NG Kerk Paarl (Strooidakkerk)

Follow NG Kerk Paarl (Strooidakkerk)
Share on
Copy link to clipboard

Boodskap vir die dag

Strooidak


    • Aug 6, 2020 LATEST EPISODE
    • infrequent NEW EPISODES
    • 4m AVG DURATION
    • 77 EPISODES


    Search for episodes from NG Kerk Paarl (Strooidakkerk) with a specific topic:

    Latest episodes from NG Kerk Paarl (Strooidakkerk)

    Boodskap vir die dag - 2020.08.06

    Play Episode Listen Later Aug 6, 2020 4:34


    Ps 23:6 Genade - Niks wat ons gedoen het, doen en gaan doen kan maak dat God minder of meer van ons hou nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.08.05

    Play Episode Listen Later Aug 5, 2020 4:56


    Dankbaarheid

    Boodskap vir die dag - 2020.08.04

    Play Episode Listen Later Aug 4, 2020 4:54


    God is veranderlik

    Boodskap vir die dag - 2020.08.03

    Play Episode Listen Later Aug 3, 2020 4:37


    Watter eienskappe kom na vore as jy onder druk is?

    Boodskap vir die dag - 2020.07.31

    Play Episode Listen Later Jul 31, 2020 5:00


    Wysheid

    Boodskap vir die dag - 2020.07.30

    Play Episode Listen Later Jul 30, 2020 4:42


    Menstorskap

    Boodskap vir die dag - 2020.07.29

    Play Episode Listen Later Jul 29, 2020 4:33


    Die hoogste roeping van die indivdu is nie om te heers nie, maar om te dien.

    Boodskap vir die dag - 2020.07.28

    Play Episode Listen Later Jul 28, 2020 4:53


    Aan wie leen jy jou ore uit?

    Boodskap vir die dag - 2020.07.27

    Play Episode Listen Later Jul 27, 2020 4:50


    Ons is onder lewenslange konstruksie van die drie-enige God

    Boodskap vir die dag - 2020.07.24

    Play Episode Listen Later Jul 24, 2020 4:57


    Liefde

    Boodskap vir die dag - 2020.07.23

    Play Episode Listen Later Jul 23, 2020 4:03


    Nederigheid Wedersydse erkenning

    Boodskap vir die dag - 2020.07.22

    Play Episode Listen Later Jul 22, 2020 4:44


    Vriendelikheid Dankbaarheid

    Boodskap vir die dag - 2020.07.21

    Play Episode Listen Later Jul 21, 2020 5:07


    Dissipline en plig Regverdigheid

    Boodskap vir die dag - 2020.07.20

    Play Episode Listen Later Jul 20, 2020 4:58


    Om te luister Lojaliteit

    Boodskap vir die dag - 2020.07.17

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:40


    Egtheid Geduld

    Boodskap vir die dag - 2020.07.16

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:25


    Verantwoordelikheid Hardwerkendheid

    Boodskap vir die dag - 2020.07.15

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:22


    Respek vir ander Balans in die lewe

    Boodskap vir die dag - 2020.07.14

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:49


    Konsekwentheid Bereidheid om foute te erken en jammer te sê

    Boodskap vir die dag - 2020.07.13

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:54


    Eerlikheid Jou gedrag wanneer niemand jou sien nie

    Boodskap vir die dag - 2020.07.10

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:57


    Niemand kan jou sonder jou toestemming jou minderwaardig laat voel nie. Is jy lief vir jouself? Hou jy van jouself? Sien jy uit om vandag saam met jou te gaan leef?

    Boodskap vir die dag - 2020.07.09

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 5:01


    Selfbestuur - sonder tye van stilte en afsondering is dit feitlik onmoontlik om 'n diep geestelike lewe te lei.

    Boodskap vir die dag - 2020.07.08

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:28


    Karakter is een van die belangrikste eienskappe van 'n gelowige.

    Boodskap vir die dag - 2020.07.07

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:39


    Jy mag weerloos voel. Onhou die Here sorg vir jou

    Boodskap vir die dag - 2020.07.06

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:23


    Ons gaan moet moed hê vir die toekoms

    Boodskap vir die dag - 2020.07.03

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:17


    Lukas 6:27-31 Wees lief vir jou vyand! 27“Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. 28Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak. 29As iemand jou op die wang klap, draai ook die ander wang. As iemand jou bo-kleed vra, bied ook jou onderkleed aan. 30Gee wat jy het aan enigiemand wat dit van jou vra; en as iets van jou weggeneem word, moenie dit probeer terugkry nie. 31Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

    Boodskap vir die dag - 2020.07.02

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:41


    Om negatief te wees is die maklikste ding om te wees. God sal altyd daar vir jou wees en dit is nie nodig om negatief te wees nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.07.01

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:09


    Joël 2:28 28“Daarna sal Ek my Gees op alle mense uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jong mense sal visioene sien. Elkeen van ons kan 'n verskil of verandering maak. Hoe dink jy oor die lewe? Wat is jou visie?

    Boodskap vir die dag - 2020.06.30

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:35


    Enige passie, enige verandering het 3 fases: Sommige mense gaan jou uitlag Jy gaan teenkanting kry Mense gaan dit aanvaar Nehemia 1:4 Toe ek dit hoor, het ek gaan sit en huil. Vir dae aaneen het ek getreur, gevas en tot die God van die hemel gebid.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.29

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:46


    Mense is op hulle eerlikste wanneer hulle alleen met God praat. Wees eerlik, moenie voorgee nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.26

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:47


    Is jy net goed vir mense wat vir jou goed is? Romeine 12 Wat dit van ons vra om ons as lewende offers aan God toe te wy 1Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. 2Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. 3Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het. 4Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. 5Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig. 6Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. 7As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe. As jy onderrig gee, gee dan kwaliteitonderrig. 8As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met 'n vrolike hart. 9Moenie veins dat jy ander liefhet nie; doen dit uit jou hart. Haat alles wat verkeerd is; kies kant vir wat goed is. 10As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. 11Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. 12Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie. 13As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om 'n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak 'n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. 14As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie 'n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën. 15As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle. 16Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie. 17Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. 18Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. 19Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.” 20Doen eerder wat die Skrif sê: “As jou vyande honger is, gee aan hulle iets om te eet. As hulle dors is, les hulle dors. Deur dit te doen, sal julle hulle bloedrooi van skaamte maak.” 21Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.25

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:46


    Ken jy die Jesus wat alles sal los om volgens jou tree en spoed te stap?

    Boodskap vir die dag - 2020.06.24

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:46


    God is 'n God van genade. Niks wat ons gedoen het, tans doen of in die toekoms gaan doen kan maak dat God minder of meer van ons hou nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.23

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:50


    Ons het altyd 'n keuse oor hoe ons op die lewe wil reageer.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.22

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:22


    Die wêreld en die kerk het dringend mense, wat uit die boks uit dink, nodig. Waagmoed en sagmoed gaan hand aan hand. Ons moet waag om sag te wees.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.19

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:52


    Ps 145:14-16 14Die Here help almal wat geval het en dié wat swaarkry, tel Hy op. 15Die oë van almal is hoopvol op U gerig; U gee aan almal kos op die regte tyd. 16U maak u hand oop, en bevredig die begeertes van al wat lewe.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.18

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 5:17


    Ps 139:13-18 13U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. 14Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! 15My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot. 16U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. 17Kosbaar is u gedagtes vir my, o God! Hoe onmeetlik is die totaal! 18As ek dit sou moes tel, sou hulle meer wees as sandkorrels! Wanneer ek daarmee klaar is, sal ek nog steeds by U wees.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.17

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:49


    Ps 139:7-12 Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk? Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teenwoordigheid te ontvlug? 8Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar! 9Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun. 11Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldig en die lig nag word rondom my,” 12dan is die nag vir U nie donker nie, maar is so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.16

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:43


    Ps 139:1-6 Here, U deursoek my en ken my. 2U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af. 3Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. 4Selfs voordat ek praat, Here, weet U al presies wat ek gaan sê.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.12

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 5:13


    Ps 131 My hart is nie hoogmoedig nie, Here; en my oë is nie trots nie. Ek bemoei my nie met wat vir my te groot of te moeilik is nie. 2Maar ek het kalmte en rus gekry, soos 'n kindjie by sy moeder rus, so is my gemoed. 3Israel, hoop op die Here, nou en vir altyd.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.11

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 5:08


    Leef elke dag voluit sonder die versekering van die toekoms. Die enigste versekering wat ons het is God en die verhouding tussen ons en God is die belangrikste.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.10

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 4:45


    Ps 121 Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? 2Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. 3Hy laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie. 4Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie. 5Die Here waak self oor jou. Die Here is jou beskermer aan jou regterkant. 6Die son sal jou bedags nie aantas nie, nog minder die maan in die nag. 7Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe. 8Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.09

    Play Episode Listen Later Jul 19, 2020 5:03


    Die Here hoor elke gebed en sal altyd by ons wees. Sy wil en ons uitkoms is nie noodwendig dieselfde nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.08

    Play Episode Listen Later Jul 7, 2020 5:32


    Klaag by God en gee vir hom jou emosies en gevoelens

    Boodskap vir die dag - 2020.06.05

    Play Episode Listen Later Jul 7, 2020 5:28


    Ps 37 Laat jou lewe aan die Here oor 1Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie, 2want soos gras vergaan hulle gou en soos groenigheid verdwyn hulle sommer. 3Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. 4Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. 5Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. 6Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. 7Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie. 8Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. 23Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. 24As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. 25Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.04

    Play Episode Listen Later Jul 7, 2020 5:50


    Ps 23 Die Here is my herder 1'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

    Boodskap vir die dag - 2020.06.03

    Play Episode Listen Later Jul 7, 2020 4:56


    Geloof is kennis + vertroue

    Boodskap vir die dag - 2020.06.02

    Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 4:47


    Terwyl ons hierdie lewe voluit leef, moet ons ons oë gerig hou op die eweige 2 Tessalonisense 3:6-12 Gelowiges se roeping om te werk 6Broers en susters, ons beveel julle in die Naam van die Here Jesus Christus om julle te onttrek aan elke medegelowige wat leeglê en wat nie leef soos julle by ons geleer het nie. 7Julle weet dat julle ons voorbeeld moet volg. Ons het tog nie by julle leeggelê 8of bedelbrood van enigeen geëet nie. Inteendeel, ons het dag en nag hard gewerk en geswoeg om nie vir enigeen van julle 'n las te wees nie. 9Nie dat ons nie op versorging aanspraak kon maak nie, maar ons wou onsself as 'n voorbeeld vir julle stel om te volg. 10Toe ons by julle was, het ons uitdruklik vir julle gesê: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie. 11Ons sê dit omdat ons hoor dat sommige mense leeglê; dat hulle nie werk nie en hulle met ander persone se sake bemoei. 12In die Naam van die Here Jesus Christus beveel ons sulke mense, ja, ons druk hulle dit op die hart, dat hulle rustig hulle werk moet verrig en so hulle eie brood moet verdien

    Boodskap vir die dag - 2020.06.01

    Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 5:13


    Ons liggaam en die wêreld waarin ons leef is tydelik. Dit moet ons nie keer om voluit te leef nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.05.29

    Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 5:31


    2 Korintiërs 4:7 Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.

    Boodskap vir die dag - 2020.05.28

    Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 5:02


    1 Petrus 2:20-25 20As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.”Vgl. Jes. 53:9 23Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. 24Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. 25Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.

    Boodskap vir die dag - 2020.05.27

    Play Episode Listen Later Jul 6, 2020 5:33


    Mense met 'n hoë eiewaarde het integriteit

    Claim NG Kerk Paarl (Strooidakkerk)

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel