Podcasts about suid afrikaners

  • 50PODCASTS
  • 847EPISODES
  • 18mAVG DURATION
  • 5WEEKLY NEW EPISODES
  • Aug 17, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about suid afrikaners

Show all podcasts related to suid afrikaners

Latest podcast episodes about suid afrikaners

Nuus
Dobbelary onder SA-jeug moet aandag kry

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 17, 2026 0:20


Die Nasionale Dobbelraad vra die regering om dringend aandag te skenk aan die krisis van jongmense wat steeds uitermate swaar deur ekonomiese uitsluiting getref word. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, moedig jong Suid-Afrikaners aan om nie sportweddenskappe en ander vorme van dobbelary as 'n alternatief vir 'n inkomste te beskou nie. Hy sê die organisasie se studie oor die sosio-ekonomiese uitwerking van dobbelary in Suid-Afrika in 2023/24 beklemtoon die noodsaaklikheid van groter bewusmaking onder jonger Suid-Afrikaners.

moet onder hy suid afrika suid afrikaners jeug
Nuus
Saftu vra voordele vir Suid-Afrikaners uit minerale rykdom

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 17, 2026 0:16


Die vakverbond Saftu sê meer as drie dekades na apartheid word reusedele van Suid-Afrika se minerale rykdom steeds beheer volgens die logika van private verkryging. Asive Dyani van Saftu sê mynbougemeenskappe bly dikwels arm terwyl rykdom wat onder hul voete gemyn word, na korporasies, aandeelhouers en finansiële markte vloei. Sy sê Suid-Afrika kan nie 'n ekonomie bly wat minerale myn, dit rou of sonder voordeel vir die gemeenskap uitvoer en dan vervaardigde goedere teen reusekoste invoer nie:

sy suid afrika suid afrikaners minerale saftu
Nuus
Dobbelaars moet huis-finansies beskerm: Dobbelraad

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 14, 2026 0:20


Die Nasionale Dobbelraad maan landsburgers om hul huishoudelike finansies te beskerm en versigtig te wees wanneer hulle dobbel. Volgens Ou Mutual se jongste spaar- en beleggingsmonitor dobbel 53-persent werkende Suid-Afrikaners, terwyl 42-persent sê hulle dobbel dikwels om uitgawes of skuld te dek. Sportweddenskappe is die algemeenste dobbelgewoonte, gevolg deur slotmasjiene en die Lotto. Waarnemende hoof Lungile Dukwana sê hulle sal voortgaan om die belangrikheid van verantwoordelike dobbel te beklemtoon:

lotto moet huis suid afrikaners
Monitor
Monitor: SA in vyfde plek in wêreld met die hoogste alkoholverbruik

Monitor

Play Episode Listen Later Aug 13, 2026 48:38


13 Augustus 2026: Kritiek op nuwe wetgewing teen onwettige mynbouaktiwiteite. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg in die moord op twee polisiebeamptes in Reiger Park aan die Oos-Rand. SA is vyfde op ‘n wêreldlys van lande met die hoogste alkoholverbruik - kan nuwe belasting op alkohol Suid-Afrikaners oorreed om minder te drink.

RSG Geldsake met Moneyweb
Suid-Afrikaners koop nuwe motors soos soetkoek

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Aug 4, 2026 8:54


Henry Botha – hoof van strategie en analise, Absa Voertuigfinansiering Volg RSG Geldsake op Twitter

motors koop soos suid afrikaners
Nuus
SA vorder met TB-spuit vir volwassenes

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:21


Die Departement van Gesondheid het die vordering wat gemaak is met 'n nuwe tuberkulose-entstof verwelkom en bevestig voorbereidende werk word gedoen om tydige toegang vir Suid-Afrikaners te verseker. Dit vorm deel van voortgesette pogings om die epidemie teen die jaar 2030 uit te skakel as openbare gesondheidsbedreiging. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê 'n entstof wat TB by adolessente en volwassenes voorkom, sal 'n deurbraak wees vir die beheer en uitwissing van TB, beide wêreldwyd en hier in Suid-Afrika:

Nuus
SA-kiesers registreer baie goed, meeste in KZN

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:22


Die Verkiesingskommissie sê Suid-Afrikaners het positief gereageer tydens die laaste kieserregistrasie-naweek voor die munisipale verkiesing in November. Volgens ʼn voorlopige verslag het die meeste in KwaZulu-Natal geregistreer, gevolg deur die Oos-Kaap en Gauteng. Tydens die eerste registrasienaweek op 20 en 21 Junie is meer as drie-miljoen registrasies aangeteken. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal hopelik binnekort die verkiesingsdatum aankondig:

Nuus
DA se hofsaak teen onteiening skop vandag af

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 3, 2026 0:22


Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party begin vandag met sy grondwetlike uitdaging van die Onteieningswet in die Wes-Kaapse Hooggeregshof. Hy sê hulle is in die hof omdat die reg om eiendom te besit fundamenteel is vir vryheid, waardigheid en ekonomiese geleenthede. Hill-Lewis sê geen regering moet vae en omvattende magte kry om sonder vergoedng te vat wat aan Suid-Afrikaners behoort nie:

teen hy skop die da vandag suid afrikaners geordin hill lewis
Nuus
Kabinet stel wit Suid-Afrikaners gerus na VSA-visa bewerings

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 30, 2026 0:19


Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet neem kennis van berigte dat sommige wit Suid-Afrikaners wat na Amerika verhuis het op grond van 'n sogenaamde wit volksmoord, se visums na bewering geweier is. Die kabinet herbevestig alle Suid-Afrikaners, ongeag hul politieke oortuigings, is welkom in die land en word deur die Grondwet beskerm. Sy erken wel dat Suid-Afrika steeds worstel met maatskaplike en ekonomiese uitdagings wat almal raak:

visa amerika stel sy kabinet grondwet suid afrika suid afrikaners khumbudzo ntshavheni
Nuus
Suid-Afrikaners verdien 'n veiliger grens - Mashaba

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 29, 2026 0:19


ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika het ʼn regering nodig wat die landsgrense kan beveilig, immigrasiewette afdwing en seker maak mense wat onwettig in die land is, word volgens wet hanteer. Die regering het sy optrede teen onwettige migrasie en verwante misdade verskerp, met meer as 68 000 buitelanders wat sedert Junie vir repatriasie of deportasie verwerk is. ActionSA se woordvoerder, Omogolo Taunyane, sê Suid-Afrika moet ook ʼn grondwetlike demokrasie bly wat menswaardigheid en die oppergesag van die reg respekteer:

RSG Geldsake met Moneyweb
Meer Suid-Afrikaners wéét hulle moet meer spaar, maar sukkel om dit te doen

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 17, 2026 7:37


Ester Ochse – hoof: geïntegreerde advies, FNB Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Mandela-maand handel oor dienslewering

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 16, 2026 0:14


Die regering moedig Suid-Afrikaners aan om in Mandela-maand deel te neem aan aktiwiteite en hulp te verleen waar nodig. In hierdie maand kry mense die kans om die lewe en nalatenskap van wyle president Nelson Mandela te gedenk deur diens aan ander en sterker gemeenskappe te bou wat meer vir mekaar omgee. Die regering se waarnemende woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê landsburgers moet deur die jaar ingestel wees op goedhartigheid, dienslewering en aktiewe burgerskap.

Nuus
Fosa vra optrede teen onwettige inlywingskole

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 16, 2026 0:20


Forum for South Africa sê die sluiting van 58 onwettige inlywingskole, die inhegtenisneming van 40 verdagtes en die indien van 116 strafregtelike klagtes dui daarop dat onwettige praktyke steeds jong Suid-Afrikaners se lewens bedreig. Die dodetal in vanjaar se winter-seisoen staan op 43. Fosa se leier, Tebogo Mashilompane, sê onwettige inwydingskole, ongekwalifiseerde tradisionele genesers en diegene wat kulturele praktyke uitbuit om geld te maak, moet aanspreeklik gehou word:

RSG Geldsake met Moneyweb
Popia-wet is nie genoeg om Suid-Afrikaners se data te beskerm nie

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jul 10, 2026 9:08


Ahmore Burger-Smidt – hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging, Werksmans Prokureurs Volg RSG Geldsake op Twitter

data genoeg suid afrikaners
God se Woord VARS vir jou Vandag
Julie Nuusbrief 1

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later Jul 8, 2026 2:19 Transcription Available


Send us Fan MailGoeiedag al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Julie. Ek kan skaars wag om vandag ‘n wonderlike getuienis - ‘n storie van God se genade wat my diep geraak het - met jou te deel.  Sarie Greeff, een van ons intekenaars, vertel: Jare gelede is ek verlam as gevolg van 'n virus wat ek opgedoen het. Volgens die mediese span was daar geen hoop vir my nie. Ek het in 'n Johannesburgse hospitaal gelê — ek was  op sterwe. Ek het vier maande lank in die intensiewe-sorgeenheid deurgebring. Toe ons mediese fonds opgeraak het, moes ons 'n baie moeilike besluit neem. In geloof het ons besluit om die hospitaal op eie risiko te verlaat. Die neuroloog se laaste woorde was: "Sy sal net 24 uur leef." Maar God is goed - en groter as enige mediese vonnis. Jesus het my aangeraak nadat daar vir my gebid is. Daardie 24 uur is nou 46 jaar later. Ek loop. Ek doen alles self. En dit is die werk van ons Vader — die Een wat nog nooit verander het nie, en nooit sal verander nie.  Hebreërs 11:1 sê: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.  o  Baie dankie aan almal wat gereeld van hulle laat hoor! Ons lees elke boodskap en waardeer elke “Amen” en “Halleluja” – dit beteken dat julle die boodskappe betekenisvol vind.o  Deur julle getroue bydraes bereik ons daagliks duisende mense met VARS-boodskappe. So word VARS ook jou bediening. Laat weet ons by die skakel in die teks:  Wat is die grootste uitdaging wat jy daagliks in die gesig staar? Want Galasiërs 6:2 sê:  Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. o  Sê ook saam met ons vir die Here dankie vir die vreedsame verloop van die betogings teen ongedokumenteerde buitelanders. En vir die Suid-Afrikaners wat soos een man in gebed saamgestaan het! Seënwense en mooi loop.Van Jokkie, Annelie en die VARS-span.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

RSG Geldsake met Moneyweb
Suid-Afrikaners betaal R90 miljard per jaar om met kontant te kan betaal

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 24, 2026 9:12


Pradeep Maharaj – uitvoerende direkteur: betaalstelselmoderniseringsprogram,Reserwebank Volg RSG Geldsake op Twitter

jaar miljard betaal suid afrikaners
Spektrum
Spektrum: ‘Te min mense spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat'

Spektrum

Play Episode Listen Later Jun 24, 2026 52:56


24 Junie 2026: Die FW De Klerk Stigting sê te min Suid-Afrikaners spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat. Die Johannesburg Padagentskap trap die rem op herstelwerk in die metro weens 'n brandstofkrisis. Landswye monsters wys sowat 'n kwart van mense wat tans grieperig is, die H1N1-virus onder lede het.

Spektrum
Spektrum: Polisie begroot R600 miljoen vir operasies met betogings op 30 Junie

Spektrum

Play Episode Listen Later Jun 23, 2026 54:12


23 Junie 2026: R600 miljoen van die polisie-begroting geoormerk vir spesiale operasies om die beplande landwye betogings op 30 Junie te bestuur, terwyl owerhede Suid-Afrikaners versoek om nie paniekbevange te raak nie. Die Minister van Basiese Onderwys praat oor haar uitdagings ná twee jaar in die tuig.

spektrum suid afrikaners die minister
Nuus
Jeug moet opstaan, 70% nie geregistreer nie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 21, 2026 0:19


Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê jongmense moet nie opsy staan en toekyk hoe volwassenes besluite neem wat hulle in die toekoms sal raak nie. Die Verkiesingskommissie het aangekondig dat meer as 70-persent van Suid-Afrikaners tussen 18- en 19- jaar-oud nie geregistreer is om te stem nie, alhoewel hulle stemgeregtig is. Op die laaste dag van die stemregistrasie-naweek moedig Makaneta jongmense aan om op te staan en getel te word in die transformasie van Suid-Afrika:

moet opstaan suid afrika suid afrikaners jeug
Nuus
Registreer om te stem - Ramaphosa

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 19, 2026 0:16


President Cyril Ramaphosa sê daadwerklike burgerlike deelname is noodsaaklik om demokrasie te versterk. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die Mylpale van Vryheid-veldtog by die Uniegebou in Tshwane. Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangespoor om 'n aktiewe rol in die openbare lewe te speel deur te stem, by gemeenskapsinisiatiewe aan te sluit en deel te neem aan die nasionale dialoogprosesse. Hy het landsburgers ook aangemoedig om hierdie naweek te registreer om te stem in die plaaslike regeringverkiesing op 4 November:

RSG Geldsake met Moneyweb
Suid-Afrikaners stel spartel om SpaceX-aandele te koop

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 19, 2026 13:25


Charles Savage - uitvoerende hoof, Purple groep Volg RSG Geldsake op Twitter

spacex purple stel koop suid afrikaners charles savage
Nuus
Oorskot van KZN-man uit Rusland gerepatrieer

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 0:21


Die oorskot van 'n man van KwaZulu-Natal, wat na bewering met werksbeloftes na Rusland gelok is, is na Suid-Afrika teruggebring. Sihle Makhaye was onder 'n groep Suid-Afrikaners wat in Julie verlede jaar vir sekuriteitswerk gewerf is, maar in plaas daarvan gevra is om 'n jaarkontrak te teken om aan die frontlinie van die Russies/Oekraïnse oorlog te veg. Die LUR vir die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die nasionale regering het gehelp om Makhaye se oorskot te repatrieer:

rusland kwazulu natal suid afrika vervoer suid afrikaners
Monitor
Monitor: Vyf dekades ná 1976 staan jong Suid-Afrikaners steeds voor talle uitdagings

Monitor

Play Episode Listen Later Jun 16, 2026 49:45


16 Junie 2026: Vyf dekades ná die opofferings van slagoffers van die 1976 Soweto-betogings, staan jong Suid-Afrikaners vandag steeds voor talle uitdagings. Die jongste misdaadstatistiek van die Noord-Kaap dui daarop dat die stryd teen georganiseerde misdaad vrugte afwerp. Sowat 70 000 toelaes word tydelik opgeskort weens nie-nakoming en onvoldoende verfikasieprosesse by SASSA.

Nuus
Kommer oor SA jeug se apatie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 8, 2026 0:20


Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging vra jong Suid-Afrikaners om Jeugmaand as 'n oomblik van aksie te gebruik en te registreer om in November in die komende plaaslike verkiesing te kan stem. Die voorsitter van SALGA se Jeugkommissie, Lucky Sele, sê hulle mobiliseer jongmense om aan die verkiesing deel te neem. Dit volg te midde van groeiende kommer oor 'n toenemende kiesersdeelname-gaping en 'n vertrouenstekort wat daartoe lei dat al hoe minder mense aan toekomstige verkiesings sal deelneem:

dit kommer salga suid afrikaners jeug
Nuus
SA kabinet keur R95m vir Ebola goed

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 6, 2026 0:16


Die kabinet het Suid-Afrika se belofte van ongeveer 95 miljoen rand goedgekeur om 'n reaksieplan dwarsoor die vasteland te ondersteun. Dit volg na die Ebola-uitbreking in dele van die DRK en Uganda. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê die fondse sal bydra tot voorbereidings- en reaksiepogings regoor Afrika. Ntshavheni het Suid-Afrikaners gerusgestel daar is geen Ebola-risiko in Suid-Afrika nie:

uganda dit afrika ebola goed kabinet drk suid afrika suid afrikaners khumbudzo ntshavheni
Nuus
EFF teiken nie wit boere, sê Malema

Nuus

Play Episode Listen Later May 17, 2026 0:18


EFF-leier Julius Malema sê bewerings dat die party wit boere teiken, is vals. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn uitsending gesê sulke bewerings is onlogies en aangevoer dat hy self 'n boer is en nie boere skade kan aandoen nie. Malema hou vol dat die EFF geen beleid van geweld het nie en verwerp beskuldigings van rassisme. Hy het beklemtoon dat Suid-Afrikaners met mekaar verbind is en nie langs rasselyne verdeel moet word nie:

hy eff julius malema malema boere suid afrikaners
Nuus
DA verwelkom afdanking van Tolashe

Nuus

Play Episode Listen Later May 15, 2026 0:12


Die DA sê president Cyril Ramaphosa het die regte ding gedoen om die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, af te dank omdat haar posisie in die Kabinet onverdedigbaar was. Sy het versuim om twee luukse Chinese voertuie te verklaar wat laat in 2023 aan die ANC-vroueliga geskenk is. Tolashe word ook beskuldig dat sy die onregmatige aanstelling van haar personeelhoof en gewese direkteur-generaal toegelaat het, en personeel wat deur die staat betaal word, misbruik het. DA-leier Geordin Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners verdien ʼn bevoegde en geloofwaardige minister:

chinese anc sy cyril ramaphosa kabinet die da suid afrikaners geordin hill lewis
Nuus
Kaapstad loods binnelandse toerisme-veldtog

Nuus

Play Episode Listen Later May 15, 2026 0:19


Kaapstad Toerisme het 'n nuwe binnelandse veldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om Suid-Afrikaners aan te moedig om die stad te herontdek deur middel van storievertellings wat deur die skrywers gelei word. Die veldtog, wat vandeesmaand in vennootskap met Travelstart plaasvind, vertoon Kaapstad se geheime buurtervarings, buitelug-aantreklikhede en kulturele ruimtes, terwyl dit ook afslag op reisaanbiedinge en kitsverkope bied. Briony Brookes van die toerisme-agentskap sê die inisiatief is ontwerp om binnelandse toerisme te bevorder en werksgeleenthede in die sektor te ondersteun:

kaapstad toerisme suid afrikaners travelstart
Nuus
ActionSA lê strafregtelike klagte teen Cyril

Nuus

Play Episode Listen Later May 13, 2026 0:21


ActionSA het strafregtelike klagte teen president Cyril Ramaphosa gelê in die Bela-Bela polisiestasie in Limpopo oor die Phala Phala-skandaal. Dit sluit in oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, asook bedrog en meineed wat verband hou met verklarings oor die bedrag geld wat in 2020 van sy plaas in die provinsie gesteel is. Michael Beaumont van ActionSA sê Suid-Afrikaners verdien volle aanspreeklikheid en antwoorde:

teen dit wet cyril cyril ramaphosa limpopo actionsa phala phala suid afrikaners michael beaumont bela bela
Nuus
Tau hou voet by stuk BEE bly, en moet versterk word

Nuus

Play Episode Listen Later May 7, 2026 0:23


Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê swart ekonomiese bemagtiging sal steeds die hefboom wees wat die regering gebruik om Suid-Afrikaners te bevry. Dit volg nadat Business Leadership South Africa gewaarsku het die departement se voorgestelde wysigings aan die B-BBEE-regulasies kan jare se nywerheidsontwikkeling ondermyn. Tau sê B-BBEE moet versterk en hersien word, maar sal nie laat vaar word nie. Hy sê ekonomiese bevryding is die maatreël van die land se vryheid:

dit handel moet tau hy stuk suid afrikaners business leadership south africa
Nuus
Ramaphosa sê Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2026 0:19


President Cyril Ramaphosa het weer bevestig dat Suid-Afrikaners nie inherent teen mense van ander Afrikanasies is nie. Hy het gister in Pretoria met president Daniel Francisco Chapo van Mosambiek vergader, waar hulle uitgebreide gesprekke oor sake van gemeenskaplike belang gevoer het. Dit volg nadat Nigerië, Ghana en Mosambiek amptelik by die regering gekla het oor die manier waarop hul landsburgers te midde van xenofobiese spanning in die land behandel word. Ramaphosa sê hulle sal ʼn oplossing vind:

Monitor
Monitor 23 April 2026

Monitor

Play Episode Listen Later Apr 23, 2026 46:38


Nóg 'n verdoemende verslag oor die stand van munisipale dienslewering, hierdie keer uit die Noord-Kaap. Die Minister van Elektrisiteit sê geen beurtkrag dié winter nie. Eiendom al hoe meer buite die bereik van jonger Suid-Afrikaners.

monitor eiendom suid afrikaners die minister
Nuus
Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 18, 2026 0:20


ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale beeld by 'n 78-jarige afdwinger van apartheid moet berus. Sy verwelkom die sterk teenkanting van patriotiese Suid-Afrikaners teen die aanstelling:

Nuus
UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 13, 2026 0:11


United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en vra owerhede en die Parlement om sonder inmenging op te tree. Mabule sê Suid-Afrikaners verdien volle aanspreeklikheid in die saak:

parlement hy phala phala suid afrikaners
RSG Geldsake met Moneyweb
Belangstelling in elektriese motors skiet die hoogte in ná brandstofverhogings

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 7, 2026 9:25


Grant Locke, besturende direkteur van Volvo Suid-Afrika, gesels oor elektriese motors in Suid-Afrika en hoe Suid-Afrikaners die somme moet maak om te bepaal of elektriese motors 'n finansiële voordeel inhou. Volg RSG Geldsake op Twitter

motors suid afrika suid afrikaners
Monitor
Monitor 31 Maart 2026

Monitor

Play Episode Listen Later Mar 31, 2026 51:21


Suid-Afrikaners hoop die regering gryp in teen skerp brandstofprysverhogings. Gemoedere loop hoog onder Suid-Afrikaners by 'n optog teen die kroning van die Nigeriese koning in KuGompo-stad, of Oos-Londen. Ons praat met 'n ontleder oor die WVK-hofuitspraak teen twee oud-presidente.

monitor ons maart suid afrikaners
RSG Geldsake met Moneyweb
Suid-Afrikaners gooi vinniger brandstof in as wat die oliemaatskappye kan aflewer

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Mar 30, 2026 6:52


Johann le Roux, uitvoerende hoof van die KAL-groep, gesels oor die brandstofprys, voorraad en verpreidingsprobleme Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Ou en nuwe politieke leiers 'wil nie hê De Kock moet praat'

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 24, 2026 0:21


Die GOOD-party sê die omstrede apartheidsera-polisieman, Eugene de Kock, het inligting wat nie die ou of nuwe orde se politieke leiers wil hê Suid-Afrikaners moet weet nie. De Kock wat voor die ondersoek na die Cradock-vier se moorde in 1985 verskyn, het erken hy het onder die apartheidsregering sogenaamde terroriste vir die Veiligheidspolisie gejag. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê De Kock sal nie baie van die ANC se geheime weet nie, maar hy weet van baie sake wat die NVG huiwer om te vervolg:

moet anc kock praat politieke nvg cradock suid afrikaners
Nuus
Fosa: Regering verbloem brandstofkrisis

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 21, 2026 0:20


Die Forum for South Africa het die regering se poging om die publiek gerus te stel oor brandstofvoorsiening verwerp as niks meer as 'n versigtig bewoorde poging om 'n groeiende nasionale krisis te verbloem nie. Fosa-leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners is nie naïef nie. Hy sê die feite skets 'n veel meer kommerwekkende prentjie van stygende wêreldwye oliepryse, ontwrigtings in die voorsieningsketting en 'n land wat gevaarlik afhanklik bly van buitelandse brandstof met min werklike beskerming in plek:

Nuus
BOSA waarsku oor SA-ekonomie met oorlog

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 20, 2026 0:22


Build One South Africa sê die konflik in die Midde-Ooste sal nie tot die streek beperk bly nie, maar deur energiemarkte, voorraadkettings en tot in Suid-Afrikaners se daaglikse lewens versprei. Die Parlement het gister op BOSA se versoek ʼn debat gehou oor die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die gevolge wat dit vir Suid-Afrika inhou. BOSA-leier Mmusi Maimane sê Suid-Afrika is ʼn netto invoerder van ru-olie wat beteken plaaslike pryse is regstreeks gekoppel aan globale oliemarkte:

RSG Geldsake met Moneyweb
Buitelanders soek Suid-Afrikaners met dié vaardighede

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Mar 10, 2026 5:38


Paul Byrne, hoof van data-insigte en kliëntesukses by Pnet, gesels oor hul jongste Job Market Trends-verslag wat wys dat al hoe meer oorsese werksgeleenthede op Suid-Afrikaners gemik is. Volg RSG Geldsake op Twitter

paul byrne suid afrikaners
Nuus
Sanitêre doekies is veilig - Motsoaledi

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 9, 2026 0:15


Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Suid-Afrikaners verseker dat dit steeds veilig is om sanitêre doekies en broekievoerings te gebruik. Dit volg nadat 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat bevind het dat sekere sanitêre doekies en broekievoerings skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë kan bevat. Motsoaledi het gister in 'n inligtingsessie met die media gesê die lae vlakke van endokrien-ontwrigtende chemikalieë wat in die produkte voorkom, is nie 'n nuwe bron van kommer nie en is nie skadelik nie:

dit sanit universiteit veilig suid afrikaners vrystaat aaron motsoaledi
Nuus
Cyril beloof ondersteuning vir Suid-Afrikaners in Midde-Ooste

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 5, 2026 0:18


President Cyril Ramaphosa sê die regering werk daaraan om Suid-Afrikaners te help wat gestrand is in lande wat geraak word deur die toenemende konflik tussen die VSA, Israel en Iran. Ramaphosa het tydens die Afrika Energie-indaba in Kaapstad die situasie as gevaarlik en moontlik verreikend beskryf. Hy sê repatriasie sal voortgaan sodra die lugruim weer veilig is, en sê Suid-Afrika het streekleiers betrek om te help met die beskerming van sy burgers:

Nuus
Suid-Afrikaners moet maar gebruik maar van kommersiële vlugte uit Midde-Ooste

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 5, 2026 0:17


Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê daar is 'n opmerklike toename in registrasie op sy Travel Smart-stelsel met meer as 6 400 Suid-Afrikaners in die Midde-Ooste wat sedert gister hul teenwoordigheid registreer het. Amerikaanse en Israelse lugaanvalle op Iran en weerwraakaanvalle van Teheran bedreig die bestendigheid in die streek. Die woordvoerder van die departement, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrikaners wat tans in die Midde-Ooste is, word aangemoedig om gebruik te maak van die hervatting van beperkte kommersiële vlugte uit die streek:

iran maar moet amerikaanse teheran gebruik travel smart suid afrikaners chrispin phiri
Nuus
DIRCO moet plan maak met landsburgers in Midde-Ooste

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 4, 2026 0:19


Die DA het die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking versoek om betroubare kanale vir kommunikasie en noodkonsulêre dienste beskikbaar te stel vir Suid-Afrikaners wat in lande en state in die Midde-Ooste gestrand is. Dit spruit uit die onlangse Israels-Amerikaanse militêre aanvalle op Iran en die gevolglike vergeldingsaanvalle wat in verskeie lande tot die kansellasie van vlugte gelei het. Ryan Smith van die DA se sê die onbevoegdheid van Dirco wat dié kwessie betref, kan Suid-Afrikaners hul lewens kos:

Nuus
Nog geen planne om Namibiërs uit Midde-Ooste te repatrieer

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 4, 2026 0:13


Terwyl verskeie lande begin om hul burgers uit die Midde-Ooste te repatrieer te midde van die oorlog tussen Iran, Israel en Amerika, het die Namibiese regering nog nie sulke planne aangekondig nie. Suid-Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat ten minste 150 Suid-Afrikaners veilig huis toe gebring is. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die internasionale betrekkinge-ministerie, Ndiitah Nghipondoka-Robiati gepraat:

Nuus
Twee Suid-Afrikaners is in die Oekraïne dood

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 27, 2026 0:22


Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat twee Suid-Afrikaanse mans wat gewerf is om in die Rusland-Oekraïne-oorlog te veg, dood is. Dit is nie bekend hoe hulle gesterf het nie. Lamola het beklemtoon dat die twee nie onder die 17 Suid-Afrikaners was wat na bewering deur die MK-party as huursoldate vir die Russiese weermag gewerf is nie. Hy sê die twee was deel van 'n ander werwingskema wat hulle na Moskou geneem het:

dit mk twee dood hy oekra moskou rusland oekra suid afrikaanse suid afrikaners ronald lamola
Nuus
SA-begroting: Belastingbeleid kan verander

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 0:19


Die waarnemende adjunk- uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingkundiges, Keitumetse Sesana, spoor Suid-Afrikaners aan om voor te berei vir nuwe belastingbeleidsmaatreëls voor die begrotingsrede deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Sesana het aan Newzroom Afrika gesê verbeterde invorderings deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en uitgebreide handhawing kan die belastinggaping verklein. Sy het ook beklemtoon dat aansporings en ondersteuning deur Nasionale Tesourie die druk kan verlig op belastingbetalers wat voldoen.

minister sy verander begroting suid afrikaners enoch godongwana
Nuus
SA hersien swart ekonomiese bemagtiging

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 20, 2026 0:15


President Cyril Ramaphosa sê die regering hersien die raamwerk vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging om dit meer doeltreffend te maak vir die bevordering van inklusiewe groei. Die doel is om meer geleenthede vir swartnywerhede en -vrouebestuurders te skep, ongelykheid te verminder en te verseker dat meer Suid-Afrikaners voordeel trek uit ekonomiese groei. Ramaphosa het tydens die debat oor die staatsrede gesê die hersiening sal help om ekonomiese insluiting te versterk en volhoubare groei te ondersteun:

Nuus
SA het ekonomiese plan nodig - IRR

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 17, 2026 0:19


Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê onder die huidige omstandighede sal ekonomiese groei laag bly, werkloosheid sal aanhou styg en Suid-Afrikaners sal steeds geleenthede tot ʼn beter lewe ontneem word. Die land is meer as ʼn dekade lank in ʼn groef van lae groei vasgevang, en as gevolg daarvan het die bruto binnelandse produk per capita sedert 2008 dieselfde gebly. Terence Corrigan van die instituut sê die regering moet ekonomiese groei die belangrikste beleid maak:

suid afrikaners