POPULARITY
Mark Stephen climbs aboard the world's last seagoing paddle steamer, The Waverley
Dr. Beckett shares a hobby dinner conversation from the Watter's Creek Show with out-of-town collectors discussing how rising wax prices and the growth of breakers have affected the hobby, and whether breaking is good or bad. Guests recount their collecting origins, from inheriting older brothers' cards to buying singles instead of packs, and one collector's focus on Star basketball with questions about how many high-value cards remain ungraded. The group also explores the lack of cultural diversity in collecting and efforts like Anthony Devine's Rise program. They debate Fanatics/Topps “wave” releases, dynamic pricing, allocation, single licenses, and whether today's box prices are sustainable. Additional topics include grading and consignment backlogs, potential AI/automation, investor-driven flipping vs true collecting, and the changing landscape of card shops and shows. 00:34 Collector Origins and Breaking 01:20 Upper Deck Career and Diversity 03:32 Star Cards and Grading Odds 06:37 Future Wax Box Prices 10:58 AI and Robotics in the Hobby 12:50 Collectors vs Flippers Debate 14:29 Nostalgia Pulls and Blank Backs 16:41 Sealed Wax and Store Boom
In this episode of the Seekers of Meaning TV Show and Podcast, Dr. Daniel Watter explores changing views on sexuality among older adults, specifically baby boomers. He discusses aging-related changes, societal youth pressures, and the significance of intimacy. The conversation advocates for open dialogue about sexuality and aging, addressing medical technology and cultural stigma. [Read more...] The post ENCORE: Understanding sexuality in older adults, with psychologist Daniel Watter – Seekers of Meaning 5/22/2026 appeared first on Jewish Sacred Aging.
Send us Fan MailFilippense 2:8-11 En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLV) Dink jy geloof in Jesus is outyds? Ag, dis die 21ste eeu. Watter relevansie kan 'n rabbi van 2 000 jaar gelede moontlik hê? Ek is ‘n besige mens – daar is baie dinge in my lewe aan die gang. Die daaglikse lewe dreineer jou, nè? Ek moet hierdie probleem oplos; ek moet daardie ding uitpluis; ek moet opgang maak - ek moet kinders grootmaak; 'n bestaan voer; my loopbaan vestig.Maar al daardie geswoeg en gewerskaf - alles - sal eendag tot 'n einde kom ... miskien baie vinniger as wat enigeen van ons vandag sou vermoed. Ek weet Jesus het 'n ongelooflike verskil in my lewe gemaak en ek weet dat Hy ook 'n wonderlike verskil in joune wil maak, maar, wanneer dit alles verby is, wat gebeur dan?Wag nou, ek is ernstig. Ek weet jy is baie besig en daar is baie druk op jou, maar sê my: wat dan?Filippense 2:8-11 En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, en elke tong sal bely: “Jesus Christus is Here!” En só sal God die Vader verheerlik word! (NLV)My vriend, Jesus het sy lewe vir jou afgelê. Dit maak nie saak wat jy besit of wat jou omstandighede is nie, Hy is die Koning van die konings, die Here van die here, en eendag sal Hy oor alles regeer.Hy het vir jou gekom.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In this episode of the Seekers of Meaning TV Show and Podcast, Dr. Daniel Watter explores changing views on sexuality among older adults, specifically baby boomers. He discusses aging-related changes, societal youth pressures, and the significance of intimacy. The conversation advocates for open dialogue about sexuality and aging, addressing medical technology and cultural stigma. [Read more...] The post Understanding sexuality in older adults, with psychologist Daniel Watter – Seekers of Meaning 4/24/2026 appeared first on Jewish Sacred Aging.
Watter een is reg? Katolisisme of Protestantisme?Vorige BotBoks episodes: https://open.spotify.com/playlist/3dY5M2hwj6USLLhfaxs95zNog oor geloof: https://open.spotify.com/playlist/2Ym0Lx3Mw7W8UQLyu1OIfuDit was nie rerig moontlik om die een op te deel in hoofstukke nie:00:00; Inleiding08:59; Die Debat50:57; Afsluiting
Send us Fan MailRomeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV) Hoe sal ‘n kind grootword wanneer sy ouers van sy geboorte af spring om sy elke behoefte te vervul? Wanneer hy iets wil hê, bedien hulle dit. Wanneer hy 'n homself op die vloer neergooi en skree, paai hulle hom deur hom sy sin te gee. Watter soort volwassene dink jy sal daardie kind eendag word?Een van die dinge wat baie mense van die Christendom afskrik, is die idee dat hulle, nadat hulle God se liefde en vergifnis deur Jesus aanvaar het, nou hul eie ek moet kruisig. Jou eie ek te kruisig?! Regtig? Ek dink nie so nie! Dit klink na 'n rigiede 1950's-godsdienstigheid, en niemand wil tog teruggaan na daardie onredelike reëls en wettisisme nie.Maar kyk wat skryf die apostel Paulus aan die kerk in Rome:Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV)As jy die liefde, die vreugde en die krag van God in jou lewe wil ervaar; en sy teenwoordigheid deur die vervulling van die Heilige Gees begeer, sál jy bereid wees om in gehoorsaamheid aan die God wat sy Seun, Jesus, gestuur het om jou te red, jouself as ‘n lewende offer vir Hom te gee.‘n Evangelis het eenkeer gesê: Ek het gevra vir meer van die Heilige Gees, en Hy het gevra vir meer van my.‘n Geesvervulde lewe vereis gehoorsaamheid. Ja, dis 'n offer, maar dis waar jou oorvloedige lewe in Christus begin.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us Fan MailRomeine 6:4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur 'n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook 'n totaal nuwe lewe leef. (NLV) Hoe voel jy vandag? Is jy ook opgewonde omdat jy weet jou Verlosser Leef en dat Hy jou so lief het dat Hy jou nog ‘n kans kom gee het? Hierdie Maandag ná Jesus se Opstanding die vorige dag - moes vir die dissipels ‘n baie belangrike dag gewees het. Ek dink hulle het oorgeborrel van vreugde om te weet dat hulle nog ‘n kans gekry het om hulle Vriend en Leermeester by hulle te hê.Stel jou voor dat jy tydens die Franse Rewolusie ter dood veroordeel is. Ja, my vriend, jy is op pad na die guillotine. Jy word tot op die platform begelei. Jy is geblinddoek, en jy hoor hoe die rewolusionêre skare luidrugtig in afwagting skree om jou kop te sien rol. Jy kniel neer, die lem is op die punt om te begin sak, maar op die heel laaste oomblik ... kom daar ‘n bevel! Jy is begenadig en jy word vrygelaat.Hoe, dink jy sal hierdie kwytskelding die manier waarop jy die res van jou lewe leef, verander? Waarskynlik radikaal, nè? Daardie tweede kans is alles; dis die lewe self.Romeine 6:4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur 'n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook 'n totaal nuwe lewe leef. (NLV)Wanneer jy besluit om Jesus te volg, sterf die ‘ou jy', in Jesus aan die Kruis. En net soos Hy uit die dood opgewek is, word jy ook deur die krag van God opgewek, sodat jy nou kan leef ... jy kan met jou splinternuwe lewe begin.Watter dinge in jou lewe gaan verander? Hoe gaan jou nuwe lewe, wat jy die res van jou lewe gaan leef, lyk? Hierdie tweede kans is alles; dis die lewe self.Wanneer jy in geloof Jesus se dood as jou dood, die van jou ‘ou self' omhels, beleef jy 'n volkome nuutheid. Dit begin vandag. Omdat Jesus uit die dood opgewek is, word jy ook in jou nuwe lewe opgewek. Dis die moeite werd om dit te vier, nè?Want dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Nik dreams of a red racing bike. His friend, Josh wants to help, but he has doubts of his own. Together, they learn what it means to believe in yourself, lean on your friends and never give up. Nik is witty, determined and full of life--even when his body doesn't move the way he wants it to With help from his best friend, Josh and a new friend, Matt--a former football captain, now in a wheelchair--Nik proves that a "Champion" isn't someone who never falls. It's someone who gets back up, time and time again.Together, these boys start a paper-shredding business, train for Special Olympics and rewrite what it means to be strong. this isn't a story about "overcoming a disability". It's a story about building community, dreaming big and discovering the superpowers we all carry inside. At its core, The Making of Champions is a celebration of resilience. Nik's journey--from navigating schoolyard prejudices to competing in special Olympics.Beth Watter grew up in the Ozark Mountains of Missouri. She moved to Illinois at sixteen to live with her father. After graduating High School, she married her high school sweetheart, Klaus. Their third son, Nik was born with a heart defect, After heart surgery, complications caused him to have Cerebral Palsy. After helping him to get through school and become an Eagle Scout. Beth decided to take writing classes from the East Coast. After being a Boy Scout Leader and working with boys with disabilities, she decided to write books to encourage families and kids to dream big and be courageous.https://www.amazon.com/Making-Champions-Beth-Watter/dp/1966477694https://elisabethwatter.com/https://www.ecpublishingllc.com/http://www.bluefunkbroadcasting.com/root/twia/4226bwec.mp3
Watter “geestelike slaggat” voel vir jou tans die moeilikste om te herstel?
Dit is so ʼn bevrydende gedagte dat God se liefde nie van ons prestasie afhang nie. Watter aspek van hierdie “nuwe begin” het jy vandag die nodigste om te hoor?
Verhoog jou ONDERSKEIDINGSVERMOË volgens Jesus se Perspektief: Ons staan op 'n wesenlike kantelpunt in die geskiedenis. Watter wêreldbeskouing gaan in die volgende eeu die sterkste staan? Ons leef tans in 'n tyd waarin die drie groot monoteïstiese, Abrahamitiese godsdienste—Judaïsme, Christendom en Islam—teenoor mekaar staan en as't ware meeding oor watter een die mees positiewe en volhoubare bydrae tot die beskawing lewer. Hoe elkeen hierdie oorloë en krisisse deurstaan en daaruit te voorskyn kom, sal uiteindelik óf vir hulle, óf teen hulle getuig.Die Westerse wêreld, wat oor eeue heen deur die Christelike geloof gevorm is, al is dit vandag in baie opsigte sekulêr, bevind hom grootliks aan die kant van Israel en die Sionistiese projek, terwyl die Islamitiese rewolusionêre regime in Iran homself sien as die verdediger van die Moslemwêreld teen Westerse LIberale invloed en Israeliese oorheersing. Hoe moet gelowiges DINK oor hierdie huidige gebeure? Vir wie moet ons bid? Wie moet ons ondersteun? Wat moet ons doen? Wie moet ons steun? Inderdaad Moeilike Vrae - Wat is JESUS se perspektief en benadering in tye soos hierdie. Sien die Preeknotas: http://www.harvestercederberg.co.za/verhoog-jou.../
In this episode, Ken and Lisa Lain of Watter's Garden Center in Prescott discuss spring garden favorites. Some plants quietly do their job while others demand attention, and this segment leans into the ones that stand out. They also share insights that could completely change how you think about choosing plants for your space. Listen to find out which plants will suit your garden best for this time of year!Listen to Mountain Gardener on Cast11: https://cast11.com/mountain-gardener-with-ken-lain-gardening-podcast/Follow Cast11 on Facebook: https://Facebook.com/CAST11AZFollow Cast11 on Instagram: https://www.instagram.com/cast11_podcast_network/
Send a textJesaja 6: 8 Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” As jy oortuig is dat God jou roep en dat Hy wil hê dat jy jou gawes tot sy eer moet gebruik – dan is jy werklik geseënd. Maar hier is die probleem: daar is altyd 'n prys daaraan verbonde. En dis dikwels dáárdie prys wat ‘n mens keer om die stap te neem in die rigting wat ware, blywende vervulling bring.David Livingstone het geglo dat God hom as 'n sendeling, en ontdekkingsreisiger na donker Afrika geroep het. Sy primêre doel was om die Evangelie aan onbereikte mense te bring. Maar toe hy die brutaliteit van die slawehandel eerstehands aanskou het, het hy sy ontdekkingsreise ook gesien as ‘n manier om Afrika oop te maak vir die Boodskap van Christus en vir wettige handel, in die hoop om slawerny te beëindig. Vir Livingstone het sy reise nooit oor roem gegaan nie; dit was uit gehoorsaamheid aan God se roeping om te dien, te genees en te bevry.Wanneer God jou roep, kan dit 'n moeilike pad wees. Hy het Jesaja geroep as 'n Profeet vir Israel, wat ver van hul God afgedwaal het. Die man moes God se oordeel oor hulle uitspreek. Hoe gewild dink jy het dit hom gemaak? Ons lees dat Jesaja toe hy in die tempel gebid het …Jesaja 6:8 ...het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”Watter roeping het God op jou lewe geplaas? Het die prys wat dit van jou vra, jou dalk gekeer om te sê: Hier is ek. Stuur my?Livingstone het, na alles wat hy deurgemaak het, gesê: As 'n opdrag deur 'n aardse koning as 'n eer beskou word, hoe kan 'n opdrag deur 'n hemelse koning as 'n opoffering beskou word?”Toe sê ek: “Hier is ek. Stuur my!”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte — 'n Sodat/omdat benadering? Nou die aand sit ek langs Pierre om die ou aan te moedig om sy Gr 7 Ekonomie-opsommings te maak. Êrens in een van die gedagtes oor geld en ekonomie is daar 'n sinnetjie wat iets klink soos “mense werk sódat hulle meer geld kan kry, sódat hulle meer goedere kan koop”. Die presiese bewoording ontgaan my nou, maar wat my opgeval het was die woord “sodat” en die rilling deur my siel oor hierdie wêreld waaraan hy en ons blootgestel word. Hierdie “sodat-wêreld”. 'n Wêreld waarin jy moet perform so hard en so goed as wat jy kan, selfs bo wat gesond is, sodat jy kan kry, kan vermag, gereken kan word. Dit is 'n uitputtende wêreld. 'n Wêreld wat leeg tap. Wat opgebruik. Wat 'n valse selfvertroue kweek. Wat jou verskraal tot 'n objek, 'n rat in 'n masjien. Sodat jy kan kry wat jou kwansuis sal gelukkig maak. Heinrich se Sondag-boodskap uit die saligspreuk (Matt 5:6) oor “Gelukkig is die wat honger en dors na geregtigheid want hulle sal versadig word” en sy keuse om die geregtigheid te verstaan as die ou gedagte dat ons in die regte – kindskap – verhouding met God kan leef, het my laat dink aan die onverwagse (lees versadigende) omdat-lewe wat Christus vir ons kom gee. Hierdie omdat-aard van ons geloof, verlossing en kindskap het my herinner aan jare gelede: Ongeveer 'n jaar na my ma en my stiefpa getroud is het ek 21 geword. 'n Interessante fase in my lewe, waar ek so onafhanklik as moontlik wou word, om 'n nuwe kindskap aan te leer. Met my mondigwording roep Oom Steve (my aangetroude pa) my eenkant en gee vir my 'n geskenk in 'n klein boksie. Opgewonde, half onbeholpe met die intieme oomblik tussen ons, maak ek dit oop om die kosbare geskenk van 'n Kruger-rand te ontvang. Hy verduidelik die simboliese waarde van die geskenk met “Ek het vir elkeen van my kinders 'n Kruger-rand gegee toe hul 21 geword het en ek wil graag vir jou ook een gee want ek wil hê jy moet weet, daar is vir my geen onderskeid tussen jou en my kinders nie.” Wat 'n kosbare geskenk!!! Omdat ek aan my ma behoort, behoort ek ook aan hom en hierdie behoort is nie iets wat ek moes doen, moes verdien of moes bereik nie. Oom Steve het my ook mooi laat verstaan dat hy nie my lojaliteit probeer koop nie – maar vir my 'n omhelsing, 'n sekerheid, 'n behoort wou gee. Die Kruger-rand-geskenk was nie die eintlike ding nie, dit was bloot die simbool van iets ver bo die waarde van wat die goud-prys ookal was. Soos met die Kruger-rand moes ek hierdie kindskap, en al die wonders daarvan, eenvoudig net ontvang. Dit het ons verhouding verander van 'n sodat na 'n omdat. Hierdie omdat het my vry gemaak, gevorm, veilig laat voel, waagmoed gegee, tuis laat kom, laat wees…omdat hy my sy kind gemaak het. Sodat-verhoudings is kunsmatig, het bymotiewe, is op jouself gefokus. Omdat-verhoudings gee sekerheid want die grond van hierdie verhouding lê nie in jou nie – maar in die onvoorwaardelike verbintenis van iemand aan jou. Sodat-verhoudings is 'n transaksie wat eis. Omdat-verhoudings is 'n verbintenis wat gee. Sodat-kindskap sê “As jy…dan kan jy…” Omdat-kindskap sê “Aangesien jy is…wees nou…” Ons hele wêreld is gebou en gerat op hierdie sodat-benadering. Dit maak dit moeilik om die omdat-lewe wat Christus vir ons kom gee te aanvaar, te onthou en na te leef. Pierre is in 'n belangrike oorgangsjaar van sy lewe. Meer as enige iets anders hoop ek hy kan hierdie omdat-lewe ontdek: Hê lief omdat, nie sodat nie. Werk hard omdat, nie sodat nie. Glo in en volg Jesus omdat, nie sodat nie. Hê respek vir alle mense en die ganse skepping omdat, nie sodat nie. Omdat vul jou met verwondering en dankbaarheid. Dit maak jou bewus van heiligheid. Sodat verskraal die lewe tot jou self en die lewe word 'n masjien, projek, tog…waardeur jy een of ander mitiese gelukkigheid of seën gaan bereik en intussen mis jy wat reeds is en altyd sal wees. Die saligspreuke begin elkeen met “Geseënd is…” nié met “Geseënd sal jy wees as jy…” In Lukas 15 kon albei die verlore seuns, die een wat tuisgebly het en die een wat op ‘n lang verdwaalreis gegaan het, eers regtig tuiskom omdat hulle ontdek het wie en hoe hulle pa is en dat hulle aan hom behoort. Na-leef teks “Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.” Lukas 15:31 Na-leef vraag Het jy 'n sodat- of 'n omdat-verhouding met God? Watter verhoudings in jou lewe het nodig om te skuif van 'n sodat-benadering na 'n omdat-benadering? En hoe gaan jy die verskil leef? Waarom werk jy…Sodat of Omdat? Hoe sou die verskillende benaderings vir jou lyk?
Send a textSpreuke 24:16 Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig. Ons hou nie daarvan om oor ons mislukkings te praat nie. Ons het almal al misluk, en as jy daaraan terugdink, maak dit nogal seer, nè? Maar hoe dikwels het jy al misluk omdat jy nie opgestaan het nadat jy oor ‘n hobbel in die pad gestruikel het nie? Dink ‘n bietjie daaroor na.In die middel van die 18de eeu was Vitus Bering, 'n Deense ontdekkingsreisiger, aangestel om kaarte te teken van die gedeelte tussen Siberië en Noord-Amerika. Nadat hy Alaska suksesvol bereik het, het sy bemanning siek geword en die voorrade het begin opraak. Bering kón die omstandighede oorleef en suksesvol teruggekeer het, maar hy het moed verloor. Hy het tou opgegooi en sy bemanning toegelaat om doelloos uiteen te dryf.Die hele ekspedisie het op die rotse geloop. Bering is dood, en alles was verlore. As hy net 'n bietjie langer vasgebyt het en sy bemanning beheer het en bymekaargehou het, sou hy waarskynlik veilig na sy huis teruggekeer het en sy nalatenskap as een van die geskiedenis se groot ontdekkingsreisigers verseker het.Wanneer ons teëspoed beleef en wanneer ons jammerlik misluk; het ons 'n keuse: om op te staan of om moed te verloor en om op te gee.Spreuke 24:16 Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.God beskou dit nie as ‘n mislukking wanneer ‘n mens val nie. Wat hy wel as ‘n mislukking beskou, is wanneer jy weier om weer op te staan. Wat wil jy graag bereik? Watter struikelblok het oor jou pad gekom: watter teëspoed het jou getref? Hoe sterk is die versoeking om moed op te gee? Dit is beslis moeilike vrae, maar vrae wat jy jouself moet afvra … want jou deursettingsvermoë gaan jou uiteindelik suksesvol maak.Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Na-leef gedagte: As-Woensdag — 'n off-beat ritueel deur Pieter Roeloffse “Jesus is an alternative to the dominant ways of the world, not a supplement to them.” Eugene Peterson Elke jaar doen die kerk iets vreemd. Ons neem die oorblyfsels van verlede jaar se Palmsondag — die takke waarmee ons “Hosanna!” gesing het — en ons verbrand dit. Die takke wat eens tekens van oorwinning en hoop was, word as. En met daardie as begin ons Lydenstyd. Dit is nie toevallig nie. Dit is teologies briljant. Die ironie van die skare Op Palmsondag stap Jesus Jerusalem binne. Die skare waai palmtakke. Hulle roep “Hosanna! “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” (Matt 21:1-11, Mark. 11:1-11; Luk. 19:28-38; Joh. 12:12-19) Hulle verwag 'n Messias wat hul vyande sal oorwin, die regte mag sal herstel, die regte koninkryk sal vestig. 'n Paar dae later is daar weer 'n skare. En hulle roep: “Kruisig Hom! Kruisig Hom.” (Matt 27:15-26, Mark. 15:6-15; Luk. 23:13-25; Joh. 18:39 – 19:16) Dieselfde stad. Dieselfde fees. Waarskynlik meeste van dieselfde mense. Wat het verander? Jesus het nie by hulle script ingepas nie. Hy het nie mag oorgeneem soos hulle verwag het nie. Hy het nie Rome omver gewerp soos hulle verwag het nie. Hy het nie die soort oorwinning gebring wat hulle wou hê nie. En toe Hy nie inpas by hul verwagtinge nie, draai die skare. Ons is nader aan die skare as wat ons dink. As-Woensdag begin met “Onthou jy is stof” en 'n as-kruis merk op jou voorkop of pols. Hoekom? Omdat ons ook palmtakke dra — ons eie verwagtinge het van hoe God moet werk; hoe verlossing moet lyk. Ons eie planne van die mooi en goeie lewe het. Ons juig maklik vir 'n Jesus wat óns drome bevestig. Maar 'n Jesus wat selfopoffering vra? 'n Koning wat op 'n donkie ry? 'n God wat alle mense liefhet? 'n Messias wat leer en leef “sterf van jou ekkigheid dan kom daar nuwe lewe”? Dis net té anders, té vreemd, té ongemaklik. Die as van Palmsondag-takke herinner ons: selfs ons aanbidding kan soms besoedel wees (vgl. Miga 6:6-8; Amos 5:21-24). 'n Heilige onderbreking Wanneer die palmtakke verbrand word, word triomf in stof verander. Dit nooi ons: Moenie hoop op jou eie namaaksel van God en jou eie weergawe van oorwinning nie. As-Woensdag help ons om eerlik te word oor iets diep in ons harte — ons wil graag hê God moet ons idees, oortuigings en storie versterk — nie dit herskryf nie. Maar Jesus kom nie om ons storie te verbeter nie. Hy kom om 'n ander een te gee: 'n Storie waar die eerste laaste is. Waar mag lyk soos diens. Waar oorwinning deur selfopoffering kom. Waar lewe deur die dood breek. Wanneer die as op ons voorkop in die vorm van 'n kruis geteken word, hou dit Palmsondag en Goeie Vrydag saam. Dit sê: Moenie te vinnig juig nie. Moenie te vinnig veroordeel nie. Moenie dink jy staan buite die skare nie. Dit nooi ons om ons afhanklikheid te erken. Te erken dat God en Sy manier anders is as wat ons graag sou verkies. Te onthou dat God en Sy anderster manier verlossing, vryheid, lewe gee — vir alles en almal! As-Woensdag vra nie: Is jy opgewonde oor Jesus? nie. Dit vra: Sal jy Hom volg wanneer Hy nie in jou verwagtinge pas nie? Sal jy Hom vertrou wanneer Hy nie jou vyande veroordeel nie? Sal jy leer om 'n ander soort oorwinning lief te hê? Van palmtak tot as — van triomf tot waarheid — van skare tot dissipel Mag hierdie As-Woensdag en Lydenstyd ons help om nie net mense te wees wat “Hosanna!” roep wanneer dit maklik is nie, maar mense wat gevorm word deur die kruis. Na-leef teks: “22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.” 1 Korintiërs 1:22-25 Na-leef vrae Kan jy dit in jouself raaksien hoe jy soms Jesus en Sy weg, soos die skare, wil verander om by jou agenda en idees in te pas? Watter deel van Jesus se “Neem jou kruis op en volg my.” Is vir jou moeilik? Hoe sal jy dit eerlik in 'n kaalvoet-gebed verwoord?
Send a textJesaja 43:18-21 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig. Dis so hartseer om te sien hoe mense met soveel potensiaal, teruggehou word deur boeie; boeie van spyt en boeie van hul verlede. Hulle moet oppas dat hulle nie hulle verlede toelaat om hul lewens te vernietig nie. As jy om jou kyk, sien jy dat baie mense in daardie strik trap.Watter nare stories uit jou verlede gee jy die duiwel toestemming om oor en oor in jou oor te fluister? Vir party mense het die lewe hulle geleer om dié leuen te glo dat hulle eenvoudig nie goedgenoeg is nie. Vir ander mense spook vorige mislukkings by hulle.Dis selfs pynlik om te erken dat die verlede so deel van ons lewens is, dat ons nie 'n toekoms daarsonder kan voorstel nie.As enige van hierdie dinge oor die verlede jou laat nadink, het ek vandag wonderlike goeie nuus vir jou. Dit kom van God self, waar Hy met sy volk, Israel, praat, toe hulle wanhopig en moedeloos was:Jesaja 43:18-21 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig.Ja, ons weet almal jy kan die verlede nie verander nie. Maar God wil jou toekoms verander! Hy roep jou om nie in gister se mislukkings te leef nie, maar om vorentoe te beweeg in dít wat Hy op die punt staan om te doen.Moet dus nie die hele tyd terugdink aan wat in die verlede verkeerd geloop het nie, want Hy sê: Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send a textPsalm 23:4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (1953) Wanneer jy teëspoed ervaar of selfs wanneer jy so ‘n bietjie ongemaklik of verontrief voel, wil ‘n mens onmiddellike reageer: "Kry my net uit hierdie penarie uit!" Dis net natuurlik, nie waar nie? Jy moet dikwels besluit of jy gaan deurdruk, eerder as om uit die omstandighede te probeer ontsnap.Watter moeilike situasies het jy al in jou lewe deurgemaak? Of, watter moeilike situasie beleef jy op die oomblik? Het jy ook al daardie gevoel van: "Kry my net uit hierdie penarie uit!" ervaar?As ek terugdink aan my eie ervaring, besef ek dat God die regte ding gedoen het toe Hy my deur daardie pynlike ervaring geneem het, eerder as om my sommer daaruit te pluk en daaruit te laat ontsnap, sonder om sy les te leer. Dit was hoe Hy my gevorm het tot die mens wat ek vandag is. Dit was tóé wat Hy my toegelaat het om self te ervaar hoe groot sy liefde is; hoe getrou Hy in die moeilike tye van die lewe is; hoe wonderlik dit is om sy Teenwoordigheid te ervaar wanneer ek heeltemal alleen voel.Kyk wat skryf Dawid oor sy donkerste uur: Psalm 23:4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. (1953)Dawid se gebruik van die woorde: “dal van doodskaduwee" is nie bloot vir poëtiese redes daar nie. Hy was werklik in doodsgevaar toe sy voorganger, koning Saul, hom wou doodmaak. Dawid kon daardie “dal” nie omseil nie; hy moes daardeur gaan. Sy verlossing het nie deur ontsnapping gekom nie, maar deur volharding in God se Teenwoordigheid.God se Teenwoordigheid is 'n lig wat, as jy dit toelaat, helder sal skyn diep in jou donker vallei; jou vrees sal verdryf en jou aan die einde sal red. God is die enigste uitweg.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textGalasiërs 6:7-9 Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.. Soveel dinge is deesdae sonder veel moeite onmiddellik beskikbaar. Jy vra net jou gunsteling KI-program die mees ongelooflike komplekse vraag en die antwoord verskyn binne sekondes. Die idee dat jy dae, maande en selfs jare lank met iets moet stoei, word dus al hoe vreemder vir ons.'n Boer sien nie oornag resultate nie. Dit begin met klein, roetine stappe wat hy getrou volg. Die boer moet die grond omploeg, die saad saai, gereelde plaagbeheer toepas, die voggehalte dophou, gewasse roteer, die weer dophou... Niks daarvan is glansryk nie. Elke stap lyk onbenullig. Maar mis net een – soos om te versuim om teen plae te waak – en die hele oes sal misluk.Tog, wanneer die boer sy roetine getrou en met sorg herhaal, gebeur iets wonderliks: van net een klein saadjie lewer die aarde ‘n oes 30, 60, en selfs 100-voudig op. Oor maande word die onsigbare sigbaar. Die boer oes 'n goue see van graan, omdat hy konsekwent in die klein dingetjies getrou was.Galasiërs 6:7-9 Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.Dis maklik om ongeduldig te raak en om onmiddellike resultate te verwag wanneer ons ons eie swakhede en mislukkings hanteer. Moenie moedeloos word wanneer jy met die sondige gewoontes in jou lewe worstel nie.Watter klein gewoontetjies moet jy herhalend doen om jou lewe om te keer?Transformasie is selde oombliklik - dis 'n reis van bestendige en geleidelike groei. Die Heilige Gees werk deur ons getroue en gereelde gehoorsaamheid. In sy krag lewer daardie klein gewoontes groot resultate.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Mag en moet daar konflik in die kerk wees? Hoe moet ons dit in die huisgesin van God hanteer? Wat is ons verantwoordelikhede teenoor God heel eerste, en teenoor ons broers en susters in die kerk? Kan ons bekostig om die waarheid op die altaar van vrede te offer? Watter groei sal daar dan wees? Moet ons konflik ten alle koste vermy in die kerk ter wille van die aanvaarding van mense, of moet ons die waarheid van God se woord heel eerste stel? Is God se vrede dieselfde as wêreldvrede? Wat dryf vrede in die kerk? Vier aspekte van konflik in die kerk is onder bespreking: - Wie se huis is die kerk? - Is alle konflik verkeerd? - Wat is elke lidmaat se verantwoordelikheid? - Hoe behoort ons konflik in die huisgesin van God te hanteer?
Ons beleef 'n aktiewe invloed van sekularisme op sosiale media, en ons kan die verwoesting wat die "virtuele god" in ons samelewing aanrig, duidelik sien in die siek geestestoestand van ons jong mense. Waarom raak ons kinders verslaaf aan aanlyn speletjies en sosiale media? Kan dit wees dat hulle verhonger is? Spandeer ons genoeg persoonlike, kwalieit tyd met hulle? - Hoe beinvloed sosiale media ons kinders se normes, waardes en geloofsoortuiging? - Wat is die invloed daarvan op ons kinders se denke, speeltyd en wêreldbeskouing? - Kan jy kies wat vir jou kind gevoer word, en het jong kinders daardie wysheid en insig in pag om positiewe sosiale media te kies? - Watter rol speel tegnologie en sosiale media op kinders se selfbeeld, verhoudings, sosiale - vaardighede en geestesgesondheid? - Het sosiale media beheer oor jou en jou kind, en hoe vorm dit jou kind fisies, emosioneel en sosiaal? - Wat is die wesenlike gevare van te veel sosiale media? - Hoe kan ons balans vind en riglyne instel, ten einde ons gesin se veiligheid te bewaak
Watter vaardighede het jy nodig om relevant en suksesvol te bly in die 21ste eeu? In hierdie insiggewende podcast-episode gesels Lizette van Huyssteen van die Practica Program oor die vaardighede wat die toekoms vereis. Sy verduidelik hoekom 21ste eeuse vaardighede belangriker is as ooit, bespreek die impak van die Vierde Industriële Revolusie op die wêreld van werk, en gee praktiese insigte oor hoe individue en organisasies relevant kan bly in 'n vinnig veranderende arbeidsmark. 'n Moet-luister vir opvoeders, professionele persone, studente en enigiemand wat wil voorberei vir die toekoms van werk.
Send us a textMatteus 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Sê my, wat is die belangrikste ding in jou gedagtes wanneer ons hierdie nuwe jaar aanpak? Waarop het jy jou visier gestel? Wat wil jy bereik? Wat is die belangrikste probleem in jou lewe wat opgelos moet word? Watter verhouding moet gekoester word? Wat is die nommer een ding waaraan jy ter voorbereiding van hierdie nuwe jaar, dink?Dis ‘n goeie ding om ‘n lys van jou prioriteite op te stel, maar wees versigtig om nie die verkeerde dinge te prioritiseer nie. Ja, my vriend, met verkeerde prioriteite is die lewe geneig om ‘n ander koers in te slaan en voor jy jou oë uitvee, het jy so dramaties afgedwaal dat jy jouself in 'n wildernis bevind. ‘n Maalkolk waarin jy nooit gedink het jy sou beland nie.Ek was in my jonger jare so gefokus op die bou van my IT-maatskappy en ek het so hard daaraan gewerk om die hoogste sport in my loopbaan te bereik, dat dit my gesin vernietig het. Die ergste was dat ek myself wysgemaak het dat ek dit vir húlle gedoen het. Dis my grootste verwyt.... Jy kan oënskynlik goeie prioriteite hê, maar indien dit nie die regtes is nie; sal dit jou lewe vernietig.In die konteks van die vervulling van fisiese behoeftes; soos om kos op die tafel te sit en 'n dak oor jou kop te kry, het Jesus die volgende gesê in:Matteus 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.Na my verskriklike ervaring, het ek besluit om Jesus te gehoorsaam; om Hom aan die stuur van my lewe te plaas – iets wat ek met my hele hart gedoen het. Ek het dit nie aldag perfek reggekry nie, maar ek het daagliks daarvoor gebid.Selfs in tye toe ek nie genoeg geld gehad het om kos op my tafel te sit of 'n dak oor my kop te verseker nie, het God getrou gebly aan sy Woord en vir my deur ander gelowiges voorsien. Wanneer jy God eerste stel en leef soos Hy wil hê jy moet leef, voorsien Hy in al jou ander behoeftes. Hy doen dit, want Hy hou sy belofte aan jou!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textSpreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV) Wel, hier is ons, op die drumpel van nog 'n nuwe jaar. Die oue is so te sê iets van die verlede en gereed om in die anale opgeteken te word. Die nuwe jaar is op die punt om te begin. Laat my dus toe, om vir jou 'n belangrike vraag te vra: Watter pad beplan jy om in hierdie nuwe jaar te loop? Die eerbare pad of die minder eerbare pad?In 44 v.C. het Marcus Junius Brutus met ‘n dolk in die hand in die skadukant van die Romeinse Senaatsgebou gestaan. Julius Caesar, sy mentor en vriend, het onwetend in die lokval wat vir hom gestel is, geloop. Brutus het geglo dat hy, deur Caesar te vermoor, besig is om die Republiek te red. Maar deur verraad bo dialoog te kies; moord bo genade, het hy chaos ontketen.Rome het nie na vryheid teruggekeer nie; in plaas daarvan het dit in 'n wreedaardige ryk ontaard. Burgeroorlog het gevolg. Brutus het aan sy eie hand gesterf en hy word in die geskiedenisboeke nie as 'n held geëer nie, maar as 'n simbool van verraad. Hy het die verkeerde pad gekies.Watter pad gaan jy vanjaar kies? Sal jy die pad kies wat eerbaar is en ander mense nie sal benadeel nie, of sal jy ‘n onetiese pad kies? Hier is God se liefdevolle raad aan jou, vir die jaar wat voorlê in:Spreuke 4:26-27 Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV)Dit is alte maklik om soos Brutus onsself te bluf en ons slegte keuses toe te smeer deur onsself te oortuig dat ons die regte ding doen. Maar sodra die streep in die sand getrek is, is daar geen omdraaikans nie. Die alternatief is om vasberade te bly en met goedheid, integriteit en liefde te leef.Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is. (NLV)Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textJesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Noudat Kersfees verby is, begin die werklikheid, dat nog 'n jaar so te sê verbygesluip het, ons oorweldig. Nog 'n jaar, kan dit wees? Dit is eintlik net datums op 'n kalender, maar dit laat ‘n mens allerhande gedagtes kry, nie waar nie?Soms bring die nuwe jaar verandering mee, ander kere lyk dit asof dit net op die gewone spoor sal voortstoom. Soms sien ons uit na verandering, ander kere verafsku ons die idee. En al het ons ook in die verlede gedink dat niks gaan verander nie, hét daar toe groot omwentelings plaasgevind. Dit is dus so effens riskant en 'n bietjie verwarrend om oor die jaar wat voorlê te besin, want ons was in die verlede al so verkeerd...Teen die einde van die sewentig jaar van ballingskap in Babilon was die Israeliete in 'n verskriklike groef; hulle was ‘n hele geslag van slawe, wat niks anders geken het nie. Hulle het maar net van dag tot dag, sonder om vir hulself te dink, soos skape voortgeploeter – hulle was eintlik op die ou end heel gemaklik! Toe kom sê God vir hulle deur Jesaja sy profeet:Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom, Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.'n Nuwe ding? Watter nuwe ding? Dit kan gevaarlik wees. Wat beteken dit vir my? Dit was die onwillekeurige reaksie van die Israeliete. Verandering, selfs verbetering, kan skrikwekkend, ontstellend en ontwrigtend wees.Kyk, ek en jy het geen idee wat hierdie volgende jaar sal oplewer nie. Maar soos hier, waar God sy volk na die Beloofde Land teruggebring het; bring God dikwels wonderwerke deur seisoene van omwentelinge – nie ten spyte daarvan nie.Verandering mag jou dalk benoud laat voel; ja, ons weet, jy voel asof jy nie kan asem kry nie; maar dit kan dikwels presies die plek wees waar God ‘n wonderlike nuwe begin vir jou beplan.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textGalasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Hoe gewillig is jy om ‘n kortpad te kies wanneer dit kom by die dingetjies wat jy elke dag moet doen; jou werk, of die versorging van jou kinders, of wat ook al jou spesifieke verpligtinge is. Sien jy 'n geleentheid en dink jy: Ek wonder of ek daarmee kan wegkom?In 1986, by die Tsjernobil-kernkragsentrale in Oekraïne, het ingenieurs 'n toets op Reaktor No. 4 uitgevoer om kragverlies te simuleer. Om die spoed van die proses te verhoog, het hulle ‘n kortpad gekies: hulle het die belangrikste veiligheidstelsels gedeaktiveer; hulle het nie die standaardprosedures gehoorsaam nie en die waarskuwingstekens geïgnoreer.Die proses het inderdaad vinnig plaasgevind. Binne sekondes het die reaktor ontplof. Twee werkers is onmiddellik dood; dosyne van die nooddienswerkers is aan stralingsiekte dood; meer as 300 000 mense is ontwortel en daar was wydverspreide langtermyn-gesondheidseffekte, insluitend kanker, geboortedefekte en geestesversteurings. Alles omdat mense kortpaaie geneem het!'n Hele klomp mense in hierdie wêreld bely dat hulle in God wat sy Seun, Jesus, na hierdie wêreld gestuur het, glo. Maar kom ons wees eerlik, om Jesus te volg en om ons lewens te leef soos Hy syne geleef het, is harde werk. En met die gevolg dink baie mense by hulleself: waarmee kan ek wegkom? Watter kortpaaie kan ek vat? Die apostel Paulus, se houding is heeltemal anders:Galasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Jy sien, Paulus was bereid om 100% te gee. Wat is jou ingesteldheid? Wil jy voortdurend kortpad kies, of is jy 100% oorgegee?...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my leweDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lees: 1 Joh 4: 7-21. Fokus: 1 Joh 4: 18. Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees. · Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur. · Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.” · Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme. · Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. · As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis. · Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe? · Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar? · Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus? · Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms?
Send us a textPsalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV) Om in hierdie onvolmaakte wêreld van ons te oorleef, eis sy tol van elkeen van ons. Jy is vol stampe en kneusplekke, om nie eens van die gevolge van ‘n volstruisskop so af en toe te praat nie! Ja, soms voel ons totaal afgetakel; ons lewensvreugde verdwyn en al wat oorbly, is daardie gevoel van onherstelbare gebrokenheid.Gelukkig voel nie almal só nie – dank God daarvoor. Maar daar is tye wanneer die geswoeg van die lewe (hoe dit ook al in jou omstandighede lyk) jou baie meer, as wat dit behoort, affekteer. Daar is tye wanneer ons onsself afvra … Wat is die betekenis van alles? Watter ramp kom volgende?Eeue, nee, millennia gelede, het die Israeliete hulself in 'n droë woestyn bevind. Hulle was moedeloos, honger en dors en hulle was tot siel en liggaam uitgeput.Jy het seker al af en toe figuurlik in ‘n “droë woestyn” verdwaal; in ‘n situasie waar jy nie her- of derwaarts geweet het nie. Stel jouself so ‘n situasie voor; sien dit in jou gedagtes.Dorre, lewelose, warm, droë sand so ver as wat die oog kan sien; sonder hoop op ontsnapping; jou liggaam, jou siel en jou gees onherstelbaar beskadig; die dood klop aan jou deur... Maar kyk wat gebeur as ons na die Here roep:Psalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV)Soos die 19de-eeuse Skotse pastoor en skrywer Oswald Chambers eens geskryf het: Om jouself alleen met God af te sonder, herstel die skade wat deur die gejaag, geraas en lawaai van die wêreld aangerig is.Wanneer jy verlore is, wanneer jy seer het, wanneer jy gebroke is … bid. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textMatteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Die afgelope jaar was 'n onstuimige een op die wêreldfront, of hoe? Dink net aan die geopolitieke magte wat oor ‘n magdom van verskillende dinge bots. Hoe reageer die gewone man op straat – mense soos ek en jy – as die dinge om ons so verskriklik deurmekaar en gevaarlik word? Wel, sommige mense trek in hulle dop van eiebelang terug. Watter invloed het die chaos om ons, op my finansies, my welstand, my huisverband of my huur, my kospryse, my toekoms? Ander sien dit egter as 'n geleentheid om hul nasionale belang te verkondig en hul godsdiens en hulle politiek op 'n baie onheilige manier saam in dieselfde mandjie te gooi. Dit klink nogal soos die godsdienstige leiers van Jesus se tyd, die Fariseërs, nè? Hulle het saamgewerk met die Romeine wat hul land beheer het en hul godsdiens op 'n slinkse manier gebruik om hul eie magsbasis te versterk.Hulle het Jesus heftig gekritiseer omdat Hy saam met die skuim van die samelewing; die verlorenes en hopeloses, tyd deurgebring het. Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Dit lyk asof die Fariseërs die doel van hul “godsdiens” heeltemal gemis het; iets wat vandag steeds gebeur deur die lelike Christelike nasionalisme wat oral uitbreek. Die Britse teoloog, N.T. Wright, stel dit so: Christelike nasionalisme is verarm omdat dit 'n koninkryk sonder 'n kruis wil hê. Dit jaag 'n oorwinning sonder genade na. Hulle roem op God se krag, eerder as op God se liefde. Vir Jesus het dit nooit oor godsdiens of politiek gegaan nie. Dit het altyd daaroor gegaan om vriendelikheid en liefde aan die verlorenes te bewys en hulle na Homself te trek. Dis mos die model wat enige mens behoort na te volg. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Namibiese regering vestig sy hoop op ekonomiese herlewing op landbou en vertrou op jongmense om die verskuiwing te dryf. Maar met baie jongmense wat huiwerig is om op plase te werk, waarsku kenners dat die plan onrealisties mag wees. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat tensy jongmense werklik bereid is om na die grond terug te keer, die strategie sal misluk. Hy het meer.
Send us a textPsalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè?Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die rede is waarom ons op ‘n sekere manier optree.Ongelukkig ontwikkel baie mense nooit eintlik ‘n hoë vlak van selfkennis nie. Hulle is nie bereid om onwrikbaar eerlik met hulself te wees oor die onaanvaarbare dinge wat in hul harte aangaan en wat hulle dryf om so op te tree nie.Het jy die laaste keer toe jy 'n moeilike afspraak met iemand moes nakom, jouself vooraf kardinale vrae afgevra: Wat voel ek? Watter vooropgestelde idees dryf my? In watter bui is ek? Jy kan dink dat daardie dinge 'n vergadering en 'n verhouding kan maak of breek. En dít is selfs voordat ons onsself vra oor wat die ander persoon se situasie is; wat hy dalk voel; watter seer hy dalk besig is om te verwerk.Ja, my vriend, ons het almal blinde kolle. Ons is nie in staat om ons eie motiewe en bedoelings te beoordeel nie en dikwels wíl ons dit nie eers oorweeg om eerlik met onsself te wees nie.Dis waarom ons hulp nodig het. En dit is wat Dawid, die koning van Israel, gemotiveer het om hierdie gebed te bid:Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!As jy vermoed dat jou motiewe dalk nie heeltemal suiwer is nie, vra God vir sy hulp om dit uit te sorteer. Hy sal ‘n hemelsbreë verskil maak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan 'n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denkwêreld en ons blootstelling?
Send us a text1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf!Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jouself al vergewe? Of beroof die gevolge van jou dade jou steeds van jou vrede en vreugde, en hang dit soos 'n donker wolk oor jou toekoms?Watter fout uit jou verlede bly by jou spook? Terwyl jy die las daarvan voel; miskien die pyn weer ervaar; kom ons kyk wat staan in:1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.Wat beteken dit om jou sondes aan God te bely? Dit beteken om hulle een vir een op te noem; om verantwoordelikheid vir hulle te neem en om eerlik met jouself en met God daaroor te wees, eerder as om hulle, met die hoop dat hulle sal weggaan, te ignoreer.En wanneer jy dit doen, sal God jou vergewe. Jy kan Hom absoluut vertrou om dit te doen, want Jesus het gesterf om vir jou sondes te betaal. En Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.Nou sal jy, met jou lei heeltemal skoongevee, kan voortgaan met dié lewe wat Hy nog altyd vir jou begeer het. Dis die rede waarom Jesus weer uit die graf opgestaan het: om jou die oorwinning oor sonde en dood te gee; om jou 'n nuwe lewe te laat lei; vir ewig, in sy teenwoordigheid. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie." Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom hierdie vers? Wat is die konteks en werklike boodskap? Is die geloof 'n magiese krag wat jy in jouself kan kweek of bewerk om wonders te doen soos God? Is dit 'n oproep om jou geloof in God te plaas en Sy raadsplan te vertrou? En is dit 'n uitdaging om "harder te probeer glo", sodat jy groot dinge in die naam van Jesus kan doen? Waar kom ons geloof in God vandaan? Wie is die krag van ons geloof, en wie stel ons in staat om in vertroue te volhard, al gaan dit swaar? Waar pas gebed en vas in terwyl ons ons fokus, geloof en vertroue in God plaas?
Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.
bto - beyond the obvious 2.0 - der neue Ökonomie-Podcast von Dr. Daniel Stelter
bto#311 REFRESH – Die größte Herausforderung der Energiewende liegt darin, dass es sich dabei um ein physikalisch-technisches Thema handelt. Dieser Umstand schränkt die gesellschaftliche Diskussionsfähigkeit ein, weil breite Schichten der Bevölkerung und ein Großteil der vermeintlichen Experten nicht zwischen “kW” und “kWh” unterscheiden können und obendrein die komplexen Aufgaben grob fahrlässig vereinfachen. Diese Situation ermöglicht politische und wirtschaftliche Geschäftsmodelle, die Lobbyinteressen vertreten, Gewinne privatisieren, Risiken sozialisieren und nicht zur Problemlösung beitragen – und die uns alle letztlich viel Wohlstand kosten. Aus diesem Grund lohnt es sich, mit einem Ingenieur das Thema unter rein technischen Gesichtspunkten zu besprechen und die physikalisch-technischen Grenzen der Energiewende zu beleuchten.Genau das hat Daniel Stelter 2020 in Episode 46 mit Professor Dr. Holger Watter von der Hochschule Flensburg getan. Der promovierte Diplom-Ingenieur für Maschinenbau ist Professor für Systemtechnik und zu seinen Fachgebieten gehören regenerative Energiesysteme. Er sagte damals schon, dass die Diskussion um Klimaschutzmaßnahmen zunehmend “zu einer Glaubensfrage nach Bauchgefühl“ ausarten würde. Zeit also für ein bto REFRESH.HörerserviceZusammenfassung der Aussagen von Prof. Watter: https://is.gd/TL6X6W beyond the obviousNeue Analysen, Kommentare und Einschätzungen zur Wirtschafts- und Finanzlage finden Sie unter www.think-bto.com.NewsletterDen monatlichen bto-Newsletter abonnieren Sie hier.RedaktionskontaktWir freuen uns über Ihre Meinungen, Anregungen und Kritik unter podcast@think-bto.com.ShownotesHandelsblatt-Aktion vom 28. Juli bis 11. August 2025 – Wer das Handelsblatt nicht nur sporadisch, sondern intensiv ein ganzes Jahr lang lesen möchte, kann sich jetzt 50 % Rabatt sichern. Das gilt für unsere digitalen H+ Abos und die gedruckte Zeitung. Bis zum 11. August heißt es noch: "Alles wissen, die Hälfte zahlen". Wählen Sie Ihr Wunschangebot unter handelsblatt.com/sommerrabattWerbepartner – Informationen zu den Angeboten unserer aktuellen Werbepartner finden Sie hier. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?
Samir Watter is the COO at Layne's Chicken Fingers based in Dallas, TX. Samir joined Layne's in 2021 when there were only 7 total locations. Before that, he held impressive roles and big franchise companies like Denny's, where he worked for 10 years starting as AGM until heading the opening of 30 locations by the end of his tenure there. He also worked for La Salsa for 10 years as director of ops, where he opened 30 locations for that company as well. Today, Layne's has 25 locations and continues to grow. Join the Restaurant Unstoppable Network TODAY! Restaurant Unstoppable - EVOLVE! - Eric of Restaurant Unstoppable is now taking consultation and coaching calls! Book a consultation today! Schedule your call to become UNSTOPPABLE! Check out the website for more details: https://www.restaurantunstoppable.com/evolve Today's sponsors: Franchise Law Solutions - Thinking about franchising your restaurant? Success doesn't have to mean 100 units overnight. With the right plan, you can build a profitable, local or regional franchise brand. The team at Internicola Law Firm — franchise lawyers and franchise development experts — will show you how. Visit www.franchiselawsolutions.com. US Foods: US Foods is hosting the event of the year, Food Fanatics 2025. August 19-20, 2025, at the Mandalay Bay, Las Vegas, NV. Network with over 5,000 Industry peers. Attend Zouk nightclub reception, expert breakout sessions, Keynote speeches, musical performances, and dramatic demonstrations, and sample the latest on-trend dishes. The Clock Is Ticking! Be Ready to Register on April 16 for Food Fanatics® 2025. To learn more, visit www.usfoods.com/foodfanatics2025 Restaurant Systems Pro - Join the 60-day Restaurant Systems Pro FREE TRAINING. This is something that has never been done before. This 60-day event is at no cost to you, but it is not for everyone. Fred Langley, CEO of Restaurant Systems Pro, will lead a group of restaurateurs through the Restaurant Systems Pro software and set up the systems for your restaurant. During the 60 days, Fred will walk you through the Restaurant Systems Pro Process and help you crush the following goals: Recipe Costing Cards; Guidance in your books for accounting; Cash controls; Sales Forecasting(With Accuracy); Checklists; Budgeting for the entire year; Scheduling for profit; More butts in seats and more… Click Here to learn more. Let's make 2025 the year your restaurant thrives. Today's gues recommends: Ovation Revel POS Guest contact info: Website: https://www.layneschickenfingers.com Thanks for listening! Rate the podcast, subscribe, and share! We are on Youtube: @RestaurantUnstoppable
Gerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), gesels oor die sake wat hulle ondersoek. Volg RSG Geldsake op Twitter
"I have filled my life so completely that many days there is no time to think about the fact that I am living it." Roger Ebert
Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe? Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?
Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), bespreek die impak van die VSA se tariewe op die landbousektor. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die voorspelling van die ruvoerpryse aan die begin van die jaar het getoon dat die pryse hoog sal bly maar, na die aanhoudende reën het die prentjie heel verander. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof Voermeester, gepraat.
Christene word gruwelik gemartel en vermoor in baie lande rondom ons, omdat hulle Christus as God erken, aanbid en dien. Hul vervolging is skrikwekkend! Maar roer dit ook ons harte terwyl ons nog godsdiens vryheid in Suid-Afrika geniet? Die media steur hul geensins aan die vervolging van gelowiges nie, want dit lok nie die reaksie en sensasie wat hulle najaag nie. Watter verbintenis is daar tussen die Golden Globe toekennings waartydens niemand God se hulp erken het nie, en die onlangse vervoestende brande in California? Hoe kry ons 'n gebalanseerde uitkyk op hierdie gebeure wat alles in God se soewereine hand ontvou en afspeel?
In episode 1821, Miles and guest co-host Matt Lieb are joined by co-host of Pod Yourself A Gun & Mad Yourself A Man, Vince Mancini, to discuss… Rightwing Media And Politicians Doing Overtime At The Consent Factory, Gene Hackman’s Death Is Shrouded In Mystery, An Oscar Frontrunner Still Doesn’t Have Distribution and more! Rightwing Media And Politicians Doing Overtime At The Consent Factory Jesse Watters Doesn't Know What Park Rangers Do (Clip) Ben Shapiro Doesn't Know How Medicare Works (Clip) Gene Hackman’s Death Is Shrouded In Mystery An Oscar Frontrunner Still Doesn’t Have Distribution No Other Distribution: How Film Industry Economics and Politics Are Suppressing Docs Sympathetic to Palestine and Critical of Israel Oscars Best Documentary Feature breakdown: ‘No Other Land’ is a vulnerable frontrunner Does No Other Land’s Oscar nomination suggest the Academy is progressing? No Other Land Has Exposed the Film Industry’s Cowardice No Other Land review – powerful Israel-Palestine documentary is essential viewing LISTEN: Gimme gimme by Kvng Vinci L.A. Wildfire Relief: Displaced Black Families GoFund Me Directory See omnystudio.com/listener for privacy information.
durée : 00:04:14 - Chroniques littorales - par : Jose Manuel Lamarque - Watter par la force du vent : double mot, "water", l'eau en anglais, mais aussi "watter" avec 2 t, donc watt, l'électricité. Il s'agit d'un film documentaire et un film d'aventure tout autour de l'Europe, en bateau. Benjamin Catry, l'un des co-réalisateurs, aussi le skippeur de cette aventure.
Our guest this time is Dr. Daniel N. Watter. Dan is an existential sex therapist and he has so much to say about appreciating sexuality as we age instead of extolling the virtues of youthful sexuality. He has a fresh approach to the connection between death anxiety and sexuality. Dan talks with us about the existential importance of the penis and the idea that the penis is speaking but sometimes in a whisper. Dr. Watter is the author of more than 30 professional articles and book chapters on topics such as sexual function and dysfunction, and ethics in healthcare practice. He most recently completed the new book, The Existential Importance of the Penis: A Guide to Understanding Male Sexuality and a new article about men, sex, and aging for the Journal of Sexual Medicine. Dan has been a practicing clinical and forensic psychologist and certified sex therapist for more than 35 years. He is licensed as both a psychologist and a marital and family therapist. In addition, he is Board Certified in Sex Therapy by the American Association of Sexuality Educators, Counselors, and Therapists (AASECT), and the American Board of Sexology (ACS), of which he also holds Fellowship status. Dr. Watter is an AASECT certified sex therapy supervisor and has been elected to Fellowship Status in the International Society for the Study of Women's Sexual Health (ISSWSH). In addition to his clinical practice, he is a faculty member at the University of Michigan School of Social Work's Sexual Certification Program and the Modern Sex Therapy Institutes. He has taught at a number of colleges, universities, and medical schools in the past. Dr. Watter is a member of several professional organizations and has been elected to leadership positions in many including the New Jersey Psychological Association's Ethics Committee, the Society for Sex Therapy and Research (SSTAR), and AASECT. He's been the Chair of the AASECT Ethics Advisory Committee and President of SSTAR. You can reach Dan Watter here. And you can check out his new book here. If you'd like to read any of the other books we discussed, you can find Irvin Yalom's work here, and Peggy Kleinplatz's book, Magnificent Sex: Lessons from Extraordinary Lovers here. If you want to catch up on other shows, just visit our website and please subscribe! We love our listeners and welcome your feedback, so if you love Our Better Half, please give us a 5-star rating and follow us on Facebook and Instagram. It really helps support our show! As always, thanks for listening!
Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?
Luister na Stefan om uit te vind!