Podcasts about die here

  • 50PODCASTS
  • 310EPISODES
  • 16mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • May 7, 2025LATEST

POPULARITY

20172018201920202021202220232024


Best podcasts about die here

Latest podcast episodes about die here

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.34 (07.05.25) - (Afr.) - Almal, beteken ALMAL...

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later May 7, 2025 3:30


Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. (2 Pet. 3:9)Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  (Matt. 28:19)En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe. (Joh. 12:32-33)Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak. (Jer. 1:5)

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Vrees of Ontsteld Raak Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Apr 12, 2025 3:02


Send us a textDeuteronomium31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.” Moed, of ons kan dit ook dapperheid, sterkte, krag, of ruggraat noem, is moeilik om te beskryf. Dit is beslis 'n eienskap wat ons by ander bewonder. Ons vertrou dat ons dit ook het, alhoewel ons kliphard duimvashou dat ons dit nooit sal hoef te gebruik nie, want ‘n mens sal net moed nodig hê as jy regtig in 'n skrikwekkende situasie verkeer.Het jy al ooit in 'n situasie beland waar jy ‘n onpopulêre standpunt moes inneem, en jouself moedig moes verdedig? Hoe het dit gegaan? Het jy goed gevaar onder die druk, of het dit jou so ontwrig, dat jy dinge gesê en gedoen het, waarop jy nie trots is nie?Moenie jouself daaroor veroordeel nie. Daar is geen handboek waarin jy kan gaan oplees in afdeling 7, bladsy 23, wat jy moet doen in die moeilike situasie waarin jy verkeer nie. Dit is elke keer nuut, maar hopelik het jy al uit ander soortgelyke situasies geleer.Met my hele hart glo ek dat God wil hê dat jy voorbereid moet wees om daardie moeilike situasies; die uitdagings wat in jou gesin of in jou werkplek opduik, te trotseer … Deuteronomium 31:7-8 Toe het Moses vir Josua geroep en vir hom gesê waar die hele Israel dit kon hoor: “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”Dit is een ding vir jou om te sê: "Wees sterk, wees dapper!” wanneer jy die grootste uitdaging van jou lewe op jou eie moet trotseer. Dit is heeltemal 'n ander ding, vir jou om diep in jou hart te weet dat die Here reeds voor jou uit gegaan het; dat Hy by jou sal wees; dat Hy jou nooit alleen sal laat of vir jou in die steek sal laat nie.Vertrou op Hom!Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Daar is ‘Wysheid'...Maar dan is daar Wysheid!

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Mar 29, 2025 3:10


Send us a text1 Korintiërs 3:18-20 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: “Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,” en op 'n ander plek: “Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.” Het jy al ooit na iets gekyk wat iemand doen en gedink, "Hoe kan hulle so dom wees?" Wel, is hulle regtig so dom … of is daar iets anders aan die gang?Jy het seker al van die toring van Pisa, wat na die eenkant oorleun, gehoor? Tydens die eerste fase van sy konstruksie, wat in die jaar1173 begin het, het die toring begin insink weens die onstabiele grond onder die fondamente. Hulle het toe vir byna 'n eeu lank die werk, wat reeds drie verdiepings hoog was, gestaak. Toe hulle weer in die jaar1272 begin het, is die nuwe vloere doelbewus ontwerp om een kant hoër as die ander te wees, om te vergoed vir die helling.Maar die toring het bly sink en kantel tot in 2008 toe stabiliseringspogings uiteindelik voltooi is –  net mooi 835 jaar nadat die eerste sooi gespit is. Is mense regtig so dom? Of kan dit wees dat ons mense so verknog is aan dinge wat ons op onstabiele fondamente gebou het, dat ons uiteindelik alle gesonde verstand heeltemal ignoreer?1 Korintiërs 3:18-20 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word, want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: “Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,” en op 'n ander plek: “Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.”Daar is 'n hemelsbreë verskil tussen wêreldse wysheid en goddelike wysheid. En wanneer jy in wêreldse wysheid vasgevang is, lyk God se wysheid onsinnig. Wanneer jy hardkoppig aanhou om 'n skuins toring verder te bou, lyk die idee om dit af te breek en van vooraf te begin, belaglik ... terwyl die werklik belaglike opsie, om 'n skuins toring te probeer bou, amper ‘n duisend jaar geneem het...Ja, my vriend, wanneer dit by God se wysheid kom, moet ons weer dink, nè? Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.21 (23.03.25) - (Afr.) - God het die wêreld lief

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Mar 23, 2025 2:48


Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.  (Joh. 3:16-18)Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. (2 Pet. 3:9)

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.20 (19.03.25) - (Afr.) - God sal jou NOOIT begewe of verlaat nie

A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast

Play Episode Listen Later Mar 19, 2025 2:45


Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen? (Heb. 13:5-6)Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. (1 Tim. 6:10)

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textPsalm 147:1-5 Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis 'n vreugde en 'n genot om Hom te prys. Die Here herbou Jerusalem en versamel bannelinge van Israel. Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. Hy tel die sterre en noem hulle almal by die naam. Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie. (NLV) Wel, dit is Sondag, so, wat is jou planne? Toentertyd, het die meeste mense kerk toe gegaan; dit is nogal ‘n tragedie dat dit nie meer die geval nie. Nie omdat ons die horlosie moet probeer terugdraai na die 1950's nie, maar omdat so baie mense iets so kragtigs mis.Volgens die liberale pers daal kerkbywoning. Maar, weet jy, waar ek woon, is daar meer mense op enige Sondag in die kerk as mense wat vir 'n hele seisoen elke sokkerwedstryd bywoon.Ek verstaan dat dit maklik is om weg te bly van die kerk wanneer dinge nie so goed gaan nie en wanneer jy mismoedig voel. Maar dis veral in daardie tye wanneer daar iets is, wat die kerk bied, wat 'n ongelooflike verskil in jou lewe kan maak:Psalm 147:1-5 Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys. Dis 'n vreugde en 'n genot om Hom te prys. Die Here herbou Jerusalem en versamel bannelinge van Israel. Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde. Hy tel die sterre en noem hulle almal by die naam. Groot en magtig is ons Here. Sy kennis ken geen grense nie. (NLV)Jy hoef natuurlik nie deel van 'n kerk te wees om God te loof nie. Om God enige tyd te prys, veral in daardie slegte tye, bring jou in aanraking met sy krag en genade, dit genees jou van binne af na buite toe. Tog is daar iets so ongelooflik kragtig daarin om God saam met mede-gelowiges te loof. Hy seën dit op 'n spesiale manier. Prys die Here! Want dis goed om ons God te prys.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Struikel, Maar Moenie Val Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 19, 2025 3:02


Send us a textPsalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van 'n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. Enigiemand wat al ooit probeer het om gewig te verloor (ek dink dit is deesdae omtrent 90% van die bevolking) sal daardie verskriklike gevoel wanneer jy voor die versoeking swig, maar al te goed ken – daardie onbeteuelbare lus vir gemorskos. Die oomblik wat jy dit in jou mond sit, laat dit jou soos 'n volslae mislukking, 'n totale verloorder voel!Dit is nie net van toepassing op ‘n poging om gewig te verloor nie, dit gebeur in elke sfeer van die lewe; in elke uitdaging wat jy vir jouself stel. Op 'n stadium struikel jy en wanneer jy dit doen, is jy in die versoeking om tou op te gooi. Wat net 'n blote struikeling was, kan vinnig in 'n almagtige val verander.'n Paar jaar gelede het ek 'n e-pos van 'n jongman ontvang. Hy het pas 'n Christen geword … en toe, 'n paar weke later, het hy uitgegaan en verskriklik dronk geword. Hy het gevoel dat hy sy verhouding met God heeltemal geruïneer het … maar toe luister hy na een van ons radioprogramme.Dit is wat hy geskryf het: Ek het geweet dat wat ek gedoen het, my verhouding met God groot skade aangedoen het; ek het Hom in die steek gelaat! Maar toe hoor ek jou sê dat God se genade vir my genoeg is. Dis toe dat ek besef het, dit is selfs vir my genoeg! Dit gaan alles oor wat Jesus vir my gedoen het. Dit is asof God daardie aand direk met my gepraat het.En dit, my vriend, is presies wat veronderstel is om te gebeur; dit is presies wat God belowe Hy sal doen wanneer ons struikel:Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van 'n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.Het jy in die afgelope tyd gestruikel? Het jy soos 'n volslae mislukking gevoel? Dan reik God vandag na jou uit, want dit is wat Hy doen. Wanneer jy struikel, sal jy nie val nie, want die Here sal na jou uitreik en jou hand vashou.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textPsalm 28:7 Die Hereis my sterkte en my skild; my hart het op hom vertrou, en ek is gehelp; daarom is my hart baie bly; en met my lied sal ek Hom loof. (CAB23) Daar kom telkens 'n tyd wanneer ons 'n groot geloofsprong moet neem. En op daardie oomblik wat jou voete in die lug is, met niks solied onder jou nie, kan jou emosies maklik die oorhand kry. Jy weet hoe dit voel, nè? Jou hart begin buite beheer klop en jy verbeel jou dat jy vinnig grond toe gaan tuimel.Tydens my militêre diens was die gedeelte van die opleiding wat ek die meeste gehaat het, die oefeninge op die hindernisbaan. Dit het bestaan uit ‘n afstand wat ons moes hardloop, 'n reusagtige muur waarteen ons op en af moes klim, deur modder moes ploeg, onder die doringdraad deurkruip en teen toue opklouter … jy kan jouself die roete voorstel, nè?Maar die ergste deel daarvan was dat ons teen 'n skuins smal hoë muur, van net 'n paar sentimeter breed, moes op hardloop en wanneer ons hoog bo die grond was, het die muur gelyk geword. Dan moes ons verder hardloop en dan oor 'n groot afgrond spring voordat ons weer van vooraf die roete moes hardloop. Daardie sprong, daardie gaping … was absoluut skrikwekkend.En weet jy, die lewe is ook maar baie so. Daar is tye wanneer vrees jou hart beetkry en dan...Wanneer Dawid, die koning van Israel, nadink aan daardie tye, toe hy in lewensgevaarlike situasies verkeer het, was daar vir hom net een antwoord:Psalm 28:7 Die Here is my sterkte en my skild; my hart het op Hom vertrou, en ek is gehelp; daarom is my hart baie bly; en met my lied sal ek Hom loof. (CAB23)Wanneer jou krag ingee, wanneer jou hart wild begin bokspring, wanneer vrees jou oorweldig … vertrou op die Here. Vertrou op die Hom en loof Hom, dit sal jou vrees verdryf ...daarom is my hart baie bly; en met my lied sal ek Hom loofDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Om Die Wêreld te Verander

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 16, 2025 2:59


Send us a textMiga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV) As jy die wêreld kon verander, wat sou jy verander? Ek sou graag 'n einde aan alle oorloë wou maak. Ek sou ook wil sien dat mense van verslawing, uitbuiting of misbruik gered word. Daarby sou ek wil hê dat almal toegang tot die basiese lewensbehoeftes soos skoon drinkwater, 'n dak oor hul kop en veiligheid sal hê. Dit sal mos werk, dink jy nie ook so nie?Die probleem is egter dat ek en jy nie die wêreld kan verander nie ... of kan ons? Wel, die meeste van ons het nie die mag om dinge op 'n makro-skaal, of op nasionale of internasionale vlak te beïnvloed nie, maar wat van op 'n mikro-skaal, in ons eie omgewing waar ons woon? Wat kan ek en jy doen?Gister het ons gesels oor ‘daardie mense daar buite' wat verkeerd optree en ons het tot die gevolgtrekking gekom dat tensy Jesus hulle lewens aanraak, dit hoogs onwaarskynlik is dat hulle gaan verander. Om ons oortuigings en ons beginsels in hul kele te probeer afdruk, gaan beslis nie werk nie.Nouja … wat, sal hulle baat? Hoe kan ons met God saamwerk terwyl Hy in hulle lewens begin beweeg?Miga 6:8 Nee, Hy het reeds gesê wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (NLV)Die Duitse pastoor en martelaar van die Tweede Wêreldoorlog, Dietrich Bonhoeffer, het eenkeer gesê dat ons lewens as Christene, die nie-gelowiges so jaloers moet laat voel, dat hulle hul ongeloof in God sal bevraagteken.En wat kan beter wees, as om God se goedheid deur ons te laat skyn? Watter geleenthede het jy om aan diegene rondom jou goed te doen?Laat reg geskied, bewys liefde en trou, en leef nederig voor God. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

HRCO Potgooi Preke
Teruggeval, afgedwaal, moeg geraak in die wedloop van die geloof?

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Feb 9, 2025 44:56


DRAAI VANDAG TERUG NA DIE HERE!Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir 25 jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—op elke moontlike manier, vanuit gebroke kruike. Ons sien vrug, daar is sukses, maar steeds bly so baie mense koud en ongevoelig teenoor die geloof. Dit bly ‘n diepe hartseer en ‘n roepe tot aanhou bid en werk.Ek word egter bemoedig deur die Woord, wat my herinner dat hierdie teenstand niks nuuts is nie. Selfs die Volmaakte Een, Jesus die Heilige, is deur mense verwerp. As hulle Hom, die Lig van die wêreld, nie wou aanvaar nie, hoe veel meer sal ons weerstand ervaar? Tog weet ek: Sy Woord keer nooit leeg terug nie.Kom ons kyk na die redes wat die mense aangevoer het, hoekom hulle nie glo nie, en selfs die wat eens geglo het, afvallig geword het. Die Woord geeLIG!

God se Woord VARS vir jou Vandag
God is in Jou Midde

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 6, 2025 2:50


Send us a textSefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Of dit nou reg of verkeerd is, mense doen slegte dinge aan ons. Of dit reg of verkeerd is, slegte goed gebeur. Reg of verkeerd (en, kom ons erken dit, meer verkeerd as reg) ons reageer nie altyd so goed nie, of hoe?Die druk van die alledaagse lewe neem toe. Of jy nou besig, besig, besig... of eensaam is, daardie druk veroorsaak dikwels dat ons meer verkeerd as reg optree.Hoekom is dit? Hoekom bring druk die ergste in ons na vore? Ek is nie seker of ek daardie vraag kan beantwoord nie, maar wat ek wel weet, is dat wanneer ons probeer om die druk op ons eie te hanteer, dit die verkeerde reaksie ontlok.So, hier is goeie nuus. Selfs wanneer jy jammerlik misluk het, selfs wanneer jy verkeerd opgetree het, wil God deel van jou lewe wees.Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou. God is net hier in ons midde, tussen al ons probleme, net hier te midde van ons mislukkings … is Hy magtig om te red. Trouens, Hy smag daarna om jou te red, Hy sál jou red; ja, meer nog, Hy sal in blydskap oor jou jubel.Dink daaroor na. God juig oor jou, Hy jubel oor jou, nie net met sang nie, maar met luide sang … oor jóú!Maar weet jy watter begrip in hierdie versie het my regtig geraak? Hy is stil-tevrede in sy liefde. Te midde van al daardie onstuimigheid, ten midde van jou berou oor jou mislukkings, sal sy liefde 'n balsem vir jou gees wees; sy liefde sal jou stilmaak en vrede gee.Moet nooit vergeet nie, die Here jou God woon in jou!Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Beloning vir Jou Opregtheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 5, 2025 2:59


Send us a textPsalm 18:20-21 Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Dit klink mos maklik om dít te doen, wat ons voor ons siel weet die regte ding is om te doen. Maar, as ons eerlik met onsself is, kan dit party dae baie uitdagend wees … veral as jy onder druk verkeer, of as die een of ander idioot jou nog kom ontstel ook...Ek weet nie wat jou omstandighede is nie, maar ek is ‘n baie besige mens. So, wanneer iemand onnosel optree; of as hulle nie my tyd respekteer nie; of as hulle, nou nie heeltemal na my pype wil dans nie, moet ek versigtig wees om nie beheer oor my emosies te verloor nie. Wat van jou?Sommige mense reageer deur ‘n uitbarsting, ander sweer wraak. En nog ander is passief aggressief, en dis in baie gevalle selfs erger, want hulle kook binne-in en dit lei tot bitterheid. Klink dit na een van jou reaksies? Ek vermoed so, want ons tree almal soms verkeerd op.Kom ons kyk na Dawid. Saul, sy voorganger, het hom, voordat Dawid koning van Israel geword het, by verskeie geleenthede probeer doodmaak. Hy het letterlik jaggemaak op arme Dawid en ek dink ons besef almal hoe uiters onregverdig die situasie was. Tog was daar iets binne-in Dawid wat hom gekeer het om te reageer en om sy hand teen Saul op te tel. Hy het op minstens twee geleenthede, toe hy die kans gehad het om Saul se lewe te neem, eerder sy lewe gespaar.Dawid kon op die ou end met eer uit die situasie stap: Psalm 18:20-21 Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Ja, ons weet almal, dat om te doen wat reg is, nie altyd maklik is nie, maar dit het so 'n groot beloning. Doen altyd wat reg is; dit maak nie saak hoe onder druk jy voel nie, dit maak nie saak hoe erg mense jou verneder en kwaad maak nie.Want die Here sal jou beloon omdat jy doen wat reg is!Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Uiteindelik is daar Vryheid

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Feb 3, 2025 2:50


Send us a text2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Vryheid. Daar's nou 'n woord waarvan ons almal hou ... tog beteken dit verskillende dinge vir verskillende mense op verskillende tye in hul lewens. Ek wonder, wat beteken dit vir jou, hier waar ons nou gesels? Is daar iets waarvan jy vrygemaak wil word? Wat is dit?Die realiteit van die lewe in hierdie onvolmaakte wêreld is dat ons almal uiteindelik ‘n las of twee dra waarvan ons smag om bevry te word: 'n Verpligting, 'n situasie, 'n verhouding wat jou totaal dreineer. Here, maak my vry!Maar die lewe gaan nooit perfek wees nie. Dit is onwaarskynlik dat daar ooit 'n tyd sal wees wanneer daar niks aan die gang sal wees wat jy nie daar wil hê nie. Ja, daar is seker maar altyd iets, nè?So hoe sal dit voel as daardie laste wat jou lam maak, hanteer kan word, sodat jy te midde daarvan, vryheid kan ervaar?2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.Jesus het gekom om jou vry te maak. Ja, om jou vry te maak, van die druk om aan God se standaard van volmaaktheid te voldoen! Daardie standaard wat lyk asof nie een van ons ooit in staat sal wees om dit te bereik nie! Vry van al daardie slegte goed wat ons doen, wat ons beroof van die oorvloedige lewe wat Jesus self gesê het Hy't gekom om dit vir ons te gee. Vry om alles te wees wat Hy ons gemaak het om te wees.Daar is niks meer bevredigend as wanneer die laste wat jou wil versmoor, van jou skouers afgeneem word nie. Wanneer dít gebeur, kan jy die wonder van die vryheid wat Jesus vir jou kom bring het, ervaar. Want op die plek waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Swaarkry van die Mensdom

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jan 27, 2025 2:36


Send us a textEksodus 3:7-8 Die Here sê toe vir hom: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is 'n land met oorgenoeg kos. (NLV) As jy na alles kyk wat op die oomblik in die wêreld aan die gang is, is dit genoeg om jou moedeloos te laat voel! Byna een miljard mense wêreldwyd ly aan die een of ander geestesversteuring. Meer as 800 miljoen het nie genoeg om te eet nie. Armoede neem toe terwyl die gaping tussen ryk en arm al hoe groter word.Dit is inderdaad ontstellende syfers. Maar ons praat nie net van statistieke nie. Ons praat van mense, individue net soos ek en jy – mense met dieselfde behoeftes, dieselfde hoop en drome as wat ons het. En as ons dit persoonlik maak, kan ons ook getuig dat ek en jy albei al deur ons eie tye van lyding gegaan het. Miskien ly jy op die oomblik...Wat doen ons aan die saak? Vra ons vrae? Hoekom laat God dit toe? Ek bedoel kyk na wat die afgelope tyd in Israel en Gasa gebeur. As Israel werklik God se uitverkore volk is, hoekom laat Hy dit toe? En wat van al die onskuldiges wat in oorlogstyd verskriklik ly?Ek is nie van plan om een of ander briljante antwoord op sulke verwarrende vrae te gee nie, maar in 'n tyd toe die nasie Israel in slawerny gely het....Eksodus 3:7-8 Sê die Here vir Moses: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry. Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is 'n land met oorgenoeg kos. (NLV)My vriend, God sien ook jou lyding raak en Hy sal jou op die regte tyd daarvan verlos.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | Hoe lyk jou gebed vir 2025?

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Jan 24, 2025 5:51


Lees weer die Ons Vader-gebed en staan by elke frase stil. Vul maar self die besonderhede in. Gee jouself as ʼn lewende, God-welgevallige offer. Die Here sal jou seën.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textJesaja 40:27-28 Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”? Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie. Soos ons hierdie nuwe jaar instap … is dit belangrik om die regte voet voor te sit; om op vaste grond te stap, nè? ‘n Grondslag is tog belangrik, nie waar nieWil jy eerder op vaste grond, of deur dryfsand loop? Alhoewel ‘n mens nie tweemaal oor die korrekte antwoord hoef te dink nie, kies baie mense ongelukkig onwetend laasgenoemde. Hoe doen hulle dit? Wel, hulle stap die nuwe jaar in met die vertroue dat al hul hoop en drome tot vervulling sal kom; dat die lewe en die mense daarin, hulle goed sal behandel; dat hulle hierdie jaar gesond, ryk en wys sal wees.En dan gebeur daar 'n tragedie; kom daar 'n verlies, of 'n storm oor hul pad. In April verlede jaar het 'n man met 'n mes in 'n deftige winkelsentrum ongeveer 300 meter van ons kantoor af, amok gemaak. Hy het sewe mense doodgemaak en baie meer beseer. Niemand het dit voorsien nie. Niemand!Daardie mense het op 'n sonnige Saterdagmiddag gaan inkopies doen …. toe tref die tragedie! Ja, niemand wens dit vir enigiemand toe nie, maar tragedies gebeur. Jesaja 40:27-28 Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”? Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie.Op hierdie stadium was die Israeliete reeds sewentig jaar, byna drie geslagte, onder sulke moeilike omstandighede dat hulle moedeloos gevoel het. Dit maak nie saak hoeveel jou wêreld ontwrig word nie, God is jou vaste grond. Hy was dit nog altyd. Hy sal dit altyd wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Ander programme
Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Ander programme

Play Episode Listen Later Dec 9, 2024 28:58


Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het 'n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die Here by haar was deur 'n verkragting. Louis was ontvoer en het gevrees vir sy lewe voordat hulle hom vrygelaat het. Vandag vertel Hettie van haar genesing van vrees en haar pad om vryheid en vergifnis te leef. Die Here het hierdie gebeure gebruik om ook deur Hettie se getuienis ander vroue op 'n pad van genesing te begelei. Elkeen se pad is anders, maar deur die Here se liefde en genade, is genesing moontlik.

Kruisgenerasie
BEGEERTES || JAN MATTHYSEN

Kruisgenerasie

Play Episode Listen Later Dec 8, 2024 42:53


This podcast is only in Afrikaans.Die Here het elkeen van ons geskape met passies, emosies en begeertes. Hierdie begeertes kan ons hongerder maak vir Jesus of dit kan die oorsaak wees dat ons val in sonde.

God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Tydige Herinnering

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Dec 4, 2024 2:53


Send us a text1 Petrus 3:11,12 Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.” Goed en kwaad – ons ken almal die verskil. Verstaan ons dit regtig? Dit is natuurlik soos swart en wit ... of verkies ons dalk skakerings van grys? Wat dink jy?Kom ons kyk wat gereeld gebeur. Wanneer dit kom by die beoordeling van ander se optrede, oordeel ons maklik. Ons besluit redelik vinnig of, wat hulle gesê, of gedoen het, of versuim het om te doen, ‘swart‘ of ‘wit' is.Maar wanneer dit kom by die beoordeling van onsself – ons gedagtes, ons motiverings, ons woorde, ons dade – dink ons dikwels nie eers regtig daaroor na nie. Ons oordeel ons s'n bykans nooit nie. En in die uitsonderlike geval wanneer ons dit wel doen, gooi ons baie van die wit verf by die swart! Wat is in elk geval fout met 'n bietjie spierwit of 'n ligter skakering van grys?Maar weet jy, vir God is dinge baie duidelik, en dit is óf goeie nuus, óf slegte nuus; afhangend van aan watter kant van die draad jy sit.1 Petrus 3:11,12 Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na! Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen.”Ons het almal 'n effense neiging om toe te laat dat kompromieë in ons lewens insluip en sonder om dit raak te sien - net daar -verdamp die vrede wat ons eens gehad het. Die dinge waarmee God ons eens geseën het, die antwoorde op gebed wat vroeër so geredelik gevloei het, is nie meer daar nie. Daar is 'n rede daarvoor.Die Here waak oor dié wat reg leef, en Hy luister graag na hulle wanneer hulle in gebed met Hom praat. Maar hy is teen dié wat kwaad doen.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Figure Eights: A Music Podcast
Figure Eights (A Music Podcast) - Episode 71 w_ Don Hardy (Award winning Filmmaker)

Figure Eights: A Music Podcast

Play Episode Listen Later Dec 2, 2024 68:11


Join me as I chat with award winning filmmaker, Don Hardy. We talk about his new music doc, "Linda Perry - Let it Die Here." It's a fantastic and courageous documentary. We discuss legacy in a disposable culture, living in the moment, taking chances and work results vs self worth. It's a great episode. Hope you dig it as much as I did.

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textNumeri  6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.” Ons het almal sekere goed wat ons besit, wat vir ons spesiaal is. Iets wat ons soos ‘n kleinood bewaar. Toe ek destyds op laerskool was, het ek vir ‘n verjaardag ‘n splinternuwe potloodhouer present gekry. Dit was so ‘n bruin, blink plastiek boksie – waarskynlik nie eers ‘n duur een nie, maar my hart wou ontplof van opgewondenheid toe ek dit oopmaak. My eie, splinternuwe, potloodhouer. Sjoe!Dit het 'n plastiek strokie aan die voorkant gehad met 'n kaartjie binne waarop jy jou naam kan skryf. Tot vandag toe het ek nog nooit my naam so versigtig, so netjies soos op daardie dag, op daardie kaartjie geskryf nie. My naam het dit soveel meer spesiaal vir my gemaak. Ai, snaaks die dinge wat jy onthou, nè!Gister het ons saam ontdek dat God se doelwit vir ons goed is, baie goed is. Maar daar is nog iets in die volgende verse wat belangrik is. Numeri 6:22-27 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”Het jy daardie laaste gedeelte gesnap? God sal sy Naam oor hulle uitroep. Dis hoekom Christene Christene genoem word – hulle is vernoem na Christus self. En dit, my vriend, maak jou so ongelooflik spesiaal. Onthou wie se Naam jy dra. Wat ‘n seëning!Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textNumeri  6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Dis ongelooflik belangrik om iemand se motiewe te verstaan. Ja, ons het almal al geleer dat jy maklik deur mense om die bos gelei kan word; want nie almal is, wie hulle sê hulle is nie. En nie almal doen, wat hulle belowe om te doen nie. Dit is net die beloop van die wêreld.Ek moet jou vertel, die dag toe ek destyds die jongman, wat nou my dogter se man en die pa van hul twee kinders is, die eerste keer ontmoet het, het ek my haelgeweer oorgehaal gehad.Hulle was albei jonk en ek het nie gedink dat hulle eendag sou trou en self ouers sou word nie. Maar my maat, moenie 'n fout maak nie, ek het hom fyn dopgehou en sy agtergrond nagegaan om te sien of hy my dogter goed sal behandel. Dit is tog wat vaders veronderstel is om te doen! Hy het, terloops, bewys dat hy die beste man en pa is, waarop ek kon hoop.Maar kom ons kyk ‘n bietjie na wat God se oogmerk destyds vir sy volk was, en uiteraard ook vandag vir ons is. Daar is 'n interessante en baie bekende gedeelte, waarin God vir Moses beveel om sy volk te seën in:Numeri 6:22-26 Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën: “Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!God se hart, ja, God se passie, is om jou ongelooflik baie te seën soos jy Hom beter en beter leer ken. God se doelwit vir jou lewe is reg en goed. Baie goed.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a textPsalm 118:5,6 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Ons is voortdurend in ‘n stryd gewikkel. En wanneer ons in die middel van ‘n konfliksituasie is, dink ons ons moet ten alle koste wen. Die meeste van die kere is dit nie so belangrik nie, maar in die hitte van die stryd, voel dit lewensbelangrik.Waaroor wroeg jy op die oomblik? 'n Verhoudingskrisis, 'n finansiële stryd; 'n gesondheidskrisis of selfs iets in jou hart wat jou uitmekaar skeur? Ek is oortuig daarvan dat jy dink dat dit absoluut noodsaaklik is dat jy as ‘n wenner anderkant uitkom.Ek het onlangs 'n bejaarde man met terminale kanker in die hospitaal besoek - 'n man met 'n diep geloof in God. Hy het vir my gesê: “Ek het soveel lewe in my oor. Dit kan tog nie nou al my tyd wees om te sterf nie.”Psalm 118:5,6 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?Ja, my vriend, wanneer ons in die moeilikheid is, is dít die tyd wat ons na God moet roep om hulp. Op sy eie manier, op sy eie tyd, antwoord Hy altyd wanneer sy kinders roep. Maar die lewe gaan nie oor die oorwinning oor tydelike konflik en krisisse nie; dit is probleme wat per slot van sake, op die ou end, geen saak maak nie.Want eendag, sal nie een van ons ‘lewensbelangrike krisisse' vir jou of vir my, saakmaak nie. Eendag, sal die vraag of jy jou lewe geleef het deur Jesus te vertrou, die enigste ding wees wat saakmaak.Wat jy ook al in die gesig staar, al is dit lewe en dood, veral dan, weet verseker: God is met jou, so moenie bang wees nie. Niemand op aarde kan jou beroof van wat Hy vir jou bied nie. Dit is die volle verhaal.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

ToekomsVenster
ToekomsVenster | ‘Waar twee of drie in Sy Naam vergader'

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later Sep 30, 2024 6:34


Die Here werk op verrassende maniere. Ons moet nooit te gewoond raak aan genade nie.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Ek Het U Lief, My Here

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Sep 27, 2024 2:46


Send us a textPsalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV) Daar is min dinge so skrikwekkend soos 'n aardbewing... Wanneer die grond onder jou voete begin bewe, wag jy in vrees vir die oomblik wat die gebou om jou gaan ineenstort en jou onder sy puin gaan vergruis.Volgens die webwerf livescience.com het die sterkste aardbewing wat nog ooit opgeteken is, op 22 Mei 1960 in Valdivia, Chili, plaasgevind. Dit het 'n sterkte van 9,5 op die Richterskaal geregistreer. Sowat 1 655 mense is dood, duisende ander is beseer en miljoene is dakloos gelaat. Die aardbewing het 'n tsoenami veroorsaak wat tot in Hawaii, Japan en die Filippyne verwoesting gesaai het.Ons aanvaar dat die grond onder ons voete beslis rotsvas sal wees en gelukkig is dit in die meeste dele van die wêreld die geval, want daardie rampspoedige skuddings is baie skaars. Maar ongelukkig is rampspoedige gebeure, wat ons lewens tot in die kern skud, glad nie so skaars nie.Soms is dit as gevolg van dinge wat met ons gebeur. Ander kere broei die probleme vir jare in ons binneste voordat dit soos 'n vulkaan ontplof. As ek terugkyk na my lewe, kan ek drie of vier dinge wat met my gebeur het, opnoem. Dinge wat ek nie my grootste vyand sou toewens nie. Wat van jou?Wat ons in daardie tye nodig het, is vaste grond onder ons voete. Ja, in daardie verskriklike tye wanneer die fondamente van ons lewens onder ons voete bewe, wanneer alles wat ons vir onsself gebou het, ineenstort en dreig om die lewe uit ons te wurg … Psalm 18:2,3 ...Ek het U baie lief, Here; U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. (NLV)Laat die Here ook jou Rots wees.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
Nuwe musiek vir ‘gelukkige, geseënde' Elizma Theron

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Aug 1, 2024 19:48


“ʼn Mens dink baie keer jy weet wat jy wil hê, maar God weet wat jy nodig het. Die Here het my met ʼn ongelooflike man geseën, en ek is so dankbaar vir hom.” Maroela Media

God se Woord VARS vir jou Vandag

Send us a Text Message.2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.Wil jy graag vry van jou sondelas wees? Ek dink ons sal almal bitter graag vry wil wees. En die goeie nuus is dat dít juis om daardie rede is waarom Jesus na hierdie aarde toe gekom het. Om jou vry te maak.Hoe lyk die pad na vryheid? Nie in teorie nie, maar in die praktyk. Nie in ander mense se lewens nie, maar in joune? Komaan, hoe lyk dit eintlik? Wel, hier is God se beskouing van jou vryheid:2 Korintiërs 3:17,18 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.As jy jou vertroue in Jesus gestel het, het jy die Heilige Gees ontvang. Dit is dié mens, wat sy geloof uitleef, wat glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is; dat Hy gesterf het om vir hul sondes te betaal, en dat Hy weer opgestaan het om aan hulle 'n nuwe, ewige lewe te gee. En waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.Vryheid is dus nie iets waarvoor jy werk of wat jy vir jouself optower nie, dit is 'n gawe van God deur sy Teenwoordigheid in jou, elke minuut van elke dag vir die res van jou dae.En daardie vryheid skyn uit ons, as God se heerlikheid vir ander om te sien … terwyl Hy ons ruwe kante afskaaf, ons harte sag maak, ons nederig maak, ons genees, ons omvorm … terwyl Hy ons verander om soos Hy te wees.Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. Dis goeie nuus.Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag

Psalm 145:17-20 Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy. Dit is moeilik om God se beloftes na waarde te skat. God is goed, God is getrou. Hy sal jou nooit in die steek laat of verlaat nie. Ja, dit klink baie mooi. Maar kan ek dit glo wanneer die vet in die vuur is? Wel, dit hang af... Natuurlik is die goedheid, die krag, die liefde en die getrouheid van God, op die keper beskou, waar. Maar of ons dit só beleef, hang af van hoe ons op Hom reageer.Psalm 145:17-20 Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy.Die objektiewe waarheid is: Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Ons kan nie daarmee stry nie. Maar wat is sy voorwaarde? By wie is Hy naby? Aan almal wat Hom in opregtheid aanroep. Wie se begeertes vervul Hy? Dié wat Hom dien. Wie red Hy? Hulle wat om hulp roep. Oor wie waak Hy? Die Here beskerm almal wat Hom liefhet.Kan ek jou vra, hoe het jy op God gereageer? Het jy Hom in opregtheid aangeroep? Dien jy Hom? Roep jy na Hom? Het jy hom lief? As jou antwoord ‘JA' is, dan sal jy alles ontvang wat Hy belowe. Jy sal die volheid van sy Teenwoordigheid en sy Liefde ervaar.Maar as jou antwoord ‘nee' is, weet verseker: al die goddeloses verdelg Hy.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Wanneer Jou Broek Bewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 10, 2024 3:08


Psalm 18:3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. Vrees is ‘n emosie wat baie meer algemeen, baie meer wydverspreid, baie meer pandemies voorkom, as wat ons dalk dink. Ja, my vriend, dit is nie net jy nie! Vrees kan enige tyd toeslaan, veral in die lig van onverwagte teëspoed.Tydens ons weermagopleiding, waar ons die sogenaamde kuns van oorlogvoering geleer is, het hulle ons vertel dat die element van verrassing vir jou 'n groot voordeel bo jou vyand gee.Dit is waarom jy foptoestelle gebruik en hinderlae stel. Dis waarom jy jou vyand probeer mislei, sodat, wanneer jy wél toeslaan, hy verras word en absoluut geen idee het waar jy vandaan kom of hoe sterk jou mag werklik is nie.Ons vyand, die duiwel, gebruik hierdie verrassingselement van die vroegste tye af teen God se kinders. Maar weet jy, dis nie altyd die duiwel se set nie. Soms is dit net omstandighede - 'n gesondheidsprobleem, 'n finansiële bekommernis...Wat is jou reaksie wanneer jou broek bewe, wanneer jy daardie narigheid op jou maag het? Kyk wat sê Dawid in terugskouing. Hier is sy reaksie nadat God hom van koning Saul en al sy vyande wat hom wou doodmaak, gered het:Psalm 18:2 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.Te veel van ons hardloop direk in die skootslyn in wanneer die koeëls begin klap. Met ander woorde, ons fokus op ons probleme, eerder as om na God te kyk vir die oplossing.Dit is belaglik, nè? Want Hy is jou Rots, jou veilige vesting. En soos Charles Spurgeon tereg uitgewys het: terwyl jy mag bewe, beweeg jou Rots nie! Hardloop na Hom toe.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Jos. 4:5-7| Wat beteken hierdie klippe?

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Jul 8, 2024 31:36


(1) Die Here gee gedenktekens sodat ons Sy werke sal onthou en (2) sodat ons aan die opkomende geslagte kan getuig! https://youtube.com/live/yFMXehK23CQ 

God se Woord VARS vir jou Vandag

Psalm 27:13,14 Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here! (NLV) Is dit vir jou lekker om te sit en wag dat dinge gebeur? Iets goeds, iets belangriks, iets waarna jy uitgesien het, iets wat moet gebeur; of indien dit nie gebeur nie, dit groot probleme kan veroorsaak? Sê my, geniet jy dit?Die meeste van die tyd is die antwoord vir die meeste van ons … dat ons dit glad nie geniet nie. Wanneer jy 'n deurbraak nodig het, wil jy hê dit moet onmiddellik gebeur! Wanneer jy genesing nodig het, sou nóú 'n perfekte tyd gewees het, Here! Wanneer jy swaarkry, moet dit NOU ophou! Maar dit is nie oor die algemeen hoe dinge werk nie, is dit?My woordeboek sê vir my dat die definisie van ‘wag,' is om te bly waar jy is, of om aksie uit te stel tot op 'n spesifieke tyd of tot iets gebeur. Dit is sekerlik waar, maar daardie uitstel... daardie wag, is nie maklik wanneer jy met jou lewe moet aangaan nie.Destyds moes koning Dawid van Israel nogal dikwels wag. Dit was dikwels ‘n stryd om lewe en dood. Hy moes wag terwyl hy geskuil het van sy vyand, Saul, wat sy lewe wou neem en ook van vyandige leërmagte wat hom bedreig het. Dit is iets waaroor hy gereeld in die psalms geskryf het:Psalm 27:13,14 Tog is ek daarvan oortuig: Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here! Hoe het hy gewag? Hy het geglo dat hy voor sy dood met sy eie oë sal sien, en in sy eie hart sal beleef, dat hy te midde van sy beproewing, die Here se goedheid sal ervaar.Beproef en sien dat die Here goed is… wag op sy volmaakte tyd. En wanneer jy verstaan dat God nooit laat is nie, wag jy met ‘n ander gesindheid.Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
ONS-sangeres vertel oor ‘tweede kans' ná breinoperasie as kind

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Jul 5, 2024 11:41


“Die Here het vir my ʼn tweede kans gegee.” Dit is Ruvé Erasmus (20) se siening oor die lewe nadat sy op sewejarige ouderdom ʼn breinoperasie ondergaan het. Maroela Media

God se Woord VARS vir jou Vandag

2 Kronieke 30:9 As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toe terugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.” Weet jy wat my opval van hierdie tyd waarin ons leef? Daar is soveel ellende in die lewens van so baie mense, dat dit jou verstand te bowe gaan. Hoe kan so baie mense so swaarkry? Hoekom praat ek vandag oor so ‘n negatiewe onderwerp? Hier by Christianityworks het ons 'n webwerf – PowerfulPrayer.org – waar duisende mense van dwarsoor die wêreld hul gebedsversoeke stuur sodat ons span intersessors vir hulle kan bid. Ek bid self ook vir soveel mense as wat ek kan. Hulle dringende behoeftes en die haglike situasies waarvoor so baie van hulle gebed vra, breek my hart. Kan jy jou vir een oomblik indink hoeveel miljoene, miskien biljoene desperate gebede daagliks tot God opgaan? Kan jy net dink hoe sy hart vir ons brand – ja, vir jou en vir my ook. En al hierdie ellende is 'n direkte gevolg van die sonde van die mensdom - ja, my sonde en jou sonde ook. Maar al is al hierdie pyn, en ons eie desperate toestand, aan ons eie toedoen te danke, wil God graag vandag hierdie woorde van bemoediging vir ons gee: 2 Kronieke 30:9 As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toe terugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie.” Hoe gaan dit met jou verhouding met die Here? Dit maak nie saak hoe ver jy van Hom af weggedwaal het nie, Hy nooi jou om terug te kom. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Camp Meeting on SermonAudio
I Refuse to Die Here

Camp Meeting on SermonAudio

Play Episode Listen Later Jun 19, 2024 33:00


A new MP3 sermon from Fundamental Baptist Church is now available on SermonAudio with the following details: Title: I Refuse to Die Here Subtitle: 2024 Camp Meeting Speaker: Alan Kirk Broadcaster: Fundamental Baptist Church Event: Camp Meeting Date: 6/18/2024 Bible: 2 Kings 7 Length: 33 min.

God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie Vergeet Om die Here Te Prys Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jun 5, 2024 2:52


Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Ons gevoelens wissel tussen positief en negatief. Wanneer alles lekker rustig gaan, voel ons goed. Ander kere, wanneer die wind van voor af kom - ek praat nou van toestande van ‘n matige ou windjie tot ‘n kategorie tien stormwind, voel ons nie meer so positief nie. Daar is somtyds tye wanneer ons sonder enige ooglopende rede voel asof ons wil ontplof! Dinge bekruip ons sonder dat ons dit besef. Uitbranding; 'n kernverhouding wat besig is om uit te rafel; of die daaglikse sleur wat jou absoluut uitmergel. Ja, ons gevoelens ry wipplank, of hoe?  En dit maak nie saak waar jy op hierdie oomblik op die welstandspektrum is nie, daar is een ding – miskien die beste oplossing van almal – wat vir jou (en vir my) so maklik is om van te vergeet: Psalm 96:1-4 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Daar het jy dit. Ons vergeet van dié een groot ding wat ons moet doen: Ons moet die Here loof. Die woorde kan maklik sommer net as ‘n cliché gebruik word – prys die Here broer, prys die Here suster! Maar dis soveel meer as 'n terloopse stelling. Wanneer ons die Here se Naam grootmaak, wanneer ons  Hom loof en prys, vul Hy ons harte met soveel meer vertroue en vreugde as wat ons ooit kan verwag. Kom ons getuig gereeld; kom ons vertel mense van die groot dinge en die wonderlike dinge wat Hy in ons lewe gedoen het! Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

God se Woord VARS vir jou Vandag
Selfs Wanneer Jy Oud Word …

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 23, 2024 2:58


Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos 'n palmboom, en welig groei soos 'n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV) Een van die groot tragedies wat deesdae soos 'n wêreldwye pandemie afspeel, is dat ouer mans en vroue – diegene met die ervaring en wysheid van jare – handdoek ingooi.Wat bedoel ek met handdoek ingooi? Ek bedoel dat hulle ophou om ander mense te dien. Hulle hou op om hul gawes, vermoëns en tyd  - waarvan hulle nou in oorvloed het - te gee om ander te seën. Ja, ons weet almal dat ‘n mens die een of ander tyd jou betaalde diens sal staak. Goed.Maar te dikwels besluit mense dat dit nou die tyd is om aan hulle aftree-drome en begeertes te dink … ja-nee dit gaan alles oor my. Ék sal om die wêreld vaar. Ék sal lekker dinge vind om myself mee besig te hou. So bietjie vir bietjie fokus hulle uiteindelik meer en meer op hulself, en verkwis hulle vermoëns, ervaring en wysheid.Maar dit is nie hoe dit veronderstel is om te wees nie, want hoe meer jy op jouself gefokus is, hoe minder bevredigend word die lewe. Nouja, hier is God se plan - ingeval jy wonder:Psalm 92:12-15 Maar regverdiges sal blom soos 'n palmboom, en welig groei soos 'n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)Ons verstaan dat ons, soos ons ouer word, liggaamskrag verloor, totdat ons eendag doodgaan. Maar diegene wat aan die Here behoort, is veronderstel om aan te hou om vrugte te dra … net soos die jong, gesonde bome. Hulle werk is om deur die lewe wat hulle lei, vir almal ‘n voorbeeld te wees van hoe goed die Here is.Moenie handdoek ingooi nie. Hou aan om vrugte te dra.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the Show.Enjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Ps. 35| Psalms, Boek 1-Reeks: Die Here veg vir ons

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Jan 29, 2024 29:59


(1) Die Here help in ons vervolgingstryd, (2) herstel ons lewe en (3) handhaaf ons reg!   https://youtube.com/live/EflP8nTkz0Q  

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Jes. 43:18,19| Vergeet en kyk vooruit!

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Jan 2, 2024 23:43


(1) Die Here beveel ons om nie in die verlede vas te steek nie, maar om (2) vooruit te beweeg na die vernuwing wat Hy bewerk!   https://youtube.com/live/8DrqMCn4wno 

HRCO Potgooi Preke
BO ALLES DIEN DIE HERE!

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Dec 17, 2023 44:26


Hierdie laaste paar maande voel soos 'n wipwa rit van uitgelate vreugdevolle hoogtes, en dreigende onheilspellende laagtes! Na jare se pogings, begin dit voel of ons gemeenskap stadig maar seker nader aan mekaar beweeg, soos ook met die onlangse Ramskop Natuurtuin heropening en opgradering te danke aan DANKIE LOTTOLAND se belegging in ons dorp. Ons glo hulle het moontlik iets gesien wat ons lankal nie meer raakgesien het nie: hier woon wonderlike mense in Clanwilliam! #BloomingAmazingMense Ek dink aan die honderd en vyftien kindertjies wat vyf dae 'n week 'n voedsame ete kry as gevolg van 'n anonieme vermoënde man se maandelikse kontribusie, al voel dit soos 'n druppel in die emmer in die lig van die nuutste syfers wat ons met ons SAFERKIDS samesprekinge verkry het. Minstens 150 kinders onder 12jr oud in ons dorp, gaan nie meer skool nie, en dwaal honger in ons strate rond. Ek sit ek en kyk in die moedige oë van 'n kleuterskool onderwyseres Maryke Davids in ons Ubuntu ECD in Citrusdal, Riverview Plakkerskamp, en moet skaam verduidelik dat ons nie meer geld het om die deure oop te hou nie. Dit voel of vyftien jaar se onbaatsugtige wonderlike werk verdwyn soos water uit 'n stukkende glas in die droë grond. Ek het nie al die antwoorde nie! Op 'n ander dag sit 'n paar honderd mense dorstig en wag in die NGK saal vir Minister Mchunu dat ons versekering kan kry dat bouwerk aan die Clanwilliam Dam inderwaarheid nou begin het! Ons voel onseker maar opgewonde, dinge is besig om te draai! Ons is onseker, want volgens Dawie Roodt, die onlangse spreker by ons Sakekamer, is ons land nog nie deur die kantelpunt nie, hier wag nog 'n paar reuse uitdagings op ons, veral in die lig van volgende jaar se verkiesing! Dit alles terwyl ons daagliks die beelde oral op die media sien van die oorlog in Israel! Toe hierdie nuus op 7 Oktober breek, staan ek in Bloemfontein tussen 'n paar duisend gelowiges en roep die Here aan, dat HY ons nog 'n kans sal gee!! Daar op 'n heuwel buitekant die Rosestad, buig ons ons knie, en hou hande vas, Ons GEE weer ons land aan JESUS!! Saterdagaand 29 Oktober wen die bokke hulle 3rde wêreldbeker wedstryd, met net een naelskraap punt!! Die somtotaal van al die punte van hierdie 3 wedstryde is 111. Toeval? Nee, toe val die lig! Die Here geen ons nog 'n kans, maar dit is 'n dun garing draadjie van hoop!! Ons gaan nie op die arm van die vlees kan staatmaak nie, nee ons staan in nederige verootmoediging: "Here ons het U nou meer as ooit so baie nodig!" Godsdienstigheid gaan nie die merk haal nie! Die dae van toeskouer lidmaatskap is verby! Vir 23 jaar preek ek op elke denkbare platform en plek in hierdie streek!! Ek is betrokke en sigbaar op feitlik elke komitee en raad in die dorp!! Ons gemeente is Sout en Lig!! Hier en daar klop iemand my op die skouer! Dankie Pastoor! Twee keer hierdie week is ons kerk propvol mense, die een was vir Dawie Roodt se toespraak die ander was vir Eddie Casey se begrafnis.

Coffee and Conversations with LaKisha
You Will Not Die Here

Coffee and Conversations with LaKisha

Play Episode Listen Later Nov 6, 2023 35:11


Today's Devotional "I Won't Die Here" Jeremiah 29:11, John 16:33 lmjministries.org 11/6/23 Join us for coffee, conversation and community. --- Support this podcast: https://podcasters.spotify.com/pod/show/justbeinglmj/support

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Jak. 1:12| Jakobus Reeks: Die seën en sukses van 'n gelowige

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Oct 16, 2023 34:53


(1) Die Here se definisie van 'n geseënde is een wat volhard in versoeking en (2) Sy definisie van sukses is om die oorwinningskrans te ontvang! https://youtu.be/g2eQ0RtyNBo

Politically Georgia
Georgians react to the devastating terrorist attacks on Israel

Politically Georgia

Play Episode Listen Later Oct 10, 2023 55:59


Georgia elected officials say they stand in solidarity with Israel after the most devastating attack on Israel since the 1973 Yom Kippur War. On this episode of the Politically Georgia podcast from The Atlanta Journal-Constitution, hosts Greg Bluestein, Bill Nigut and Tia Mitchell are joined by American Jewish Committee Southern director Dov Wilker to look at how political leaders and members of the Georgia Jewish community are responding to the Hamas terrorist attack which killed more than 900 Israelis. AJC Washington correspondent Tia Mitchell reports on how the Israeli war brings new urgency to the GOP effort to elect a speaker of the House. Two candidates are in the race right now – Majority Leader Steve Scalise and Judiciary Chair Jim Jordan. But could Kevin McCarthy make a comeback bid to regain the gavel? Plus, Greg Bluestein shares details of his exclusive reporting on how Republican state senate leaders are using a newly established district attorney oversight commission to reprimand Fulton County DA Fani Willis for her indictment of Donald Trump. Have a question for the show? Call the 24-hour Politically Georgia Podcast Hotline at 404-526-AJCP. That's 404-526-2527. We'll play back your question and answer it during the Listener Mailbag segment on next Friday's episode.   Links to today's topics: Georgia Leaders React to Attacks on Israel  Selecting GOP leader becomes urgent in shadow of war  GOP senate leaders seek to punish Fani Willis  The Atlantic: 'We're Going to Die Here'    Subscribe to the AJC: If you aren't a subscriber to The Atlanta Journal-Constitution, click here to get unlimited digital access to the AJC at a special price.   Listen and subscribe to our podcast for free at Apple Podcasts, Spotify, or wherever you listen to podcasts. You can also tell your smart speaker to “play Politically Georgia podcast.”     Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Ps. 30:3,7-8| Psalms, Boek 1-Reeks: Die Here maak ons gesond

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Aug 21, 2023 35:29


(1) Die Here verdruk ons soms as ons onbesorgd geraak het, maar (2) Hy kan ons ook weer gesond maak.   https://youtube.com/live/jsTqyHnVm0s 

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Pred. 4:6; 1 Kor. 7:20| Ons vergenoegdheid te midde van allerhande verwagtinge

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later May 29, 2023 25:43


(1) Die Here roep ons in bepaalde omstandighede en (2) daar moet ons vergenoegdheid in Christus leer https://youtube.com/live/ZI32wOYGZhY 

Rising
NEW Tucker Carlson TEXTS: ‘Wish I Knew Where to Run. But I'll Die Here', Elon Musk To PURGE Twitter of Inactive Accounts, FBI 'Run Hide Fight' Video On How To Survive A Mass Shooting SHOCKS, And More: 5.9.23

Rising

Play Episode Listen Later May 9, 2023 107:08


NEW Tucker Carlson TEXTS: ‘Wish I Knew Where to Run. But I'll Die Here'; Shock Leaks Continue (00:00) Protecting HUNTER? Biden White House BANS NY Post From Event As Feds Weigh Charging POTUS's Son (12:51) NEO-NAZI Ties Revealed: TX Shooter Investigated For White Supremacist Posts (21:09) Jordan Neely Subway Death: Progressives OPPOSED Mayor's Plan To Hospitalize Mentally Ill: Lee Fang (37:00) Elon Musk To PURGE Twitter of Inactive Accounts: Rising Reacts (01:02:38) Biden, McCarthy SHOWDOWN Happening TODAY Over Debt Limit, US DEFAULT Hangs In The Balance (01:12:07) MUST WATCH: FBI 'Run Hide Fight' Video On How To Survive A Mass Shooting SHOCKS, Rising Reacts (01:25:29) Symone Sanders MOCKS Calls For RFK-Biden Debate As 'FANTASY LAND': 'There Will Be NO DEBATE' (01:36:00) Learn more about your ad choices. Visit megaphone.fm/adchoices

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Ps. 24| Psalms, Boek 1 - Reeks: Wie is Hy?

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Apr 17, 2023 27:51


Die Here is (1) die Almagtige wat alles besit, (2) wat Heilig is en (3) wat woon in Sy tempel https://youtube.com/live/GwEJqGBTqzk 

HRCO Potgooi Preke
Koninkryk Gereedskap

HRCO Potgooi Preke

Play Episode Listen Later Mar 20, 2023 28:42


Die Here laat ons nooit WEES te midde van krisis en swaarkry nie. Hy bekragtig ons met Geestelike Gereedskap wat elke moeilike situasie kan ontsluit. Die sleutels van die koninkryk is nie vir 'n vertoon kas nie. Dis 'n hemelse goddelike benadering tot die lewe. Die wat hierdie sleutels gebruik kry die onmoontlike reg! (2 Kor 6:1-10) Sermon NOTES: https://hrco.co.za/sermons/kindgom-to...#Deurbrake #Oorwinning #OopDeure #JesusChristus #Koningkryk

InVia Gemeente
Die Here is my... deur Frieda van den Heever / 22 Januarie 2023

InVia Gemeente

Play Episode Listen Later Jan 24, 2023 23:04


Die Here is my... 22 Januarie 2023 Preek en liturgie deur Frieda van den Heever. Dankie vir julle deurlopende ondersteuning! Om hierdie week by te dra kliek hier: https://pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet
Ef. 6:18-20| Efesiërs Reeks: In gebed neem ons die volle wapenrusting van God op

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet

Play Episode Listen Later Jan 3, 2023 34:44


Die Here gee vir ons Sy wapenrusting wat ons moet opneem (1) deur te bid in die Gees en (2) ons moet ook bid vir mede-gelowiges en (3) die verkondiging van die Woord.   https://youtu.be/dMUMd_QRSpk 

Microdose U
226 – I Thought I Was Going to Die Here

Microdose U

Play Episode Listen Later Jul 8, 2022 11:55


Welcome back to Microdose U. Today Dr. Dave shares a story that he has never shared with anyone before. And as scary as it was at the time, he is happy to report that things are much better now! Microdosing Resource Page: https://davidmadow.com/your-microdosing-resource-page/ Here is the complete transcript to today's show: Dr. Dave: (00:00) Hey, […] The post 226 – I Thought I Was Going to Die Here appeared first on Microdose U.