POPULARITY
'n Boodskap oor die liefde binne-in die huis: man en vrou, ouer en kind, boetie en sussie.
Reaksie word ontvang op Andy Burnham se oorweldigende oorwinning in die tussenverkiesing in Makerfield. Die plaas hom terug in die parlement en baan die weg vir hom om Keir Starmer as leier van die Arbeidersparty uit te daag. Burnham het amper 25 000 stemme gekry, amper 10 000 meer as die Reform UK-kandidaat in Makerfield. Adjunkleier van Reform UK, Richard Tice, sê die mense van Makerfield het vir Burnham gestem om 'Starmer uit te kry' so die boodskap bly dieselfde.
Met die skerp toename in diagnoses soos ADHD, disleksie en ander soortgelyke toestande, word baie kinders – en selfs volwassenes – té vinnig as abnormaal geëtiketteer. Die werklikheid is egter dikwels veel meer bemoedigend – ons het nie te doen met abnormaliteit nie, maar eerder met gewone kinders en volwassenes wat abnormale gedrag toon in reaksie op onderliggende uitdagings. Prof. Jannie Ferreira gesels op 25 April op Kopskuif oor sy boek 'Lees en Leer frustrasies – 'n boodskap van hoop'. Skakel in en kom luister hoe prof. Jannie die faktore wat hierdie gedrag veroorsaak bespreek, met praktiese toeligting om die wortel van die probleem aan te spreek, en daarmee saam die geleentheid skep om lewens positief te verander.
Send a textJesaja 6: 8 Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” As jy oortuig is dat God jou roep en dat Hy wil hê dat jy jou gawes tot sy eer moet gebruik – dan is jy werklik geseënd. Maar hier is die probleem: daar is altyd 'n prys daaraan verbonde. En dis dikwels dáárdie prys wat ‘n mens keer om die stap te neem in die rigting wat ware, blywende vervulling bring.David Livingstone het geglo dat God hom as 'n sendeling, en ontdekkingsreisiger na donker Afrika geroep het. Sy primêre doel was om die Evangelie aan onbereikte mense te bring. Maar toe hy die brutaliteit van die slawehandel eerstehands aanskou het, het hy sy ontdekkingsreise ook gesien as ‘n manier om Afrika oop te maak vir die Boodskap van Christus en vir wettige handel, in die hoop om slawerny te beëindig. Vir Livingstone het sy reise nooit oor roem gegaan nie; dit was uit gehoorsaamheid aan God se roeping om te dien, te genees en te bevry.Wanneer God jou roep, kan dit 'n moeilike pad wees. Hy het Jesaja geroep as 'n Profeet vir Israel, wat ver van hul God afgedwaal het. Die man moes God se oordeel oor hulle uitspreek. Hoe gewild dink jy het dit hom gemaak? Ons lees dat Jesaja toe hy in die tempel gebid het …Jesaja 6:8 ...het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”Watter roeping het God op jou lewe geplaas? Het die prys wat dit van jou vra, jou dalk gekeer om te sê: Hier is ek. Stuur my?Livingstone het, na alles wat hy deurgemaak het, gesê: As 'n opdrag deur 'n aardse koning as 'n eer beskou word, hoe kan 'n opdrag deur 'n hemelse koning as 'n opoffering beskou word?”Toe sê ek: “Hier is ek. Stuur my!”Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
Kry die nuus soos dit breek.
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê Kersfees sal vanjaar anders voel vir landsburgers na die terreuraanval op Joodse Australiërs tydens 'n Hannukah-viering op Bondi Beach. Die anti-semitiese slagting verlede Sondag het die lewens van 15 mense geëis. Albanese het die land se inwoners in sy Kersboodskap gevra om saam te staan en 'n boodskap van hoop en veerkragtigheid aan te gryp:
Vandag is Vrouedag en Kosmos 94.1 Nuus vier vroue saam met die res van die land. Die nuusspan het met Karmen Mynhardt van Pupkewitz Nissan Swakopmund gepraat, wat as 'n verkoopsvrou werk. Mynhardt is al 17 jaar lank in die bedryf en deel haar boodskap aan alle vroue.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die G20-leiersberaad sal selfs in Amerika se afwesigheid ʼn verklaring aanvaar. Hy het gister deelgeneem aan die eerste Bloomberg Africa-sakeberaad in Johannesburg. Amerika boikot die beraad blykbaar oor die vermeende volksmoord op wit Afrikaner-boere in Suid-Afrika. Lamola erken dit gaan nie maklik wees om die beraad se verklaring te aanvaar sonder die wêreld se rykste land nie:
'n Bemoedigende boodskap uit Eks 33:12-17 met die tema: Die Here se teenwoordigheid bring vrede!
'n Bemoedigende boodskap uit Matt 5:10-12 deur ouderling Pieter de Klerk.
'n Bemoedigende boodskap uit Rom 12:3-5 met die tema: Ons het mekaar nodig!
R
Lees Openbaring 3:14-21Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath
n Bemoedigende boodskap uit Hand 2:18,19 met die tema: Die Heilige Gees kom oor ons as dienaars en dienaresse.
Lees: Jakobus 1: 1-18
'n Bemoedigende boodskap uit Joh 9:1-3 met die tema: Hoekom laat God lyding toe?
Bemoedigende Boodskap deur Stephan BrielLees Efesiërs 4:26-27
Onderwysminister Sanet Steenkamp doen 'n beroep op alle onderwysers en leerders om persoonlike doelwitte te stel en hul vordering dop te hou. Sy beklemtoon die belangrikheid van respek en dissipline namate skole vir die laaste semester heropen.
Kry die nuus soos dit breek.
Lees Matt. 25: 31-34Bemoedigende boodskap deur ds. Stephan Briel.
Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath
Stygende tienerswangerskappe is ‘n groot bron van kommer in Namibië: Byna drie uit elke 10 meisies in die land verlaat skool omdat hulle swanger is. Die Ombetja Yehinga Organisation, Oyo, het die afgelope naweek in die //Kharas-streek ‘n bewusmakingsboodskap deur hul jaarlikse kunstefees vir die jeug versprei. Hulle besoek Rehoboth binnekort. Cecilia Petrus, bestuurder van Oyo, vertel meer:
Talle bekendes het Donderdag 8 Mei Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal gevier. Die ikoniese Riaan Cruywagen het ook sy spesiale boodskap vir Afrikaans 100 jaar met Breakfast with Martin Bester gedeel.
Talle bekendes het Donderdag 8 Mei Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal gevier. Die gewilde sanger Appel het ook sy spesiale boodskap vir Afrikaans se 100ste bestaansjaar by Breakfast with Martin Bester gedeel.
Die Namibiese Landbou-unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy vergadering met Cran en landelike internet gesels. Die NLU se internet-toegangspeiling het die behoefte aan bekostigbare en betroubare konnektiwiteit op die platteland onderstreep. Volgens die peiling is slegs 8,1 persent van respondente tevrede met hulle konnektiwiteit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl, die senior beampte vir projek-bemarking en kommunikasie by die unie.
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het 'n bespreking gehou oor die nuwe administrasie en die komende begroting. Een van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se nuwe minister-aanstellings is finansminister Ericah Shafudah. Tydens die bespreking het Floris Bergh, die hoofekonoom van Capricorn batebestuur, gesê die minister moet in alle opsigte besteding verminder en die regering moenie net geld na probleme gooi nie. Bergh is aan die woord.
Oekraïnse burgers is warm onder die kraag oor aanmerkings deur Amerikaanse president Donald Trump dat die land dalk nie die oorlog met Rusland sal oorleef nie, al ondersteun die VSA hulle. ‘n LP in die land Ylia Sirko-Klymenko het met SkyNews gepraat en het ‘n boodskap vir Trump.
Vita Dei 633
Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kerfees, die koms van Jesus Christus, in gedagte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by plaaslike pastoor Brian Philander. wat 'n boodskap van hoop en liefde deel.
Die Hifikepunye Pohamba-stigting het die biografie van die voormalige president vrygestel, met die titel "Footprints of Hifikepunye Pohamba - Ondjila Eyi A Enda". Die boek is geskryf deur dr. Ellen Ndeshi Namhila, die pro-visekanselier van die Universiteit van Namibië. Die geleentheid is regstreeks uitgesaai en deur verskeie politieke figure bygewoon. By die geleentheid het gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula, die raadsvoorsitter van die Hifikepunye Pohamba-stigting, gesê die opbrengs van die boek sal na die stigting gaan.
Pohamba het ook gepraat en sy ervaring as voormalige president en bevrydingsvegter uitgelig. Hy sê hy het hy sy deel gedoen en dit is tyd dat die jeug ook hul deel doen.
Die Prinses van Wallis het bevestig dat sy haar chemoterapie-kursus voltooi het, nadat sy in Maart onthul het dat sy met kanker gediagnoseer is. Kensington-paleis het 'n videomontage vrygestel waarin Catherine saam met haar man en drie kinders verskyn. Die Prinses van Wallis sê die afgelope nege maande was ongelooflik moeilik en die kankerreis is ingewikkeld, skrikwekkend en onvoorspelbaar vir almal:
Die brief deur die sogenaamde Britse LP Carah Champion aan Lord David Cameron oor die IPC is as vals bewys. Dit kom na Kosmos 94.1 Nuus die brief aan Namibia Fact Check gestuur het, wat bevestig het dit is nie eg nie. Daar is in die brief erge insinuasies oor die IPC gemaak in verband met die ontluikende olie-industrie. Reaksie op die debakel is ontvang van die IPC se adjunk-president, Trevino Forbes.
Die maatskaplike aktivis Linda Baumann het gereageer op die ultimatum deur Pendapala Nakathingo, die voorsitter van die Stop Homoseksualiteit en Selfdegeslaghuwelike in Namibië-beweging. Hy het verlede maand 'n 21-dae ultimatum aan president Nangolo Mbumba gestel om die huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te onderteken. Nakathingo voer aan dat die vermeende regte wat deur die LGBT-gemeenskap voorgestaan word nie fundamentele regte volgens die grondwet is nie.
Kry die nuus soos dit breek.
Bonang Mohale, voorsitter van Bidvest en ArcelorMittal gesels oor WEF in Davos. Volg RSG Geldsake op Twitter
Dis Oujaar na wat vir baie ‘n moeilike en uitdagende jaar was. Owerhede regoor die land herinner inwoners om veilig fees te vier en in meeste plaaslike owerhede is vuurwerke verban, behalwe vir amptelike partytjies soos aan die kus en in Windhoek. In die hoofstad sal Onafhanklikheidslaan oudergewoonte gesluit wees vir die stad se vieringe. Troeteldier-eienaars word gemaan om eerder hulle diere binnenshuis te hou, as gevolg van die impak van vuurwerke. Intussen het die bekende Stefan Ludik ‘n boodskap vir Kosmos 94.1 se luisteraars.
NamPost wil graag die publiek inlig dat 'n misleidende boodskap op sosiale media-platforms die rondte doen, na bewering van NamPost. Die boodskap beweer die aanvang van 'n jaarlikse pakhuisverkoping wat beskadigde of gebrekkige items teen 'n afslagkoers aanbied. NamPost wil graag duidelik maak dat hierdie boodskap VALS is en nie deur NamPost uitgereik is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewaldt, woordvoerder van NamPost, gepraat.
Sonder standaarde sou die alledaagse lewe wat ons ken eenvoudig nie werk nie. Standaarde is nodig om veiligheid, betroubaarheid en interoperabiliteit te verseker, van tegnologiese toestelle tot kantoor en huishoudelike items tot dienste wat die wêreldekonomie aanvuur. Sonder internasionaal aanvaarde standaarde sou daar geen vertroue in die globale voorsieningsketting van goedere en dienste wees nie. God het egter eerste aan die mens STANDAARDE gestel - die Bybel is 'n versameling van God se standaarde van REG lewe! Jesus waarsku telkens wat sal gebeur as ons nie GOD se STANDAARDE handhaaf en daarvolgens leef nie! Kom LEER in die hierdie Boodskap van JESUS SE GESKENK VAN GEREGTIGHEID wat ons instaat stel om volgens Sy wil reg te lewe. Die evangelie boodskap stel nie net die REGLEEF standaarde nie, maar bemagtig ons ook om daarvolgens te leef. Die Woord, en die Heilige Gees saam met die Liggaam van Christus word dan ook 'n objektiewe toets meganisme om te sien of ons wel volgens God se Standaard Reg leef. Mattheus 25:1-44 #standaarde #RegLeef #Heiligheid #Oordeel
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres het ‘n kort en kragtige boodskap aan die leiers van die G20-lande oor klimaatsverandering gestuur. Hy sê die beperking in die styging van temperatuur moet by 1,5°C bly.