POPULARITY
AfriForum is ontstel nadat 'n uitgelekde epos wys hoe 'n senioramptenaar in die Departement van Landbou boere spot wat tydens die bek-en-klouseer-uitbreking om hulp vra. Die burgerregte-organisasie sê die regering was te stadig om op te tree en hou te veel beheer oor entstowwe. Lambert de Klerk van AfriForum wil hê boere, privaat veeartse en landbougroepe moet toegelaat word om met die inentingsprogram te help:
Die Hardap-besproeiingskema staar 'n watertekort van 7 tot 8 persent in die gesig om vanjaar twee suksesvolle plantseisoene te hê. Boere en NamWater werk tipies onder 'n ooreengekome jaarlikse volume van ongeveer 48 miljoen kubieke meter. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, die voorsitter van die Hardap-boerevereniging gepraat.
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad herinner uitvoerders dat uitvoerpermitte geblokkeer sal word vir alle veeboere en -uitvoerders wat reagens-toetsstelselgelde skuld. Geen uitvoerpermitte sal uitgereik word totdat alle uitstaande bedrae ten volle betaal en geverifieer is nie. Reagenstoetsing is 'n kritieke stap in die uitvoerproses wat verseker dat vee vry is van gevaarlike siektes en voldoen aan die streng gesondheidsvereistes van invoerlande. Dit beskerm dus Namibië se reputasie as 'n betroubare vleisuitvoerder wêreldwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff, die raad se uitvoerende hoof van vleisstandaarde gepraat, wat sê nie-betaling veroorsaak dat toetse nie gedoen kan word nie.
GEEweek: Barbra oor die impak van SAAI en Bek-en-klouseer op boere.
Piet le Roux – uitvoerende hoof, Sakeliga Volg RSG Geldsake op Twitter
Meatco het in sy 2024/25-jaarverslag aangekondig dat hulle voorheen-benadeelde boere wil help met toegang tot diverse markte, om strategieë soos osproduksie moontlik te maak. Dit sal ook die boere help om direk aan Meatco te lewer. Voormalige Mariental-raadslid Willem Labuschagne sê Meatco moet sy Ekwatho-skema laat herleef, wat op osse gefokus het. Hy het meer.
EFF-leier Julius Malema sê bewerings dat die party wit boere teiken, is vals. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn uitsending gesê sulke bewerings is onlogies en aangevoer dat hy self 'n boer is en nie boere skade kan aandoen nie. Malema hou vol dat die EFF geen beleid van geweld het nie en verwerp beskuldigings van rassisme. Hy het beklemtoon dat Suid-Afrikaners met mekaar verbind is en nie langs rasselyne verdeel moet word nie:
Boere in die Zambezi-streek eis dringende militêre ingryping om veediefstal te bekamp nadat meer as 3 000 beeste ter waarde van sowat 24 miljoen Namibiese dollar na bewering sedert 2019 gesteel is sonder om teruggevind te word. Die boere het 'n petisie aan Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula oorhandig. Vincent Siliye, voorsitter van die Liselo-Kamenga Anti-Veediefstalvereniging, het meer.
Johann le Roux – uitvoerende hoof, KAL-groep Volg RSG Geldsake op Twitter
Terwyl brandstofpryse in naburige Suid-Afrika en Namibië aanhou styg, waarsku kenners dat selfs 'n kleiner verhoging boere kan tref waar dit die seerste maak. Paul Makube, 'n senior landbou-ekonoom by FNB Suid-Afrika, sê die buurland se boere wat reeds sukkel met lae mieliepryse en dun marges, het min ruimte om die ekstra koste te absorbeer. Hy sê boere is "prysnemers" en hul vermoë om die bykomende koste maklik te verhaal, is bestaan byna nie.
Ná owerhede die naweek die Hyphen Energy-fasiliteit in Lüderitz besoek het, het die regering opnuut sy ondersteuning aan dié groenwaterstofprojek bevestig. Landbouminister Inge Zaamwani is van mening dat die ontwikkeling baie vir boere in omliggende areas kan beteken.
David Muller, uitvoerende hoof van Karoo Pistachios, gesels oor die planne om Suid-Afrika se pistasieneutbedryf uit te brei. Volg RSG Geldsake op Twitter
Inwoners van Omusati sê troppe olifante vernietig sedert verlede maand gewasse en beskadig huise in verskeie dorpies reg oor die Okahao-, Tsandi- en Onesi-kiesafdelings. Boere rapporteer dat hulle oornag mahangu, mielies verloor het, wat sommige sonder 'n oes laat, en sê die 2 000 Namibiese dollar-vergoeding per mahangu-land is nie genoeg om groot gesinne te onderhou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die omgewingsministerie, Vilho Hangula, gepraat wat sê hulle werk aan maatreëls om die situasie aan te spreek.
Willie Clack, kriminoloog en senior dosent by Unisa, skets 'n prentjie oor statistiek oor veediefstal in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter
Send us Fan Mail1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Christus het opgestaan - Hy leef! Hy het waarlik opgestaan! Dis die vreugdevolle boodskap van Opstandingsondag. Die dood kon Hom nie gevange hou nie. Nee, Hy het uit die dood opgestaan. Maar wat het daardie triomfantlike waarheid vandag met jou en my te doen?Dis ‘n goeie vraag, want daar is baie mense vir wie Paasfees so ‘n alledaags geword het dat hulle nie meer opgewonde te raak oor die opstanding van Jesus Christus nie – hulle betwyfel selfs of Hy inderdaad opgestaan het.1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. So, wat beteken die begrip: "eersteling"? Dink aan 'n koringoes. Die eerste goue are wat vroeg in die seisoen ryp word, word die eerstelinge genoem. Boere juig, want daardie eerste are gee 'n teken dat die volle oes kom. Dit is 'n waarborg -'n voorsmakie van wat gaan volg.Net soos die eerste koringaar nie die einde is nie, maar die begin, is Jesus se opstanding nie 'n geïsoleerde gebeurtenis nie - dit is die waarborg dat baie sal volg. Net soos die aarde sy oes in ‘n sekere seisoen lewer, sal God almal wat aan Christus behoort, in sy tyd opwek.Dit is vir ons 'n belofte wat van die begin van die skepping deel van God se verlossingsplan was.Die opstanding van Jesus is jou teken dat die dood verslaan is, dat jou oes van ‘n opstandingslewe op pad is. Dit gaan dus nie slegs oor die feit dat Jesus vir jou gesterf nie; maar dat Hy weer vir jou opgestaan het, sodat jy deur geloof in Hom ook die gawe van die ewige lewe sal ontvang. Die mag van die dood is verbreek … vir jou!En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Johann Kotzé, uitvoerende hoof van Agri SA, deel sy mening oor kunsmispryse, met die olieprys wat styg. Volg RSG Geldsake op Twitter
Johann Kotzé, uitvoerende hoof van Agri SA, gesels oor die druk op boere se brandstofvoorrade. Volg RSG Geldsake op Twitter
Tenderonreëlmatighede in die Tshwane Metropolisie is onder die vergrootglas by die Madlanga-kommissie. Die Appèlhof las dat Eskom die inhoud van sy diesel- en steenkoolkontrakte aan Afriforum bekend maak. Dis 'n tweeman-stryd vir die posisie van DA-leier. Boere in die Tuinroete in die Wes-Kaap ontvang broodnodige droogtehulp.
Chris Fourie, senior konsultant by Dairy Management Consulting, gesels oor die aankoms van entstowwe teen bek-en-klouseer in die Wes-Kaap. Volg RSG Geldsake op Twitter
Jolanda Andrag, bedryfshoof van Agri SA, gesels oor die moontlike impak van die Iran-oorlog en stygende oliepryse op Suid-Afrika se landbousektor en die vooruitsigte vir boere. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het 'n landwye 15 persent-subsidieprogram vir knopvelsiekte-entstowwe vir beeste in plek. Die eerste subsidieperiode is van 1 September 2025 tot 31 Maart vanjaar, en die tweede van 1 April vanjaar tot 31 Maart 2027. Boere moet goedgekeurde knopvelsiekte-entstowwe koop en by die raad geregistreer wees as produsent. Kosmos 94.1 Nuus het met Viktor Klazen, die bestuurder van Farm Assured Namibian-vleis by die raad gepraat.
John Steenhuisen, minister van landbou, gesels oor die plan om bek-en-klouseer te bekamp, die maatreëls wat ingestel is, en die kwessie van entstof-aanspreeklikheid. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die lot van Zimbabwiese boere wat in die Mugabe-era aggressief van hul grond verwyder is, kry steeds nie aandag nie. Die woordvoerder van SADC Tribunal Rights Watch en boer Ben Freeth het nou aan president Emmerson Mnangagwa geskryf en hom aangespoor om die oppergesag van die reg te herstel. Freeth het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat selfs na 25 jaar die meerderheid van die ongeveer 4 500 onteiende boere nog steeds geen vergoeding vir hul verliese ontvang het nie, en baie van hulle is nou bejaard en in 'n benarde posisie.
Die lot van Zimbabwiese boere wat in die Mugabe-era aggressief van hul grond verwyder is, kry steeds nie aandag nie. Die woordvoerder van SADC Tribunal Rights Watch en boer Ben Freeth het nou aan president Emmerson Mnangagwa geskryf en hom aangespoor om die oppergesag van die reg te herstel. Freeth het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat selfs na 25 jaar die meerderheid van die ongeveer 4 500 onteiende boere nog steeds geen vergoeding vir hul verliese ontvang het nie, en baie van hulle is nou bejaard en in 'n benarde posisie.
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal in die vierde kwartaal van 2025. Boere in die Vrystaat wag steeds op entstof teen bek-en-klouseer. Die Reserwebank oorweeg dit om die prima uitleenkoers van banke te skrap. Ons praat met die bekroonde lofsanger, Ria Reen van Platfontein in die Noord-Kaap.
Drie in die hof oor die moord op 'n e-taxi-bestuurder in Atteridgeville, Pretoria. Boere in die Oos-Kaap sal entstowwe teen bek-en-klouseer op die swartmark koop indien die regering sy voete sleep met die inentingsverldtog. Ernstige oortredings van die Arbeidswet word in Newcastle in tekstielfabrieke aangeteken.
Boere word aangemoedig om die hitte en reënseisoen steeds te benut om aanplantings te maak. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir akkerbou, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik watter gewasse aangeplant kan word vir oes in Augustus.
Met bek-en-klouseer wat Suid Afrika onder druk het, neem paniek toe oor hoe om diere te behandel. Voorkomende middels word ook ondersoek. Boere in Suid Afrika probeer die gebruik van nano-silwer om die virus te bestry, maar volgens kenners is behandeling meer kompleks. Plaaslike veearts dr. Theuns Laubscher het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê silwer het sy plek in eksterne wondbehandeling, maar is nie die hele antwoord nie.
Alle pogings van die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth om die SAOG-tribunaal weer in werking te stel, is steeds futiel. Die werksaamhede van die tribunaal is in 2010 deur SAOG-leiers opgeskort ná dit ten gunste van Zimbabwiese boere beslis het wie se plase onteien is. Kosmos 94.1 Nuus het met Freeth oor die jongste stand van sake gepraat:
'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
Diefstal van waterpompe op landbougrond is 'n groeiende bron van kommer regoor die land en in die Kunene-streek het diewe gewoeker. NamPol hoofinspekteur Florence Kuzatjike het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die jongste voorval by Plaas Eureka in die Outjo-distrik plaasgevind het, waar 'n sonkragpomp en twee CCTV-kameras gesteel is. Die waarde van die gesteelde items word op 109 000 Namibiese dollar geraam. Kuzatjike het meer.
Die buurland se landbouminister, John Steenhuisen, sê die huidige bek-en-klouseer uitbreking het 'n ernstige uitwerking op boere, veral in KwaZulu-Natal, waar die meeste onopgeloste uitbrekings voorkom. Ten spyte van uitgebreide inentingspogings, belemmer onbeheerde dierebewegings vordering. Die departement verskerp inperking, brei entstofvoorraad uit en werk saam met die bedryf en internasionale vennote. Beyers Smit van die DA sê Steenhuisen belowe voortgesette steun vir boere wat geraak word en versterkte nasionale biosekuriteitspogings:
'n Toename in olifant-aktiwiteite word opgemerk in sekere dele van die land. Boere kla oor hulle infrastruktuur wat beskadig of verwoes word, terwyl hulle nie genoegsame hulp van die owerhede kry nie. Die diere is veral vernietigend as hulle nie water kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam en boer naby Kamanjag gepraat wat 'n oorsig van die probleem gee.
Ons nader vinnig die einde van die jaar, wanneer baie werkers hul jaarlikse verlof neem en ook hul bonusse ontvang. Werknemers is geregtig op ten minste vier weke betaalde vakansieverlof vir elke 12 maande diens, volgens die Arbeidswet. Die betaling van jaarlikse bonusse is 'n algemene praktyk in die meeste arbeidsektore, insluitend landbou, alhoewel dit nie deur die Arbeidswet voorgeskryf word nie. Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof van die Landbouwerkgewersvereniging verduidelik waarom bonusse betaal moet word as dit 'n gereelde instelling is.
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrika se graanprodusente gelukgewens met die lewering van 'n rekord oes tydens een van die uitdagendste ekonomiese tydperke die laaste paar jaar. Die land se algehele graan- en oliesaadproduksie was meer as 23-miljoen ton, wat 30-persent meer is as verlede jaar. Steenhuisen sê die mielie-oes van net meer as 16,3-miljoen ton is beduidend meer as die nasionale behoefte van 12-miljoen ton:
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die bemagtiging van kleinskaalse en voorheen benadeelde boere is die sleutel tot die transformasie van die landbousektor. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die regering se voortgesette grondhervorming en die vrystelling van staatsgrond toon sy verbintenis om opkomende swart boere te help om aan kommersiële landbou deel te neem en die land se boerdery-ekonomie te versterk:
Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, het 'n groeiende gemeenskapsgeleide inisiatief in die streek geprys, waar bejaarde inwoners, en toenemend plaaslike jeug, ongebruikte mahangu-lande in rysproduserende landerye omskep. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Kathindi die uitdagings van droogte, soutwater en 'n gebrek aan toerusting uitgelig, maar beklemtoon dat die projek met die ondersteuning van die landbouministerie en plaaslike pogings belowende resultate toon. Hy het 'n beroep gedoen op dringende belegging in waterinfrastruktuur en -toerusting en sê die streek het die potensiaal om 'n plaaslike voedselsentrum te word.
AfriForum het die aanval op die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria veroordeel, waar dele van twee Boere-krygerstandbeelde en die veiligheidsheining beskadig is. Die voorval volg 'n week nadat die EFF die verwydering van Afrikanermonumente in die parlement versoek het. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie sal strenger sekuriteit en herstelwerk eis en belowe om die Afrikaner-erfenis te verdedig:
In 'n poging om toenemende gemeenskaps- en landboubekommernisse aan te spreek, gaan president Netumbo Nandi-Ndaitwah Gobabis op 1 Oktober besoek. Die besoek kom te midde van toenemende uitdagings waarmee inwoners en boere te kampe het, van watertekorte en weidingsgeskille tot diensleweringsprobleme. Gemeenskapslid Marie Beukes het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Onverklaarbare vrektes van wilde diere wek kommer, met kenners wat waarsku dat miltsiekte moontlik die oorsaak is. Boere word daaraan herinner dat jaarlikse inentings teen hoërisiko-siektes soos miltsiekte, brusellose, hondsdolheid en lam siekte nie net aanbeveel word nie, maar noodsaaklik is. Met stygende hondsdolheid gevalle en toestande wat ryp is vir uitbrekings soos Slenkdalkoors, het dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere waaksaam moet bly.
Die DA in die Wes-Kaap het die aankondiging deur die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom dat die provinsiale regering, Wesgro en sy bedryfsvennote stappe doen om boere onder druk te ondersteun en werksgeleenthede te beskerm. Die DA se Noko Masipa sê dit volg die 30-persent-tarief op Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na die Verenigde State. Hy sê duisende se lewensbestaan in die Wes-Kaap is afhanklik van bestendige en groeiende uitvoermarkte:
Terwyl die regering se groen skemas onder hernude fokus kom, sê die president van die Namibiese Nasionale Boere-unie, Adolf Muremi, dat die ware sleutel tot 'n florerende landbousektor by die privaatsektor lê. Muremi voer aan dat daar nie van die regering verwag moet word om die sektor alleen te dra nie, en waarsku dat dit onvolhoubare afhanklikheid skep. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Kry die nuus soos dit breek.
Die DA in Limpopo sê onwettige sandmynbou langs die Sandrivier benadeel die omgewing, die watergehalte en boere se lewensbestaan. Boere en landelike gemeenskappe ondervind ernstige probleme met besproeiing en toegang tot water. Die party sê dit lyk asof baie bedrywighede die behoorlike openbare deelnameprosesse omseil het. Die DA-lid, Jacques Smalle, belowe om dringende optrede aan te moedig om die rivier en omliggende ekostelsels te beskerm:
Agribank het in 2024 'n verlies van 19 miljoen Namibiese dollar gely, die eerste in vyf jaar, met agterstallige lenings wat tot 34 persent van sy portefeulje van 3,1 miljard dollar gestyg het. Ten spyte van rekord-rente-inkomste en stygende uitbetalings, het kredietverswakkings en koste die prestasie getemper. Agterstallige skuld oorskry steeds 1 miljard dollar, ten spyte van regeringsekwiteitsinspuitings. Agribank-woordvoerder Fillemon Nangonya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar is hulp beskikbaar vir boere wat sukkel.
Boere sal op 27 September by plaas Neu-Otjisororindi naby Gobabis bymekaarkom om herlewingslandbou te vier met 'n spesiale fokus op hoëdigtheid-weiding onder Namibiese toestande. Hoogtepunte sluit in praatjies oor die koste en voordele van hoëdigtheid-weiding, 'n paneelbespreking met Namibiese produsente en 'n veldbesoek wat deelnemers 'n eerstehandse kykie sal gee na weidingstelsels in aksie. Kosmos 94.1 Nuus het 'n gesprek gevoer met Gerry Weber, 'n aanbieder by die Herlewingslandboudag.
Kry die nuus soos dit breek.
Reaksie word ontvang op die nuus dat verskeie ontwikkelinge in die speenkalfmark daartoe kan lei dat boere binnekort moet betaal om speenkalwers te bekom. Volgens Agra se Paul Klein dryf verhoogde slagkapasiteit in Namibië, verwagte hoër slagpryse en Botswana se onttrekking uit die mark dié tendens. Suid-Afrika produseer nie genoeg speenkalwers nie, en Namibië kan die tekort aanvul. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Dr. Kobus Laubscher gepraat.
Koring-aanplantings lyk tot dusver belowend, maar volgens plaaslike produsente wag hulle nog vir kouer toestande, wat noodsaaklik is vir die gewas se ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Rico Bothma, ‘n produsent by die Hardapskema, gepraat.