POPULARITY
21 Augustus 2026: Politieke moorde in Knysna in die Wes-Kaap is onder die vergrootglas, nadat nóg twee ANC-lede vermoor is. Action SA nader die hof oor die polisiediens se tugproses teen generaal-majoor Wally Rhoode, wat hom van wangedrag vrygespreek het. Die ANC lê strafregtelike klagte teen ‘n maatskappy, wat deur die DA-LP dr. Mark Burke gestig is. Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg.
In hierdie diens:
Omri Thomas – portefeuljebestuurder, Abax Investments Volg RSG Geldsake op Twitter
11 Augustus 2026: ‘n Voormalige skoolhoof in die Oos-Kaap verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Julius Malema weens crimen iniuria te vervolg. Nóg ontwrigtende sneeu word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel. Mense word gewaarsku om versigtig in die sneeu en ysweer te bestuur.
Send us Fan MailJakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Trots is 'n skelm ding – dit bekruip jou ongemerk. Dis juis gevaarlik wanneer dinge goed gaan; wanneer mense vir jou hande klap, of wanneer jy daardie gevoel kry dat jy uiteindelik jou lewe uitgesorteer het. Maar hier is die ding: trots lieg vir jou. Sonder God se genade kan nie een van ons eers asemhaal nie.Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Hoe meer genade ons ontvang, hoe minder sal ons van onsself dink, want genade – net soos lig – wys ons onreinheid. Dis ‘n kolskoot!As jy in 'n donker kamer instap, lyk alles dalk piekfyn. Maar sodra jy die lig aansit, sien jy skielik die stof, die krake en die gemors. Genade werk net so. Dit vlek ons foute oop... maar net sodat ons na dié Een toe kan hardloop wat ons kan skoonwas. Jakobus 4:6 sê: Maar die genade wat hy gee, is nog groter. Daarom sê hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee hy genade.”Mense wat trots is, baklei teen die lig. Hulle bly eerder in die donker en maak asof alles reg is. Maar nederige mense laat toe dat God se genade hulle harte ondersoek. Hulle steek nie hulle swakhede weg nie. En wanneer jy nederig is, veroordeel God jou nie – hy oorlaai jou juis met sy goedheid.Wanneer ons ons eie ego en ons "ek-kan-self"-houding opsy skuif, maak ons plek vir sy genade om oor te neem.So, moenie bang wees vir die Lig nie. Laat sy genade vir jou wys hoe nodig jy Hom het. Want die God wat jou nederig maak, is ook die God wat jou heelmaak... en in Christus gee Hy vir jou baie meer genade as wat jy ooit kan dink of voor kan vra.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy regering gaan meedoënloos optree om kleinboot-oorgange oor die Engelse Kanaal te beperk. Voorlopige syfers dui aan 14 526 mense het tot dusver vanjaar die land so binnegekom. Meer as 2 000 mense het die kanaal in klein bote oorgesteek sedert Burnham eerste minister geword het. Hy sê sy regering verander die algehele benadering, en verdubbel die aantal wetstoepassers wat mense-smokkelaars weerskante van die kanaal teiken:
Send us Fan MailSpreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. 'n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV) Het jy al ooit besef hoe hardkoppig ons kan wees? Ons spandeer ure om elke klein detail van ons "perfekte" toekoms uit te werk, amper asof ons die heelal met 'n lysie instruksies kan beheer en dan voel ons gefrustreed as dinge nie volgens ons plan verloop nie.Kom ons kyk na Steve Jobs. Op dertig is hy by Apple, die maatskappy wat hy self gestig het, afgedank. Volgens alle berigte was dit 'n vernederende ervaring. Maar jare later het hy erken dat sy ontslag hom vrygemaak het om meer kreatief te dink. Daardie terugslag het gelei tot sy ontwikkeling van Pixar, en sy uiteindelike terugkeer na Apple - waar hy die wêreld van tegnologie hervorm het. Wat na die einde van 'n belowende loopbaan gelyk het, was 'n noodsaaklike afspringplek na sukses. Dit is die perfekte voorbeeld van hoe ‘n oomblik van vernedering eintlik ‘n belangrike bousteen geword het.Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. 'n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV)Wysheid beteken om toe te gee dat ons nie alles weet nie. Dit beteken om nederig genoeg te wees om te luister – na God se Woord, na godvrugtige raad en selfs na die dissipline wat seermaak. Uiteindelik is dit nie ons slim strategieë en sorgvuldig opgestelde planne wat die uitkoms bepaal nie. God se doelwitte seëvier. Altyd.In Christus sien ons daardie waarheid in die vlees. Mense het sy ondergang beplan. Judas het Hom verraai. Die leiers het teen Hom gedraai. Maar, deur die kruis en opstanding, het God se groter plan - ons verlossing - geseëvier.Beplan wys - dis die geheim. Maar moenie krampagtig aan jóú planne vasklou nie, want uiteindelik is die enigste plan wat saakmaak, God s'n ... en daardie plan is Jesus.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In hierdie Sê “La Vie”:Tema: Gaan mense wat nie van Jesus gehoor het nie, hel toe?Koos van der Merwe & Gerhard de Jager
Send us Fan MailJesaja 55:6 Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. Treine wat verpas is. Oproepe wat gemis is. Kanse wat verlore is. Die meeste van ons weet hoe dit voel om net 'n klein bietjie te laat te wees; en hoe dit voel as daardie oomblik verby is. Ja, my vriend, die ou bootjie het by jou verbygevaar.In 1986 het Halley se Komeet naby genoeg aan die aarde verbybeweeg om met die blote oog gesien te word. Skares het saamgedrom. Mense het uitgekamp. Maar die meeste het dit gemis en gesê: Ag wat, miskien is ek volgende keer gelukkig.Ja, goed, maar die volgende keer sal eers in 2061 wees. 'n Oomblik het gekom … en gegaan. Vir die meeste was dit 'n kans van ‘n leeftyd, maar hulle het dit om die een of ander rede gemis. Punt. Einde van die storie.Goed, jy dink dalk nie dis die dood van Kaspaas nie. Ek stem saam. Maar sê nou jy mis jou kans van ‘n leeftyd om die koers van jou ewigheid te verander; vir altyd en altyd, ‘n lewe sonder einde? Dit sou 'n vreeslike tragedie wees. Hoe dink jy?Jesaja 55:6: Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.God kruip nie weg nie. Hy speel nie speletjies nie. Hy is hier. Nou vandag. Maar wees wakker: die profeet Jesaja gee vir ons 'n duidelike en ernstige waarskuwing: Soek Hom nou; terwyl jy nog kan.Wees realisties: bootjies vaar baie maklik verby. Oomblikke gaan verby. Seisoene gaan verby... En wanneer jou hart begin roer; wanneer iets binne-in jou weet dat dit tyd is om na God uit te reik, is dit nie toevallig nie. Dis Hy wat jou nader trek.Moenie dit sommer net afmaak nie. Moenie sê: Ek sal later daarna kyk nie. “Later” is baie dikwels te laat!Die oproep is nie ingewikkeld nie. Dis nie “maak eers jou lewe skoon” of “pluis eers alles uit” nie.Want wanneer Hy jou roep, en jy reageer nie daarop nie, is dit die resep vir ‘n rampspoedige doodloopstraat. Dis eenvoudig. Roep Hom aan. Soek vir Jesus terwyl Hy nog naby is. Die geleentheid is nou daar. Gryp dit aan!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die nuwe Britse eerste minister, Andy Burnham, het vanmiddag sy eerste toespraak by Downingstraat 10 gelewer. Burnham, wat sy toespraak gelewer het kort ná sy ontmoeting met koning Charles by Buckingham-paleis, het belowe om 'n nuwe politieke en ekonomiese model te bou, met die mense se welstand as die kern van sy optrede.
20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
Send us Fan MailJohannes 14:16-17 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Nou goed, party mense glo in God. Sommiges glo selfs dat Jesus die Seun van God was en is; dat hy mens geword het; aan die kruis gesterf het; opgestaan het en na die hemel opgevaar het. Dis alles goed en wel. Maar wat nou? Hoe is 'n mens veronderstel om Hom te ken, naby aan Hom te kom of sy teenwoordigheid te ervaar as Hy nie meer hier by ons is nie? Verduidelik dit vir my!Die bekende Engelse verpleegster en sosiale hervormer, Florence Nightingale, word allerweë beskou as die stigter van moderne verpleegkunde. In die laat 1800's was sy vir lank bedlêend en min mense het haar in die openbaar gesien, maar sy het deur haar briewe ‘n sterk invloed uitgeoefen.Vanuit haar siekbed in Londen het sy talle briewe aan politici, hospitaalrade en militêre leiers geskryf. Hoewel haar liggaam swak was, is haar impak oor groot afstande gevoel. Deur haar toedoen is sanitasie-stelsels in Indië verbeter, hospitaalontwerpe in Europa verander en sy het die militêre gesondheidsbeleid wêreldwyd beïnvloed. Mense wat haar nooit ontmoet het nie, het haar teenwoordigheid ervaar asof sy self in hul kantore gestaan en op verandering aandring het.Dit herinner ons dat die Gees afstande kan oorbrug en 'n mens die ander persoon se gesindheid kan aanvoel sonder dat jy fisies by hom hoef te wees. Jesus het net voor sy vertrek vir sy dissipels gesê:Johannes 14:16-17: Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.Wanneer jy jou geloof in Jesus stel, woon Hy deur sy Gees in jou. God se Gees kan enige afstand oorbrug om sy teenwoordigheid eg te maak, sonder dat hy fisies by jou hoef te staan.Wees verseker dat Jesus jou nooit sal verlaat nie. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Hy is altyd by jou. Altyd!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailSpreuke15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. Daar is ‘n magdom van potensiële bruikbare talent wat in die agt miljard mense op aarde opgesluit is. Maar dit is tragies watter enorme deel van daardie talent verlore gaan, bloot omdat die wêreld dit nie waardeer of erken nie. Dink ‘n bietjie daaroor na. Die verlies van al daardie talent is verstommend!In 'n wêreld waar almal om aandag en sukses meeding, is daar soveel mense wat deur moeilike en onregverdige omstandighede benadeel word. Mense word geoordeel volgens hul uiterlike, of waar hulle vandaan kom. Jy moet jouself afvra, hoekom doen ons dit? En hoekom laat God dit toe?Spreuke 15:3-4 Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.Neewat, niks het God se aandag ontglip nie. Die verskriklike dinge wat ons aan ander doen, gebeur onder sy neus. God sien die kwaad raak, en Hy sal daarmee afreken wanneer die tyd aanbreek. Maar intussen is daar iets wat jy en ek kan doen wat 'n groot verskil in soveel mense se lewens sal maak: Die ou vertaling praat van die sagtheid van tong as 'n lewensboom. Die oorspronklike Hebreeus praat van daardie vriendelike woorde as 'n genesende tong. Dit is spraak wat herstel, streel en aanmoedig; dit bring vitaliteit, groei en seën – dis soos 'n lewegewende boom.Dis opmerklik hoe min aanmoediging sommige mense eintlik nodig het om hulle volle potensiaal te bereik. Jy kan die een wees wat deur jou vriendelike woorde; jou genesende tong, hul lewens herstel tot alles wat God dit beplan het om te wees. Ja ... jy kan die instrument wees.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailNehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm. Voel jy asof die laste van die lewe jou onderkry? En hoe langer jy hulle dra, hoe swaarder word hulle; hulle tap jou krag; hulle beroof jou van jou vreugde. Is dit regtig hoe jy wil leef?Mense gebruik kamele al vir byna drieduisend jaar as lasdiere. Daar is 'n rede daarvoor. 'n Kameel kan ongeveer 450 kilogram oor die woestyn dra - nie omdat hy sterk is nie, maar omdat God hom gemaak het met baie fyn ontwerpte sening-en-gewrig-skarniere wat sy bene sluit wanneer hy kniel.Die gewig van sy vrag druk dus nie direk op sy spiere nie; dit word deur sy skeletraamwerk gedra. Die kameel vou nie onder sy las soos ons sou nie - sy skelet doen die werk.Sien in jou gedagtes ‘n prentjie van die kameel met sy vrag. Kom ons dink dan aan die letterlike en figuurlike vrag waaronder die Israeliete gebuk gegaan het. Maar kyk wat God vir hulle, deur die profeet, sê:Nehemia 8:11 Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.Hy bemoedig sy volk, nadat hulle vir soveel jare in ballingskap geleef het! Terwyl die Israeliete Jerusalem herbou het, moes hulle nie slegs die sterk opposisie van hul vyande hanteer nie, maar ook swaar vragte boumateriaal aandra om die muur en hul huise, weer op te bou. Wanneer jy te midde van ontberings kragteloos voel, gaan dit nie help om op jou tande te kners en harder te probeer stoei nie. Dit gaan oor God se vreugde wat die gewig van jou probleme verskuif; in plaas daarvan dat die las jou gees verpletter, dra sy vreugde jou vrag met sy krag, nie jou eie nie.God se vreugde lig nie net jou kop op nie - dit dra jou vrag, want die vreugde van die Here is jou krag.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailSpreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV) Hulle sê: 'n kitssukses neem gewoonlik omtrent twintig jaar. Ek weet, ja, ek weet... Ons wens dit was nie waar nie, en tog weet ons dat dit honderdpersent waar is!In 1994 het 'n onbekende ou, met die naam Jeff Bezos, met 'n droom baie groter as wat hy veronderstel was om te droom, met 'n klein aanlyn-boekwinkeltjie in sy motorhuis begin. Terwyl ander agter winsbejag en kitssukses was, het hy sy oë op die horison gevestig gehou. Hy het sy wins herbelê; hy het geëksperimenteer toe ander hulle geldjies spandeer het of versigtig weggebêre het.Daardie motorhuis-gebore-droom het stadigaan sy reikwydte oor die hele wêreld uitgebrei. Amazon het nie slegs ‘n kleinhandelaar geword nie, maar 'n wêreldwye mark, 'n internetpionier en 'n huishoudelike naam – alles omdat een man die waarde van uithouvermoë bo kitsoplossings verstaan het.Bezos het geweier om ongeduldig te word en nie toegelaat dat sukses na sy kop toe gaan nie. Hy het gesê: Korttermyn-oorwinnings is maklik, korttermyn-denke is gevaarlik.Spreuke 13:4 Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. (NLV)Kom ons wees realisties. Ek wil nou nie jou moed breek, of jou drome verydel nie, maar kom ons neem aan dat jy waarskynlik nie nóg 'n Amazon sal begin nie ... alhoewel, wie weet, dalk verbaas jy ons almal? Onthou net een ding: God het jou uniek gemaak om iets te doen; om iets te bereik wat hierdie wêreld 'n beter plek sal maak.En hoewel harde werk nie altyd die vlak van sukses, wat ons in gedagte gehad het, waarborg nie, onthou dat luiheid omtrent honderdpersent van die tyd mislukking waarborg. Droom gerus groot drome, so groot as wat jy wil. Maar onthou, drome sonder dissipline bly net dit: drome! Dit is harde werk en ywer wat drome in werklikheid verander.Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailSpreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim. Skinder en stories oorvertel, is so oud soos die berge self! Dit is in die Bybel waar ons hoor dat dit reeds in die Tuin van Eden al voorgekom het. Ja, die oorvertel van geheime en onwaarhede oor ander mense is een van die grootste versoekings van die mensdom. Die slang in die Tuin van Eden het dit afgeskop deur die waarheid oor God te verdraai om vir Adam en Eva die groot leuen oor hul Skepper te vertel.Anne Boleyn, die tweede vrou van Koning Hendrik VIII, was die teiken van hofdienaars en politieke mededingers wat jaloers was op haar invloed. Hulle het om die hoekies gefluister en haar belaster; hulle het haar van egbreuk, bloedskande en heksery beskuldiging en die nuus vinnig versprei.Alhoewel dit absoluut onwaar was, is dit gebruik om 'n saak teen haar te bou. Sy is in die Toring van London onthoof. Met haar wrede dood, is dinge in Engeland gedestabiliseer, die troonopvolging is radikaal verander en daar het politieke onrus ontstaan.Hoeveel mense se loopbane, reputasies en lewens is deur die eeue heen verwoes deur ydele of kwaadwillige skinderstories? Daar moet sekerlik miljoene van hulle wees. Dis nogal iets om oor na te dink, voordat jy volgende keer in die versoeking kom om deel te neem aan ‘n skynbaar onskadelike ou skinderstorietjie.Spreuke 11:13 Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.Jy mag baie populêr voel wanneer mense om jou saamdrom terwyl jy 'n sappige skinderstorie oordra. Hulle mag dalk in hulle noppies wees wanneer hulle 'n vuil geheim hoor. Maar pasop! Hulle sal jou nooit weer vertrou nie, want hulle weet nou dat jy net so maklik oor hulle ook kan skinder!Skinder mag dalk onskuldig lyk, maar dit dra die krag om mense se lewens te vernietig. Skinder is die duiwel se radio; moenie sy platejoggie wees nie!Mense wat geheime oor ander vertel, kan nie vertrou word nie. Diegene wat vertrou kan word, se geheime gaan na hulle graf.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink, omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het, dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus. (Filémon 1:4-6 Afrikaans OV)
24 Junie 2026: Die FW De Klerk Stigting sê te min Suid-Afrikaners spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat. Die Johannesburg Padagentskap trap die rem op herstelwerk in die metro weens 'n brandstofkrisis. Landswye monsters wys sowat 'n kwart van mense wat tans grieperig is, die H1N1-virus onder lede het.
Send us Fan MailPsalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB) Die woord "plesier" kan positief of negatief klink; afhangend van die soort plesier waarvan ons praat. Maar het jy al ooit gewonder of God ook plesier ervaar, en indien wel, wat sou Hom plesier gee?Elke keer wanneer ek hierdie Psalm lees, vul dit my met soveel opwinding en verwondering:Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.(DB)Hoe verstaan jy dit? Hoe maak jy sin uit die feit dat dié God, wat die ganse heelal geskep het, plesier vind in sy kinders? Ons is tog feilbare mense wat soveel foute in ons lewens gemaak het; mense wat Hom oneer aangedoen het, mense wat soveel keer in ons lewens ons rug op Hom gedraai het … Stel jou voor 'n ou word afgedank – dis sy eie skuld, want hy het dikwels sonder verskoning, van die werk weggebly en lyf weggesteek. Weke later bel sy ou baas. "Ons het 'n tekort aan personeel. Wil jy jou werk terug hê?" Geen teregwysing en verwyt nie, geen proeftydperk nie - net 'n nuwe begin. Hy sit die foon neer, hy is verstom en hy glimlag soos 'n kind. Hierdie storie is vir my presies wat hierdie versie sê: Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. Hierdie woorde in die oorspronklike Hebreeus praat van God se diep plesier, aanvaarding en guns, nie teësinnige verdraagsaamheid nie.God se liefde vir jou en my is tasbaar en vol vreugde. En ons ontvang nie sy liefde deur dít wat ons doen in ons menslike krag, óf ons status, óf ons selfstandigheid nie; maar in ons nederige gehoorsaamheid om saam met Hom te wandel. So, wanneer jy dalk jouself wil veroordeel en skuldig wil voel, onthou: dat die hemelse applous reeds joune is, en dat die Here jou in liefde vrygespreek het deur die Bloed van Jesus Christus. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailSpreuke 29:2 As 'n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB) Dis deesdae moeilik om te weet watter nuus om te glo, nie waar nie? Baie van die inhoud van die media, wat voorheen hoofsaaklik betroubare joernalistiek weerspieël het, het in opruiende propaganda verval. Om dit net erger te maak, word ons gebombardeer deur die sosiale media-algoritmes wat baie mense in ‘n draaikolk van samesweringsteorieë intrek.Tydens die Rwandese volksmoord van 1994 het die media 'n verwoestende rol gespeel in die aanhitsing en versterking van die geweld. Die staatsgesteunde radio, televisie en gedrukte media het haatpropaganda uitgesaai en gedruk. Tutsi's is as "kakkerlakke" bestempel en daar is openlik gesê hulle moet vernietig word.Daardeur is aanvalle gekoördineer, wegkruipplekke onthul en gewone burgers aangemoedig om die vyand dood te maak. Eerder as om inligting te gee, het die media aktief volksmoord aangevuur en woorde in wapens omskep. Mense het die media geglo en daarop gereageer. Dit het byna 'n miljoen lewens in net 100 dae gekos. Dit is wat gebeur wanneer die skrikwekkende krag van propaganda sonder morele beperking gebruik word. Drie millennia gelede het Salomo die volgende geskryf:Spreuke 29:2 As 'n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. (DB)Daar word gesê dat die mense gewoonlik die regerings kry wat hulle verdien. Ek weet nie, maar watter regeringstelsel jy ook al onder leef, wees versigtig; wees baie versigtig oor wie jy ondersteun; wat jy kies om te glo, of te verwerp; en wat jy kies om te sê.Wat is ons plig? Ons werk is om die regverdiges te help om gesag te kry sodat die mense bly kan wees ... nie om blindelings die propaganda wat ons nuus en sosiale media vir ons opdis, te glo en na te boots nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailMatteus 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” Ons sien deesdae hoe oneerlike en onbetroubare verslaggewers dikwels bekende mense se karakters in die media wanvoorstel. Ons word blootgestel aan glanspersone se openbare beeld. Poets hulle sy beeld, of bestempel hulle hom as die grootste skarminkel bekend? Maar dan is daar die werklike persoon, wat waarskynlik net ‘n gewone mens soos ek en jy is. Dit is geensins 'n nuwe probleem nie. Jesus het op sy dag, ‘n groot opskudding veroorsaak. Mense was verward. Hulle kon nie vir hulself besluit wie Hy werklik was nie.Matteus 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”Sesarea Filippi was 'n heidense streek bekend vir sy aanbidding van 'n hele aantal gode. Dit gee ons konteks vir die agterdog van die mense. Hulle was gewoond aan die afgode en die heidense Romeinse heerskappy rondom hulle. Die Jode het ‘n Messias verwag. Hulle ‘n profeet verwag, wat hulle uit hulle vreeslike omstandighede gaan bevry. Ander mense het Jesus gesien as ‘n opstoker; ander as ‘n wonderwerker. Maar Jesus vra sy dissipels vir hulle persoonlike oortuigings.Wanneer Petrus sonder huiwering sê - “U is die Christus, die Seun van die lewende God”- is dit nie ‘n bloot intellektuele antwoord nie. Soos Jesus self later bevestig, is dit ‘n Gees-geopenbaarde waarheid. Ware geloof is 'n geskenk en 'n openbaring. In vandag se kultuur van botsende opinies en valse gode in ‘n wêreld van vervalle moraliteit en steeds groeiende verdeeldheid, word ware geloof gebou op hierdie belydenis: dat Jesus die Verlosser van die wêreld is. Die enigste Verlosser van die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jennifer Barkhuizen – bemarkingsbestuurder, Managed Integrity Evaluation Volg RSG Geldsake op Twitter
GEEweek: Sonet Stofberg oor Jou Mense My Mense en GROOTfm 90.5 se Omgee Projekte.
Send us Fan MailPsalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Het jy al opgemerk hoe jy ook onwillekeurig gaap wanneer jy iemand anders sien gaap? Hoekom is dit so?Dit word sosiale spieëling genoem - ons breine boots instinktief die gedrag van ander na, veral diegene met wie ons emosioneel verbind is. Wanneer jy iemand sien gaap, stuur spieël-neurone in jou brein die boodskap dat jy ook nou moet gaap. So, wanneer jou vriend gaap, sê jou brein: "Ek ook!" - nie uit moegheid nie, maar uit ‘n gemeenskaplikheid.En dieselfde geld vir ons emosies. 'n Nare woord of 'n vuil kyk van iemand bederf die res van jou dag. Maar, wanneer 'n vreemdeling jou onverwags vriendelik behandel; al glimlag hy net vir jou, kan dit 'n gewone vaal dag sommer ophelder.Ek glo in Jesus. Ek is nie seker of jy ook in Hom glo nie, maar sy verlossing gee my groot vrede. En een van die dinge wat Hy ons belowe, is sy vreugde. As ons weet hoe lief Hy ons het, en wat Hy vir ons gedoen het; en wat die ewigheid vir ons inhou ... is daar mos geen rede waarom ‘n mens nie vol vreugde kan wees nie! Ja, selfs, wanneer dinge nie so glad verloop nie.Psalm 126:2 Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”Die vreugde wat Hy vir ons gee, raak ook ander aan. Mense sien dit raak wanneer ons te midde van beproewinge, onverklaarbare vreugde, uitstraal. Ek dink hierdie wêreld het meer vreugdevolle Christene nodig. Wanneer die mense jou opregte, blywende vreugde sien, sal hulle vir hulself sê ... Sjoe! Die Here het groot dinge vir daardie ou gedoen.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Baie welkom by Tygerberg Gesinskerk, Durbanville!Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie `n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
Die Global Partnership-konferensie in Londen bring lande van oor die hele wêreld bymekaar om nuwe vennootskappe te bou terwyl die krisis in die Midde-Ooste steeds verwoesting saai op globale energie- en voedselsekerheid. Die Wêreldvoedselprogram beraam dat byna 45 miljoen meer mense in akute voedselonsekerheid kan verval as die konflik nie teen die middel van hierdie jaar eindig nie. Carl Skau, die uitvoerende direkteur van die Wêreldvoedselprogram sê honger het die hoogte ingeskiet, oor konflik.
Durf jy jouself oopstel vir die heiligende stroom van Sy Gees?
Die wêreld onthou dalk nie altyd ons name nie, maar mag dit nooit vergeet Wie ons gedien het nie.
Pasti caldi a scuola o lunch box preparata a casa? Il dibattito continua in Australia, dove sempre più famiglie ed esperti chiedono l'introduzione di mense scolastiche. Nutrizionisti, mamme e papà si confrontano su qualità del cibo, costo della vita, organizzazione familiare e differenze culturali.
Robert Atwell – uitvoerende hoof, Discovery Insure Volg RSG Geldsake op Twitter
Nel The Essential di mercoledì 6 maggio, Chiara Piotto parla di: 00:00 la proposta per una flat tax al 4% per attrarre pensionati dall'estero con cui ripopolare i piccoli borghi italiani; 05:40 in Francia tutti gli studenti universitari pagheranno 1 euro per pasto alla mensa; 06:57 la Grecia ha vietato gli stabilimenti balneari in 250 tra le più famose spiagge del Paese per combattere l'overtourism. Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices
Die kabinet sê hy is “gewalg” deur die onlangse kroning van 'n Nigeriese koning in KuGompo in die Oos-Kaap. Ons praat oor vragvervoerkoste wat na verwagting skerp sal styg. 500 Mense is reeds aan die begin van die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Tydens Paasfees kan ons lees en dink oor die getuienis van al die mense wat voor, tydens en na Jesus se kruisiging by Hom was, en alles waargeneem en ervaar het. Dan sien ons mooi hoe ons met elkeen van hulle kan vereenselwig, en soortgelyke swakhede het. Ons besef weereens ons groot nood vir Christus se verlossing, maar veral hoe groot God se genade is.
Rikus Maritz, senior projek- en ontwikkelingsdeskundige by Wetility, gesels oor hul onlangse data wat toon dat beurtkrag nooit werklik vir verbruikers opgehou het nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie doen 'n beroep op beter regulering van die vervoersektor. Die president, Werner Januarie, het die vervoerministerie daarvan beskuldig dat hy nie individue teen rooftogte deur vals taxi's beskerm nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Januarie dat individue gereeld beroof word deur misdadigers wat hulle as e-roep-taxibestuurders voordoen, en skryf dit direk toe aan 'n gebrek aan behoorlike regulering in die bedryf.
Die Weermag word in sekere Johannesburgse woonbuurte ontplooi. Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika word ingeroep om sy uitlatings te verduidelik. Mense wat finansieel sukkel, mag hulp van hulle sibbe eis - ons praat met 'n regskenner.
Reaksie word ontvang op berigte deur die Tender Bulletin dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie moontlik die staat se mediese fonds, Psemas, sal oorneem en bestuur. Methealth bestuur die fonds sedert 2003. Die aankondiging kom te midde van ‘n herrie wat losgebars het met staatsamptenare wat vanaf 1 April staatsgesondheidsdienste moet gebruik en eise deur die staat sit. Die fonds se eise is ongeveer 3,9 miljard Namibiese dollar per jaar werd. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gekry.
New Giants hitting coach, Hunter Mense, joins the Giants Hot Stove show with Kerry Crowley to discuss his approach to hitting and his success with the Blue Jays.See omnystudio.com/listener for privacy information.
Jaco Fouché, finansiële raadgewer by Jenwil BlueStar, gesels oor gedragsfinansies en die irrasionele keuses wat ons besluite vorm. Volg RSG Geldsake op Twitter
“Pues el Señor mismo descenderá del cielo con un grito de mando, con voz de arcángel y con el llamado de trompeta de Dios. Primero, los creyentes que hayan muerto se levantarán de sus tumbas. Luego, junto con ellos, nosotros, los que aún sigamos vivos sobre la tierra, seremos arrebatados en las nubes para encontrarnos con el Señor en el aire. Entonces estaremos con el Señor para siempre. Así que anímense unos a otros con estas palabras.”1 Tesalonicenses 4:16-18 NTV
Die Britse-gesondheidsdiens, die NHS, sê dat hy die ergste scenario in die gesig staar nadat die aantal mense in die hospitaal met griep met 55 persent in 'n week gestyg het. Die uitbreking is normale seisoenale griep en nie Covid nie. Huisdokter, Raj Arora, sê aan Britse media mense is huiwerig om ingeënt te word.
Betsy Mense is Joplin Chamber of Commerce's new President and CEO. She joined NewsTalk KZRG to discuss her background, the chamber, and upcoming events. Join Ted, Steve, and Lucas for the KZRG Morning Newswatch!
Magnus Rademeyer – hoof van insigte, Fibertime Volg RSG Geldsake op Twitter
(Een flop maak nie 'n villain nie – Cancel of genade?)Jy ken my nie, jy ken net daai een oomblikOns leef in 'n wêreld van screenshots, snippets en stories.Iemand sê één ding verkeerd in 'n WhatsApp-groep, maak één fout by die werk, laat jou één keer sleg voel – en skielik het jy 'n “final opinion” oor daardie persoonNotas:
Kry die nuus soos dit breek.
Dit wil voorkom asof Swapo skoonskip gemaak het en lei ver voor in verkiesingsuitslae. Die IPC het ver teruggesak en so ook die Affirmative Repositioning-beweging en die LPM. Verskeie onafhnaklike kandidate het baie goed vertoon in die streeksverkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah wat sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het nuwe lewe in Swapo geblaas.
Hoe moet ons mense wat met seksuele sonde worstel behandel en dien? Hoe kyk ons verby die skaamte en stigma, en help ons verlore siele om Christus se liefde en genade te sien? Hoe wen ons hulle vir Christus? Moet ons diesulkes vermy en verwerp, of moet ons hulle liefhê en dien met die waarheid van Christus? Hoeveel siele kos dit ons om te swyg oor die waarheid? Kan liefde sonder waarheid oor sonde regtig 'n getuienis van verlossing wees? Kan die waarheid sonder liefde mense dien soos Christus dit sou doen? Hoe moet kerkdissipline en tug teenoor lidmate en ons geliefdes lyk? Leef ons self as verlostes en getuig ons lewens van verlossing? Kategoriseer ons sondes vanweë 'n verlies aan konsekwentheid en huigelaary? Deins ons terug van die moeilike gesprekke en konfrontasies as gevolg van emosionele konnotasies of familiebande?
Nick Kirby is joined by Brennan Mense, the play-by-play broadcaster for the Daytona Tortugas to discuss their first half of the season. They talk about two of the Reds top prospects in Alfredo Duno and Sammy Stafura and their strong seasons, the rise of Carlos Sanchez, some pitchers who have succeeded and the Tortugas second half push towards a playoff spot. Today's Episode on YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=rLiYcbGgsd8 OTHER CHATTERBOX PROGRAMING: The Flyin Lion (FC Cincinnati): https://podcasts.apple.com/us/podcast/the-flyin-lion-fc-cincinnati-podcast/id1701368522 Chatterbox Bengals: https://podcasts.apple.com/us/podcast/chatterbox-bengals-a-cincinnati-bengals-nfl-podcast/id1652732141 Chatterbox Bearcats: https://chatterboxbearcats.podbean.com/ DSC Commodities: https://deepsouthcommodities.com/ CALL OR TEXT 988 FOR HELP DAY OR NIGHT: https://mantherapy.org