Podcasts about kyk

  • 84PODCASTS
  • 503EPISODES
  • 21mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Jun 9, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about kyk

Latest podcast episodes about kyk

God se Woord VARS vir jou Vandag
Krag wanneer jy Vervolg Word

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 9, 2025 2:58


Send us a textHandelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. Dit is nie lekker as mense nie met jou saamstem nie. Maar wanneer hulle jou vervolg of veroordeel as gevolg van jou oortuigings, is dit ‘n heel ander saak. Dit is net menslik om ontsteld, verneder, teleurgesteld en verslae te voel as mense jou op dié wyse behandel. Maar ons lees in die Bybel dat die vervolging nog baie erger gaan word.Die vervolging van minderhede vind al eeue lank plaas. Kyk na die Joodse nasie. Deur hul geskiedenis, van die antieke tyd tot die slagting van die twintigste eeu, tot die hedendaagse konflik waarmee hulle te kampe het, het hul vyande nog altyd probeer om hulle van die aarde af te vee. Weet jy dat meer Christene in die afgelope eeu gemartel is as in die vorige negentien eeue saam?  Destyds is die apostels Petrus en Johannes gearresteer en gedreig omdat hulle mense van Jesus vertel het.Handelinge 4:23-26 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.Maar hoe het hulle op die vervolging gereageer? Het hulle teruggedeins; het hulle dinge gelate aanvaar en het hulle hul klere geskeur? Nee! Hulle het hul stemme verhef om God se heerskappy oor hul vyand te verkondig. Halleluja. Ons Koning regeer!Mense kan jou dalk vervolg omdat jy in Jesus glo. Wanneer dit gebeur, praat met God, vertrou Hom, verkondig sy magtige Naam.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Liggaam is ‘n Tempel

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 6, 2025 2:52


Send us a text1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed 'n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) Vandag … gaan ons gesels oor, 'n baie aktuele onderwerp. Ja, dis reg: dis onsedelikheid; seksuele onsedelikheid. Wanneer dit kom by sieninge oor die uitdrukking van intimiteit, is daar twee teenoorgestelde pole. Aan die eenkant van die spektrum, gaan dit oor die begeerte om goed te voel. Aan die anderkant, miskien die ‘godsdienstige kant,' as ons dit so kan noem, is daar 'n paar baie spesifieke morele sienings oor getrouheid en gesinswaardes. Aan watter kant van die spektrum sit jy?Heelwat historici en morele filosowe sal argumenteer dat daar bewys is dat onsedelikheid tot die agteruitgang van beskawings lei, en die val van die magtige Romeinse ryk as 'n uitstekende voorbeeld gebruik. Maar ons weet almal dat vroue en kinders ongelukkig die slagoffers van onsedelikheid is; hulle kom die slegste daarvan af.Kyk, ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar ek is 'n redelike eenvoudige ou: Een man en een vrou in 'n liefdevolle, lewenslange verhouding van intimiteit, lyk vir my of dit die perfekte basis vorm vir 'n stabiele samelewing waarin kinders geliefd en gekoester word. Ek weet, baie mense sal my siening bevraagteken. Dis goed. En ek is die eerste een wat sal saamstem dat die stelsel deur die eeue ver van perfek was.Maar wat jou siening ook al is; moet ek vandag hierdie versies aanhaal:1 Korintiërs 6:18-20 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed 'n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam. Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Verdraagsaamheid teenoor Goedkeuring

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 2, 2025 3:01


Send us a textJohannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” As daar net een woord is om die oorheersende morele waardes van hierdie tyd te beskryf, sal dit ongetwyfeld die woord "verdraagsaamheid" wees. Ons weet instinktief dat sommige van die dinge waaroor ons veronderstel is om ‘verdraagsaam' te wees, baie beslis verkeerd is. Dit wil lyk asof die idee ‘verdraagsaamheid,' ordentlikheid, besorgdheid en liefde kom vervang het.Waarom kan verdraagsaamheid in hierdie ‘alles is oukei'- wêreld waarin ons leef, nie eerder ordentlikheid en respek beteken nie? Ja, ons weet almal die sedes is vandag nie wat hulle was toe ek grootgeword het nie ... maar dit is lank gelede. Die wêreld het verander. Ons het aanbeweeg na beter dinge, nuwe uitvindsels – alles het slimmer, minder verkramp, meer aanvaarbaar geword. Is dit 'n goeie ding?Wag ‘n bietjie. Kyk na sommige van die dinge wat ons gevra, selfs verplig word om te onderskryf. Losbandigheid in alle vorme, alternatiewe leefstyle en ekonomiese strukture wat die gaping tussen ryk en arm vergroot.Die Amerikaanse Katolieke Aartsbiskop Charles J. Chaput, stel dit so: Boosheid verkondig verdraagsaamheid totdat dit alles oorheers, en daarna probeer dit die goeie stilmaak. Ek stem nogal daarmee saam.In Jesus se tyd is 'n vrou in owerspel betrap. Die godsdienstige leiers wou haar volgens die Joodse gebruik stenig, maar Jesus het vir haar in die bres getree en haar verdedig.Johannes 8:10,11 Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”Dit blyk dat verdraagsaamheid en goedkeuring twee heeltemal verskillende dinge is. Ja ons is natuurlik beveel om almal lief te hê, dis reg, maar Jesus wys ons dat dit nie beteken dat ons hulle sonde moet goedpraat nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

[KBS] 스포츠 스포츠
(05/21/수) [스포츠스포츠] 손흥민 첫 우승 도전! 토트넘 vs 맨유_정PD와 김기자

[KBS] 스포츠 스포츠

Play Episode Listen Later May 22, 2025 27:36


스포츠 타임라인 ‣ 손흥민, 유로파리그서 프로 데뷔 15년 만에 첫 우승 도전 ‣ KT 송영진 감독 전격 경질, 최현준 단장도 물러난다 ‣ 세계탁구선수권서 '라스트댄스' 마친 38세 서효원 정PD와 김기자 ‣ 1위 넘보는 롯데, LG와 운명의 3연전 ‣ 홍창기 정규시즌 아웃, 염경엽 감독의 대안은? ‣ 치열한 중위권 순위 속 상승세 타는 기아? ‣ 3경기만에 선발 출전 김혜성, 4타수 무안타 쾌거 ‣ LA 다저스, 애리조나에 5-9 참패…수비 난조+선발 붕괴 ‣ KYK 인비테이셔널+문성민 다음달 6일 은퇴식 ‣ '라스트 댄스'…김연경의 선수 고별전, 감독 데뷔전 ‣ 남자배구 대표팀, 6월 6∼7일 네덜란드와 평가전 ‣ 손흥민, 유로파 결승전에서 프로 첫 우승 맛 볼까 출연: 정현호 PD(KBS) 김지한 기자(매일경제) 진행: 남현종 아나운서

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onberispelike Gedrag (2)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 21, 2025 3:01


Send us a text1 Petrus 2:19-21 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. Weet jy wat my regtig ontstel? Dis wanneer ek moet ly as ek niks verkeerd gedoen het nie; wanneer my goeie bedoelings verkeerd vertolk word en mense teen my draai. 'n Klassieke voorbeeld van iemand wat onregverdig gely het, is Josef, wat deur sy eie broers in slawerny verkoop is aan Midianitiese handelaars op pad na Egipte toe. Hulle het hom op hulle beurt toe as slaaf aan Potifar, ‘n Egiptiese hofbeampte van farao, verkoop.  Toe Josef se werkgewer se vrou hom herhaaldelik probeer verlei het, het Josef vir haar gesê: “Kyk, my meester vertrou my met alles in sy hele huishouding. Hoe kan ek ooit so 'n slegte ding doen? Ek sal mos teen God oortree.” Uit wraak het Potifar se vrou hom van molestering aangekla en in die tronk laat sit, terwyl hy totaal onskuldig was.  Ons ken die res van Josef se verhaal, en ons sien hoe hy ten spyte van die onregverdige gevangenisskap nederig opgetree het teenoor die farao en hoe hy ook sy broers se onreg teenoor hom vergewe het.  Ons sien dat Josef gely het omdat hy nie God se Naam oneer wou aandoen nie. So, hoe reageer jy wanneer jy onregverdig moet ly? 1 Petrus 2:19-21  Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.Ons het die verantwoordelikheid om self besluite te neem; en wanneer die lewe onregverdig is, is dit inderdaad 'n moeilike besluit, maar … Jesus het vir jou die voorbeeld gegee om te volg. Hy het vir jou gely. Dit wys jou wat jy moet doen.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onberispelike Gedrag (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 20, 2025 2:50


Send us a text1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB) Ons leef sonder twyfel in 'n wrede wêreld. Ons sou graag byvoorbeeld wil glo dat slawerny lank gelede uitgeroei is. Maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum was daar in 2021 meer as 50 miljoen mense wêreldwyd wat in toestande van moderne slawerny geleef het. 50 Miljoen, kan jy dit glo!Die konsep van slawerny is onaanvaarbaar en tog het dit deur die geskiedenis algemeen voorgekom. Kyk wat sê hierdie Bybelvers:1 Petrus 2:18 Julle wat vir ander werk, luister na hulle. Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek. Dit word nie net van julle verwag as julle werkgewers goed is en julle help nie, maar ook as hulle julle sleg behandel, veral as hulle julle treiter omdat julle Christene is. (DB)Dit klink snaaks, nè? Ek bedoel hoekom sal ‘n God van liefde nie aan die werkers se swaarkry dink, in plaas daarvan om vir hulle te sê om selfs slegte werkgewers te gehoorsaam nie? As God inderdaad God is, wat probeer Hy hier sê?Wel, in die eerste-eeuse Grieks-Romeinse wêreld was slawerny algemeen en baie vroeë Christene was in werklikheid slawe. Dit was dus ‘n sosiale realiteit van die tyd. Die Christene se doel was nie daarop gemik om slawerny af te skaf nie, maar hulle het eerder probeer om die lewens van gelowiges binne daardie bestaande sosiale strukture te transformeer.Miskien word jy op die oomblik onregverdig behandel. Miskien is dit nie in jou vermoë om jou omstandighede te verander nie. God se oproep hier, aan jou en my, is om in elk geval 'n goeie lewe te lei; om voorbeeldige gedrag te toon - dit maak nie saak wat jou situasie mag inhou nie.Wees goeie werkers en behandel julle meerderes met respek.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wat vertel jou voorbeeld van God?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 19, 2025 4:44


Kyk sommer nou by die venster uit. Wat sien jy? Die hemel praat, getuig, vertel.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vertrou op die Here met jou Hele Hart

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 19, 2025 2:43


Send us a textSpreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Dis baie maklik om deesdae onder druk te voel. Dit voel asof daar nooit genoeg tyd of hulpbronne beskikbaar is nie en daarby is daar soveel eise wat die werk en die lewe in die algemeen aan ons stel ... Sê my wat is die dinge in jou lewe wat jou onder druk laat voel?Een van die dinge wat my al te maklik kan omkrap, is my lang lys e-posse in my in-kassie; veral nadat ek gereis het. Ek kom terug en daar is letterlik honderde e-posse. Hoe gaan ek hulle ooit almal hanteer? Hoe gaan ek ooit aan almal se eise voldoen? Ons het almal snellers wat druk op ons plaas – wat is joune? Kyk, die druk van die lewe sal kom en gaan. Dit is beslis onvermydelik. Stres aan die anderkant, is opsioneel. Stres is maar een van ‘n spul reaksies op druk, wat ons self kan kies.  Sê my, hoe reageer jy op druk? Hoe vermy jy stres? Terwyl jy daaroor nadink, kyk wat die wyse koning Salomo hieroor sê:  Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Die webwerf LivingChristian.org som dit so op: Nie een keer in die Bybel beveel dit ons om ons oor iets te bekommer, om daaroor te stres, of om alles te probeer uitpluis nie. Maar oor en oor sê dit baie duidelik, vertrou God. As jy dit doen, sal dit soos 'n verfrissende drankie en medisyne vir jou liggaam wees. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Oorwin Finansiële Stres (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 12, 2025 3:17


Send us a textMatteus 6:25-27 “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?Een van die grootste oorsake van stres in vandag se samelewing, is persoonlike finansies: Stygende pryse; stygende huurgeld; stygende rente op lenings; duur gesondheidsorg. Hoe hou ek kop bo water? Dit veroorsaak vir ontsettend baie mense groot bekommernis.‘n Newsweek artikel het onlangs my oog gevang: "Finansiële onsekerheid veroorsaak 'n geestesgesondheidskrisis." Kom ek haal ‘n paar syfers uit hierdie Amerikaanse opname aan:88% van die respondente ervaar 'n mate van finansiële stres. 65% het gesê hul finansies is hul grootste bron van stres, en dit het 'n beduidende negatiewe impak op hulle geestesgesondheid. 41% het selfs gesê hul finansies het hul geestesgesondheid "vernietig", en 64% het gerapporteer dat hulle permanent "finansiële moegheid" ervaar - 'n gevoel van uitbranding of uitputting in die hantering van geldsake.As dit is hoe die mense in die rykste land ter wêreld voel, hoeveel hoop is daar vir die res van ons? En hoop is presies wat ons nodig het. Hoop, ware hoop ... want dit is die een ding wat ‘n mens se bekommernis kan onderdruk en die stres kan verlig wanneer jy hierdie verraderlike finansiële waters moet navigeer. Ons lees in:Matteus 6:25-27 Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?En weet jy wat doen die stres aan ons? Dit laat net ons probleme groter lyk as wat hulle in werklikheid is.Vertrou op God. Hy sal jou ook hierdeur dra.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoekom Bly Jy Dwaas?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 11, 2025 2:52


Send us a textSpreuke 14:6 Al soek 'n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. 'n Verstandige mens versamel maklik kennis. Bemagtiging is 'n woord wat vandag so populêr is. Haai, wie wil nie bemagtig voel nie? Wie wil nie hul probleme sommer met mag stormloop nie? Maar, wees versigtig, jy kan nie nou kom en terugdeins wanneer ons oor bemagtiging praat en sê dat dit verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vereis nie. Is jy ernstig?Enige sielkundige sal jou vertel hoe belangrik dit is om die rol van jou eie gedagtes, gevoelens en gedrag te erken. Om meer selfbewus te word. Om op te tree en 'n aktiewe agent in jou eie lewe te word. Om die inisiatief te neem. Om besluite te neem wat jou lot sal bepaal, eerder as om alles net met jou te laat gebeur.En kom ons wees eerlik, dit is harde werk. Dit behels ‘n stryd. Dit behels moed. Dit behels doelwitstelling. Dit behels dat jy verantwoordelikheid vir jouself aanvaar. Sal dit nie net makliker wees om aan te hou om die slagoffer te speel nie?Vir baie mense is die antwoord ja. Hulle spot met die wysheid waarmee mense hulle probeer seën. Hulle versmaai die waarde van die beste advies. En hulle gaan op hul eie voort en hulle verval in selfbejammering. Kyk na die kontras in...Spreuke 14:6 Al soek 'n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. 'n Verstandige mens versamel maklik kennis.As ons 'n bose kringloop waarin ons vasgevang is, wil breek, moet ons skouer aan die wiel sit, verantwoordelikheid neem, wyse raad waardeer en aanvaar; veral God se raad, al is dit konfronterend en ongemaklik.Die hoofrede waarom mense dwaas bly, is omdat die waarheid behels dat hulle moet verander. Is jy die spotter of die verstandige mens?Al soek 'n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. 'n Verstandige mens versamel maklik kennis..Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Wat is die waarheid?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 8, 2025 6:28


Kyk dan weer na ons Skrifgedeelte: “Pas op dat niemand julle van hierdie waarheid af wegneem en wegvoer nie”.

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Persoonlike Aanval

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 16, 2025 2:39


Send us a textJohannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.” Ons ken almal die uitdrukking wat dikwels in kommentaar by rugbywedstryde gebruik word: “hy speel die man en nie die bal nie.” Dis 'n klassieke taktiek wat gebruik word wanneer jy ‘n individu se argument wil afskiet - eerder as om sy of haar optrede of argument aan te val; val jy die persoon aan.Dit is iets wat jy oral sien - in die politiek beslis, in die werkplek, in gemeenskapsgroepe, oral. In die klassieke Britse komedie, "Yes Minister," het die gewetenlose staatsamptenaar, sir Humphrey Appleby, dit so gestel:Jy moet die mense laat glo dat hierdie man 'n warm, vrygewige mens is. Dan wys jy die gehoor daarop dat dit net 'n front is en dat hy hulle mislei omdat hy in der waarheid 'n koue, konkelende politikus is.Slim, humoristies … maar in die kol. As jy die goeie dinge wat iemand doen, wil ondermyn, gooi klippe na die individu, nie na hul optrede nie. Dit is presies wat hier aan die gang was: Johannes 10:31-33 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?” “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou as God voordoen.”Jesus het natuurlik verstaan wat besig was om te gebeur en het hulle uitgedaag: “Oor watter een daarvan wil julle My stenig? En nie lank daarna nie, het hulle Hom wel doodgemaak.Hierdie aanvalle op Jesus gaan vandag nog voort. Moenie geflous word nie. Kyk na sy goedheid. Kyk na alles wat Hy gesê en gedoen het. Want my vriend, Hy het na hierdie aarde gekom vir jou.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Ashe Steenbok

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Apr 13, 2025 42:56


“Hoe word jy toe 'n Anglikaanse priester?” vra ek. “Wel, toe gebeur God!”sê hy.  Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van 'n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.”  Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon. “Tien uur daai aand kon ek nie ophou dink aan daai man se woorde nie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

God se Woord VARS vir jou Vandag
Op die Skouers van Reuse

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 5, 2025 2:59


Send us a textLevitikus 19:32  “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here. Hoe ouer ek word – en ek is nou nie eintlik so oud nie – hoe meer besef ek hoe noodsaaklik dit is om ons voorgeslag te respekteer en te eer. Daar is iets wat binne-in jou hart gebeur, wanneer jy besef dat die suksesse wat jy in die lewe behaal het, nie aan jou eie persoonlike briljantheid toe te skryf is nie. Wanneer ons praat van ons voorgeslag, kan die meeste van ons nie eintlik iets oor hulle vertel nie. Miskien het jy jou oupas en oumas geken, of dalk het jy stories van hulle gehoor, soos dit deur ander oorgedra is, maar in die meeste gevalle is dit omtrent sover as wat ‘n mens se kennis oor jou voorgeslag strek.En tog is dit ‘n realiteit dat my lewe en joune die gevolg is van dít wat ons voorvaders gedoen het. As jy net sewe geslagte teruggaan – na jou agter-agter-agter-oupagrootjies – gee dit jou meer as 200 jaar en 128 voorouers. En nou praat ons nie van al die ooms, tannies, neefs en niggies nie … want hulle het almal op een of ander wyse ‘n rol in jou vorming gespeel; hulle het bepaal wie jy vandag is; en ‘n invloed gehad op die posisie wat jy nou beklee.Dit is 'n ontnugterende, maar ek dink ook, 'n nederige gedagte. God het ons ongelooflik geseën deur diegene wat voor ons gegaan het – deur hul stryd, hul opofferings, selfs deur hul mislukkings. Kyk wat staan in:Levitikus 19:32 “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.In 1675 het Isaac Newton, die bekende fisikus, geskryf: As ek verder as ander mense in die toekoms vooruit kon sien, is dit omdat ek op die skouers van reuse gestaan het.Moenie die reuse in jou lewe vergeet nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Nuwerwetse Ingesteldheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 30, 2025 2:59


Send us a text1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV) Deesdae is dit ‘n baie groot uitdaging om nie mense se gevoelens seer te maak nie. Met die vinnige opgang van identiteitspolitiek; en noudat soveel verskillende identiteite deur die gemeenskap aanvaar word, kan dit voel asof jy permanent op die eiers van politieke korrektheid loop.Toemaar, ek verstaan dat die wêreld besig is om te verander. Party veranderinge is vir ons beswil, maar party ander is... nie so eenvoudig nie. Om die landmyne van mense se gevoelens te ontwyk, is dus dikwels 'n moeilike en delikate ding om te doen.En tog is daar 'n paar basiese beginsels wat nooit verander nie. Kyk wat sê die apostel Petrus:1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. (NLV)Ons kan, sonder om hulle te verkleineer, sonder om hulle seer te maak, van mense verskil. Wanneer ons in liefde van hulle verskil, kan hulle steeds seergemaak voel, en weet jy, dit is iets wat ons nie kan beheer nie. Maar, kom ons doen dit met vriendelikheid, sagmoedigheid en liefde as ons van hulle gaan verskil.En om voor te gee om iemand te wees wat jy nie is nie; om oneerlik te wees; om leuens te vertel; om mense doelbewus te flous en te bedrieg - is tog nie hoe ‘n mens wil lewe nie. Nee, my liewe mens, moet dit nie doen nie. Jaloesie en skinderpraatjies gaan hand aan hand … en as gevolg van ons eie gebrekkige selfbeeld, is dit dikwels baie moeilik om te vermy, maar ons moet hierdie gedrag aanspreek.Ja, ek verstaan dat daar, wanneer dit by mense se emosies kom, in hierdie vinnig veranderende wêreld soveel landmyne is waaroor ons baie versigtig moet tree. Maar, as ons eerlik is, is daar sommige dinge wat ons redelik maklik kan verander.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Jou Self-Help-Plannetjies Misluk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 28, 2025 2:50


Send us a textJakobus 1:13-15 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood. Gister het ons gesien dat die wêreldwye selfhelpbedryf op ‘n finansiële vlak wel die moeite werd is! Dis reg; dis jaarliks miljoene werd en dit gaan na verwagting teen die einde van die dekade in waarde verdubbel. Te oordeel aan die groot bedrae wat mense net eenvoudig aanhou om te spandeer daarop, wonder ‘n mens of dit 'n noemenswaardige verskil aan hul lewens maak.Kyk, verstaan my mooi, ek stel nie vir een oomblik voor dat dit alles gemors is nie. Al is daar 'n paar bedrieërs daar buite, wat net agter die mense se geld aan is, is daar natuurlik ook dié wat goeie raad gee.Het jy al ooit hierdie selfhelp-ding probeer? Jy identifiseer iets in jouself wat nie reg is nie; iets wat jy wil verbeter. Jy kry raad, jy trek jouself op ‘n knop, jy sê vir jouself dinge sal verander ... maar jy gly net weer terug in dieselfde negatiewe ou gedragspatroon.Moenie dink jy is ‘n uitsondering op die reël nie. Ek dink ons het almal al in daardie strik getrap. Maar … hoekom gebeur dit?Jakobus 1:13-15 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.Dit gaan alles oor ons eie begeertes. Jy kan nie jou gedrag verander tensy jy anders dink oor wat jy wil hê nie. En die gevolge van daardie selfsugtige begeertes word erger, en erger … en erger. So wanneer selfhelp-plannetjies jou in die steek laat … gaan na God toe. Hy sal jou help om jou selfsugtige begeertes te verander.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a text1 Petrus 1:22 Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning. (NLV) Soveel van die venynigheid wat ons deesdae rondom ons beleef, spruit uit 'n diepgesetelde, trotse oortuiging dat "ek die enigste een is, wat reg is." Jy kan nie 'n koerant optel sonder om te lees van een groep wat beledigings en kritiek na ander slinger nie.Natuurlik is daar iets soos objektiewe waarheid; objektiewe reg en verkeerd. Kyk na die bose debat tussen die mense wat vir vroue se sogenaamde "voortplantingsregte" stry en dié wat pro-lewe is. As ons objektief na die saak kyk; na 'n onbevooroordeelde standpunt gebaseer op feite en verifieerbare bewyse, eerder as na persoonlike gevoelens of opinies, moet ons erken, dat dit nie reg kan wees om die lewe van 'n ongebore kind te neem nie. Kan ons?Tog word argumente te dikwels aangevuur deur trots … my idees is meer korrek as joune... En vir my om te wen, moet jy verloor. Dis hoe dit werk.Wat egter regtig lelik is, is om te sien hoe Christene iemand wat van hulle verskil, met die Bybel oor die kop slaan. Dis baie hartseer om te sê, maar te veel Christene doen dit … en hoe kan dit moontlik reg wees?Kyk wat die apostel Petrus aan vervolgde Christene sê:1 Petrus 1:22 Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning. (NLV)Ja, my vriend, leef jou lewe in reinheid; gehoorsaam God se waarheid  - selfs wanneer die res van die wêreld nie met jou saamstem nie. Maar doen dit met liefde; liefde vir diegene wat met jou saamstem en liefde vir diegene wat van jou verskil. Want waarheid sonder liefde is nie net lelik nie, dit is eenvoudig verkeerd!Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê.  Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textEfesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. Ons dink nie so daaraan nie, maar 'n eenvoudige daad van vriendelikheid van ons kant, wat ons niks kos nie, kan iemand se dag opvrolik ... selfs hulle lewe red. Maar dan is daar ander tye wanneer ‘n onselfsugtige daad jou bestaan in gevaar kan stel.Oskar Schindler was 'n Duitse nyweraar en lid van die Nazi-party. Hy het sekere mense omgekoop om 'n geleentheid in Kraków, Pole te kry om geld te maak. Dit was minder as 80 kilometer weg van die konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau, waar oor ‘n miljoen Jode vermoor is. Maar toe die afgryse van die "Finale Oplossing van die Jode " vir Schindler ‘n werklikheid geword het, het sy fokus van geldmaak verskuif na ‘n poging om soveel Jode se lewens as moontlik te red. Hy het alles – selfs sy eie lewe – gewaag om meer as 1 200 Jode van Volksmoord te red deur hulle vry te koop.Ja, my vriend, soms is genade nie so eenvoudig nie. Soms kan dit jou alles kos. Kyk wat die apostel Paulus 'n paar duisend jaar gelede geskryf het:Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.God se genade teenoor jou (en my) het Hom alles gekos – die dood van Jesus, sy enigste Seun aan die Kruis. Jesus het die straf wat ons toegekom het, betaal, sodat ons lewens gered kan word. Dit laat ons dink aan hoe die Jode, wat Oskar Schindler vrygekoop het, moes gevoel het.Ek weet nie van jou nie, maar ek verdien dit nie ... Dit is natuurlik die hele punt! Want as ons dit verdien het, sou ons nooit die ewige, wonderlike rykdom van God se genade ontdek het nie!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit is waarvoor ons Bid (1)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 5, 2025 2:45


Send us a textKolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, Dit is baie raar dat enigiemand, ongeag of hulle gelowig is of nie, sal nee dankie sê as iemand aanbied om vir hulle te bid. Dit gebeur af en toe, maar die meeste mense dink by hulself: Wel, dit kan nie seermaak nie, kan dit?Ek het al in my lewe net te veel antwoorde op gebed beleef en ook in die lewens van ander mense gesien, vir my om nie te glo dat (a) God inderdaad daar is, en (b) dat Hy ons antwoord wanneer ons bid.Die lewe is ingewikkeld, nè? Soms is dit ‘n deurmekaarspul en dikwels so onseker. Hoe hanteer ek dit? Watter kant toe moet ek draai? Kyk wat bid die apostel Paulus in die 1ste eeu nC vir sy vriende in Kolosse wat onder die Romeinse heerskappy in situasies leef wat kompleks, traumaties en gevaarlik is:Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,As God bestaan, as Hy inderdaad almagtig en liefdevol is, en as Hy werklik gebede beantwoord, is dit ‘n wonderlike ding om te vra dat Hy ons wysheid en insig sal gee sodat ons seker kan wees van wat Hy wil hê. Hoe? Deur aan ons almal: (Aan wie? Aan almal!) die wysheid en begrip te gee wat ons nodig het.So wanneer die lewe ingewikkeld, traumaties en onseker is, onthou … jy kan bid. En wanneer jy jou hart voor God uitstort, sal Hy jou absolute duidelikheid gee van wat sy wil vir jou is.Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Magalies Potgooi
Nuusflits: Dricus Du Plessis veg! UFC 312, Sondag oggend

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Feb 8, 2025 1:36


Dricus Du Plessis veg more, Sondag oggend weereens teen Sean Strickland. Kyk op DSTV so tussen 9am en 10am.Jy kan ook die fight koop op ufc fighpass. Hier by my kos dit so 30 eur.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textLukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Het iemand jou al tot die dood toe verveel deur vir jou iets in soveel detail te vertel dat jy kon slange vang? Op 'n stadium … het jy totaal alle belangstelling verloor.Sommige mense het baie lang asems, nie waar nie? En kom ons wees eerlik: ons het baie van ons eie dinge om te doen; ons eie eindelose lysies om te hanteer, sonder om na hulle sinnelose gebabbel te luister.Nouja, dink jy nie dat God ook baie besig moet wees nie? Kyk net na al die dinge in die wêreld wat Hy moet doen! Dink jy dat Hy in die klein dingetjies van jóú lewe sal belangstel? Dit kan tog nie van Hom verwag word nie! Dit sal nogal hartseer wees, want die dinge wat in ons lewens aangaan, maak regtig vir ons saak. Al daardie detail – ons verhoudings, ons gevoelens, ons finansies, ons gesondheid, ons families, ons vriende, ons probleme – al daardie goed, is die goed waaruit ons lewens bestaan.Wat sê jy… is dit belangrik vir God, of nie? Maar Jesus kom en beantwoord daardie vraag duidelik en eenvoudig in taal wat ek en jy kan verstaan...Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”Weet jy hoeveel hare jy op jou kop het? Nee, maar God weet. Met ander woorde, Hy weet alles van jou, elke klein detail, elke stukkie inligting wat ander mense as onbenullig sal beskou.Hoekom? Want Hy het jou liewer as wat jy ooit kan weet.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Alle eendjies in ‘n ry... of is dit nou planete?

Nuus

Play Episode Listen Later Jan 16, 2025 0:42


Hierdie maand is sewe planete met die blote oog sigbaar. Kyk na die suidwestelike horison om Venus en Saturnus te sien, met Venus, of die Aandster, die helderste. Hoër in die lug sal Jupiter helder skyn, en Mars sal uitstaan met sy rooi tint op die oostelike horison. Januarie is die beste tyd om Mars waar te neem, aangesien dit sy naaste benadering tot die aarde nader. Uranus en Neptunus sal naby Jupiter en Venus wees, maar vereis 'n teleskoop om duidelik te sien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Riaan Steenkamp, hoof van Unam se fisika departement, wat verduidelik wat aan die gebeur is en veral op 25 Januarie.

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Lerisa Meyer oor die see en die kerk en die dieper dors

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Jan 13, 2025 23:19


“Ek en Handré bly in Uvongo met ons twee hondekinders, Leo en Teddie,” sê sy en vertel hoe hulle in 2020 van Pretoria as see toe getrek het. Dit was wonderlik en rof. Sy en Handré was pas gertoud en hy het kort daarna Covid gekry. Handré het ook teologie geswot. Hy vandag 'n onderwyser en help dikwels met preekbeurte in die gemeente . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

HRCO Potgooi Preke
Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart?

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jan 12, 2025 41:42


Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart? Een van die grootste misleidings in die lewe is om so besig te raak met dinge wat onbelangrik is, maar skynbaar dringend lyk, dat ons die werklik belangrike aspekte van die lewe verwaarloos. Neem byvoorbeeld die opvoeding van kinders—dit behoort die nommer een prioriteit te wees vir regerings en sakelui, aangesien dit die fondament van ons samelewing en toekoms vorm. Tog staan dit in die meeste gevalle laaste op die lys van belangrikheid. Kyk maar net na hoe en waar geld gespandeer word. Jesus se hele bediening is gefokus op die hart—die kern van wie ons is, die bron van ons denke, gevoelens en keuses. Tog is ons as samelewing geneig om ons fokus op die intellek te plaas. Ons spandeer die meeste van ons geld in kinder opvoeding op hulle intellekteule ontwikkeling! (Skool, universiteit en akademiese prestasies) Verder belê ons groot bedrae geld in die versorging van ons liggame—of dit nou deur gesondheid, skoonheid of fisieke prestasie is—maar ons vergeet dikwels van die hart. Die hart is die oorsprong van ons geestelike lewe, en om dit te verwaarloos, is om die belangrikste aspek van ons menswees agterweë te laat. "Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe." (Spreuke 4:23)

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag, 12 Januarie

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jan 12, 2025 34:46


Die laaste twee Sondae het Pieter eers help terugkyk en André het ons weer aangemoedig om 'n verbeelding te kry vir 'n toekoms wat dalk anders kan lyk. Maar wat is tussen die verlede en die toekoms? Kyk hier saam na die voorafopgeneemde preek: https://youtu.be/dGJ8DEN_1bU   Of kyk hier saam na die lewendige [...]

God se Woord VARS vir jou Vandag
Net Goeie Dinge Vloei Uit

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 10, 2025 3:13


Send us a textLukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Kardiovaskulêre siektes – hoofsaaklik hartaanvalle en beroertes – is verantwoordelik vir een derde van alle sterftes. Dit sal vandag, môre, die volgende dag en elke dag vir die res van die jaar, 51 000 mense se dood dwarsdeur die wêreld veroorsaak.En hierdie hartsiektes, of CVD's, soos dit bekendstaan, word gesien as is 'n neweproduk van die Westerse leefstyl wat die wêreld oorgeneem het: Kyk na ons leefstyl! Wat eet ons? Hoogs verwerkte voedsel. Hoeveel oefening doen ons? Nie veel nie - ons kan seker in 'n minder mate, ons toenemende sittende bestaan blameer. En weet jy, aan die begin van die 20ste eeu, was hartsiektes byna onbekend.Dus, as ons net al daardie verwerkte voedsel vervang met vars, heel kosse – kosse wat ons kan herken as regte vrugte, groente, vleis en vis, eerder as kos wat uit blikkies, flesse, bokse of pakkies kom – sal sekerlik miljoene lewens gered word.Dis regtig tragies. Maar weet jy, daar is ‘n baie ernstiger vorm van hartsiektes wat lewens vernietig. Dis daardie soort wat Adam en Eva, baie goed leer ken het nadat hulle van die vrugte, wat God hulle verbied het om van te eet, geëet het. Jesus het dit so gestel:Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”So, in watter toestand is jou hart? Het jou lewenstyl dalk die goedheid waarmee God jou hart wou vul, vervang met die verwerkte boosheid van die wêreld en sy weë? En watter veranderinge moet jy vandag maak om dinge reg te stel? Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Slaan jou oë Hemelwaarts

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 1, 2025 3:14


Send us a textJesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar wêreld, het nie een van ons ‘n idee wat hierdie jaar gaan oplewer nie.Op hierdie dag, presies ‘n 100 jaar gelede, het 'n man genaamd Edwin Hubble, 'n wetenskaplike referaat by 'n obskure konferensie aangebied. Maar, wat net nog 'n gewone dag was, net nog 'n kalenderblaadjie wat omgeblaai is, was op die ou end ‘n dag wat deur die Discover Magazine as "een van die mees buitengewone datums in die geskiedenis van die wetenskap" bestempel is.Deur noukeurige navorsing en waarneming het Hubble aangekondig dat daar ander sterrestelsels buite ons eie is; dat die Andromeda-nebula of newel, nie bloot nabygeleë gaswolke was nie, maar hele sterrestelsels wat deur die ruimte gewentel het. Dit was letterlik die dag wat die Heelal ontdek is.Ons kyk op na die miljoen of so sigbare sterre van die Melkweg, en weet dat hulle net 'n handvol van die ontelbare sterre in die heelal is – en ons weet nie eers waar dit eindig nie.Dit laat ons son, ons aarde, ons lewens, ons probleme so oneindig klein lyk, so ongelooflik onbelangrik, nie waar nie? En weet jy God … God het hulle almal geskep.Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos 'n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV).Soms kan die jaar 'n bietjie wankelrig begin. Miskien tref ons padblokkades langs die pad. Maar die realiteit is dat die God wat daardie "leërmag" in die lug geskep het; Hy wat elke ster op sy naam ken, dieselfde God is wat jou ongelooflik liefhet. En Hy het die begeerte om jou deur alles wat in jou toekoms oor jou pad kom, te lei.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God, Sigbaar vir Almal

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 27, 2024 2:39


Send us a textJohannes 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. Vir baie mense is God net ‘n terloopse faktor in hul lewens. Miskien dink hulle so nou en dan aan Hom; stuur hulle so af en toe ‘n skietgebedjie op, maar te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, is dit omtrent al waaruit hul verhouding met God bestaan. Hoe lyk jou verhouding met Hom?‘n Probleem wat baie mense het om God te leer ken, is die feit dat jy Hom nie kan sien nie. Jy kan nie, soos jy met 'n vriend, op dieselfde, tasbare, fisiese manier gaan sit vir 'n geselsie oor 'n koppie tee of koffie nie.Niemand het God nog ooit gesien nie, so hoe kan jy jou lewe aan Hom toewy? Hoe kan jy selfs glo wat Hy sê?Johannes 1:18: Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.Wat sê God hier deur Johannes, een van Jesus se eie dissipels? Wel, hy erken eenvoudig ons probleem. Niemand het God nog ooit gesien nie … behalwe “God die enigste Seun” … behalwe Jesus self.Dis die rede waarom God vir Jesus gestuur het om 'n mens te word – dit wat ons 'n paar dae gelede met Kersfees herdenk het – Jesus, wat God gesien het, wat self God is, wat ná aan die Vader se hart lê om … God vir ons te wys.Wil jy weet hoe God is; hoe Hy dink, hoe Hy reageer, wat Hom opgewonde maak, wat Hom kwaad maak, hoe magtig Hy is, hoe vriendelik en liefdevol Hy is? Kyk net na Jesus wat...God se Woord is. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Stellenbosch Gemeente
Preek, 22 Desember

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Dec 24, 2024 45:26


Kyk hier saam na die voorafopgeneemde preek, of...   https://youtu.be/sKVLgA1EC8A   Skakel in by die lewendige diens: https://youtube.com/live/Jfcut7sCxOA?feature=share  

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textJohannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. Oukersaand. Hoe voel jy werklik oor Kersfees? In 'n sekere sin eis vanaand 'n antwoord van ons elkeen op die vraag: wat gaan jy môre vier? 'n Familie- of godsdienstige tradisie, of iets meer?Kyk, ek het geen idee wat jou standpunt oor Kersfees is nie. Ek weet nie of jy glo, of nie glo, dat ons môre die koms van Jesus, die Seun van God, herdenk nie. Jesus wat ons kom red het van onsself; van ons rebellie teen Hom en van 'n ewige skeiding van Hom.Gister het ons gesels oor die realiteit dat baie mense Jesus doelbewus óf deur geringskatting verwerp het; óf miskien het hulle Hom as deel van 'n fabel beskou … óf dalk het hulle dit nooit oorweeg om meer oor Jesus uit te vind en wat Hy kom doen het nie.Miskien beskryf een van die vorige moontlikhede hoe jy voel … of dalk is jy iemand wat reeds jou lewe aan Jesus oorgegee het; iemand wie se hart swel van 'n onbeskryflike vreugde oor die blote vermelding van sy Naam.Hoe jy ook al voel, my gebed is dat jy sal toelaat dat hierdie woorde, God se Woorde, vandag met jou praat:Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.Die oomblik wat jy vir Jesus ‘ja' sê, word jy 'n kind van God en alles – alles – verander … nou en vir alle ewigheid. Mag daardie waarheid jou help om jou vrae te beantwoord.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou verhouding met Christus

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 11, 2024 2:50


Send us a text1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in 'n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie 'n begrip van Hom nie. (NLV) Dit kan soms amper onmoontlik lyk om 'n ou kop op jong skouers te sit; om die wysheid van ervaring aan ons jongmense oor te dra op 'n manier wat hulle geredelik kan aanvaar.Ek onthou vandag nog so baie van die dinge wat my ouers my probeer leer het; dinge wat ek as totaal onbelangrik en lastig beskou het. Hulle moes dit dikwels maar vir my indril! Eenvoudige dinge soos om my hare te kam voordat ek uit my kamer kom vir ontbyt; om nie terug te praat nie; om my kamer op te ruim … ja, ek het steen en been gekla en allerhande verskonings uitgedink om my pligte te probeer omseil. Maar nou wanneer ek terugkyk, kan ek duidelik sien hoe hulle volharding die moeite werd was. Hulle het op die ou end gewen! Daardie dinge wat so onnodig gelyk het, wat so irrelevant vir 'n tiener was, het oor en oor in my lewe vrugte afgewerp.Op dieselfde manier verwerp baie mense vandag die oënskynlik outydse, irrelevante idee van ‘sonde'. Noem net daardie ou klein woordjie daar buite en mense sal hewig eksepsie neem. Hoe durf jy my oordeel? Hoe durf jy probeer om jou verouderde oortuigings op my af te dwing?Wel, ek probeer niks op enigiemand afdwing nie. Ek wil net die Woord van God met jou deel. Kyk, dis duidelik en ononderhandelbaar:1 Johannes 3:4-6 Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid. Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in 'n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie 'n begrip van Hom nie. (NLV)Wie jy ook al is, waar jy ook al is, neem asseblief sonde ernstig op.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a text1 Johannes 3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. Soos ons volwasse word, groei ons hopelik in wysheid. Maar terwyl jy, te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, meer bewus word van jou eie beperkings, kan iets anders kop uitsteek om jou te pootjie. Dit sal jou van al die voordele van daardie swaarverdiende wysheid kom beroof. En daardie ‘iets anders', is trots.Het jy al ooit ervaar dat jy jou neus optrek oor ander mense se onnoselheid en onvolwassenheid? Hoe kan iemand regtig so dom wees? Kyk, dis seker geregverdig, maar daardie smalende veragting kom uit 'n gevoel van meerderwaardigheid; dit pof ons op in ons trots. En trots is altyd lelik. Altyd.Ek het gesien hoe Christene juis dít doen. Hulle het God leer ken en nou is hulle geskok oor hoe pateties die res van die wêreld optree. Hulle vergeet dat hulle self vantevore so was. En hulle sien nie in, dat hulle nou besig is, om deur hul arrogansie en meerderwaardigheid, verhoudings te verwoes nie.1 Johannes 3:1 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.God het ons so lief … en wanneer ons deur ons geloof in Jesus die gratis gawe van vergifnis en die ewige lewe ontvang, verander dit alles. En as dit met jou gebeur het, verstaan jy dit.Maar diegene aan wie Hy Homself nog nie openbaar het nie, diegene wat nog nie daardie vrye gawe ontvang het nie, verstaan dit nie; hulle kan dit inderdaad nie kry nie, want hulle ken Hom nie.So, moet asseblief nie geskok wees oor die ongeredde mense se gedrag nie. Moenie meerderwaardig voel nie. Moenie hulle oordeel nie. Wees lief vir hulle.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
Niks nuuts in tweede ‘Moana'

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Dec 5, 2024 1:40


Soms dink ʼn mens: Kyk ek nou na “Moana”, of is dit “Moana 2”? Maroela Media

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textPsalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos 'n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV) Die toppunt van liefde is beslis die liefde wat ons ontvang, wanneer ons dit die minste verdien. Die liefde wat jy kry wanneer iemand jou nie verwerp wanneer jy bitter is nie; en jou ondersteun wanneer jy sleg en onredelik optree.Ja, my vriend, ons was almal al bitter. Ons het ons beslis ook dikwels sleg gedra. Ons was almal al haatdraend. En soos ek gister gesê het, die bitterheid in ons siel oor die slegte dinge wat met ons gebeur het en die slegte gedrag wat gevolg het, is eenvoudig nie die moeite werd nie.Nee, jy weet dit baie goed, maar om jouself uit daardie negatiewe emosies los te skeur, is nie altyd maklik nie. Soms is dit heeltemal onmoontlik. Wat jy nodig het, is iemand wat jou in daardie situasie, wanneer jy dit nie verdien nie, sal liefhê. Iemand om by jou te wees en om jou hand vas te hou wanneer jy onredelik is.Kyk wat sê die psalmis wanneer hy met God praat in:  Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos 'n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV)Asaf, wat die Psalm geskryf het, was verbitterd, en hy het verontreg en hopeloos gevoel. Hy het hom soos ‘n redelose dier teenoor God gedra. Dit is nogal 'n stewige lys van negatiewe emosies nè? Maar ten spyte van sy reaksie … het God hom nooit verlaat nie, in plaas daarvan, het Hy sy regterhand vasgehou, hom gelei, hom raad gegee en nadat Hy hom deur dit alles gelei het, het God hom in sy heerlikheid ontvang.Dit my vriend, is die absolute toppunt van liefde, dieselfde liefde wat God vir jou in jou donkerste uur het. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Hy sal jou deur dit alles lei tot in sy heerlikheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Nov 25, 2024 24:48


Na skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ń karwas, tot drom dienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop — noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van twee suksesvolle besighede in die skrootmetaal bedryf en ek dank die Here vir alles wat ek geleer het uit my vorige probeerslae,” sê Erick van Breda wat onlangs bevestig is as diensleraar by NG Florauna in Pretoria . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

God se Woord VARS vir jou Vandag
Vrees, Vrede en Vertroosting

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 25, 2024 2:53


Send us a textHandelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder. Ons leef in onstuimige tye. Jy tel 'n koerant op en lees dikwels van mense in gesagsposisies se skokkende gedrag en van kerke deurspek met finansiële en nog veel erger skandale. Wat gaan aan?Kyk, ek weet nie of jy 'n kerkganger is of nie, maar weet jy, kerke en Christene … is nie perfek nie! Trouens, hulle was nog nooit nie … reeds in die eerste eeu moes die apostel Paulus streng vermanings aan eiesinnige en swak gedissiplineerde kerke skryf.Dit is tragies, ‘n mens sou dit graag nie so wou hê nie. ‘n Mens sal tog nie dink dat die Christene, van al die mense op die planeet, so behoort te wees nie, of hoe?Hoe hanteer jy dit? Hoe stel jy dit reg, soos wat dit veronderstel is om te wees? Die vroeë kerk het swaargekry – die gelowiges was hewig vervolg. Vandag neem vervolging al hoe meer toe. Maar kyk wat was daardie eerste gelowiges se geheim: Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judea en Galilea en Samaria het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.Om God te vrees beteken nie om vir Hom bang te wees nie, dit beteken om Hom te respekteer, om Hom te eer, om Hom te gehoorsaam. Nouja, vir 'n buitestaander lyk sommige van die dinge wat Christene glo, snaaks of onaanvaarbaar. Maar weet jy, hierdie een ding is seker: wanneer God se kinders Hom eer, in plaas daarvan om “godsdiens te speel”, gebeur goeie dinge, werklik goeie dinge.En al haal hulle nie die pers nie, is daar baie wonderlike dinge aan die gang. Dit is wat gebeur wanneer God se kinders in die vrees van die Here wandel.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Stellenbosch Gemeente
Preek, Sondag 24 November | Pieter Roeloffse

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Nov 24, 2024 41:56


Kom sê saam met ons dankie vir gister se heerlike fees. Kom reflekteer saam met ons oor gister se ervaring as ‘n heilige teks met leidrade vir 'n feestelike/heilige/ geïntegreerde lewe. Kyk saam live:  https://youtube.com/live/HiayzOqkFaQ?feature=share  

God se Woord VARS vir jou Vandag
Kweek ‘n Gesindheid van Dankbaarheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 24, 2024 2:43


Send us a textPsalm 86:12,13 Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. Ek sal u Naam vir altyd verheerlik, want u liefde vir my is baie groot. U het my uit die doderyk gered. Hoe ons die lewe ervaar – wat ons kry, wat ons gee en of ons dit geniet … of nie – word in 'n groot mate deur ons gesindheid bepaal. Dink net hoe sal ‘n onvergenoegde persoon, of een met 'n slagoffermentaliteit, of een met 'n houding van dankbaarheid, se manier waarop hulle die wêreld sien en ervaar, hemelsbreed verskil. Ja, ons weet, ons emosies gaan wel op en af. Soms is ons teleurgesteld, ander kere is ons verheug oor ‘n situasie. Dis net natuurlik; daar's niks fout daarmee nie. Maar sê my, hoe lyk jou houding in die algemeen teenoor die lewe?Is jy geneig om jouself altyd as ‘n slagoffer te beskou? Hoe werk dit vir jou? Of is jy, as jy eerlik moet wees met jouself, arrogant en aanmatigend? Hoe gaan dit met jou verhoudings? Is jy voortdurend knorrig, en is niks wat iemand sê of doen ooit goedgenoeg vir jou nie? Hoeveel vreugde bring dit vir jou? Dit laat jou dink, nè?Goed, laat ek jou nou weer vra, hoe sal jy jou hartsgesindgeid in jou hart teenoor jou lewe, jou omstandighede, jou gesin en jou werk beskryf? Kyk na Dawid s'n in:Psalm 86:12,13 Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. Ek sal u Naam vir altyd verheerlik, want u liefde vir my is baie groot. U het my uit die doderyk gered.Goed, ek verstaan, dinge gaan dalk nie heeltemal soos jy gehoop het nie. Maar soos iemand eenkeer gesê het: 'n dankbare hart maak ons oë oop vir 'n menigte seëninge wat ons voortdurend omring.So, wees dankbaar vir alles wat jy uit sy Hand ontvang!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textTitus 2:13,14 ...terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. So baie mense is swartgallig in hul uitkyk op die lewe. Jy kon dalk ook in die verlede so negatief gevoel het, of dalk voel jy op die oomblik so. . .Toemaar, ek verstaan heeltemal, want weet jy, ek was ook al desperaat en vreeslik depressief. Die vraag is, hoe verander jy dit?Kyk, jy kan in oorvloed lewe en tog deur 'n gevoel van hopeloosheid oorval word. Daardie desperate gevoel het my tot op die rand van selfmoord gedryf.Kom ons kyk: op 'n skaal van nul tot tien, hoe hoopvol en hoe positief voel jy oor jou toekoms? Terwyl jy daaroor nadink; sê my of jy saamstem met hierdie stelling:Hoe ons ons lewens daagliks leef, gaan 'n groot impak hê op hoe ons oor ons toekoms voel. Stem jy saam?Kies jy om dag vir dag die goeie te doen, of laat jy toe dat die slegte gedrag, waarin ons so maklik kan verval, jou dag oorheers? Titus 2:13,14  ...terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.Dit het alles vir my begin verander, op daardie dag toe ek op die randjie van selfvernietiging was en Jesus na my uitgereik het. Op daardie dag wat ek in geloof vir Jesus Christus as my Verlosser aangeneem het. Maar weet jy, my uitkyk op die lewe het nie onmiddellik van nul na tien verander nie. Dit het progressief gebeur, soos Hy my, dag na dag, gelei het om goeie besluite te neem. Dit is 'n reis waarop ek steeds is. Wat van jou?My vriend, vertrou op Jesus. Hy het gesterf om jou uit die mag van sonde te bevry. Laat Hy jou reinig en lei om meer en meer soos Hy te word.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a text1 Petrus 1:15,16 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig! (NLV) Ek verwonder my oor die fantastiese prestasies wat top atlete behaal. Ek weet hulle sou dit nie sonder natuurlike talent kon doen nie, maar ek weet ook dat dit ongelooflike toewyding en harde werk van hulle vra.Die eerste mens wat die rekord vir die myl in onder vier minute verbeter het, was Roger Bannister. Op 6 Mei 1954 het hierdie vyf-en-twintigjarige mediese student van die Oxford-universiteit by die baan aangekom vir die jaarlikse atletiekbyeenkoms.Die weerstoestande was ver van ideaal. 'n Sterk dwarswind het oor die baan gewaai toe die wedloop begin het. Die afsitter het die skoot geskiet en drie minute nege-en-vyftig punt vier sekondes later, het Bannister die wenstreep oorgesteek. Die skare het in ekstase gespring en geskree toe sy tyd aangekondig is. 'n Baie spesiale man; 'n baie spesiale oomblik.Ek wonder of jy al ooit aan jouself gedink het as 'n baie spesiale persoon? Iemand, wat juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie, uitgesoek is met ‘n baie spesiale doel? Moontlik nie. Sal dit jou verbaas om te weet dat dit presies is hoe God jou sien? Hy het jou uitgekies; jy's ongelooflik spesiaal, ongelooflik geliefd.En so dikwels maak ons ons eie slim plannetjies en mis ons God se planne. Sou Bannister ooit die vier-minute-myl-rekord gebreek het deur in die kroeg te sit en tiermelk drink, in plaas daarvan om op ‘n baan te kom en te oefen?Kyk wat het God gesê:1 Petrus 1:15,16 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig! (NLV)Dit is een ding om spesiaal in God se oë te wees, maar dis heeltemal 'n ander ding om dit uit te leef. Wees heilig, want die Here jou God is heilig.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Henning Mostert in Ghanzi

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Nov 8, 2024 33:03


Henning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op 'n klein dorpie in Botswana, maar ook 'n meganiese ingenieur, met 'n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface!  “Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 1000km van Swakopmund af en 1000km van die Victoria meer af, 1200km van die Vrystaat, 1000 van Johannesburg 1500km van die Kaap.”     Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Seën van Vrede

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 4, 2024 2:49


Send us a textLevitikus 26:6 “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.” (NLV) Vandag word Wapenstilstandsdag, die dag toe die einde van die Eerste Wêreldoorlog aangekondig is, in talle lande herdenk. Destyds het hulle gesê dat daar nooit weer só ‘n oorlog op aarde sal wees nie. Maar vandag weet ons van beter, nè? Hulle sê daar het meer as 20 miljoen mense in die Eerste Wêreldoorlog gesterf. Ja, maar wat nog erger is, is dat daar volgens amptelike syfers ten minste nog 230 oorloë daarna was. En dit sluit die Tweede Wêreldoorlog in, waarin meer as 70 miljoen mense dood is. En ons ken mos statistieke – die sterftes is waarskynlik baie hoër as dit!Enigiemand wat ‘n oorlog beleef het, sal jou kan vertel dat daardie trauma nooit weggaan nie. My eie ouers is deur ‘n oorlog en hulle kon stories vertel van die pyn wat hulle beleef het, baie jare nadat die konflik al verby was.Alhoewel ek ook 'n soldaat was, was ek nog nooit in ‘n oorlog situasie betrokke nie. Dit is dus vir my ook maklik om vrede as vanselfsprekend te aanvaar. Maar ons moet dit nooit doen nie, want vrede is een van die grootste seëninge wat ons ooit van God kan ontvang. Kyk wat Hy ongeveer twee en 'n half duisend jaar gelede vir die Israeliete gesê het in:Levitikus 26:6 “Ek sal vir julle vrede gee in die land en julle sal gaan slaap sonder om bang te wees. Ek sal die wilde diere uit julle land wegneem en julle van julle vyande bewaar.” (NLV)Maar weet jy, daardie vrede is vir hulle beloof, indien hulle Hom gehoorsaam. En raai wat? Hulle het nie. Hulle het ver van Hom af weggedwaal en sedertdien het hulle tot vandag nog oorloë.Ek weet nie hoe jou sake lyk nie, maar ek weet dit: Dit maak nie saak watter konflik jy beleef nie, God wil hê dat jy die seën van sy vrede moet ervaar. Eer Hom.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfs Nog Meer Genade

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 3, 2024 2:56


Send us a textJakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Dit lyk asof mense deesdae glo dat dit maar slegs 'n leefstylkeuse is wanneer 'n vrou haar man los vir 'n ander een, of 'n man sy vrou op dieselfde manier los. Hoe kan dit moontlik wees?Ek het nou die dag 'n artikel in my sosiale media raakgeloop met die titel "Hoe om 'n suksesvolle egskeiding te hê." Dit klink vir my ‘n bietjie vergesog... Kyk ek verstaan daar is uitsonderings. In sommige gevalle, waar daar mishandeling, geweld en herhaalde ontrouheid voorkom, is egskeiding uiteindelik die beste van al die slegte opsies.Maar hierdie losse siening van die band tussen 'n man en 'n vrou in die huwelik, die belangrikste van alle menseverhoudings, is 'n ongelooflike tragiese ding. Enigiemand wat ‘n slagoffer van egbreuk was, kan dit vir jou sê.En dit is dieselfde wanneer ons aan die eenkant bely dat ons in God glo, maar aan die anderkant flankeer met dinge wat Hy sê sonde is. Op dié wyse probeer jy Hom in werklikheid bedrieg.Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”Kyk, óf jy glo in Hom met alles wat jy is en kies om jou lewe opreg vir Hom te leef, óf nie. En wanneer daardie toutrekkery tussen jou wêreldse weë en sy weë alles te veel word, luister! Luister baie mooi.Hy gee ons (nog) meer genade. Jy is nie alleen nie! Byt vas.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio foot internationale
Une trêve internationale agitée pour Kylian Mbappé

Radio foot internationale

Play Episode Listen Later Oct 15, 2024 48:30


Mbappé dans une mauvaise passe ! Loin des Bleus, en virée de Stockholm, des quotidiens suédois affirment que « le Kyk's » est visé par une enquête pour viol. L'attaquant se dit victime d'une « fake news », le Parquet confirme qu'une enquête est en cours sans citer de noms. L'attaquant généralement habile en communication qui apparaît de plus en plus distant, renvoie-t-il l'image de quelqu'un de déconnecté ? CAN 2025 : suite des éliminatoiresL'Algérie réalise le plein de points et se qualifie ! Petkovic donne du temps de jeu aux jeunes tout en maintenant des cadres.Cameroun : les Lions indomptables l'emportent à Kampala et iront au Maroc grâce à la différence de buts avec le Kenya. Marc Brys fait le boulot malgré le contexte compliqué.Nigeria : après le traitement inhumain subi par les Super Eagles, le match face à la Libye n'aura pas lieu. La CAF a annoncé ouvrir une enquête pour faire la lumière sur les faits. Quelles conséquences ?À lire aussiCAN 2025: Calendrier, résultats, et classements des éliminatoiresLigue des nationsLe 11 de Nagelsmann et ses nouveaux venus bat les Pays-Bas à Munich et disputera les (nouveaux) quarts dans cette compétition. La France s'est fait peur à Bruxelles ? 30 premières minutes compliquées, défense dans le dur, mais des Bleus efficaces. Doublé de Kolo Muani. Les Belges défaits par les Bleus une 5è fois alors que Tedesco attendait une réaction, un « seum » toujours là ?Avec Annie Gasnier : Dominique Sévérac, Hervé Penot et Nabil Djellit – Technique/réalisation : Diego Tenorio – Pierre Guérin. 

Radio Foot Internationale
Une trêve internationale agitée pour Kylian Mbappé

Radio Foot Internationale

Play Episode Listen Later Oct 15, 2024 48:30


Mbappé dans une mauvaise passe ! Loin des Bleus, en virée de Stockholm, des quotidiens suédois affirment que « le Kyk's » est visé par une enquête pour viol. L'attaquant se dit victime d'une « fake news », le Parquet confirme qu'une enquête est en cours sans citer de noms. L'attaquant généralement habile en communication qui apparaît de plus en plus distant, renvoie-t-il l'image de quelqu'un de déconnecté ? CAN 2025 : suite des éliminatoiresL'Algérie réalise le plein de points et se qualifie ! Petkovic donne du temps de jeu aux jeunes tout en maintenant des cadres.Cameroun : les Lions indomptables l'emportent à Kampala et iront au Maroc grâce à la différence de buts avec le Kenya. Marc Brys fait le boulot malgré le contexte compliqué.Nigeria : après le traitement inhumain subi par les Super Eagles, le match face à la Libye n'aura pas lieu. La CAF a annoncé ouvrir une enquête pour faire la lumière sur les faits. Quelles conséquences ?À lire aussiCAN 2025: Calendrier, résultats, et classements des éliminatoiresLigue des nationsLe 11 de Nagelsmann et ses nouveaux venus bat les Pays-Bas à Munich et disputera les (nouveaux) quarts dans cette compétition. La France s'est fait peur à Bruxelles ? 30 premières minutes compliquées, défense dans le dur, mais des Bleus efficaces. Doublé de Kolo Muani. Les Belges défaits par les Bleus une 5è fois alors que Tedesco attendait une réaction, un « seum » toujours là ?Avec Annie Gasnier : Dominique Sévérac, Hervé Penot et Nabil Djellit – Technique/réalisation : Diego Tenorio – Pierre Guérin. 

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut oor kerkwees in die stad en die berge

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Play Episode Listen Later Oct 15, 2024 32:03


Hulle het mekaar in die hart van Hillbrow ontmoet. Vandag kerk die twee tussen die berge. Die gemeente waarvan hulle deel is, is in Winterton in mooie Noord Natal, aan die voet van die Dransberge. “Ons het begin dink dis dalk tyd vir 'n skuif. Toe op 'n dag besluit ons, ons gaan net een CV opstel en sê: ons is 'n package-deal, so of julle vat ons altwee of nie een van ons nie! So toe het hierdie gemeente een dominee-pos in twee gedeel sodat ons elkeen nou 'n halwe pos het ..."   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Hartsverandering

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 10, 2024 2:50


Send us a textMatteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. Het jy al ooit probeer om 'n slegte gewoonte af te leer? Dis nie so maklik nie. Of dit nou rook is, of om die verkeerde kos te eet, om 'n nare persoon te wees, of om te skinder - wat dit ook al is – ja, my pêl, ons sukkel vir so ‘n rukkie en dan gooi ons tou op!Om onsself te verander en om ons lewens op 'n nuwe koers te kry; dié een wat ons regtig wil hê; dié een wat ons weet reg is; is soveel moeiliker as wat ‘n mens ooit verwag het dit sal wees! Kyk wat het Johannes die Doper destyds vir sy volk gesê om hulle voor te berei vir die koms van Jesus, hulle Messias: Matteus 3:8 Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. 'n Ander vertaling sou so klink: Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.Bekering beteken 'n verandering van hart. En 'n hartsverandering, vanuit God se perspektief, is veronderstel om te lei tot ‘n lewe wat nuwe vrugte dra; goeie vrugte - wat gesien kan word in die wyse waarop ons leef. ‘n Lewe wat bewys is van ‘n hartsverandering.Soos A.W. Tozer dit gestel het: as ons nie deur God se genade verander is nie, dan is ons nie deur God se genade gered nie.Ek wens ek kon vir jou sê dat ék my lewe verander het, dat ék al my demone oorwin het en dat ék deur my goeie werke 'n beter mens geword het. Maar dit sal 'n leuen wees. Die krag om te verander, het eers gekom toe ek my hart vir Jesus oopgemaak het. Die krag het gekom toe ek geglo het dat Jesus aan die Kruis gesterf het en vir die straf, wat my sonde verdien, betaal het.Maar verandering is noodsaaklik. Laat God jou hart verander! Vra Hom. En wys deur die manier waarop jy leef dat jy verander het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Radio Scriptura
Die weg van almal op aarde: Voorbereidings vir jou dood

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Sep 24, 2024 45:48


Paulus sê in Romeine 14:8 "Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here." Hoe sterf ons tot eer van die Here? Hoe moet die lewe van die gelowige ingerig wees om gereed te wees vir die dood?  Kyk na Paulus se nalatenskap vir Timoteus en Titus.  Is daar 'n groter nalatenskap vir jou kinders as jou getuienis van die evangelie?  "Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins, skryf  Paulus aan die Filippense. Moet ons hulde verkondig aan die afgestorwenes, of liewer die evangelie brng as troos? 

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
EPISODE 92: ANEL WOOD(AKTRISE EN SKRYWER)

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH

Play Episode Listen Later Sep 23, 2024 68:03


Anel Wood is een van die snaakse aktrises waarmee ek al ooit gewerk het. Sy het 'n lang lys van karakters wat sy al gespeel het maar dis haar karakter as mens wat my die meeste inspireer. As jy haar naam ooit in 'n teaterproduksie of 'n TV reeks sien kan jy maar weet jy gaan 'n lieflike tyd hê om na haar toneelspel te kyk. Anel is te sien in Die Affêre wat 28 September 20:00 op Kyknet wys. Kyk na die ons gesprek op YouTube hier - https://youtu.be/F3Q2PzBRJDs

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Johannes 7 : 37-39| Jesus Christus is die ware Watervoorsiener wat ons red van die ewige woestyndors en maak ons deur sy Heilige Gees lewende fonteine in hierdie dor wêreld.

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 26, 2024 19:48


Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie. Wanneer ons elke dag leef en drink, naby God leef, gebeur daar iets. Die Heilige Gees woon in jou. Die Gees is uitgestort en soos die water uit die kan na alle kante oor die brandofferaltaar gestort het, so het God sy Gees uitgestort in die harte van gelowiges. Die Heilige Gees is God se lewende water! Kyk rondom ons rond, ons leef in ‘n wȇreld wat dors is, ons leef in ‘n wȇreld waarin korrupsie, bedrog, moord en doodslag heers. Ons leef in ‘n wȇreld wat dors na geregtigheid (een van die saligsprekinge), ons het die antwoord vir die dors van mense wat ongeregtigheid belewe – ons antwoord is – Drink by die fontein van verlossing, drink by Jesus Christus, Hy is die enigste antwoord in die korrupte en sondige lewe. Wees ‘n fontein vir jou medemens – jy kan want die Heilige Gees rus jou toe. Is u ‘n fontein wat die lente in u mendemens se hart laat ontluik?   https://youtube.com/live/2cOiasuAW_c