Podcasts about Christene

  • 101PODCASTS
  • 473EPISODES
  • 18mAVG DURATION
  • 1EPISODE EVERY OTHER WEEK
  • May 13, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about Christene

Show all podcasts related to christene

Latest podcast episodes about Christene

God se Woord VARS vir jou Vandag
Aanbidding is Meer As ‘n Lied

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 13, 2026 2:46 Transcription Available


Send us Fan MailJesaja 29:13,14 So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.” (NLV) Het jy al ooit iets probeer doen, sonder dat jou regtig hart regtig daarin was? Dis vervelig, dis niksseggend. Jy doen dit net uit gewoonte. Dit voel soos 'n leë ritueel en dit is betekenisloos. Jy gaan voort daarmee, want, wel, dis wat ‘n mens doen.Maar weet jy, vir baie mense wat hulself Christene noem, word hul Christenskap ‘n verpligting, eerder as ‘n verhouding met hulle Koning en Here. Hulle sleep hulself dalk nou en dan kerk toe en staan daar saam met al die ander mense en sing al hierdie wonderlike nuwe aanbiddingsliedere, maar diep binne-in ... is hul harte nie daarin nie.En sommige van daardie liedjies is werklik ontroerend. Meer as 'n halfmiljoen is oor die afgelope dekade alleen gepubliseer. Maar dit beïndruk God nie in die minste, as jou hart nie daarin is nie.Jesaja 29:13,14 So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.” (NLV)Die slotsom? God word nie beïndruk met die sing van liedere nie. Hy wil nie ons musiek hê nie, Hy wil ons harte hê. En dit is sommige dae nie maklik nie.Soos Charles Spurgeon dit gestel het: Daar is sommige mense wat baie ywerig is wanneer dit kom by die uiterlike aspekte van goddelike aanbidding, maar wie se harte nie opreg teenoor God is nie. Dit is baie makliker om 'n tempel vir God te bou as om 'n tempel vir God te wees.Om God te aanbid is soveel meer as om liedere te sing.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God is Aan Jou Kant

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 3, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Die wêreld is deesdae skerp verdeeld tussen outoritêre regimes aan die een kant, en sogenaamde liberale demokrasieë aan die ander kant. Tog is daar 'n groterwordende grys area in die middel, waar sensuur die basiese mensereg van vryheid van spraak ondermyn.'n Onlangse Britse regeringsverslag genaamd: Geloof en Oortuiging in Moderne Brittanje, verklaar dat: Dit heeltemal aanvaarbaar is om die Christendom in die openbaar te bespot of te verag. 'n Geopende Deure-verslag oor Wes-Europa, het bevind dat 30% tot 40% van jong Christene erken dat hulle hul geloof geheimhou, uit vrees vir bespotting of professionele gevolge.Daar is tydens verlede jaar meer as 'n duisend anti-Christelike dade soos brandstigting van kerkgeboue, ontheiligings en aanrandings, in Frankryk aangemeld. Die Kanadese aktivis Chris Elston, bekend as Billboard Chris, is in Australië in hegtenis geneem omdat hy doodstil in 'n openbare winkelsentrum gestaan het met 'n plakkaat wat lui: Kinders kan nie self toestemming gee vir puberteitsblokkeerders om hormoon produksie te stop nie.Vervolging is aan die toeneem. Jy kan dit sommer voel. Jy kan dit sien. So, wat moet ons doen? Paulus skryf in die 1ste eeu n.C. in:2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.Vervolging ís aan die toeneem. Ek weet nie waar jy woon, en onder watter regeringstelsel jy leef nie, maar moenie verbaas wees om te sien, dat hierdie vloedgolf van vervolging ook al in jou omgewing afspeel nie. Nie almal glo in die Here nie, weet jy?Moenie ontsteld wees nie, moenie bang wees nie, want: Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur Mense Verwerp, Maar deur Christus Uitgekies

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 18, 2026 3:04 Transcription Available


Send us Fan MailJohannes 15:18-19 “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle. Ons het van kleins af, deur die positiewe en negatiewe terugvoer van ander, geleer wie ons is, wat ons veronderstel is om te glo en hoe ons moet optree. Daardie terugvoer kan ons soms natuurlik ook skade berokken...Perpetua was 'n jong edelvrou wat haar lewe vir Jesus gegee het. Sy het in die 2de eeu n.C. in Kartago, Noord-Afrika, gewoon. Tydens die keiser se vervolging van Christene is sy saam met ander gelowiges in hegtenis geneem. Sy het 'n pasgebore baba gehad en haar pa het haar gesmeek om Christus te verloën, maar sy het geweier en standvastig gebly.In haar dagboek, wat sy in die tronk gehou het, het sy geskryf van visioene van God en van haar diep vrede, ten spyte van die feit dat sy geweet het dat sy haar dood tegemoet gaan. Op die dag van haar teregstelling het sy, voordat sy deur wilde diere en ‘n swaard doodgemaak is, medegelowiges in die arena aangemoedig. Haar onwrikbare geloof het 'n kragtige getuienis vir die vroeë kerk geword.Dit is ‘n baie ekstreme voorbeeld, maar die waarheid is dat nie almal jou positiewe terugvoer oor jou goedheid, jou uniekheid en veral jou geloof sal gee nie. Jesus het vir sy volgelinge gesê:Johannes 15:18-19 “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.”Ja, ons weet dat die terugvoer van ‘n ander 'n groot rol in ons vorming speel. Maar onthou: die mense óm jou is nie perfek nie. Hulle maak ook foute. Daarby het hulle ook nie altyd die suiwerste motiewe nie. Wees dus versigtig, baie versigtig, om voortdurend bevestiging te soek van 'n wêreld wat 'n perfekte Man gekruisig het.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

SuperAge: Live Better
Christene Barberich: How to Edit Your Life at 57

SuperAge: Live Better

Play Episode Listen Later Apr 16, 2026 49:38


A conversation with the Refinery29 founder and mind behind A Tiny Apt. about what midlife sharpens: your sense of what matters, what no longer fits, and how your surroundings affect your mood, sleep, and energy. Christene explains why small changes at home can reduce background stress, why reinvention feels more urgent with age, and how to make choices that reflect who you are now rather than who you used to be. Listeners will come away with a clearer way to think about editing their space, protecting their attention, and moving toward change without waiting for perfect conditions. It is a practical episode about building a life that feels more intentional, more livable, and less crowded by other people's expectations.Special Thanks to Our SponsorsLMNT Electrolytes: Our #1 electrolytes for optimal hydration, and their new 12oz sparkling cans are officially for sale online! Get a free Sample Pack of LMNT's most popular drink mix flavors with any purchase by using our link here. Find your favorite LMNT flavor, or share with a friend.Timeline Nutrition: Our favorite supplement for cell support and mitochondrial function. Listeners can now get 20% off their first Timeline purchase by using the code “AGEIST” at checkout at TimelineNutrition.com/ageist.Key Moments“And I'm gonna tell you, if you have trouble sleeping, paint your bedroom a dark color, because my husband and I feel like we are in a hotel room every night.”“I don't want to leave anything on the table. I want to make it to the end and just be like, I f***ing played that hand so well, and I didn't play it small. And that can be really scary, you know, especially when you feel like failure is more detrimental as you get older and harder to recover from.”“You don't have to conquer your goals overnight, but when you start moving in the direction of it, when you make that decision, it is like, miracles really do start to happen.”Connect with ChristeneA Tiny Apt. SubstackInstagramProfile Interview for AGEISTConnect with AGEISTNewsletterInstagramWebsiteLinkedInClick Here for the full interview transcript.Say hi to the AGEIST team!

God se Woord VARS vir jou Vandag
Beskaafdheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 22, 2026 3:02 Transcription Available


Send us Fan MailEfesiërs 4:14-15 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. (NLV) Dit lyk asof mense deesdae die vermoë verloor het om beskaafd van iemand te verskil. Ons sien gereeld hoe politici mekaar uitmekaar wil skeur, hoe sekere groeperinge Christene belaster en andersom. Wat het geword van die vermoë om met respek te debatteer en van mekaar te verskil?William Wilberforce het in die 18de eeu in Engeland die stryd om die slawehandel af te skaf, gelei. Hy was onverskrokke in sy stryd teen slawerny en het die gruwels daarvan dapper openbaar.Tog het hy sy teenstanders met grasie behandel en hulle nooit persoonlik belaster nie. Jaar na jaar het hy met nederigheid en deernis die saak by die Parlement bepleit. Hy het die euwel van slawerny en die slawehandelaars wat in die stelsels vasgevang is, van mekaar geskei; hy was onvergeeflik teenoor die probleem, terwyl hy empatie gehad het vir die handelaars. Sy gesindheid het uiteindelik gehelp om die handel tot 'n einde te bring.Efesiërs 4:14-15 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. (NLV)Dit is nie slim om die feit, dat ons aan alle kante deur diepgewortelde boosheid omring word, te ontken nie. Ons sien daagliks hoe mense met hulle geld en posisies ander mense benadeel en dan met hulle slim argumente vir ons probeer oortuig om saam met hulle te staan.Maar soos Wilberforce, is die beste reaksie om genadig teenoor die persoon te wees en die probleem te konfronteer. God se liefde vermy en ontken nie die waarheid nie – Hy tree in liefde, in plaas van minagting, op.Ons sal by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Car Guy Coffee
Car Guy Coffee Podcast Presents #5Liner feat. Christene Addis

Car Guy Coffee

Play Episode Listen Later Mar 11, 2026 33:39


Car Guy Coffee Podcast Presents #5Liner feat. Christene Addis Welcome to The #5Liner, the show dedicated to the individual journeys that power the automotive industry. It's not about the company; it's about the individual, their career, mindset, and personal story. In each episode, we sit down with a high-quality selection of Car Guys and Car Gals to get beyond the title and into the hard earned wisdom they've gained. Join us as we uncover the wins, challenges, and #5Liner takeaways that have shaped today's top talent.  In this episode of The Car Guy Coffee Podcast, hosts Lou Ramirez and Fred Lennartz welcome Christene Addis. Christene shares her “why” as faith, family, and passion, with a focus on serving and uniting her community. She explains that automotive wasn't her original plan—she came from nonprofit and corporate work—but fell in love with the industry's fast pace, adaptability, people, and marketing impact after five years in the business. Christene highlights key mentors, including her adoptive father and former leader Craig Linvall, sharing lessons like “Who will be better because of what I do today?” and “Nobody cares about your storm.” She names her hardest career lesson as learning that you can do everything right and still lose, and her greatest rewards as her daughter and successful community campaigns and initiatives. 

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jesus Teenoor Godsdiens

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 6, 2026 3:20 Transcription Available


Send a textJohannes 13 :3-5 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. Het jy al ooit na ander mense gekyk en vir jouself gesê: Daardie mense daar oorkant, gedra hulle so sleg. Ek is so bly ek is nie soos hulle nie! Op daardie stadium voel jy trots en moreel meerderwaardig. Jy dink dat jy baie beslis beter as hulle is.Baie mense verwerp Christendom omdat hulle Christene sien optree op maniere wat Jesus se leringe weerspreek. Hulle sien mense se veroordelende houdings; hulle skandalige gedrag, gierigheid, rassisme, misbruik en politieke vooroordeel.Hulle gedrag stem nie ooreen met wat hulle sê hulle glo nie, en dit veroorsaak dat mense vir hulleself sê: As Christene nie soos Christus leef nie, hoekom moet ek hulle geloof ernstig opneem?Dis ‘n ou, ou storie wat vandag steeds afspeel: die morele mislukkings in die Kerk - van korrupte leiers tot die skynheiligheid van die gemeentelede – trek vir die mense daar buite, ‘n rooi streep deur die geloofwaardigheid van die Evangelie.Ongelowiges verwerp nie bloot Christelike leerstellings nie; hulle reageer op dit, wat hulle as geestelike bedrog beskou. Gandhi se bekende woorde som dit so mooi op: Ek hou van julle Christus; maar ek hou nie van julle Christene nie. Julle Christene is so anders as julle Christus.Die eintlike probleem is dus vertroue. As die Kerk nie die liefde, nederigheid en integriteit van Jesus weerspieël nie, waarom moet ‘n mens dan die boodskap glo? En nederigheid is die kern van die Evangelie. Kyk na Jesus se voorbeeld in:Johannes 13:3-5 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.Die verskil tussen Jesus en godsdiens is dat godsdiens jou skaam maak omdat jy vuil voete het. Jesus kniel neer om hulle te was.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Voorbeeld is Kardinaal

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 26, 2026 3:01 Transcription Available


Send a textMatteus 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Baie mense dink jy kan iemand verander deur hom te beheer en deur hom te dwing om na jou pype te dans. Maar dis nie waar nie, jou invloed is soveel kragtiger.John Newton, was aanvanklik 'n wrede slawehandelaar, maar  sy lewe het verander toe hy een nag desperaat tot God gebid het tydens ‘n verskriklike storm toe sy skip besig was om te sink. Hy het sy Bybel begin lees en later radikaal tot bekering gekom toe hy Christene ontmoet het. Hy was veral beïnvloed deur Christene soos William Wilberforce, want hy het sy vriendelikheid, geloof en volharding gesien. Hy het die Lig wat Christene het, begeer. Newton het later 'n pastoor geword en die mensehandel, waaruit hy eens baie geld gemaak het, in die openbaar veroordeel. Die voorbeeld van Christene se nederige goedheid het 'n bose man in ‘n kragtige evangelis verander.Newton was ‘n baie gerespekteerde prediker en hy het ‘n groot invloed op baie mense gehad. Hy het onder andere vir Thomas Scott, ‘n voltydse pastoor, wat sy bediening slegs as ‘n loopbaan beskou het, gehelp om ‘n ware geloof in Christus te ontdek. Scott het as gevolg van Newton se invloed later ook ‘n medestigter van ‘n groot Sendinggenootskap geword.Newton is vandag bekend vir die talle lofliedere wat hy geskryf het; onder andere Amazing Grace.Matteus 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”Dit blyk dat jy reproduseer wat jy lewe. Wanneer die Lig van die liefde van Jesus Christus uit mense se harte na die duisternis rondom ons skyn, sal dit die wêreld verander.Lig transformeer mense; dit trek hulle nader. En wanneer jou lewe liefde, hoop, geloof en vriendelikheid uitstraal, word ander nie net na jou getrek nie, maar na Christus self.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer die Verlede Roep, moenie Antwoord Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 13, 2026 3:02 Transcription Available


Send a textFilippense 3:13-14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV) Ongelukkig wil baie mense nie terugdink aan die ongeneesde wonde uit hulle verlede nie; hulle wil die seerkry van afknouery op die skoolterrein, afbrekende woorde van 'n ouer of onderwyser, 'n gebroke verhouding, of 'n onopgeloste skuldgevoel ignoreer, asof dit nooit gebeur het nie. Maar, om vry te kom van die seer van die verlede, moet ons tog daaraan dink en dit hanteer.Laat my toe om jou van my seerkry te vertel. My eerste vrou het my vir een van my beste vriende verlaat. Ek was nie 'n slegte mens nie, maar 'n gedrewe, Tipe-A-presteerder, en ek verstaan dit nou, dekades later, eers heeltemal. Maar, weet jy, daardie verwerping het 'n diep wond gelaat.Die onvermydelike rouproses het 'n paar jaar geneem, maar ek moes die besluit neem om met die seerkry te breek. Op die ou end moet ons elkeen 'n besluit neem. Ons kan óf kies om die wond te versorg, wat onvermydelike verandering gaan behels, óf ons kan aanhou om die roof af te krap, wat gaan lei tot bloeding en infeksie.Ongelukkig kies baie mense laasgenoemde. Hulle kom nooit oor die seer van die verlede nie en neem nie verantwoordelikheid vir die veranderinge wat hulle moet maak nie.Filippense 3:13-14 Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (NLV)Die apostel Paulus, wat hierdie brief aan die mense in Filippi geskryf het, moes sy pynlike verlede van vervolging van Christene hanteer. Tog het hy gekies om nie toe te laat dat dit hom definieer nie. In plaas daarvan het hy doelgerig vorentoe gegaan, gefokus op God se roeping, eerder as die selfverwyt oor sy verlede.Moenie antwoord wanneer die verlede roep nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Tevredenheid is Nie die Doelwit Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 7, 2026 2:52 Transcription Available


Send us a textFilippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. Tevredenheid is iets wat ons almal wil hê, maar dit is dikwels ontwykend. Is jy op die oomblik tevrede, of is jy soos 'n verslaafde wat voortdurend op soek is na die volgende nuwe idee wat jy kan najaag?Jesuïete-sendelinge het ‘n Japannese jongman met die naam Kaji by die Here Jesus uitgebring. Dit was in 'n tyd toe Christene in Japan wreed vervolg is. Kaji se bekering het hom sy status, sy landerye en uiteindelik ook sy vryheid gekos. Hy is gevange geneem en gemartel, maar hy het standvastig gebly en geweier om van sy geloof afstand te doen deur die Here Jesus te verloën.In die tronk het hy sy kos met ander gedeel. Hy het ander gevangenes gehelp; hulle aangemoedig en selfs saggies lofliedere gesing. Alhoewel hy deur dood en wanhoop omring was, het hy vrede in Christus gevind, omdat hy geweet het dat sy hoop nie van omstandighede afhang nie, maar dat hy ‘n ewige hoop in die Here Jesus het.Kyk hoe het die apostel Paulus wat self tydens die 1ste eeu n.C. in die tronk was, getuig oor die berusting wat hy ten alle tye beleef het: Filippense 4:11-13 Ek sê dit nie omdat ek iets kortkom nie. Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (NLV)Jy sal nie die geheim van tevredenheid ontdek deur die perfekte lewe na te jaag nie, maar deur te kies om die Here te vertrou en jou in Hom te verlustig, dit maak nie saak waar jy is nie. Tevredenheid is nie 'n bestemming nie; dis 'n keuse.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Gasvry

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 30, 2026 2:56 Transcription Available


Send us a textRomeine 12:13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om 'n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak 'n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. (NLV) Nouja, vandag is een van daardie dae wat ek jou met 'n moeilike vraag gaan konfronteer. Hier is dit: Hoe behandel jy vreemdelinge? As jy iemand sien wat jy nie ken nie en wat in nood verkeer, is jy die soort persoon wat opstaan en help, of stap jy oor na die ander kant van die pad om hulle te vermy?Om vriendelikheid of gasvryheid aan 'n vriend te betoon is wonderlik. En ek is seker dat wanneer jy dit doen, hulle geseënd voel. Hulle sê dalk nie altyd dankie nie. Hulle lyk dalk nie altyd dankbaar nie, maar dit laat hulle gewaardeerd voel.Maar wat gebeur wanneer 'n vreemdeling moeite doen om iemand te help? Wat gebeur wanneer jy 'n maaltyd kook of selfs jou huis oopstel vir iemand wat jy skaars ken? So ‘n onverwagte daad van vrygewigheid en gasvryheid van 'n vreemdeling vermenigvuldig die seën in die ontvanger se hart, nie waar nie?Romeine 12:13 As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om 'n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak 'n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. (NLV)Die oorspronklike Griekse woord wat hier as "gasvry" vertaal word, beteken letterlik "om vreemdelinge lief te hê". In die Bybelse tyd was daar geen hotelle nie. Herberge was baie skaars, om nie te praat van hul slegte reputasie van onveiligheid of immoraliteit nie. Dit verduidelik dus dat reisende Christene, sendelinge of ontwortelde gelowiges baie afhanklik was van die gasvryheid van mede-Christene.Medegelowiges word aangemoedig om gasvryheid gretig na te jaag, selfs om dit agterna te sit. Deur sy Woord stel God dus nie bloot voor dat ons gasvry moet wees nie. Hy sê vir ons om dit met ywer na te streef; om uit ons pad te gaan om ander te verwelkom; selfs diegene wat ons nie persoonlik ken nie.Betoon gasvryheid aan vreemdelinge.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Liefde Bring ons Nader

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 22, 2026 2:59 Transcription Available


Send us a textRomeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) In 1905 het Albert Einstein sy relatiwiteitsteorie gepubliseer. Hy en baie ander wetenskaplikes het gedink dat die heelal uit net een sterrestelsel bestaan. Vandag praat geleerdes van 'n ongelooflike heelal wat uit, omtrent twee triljoen sterrestelsels, elk met 'n gemiddeld van honderd miljard sterre en tweehonderd miljard planete, bestaan. Die interessante ding is dat die kosmos besig is om verder en verder uit te beweeg – al verder én vinniger weg van ons. Dit is nie staties nie. Dit verg onbeskryflike groot krag, nè? Maar weet jy wat is die sterkste krag van almal? Die antwoord is sonder enige twyfel ... die liefde. God is liefde. Liefde is nie ‘n emosie of ‘n gevoel wat beskryf of verduidelik moet word nie. Liefde bind ons bymekaar. Daardie beeld van 'n vinnig groeiende kosmos wat steeds wegbeweeg, herinner ons aan die manier waarop lande, gemeenskappe, selfs gesinne, al hoe meer verdeeld word deur ideologieë, deur politiek, deur selfsug en deur trots. Daar is egter een krag wat ons weer nader aan mekaar bring: die liefde van ons Here Jesus Christus wat Hy vir ons medemens in ons harte uitstort.Die Bybel beskryf gelowiges as 'n organiese gemeenskap wat mekaar se vreugde en smarte deel; mekaar ondersteun en daadwerklik help. ‘n Gelowige sien verhoudings as iets waarop hy nie sy rug kan draai nie, maar as 'n verhouding wat hom tot verantwoordelikheid oproep. Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV)In hierdie onpersoonlike wêreld moet ons, as ware Christene, vir mekaar lief wees op 'n manier wat ons so ná soos broers en susters aan mekaar laat voel. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
SAKP vra AU-ingryping in VSA-aanvalle op Nigerië

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 28, 2025 0:21


Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die militêre ingryping deur die Amerikaanse weermag in Noord-Nigerië veroordeel. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê dit is geen verrassing nie, gegewe die onlangse reeks openbare verklarings en uitsprake deur die Amerikaanse regering wat dui op hul planne om troepe in Nigerië te ontplooi, onder die voorwendsel om Christene teen ISIS-geaffilieerde groepe te beskerm. Mandlana het 'n beroep gedoen op onmiddellike diplomatieke optrede deur die strukture van die Afrika-Unie:

The Better Than Rich Show
Building A Lasting Legacy: Brand Identity & Leadership Tips with Christene Marie

The Better Than Rich Show

Play Episode Listen Later Dec 15, 2025 56:22


Why do some home service owners stay stuck while others build companies that run with predictability? Many think the problem is marketing or labor, but the real issue is a lack of clarity. When the owner is unclear, the team becomes unclear. That creates mixed messages, slow decisions, and systems that break under pressure.  In this episode of The Better Than Rich Show, Mike Abramowitz sits down with Christine Marie, a 4th-Gen trades professional and consultant to leaders in the home service space. Christine explains how Legacy, identity, and apparent self-awareness influence the way an owner leads. She shows how personal clarity impacts the brand message, decision-making, systems, customer experience, and team alignment.   Christine guides business owners through vision work, emotional drivers, customer journey audits, and essential systems to help their businesses grow without personal burden. She shows how emotional intelligence, clear values, and strong relationships create predictable companies that scale confidently.   Timestamps [00:00] Opening and guest introduction [02:48] Legacy and the fourth-generation story [07:26] Why Legacy matters for every owner [11:26] Bringing identity into the business [12:31] Vision, clarity, and the eulogy exercise [18:58] Prompts for self-reflection [22:48] How relationships affect business health [26:39] Systems, audits, and predictable operations [30:42] The customer journey from first search to follow-up [32:33] Why emotions drive buying decisions [36:20] Understanding how customers feel [39:56] A simple testimonial framework [42:41] Emotional transformation for the customer [45:53] The complete client journey and referral loop [49:50] Bottom of funnel strategies [50:50] The Knowing Framework [52:15] How to connect with Christine [53:30] What it means to be better than rich  Key Quotes   “Every owner has a personal brand, even if they ignore it.”  “Your decisions today create the legacy your kids live with.”  “Predictability comes from systems, not talent.”  “Customers buy with emotion before they buy with logic.”  “Relationships shape the future of your business.” Key Takeaways    Get clear on who you want to be and what you want your business to become.  Audit the whole customer journey from search to follow-up.  Track how customers feel at every step.  Use systems to remove friction and free up your time.  Keep nurturing customers long after the job is done.  Links Mentioned https://christenemarie.com/ theknowingagency.com  Connect with The Better Than RichWebsite - https://www.betterthanrich.com/Facebook - https://m.facebook.com/betterthanrich/Instagram - https://www.instagram.com/betterthan_rich/Twitter - https://mobile.twitter.com/betterthan_richTikTok - https://www.tiktok.com/@betterthanrichYouTube - https://www.youtube.com/channel/UC3xXEb7rKBvkCOdtWd4tj2ALinkedin - https://www.linkedin.com/company/betterthanrich

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Jesus vir Ander

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 10, 2025 2:55 Transcription Available


Send us a text1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het. Wanneer jy die woord "gehoorsaamheid" hoor, wat kom dadelik by jou op? Miskien 'n lastige gevoel van ‘n verpligting wat op jou geplaas word? Herinneringe aan 'n streng opvoeding? Daardie moeilike baas by die werk? Ek dink vir die meeste van ons het daardie woord, “gehoorsaamheid,” ‘n negatiewe konnotasie.Hoe negatief dit ook al aanvanklik mag lyk; gehoorsaamheid het 'n ongelooflik positiewe invloed. Wie weet hoeveel lewens elke dag gespaar word, net omdat gewone mense soos ek en jy die padreëls gehoorsaam?Laat ons 'n bietjie dieper delf wanneer God ons beveel om Hom te gehoorsaam, voordat ons dit sommer net verwerp.1 Johannes 2:3-6 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.En hoe het Jesus geleef? Hy het die geringstes in die samelewing liefgehad; Hy het teen die godsdienstige skynheiliges opgestaan; Hy het mense aangemoedig; Hy het mense vermaan en Hy het Homself vir ons geoffer.Soveel "Christene" is Sondag-Christene en leef van Maandag tot Saterdag sonder die Here. Dietrich Bonhoeffer, die bekende Duitse geestelike wat vir sy geloof gemartel is, het gesê: Een daad van gehoorsaamheid is beter as honderd preke. En C.S. Lewis het gesê: Gehoorsaamheid is die sleutel wat elke deur oopmaak.Leef soos Jesus as jy ‘n betekenisvolle lewe wil lei. Gehoorsaam Hom.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Kom ons Verstaan Mekaar Mooi!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 29, 2025 2:55


Send us a textJakobus 4:4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Huigelary en ontrouheid is vir ons afstootlik. En tereg. Wie wil geassosieer word met iemand wat ‘n tweegesig is? Iemand wat hul ware motiewe wegsteek? Iemand wat jou uiteindelik sal verraai?John F. Kennedy word onthou as een van Amerika se groot presidente. Hy is in 1953 met Jacqueline Bouvier getroud. Volgens bewering het hy dikwels in die openbaar groot bewondering en liefde vir haar uitgespreek. Hierbenewens het hy ook ‘n groot ophef van haar intelligensie, haar styl en haar belangrikheid in sy lewe gemaak. Maar ten spyte hiervan het hy berugte verhoudings met Marilyn Monroe en 'n hele paar ander vroue gehad.Is dit nie snaaks hoe die geskiedenis bereid is om sy huigelary en ontrouheid oor die hoof te sien nie? Dit is duidelik dat jy nie jou vrou werklik kan liefhê as jy verhoudings aan die anderkant van die draad het nie. Dit is in daardie gees dat hierdie vers geskryf is:Jakobus 4:4 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.“Die wêreld” verwys hier na die dinge van hierdie wêreld – rykdom, roem, plesier, die ‘self' en die vasklou aan ons sondige begeertes. Dit is duidelik dat jy God nie werklik kan liefhê as jy daardie dinge aan die wêreld se kant omhels nie. Maar ongelukkig is so baie mense bereid om hul eie skynheiligheid en ontrouheid oor die hoof te sien.Soos A.W. Tozer dit stel: 'n Hele geslag Christene het grootgeword met die oortuiging dat dit moontlik is om Christus te ‘aanvaar' sonder om die wêreld te verlaat.Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Nigerië het 'n terreuroorlog, nie een tussen Christene en Moslems nie

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 0:30


Een van president Donald Trump se geestelike adviseurs sê dat interne konflik in Nigerië 'n terreuroorlog is eerder as 'n oorlog van Christene teen Moslems. Die Amerikaanse president beweer dat Christene in Nigerië vervolging in die gesig staar. Mark Burns sê aan Sky News die kwessie is uiters kompleks.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer die Bose Jou Aanval (3)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 20, 2025 3:07 Transcription Available


Send us a textHandelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Dit lyk asof mense deesdae glo dat hoe harder hulle skree, hoe meer sal hulle gehoor word; al is hulle in die minderheid, en al lê selfs dít wat hulle verkondig, êrens tussen waansin en ekstremisme. Maar die ergste is dat wanneer hulle nie met jou saamstem nie, wil hulle jou stilmaak, jou opsy stoot en jou invloed in die gemeenskap afsny. En dis ongelooflik intimiderend.In baie dele van die wêreld het dit onaanvaarbaar geword om te sê dat 'n man 'n man is en 'n vrou 'n vrou. Hoe mal dit ook al mag lyk; daardie eenvoudige stelling, van die duidelik voor die hand liggende waarheid, word deur sommige (slegs deur 'n paar, maar steeds deur sommige) as bevooroordeeld en aanstootlik beskou.En so kan die gemiddelde Jan Alleman geïntimideerd voel om op te staan; om die waarheid te praat. Sy natuurlike reaksie sal dan wees om hom van gesprekke wat saak maak, te onttrek.Daardie vervolging, watter vorm dit ook al mag aanneem (en ek het hier slegs een voorbeeld gebruik) gebeur al sedert die vroegste tye. Vroeë Christene het verskriklike vervolging gely. So hoe het hulle gereageer? Het hulle teruggetrek? Nee. Hulle het gebid. Hier is wat hulle gebid het:Handelinge 4:29-31 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.Daardie vroeë Christene het nie teruggedeins voor vervolging nie. Hulle het gebid. Hulle het gebid dat God hulle sal help om sonder vrees die Goeie Nuus te deel. Hulle het gebid dat God se krag in hulle en deur hulle sal werk.Wanneer jy geïntimideerd voel, is die antwoord om te bid. En onthou altyd: die Een wat in jou is, is groter as die een wat in die wêreld is.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
AU waarsku oor Trump se bewerings van Christen-sterftes in Nigerië

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 14, 2025 0:18


Die Afrika-unie Kommissie se voorsitter, Mahmoud Ali Youssouf, het teruggekap teen president Donald Trump van Amerika se bewerings van massamoorde op Christene in die noorde van Nigerië. Trump dreig met militêre optrede en beskuldig die Nigeriese regering dat hy nie, wat Trump as ʼn massaslagting op Christene in die land beskryf, keer nie. Dit is ten spyte van menseregtekenners se verklaring dat die meeste slagoffers van die gewapende Islamitiese groep, Boko Haram, Moslems is. Youssouf waarsku teen ongestaafde bewerings:

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Kernwaarheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Nov 9, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is Sommige mense het 'n ware aanleg om komplekse konsepte in 'n enkele sin so slim en kragtig op te som, dat dit eeue nadat hulle oorlede is, steeds aangehaal word. Sint Franciskus van Assisi, het in die laat tweede en vroeë derde eeue n.C. in Italië geleef. Hy het volgens oorlewering hierdie wonderlike woorde gesê: Verkondig die Evangelie, gebruik woorde indien nodig. Daar is geen historiese bewyse dat hy spesifiek daardie woorde gesê of geskryf het nie, maar dit is nie ter sake nie.Trouens, sy volgelinge het hierdie beginsel om die Evangelie uit te leef en ook die mondelinge verkondiging daarvan beklemtoon. Ek stem honderdpersent saam.Maar weet jy, daar is te veel welmenende Christene dwarsdeur die wêreld wat deur hul goeie dade die verlorenes tot in 'n Christuslose ewigheid liefhet. Ja, wat hulle miskyk, is die feit dat mense nie net liefdesdade nodig het nie, maar dat die Goeie Nuus van Jesus aan hulle vertel en verduidelik moet word: En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? Vertel hulle wat staan in:1 Petrus 1:19 Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.Jesus, die Seun van God, God self, het 'n mens geword. Hy het op hierdie aarde geleef. Hy was heeltemal onskuldig, heeltemal sonder sonde of smet, maar Hy is skuldig bevind en gekruisig om die prys, wat God se geregtigheid vir jou en my sonde eis, te betaal.En wanneer ons in Jesus glo, verstaan ons dat God ons sonde vergewe het en ons 'n nuwe lewe gegee het; 'n ewige lewe. Nie deur wat ons gedoen het nie, maar deur ons geloof in wat Jesus namens ons gedoen het.Jy is met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is, losgekoop.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Nuus
Nigerië kap terug, eis dat sy sowereiniteit gerespekteer word

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 3, 2025 0:16


Nigerië se ministerie van Buitelandse Sake sê hy sal Amerika se hulp aanvaar om teen Islamitiese militante groepe te veg, solank sy gebiedsintegriteit gerespekteer word. President Donald Trump van Amerika het die Departement van Verdediging opdrag gegee om gereed te maak vir moontlike militêre optrede in Nigerië. Hy beskuldig dié land se regering dat hy nie wat hy die massaslagting van Christene noem, keer nie. Die ministerie se woordvoerder, Kimiebi Imomotimi Ebienfa, ontken Trump se bewerings van massamoorde op Christene:

ToekomsVenster
ToekomsVenster | My pa is die Koning

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Oct 27, 2025 4:35


Sal dit nie uitnemend wees as Christene wêreldwyd ook die strate wil invaar om as feesvierende menigte die roem, eer en erkenning te gee aan die beste Koning wat daar is nie?

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Ondergang van die Christendom

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 26, 2025 3:02 Transcription Available


Send us a textMatteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV) Mense praat al eeue lank oor die ondergang van die Christendom. Dit was egter net wensdenkery van hulle kant af. En terwyl kerkbywoning in sommige denominasies afgeneem het, is dit in ander weer aan die toeneem.Voltaire, die agtiende-eeuse Franse filosoof, skrywer en kritikus het die Christendom gehaat en dikwels teen Christene en die Bybel geskryf. In 1776 het hy ‘n voorspelling gemaak, wat as volg lui: ‘n Honderd jaar ná my tyd sal daar nie 'n Bybel op aarde wees nie; behalwe een wat deur 'n versamelaar van interessante ou geskrifte bewaar word.CrossExamined.org bied sterk historiese bewyse dat slegs vyftig jaar na sy dood, is die einste huis waarin hy eens gewoon en geskryf het, deur die Evangeliese Vereniging van Genève as 'n pakhuis vir Bybels en Evangelisasie-traktate gebruik. Dis nogal ironies, nè? Die drukpers wat hy eens gebruik het om sy eie werke te druk, is toe eerder gebruik om Bybels te druk.Natuurlik het die priesters en familiehoofde van daardie tyd ook probeer om Jesus stil te maak. Hy is bespot en gehaat deur die godsdienstige establishment. Hulle het nie gehou van wat Hy gesê het nie. Wat was sy reaksie?Matteus 24:35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV)Die vuur wat Jesus in sy hart gehad het om vir my en vir jou te red; om ons 'n lewe te gee wat die moeite werd is om te leef en om ons die ewigheid saam met Hom te laat deurbring ... kan nie uitgedoof raak nie. Dit brand helder in hierdie huidige duisternis en sy Lig, sy warmte, sy liefde is vir jou. Natuurlik is daar diegene wat God se Woord bespot en wat hulle wat Jesus volg, haat, maar hulle sal nooit seëvier nie.Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.” (NLV)Jesus is die Woord van God. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Tevredenheid Buite Bereik Lyk

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 20, 2025 3:10 Transcription Available


Send us a textHebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Voordat ons vandag afskop, wil ek jou 'n vragie vra: op 'n skaal van 0 tot 10, hoe tevrede is jy met jou lot in die lewe?Gedurende die 1ste eeu n.C. het Nero, die Romeinse keiser, geweldige mag gehad. Hy het in ongelooflike luuksheid geleef en was die rykste man op aarde ... tog was hy nooit tevrede nie.Hy het na bewondering gesmag, oordadig geleef en toenemend paranoïes geword. Eerder as om dankbaar te wees vir al die voorregte wat hy kon geniet, het hy Rome se rykdom verkwis en diegene na aan hom (insluitend sy moeder) tereggestel. Toe die ses-dae-lange Groot Brand van Rome baie skade aangerig het in Rome, het hy die Christene daarvoor blameer en hulle begin vervolg, net om politieke en ekonomiese kritiek af te weer. Hy is uiteindelik tot volksvyand verklaar en het sy eie lewe geneem.Hy het alles gehad en tog het hy uiteindelik niks gehad nie. Dit lyk ondenkbaar, nie waar nie? Nouja, hoe maklik is dit vir ons om altyd meer te begeer: die nuutste uitvindsel, die volgende treffer, wat dit ook al mag wees - en om te vergeet om dankbaar te wees vir alles wat ons het?Hebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”As dit soms lyk asof tevredenheid jou ontwyk, dan is dit miskien tyd om te stop en te onthou wat jy reeds het. Dink net waarvoor jy nou dankbaar kan wees. Het die erns van God se belofte om jou nooit te verlaat of in die steek te laat, nie jou hart sommer warm laat klop nie?Weet jy: die waarheid is dat tevredenheid altyd buite bereik van die ondankbares sal wees.Hou jou lewe vry van geldgierigheid. En wees tevrede met wat jy het.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Krag om jou te Beskerm

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 12, 2025 3:19 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:5-6 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings Mag ek jou vandag vra, wat hou jou dag na dag aan die gang; ja, ek praat van die sonnige dae, die bewolkte dae, die stormagtige dae ... die dae wat jy regtig sou wou oorslaan as jy kon? Wat laat jou uitsien na die toekoms?Marie Durand was 'n 16de-eeuse Franse Hugenoot wat 38 jaar lank in die Toring van Konstanz gevange gehou is omdat sy geweier het om Christus te verloën. Sy is op 19-jarige ouderdom gearresteer en sy het ontsaglike marteling verduur. Sy het deur die ellende van honger, siekte en wanhoop aan haar geloof en die sekere wete dat haar Heiland leef, vasgeklou.Op die tronkmuur het sy die woord "Weerstaan" gekerf en ander gevangenes aangemoedig om standvastig te bly en die versoeking om toe te gee aan die vyand se eise, te weerstaan. Baie van hulle het egter oor die jare hul geloof versaak, maar Marie het standvastig gebly; sy het gebedsgeleenthede in die tronk gelei, haar mede gevangenes vertroos en aan God se beloftes herinner. Haar geloof het 'n baken en ‘n voorbeeld van geloof en deursettingsvermoë geword.Sy is uiteindelik op 57-jarige ouderdom vrygelaat. Dit was egter nie die einde van haar lyding nie. Toe sy uit die gevangenis uit gekom het, was sy stoksielalleen en sonder heenkome. Sy het haar huis verloor. Haar pa én haar broer, wat ook gemartel was, was ook reeds dood. Maar weet jy, haar hart was ten alle tye vry; haar hoop was in die ewige heerlikheid, nie in aardse gemak, gevestig nie. Aan vervolgde Christene van die 1ste eeu n.C. het die apostel Petrus die volgende geskryf:1 Petrus 3:5-6 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings.Jou geloof in God se krag is daar om jou te beskerm en om jou veilig te hou, totdat jy eendag sterf; want jou verlossing en ewige heerlikheid is gewaarborg. Weerstaan die wêreld in geloof terwyl die wêreld jou meedoënloos aftakel .... Hy sal jou tot die einde toe beskerm.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Ewige Hoop

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 11, 2025 2:55 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. Terwyl ons dag vir dag voortploeter, dink ek dis alte maklik vir ons om die lewe as vanselfsprekend te aanvaar. Of dit nou goed gaan, of sleg gaan; ons leef, ons haal asem en doen al die dinge wat ons moet doen. Totdat … ons nie meer daar is nie.Elke oggend as ek wakker word, dank ek God vir my nagrus, die asem in my longe en vir die nuwe dag... wat dit ook al mag inhou. Dis my manier om nederig te wees en te keer dat ek die gawe van die lewe as vanselfsprekend aanvaar. Dis daardie gedagte, daardie besef van die kosbaarheid van die lewe, wat my hierdie woorde uit die apostel Petrus se brief aan 'n klomp vervolgde 1ste-eeuse Christene in 'n heel nuwe lig laat sien het:1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.Petrus het gesien hoe Jesus aan die kruis vasgespyker is. Hy het gesien hoe Jesus daar gehang het, hoe Hy dood is, hoe hulle Hom met ‘n swaard deurboor het én hoe Hy uit die dood opgestaan het. Dit is die patroon van die nuwe lewe wat vir enigiemand, wat sy vertroue in Jesus stel, beskikbaar is.Maar dit is nie al nie. Stel jou net die ongelooflike vreugde van daardie Opstandingsoggend voor, toe sy dissipels ontdek het dat Jesus lewendig was. Ja my vriend, jy kan deel in daardie ongelooflike vreugde; daardie "lewende hoop" waarvan Petrus praat. 'n Hoop wat lewendig is omdat Jesus lewendig is.Daardie kosbare nuwe lewe, daardie lewende hoop is vir jou beskikbaar in Christus en in Christus alleen.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Besliste Plan

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Oct 8, 2025 2:58 Transcription Available


Send us a text1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy.(NLV) Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om te ly nie. Ek hou nie eens daarvan om effens ongemaklik of benoud te voel nie. Wat van jou?Jy weet hoe dit voel as jy verskriklik koud kry. Jy bibber van die koue en jy wil ‘n plan maak om warm te word. Trouens, al waaraan jy kan dink, is om warm te word. En wanneer jy warm kry en sweet, is ‘n koel luggie en 'n koue drankie al wat jy wil hê. Vir sommige mense is die aanvoelbare temperatuur nie so belangrik nie, dis bloot 'n kwessie van gemak; maar vir ander kan dit lewensbelangrik wees.Wanneer jy in ‘n situasie van ongerief en ongemak is en dit vererger tot op ‘n punt van lyding, is dit nogal natuurlik om te dink dat God jou verlaat het. Dit kan tog nie deel van sy plan wees nie!Christene het in die 1ste eeu n.C. baie gely. Die Jode het hulle vervolg. Die Romeine het hulle vervolg. En, aangesien hulle, as gevolg van daardie uiterste vervolging dwarsdeur die bekende wêreld versprei het, het die plaaslike inwoners hulle ook verwerp en hulle as deel van 'n mal en ekstremistiese kultus bestempel!Aan die vervolgde Christene skryf die apostel Petrus die volgende:1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. (NLV)Dit was God se plan wat Hy van die grondlegging van die aarde af gehad het: om deur hierdie eerste Christene, wat baie moes ly, die Goeie Nuus van Jesus dwarsdeur die wêreld te versprei … tot by jou en my. Net omdat jy ly, beteken dit nie dat God nie 'n plan met jou lewe het nie. Trouens, dis net die teenoorgestelde. Hy het altyd 'n plan, en Hy sal jou nooit verlaat nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Bridging the Gap
Innovation Built on Legacy: Authentic Leadership in Construction

Bridging the Gap

Play Episode Listen Later Sep 24, 2025 38:02


What does it take to turn a century-old family trade business into a modern, people-first brand? In this episode of Bridging the Gap, Todd Weyandt sits down with Christene Marie, founder of The Knowing Group, host of the Craft & Calling Podcast, and fourth-generation leader in her family's 100+ year business. Christene shares her journey of balancing legacy with innovation, why authentic communication is the ultimate business advantage, and how bravery fuels personal and professional transformation. From branding Amazon to scaling her family's company, she reveals how principles, values, and storytelling can shape a great legacy in construction. Tune in for a conversation that blends wisdom, legacy, and modern insights on building a construction career that lasts.

150K podcast
From Legacy to Knowing: Christene Marie on Conscious Leadership & Brand Truth

150K podcast

Play Episode Listen Later Aug 26, 2025 57:26


In this episode, Joseph sits down with Christene Marie—Founder of Knowing, a transformative framework helping executives and organizations align from the inside out. With roots in a century-old family trades business and a portfolio that includes Amazon, Hope Credit Union, and the W.K. Kellogg Foundation, Christene brings a rare blend of legacy, innovation, and soul to the conversation.Together, they explore:

HRCO Potgooi Preke
Verslaan die draak deur HEILIGMAKING en NAASTELIEFDE

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Aug 24, 2025 47:04


'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25Ons leef in 'n wêreld vol storms:Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep.Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar.Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië.Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie ken nie, net geld, plesier, status en eiebelang jaag. Huwelike word leeg, siektes neem toe, en miljoene voel vasgevang in wanhoop en vra: Waar is God?En tog, juis in só 'n wêreld laat die apostel Petrus sy stem hoor. Hierdie man wat Jesus verloën het, wat oorhaastig die oor van Malgus afgeslaan het, wat by die verheerliking tempels wou bou skryf nou – deur die Gees – met diepte, wysheid en gesag. Sy boodskap: daar ís hoop, daar ís 'n onverganklike erfenis wat nie gesteel of vernietig kan word nie (1 Pet. 1:4).

Garlic Marketing Show
Why Christene Marie Believes Most Agency Messaging Pushes Clients Away and How to Win Them Back

Garlic Marketing Show

Play Episode Listen Later Jul 2, 2025 47:10


Most agencies sell data and strategy. But Christene Marie builds brands people actually believe in.In this episode of the Garlic Marketing Show, Ian Garlic sits down with Christene Marie, Founder and CEO of The Knowing Agency, to break down the branding approach that actually drives sales by aligning your identity with your offers and your audience.From helping companies clean up chaotic messaging to turning trauma into transformation, Christene shares her “Knowing Process” for building a brand that performs and one that founders feel proud of again.She also drops gold on when to quit a bad offer, how to write a brand guide that actually evolves, and the mindset shift that saved her own agency. If you're trying to grow without losing your identity in the process, this one's for you.What You'll Learn:The messy brand moment that started it allWhat Christene learned working with luxury brandsThe Knowing Process: Brand, Audience, DataWhy misalignment kills conversions (and energy)When to walk away from an offer that doesn't feel rightThe mid-year review that fixes client messaging fastBrand guides as living documents (not rulebooks)The one-click AI tool that a client used to analyze sales callsThe mistake that nearly tanked her agency—and how she came backConnect with Christene Marie: Website - https://www.theknowingagency.com/Personal Website - https://christenemarie.com/Instagram - https://www.instagram.com/christenemarie_/?hl=enLinkedIn - https://www.linkedin.com/in/christenemarie/Resources:Connect with IanDownload a Tackle Box!Supercharge your marketing and grow your business with video case stories today!Book a Discovery Call Today with Our ExpertsSubscribe to the YouTube Channel Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

The Whispering Woods - Real Life Ghost Stories
Extra HIGHWAY 50, CALIFORNIA | Nick the Toddler, A Ghostly Guide & the Miracle Rescue | Real Hauntings & Historical Mystery

The Whispering Woods - Real Life Ghost Stories

Play Episode Listen Later Jun 25, 2025 27:14


In early June 1994, 23-year-old Christene Skubish and her 3-year-old son, Nick, vanished near Bullion Bend on U.S. Route 50 in the Sierra Nevada. After days of searching turned up nothing, a local motorist, Deborah Hoyt, reported seeing a naked young woman lying on the roadside in the dead of night. The tip prompted a daytime search that uncovered their vehicle—Christene was dead, but Nick was miraculously alive after five days alone. The vision of a nude woman, repeatedly reported by strangers, had seemingly led rescuers to them. The BOOKBY US A COFFEEJoin Sarah's new FACEBOOK GROUPSubscribe to our PATREONEMAIL us your storiesJoin us on INSTAGRAMJoin us on TWITTERJoin us on FACEBOOKVisit our WEBSITEStories:https://unsolvedmysteries.fandom.com/wiki/Christene_and_Nick_Skubishhttps://www.latimes.com/archives/la-xpm-1994-06-14-mn-3969-story.htmlhttps://ezekielkincaid.wordpress.com/2023/03/06/southern-discomfort-ghostology-the-haunted-highway/Sarah and Tobie xx"Spacial Winds," Kevin MacLeod (incompetech.com)Licenced under Creative Commons: By Attribution 4.0 Licencehttp://creativecommons.org/licenses/by/4.0/;;;SURVEY Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

It's a Strange World After All
A Strange Highway 50 Phantom: Christene Skubish

It's a Strange World After All

Play Episode Listen Later Mar 20, 2025 26:06


In today's episode, we discuss Christine and Nick Skubish's disappearance. They were driving along Highway 50 in the Sierra Nevada Mountain Range when they seemingly vanished. Watch on YoutubeThank you for listening! If you liked what you heard, we would truly appreciate it if you could give us a 5-star rating and leave us a positive review. Get strange with us! Please send us your feedback, episode suggestions, movie/documentary review suggestions, or inquiries about being a guest on the show.Email: itsastrangeworldafterall@gmail.com Please follow us:⁠@ITSASTRANGEWORLDPODCAST -Instagram⁠⁠It's A Strange World After All (@itsastrangeworldafterall) | TikTokSources: https://unsolvedmysteries.fandom.com/wiki/Christene_and_Nick_Skubish

Radio Scriptura
Perspektief: Februarie 2025

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Mar 11, 2025 30:49


Christene word gruwelik gemartel en vermoor  in baie lande rondom ons, omdat hulle Christus as God erken, aanbid en dien.  Hul vervolging is skrikwekkend!  Maar roer dit ook ons harte terwyl ons nog godsdiens vryheid in Suid-Afrika geniet?  Die media steur hul geensins aan die vervolging van gelowiges nie, want dit lok nie die reaksie en sensasie wat hulle najaag nie.   Watter verbintenis is daar tussen die Golden Globe toekennings waartydens niemand God se hulp erken het nie, en die onlangse vervoestende brande in California?  Hoe kry ons 'n gebalanseerde uitkyk op hierdie gebeure wat alles in God se soewereine hand ontvou en afspeel?  

Family Talk on Oneplace.com
All Life is Sacred

Family Talk on Oneplace.com

Play Episode Listen Later Jan 6, 2025 25:55


Because Christene Jackman felt estranged from her alcoholic father, she moved out at age 17 and married the first boy who paid attention to her. Not surprisingly, that relationship dissolved in divorce, and when her new relationship resulted in her becoming pregnant again, Christene had an abortion despite her unsettling conscience. On today's edition of Family Talk, she shares the remarkable story of her conversion to Christ and His restoration. Cort Langeland, who produced Christene's album entitled "The Choice," urges all Christians to move beyond understandable outrage over abortion toward gracious outreach and empathy to those who have made that regrettable decision. To support this ministry financially, visit: https://www.oneplace.com/donate/707/29

Family Talk on Oneplace.com
All Life is Sacred

Family Talk on Oneplace.com

Play Episode Listen Later Jan 6, 2025 25:55


Because Christene Jackman felt estranged from her alcoholic father, she moved out at age 17 and married the first boy who paid attention to her. Not surprisingly, that relationship dissolved in divorce, and when her new relationship resulted in her becoming pregnant again, Christene had an abortion despite her unsettling conscience. On today's edition of Family Talk, she shares the remarkable story of her conversion to Christ and His restoration. Cort Langeland, who produced Christene's album entitled "The Choice," urges all Christians to move beyond understandable outrage over abortion toward gracious outreach and empathy to those who have made that regrettable decision. To support this ministry financially, visit: https://www.oneplace.com/donate/707/29

True Story
Billy Milligan, l'un des cas psychiatriques les plus complexes

True Story

Play Episode Listen Later Dec 29, 2024 13:14


Il a été surnommé “l'homme au 24 personnalités”. En réalité, c'est un des cas les plus complexes de trouble dissociatif de l'identité. Le réalisateur Night Shyamalan s'est inspiré de son histoire dans le film "Split". Son nom : Billy Milligan. Au-delà du récit fantastique, découvrez son fabuleux destin. Un trouble de la personnalité des plus complexes Billy a 4 ans lorsque ses premiers alter ego se manifestent. Christene, une petite fille de trois ans, prend la place de Billy quand il se fait gronder ou mettre au coin. Shawn, lui, a 4 ans et il est sourd, ce qui permet au petit garçon de ne plus entendre, de s'isoler, de se protéger des cris de son beau-père. Son père s'est suicidé alors qu'il n'avait que quatre ans et, peu de temps après, sa mère s'est remariée avec Chalmer Milligan, un homme décrit comme “dérangé”. Il est très violent envers son beau-fils, il le frappe souvent. Un jour, il va même jusqu'à le forcer à creuser sa propre tombe en le menaçant de l'enterrer vivant. Plus tard, Billy racontera qu'à partir de ses 8 ans, Chalmer l'a violé plusieurs fois. Durant l'adolescence, la personnalité de Milligan se fragmente à nouveau. Et d''autres personnages apparaissent... Un trouble de la personnalité complexe. Écoutez nos autres épisodes : Sidney Reilly, l'espion qui a inspiré James Bond Ecriture : Karen Etourneau Réalisation : Celia Brondreau Voix : Andréa Brusque Première diffusion : 16 mars 2021. Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

Thee Amateur Expert Podcast
Christene Lewis | I AM | Episode 138

Thee Amateur Expert Podcast

Play Episode Listen Later Nov 20, 2024 28:22


Join us today as we chat with Christene Lewis @thisischristenelewis, a renowned international author and speaker, recognized for her profound insights into leadership, inclusion, and youth advocacy. We will discuss her career path, definitions of success and the tips/motivators she used along the way!! Audio Engineer: ⁠⁠⁠b_cuz⁠⁠⁠ Originally recorded November 19, 2024 --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/theeamateurexpert/support

HRCO Potgooi Preke
Die Outoriteit van die Gelowige

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Nov 3, 2024 46:43


Die kerk geskiedenis is ryk aan uitstaande geloofshelde wat nie net onverskrokke in God se roeping en woord geglo het nie, maar presidente en konings getrotseer het, en selfs regeringsbesluite help verander het. Dink aan William Wilberforce, Hans Hauge, David Livingstone, Moeder Sabrina en onlangse figure soos Reinhardt Bonke en Billy Graham. Die teendeel is ongelukkig ook waar, Christene is 'n reuse groot getal mense regoor die aarde, en die meeste wandel nie in die gesag en outoriteit wat die Here vir ons in Christus beskikbaar gestel het nie. Hierdie boodskap volg op die vorige twee boodskappe, want iemand wie se innerlike wêreld gesond is, en hom of haarself oefen in godsaligheid in die geestelike formering gimnasium sal wandel in die gesag wat God vir elkeen bestem het, volgens ons onderskeie roepings. Veral in 'n tyd soos hierdie is dit soveel te meer belangrik dat ons in Sy gesag sal lewe en wandel. Preeknotas:

The Good Gluten Free Grub Podcast
Eating Gluten Free with Hashimoto's Disease

The Good Gluten Free Grub Podcast

Play Episode Listen Later Sep 25, 2024 41:11


Is eating gluten free necessary for Hashimoto's? Listen to Christene's experience after living with this thyroid condition for over a decade. 

Things Are About To Get Weird
Episode 62: Christene & Nick Skubish

Things Are About To Get Weird

Play Episode Listen Later Sep 20, 2024 31:54


In one of the most compelling paranormal tales featured on the podcast to date, Chyaz explores the story of Christene and Nick Skubish. After the young mother and her three year old son set out on a road trip, they mysteriously vanished. When their car was found days later after an unusual 911 call, what police discovered was both terribly tragic and truly miraculous, not to mention incredibly strange… Mental health resources UK: https://www.mind.org.uk/ Mental health resources Global: https://checkpointorg.com/global/ Become a Patreon subscriber! http://www.patreon.com/ThingsAreAboutToGetWeird  Our Merch Store! https://thingsareabouttogetweird.teemill.com/  Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

Harvest Now Conversations
Christian Dating - Harvest Now Conversations - Ep 77

Harvest Now Conversations

Play Episode Listen Later Aug 19, 2024 42:24


Christene & Gerard share about their relationship & marriage. Stay connected! Facebook: https://www.facebook.com/HarvestNowChurch Instagram: https://www.instagram.com/harvestnowchurch_/ Tiktok: https://www.tiktok.com/@harvestnowchurch Twitter: https://twitter.com/harvest_now_ Sermon Audio: Harvest Now Church (Spotify, Apple Music etc.) Podcast: Harvest Now Conversations (Spotify, Apple Music etc.)

Strong Enough
Christene Smart: Mental Health Talk

Strong Enough

Play Episode Listen Later Aug 8, 2024 57:55


Episode 112 of Strong Enough features Christene Smart, a Licensed Mental Health Counselor and a survivor of domestic abuse. Christene shares her story and talks about some of the specific behaviors that abusers have that should be red flags in a relationship. Christene also talks about mental health issues as a whole, her beliefs on medication for mental health issues, and why you can't always believe what you see on the internet. #mentalhealth #wellness #relationship #healing #health Guest Information:Christene SmithIG: @christenesmith2 Strong Enough@strongenoughpodstrongenoughpod@gmail.comstrongenoughpod.com

Nuus
Kom vier eenheid in Christus op Swakopmund

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 10, 2024 0:34


Die Gesamentlike Christelike Kerke van Swakopmund bied hulle jaarlikse saamkoms aan vir Christene wat eenheid in Christus sal vier. Dominee Martin van Niekerk, sameroeper van die kerke, het 'n boodskap aan Kosmos 94.1 gestuur wat meer oor die geleentheid verduidelik. Die Logos Hope, die wêreld se grootste seevarende boekwinkel, sal die saamkoms ondersteun.

Radio Scriptura
Perspektief:  Junie 2024 - Vervolging van christene en die seks expo

Radio Scriptura

Play Episode Listen Later Jul 1, 2024 39:14


Dink ons en bid ons vir christene in vervolgde lande? Martelare is immers ons broers in die geloof, en ons behoort hulle in gebed te onderskraag. Hoe moet ons hulle aanmoedig in hul dapperheid om die evangelie steeds onverskrokke te verkondig? Is die kerk nog gereed met 'n apologetiese antwoord vir die uitdagings van ons tyd. En is ons gereed vir die bedreiging van christelike verdrukking in ons eie land? Intussen is ons land besig met die jaarlikse seks-ekspo, en word immoraliteit gevier.  Oral word plakkate opgesit teen lamppale om vrye seks te verkoop as 'n skadelose soort vermaak, sodat selfs jong kinders dit nie eens meer kan vryspring nie.  Hoe gemaak met die media en publisiteit van hierdie euwel van seksuele misbruik en pornografe?   

Discover More
#157. Sex Therapist Debunks Sexual Health Myths - Christene Lozano | Meraki Counseling

Discover More

Play Episode Listen Later May 20, 2024 86:42


What is sex therapy? Is sex addiction real? Why do we feel sexual shame?  We live with many paradoxes in today's society. For example, the United States is hyper-sexualized and the topic of sex can be seen in most fabrics of our society. Yet, sex and real emotional intimacy are often little talked about, or not at all.  Today's conversation will answer all the questions you were afraid to ask.  Christene Lozano is a licensed sex therapist, certified sex addiction expert, licensed marriage & family therapist, and the founder of Meraki Counseling. With nearly a decade of expertise working with populations who struggle with sexual healing and sexual liberation from trauma, Christene has developed her unique multidimensional approach to each client's individualized healing process and reclaiming their sexual health.   Expect to learn about who can benefit from sex therapy, the impact of overly sexualized American culture, why we feel sexual shame, the science of sex addiction, red skin syndrome, and how to achieve sexual liberation.  Let's get this started. Rate The Podcast: https://ratethispodcast.com/discovermore Show Notes Christene's Instagram: HERE Christene's Website: HERE Christene's Psychology Today: HERE * Join Our Tribe: HERE Discover More Website: HERE Connect on IG: HERE * Discover More is a top social sciences podcast for independent thinkers with mental health as a through-line. Looking for deep thinking? Let's get this started * Listen to all full-length episodes on audio: Apple Podcasts: https://podcasts.apple.com/us/podcast/discover-more/id1478666639 Spotify: https://open.spotify.com/show/4OQZ0SEZ30BNFX5m4hCZEl Come say hi: https://www.instagram.com/discovermorepodcast/ * Thank you for Discovering More with us!

Amina Change Your Life
Ep 64: Step Into Your Limitlessness with Christene Barberich

Amina Change Your Life

Play Episode Listen Later Apr 9, 2024 31:15


Christene Barberich is a renowned writer, founder, and former global editor-in-chief for Refinery 29. With an illustrious career that includes stints at iconic publications like Gourmet magazine and the New Yorker, Christene has continuously redefined the landscape of women's content. Her journey, marked by a commitment to storytelling and nurturing evolving narratives, has been an inspiration to many. Through her unique perspective, experience, and humor Christene tells us what it is to navigate having a public persona, building an iconic brand, and tapping into her limitlessness.    In this episode, we discuss: 00:02:18 - Early Influences 00:07:38 - Navigating Fear and Success 00:12:57 - Importance of Conscious Communication 00:17:43 - Morning Rituals and Mental Health 00:22:05 - Leaving Nothing on the Table 00:24:21 - Cultivating Limitlessness   Connect with Christene Barberich Website: christenebarberich.com Instagram: @christenebarberich Linkedin:   linkedin/in/christenebarberich Substack: tinyapartment.substack.com   Connect with Amina AlTai Website: aminaaltai.com Instagram: @aminaaltai TikTok: @theaminaaltai Linkedin:   linkedin/in/aminaaltai    Resources  The Soul's Code  

Modern Intimacy
Sexuality and Shame in Asian American culture with Christene Lozano

Modern Intimacy

Play Episode Listen Later Dec 26, 2023 44:56


Dr. Kate talks with Christene about Asian Americans and their cultural and mental attitudes towards relationships and sex as seen first hand by Christene growing up in this culture.  She says there is almost always a sense of shame or guilt whether talking about sex, having sex, seeking therapy, dating before marriage, etc. and the weight of that shame can be seen as a betrayal to the culture historically and present day, as well as to the family. This overall taboo causes multiple problems for the individual as they try to balance what they want in life versus what they think they should do for the family.   Christene works as a BIPOC AASECT Certified Sex Therapist, IITAP Certified Sex Addiction Therapist, and Licensed Marriage & Family Therapist. Christene specializes in the treatment of sex-related issues and compulsive sexual behavior.     Email your questions to: question@getnakedpodcast.com Stay Connected with Dr. Kate: IG: https://www.instagram.com/themodernintimacy/ https://www.instagram.com/drkatebalestrieri/ TikTok: https://www.tiktok.com/drkatebalestrieri/ https://www.tiktok.com/modernintimacy/ Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

Innovations and Breakthroughs
How To Be a Holistic Entrepreneur With Christene Marie

Innovations and Breakthroughs

Play Episode Listen Later Nov 30, 2023 31:07


Christene Marie is the Founder and CEO of The Knowing Agency, a brand identity and integrated marketing agency. The company helps empathy-driven brands develop marketing strategies to create connections with their target audiences.  Christene has worked with brands like Amazon, Toyota, NAACP, and the W. K. Kellogg Foundation. She is also an international speaker and has a new book coming out this spring. In this episode… How much do you know about the people in your business? What strategies can you use to empower them? Developing interpersonal relationships with your team and customers is a great strategy for building an authentic business. To achieve this, you need to know and understand yourself, your needs, and your goals. You also have to build emotionally intelligent connections with your people, taking the time to understand who they are. In this episode of the Innovations and Breakthroughs Podcast, Rich Goldstein interviews Christene Marie, the Founder and CEO of The Knowing Agency, about how to be a holistic entrepreneur. They also discuss business branding strategies, how to develop your listening skills, and how to incorporate emotional intelligence into marketing.

Mysterious Brews
199 - Christene Skubish

Mysterious Brews

Play Episode Listen Later Aug 8, 2023 39:36


Between Lake Tahoe and Sacramento lies Highway 50, a windy treacherous road that winds through the Sierra Mountain Range. It was along this highway that one evening a couple report seeing a naked lady lying along the side of the road. When authorities arrive there is nothing to be found, that is until the next day. Visit patreon.com/mysteriousbrews today and become a "BrewsCrew" member. You will receive weekly episodes early, Patreon exclusive episodes, and a sense of pride for helping your two favorite basement dwelling idiots.  You can contribute via Spotify Now. Just head over to https://podcasters.spotify.com/pod/show/mysterious-brews/subscribe   If you can't find it in your heart to contribute monthly, then head over to Apple iTunes and leave the boys a 5-star review.