POPULARITY
Send us a textGalasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Hoe gewillig is jy om ‘n kortpad te kies wanneer dit kom by die dingetjies wat jy elke dag moet doen; jou werk, of die versorging van jou kinders, of wat ook al jou spesifieke verpligtinge is. Sien jy 'n geleentheid en dink jy: Ek wonder of ek daarmee kan wegkom?In 1986, by die Tsjernobil-kernkragsentrale in Oekraïne, het ingenieurs 'n toets op Reaktor No. 4 uitgevoer om kragverlies te simuleer. Om die spoed van die proses te verhoog, het hulle ‘n kortpad gekies: hulle het die belangrikste veiligheidstelsels gedeaktiveer; hulle het nie die standaardprosedures gehoorsaam nie en die waarskuwingstekens geïgnoreer.Die proses het inderdaad vinnig plaasgevind. Binne sekondes het die reaktor ontplof. Twee werkers is onmiddellik dood; dosyne van die nooddienswerkers is aan stralingsiekte dood; meer as 300 000 mense is ontwortel en daar was wydverspreide langtermyn-gesondheidseffekte, insluitend kanker, geboortedefekte en geestesversteurings. Alles omdat mense kortpaaie geneem het!'n Hele klomp mense in hierdie wêreld bely dat hulle in God wat sy Seun, Jesus, na hierdie wêreld gestuur het, glo. Maar kom ons wees eerlik, om Jesus te volg en om ons lewens te leef soos Hy syne geleef het, is harde werk. En met die gevolg dink baie mense by hulleself: waarmee kan ek wegkom? Watter kortpaaie kan ek vat? Die apostel Paulus, se houding is heeltemal anders:Galasiërs 2:19-20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Jy sien, Paulus was bereid om 100% te gee. Wat is jou ingesteldheid? Wil jy voortdurend kortpad kies, of is jy 100% oorgegee?...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my leweDis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Lees: 1 Joh 4: 7-21. Fokus: 1 Joh 4: 18. Volmaakte liefde in Christus verdryf vrees. · Baie van ons loop permanent rond met ‘n mate van vrees in ons harte sonder dat ons weet waarvoor – ‘n algemene vrees vir alles wat voorlê en kan gebeur. · Ons leef dikwels (ook in ons verhouding met God) volgens die wêreldse standaard: Jy ontvang wat jy verdien! Johannes noem dit: “vrees verwag straf.” · Mense probeer presteer om die straf van verwerping vry te spring en aanvaar te word. So soek mense hulle selfwaarde in prestasies wat weer lei tot perfeksionisme. · Teenoor die wêreldse standaard is God volmaakte liefde en gee aan ons in Christus nie wat ons verdien nie maar wat ons nodig het: onvoorwaardelike liefde en aanvaarding. · As jy worstel met vrees vir verwerping en perfeksionisme, is God se boodskap aan jou: Jou soeke na liefde en aanvaarding eindig by Christus se volmaakte liefde aan die kruis. · Met ‘n lewe wat oorheers word deur liefde vir God en my naaste, sal ek ervaar hoe vrees vir die toekoms verdwyn. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat dryf jou in die lewe? Watter rol speel vrees vir mislukking en daarmee saam vrees vir verwerping in jou lewe? · Waarin vind jy jou selfwaarde? Glo jy dat as jy perfek lewe almal jou sal aanvaar? · Wat beteken God se volmaakte liefde in Christus? · Hoe verdryf God se volmaakte liefde in Christus vrees vir die toekoms?
Send us a textPsalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV) Om in hierdie onvolmaakte wêreld van ons te oorleef, eis sy tol van elkeen van ons. Jy is vol stampe en kneusplekke, om nie eens van die gevolge van ‘n volstruisskop so af en toe te praat nie! Ja, soms voel ons totaal afgetakel; ons lewensvreugde verdwyn en al wat oorbly, is daardie gevoel van onherstelbare gebrokenheid.Gelukkig voel nie almal só nie – dank God daarvoor. Maar daar is tye wanneer die geswoeg van die lewe (hoe dit ook al in jou omstandighede lyk) jou baie meer, as wat dit behoort, affekteer. Daar is tye wanneer ons onsself afvra … Wat is die betekenis van alles? Watter ramp kom volgende?Eeue, nee, millennia gelede, het die Israeliete hulself in 'n droë woestyn bevind. Hulle was moedeloos, honger en dors en hulle was tot siel en liggaam uitgeput.Jy het seker al af en toe figuurlik in ‘n “droë woestyn” verdwaal; in ‘n situasie waar jy nie her- of derwaarts geweet het nie. Stel jouself so ‘n situasie voor; sien dit in jou gedagtes.Dorre, lewelose, warm, droë sand so ver as wat die oog kan sien; sonder hoop op ontsnapping; jou liggaam, jou siel en jou gees onherstelbaar beskadig; die dood klop aan jou deur... Maar kyk wat gebeur as ons na die Here roep:Psalm 107:19-20 “Here, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (NLV)Soos die 19de-eeuse Skotse pastoor en skrywer Oswald Chambers eens geskryf het: Om jouself alleen met God af te sonder, herstel die skade wat deur die gejaag, geraas en lawaai van die wêreld aangerig is.Wanneer jy verlore is, wanneer jy seer het, wanneer jy gebroke is … bid. Met 'n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Send us a textMatteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Die afgelope jaar was 'n onstuimige een op die wêreldfront, of hoe? Dink net aan die geopolitieke magte wat oor ‘n magdom van verskillende dinge bots. Hoe reageer die gewone man op straat – mense soos ek en jy – as die dinge om ons so verskriklik deurmekaar en gevaarlik word? Wel, sommige mense trek in hulle dop van eiebelang terug. Watter invloed het die chaos om ons, op my finansies, my welstand, my huisverband of my huur, my kospryse, my toekoms? Ander sien dit egter as 'n geleentheid om hul nasionale belang te verkondig en hul godsdiens en hulle politiek op 'n baie onheilige manier saam in dieselfde mandjie te gooi. Dit klink nogal soos die godsdienstige leiers van Jesus se tyd, die Fariseërs, nè? Hulle het saamgewerk met die Romeine wat hul land beheer het en hul godsdiens op 'n slinkse manier gebruik om hul eie magsbasis te versterk.Hulle het Jesus heftig gekritiseer omdat Hy saam met die skuim van die samelewing; die verlorenes en hopeloses, tyd deurgebring het. Matteus 9:12-13 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.' Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” Dit lyk asof die Fariseërs die doel van hul “godsdiens” heeltemal gemis het; iets wat vandag steeds gebeur deur die lelike Christelike nasionalisme wat oral uitbreek. Die Britse teoloog, N.T. Wright, stel dit so: Christelike nasionalisme is verarm omdat dit 'n koninkryk sonder 'n kruis wil hê. Dit jaag 'n oorwinning sonder genade na. Hulle roem op God se krag, eerder as op God se liefde. Vir Jesus het dit nooit oor godsdiens of politiek gegaan nie. Dit het altyd daaroor gegaan om vriendelikheid en liefde aan die verlorenes te bewys en hulle na Homself te trek. Dis mos die model wat enige mens behoort na te volg. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Namibiese regering vestig sy hoop op ekonomiese herlewing op landbou en vertrou op jongmense om die verskuiwing te dryf. Maar met baie jongmense wat huiwerig is om op plase te werk, waarsku kenners dat die plan onrealisties mag wees. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat tensy jongmense werklik bereid is om na die grond terug te keer, die strategie sal misluk. Hy het meer.
Send us a textPsalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè?Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die rede is waarom ons op ‘n sekere manier optree.Ongelukkig ontwikkel baie mense nooit eintlik ‘n hoë vlak van selfkennis nie. Hulle is nie bereid om onwrikbaar eerlik met hulself te wees oor die onaanvaarbare dinge wat in hul harte aangaan en wat hulle dryf om so op te tree nie.Het jy die laaste keer toe jy 'n moeilike afspraak met iemand moes nakom, jouself vooraf kardinale vrae afgevra: Wat voel ek? Watter vooropgestelde idees dryf my? In watter bui is ek? Jy kan dink dat daardie dinge 'n vergadering en 'n verhouding kan maak of breek. En dít is selfs voordat ons onsself vra oor wat die ander persoon se situasie is; wat hy dalk voel; watter seer hy dalk besig is om te verwerk.Ja, my vriend, ons het almal blinde kolle. Ons is nie in staat om ons eie motiewe en bedoelings te beoordeel nie en dikwels wíl ons dit nie eers oorweeg om eerlik met onsself te wees nie.Dis waarom ons hulp nodig het. En dit is wat Dawid, die koning van Israel, gemotiveer het om hierdie gebed te bid:Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!As jy vermoed dat jou motiewe dalk nie heeltemal suiwer is nie, vra God vir sy hulp om dit uit te sorteer. Hy sal ‘n hemelsbreë verskil maak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hoe word Spreuke 4:23 misverstaan? Wat is wysheid en dwaasheid volgens God se woord? Benader ons dalk hierdie vers vanuit 'n obsessiewe selffokus en piëtistiese denkraamwerk, wat emosies bo God se wysheid verplaas en liewer 'n heilige lewe beklemtoon? Watter tipe literatuur is Spreuke, en wat is die konteks van hierdie spesifieke vers? Hoe kan ons nog staatmaak op die emosies van ons harte as dit dan 'n onheilige natuur het? Wat is ons verantwoordelkheid ten opsigte van ons denkwêreld en ons blootstelling?
Send us a text1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf!Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jouself al vergewe? Of beroof die gevolge van jou dade jou steeds van jou vrede en vreugde, en hang dit soos 'n donker wolk oor jou toekoms?Watter fout uit jou verlede bly by jou spook? Terwyl jy die las daarvan voel; miskien die pyn weer ervaar; kom ons kyk wat staan in:1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.Wat beteken dit om jou sondes aan God te bely? Dit beteken om hulle een vir een op te noem; om verantwoordelikheid vir hulle te neem en om eerlik met jouself en met God daaroor te wees, eerder as om hulle, met die hoop dat hulle sal weggaan, te ignoreer.En wanneer jy dit doen, sal God jou vergewe. Jy kan Hom absoluut vertrou om dit te doen, want Jesus het gesterf om vir jou sondes te betaal. En Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.Nou sal jy, met jou lei heeltemal skoongevee, kan voortgaan met dié lewe wat Hy nog altyd vir jou begeer het. Dis die rede waarom Jesus weer uit die graf opgestaan het: om jou die oorwinning oor sonde en dood te gee; om jou 'n nuwe lewe te laat lei; vir ewig, in sy teenwoordigheid. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Gebed - Deel 2 - Vanuit Watter Perspektief Bid Jy? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Jesus antwoord hulle: "Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie." Watter waninterpretasies en misverstande bestaan rondom hierdie vers? Wat is die konteks en werklike boodskap? Is die geloof 'n magiese krag wat jy in jouself kan kweek of bewerk om wonders te doen soos God? Is dit 'n oproep om jou geloof in God te plaas en Sy raadsplan te vertrou? En is dit 'n uitdaging om "harder te probeer glo", sodat jy groot dinge in die naam van Jesus kan doen? Waar kom ons geloof in God vandaan? Wie is die krag van ons geloof, en wie stel ons in staat om in vertroue te volhard, al gaan dit swaar? Waar pas gebed en vas in terwyl ons ons fokus, geloof en vertroue in God plaas?
Send us a textPrediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB) Ek wonder of jy met my sal saamstem dat die ewige besig-wees baie lewens verwoes. “Besig, besig, besig,” klink so belangrik; dit het amper 'n tipe van ‘n status simbool geword. Maar wat gaan in die proses verlore? Watter tol eis hierdie onophoudelike besig-wees op jóú lewe?Ek was nog altyd iemand wat aan harde werk geglo het. Daar is niks mee verkeerd nie, of hoe? Vir dekades het ek om 2:30 of 3-uur in die oggend opgestaan en ná my stiltetyd met die Here, het ek by my lessenaar gaan sit en gewerk.Dis wat ek gedoen het, totdat dit my ingehaal het; totdat my liggaam (amper permanent) uit protes afgeskakel het. Dis my storie, wat is joune? Ek het onlangs iemand hoor sê dat besig-wees en die ewige rondhardlopery om dinge gedaan te kry, ‘n “gejaagdheidskultuur” genoem word. Dis soos 'n sosiopatiese roofdier wat los in ons lewens rondloop en ons van alles wat vir ons dierbaar is, beroof.Dis moeilik om daarmee te stry. Om hierheen te jaag, dan daarheen te jaag sonder om 'n oomblik te stop, te dink, te bid, te rus, te oefen of selfs net om tyd saam met jou geliefdes deur te bring ... sal jou uiteindelik van jou gesondheid, jou familie, jou vriendskappe en veral jou verhouding met God beroof.Prediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB)Natuurlik sal dit jou nêrens bring om heeldag rond te sit en niks te doen nie. Maar – en hier is 'n radikale gedagte – hoe sal jou lewe lyk as jy tevrede kan wees met minder aardse dinge en om meer tyd te hê om in die werklik belangrike dinge in die lewe te belê?Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter geslag is minder geneig om hulp vir geestesgesondheid te soek? >Raaisel oor Malaria in die Vrystaat >Global Hand Washing Day >Vapes en mondgesondheid >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
Wat is geloofs"deconstruction"? Hoekom bevraagteken mense die gereformeerde geloof? Hoe moet ons dekonstruksie benader en mense daaruit help? Watter rol speel postmodernisme en die gees van ons tyd hierin? Wat is die gevolge van die idees van filosowe soos Jacques Derrida? Woorde kry nuwe betekenis en word vloeibaar… waarheid word 'n vraagstuk. Wat is die verskil tussen kritiese denke en dekonstruksionisme? Is ons geloof van onlogies, of is daar bewyse vir wat ons glo? Ondersoek die Skrif en wees gereed om apologeties te antwoord oor die hoop wat ons het in Christus.
Mag ons woorde – en alles wat daarmee verband hou – ʼn stuk heiligmaking ondergaan.
Send us a textRomeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. In ‘n volmaakte wêreld sal alles regverdig wees. Goeie mense sal vir goeie dade beloon word. Slegte mense sal vir slegte dade gestraf word. Alles sal wees soos dit behoort te wees. Maar weet jy, ons leef nie in ‘n volmaakte wêreld nie en die lewe is nie altyd regverdig nie.Vandag, 489 jaar gelede, is William Tyndale tereggestel omdat hy die Bybel uit Latyn na Engels vertaal het. Sy harde werk is deur die godsdienstige leiers as 'n uitdaging vir die gesag van die kerk beskou. Hy is verwurg en toe op ‘n brandstapel naby Brussels in België verbrand.Tyndale se laaste opgetekende woorde was 'n gebed: Here, open die oë van die Koning van Engeland. Dit was 'n pleidooi vir Henry VIII om die Bybel vir die gewone mense in hul moedertaal toeganklik te maak.Dit is heeltemal ondenkbaar dat Tyndale se teregstelling deur die hande van die kerkleiers plaasvind het; maar daar het jy dit. Goeie mense word soms vir goeie dade gestraf. As ons die horlosie terugdraai na die 1ste eeu n.C., sien ons wat die apostel Paulus skryf nadat hy self verskriklike vervolging verduur het:Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.Watter onreg ook al oor jou pad mag kom, hoeveel dit jou ook al mag kos, onthou: niks en niemand kan jou van die liefde van Christus skei nie. Niks!Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter orgaan help jou om geure en aromas te herken? >Skoksyfers: Swerm bye laat 4 mense in die hospitaal >Dis internasionale Eet 'n Appel Dag > Wêreld patiëntveiligheids-dag >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
Estie Schreiber gesels oor die galblaas! Jou lewer en kolon werk saam – hoe pas al drie organe inmekaar? Watter tekens dui daarop dat jou lewer hulp nodig het? Die produk A. Vogel Boldocynara kan ondersteun. Beskikbaar by jou naaste apteek. Vir meer inligting en om alles oor die tekens van lewerprobleme te lees, besoek: www.avogel.co.za
Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel: trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai. (Spr. 6:16-19 Afrikaans OV)
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter deel van die oog gee vir jou oë hul kleur, soos blou, groen of bruin? >Afname in kinderinentings in Gauteng spel gevaar, sê DA >Om in jou neus te grou hou moontlik verband met Alzheimer's. >Die temperatuur van ‘n mens se drink goed, kan jou in gevaar stel vir sekere kankers. >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
Send us a textEfesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.Ek weet nie van jou nie, maar elke nou en dan stop ek om te dink oor hoe lank ek nog op hierdie aarde oor het. Miskien is dit net my grys hare, maar ouderdom het niks met die prys van eiers te doen nie. Nie een van ons het ‘n idee van wanneer ons die weg van alle vlees sal gaan nie. So, hoe gaan jy jou tyd wat jy oor het, deurbring?As jy daaroor nadink, is tyd die enigste bate wat jy spandeer sonder om te weet wat die balans is. Tog mors ons so baie daarvan op nuttelose dinge. Sommige mense spandeer elke week ure en ure op sosiale media.Ek het onlangs 'n paartjie ontmoet wat 'n 169-dag-om-die-wêreld-bootvaart bespreek het. Dit klink heerlik en daar is niks verkeerd met bootvaarte op sigself nie, maar hierdie mense is so vol lewe en hulle het soveel om te bied. Is dit regtig die beste gebruik van hulle tyd wat oorbly? Ek vra maar net. Dit is dalk slim om onsself af te vra: Wat wil ek met die tyd wat vir my oorbly, doen? Watter impak wil ek nog maak? Watter mense wil ek liefhê, help en koester? En hoe balanseer ek dit met die rus en ontspanning wat ons almal nodig het?Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.Wat sê God vandag vir jou in jou situasie, in jou konteks? Wat beteken dit vir jou om wys, nie dwaas, te leef nie? Watter geleentheid het jy om in hierdie bose tyd goed te doen? Kom nou, wat sê God vir jou?Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Veediefstal bly 'n wesenlike probleem, plaaslik en elders.
Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon. Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade. Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. (Jak. 3:13-17 Afrikaans OV)
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Elrica (in vir Venita) en Dr. Jaco van Niekerk oor: > Mediese vasvrae: Watter orgaan het 'n linker- en regterhelfde wat verskillende funksies verrig? > Protesaksie deur Operasie Dudula ontwrig gesondheidsdienste > Chikungunya virus versprei deur muskiete > Maak ons te veel staat op AI vir gesondheidsadvies? > Dr Jaco se mediese-wenk vir die week.
See-ys is vir die oseaan se ekostelsel soos grond vir die woud. Wanneer seewater koud genoeg word om te vries, verdryf dit sout, wat veroorsaak dat kanale in die ys vorm. Alge groei binne hierdie kanale, en vorm ‘n integrale basis van die voedselketting. Satellietdata-opnames van see-ys het in 1978 begin. Dit wys groot veranderinge oor die afgelope paar dekades. Watter rol speel see-ys in seestrome, ekostelsels en klimaat?
bto - beyond the obvious 2.0 - der neue Ökonomie-Podcast von Dr. Daniel Stelter
bto#311 REFRESH – Die größte Herausforderung der Energiewende liegt darin, dass es sich dabei um ein physikalisch-technisches Thema handelt. Dieser Umstand schränkt die gesellschaftliche Diskussionsfähigkeit ein, weil breite Schichten der Bevölkerung und ein Großteil der vermeintlichen Experten nicht zwischen “kW” und “kWh” unterscheiden können und obendrein die komplexen Aufgaben grob fahrlässig vereinfachen. Diese Situation ermöglicht politische und wirtschaftliche Geschäftsmodelle, die Lobbyinteressen vertreten, Gewinne privatisieren, Risiken sozialisieren und nicht zur Problemlösung beitragen – und die uns alle letztlich viel Wohlstand kosten. Aus diesem Grund lohnt es sich, mit einem Ingenieur das Thema unter rein technischen Gesichtspunkten zu besprechen und die physikalisch-technischen Grenzen der Energiewende zu beleuchten.Genau das hat Daniel Stelter 2020 in Episode 46 mit Professor Dr. Holger Watter von der Hochschule Flensburg getan. Der promovierte Diplom-Ingenieur für Maschinenbau ist Professor für Systemtechnik und zu seinen Fachgebieten gehören regenerative Energiesysteme. Er sagte damals schon, dass die Diskussion um Klimaschutzmaßnahmen zunehmend “zu einer Glaubensfrage nach Bauchgefühl“ ausarten würde. Zeit also für ein bto REFRESH.HörerserviceZusammenfassung der Aussagen von Prof. Watter: https://is.gd/TL6X6W beyond the obviousNeue Analysen, Kommentare und Einschätzungen zur Wirtschafts- und Finanzlage finden Sie unter www.think-bto.com.NewsletterDen monatlichen bto-Newsletter abonnieren Sie hier.RedaktionskontaktWir freuen uns über Ihre Meinungen, Anregungen und Kritik unter podcast@think-bto.com.ShownotesHandelsblatt-Aktion vom 28. Juli bis 11. August 2025 – Wer das Handelsblatt nicht nur sporadisch, sondern intensiv ein ganzes Jahr lang lesen möchte, kann sich jetzt 50 % Rabatt sichern. Das gilt für unsere digitalen H+ Abos und die gedruckte Zeitung. Bis zum 11. August heißt es noch: "Alles wissen, die Hälfte zahlen". Wählen Sie Ihr Wunschangebot unter handelsblatt.com/sommerrabattWerbepartner – Informationen zu den Angeboten unserer aktuellen Werbepartner finden Sie hier. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvrae: Watter orgaan in die menslike liggaam maak die "lub-dub"-klank? >Nuwe tydelike ongevalle-afdeling in Nasionale Distrikshospitaal in Bloem geopen. >Justin Timberlake se Diagnose van Lyme-siekte. >Hik is iets wat almal al ervaar, maar wat gebeur eintlik in jou liggaam wanneer jy hik? >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
Lees: Gal 5:13-26 (AFR53). Fokus: Gal 5:16-18. Die stryd om die beheer van die siel. As my siel nie in God se rus verkeer nie (ek nie vrede ervaar in my denke en emosies nie), dan kom my vlees met ‘n valse oplossing om beter te voel (alkohol, pornografie, koop, eet, ens). As jy in God se rus verkeer (daar vrede in jou denke en emosies is), dan hou die vlees op om werksaam te wees. Bring vrede vir jou siel deur God se seëning in Christus – dan het die vlees niks te doen nie en al hierdie vleeslike begeertes verdwyn. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:· Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en liggaam. · Watter deel het nuut geword met ons wedergeboorte (vgl 2 Kor 5: 17) en wat is die invloed daarvan op die res van ons wese? · Hoe kan ons die werke van die vlees in ons lewens oorwin?
Watter soorte liefdesverhoudings is verkeerd in God se oë? Hoekom kan ons nie leef en lief hê soos ons wil nie? Hoekom is alle vorme van seksuele onsedelikheid onversoenbaar met ons eenheid in Christus? Hoe bevry die Evangelie ons ten opsigte van seksuele sonde?
Dit is skrikwekkend om te dink dat ons kinders in ‘n oogwink kan verdwyn. Watter stappe volg ek wanneer my kind nie huis toe kom nie en die vermoede is sterk dat my kind ontvoer is? Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker in ernstige geweld , ekonomiese en kubermisdade , gee insig op Kosmos 94.1.
Send us a textHebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV) ‘n Mens hou nie daarvan om ander mense te etiketteer nie, maar kom ons wees eerlik, sommige mense is sommer net onaangenaam. Jy ken hulle, ek ken hulle … maar die vraag is, ontmoet jy elke oggend een wanneer jy in die spieël kyk?‘n New Yorkse eiendomsmagnaat en hoteleienaar, Leona Helmsley, het in die vorige eeu die reputasie as een van die onaangenaamste openbare figure van haar tyd ontwikkel. Saam met haar man het sy 'n groot hotelindustrie ontwikkel.Leona was veral bekend vir haar genadelose sakevernuf, die manier waarop sy haar werknemers mishandel het en haar bekende neerhalende houding. Haar ondergang het gekom toe sy in 1989 aan belastingontduiking skuldig bevind is. Tydens haar verhoor het een van haar voormalige werknemers getuig dat sy gesê het: "Ons betaal nie belasting nie. Net die gewone onbelangrike klein mensies betaal belasting." Sjoe! Dis darem neerhalend, nè?Daar word gesê dat elkeen van ons die mag het om iemand anders gelukkig te maak. Sommige doen dit deur die kamer binne te kom, ander deur dit te verlaat. Die vraag wat ons onsself redelik gereeld moet afvra, is watter een is ek?Terwyl jy daaroor nadink, kyk hierna; dit is goed, baie goed.Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV)Wanneer iemand ander persone aanmoedig, is dit ‘n teken van ‘n goeie hart, 'n goeie mens. Die soort mens wat mense gelukkig maak wanneer hulle by die kamer instap. Deur ‘n ander persoon te help … bied jy 'n kragtige teenvoeter vir die onaangename een. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Watter maatreëls kan ek nou alreeds in plek stel om te verseker dat my testament na my afsterwe reg hanteer word. Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker in ernstige geweld, ekonomiese en kubermisdade, gee insig op Kosmos 94.1 .
Samir Watter is the COO at Layne's Chicken Fingers based in Dallas, TX. Samir joined Layne's in 2021 when there were only 7 total locations. Before that, he held impressive roles and big franchise companies like Denny's, where he worked for 10 years starting as AGM until heading the opening of 30 locations by the end of his tenure there. He also worked for La Salsa for 10 years as director of ops, where he opened 30 locations for that company as well. Today, Layne's has 25 locations and continues to grow. Join the Restaurant Unstoppable Network TODAY! Restaurant Unstoppable - EVOLVE! - Eric of Restaurant Unstoppable is now taking consultation and coaching calls! Book a consultation today! Schedule your call to become UNSTOPPABLE! Check out the website for more details: https://www.restaurantunstoppable.com/evolve Today's sponsors: Franchise Law Solutions - Thinking about franchising your restaurant? Success doesn't have to mean 100 units overnight. With the right plan, you can build a profitable, local or regional franchise brand. The team at Internicola Law Firm — franchise lawyers and franchise development experts — will show you how. Visit www.franchiselawsolutions.com. US Foods: US Foods is hosting the event of the year, Food Fanatics 2025. August 19-20, 2025, at the Mandalay Bay, Las Vegas, NV. Network with over 5,000 Industry peers. Attend Zouk nightclub reception, expert breakout sessions, Keynote speeches, musical performances, and dramatic demonstrations, and sample the latest on-trend dishes. The Clock Is Ticking! Be Ready to Register on April 16 for Food Fanatics® 2025. To learn more, visit www.usfoods.com/foodfanatics2025 Restaurant Systems Pro - Join the 60-day Restaurant Systems Pro FREE TRAINING. This is something that has never been done before. This 60-day event is at no cost to you, but it is not for everyone. Fred Langley, CEO of Restaurant Systems Pro, will lead a group of restaurateurs through the Restaurant Systems Pro software and set up the systems for your restaurant. During the 60 days, Fred will walk you through the Restaurant Systems Pro Process and help you crush the following goals: Recipe Costing Cards; Guidance in your books for accounting; Cash controls; Sales Forecasting(With Accuracy); Checklists; Budgeting for the entire year; Scheduling for profit; More butts in seats and more… Click Here to learn more. Let's make 2025 the year your restaurant thrives. Today's gues recommends: Ovation Revel POS Guest contact info: Website: https://www.layneschickenfingers.com Thanks for listening! Rate the podcast, subscribe, and share! We are on Youtube: @RestaurantUnstoppable
Gerhard van Deventer, hoof van ondersoeke by die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), gesels oor die sake wat hulle ondersoek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvra: Watter siekte word veroorsaak deur 'n tekort aan vitamiene C? > Ierse Rugby-klub breek wêreldrekord vir langste rugbywedstryd vir geestesgesondheid bewusmaking in die sport >Dit is Wêreld Vitiligo-dag >Jean-Mari en Jaco kom maak 'n draai in die ateljee om te gesels oor CMV en hulle baba Rossouw se reis tot dusver. >Dr. Jaco se wenk van die week.
Send us a textMatteus19:29-30 En elkeen wat 'n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of 'n pa of 'n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees. Ons moet elkeen êrens langs die pad opofferings maak. Maar het jy al ooit gewonder wat 'n opoffering werklik van ‘n mens gaan vra? Want as jy dit nie verstaan nie, dan wonder jy sommer hoekom jy jou tyd daarmee moet mors?'n Opoffering is om iets wat jy vandag wil hê, prys te gee omdat dit op die lange duur ‘n beter uitkoms gaan gee. 'n Skaakspeler kan 'n biskop opoffer om sy teenstander uit te lok om 'n skuif te maak, wat ontwerp is om hom sy koningin te verower.'n Ma sal haar eie gemak opoffer en dikwels haar eie behoeftes ondergeskik stel daaraan om haar kinders die allerbeste opvoeding te gee wat sy kan. Wanneer jy die opofferings maak, is dit nooit aangenaam nie; dit is selde glansryk en dit gaan dikwels ongemerk verby.Watter opofferings het jy al op jou lewensreis gemaak? Was hulle die moeite werd, of wonder jy nog steeds? Jesus het nogal baie gepraat oor die opofferings wat Hy ons roep om te maak … maar Hy het dit baie duidelik gestel dat daar ‘n wonderlike uitkoms op ons wag.Matteus 19:29-30 En elkeen wat 'n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of 'n pa of 'n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. “Maar baie wat nou so vernaam lyk, sal eendag heeltemal onbelangrik wees. En dié wat nou nie gereken word nie, sal eendag die belangrikste wees.Mense praat nie dikwels hieroor nie, maar dit is moeilik om Jesus te volg. Jy moet sekere dinge prysgee – soms, nogal baie van hulle. Maar in die onderstebo, agterstevoor ekonomie van God se koninkryk, sal diegene wat vandag ter wille van Hom laaste is, vir alle ewigheid eerste wees. Moenie moed verloor nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
In Watter Werklikheid? - Tjaart Olivier (Piketberg) by GraceLife Podcast
Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor: >Mediese vasvra: Watter bloedgroep word beskou as die universele skenker? > A-ah sanger Morten Harket het op sosiale media aangekondig dat hy gediagnoseer is met Parkinson's >Hoe weet ons of medisyne saam met ons liggame gaan werk? >Het jy geweet? - Om jou pille met koffie af te sluk het nagevolge. >Dr. Jaco se wenk van die week.
"I have filled my life so completely that many days there is no time to think about the fact that I am living it." Roger Ebert
Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe? Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het?
Theo Boshoff, uitvoerende hoof van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), bespreek die impak van die VSA se tariewe op die landbousektor. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die voorspelling van die ruvoerpryse aan die begin van die jaar het getoon dat die pryse hoog sal bly maar, na die aanhoudende reën het die prentjie heel verander. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof Voermeester, gepraat.
Christene word gruwelik gemartel en vermoor in baie lande rondom ons, omdat hulle Christus as God erken, aanbid en dien. Hul vervolging is skrikwekkend! Maar roer dit ook ons harte terwyl ons nog godsdiens vryheid in Suid-Afrika geniet? Die media steur hul geensins aan die vervolging van gelowiges nie, want dit lok nie die reaksie en sensasie wat hulle najaag nie. Watter verbintenis is daar tussen die Golden Globe toekennings waartydens niemand God se hulp erken het nie, en die onlangse vervoestende brande in California? Hoe kry ons 'n gebalanseerde uitkyk op hierdie gebeure wat alles in God se soewereine hand ontvou en afspeel?
In episode 1821, Miles and guest co-host Matt Lieb are joined by co-host of Pod Yourself A Gun & Mad Yourself A Man, Vince Mancini, to discuss… Rightwing Media And Politicians Doing Overtime At The Consent Factory, Gene Hackman’s Death Is Shrouded In Mystery, An Oscar Frontrunner Still Doesn’t Have Distribution and more! Rightwing Media And Politicians Doing Overtime At The Consent Factory Jesse Watters Doesn't Know What Park Rangers Do (Clip) Ben Shapiro Doesn't Know How Medicare Works (Clip) Gene Hackman’s Death Is Shrouded In Mystery An Oscar Frontrunner Still Doesn’t Have Distribution No Other Distribution: How Film Industry Economics and Politics Are Suppressing Docs Sympathetic to Palestine and Critical of Israel Oscars Best Documentary Feature breakdown: ‘No Other Land’ is a vulnerable frontrunner Does No Other Land’s Oscar nomination suggest the Academy is progressing? No Other Land Has Exposed the Film Industry’s Cowardice No Other Land review – powerful Israel-Palestine documentary is essential viewing LISTEN: Gimme gimme by Kvng Vinci L.A. Wildfire Relief: Displaced Black Families GoFund Me Directory See omnystudio.com/listener for privacy information.
durée : 00:04:14 - Chroniques littorales - par : Jose Manuel Lamarque - Watter par la force du vent : double mot, "water", l'eau en anglais, mais aussi "watter" avec 2 t, donc watt, l'électricité. Il s'agit d'un film documentaire et un film d'aventure tout autour de l'Europe, en bateau. Benjamin Catry, l'un des co-réalisateurs, aussi le skippeur de cette aventure.
Our guest this time is Dr. Daniel N. Watter. Dan is an existential sex therapist and he has so much to say about appreciating sexuality as we age instead of extolling the virtues of youthful sexuality. He has a fresh approach to the connection between death anxiety and sexuality. Dan talks with us about the existential importance of the penis and the idea that the penis is speaking but sometimes in a whisper. Dr. Watter is the author of more than 30 professional articles and book chapters on topics such as sexual function and dysfunction, and ethics in healthcare practice. He most recently completed the new book, The Existential Importance of the Penis: A Guide to Understanding Male Sexuality and a new article about men, sex, and aging for the Journal of Sexual Medicine. Dan has been a practicing clinical and forensic psychologist and certified sex therapist for more than 35 years. He is licensed as both a psychologist and a marital and family therapist. In addition, he is Board Certified in Sex Therapy by the American Association of Sexuality Educators, Counselors, and Therapists (AASECT), and the American Board of Sexology (ACS), of which he also holds Fellowship status. Dr. Watter is an AASECT certified sex therapy supervisor and has been elected to Fellowship Status in the International Society for the Study of Women's Sexual Health (ISSWSH). In addition to his clinical practice, he is a faculty member at the University of Michigan School of Social Work's Sexual Certification Program and the Modern Sex Therapy Institutes. He has taught at a number of colleges, universities, and medical schools in the past. Dr. Watter is a member of several professional organizations and has been elected to leadership positions in many including the New Jersey Psychological Association's Ethics Committee, the Society for Sex Therapy and Research (SSTAR), and AASECT. He's been the Chair of the AASECT Ethics Advisory Committee and President of SSTAR. You can reach Dan Watter here. And you can check out his new book here. If you'd like to read any of the other books we discussed, you can find Irvin Yalom's work here, and Peggy Kleinplatz's book, Magnificent Sex: Lessons from Extraordinary Lovers here. If you want to catch up on other shows, just visit our website and please subscribe! We love our listeners and welcome your feedback, so if you love Our Better Half, please give us a 5-star rating and follow us on Facebook and Instagram. It really helps support our show! As always, thanks for listening!
Is die hemel ons eindbestemming? Watter troos skep ons uit die feit dat die ewige lewe werklik vir gelowiges bestaan? Gaan daar herskepping of vernietiging plaasvind? Wat gaan op die nuwe aarde wees en wat nie? Gaan Jesus in Sy fisiese liggaam by ons wees? Is die ewige lewe net 'n soort toestand of 'n werklikheid? Hoe rig die nuwe hemel en aarde ons lewe nou?
Luister na Stefan om uit te vind!
Hennie Fourie, welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos sê mens moet nooit 'n beleggingsbesluit neem wat slegs op politiek gebaseer is nie. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die ikoniese "Alien"-aktrise, Sigourney Weaver, het haar begeerte uitgespreek dat meer vroue beheer moet neem en met meer diepte op die silwerdoek uitgebeeld word. Weaver, wat bekend is vir haar baanbrekende rol as Ellen Ripley in die gewilde franchise, het baie geïnspireer deur stereotipes oor vroue te breek.
'n Werkswinkel getiteld "Gedeelde energie-toekoms: versterking van die burgerlike samelewing en gemeenskapstemme oor groen waterstof" begin vanoggend in die hoofstad. Die driedaagse werkswinkel het ten doel om begrip van Namibië se groenwaterstofprogram onder Namibiese en Suid-Afrikaanse burgerlike samelewingsorganisasies en verteenwoordigers van direk geaffekteerde gemeenskappe te verdiep. Dit word aangebied deur die Namibië Ontwikkelingstrust, die Economic Social Justice Trust, Frack Free Namibia en die Heinrich Boell Stigting se Kaapstad-kantoor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hans-Christian Mahnke, een van die organiseerders, wat sê hulle wil veral meer weet oor die duisende werksgeleenthede wat beloof word.