POPULARITY
Bonang Mohale, voorsitter van Bidvest en ArcelorMittal gesels oor WEF in Davos. Volg RSG Geldsake op Twitter
Dis Oujaar na wat vir baie ‘n moeilike en uitdagende jaar was. Owerhede regoor die land herinner inwoners om veilig fees te vier en in meeste plaaslike owerhede is vuurwerke verban, behalwe vir amptelike partytjies soos aan die kus en in Windhoek. In die hoofstad sal Onafhanklikheidslaan oudergewoonte gesluit wees vir die stad se vieringe. Troeteldier-eienaars word gemaan om eerder hulle diere binnenshuis te hou, as gevolg van die impak van vuurwerke. Intussen het die bekende Stefan Ludik ‘n boodskap vir Kosmos 94.1 se luisteraars.
NamPost wil graag die publiek inlig dat 'n misleidende boodskap op sosiale media-platforms die rondte doen, na bewering van NamPost. Die boodskap beweer die aanvang van 'n jaarlikse pakhuisverkoping wat beskadigde of gebrekkige items teen 'n afslagkoers aanbied. NamPost wil graag duidelik maak dat hierdie boodskap VALS is en nie deur NamPost uitgereik is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewaldt, woordvoerder van NamPost, gepraat.
12 November 2023 Prof. Marius Nel Erediens
Sonder standaarde sou die alledaagse lewe wat ons ken eenvoudig nie werk nie. Standaarde is nodig om veiligheid, betroubaarheid en interoperabiliteit te verseker, van tegnologiese toestelle tot kantoor en huishoudelike items tot dienste wat die wêreldekonomie aanvuur. Sonder internasionaal aanvaarde standaarde sou daar geen vertroue in die globale voorsieningsketting van goedere en dienste wees nie. God het egter eerste aan die mens STANDAARDE gestel - die Bybel is 'n versameling van God se standaarde van REG lewe! Jesus waarsku telkens wat sal gebeur as ons nie GOD se STANDAARDE handhaaf en daarvolgens leef nie! Kom LEER in die hierdie Boodskap van JESUS SE GESKENK VAN GEREGTIGHEID wat ons instaat stel om volgens Sy wil reg te lewe. Die evangelie boodskap stel nie net die REGLEEF standaarde nie, maar bemagtig ons ook om daarvolgens te leef. Die Woord, en die Heilige Gees saam met die Liggaam van Christus word dan ook 'n objektiewe toets meganisme om te sien of ons wel volgens God se Standaard Reg leef. Mattheus 25:1-44 #standaarde #RegLeef #Heiligheid #Oordeel
Melanie Janse van Vuuren, volhoubaarheidsbestuurder by Investec gesels oor landbou gespekke by Cop27 en of dit realisties is vir SA boere om voordeel te trek as hulle getref word deur klimaatsverandering.
Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk. Die Val, 'n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is gratis op AfriForumTV beskikbaar. Zel-Marí Gelderblom het met Leandie Bräsler gesels oor die storie agter die film en die belangrikheid van 'n film soos hierdie in die tyd waarin ons leef. Aanbieder: Zel-Marí Gelderblom Vervaardiger: Chanté Kelder
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres het ‘n kort en kragtige boodskap aan die leiers van die G20-lande oor klimaatsverandering gestuur. Hy sê die beperking in die styging van temperatuur moet by 1,5°C bly.