POPULARITY
Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto's te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Daar is meer op die unie se webtuiste. Kosmos 94.1 Nuus het met ondersoeker Ben Engelbrecht van die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke gepraat. Hy sê hommeltuie is ‘n baie groot probleem.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is daartoe verbind om saam met boere te werk om hul probleme aan te spreek. Hy het ʼn draai gemaak by die Nampo Oesdag in die Vrystaat wat een van die grootste landbou-tentoonstellings is. President Cyril Ramaphosa het dit ook vroeër die week besoek waar hy gesê het Afrikaners wat na Amerika vertrek het, kies die lafhartige uitweg. Mashatile sê die boere wat hy by Nampo ontmoet het, is nie van plan om die land te verlaat nie:
Die goeie reënseisoen bring ‘n groter brandgevaar mee, aangesien daar vanjaar 'n oorvloed brandbare materiaal is. Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om nou al te begin met brandvoorkomingsmaatreëls. Die unie herinner boere daaraan dat elke gebied uniek is en dat nie alle aanbevelings vir elke plaas of streek van toepassing sal wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl van die NLU.
Die GIZ-ondersteunde Agri-PV-projek het onlangs 'n werkswinkel by Unam se Ogongo-kampus aangebied om die dubbele gebruik van grond vir boerdery en sonenergie-opwekking te bevorder. Die projek poog om klimaatsweerbaarheid te versterk met stelsels wat hitte verminder, water bespaar en oeste verbeter. Boere het gevra vir opleiding in die droë seisoen, en meer gewasopsies. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam se woordvoerder, Simon Namesho gesels.
'n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op 'n daling in internasionale oliepryse as gevolg van ooraanbod en handelspanning. Makube sê dit sal boere se winsgewendheid verhoog omdat brandstof byna 13-persent van die insetkoste in graanproduksie uitmaak:
Think staying profitable means you're on the right track? Think again.Too many founders obsess over budgets and burn—but the real risk isn't running out of cash. It's growing too slowly to matter.In this episode, Yaniv Bernstein is joined by Michiel Boere, CFO of Remote and former CFO of Uber Eats, to demystify startup finance for non-financial founders. Drawing from his experience scaling Uber and managing 50+ audits at Remote, Michiel shares the strategic financial mindset every founder must adopt to succeed.In this episode, you will:Learn why “failing profitably” is often worse than burning cash fastUnderstand unit economics the way a CFO at Uber wouldDiscover the difference between forecasting, planning, and budgeting—and when each mattersAvoid the trap of letting budgets drive bad spending decisionsGet a practical framework for building simple, high-impact financial modelsSee why many founders misuse runway and how to forecast it properlyHear why CFOs should embrace risk at the right stage of growthIf you're a founder who wants to build a high-growth, venture-backable business—and avoid the financial blind spots that kill startups—this episode is essential listening.The Pact Honor the Startup Podcast Pact! If you have listened to TSP and gotten value from it, please:Follow, rate, and review us in your listening appSubscribe to the TSP Mailing List to gain access to exclusive newsletter-only content and early access to information on upcoming episodes: https://thestartuppodcast.beehiiv.com/subscribe Secure your official TSP merchandise at https://shop.tsp.show/ Follow us here on YouTube for full-video episodes: https://www.youtube.com/channel/UCNjm1MTdjysRRV07fSf0yGg Give us a public shout-out on LinkedIn or anywhere you have a social media following Key linksThe Startup Podcast is sponsored by Vanta. Vanta helps businesses get and stay compliant by automating up to 90% of the work for the most in-demand compliance frameworks. With over 200 integrations, you can easily monitor and secure the tools your business relies on. For a limited-time offer of US$1,000 off, go to www.vanta.com/tsp.Get your question in for our next Q&A episode: https://forms.gle/NZzgNWVLiFmwvFA2A The Startup Podcast website: https://www.tsp.show/episodes/Learn more about Chris and YanivWork 1:1 with Chris: http://chrissaad.com/advisory/ Follow Chris on Linkedin: https://www.linkedin.com/in/chrissaad/ Follow Yaniv on Linkedin: https://www.linkedin.com/in/ybernstein/Producer: Justin McArthur https://www.linkedin.com/in/justin-mcarthurIntro Voice: Jeremiah Owyang https://web-strategist.com/#StartupFinance #FounderAdvice #RemoteWork #TheStartupPodcast #AIStartup #StartupGrowth #VentureCapital #StartupTips
'n Openbare beroep is op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om Agribank aan te spoor om gedeeltelike rente-afskrywings op agterstallige lenings te oorweeg, as 'n maatreël om die las van die voortdurende droogte en hoë lewenskoste op boere te verlig. Die beroep voer aan dat swartlyste en eiendomsveilings teenproduktief is en die ontberinge wat geraakte boere in die gesig staar, net vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, gesels om sy mening te hoor.
If you've ever felt mentally foggy or struggled with decision-making during or after a long training session, this episode is for you.Dr. Sara Gross and Dr. Erin Ayala sit down with Kat Boere, a Ph.D. candidate in Cognitive Neuroscience at the University of Victoria, whose research explores how the brain recovers from cognitive depletion—especially under the demands of endurance sports.With a background in biomedical engineering and personal experience recovering from brain injury, Kat brings a unique lens to how physical exertion impacts cognitive resilience, decision-making, and mental recovery.Her research shows:The real cognitive toll of fatigue—particularly in high-performance environments How low energy availability affects brain function, especially in female endurance athletes Why fueling and hydration are essential for mental performance, not just physical outputThe cognitive benefits of outdoor exercise over indoor settingsHow mindfulness and decision delegation can reduce mental strain during training and racingSimple, everyday strategies to support brain health and cognitive recoveryWhether you're an athlete, coach, or someone curious about boosting brain performance, this conversation offers research-backed strategies you can use right away.Brain Power Course Pre-Sale Special: Sign Up for The Brain Power Course Pre-Sale and Take Advantage of the Lowest Price We Will Offer: https://www.womensperformance.com/offers/z6Yj3pHG/checkout Sign up to Receive The Feisty 40+ Newsletter:https://www.feistymenopause.com/blog/Feisty-40-plus Sign up to Receive The Feist Newsletter:https://www.womensperformance.com/the-feist Follow us on Instagram:@feisty_womens_performance Feisty Media Website:https://livefeisty.com/ https://www.womensperformance.com/ Support our Partners:Previnex: Get 15% off your first order with the code PERFORMANCE at https://www.previnex.com/
Boere word ook daaraan herinner dat veebrandmerke op 28 April verstryk. Boshoff het meer.
Ernst en Louis bespreek VSA president Donald Trump se lang lys globale tariewe, asook die Zimbabwiese regering wat dollar-effekte uitreik aan boere ter vergoeding vir grondgrype.
Jong boere uit suidelike Afrika vra dat die vasteland se landbou-landskap hervorm word. Dit kom te midde van president Donald Trump se verhoogde tariewe wat kommer wek oor moontlike ontwrigting in markte. Afgevaardigdes by die Boere-indaba in Pretoria beklemtoon die behoefte aan beleidshervorming, toegang tot grond en fondse om voedselsekerheid en ekonomiese groei te verseker. Die Landbou-ontwikkelingsagentskap se uitvoerende hoof, Leona Archary, vra deurslaggewende hervorming in die sektor:
Boere in noordelike streke het vroeër gesukkel met 'n uitbreking van herfskommandowurms, wat mielie- en mahangu-lande vernietig. Na uiters goeie neerslae het die wurms op die vlug geslaan en die situasie in die Oshana-streek is onder beheer, tot die volgende seisoen. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshana-streek verduidelik.
Die Agri Econ-barometer bevat die insigte van 118 landbou-ekonome oor die vooruitsigte van kommersiële landbou vir die volgende 12 maande. Prof. Johan Willemse, ekonoom van Agrikonsult, gesels oor die jongste opname. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die polisie in Gauteng soek na minstens agt verdagtes, wat na bewering betrokke was by die gru-aanranding van klante in 'n nagklub in Pretoria. 'n Verslag oor die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika is onlangs vrygestel. Boere in die Noord-Kaap en Vrystaat sukkel om voort te bestaan midde die voortslepende droogte.
Sestig boere van die Namibiese Landbou Unie gaan van 3 tot 8 Maart vier suksesvolle herlewingsboere in Suid Afrika besoek. Dr. Louis Du Pisanie van die Universiteit van die Vrystaat het die toer gereël vir Namibiese boere om kers op te steek by die boere. Die doel is om te gaan kyk hoe boere hulle weiding kan herstel om grondgesondheid te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, die voormalige president van die Namibiese Landbou Unie, wat meer inligting gee oor die toer.
Namibië se Nopal Carbon Farming-inisiatief is 'n belangrike stap in die rigting van volhoubare landbou en koolstofsekwestrasie, wat die land posisioneer as 'n wêreldleier in koolstofkrediet-generering deur nopal-kaktus, of turksvy-boerdery. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nicole Maske, besturende vennoot van die projek, oor hoe dit tot sosio-ekonomiese ontwikkeling sal bydra.
Boere in noordelike streke sukkel met 'n uitbreking van herfskommandowurms, wat mielie- en mahangu-lande vernietig en hierdie seisoen se oes bedreig. Landbouvoorligtingsbeamptes is bewus van die situasie en sal ingryp op grond van die beskikbaarheid van plaagdoders. Maar daar is erge uitdagings, soos Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshana-streek verduidelik. Hy sê daar is te veel lande wat besmet is.
Boere by die Hardapdam is verlig oor goeie neerslae wat ontvang is en die dam wat tans op 22,1 persent van kapasiteit staan. Dit het vroeër broekskeur gegaan met besproeiing wat op ‘n stadium gestaak is maar teen middel Januarie hervat. Met die onlangse reën het die Visrivier nie teleurgestel nie. Produsent Rico Bothma sê daar is baie om voor dankbaar te wees.
Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by Agbiz, gesels oor 'n moontlike sertifikaat vir die berging van brandstof op plase. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die Direktoraat Veeartsenydienste het 'n uitbreking van knopvelsiekte in verskeie staatsveeartsenydistrikte aangekondig. Drie-en-sewentig gevalle is in die Otjombinde-kiesafdeling in die Epikuro veeartsenydistrik aangemeld. Boere word aangeraai om hul gesonde beeste in te ent en om vektore, of insekte, te beheer. Beeste wat kliniese tekens toon kan behandel word met vitamiene, antibiotika en anti-inflammatoriese middels om sekondêre bakteriële infeksie te beheer, soos voorgeskryf deur staatsveeartse. Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, het meer.
Michiel Boere, the CFO of Remote, joins CJ to talk about building multinational companies and the benefits of ditching traditional budgets for better business outcomes. Michiel introduces listeners to Remote's business model and discusses how it levels the global job market by enabling companies to hire talent from anywhere while absorbing complications regarding payroll, taxes, and legal entity status. The conversation also covers the complexities of managing a multinational company and the challenges of scaling finance operations globally. As a risk-on CFO, he breaks down how he looks at unit economics in order to underwrite certain risks necessary for in growth. He also shares insights from his experience at Uber before explaining how budgets can lead to suboptimal decisions, such as unnecessary spending or missing out on valuable investments.—SPONSORS:Planful is a financial performance management platform designed to streamline financial tasks for businesses. It helps with budgeting, closing the books, and financial reporting, all on a cloud-based platform. By improving the efficiency and accuracy of these processes, Planful allows businesses to make better financial decisions. Find out more at www.planful.com/metrics.Vanta's trust management platform takes the manual work out of your security and compliance process and replaces it with continuous automation. Over 9000 businesses use it to automate compliance needs across over 35 frameworks like SOC 2 and ISO 27001. Centralize security workflows, complete questionnaires up to five times faster, and proactively manage vendor risk. For a limited time, get $1,000 off of Vanta at vanta.com/metrics.RightRev automates the revenue recognition process from end to end, gives you real-time insights, and ensures ASC 606 / IFRS 15 compliance—all while closing books faster. Whether it's multi-element arrangements, subscription renewals, or complex usage-based contracts, RightRev takes care of it all. That means fewer spreadsheets, fewer errors, and more time for your team to focus on growth. For modern revenue recognition simplified, visit rightrev.com and schedule a demo.Brex offers the world's smartest corporate card on a full-stack global platform that is everything CFOs need to manage their finances on an elite level. Plus they offer modern banking and treasury as well as intuitive expenses and accounting automation, bill pay, and travel. Brex makes it easy to control spend before it happens, automate annoying tasks, and optimize your finances. Find out how Brex can help you make every dollar count at brex.com/metrics.—FOLLOW US ON X:@cjgustafson222 (CJ)—TIMESTAMPS:(00:00) Preview and Intro(02:32) Sponsor – Planful | Vanta(04:43) How Remote Levels the Playing Field(08:02) The Marketplace-Like Element of Remote(09:52) Increasing Optionality Versus Decreasing Costs(13:11) How Remote Built a Multinational Company in Five Years(14:58) Sponsor – RightRev | Brex(17:48) The Complexity of Building a Multinational Company(20:53) Scaling Finance Globally with a Distributed Team(21:51) Remote's Revenue Lines(23:06) Managing FX in Multiple Countries(26:06) Embracing Investment and Risks(29:37) The Biggest Challenge Michiel Tackled at Uber(32:50) Lessons Michiel Learned About Complexity from Uber(37:42) Why Your Budget May Be Counterproductive(40:56) How to Get Your Board to Change Their Thinking About Budgeting(44:04) Setting Ambitious Goals for Revenue Generators Without a Budget(45:06) Changing Your North Star Metric as Your Company Grows(46:21) Non-Standard Metrics That Michiel Looks At(47:31) Long-Ass Lightning Round: HR Mistakes(49:55) Michiel's Biggest Career Risk(56:21) Finance Software Stack(57:40) The Wall Street Journal Test and the Blush Test for Expenses Get full access to Mostly metrics at www.mostlymetrics.com/subscribe
Onlangse reënval in Namibië se noordelike streke het watertekorte vir vee verlig en sommige boere kon saaiboerdery hervat. Die situasie in die Omusati-streek is egter steeds uitdagend. Goewerneur Erginus Endjala het kommer uitgespreek oor die swak reënval in die streek tot dusver. Hy sê dat veeboere gedwing word om hul diere na gebiede met water te skuif, wat baie duur is. Kosmos 94.1 Nuus het met Endjala gepraat, wat sy bekommernisse deel.
Besproeiing by die Hardap groenskema sal teen einde volgende week hervat word, na die belangrike dam goed water gevat het en van 5,5 persent vol na 16,5 persent geklim het. Produsente het op 'n vergadering ooreengekom op 'n 20 persent waterbesparing, wat beteken dat hulle 80 persent van hul normale watergebruik sal ontvang. Die voorstel is aan NamWater voorgelê en die water sal weer begin vloei sodra die papierwerk en voorbereiding van die stelsel afgehandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met een van die produsente, Rico Bothma, wat sê hulle is baie bly.
Veeboere is uiters positief na die onlangse reën, wat die hoop op verbeterde weiding en beter veegewig laat opvlam het. Boere word egter aangeraai om versigtig te wees aangesien vars groen weivelde laag in vesel en hoog in vog is, wat die risiko dat vee opblaas vergroot. Dit kan dodelik wees indien dit nie behandel word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Peens, 'n tegniese adviseur by Feedmaster Namibia, wat raad gee.
Die broodnodig reën is natuurlik wyd verwelkom, maar boere is reeds gewaarsku dat hulle patrollies moet uitvoer om hul kuddes te beskerm. Dit is omdat vee verder van opstalle sal wees by plekke waar water opgedam het, wat hulle maklike prooi maak vir veediewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi 'n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging gepraat, wat die waarskuwing herhaal. Swartbooi is aan die woord.
Gesprekke oor mens-wild konflikte bly dringend, veral met Namibië se toenemende droë toestande. Boere met beesposte naby Etosha Nasionale Park voer aan dat die nuut voorgestelde vergoedingsbetalings onvoldoende is om die finansiële en emosionele tol van hierdie konflikte aan te spreek. Alleenlik kommunale boere word vergoed vir verliese, kommersiële boere ontvang geen vergoeding nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gesels wat sê daar is wel stappe wat boere kan neem om die probleme te help versag.
'n Diepgaande Gesprek met Sersant-Majoor SW Fourie "Kom ons begin met 'n glasie whiskey," sê Sersant-Majoor SW Fourie, 'n veteraan van Suidwes-Afrika (nou Namibië). Sy bynaam "SW" het 'n interessante oorsprong - dit kom van sy voorletters én sy Windhoekse herkoms. "In Durban by die basis het Riem de Jager opgemerk dat Windhoek se registrasie SW was, en so het ek SW geword - 'n naam wat nou al 40 jaar lank bly steek." Fourie praat met trots oor sy tuisland: "Namibië is 'n veilige land, omtrent so groot soos Suid-Afrika, maar met net 2.5 miljoen mense. Ons skiet nog die misdadigers daar - onlangs was daar 'n bankroof in Windhoek waar vier van die vyf rowers doodgeskiet is. Die vyfde een... wel, daaroor bly ek liewer stil." DIE ONTSTAAN VAN DIE SPESIALE MAGTE Die verhaal begin in die middel-sewentigerjare. "Die wêreldmagte het besef hulle is blind vir wat op die slagveld gebeur," verduidelik Fourie. "Dit het gelei tot die vorming van ons spesiale magte - die sogenaamde '30 Dirty Dozen'." Die eenheid het aanvanklik nou saamgewerk met die Rhodesiërs. "Ons het baie by hulle geleer - hulle was al diep in die oorlog toe ons begin het. Hulle het die RLI (Rhodesian Light Infantry) gehad vir vuurmagoperasies, en natuurlik die bekende Selous Scouts." Met 'n laggie voeg hy by: "In Rhodesië het ons Boere-aksent ons altyd weggegee - ons kon nie behoorlik Engels praat nie!" SAMEWERKING MET DIE ISRAELI'S In 1978 het die Israeli's na Fort Doppies gekom. "Kokie de Toi, Wyna de Toi se broer, was ons kursusleier. Hy het gesê, 'Daardie klomp Jode wat daar staan kom kyk hoe ons dit doen.'" Fourie vertel hoe hulle hul normale roetine gedemonstreer het - 'n sewe- of agtman-span wat kontak maak, hardloop, tussen mekaar skiet, en vuur-en-beweging uitvoer. "Een van daardie generaals het na my rugsak geloop en probeer dit optel - die rugsak het hom amper omgetrek! Hulle het vir Kokie gesê as hulle manne dit in die woestyn moes doen, sou hulle mekaar doodskiet." DIE VIER PILARE VAN SPESIALE MAGTE Fourie verduidelik dat die spesiale magte in vier hoofrigtings ontwikkel het: Bosoorlogvoering: Die kern van hul operasies See-operasies: Die sogenaamde "one-night stands" waar hulle depots, spoorlyne en brûe moes opblaas Lugoperasies: 90% van hul ontplooiings was nagspronge Stedelike oorlogvoering: Later ontwikkel vir operasies in buitelandse stede "1 Recce het letterlik alles gedoen," sê hy. "Ons het stedelike, bos-, lug- en see-operasies uitgevoer. 4 Recce het later bygekom as ons aanvalsduikers en padverkenners - hulle het ons in vyandelike gebied afgelaai en weer kom haal." PLOFSTOF-SPESIALIS Een van Fourie se spesialiteite was plofstof-hantering. "Dit was die tweede hoogste betaalde pos in die weermag, net na vegvlieëniers." Hy vertel van sy tyd as student-plofstofontlonter by Techs: "Ek het 'n van gehad, presies soos die een wat ons in die weermag gebruik het, met al die toerusting om bomme te ontlont. As my soeker afgegaan het tydens 'n lesing, het ek net verdwyn - die dosente het nooit regtig geweet waarmee ek besig was nie." UNITA EN GESPESIALISEERDE OPLEIDING 'n Groot deel van hul werk was die opleiding van UNITA-magte. "UNITA was ons buffer teen SWAPO," verduidelik hy. "Ons verste operasie was 650km in Angola in, waar ons spoorlyne moes ontwrig om die vyand se bewegings na Cuito Cuanavale te stuit." Fourie vertel van die uitdagings in hul opleiding: "UNITA en RENAMO het dieselfde gewoonte gehad - sodra hulle kontak maak, skree hulle 'Outomaties!' en maak 'n magasyn in sekondes leeg. Dit het ons lank geneem om hulle te leer dat dit ondoeltreffend is. Ons het hulle geleer om liewer 'double tap' te gebruik - twee skote op 'n slag, akkuraat gemik." EVALUERING VAN DIE VERSKILLENDE MAGTE Met jare se ervaring gee Fourie sy eerlike evaluering: "Van al die magte waarteen ons geveg het, was SWAPO die beste. Hulle het in Rusland opleiding gekry, maar hul beste ervaring het gekom van gevegte teen die Boere - ons het akkuraat geskiet en goeie taktiek gehad. Die ANC was aan die onderpunt - swak opgelei. Net bokant hulle was die Kubane - ook baie swak." DIE KUBAANSE KWESSIE "Op die hoogtepunt van die oorlog was daar tussen 20,000 en 30,000 Kubane in Angola," vertel Fourie. Hy deel 'n merkwaardige moment uit die vredesonderhandelinge: "Tydens 'n gesprek met Pik Botha het 'n Kubaanse generaal gedreig dat hulle nog 10,000 man sou stuur. Pik se antwoord was treffend: 'Ons sal net nog 'n duisend Suid-Afrikaners stuur - julle het tot nou toe net teen 2,000 van ons geveg.'" CUITO CUANAVALE EN UNITA SE OPOFFERING By Cuito Cuanavale het UNITA 'n kritieke rol gespeel. "Tussen ons gepantserde voertuie - die Olifant-tenks, Casspirs, Ratel 90's en Buffels - moes daar infanterie wees om die voertuie te beskerm teen RPG7-aanvalle. UNITA het daardie rol vervul. In daardie drie veldslae het meer as 2,000 UNITA-soldate gesterf."
Dit lyk of daar in die volgende vyf dae reën kan uitsak, ook in die uiters droë Suide, volgens weervoorspellers. Niks is egter seker nie, met die weerstelsels wat vinnig verander. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Louisa Campbell, 'n boer en Swakara-produsent van die plaas Lovedale in die Karas-streek, oor die situasie ter plaatse.
Na aanleiding van die goeie reën onlangs in die noordelike streke, word bestaansboere versoek om hul grond voor te berei vir ploeg, met die vooruitsig op 'n goeie oes hierdie seisoen. Boere moet ook genoeg saad beveilig en vir staatsgesubsidieerde trekkers registreer, wat hulle in staat stel om hul lande teen laer koste te ploeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Bonifatius Wakudumo, die goewerneur van Kavango-Oos, gesels wat sê die boere is besig om voor te berei maar hulle het nog nie reën gehad nie.
In 'n poging om Namibiërs te ondersteun om kwaliteit landbouprodukte te lewer, veral in die huidige droogte, het Agribank 'n gratis aanlyn opleidingsprogram begin vir boere en belangstellendes om te gebruik wanneer hulle dit pas. Die opleidingsessies, beskikbaar op Agribank se YouTube-kanaal, dek verskeie landbou-onderwerpe om boere te help om hul vaardighede en kennis te verbeter. Fillemon Nangonya, Agribank se skakelbeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en meer inligting gegee.
Die landbouministerie, in vennootskap met belanghebbendes in die landbou-voedselsektor, het sy eerste Nasionale Landbou-beleggingsplan, ook bekend as die Strategie vir die Transformasie van die Landbousektor, of STAS, bekendgestel. Die Afrika-unie se omvattende Afrika-landbou-ontwikkelingsprogram kompak, CAADP, is ook onderteken. Die kompak is Afrika se beleidsraamwerk vir landboutransformasie, welvaartskepping, voedsel- en voedingsekerheid, en ekonomiese groei. Adolf Muremi, die voorsitter van die Namibian National Farmers Union, het by die geleentheid die stryd wat boere in die gesig staar, uiteengesit.
Die Namibiese weerkantoor het die week gesê die reënseisoen kom aan en dat bogemiddelde reënval vir die sentrale en noordelike dele van die land vandeesmaand voorspel word. Boere in die Suide sal ondergemiddelde reënval ontvang. Boere in die noordwestelike dele, soos rondom Kamanjab het groot uitdagings op die oomblik maar, soos oud NLU-president en Kamanjab-boer Piet Gouws sê, bly hulle positief en hoopvol.
Banke moet ingevolge 'n nuwe bepaling van die Bank van Namibië ondersteuning bied aan droogte-geaffekteerde boere, insluitend die herstrukturering van lenings en noodfinansiering onder voorkeurvoorwaardes. Dit is om die landbousektor wat in nood is weens die droogte, te help stabiliseer. Reaksie is ontvang van Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die Namibiese Landbou Unie, wat 'n beroep op boere doen om hul banke te nader vir hulp.
Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, Hanks Saisai, het onlangs in 'n artikel redes vir sy sukses in die pluimvee-bedryf gedeel. Om optimale gesondheid te verseker, moet elke hoender daagliks gemiddeld 130 gram voer gevoer word. Boere kan kombuisafval en tuinreste as 'n aanvullende voedselbron gebruik. Kommersiële pluimveemengsel of graanmengsel word aanbeveel om die nodige koolhidrate en proteïene te verskaf. Wateroplosbare aanvullings soos Opti-Boost of Avi boost kan bygevoeg word vir noodsaaklike vitamiene en minerale. Kosmos 94.1 Nuus het met Saisai gesels, wat meer wenke gee.
Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz) gesels oor die invloed van die sukkelende Kaapstadse-hawe op appel- en peerprodusente in die Wes-Kaap. Volg RSG Geldsake op Twitter
Namibië het begin om piesangs regoor die land te plant met die doel om die land se afhanklikheid van ingevoerde piesangs te verminder. Meer as 30 miljoen Namibiese dollar se piesangs word jaarliks ingevoer. Vroeë proewe is reeds op 'n aantal plekke voltooi. Boere kry die regte piesang-saailingkultivars van AvaGro, 'n piesangweefselkultuurfasiliteit in plaaslike besit, in samewerking met die Namibië Akkerbouraad. Boere word versoek om in hierdie program te belê aangesien AvaGro reeds geskikte piesangsaailinge gekweek het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Emilie Abraham, die Akkerbouraad se tuinboubestuurder, wat uitlig wat die proewe insluit.
Reaksie word ontvang op die Zimbabwiese regering wat vandeesmaand 'n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere sal betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van 'n reeks maatreëls om die land se eens florerende boerderysektor te herstel. Die voormalige president van die land se kommersiële boere-unie Deon Theron sê dit sal niks verander nie.
Die Namibiese Landbou-unie hou vandag sy jaarkongres in Windhoek. Belangrike landboukwessies word bespreek en die nuwe leierskap vn die unie en die Lewendehawe Produsente-organisasie sal voor die einde van die dag gekies word. Thinus Pretorius, die president van die NLU het die lede toegespreek. Hy sê hy is trots op die boeregemeenskap.
Die landbouministerie se Lewendehawe-ondersteuningsprogram het ten doel om die prestasie van die lewendehawewaardeketting in die noordelike kommunale gebiede te verbeter. Dit het vyf vragmotors aangeskaf om te help met die vervoer van boere se vee na abattoirs, met voorbereidings vir die oorhandiging reeds aan die gang. Messag Mulunga, die program se impakadministrateur, gee meer inligting.
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die proses begin om te verseker dat beesvleisuitvoerende abattoirs en boere voldoen aan die streng nuwe EU-standaarde rakende ontbossing. Die nuwe wette sal op 1 Januarie 2025 in werking tree en sal almal wat goedere na die Europese mark wil uitvoer dwing om bewys te lewer dat die produkte nie van ontboste grond afkomstig is of daartoe bygedra het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dr. Anja Boshoff van die raad, wat sê hulle het 'n deklarasie geskep.
Die voorsitter van die Namibiese Akkerbouraad, Hubertus Hamm, het gevra vir 'n hersiening van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie-ooreenkoms om handelsuitdagings aan te spreek. Hy het die behoefte aan hervormings beklemtoon om gebalanseerde handel en billike ontwikkeling tussen lidlande te verseker. Hamm het beklemtoon dat Namibië kollektiewe groei ondersteun en het Suid-Afrika gekritiseer omdat hulle nie ten volle by die ooreenkoms hou nie. Reaksie is ontvang van Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie, wat sê die hele stelsel moet reggeruk word.
Volgens die tweede kwartaal agri-oorsig van die Nasionale Landbou-unie het agri-inflasie in die tweede kwartaal met 6,75 persent gestyg, veel hoër as die 0,66 persent styging in dieselfde kwartaal verlede jaar. Hierdie verandering is aangedryf deur verskeie sleutelverhogings. Elektrisiteitspryse het in die tweede kwartaal met 11 persent gestyg, na die 2 persent verhoging in die tweede kwartaal verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Leigh-Anne Nehoya, die NLU se landbou-ekonoom, wat meer inligting gee.
Die plafonprys van varkvleis het plaaslik sedert Februarie stabiel gebly, volgens die Namibië Landbou-unie se maandelikse veepryse. Boere in Suid-Afrika ervaar egter iets heeltemal anders. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gideon Goosen, die voorsitter van die Varkvleisprodusentevereniging van Namibië, wat die verskil tussen die twee lande uiteensit.
Die Namibiese polisie in die Kunene-streek het 'n vergadering met boereverenigings en plaaslike boere by die Outjo-gemeenskapsaal gehou om veediefstal, stropery en ander misdade wat die Kunene-, Outjo- en Otjozondjupa-streke raak, aan te spreek. Volgens sommige boere was die vergadering produktief, met besprekings wat gefokus het op die uitdagings wat beide partye in die gesig staar en potensiële oplossings. James Nderura, die Kunene-streekpolisiebevelvoerder , het die uitkomste en die pad vorentoe in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Suider-Afirkaanse Agri-inisiatief, SAAI het nóg 'n vee-slagting deur zama-zama's in die Vrystaat se Goudvelde veroordeel. Vee wat aan 'n boer van Ventersburg en Virginia behoort het, is gesteel en gister deur onwettige mynwerkers geslag. Die uitvoerende hoof van SAAI, Francois Rossouw, sê die polisie moet hulle pogings verskerp om van Zama Zama's in gemeenskappe ontslae te raak:
Die Namibiese polisie sal môre met boere in die Kunene-streek vergader. Die vergadering wat om 11-uur by die Outjo-gemeenskapsaal op die dorp plaasvind, sal misdaad onder die loep neem. Die streek se bevelvoerder kommissaris James Nderura het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Namibië worstel met 'n erge droogte wat 'n verwoestende impak op sy mense, vee en ekosisteme het. Dringende maatreëls is nodig om die krisis aan te spreek en langtermynstrategieë vir volhoubare waterbestuur en klimaatveerkragtigheid te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukundige Dagmar Honsbein gesels, wat raad aan boere gee oor hoe hulle een van die ergste droogtes wat nog in die land aangeteken is, kan oorleef.
NamWater het 'n pomp by die Olushandjadam se suid-wal pompstasie geaktiveer, wat water in die Etaka-Uuvudhiya kanaal vrystel om die kritieke watertekort aan te spreek. Hierdie inisiatief is daarop gemik om watertoegang vir gemeenskappe in die Omusati- en Oshana-streke te verseker. Die 130-kilometer kanaal is onlangs gerehabiliteer en is 'n noodsaaklike hulpbron wat natuurlike panne sal help vul. Dit sal water nader aan vee bring, veral in Uuvudhiya met Opanona-meer, 'n belangrike noordelike spilpunt waar duisende beeste wei. 'n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en deel sy bekommernis.
Die gepoogde diefstal van 14 stoetbeeste Vrydagnag by plaas Omantumba in die Hochfeld-distrik by Okahandja, laat gemoedere hoog loop. Dit blyk of boere en sekuriteitsdienste nou moeg is vir veediefstalle wat net toeneem. In hierdie geval is al die beeste, ter waarde van 426 000 Namibiese dollar, teruggevind. Die verdagtes is agtervolg tot by die regering se hervestigingsplaas Boomlager naby Omitara in Omaheke. Net een 45-jarige man is in hegtenis geneem en twee ander het gevlug. Daar is ook beslag gelê op die vragmotor en sedan wat gebruik is. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het meer.
Suid-Afrika se tekort aan wit mielies, aangedryf deur 'n afname van 19 persent in die nasionale mielie-oes as gevolg van die droogte, sal na verwagting lei tot prysstygings, wat Namibië sal beïnvloed. Namibië se droogtegeteisterde nasionale oes sal na verwagting net sowat 20 persent van plaaslike behoeftes dek, met die oorblywende 80 persent wat uit Suid-Afrika ingevoer moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie, gesels. Hy sê SAOG-ministers moet beter planne maak.