POPULARITY
Categories
Die Departement van Gesondheid sê hulle het geen formele skrywe van die Amerikaanse regering ontvang oor die volledige onttrekking van MIV/Vigs-befondsing deur Pepfar nie. Dit volg na mediaberigte hieroor. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die regering werk al lank aan 'n selfstandigheidsplan om die uitwerking van befondsingonttrekking te verminder. Dis sedert die aanvanklike bevriesing van buitelandse hulp en die kansellasie van USAid-toelaes in Januarie verlede jaar:
Die onderwysministerie sê hy werk daaraan om die skoolvoedingsprogram te bespoedig om te verseker dat mieliemeel alle skole bereik, ná kommer dat leerders by verskeie landelike skole sonder die daaglikse maaltyd wat onder die regeringskema voorsien word, moes gaan. Vrae is geopper na berigte dat Otjivero Combined School sedert Januarie geen mieliemeel vir dagskoliere ontvang het nie. Uitvoerende direkteur Edda Bohn sê die vertragings hou verband met verkrygings- en logistieke uitdagings.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê meer as 40 000 onwettige buitelanders is sedert begin vanjaar aangekeer, meer as 7 400 net in die afgelope maand. Die regering verskerp optrede teen onwettige immigrasie en stel strenger grensbeheer in. Kubayi, wat voorsitter is van die tussenministeriële komitee op Migrasie, verwerp die bewering dat Suid-Afrika inherent xenofobies is of nie mense van buite die landsgrense verwelkom nie:
Namfisa het gelas dat meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar aan verbruikers terugbetaal word na klagtes teen finansiële diensverskaffers. Volgens Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het die instansie tussen Januarie en Maart vanjaar 'n reeks sake opgelos wat verband hou met vertraagde pensioenuitbetalings, verwerpte begrafniseise, kontrakkansellasiegeskille en uitstaande sterftevoordeel- en terugbetalingsbetalings.
Die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging sê winteraannemings daal met gemiddeld 14-persent met al hoe minder mense wat in die winter diere aanneem. Woordvoerder Belinda Abraham sê dis oor die afgelope drie jaar die gewone patroon. Junie, Julie en Augustus is die laagste aannemingsmaande, met die meeste in November, Desember en Januarie. Sy sê in die slegste wintermaand gedurende daardie tydperk het aannemings met meer as 30-persent gedaal:
Die DA in Gauteng sê meer as 3 000 operasies is sedert Januarie verlede jaar by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg gekanselleer. Volgens die party is een uit elke vier geskeduleerde operasies afgelas, wat pasiënte met lang vertragings en groeiende agterstande laat. Jack Bloom van die DA sê Ortopediese dienste het die grootste agterstand, met meer as 1 000 pasiënte wat tot 18 maande wag, terwyl byna 500 kinders ook steeds op die waglys is:
Die /Khomanin tradisionele gemeenskap is tans besig om genoeg ondersteuning te werf om hulle huidige leier en hoof, Julienne Gawanas, te verwyder. Volgens gemeenskapaktivis Shaun Gariseb gaan die kwessies verder as onwettige grondverkope. Dit sluit in skenkings, dividende op visvangregte en borgskappe wat vir gemeenskapslede bedoel is. Op 31 Januarie vanjaar het 750 gemeenskaplede besluit om haar te verwyder en die proses gaan voort. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gepraat wat meer inligting gee.
Die vakbondfederasie Cosatu sê dringende optrede is nodig om die groeiende werkloosheidskrisis aan te spreek. Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika vir Januarie tot Maart toon die uitgebreide werkloosheidsyfer het tot 43,7-persent gestyg, met 'n verdere 300 000 mense wat nie werk nie. Matthew Parks van Cosatu sê werksverliese is veral hoog in konstruksie en gemeenskapsdienste. Parks waarsku die swak ekonomiese groei en stygende brandstofpryse kan die situasie vererger:
Die regering verwelkom die verdere afname in verbruikersinflasie, wat van 3,5-persent in Januarie, tot drie-persent in Februarie gedaal het. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê laer brandstofpryse was 'n sleutelfaktor, terwyl voedselinflasie ook vir die eerste keer in vier maande afgeneem het, wat 'n mate van verligting vir huishoudings tot gevolg gehad het. Baloyi het bygevoeg die regering sal voortgaan om pryse te monitor en ekonomiese bestendigheid te ondersteun:
President Cyril Ramaphosa het die mediese span geluk gewens wat 'n Siamese tweeling van mekaar geskei het in die Mankweng-hospitaal naby Polokwane in Limpopo. Die identiese tweeling, gebore op 28 Januarie, was aan die buik verbind en het 'n lewer en ander lewensbelangrike organe gedeel. Die delikate operasie van sewe-uur is gelei deur professor Nyaweleni Tshifularo. Ramaphosa sê dis 'n geskiedkundige oomblik vir Limpopo en Suid-Afrika se openbare gesondheidsorgsektor:
Suid-Afrika se inflasie het in Februarie afgeneem en van 3,5-persent in Januarie tot drie-persent gedaal. Die afname was hoofsaaklik te danke aan laer brandstofpryse, stadiger stygings in mediese fondskoste en goedkoper kosprodukte. Vleis-, graan- en kookoliepryse het almal gedaal, wat verbruikers 'n mate van verligting gegee het. Ricado Johnson van Statistieke Suid-Afrika sê alkoholpryse het effens gestyg, en sommige mediese fondsverhogings kan inflasie later in die jaar steeds opstoot:
Die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie doen 'n beroep op beter regulering van die vervoersektor. Die president, Werner Januarie, het die vervoerministerie daarvan beskuldig dat hy nie individue teen rooftogte deur vals taxi's beskerm nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Januarie dat individue gereeld beroof word deur misdadigers wat hulle as e-roep-taxibestuurders voordoen, en skryf dit direk toe aan 'n gebrek aan behoorlike regulering in die bedryf.
Privaatsektor kredietverleningsyfers is vandeesweek bekendgestel. Die geleidelike verlangsaming in Desember 2025 is in Januarie voortgesit en tot 4,2 persent jaar-op-jaar gedaal, vanaf 4,4 persent in Desember. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen gepraat. Hy gee die vooruitsigte vir huishoudings en ook hoe dit kan verander weens die konflik in die Midde-Ooste.
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste handelstatistieke, die vir Januarie vanjaar, vrygestel. Handel-inkomste vir Namibië het gestyg en die handelsbalans het 'n surplus van 193 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Uraan was die mees uitgevoerde produk vir Januarie. Mirjam Shihepo, die agentskap-woordvoerder, het meer.
President Cyril Ramaphosa het 'n ondersoek gelas na die multinasionale vlootoefening, Will for Peace, en 'n paneel onder leierskap van regter Bernard Ngoepe aangestel. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het na bewering die president se opdrag in Januarie om drie Iranse oorlogskepe aan die vlootoefening in Valsbaai te onttrek, verontagsaam. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die paneel sal die omstandighede rondom die oefening en die faktore wat bygedra het tot die versuim om die president se bevel te gehoorsaam, ondersoek en aanbevelings maak:
Teen laat Januarie was daar steeds leerlinge sonder plek in skole. Terwyl Kosmos 94.1 Nuus steeds op onderwys se uitvoerende direkteur wag vir ‘n opdatering oor plasings regoor die land en die moontlike implementering van ‘n pelotonstelsel, sê Paulus Nghikembua, die Khomas-streeksdirekteur, dat al die leerlinge in sy streek geplaas is.
Die gesondheidsministerie sê die eerste ronde polio-inentings het 91 persent van die teikengroepe landwyd gedek. Die eerste ronde inentings het tussen 26 en 29 Januarie plaasgevind na die opsporing van poliovirus tipe 2 op 13 November verlede jaar deur roetine-omgewingsmonitering van 'n rioolmonster wat by Ndama by Rundu in die Kavango-Oos-streek versamel is. Die tweede ronde begin vandag tot Vrydag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Walters Kamaya gepraat:
Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop, wat 'n robuuste 74,6 persent toename op ‘n jaargrondslag verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie-federasie gepraat.
Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers van 2,9 persent is die laagste in minstens 12 maande. Dis hoofsaaklik te danke aan voedselinflasie van net 1,9 persent, ‘n drastiese daling van die 5,6 persent ‘n Januarie 2025. Die hoogste inflasie, volgens die Namibiese Statistiekagentskap, was onder huishoudings, wat op 4,6% staan, gevolg deur gesondheidsinflasie wat 4,2 persent. NSA-woordvoerder Petronella Numushinga het meer oor sonale inflasie verlede maand:
Namibië se visum-by-aankoms-stelsel het meer as 413,3 miljoen Namibiese dollar in inkomste vir die staat gegenereer in minder as twaalf maande na die bekendstelling daarvan, met 289 510 visa wat teen 31 Januarie vanjaar uitgereik is. Die Immigrasiebeheer-department het in die oorsigtydperk noemenswaardige diensleweringsuitsette aangeteken, insluitend die uitreiking van 51 285 reisdokumente, waarvan 50 155 gewone paspoorte was. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gepraat.
Die voorsitter van die CRL - raad vir die regulering en beskerming van kulturele, godsdienstige en taalinstellings - het in Januarie 2026 bedank, omdat hy nie kan saamleef met die wete dat die staat kerke, predikante en die christelike geloof wil beheer en reguleer nie. Wat staan christene te doen? Huigelary vier hoogty, want die staat toon geen medelye of teenkanting teen die terroriste aanvalle en massamoorde op Iran se onskuldige burgers nie, terwyl daar wel ondersteunend vir goddeloses, vervolgers en verdrukkers opgetree en berig word. Wat staan die kerk te doen?
Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Die repokoers bly onveranderd - 'n ekonoom verduidelik hoekom ons nie verdere verligting kry as verbruikers nie. Al hoe meer onderwysers verlaat die beroep weens leerlinge se oneerbiedige en ongeskikte gedrag. Die aflas van Jeffreysbaai se beroemde branderplankkompetisie is 'n groot ekonomiese terugslag vir die streek.
Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Eskom versoek die energiereguleerder om 'n tussentydse kragtarief vir smeltermaatskappye goed te keur. Die stand van die ekonomie is onder die vegrootglas by die Kabinetslekgotla. Ons vra ‘n ekonoom of ons nog ‘n verlaging in die repokoers kan verwag. Die regering wil hê sy verbod op die plaagdoder, Terbufos, moet teen einde Februarie in werking tree.
Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Lofdal Internasionaal | Ps Jaco Smuts | Sondag Oggenddiens | 25.01.2026Kyk hierna op ons Youtube kanaal - https://youtu.be/-4wb8gMdIbw
Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Lofdal Internasionaal | Ps Jaco Smuts | Sondag Oggenddiens | 18.01.2026Kyk hierna op ons Youtube kanaal - https://youtu.be/Tw-Zer7Gvf0
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
Internasionale oliepryse het in November gedaal en die Amerikaanse dollar het verswak, en die energieminister het oorverhalings op alle tipes brandstof aangeteken. Desnieteenstaande het die ministerie besluit om die brandstofpryse vir Januarie onveranderd te hou. Die ministerie se woordvoerder, Anna Salkeus, het meer.
Die handelsministerie het landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderings-wetsontwerp gehou. Kenners het die wetgewing gekritiseer omdat dit volgens hulle nie beter as die vorige een is nie, en die publiek kon tot 12 Desember insette lewer. Dit is nou uitgestel en die publiek kan tot 31 Januarie 2026 kommentaar indien. Rosalia Uushona, die ministerie se hoof skakelbeampte, verduidelik.
Nick Reiner, die jongste seun van die vermoorde Rob en Michelle Singer Reiner, het Woensdag vlugtig in 'n Los Angeles hof verskyn. Hy staan tereg op twee moordklagte, maar is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot 7 Januarie 2026. Volgens berigte het hy 'n tipe selfmoordvoorkomingsbaadjie aangehad, wat vir gevangenes aangetrek word om te keer dat hulle hulself skade aandoen. Sy prokureur, Alan Jackson, het buite die hof gepraat.
President Donald Trump sê Amerika is op die rand van ʼn ekonomiese oplewing soos die wêreld nog nooit voorheen beleef het nie. September se ekonomiese data toon Amerika se inflasiekoers staan die eerste keer sedert Januarie op drie-persent, terwyl verbruikersvertroue die laagste is sedert April. Trump het in die Withuis gesê die wêreld beny Amerika:
Terwyl feestelike besteding landwyd toeneem, bou finansiële druk stilweg op vir Januarie. Skooluniforms, skoene en skryfbehoeftes is reeds in ouers se gedagtes. Standard Bank Namibië sê besluite wat in Desember geneem word, kan bepaal of gesinne die nuwe jaar voorbereid begin, of onder ernstige finansiële druk verkeer. Standard Bank-woordvoerder Elzita Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
President Donald Trump dagvaar die BBC vir skadevergoeding van 5 miljard Amerikaanse dollar na sy Panorama-program verkeerdelik geredigeer is. Hy sê die korporasie het dit so voorgestel dat hy die 6 Januarie opstand veroorsaak het. Hy het kort voor dokumente by die suidelik distrikshof in Florida ingedien is, met die media gepraat.
Januarie voel vir baie verbruikers buitengewoon lank as gevolg van die gaping tussen betaaldae in Desember en Januarie. 'n Standard Bank-ontleder in die buurland, Shené Mothila, sê openbare vakansiedae, feestydverlof en -besteding veroorsaak vroeg in Januarie finansiële uitdagings. Mothila sê kliënte moet finansies meer doeltreffend beplan en bestuur:
Reaksie word ontvang op die hoërhof wat gelas het dat die kwessies wat onder die loep moet kom in die saak waar die Ganja Users of Namibia en ander aansoekers vra dat dagga gewettig word, beperk moet word. Die saak is intussen uitgestel tot 22 Januarie daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Borro Ndungula die Ganja Users of Namibia se sekretaris-generaal, gepraat. Hy sê dit is 'n apartheidswet wat bedoel was om swart mense te onderdruk.
Sokker: 'n Ontleder van Meltwater Media Culture, Zubair Timol, sê 'n moontlike skuif deur Mohamed Salah van Liverpool na die Saoedi-liga kan kommersiële vennootskappe, ondersteunerbetrokkenheid en die liga se profiel wêreldwyd verhoog. Timol beklemtoon Salah se Europese stamboom, Kampioeneliga-ervaring en sterkrag as sleutelfaktore wat borgskappe vir luukse handelsmerke kan lok. Hy sê Salah sal 'n positiewe impak op die kompetisie hê en die liga se aantrekkingskrag voor die Januarie-oordragvenster verhoog:
Die vakansieseisoen bring son, sand en see maar ook 'n skerp waarskuwing van gesondheidskenners. Namibië se hoë vlakke van ultraviolet-straling bring 'n verhoogde risiko van velsorgskade en selfs velkanker, die wêreld se mees algemene kankersoort. Dermatoloë sê dat mense tydens Desember en Januarie dikwels hul sonskerm-roetine versuim, wat tot gevaarlike sonbrand en langtermynvelskade kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging.
Vermeende stroper en sindikaat-leier Derrick Brockerhoff is op Kalkrand gearresteer nadat hy gevang is op vermoede van sameswering om beskermde wild te jag. Die vermoede is dat hy agter 'n renoster was. Hy is ook op twee ander aanklagte van wapens en ammunisie vas, sowel as die bestuur van 'n motor sonder 'n lisensieskyf. Op 10 Desember by die B1 pad naby Kalkrand was hy gevang nadat hy probeer vlug het toe hy naby die padblokkade kom. 'n Wapen is uit die venster gegooi. Hy is saam met Immanuel Goseb en Romeo Gereseb gearresteer en sy saak is tot 16 Februarie uitgestel. Hy sal ook 23 en 26 Januarie in Windhoek op twee verskillende sake verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie gepraat.