Preke en ander klankopnames van die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
https://www.youtube.com/live/Dr_W8_9D5-8?si=zqIIsWuSQetj18xl
https://www.youtube.com/live/UkJr19nHjG8?si=cJM35zpyCNz76TdL
https://youtube.com/live/GrZ75XeDkBc
Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus. Nou is Hy dood, die hoop dat Hy Israel sou verlos van die Romeinse juk is verydel. Om alles te kroon het die berig dat sy liggaam verdwyn het, hulle nog meer ontstel. Sy liggaam is weg, die graf was oop en dan nog die berig dat daar sprake is dat Hy lewe. Maar dan is Jesus werklik ‘n mede-wandelaar. Jesus vra in vers 17: “Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer?” Hulle antwoord in vers 18: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?” Jesus vra in vers 19: “Watter dinge?” Dan kom die antwoord in vers 19 en 20: “Dit wat gebeur het met Jesus van Nasaret, ‘n profeet, magtig in woord en daad in die oë van God en die hele volk; en hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word en Hom laat kruisig het.” Hierop gebruik Jesus hierdie saak as inleiding tot ‘n magtige en kragtige preek. Ons lees in vers 27: “Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê” Die prediking fokus op menige profesieë uit die Ou Testament oor die koms van Christus. Ons kan nie werklik die Nuwe Testament verstaan as ons nie die Ou Testament ken nie. Eers dan besef ons die bede : Here bly by ons, by u kerk, nou en tot met die wederkoms. https://youtube.com/live/EY98GAeR_r4
Stel u die volgende voor: Daar beweeg ‘n stoet van Jerusalem na Golgota op die weg wat vandag die Via Dolorosa genoem word. In hulle midde, redelik op die voorpunt is ‘n man, rooi bebloed van mishandeling. Sy rug getuig van die geseling, aan flarde geslaan (Markus 15:15), ‘n ontsaglike wrede straf. Al hierdie dinge, die heen en weer stuur van een regter na die ander deur die hele nag, die bespotting, die doringkroon, die vuishoue in die gesig en veral die geseling in die paleis van Pilatus het hierdie man se kragte uitgeput, so uitgeput dat dit voorkom asof die pad na Golgota met die kruishout op sy skouer vir Hom te veel geword het. Die Romeinse soldaat sien dit, daarom kommandeer (dwing) hulle ‘n man, Simon van Cirene, om die kruis te dra. ‘n Stukkie aangrypende geskiedenis as ons daar sou ophou. Maar die vraag is: Wat openbaar die Here vir ons in die gedeelte? Wat wil Hy vir ons vandag sȇ? Is daar ‘n boodskap dat daar ‘n oomblik was toe Jesus sy kruis nie verder kon dra nie en ‘n buitestander gedwing moes word om die kruis van Jesus na Golgota te dra? https://youtube.com/live/WiukpljsQfo
Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie? Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens! Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid sal hê wat betref jou denke, nadenke, emosies, wilsbesluite, voor en afkeure ens... Soos die Bybel dan ook elders tereg sê: want uit die hart...'is die oorsprong van die lewe' (Spr 4:23). Meer nog: Hierdie ware hartsgesindheid en verandering gebeur slegs deur die innerlike en blywende werking van die Gees van God. En hierdie werking en dit wat die Gees jou bring lyk so totaal anders as wat die wereld jou ooit kan bied. Daarom druk Paulus dit hulle (mense van Efese) baie sterk op die HART. Hy gebruik selfs 'n skerp en amper kras voorbeeld dat hulle al die baie Godde-lose gebruike en afgode van Efese moet verwerp... en dat hulle sal 'toelaat' dat die Gees van God in hulle harte werk en hulle blywend sal verander...! Want: so 'n Geesvervulde en blye hart sal dan 'n wonderlike lied en melodie van lof en dankbaarheid sing wat soms selfs onhoorbaar vir ander mense sal wees ...! https://youtube.com/live/7NOp_BHiunQ
Jakob kom met hierdie pyngedagte : Alles is teen my. En hy sê dit nie ligtelik nie. In sy lewe het baie dinge gebeur wat tot hierdie uitspraak gelei het. Wat Jakob in sy lewe eerste stel, word laaste deur God geplaas en andersom. Wat vir Jakob die dierbaarste in sy lewe is, word die verste van hom weggeskeur. Is alles teen ons? Dit bring ons by die uitspraak van Paulus in Romeine 8. Die apostel Paulus leer ons dat niks teen ons is nie, maar alles ten goede meewerk. In groot kontras met Jakob stel Paulus dat alles, nie net voorspoed en vreugde nie, maar alles ten goede meewerk. Nie net die geboorte nie, maar ook die sterwe, ook die oop graf, ook die gebroke lewensideaal wat aan skerwe aan jou voete lê. Is die apostel Paulus nie werklikheidsvreemd nie. Ken hy swaar. Beslis, hy ken vervolging, tronkstraf, geseling, marteling, bespotting, veragting, maar desondanks stel Paulus dat alles ten goede meewerk. Dit gebeur dat ons in tye van hartseer en swaar soos Jakob kan voel alles is teen ons, daar is waaroms in die lewe, waarom so, waarom het dit gebeur. Hierdie waaroms kan egter nie opweeg teen die grootste waarom van alle eeue nie. Dit is die waarom aan die kruis, ‘n waarom wat al ons waaroms omvat. : “My God, my God, waarom het U my verlaat.” https://youtube.com/live/44n1dwPZ6lw
Met nagmaal is daar drie belangrike sake, naamlik tekens, woorde en handelinge. Tekens : Brood en wyn Woorde: Dit is my liggaam, dit is my bloed. Handelinge : Die brood word geëet en die beker word gedrink. Die beker met die nagmaalviering het ‘n besondere BETEKENIS. In die Woord van die HERE kry ons ‘n beker van oordeel en ‘n beker van genade. In die prediking let ons op die oordeelsbeker, daarna op die genadebeker en dan die geheim van die verwisseling van die toornbeker na die genadebeker. https://youtube.com/live/AvOrPiCUTGM
Waarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag. Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.” Daarom is die “waarom vraag” van Israel so groot stuk ondankbaarheid. Dit is geen wonder dat die HERE in felheid teen die ondankbaarheid van Israel reageer nie. Hy stuur giftige slange wat die volk pik en baie Israeliete sterf. Dan besef die volk hulle sonde en bely dat hulle teen die HERE gesondig het. Die slang moes dus wys op God se genade en liefde. So alleen kon die slang heenwys na die komende Christus. Wanneer Christus kom, verbind Hy die verlossende genade van die HERE aan dit wat destyds gebeur het in die woestyn. Hy sȇ in Johannes 3:14 “Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hȇ.” Met ons voorbereiding tot nagmaal moet ons weer God se liefde en genade raaksien. Nagmaal moet in besonder ons wys op die ontsaglike redding uit die dood van sonde wat ons alleen verkry deur die volkome versoening van Christus. En die enigste uitkoms is dat ons sal opkyk na die verhoogde Christus, sal opkyk na die kruis in berou en die besef dat ons redding alleen van die verhoogde Here af kom. https://youtube.com/live/-HQvLZB9X3w
Ek en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het. Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat permanent na my gaan omsien... Vraag is: Hoe ervaar ek Hom as Vader in my lewe? Dat hy oor my buig? En na my omsien? Dat Hy die eerste naam op my lippe moet wees as ek alleen is of in nood verkeer... Herken en erken ek Hom as dié Vader van my lewe? Onthou: Hy het as Vader opgetree en ons (weeskinders) Syne gemaak toe Hy sy Seun Jesus na hierdie wereld gestuur het... Hy Jesus, Vader-verlate aan die kruis gesterf sodat ons as sy kinders nooit weer stom en alleen hoef te voel nie... Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorde sal wees...! https://youtube.com/live/nR_mZDfNoDc
Die dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms. Verlede : Sy lewe wat verby is. Hede : Die dood wat naby is. Toekoms : Sy lewe in die hiernamaals. VERLEDE : SY LEWE WAT VERBY IS. In vers 7 vat Paulus sy lewe saam in drie kort sinne : Ek het die goeie wedloop afgelê (1983) - Ek het die goeie stryd gestry (2020) Ek het die wenstreep bereik (1983) - Ek het die wedloop voltooi (2020) Ek het gelowig end-uit volgehou (1983) – Ek het die geloof behou (2020) DIE HEDE : DIE DOOD WAT NABY IS: Hoe moet ‘n gelowige sy dood sien? Paulus gebruik in vers 6 twee pragtige beelde om sy eie dood te beskryf: “Want ek word reeds as drankoffer uitgegiet” en “Die tyd van my dood is naby” TOEKOMS Paulus skryf in vers 8 met blydskap oor die lewe anderkant die graf. Daar staan: “Nou wag die oorwinningskrans van geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee- “ https://youtube.com/live/rsWJkgwRauY
Besef ons werklik die wonderlike voorreg om aan die begin van die erediens die seën van die HERE te ontvang en teen die einde van die erediens na ons huise te gaan nadat ons sy seën ontvang het? In Lukas 1 word aan ons die gebeure met Sagaria meegedeel. ʼn Priester wat deur die lot aangewys is, gaan om te offer en hy moet seën. Dit is ʼn besondere geleentheid vir die priester. Hier in die bedehuis is ʼn erediens aan die gang. Maar dan gebeur daar iets in die tempel wat niemand verwag het nie. Om dit goed te verstaan moet ons die saak in konteks sien: Maleagi, die laasste boek van die Ou Testament, is 400 jaar voor die geboorte van Christus geskryf. Daar is vir 400 jaar stilte uit die hemel. En dan word die stilte verbreek! Let op drie sake van wesentlike belang vir die korrekte verstaan: Waar begin God praat? Wanneer begin God praat? Met wie begin God praat? In die prediking gaan ons fokus op die betekenis van die koms van Christus vir ons erediens en die groot troos wat ons het om met elke erediens met die seën van ons Here na ons huise te gaan. https://youtube.com/live/ZouMn8jRvVQ
Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. Dit is nie die eerste keer dat Jesus Hom openbaar as die water van die lewe nie, alreeds in sy gesprek met die Samaritaanse vrou daar by die put van Jakob het Jesus Hom geopenbaar as die ewige water, as jy Hom drink, sal jy nooit dors kry nie. Wanneer ons elke dag leef en drink, naby God leef, gebeur daar iets. Die Heilige Gees woon in jou. Die Gees is uitgestort en soos die water uit die kan na alle kante oor die brandofferaltaar gestort het, so het God sy Gees uitgestort in die harte van gelowiges. Die Heilige Gees is God se lewende water! Kyk rondom ons rond, ons leef in ‘n wȇreld wat dors is, ons leef in ‘n wȇreld waarin korrupsie, bedrog, moord en doodslag heers. Ons leef in ‘n wȇreld wat dors na geregtigheid (een van die saligsprekinge), ons het die antwoord vir die dors van mense wat ongeregtigheid belewe – ons antwoord is – Drink by die fontein van verlossing, drink by Jesus Christus, Hy is die enigste antwoord in die korrupte en sondige lewe. Wees ‘n fontein vir jou medemens – jy kan want die Heilige Gees rus jou toe. Is u ‘n fontein wat die lente in u mendemens se hart laat ontluik? https://youtube.com/live/2cOiasuAW_c
(1) Die Here gee gedenktekens sodat ons Sy werke sal onthou en (2) sodat ons aan die opkomende geslagte kan getuig! https://youtube.com/live/yFMXehK23CQ
https://youtu.be/4DSVGmzwmjI
(1) Hedonisme is eie aan aardse wysheid en dit bring konflik in die kerk en (2) dit tas die gebedslewe radikaal negatief aan https://youtu.be/Yo4cwEKU9Ak
(1) Die Here Jesus Christus het Hom gewillig vir ons oorgegee (2) en Hy is die rede waarom ons gewillig-dankbaar die Here se hulp kan verwag https://youtube.com/live/XtRmg_BNzwM
(1) Die oorsprong en effek van die aardse wysheid en (2) die oorsprong en effek van die hemelse wysheid. https://youtu.be/gwIrtI-lCd0
(1) Vreemdelinge onder die mense, (2) Bywoners op aarde, (3) Vreemdelinge en bywoners by die Here https://youtu.be/Mws0gifPOvM
(1) Wysheid moet getoets word aan die hand van (2) gedragspatrone en (3) gesindheid. https://youtu.be/EUp4RAnyrVk
(1)Wat is die standaard waarvolgens God mense oordeel en (2)kan enigiemand van Sy oordeel verontskuldig word? (3)Wat dan van die arme man daar ver in die Amasone wat nog nooit van Jesus gehoor het nie? https://youtube.com/live/eacOqByn2c4
(1) Struikelende tonge (2) verwoestende tonge (3) getemde tonge. https://youtube.com/live/timUCGlyfh4
(1) Ons dank die Here vir sy prestasies in ons: (2) Sy verryking,(3) die vrug van bekering, (3) die verwagting van die wederkoms, (4) ons blaamloosheid in, en (5) verbondeid met Christus https://youtube.com/live/-E-8EvhMsNY
(1) Die sondesiekte het 'n allesomvattende effek op ons, (2) maar daar is ook vir ons totale genesing wanneer die Here ons onthou https://youtube.com/live/dmR6H-DxMEs
(1) Het jy net kennis van God, of (2) glo jy die daadwerklik? https://youtube.com/live/yEvf094ZVT0
https://youtube.com/live/XRFxk07tSY8
(1) Daar is geen krag in die vlees en wêreldse wyshede nie, (2) maar daar is krag in ons prediking wanneer ons buig voor die gesag van die Skrif en die Evangelie proklameer! https://youtube.com/live/nwmBq85rPHU
(1) Waarom is daar so baie verskillende godsdienste en (2) is alle godsdienste dieselfde? https://youtube.com/live/Mde1DysZiXA
(1) Ons stryd, (2) ons behoud en (3) ons beloning https://youtube.com/live/sjL7xKtDvcI
(1) In 'n immer-onversadigbare wêreld, (2) is die Here ons "Genoeg!" https://youtube.com/live/gRjBm1uc6MY
(1) Christus is die enigste weg na die die waarheid en die lewe (2) daarom moet ons in Hom glo (3) en voortgaan met die verkondiging van die evangelie https://youtube.com/live/D_OfcXE_fBY
(1) Daar is geen ontferming in die beoordeling van die uiterlike nie, (2) maar die Here se wet beveel ontferming en (3) ontferming sal triomfeer oor die oordeel https://youtube.com/live/pIJR6oq5BAA
(1) Christus het die eis wat die duiwel op ons lewens het betaal (2) en so is ons bevry van die vrees vir die oordeel wat ons dood ingehou het https://youtube.com/live/gzGyiW_swzc
Hoe dit lyk wanneer ons (1) nie in die Here se lig lewe nie en (2) wél in die Here se lig lewe https://youtube.com/live/koQsPMZ637s
(1) Gelowiges moet, soos God, (2) nie onderskeid tussen mense tref op grond van die uiterlike nie, (3) want dit maak van ons regters wat nie die heerlikheid van Christus in die oog hou nie. https://youtube.com/live/yAoT0k26vaM