Rapport Regstreeks

Follow Rapport Regstreeks
Share on
Copy link to clipboard

Redakteurs en joernaliste gesels oor die week se nuus en meer.

Rapport

  • Apr 25, 2020 LATEST EPISODE
  • monthly NEW EPISODES
  • 28m AVG DURATION
  • 23 EPISODES


Search for episodes from Rapport Regstreeks with a specific topic:

Latest episodes from Rapport Regstreeks

Klankkoerant: Waarom is SA se inperking so streng?

Play Episode Listen Later Apr 25, 2020 4:11


Rapport — Rapport vra in sy hoofartikel, wat gepubliseer word op bl. 2 van die koerant van 26 April onder "Rapport Sê", waarom Suid-Afrika se inperking so streng is. Die konsensus oor inperking wêreldwyd is besig om ineen te stort. Lees Rapport aanlyn

Ramaphosa se hantering van Covid-krisis is "skokkend"

Play Episode Listen Later Apr 17, 2020 27:11


Rapport — Russell Lamberti, analis en ekonoom, verduidelik aan Waldimar Pelser waarom hy sê die regering se hantering van die Covid-krisis is vanaf dag een al 'n groot fout, en waarom die inperking dadelik beduidend verslap moet word, anders stuur ons af op 'n maatskaplike en ekonomiese ramp.

Inperking: 'SA vlieg blind'

Play Episode Listen Later Apr 10, 2020 20:36


Rapport — Waldimar Pelser gesels met John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, oor die regering se besluit om die inperking weens Covid-19 te verleng tot 30 April.

Dawie Roodt oor 21 dae van inperking weens Covid-19

Play Episode Listen Later Mar 27, 2020 25:39


Rapport — Waldimar Pelser gesels met Dawie Roodt van die Efficient-groep, wat verwag dat Suid-Afrika se ekonomie weens inperkings rondom die Covid-19-pandemie met tussen 10% en 15% kan krimp. Daar is egter ook koopgeleenthede as jy weet waar om te belê. Roodt sê die regering van pres. Cyril Ramaphosa moes kies “tussen die ekonomie en menselewens” en dat die inperking van drie weke wat pas begin het “waarskynlik nie genoeg gaan wees nie”. **** Hoe affekteer inperking jou? Stuur vir Rapport 'n stemnota op WhatsApp by 0726156868.

Koronavirus in SA: Die ekonomiese impak

Play Episode Listen Later Mar 19, 2020 26:16


Rapport — Waldimar Pelser gesels met Geordin Hill-Lewis, die Demokratiese Alliansie se skaduminister van finansies, oor wat gedoen kan word om die pyn te verlig van die maande lange ekonomiese krisis wat vir ons land voorlê.

Helen Zille oor die toekoms van die DA

Play Episode Listen Later Mar 12, 2020 60:32


Rapport — Waldimar Pelser in gesprek met Helen Zille by die Toyota Woordfees op Stellenbosch.

Berou oor apartheid

Play Episode Listen Later Mar 6, 2020 35:53


Rapport — Waldimar Pelser gesels met Dawie Jacobs oor wat hy hoop om te bereik met sy verklaring dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was. Lees die verklaring oor apartheid hier

Moet pensioenfondse gebruik word om Eskom te red?

Play Episode Listen Later Feb 29, 2020 81:48


Rapport — Waldimar Pelser gesels met Theo Venter, prof. Raymond Parsons en Ebrahim Fakir oor Tito Mboweni se planne vir pensioenfondse, die land se ekonomiese krisis, en of hulle hoop het vir die toekoms.

Is daar hoop vir die NG Kerk?

Play Episode Listen Later Feb 28, 2020 43:51


Rapport — In die tweede aflewering oor die dreigende skeuring van die NG Kerk praat Weekliks se redakteur, Pieter Malan, met dr. Frits Gaum, een van die leidende liberale stemme in die kerk oor die toekoms van die kerk te midde van die reuse onenigheid oor die legitimering van gay-verbintenisse. Gaum glo dat die kerk uiteindelik selfs sterker anderkant sal uitkom mits daar 'n strukture geskep word waar beide liberale en behoudende lidmate en gemeentes kan welkom voel.

Gaan die NG Kerk skeur?

Play Episode Listen Later Feb 21, 2020 34:24


Rapport — Pieter Malan gesels met ds. Theo Danzfuss, een van die leidende figure onder behoudende NG Kerk-lidmate. Ds. Danzfuss gee toe dat versoening tussen die liberale en behoudende kampe in die kerk nie moontlik lyk nie, maar meen dat dit nie beteken dat die NG Kerk noodwendig hoef te skeur nie.

Die EFF het verloor by Sona2020

Play Episode Listen Later Feb 14, 2020 21:24


Rapport — Waldimar Pelser gesels met News24 se Pieter du Toit en Rapport se Dawie Boonzaaier oor Ramaphosa se planne vir Eskom, Malema se oordeelsfout, en almal wat laer trek rondom FW de Klerk... Pieter du Toit analiseer Sona2020

Wie betaal die verband as die staat jou grond sou vat?

Play Episode Listen Later Feb 7, 2020 20:26


Rapport — Waldimar Pelser gesels met Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge oor of banke jou gaan help as die staat jou eiendom sonder vergoeding sou onteien. Die IRV het 'n veldtog geloods om banke te vra wat hul posisie oor onteiening sonder vergoeding is.

Die Afrikaner onder druk

Play Episode Listen Later Feb 4, 2020 20:04


Rapport — Op Vrydag 31 Januarie het die Akademie vir Wetenskap en Kuns 'n geskiedenissimposium aangebied met die onderwerp: "Die Afrikaner onder druk". Waldimar Pelser was een van die sprekers. Hier is sy toespraak. Die Afrikaner is onder druk, maar wie is nie?

Onteiening sonder vergoeding

Play Episode Listen Later Jan 31, 2020 33:42


Rapport — Pieter Malan gesels met die DA-LP dr. Annelie Lotriet, 'n lid van die parlementêre komitee wat opdrag gegee is om die Grondwet se eiendomsklousule te wysig.

Harry en Meghan is die kluts kwyt

Play Episode Listen Later Jan 24, 2020 26:52


Rapport — Waldimar Pelser vra vir Arlene Prinsloo, Media24 se kenner van die Britse koningshuis, hoe die spieël gebreek het tussen Harry, Meghan en 'n publiek wat eens gaande oor die tweetjies was.

Dinge lyk donker by Eskom

Play Episode Listen Later Jan 14, 2020 41:24


Rapport — Pieter Malan gesels met Rapport se Anoinette Slabbert en Jan de Lange oor pogings om beheer oor Eskom weg te neem van Pravin Gordhan.

Facebook versus Jerm

Play Episode Listen Later Jan 7, 2020 29:02


Rapport — Waldimar Pelser gesels met die spotprenttekenaar Jeremy Nell (Jerm) nadat Facebook hom verban het.

Die stories van die jaar

Play Episode Listen Later Dec 20, 2019 52:11


Rapport — Waldimar Pelser, Jan-Jan Joubert en Dawie Boonzaaier praat oor die vyf grootste politieke stories van die jaar.

Rugbywêreldbeker: SA teen Wallis

Play Episode Listen Later Oct 25, 2019 9:51


Rapport — Pieter Malan, redakteur van Rapport Weekliks, gesels met die rugbyskrywer Leighton Koopman oor die Bokke se kanse teen die Rooi Drake tydens Sondag se halfeindstryd in Japan.

Rugbywêreldbeker: SA teen Japan

Play Episode Listen Later Oct 18, 2019 18:37


Rapport — Pieter Malan en Dawie Boonzaaier gesels met Rapport se man in Japan, Hendrik Cronjé, oor die kwarteindstryd tussen die Springbokke en Japan. Ons het Vrydagaand (Japannese-tyd) met Hendrik gesels.

Politiek: Die DA kies en Mmusi speel die raskaart

Play Episode Listen Later Oct 18, 2019 14:55


Rapport — Wie kan die DA red? Waldimar Pelser en Dawie Boonzaaier praat oor die DA se federale raadsvergadering waartydens 'n nuwe voorsitter gekies word — en Mmusi Maimane se speel van die rassekaart.

Rugbywêreldbeker: Voorskou van die naweek se kwarteindstyde

Play Episode Listen Later Oct 16, 2019 14:46


Rapport — Rapport se rugbyskrywer Leighton Koopman en Pieter Malan gee 'n voorskou van al vier die kwarteindstryde Saterdag en Sondag in Japan.

Wat is Rapport Regstreeks?

Play Episode Listen Later Oct 15, 2019 1:16


Rapport — Elke week gesels Rapport se joernaliste en redakteurs oor die groot stories van die week.

Claim Rapport Regstreeks

In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

Claim Cancel