Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.
RSG — Lizma van Zyl gesels met dr. Johann Augustyn, 'n wetenskaplike en sekretaris van die SA Deep-sea Trawling Industry Association, SADTIA, oor die wydverspreide gevolge van aardverwarming op oseane. Hy verduidelik dat fisiologiese gevolge op vis- en ander marinespesies 'n versnelde metabolisme asook 'n versteuring van hormoonvlakke insluit.
RSG — Boere kan eersdaags krag aan Eskom lewer… Ja, dit klink dalk vreemd, maar boere met sonkragstelsels sal volgens 'n nuwe Eskom-skema enige oortollige krag in die netwerk kan stort. Die projek is nie net voordelig vir boere nie, maar sal help om die druk om die nasionale energienetwerk te verlig. Lizma van Zyl gesels met Chris Schutte van Sonfin oor die projek waarby alle Suid-Afrikaners kan baat.
RSG — Sue Pyler en Ettienne Ludick praat met Johan van Graan van die Instituut vir Risikobestuur en 'n kenner op die gebied van rekenaarsekuriteit oor hoe om jouself aanlyn te beveilig.
RSG — Bewaringslandbou word al hoe belangriker vir Suid-Afrikaanse boere, weens aardverwarming. Lizma van Zyl gesels met dr. Hendrik Smith van Graan SA oor die vorm van boerdery wat, hy 'n unieke wapen in die stryd teen klimaatsverandering noem. Ons hoor ook meer van Graan SA se koolstofvoetspoor-projek.
RSG — Sue Pyler kyk na 'n paar maniere hoe jy jou huis kan beveilig teen moontlike brande.
RSG — 'n Nederlandse maatskappy is besig om wêreldwyd naam te maak vir sy proses om afval en ongebruikte kos, wat baie soetgoed insluit, in veevoer te omskep. Lizma van Zyl gesels met Karel van der Velden vanuit Veulen oor Food-for-Feed wat nie net help om aardverwarming teen te werk nie, maar ook vir boere meer geld in die sak besorg.
RSG — Tania Lochner van Rawsonville deel 'n storie met Sue Pyler oor hoe hulle gesin in die jare sestig met eende gery het na 'n troue, en hoe hulle tuis was in die bad van die hotelkamer.
RSG — Minder is meer, sê die kenners. Sue Pyler kyk na hoe jy maklik minimalisties kan leef.
RSG — Die wêreld se vleilande is aan die verdwyn, en klimaatsverandering is een van die hoofoorsake. Min mense besef watter groot rol die ekostelsels in mens en dier se lewe speel. Lizma van Zyl gesels met varswater-ekoloog dr. Kas Hamman oor die bedreigings vir die voortbestaan en waarde van vleilande.
RSG — Wenke vir die versorging van hande en naels tydens die koue wintermaande.
RSG — Nicola Greeff vertel vir Sue Pyler meer ook Sappi se klankleserboeke.
RSG — Ettienne Ludick praat oor 'n nuwe selfoontoepassing wat kan help om kinders se toesteltyd te bestuur.
RSG — Wêreldleiers op die gebied van klimaatsverandering het onlangs in Portugal bymekaargekom om sowel uitdagings as oplossings te bespreek met spesifieke betrekking tot die wynbedryf. Lizma van Zyl gesels met een van Suid-Afrika se twee afgevaardigdes in Porto, Andre Roux, oor die uitkoms van die beraad, en die pad vorentoe.
RSG — Sue Pyler het met Vian Singleton, oftewel Thomas van 7de Laan, gepraat met die oog op jeugmaand. Hulle het ook gepraat oor sy storielyn in die sepie waarin die rol van groepsdruk uitgebeeld word.
RSG — Die spekboom word beskou as 'n wonderplant. Dit is gehard, hoog in voedingswaarde vir mens en dier, en uiters doeltreffend met die verwydering van koolstof uit die atmosfeer. Lizma van Zyl gesels met Peter Shrimpton van Heart Capital oor hulle spekboomprojek, wat besig is om lewens te verander.
RSG — Marthinus Wagman, takbestuurder by die troeteldierarea van die lughawe op George, verduidelik aan Sue Pyler wat die prosedure is om met 'n troeteldier te reis.
RSG — Ons hoor daagliks hoe nadelig plastiekbesoedeling is, maar wat is die vernaamste probleme en wat kan ons daaraan doen? Lizma van Zyl gesels met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Plastiekherwinnersorganisasie, Johann Conradie. Hy deel ook wenke vir die landbousektor en stedelinge oor maklike en doeltreffende maniere om plastiek te herwin en dit so uit die natuur te hou.
RSG — Klimaatsverandering is nie selektief nie, en selfs 'n gewas soos sorghum begin ly onder stygende temperature. Sorghum, 'n stapelvoedsel vir miljoene, is egter 'n geharde gewas wat soos die aarde verwarm selfs 'n belangriker rol sal speel. Lizma van Zyl praat met die landbou-ekonoom Petru Fourie van Graan SA oor wat sorghum in die toekoms vir mens en dier kan beteken.
RSG — Om te lank te sit veroorsaak onder meer rugprobleme. Ettienne Ludick stel ondersoek in.
RSG — Ettienne Ludick praat oor die redes waarom voertuie versien moet word.
RSG — Lizma van Zyl gesels met bioveiligheidskemmer dr. Hennie Groenewald oor die genetiese modifikasie van landbougewasse. Hy verduidelik waarom sekere gewasse geneties gemodifiseer word, wat se rol klimaatsverandering speel en hoe daar seker gemaak word dat die proses veilig en vlot verloop.
RSG — Om te boer is nie maklik nie. Ettienne Ludick gesels met Anno Kruger, 'n groenteboer van Hekpoort, wes van Johannesburg, oor die uitdagings van hierdie soort boerdery.
RSG — Hulle sê sáám is ons sterker, en 'n inisiatief wat in die Wes-Kaap en Gauteng al hoe meer sukses behaal, getuig opnuut hiervan. Industriële simbiose is die deel van hulpbronne en kennis om ekonomiese groei te bevorder en 'n meer eko-vriendelike omgewing te skep. Lizma van Zyl gesels met die bestuurder van die Wes-Kaapse Industriële Simbiose-program, WISP, oor die sinergie wat wêreldwyd, veral weens klimaatsverandering, aan die toeneem is.
RSG — 'n Groot tuin is nie vir almal beskore nie, veral nie as jy in 'n woonstel of meenthuis bly nie. Ettienne Ludick gesels met JJ Janse van Rensburg van Garden World in Johannesburg oor tuine in klein spasies.
RSG — Daar is 'n kalender vol baie vreemde vakansiedae in die wêreld. Ettienne Ludick het gaan kyk van die vreemdste daarvan.
RSG — Sy gee ons riviere 'n stem – Dr. Jo Barnes van die Universiteit Stellenbosch. Lizma van Zyl gesels met die baanbreker oor die stand van Suid-Afrika se riviere, wat sy as haglik beskryf. Dr. Barnes sê nie alleen word riviere toenemend die draers van siektes nie, maar beteken minder water weens droogtes, oormatige onttrekking en besoedeling, ook minder kos.
RSG — Wat behels die instandhouding van go-carts, veral die wat uitsluitlik op stofbane ry? Ettienne Luick het 'n draai by 'n go-cartbaan gemaak om uit te vind.
RSG — Wanneer klimaatsverandering bespreek word, doen volwassenes meestal die praatwerk. Maar hoe word jongmense geraak? UNICEF Australië het bevind dat kinders en jongmense in die land baie bekommerd is oor hulle toekoms, veral diegene wat 'n loopbaan in landbou oorweeg. Lizma van Zyl gesels met dr. Ilse Trautmann van die Wes-Kaapse Departement van Landbou oor wat die toekoms vir Suid-Afrika se jongmense inhou wanneer dit kom by werksgeleenthede in die landbousektor.
RSG — Daar is verskeie maniere om te verseker dat jou motor optimaal funksioneer, en dat herstelkoste jou nie platsak laat nie. Ettienne Ludick kyk na 'n paar wenke wat die kenners voorstel.
RSG — Die gesprek oor die uitwerking van klimaatsverandering op die internasionale koffiebedryf word voortgesit. Lizma van Zyl gesels met dr. Aaron Davis van die wêreldbekende Kew Royal Botanical Gardens buite Londen oor die koffiebedryf se toekoms in die algemeen, asook 'n projek om Ethiopië se koffiebedryf en ekonomie meer klimaatsweerstandig te maak. Die land is die sesde grootste koffieprodusent ter wêreld.
RSG — Wat is rooibos nou eintlik, en hoekom is dit so gewild? Ettienne Ludick het by die Suid-Afrikaanse Rooibosraad gaan uitvind.
RSG — Dis maklik om iets weg te gooi as dit nie meer gebruik nie, maar met stygende pryse moet jy twee keer dink. Ettienne Ludick kyk na vier groot items in jou huis wat jy kan herstel eerder as om dit weg te gooi.
RSG — 'n Heerlike stukkie vis is nie te versmaai nie, maar hoe weet jy dat die vis wat jy eet nie bedreig is nie? Ettienne Ludick vertek van 'n handige toep wat jou kan help om die visbronne te bewaar.
RSG — Die Wes-Kaapse verkeersdepartement maak gebruik van die eBat-stelsel om dronkbestuur hok te slaan. Wat is dit, en hoe vinnig kan 'n drankie jou in die moeilikheid kry agter die stuurwiel? Ettienne Ludick vind meer hieroor uit by die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa.
RSG — Die gewildste drankie ter wêreld, koffie, is in die klimaatsverandering-kollig. Lizma van Zyl gesels met dr. Aaron Davis, 'n plantkundige by die wêreldbekende Kew Royal Botanical Gardens buite Londen, oor die toekoms van die koffiebedryf. Dr. Davis is nou betrokke by navorsing in die verband, en speel ook 'n groot rol om Ethiopië, die wêreld se sesde grootste koffieprodusent, met die uitdagings van klimaatsverandering te help.
RSG — 'n Wegbreek oorsee is altyd verfrissend, maar nie die lang vlug tot by jou bestemming nie. Sue Pyler kyk na hoe vlugvermaak aan die verander is.
RSG — Wat is die cloud waarvan almal deesdae praat, en hoe werk dit? Hoe veilig is dit? Ettienne Ludick het by cloudspesialis Charl Langhoudt gaan antwoorde kry.
RSG — Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Hoor hoekom dit in 2023 vir die stad van Johannesburg nodig word om 'n tweede Zephyr-stelsel aan te koop.
RSG — Wat het verkeerd geloop met die Boeing Max 8, en wat word gedoen om dit reg te stel? Ettienne Ludick praat met veteraankaptein Flippie Vermeulen hieroor.
RSG — Soos klimaatsverandering vererger, sal aansteeklike siektes toeneem en vinniger versprei. Lizma van Zyl gesels met prof. Martie van der Walt van die Mediese Navorsingsraad oor watter aansteeklike siektes reeds aan die toeneem is, en hoe ons onsself teen toenemende, uiterste weersomstandighede kan beskerm.
RSG — Dis normaal om so af en toe deurmekaar te wees, maar een of ander tyd moet jy net weer orde skep. Sue Pyler help jou met 'n paar wenke oor hoe om jouself te organiseer.
RSG — Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 28 April 2021, en ons hoor hoekom virtuele realiteit-dobbelsale hulle fisiese mededingers ore aansit.
RSG — Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met die Hoërskool Waterkloof se robotikaspan wat in Detroit in die V.S.A. aan die First Tech Challenge gaan deelneem. Die leerders van graad 7 tot 12 is verantwoordelik vir die ontwerp, bou en programmering van die robot.
RSG — Klimaatsverandering en die droogte in Suid-Afrika wat oor groot dele net vererger, het 'n boerelandbou-agenda genoodsaak. Die persoon wat die projek dryf, is die president van die Wêreld Landbou-organisasie, dr. Theo de Jager. Lizma van Zyl gesels met hom oor projekte en programme om boere en landbouwerkers by te staan – nie net op die plaas nie, maar ook emosioneel.
RSG — 'n Groot gejeuk en'n gekrap - dit is wat op jou wag wanneer 'n muskiet jou beetkry. Ettienne Ludick bekyk hierdie vlieënde irritasies van nader. Hy vertel van die jongste navorsing, wat wys dat 'n sekere liedjie dalk 'n teenvoeter teen die gevreesde insek kan wees.
RSG — Pieter Geldenhuys en Juanita Vorster ondersoek die moontlikhede van die toekoms. Dit is 18 Julie 2024, en ons hoor hoekom Zimbabwe se regering nie internettoegang kan afsny tydens die komende verkiesing nie.
RSG — Is jy te besig om ontbyt te eet? Sue Pyler gesels met dieetkundige Elizda Hanekom oor die belangrikheid van ontbyt.
RSG — Klimaatsverandering kan nie meer geïgnoreer word nie. Van die wêreld se slimstes noop ons om kweekhuisgasvrystellings vinnig en drasties te verlaag as 'n ramp afgeweer wil word. Ons het die afgelope jaar hier op DIE KWIK STYG klimaat- en waterslim geword danksy kenners wat elke week agter die mikrofoon ingeskuif het. Lizma van Zyl kyk terug oor die afgelope 51 programme voordat ons volgende week met 'n splinternuwe reeks begin.
RSG — Daar is verskeie dinge wat jy kan doen om jouself teen grypdiewe in jou motor te beskerm. Ettienne kyk na 'n paar voorstelle.
RSG — Wat behels voedselwetenskap? Ettienne gesels met Prof Gunnar Sigge van die Universiteit Stellenbosch hieroor.