POPULARITY
Louis Awerbuck speel gereeld harmonica vir Gert Vlok Nel asook Die Wasgoedlyn. Hy het al saam met kunstenaars soos Bacchus Nel, die legendariese Piet Botha en vele meer opgetree. Louis bevind homself in die interessante ewewig van ‘n ywerige musiek ondersteuner sowel as speler. Ons vind uit dat hierdie seldsame, dog eerbare balans tussen die […]
Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel. Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019, hy was 63 jaar oud.
Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gespeel het, sy betrokkenheid by die Sidewalk Café in Sunnyside se movement, hoe hy ’n lewe probeer maak het met sy digkuns en hoe hy onlangs ’n bekroonde verslaggewer geword het.
Rohan en Eldré Strydom was die derde eienaars van Dorpstraat Teater Kafee in Stellenbosch. Rohan kom kuier in die garage en vertel hoe hy en Eldré op ’n impulsiewe manier die Teater oorgeneem het by Hettie en Elbie terwyl hy nog sy day job in IT probeer juggle het. Cool stories oor Die Melktert Kommissie, Jan Blohm, Bacchus Nel, Rodriquez, Karen Zoid, Fokofpolisiekar en nog vele meer.
In hierdie finale episode van 2016 spoeg en plak Willim vir jou ’n hele paar interview-brokkies aan mekaar met ’n surprise cover song aan die einde. Flashback interview nuggets met Albert Hammond, Haddad Viljoen, ’n Daggaverkoper, Simone Garcia Marques, Danie Marais, Jaco Snakehead Venter, Anton Marshall, Schalk van der Merwe, Jeandre Pikkie Swanepoel, Werner Smit, Sjaka S. Septembir en Bacchus Nel.
Bacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs. Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in Standerton, die ongeluk, daai dae in Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.