POPULARITY
Bestuurders word daaraan herinner om nie hulle voertuie voor middernag vol te maak nie. Die petrolprys daal dan met 30 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 70 sent ‘n liter daal. Die aankondiging van die brandstofprys is Vrydag bekend gemaak. Ten Hasheela, woordvoerder van die energieministerie.
Send us a textSpreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Stel jou voor - jy is in 'n piepklein bootjie op 'n kalm see en skielik begin die donderwolke inrol, die wind begin huil, jou boot begin heftig wieg en toe maak die hemel oop en emmers reën sak uit. Water stroom in, die boot sink laer in die water, jy voel of jy oor die kant gaan siekwees en in 'n vlaag van paniek besef jy dat jou lewe in gevaar is. Kan daar enigiets meer skrikwekkend as dit wees?Ek hoop en bid dat dit nooit met een van ons sal gebeur nie. En tog is daar tye in die lewe - in elke mens se lewe - wanneer verskriklike storms toeslaan. En die probleem is dat dit heeltemal buite ons beheer is om hulle te keer, om te verhoed dat ons bootjie omtiep, om te keer dat daardie verskriklike golwe ons insluk.Net 'n oomblik gelede was die see kalm, die briesie was verfrissend, die son was warm. Nou skielik gebeur dit?! En hoe erger dit word, hoe meer kom jy tot die besef dat jy nie op jou eie gaan oorleef nie. Jy is hulpeloos. Wat nou?Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.Die antwoord is tweeledig – in plaas daarvan om op jou eie krag en talente staat te maak, vertrou op God. Onthou, Hy het 'n bewese rekord van die stilmaak van storms! En in plaas daarvan om tog ‘O, so slim te wees', draai weg van wat jy weet verkeerd is, doen wat reg is, vrees die Here. Want, glo my, dit sal genesing wees vir jou vlees en verkwikking vir jou gebeente.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Onthou, met God is alles moontlik, ook die uitdaging waarmee jy vandag gekonfronteer sal word.
Send us a textSpreuke 21:5 Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek. Opskrif na opskrif vertel ons dat finansiële druk lewens ruïneer. En hoe meer ons oor die finansiële krisis hoor, hoe meer druk plaas dit op ons.Ek het nou die dag 'n opskrif gesien: Gewone werkers kan nie hul huur bekostig nie. Die artikel het gepraat van die feit dat selfs onderwysers, polisiemanne en -vroue, verpleegsters; ja, dis professionele persone waarvan hulle praat, nie van rykes nie, wat meer as die meeste ander mense verdien, is genoodsaak om hul inkomste uit ‘n tweede of ‘n derde bron aan te vul, net om te oorleef.Stel jou dus voor hoe die werkloses en diegene met 'n klein pensioen sukkel. Dit is die werklikheid wat ons in die gesig staar. Maar verstaan my asseblief mooi, dít wat ek gaan deel, is nie bedoel om kitsoplossings te gee nie.Die probleem word vererger omdat bitter min mense, ongeag waar hulle op die finansiële spektrum is, hulle finansies verantwoordelik bestuur en selfs 'n eenvoudige begroting saamstel en daarby hou. En in hierdie moeilike finansiële tye kan dit belangriker wees as in die verlede.Spreuke 21:5 Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek.My vriend, jy moet jou geldsake baie mooi deurdink, veral wanneer geld skaars is. Dit begin met ‘n eenvoudige begroting. Maar groter finansiële besluite moet baie, baie deeglik deurdink word.Onthou, wanneer jy beplan om ‘n motor te koop, beteken die koste van ‘n nuwe motor nie slegs die prys wat jy daarvoor betaal nie. Vra jouself vooraf: kan ek al die dinge soos die maandelikse terugbetalings, brandstof, versekering, registrasie, diensfooie ens. … bekostig?Ek weet dit klink eenvoudig, maar as jy nog nie begin het nie, gaan sit rustig met ‘n stuk papier en doen iets daaromtrent. Want … noukeurige beplanning lei tot wins. Om te vinnig op te tree, lei tot armoede.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textGalasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV) Ek is redelik seker daarvan dat net 'n enkele nag in ‘n tronk, genoeg van ‘n afskrikmiddel sal wees om my van enige toekomstige kriminele plannetjies, wat dalk in my hart mag skuil, te genees. Hoe voel jy oor die saak? Nouja, ek kan nie verstaan hoe sekere misdadigers herhaaldelik oortree nie.Tydens die Verbod-era - dis die tydperk tussen 1920 en 1933 toe daar in Amerika ‘n algehele verbod op alkohol ingestel was- het die Amerikaanse bendelid, Al Capone, bekendheid verwerf as die leier van die 'Chicago Outfit'. Dit was ‘n georganiseerde misdaadsindikaat wat smokkelary, dobbelary, dwelmhandel en prostitusie bestuur het. Hy was 'n gedugte kalant, maar die owerhede het hom uiteindelik vasgenael op, van alle dinge, belastingontduiking. Hy is tot 11 jaar in die federale gevangenis gevonnis en het selfs 'n rukkie in die berugte Alcatraz deurgebring.Hy is uiteindelik ná net sewe en 'n half jaar vrygelaat, omdat sy gesondheid merkbaar verswak het weens sifilis. Toe hy vrygelaat is, het hy sy kriminele lewenstyl voortgesit en uiteindelik in 1947 op die ouderdom van net 48, as 'n baie patetiese sieklike man, gesterf.Ten spyte van die verkryging van rykdom en mag, al is dit op oneerlike wyse verkry, het Capone sy kriminele lewenstyl herhaal en dit het hom uiteindelik sy lewe gekos.Galasiërs 5:13 Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. (NLV)Jesus het jou vonnis vir jou aan die Kruis uitgedien deur te sterf om vir jou sonde te betaal. Hy het dit gedoen om jou vry te maak van al die sondige plannetjies wat in jou hart skuil. Gaan jy regtig jou swaar verworwe vryheid verkwis deur weer aanstoot te gee? Onthou, om terug te val in jou sonde, is fataal.Moenie jou vryheid as 'n verskoning gebruik om te doen wat jou sondige sélf behaag nie. Dien mekaar met liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Skakel op 19 April op Kopskuif in en luister hoe ds. Madelie Kruger op stil Saterdag gesels oor Paasfees. Lukas 24:6 “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruising word, en op die derde dag opstaan.” Ons vier Paasfees, want die kruis is leeg. Op Opstandingsondag is ons bly, want die graf is leeg. Ons vier toekomshoop, maar ook die daaglikse verhouding waarbinne ons met God kan leef, omdat Hy ons ingenooi het.
"Jy moet onthou om te kan ont-hou. En hoe vryer jy raak, hoe harder word jou honger vir vryheid. Hoe klink jou honger? Wat is die fluistering van hunkering wat jou dryf?... "
Send us a textEfesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Hoe sal jy voel teenoor iemand wat so 'n groot opoffering gemaak het dat jy jou lewe aan dié persoon verskuldig is? Komaan, dink hoe dit jou sal laat voel?Die eerste suksesvolle nieroorplanting het in1954 plaasgevind. Dr. Joseph Murray, die hoof chirurg, is vir sy baanbrekerswerk met die Nobelprys bekroon.Deesdae vind daar jaarliks meer as 100 000 nieroorplantings, waarvan 36% van lewende skenkers kom, plaas. Stel jou voor iemand ondergaan ‘n operasie waarin hy een van sy niere skenk om vir jou te laat inplant. Hy stel homself hierdeur in gevaar in die proses; wat in werklikheid ‘n geskenk is om vir jou lewe te gee. Hoe sal dit jou laat voel?Jesus het natuurlik baie meer as dit gedoen. Hy het die geskenk van die Ewige Lewe aan diegene wat in Hom glo, deur sy dood aan die Kruis, gegee. So … hoe reageer ons daarop?Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.Hoe? Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons aan Christus Jesus behoort. Hy het dit gedoen en boonop vir ons in staat gestel om die lewens te kan leef wat Hy lankal besluit het ons moet leef.Pablo Picasso het dit so gestel: Die sin van die lewe is om jou gawe te ontdek. En die doel van die lewe is om dit weg te gee.Ek kan nie aan 'n beter, meer vervullende manier dink, as om op God se gratis geskenk van die Ewige Lewe te reageer, deur jou eie unieke, Godgegewe gawe te eien en die res van jou lewe te spandeer om ander daarmee te dien.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textPsalm 46:11 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” (NLV) Konflik is een van daardie dinge wat ons almal eerder wil vermy. Maar ongelukkig is dit dikwels óns wat die probleme veroorsaak; ons eie gedagtes; ons woorde en aksies, wat die konflik wat ons probeer vermy het, aanblaas.So, waarmee stoei jy op die oomblik? Watter konflik skeur jou uitmekaar? En op watter stadium het jy besluit dat die oplossing daarvan van jóú afhang; dat jy ten alle koste as die oorwinnaar uit die stryd moet tree en dat jy dit in jou eie krag moet uitpluis?As jy werklik in Jesus glo, dan moet jy jouself afvra in wie jy jou geloof geplaas het. Vertrou jy Hom werklik in hierdie moeilike situasie, die situasie waarmee jy stoei, die een met ‘n groot kans vir mislukking?So, kyk weer na jou probleem; weet jy dat jy dit in jou eie krag, probeer baasraak? Psalm 46:11 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” (NLV)Dis reg! Stop net daar en wees stil. Onttrek jou uit die hitte van die stryd, en onthou, diep in jou hart weet jy in Wie jy jou geloof geplaas het. Hy is die Een wat die nasies verslaan; die Een, wat alles beheer.Wees stil. Onthou. Jy ken Hom! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
“Ek en my broer kan nie soos ander mense ʼn graf besoek om blomme daarop neer te sit nie, want ons het nog nooit haar lyk gekry nie.” Maroela Media
Onthou, God is getrou en sal jou in jou voorneme laat slaag.
Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kerfees, die koms van Jesus Christus, in gedagte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by plaaslike pastoor Brian Philander. wat 'n boodskap van hoop en liefde deel.
Terwyl die feesseisoen ontvou, deel verskillende amptenare opregte boodskappe van welwillendheid. Tarah Shanyefu, Ongwediva-burgemeester, die belangrikheid daarvan beklemtoon om die minderbevoorregtes te onthou gedurende hierdie tyd van feesviering. Hy het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, om te verseker dat niemand gedurende die vakansie agterbly nie. Shanyefu het In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus ook almal daaraan herinner om veilig te bly en versigtig te wees terwyl hulle hul tyd saam met familie en vriende geniet.
Send us a textNumeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.” Ons het almal sekere goed wat ons besit, wat vir ons spesiaal is. Iets wat ons soos ‘n kleinood bewaar. Toe ek destyds op laerskool was, het ek vir ‘n verjaardag ‘n splinternuwe potloodhouer present gekry. Dit was so ‘n bruin, blink plastiek boksie – waarskynlik nie eers ‘n duur een nie, maar my hart wou ontplof van opgewondenheid toe ek dit oopmaak. My eie, splinternuwe, potloodhouer. Sjoe!Dit het 'n plastiek strokie aan die voorkant gehad met 'n kaartjie binne waarop jy jou naam kan skryf. Tot vandag toe het ek nog nooit my naam so versigtig, so netjies soos op daardie dag, op daardie kaartjie geskryf nie. My naam het dit soveel meer spesiaal vir my gemaak. Ai, snaaks die dinge wat jy onthou, nè!Gister het ons saam ontdek dat God se doelwit vir ons goed is, baie goed is. Maar daar is nog iets in die volgende verse wat belangrik is. Numeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”Het jy daardie laaste gedeelte gesnap? God sal sy Naam oor hulle uitroep. Dis hoekom Christene Christene genoem word – hulle is vernoem na Christus self. En dit, my vriend, maak jou so ongelooflik spesiaal. Onthou wie se Naam jy dra. Wat ‘n seëning!Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Maroela Media het ʼn insetsel saamgestel met ʼn paar huldeblyke van mense wie se lewens hy aangeraak het. Facebook · Toetentaal op Maroela Media
Send us a textRomeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Ons het almal van tyd tot tyd die goedgesindheid van ander mense nodig. Ons het hulle deernis en hul goedhartigheid nodig om ons deur moeilike omstandighede te help. Ja, ons het beslis ons medemens nodig.Wanneer laas het jy simpatieke behandeling van iemand in jou lewe nodig gehad? Onthou jy hoe hulpeloos jy in daardie moeilike situasie gevoel het?En in daardie moeilike situasie kom daar ‘n persoon na jou toe met 'n vriendelike woord, of ‘n daad wat daardie onmoontlike situasie omgekeer het. Onthou jy hoe dankbaar jy op daardie oomblik gevoel het? Dis beslis nie iets wat jy maklik sal kan vergeet nie.Wat hy vir jou gedoen het; hoe hy op die regte oomblik opgedaag het, selfs al het jy dit nie verdien nie, dit word … genade genoem. En bo en behalwe die alledaagse dinge wat van tyd tot tyd met ons gebeur, het ons almal soms 'n behoefte aan ongewone genade.Ons kan nooit in ons eie krag ons verhouding met God regmaak nie. Want met al die sonde wat ons in ons lewens gedoen het, kan ons nooit, ooit, deur enigiets wat ons sê of doen, ons pad terugwerk om in God se guns te kom nie. Elkeen van ons ontbreek sy heerlikheid, met ander woorde as ons sondig leef; leef ons nie tot God se eer nie. Elkeen van ons verdien om vir ons sonde gestraf te word. En tog … Romeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Glo in Jesus, en jy word gered deur een ding en één ding alleen. God se genade.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
“Min mense het geweet hoe fel die Bosoorlog in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika en die suide van Angola regtig was.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media
22 September 2024 - Wouter Van Der Merwe - Altare- 'n Plek Om Te Onthou! - 22 - 09 - 24 by LWC
Send us a textMarkus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Baie van die struweling in hierdie wêreld, gaan oor mense wat stry oor wie die belangrikste is; wie die rykste is; wie as die mees indrukwekkende persoon en as die leier van die groep gesien word. Maar my vriend, hierdie wedywering om ‘gesien' te word, begin ongelukkig al deesdae baie vroeg, reeds in die kinderjare.As julle broers en susters het, sal julle ongetwyfeld onthou hoe julle vroeër ook onder mekaar baklei het. Ek en my suster het beslis. Ja, en jy weet dis ook onvermydelik deel van jou kinders se grootwordproses. Dit is hoekom dit pa en ma se werk is om hulle die moeilike lewenslesse vroeg te leer, sodat hulle uiteindelik verantwoordelike volwassenes sal word.Maar soos ons gister gesien het, het Jesus se twaalf dissipels nie hulle lesse die eerste keer foutloos geleer nie. Hulle het in hierdie situasie gestry oor wie die belangrikste in hulle groep is. Maar toe Jesus hulle daaroor uitvra, het hulle besef dat hulle kleinlik en onvolwasse optree. Hulle het so skaam gekry dat hulle Hom nie kon antwoord nie. Jesus het natuurlik geweet waaroor hulle gestry het. Maar kom ons kyk hoe Hy die situasie hanteer het: Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Dit is iets wat enigiemand met lewenservaring verstaan. Diegene wat ons die meeste gehelp het, is diegene vir wie ons die grootste respek in ons lewens het. So, hoekom het die dissipels dit nie verstaan nie? Hoekom is dit dat óns dit soms eenvoudig nie verstaan nie?Omdat ons van nature selfsugtig en onvolwasse is. Soos kinders wil óns die belangrikste wees. Regtig?! Wil jy ook die belangrikste wees? Onthou dan:“As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
NamRA nooi die publiek nogmaals om aan te sluit by sy belasting-amnestieprogram wat op 31 Oktober eindig. As jy registreer en jou opgawes op die ITAS-portaal indien, en jou kapitaalbelastingbedrag vereffen, sal alle rente en boetes kwytgeskeld word. Die program is al op 1 April verlede jaar bekendgestel. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het Namibiërs daaraan herinner toe hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.
Die publiek word daaraan herinner dat die Namibiese vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel, NamLITS, van 23 tot 27 Augustus van lyn af gaan wees weens geskeduleerde instandhouding. Geen NamLITS dienste sal by kantore van die direktoraat veeartsenykunde en die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkte-raad landswyd beskikbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat boere vra om hiervoor te beplan.
Renier Kriek, besturende direkteur van Sentinel Homes gesels oor belasting op vaste eiendom. Volg RSG Geldsake op Twitter
Send us a Text Message.Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan 'n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV) Sal jy vandag saam met my terugreis in tyd? Onthou jy daardie onverwagte kinkels en draaie, die lang droë woestynpaaie en die aangename wandelings deur die bos, die koue nat dae en die helder sonskyndae, die diep donker valleie en die lafenis van die bergtoppe?Die lewe, was tot dusver nogal 'n interessante reis, of hoe? As jy aan die begin van jou lewe ‘n draaiboek moes skryf, sou dit ongetwyfeld nie lyk na die lewe wat jy tot op hierdie punt gelei het nie.Miskien het jy jou lewe sonder 'n gerusstellende wete van God se Teenwoordigheid geleef. Miskien het jy nog altyd geglo. Of, miskien soos in my geval, het dit iewers langs die pad eers vir jou ‘n werklikheid geword.Waar jy ook al was, waar jy ook al nou is en, nog belangriker, waarheen jy ook al op pad is, daar is een waarheid wat deur alles heeltemal onveranderd bly:Klaagliedere 3:22-24 Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan 'n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.” (NLV)Deur al daardie vet jare en deur al daardie maer jare, of ons dit nou besef het of nie, was die Here ons God met ons. Hy het ons deurgedra al was dit hoe koud en nat, hoe donker en hopeloos. Hy was saam met ons verheug oor die goeie tye, al het ons dit nie geweet nie. Hy het getreur toe ons gehuil het.Hy laat die son elke oggend opkom ongeag wat die vorige dag gebeur het. ‘n Mens kan op God vertrou. Hy is elke oggend daar. Hy is getrou.Terwyl jy die toekoms tegemoet gaan, mag jy altyd vir jouself sê: My lewe behoort aan die Here. Daarom vertrou ek op Hom.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Verkiesingskommissie van Namibië, ECN, doen kiesersregistrasie van burgers landwyd vanaf 3 Junie. Die registrasietydperk strek tot 1 Augustus, en kan nie verleng word nie want die verkiesing vind in November plaas. Die her-registrasie is nodig want die vorige kieserslys het verval en moet opdateer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Sophia Shaningwa, die sekretaris-generaal van Swapo, gepraat wat kwalifiserende Namibiërs aanmoedig om te registreer, sodat hulle kan gaan stem.
Namibië se Eagles se fokus vandag is om nog 'n oorwinning by die T20-Wêreldbeker te behaal. Hulle kom vanaand om nege-uur teen Skotland te staan in hulle tweede wedstryd by die toernooi. Die president van Krieket Namibië, Dr. Rudie van Vuuren, dink terug aan sy rol in Namibië se 2003 Krieket Wêreldbeker-veldtog.
Namibië het omtrent gegons toe 'n vier-dag-werksweek eksperiment aangekondig is. Voorstanders voer aan dit kan lei tot verhoogde werknemertevredenheid, verbeterde werk-lewe-balans en verhoogde produktiwiteit. Die vierdaagse werkweek is plaaslik begin beproef in April vanjaar, met deelname van verskillende nywerhede en besighede. Kosmos 94.1 Nuus het by Jonas Ileka van Pulse HR, wat die veldtog bestuur, die nuutste gaan uitvind.
Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Ons voel dikwels heeltemal alleen wanneer ons teëspoed in die gesig staar; die een of ander stryd voer; of in een of ander gemors vasgevang is. Ons ís dalk nie alleen nie, maar dit is hoe dit voel!Trouens, hoe intenser die stryd is, hoe meer pyn ons beleef … hoe verder lyk God van ons af. Die probleem wat ons in die gesig staar, is so groot dat God daar in die verte tog so klein lyk … indien ons Hom enigsins kan sien! Klink dit bekend?Daardie gevoel van alleenwees; om totaal van God geskei te wees: Dis nie die waarheid nie. Want die waarheid is:Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.Ons het almal die Heilige Gees nodig om ons daardie waarheid te leer, om daar in die middel van die nag, terwyl ons in die donkerte rondval, met ons te wees. Daarom is dit so belangrik dat ons gereeld God se Woord sal lees en ons eie sal maak, sodat ons voorbereid kan wees wanneer teëspoed toeslaan. Die waarheid wat ek deur God geleer word, wat Hy op my hart skryf; die waarheid wat ek moet onthou, is dat die Here altyd by my is. Hy is hier, ín my, niks kan my platslaan nie.Koning Dawid het hierdie Psalm te midde van groot teëspoed geskryf. Op daardie oomblik het God glad nie ver gelyk nie, want hy het reeds die waarheid geken. My vriend, die Here woon in jou hart!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde plekke, laat hulle tatoeëer, tooi hulself op, pronk met hulle lywe en gee hulle oor aan onsedelikheid. Nouja wat is die storie hier?Wel, jy kan dalk vir my sê, Berni wag net 'n oomblik. Ek het tattoos. Sê jy dit is verkeerd? Ek het gate in my ore, en neus, en mond, is dit verkeerd? Ek hou daarvan om op my beste te lyk, dit kan sekerlik nie verkeerd wees nie? Ek het 'n prominente prediker, nadat sy 'n ontrimpelingsoperasie gehad het, hoor sê dit is my liggaam, ek kan daarmee doen wat ek wil. Maar hier is my vraag. As jy 'n Christen is, as jy Jesus passievol wil volg ... is dit regtig jou eie liggaam?1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame 'n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen 'n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)Die apostel Paulus het dit aan die Korintiese kerk geskryf om hulle oor hulle seksuele onsedelikheid te vermaan. Wat was sy argument? Jy besit nie jou liggaam nie, want as jy besluit het om Jesus te volg; as jy sy gratis gawe van barmhartigheid en genade; van vergifnis en die ewige lewe aanvaar het, dan is jy teen 'n baie groot prys uit jou slawerny van sonde gekoop. Ja, die prys was die dood van Jesus, die Seun van God, wat aan die Kruis moes sterf.My doelwit is nie om iemand vir daardie tatoeëermerk, of gaatjies, of wat ook al, te veroordeel nie. My punt is dit: dink mooi wanneer jy besluit wat jy aan jou liggaam doen. Onthou, dit is nie jou eie nie. Jy is duur gekoop, verheerlik daarom vir God met jou liggaam.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n gerieflike neseier vir hul aftrede te spaar, terwyl daar nog soveel mense dwarsdeur die wêreld is wat honger ly en baie mense in ons eie land, wat op straat woon?Dit is nogal 'n verwarrende vraag, omdat die sosio-ekonomiese omstandighede van mense regoor die wêreld - mense wat vandag se VARS boodskappe in hul eie taal kyk, luister of lees - so dramaties verskil.Ek onthou dat een van my dosente in die Bybelkollege lank gelede gesê het dat as dit nie vir alle mense; rykes en armes, swartes en wittes werk nie … dan is dit nie die Evangelie nie. En ek stem saam. Nouja, wat moet die rykes met hul rykdom doen?Jesus het ons aan die eenkant geleer om nie vir onsself skatte op hierdie aarde bymekaar te maak waar roes en mot dit kan vernietig en diewe dit kan steel nie, maar eerder om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar dit nie verlore kan gaan nie. Aan die ander kant lyk dit tog na 'n verantwoordelike ding om te doen om 'n bietjie spaargeld te hê wanneer ons ouer word, om aan ons behoeftes te voorsien. Die Bybel praat dikwels van harde werk, maar ook van spaar. Of jy nou baie ryk is of nie, kyk wat staan in:Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.Trots is ‘n baie gevaarlike strik van rykdom. Wat jy ook al het, kom van die Here af. En een van die maniere om daardie strik te vermy, is om vir jouself skatte in die hemel bymekaar te maak. Dit beteken om te gee - nie net uit jou surplus nie - maar radikaal en mildelik.Moet nooit vir jouself sê: Ek het al hierdie rykdom deur my eie krag en vermoë gekry nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die hoof uitvoerende beampte van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, Benedict Libanda, moedig families en individue aan om gebruik te maak van die toekennings wat die fonds aan die publiek toestaan vir landbou. Hy het by 'n informasie sessie van die regering gepraat. Volgens Libanda is dit uiters belangrik dat aansoeke volhoubaar is. Libanda verduidelik hoeveel toegeken kan word. Belangstellendes kan op die webtuiste van die fonds gaan kyk by www.eif.org.na.
Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met 'n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV) Dit kan jou vir ‘n kort rukkie laat goed voel wanneer jy ander mense beïndruk. As jy jou baas beïndruk, kan jy dalk 'n verhoging, en of, 'n bevordering kry. Maar daar is iets baie belangriker, iets baie groter hier op die spel.Ons het gister in Kolossense 3 gesien dat daar 'n fyn balans bestaan tussen om goeie werk te lewer, en om onder die druk te wees om mense te behaag.Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met 'n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV)Gee onder alle omstandighede slegs die beste in alles wat jy doen. Maar in plaas daarvan om jou Godgegewe talente bloot te gebruik om ander te probeer beïndruk, gebruik dit om God te verheerlik. Dis waar die vryheid lê. Dis waar jy vervulling sal beleef. En dit op sigself kan vir jou korttermyn belonings bring.Maar daar is 'n groter prentjie; 'n baie groter prentjie, vir dit alles:Want as julle werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie, sal Christus julle met 'n erfdeel beloon.Kom ek gee jou die keuse: Sal jy eerder populêr wil wees en mense beïndruk en deur hulle beloon word, of wil jy eerder 'n beloning - of dit nou in hierdie lewe, of in die ewigheid is - van God ontvang? Dis nie ‘n eenvoudige keuse nie, nè? Ons kan so maklik van koers afdwaal, want die lokmiddel van 'n korttermyn beloning kan baie aantreklik lyk.Eenvoudig gestel, watter beloning sal groter wees? Wie is in staat om jou meer en vir langer - vir die ewigheid - te beloon? Die mense op hierdie aarde, of God self?Onthou dat jy jou beloning van die Here sal ontvang, want dis wat Hy aan sy volk beloof het.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Winter is om die draai. Alhoewel dit 'n aangename seisoen vir baie van ons is, is daar sommige wat ly weens geen fout van hul eie nie. Dit is die perfekte tyd om jou huis te organiseer, maar voordat jy enige ongewenste besittings weggooi, probeer om dit aan jou plaaslike liefdadigheidsorganisasie of diereskuilings te skenk, soos komberse vir die diere. Daar is vele reddingshonde wat hierdie winter warm beddens benodig, en baie plaaslike diereskuilings maak staat op skenkings om hulle warm te hou. Jy kan jou naaste diereskuiling kontak. Hanna Rhodin, die direkteur van die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. In hierdie vinnige, tegnologie-gedrewe wêreld waar jy jou aandete op jou foon kan bestel om dit binne 'n halfuur by jou deur te laat aflewer, lyk dit of mense selde tyd neem om oor hul verlede te besin. Die goeie dinge, die dinge wat hulle gevorm het. . .Vandag word “Graf-Skoonmaak-Dag” in die Chinese kultuur gevier. Dit klink vir ons 'n bietjie vreemd. Maar tradisioneel herdenk die mense die lewens van hul ouers en grootouers wat reeds oorlede is, deur saam met familie na die begraafplaas te gaan en hul grafte te versorg en skoon te maak. Dit is 'n tradisie waarin diegene wat oorbly, herinner word daaraan om nie die bron van hul goeie lewe en seëninge te vergeet nie.Ek wonder hoe gereeld jy aan jou voorgeslagte dink; hulle wat die weg vir jou gebaan het en wat bygedra het om jou die persoon wat jy vandag is, te maak. Natuurlik was nie al hul insette goed nie, maar sonder twyfel was daar tog baie betekenisvolles. Kyk wat skryf die apostel Paulus aan Timoteus in:2 Timoteus 1:5,6 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas.Timoteus se ouma Lois en sy ma Eunice het 'n groot invloed op die jong man se geloof gehad. Moenie diegene wat voor jou gegaan het, vergeet nie. Onthou wat hulle opgeoffer het sodat jy kan wees, wie jy vandag is. Eer hulle in jou hart.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een ding, en een ding alleen. Die wind.Deesdae is daar natuurlik ook massiewe brandstof-aangedrewe vaartuie. Dit het veroorsaak dat skeepskepe meer van 'n sport en vermaak, as 'n noodsaaklikheid, geword het. En hoewel ek nog nooit baie aangetrokke tot daardie spesifieke sport was nie, moet ek erken dat die paar keer wat ek op 'n seiljag was, nogal opwindend was.Wanneer die wind gaan lê, verloor ‘n seiljag sy krag. Vandag kan dit beteken dat jy 'n wedvaart verloor, maar destyds was 'n windstilte vir almal aan boord verlammend, selfs dodelik.Dit lyk vir my of 'n Christelike lewe sonder die Heilige Gees baie so is. Charles Spurgeon, die negentiende-eeuse Britse prediker en evangelis, het eenkeer gesê dat ons sonder die Gees van God niks kan doen nie. Ons is soos skepe sonder wind, heeltemal nutteloos.Voordat Hy gekruisig is, het Jesus hierdie belofte aan sy dissipels gemaak:Johannes 14:26 … en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.Dink aan die Gees van God as die wind in jou seile. Hy herinner jou aan dinge wat Jesus gesê het, en Hy help jou om alles te word wat Hy jou geskep het om te wees. Dis die magtige hand van God in jou lewe, die hand van sy grootheid, om tot sy eer in jou en deur jou te werk.Hoekom sal ons ooit op ons eie die mas probeer opkom? Ons sal soos skepe in ‘n windstil see ronddobber en uiteindelik sterf. God, die Heilige Gees, is jou Helper.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lukas 12:16-19 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.' Dit is regtig snaaks, dat alhoewel ons weet dat ons eendag van hierdie lewe na die volgende sal oorgaan, leef ons daagliks asof ons vir ewig op hierdie aarde gaan lewe. Ons het planne vir môre, vir volgende week, vir volgende maand en selfs vir volgende jaar. Maar eendag sal elkeen van daardie vooruit- beplande-inskrywings in ons dagboeke heeltemal betekenisloos word.Die vraag wat ons onsself dus moet afvra, is dit: Is ek gereed om te gaan? Wel, is jy? Want hoewel ons almal hoop om 'n lang en gesonde lewe te lei, is dit dalk glad nie God se plan nie.Onthou jy Jesus se gelykenis van die ryk dwaas wie se lande oorvloedig geproduseer het?Lukas 12:17-19 Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.'Kyk na sy taal – dis die ene ‘ekke'! Ek, ek, ek … Wat 'n groot sukses het ék geword! Ék sal doen wat die wêreld my geleer het om te doen, ék sal my rykdom opgaar, ék sal 'n goeie lewe lei en ék sal myself gelukkig maak.Ja my vriend, die ou het 'n plan gehad vir alles in sy lewe, behalwe vir die ewigheid. Ons sal môre sien hoe dit vir hom uitgewerk het, maar kan ek jou maar die volgende vra: is jy gereed om te gaan? Is jy gereed om jou Maker te ontmoet?Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Spreuke 3:13-18 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe. Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou. Onthou jy dat jy ook destyds jonk en koppig was? Ek onthou beslis; ek onthou die dinge wat ek in my jeug gedoen het! As ons maar die horlosie kon terugdraai en 'n ou kop op daardie jong skouers kon sit. . .Iemand het eenmaal gesê dat een van die lewe se groot tragedies is dat ons te gou oud en te laat wys word. Is dit nie tragies nie? Wysheid, as ons dit hoegenaamd vind, is geneig om eers na lang jare, waarin jy deeglik deur die werklikhede van die lewe verinneweer is, te kom.Maar wat sou kon gebeur as ons al vroeër in ons lewens wysheid kon gehad het? Hoe sou dit gewees het as ons vroeër as diegene rondom ons wys was? Hoe anders sou jou lewe nie gewees het indien jy baie vroeër wys was nie?Kyk wat koning Salomo aan sy jong seuns te sê gehad het:Spreuke 3:13-18 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud. Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie. Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer. Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe. Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp, dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.Ja-nee, watter ongelooflike verskil kan God se wysheid aan ons lewens maak! Inderdaad, die seëninge van sy wysheid is onberekenbaar. Nouja, doen jouself 'n guns. Word sonder om te aarsel wys, want wysheid is 'n seën vir diegene wat dit gevind het!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Iemand praat van ʼn tweede naïwiteit – glo soos ʼn kind glo, onvoorwaardelik en opreg.
Onthou, jy is 'n beelddraer van die lewende God self.
Deuteronomium kan in 3 hoofdele opgedeel word: · Terugkyk (hfst. 1-3) – Onthou waar julle vandaan kom; · Riglyne vir nou (hfst. 4-30): Luister na, en leef in 'n verbondsverhouding met die Here; · Vooruitkyk (hfst. 31-34): Vertrou op die beloftes van God vir die toekoms. * Onthou waar jy vandaan kom. God het jou nog altyd gedra. * Luister na, en leef in 'n verbondsverhouding met die Here, maw God sê: “Ek sal jou God wees”, en ons sê ons is u dankbare gehoorsame kinders. * en daarom vertrou ons ook dat God, ook in die toekoms, sy beloftes sal nakom – Ek sal julle God wees. --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/petrus-botha/message
https://woordenlewe.com/onthou-my-past-chevone-badenhorst-10-des/feed/
Ons almal Onthou die
Hoe help ons iemand wat met transgender kwessies worstel? Het jy die gevoel of 'n innerlike stryd dat die geslag waarmee jy geskep is, nie jou ware identiteit is nie? Onthou daar is genade in die Here. Die evangelie en die blydskap oor ons verlossing is ons hoop in Christus en dit is tot jou redding. Die Heilige Gees help ons om te breek met ons ou lewe. Soek die Here in jou stryd - vas en bid, vra God vir verlossing daarvan. Vertrou God om jou te verlos van jou sondige begeertes, want Hy is getrou aan Sy beloftes aan Sy kinders, en Hy bring herstel.
Ons kry 'n troos en 'n waarskuwing in 1 Korinthiërs 10:13: gelowiges word daagliks versoek en beproef, maar God is getrou. Onthou wie jou Vader is. Onthou jou wedergeboorte en weet verseker dat jy in die genadige heiligmaking van God lewe. Laat jou deur die Heilige Gees lei, en neem die stryd op. Beoefen die geregtigheid, hardloop weg van die versoeking af en vind jou vreugde in die Here.
Daar word uit verskeie oorde gereageer op die Khampepe-verslag oor bewerings van rassisme by Stellenbosch Universitei. Die Menseregtekommisie tik die EFF-leier, Julius Malema, oor die vingers oor sy Vryheidsdag-uitlatings oor rewolusie. Politieke ontleder professor Jo-Ansie van Wyk bied 'n lesing aan oor Onthou, Vergeet, en Nostalgie in die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
Die legendariese Rian Van Heerden groet Jacaranda FM na 'n dekade!
Die legendariese Rian Van Heerden groet Jacaranda FM na 'n dekade!
Onthou vandag, op hierdie dag, dat jou moedertaal jou trots mag en moet wees, dat jou hart daarvoor mag klop en dat jy hard mag werk om Afrikaans te beskerm en te bevorder. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Internasionale Moedertaaldag
Margit Meyer-Rödenbeck, ook bekend as Dowwe Dolla, vertel hoekom sy besluit het om finaal vir Dolla vaarwel te wyf. Ons gesels toe sommer ook oor haar lewe en wat haar deesdae maak huil. Ek het ook gewonder of jonger Margit trots sou wees op ouer Margit? Onthou om te subscribe tot die podcast, op wynvirdiepyn.com --- Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/wynvirdiepyn/message
Stefan lees vir ons ‘n paar uitreksels