Podcasts about kinders

  • 114PODCASTS
  • 477EPISODES
  • 21mAVG DURATION
  • 1WEEKLY EPISODE
  • Jun 10, 2026LATEST

POPULARITY

20192020202120222023202420252026


Best podcasts about kinders

Show all podcasts related to kinders

Latest podcast episodes about kinders

Nuus
Kwessie van Angolese kinders moe benader word vir hulle welstand

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 10, 2026 0:37


Die kwessie van Angolese kinders wat op plaaslike strate houtkunsvlyt verkoop en bedel, bly in die nuus. Terwyl Stad Windhoek 'n mosie aanvaar het om die beste maniere te ondersoek om die situasie aan te spreek, glo Civic 264 dat die probleem benader moet word met die kinders se sosiale welstand en regte voorop. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se direkteur, Ethne Mudge gepraat.

Nuus
SAPD werk hard aan die stryd teen misdaad teen kinders

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 9, 2026 0:14


Die SAPD sê hy werk nou saam met belangrike rolspelers om die stryd teen misdaad teen kinders te verskerp. Vyftien-duisend-888 verdagtes is die afgelope jaar aangekeer en 2 773 is skuldig bevind. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê hulle is verbind tot die beskerming van kinders en om seker te maak diegene wat skuldig is aan mishandeling, uitbuiting en geweld ry aan die pen:

Maroela-onderhoude
SkoolSlim | Berei ons skole kinders regtig vir die toekoms voor?

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Jun 5, 2026 9:12


Is Afrikaanse skole besig om kinders vir môre se werkswêreld voor te berei, of werk ons steeds volgens ʼn model wat vir gister ontwerp is? Maroela Media

voor skole kinders maroela media
ToekomsVenster
ToekomsVenster | God reageer op die roepstem van Sy kinders

ToekomsVenster

Play Episode Listen Later May 18, 2026 5:37


Sal jou geloof vandag sterk genoeg staan om te roep om genadereën?

Nuus
Kinders en die internet - almal moet hand bysit

Nuus

Play Episode Listen Later May 14, 2026 0:36


'n Toename in aanlyn-kindermisbruik word wêreldwyd en ook in Namibië aangemeld, in die vorm van aanlyn- en seksuele teistering gemik op minderjariges. Kinderpornografie het ook toegeneem, veral op die donkerweb. Daar is onlangs in Australië 'n internasionale sindikaat ontmasker met 700 beweerde oortreders wat opgespoor is. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch van Salt Essentials gepraat, wat sê dit is 'n probleem wat die regering nie alleen kan aanspreek nie.

Nuus
Sosiale media en kinders: Maatskappye soek net geld

Nuus

Play Episode Listen Later May 6, 2026 0:26


Die impak van sosiale media is reeds ‘n geruime tyd in die nuus met talle hofsake in veral die VSA na selfmoord deur jong gebruikers en meer. Sommige menings dui aan dat ‘n verbod vir gebruikers jonger as 16 die maatskappy sal noop om self toe te tree en inhoud te reguleer. Amerikaanse tegnologie-skrywer Kara Swisher sê nee.

God se Woord VARS vir jou Vandag
God is Aan Jou Kant

God se Woord VARS vir jou Vandag

Play Episode Listen Later May 3, 2026 2:58 Transcription Available


Send us Fan Mail2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Die wêreld is deesdae skerp verdeeld tussen outoritêre regimes aan die een kant, en sogenaamde liberale demokrasieë aan die ander kant. Tog is daar 'n groterwordende grys area in die middel, waar sensuur die basiese mensereg van vryheid van spraak ondermyn.'n Onlangse Britse regeringsverslag genaamd: Geloof en Oortuiging in Moderne Brittanje, verklaar dat: Dit heeltemal aanvaarbaar is om die Christendom in die openbaar te bespot of te verag. 'n Geopende Deure-verslag oor Wes-Europa, het bevind dat 30% tot 40% van jong Christene erken dat hulle hul geloof geheimhou, uit vrees vir bespotting of professionele gevolge.Daar is tydens verlede jaar meer as 'n duisend anti-Christelike dade soos brandstigting van kerkgeboue, ontheiligings en aanrandings, in Frankryk aangemeld. Die Kanadese aktivis Chris Elston, bekend as Billboard Chris, is in Australië in hegtenis geneem omdat hy doodstil in 'n openbare winkelsentrum gestaan het met 'n plakkaat wat lui: Kinders kan nie self toestemming gee vir puberteitsblokkeerders om hormoon produksie te stop nie.Vervolging is aan die toeneem. Jy kan dit sommer voel. Jy kan dit sien. So, wat moet ons doen? Paulus skryf in die 1ste eeu n.C. in:2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.Vervolging ís aan die toeneem. Ek weet nie waar jy woon, en onder watter regeringstelsel jy leef nie, maar moenie verbaas wees om te sien, dat hierdie vloedgolf van vervolging ook al in jou omgewing afspeel nie. Nie almal glo in die Here nie, weet jy?Moenie ontsteld wees nie, moenie bang wees nie, want: Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Maroela-onderhoude
Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Apr 30, 2026 4:37


“By ‘Bemagtig ʼn kind' bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.” Maroela Media

hoop ons kans brug kinders projek maroela media
RSG Geldsake met Moneyweb
Ouers moet met hulle kinders oor geld praat, ander soek hulle finansiële raad op sosiale media

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Apr 10, 2026 5:39


Henri le Grange, gesertifiseerde finansiële beplanner en prinsipaal van Le Grange & Vennote, 'n praktyk binne Old Mutual Personal Finance Advice, deel sy mening oor hoe ouers hul kinders finansiële advies moet gee. Volg RSG Geldsake op Twitter

watch.tm
Novos chocolates para a Páscoa & esquemas de Telegram | #141

watch.tm

Play Episode Listen Later Mar 29, 2026 79:25


Episódio episcopal (porque tem temas relacionados com a Páscoa) com o guardião da Guarda André Pinheiro. Os dois humoristas profissionais falam sobre as suas relações com os seus sobrinhos, as causas do downfall da Páscoa, um padre instagrammer e um grupo de Telegram de apostas dum criador de conteúdos desportivos com um ar bastante fiável.(00:00) Intro(00:23) Acreditar que conseguimos falar com os animais(01:41) Dedicar tempo a sobrinhas(03:22) O que se compra com 10€ numa feira?(04:59) Sinal de ficar velho: trocar nome de sobrinhas(07:46) Pedro e Kika falam sobre KATSEYE e PinkPantheress(09:39) Sobrinho de André fica nervoso por vê-lo na TV(11:31) Ser um ótimo tio(13:58) Entusiasmo de putos quando ganham jogos(15:38) Padre insulta pessoas por não se confessarem(24:54) Razões para o downfall da Páscoa(30:49) Páscoa na Guarda vs Páscoa em Trás-os-Montes(36:52) Ranking de Kinders(51:04) Novas versões de Kinder(01:03:06) Paraíso Tips: forma eficiente e real de ganhar muito dinheiro(01:11:07) Joguinho: Quem é o novo membro de Paraíso Tips?(01:13:32) Paulo Rebelo: de trader de apostas a homem do yoga

RSG Geldsake met Moneyweb
Sakgeld as skool: hoe om kinders van jongs af met geld te leer werk

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Mar 20, 2026 6:16


Jaco Fouché, finansiële raadgewer by Jenwil Bluestar, gesels oor hoe om kinders van jongs af met geld te leer werk. Volg RSG Geldsake op Twitter

ING Sector inzichten
“Blijf dicht bij jezelf, dan volgt de rest vanzelf”

ING Sector inzichten

Play Episode Listen Later Mar 17, 2026 27:04


ING Sector Banker Dirk Mulder in gesprek met Giulia van der Hulst, eigenaresse bij Mens en Kinders. Mens en Kinders is meer dan een winkel. Het is een plek waar ouders even op adem kunnen komen en kinderen kunnen spelen. Benieuwd hoe ze dat doen? Luister dan deze podcast.

Magalies Potgooi
[185] Moet kinders van sosiale media verban word?

Magalies Potgooi

Play Episode Listen Later Mar 3, 2026 49:29


Australië verban nou kinders van sosiale media, en ander lande soos die VK en Frankryk oorweeg om dieselfde te doen.Tobie vertel ons meer daarvan, en ons tob oor of dit 'n goeie idee is.Hoofstukke00:00; Agtergrond en studies07:53; Geslagsverskille12:31; SM voordele, politieke sensuur22:06; Vergelyking met drankwette, highlight reels31:34; Aus is eerste, wie met dit afdwing? Weer politieke sensuur; 39:00; Platforms sit in ander lande42:42; ID vir pornografie; Opsomming

Stellenbosch Gemeente
NA-LEEF gedagte | In Wording (onder konstruksie)

Stellenbosch Gemeente

Play Episode Listen Later Feb 25, 2026 10:14


Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse of lees die blog-inskrywing hier onder. . . Naleef-gedagte: …in-wording (onder konstruksie) Deon se gesels oor die Hebreeuse woord, die kern van Israel se geloof, die Shema (Deut 6) ,en die postuur van luister, het my laat dink aan die luisteryke “Heilige familie kerk” (La Sagrada Familia) in Barcelona. Die bouwerk aan hierdie indrukwekkende Katedraal, ontwerp deur die Spaanse Argitek Antoni Gaudí, het in 1882 begin. Hulle beplan om na 144 jaar in Junie 2026 die bouwerk klaar te maak — 100 jaar na Gaudi se dood! Met Gaudi se dood in 1926 was die bouwerk maar ongeveer 20% ver. N.a.v kritiek oor die lang bouproses het hy blykbaar opgemerk “My client is not in a hurry.” Na sy dood was daar 'n Spaanse burgeroolog in 1936 en Gaudi se oorspronklike planne en modelle is vernietig en 'n hele paar argitekte ná hom moes namens Gaudi die planne en modelle rekonstrueer. Hoewel die bouery al vir jare voortduur ,en nog nie klaar is nie, is die Katedraal al lankal in gebruik. Die Pous het die gebou geheilig en as 'n UNESCO erfenisgebied verklaar. Selfs al word daar beplan om in Junie vanjaar die buitekant van die argitek-wonder te voltooi, word daar beweer dat die die afronding met standbeelde, lig en kuns eers in 2034 voltooi sal wees. Hierdie bou-proses, wat na 'n ewigheid voel, en die postuur van luister – 'n openheid om te hoor en te leer ge-hoor-saam leef – het my laat wonder: Kinders raak soms goed kwyt of vang onbesonne dinge aan…en ons glimlag en dink “Siestog, hulle is nog net kinders, hulle leer nog, hulle is nog in wording.” Ons maak spasie vir hierdie wording se vrae, wonder en foute. Ons moedig dit selfs aan. Maar is groot-mense regtig afgehandel, wanneer ons so vol kritiek, ‘n foutlose perfektheid van mekaar verwag? Of, veroorsaak die plooilose kunsmatige intillegensie dat ons só min genade met onsself het: “Ek moes van beter geweet het! Hoe kon ek so dom wees? Teen die tyd behoort ek mos te weet, in beheer te wees…Die wêreld, die kerk, my werk en my mense verwag dit immers van my!” Dan bestaan daar natuurlik ook die afgehandeldes: Klaar gedink, klaar besluit – selfversekerde ék-weet-mense. Dalk steek hierdie afgehandeldheid maar kop uit by elkeen van ons. Dalk hét ons nie ruimte vir leer, groei, verander…of selfs die moontlikheid dat ek nog altyd verkeerd was oor 'n saak, 'n persoon of gebeure nie. Afgehandeldes verwag natuurlik ook afgehandeldheid by ander! Dit maak nogal die lewe, 'n beroep en 'n verhouding spanningsvol as jy moet voorgee dat jy perfek, afgerond, kant-en-klaar is. Veral as jy voor jou siel weet “Ek weet nie. Ek is nie in beheer nie. Ek sukkel met dit, daai en die ander…” Ek en jy is, wanneer ons eerlik kan wees met onsself, soos Gaudi se meesterwerk: onafgehandeld – vir ewig in-wording. Hoe anders sal jou lewensbenadering en verhoudings lyk wanneer jy hierdie “in-wording” genade ook dáár kan uitleef: Jy vra dalk meer vrae as wat jy stellings maak; Jy haal die juk van perfektheid se angs van jou skouers af en word oral bekend as 'n ewige student; In plaas van kritiek en verwerp, sien jy “Siestog, hy leer nog, hy groei nog, hy ontdek nog…” en dan nie op 'n beterweterige manier nie, maar op ‘n ek-is-ook-nog-in-wording manier. Wat help kla en skel en self-marteling oor onafgehandeldheid? Dit is soos om na 100 jaar die meesterlike katedraal af te breek omdat dit nou nog nie klaar is nie. Dis tog absurd! Om 'n onafgehandelde verder af te breek, maak tog geen sin nie. ‘n Beter benadering is dalk eerder “Hoe word ek deel van die in-wording storie van God met jou? In-wording beteken nie, in onbruik nie. In-wording beteken nie, minder heilig of indrukwekkend nie. In-wording beteken nie, laat staan maar soos dit is nie. Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, ‘n gemeente wat nog duidelik in-wording is. Hy sluit 'n lang gesprek oor die sluier-van-ons-gebrokenheid af met die mooi woorde in 2 Kor 3:18 “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” Die woorde “Ons word al meer verander” se tydsgleuf is tot in die oneindigheid…m.a.w dit beteken letterlik “vir-ewig-in-wording” en so ook die woorde “die heerlikheid van ons uitstraal neem steeds toe”. Ek is nog nie klaar nie, jy is nog nie klaar nie, die kerk is nog nie klaar nie…ons is vir ewig nog in wording en die argitek-bouer is die Here, wat die Gees is en die manier hoe die Gees primêr in die Bybel werk is deur mense. Mag ons al meer met die genade leef van “My client is not in a hurry.” omdat ons vertrou dat 'n meesterstuk soms langer as 'n ewigheid neem. Na-leef teks: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” 2 Korintiërs 3:18 Na-leef vrae Waar in jou lewe is jy nog in wording? Wat gaan jou help om jou kind-wees, jou openheid vir wording, te onthou? Wat gaan jou help om ruimte te maak vir ander se ewige wording?

Nuus
Sosiale media en kinders: Britse kinderkommissaris hou Aussies fyn dop

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 23, 2026 0:30


Brittanje oorweeg ook, nes Australië, ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16. Die land se kinderkommissaris, Rachel de Souza, sê hy hou verwikkelinge in daardie land fyn dop terwyl die Verenigde Koninkryk skaaf aan sy plan. Sy sê die Aussies ervaar hulle eie uitdagings.

Nuus
Bekostigbare palliatiewe sorg krities vir kinders met kanker

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 15, 2026 0:42


Namibië sluit vandag by gemeenskappe wêreldwyd aan om Internasionale Kinderkankerdag te herdenk, met spesifieke fokus op die uitdagings wat kinders met kanker en hul gesinne in die gesig staar. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word gemiddeld 136 nuwe gevalle van kinders met kanker jaarliks in Namibië aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die kankervereniging, Rolf Hansen gepraat, oor dié dag gepraat:

Nuus
Kom stap saam vir kinders met kanker

Nuus

Play Episode Listen Later Feb 12, 2026 0:29


Hierdie naweek stap Namibiërs uit solidariteit met kinders wat teen kanker veg en einde-van-lewe behandeling nodig het. Terwyl die wêreld Sondag Wêreldkankerbewustheidsdag vir Kinders vier, doen die Kankervereniging van Namibië, saam met die Lions-klub en wêreldwye pediatriese onkologie-vennote, 'n beroep op gesinne landwyd om hierdie Saterdag vir hoop te stap. Deelnamegeld vir studente is 20 Namibiese dollar en 50 dollar vir volwassenes. Geleenthede word in Windhoek, Rehoboth, Swakopmund en Walvisbaai beplan om broodnodige fondse in te samel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen gepraat.

Maroela-onderhoude
Jakkie Louw wil vir jou kinders stories vertel

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Feb 6, 2026 8:39


“Daar is te min nuwe Afrikaanse stories vir kinders. Ek het ʼn lekker klomp stories wat nooit gaan opraak nie.” Maroela Media

Maroela-onderhoude
Jo Black gaan HelpJag om kinders te voed

Maroela-onderhoude

Play Episode Listen Later Feb 4, 2026 8:31


“Ons almal wil iets goeds doen, almal wil ʼn verskil maak. Daar is drie goed wat jy kan gee: iets, jou tyd of geld.” Maroela Media

Nuus
Siya sê hy wil nader aan sy kinders wees

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 24, 2025 0:20


Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sê dit was 'n moeilike besluit om die Sharks te verlaat. Vyf jaar nadat hy die Stormers te midde van die ineenstorting van die unie verlaat het, sal die 34-jarige terugkeer na die klub waar hy vroeër naam gemaak het. Die Sharks, wat 17-miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal het om Kolisi van die Franse klub Racing 92 vry te stel, was huiwerig om so 'n uiters belangrike speler te verloor, maar omstandighede het blykbaar verander. Kolisi sê hy wil nader aan sy skoolgaande kinders wees:

Nuus
Kennedy beperk geslagsbevestigende sorg vir kinders

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:39


Die Amerikaanse gesondheidsminister, Robert F. Kennedy jr., het besluit om toegang tot geslagsbevestigende sorg vir kinders te verminder. Hy het reëls voorgestel wat onder andere hospitale wat sulke sorg lewer, van Medicare- en Medicaid-programme sal uitsluit. Sy posisie is in stryd met die land se grootste mediese organisasies, insluitend die Amerikaanse Akademie vir Kindergeneeskunde en die Amerikaanse Mediese Vereniging, wat versekeringsdekking vir geslagsbevestigende sorg ondersteun. Die liggame sê dat besluite deur kinders, ouers en dokters geneem moet word. Luister na Kennedy.

Nuus
Angolese kinders op straat... wat van Namibiese kinders op straat?

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 19, 2025 0:40


Die kwessie oor die Angolese kinders is steeds in die nuus. Die Angolese regering het volgens berigte gesê die kinders sal einde Desember terug na Angola gestuur word. Met net 'n paar dae voor die einde Desember is die kinders steeds vollop. Volgens lede van die publiek is die kinders nie net in Windhoek nie maar word landswyd gesien. Kosmos 94.1 Nuus het met ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat. Hy sê die twee regerings sal 'n plan moet maak.

Nuus
Versigtig met jou kinders tydens die vakansie

Nuus

Play Episode Listen Later Dec 17, 2025 0:19


Die Teddy Bear-kliniek vir mishandelde kinders waarsku ouers om hierdie feestyd waaksaam te bly. Die kliniese direkteur, Shaheda Omar, sê kinders is nie altyd veiliger by die huis nie omdat hulle gewoonlik misbruik word deur mense wat hulle ken. Omar sê alkohol, minder toesig en sosiale geleenthede skep gevare. Sy waarsku ouers om kinders heeltyd in die oog te hou en nooit hul waaksaamheid te verslap nie:

Nuus
ANC sê almal moet saam kom teen geslagsgeweld

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 27, 2025 0:20


Die ANC sê Suid-Afrika kan nie die waardes van die Vryheidsmanifes ten volle verwesenlik of sy demokratiese winste saamvoeg terwyl vroue, kinders en kwesbare persone steeds met bedreigings leef nie. Die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders word tans tot 10 Desember gehou. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê hulle vra die samelewing om hul pogings te verskerp en voorkoming te versterk, oorlewendes te ondersteun en toeganklike geregtigheid en psigo-maatskaplike dienste vir die betrokkenes te verseker:

Nuus
Dís hoe onderhoud van ouers deur hul kinders werk

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 12, 2025 0:36


Onlangse besprekings rondom Namibië se Onderhoudswet het lig gewerp op 'n klousule wat werkende kinders spesifiek verplig om hul ouers finansieel te ondersteun. Hierdie klousule, wat wyd onbekend was, gee bejaarde ouers die reg om hul werkende volwasse kinders hof toe te neem in gevalle waar bewys word dat hulle nie vir hulself kan sorg nie weens redes buite hul beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, gesels.

Nuus
Kinders wat honger ly oor regeringsluiting in rykste land is onaanvaarbaar

Nuus

Play Episode Listen Later Nov 4, 2025 0:32


Die sluiting in die Amerikaanse regering duur voort. Terwyl die regering gesê het hy sal 50 persent van die befondsing vir voedselkoeponne vir 42 miljoen armoedige Amerikaners beskikbaar stel, is die nood groot en voedselbanke kan nie voor bly nie. Die VSA is die rykste land in die wêreld en akteur en stigter van die End Hunger Network, Jeff Bridges, sê dis onaanvaarbaar.

Nuus
Kommer oor geweld teen SA se kinders

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 29, 2025 0:21


Die UDM-jeugleiersgroep sê geweldsmisdade teen kinders bly skokkend hoog en Suid-Afrikaners moet geweld en misdaad teen kinders saam met wettige aksie konfronteer. Die leiersgroepvoorsitter, Zintombi Sododile, sê Artikel 28 van die Grondwet beskerm uitdruklik die regte van elke kind teen mishandeling, verwaarlosing, mishandeling en agteruitgang. Sy sê die regte kan nie woorde op papier bly terwyl kinders steeds wreed behandel word nie:

Nuus
Pa's wat drink raak ook hul kinders se ontwikkeling

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 9, 2025 0:21


'n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch toon pa's se drankgebruik kan kinders se groei en ontwikkeling benadeel. Navorsers het bevind pa's wat baie drink tydens 'n swangerskap word gekoppel aan kinders wat korter is, kleiner koppe het en laer punte op die verbale Intelligensie-kwosiënt behaal. Marlene de Vries van die universiteit het op Internasionale Fetale Alkoholsindroomdag gesê die studie toon pa's moet deel vorm van voorkomingstrategieë, aangesien hul alkoholgebruik 'n regstreekse uitwerking op kinderontwikkeling het:

drink vries ontwikkeling raak kinders universiteit stellenbosch
Nuus
Namibiese kinders baat ook by Ry vir Skoolgeld-veldtog

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 5, 2025 0:33


Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue sê gerugte is gemeen dat fondse wat hy met sy Ry vir Skoolgeld-veldtog insamel, net kinders in Suid-Afrika gaan baat. Elvis Blue het Donderdag die Namibiese grens oorgesteek ná hy verlede Saterdag in Stellenbosch weggespring het. Sy tog van 1 500 km gaan in Windhoek eindig.

Nuus
Honderde kinders in Wes-Kaap vermoor

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 5, 2025 0:19


Die DA in die Wes-Kaap dring aan op dringende optrede terwyl kindermoorde steeds toeneem in die provinsie. Volgens die party het 557 kinders tussen 2022 en verlede jaar hul lewens verloor weens geweldsmisdaad, met 197 wat net verlede jaar vermoor is. Gebiede wat die hardste getref word, sluit in Kraaifontein, Philippi-Oos, Delft, Nyanga en Mfuleni. Wendy Kaizer-Philander van die DA bepleit sterker wetstoepassing, verbeterde maatskaplike dienste, voorkoming van bende-bedrywighede en 'n doeltreffender regstelsel om kinders te beskerm:

Nuus
VF Plus betreur uitwerking van bendegeweld op kinders

Nuus

Play Episode Listen Later Sep 5, 2025 0:13


Die Vryheidsfront Plus sê kinders van minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap leef weens bendegeweld elke dag in vrees. Tussen Oktober en Desember 2024 het 263 van die 294 bende-verwante moorde in dié provinsie voorgekom, wat neerkom op 90-persent van dié moorde landwyd. Grant Marais van die VF Plus sê dis kommerwekkend dat onskuldige kinders in bendes se kruisvuur beland:

Zelfspodcast
Bescherm de kinders (met Hanneke van der Werf)

Zelfspodcast

Play Episode Listen Later Aug 31, 2025 45:59


Hanneke van der Werf is te gast! In een studio vol mensen uit het Oosten (de productie incluis) toont deze vrouw zich een waar lichtpuntje in de Nederlandse politiek. Strijdbaar en hoopvol vertelt de D66-politica over haar inzet voor de online veiligheid van kinderen. Want hoewel sociale media al een geruime vijftien jaar in ons leven zijn, ontbreekt er nog altijd wetgeving. Zeker voor de jeugd is dat kwalijk, gezien de sterk negatieve invloed van sociale media op hun brein en leefomgeving. Daarom presenteert Hanneke haar digitale kinderwetje: leeftijdsgrenzen en limieten om onze kinderen weer een zorgeloze jeugd te geven. Laten we hopen dat deze wet net zo’n succes wordt als die van Van Houten.See omnystudio.com/listener for privacy information.

Nuus
Minnesota-skieter was behep met kinders vermoor

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:16


Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal van Minnesota, Joseph Thompson, sê die aanvaller wat Woensdag tydens die Mis by Annunciation Catholic School in Minneapolis begin skiet het, was behep met die idee om kinders dood te maak. Robin Westman het deur die vensters van die Annunciation Church op die kinders losgebrand terwyl hulle gebid het. Twee kinders, agt en tien jaar oud, is dood. Agttien ander mense is gewond. Westman het homself op die toneel om die lewe gebring. Thompson sê Westman het 'n brief nagelaat, maar dit lyk nie of daar 'n spesifieke motief vir sy optrede is nie:

Nuus
Dís hoekom kinders nie deur politici gebruik moet word nie

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 29, 2025 0:19


Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.

Nuus
Massaskietery in kerk tydens skoolmis dood twee kinders, beseer 17

Nuus

Play Episode Listen Later Aug 28, 2025 0:37


Twee kinders, onderskeidelik 8 en 10 jaar oud, is dood en 17 mense beseer na 'n massaskietery by 'n skool in Minneapolis, Minnesota. Veertien van die beseerdes is kinders. Die aanval het tydens die oggendmis by die Annunciation Catholic School plaasgevind. Die verdagte was gewapen met 'n geweer, haelgeweer en pistool en het deur die kerkvensters geskiet. Hy is geïdentifiseer as die 23-jarige Robin Westman, wat homself geskiet het na die aanval. Die sigbaar aangedane polisiehoof van Minneapolis, Brian O'Hara, het buite die kerk gepraat.

Nuus
Toestande in Gaza net lyding vir kinders: Unicef

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 31, 2025 0:18


Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. 'n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo sedert laat in Mei meer as 'n duisend Palestyne doodgeskiet toe hulle wou toegang kry tot kos. Unicef se woordvoerder, Ricardo Pires, sê dis ʼn perfekte storm van lyding vir kinders:

Nuus
SA pastoor kry strawwe vonnis ná verkragting van kinders

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 26, 2025 0:16


Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het 'n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe 'n voog die slagoffers hoor praat en die polisie in kennis gestel het. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die vonnis stuur 'n duidelike boodskap vir diegene wat 'n posisie van vertroue misbruik:

kwazulu natal kinders woordvoerder nasionale vervolgingsgesag
Nuus
Waak teen brande, veral as jy partytjie hou

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 9, 2025 0:37


NamPol het 'n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat 'n ernstige waarskuwing rig.

Nuus
Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer

Nuus

Play Episode Listen Later Jul 8, 2025 0:18


Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise in Ierland, meer as 9 000 kinders, almal jonger as drie, dood is en op die gronde begrawe is. Anna Corrigan se twee broers is in die tehuis gebore.

Nuus
Geweld teen kinders op kommerwekkende vlakke

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 26, 2025 0:21


Die Verenigde Nasies sê geweld teen kinders in situasies van gewapende konflik het in 2024 ongekende vlakke bereik. Die jongste verslag oor Kinders en Gewapende Konflik het 41 370 ernstige oortredings teen kinders bevestig waarvan 36 221 in 2024 gepleeg is. Die sekretaris-generaal se spesiale verteenwoordiger vir kinders en gewapende konflik, Virginia Gamba, sê baie oortredings vind plaas in tye van konflik, maar ernstige skendings gebeur selfs daarna:

RSG Geldsake met Moneyweb
Dink mooi as jy vir jou kinders of kleinkinders belê of spaar

RSG Geldsake met Moneyweb

Play Episode Listen Later Jun 17, 2025 9:36


Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, gesels oor finansiële beplanning en beleggings vir kinders se toekoms. Volg RSG Geldsake op Twitter

Nuus
Hou toesig oor kinders by water, pleit owerhede

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 16, 2025 0:39


Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede 'n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op te neem om tragedies te help vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder.

Nuus
NamPol vra vir toesig vir kinders tydens skoolvakansie

Nuus

Play Episode Listen Later Jun 12, 2025 0:38


Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om 'n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie onder die invloed te bestuur nie en te verseker dat hul voertuie padwaardig is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, wat vra dat daar toesig oor kinders moet wees.

kosmos kinders nuus tydens
Nuus
Nanso waarsku kinders teen rooiligte

Nuus

Play Episode Listen Later May 30, 2025 0:40


Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het veiligheidsgidse in Windhoek se Havana-nedersetting versprei om bewusmaking oor seksuele en geslagsgebaseerde geweld te bevorder. Die uitreik het speletjies en kos vir kinders ingesluit. Woordvoerder Jenny Poiyah sê die inisiatief is 'n reaksie op die toenemende gevalle van kindermishandeling en geslagsgebaseerde geweld. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso president Dorothea Nangolo gesels oor die veldtog.

Nuus
Wanvoeding van kinders onder 5 ook 'n probleem in SA

Nuus

Play Episode Listen Later May 20, 2025 0:18


Die DA sê 155 kinders onder die ouderdom van vyf het sedert Januarie vanjaar in openbare gesondheids-inrigtings gesterf as gevolg van wanvoeding. Volgens die party is die meeste gevalle in Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal aangeteken. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die statistiek bekend gemaak in sy antwoord op 'n geskrewe parlementêre vraag. Michele Clarke van die DA sê die krisis word vererger deur stygende werkloosheid en lewenskoste:

Nuus
Polisie-ondersoek oor sewe-sitplek voertuig en kinders by skole kom tot nul

Nuus

Play Episode Listen Later May 2, 2025 0:39


Die Namibiese polisie sê hy het alle leidrade in verband met die sewe sitplek taxi en die vermoedelike poging tot ontvoering van ‘n leerder by die Moses Garoëb-skool in die hoofstad vroeër die week opgevolg. Daar is geen inligitng nie. Die woordvoerder van die mag, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het weer die publiek gemaan om eerder klagtes by die polisie aan te meld as om sake om sosiale media te deel.

daar skole kinders die namibiese
Nuus
Geweld teen kinders was not altyd 'n uitdaging, ingryping nodig

Nuus

Play Episode Listen Later May 2, 2025 0:39


Te midde van landwye betogings ná die moorde op skoolmeisies in Okahandja, sê aktiviste en politici dat die toename in geweld teen kinders kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavanga, wat sê dit was nog altyd 'n probleem en 'n oproep vir ernstige ingryping herhaal.

Nuus
Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring

Nuus

Play Episode Listen Later Apr 24, 2025 0:19


Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word in haglike omstandighede aangehou. Hy het president Cyril Ramaphosa bedank vir sy ondersteuning met vredespogings en 'n beroep gedoen vir sterker globale druk op Rusland om die oorlog te beëindig:

Nuus
Kinders se oogsorg uiters belangrik

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 29, 2025 0:32


Die bekende Namibiese oogarts dr. Helena Ndume sê kinders is veral kwesbaar as hulle swak sig of ander sigprobleme ervaar. Sy het die aanmerkings gemaak by ‘n geleentheid van die Vision for the Future-projek van die Michelle McLean Kindertrust. Die projek ondersteun oogsorg vir kinders.

Nuus
Vier uit elk 10 kinders word mee handel gedryf

Nuus

Play Episode Listen Later Mar 13, 2025 0:19


Die Verenigde Nasies sê handeldryf in kinders bly steeds 'n laekoste en laerisiko, maar hoëwinsmisdaad, wat jaarliks miljarde inbring. Volgens die jongste Global Report on Trafficking in Persons, maak kinders 38 persent van die slagoffers wêreldwyd uit, met 'n aansienlike toename onder meisies. Die Spesiale Verteenwoordiger van die VN se sekretaris-generaal vir Geweld teen Kinders, Najat Maalla M'jid, sê misdaadleiers gebruik kunsmatige intelligensie om hulle uitgawes te verlaag en die waarskynlikheid van opsporing te verminder: