POPULARITY
Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan gesels oor dit alles en nog meer.
Riku Lätti is onder die vergrootglasbril op die vyfde aflewering van Tunes Live. Tunes Live is ‘n klomp geselsies wat Tunes Studio met plaaslike musikante en industrie rolspelers voer. Die doel is om jonger musikante te leer omtrent die iins en outs van die musiekindustrie; plaaslike musiek te bemark en mense te hore laat kom […]
Ryno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24, pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur. Hulle gesels ook oor die belangrike rol wat Riku Lätti se Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting. Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA. Luister die intro vir die special discount offer.
Kletsrymer Churchil Naude se debuutablum ‘Kroeskop Vol Geraas’ het laasjaar die lig gesien onder die leiding en produksie van Riku Lätti. Churchil en Willim het al ’n hele paar gekeer saam opgetree by Wasgoedlyn shows, maar hulle het nog nooit gesels oor wie Churchil is en waar hy vandaan kom nie. Hulle backtrack deur sy vormingsjare om te probeer uitfigure waar sy unieke aanslag op Afrikaanse rap begin het en hoekom dit so lank gevat het om sy eerste album die lig te laat sien. Dit blyk asof sy skoonsuster en Koos Kombuis miskien iets te doen gehad het daarmee...
In die tweede Best Of section spoeg en plak Willim vir jou al sy gunsteling brokkies interviews aanmekaar van uit episodes 11 tot 20 en hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites. Flashback interview nuggets Kobus de Kock Jnr., AJ Graham, Riku Lätti, Hunter Kennedy, Martelize Brink, Henry Jack Cloete, Schalk Bezuidenhout, Jacques du Plessis, Albert Maritz en Louis Nel. Dis kersfees. Geseënde kersfees aan al die WAT Luisteraars.
Riku Lätti kan dalk net die mees veelsydigste liedjieskrywer in Afrikaans wees. Hy kom klim diep binne Willim se garage se hart in met lieflike stories soos die keer toe hy vir Marlene van Niekerk ‘n kabaret geskryf en opgevoer het, hoe Radio Lava se concept album nou nog harte steel, hoe Gert Vlok Nel en Piet Botha deel was van die spark wat Die Wasgoedlyn begin het, en, en, en. Iets oor Steve Hofmeyr en iets oor Laurika Rauch. Hierdie gesprek is uit die boonste rakke. En oja, jy kan 'n Wasgoedlyn album wen. Befok.