Podcasts about Gees

Place in Drenthe, Netherlands

  • 233PODCASTS
  • 878EPISODES
  • 41mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Jul 19, 2026LATEST
Gees

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about Gees

Latest podcast episodes about Gees

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Heiligheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 19, 2026 2:43 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Tessalonisense 2:13 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV) Het jy jouself al as “spesiaal” beskou? Nie op 'n selfsugtige manier met 'n groot kop nie, maar met die wete dat jy geskape is om 'n verskil in hierdie wêreld te maak; dat daar iets is wat net jý kan doen.Toe ek jonk was, het my ouers 'n baie spesiale eetservies gehad - deftige borde, bakke, koppies en pierings - kristalglase en  silwer eetgerei wat net uitgehaal is wanneer daar spesiale gaste was.Die ander dae het ons die gewone borde, glase en messe en vurke gebruik. Dit was reg so, maar laat ek jou vertel, wanneer daardie gaste opdaag, het daardie eetstel, die kristal en die silwer alles so spesiaal gemaak.En dit is die betekenis van die woord “heiligheid”. Dit beteken om eenkant gesit te word vir 'n spesiale doel … dis wat God wil hê jy moet wees: heilig, opsy gesit vir Hom.2 Tessalonisense 2:13: Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV)God het ons lief met 'n liefde wat mens nie met woorde kan beskryf nie. Maar as ons kyk na al die foute en blapse wat ons maak, voel ons dikwels glad nie so heilig nie. Maar dit is juis die punt. Net soos die skottelgoed hulself nie was nie, en die silwerware hulself nie opvryf nie, is dit nie ons werk om onsself heilig te maak nie.Jy is gered omdat die Gees jou heilig maak en jou die geloof in die waarheid gegee het.Glo net en laat die Heilige Gees sy werk doen.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Wysheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 17, 2026 3:01 Transcription Available


Send us Fan MailEksodus 31:3-5 My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak. Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak. Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak. (NLV) Ons is almal geneig om ons natuurlike talente en vermoëns as vanselfsprekend te aanvaar. Ons leef immers al ons hele lewe lank daarmee saam; dis mos niks spesiaal nie; almal kan seker maar doen wat ek doen? En tog is niks verder van die waarheid af nie.Sommige mense is ongelooflik geseënd met 'n sagmoedigheid en vriendelikheid wat regtig bo gemiddeld is. Maar dan vergelyk hulle hulleself met die uitskieters en mense wat altyd in die kollig is, en hulle dink: As ek maar net so talentvol soos hulle kon wees. Ekke? Natuurlik probeer ek om saggeaard en vriendelik te wees; maar ek moet hard daaraan werk, want ek is meer die tipe ou wat oor hekkies spring om dinge gedoen te kry. Sien jy hoe simpel dit is om hierdie vergelykings-speletjie te speel?Destyds toe God vir Moses opdrag gegee het om die tabernakel te bou - daardie spesiale tent waar sy teenwoordigheid tydens Israel se tog van veertig jaar deur die woestyn sou woon - is dít wat Hy gesê het oor Besaleël:Eksodus 31:3-5: My Gees gee vir hom die kennis, begrip en vaardigheid om verskillende dinge te kan maak. Hy kan kunstige voorwerpe uit goud, silwer en brons maak. Hy kan edelstene graveer en monteer en houtsnywerk doen. Hy kan enige kunswerk maak. (NLV)So, hoekom het net een ou daardie talente ontvang? Hoekom nie sommer enige Jan Rap en sy maat nie? Want Besaleël was juis die een wat God uitgekies het en hom bekwaam gemaak het om daardie spesiale dinge te doen.En weet jy, wanneer jy vervul word met sy Gees - die Heilige Gees word jou "vervelige" ou talente ongelooflik spesiaal en buitengewoon kragtig in sy hande. Niemand anders kan doen, wat jy kan nie, want God het vir jou die talent en die vermoë gegee het om dit te doen. Vir niemand anders nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Krag

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 16, 2026 2:59 Transcription Available


Send us Fan MailEfesiërs 3:16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Ek weet nie van jou nie, maar vir my lyk dit asof dit al hoe moeiliker word om getrou aan Christus te bly. Dis moeilik om vol selfvertroue te praat oor dít waarin ons glo, of selfs net om aan te hou glo, terwyl almal van ons verwag om in te pas by 'n nuwe, goddelose wêreld. Hoe bly mens tot diep in jou siel getrou aan Jesus?Mariam Farahat was 'n Palestynse Christen wat onder groot druk na Islam oorgestap het, maar later in die geheim na Christus teruggekeer het - al het dit volgens plaaslike wetgewing, die doodstraf beteken. Toe sy gevang is, is sy toegesluit en gemartel. Ten spyte van al die dreigemente en mishandeling, het sy geweier om Jesus weer te verloën. Sy is uiteindelik in 2010 deur ekstremiste tereggestel.Hoewel haar storie buite die ondergrondse kerk nie baie bekend is nie, onthou gelowiges in daardie streek haar as iemand wat, net soos die martelaars van ouds, onder marteling staande gebly het, eerder as om Christus prys te gee. Daardie soort krag voel amper nie menslik nie; dis asof dit uit 'n ander wêreld kom. En dis presies wat dit is! Kyk wat het die apostel Paulus aan sy vriende in Efese in die eerste eeu geskryf:Efesiërs 3:16: Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word.Dit was nie sommer net mooi godsdienstige woorde nie. Dit het daardie Christene baie diep getref, want hulle het onder permanente kulturele en ekonomiese druk geleef; wat beteken het dat dit hulle opregte geloof en moed gekos het om in Jesus te glo. Wat jou ook al jou vandag onderkry - of dit nou versoeking, sonde, verslawing of die druk om in te pas by wêreldse standaarde is; onthou:Die Vader sal vir jou die krag gee om innerlik sterk te wees. Hy sal vir jou daardie krag deur sy Gees gee.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.54 (15.07.26) - (Afr.) - Ons is deel van die Gebou van God!

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jul 15, 2026 2:52


So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees. (Efes. 2:19-22 Afrikaans OV)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees is Teenwoordig

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 15, 2026 3:08 Transcription Available


Send us Fan MailJohannes 14:16-17 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Nou goed, party mense glo in God. Sommiges glo selfs dat Jesus die Seun van God was en is; dat hy mens geword het; aan die kruis gesterf het; opgestaan het en na die hemel opgevaar het. Dis alles goed en wel. Maar wat nou? Hoe is 'n mens veronderstel om Hom te ken, naby aan Hom te kom of sy teenwoordigheid te ervaar as Hy nie meer hier by ons is nie? Verduidelik dit vir my!Die bekende Engelse verpleegster en sosiale hervormer, Florence Nightingale, word allerweë beskou as die stigter van moderne verpleegkunde. In die laat 1800's was sy vir lank bedlêend en min mense het haar in die openbaar gesien, maar sy het deur haar briewe ‘n sterk invloed uitgeoefen.Vanuit haar siekbed in Londen het sy talle briewe aan politici, hospitaalrade en militêre leiers geskryf. Hoewel haar liggaam swak was, is haar impak oor groot afstande gevoel. Deur haar toedoen is sanitasie-stelsels in Indië verbeter, hospitaalontwerpe in Europa verander en sy het die militêre gesondheidsbeleid wêreldwyd beïnvloed. Mense wat haar nooit ontmoet het nie, het haar teenwoordigheid ervaar asof sy self in hul kantore gestaan en op verandering aandring het.Dit herinner ons dat die Gees afstande kan oorbrug en 'n mens die ander persoon se gesindheid kan aanvoel sonder dat jy fisies by hom hoef te wees. Jesus het net voor sy vertrek vir sy dissipels gesê:Johannes 14:16-17: Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.Wanneer jy jou geloof in Jesus stel, woon Hy deur sy Gees in jou. God se Gees kan enige afstand oorbrug om sy teenwoordigheid eg te maak, sonder dat hy fisies by jou hoef te staan.Wees verseker dat Jesus jou nooit sal verlaat nie. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Hy is altyd by jou. Altyd!Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 14, 2026 2:46 Transcription Available


Send us Fan MailGenesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Ons is geneig om die lug wat ons elke dag 23 000 keer in- en uitasem, sommer as vanselfsprekend te aanvaar. En tog sou ek en jy nie eens vir 'n paar minute daarsonder kon oorleef nie. Elke keer as jy asemhaal, trek jy triljoene suurstofmolekules in wat na jou longe jaag, in jou bloedstroom opgeneem word, aan jou hemoglobien vashaak, en binne minder as 20 sekondes elke sel in jou liggaam bereik.Asem is nie sommer net lug nie - dit is die vonk van lewe wat oomblik vir oomblik deur jou vloei. En tog is daar een ding wat die wetenskap nog nooit kon regkry nie (al probeer hulle hoe hard): om lewe uit dooie materie te skep. Nooit nie! Maar …Genesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “asem,” ruach, word ook dwarsdeur die Ou Testament gebruik om na die Heilige Gees te verwys. Dit beteken dieselfde as die Griekse woord, pneuma, wat in die Nuwe Testament vir die Heilige Gees gebruik word. Albei woorde dra die betekenis van asem of wind - onsigbaar, kragtig en lewenskragtig.En net soos God lewe in jou liggaam ingeblaas het (die enigste Een wat dit kon doen), so blaas die Heilige Gees lewe diep binne-in jou gees in.Net soos jy, het ek al tye beleef waar ek soos 'n zombie gevoel het; asof die wêreld al die lewe uit my uitgesuig het. Maar elke keer wanneer ek na God gedraai het vir hulp, het sy Gees - sy ruach, sy pneuma - weer lewe in my siel ingeblaas. Dit is die Gees wat lewe bring. Trouens, Hy is die enigste Een wat dit kan doen!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Jy is die tempel van die Heilige Gees

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jul 13, 2026 5:11


Die kerk is meer as ʼn gebou en geloof meer as ʼn erediens: God woon in sy kinders en roep ons om elke dag onder leiding van sy Gees te leef.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Gees Bring Orde

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 13, 2026 2:39 Transcription Available


Send us Fan MailGenesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. Die lewe kan soms nogal deurmekaar wees. Dit is nie altyd maklik om reg op te tree wanneer probleme jou skielik tref of dinge jou ontstel nie. Maar agter al die chaos is daar 'n geheime orde … as ons maar net daarna soek. Die wetenskap het baie gevorder sedert Isaac Newton sy drie bewegingswette in 1687 geformuleer het - wette wat verduidelik hoe voorwerpe stilstaan, hoe hulle vinniger beweeg, en hoe elke aksie 'n reaksie het. Trouens, hoe meer ons leer, hoe duideliker word dit dat die heelal volgens vaste reëls werk. Alles is so fyn beplan en georganiseer dat selfs die kleinste verandering alles in chaos sou laat beland.As swaartekrag net 'n bietjie sterker was, sou sterre dadelik uitgebrand het; as dit 'n bietjie swakker was, sou daar nooit sterrestelsels gewees het nie. Dit is dieselfde met die spoed van lig en alles anders in die natuur.Hierdie perfekte balans wys duidelik dat daar 'n God van orde is, en nie van chaos nie.Genesis 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. Dink jy regtig dat die God wat die hele heelal gemaak het, nie ook orde kan bring in die chaos van hierdie wêreld, of in die moeilike dinge waardeur jy nou gaan nie?Dieselfde Heilige Gees wat alles uit niks gemaak het, is die Een wat - ten spyte van wat die wêreld sê - vir jou wonderlike orde sal bring. Hy het eintlik reeds daarmee begin. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.53 (12.07.26) - (Afr.) - Ons kan deur die Heilige Gees versterk word met krag.

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Jul 12, 2026 3:31


Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. (Efes. 3:14-19 Afrikaans OV)

Lewendewoord Centurion
05 Julie 2026 Wouter van der Merwe - Gees en Waarheid

Lewendewoord Centurion

Play Episode Listen Later Jul 5, 2026 31:35


05 Julie 2026 Wouter van der Merwe - Gees en Waarheid by LWC

God se Woord VARS vir jou Vandag
Onbeskryflike Vreugde

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 4, 2026 3:11 Transcription Available


Send us Fan Mail1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. Jy kan maar net om jou rondkyk en jy sal sien dat mense desperaat soek na iets wat eg is. Ons word oorweldig deur die nuus, ons kyk na dopamien-treffers op ons skerms, en dan lê ons snags met 'n pyn in ons harte wakker.Die vals belofte van vreugde is die slagyster wat soveel mense daartoe lei om dit op al die verkeerde plekke te soek. Een van daardie plekke is op ons slimfone; ons hoop om daar iets raak te loop wat vir ons plesier sal verskaf.So, kom ons slaan vandag 'n ander rigting in:1 Petrus 1:8,9 Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom. Julle bly op Hom vertrou. Dit is nie asof alles eers eendag daar ver gaan gebeur nie. Omdat ons op Jesus vertrou, kan ons sê dat ons saak nou reeds met God reg is. Dit is waarom ons in Jesus glo. Ek kan julle nie sê hoe bly dit ons maak nie. Ons loop behoorlik oor van dié wonderlike vreugde. (DB)Petrus wil die nuwe Christene wat werklike probleme van hulle afsondering, laster en dreigemente ervaar, bemoedig. Hulle is op hierdie stadium darem nog nie vir die leeus gevoer nie, maar hulle kry swaar om in 'n vyandige kultuur aan Jesus getrou te bly.Petrus vertel hulle van 'n vreugde wat hul vyande nooit kan steel nie. Julle het Jesus wel nie gesien toe Hy op aarde was nie, tog maak dit nie vir julle saak nie. Julle het Hom lief en bly lojaal teenoor Hom.Nee, my vriend, hierdie is nie die een of ander brose gevoel van vreugde, van troos, of goedkeuring, wat soos mis voor die son verdwyn nie. Nee, dit is die vrug van die Gees, wat op Christus gevestig is, wat in die hitte van beproewing ontwikkel het.Die wêreld se vreugde vervaag vinnig. Maar die Gees se vreugde? Dit sal deur lyding voortduur. Jesus se Lig skyn die helderste in die duisternis. Laat jou vreugde volkome wees. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Ware Vreugde

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 3, 2026 2:45 Transcription Available


Send us Fan MailGalasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dis nie maklik om ‘n blywende verandering in jou lewe te maak nie. Dit kan baie moeilik wees wanneer jy 'n slegte gewoonte wil afleer en dit met 'n goeie een wil vervang. Ja, om blywende vrugte in jou lewe te produseer - goeie vrugte - is beslis 'n uitdaging!Vrugte is 'n goeie beeld van die goeie dinge wat ons in ons lewens wil kweek. Ons weet dat vrugte goed is. Dink net aan aarbeie, moerbeie en vye - sappig en soet; vol belofte.En tog hou hulle nie lank nie. Aarbeie begin binne 'n paar dae bederf; moerbeie bederf amper oornag; en vye hou skaars langer. Hulle word sommer gou pap en smaakloos. Dis dieselfde met die vreugde waarna ons streef – dis vlietend, broos, en dit is weg voordat jy dit weet. Maar hier praat die apostel Paulus van 'n ander soort vrugte ... die soort wat hou.Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.Dis nogal 'n lang lys, nè? Maar weet jy, tensy jy die vreugde ervaar, is dit onmoontlik om nuwe gewoontes te volhou. Soos aarbeie, moerbeie en vye, is elke item op daardie lys inherent goed. Maar jy sal sien dat die vrugte waarvan Paulus praat, nie vrugte is wat ons uit ons eie krag kan kweek nie, maar die vrugte wat die Gees in ons lewens voortbring.En een van daardie vrugte wat God in jou lewe wil kweek … is vreugde. Volledige, oorvloedige, ewige vreugde.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Hoe word ek werklik geestelik volwasse? | Johan Delport

Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Play Episode Listen Later Jun 28, 2026 38:22


Hoe word ek geestelik volwasse? | Streef na Geestelike VolwassenheidIn hierdie preek kyk ons na wat geestelike volwassenheid werklik beteken — en wat dit nié is nie. Geestelike volwassenheid gaan nie oor hoe lank ek al 'n Christen is, hoeveel Bybelkennis ek het, of of ek perfek is nie. Dit gaan daaroor dat ek meer en meer soos Jesus word, en minder soos die ou ek.Ons kyk na 5 dinge wat ons help groei op die pad van geestelike volwassenheid:--------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS:0:00 Intro13:50 Ek deurdrenk my lewe met die Woord | Punt 119:43 Ek laat die Gees my lewe meer maak soos Jesus | Punt 223:12 Ek lewe vanaf my knieë | Punt 327:40 Ek word Jesus vir my naaste | Punt 433:50 Ek volhard op die Jesus-pad | Punt 537:15 Gebed--------------------------------------------------------------------Mag hierdie boodskap jou aanmoedig om Jesus met alles in jou te volg.Teks: 2 Korintiërs 13:5-11“Hy moet meer word, en ek minder.” — Johannes 3:30#TygerbergGesinskerk #Preek #GeestelikeVolwassenheid #Jesus #AfrikaansePreek #Geloof #Bybelboodskap

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 21 Junie – Heinrich Dry

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jun 20, 2026 29:15


Vandag saam met SG Ons het die afgelope paar weke uit die boek van Handelinge gepraat hoe die HG sy kinders, sy gemeente en sy wil vir sy kerk uit te leef. Die reeks het begin tydens Pinkster en vandag sluit ons die reeks af deur die Gees wat ons lei. Hoe weet ek wanneer die Gees my lei in my besluite, my optrede? Hoe help die Gees my onderskei wat God se wil is? … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie is Jesus vir Jou?

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 10, 2026 3:07 Transcription Available


Send us Fan MailMatteus 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” Ons sien deesdae hoe oneerlike en onbetroubare verslaggewers dikwels bekende mense se karakters in die media wanvoorstel. Ons word blootgestel aan glanspersone se openbare beeld. Poets hulle sy beeld, of bestempel hulle hom as die grootste skarminkel bekend? Maar dan is daar die werklike persoon, wat waarskynlik net ‘n gewone mens soos ek en jy is. Dit is geensins 'n nuwe probleem nie. Jesus het op sy dag, ‘n groot opskudding veroorsaak. Mense was verward. Hulle kon nie vir hulself besluit wie Hy werklik was nie.Matteus 16:13-16 Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?” Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.” “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”Sesarea Filippi was 'n heidense streek bekend vir sy aanbidding van 'n hele aantal gode. Dit gee ons konteks vir die agterdog van die mense. Hulle was gewoond aan die afgode en die heidense Romeinse heerskappy rondom hulle. Die Jode het ‘n Messias verwag. Hulle ‘n profeet verwag, wat hulle uit hulle vreeslike omstandighede gaan bevry. Ander mense het Jesus gesien as ‘n opstoker; ander as ‘n wonderwerker. Maar Jesus vra sy dissipels vir hulle persoonlike oortuigings.Wanneer Petrus sonder huiwering sê - “U is die Christus, die Seun van die lewende God”- is dit nie ‘n bloot intellektuele antwoord nie. Soos Jesus self later bevestig, is dit ‘n Gees-geopenbaarde waarheid. Ware geloof is 'n geskenk en 'n openbaring. In vandag se kultuur van botsende opinies en valse gode in ‘n wêreld van vervalle moraliteit en steeds groeiende verdeeldheid, word ware geloof gebou op hierdie belydenis: dat Jesus die Verlosser van die wêreld is. Die enigste Verlosser van die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Kosmos 94.1 Kollig
Windhoek Gimnasium se Interhoër-Gees Kom Kuier by Kosmos

Kosmos 94.1 Kollig

Play Episode Listen Later Jun 9, 2026 9:34


Jean-Louis gesels met leerlinge van Windhoek Gimnasium oor die opwinding, voorbereiding en gees rondom die jaarlikse Interhoër. Luister hoe hulle hul verwagtinge vir die groot week deel, wat Interhoër vir hulle beteken en waarom hierdie gebeurtenis so 'n belangrike hoogtepunt op die skoolkalender is. 'n Interessante gesprek vol entoesiasme, trots en skoolgees.

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 7 Junie – Pieter Roeloffse

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Jun 6, 2026 37:04


Vandag saam met SG Ons gee vandag ‘n volgende tree op die spoor van die Gees se beweging in die boek Handelinge. Wanneer jy jou Bybel sou oopmaak daar in die begin van Handelinge dan sal jy sien daar staan “Die Handelinge van die apostels”. Tog, as jy Handelinge lees, kom jy agter dat dit eintlik Die Handelinge van die Gees is en die apostels (gestuurdes) en die kerk moet die heeltyd skarrel om by te bly by die uitkringende beweging van die Gees. Ons het sover gesien: Die Gees gee, vorm, stuur… Die Gees gee (Homself soos Jesus, gee krag, insig, gawes…), die Gees vorm (individue & die kerk), die Gees stuur (soos André so mooi gesê het, na elke plek waar ons reeds is maar Hy stuur ons op 'n nuwe manier daarheen). Vandag ontdek ons “Die Gees verruim” … Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Geleentheid om te Groei

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 25, 2026 3:11 Transcription Available


Send us Fan MailRomeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer jy dit die minste verwag, slaat die teëspoed jou plat! Jy bevind jouself in 'n gat; 'n plek waar jy nooit verwag het om te wees nie. Maar weet jy, dit kan net mooi die grootste geleentheid vir God wees om vir jou ‘n besondere geskenk te gee!In 1931, op sewejarige ouderdom, het Jacques Lusseyran in 'n ongeluk sy sig verloor. Sy wêreld het oornag verander. Maar hy het vinnig by sy blindheid aangepas en eerder as om wanhopig te word, het hy buitengewone insig en deursettingsvermoë ontwikkel. As ‘n jong seun het hy besorgd geraak oor Hitler se mag. Hy het besluit om Duits te leer sodat hy radio uitsendings kon volg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy 'n leier van ‘n Franse Weerstandsbeweging geword. Hy is deur die Gestapo gearresteer en na Buchenwald gestuur, waar hy een van die min mense was, om, ten spyte van die wrede toestande, sy gevangeskap te oorleef. Sy blindheid het 'n geestelike lens geword waardeur sy insig, moed en deernis verskerp is. In sy memoir, And There Was Light, skryf hy: Ek het vrede in my hart gehad, want ek het ontdek dat vreugde in duisternis kan bestaan.Romeine 5:3-5 … Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Wanneer die lewe onverwags verander, gee God jou die geleentheid om te groei. Wanneer jy deur lyding volhard, bou dit ongetwyfeld jou karakter. Jy stap saam met Jesus deur daardie hel. Hy sal jou vul met 'n rotsvaste hoop wanneer Hy deur sy Gees, sy liefde in jou hart uitstort.Moenie blind wees vir die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Baptist Church Kempton Park (South Africa) /  Baptistekerk Kemptonpark

Ivor Jefferies

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 24 Mei – André Serfontein

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later May 23, 2026 32:06


Vandag saam met SG Waar begin jóú storie met die Heilige Gees? Genesis 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

Harrismith Moedergemeente's Podcast
Oordenking 20 Mei 2026

Harrismith Moedergemeente's Podcast

Play Episode Listen Later May 20, 2026 4:49


Pinkster 3 - Geskenke, die Gawes van die Gees. 

InVia Gemeente
Ongetem: In pas met wie? deur Theo Geyser

InVia Gemeente

Play Episode Listen Later May 19, 2026 28:59


"As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel." - Galasiërs 5:25

God se Woord VARS vir jou Vandag
Ja en Amen

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 19, 2026 2:40 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is 'n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV) Die lewe is deurmekaar. Jy kan nie daarmee stry nie. Wys my 'n enkele gesin wat nog nie sy eie probleme gehad het nie. Wys my 'n enkele persoon met ‘n grys haar of twee, wat nie deur 'n paar werklike krisisse in die lewe gegaan het nie. Sulke mense bestaan eenvoudig nie.Die lewe ruk en pluk ons inderdaad rond. Hopelik skuur dit ‘n paar van ons growwe kante af. In vandag se lewe moet 'n mens veerkragtig wees, jy moet verantwoordelikheid kan neem. Maar daar is 'n rots waarop ons veerkragtigheid gebou kán en móét word; 'n tydlose, onwrikbare fondament waarop ons elkeen kan en moet staan. Hier is dit:2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is 'n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV)God se beloftes is waar. Jesus het vir jou gekom. In Christus is al die beloftes van God 'n ‘ja.' Hy het gekom om jou van jou sonde te red. Hy het weer uit die dood opgestaan om jou 'n nuwe lewe te gee. Hy is gereed, gewillig en in staat om sy Gees op jou uit te stort om jou in Christus sterk te maak. Jy sal die ewigheid saam met Hom deurbring.Hoe word hierdie beloftes vir jou ‘n werklikheid? Deur jou geloof in Jesus te plaas; deur jou hele lewe aan Jesus oor te gee. Want die ‘ja' op al God se beloftes is in Christus, en daarom sê ons deur Christus "Amen" tot eer van God.My Vriend, vertrou volkome op Jesus.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Van Binne Gevul

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 17, 2026 2:52 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; In 'n wêreld waar ons almal probeer om iemand te wees, beleef baie van ons 'n knaende gevoel van ‘ek is nie goedgenoeg nie.' Ons redeneer dat ons soveel swakhede en tekortkominge het, dat ons nooit regtig veel sal kan bereik nie.Ek moet nou ‘n belydenis doen: Dit het my soms gepla dat Christianityworks, die bediening wat hierdie daaglikse boodskappe produseer, nie 'n indrukwekkende kantoor gehad het nie. Ons kantoor het sleg afgesteek by die spoggerige televisie- en radio-ateljees wat ek dwarsdeur die wêreld besoek het. Ons s'n was net 'n ommuurde gedeelte van 'n voorportaal, wat 'n plaaslike kerk gratis tot ons beskikking gestel het.Ons opset het, in vergelyking met ander, absoluut minderwaardig en onbeduidend gelyk.Sien jy hoe maklik dit is om in daardie strik te trap? En tog is God gewoond daaraan om brose en feilbare mense op die mees verstommende maniere tot sy eer te gebruik. En Hy doen alles met 'n doel. Paulus skryf aan ‘n gemeente:2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;Paulus se bediening, het bestaan uit 'n paar onbelangrike manne en vroue, wat deur die bekende wêreld sonder groot ophef voortgeskuifel het. Hulle het in vergelyking met Jerusalem, met sy glorieryke tempel, absoluut onindrukwekkend gelyk. Maar God gebruik gewone gebroke mense om sy kosbaarste geskenk te dra, sodat niemand ooit onseker sal wees oor waar die krag vandaan kom nie. Hy vul wagtende, biddende harte met sy Gees en krag. Ons is die leë houers - Hy is die skat daar binne-in.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Stellenbosch Gemeente
Preek | Sondag 17 Mei – Heinrich Dry

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later May 16, 2026 31:50


Vandag saam met SG Ons begin vandag 'n reeks oor die Gees, ons hoop jy kom saam met ons op reis om God se Gees opnuut te ontdek en iets van die misterie te verstaan. Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse. . . Of kyk hier saam:

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Van die Olyfberg af begin ʼn wêreldwye verhaal

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 12, 2026 2:49


Dit is Hemelvaart en ons weet die Koning kom weer, maar intussen leef sy Gees reeds tussen ons.

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Sién jy die opstanding?

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later May 8, 2026 7:03


“It has to be believed to be seen.” Willy Wonka / U2 Het jy al ooit 'n nuwe woord of konsep, of aangrypende nuwe musiek gehoor, of 'n nuwe kledingstuk of skoene of brand gekoop, of dit selfs oorweeg om 'n nuwe ryding te koop  en dan gebeur die vreemde dat jy hierdie “nuutheid”, wat dit ookal is, om elke hoek en draai sien? Hierdie verskynsel word die “Baader-Meinhof Phenomenon” genoem. Die gedagte is eenvoudig: dat jy meer gereeld herken waaraan jy jou verbind het. Ek sou wou sê: dat jou sintuie ontwaak vir dít waaraan jy jou verbind het. Vanuit ons huidge reeks “Herken die opstanding” wonder ek of dit ook wat die opstanding betref geldig is en hoe dit dan sou werk. 'n Jong getroude paartjie, hoor die ander dag hulle is swanger. Daar is nuwe lewe wat bot. Hul huis word belyn met die koms van die verwagte lewe. Haar eetgewoontes en 'n paar ander gewoontes word belyn met die koms van die nuwe lewe. Sy verander 'n paar ritmes. Die pa maak selfs 'n afspraak met hul finansiële raadgewer en pas maande vooruit hul persoonlike finansies aan. Hulle lees ander artikels, voer ander gesprekke, verander hul dieet, beplan en doen dinge anders. Hul menswees verander nie noodwendig dramaties nie — maar hul verwagting skuif beslis hul bewustheid en hulle leef baie meer gefokus op die nuwe lewe soos wat hulle al swangerder en swangerder word. So is dit ook wanneer jy spreekwoordelik swanger word met die opstanding. Jy kan nie help dat dit jou identiteit, bewussyn, fokus en leefwyse meesleur en vorm nie. Die ander dag besoek ek 'n ma van drie klein asempies en ons gesels diep, verby die oppervlak, oor die lewe en geloof. Tussendeur, nog voor dit gebeur, gee sy hier vir enetjie iets aan, keer sy daar vir 'n ander een, praat sy met elkeen van hulle, maak sy koffie, bottels en 'n speelpark vir die kinders se tuiswees. Sy lees die realiteit rondom haar as 'n moeder en sy tree die heeltyd, amper instinktief, moederlik op. Sy's dieselfde mens maar sy het 'n nuwe, verruimde bewussyn. Sy kan haarself nie help as om alles anders te sien nie. Sy't as't ware 'n nuwe identiteit. So is dit ook met die nuwe lewe van die opstanding. Jy kan nie help om dit herken nie, om toe te laat dat dit jou manier van wees beïnvloed nie. Jy kan dit nie aan en af sit soos wat jy dit nodig kry nie – want dit is iets wat met jou gebeur. Tannie Rosa vertel vandag, met my vra oor oom Chris se aansterk in die hospitaal, 'n klomp wonderlike, mooi, alledaagse geloofstories. Erens vertel sy hoe dankbaar sy is vir haar kinders en hul ondersteuning. Sy vertel van haar seun uit Gauteng wat nou kom kuier en ondersteun het met 'n klompie baie praktiese alledaagse dinge wat sy nie nou voor raad gehad het nie, en hoe hy kon help daarmee. Dan sê sy “Ons bid en vra die Here om ons te help en dan verwag ons 'n engel of iets…maar dan stuur Hy mense om ons te help. En dit is hoe God nog altyd vir ons help, deur mense.” Haar vertroue op God en haar jare lange belewenis van God verander haar seun se besoek tot 'n opdaag namens God. Tannie Rosa en oom Chris het oor jare deur moeilike en wonderskone landskappe deur ontdek hoe dit lyk om saam met die lewende teenwoordige God te leef. Hulle kan nie anders as om die lewe en God se beweging in die alledaagse te herken nie. Frederick Buechner nooi ons uit: “Listen to your life. Listen to what happens to you because it is through what happens to you that God speaks. . . . It's in language that's not always easy to decipher, but it's there powerfully, memorably, unforgettably.” Om die opstanding te herken vra dat jy die eerste opstanding in jou hart moet graveer, jouself as 'n opstandingsmens moet sien en dan op die Gees moet vertrou om jou te help om die herskeppende lewe, waarmee Gód besig is, oral rondom jou en in jou te herken. Ons sien hierdie herkenning langs teleurstelling se wegloop-pad, by 'n bang-wees-wegkruip-plek, in die alledaagse frustrasie van mislukte pogings, by 'n brood breek saam met 'n vreemdeling, 'n visbraai saam met vriende en langs 'n vuur van verleentheid. Wanneer ons later lees van Paulus se botsing met die Opgestane Jesus in Hand. 9 dan sien ons (soos met Maria, die dissipels, Tomas, die Emmaus-gangers en met Petrus) dat daar iets van 'n bekering, 'n rigtingverandering en 'n nuwe self-verstaan in hulle gebeur. Dan kan hulle nie help om die nuwe-lewe-beweging raak te sien en daarby aan te sluit nie. Mag jy die opstanding al meer herken. Na-leef teks “Ons het die Here gesien.” Dissipels aan Tomas “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.” Efesiërs 1:18-20 Na-leef vrae Wat sou jy sê is die herkenbare karaktertrekke van die opstanding? Waar het jy onlangs die opstanding herken? / Waar het jy onlangs 'n behoefte daarna herken? Jesus vra vir 'n blinde Bartimeus “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Waarop Batimeus antwoord “Rabbi, dat ek kan sien.” Om die opstanding te herken het jy dalk nie 'n Geneesheer nodig nie, maar 'n Rabbi wat jou kan leer om dit te herken. Vra die Gees, in jou eie woorde, dat jy die opstandingslewe al meer wil sien.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Bitter of Beter

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 7, 2026 3:22 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Dit voel so vreeslik onregverdig wanneer slegte dinge onverwags met jou gebeur, nè? Iets gebeur met jou, iets wat regtig seermaak, en jy dink by jouself: Wat is besig om te gebeur... Hoekom gebeur dit met my? Het daardie laaste keer wat iets slegs met jou gebeur het ‘n noemenswaardige impak op jou lewe gehad?William Bligh was die kaptein van die skip die Bounty. In 1789 het twee van sy ontevrede matrose die bemanning opgestook om die Bounty te muit. Hulle het Bligh vasgebind en met ‘n paar van sy lojale manskappe op ‘n oop boot in die see gegooi. Hy het as held na Engeland teruggekeer, nadat hy die berugte Muitery oorleef het, maar die vernedering en woede oor die onreg wat hy aangedoen is, het hom outoritêr en bitter gemaak.Later, as Goewerneur in bevel van die Australiese kolonie, Nieu-Suid-Wallis, het Bligh, in sy opdrag om die korrupte Rum-smokkelary te stop, weer as gevolg van sy onverbiddelike, dominante leierskap 'n opstand ontketen. Die Rum-rebellie waar Bligh deur die oproeriges onder huisarres geplaas is, was die enigste suksesvolle gewapende oorname van 'n Australiese regering in die geskiedenis.Bligh se briljantheid as 'n navigator is oorskadu deur sy obsessiewe behoefte om sy reputasie te verdedig. In plaas daarvan om uit die muitery te leer, het hy al hoe meer verbitterd geword, sy bondgenote vervreem en toegelaat dat sy ongehanteerde bitterheid sy lewe definieer.Bitterheid is dikwels ‘n reaksie op pyn. Op die kort termyn is dit seker heeltemal verstaanbaar. Maar wanneer ons weier om te vergewe en toelaat dat bitterheid ons harte oorheers, sal dit ons vernietig. 2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy óf bitter óf beter word. Dis so eenvoudig. God wil jou beter maak, nie alleenlik wil Hy die gapende wond van pyn genees nie, maar Hy wil jou deur die teenwoordigheid van sy Gees binne-in jou, transformeer. Hy wil die vrees, die bitterheid en die negatiwiteit vervang met sy krag en sy liefde sodat jy selfbeheersd kan lewe.Dis wat die Heilige Gees vir jou kan doen. Maar dis jou keuse. Bitter, of beter.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Francois van Rensburg
Gebedsdag: Sonet Stofberg en Anelma van Heerden - Vrugte van die Gees

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Apr 23, 2026 43:51


Eunice van der Merwe gesels tydens die 24-uur GROOT Biddag met Sonet en Anelma oor die 'Vrug van die Gees'.

Francois van Rensburg
Route326: Liggaam Siel en Gees - Dankbaarheid

Francois van Rensburg

Play Episode Listen Later Apr 21, 2026 2:50


Liggaam Siel en Gees - Dankbaarheid.

Autopod Decepticast: A Weekly Podcast Delivering a Minute-By-Minute Breakdown of the 1986 Transformers Movie.
#265: JOEPISODE - THERE'S NO PLACE LIKE SPRINGFIELD PT 2 - REMEMBER ANNAPOLIS

Autopod Decepticast: A Weekly Podcast Delivering a Minute-By-Minute Breakdown of the 1986 Transformers Movie.

Play Episode Listen Later Apr 20, 2026 105:14


Ralph Nader's wife! Bee's Gees! Champagne Room Caleb!! Les Abeilles!!! Shipwreck's soggy skull!! Joe-Blob!! Crimson Guard Cadet Demming increases the juice!!! C.O.B.R.A. health insurance?!! Disgusting night milk!! Cheese caves!! They're just animated women!!! What happened in Annapolis?!?! Parrots are allies!! Living in hope!! In the Real World! Script Deviations!! Iconic Moment!!! Nothing important, just a dream or two!!3:45 - GARDEN GAB10:00 - SHOUT OUTS!12:30 - COCKTAIL15:10 - REVIEW1:19:33 - IN THE REAL WORLD1:37:00 - RATE THE SCHEME1:38:45 - ICONIC JOEMENT1:42:13 - NEXT TIME!

HRCO Potgooi Preke
Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEID

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Apr 19, 2026 42:38


Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEIDJesus het eenmaal gesê dat in die laaste dae "die liefde van baie sal verkoel omdat die wetteloosheid vermeerder" (Matt. 24:12). Let op die volgorde — eers verkoel die liefde, dán neem wetteloosheid oor.Die antwoord op anargie is dus nie strenger reëls nie. Dit is 'n hart wat totaal gerig is op die Here! Hom liefhê met ons hele hart, siel, krag en verstand! Chantál Oosthuizen deel hoe ons daardie vlam weer aanblaas — deur die Gees, die Woord, en die gemeenskap van gelowiges.Hoe lyk jóú vlam vandag?

HRCO Potgooi Preke
Kruisiging en Opstanding jou ASEM in die Gees

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Apr 12, 2026 44:06


KRUISIGING EN OPSTANDING: Die Asemhaling van die Gees. Jesus het nie net vir ons gesterf en opgestaan nie. Hy het ons gewys hóé om te leef. Die kruis en die leë graf is nie net teologie om te glo nie — dit is 'n bloudruk om te leef. 'n Lewenspatroon. 'n Templaat vir die diepste, mees volledige lewe waarvoor jy en ek geskape is."As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry." — Matteus 16:24–25Die AsemhalingVoortdurend. Elke Dag. Elke Sekonde.Haal asem in. Nou blaas uit.Die geestelike lewe werk presies so. Kruis en opstanding. Sterwe en lewe. Loslaat en ontvang. Oorgee en opstaan. https://www.harvestercederberg.co.za/kruisiging-en-opstanding-die-asemhaling-van-die-gees/

HRCO Potgooi Preke
Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Apr 5, 2026 40:42


Die kuns om in God se AANGESIG jouself te versterk. Siel, Waarom is jy So Neerslagtig?Psalms 42 & 43Het jy 'n onversadigbare honger en dors na die teenwoordigheid van die Here? Voel jy soms paradoksaal naby en tog ver van die Here. Jy is in Christus, en tog voel jy op 'n gegewe oomblik verlate van Christus. Hierdie psalm begin met 'n soeke en begeerte ('n passievolle, emosionele werkwoord) na die lewende God. Ons soek Nie godsdiens, dooie gode en tradisies nie... maar na die lewend-makende bruisende Gees van die lewende God, die oorsprong van alle lewe! https://www.harvestercederberg.co.za/die-kuns-om-in-god-se-aangesig-jouself-te-versterk/

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.25 (05.04.26) - (Afr.) - Waar is Jesus heen?

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Apr 5, 2026 3:34


Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; (1 Pet. 3:18-20 Afrikaans OV)Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees. (1 Pet. 4:6 Afrikaans OV)Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee. Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde? Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring. (Ef. 4:8-10 Afrikaans OV)https://youtu.be/4OJjSV0-MAcWAAR IS DIE DODERYK, DIE HEMEL EN DIE HEL?

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | Geseënd is dié wat huil (1)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Mar 18, 2026 6:11


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — Geseënd is dié wat huil (1) Treur is treurige woord. Dit klink te abstrak, te stil, te onsintuiglik, te innerlik. Huil is 'n tragies tasbare woord. Dit is meestal sigbaar, hoorbaar, kan selfs geproe word. Wanneer jy iemand vashou wat huil kan jy die ontsteltenis fisies voel. Huil is lastig lyflik. Hierdie week wonder ek oor Jesus se onverwagse “Geseënd is die wat treur…” in die lig van al nege die saligspreuke en vertaal dan die gedagtes in korter poëtiese gedagtes… Geseënd is dié wat huil Geseënd is dié wat huil wanneer die gewig van die lewe deur hul skanse breek, hul voorgee stroop en die waarheid tot trane vloei — want dit is hier waar ons onthou ons was nooit bedoel om die wêreld alleen te dra nie. Geseënd is dié wat huil oor wat verloor is —     'n geliefde stem wat stil geword het,     'n stoel wat leeg staan by die tafel,     'n lewe wat skielik verander het— want rou is liefde wat nêrens anders het om heen te gaan nie— as om te besef hoe hul liefde jou gevind het nie. Geseënd is dié wat huil, wat weier dat die wêreld hul verhard. In 'n tyd wat eis 'n rots-van-Gibraltar, deurweek trane die hart, tot vrugbare grond wat nooit sal versteen nie. Geseënd is dié wat huil omdat hul ontsteld word oor wat verkeerd is in die wêreld—     geweld waar daar vrede moet wees,     gierigheid waar daar genoeg moet wees. Hul trane verlang na heelheid — verbind hul aan 'n ander moontlikheid, sleur hul mee tot geregtigheid . Geseënd is dié wat huil met die trane van 'n ander se seer. Wanneer ander se trane in jou hart loop lê beweeg God se genade reeds, omhelsend, verby alle twyfel heen. Geseënd is dié wat huil wanneer waarheid illusie deurbreek— die stof afwas van vensters van die siel— dat ons helder kan sien wat in ons gerief vermy, geklee, vertroetel word. Geseënd is dié wat huil eerder as om terug te slaan; wat in die middel, eerder as aan 'n kant, gaan staan; wat vrede se ewigheidspas bo kits kunsmatige wraak verkies. Hul trane hou beide die pole vas, skilder waterwerf landskappe wat die verbeelding van almal verras. Geseënd is dié wat huil omdat hul ten koste van hulself probeer om reg te doen — want trane troos teleurstelling, voed verlange, vloei tot ‘n volgende tree op die pad wat lewe gee. Geseënd is dié wat huil wanneer hul liefdesoffer misbruik word want hulle sal onthou—     liefde se krag,     liefde se vreugde,     liefde se lewe, leef in die gee. Geseënd is dié wat huil — want hulle sal ontdek, onthou, glo in 'n God wat huil oor 'n wêreld wat verward is oor wat seën werklik is. Mag jou elke traan in die lewegewende stroom van God se trane drup. Mag jou elke sug uitnooi na inasem van 'n Gees-deurweekte lewe. Al is dit snikkend. Na-leef teks Johannes 11:35-36 – by Lasarus se graf Jesus het gehuil. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!” Lukas 19:41-42 Toe Jesus nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: “As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.”  Na-leef vraag Met of sonder trane: Waaroor huil jy? / Waaroor sou jy wou huil? Hoekom huil/sug jy hieroor? Ek vra dié vraag versigtig, nie met een of ander onsensitiewe oplossing in gedagte nie: Veronderstel hierdie trane het 'n versteekte wysheid, 'n waarde binne God se koninkryk wat nie noodwendig binne die wêreld waarbinne ons leef herken word nie – wat sou die wonder van hierdie trane dalk kon wees?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur God Verander

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 7, 2026 3:05 Transcription Available


Send a text2 Korintiërs 3:17-18 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. As jy sou terugkyk na hoe jy as persoon, oor die afgelope vyf of tien jaar verander het, sou jy kon aflei dat jy vandag beslis ‘n beter mens is, as wat jy destyds was?Wat beteken dit om 'n beter mens te wees? Miskien het jou selfsug plek gemaak vir vrygewigheid, jou trots vir nederigheid, jou woede vir vriendelikheid. Miskien het jy groter empatie vir ander; miskien help jy hulle, miskien vergewe jy hulle, selfs wanneer hulle dit nie verdien nie. Miskien glimlag jy meer as wat jy frons.Dit wil gedoen wees, nè? Maar dit maak nie saak hoe hard ons daaraan werk om 'n "beter mens" te word nie; is dit moeilik om diepgewortelde houdings en gedrag te verander. Dis amper soos om 'n ernstige siekte te hê en jouself te probeer dokter, in plaas daarvan om na 'n dokter toe te gaan.Daar is natuurlik 'n ander manier; daardie Dokter is Jesus. Laat die groot Geneesheer toe om die geneser van jou hart te wees. Hier is hoe die apostel Paulus dit stel:2 Korintiërs 3:17-18 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.Billy Graham verduidelik dit met hierdie woorde van wysheid: Slegs God kan ‘n mens onselfsugtige liefde vir ander gee, wanneer die Heilige Gees jou van binne verander. Dit is waarom jy Christus moet aanneem; want sonder sy Gees kan jy nooit van die kettings van selfsug, jaloesie en onverskilligheid bevry word nie. Vra jouself af: Sal ander mense Christus se liefde vandag in my lewe sien?Laat Jesus jou verander, van binne af na buite toe.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Aartappels en Eiers

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 5, 2026 3:14 Transcription Available


Send a textPsalm 62:2,3 Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. Teenspoed is geneig om een van twee verskillende reaksies uit te lok: ons word óf bitter óf beter. En let asseblief daarop, so naby as wat die twee woorde aan mekaar klink – bitter of beter – is hulle onverenigbaar. Bitter, of beter, die een óf die ander. Nooit albei nie. So … wat sal dit wees?John Bunyan en George Fox was albei tydens die 17de-eeu in Engeland gevange geneem omdat hulle sonder die toestemming van die Kerk van Engeland gepreek het. Bunyan, het die tronk as 'n plek gebruik om nader aan God te kom. Hy het ‘n boek, The Pilgrim's Progress, wat een van die klassieke Christelike werke geword het, geskryf. Sy lyding het hom nader aan Jesus laat groei.Fox, die stigter van die Kwaker-beweging, het ook deur ‘n soortgelyke moeilike tyd gegaan, maar hy het bitter en aggressief geword en homself selfs van sy vriende afgesluit. Die twee manne is albei baie onregverdig behandel, maar die een het sy pyn aan God oorgegee en dit het blywende vrugte gebring. Die ander, hoewel opreg,  vol wraakgedagtes. Sy lyding het hom verhard.Dieselfde tipe vervolging het twee baie uiteenlopende reaksies veroorsaak – die een beter, die ander bitter. Dit het onthul wat in hulle harte was.Dit blyk dat dieselfde pot kookwater 'n aartappel sag maak en 'n eier hard. Dit gaan nie soseer oor jou omstandighede nie, maar dit wys watter kaliber mens jy is.So, wat van jou? Wie of wat regeer jou lewe? Vir koning Dawid, was die antwoord, ten spyte van sy omstandighede waar hy moes vlug vir sy lewe, baie duidelik:Psalm 62:2,3 Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.Wanneer God jou lewe regeer, maak sy Gees jou siel stil en stel jou in staat om met stille vertroue te wag, wetende dat Hy jou rots, jou heil en jou veilige vesting is. Wanneer God jou lewe regeer, sal jy nie wankel nie!Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Life Changers
Bring The Gees: Numbers 13 & 14 - Mark van Pletsen

Life Changers

Play Episode Listen Later Mar 1, 2026 39:08


Preacher: Mark van Pletsen Sermon: Bring The Gees: Numbers 13 & 14 Date: 01/03/2026

Haptic & Hue
The Glorious Quilts of Gees Bend

Haptic & Hue

Play Episode Listen Later Feb 5, 2026 34:47


An extraordinary new exhibition has just opened in the small Alabama township of Gees Bend, and it gives us some clues as to why this community of world-famous quilters became home to one of America's greatest creative legacies.   The quilts of Gees Bend were first exhibited at the Museum of Fine Arts in Houston, nearly 25 years ago and today their quilts hang in many global art galleries. Since then the critics have repeatedly asked how an isolated community of Black American women could have prefigured many of the traditions of modern art without any formal training. These quilts were born of need, but they were fresh, and utterly original.     Since then not only has their legacy and reputation grown, but other African American quilters have also come to the fore. These include communities in Mississippi, as well as those who carried their southern quilt making traditions to California during World War Two.   Now the exhibition in Gees Bend tells the story of the first named quilter in the township – a woman who almost certainly arrived in America from West Africa as a child on the last known slave ship to enter US waters in 1860, over 50 years after the trade in human beings had allegedly been outlawed.   For more information about this episode and pictures of the people and places mentioned in this episode please go to https://hapticandhue.com/tales-of-textiles-series-8/   And if you would like to find out about Friends of Haptic & Hue with an extra podcast every month hosted by Jo Andrews and Bill Taylor – here's the link: https://hapticandhue.com/join/  

HRCO Potgooi Preke
Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Jan 18, 2026 31:15


Die oorlog in jou kop word nie in jou kop gewen nie — maar deur Gees-geïnspireerde aksieDaar is 'n oorlog wat nie op fisiese slagvelde plaasvind nie.Geen bloed.Geen geraas.Geen sirenes.En tog eis dit meer slagoffers as enige oorlog in die geskiedenis. Dis die oorlog binne-in.Gedagtes wat deurmekaar maal.Herinneringe wat soos getye opswel — ongevra, onbeheerbaar.Vrees wat soos 'n druppende kraan diep in 'n mens se psige bly drup… drup… sonder ophou.Twyfel wat fluister.Agterdog wat onkruid saai.Selfverwyt wat weergalm in die gange van jou hart.

Without The Gym
Cycling News | Yates Retires | Van Aerts Misery | Gees Delight

Without The Gym

Play Episode Listen Later Jan 9, 2026 10:59 Transcription Available


This week's Cycling news round-up includes;News on Simon Yates shock retirement announcement, Jonas Vingegaard's Giro ambitions, Wout Van Aerts ' disastrous cyclocross season, and Derek Gee finally finds a home with Lidl-Trek.If you have just started your cycling journey, you can get your Beginner Cyclist Toolkit Here.It's packed full of information and advice to get you started safely on your journey.

Le 13/14
Marine raconte "How Deep is Your Love" des Bee Gees

Le 13/14

Play Episode Listen Later Dec 4, 2025 5:26


durée : 00:05:26 - C'est une chanson - par : Frédéric Pommier - Gagnante de la dernière saison de la Star Academy, elle est en tournée avec son album "Cœur maladroit", qui ressort avec 7 titres inédits le 5 décembre. Au micro de Frédéric Pommier, Marine évoque "How Deep is Your Love" des Bee Gees, une chanson qu'elle a beaucoup écoutée pendant le confinement. Vous aimez ce podcast ? Pour écouter tous les autres épisodes sans limite, rendez-vous sur Radio France.

HRCO Potgooi Preke
Ontwikkel jou Geestelike Sintuie!

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Oct 28, 2025 37:53


Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar 'n honger — jou gees weet: daar is meer… Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met 'n bewussyn vir die ewige — 'n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God. En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie geestelike sintuie afgestomp. Ons hoor, maar luister nie. Ons kyk, maar sien nie.Ons sing, maar voel nie meer nie. Hierdie Sondag ontdek ons saam hoe om weer daardie innerlike sintuie te herkalibreer — Ons gaan leer om Hom te sien, hoor, proe, ruik en voel — met die oë van die hart, die ore van die siel, en die aanraking van die Gees. Hierdie boodskap gaan jou help onderskei tussen emosie en openbaring, tussen die “gevoel van iets” en die werklikheid van Iemand — die Drie-enige God wat sigbaar word vir diegene met geopende oë. #Openbaring #Herlewing #Verkwikking #Vernuwing #GeestelikeDiepte

HRCO Potgooi Preke
DIE OORLOG TEEN VALSE PERSEPSIES

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Sep 14, 2025 46:18


Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar 'n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31).

Es la Mañana de Federico
Federico a las 8: Entrevista a Hanan Serroukh, "El islamismo es terrorismo de fractura social"

Es la Mañana de Federico

Play Episode Listen Later Jul 25, 2025 30:09


Rosana Laviada entrevista a la coordinadora de estudios islámicos del GEES que asegura que "el islamismo está coaccionando de forma diaria y sutil".

The Alan Cox Show
Naked Mole Rat, Bees & Gees, Big Rock Finish, 1920's Orgy, Paw' Patrol, Sudsy Sweeney, Petty Python

The Alan Cox Show

Play Episode Listen Later Jun 2, 2025 179:09


The Alan Cox Show
Naked Mole Rat, Bees & Gees, Big Rock Finish, 1920's Orgy, Paw' Patrol, Sudsy Sweeney, Petty Python

The Alan Cox Show

Play Episode Listen Later Jun 2, 2025 178:59


The Alan Cox ShowSee omnystudio.com/listener for privacy information.

HARKpodcast
Episode 384: Three Gees A-Maying

HARKpodcast

Play Episode Listen Later Apr 23, 2025 49:01


As May approaches, we're celebrating... May, I guess? May. Christmas songs that mention May? Yes. And no, not "May your days be merry and bright". We're talking MONTH OF MAY ONLY. First up (appropriately enough) is "First of May" by The Bee Gees. Then we hear the endearingly baffling "When Was Jesus Born?" by Lil Gee (no relation). The ranking music in this episode is "First of May" by Jonathan Coulton.

The Dana & Parks Podcast
D&P Highlight: The Bees were Gees'd over the weekend.

The Dana & Parks Podcast

Play Episode Listen Later Jan 27, 2025 10:41


D&P Highlight: The Bees were Gees'd over the weekend. full 641 Mon, 27 Jan 2025 19:56:00 +0000 dH20Tu49X8gZJc1o5X4GQxjmWABU4nV0 news The Dana & Parks Podcast news D&P Highlight: The Bees were Gees'd over the weekend. You wanted it... Now here it is! Listen to each hour of the Dana & Parks Show whenever and wherever you want! 2024 © 2021 Audacy, Inc. News False https://player.amperwavepodcasting.com?