Place in Drenthe, Netherlands
POPULARITY
Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar 'n honger — jou gees weet: daar is meer… Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met 'n bewussyn vir die ewige — 'n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God. En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie geestelike sintuie afgestomp. Ons hoor, maar luister nie. Ons kyk, maar sien nie.Ons sing, maar voel nie meer nie. Hierdie Sondag ontdek ons saam hoe om weer daardie innerlike sintuie te herkalibreer — Ons gaan leer om Hom te sien, hoor, proe, ruik en voel — met die oë van die hart, die ore van die siel, en die aanraking van die Gees. Hierdie boodskap gaan jou help onderskei tussen emosie en openbaring, tussen die “gevoel van iets” en die werklikheid van Iemand — die Drie-enige God wat sigbaar word vir diegene met geopende oë. #Openbaring #Herlewing #Verkwikking #Vernuwing #GeestelikeDiepte
Send us a textEfesiërs 3:16-17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. So, op 'n skaal van nul tot tien, hoe sterk, hoe slaggereed voel jy vir die toekoms? Die antwoord hang waarskynlik af van jou natuurlike samestelling, dit wil sê, jou persoonlikheidstipe en die omstandighede waarin jy jouself tans bevind.As jy iemand met ‘n sterk persoonlikheid is (wat terloops net soveel nadele as voordele het), of as alles in jou lewe goed gaan, dan is dit redelik maklik om jouself 'n sewe, agt ... selfs 'n nege uit tien te gee.As jy 'n persoon met meer deernis is, is jy meer in harmonie met jou eie emosies en dié van ander. En dit laat jou baie makliker seergemaak en moedeloos voel.Maar as daar enigiets is wat die lewe my geleer het; is dat dit nie saakmaak hoe sterk jy mag wees nie; hoe dapper jy in tye van teenspoed is nie; daar gaan 'n tyd kom wanneer jy heeltemal oorweldig voel; wanneer jy, ongeag van wat jy doen, nie die krag wat jy so desperaat nodig het, kan bymekaarskraap nie en sommer wil handdoek ingooi.Efesiërs 3:16-17 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.Ware krag is krag wat diep uit jou binneste kom. Ons beleef hierdie krag wanneer ons op Jesus vertrou; wanneer God ons met sy Gees vul; wanneer die krag van God ons tot oorlopens toe vul. Met hierdie krag kan ons voortgaan, ongeag enigiets wat ons pad kruis. So …Ek bid dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jy is sterker as wat jy dink. Jy kan meer hanteer as wat jy vermoed. Ná alles, die Gees van God woon in jou.
Om saam met God oor ʼn koppie koffie te kuier werk net so goed saam. Jy trek jou Bybel en dagboek nader en word nuuskierig oor wat die Here deur sy Gees vir jou wil sê.
Send us a text1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy.(NLV) Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om te ly nie. Ek hou nie eens daarvan om effens ongemaklik of benoud te voel nie. Wat van jou?Jy weet hoe dit voel as jy verskriklik koud kry. Jy bibber van die koue en jy wil ‘n plan maak om warm te word. Trouens, al waaraan jy kan dink, is om warm te word. En wanneer jy warm kry en sweet, is ‘n koel luggie en 'n koue drankie al wat jy wil hê. Vir sommige mense is die aanvoelbare temperatuur nie so belangrik nie, dis bloot 'n kwessie van gemak; maar vir ander kan dit lewensbelangrik wees.Wanneer jy in ‘n situasie van ongerief en ongemak is en dit vererger tot op ‘n punt van lyding, is dit nogal natuurlik om te dink dat God jou verlaat het. Dit kan tog nie deel van sy plan wees nie!Christene het in die 1ste eeu n.C. baie gely. Die Jode het hulle vervolg. Die Romeine het hulle vervolg. En, aangesien hulle, as gevolg van daardie uiterste vervolging dwarsdeur die bekende wêreld versprei het, het die plaaslike inwoners hulle ook verwerp en hulle as deel van 'n mal en ekstremistiese kultus bestempel!Aan die vervolgde Christene skryf die apostel Petrus die volgende:1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. (NLV)Dit was God se plan wat Hy van die grondlegging van die aarde af gehad het: om deur hierdie eerste Christene, wat baie moes ly, die Goeie Nuus van Jesus dwarsdeur die wêreld te versprei … tot by jou en my. Net omdat jy ly, beteken dit nie dat God nie 'n plan met jou lewe het nie. Trouens, dis net die teenoorgestelde. Hy het altyd 'n plan, en Hy sal jou nooit verlaat nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees. (NLV) Dit is glad nie ongewoon vir mense om te voel asof hulle nie deel van die lewe is nie. Hulle voel asof hulle nie op die plek is waar hulle veronderstel is om te wees nie. Iets is nie heeltemal reg nie. Hulle ervaar ‘n onwerklike gevoel van ontworteling. Het jy al ooit so gevoel?Volgens die Verenigde Nasies se vlugtelingsagentskap, is daar vandag 44 miljoen vlugtelinge in die wêreld. En dit is net 'n deel van 'n groter ontwortelingskrisis. Daar is ook meer as 122 miljoen mense wêreldwyd wat gedwing word om weens rampe, vervolging, konflik en geweld uit hul huise te vlug. Stel jou net voor dat jy een van daardie vlugtelinge is: jy's totaal ontwortel; jy is sonder jou huis, jou gemeenskap en jou veiligheid.Maar vandag praat ons nie slegs van hierdie fisiese ontwortelde mense nie; ons weet die lyding van daardie mense is verskriklik, maar ons praat van gewone mense soos ek en jy. Mense wat in veilige huise sonder die geweld van oorlog leef, wat ten spyte hiervan, ontwortel en verlore voel; mense wie se fondamente van hul wêreld wankel. Kyk na hierdie 1ste-eeuse brief van die apostel Petrus wat vandag nog soveel troos bring:1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees. (NLV).Wanneer jy soos 'n vlugteling voel, soos 'n balling, is dit maklik om te dink dat God jou verlaat het. Petrus skryf hier aan God se uitverkore volk wat fisies wyd en syd versprei is en bid sy genade en vrede oor hulle.My vriend, God sal jou nooit verlaat nie. Nooit nie! Hou daaraan vas.Want dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” - 2 Korintiërs 3 Luister hier saam [...]
Om deur die Gees en in waarheid te aanbid.
Neurosirurg Michael Egnor se boek The Immortal Mind word bespreek. https://www.amazon.com.au/Immortal-Mind-Neurosurgeons-Case-Existence-ebook/dp/B0DJNXV1BGMichael in debat: https://www.youtube.com/watch?v=Alz3SD_G-KIAl ons geloof verwante gesprekke: https://open.spotify.com/playlist/2Ym0Lx3Mw7W8UQLyu1OIfuHoofstukke:00:00; Dualisme, Breinsplit eksperimente, narkose10:05; Geen brein (omtrent), en beskadigde breine19:07; Verskil tussen brein/gees en mens/dier26:19; Siamese Tweelinge41:53; Near Death Experiences49:12; Evolusie en opsomming
21 September 2025 - Wouter van der Merwe - Gees, Siel en Liggaam by LWC
“A partir do momento que o produtor entra com o pedido de certificação se o sistema dele for baixo carbono, ele já sai com o certificado da soja, do milho, do trigo, do sorgo ou daquilo que ele produz depois da soja.” - Roberta Carnevalli, chefe de Pesquisa e Desenvolvimento Embrapa Soja O Programa Soja Baixo Carbono é uma iniciativa inovadora que busca transformar a produção de soja brasileira, colocando o sistema produtivo sustentável em primeiro lugarO objetivo principal do Programa é reduzir as emissões de gases de efeito estufa, mitigando os impactos do aquecimento globalCom a coordenação da Embrapa Soja e a participação de vários especialistas, o programa busca certificar práticas agrícolas sustentáveis que promovem a redução da intensidade das emissões de GEEs
God roep ons nie net tot diens nie, maar ook tot selfversorging en rus. Het die tyd nie dalk aangebreek om jou eie instandhouding ernstig op te neem nie?
Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar 'n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31).
…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede. (Efesiërs 4:2-3 ) Wat as die grootste waarde in ‘n hiper-kunsmatige wêreld dalk juis ons omhelsing van menslikheid sou wees? - Pieter [...]
'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25Ons leef in 'n wêreld vol storms:Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep.Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar.Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië.Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie ken nie, net geld, plesier, status en eiebelang jaag. Huwelike word leeg, siektes neem toe, en miljoene voel vasgevang in wanhoop en vra: Waar is God?En tog, juis in só 'n wêreld laat die apostel Petrus sy stem hoor. Hierdie man wat Jesus verloën het, wat oorhaastig die oor van Malgus afgeslaan het, wat by die verheerliking tempels wou bou skryf nou – deur die Gees – met diepte, wysheid en gesag. Sy boodskap: daar ís hoop, daar ís 'n onverganklike erfenis wat nie gesteel of vernietig kan word nie (1 Pet. 1:4).
Send us a textRomeine 8:26-27 Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. (NLV) Ek bid dat jou lewe suksesvol sal wees; dat jou lewenspad sonder te veel struikelblokke sal wees; dat jy vervulling sal ervaar en hoop op die toekoms sal hê. Dis wat ek bid. Maar dit mag dalk nie presies só uitwerk nie. En selfs al is alles vandag wonderlik en moeitevry, kan dit môre 'n ander storie wees...Ja, ek bid gereeld vir almal, wat hierdie daaglikse VARS-boodskappe dwarsdeur die wêreld kyk, luister of lees.Maar laat ek jou vertel, daar was tye in my lewe toe ek so platgeslaan was en op die Knersvlakte gesit het; toe die beproewinge van die lewe my ondergekry het. Dit was tye toe ek nie eers die krag in my gehad het om te bid nie. Ken jy daardie gevoel van totale magteloosheid? En daardie gevoel laat jou so ... onvoldoende en onbekwaam voel. Maar luister hierna:Romeine 8:26-27 Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. (NLV)God weet waardeur jy gaan en wanneer jy te swak is om te bid, sal sy Gees, die Heilige Gees, vir jou intree op maniere wat jy jou eenvoudig nie kan indink nie.Soms kan jy maar net daar in God se Teenwoordigheid sit en weet dat Hy God is. In daardie tye is dit meer as genoeg, want die Heilige Gees sal namens jou, met gevoelens wat nie met woorde gesê kan word nie, by God smeek.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 8:22-23 Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. (NLV) Geboorte is ‘n feit van die lewe. 'n Vrou dra 'n ander klein mensie in haar liggaam rond, sy voed hom, sy beskerm en koester hom en wag, wag, wag ... tot ... daardie dag ... En dan geskied die wonder, 'n kindjie word gebore.As jy kyk na wat alles in die wêreld aangaan, is dinge regtig in 'n geweldige gemors, nè?Dink net aan: Die onuitspreeklike lyding van miljoene mense. Die talle oorloë wat vandag woed. Jongmense wat afdwaal en verval in lewens van misdaad en dwelmafhanklikheid; of mense wat so ryk word dat hulle ‘n soort van gevoelloosheid of ongeërgdheid ontwikkel. Ja, my vriend, daar is vandag soveel mense wat hul lewens leef met ‘n oortuiging dat hulle lewe nie die moeite werd is om te leef nie.Ek klink vandag soos 'n regte pessimis, nè? Maar kom ons wees realisties! Almal kan dit sien kom. Almal kan dit voel kom. Wat gaan gebeur? Hoe eindig dit alles? Kyk wat die apostel Paulus tweeduisend jaar gelede geskryf het…Romeine 8:22-23 Ons weet immers dat die ganse skepping nog steeds aan die kreun is soos iemand met geboortepyne. Wat meer is, ons wat die Gees as voorsmaak en waarborg van ons toekomstige heerlikheid ontvang het, kreun ook in ons binneste in ons smagting om van ons verganklike liggame verlos te word. (NLV)Ek dink ons kry almal ‘n gevoel dat dit onvermydelik is dat hierdie hele deurmekaarspul tot 'n einde moet kom. Wag, wag, wag … en dan … in een oomblik! Diegene wat hul geloof in Jesus gestel het, diegene wat sy Gees in hulle het, diegene wat sy kinders is … sal vrygespreek word en die ewigheid saam met die Koning van Konings deel.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textRomeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV) Die lyding en beproewings van die lewe kan soms net te veel word vir enige normale mens. Miskien is dit net die laaste paar druppels wat die emmer laat oorloop? Ander kere tref iets jou soos 'n tsoenami. Wat jou omstandighede op die oomblik ook al is; dit maak jou kapoet, of hoe?Die bediening van Smith Wigglesworth, die negentiende en twintigste-eeuse evangelis, is gekenmerk deur wonderbaarlike genesings, kragtige prediking en ‘n diep, diep geloof. En tog, het hy ten spyte van sy kragtige prediking en wonderlike genesingsbediening, self aan 'n paar uiters pynlike gesondheidsprobleme gely. Maar hy het ten spyte van sy eie swak gesondheid volhard. Hy het aangehou om te bedien, en aangehou om in goddelike genesing te glo.Sy dapper en rotsvaste geloof in God se krag inspireer tot vandag toe baie mense. So ... wat het hom aan die gang gehou? Hoe het hy dit reggekry om deur sy stryd te kom en ten spyte daarvan te seëvier?Romeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV)Wigglesworth het dit so gestel: God kan 'n persoon so met sy Gees vul, dat hy te midde van duisende probleme kan lag en glo.Kyk, ons kan nie ons stryd ontken nie; ons kan nie voorgee dat dit nie bestaan nie. Maar wanneer ons ons harte oopmaak vir die Heilige Gees; wanneer ons Hom toelaat om vir ons te oortuig van die waarheid van die groot heerlikheid wat vir ewig op ons wag; en wanneer ons Hom toelaat om ons tot oorlopens te vul, dan is vandag se stryd, in die konteks van die ewigheid, so klein en onbenullig dat ons inderdaad te midde daarvan kan lag en glo.Ja, natuurlik voel ons lyding nou vir ons oorweldigend, maar dit is niks in vergelyking met die groot heerlikheid wat vir ons gegee gaan word nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Voel jy leeg, moeg of vasgevang? Jou foon het battery nodig, jou motor brandstof—en jou siel het geestelike energie nodig. Depressie, angs, moedeloosheid en self-kritiek is energie-rowers.Maar die Evangelie skaam jou nie-dit dra jou."Want ek skaam my nie oor die evangelie vanChristus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo" (Romeine 1:16). En: "God werk in julle om te wil sowel as om te doen" (Filippense 2:13).Kom luister/lees hierdie boodskap: "Die Krag van dieEvangelie: Sy vermoë om te kán."In hierdie boodskap praat ons eerlik oor die draak wat elkeen van ons in die oë moet kyk-sieke, vrees, verslawing, finansiële skuld, skande of net 'n nuwe vermoë wat jy sukkel om te bemeester. Nie "probeer harder" nie, maar ontvang Sy krag: die Gees wat in jou 'n nuwe wil vorm (Romeine 8:1-4; Galasiërs 5:16-18). Dis nie self-dwang nie; dis Gees-gedrewe-heiligmaking met werklike "horsepower".
Send us a textFilippense 2:1-2 Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. (NLV) Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar ek is al 24 246 dae op ons dierbare planeet Aarde – dis net minder as 66 ½ jaar lank. En gedurende daardie tyd het die band wat ons as mense saambind, dramaties agteruit gegaan. Groot, oënskynlik onoorbrugbare klowe het oopgegaan. Hoekom het dit gebeur?Ek het daardie vraag aan ‘n Kunsmatige Intelligensie-sagteware-platform gevra. Hier is die antwoord: "Die toename van verdeeldheid in die samelewing in die moderne tyd kan toegeskryf word aan 'n komplekse wisselwerking van faktore." Jy kan dit weer sê! Die digitale en sosiale media voer ons nie net met onakkurate inligting nie, maar ook met vals inligting wat daarop fokus om ons met opset te mislei en ons bestaande waardes só deurmekaar te maak, dat ons nie weet of ons kom of gaan nie. So kan ons elkeen in ons eie loopgraaf beland.Die isolasie wat die ‘aanlyn'-lewe' veroorsaak, maak ons meer vyandig en aggressief, en dit vererger die gapings tussen mense. Elke Jan Rap en sy maat het sy eie filosofie; die een of ander eiertjie te lê om jou van sy standpunt te oortuig. Maar weet jy, dit is ontstellend om dit ook onder Christene te sien gebeur, en daarom is dit so belangrik om te dink aan hierdie verse in:Filippense 2:1-2 Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. (NLV)Toemaar, wees getroos: ons hét 'n keuse. Ons kan verdeeldheid aanblaas deur te koop te loop met ons eie perspektiewe; of ons kan liefde, gevul met die vreugde van die Heilige Gees, uitleef met respek en simpatie en so onenigheid met eensgesindheid vervang.Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
...wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; (Rom. 12:11-14 Afrikaans OV)Bid sonder ophou. (1 Thess. 5:17 Afrikaans OV)
Send us a textMatteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” Ons weet dat byna een derde van die wêreld se bevolking – 2,5 miljard mense – beweer dat hulle Christene is, maar dat baie van hulle nie 'n opregte verhouding met Jesus het nie. En, om die waarheid te sê, lyk hulle soos skynheiliges.Daar is niks erger as 'n Christen wat beweer dat hy in Jesus glo, maar wie se lewe wys dat hy Hom nie gehoorsaam nie, en sodoende vir Christus daardeur onteer.Jesus het 'n gelykenis oor verskillende soorte Christene vertel deur die voorbeeld van 'n boer wat saad strooi, te gebruik. Van die sade het langs die pad geval en is dadelik deur voëls geëet; sommige het op klipperige grond geval en vinnig opgekom net om te verdor as gevolg van 'n gebrek aan genoeg grond vir hul wortelstelsel; en sommige het tussen dorings geval wat uiteindelik die plante verstik het.Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”D.L. Moody, ‘n baie bekende 19de eeuse pastoor en evangelis, het eenkeer gesê: Ek het nooit 'n vrugdraende Christen gesien wat nie 'n student van die Bybel was nie.Ek stem volkome saam. Wanneer jy jou Bybel oopmaak, en wanneer jy biddend lees wat God daardeur vir jou sê, en wanneer jy sy Gees toelaat om sy Woord op jou hart te skryf, is dít wanneer jy verander. Dit bemagtig jou om jou lewe tot sy eer te leef en om daagliks meer en meer soos Jesus te lyk. In die pad; op die klipperige grond; tussen die dorings … is geen plek vir jou om te wees nie. Maak seker dat jy jouself in goeie grond bevind, sodat jy oorvloedige vrugte kan dra wat jou verhouding met Jesus waardig is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Rosana Laviada entrevista a la coordinadora de estudios islámicos del GEES que asegura que "el islamismo está coaccionando de forma diaria y sutil".
Ons kan sonder God, sy Gees, sy Woord, liefde, getrouheid, sorg, omgee, deernis en genade niks doen nie.
Send us a textHandelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Ons leef vandag in ‘n wêreld vol van soveel leë beloftes. Jy kan nie eers vyf minute aanlyn spandeer sonder dat die een of ander advertensie opduik wat die een of ander wonderwerkende produk adverteer nie. Meestal is dit net baie lawaai, maar wanneer jy gedaan is – soos wat ons al te dikwels in hierdie vinnige wêreld is – kan hulle maklik jou met hulle beloftes oortuig en mislei.So in plaas daarvan, gaan ek vandag iets met jou deel, iets wat waar is, iets wat nooit sal misluk nie, iets wat ‘n ryk, oorvloedige lewe bring. Ná Jesus se dood en opstanding het sy dissipels na 'n hemelse oplossing vir hulle wêreldse probleem gesoek. Hulle wou hê dat Jesus hulle uit die Romeinse beheer bevry.Handelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.In beide die Ou Testament (in Hebreeus) en die Nuwe Testament (in Grieks) beteken die woorde vir “die Heilige Gees” basies 'n rukwind, 'n asem … die asem van die lewe.God kan besluit om jou omstandighede te verander. Dit hang net van Hom af. Maar wanneer jy Jesus volg, wanneer jy een van sy dissipels word, sal Hy jou met sy asem vul, met sy Gees. En dié krag sal jou bemagtig en jou die krag gee om ander van Hom te vertel. Heilige Gees Krag.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. (Sag. 4:6 Afrikaans OV)
Send us a textGalasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Deur die jare het dit my ongelooflik baie gefrustreer, dat hoe harder ek probeer het om my eie ingewortelde karakterfoute te hanteer (en ons almal het foute) dat ek nie in staat was om ‘n enkele een daarvan op my eie te verander nie. Ai, jy kan nie dink hoe dit my ontstel het nie! Kry jy dit reg om jou karakterfoute reg te stel?Tydens die 16de eeu het die seerower, Grace O'Malley, die Ierse See geterroriseer. Hierdie dame was bekend vir haar wreedheid en het 'n vloot aangevoer wat skepe en selfs nedersettings aan die kus geplunder het.Maar haar lewe het 'n dramatiese wending geneem na 'n baie interessante ontmoeting met Engeland se koningin Elizabeth I. Tydens 'n persoonlike ontmoeting, het O'Malley se intelligensie en felle onafhanklikheid die koningin so beïndruk, dat sy 'n koninklike kwytskelding aan hierdie gevaarlike seerower se seun uitgereik het.Hierdie ontmoeting het O'Malley se hart versag. Haar lewe het heeltemal verander, sy het ‘n nuwe koers ingeslaan; haar fokus het verskuif van flagrante wetteloosheid, en van die plundering van haar mense, na die beskerming van hulle. Dit was werklik 'n merkwaardige ommeswaai.Maar niks daarvan sou gebeur het sonder daardie persoonlike ontmoeting met die koningin nie.Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.Ons kan aan ons gebreke werk totdat die perde horings kry, maar weet jy, die werklike verandering, blywende verandering gebeur amper nooit nie. Maar wanneer ons 'n ware ontmoeting met Jesus, die Koning van die konings het, plaas Hy sy Gees - die Heilige Gees - in ons en Hy is die een wat die vrug voortbring, die merkwaardige ommeswaai waarna ons nog altyd gesmag het.En dis nie eers teen die wet nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a text2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Soos ons lewens al hoe meer gekompliseerd en besig raak, is dit nogal maklik om perspektief te verloor op dít wat ons geglo het; dít wat ons altyd as onwrikbaar waar beskou het. Ja, die dinge wat in die verlede regtig vir ons saak gemaak het, word verdring deur die dinge wat vandag soveel druk op ons plaas.In die vroeë 17de eeu was die Nederlandse matroos Pieter van der Linde en 'n paar van sy bemanningslede tydens 'n storm van die vloot geskei. Omdat hulle gedink het dat hulle naby die kus was, het hulle voortgeseil en nie besef dat hulle verder van die land af beweeg het nie. Hulle het dae lank op beperkte voorraad oorleef en gedink dat iemand hulle sal red, of dat hulle by die land sal uitkom. Hulle het eers, toe 'n Portugese vaartuig hulle opgemerk en gered het, besef in watter gevaarlike situasie hulle was.Dit was nie so ongewoon om tydens die sogenaamde 'Eeu van Ontdekkingsreise' te verdwaal nie. Die probleem was dat die matrose dikwels nie besef het hoe verlore hulle was, totdat hulle gered is nie. En dieselfde ding kan met ons gebeur. 2 Tessalonisense 2:13 Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is ongelooflik dat wanneer ons onbewustelik ver weggedryf het, dat ons eers dán besef dat ons besig is om op karige rantsoene te oorleef. Eers dan weet ons dat ons dors na … Jesus, om ons deur die Heilige Gees te red. Miskien is dit selfs wat tans besig is om met jou te gebeur?Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Ons is veronderstel om anders te leef. Ons het die Gees van Christus, of het ons nie? Wanneer sal ons by die slotsom kom dat die prys van oorlog te groot is?
Ons is inderdaad uitverkies om die roeping wat God vir elkeen van ons het nie alleen te ontdek nie, maar in die krag van sy Gees uit te leef.
Ons is Christene; ons dink, doen, besluit, praat, reageer anders. Ons het die Gees van die lewende God in ons, net soos ons boeties en sussies naby en ver.
Send us a textRomeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. As jy byvoorbeeld op tienjarige ouderdom ‘n draaiboek vir jou lewe geskryf het, wat sou daarin gestaan het? Wat sou jou ideale gewees het? Maar wag, die belangrikste vraag is sekerlik: is daardie drome verwesenlik?Ek dink dis redelik veilig om te sê dat dinge vir die meeste van ons nie heeltemal verloop het soos wat ons gehoop het nie. Want as enige een van ons op daardie ouderdom so ‘n draaiboek geskryf het, sou ons nooit die struikelblokke, die seerkry, die beproewings en die versoekings waardeur ons elkeen was, ingesluit het nie.Ons sou ook nie oor die berou wat ons oor ons vorige foute en die impak daarvan op ons lewens en die lewens van diegene vir wie ons lief is, kon geskryf het nie.Ongelukkig is die draaiboek wat baie mense vandag uitleef, op voortdurende selfveroordelende leuens gebaseer. En moenie dink dit gaan net oor sekere mense wat daarmee worstel nie. Ek ken 'n paar prominente, openbare figure, selfs ‘n paar Christene, wat hulself vandag nog verwyt en veroordeel oor dinge uit hul verlede wat hulle oor en oor beleef.Miskien het jou draaiboek steeds ook so 'n bietjie van daardie negatiewe verwyte uit die verlede wat by jou spook. Wel, ek het goeie nuus vir jou, baie goeie nuus. Jesus het gekom om jou vry te maak – heeltemal vry – van daardie veroordeling.Romeine 8:1-2 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.Ja, my vriend, Jesus het gekom om die draaiboek, van die ewige selfveroordelende leuens uit die put van die hel, wat ons lewens verwoes, heeltemal te herskryf. Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Geen!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
God is in die grond en die Gees is besig daar waar jou lewe die grond tref. — — Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: Wees hier deel van vanoggend se erediens: https://youtube.com/live/qwK0auseR6M?feature=share
God, deur sy Gees, wil pappas bemagtig, toerus en help. Sonder Hom sou ons die aftog blaas.
Ons sluit ons nadenke oor die vrug van die Gees af deur na te dink hoe die vrug in ons lewens gedra moet word.
Ons dink na oor selfbeheersing as die laaste eienskap van die vrug van die Gees.
Ons dink vanoggend na oor nederigheid as eienskap van die vrug van die Gees.
Ons dink na oor die vrug van die Gees en staan stil by goedhartigheid vanoggend.
Ons dink vanoggend na oor Vrede as vrug van die Gees.
The Alan Cox Show
The Alan Cox ShowSee omnystudio.com/listener for privacy information.
As May approaches, we're celebrating... May, I guess? May. Christmas songs that mention May? Yes. And no, not "May your days be merry and bright". We're talking MONTH OF MAY ONLY. First up (appropriately enough) is "First of May" by The Bee Gees. Then we hear the endearingly baffling "When Was Jesus Born?" by Lil Gee (no relation). The ranking music in this episode is "First of May" by Jonathan Coulton.
Hoe glo ons in die drie-eenheid sonder om die drie-heid of die eenheid van die drie persone in die godheid te onteer? Kan ons Jesus werklik begryp sonder die Vader en sonder die Gees? Hoe kan ons hierdie dinge van God leer ken? Gaan ons glo soos Hy homself in die Woord openbaar? Is daar verlossing buite die begrip van die drie-eenheid? Wie is die sentrale waarmaker van die woord van God?
D&P Highlight: The Bees were Gees'd over the weekend. full 641 Mon, 27 Jan 2025 19:56:00 +0000 dH20Tu49X8gZJc1o5X4GQxjmWABU4nV0 news The Dana & Parks Podcast news D&P Highlight: The Bees were Gees'd over the weekend. You wanted it... Now here it is! Listen to each hour of the Dana & Parks Show whenever and wherever you want! 2024 © 2021 Audacy, Inc. News False https://player.amperwavepodcasting.com?
In episode 19 you learned how to start a conversation in Luxembourgish. In this episode, you will learn a) the secret to becoming more fluent and improving your Luxembourgish; b) how to keep a conversation going, without running out of things to say!Let's start with the secret to becoming more fluent and improving your Luxembourgish: this is so simple: you might be surprised: ASK MORE QUESTIONSAnd we will at the end of the episode practice with two example conversations – an informal one using the du-form and a formal one using the Dir-form. Are you ready to learn this secret and master an everyday conversation?Bass du prett? Da lass!Most of the topics of small talk conversations include an observation followed by a question. This is the best way to get people talking about themselves.Talking about your next holidaysThe holidays are always an interesting topic. Usually people like talking about their next holidays. Here are some useful phrases to start a conversation about that topic. An easy and straightforward question:Wouhi gees du dëst Joer an d'Vakanz? – Where are you (informal) going on holidays this year?But if you want something more original, try this:Endlech! Déi nächst Woch ass Schoulvakanz. Hutt dir schonn eppes vir? Finally! Next week is school holidays. Do you (plural) have already something planned?Ech fueren, wéi ëmmer, am Februar an de Wantersport. An du? Gees du och am Wanter an d'Vakanz? – I go, as always, in February in the winter sports. What about you (informal)? Do you go as well on holidays in winter?Here's an example of how NOT to have an Luxembourgish conversation:War däi Weekend flott? – Did you have a nice weekend?Jo. An däin? – Yes. And how was yours?Majo, och flott. – Well, nice as well.Unfortunately, the conversation stops here because there's no natural way to continue it. This is OK if you only want to have a quick conversation (for example, if you are quickly passing a co-worker in the hallway). But how can you have a longer conversation in Luxembourgish?2 KEYS to continuing a conversation in Luxembourgish1 Ask questions that start with the question words Wat, Wéini, Wou, Firwat and Wéi. Try to avoid yes/no questions.2 In your answers, give one or two details that will help continue the conversation. You don't need to talk for a long time.Example of Luxembourgish ConversationsHere are two example conversations – an informal one using the du-form and a formal one using the Dir-form. Notice how each person adds one or two details, and then there is a follow-up question about the details. Moien! An, wéi war däi Weekend? Zimmlech flott! E Samschdeg ware mir bei Frënn agelueden an e Sonndeg war ech mat menge Kanner an de Kino. Flott. Wat sidd dir da kucke gaang? Den EMOJI!An? Wéi war en? De Kanner huet de Film natierlech gutt gefall. An du? Wat hues du de Weekend gemaach? Net esou vill. E Samschdeg sinn ech doheem bliwwen a sonndes moies ginn ech jo ëmmer lafen.Ah sou? Wéi laang leefs du dann? Normalerweis tëscht 45 Minutten an eng Stonn. Leefs du eleng?Jo, leider. Hues de Loscht eng Kéier matzekommen?”Oh nee, dat ass net menges. Ech gi just gär schwammen.A wouhi gees du da schwammen?…Hello! And, how was your weekend?Quite nice! On Saturday we were invited at some friends and on Sunday I went with my kids to the cinema.Nice. Which movie have you been watching?EMOJIAnd? How was it?Of course, the children liked the movie. And how about you? What have you done last Weekend?Not sou much. I stayed at home on Saturday and on Sunday mornings I always go running.Oh, really? How long do you run?Usually between 45 minutes and one hour.Do you run alone?Yes unfortunately. Would like to come with me once?Oh no, that is not my cup of tea. I just like to go swimming.And where do you go swimming? Website: https://luxembourgishwithanne.luSproochentest Oral Exam Prep Class:https://courses.luxembourgishwithanne.lu/p/oralexamFacebook: https://www.facebook.com/luxembourgishwithanne.lu/Instagram: https://www.instagram.com/luxembourgishwithanne/?hl=enLinkedIn: https://www.linkedin.com/company/80364342/admin/feed/postsYoutube: https://www.youtube.com/channel/UCh7_kWqrLaZea-IJH46KJEA
Nobody asked for it. Nobody wanted it. And yet, somehow, one can't look away when they see/hear it. Ep 140 of The Greatest Motorcycling Podcast In The Universe will go down in history as the day the Pee Gees were born. Calling on all the lack of self awareness that has somehow brought them the success they currently enjoy, our three hosts decide today is the day they sing. Together. Is it awful? Yes. Yet somehow compelling. But we'll let you be the judge. In other news there's also some interesting chat about motorcycles and motorcycle racing plus a special guest drops into the studio. You know the drill from here. Press play and all that. Then send money. Lots of it. IMPORTANT ANOUNCEMENT None of this would be possible without our magnificent sponsors. They support us, so it's only good manners you should support them. Visit their websites, try and buy their products, sign up for their newsletters, and tell them WE SENT YOU. And we would be really pleased if you bought Borrie's books. They're a great read, they make great gifts, and it helps him to feed his family. If he can feed his family he tends not to rob people. All four of his masterpieces are here (https://www.shocknawe.com.au/)… • MADE IN GERMANY (https://www.migmotorrad.com.au/) • SC-PROJECT (https://sc-project.com.au/) • Harley Davidson (https://www.harley-davidson.com/au/en/index.html) • BMW MOTORRAD (https://www.bmw-motorrad.com.au/en/home.html#/filter-all) • TROOPER LU (https://trooperlu.com.au/) • Compass Expeditions (https://compassexpeditions.com/) NOISEGUARD (https://www.noiseguard.com.au/) SAVIC MOTORCYCLES (https://www.savicmotorcycles.com/) CF MOTO (https://www.cfmoto.com.au/) AMX SUPERSTORES (https://www.amxsuperstores.com.au) MONGREL BOOTS (https://www.mongrelboots.com.au/) • Grey Gums Cafe (https://greyguminternationalcafe.com/) • Simon Crafar's Riders For Dogs (https://www.facebook.com/p/Riders-For-Dogs-100093614162628/?paipv=0&eav=AfaTLpwgAXgkNJn0H4pewS10dMuN4GuDt4_g2hVdTu35PkAACM4hlblVNyQn8lyl-j4&_rdr) Facebook Page
TGIM, betch! We got a new name for the O-word... and we've decided to call it the Oly-Gees. Let's get into it! Tim's got a bit of a saucy update about the Oly-Gees and the coverage of the ceremony. Strap yourself in... this stuff is a little bit SCANDALOUS! We go through your messages and comments with Mailbag... and someone sent in a video of a paper towel dispenser that sounds exactly like Joel! Speaking of Joel's, he's a little pissed at us for not being that responsive in the group chat. Hear all about the debacle now. Also, couches. That's all we're gonna say about that. Strap yourself in for this chat.See omnystudio.com/listener for privacy information.
Jessica Gee from The Bucket List Family is here!!!!!!! In this episode we explore the incredible journey of Jessica Gee and her family, who have mastered the art of living an extraordinary life while keeping it beautifully ordinary. Jessica shares her insights on minimalist living, family bonding, and the joys and challenges of traveling with small children. From the bustling streets of Amsterdam to the serene landscapes of New Zealand, Jessica's tales of adventure are laced with valuable tips on safety, packing, and staying fit on the road. Discover the power of choosing your attitude and response in any situation, and learn the art of laundry tricks and savvy travel hacks from a seasoned explorer. Whether you're a seasoned traveler or dream of embarking on your first international trip, this episode is filled with inspiration to ignite your wanderlust and encourage you to savor every moment with family, friends, food, and music. Join the Gees in celebrating the beauty of an ordinary life lived in extraordinary places, and embrace the philosophy that there's no one right way to live your life—just slow down, enjoy the journey, and let the adventure unfold. ** Get your copy of National Geographic Bucket List Family Travel: Share the World With Your Kids on 50 Adventures of a Lifetime >> https://amzn.to/49rdT1k ** Download your free 1000 Hours Outside trackers here >> https://www.1000hoursoutside.com/trackers Find everything you need to kick off your 1000 Hours Outside Journey here >> https://www.1000hoursoutside.com/blog/allthethings Order of copy of Ginny's newest book, Until the Streetlights Come On here >> https://amzn.to/3RXjBlN Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices