Mannetjiesvrou

Follow Mannetjiesvrou
Share on
Copy link to clipboard

'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër. Leer jou les.

Angie Gallagher, Candess Kostopoulos, Christi Kruger, Phia Smit


    • Jun 17, 2022 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 47m AVG DURATION
    • 22 EPISODES


    Search for episodes from Mannetjiesvrou with a specific topic:

    Latest episodes from Mannetjiesvrou

    Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?

    Play Episode Listen Later Jun 17, 2022 60:30


    Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met 'n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou les. Luister na Angie Oeh se debuut-EP, Sex in Afrikaans: https://ffm.to/sexinafrikaansep Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    Episode 9: Nuwejaarsvoornemens, voëltoere, lesbiese road trips en straatvryery

    Play Episode Listen Later Jan 14, 2022 24:46


    Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na mannetjiesvrou@gmail.com. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – 'n gesprek oor vulvas

    Play Episode Listen Later Nov 19, 2021 57:02


    In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier: Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101 The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/ Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 7: Mishandeling in selfdegeslagverhoudings

    Play Episode Listen Later Sep 27, 2021 53:59


    In episode 7 bespreek ons 'n onderwerp waaroor daar gans te min gepraat word. Mishandeling in selfdegeslagverhoudings kom baie meer algemeen voor as wat die meeste mense mag dink – ons kyk onder andere na wat die gevaartekens is en waarom LGBT-mense dikwels huiwerig is om mishandeling aan te meld. As jy met iemand wil praat, kontak gerus die kundige en bekwame organisasies hier onder: Triangle Project Webwerf: https://triangle.org.za/contact/ Hulplyn: 021 712 6699 TEARS Foundation Webwerf: https://www.tears.co.za/get-help-now/ Hulplyn: *134*7355# POWA Webwerf: https://www.powa.co.za/POWA/get-help/ Hulplyn: 076 694 5911 Gender-Based Violence Command Centre Webwerf: https://gbv.org.za/contact-us/ Hulplyn: 0800 428 428 Stop Gender Violence Helpline: 0800 150 150 Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe

    Play Episode Listen Later Aug 27, 2021 49:24


    Saartjie Baumann, Kobie van Maasdorp en 7de Laan se Wilmien is almal voorbeelde van wat in die volksmond bekend staan as 'n rabbedoe. Ons betrag dié maltrap vanuit alle hoeke en wonder hoe sy so geliefd geraak het in die Afrikaanse popkultuur. Ons deel ook opwindende nuus oor 'n baanbrekerboek waartoe ons bygedra het. Bestel Skeef – Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp hier: https://www.loot.co.za/product/renaldo-schwarp-skeef/kjhj-7418-g520. Skeef is van 1 September op die rakke – moenie vergeet om jou storie oor rabbedoes met ons te deel om in aanmerking te kom om 'n kopie van die boek te wen nie! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer

    Play Episode Listen Later Aug 8, 2021 53:36


    Ná 'n lang tydperk van stilswye, bied ons 'n blik op die afgelope paar weke. In geen chronologiese volgorde nie, hoor jy onder andere van okkultiese koekdriehoeke, die pes, palliatiewe sorg met behulp van vibrators, spieratrofie, die Satisfyer Pro 2 en A Little Life (deur Hanya Yanagihara). Maak 'n teetjie en kom sit. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 4: My Sarie Marais is so ver van my hart

    Play Episode Listen Later May 1, 2021 51:12


    In episode 4 van Mannetjiesvrou bespreek ons die lank en die kort van langafstandverhoudings. Hoe laat die lesbiërs in langafstandverhoudings dit werk? Hannelie Otto en Janita Botha deel hul ervaring. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 3: Die lesbiër en geestesgesondheid

    Play Episode Listen Later Apr 10, 2021 60:22


    In hierdie episode van Mannetjiesvrou praat ons oor hoe geestesgesondheid en veral depressie en angs die lesbiër se lewe kan beïnvloed. Indien jy met iemand wil gesels oor jou eie geestesgesondheid, kontak gerus die organisasies hier onder. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG) https://www.sadag.org/ 0800 456 789 / 0800 567 567 Sien ook 'n lys van organisasies in jou provinsie hier. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 2 – Ware lewensdrama: Hetero-Hannelie maak haar hart oop

    Play Episode Listen Later Mar 19, 2021 48:09


    EKSKLUSIEF: Al ooit gewonder oor die geheime weë van die heteroseksuele vrou? Hetero-Hannelie antwoord openhartig en sonder skroom of doekies omdraai al die vrae wat jy sku is om te vra. Mannetjiesvrou – leer jou les (en alles tussenin) Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 1: Queer wees by die werk

    Play Episode Listen Later Mar 5, 2021 52:36


    Welkom terug in die voorkamer van die lesbiër! In episode 1 van die tweede reeks van Mannetjiesvrou praat ons oor uit wees by die werk. Is dit nodig dat jou kollegas moet weet van jou seksuele oriëntasie – en is daar 'n spesifieke manier waarop queer mense moet uitkom in 'n professionele omgewing? Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 12: Wederom, 2020!

    Play Episode Listen Later Dec 26, 2020 28:37


    In episode 12 van Mannetjiesvrou bring ons vir jou 'n laat Krismisdoos, tesame met nog 'n aflewering uit die Woldriehoek se wêreld. Ons wens al ons luisteraars 'n baie goeie feesseisoen en 'n wonderlike 2021 toe – ons is opgewonde om weer volgende jaar die voorkamer se deure wyd oop te gooi! Lees gerus hier en hier oor 2020-flieks met LGBTQ-inhoud. Kyk mooi na jouself! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”, Lobo Loco – “Brain Instrumental”.

    Episode 11: Bi, bi, bi

    Play Episode Listen Later Nov 23, 2020 66:03


    In episode 11 van Mannetjiesvrou is die voorkamer bedrywig! Ons gaste, Mathilda Smit en Juani Smith, deel hulle gedagtes oor biseksualiteit en werp so 'n bietjie meer lig op wat dit beteken om in die jaar 2020 as biseksueel te identifiseer. BONUS: Luister ook aan die einde van hierdie episode na 'n gesprek oor die jongste uitgawe van Stilet, waarin die skrywer en resensent Joan Hambidge gehuldig word. Lees die joernaal op stilet.digital en volg Stilet se Facebookblad om op die hoogte te bly van nuwe artikels en uitgawes. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    Episode 10: Trou is nie perdekoop nie

    Play Episode Listen Later Nov 6, 2020 47:52


    Die knoop deurhaak is op die agenda in episode 10 van Mannetjies(t)rou. Die getroudes onder ons deel hul indrukke en ons kyk dié perd ordentlik in die bek, ten einde te probeer bepaal hoe die lesbiër vandag voel oor in die eg tree en wat behoort sy te weet oor dinge rondom die huwelik. As jy Mannetjiesvrou geniet, teken asseblief in op die potgooi en gee gerus vir ons 'n gradering op die platform van jou keuse as jy voel jy wil – ons waardeer elke stukkie terugvoer. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    Episode 9: (Homoseksuele) deuntjies en dykies

    Play Episode Listen Later Oct 23, 2020 40:36


    In episode 9 van Mannetjiesvrou neem ons jou op homoseksuele musikale vlerke. Ons gesels oor die eerste liedjies wat lesbiërgevoelens in ons laat fladder het en herroep liedere deur lette – en 'n paar ander deur mans wat ons graag ge-cover sal wil hoor deur vroue. Bly ingeskakel vir 'n kompetisie in die styl van Noot vir Noot en kyk of jy die kriptiese leidrade gouer as ons kan ontrafel. Voeg hier liedjies by die playlist op Spotify: https://spoti.fi/3dOBiyh Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    Episode 8: Bloed is dikker as water

    Play Episode Listen Later Oct 9, 2020 40:03


    Wat beteken die konsep van familie vir die LGBTQ-gemeenskap? In hierdie episode praat ons oor die lesbiër se binnekring en veral oor hoe queer mense uitdagings met hul gesinne en families kan oorbrug tydens prominente geleenthede soos die feesseisoen. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 7: Kom ons praat oor seks

    Play Episode Listen Later Sep 24, 2020 49:38


    In episode 7 van Mannetjiesvrou gaan ons om met omgang. Ons onthou hoe ons aanvanklik ons koppe om kopulasie probeer kry het en praat oor die baie fasette van seks. In “Haar Hande Staan vir Niks Verkeerd Nie” staan jy die kans om 'n verrassingspakkie ter waarde van R2000 met die komplimente van Secretly So te wen. Skryf in deur Secretly So se blad op Facebook te volg en vir ons 'n boodskap te stuur of kommentaar te lewer op Mannetjiesvrou se sosiale mediablaaie, waarin jy te kenne gee dat jy belangstel in hierdie prys, bestaande uit ongeveer vyf verskillende seksspeelgoed en produkte. SecretlySo.co.za hou meer as 400 verskillende seksspeelgoed en ander hulpmiddels aan – alles beskikbaar teen pryse wat jou sak sal pas en jou hart sal laat juig. BONUS: Wonder jy waarmee woel Wolmien in die Woldriehoek? Luister in hierdie episode na die volgende voorlesing van “Agter die Wolgordyn” deur Fredricka S. Wasservrou. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”, Lobo Loco – “Brain Instrumental”.

    Episode 6: Die verhouding tussen gay mans en lesbiërs

    Play Episode Listen Later Sep 6, 2020 44:49


    In hierdie episode ondersoek ons die persepsies en indrukke oor gay mans en lesbiërs se verhouding met mekaar. Is daar onenigheid tussen hierdie twee groepe, of is dít maar bloot 'n mite wat geskep is om verdeeldheid in die gemeenskap te saai? Bly ook ingeskakel tot aan die einde van die episode om te luister na 'n gesprek met Armand Aucamp oor Koer, die eerste Afrikaanse liefdestoep. As jy op soek is na liefde, skryf ook gerus in vir Via se nuwe maatsoekprogram, Die Liefdes-eksperiment. Om deel te wees van hierdie opwindende geleentheid, stuur 'n e-pos met jou naam, selfoonnommer, ouderdom, beroep en 'n foto van jouself na inskrywings@viatv.co.za. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 5: Om uit die kas te kom

    Play Episode Listen Later Aug 21, 2020 46:14


    Om uit die kas te kom is vir baie LGBTQI-mense 'n waterskeidingsoomblik. In episode 5 van Mannetjiesvrou praat ons oor uitkom en die manier waarop hierdie belangrike oomblik in die media voorgestel word. In Haar Hande Staan vir Niks Verkeerd nie deel ons wenke vir luisteraars wat dit oorweeg om self uit die kas te klim. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot" Bykomende klankeffekte: zapsplat.com

    Episode 4: Die storm- en drangjare

    Play Episode Listen Later Aug 7, 2020 48:52


    Mannetjiesvrou se vierde episode is twee vir die prys van een. Ons gesels met skrywer Zelda Bezuidenhout oor haar boek, "Toe ons oneindig was", onlangs vrygestel deur Pan Macmillan. Dié boek verskuif grense en is die eerste jeugverhaal in Afrikaans met 'n lesbiese hoofkarakter. Jy kan 'n kopie wen – bly ingeskakel tot aan die einde van die episode om uit te vind hoe. Ons vertel ook meer oor ons eie hoërskooldae. Mannetjiesvrou – leer jou les. "Toe ons oneindig was" is beskikbaar in alle goeie boekwinkels. Kry die e-boek hier: https://www.amazon.com/Toe-ons-oneindig-was-Afrikaans-ebook/dp/B08B6FR89B Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    Episode 3: Die padda wou gaan opsit

    Play Episode Listen Later Jul 23, 2020 43:11


    Die vlerksleepgewoontes van die lesbiër is die fokus in episode 3 van Mannetjiesvrou. Hoe maak die moderne lesbiër in die huidige historiese oomblik die hof en hoe het sy dit voorheen gedoen? In “Haar Hande Staan vir Niks Verkeerd Nie” praat ons oor die kameraadskap wat troeteldiere kan bied in dié tyd van isolasie. Kyk gerus na hierdie skakels indien jy dit oorweeg om 'n troeteldier aan te neem, of as jy dalk 'n geldjie wil skenk aan hierdie organisasies, wat altyd op die publiek se ondersteuning aangewese is – ook nou. Wollies Animal Shelter Wetnose Animal Rescue Shelter The National SPCA TEARS Animal Rescue New Beginnings BONUS: Luister ook in hierdie episode na die eerste voorlesing van “Agter die Wolgordyn” deur Fredricka S. Wasservrou. Ons maak kennis met Wolmien, boerin van die Woldriehoek se wêreld. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”, Lobo Loco – “Brain Instrumental”.

    Episode 2: Die lesbiër en labels

    Play Episode Listen Later Jul 9, 2020 42:47


    Episode 2 van Mannetjiesvrou is 'n mondvol – maak maar tee en kry 'n snytjie koek met skop! Ons praat oor stereotipes en wonder: het die hedendaagse lesbiër enige erg aan labels – en hoef sy te hê? Lees "Die lesbiër" van Nina Botes hier en kyk hier na 'n lekker geïllustreerde uitbeelding van Breyten Breytenbach se "Die boenk". Ons het na afloop van die opname besef dit is 'n kortverhaal en nie 'n gedig nie, verskoon tog. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    Episode 1: Welkom in die voorkamer van die lesbiër

    Play Episode Listen Later Jun 24, 2020 41:49


    In die eerste episode van Mannetjiesvrou praat ons oor die assosiasies wat daar is met die woord "mannetjiesvrou". Ons gesels ook oor die ikoniese helleveeg, wyle Jeanne Goosen en bied vir die algemene lesbiër wenke aan vir haar lewe. Welkom in die voorkamer van die lesbiër! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    Claim Mannetjiesvrou

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel