Botox, Barbies & Bietse

Botox, Barbies & Bietse

Follow Botox, Barbies & Bietse
Share on
Copy link to clipboard

In dié vervolgverhaal stel Elize Cawood jou voor aan Liesl Burger, 'n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met 'n vintage Barbie uit haar lewe botox. Lag saam het haar. Huil so bietjie... en herontdek jou vrouwees. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za

rrRADIO


    • Apr 1, 2020 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 18m AVG DURATION
    • 22 EPISODES
    • 1 SEASONS


    Search for episodes from Botox, Barbies & Bietse with a specific topic:

    Latest episodes from Botox, Barbies & Bietse

    Hoe gaan dit met jou? VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Apr 1, 2020 0:30


    rrRADIO — Kom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk.

    Ka-tjieng, Seisoen 2: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Mar 5, 2020 0:33


    rrRADIO — Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.

    Lam in Wolfsklere: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Feb 24, 2020 0:32


    rrRADIO — In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans. Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese Advokaat Caro Marx weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie. Nuwe episodes word vanaf 27 Februarie, elke Donderdagoggend vrygestel.

    Ka-tjieng! VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 17, 2019 0:21


    rrRADIO — Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Die eerste episode word op 18 Oktober uitgesaai. Daarna sal daar elke tweede Vrydag 'n nuwe episode wees.

    Tussen Ons 2: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 14, 2019 0:25


    rrRADIO — Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf - ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe.

    Dans met die rooi rok: VO0RSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 3, 2019 1:02


    rrRADIO — In dié NUWE spanningsvolle vervolgverhaal, geskryf deur Martie Swanepoel, stel die bekende aktrise en TV-aanbieder Bettie Kemp jou aan Amelie du Raan voor. Nadat sy uit haar stresvolle werk en aftakelende huwelik gestap het, trek Amelie en haar kinders na ʼn vervalle ou huis op die platteland. Hier maak sy kennis met die spoke van die verlede. Veral met die vrou wat glo saans met haar rooi rok deur haar tuin met die blou windklingels dans ... Die eerste episode van Dans met die rooi rok word op 10 Oktober uitgesaai.

    Episode 16: SLOT

    Play Episode Listen Later Oct 3, 2019 9:33


    rrRADIO — Emily en Roxy gluur Liesl aan asof sy die vreeslikste sonde begaan het. Dis te veel inligting vir Liesl om te verwerk. Sy wil huil as sy dink hoe Harry moes toekyk hoe sy die hele aand in die arms van ’n Argentynse sjef dans.

    Episode 15: Argentynse troukoek

    Play Episode Listen Later Sep 26, 2019 12:10


    rrRADIO — Die vinnige pas van die Argentynse sjef, wat nie nee vir ’n antwoord vat nie, laat Liesl byna uitasem. Maar sy besluit om elke oomblik te geniet.

    Episode 14: Tamatiesop

    Play Episode Listen Later Sep 19, 2019 20:01


    rrRADIO — Harry is nes alle mans. Hardloop agter die eerste sexy vrou aan. Sy het so gehoop hy is anders. Nee wat, besluit sy opnuut, sy gaan nooit weer ’n man vertrou nie.

    Episode 13: Die soen

    Play Episode Listen Later Sep 12, 2019 29:41


    rrRADIO — Die knop in haar keel is byna te groot om weg te sluk. Haar hart pyn van opgekropte emosies. Harry se optrede was onvergeeflik.

    Episode 12: Bikini-waks

    Play Episode Listen Later Sep 5, 2019 29:16


    rrRADIO — Met die kinders elkeen in sy eie koers begin Liesl, vir die eerste keer in maande, weer nadink oor wat die volgende stap in haar lewe gaan wees. Die siklus van drama het haar genoop om net met die stroom in te val.

    Episode 11: "Geniet jou vlug"

    Play Episode Listen Later Aug 29, 2019 31:32


    rrRADIO — Dit voel of Liesl se kop gaan ontplof van al die intriges. Net as sy dink sy weet nou alles, kom daar ’n nuwe kinkel in die gebeure.

    Episode 10: Borrel-terapie

    Play Episode Listen Later Aug 22, 2019 26:46


    rrRADIO — Die aand met die pille-drama spook steeds by Liesl. En was dit dalk Isa wat die aand in Konrad se kantoor moles gaan maak het? En wie het Engela vermoor?

    Episode 9: Die boere-tango

    Play Episode Listen Later Aug 15, 2019 29:24


    rrRADIO — Liesl se bene bewe so dat sy skaars tot onder kan klim. Herman sleep-dra haar. Toe hulle onder kom, syg sy op die grond neer. Sy kan die rukkende trane nie keer nie.

    Episode 8: Dubbele visie

    Play Episode Listen Later Aug 8, 2019 31:12


    rrRADIO — Daar is niks soos ’n nuushond wat ’n storie ruik nie. Emily en Johan is skoon op hol oor die misterie rondom Isa. Liesl begin wonder of Henk inderdaad die waarheid gepraat het.

    Episode 7: ‘Vasbyt ou girl …’

    Play Episode Listen Later Aug 1, 2019 28:47


    rrRADIO — Konrad het spoorloos verdwyn. En Engela betaal die duurste prys. Liesl wil gaan wegkruip saam met haar kinders. Sal Konrad ooit die skade wat hy veroorsaak het kan herstel?

    Episode 6: Die nagsluiper

    Play Episode Listen Later Jul 25, 2019 24:22


    rrRADIO — Konrad se lewe is in gevaar. ’n Duisend gedagtes maal deur Liesl se kop. Sy soek verduidelikings hoe Konrad, die perfeksionis, wat die lewe in swart en wit sien, se lewe in ’n grys area kon verval.

    Episode 5: Chopsticks en sjokoladekoek

    Play Episode Listen Later Jul 18, 2019 29:01


    rrRADIO — Liesl word ontslaan uit die hospitaal. Roxy en Emily voer iets in die mou. Maar is Liesl gereed om die realiteit in die oë kyk?

    Episode 4: Die slaappil-pitypaartie

    Play Episode Listen Later Jul 11, 2019 23:33


    rrRADIO — Liesl wil nie alleen wees nie. Haar kop hardloop in alle rigtings en kom meestal in doodloopstrate te lande. Haar selfvertroue lê aan skerwe. Wat gaan met haar aan? Is sy besig om mal te word?

    Episode 3: Punt in die wind

    Play Episode Listen Later Jul 4, 2019 25:21


    rrRADIO — Liesl gluur Herman aan, maar sy voel terselfdertyd dat sy in die aarde kan sink. Hoe gaan sy uit diè moeilike situasie kom?

    Episode 2: Stilbaai blues

    Play Episode Listen Later Jun 3, 2019 25:58


    rrRADIO — Liesl moet slegte nuus met haar kinders deel. Hoe kon Konrad dit aan die kinders doen? Om haar hart te breek is en ding, maar om haar kinders seer te maak? Die Sondagaand blues gaan haar vanaand vang as sy nie plan maak nie.

    Episode 1: Die Satynjapon

    Play Episode Listen Later May 28, 2019 24:35


    rrRADIO — In die eerste episode van Botox, Barbies en Bietse stel Elize Cawood jou voor aan Liesl Burger, ’n vyftigjarige kunstenaar wat die plooie van haar man se finale verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe Botox.

    Claim Botox, Barbies & Bietse

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel