Informele gesprekke en onderhoude met Suid-Afrikaanse kunstige en musikale mense WAT al goeters gedoen het.
Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche. Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster crowdfund campaign ten bate van Bert, Boetie, Novi en die Ladismith-gemeenskap hier: www.williamwelfare.com of op www.thundafund.com/project/6551477109653508 Support ook gerus die WAT Podcast, indien jy sou wou: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213
Neil Sandilands kom al die pad van Hollywood af om te kom kuier in ’n garage in Bellville vir die eerste, offisiële WAT Podcast episode van 2020. Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export. Ons braai en gesels oor sy kinderdae in Randfontein, rugby, filosofie, die rolle wat hy vertolk het in die TV-reekse Meester, Konings en Orion, onder andere. Ons gesels ook oor Hollywood en sy nuwe song Die Ballade van Frik & Dot, oftewel, "Goue Graal". Support die WAT Podcast, indien jy sou wou: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213
Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels Willim met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Hulle gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 90s, die army, London, die begin van Boland Punk, Louis se vriendskap met Almuir Botha, die Voëlvry beweging, Dirk Ace, Valiant Swart, Koos Kombuis, Madonna, Bernoldus Niemand, 80s popmusiek, Breyten Breytenbach, krieket en oor ’n hele klomp ander dinge ook. 2020, hier kom ons.
Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel. Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019, hy was 63 jaar oud.
Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam met Wanton Bishops, Yellawolf and hy was die toer-DJ vir The Pixies en onlangs ook The Cure toe hulle hier kom kuier het. Rob kom kuier in die garage en ons gesels oor al die plate en CD-shops waar hy al gewerk het, sy eerste paar gigs as ’n Kwaito DJ, die sielkunde van ’n goeie playlist en hoe om mense op die dansvloer te hou, maar ook seker te maak hulle koop genoeg drank by die bar.
Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.
Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis. Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.
In hierdie eerste uitgawe van WAT se Best Of 2018 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Francois Van As, Kobus Galloway, Willem Samuel, Hendré Pretorius, Gerdus Oosthuizen, Le Roi Nel en Arno Carstens. Geborg deur http://www.live-now.co.za
Suné Halderman book die bands en artists by Jägermeister presents Up The Creek Music Festival en Conrad Jamneck is die fees se technical director. Hulle kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter dié legendariese fees se skerms gebeur, hoe mens ’n stage in die middel of reg langs die Breede Rivier bou en hoe om seker te maak dat almal altyd ’n goeie tyd het. Up The Creek gebeur tussen 7 en 10 Feb. 2019 - gaan koop jou kaartjies op https://www.upthecreek.co.za/tickets Geborg deur http://www.live-now.co.za
JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.
Willim bel al vier die members van die Pretoriaanse rock band The Black Bones presies twee dae voor die bekendstelling van hul nuutste vollengte album ‘Here Is A Knife’ wat vanaf 16 Nov. 2018 beskikbaar sal wees op alle digitale musiekplatforms. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.
Pierre Greeff is die hoofsanger en een van die main liedjieskrywers in Die Heuwels Fantasties. Hy kom kuier in die garage en gesels met Willim oor Bellville, Stellenbosch, die dae van Lukraaketaar, die begin van Heuwels, goue plate in space, popmusiek, songwriting en ’n hele ander klomp cool goed. Geborg deur http://www.live-now.co.za
François Haasbroek is ’n musikant en joernalis, kartograaf en fotograaf by die WEG-tydskrif. Hy’t onlangs ook twee baie gewilde podcast shows begin: ‘Weg Stories’ en ‘Op Reis Met Weg’. Willim en François was op Ladismith van kleuterskool tot in matriek in die dieselfde klas, dus was daar baie om oor te gesels. Geborg deur http://www.live-now.co.za
Chris Slabber is ’n bekroonde grafiese kunstenaar, illustreerder en fotograaf van Oudtshoorn. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor ’n klomp van sy projekte, die mediums wat hy gebruik, advertising agencies, musiek, kreatiwiteit en al die awards wat hy gewen het.Chris Slabber op Behance: http://be.net/csdandi Geborg deur http://www.live-now.co.za
Michael Cross is a Durban-based filmmaker who has spent more than 20 years producing documentaries that illuminate artists and individuals. His most recent film, “The Fun’s Not Over – The James Phillips Story” premiered at the 2018 Encounters South African International Documentary Film Festival where it won the Audience Award for Best South African Documentary. James Phillips, who died aged 36 in July 1995, was a composer, musician, bandleader and the voice and conscience of a generation of white South Africans. “The Fun’s Not Over” tells James’ story in his own words and through the voices of journalists like Max du Preez, satirists Zapiro and Pieter Dirk Uys, his musical collaborators and label-mates like Koos Kombuis and Vusi Mahlesela and his friends and family. Willim sits down with Michael for a spiff conversation about it all. Visit: https://thefunsnotover.com/
Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook die vervaardiger op die fliek ‘Dis ek, Anna’ (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Zuma-regime en hoe dit Suid-Afrika geraak het. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van alles.
Willim gesels met Annie Klopper voor ’n live audience by die bekendstelling van haar debuut roman - Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak – by The Book Lounge in Kaapstad. Annie is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en deeltydse dosent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gespeel het, sy betrokkenheid by die Sidewalk Café in Sunnyside se movement, hoe hy ’n lewe probeer maak het met sy digkuns en hoe hy onlangs ’n bekroonde verslaggewer geword het.
Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.
Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.
Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show.
Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel.
Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy uitstalling gaan kyk en luister by die Woordfees op Stellenbosch: Skree Alleen is ’n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid.
Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het.
Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit. Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met 'n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek - "WAT BINNE IS" - te druk en versprei.
Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer.
Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.
Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen musiek en komedie.
Le Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het.
Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd teen kanker verloor het.
In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan gesels oor dit alles en nog meer.
Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.
Rumswinger is ’n vintage swing, electro, house en pop band uit Kaapstad met ’n splinter nuwe EP. Carla Louw en Marné Gelderbloem is ’n couple en ook die groep se twee main members. Hulle vertel vir Willim van al hulle vorige bands, hulle onlangse travels, hoe dit is om te werk op die Survivor TV-reeks, die dae toe Marné in We Set Sail gespeel het, toe Carla by MK gewerk het en toe sy deelgeneem het in Idols. Carla gesels ook oor haar vorige art pop project Duimpie Se Maat.
Gareth Wilson is a rock ’n roll singer, songwriter, guitarist, music venue owner and talent buyer for Oppikoppi. Willim talks to Gareth about the origin and legacy of his main band Southern Gypsey Queen, how he became a music promoter at Southern Buzz, Hilltop Live, Oppikoppi and The Goodluck Bar.
Benjamin Booker is an American musician, singer, songwriter and guitarist. Booker’s got a new album out called ‘Witness’ and because Willim’s a huge fan, he decided to give the man a call to ask him a bunch of questions like: What was it like touring with Jack White? How did he get to play on David Letterman? (Turns out he saw Letterman fall on face after the show…) What happened to his first backing band? How did he get Mavis Staples to collaborate with him. All that and much more. They also talk through the tracks of his new album ‘Witness’, out now on ATO Records. “Benjamin Booker makes retro music feel modern, reflecting on racism in America while drawing on blues, soul, and gospel.” – Pitchfork
In deel 2 van Willim se gesprek Sarah Theron gesels hulle oor musiekfeeste, die lewe van ’n freelance sanger, self-censorship, songwriters, social-media, ’n stukkie politiek en ... boy bands.
Sarah Theron is ’n bekroonde sangeres en ’n bekende aktrise met ’n intimiderende body of work agter haar naam. Sy kom kuier in die garage en gesels oor haar kinderdae in die Kaap, haar drama-studies op Stellenbosch en Pretoria, ouerskap, haar eerste musiekproduksies en haar rol as Baby Botha in Egoli – Plek van Goud. Ons gesels ook oor meeste van haar albums en die ups and downs van die musiekbedryf.
Janie Bay is ’n singer-songwriter van die Kaap wat nou in Pretoria woon. Sy’t onlangs haar major-label debut album, ‘Miscellany’, gedrop en dus was dit ’n goeie tyd vir Janie om in die garage te kom kuier. Sy gesels oor haar skooldae, haar musikale verhouding met haar broer Theunis Cilliers, die begin van Janie and The Beard, die dae op J-Bay, die cold-turkey move Pretoria toe, haar collaborations, die #MeToo movement en nog vele meer.
Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Danie kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 56 en ons riff oor Die Wasgoedlyn, die beste albums van 2017, sosiale media, pop culture, folk music en nog vele meer.
Louise Crouse is ’n publicist wat PR doen vir kunstenaars en bands soos Fokofpolisiekar, Francois van Coke, Stoker, Jack Parow, Die Heuwels Fantasies, Taxi Violence, PHFAT en nog ’n hele klomp ander. Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Louise gee ons ’n kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.
Rupert Koopman is ’n plantkundige by Cape Nature, hy is basically ons eie David Attenborough as dit by fynbos kom, met ander woorde: Rupert maak úít van fynbos. Aangesien hy ’n rockstar-botanis is, móés hy in die garage kom kuier vir ’n wildcard interview.
Porra van der Merwe is main-man by DPK, 'n company op Stellenbosch wat events en feeste reël, hulle produce ook 'n klomp goeters vir TV, film en die verhoog. Porra kom kuier in die garage en vertel vir Willim 'n hele paar van daai legendariese MK Avontoer-stories en wat hy alles oor die jare geleer het oor hoe 'n ding lekker te reël. Bestel Willim se nuwe album Blitzkriek by williamwelfare@gmail.com
Hannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en riff saam met Willim oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Hulle gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks 'Kompleks' ’n cult-classic geword het.
Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar kom kuier vir 'n tweede keer in die garage om te gesels oor hulle nuwe crowd-funded album 'Selfmedikasie', hoekom hy nie meer op social media is nie en hoe daai slang sy eie stert vreet.
Toast Coetzer is ’n joernalis, beat poet, radio-omroeper, fotograaf en een van die editors van Ons Klyntji. Toast kom kuier in die garage om te gesels oor die geskiedenis van dié publikasie en om ’n paar stukke voor te lees van die nuwe ene wat uitkom in Oktober 2017.
Pietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks ‘Orion’, as Dr. Deon Visser in ‘Binnelanders’ en in ander TV-reekse en films soos ‘Buurtwag’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Beskermhere’ en ‘Onder Die Tafel’. Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy kinderdae en sy nuwe lease on life. Geborg deur Visuals.TV
Tertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke ‘Rooiland’ en ‘Oorsee’. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film ‘Dis Ek Anna’. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm ‘Ek Het Jou Gemaak’ wat die 24ste Augustus debuteer by die kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy vriendskappe met Haddad en Willem Anker.
Willim vertel jou al sy week se spookstories en lees vir jou ook 'n brief. Onthou om asb vir sy musiekvideo te stem deur "MVP Willim Welsyn" te SMS na 40800. Hy kan nog 'n video wen en jy kan 'n CD-hamper by KYKNET NOU! wen.
Chris Danger ThunderVolt is die bassist in Black Cat Bones, die guitarist in Boargazm en die tweede jongste van die vier legendariese Van Der Walt-broers van Wolmer in Pretoria. Heine van der Walt is die jongste en was mos ook onlangs op die show. Willim en Chris kry mekaar by die Dennis-brothers se huis, The Château Liz-záurd, waar hulle praat oor math-metal, musical patterns, Chris se film en jazz opleiding en hoe om uit te nerd op music. Hulle gesels ook oor The Black Cat Bones se 10de bestaansjaar. (Kyk asb 20:00, Vrydagaand die 4de Augustus Willim se nuwe video “Al Die Cool Kinders” op kykNET NOU!, DSTV 146, en stem dan asb net na 21:00 vir sy video, dan kan hy nog ’n R50 000se musiekvideo wen. SMS: “MVP Willim Welsyn” na 40800. Jy kan net een keer stem. En jy staan die kans om ’n sak vol albums te wen.)