VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

Follow VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)
Share on
Copy link to clipboard

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap…

Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)


    • Jun 22, 2018 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 17m AVG DURATION
    • 31 EPISODES
    • 1 SEASONS


    Search for episodes from VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017) with a specific topic:

    Latest episodes from VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

    31. Die toekoms van standaardtaal en die AWS

    Play Episode Listen Later Jun 22, 2018 26:30


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — In dié slotaflewering van VivA se podsendingreeks oor die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gesels die nuutverkose ondervoorsitter, Suléne Pilon, met die Taalkommissievoorsitter, prof. Gerhard van Huyssteen, oor standaardtaal en spesifiek die standaardvariëteit van Afrikaans. Die verskillende funksies en die vier formaliteitsvlakke van Afrikaans word bespreek; algemene Afrikaans; die toekoms van die AWS; en die volgende take van die SA Akademie se Taalkommissie. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys

    Play Episode Listen Later May 30, 2018 15:03


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarvan. As voorlaaste bylae is daar in die AWS egter ook 'n kort hoofstuk ingesluit oor Omgangsafrikaans. Hoe definieer ons Omgangsafrikaans, en op grond van watter kriteria besluit die Taalkommissie dat 'n leksikale item, 'n spesifieke woord, Omgangsafrikaans en nie Standaardafrikaans is nie? In die slotbylae, die Terminologielys word die betekenistoepassings omskryf van terme soos hulle in die AWS gebruik word. Vir elke nuwe AWS wat verskyn, word hierdie lys bygewerk, en daar kom ook nuwe terme by ... Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    29. Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne

    Play Episode Listen Later May 29, 2018 9:27


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 29: Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die meeteenhede van die Internasionale Stelsel van Eenhede, kortweg die SI-stelsel of metrieke stelsel genoem, en die skryfwyse van groot getalle (biljoen en miljard!) in Afrikaans. (Onthou om ook te luister na episode 11 oor Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole.) Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel

    Play Episode Listen Later May 29, 2018 3:13


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 28: Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode in die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n kort samevatting van die inligting in hierdie tabel. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    27. Bylaes: Buitelandse sake

    Play Episode Listen Later May 28, 2018 14:07


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 27: Bylaes: Buitelandse sake (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die bylae oor transliterasie en die ene oor buitelandse geografiese eiename met hulle afleidings, is ou bekendes in die AWS. In die 2017-AWS is twee addisionele bylaes wat oor buitelandse geografiese name handel, bygevoeg. In hierdie episode bespreek ons elk van hierdie vier bylaes in detail. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    26. Bylae A: Lys afkortings en simbole

    Play Episode Listen Later May 27, 2018 9:07


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 26: Bylae A: Lys afkortings en simbole (Jana Luther en Phillip Louw). Hoe gemaak met afkortings in Afrikaans? Die beginsels en reëls vir die vorming van afkortings is in hoofstuk 3 van die Spelreëls vervat. In dié bylae word leidinggewende en gebruiklike voorbeelde gegee wat dié beginsels en reëls illustreer. Dit word kortliks bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    25. Woordelys

    Play Episode Listen Later May 27, 2018 46:34


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 25: Woordelys (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die 25ste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die woordelysgedeelte bespreek. Ons praat kortliks oor hoe die woordelys verander het sedert die 2009-AWS, spesifiek oor woorde wat bygevoeg en geskrap is. Die grootste gedeelte van die podsending word gewy aan die werkswyse van die Taalkommissie: Watter kriteria gebruik ons om te besluit of 'n woord opgeneem moet word of nie, asook hoe die woord opgeneem moet word? Hierdie kriteria word aan die hand van verskeie voorbeelde geïllustreer, terwyl ons die geval "emeritus" in detail behandel. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings

    24. Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms

    Play Episode Listen Later Mar 22, 2018 10:06


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Hoofstuk 20: Woorde van vreemde herkoms (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Soos wat in alle ander tale gebeur, gaan leen Afrikaanse mense ook dikwels woorde by ander tale. Maar hoe gemaak met die spelling van sulke woorde? Ons bespreek die drie hoofkategorieë van leenwoorde aan die hand van talle voorbeelde.

    23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë

    Play Episode Listen Later Mar 3, 2018 17:45


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). Sommige mense raak ongedurig omdat die Taalkommissie wisselvorme vir sommige woorde in die AWS aanbied, terwyl ander mense dit juis verwelkom. In hierdie episode ondersoek ons die belangrikste kategorieë waar wisselvorme sistematies voorkom. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    22. Hoofstuk 18: Vokale

    Play Episode Listen Later Mar 3, 2018 19:20


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 22. Hoofstuk 18: Vokale (Jana Luther en Frikkie Lombard). ’n Opsomming van die faktore wat die weergawe van Afrikaanse vokale (klinkers) in skrif beïnvloed: oop en geslote lettergrepe, klem, herkoms, klankomgewing en tradisie. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme

    Play Episode Listen Later Feb 24, 2018 6:17


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 21. Hoofstuk 17: Verkleiningsvorme (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Daar is basies sewe agtervoegsels/suffikse wat in die Afrikaanse verkleiningskonstruksie gebruik word: -ie; -jie; -tjie; -'tjie; -etjie; -kie; en -pie. In hierdie episode word die verskillende tipes woorde waar hierdie morfeme gebruik word, bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    20. Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking

    Play Episode Listen Later Feb 4, 2018 8:21


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uitgawe 'n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Ons gesels oor 'n paar wanopvattings oor trappe van vergelyking en bespreek dan die agt reëls wat in hierdie AWS opgeneem is. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    19. Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas

    Play Episode Listen Later Jan 26, 2018 36:19


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie bespreek, naamlik wanneer jy woorde los of vas aan mekaar moet skryf. Ons gesels oor die algemene beginsels en praat in groter detail oor samestellings in Afrikaans. Hierdie episode behoort jou te help om die reëls in die AWS maklik te kan toepas. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    18. Hoofstuk 14: Meervoude

    Play Episode Listen Later Jan 22, 2018 24:01


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daarom ook 'n hele hoofstuk met reëls vir die vorming van meervoude in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) aangebied. In hierdie episode gesels ons oor die meervoudskonstruksie en wys op allerhande interessante uitsonderings. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    17. Hoofstuk 13: Leestekens

    Play Episode Listen Later Jan 22, 2018 54:04


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke in die AWS bespreek, naamlik die hoofstuk oor leestekens. Ons gesels eers oor die agtergrond van hierdie hoofstuk en hoe die Taalkommissie hom saamgestel het. Daarna word elk van die leestekens bespreek en met talle voorbeelde toegelig. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    16. Hoofstuk 12: Koppelteken

    Play Episode Listen Later Jan 22, 2018 13:10


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep geneem. Ons onderskei tussen vyf verskillende soorte koppeltekens en lig elkeen ruim toe met voorbeelde. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    15. Hoofstuk 11: Konsonante

    Play Episode Listen Later Jan 2, 2018 26:23


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans.

    14. Hoofstuk 10: Kappie

    Play Episode Listen Later Dec 20, 2017 5:06


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom "skêr" mét 'n kappie geskryf word, maar "perd" nié, luister dan in hierdie episode na die onderliggende beginsels met betrekking tot die gebruik van die kappie in Afrikaans. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    13. Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters

    Play Episode Listen Later Dec 19, 2017 27:25


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met baie nuanses. In hierdie episode probeer ons om die reëls so eenvoudig as moontlik saam te groepeer en saam te vat. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    12. Hoofstuk 8: Gravisteken

    Play Episode Listen Later Dec 2, 2017 4:52


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 12: Hoofstuk 8: Gravisteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die gravisteken bespreek. Hoe spreek 'n mens die woord "gravis" uit? Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? In watter gevalle gebruik ons die gravisteken? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    11. Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole

    Play Episode Listen Later Nov 9, 2017 15:45


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 11: Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole (Jana Luther en Frikkie Lombard). In die elfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word leiding gegee oor die skryfwyse van woorde en woordgroepe waarin syfers, getalle en simbole as komponente van soortname optree. (Onthou om ook te luister na episode 26g, wat handel oor Bylae G: die SI-stelsel.) Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    10. Hoofstuk 6: Diftonge

    Play Episode Listen Later Nov 9, 2017 3:08


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 10: Hoofstuk 6: Diftonge (Jana Luther en Gerhard van Huyssteen). In die tiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word diftonge (oftewel tweeklanke) bespreek. Hoofstuk 6 is die kortste hoofstuk in die AWS. Wat is die noodsaak vir dié hoofstuk? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    9. Hoofstuk 5: Deelteken

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2017 16:58


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 9: Hoofstuk 5: Deelteken (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). In die negende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die deelteken bespreek. As jy vergeet om die deelteken te skryf by woorde waar dit verpligtend is, kan dit jou in die verleentheid bring. Wanneer is die deelteken verpligtend en wanneer juis nie? En in watter gevalle dra die deelteken by tot betekenisonderskeiding? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    8. Hoofstuk 4: Akuutteken

    Play Episode Listen Later Sep 15, 2017 4:37


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 8: Hoofstuk 4: Akuutteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die akuutteken onder die loep geneem. Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? Wat is die verskil tussen "na" en "ná"? En skryf ek "héílig" of "héilig" as ek die woord in 'n sin wil beklemtoon? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    7. Hoofstuk 3: Afkortings

    Play Episode Listen Later Sep 14, 2017 14:00


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 7: Hoofstuk 3: Afkortings (Jana Luther en Phillip Louw). In die sewende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die reëls en riglyne vir die algemeen erkende afkortings van Afrikaans bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    6. Hoofstuk 2: Afkappingsteken

    Play Episode Listen Later Jul 30, 2017 4:29


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in Afrikaans en Engels? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    5. Hoofstuk 1: Afbreek van woorde

    Play Episode Listen Later Jul 30, 2017 5:58


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde aan die einde van die reëls afbreek? Ons bespreek ook die belangrikste beginsels met betrekking tot woordafbreking ("hyphenation"). Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    4. Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans

    Play Episode Listen Later Jul 30, 2017 34:36


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 4: Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans (Gerhard van Huyssteen). In die vierde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans bespreek. Drie vrae word beantwoord: (1) Vir wie is die grondbeginsels belangrik?; (2) Waar kom die grondbeginsels vandaan?; en (3) Hoe werk die grondbeginsels? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    3. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids

    Play Episode Listen Later Jul 30, 2017 8:38


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    2. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?

    Play Episode Listen Later Jul 28, 2017 32:32


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    1. Wat is die AWS?

    Play Episode Listen Later Jul 26, 2017 21:31


    Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) — Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen). In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord: (1) Wat is die AWS?; en (2) Hoekom moet jy die AWS koop? In die episode word ook 'n oorsig oor die hele reeks gegee en wat luisteraars van en in die reeks kan verwag. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?

    Claim VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017)

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel