Ka-tjieng!

Ka-tjieng!

Follow Ka-tjieng!
Share on
Copy link to clipboard

Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Vir meer inligting…

rrRADIO


    • May 1, 2020 LATEST EPISODE
    • monthly NEW EPISODES
    • 26m AVG DURATION
    • 19 EPISODES


    Search for episodes from Ka-tjieng! with a specific topic:

    Latest episodes from Ka-tjieng!

    Episode 15: Moenie hierdie belegginsfoute maak nie, met Jeanette Marais

    Play Episode Listen Later May 1, 2020 37:46


    rrRADIO — Die beste tyd om te begin belê is met jou heel eerste salaris. Die tweede beste tyd is vandag. Jeanette Marais, adjunk uitvoerende bestuurder by die Momentum Metropolitan Groep Momentum.co.za

    Episode 14: Skuld en die unieke finansiele probleme wat Covid-19 bring, met Jeanette Marais

    Play Episode Listen Later Apr 17, 2020 38:30


    rrRADIO — Onthou, skuld straf jou twee keer, eerstens dat jy dit moet afbetaal en dan omdat jy ook rente op skuld betaal. Jy betaal dalk vandag nog af aan twee jaar gelede se kersgeskenke. Jeanette Marais, adjunk uitvoerende bestuurder by die Momentum Metropolitan Groep Momentum.co.za

    Episode 13: Hoe kan ‘n student help betaal aan die koste vir studies? Deur Lizl Budhram

    Play Episode Listen Later Apr 3, 2020 28:27


    rrRADIO — Hoe kan jy dit vir jou kind moontlik maak om te studeer sonder dat dit jou aftreegeld opslurp? Ons gesels ook oor goeie en slegte skuld vir jong werkendes en hoe hul leer om verantwoordelik met geld te werk. Kontakdetails Lizl Budhram hoof van advies Old Mutual www.oldmutual.co.za

    Episode 12: Baklei jy en jou tiener gereeld oor geld? Ons gee raad met Lizl Budhram

    Play Episode Listen Later Mar 20, 2020 32:50


    rrRADIO — Sit jy en jou tiener vas oor hoeveel geld op duur klere met handelsmerke spandeer kan word? Lizl Budhram, hoof van advies by Old Mutual sê jy kan baie onmin verhoed as jy vir jou tiener ‘n kleretoelaag vir die jaar gee. So leer hul om te begroot. Kontakdetails: Lizl Budhram Hoof van Advies Old Mutual LBudhram@oldmutual.com www.oldmutual.co.za

    Episode 11: Hoeveel sakgeld moet jou jonger kind kry? Met Lizl Budhram

    Play Episode Listen Later Mar 6, 2020 26:25


    rrRADIO — Onthou jy hoe opgewonde jy was oor jou eerste spaarbussie? En daai sakgeldjie wat soos ‘n fortuin gevoel het. Lizl Budram, hoof van advies by Old Mutual sê jy moet jong kinders van vroeg af die waarde van spaar leer om gesonde spaargewoontes te vestig. 21 sekondes. Kontakdetails: Lizl Budhram Hoof van Advies Old Mutual LBudhram@oldmutual.com www.oldmutual.co.za

    Ka-tjieng, Seisoen 2: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Feb 24, 2020 0:33


    rrRADIO — Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.

    Lam in Wolfsklere: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Feb 21, 2020 0:32


    rrRADIO — In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans. Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese Advokaat Caro Marx weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie. Nuwe episodes word vanaf 27 Februarie, elke Donderdagoggend vrygestel.

    Episode 10: Wat maak jy as jou huis afbrand? Of wegspoel? Met Wynand van Vuuren

    Play Episode Listen Later Feb 21, 2020 33:28


    rrRADIO — Heelwat mense kom agter hul is onderverseker as die noodlot toeslaan. Wynand van Vuuren, hoof van regsafdeling by King Price versekeraars, wys die slaggate uit van korttermynversekering. Wynand van Vuuren: cathy.nolan@kingprice.co.za www.kingprice.co.za 0860 505050 Ombudsman: info@osti.co.za 0860 726890

    Tussen Ons 3: VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Feb 19, 2020 0:38


    rrRADIO — In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ‘n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref. Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans? Nuwe episodes word elke Dinsdagoggend vanaf 25 Februarie vrygestel.

    Episode 9: Hoe verseker jy jou minderjarige kinders se geld as jou man na jou afsterwe weer trou? Met Lesley Coetzee

    Play Episode Listen Later Feb 7, 2020 29:41


    rrRADIO — Ons gesels oor testamentêre of nadoodse trusts. Dis ‘n klousule wat jy in jou testament sit met instruksies om ‘n trust na jou dood te registreer sodat jou bates na jou afterwe bestuur kan word. Dis kan wees om te voorsien vir ‘n weduwee , minderjarige kinders of familielede wat liggaamlike of geestelike beperkinge het. Lesley Coetzee, hoof van nasionale verkope en verspreiding by Capital Legacy, 087 352 2800, www.capitallegacy.co.za

    Episode 8: Wie kyk na jou minderjarige kinders se geld as jy sterf? Met Lesley Coetzee

    Play Episode Listen Later Jan 24, 2020 41:20


    rrRADIO — Hoe maak jy seker dat jou kinders finansieel versorg is en dat die beskikbare fondse korrek bestuur word? Kinders onder 18 kan nie erf nie en daarom is dit belangrik om voorsienning vir ‘n testamentêre trust te maak indien jy sterf terwyl jou kinders minderjarig is. Lesley Coetzee, hoof van nasionale verkope en verspreiding by Capital Legacy, 087 352 2800, www.capitallegacy.co.za

    Episode 7: Is jou testament wettig? Met Lesley Coetzee

    Play Episode Listen Later Jan 10, 2020 25:16


    rrRADIO — Hoekom is dit so belangrik om ‘n testament te hê en wat is die vangplekke met die opstel daarvan. Lesley Coetzee, hoof van nasionale verkope en verspreiding by Capital Legacy, 087 352 2800, www.capitallegacy.co.za

    Episode 6: Wat gebeur met jou inkomste as jy môre siek word en nie meer kan werk nie. Met Ronel Ferreira

    Play Episode Listen Later Dec 27, 2019 40:23


    rrRADIO — Moet jy lewensversekering uitneem? Wat moet jy alles in ag neem wanneer jy 'n lewensversekeringspolis kies? Ronel Ferreira, Progressive Wealth, 011 465 5956, progressivewealth.co.za

    Episode 5: Koop jy klere om jou op te beur? Skuld kan jou lewe en jou verhouding vernietig. Met Ronel Ferreira

    Play Episode Listen Later Dec 13, 2019 37:49


    rrRADIO — ‘n Groot oorsaak vir skuld is dat ons onoordeelkundig spandeer op onnodige dinge wat geen blywende vreugde bring nie. Ronel Ferreira, Progressive Wealth, 011 465 5956, progressivewealth.co.za

    Episode 4: Hoe om te voorkom dat jy alles in ‘n egskeiding verloor. Met Ronel Ferreira

    Play Episode Listen Later Nov 29, 2019 39:35


    rrRADIO — Hoe kan jy verseker dat ‘n egskeiding jou nie finansieel platslaan nie? Ronel Ferreira, Progressive Wealth, 011 465 5956, progressivewealth.co.za

    Episode 3: My geld, jou geld, ons geld met Ronel Ferreira

    Play Episode Listen Later Nov 15, 2019 38:20


    rrRADIO — Daar is groot belastingsvoordele as jy en jou lewensmaat elkeen beleggings het. Ronel Ferreira, finansiële beplanner van Johannesburg, verduidelik hoekom elkeen sy eie bankrekening in ‘n huwelik moet hê. Kontakdetails: Besoek progressivewealth.co.za vir Ronel se kontakbesonderhede.

    Episode 2: Hoe om te spaar in moeilike tye met Ronel Ferreira

    Play Episode Listen Later Nov 1, 2019 29:18


    rrRADIO — Spaar is bitter belangrik maar ook bitter moeilik. Ronel Ferreira, finansiële beplanner van Johannesburg het verskeie blink planne. Ronel Ferreira, finansiële beplanner van Johannesburg, gee raad om te verseker dat geskille oor geld nie jou verhouding knou nie. Kontakdetails: Besoek progressivewealth.co.za vir Ronel se kontakbesonderhede.

    Episode 1: Jou verhouding en geld met Ronel Ferreira

    Play Episode Listen Later Oct 18, 2019 27:50


    rrRADIO — Het jy geweet dat verskille oor geld een van die grootste redes vir egskeidings is? Ronel Ferreira, finansiële beplanner van Johannesburg, gee raad om te verseker dat geskille oor geld nie jou verhouding knou nie. Kontakdetails: Besoek progressivewealth.co.za vir Ronel se kontakbesonderhede.

    Ka-tjieng! VOORSKOU

    Play Episode Listen Later Oct 4, 2019 0:21


    rrRADIO — Moenie dat jou geldsake jou slapelose nagte gee nie! In hierdie reeks help ons deurwinterde joernalis Anet Schoeman en ʼn span kenners jou om sin te maak van al die finansiële slaggate wat op jou pad mag kom. Elke episode takel ‘n spesifieke tema wat elke besige vrou se lewe raak. Die eerste episode word op 18 Oktober uitgesaai. Daarna sal daar elke tweede Vrydag 'n nuwe episode wees.

    Claim Ka-tjieng!

    In order to claim this podcast we'll send an email to with a verification link. Simply click the link and you will be able to edit tags, request a refresh, and other features to take control of your podcast page!

    Claim Cancel