hart vir die Here gegee. Na sy vrylating in 1953 (kort na Stalin se dood) het hy geskryf: Dit was eers toe ek daar op die verrottende strooi in die tronk gelê het, dat ek geleer het dat daar ook vir my hoop is.Sy geloof het hom die moed gegee om te volhard, en ná sy vrylating het sy geskrifte die waarheid oor die Sowjet-onderdrukking blootgelê en miljoene mense beïnvloed.Hopelik sal jy en ek nooit ervaar wat Solzhenitsyn deurgemaak het nie. Maar dit beteken nie dat ons nie reeds deur boosheid omring word nie. Ons leef in ‘n wêreld vol mense wat ander mense onderdruk en skade berokken; ja, en dan is daar natuurlik die wêreldstelsels en die georganiseerde korrupsie wat 'n onberekenbare menslike tol eis. Welkom in die wêreld waarin ons leef!Maar daar is hoop, wonderbaarlike hoop vir die toekoms. Kyk wat is reeds in die Ou Testament geprofeteer: Sagaria 14:9 Die Here sal koning wees oor die hele aarde. Op daardie dag sal daar een Here wees en net sy Naam sal aanbid word. (NLV)Vroeër of later sal hierdie wêreld aan sy einde kom. Miskien volgende Donderdag ... of oor nog 2 000 jaar. Maar dit sál tot 'n einde kom. God sal die lewendes en die dooies oordeel. Jesus sal terugkeer. Hy sal sy regmatige plek as Koning oor die hele aarde inneem.Die Here sal koning oor die hele wêreld wees. Daardie dag sal almal weet dat Hy die enigste God is. Sy Naam sal die enigste Naam wees wat genoem word. Hy sal sy ere plek inneem en oor alles regeer. Dit is die hoop wat ons in Jesus Christus het.En dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Rudolph Scharneck, die vlieënde dominee

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Apr 12, 2026 17:43


Rudolph Scharneck is 'n dominee wat graag die misterieuse stiltes van die hoogtes opsoek. Soms vind hy dit in die wilde vrede van hoë bergpieke, ander kere in die klank van die wind wanneer sy gemotoriseerde sweefgtuig die ideale hoogte bereik en hy uiteindelik die enjin kan afskakel . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Stellenbosch Gemeente
Preek | Opstandingsondag – André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Apr 4, 2026 33:54


In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense…Johannes 1 . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:

Stellenbosch Gemeente
Preek | Goeie Vrydag – André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Apr 2, 2026 31:06


Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, ‘n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is. … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of kyk na die lewendige diens net na die kindergedagte. . Vir die kids op Goeie Vrydag: . Kyk hier saam na die Goeie Vrydag-diens:

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Geseënd is dié wat huil (1)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Mar 18, 2026 6:11


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Geseënd is dié wat huil (1) Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Geseënd is dié wat huil Geseënd is dié wat huil wanneer die gewig van die lewe deur hul skanse breek, hul voorgee stroop en die waarheid tot trane vloei — want dit is hier waar ons onthou ons was nooit bedoel om die wêreld alleen te dra nie. Geseënd is dié wat huil oor wat verloor is —     'n geliefde stem wat stil geword het,     'n stoel wat leeg staan by die tafel,     'n lewe wat skielik verander het— want rou is liefde wat nêrens anders het om heen te gaan nie— as om te besef hoe hul liefde jou gevind het nie. Geseënd is dié wat huil, wat weier dat die wêreld hul verhard. In 'n tyd wat eis 'n rots-van-Gibraltar, deurweek trane die hart, tot vrugbare grond wat nooit sal versteen nie. Geseënd is dié wat huil omdat hul ontsteld word oor wat verkeerd is in die wêreld—     geweld waar daar vrede moet wees,     gierigheid waar daar genoeg moet wees. Hul trane verlang na heelheid — verbind hul aan 'n ander moontlikheid, sleur hul mee tot geregtigheid . Geseënd is dié wat huil met die trane van 'n ander se seer. Wanneer ander se trane in jou hart loop lê beweeg God se genade reeds, omhelsend, verby alle twyfel heen. Geseënd is dié wat huil wanneer waarheid illusie deurbreek— die stof afwas van vensters van die siel— dat ons helder kan sien wat in ons gerief vermy, geklee, vertroetel word. Geseënd is dié wat huil eerder as om terug te slaan; wat in die middel, eerder as aan 'n kant, gaan staan; wat vrede se ewigheidspas bo kits kunsmatige wraak verkies. Hul trane hou beide die pole vas, skilder waterwerf landskappe wat die verbeelding van almal verras. Geseënd is dié wat huil omdat hul ten koste van hulself probeer om reg te doen — want trane troos teleurstelling, voed verlange, vloei tot ‘n volgende tree op die pad wat lewe gee. Geseënd is dié wat huil wanneer hul liefdesoffer misbruik word want hulle sal onthou—     liefde se krag,     liefde se vreugde,     liefde se lewe, leef in die gee. Geseënd is dié wat huil — want hulle sal ontdek, onthou, glo in 'n God wat huil oor 'n wêreld wat verward is oor wat seën werklik is. Mag jou elke traan in die lewegewende stroom van God se trane drup. Mag jou elke sug uitnooi na inasem van 'n Gees-deurweekte lewe. Al is dit snikkend. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.”  Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Gelukkig is jy wat huil (2)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Mar 18, 2026 7:03


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Gelukkig is jy wat huil… Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van huil en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Gelukkig is jy wat huil Gelukkig is jy wat huil want jou siel is nie verdor nie. Gelukkig is jy wat huil want jou hart is nie versteen nie. Gelukkig is jy wat huil want jou lyf is nie verwyderd nie. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verklap jou menslikheid, jou afhanklikheid, ons nog maar oppad wees. Gelukkig is jy wat huil met trane, of net 'n sug, want jy ontdek weer jou eie weerloosheid,     jou klein,                  afhanklik, kind wees. Gelukkig is jy wat huil want jou trane ontbloot wat vir jou belangrik is. Gelukkig is jy wat huil want jou trane dwing jou verby die oppervlak van jou bestaan. Gelukkig is jy wat huil want jou trane stop jou geskarrel, vra jou om hier te wees, verlos jou van ontvlugting. Gelukkig is jy wat huil oor 'n geliefde se dood, want hul lewe het gewig gehad, jou hart bewoon, meer as net jou sintuie geraak. Julle was die rare wonder van geliefdes-van-mekaar. Gelukkig is jy wat huil oor ander se seer, want hulle dra dit nie alleen nie. Gelukkig is jy wat huil oor 'n gebroke werklikheid, want jy behoort aan 'n groter heelheid:     'n geloof in goedheid,     'n hoop op herstel,     'n liefde vir skoonheid. Gelukkig is jy wat huil want jou trane verlos jou van die greep van tydelikheid. Gelukkig is jy wat huil want jy sal kan glo in 'n God wat huil — 'n God met 'n hart, 'n teenwoordige God, 'n God wat saam treur, 'n God wat hoop. Gelukkig is jy wat saam met ander kan huil, want jy sal ook saam met hulle lag, saam met hulle vier. Gelukkig is jy wanneer jy erken — dit is swaar om te huil. Want diep in ons almal woon 'n verlange na 'n wêreld waar trane net lagtrane of trane van verwondering is. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.”  Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Ons Leef in OnstuimigeTye

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 16, 2026 3:02 Transcription Available


Send a text2 Korintiërs 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! ... In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, Ons weet almal dat daar deesdae soveel nare dinge in die wêreld aan die gang is, nè? Ons hoor van oorloë en gerugte van oorloë; bitsige party politiek en diep verdeelde samelewings. En dan is daar al die dingetjies wat in elkeen van ons eie lewens aangaan. Moenie dit gering ag nie! Ons leef in onstuimige tye.Dis maklik om soos 'n kurkprop te voel wat op 'n woedende see rondgegooi word sonder om die storm te kan beheer. En so is baie mense se lewens gereduseer tot kommunikasie op sosiale media: hulle kla oor die lewe en bespot hulle nasionale leiers; hulle is dol oor die herplasing van opruiende en dikwels swak ingeligte boodskappe oor klimaatsverandering of identiteitspolitiek.Agge nee! Is dít waartoe ons lewens gereduseer is – ‘n boosaardige geklaery en skoorsoekerigheid? Maar sê my, hoekom laat God dit toe?Die geskiedenis het 'n vreemde manier om homself te herhaal. Ek wonder dus, hoe kan ek en jy die siklus breek - miskien nie op 'n makro-, of geopolitieke manier nie, maar dan op 'n mikro- plaaslike manier, deur hierdie eenvoudige vraag aan God te vra:Here, wat is my goddelike opdrag gedurende hierdie onstuimige tye? Wat wil U hê moet ek doen?2 Korintiërs 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! ... In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,Kyk om jou rond. Na wie stuur God jou om hom te gaan troos? Aan wie sê God moet jy vriendelikheid betoon? Wie lê Hy op jou hart om vriende mee te maak? Wat is jou goddelike opdrag in hierdie onstuimige tye? Daarom kan ons ook ander bemoedig... met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Uitstel Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 15, 2026 2:49 Transcription Available


Send a textLukas 13:24-26 Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: ‘Here, maak vir ons oop!' Maar Hy sal julle antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.' Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.' Baie mense sê hulle glo (op hulle manier) in Jesus; maar hulle stel uit om hulle lewens aan Hom toe te wy, en om hulle trotse ambisie neer te lê om Hom in nederigheid te volg. Wel, ja, oukei ... ek sal eendag daarby uitkom. Maar dit – en hier is vandag se opregte waarskuwing – dit blyk 'n ewig fatale fout te wees. Kaptein Edward Smit, ‘n ervare en gerespekteerde offisier, was op die Titanic se nooiensvaart in bevel. Hy het, ten spyte van ses waarskuwings van die gevaar van ysberge in die omgewing, nie sy spoed verminder nie. Vol vertroue in die skip se ontwerp, het hy geen onmiddellike gevaar gesien nie. Teen die tyd dat hulle die ysberg gewaar het, was dit te laat. Ons ken die storie, nè? Meer as 1 500 mense het daardie nag in die ysige waters gesterf.En sê nou jy was een van hulle? Kyk wat sê Jesus in:Lukas 13:24-26 Hy sê vir hulle: “Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. As die eienaar van die huis eers opgestaan en die deur toegesluit het, sal julle buite staan en aan die deur begin klop en roep: ‘Here, maak vir ons oop!' Maar Hy sal julle antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.' Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate het U die mense geleer.'Soos die 20ste-eeuse teoloog Carl Henry dit gestel het: Die Evangelie is net goeie nuus indien jy die nuus betyds ontvang. Moenie talm nie. Neem Jesus vandag as jou Verlosser aan.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jesus Teenoor Godsdiens

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 6, 2026 3:20 Transcription Available


Send a textJohannes 13 :3-5 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Het jy al ooit na ander mense gekyk en vir jouself gesê: Daardie mense daar oorkant, gedra hulle so sleg. Ek is so bly ek is nie soos hulle nie! Op daardie stadium voel jy trots en moreel meerderwaardig. Jy dink dat jy baie beslis beter as hulle is.Baie mense verwerp Christendom omdat hulle Christene sien optree op maniere wat Jesus se leringe weerspreek. Hulle sien mense se veroordelende houdings; hulle skandalige gedrag, gierigheid, rassisme, misbruik en politieke vooroordeel.Hulle gedrag stem nie ooreen met wat hulle sê hulle glo nie, en dit veroorsaak dat mense vir hulleself sê: As Christene nie soos Christus leef nie, hoekom moet ek hulle geloof ernstig opneem?Dis ‘n ou, ou storie wat vandag steeds afspeel: die morele mislukkings in die Kerk - van korrupte leiers tot die skynheiligheid van die gemeentelede – trek vir die mense daar buite, ‘n rooi streep deur die geloofwaardigheid van die Evangelie.Ongelowiges verwerp nie bloot Christelike leerstellings nie; hulle reageer op dit, wat hulle as geestelike bedrog beskou. Gandhi se bekende woorde som dit so mooi op: Ek hou van julle Christus; maar ek hou nie van julle Christene nie. Julle Christene is so anders as julle Christus.Die eintlike probleem is dus vertroue. As die Kerk nie die liefde, nederigheid en integriteit van Jesus weerspieël nie, waarom moet ‘n mens dan die boodskap glo? En nederigheid is die kern van die Evangelie. Kyk na Jesus se voorbeeld in:Johannes 13:3-5 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.Die verskil tussen Jesus en godsdiens is dat godsdiens jou skaam maak omdat jy vuil voete het. Jesus kniel neer om hulle te was.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Fokus op die Toekoms

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 18, 2026 3:04 Transcription Available


Send a textJesaja  43:18-21 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig. Dis so hartseer om te sien hoe mense met soveel potensiaal, teruggehou word deur boeie; boeie van spyt en boeie van hul verlede. Hulle moet oppas dat hulle nie hulle verlede toelaat om hul lewens te vernietig nie. As jy om jou kyk, sien jy dat baie mense in daardie strik trap.Watter nare stories uit jou verlede gee jy die duiwel toestemming om oor en oor in jou oor te fluister? Vir party mense het die lewe hulle geleer om dié leuen te glo dat hulle eenvoudig nie goedgenoeg is nie. Vir ander mense spook vorige mislukkings by hulle.Dis selfs pynlik om te erken dat die verlede so deel van ons lewens is, dat ons nie 'n toekoms daarsonder kan voorstel nie.As enige van hierdie dinge oor die verlede jou laat nadink, het ek vandag wonderlike goeie nuus vir jou. Dit kom van God self, waar Hy met sy volk, Israel, praat, toe hulle wanhopig en moedeloos was:Jesaja 43:18-21 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig.Ja, ons weet almal jy kan die verlede nie verander nie. Maar God wil jou toekoms verander! Hy roep jou om nie in gister se mislukkings te leef nie, maar om vorentoe te beweeg in dít wat Hy op die punt staan om te doen.Moet dus nie die hele tyd terugdink aan wat in die verlede verkeerd geloop het nie, want Hy sê: Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Sané Leach

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Feb 13, 2026 24:56


“Waarom doen jy dit?” vra 'n besoeker. Sy was 'n welaf vrou, onthou ek, uit die Ooste van Pretoria. En 'n mens kan haar vraag verstaan. Dit was waarskynlik moeilik om te glo dat iemand doelbewus sal kies om die tipe lewe te leef . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

On refait le match avec Denis Balbir
LA QUOTIDIENNE - PSG/Mbappé : les coulisses du conflit

On refait le match avec Denis Balbir

Play Episode Listen Later Nov 18, 2025 23:30


Ce lundi 17 novembre, Kylian Mbappé et le PSG, en litige depuis deux ans, se sont retrouvés au conseil des Prud'hommes de Paris. Le club de la capitale réclame 440 millions d'euros à son ancien buteur. De son côté, l'attaquant madrilène exige par la voix de ses avocats près de 263 millions d'euros. La raison de conflit ? Une mise à l'écart au début de la saison 2023-2024 car « Kyk's » souhaitait aller au terme de son contrat - qui arrivait à échéance à l'été 2024 - sans le prolonger. Un choix qui privait le Paris Saint-Germain d'une juteuse indemnité de transfert. Le sportif avait finalement réintégré l'équipe mais il conteste aujourd'hui un accord invoqué par le club dans lequel il aurait renoncé à ses salaires. Décryptage de l'imbroglio avec Philippe Sanfourche et Isabelle Langé. Hébergé par Audiomeans. Visitez audiomeans.fr/politique-de-confidentialite pour plus d'informations.

[KBS] 스포츠 스포츠
(05/21/수) [스포츠스포츠] 손흥민 첫 우승 도전! 토트넘 vs 맨유_정PD와 김기자

[KBS] 스포츠 스포츠

Play Episode Listen Later May 22, 2025 27:36


스포츠 타임라인 ‣ 손흥민, 유로파리그서 프로 데뷔 15년 만에 첫 우승 도전 ‣ KT 송영진 감독 전격 경질, 최현준 단장도 물러난다 ‣ 세계탁구선수권서 '라스트댄스' 마친 38세 서효원 정PD와 김기자 ‣ 1위 넘보는 롯데, LG와 운명의 3연전 ‣ 홍창기 정규시즌 아웃, 염경엽 감독의 대안은? ‣ 치열한 중위권 순위 속 상승세 타는 기아? ‣ 3경기만에 선발 출전 김혜성, 4타수 무안타 쾌거 ‣ LA 다저스, 애리조나에 5-9 참패…수비 난조+선발 붕괴 ‣ KYK 인비테이셔널+문성민 다음달 6일 은퇴식 ‣ '라스트 댄스'…김연경의 선수 고별전, 감독 데뷔전 ‣ 남자배구 대표팀, 6월 6∼7일 네덜란드와 평가전 ‣ 손흥민, 유로파 결승전에서 프로 첫 우승 맛 볼까 출연: 정현호 PD(KBS) 김지한 기자(매일경제) 진행: 남현종 아나운서

Radio foot internationale
Une trêve internationale agitée pour Kylian Mbappé

Radio foot internationale

Play Episode Listen Later Oct 15, 2024 48:30


Mbappé dans une mauvaise passe ! Loin des Bleus, en virée de Stockholm, des quotidiens suédois affirment que « le Kyk's » est visé par une enquête pour viol. L'attaquant se dit victime d'une « fake news », le Parquet confirme qu'une enquête est en cours sans citer de noms. L'attaquant généralement habile en communication qui apparaît de plus en plus distant, renvoie-t-il l'image de quelqu'un de déconnecté ? CAN 2025 : suite des éliminatoiresL'Algérie réalise le plein de points et se qualifie ! Petkovic donne du temps de jeu aux jeunes tout en maintenant des cadres.Cameroun : les Lions indomptables l'emportent à Kampala et iront au Maroc grâce à la différence de buts avec le Kenya. Marc Brys fait le boulot malgré le contexte compliqué.Nigeria : après le traitement inhumain subi par les Super Eagles, le match face à la Libye n'aura pas lieu. La CAF a annoncé ouvrir une enquête pour faire la lumière sur les faits. Quelles conséquences ?À lire aussiCAN 2025: Calendrier, résultats, et classements des éliminatoiresLigue des nationsLe 11 de Nagelsmann et ses nouveaux venus bat les Pays-Bas à Munich et disputera les (nouveaux) quarts dans cette compétition. La France s'est fait peur à Bruxelles ? 30 premières minutes compliquées, défense dans le dur, mais des Bleus efficaces. Doublé de Kolo Muani. Les Belges défaits par les Bleus une 5è fois alors que Tedesco attendait une réaction, un « seum » toujours là ?Avec Annie Gasnier : Dominique Sévérac, Hervé Penot et Nabil Djellit – Technique/réalisation : Diego Tenorio – Pierre Guérin.