POPULARITY
Die DA in die Wes-Kaap vra 'n hersiening van polisie-ontplooiingsstrategieë ná die noodlottige skietery van drie mans in Philippi-Oos. Die party voer aan die polisie se padversperrings en deur-tot-deur-operasies is ondoeltreffend sonder betroubare misdaadintelligensie en behoorlike samewerking. Die DA-lid, Benedicta van Minnen, sê polisie-operasies teiken dikwels nie misdaadnetwerke nie en ontwrig nie bende-bedrywighede nie, ten spyte van hulpbronne wat reeds oorbelas is:
20 Mei 2026: Wes-Kaapse leiers vergader om die provinsie as 'n rampgebied te verklaar. Die EFF bring 'n hofaansoek om die Minister van Finansies se mag oor die brandstofheffing te verwyder. Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit.
Die Wes-Kaapse departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die privaat sektor en die algemene publiek wat moontlik kan help, gevra om organisasies sonder winsbejag by te staan waar hulle reageer op weerverwante rampe. Tans het 3 628 mense in die provinsie hul huise verloor en word in gemeenskapsale gehuisves. Die LUR Jaco Londt sê in Kaapstad alleen is 85 512 mense deur die onlangse storms geraak:
Kaapstad se Ramp-risikobestuur sê assesserings toon die afgelope dae se stormweer het 83 184 mense in 21 546 woonplekke geraak. Sedert Maandag het swaar reën, donderstorms, skadelike wind en sneeu in ses provinsies voorgekom en minstens tien lewens geëis. ʼn Woordvoerder van Ramp-risikobestuur, Charlotte Powell, sê hulle verleen hulp in gebiede soos Vygieskraal, Overcome Heights, Khayelitsha en Philippi-Oos:
Die Wes-Kaapse regering sê die Provinsiale Rampbestuursentrum en alle gesamentlike bedryfsentrums is 24-uur per dag oop, met die hewige weerstoestande wat wydverspreide skade aanrig. Die bevestigde dodetal weens die storms het tot ses gestyg. Die Noord-Bolandse dorp Worcester is heeltemal afgesny van die buitewêreld weens hewige oorstromings op alle toegangspaaie, asook 'n brug oor die Breërivier. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, verwelkom die besluit om 'n ramptoestand af te kondig:
Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum sê damvlakke het skerp gestyg ná swaar reën, met verskeie damme wat tans hul volle kapasiteit oorskry. Sekere damme in die Tuinroete en die Sentrale Karoo het binne ure vanaf lae vlakke tot meer as 100-persent gestyg, wat kommer veroorsaak oor moontlike oorstromings stroomaf. Colin Deiner van die sentrum sê die vinnige styging ná 'n lang droogte word fyn dopgehou, terwyl riviere, riviermondings en omliggende gemeenskappe voortdurend gemonitor word:
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê hy monitor die weerstoestande noukeurig na die sluiting van skole in dele van die Eden- en Sentraal-Karoo-distrikte weens waarskuwings oor ernstige reënval. Skole sal na verwagting Vrydag heropen, hoewel dit sal afhang van verdere weerontwikkelinge later in die week. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê leerder- en onderwysersveiligheid bly die hoogste prioriteit terwyl toestande steeds gemonitor word:
Die bekende operasanger, Mimi Coertse, sterf. Tugstappe is teen 120 Wes-Kaapse onderwysers in die afgelope boekjaar gedoen vir die beweerde aanranding van leerlinge. Kenners meen die lae opkoms by die regering se Vryheidsdagvieringe in Bloemfontein is 'n duidelike teken dat die ANC steun verloor.
Die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, advokaat Andy Mothibi, sê hy sal op die bekamping van georganiseerde misdaad en geslagsgebaseerde geweld fokus. Daar word berig dat boere reeds inperkings op diesel in die gesig staar as gevolg van die oorlog in Iran. 'n Kunsmatige intelligensie-video van 'n luiperd in die Wes-Kaapse dorp, Pniel, veroorsaak paniek.
Die burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, Marais Kruger, het die Wes-Kaapse regering se proaktiewe stappe om die verspreiding van bek-en-klouseer te beperk, verwelkom. Premier Alan Winde het 100-miljoen Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel om entstof aan te skaf. Kruger sê die provinsie sal nou saamwerk met die Nasionale Departement van Landbou en seker maak die uitrol van entstof word doeltreffend bestuur, om te verhoed dat vreemde stamme binnedring en nuwe stamme van bek-en-klouseer ontwikkel:
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die stelselmatige en uitgerekte verwaarlosing van diensvoorwaardes, vergoeding en die institusionele status van laerhof-regters. Wes-Kaapse landdroste het verlede week betoog en eis erkenning as deel van ʼn enkele regbank, aansienlike salarishervorming en beter werkstoestande. Claude Naiker van die vakbond sê landdroste moet beskerm word, want hulle hanteer sowat 95-persent van Suid-Afrika se regs-werkslading:
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, gesels oor die Wes-Kaapse Beleggingsberaad wat tussen 5 en 7 November plaasvind, en die projekte waarna hulle kyk. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.
Die DA sê stygende infrastruktuurkoste, 'n beperkte en verouderde plaaslike regering inkomste-model, en bo-inflasie stygings in elektrisiteit en loon-insette het geweldige druk op munisipale begrotings geplaas. Leon van Wyk van die DA sê Wes-Kaapse munisipaliteite soos Drakenstein, Mosselbaai, Stellenbosch, Saldanhabaai, Overstrand en George het almal sterk finansiële prestasie getoon. Hy sê finansiële bestendigheid is nie 'n doel op sigself nie, maar die grondslag vir die uitbreiding van basiese dienste, die ondersteuning van beleggings en die beskerming van werksgeleenthede:
Die Nasionale Raad van Provinsies beraadslag vandag oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Knysna-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die Minister van Elektrisiteit en Energie glo ladingsvermindering kan binne 12 maande beëindig word. Die kwessie van instemming in seksuele misdaadsake draai in die Konstitusionele Hof. President Cyril Ramaphosa sê vordering word gemaak om 'n nuwe handelsooreenkoms met Amerika te bereik.
Ons praat met 'n voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris oor die voortslepende massaskietery op die Kaapse Vlakte. 'n Kenner ontleed die ANC se diensleweringsomkeerplan. Inflasieverwagtinge is op sy laagste vlak ooit, maar beteken dit 'n rentekoersverlaging?
Die DA in die Wes-Kaap het die aankondiging deur die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom dat die provinsiale regering, Wesgro en sy bedryfsvennote stappe doen om boere onder druk te ondersteun en werksgeleenthede te beskerm. Die DA se Noko Masipa sê dit volg die 30-persent-tarief op Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na die Verenigde State. Hy sê duisende se lewensbestaan in die Wes-Kaap is afhanklik van bestendige en groeiende uitvoermarkte:
Die Activists and Citizens Forum sê die moorde in die Wes-Kaap, veral in Kaapstad, benodig dringende en drastiese ingryping om die lewens van onskuldige mense in bendegeteisterde gebiede te red. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, sê Suid-Afrikaners hoor amper elke week van massamoorde in townships in Kaapstad. Hy sê die regering moet oorweeg om 'n noodtoestand teen bendegeweld in die Wes-Kaapse gemeenskappe af te kondig:
Daar is te min plek in sommige Wes-Kaapse skole vir voornemende Graad 8-leerlinge. Die Minister van Toerisme is onder skoot oor haar besluit om SA Toerisme se direksie te ontbind. 'n Versoek aan Suid-Afrikaners om aan 'n vyfdag nasionale tydperk van rou en medelye deel te neem. Ons fokus op die Springbokke se plan vir hulle tweede toets teen die Wallabies.
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê hulle is bekommerd oor die 57 voorvalle van inbraak en vandalisme by 46 skole gedurende die Junie/Julie-vakansietydperk. Hy sê dit is 'n beduidende toename teenoor dieselfde tydperk in 2024, toe 45 voorvalle by 39 skole, aangemeld is. Maynier sê skooleiendom loop besondere risiko van inbraak en vandalisme gedurende skoolvakansies, en daarom het die departement vakansiesekuriteit by 424 skole in hoërisikogebiede gedurende die wintervakansie ondersteun:
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die party se standpunt oor selfbeskikking vir Wes-Sahara verdedig en die president van die MK-party, Jacob Zuma, beskuldig dat hy 'n manteldraaier is. Hy het gister die party se nasionale werkkomiteevergadering met die Wes-Kaapse provinsiale uitvoerende komitee in Kaapstad bygewoon. Mbalula het gesê hy is nie verbaas oor Zuma se erkenning van Marokko se soewereiniteit in Wes-Sahara nie:
Sapoa het 'n dringende aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om drie tariewe wat deur die Stad Kaapstad ingestel is, te laat hersien en tersyde te stel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê hy steun nie die aansoek nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
Brett Herron van die GOOD party het die Wes-Kaapse regering se toesig oor die George-gebou-ineenstorting gekritiseer en noem dit 'n leë prestasie. Hy sê die slagoffers se families is nie gerespekteer nie, aangesien die Parlement se Staande Komitee oor Infrastruktuur nie finale verslae gelewer het of belangrike amptenare ondervra het nie. Hy sê die provinsie maak slegs vae verwysings na "regsadvies". Herron eis volle deursigtigheid, die ondervraging van ondersoekbeamptes, en aanspreeklikheid vir die 2024-tragedie:
Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het die Joslin Smith-verhoor as die eerste van sy soort in Suid-Afrika beskryf. In haar slotbetoë het sy aan die Wes-Kaapse hoërhof gesê dat Joslin se verdwyning die saak bemoeilik. Joslin se ma en twee ander staan tereg op aanklagte van mensehandel. Swanepoel beweer die kind is vir muthi verkoop, en dat die beskuldigdes geen poging aangewend het om haar te vind nie, omdat hulle geweet het sy sou nooit terugkom nie:
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê Suid-Afrika Toerisme se jaarlikse prestasieverslag vir 2024 beklemtoon die sterk herstel van die bedryf in die provinsie. Dit toon 'n toename van 6,8 persent in internasionale toeriste-aankomste in die provinsie. Meyer sê die verslag toon ook dat die Wes-Kaap uitstekend vaar om eerste keer-besoekers na Suid-Afrika te lok, met byna 49-persent van internasionale toeriste wat die land die eerste keer besoek:
Lerato Ngobeni van ActionSA het met regstappe gedreig indien burgerskap toegestaan word aan die leier van die Cape Independence Advocacy Group, Phil Craig. Ngobeni het die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, versoek om Craig se aansoek af te keur, en sê hy voldoen nie aan wettige vereistes nie. Craig, wat in Brittanje gebore is, bepleit Wes-Kaapse onafhanklikheid. Craig wil volgende maand Amerikaanse diplomatieke steun aanvra. Ngobeni sê Craig se standpunt is 'n ondermyning van nasionale eenheid:
Die DA in die Wes-Kaap sê tronke in dié provinsie is nie veilige rehabilitasiesentrums nie, maar eerder bevelsentrums vir bendegeweld en afpersing. Die inspekterende regter vir gevangenisse, Edwin Cameron, het onlangs bevraagteken of die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste genoeg doen om toestande in tronke te verander. Nicholas Gotsell van die DA sê die Departement van Korrektiewe Dienste se versuim om noodsaaklike befondsde poste te vul, laat die inrigtings met te min hulpbronne.
Die Cape Independence Advocacy Group sê hy is voornemens om ʼn afvaardiging na Amerika te stuur om amptenare en ander mense met politieke bande te ontmoet. Die groep het aan president Cyril Ramaphosa, die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, geskryf en amptelik oor hul planne ingelig. ʼn Woordvoerder van die drukgroep, Joan Swart, sê hulle aktiwiteite sal deur die Grondwet beskerm word en die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika versterk eerder as benadeel:
‘n Oorgrensoperasie tussen Wes-Kaapse georganiseerde misdaadondersoek en die dwelmhoofkantoor het gister afgekom op 'n versteekte dwelmlaboratorium in Vanderbijlpark, Gauteng. Mandrax en dwelmvervaardigingstoerusting van meer as een miljoen rand is in beslag geneem en 'n 46-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê na 'n intensiewe ondersoek het 'n multidissiplinêre span oor reageer op intelligensie oor 'n gesoekte verdagte wat verbind word met 'n dwelmhandelsaak in De Rust in die Wes-Kaap:
Ons praat met 'n kenner oor die aanstelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se nuwe baas, John Lamola. Die woordestryd oor Solidariteit en AfriForum se omstrede besoek aan Washington, woed voort. 'n Rasie-lied van 'n Wes-Kaapse skool trek internasionaal aandag op sosiale media. Die Amerikaanse president, Donald Trump, ontken dat hy die Oekraiense president, Wolodimir Zelenski, 'n diktator genoem het.
Vakbonde en politieke partye skets hulle verwagtinge vir die 2025-begroting wat Woensdag in die Parlement gelewer word. Die moord op 'n Moslem geestelike leier van Kaapstad word as 'n haatmisdaad bestempel. Die organisasie, My Vote Counts, wend hom tot die Wes-Kaapse hooggeregshof om die effektiwiteit van die politieke befondsingswetgewing te betwis.
Die Wêreldbank het aanbeveel dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement nuwe, hoë teikens stel vir wiskunde en lees. Byna 62-persent van die provinsie se kinders in graad 4 was in 2021 funksioneel ongeletterd. Die Wêreldbank se Onderwyssektor-ontledingsverslag is op versoek van die provinsiale regering saamgestel. Volgens die verslag het die Wes-Kaap hoër leer-vlakke as enige ander provinsie. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die ontleding se doel is om kinders se leeruitkomste te verbeter:
Die Stad Kaapstad se eenheid teen metaaldiefstal het die afgelope jaar op meer as 1 800-kilogram metaal en 54-kilometer gesteelde kabel beslag gelê. Van Junie verlede jaar tot Junie vanjaar is 2 892 brandpunte gepatrolleer, en 143 mense in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê metaaldiefstal is ingesluit in sy lang lys prioriteite wat die stad, die polisie en die Wes-Kaapse regering deur samewerkingsooreenkomste moet pak.
Die vakverbond Saftu sê die Wes-Kaapse onderwys-departement se besluit om 2 400 onderwysposte te skrap sal die onderwyskrisis in die provinsie laat verdiep. Die federasie meen die besnoeiings sal lei tot ernstige onderwysertekorte, oorvol klaskamers, en 'n afname in die gehalte van onderwys, wat 'n negatiewe uitwerking sal hê op leerders en gemeenskappe. Newton Masuku van Saftu waarsku ook teen die ekonomiese nagevolge, omdat die onderwysers wat geraak word aansluit by miljoene mense wat reeds onder die broodlyn leef.
Die GOOD-party sê dit is duidelik die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het nie 'n samehangende plan het om die lewens van die armes, die gemarginaliseerdes en die haweloses te verbeter nie. Die premier het gister by die opening van die provinsiale wetgewer 'n toespraak gelewer waar hy gefokus het op begrotingsbesnoeiings, werkskepping, infrastruktuur en veiligheid en sekuriteit. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Winde het nie daarin geslaag om 'n padkaart met die nodige en relevante bestuursprioriteite voor te lê nie:
Prof Johann Strauss, voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee en senior wetenskaplike verantwoordelik vir navorsing oor volhoubare gewasstelsels by die Wes-Kaapse departement van landbou gesels oor bewaringslandbou. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die Wes-Kaapse hoërhof se finale uitsettingsbevel vir verskeie onwettige bewoners van persele in die Kaapstadse middestad verwelkom. Die burgemeester se woordvoerder, Lyndon Khan, sê 'n menswaardige oorgangskuiling by die stad se Veilige Ruimtes is steeds vir diegene beskikbaar wat die diens benodig. Khan sê die Balju word toegelaat om enige oorblywende bewoners na 30 Julie uit te sit:
Die Azanian People's Organisation sê dit lyk asof die regering nie 'n strategie teen misdaad het om te verseker dat burgers veilig is nie. Dit volg na die dood van sy Wes-Kaapse leier, Mzimkhulu Nojozi, wat buite sy huis in Gugulethu, Kaapstad, doodgeskiet is. Jabu Rakwena van Azapo sê die 63-jarige Nojozi voer die afgelope 20 jaar al 'n stryd vir 'n wapenvrye Suid-Afrika:
Die Wes-Kaapse regering sê hy hou die gure weerstoestande in die provinsie fyn dop. Swaar reën en stygende watervlakke op die Tuinroete laat kommer ontstaan oor moontlike oorstromings laer af in riviere. Damme word baie gou vol veral aan die kus en 'n vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reën bly van krag vir die oostelike dele van die provinsie. Premier Alan Winde sê die regering koördineer verligtingshulp om die impak op gemeenskappe so laag as moontlik te hou.
Die GOOD-party sê hy het die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers ontneem van beide sy partylidmaatskap en sy posisie as lid van die Wes-Kaapse wetgewer na bevindings van seksuele wangedrag. Die besluit volg nadat 'n tugproses bevind het De Villiers het die party se grondwet en gedragskode verbreek. Bewerings het op 31 Januarie na vore gekom, wat gelei het tot sy onmiddellike skorsing, hangende 'n ondersoek. GOOD se nasionale voorsitter, Matthew Cook, sê adjunksekretaris-generaal Suzette Little is ingehuldig om De Villiers se termyn te voltooi:
Die skrywer Deon Meyer en aktrise Jana Cilliers is van die mense wat vanjaar vereer word op die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees wat tans in Oudtshoorn plaasvind. Die fees wil kuns-bydraes in onder meer letterkunde, toneelspel en beeldende kunste in die Afrikaanse gemeenskap vereer. Die DA se Wes-Kaapse woordvoerder vir kultuursake, Gillion Bosman, sê die fees bevorder ook ekonomiese groei in die streek:
Die Referendum Party in Suid-Afrika sê hulle verwerp Julius Malema se verklaring dat sy EFF-party die mag van die staat sal gebruik om Wes-Kaapse onafhanklikheid te stuit. 'n Peiling wat Victory Research namens die Cape Independence Advocacy Group gedoen het, het aan die lig gebring dat 68 persent van die mense wat in die provinsie woon die idee van 'n referendum oor Kaapse onafhanklikheid steun. Die leier van die Referendum Party, Phil Craig, sê Kaapse onafhanklikheid word vreedsaam en demokraties nagestreef binne die grense van die Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel:
Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, sê sy departement het plek toegeken aan 120 778, of 99,43 persent van die leerders wat aansoek gedoen het vir graad een en agt in die 2024-skooljaar. Die res is in die proses om geplaas te word. Maynier sê laat aansoeke stroom steeds in, waarvan 176 in die afgelope drie weke ontvang is.
Alwie Lester, spesiale raadgewer aan die Wes-Kaapse premier gesels oor die Wes-Kaap se planne om namens verskeie munsipaliteite by private kragverskaffers elektrisiteit aan te koop. Volg RSG Geldsake op Twitter
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, Arno en Charné hoe Alan Winde 'n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldvlakke, asook die ATKV se interessante debatsonderwerpe.
Met Eskom wat vroeër vandag beurtkrag tot fase 4 verhoog het, is daar nou nog meer fokus om die land se energie-krisis in 2023 die hoof te bied. As deel van die Wes-Kaapse regering se planne om sy inwoners teen beurtkrag te beskerm, sal daar vanjaar nog miljoene Suid-Afrikaanse rand se belegging in die groenkrag-opwekkingsektor gepomp word om die negatiewe impak wat beurtkrag op die plaaslike ekonomie het, te verminder en te beperk. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê 73 brandbestryders is ontplooi om 'n brand in die berge bokant Waverly Hills tussen Ceres en Wolseley te blus. Die woordvoerder vir die brandweerdienste, Jo-Anne Otto, sê die brandweerspanne, saam met grondspanne van NCC, CapeNature en Henley Air het voor sononder Dinsdagaand daarin geslaag om die brand van strukture en gewasse weg te dryf en sodoende verlies aan eiendom en lewens te voorkom.
Die Wes-Kaapse premier, Allan Winde, sê tenders het geopen om onafhanklike kragprodusente in die provinsie aan te stel. Hy het sê die land se onbestendige energiestelsel is 'n groot bron van kommer. Winde sê hy het bevestiging van die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dat hulle besig is met die reeds verbeterde beurtkragstrategieë vir energievoorsiening in die metro.
Die regsorganisasie Judges Matter sê hy is verbaas dit het President Cyril Ramaphosa so lank geneem om die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, te skors. Dit volg nadat die Regterlike Gedragstribunaal bevind het hy het die Grondwet oortree toe hy probeer het om twee regters van die Konstitusionele Hof te oortuig om hulle ampseed te skend. Hlophe is geskors hangende 'n ampsklag-proses in die Nasionale Vergadering. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê dit was die regte besluit.
Die DA in die Wes-Kaap sê hy het 'n parlementêre antwoord ontvang waarin die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, haar departement se verantwoordelikheid vir die bestuur van riviermondings-bestuursplanne ontduik. Die DA-lid, Cayla Murray, sê die daarstelling van hierdie planne is noodsaaklik om te verseker dat daar 'n balans is tussen menslike bedrywighde en die bewaring van riviermondings in ooreenstemming met die Nasionale Bioverskeidenheids-evalueringsverslag.