Podcasts about Januarie

  • 68PODCASTS
  • 1,166EPISODES
  • 23mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Dec 19, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024

Categories



Best podcasts about Januarie

Show all podcasts related to januarie

Latest podcast episodes about Januarie

Nuus
Brandstofpryse onveranderd in Januarie 2026

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:42


Internasionale oliepryse het in November gedaal en die Amerikaanse dollar het verswak, en die energieminister het oorverhalings op alle tipes brandstof aangeteken. Desnieteenstaande het die ministerie besluit om die brandstofpryse vir Januarie onveranderd te hou. Die ministerie se woordvoerder, Anna Salkeus, het meer.

Nuus
Kommentaar-tydperk op Beleggingsbevorderings-wetsontwerp verleng

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:28


Die handelsministerie het landwye konsultasies oor die Namibiese Beleggingsbevorderings-wetsontwerp gehou. Kenners het die wetgewing gekritiseer omdat dit volgens hulle nie beter as die vorige een is nie, en die publiek kon tot 12 Desember insette lewer. Dit is nou uitgestel en die publiek kan tot 31 Januarie 2026 kommentaar indien. Rosalia Uushona, die ministerie se hoof skakelbeampte, verduidelik.

Nuus
Nick Reiner verskyn in hof, saak tot 7 Januarie uitgestel

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:38


Nick Reiner, die jongste seun van die vermoorde Rob en Michelle Singer Reiner, het Woensdag vlugtig in 'n Los Angeles hof verskyn. Hy staan tereg op twee moordklagte, maar is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot 7 Januarie 2026. Volgens berigte het hy 'n tipe selfmoordvoorkomingsbaadjie aangehad, wat vir gevangenes aangetrek word om te keer dat hulle hulself skade aandoen. Sy prokureur, Alan Jackson, het buite die hof gepraat.

Nuus
Trump sing sy lofliedere tydens Kerstoespraak

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 18, 2025 0:14


President Donald Trump sê Amerika is op die rand van ʼn ekonomiese oplewing soos die wêreld nog nooit voorheen beleef het nie. September se ekonomiese data toon Amerika se inflasiekoers staan die eerste keer sedert Januarie op drie-persent, terwyl verbruikersvertroue die laagste is sedert April. Trump het in die Withuis gesê die wêreld beny Amerika:

Nuus
Koop noodsaaklike goedere eerste, Januarie-salaris moet hou

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:38


Terwyl feestelike besteding landwyd toeneem, bou finansiële druk stilweg op vir Januarie. Skooluniforms, skoene en skryfbehoeftes is reeds in ouers se gedagtes. Standard Bank Namibië sê besluite wat in Desember geneem word, kan bepaal of gesinne die nuwe jaar voorbereid begin, of onder ernstige finansiële druk verkeer. Standard Bank-woordvoerder Elzita Beukes het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

Nuus
Trump dagvaar BBC vir US$5 miljard

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:40


President Donald Trump dagvaar die BBC vir skadevergoeding van 5 miljard Amerikaanse dollar na sy Panorama-program verkeerdelik geredigeer is. Hy sê die korporasie het dit so voorgestel dat hy die 6 Januarie opstand veroorsaak het. Hy het kort voor dokumente by die suidelik distrikshof in Florida ingedien is, met die media gepraat.

Nuus
Versigtig vir Janu-worry die feestyd

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:20


Januarie voel vir baie verbruikers buitengewoon lank as gevolg van die gaping tussen betaaldae in Desember en Januarie. 'n Standard Bank-ontleder in die buurland, Shené Mothila, sê openbare vakansiedae, feestydverlof en -besteding veroorsaak vroeg in Januarie finansiële uitdagings. Mothila sê kliënte moet finansies meer doeltreffend beplan en bestuur:

Nuus
GUN boos oor hofopdrag

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:40


Reaksie word ontvang op die hoërhof wat gelas het dat die kwessies wat onder die loep moet kom in die saak waar die Ganja Users of Namibia en ander aansoekers vra dat dagga gewettig word, beperk moet word. Die saak is intussen uitgestel tot 22 Januarie daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Borro Ndungula die Ganja Users of Namibia se sekretaris-generaal, gepraat. Hy sê dit is 'n apartheidswet wat bedoel was om swart mense te onderdruk.

Nuus
Moontlike Salah-skuif na Saoedi-liga verwelkom

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 16, 2025 0:17


Sokker: 'n Ontleder van Meltwater Media Culture, Zubair Timol, sê 'n moontlike skuif deur Mohamed Salah van Liverpool na die Saoedi-liga kan kommersiële vennootskappe, ondersteunerbetrokkenheid en die liga se profiel wêreldwyd verhoog. Timol beklemtoon Salah se Europese stamboom, Kampioeneliga-ervaring en sterkrag as sleutelfaktore wat borgskappe vir luukse handelsmerke kan lok. Hy sê Salah sal 'n positiewe impak op die kompetisie hê en die liga se aantrekkingskrag voor die Januarie-oordragvenster verhoog:

Nuus
Brockerhoff al weer vas op aanklagte rakende stropery

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:39


Vermeende stroper en sindikaat-leier Derrick Brockerhoff is op Kalkrand gearresteer nadat hy gevang is op vermoede van sameswering om beskermde wild te jag. Die vermoede is dat hy agter 'n renoster was. Hy is ook op twee ander aanklagte van wapens en ammunisie vas, sowel as die bestuur van 'n motor sonder 'n lisensieskyf. Op 10 Desember by die B1 pad naby Kalkrand was hy gevang nadat hy probeer vlug het toe hy naby die padblokkade kom. 'n Wapen is uit die venster gegooi. Hy is saam met Immanuel Goseb en Romeo Gereseb gearresteer en sy saak is tot 16 Februarie uitgestel. Hy sal ook 23 en 26 Januarie in Windhoek op twee verskillende sake verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie gepraat.

Nuus
Versigtig vir die son die vakansie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 0:40


Die vakansieseisoen bring son, sand en see maar ook 'n skerp waarskuwing van gesondheidskenners. Namibië se hoë vlakke van ultraviolet-straling bring 'n verhoogde risiko van velsorgskade en selfs velkanker, die wêreld se mees algemene kankersoort. Dermatoloë sê dat mense tydens Desember en Januarie dikwels hul sonskerm-roetine versuim, wat tot gevaarlike sonbrand en langtermynvelskade kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging.

Nuus
Machado het vir 16 maande voor Oslo-besoek weggekruip

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 12, 2025 0:36


Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, wat maande lank weggekruip het, sê dat sy presies weet watter risiko's sy loop deur na Noorweë te reis om haar Nobelprys vir vrede af te haal. Machado het in die middel van die nag in Oslo verskyn en van 'n hotelbalkon vir ondersteuners gewaai en saam met hulle gesing. Dit was die eerste keer sedert Januarie dat sy in die openbaar gesien is. Sy het die geheime reis onderneem ondanks 'n reisverbod en 'n dreigement van die Venezolaanse regering dat sy as 'n voortvlugtige bestempel sou word. Haar dogter, Ana Corina Sosa Machado, het Woensdag die prys namens haar ontvang. Die BBC het Machado gevra hoe dit voel om weer saam met haar familie te wees.

Nuus
Namdia en NamPol werk saam aan sekuriteit

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 11, 2025 0:31


Namdia en die Namibiese polisie het 'n ooreenkoms onderteken om sekuriteit in die land se diamantwaardeketting te verskerp en onwettige handel te bekamp. Die ooreenkoms kom na die berugte gewapende rooftog op 18 Januarie by Namdia se Windhoek-hoofkantoor. Die voorval het kwesbaarhede in die sektor blootgelê en oproepe vir sterker koördinering tussen Namdia en wetstoepassing verskerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Hinasha Mdudje, Namdia se bestuurder van regs- en maatskappysekretariële dienste gepraat.

Nuus
Aanklaer-generaal Imalwa se termyn verleng

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 9, 2025 0:39


Die Regterlike Dienskommissie het meer oor die pos van die aanklaer-generaal wat geadverteer is met ‘n sluitingsdatum van 16 Januarie volgende jaar. Die huidige aanklaer-generaal, Martha Imalwa, wat sedert 2004 in die pos dien, se termyn kom op 31 Desember tot ‘n einde maar, dit is nou verleng tot die einde van 2026. Vikitoria Hango, adjunk-driekteur van openbare betrekkinge by die Regbank het meer.

Nuus
NamPol maan oor padveiligheid

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 0:40


Dit is weer die tyd van die jaar waar almal hul reisplanne vir die feesseisoen gereed kry. Namibië het van Januarie tot November vanjaar 2 960 padongelukke aangeteken, terwyl sterftes van 376 in 2024 na 448 in 2025 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol hoofinspekteur Rozario Coetzee gepraat, wat motoriste aanraai om veiligheid voor oë te hou.

ToekomsVenster
ToekomsVenster | ʼn Oproep tot geestelike volwassenheid

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Dec 8, 2025 5:06


Jesus vra steeds: “Verstaan julle?”. Dit is ʼn vraag wat groei en diepte van elke gelowige eis. Hierdie is die laaste ToekomsVenster-oordenking vir 2025. Nuwe oordenkings sal vanaf Maandag 12 Januarie 2026 beskikbaar wees. Geseënde Kersfees en voorspoed vir die Nuwejaar.

Nuus
Stad Windhoek bewillig miljoen se skuldverligting vir weerloses

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 30, 2025 0:37


Stad Windhoek het 200 miljoen Namibiese dollar in skuldverligtingsondersteuning aangekondig om pensioenarisse wie se vorige aansoeke verwerp is, sowel as persone met gestremdhede, kinderhuishoudings, weeshuise en liefdadigheidsorganisasies by te staan. Woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat kwalifiserende inwoners van nou tot 19 Desember, en weer vanaf 12 Januarie, vir die program kan registreer. Amutenya sê om te kwalifiseer, moet inwoners voorafbetaalde water- en elektrisiteitsmeters hê of daarvoor aansoek doen.

Kopskuif
KOPSKUIF - Bemagtiging van Leerders & die Hart Agter Suid-Afrika se Nasionale Skool-Gebedsdag

Kopskuif

Play Episode Listen Later Nov 22, 2025 48:34


In hierdie episode gesels ons met Gerhard de Jager, besturende direkteur van #Projectschools, oor die organisasie se visie om voltydse jeugwerkers in skole te plaas en leerders te ondersteun met hul geestelike en emosionele welstand. Ons word ook vergesel deur Liza-Marie Schutte, wat meer vertel oor #ProjectPrayer, 'n nasionale gebedsdag wat op 18 Januarie 2026 plaasvind. Hierdie besonderse inisiatief nooi Suid-Afrikaners uit om saam te bid vir ons land se leerders, onderwysers en skole. Luister saam vir 'n inspirerende gesprek oor opvoeding, geloof en gemeenskapsimpak.

Nuus
Kankervereniging kry N$1,3 miljoen van Rough n Tough Rally

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 17, 2025 0:36


Die Rough n Tough Rally 2025 het 1,3 miljoen Namibiese dollar vir die Kankervereniging van Namibië ingesamel. Dit is aangewend om die nuwe Palliatiewe Sorg-sentrum op Swakopmund te vestig. Die sentrum sal amptelik einde Januarie 2026 geopen word. Die geleentheid was 'n reuse sukses en inskrywings vir volgende jaar is al amper weer vol. Rolf Hansen die uitvoerende hoof van die vereniging:

Nuus
Amerikaanse regering maak oop, tot 30 Januarie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 13, 2025 0:36


Die langste Amerikaanse regeringsluiting in die geskiedenis, 43 dae, is beëindig. Die Huis van Verteenwoordigers het 222 teen 209 vir die tydelike begrotingsraamwerk gestem. Fondse sal nou beskikbaar wees tot 30 Januarie volgende jaar. President Donald Trump het die raamwerk bekragtig en die skuld by die Demokrate se deur geplaas.

Nuus
Fiori... die Ugab se klein wonderwerk

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:38


Fiori, die eerste oorlewende olifant kalf in haar trop woestyn-aangepaste olifante sedert 2014, word in Januarie drie. Gebore met die eerste reën van 2022 na jare van droogte, staan sy bekend as die "klein wonderwerk van die Ugabrivier". Kosmos 94.1 Nuus het met John Tabasco van die Brandberg White Lady Lodge gesels, wat sê Fiori word elke dag sterker. Hy het egter ook hartseer nuus.

Nuus
Omkoop-pogings van verkeersbeamptes neem toe

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 0:33


Opgedateerde ongelukstatistieke van 1 Januarie tot 9 November bring die aantal ongelukke op 2 793 te staan, die aantal sterftes op 431 en die aantal beserings op 4 565. Ongelukke en sterftes het in vergelyking met 2024 onderskeidelik met 1,9 persent en 20 persent toegeneem, terwyl beserings 2,3 persent laer was. 'n Toename in omkopery is ook opgemerk. NamPol kommissaris Petrus Swartz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit maak die paaie vir almal gevaarliker.

Nuus
BBC-voorsitter sê jammer vir Trump-fout

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 0:18


Die BBC-voorsitter Samir Shah het ʼn verskoning uitgereik nadat ʼn toespraak van president Donald Trump van Amerika geredigeer is in ʼn episode van Panorama, en noem dit ʼn oordeelsfout. Die program het Trump se toespraak so geredigeer dat dit lyk asof hy ondersteuners op 6 Januarie 2021 direk aanhits tot geweld in die Kongresgebou. Die BBC se direkteur-generaal, Tim Davie, en uitvoerende nuushoof, Deborah Turness, het bedank. Shah ontken bewerings van sistemiese vooroordeel:

Nuus
Windhoek afvalbestuurswerkers se staking nog nie verby

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 11, 2025 0:34


Die afvalbestuurswerkers van die Stad Windhoek sê hul staking is nog nie verby nie, selfs nadat die munisipaliteit hul uurlikse loon van 14 tot 18 Namibiese dollar verhoog het, terugwerkend tot Januarie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het een van die werkers, Frans Paulus, bevestig dat werkers van plan is om hierdie week tydelik terug te keer werk toe. Hy sê die staking is vir 30 dae opgehef terwyl hulle wag op die Stad se reaksie op hul eise vir beter salarisse en toelaes. Paulus het meer.

Nuus
Erongo het kommer oor toenemde misdaad teen toeriste

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:38


Misdaad teen toeriste in Erongo is aan die toeneem. Die polisie rapporteer 44 voorvalle tussen Januarie en Oktober vanjaar, 'n toename van 26 persent vanaf verlede jaar. Die mees algemene oortredings sluit in diefstal uit voertuie, huisbraak en roof. Die Erongo-streekpolisiebevelvoerder-kommissaris Nikolaus Kupembona sê die mag verskerp pogings om besoekers te beskerm en dring daarop aan dat die toerismebedryf saamwerk om misdaad te voorkom.

Nuus
VN hef sanksies teen Siriese president op

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 7, 2025 0:17


Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het gestem om sanksies op te hef teen Sirië se president, Ahmed al-Sharaa, en die minister van Binnelandse Sake, Anas Khattab. Die Amerikaans-opgestelde besluit is met 14 stemme aanvaar terwyl China buite stemming gebly het. Sharaa het die magte gelei wat Bashar al-Assad onttroon het, en is in Januarie vir ʼn oorgangstydperk aangestel. Amerika se ambassadeur by die VN, Mike Waltz, beskryf die besluit as ʼn erkenning dat Sirië ʼn nuwe era betree het:

Nuus
Capricorn Eagles-groep vir IKR-toernooi in Thailand aangekondig

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 0:39


Krieket Namibië het sy groep vir die nasionale vrouespan, die Capricorn Eagles, aangekondig, wat na Thailand sal reis vir die IKR se Emerging Nations Trophy-toernooi. Namibië sal T20-internasionale wedstryde speel teen Tanzanië, die Verenigde Arabiese Emirate, Skotland, Nederland, Thailand, Uganda en Papoea-Nieu-Guinee. Die Capricorn Eagles het gekwalifiseer en berei voor vir hul eerste deelname ooit aan die 2026 Vroue T20 Wêreldbeker Kwalifiserende Reeks van 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal volgende jaar. Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Nuus
Veebemarking daal skerp, stoot slagpryse op

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 5, 2025 0:41


Die sterk vraag na speenkalwers hou aan om beesvleispryse op te stoot. Volgens die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad word verwag dat hierdie opwaartse tendens tot Desember sal voortduur. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Desmond Cloete, die raad se hoof van bemarking, gesê dat beesbemarking met 50,3 persent jaar-op-jaar van Januarie tot September afgeneem het. Hy het die daling toegeskryf aan voortdurende pogings om kuddes te herbou.

Nuus
Cran bekommerd oor ongesertifiseerde toestelle

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 0:29


Cran spreek kommer uit oor 'n toename in ongesertifiseerde telekommunikasietoestelle wat die land binnekom. Die owerheid sê fone, en ander telekommunikasie toerusting moet goedgekeur word voordat hulle die mark kan binnekom. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê tussen Januarie en September vanjaar is 902 aansoeke vir goedkeuring ingedien, maar byna 'n derde is verwerp weens veiligheids- en voldoeningskwessies.

Nuus
DA dring aan op misdaadstatistiek

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 31, 2025 0:14


Die DA het 'n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die Polisiediens en waarnemende minister Firoz Cachalia te dwing om die lank-uitstaande misdaadstatistiek vir die kwartaal tussen Januarie en Maart vry te stel. Die DA se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, sê ondanks herhaalde versoeke en beloftes is die inligting steeds nie beskikbaar nie. Sy waarsku die verdoeseling van misdaadsyfers ondermyn deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare vertroue in wetstoepassing:

Nuus
'Cat' Matlala het glo R500 000 vir Mchunu se ANC-veldtog betaal

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 30, 2025 0:17


Getuie C het aan die Madlanga-kommissie vertel die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala beweer hy het ongeveer 500-duisend Suid-Afrikaanse rand betaal vir die polisieminister, Senzo Mchunu, se veldtog vir die ANC-presidentskap. Hy sê Matlala het na bewering betalings deur die sakeman Brown Mogotsi gedoen om die vlugte en verblyf vir die ANC-vieringe op 8 Januarie te dek. C sê Matlala het geglo sy steun vir Mchunu sou hom teen polisie-ondersoeke beskerm, maar het verraai gevoel toe sy polisietender van 360-miljoen-rand gekanselleer is:

Nuus
Verrekeningsagente moet lisensies teen 31 Desember hernu

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 27, 2025 0:31


Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, doen 'n beroep op alle verrekeningsagente om hul lisensies vir die 2026-kalenderjaar teen 31 Desember 2025 te hernu. Lisensies wat nie teen die sperdatum hernu word nie, sal vanaf 1 Januarie 2026 opgeskort word in ooreenstemming met die Doeane- en Aksynswet. Hernuwings kan by enige NamRA Doeane- en Aksynskantoor of deur die Bank van Namibië gedoen word. Agente wat versuim het om voorheen te hernu, kan boetes van tot 8 000 Namibiese dollar in die gesig staar. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze het meer.

Nuus
Handel wag om VSA-kongres oor Agoa

Nuus

Play Episode Listen Later Oct 1, 2025 0:22


Met die sperdatum vir die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, Agoa, wat verstryk het, berig internasionale media dat die Trump-administrasie 'n verlenging van een jaar van die handelsinisiatief met Afrika suid van die Sahara steun. Sedert die aanstelling in Januarie het die administrasie nog nie voorheen 'n amptelike standpunt oor Agoa uitgespreek nie, 'n wet wat in 2000 uitgevaardig is om belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir duisende Afrika-produkte te verleen. Namibië se handelsministerie sê dat hy steeds wag op terugvoer van die Amerikaanse regering. Uitvoerende direkteur Ndiitah Nghipondoka-Robiati het hierdie opdatering met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Nuus
Net meer as helfte van werkgewers betaal minimumloon

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 27, 2025 0:36


Die arbeidsministerie het onthul dat slegs 55 persent van werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloon wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die ministerie het tot dusver vanjaar 1 377 werkplekinspeksies uitgevoer. Terwyl 1,3 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde lone vir meer as 2 100 werkers verhaal is, skiet 45 persent van werkgewers steeds kort. Minister Wise Immanuel het vanoggend tydens 'n kabinetskomitee-inligtingsessie gesê dringende optrede is nodig, aangesien meer as 490 arbeidsgeskille steeds onopgelos is.

Nuus
Dit sal 'n verrassing wees as Meatco sy teiken behaal - Schlettwein

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:29


Meatco het aangedui dat hulle begroot het om 75 000 beeste te slag vir die finansiële jaar wat einde Januarie 2026 eindig. Tot dusver het die maatskappy meer as 25 000 diere van beide suid en noord van die veeartsenykundige kordonheining geslag. Die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die plan is te ambisieus. Hy verduidelik.

Nuus
Britte is sat vir migrante

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 1, 2025 0:35


Protesaksies neem toe in Brittanje, veral by hotelle waar migrante gehuisves word. Die Tories se skadu-minister vir binnelandse sake, Chris Philp, sê dat sedert Januarie het 29 000 migrante in die land op bote aangekom en mense is sat. Hy sê die Arbeidersregering luister nie na die bevolking nie.

Nuus
Kombat-myn sal moontlik in K4 bedrywighede hervat

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2025 0:24


In Mei 2025 het Trigon Metals ingestem om sy hele belang in Namibië se Kombat-myn aan Horizon Corporation te verkoop vir 24 miljoen Amerikaanse dollar. Dit kom na die myn op 16 Januarie oorstroom het. Daar is destyds gesê Kombat kan bedrywighede in die laaste kwartaal van vanjaar hervat, so vroeg as September. Intussen is amper 500 mynwerkers huis toe gestuur met die belofte dat hulle eerste weer in diens geneem sal word. George Ampweya van die Mynwerkersvakbond het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nuus
Federale doodstraf vir moord in Washington DC

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:17


President Donald Trump van Amerika sê sy administrasie sal die doodstraf vra in moordsake in Washington, DC. Die meeste moorde in Washington word onder plaaslike wetgewing hanteer, maar aanklaers mag die doodstraf vra vir misdade wat onder federale reg val. Trump het in Januarie op die eerste dag van sy administrasie ʼn uitvoerende bevel onderteken om weer die federale doodstraf in te stel. Hy sê die doodstraf sal ʼn voorkomende maatreël wees:

Nuus
Aansoeke vir 2026-TVET-inname oop by NamWater

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 27, 2025 0:34


Aansoeke by NamWater se Menslike Hulpbronontwikkelingsentrum is nou oop vir sy TVET-inname vir Januarie 2026, wat opleiding in loodgieterswerk, elektriese installasie, houtwerk en ander ambagte aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoof van openbare betrekkinge en korporatiewe kommunikasie, Lot Ndamanomhata, wat sê die programme is daarop gemik om studente met praktiese vaardighede toe te rus terwyl Namibië se werksmag versterk word.

Nuus
Trump vry opnuut na Noord-Korea

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 26, 2025 0:13


Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un ontmoet, moontlik vanjaar nog. Sedert Trump se inhuldiging in Januarie het Kim die Amerikaanse president se herhaalde oproepe geïgnoreer vir die herlewing van direkte diplomasie wat hy tydens sy 2017-2021-termyn in die amp nagestreef het. Dit het egter geen ooreenkoms opgelewer om Noord-Korea se kernprogram te stop nie. Trump, wat Kim drie keer in sy eerste termyn ontmoet het, het sy verhouding met die totalitêre leier geprys en gesê hy ken hom beter as enigiemand anders:

Nuus
Minimumloon sal werkloosheid laag styg

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 4, 2025 0:39


Reaksie word ontvang op kommer oor werksverliese met die nuwe minimumloon. Namibië se minimumloon het op 1 Januarie vanjaar gestyg en sal in 2027 vir ‘n derde opeenvolgende jaar styg, ‘n toename van 80 persent. 'n Algemeen gebruikte koëffisiënt dui daarop dat vir elke persent ekonomiese groei, indiensneming met slegs die helfte, 0,5 persent styg. Met Namibië se 2025-groei wat op 3.8 persent geprojekteer word, mag werkskepping slegs 1.9 persent bereik. Sulke vinnige verhogings veroorsaak normaalweg werksverliese. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner, Herbert Jauch gepraat.

Nuus
Veediewe teister boere in Hardap

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 13, 2025 0:26


Reaksie word ontvang op die nuus dat daar tussen Januarie en Junie vanjaar 1 894 stuks vee in die Hardapstreek gesteel is . Slegs 8 persent is teruggevind. Streeksgoewerneur Riaan McNab sê 285 gevalle van veediefstal is in die 180 dae gerapporteer en 222 verdagtes is gearresteer, almal mans. Die waarde van die gesteelde vee beloop amper 7 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging gepraat.

Nuus
Puros sonkragstasie kry N$8m hupstoot

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:33


Die Puros sonkrag mini-netwerk in die Kunene-streek het 'n hupstoot van 8 miljoen Namibiese dollar van die energieministerie ontvang, wat die totale befondsing tot 14 miljoen dollar verhoog het. Die 300 kilovolt-stelsel sal 164 huishoudings van krag voorsien. As deel van die Tidret-inisiatief, word die projek mede-befonds deur die Europese Unie en gelei deur die Omgewingsbeleggingsfonds en Nored. Konstruksie het in Januarie 2025 begin, met vordering wat sonkragstraatligte en 'n kragnetwerk insluit. Nored sal die netwerk bestuur met behulp van 'n sosiale tariefmodel. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds gepraat.

Nuus
Onwettige kragverbindings, kerse vuur hut-brande aan

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:38


Die Stad Windhoek het 42 brande en vier sterftes in informele nedersettings tussen Januarie en Junie aangeteken. Die meeste voorvalle het in Tobias Hainyeko, Moses Garoeb en Samora Machel plaasgevind. Die meeste brande, 14, was in Januarie, terwyl 18 brande en vier sterftes in die afgelope drie maande aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte van die Stad Windhoek se Brandweer, oor wat die brande veroorsaak.

Nuus
SA teken 74 000 werkverliese aan van Januarie tot Maart

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 0:17


Statistieke Suid-Afrika het tussen Januarie en Maart vanjaar 'n daling van 74 000 werksgeleenthede in die formele sektor aangeteken, wat die totale indiensnemingsyfer op net meer as tien-miljoen te staan bring. Die grootste verliese was in handel en gemeenskapsdienste, met vervaardiging en konstruksie wat 'n klein wins getoon het. Matlapane Masupye van Statistieke SA sê voltydse werksgeleenthede het met 55 000 gedaal, deeltydse poste met 19 000 en die algehele verdienste het met meer as 47-miljard Suid-Afrikaanse rand gedaal:

Nuus
Oorlog in die Midde-Ooste dryf olie op met 14%

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 16, 2025 0:40


Midde toenemende konflik tussen Israel en Iran het Brent-oliepryse Vrydag 7 persent hoër as die vorige dag gesluit ná dit vroeër die dag die hoogste vlak sedert 27 Januarie vanjaar bereik het. Brent het vanoggend handel net onder 75 Amerikaanse dollar per vat oopgemaak, meer as 14 persent hoër as die vorige week. Beleggers is bekommerd dat die konflik tussen Israel en Iran olie-uitvoere uit die Midde-Ooste kan ontwrig. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt oor sy verwagtinge vir die olieprys gepraat.

Nuus
Honderdduisende betoog teen Trump

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 15, 2025 0:20


President Donald Trump se langverwagte militêre parade is Saterdag in die strate van die middestad van Washington gehou. Dit was ook Trump se 79ste verjaardag. Die viering van die Amerikaanse leër se 250ste herdenking is egter gekenmerk deur 'n dag van geweld en onenigheid. In die ure voor die parade begin het, het honderdduisende Amerikaners die strate in van New York tot Chicago en tot Los Angeles ingevaar en teen Trump se presidentskap betoog. Waarnemers sê dit is die grootste betoging sedert sy bewindsoorname in Januarie.

Nuus
Kuberaanvalle neem skrikwekkend toe

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 0:39


Meer inligting is bekend oor die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, se kwartaallikse statistiekbulletin vir die tydperk Januarie tot Maart 2025. Die bulletin bied 'n omvattende oorsig van sleutelaanwysers binne die telekommunikasie-, kuberveiligheid-, uitsaai- en possektore. Kosmos 94.1 Nuus het by Mufaro Nesongano, die segsman by Cran aangeklop vir ‘n oorsig van die verslag. Die toename in kuberaanvalle is skrikwekkend.

Nuus
Wanvoeding van kinders onder 5 ook 'n probleem in SA

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2025 0:18


Die DA sê 155 kinders onder die ouderdom van vyf het sedert Januarie vanjaar in openbare gesondheids-inrigtings gesterf as gevolg van wanvoeding. Volgens die party is die meeste gevalle in Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal aangeteken. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die statistiek bekend gemaak in sy antwoord op 'n geskrewe parlementêre vraag. Michele Clarke van die DA sê die krisis word vererger deur stygende werkloosheid en lewenskoste:

Nuus
Twee skorsings, drie gearresteer in belastingbedrog

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2025 0:41


Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het 'n belasting terugbetalingsbedrog skema ontdek wat gekoppel is aan sy terugbetalingsinisiatief, wat gelei het tot meer as 666 000 Namibiese dollar in onwettige uitbetalings aan 47 belastingbetalers tussen Januarie en April 2025. Die terugbetalings is verwerk met behulp van die persoonlike besonderhede van meestal werklose individue, dikwels sonder hul medewete. Een NamRA-personeellid is geskors, 'n amptenaar van die lynministerie is geskors en drie verdagtes is in hegtenis geneem. Steven Ndorokaze, die woordvoerder van NamRA, het die situasie kortliks verduidelik.