POPULARITY
Send us a textEfesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” Die begeerte om goedgemanierde, gehoorsame kinders groot te maak, word deesdae dikwels geminag. Mense dink al te dikwels ons moet hulle toelaat om hulself uit te leef, om hulle eie koppe te volg en om die lewe ten volle te geniet. Maar die vraag wat jy jouself moet afvra, is ... watter soort volwassenes lewer dit op?Verstaan my mooi, ek is nie ‘n voorstander van die outydse styl van ‘n heeltemal oordrewe streng opvoeding, waar kinders gesien, maar nie gehoor moet word nie. Nee ons weet mos: kinders is immers kinders. Tieners is tieners.Toe ek in die 1960's en 70's grootgeword het, het ek so een of twee keer ‘n deftige loesing by my pa gekry. Dit is maar net hoe dinge destyds was, en ek wil nie vir een oomblik voorstel dat ons daarna terugkeer nie.Maar as ek na die groot hoeveelheid selfgesentreerde volwassenes wat ons deesdae sien, kyk, wonder ek of die “moenie-inmeng-benadering” tot kinderopvoeding enigiemand enige gunste bewys. Kyk net na die vlak van sosiale kommunikasie deesdae. Dis verskriklik narsisties. So, kom ons kyk wat staan in:Efesiërs 6:1-3 Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”Nouja, sosiale standaarde is deesdae dalk 'n bietjie anders. Maar wees verseker dat een van die belangrikste dinge wat ons in ons lewens vir ons kinders kan doen; een van die grootste beleggings wat ons kan maak; ‘n belegging wat oorvloedige vrugte in hul volwassenheid sal dra - vrugte wat waarskynlik ongetwyfeld deur baie geslagte sal weerklink - is om hulle te leer om hul ouers te respekteer, te eer en te gehoorsaam.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
'n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch toon pa's se drankgebruik kan kinders se groei en ontwikkeling benadeel. Navorsers het bevind pa's wat baie drink tydens 'n swangerskap word gekoppel aan kinders wat korter is, kleiner koppe het en laer punte op die verbale Intelligensie-kwosiënt behaal. Marlene de Vries van die universiteit het op Internasionale Fetale Alkoholsindroomdag gesê die studie toon pa's moet deel vorm van voorkomingstrategieë, aangesien hul alkoholgebruik 'n regstreekse uitwerking op kinderontwikkeling het:
Send us a textPsalm 127:3-5 Kinders is 'n gawe van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. Soos pyle in 'n krygsman se hande, so is seuns gebore in 'n mens se jeug. Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie. Enigiemand wat al ooit kinders grootgemaak het, weet watter moeilike taak dit is. Lonend ja, maar voorwaar een van die moeilikste maratons wat enigiemand ooit kan hardloop.Ongelukkig kry kinders dikwels swaar. Meer as 'n kwart miljard – dit is een sesde van die kinders van skoolgaande ouderdom wêreldwyd – ontvang geen onderwys nie. 168 miljoen is betrokke by kinderarbeid, met meer as die helfte van hulle wat by gevaarlike werk, soos mynbou, betrokke is. Ten minste 15 miljoen meisies trou elke jaar voordat hulle 18 word, en dan is daar 4 miljoen meisies wat trou voor hulle 15 word. Moet ek nog meer sê?Hopelik is die kinders in jou lewe veilig en gesond, goed versorg, opgevoed en geliefd. Maar ons sien dat selfs in welvarende samelewings baie kinders ly deur die feit dat albei ouers lang ure werk, om byvoorbeeld ‘n verband af te betaal. Die ondersteuning van uitgebreide familie is deesdae ook baie skaars. Daarbenewens gee ouers dikwels meer aandag aan hul TV's, slimfone en ander tegnologiese speelgoed as aan hulle kinders.So, of jy nou 'n ouer, grootouer, 'n tante of oom is, laat ons almal hand in eie boesem steek om seker te maak dat wanneer dit by die kinders in ons lewens kom, ons prioriteite reg is.Psalm 127:3-5 Kinders is 'n gawe van die Here; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. Soos pyle in 'n krygsman se hande, so is seuns gebore in 'n mens se jeug. Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie.Kinders is 'n enorme seën van God. Moet dit asseblief nooit vergeet nie!Want dit is Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue sê gerugte is gemeen dat fondse wat hy met sy Ry vir Skoolgeld-veldtog insamel, net kinders in Suid-Afrika gaan baat. Elvis Blue het Donderdag die Namibiese grens oorgesteek ná hy verlede Saterdag in Stellenbosch weggespring het. Sy tog van 1 500 km gaan in Windhoek eindig.
Die DA in die Wes-Kaap dring aan op dringende optrede terwyl kindermoorde steeds toeneem in die provinsie. Volgens die party het 557 kinders tussen 2022 en verlede jaar hul lewens verloor weens geweldsmisdaad, met 197 wat net verlede jaar vermoor is. Gebiede wat die hardste getref word, sluit in Kraaifontein, Philippi-Oos, Delft, Nyanga en Mfuleni. Wendy Kaizer-Philander van die DA bepleit sterker wetstoepassing, verbeterde maatskaplike dienste, voorkoming van bende-bedrywighede en 'n doeltreffender regstelsel om kinders te beskerm:
Die Vryheidsfront Plus sê kinders van minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap leef weens bendegeweld elke dag in vrees. Tussen Oktober en Desember 2024 het 263 van die 294 bende-verwante moorde in dié provinsie voorgekom, wat neerkom op 90-persent van dié moorde landwyd. Grant Marais van die VF Plus sê dis kommerwekkend dat onskuldige kinders in bendes se kruisvuur beland:
Hanneke van der Werf is te gast! In een studio vol mensen uit het Oosten (de productie incluis) toont deze vrouw zich een waar lichtpuntje in de Nederlandse politiek. Strijdbaar en hoopvol vertelt de D66-politica over haar inzet voor de online veiligheid van kinderen. Want hoewel sociale media al een geruime vijftien jaar in ons leven zijn, ontbreekt er nog altijd wetgeving. Zeker voor de jeugd is dat kwalijk, gezien de sterk negatieve invloed van sociale media op hun brein en leefomgeving. Daarom presenteert Hanneke haar digitale kinderwetje: leeftijdsgrenzen en limieten om onze kinderen weer een zorgeloze jeugd te geven. Laten we hopen dat deze wet net zo’n succes wordt als die van Van Houten.See omnystudio.com/listener for privacy information.
Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal van Minnesota, Joseph Thompson, sê die aanvaller wat Woensdag tydens die Mis by Annunciation Catholic School in Minneapolis begin skiet het, was behep met die idee om kinders dood te maak. Robin Westman het deur die vensters van die Annunciation Church op die kinders losgebrand terwyl hulle gebid het. Twee kinders, agt en tien jaar oud, is dood. Agttien ander mense is gewond. Westman het homself op die toneel om die lewe gebring. Thompson sê Westman het 'n brief nagelaat, maar dit lyk nie of daar 'n spesifieke motief vir sy optrede is nie:
Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.
Twee kinders, onderskeidelik 8 en 10 jaar oud, is dood en 17 mense beseer na 'n massaskietery by 'n skool in Minneapolis, Minnesota. Veertien van die beseerdes is kinders. Die aanval het tydens die oggendmis by die Annunciation Catholic School plaasgevind. Die verdagte was gewapen met 'n geweer, haelgeweer en pistool en het deur die kerkvensters geskiet. Hy is geïdentifiseer as die 23-jarige Robin Westman, wat homself geskiet het na die aanval. Die sigbaar aangedane polisiehoof van Minneapolis, Brian O'Hara, het buite die kerk gepraat.
Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. (1 Thess. 5:5-8 Afrikaans OV)
Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. 'n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo sedert laat in Mei meer as 'n duisend Palestyne doodgeskiet toe hulle wou toegang kry tot kos. Unicef se woordvoerder, Ricardo Pires, sê dis ʼn perfekte storm van lyding vir kinders:
Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het 'n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en 'n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe 'n voog die slagoffers hoor praat en die polisie in kennis gestel het. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê die vonnis stuur 'n duidelike boodskap vir diegene wat 'n posisie van vertroue misbruik:
INGRÉDIENTS - 150g de farine - 60g de sucre - 1 sachet de levure chimique - 1 œuf - 10cl de lait - 30g de beurre - 10 Kinders maxi - 20 cl de crème - 150 gr de Mascarpone - Un peu de sucre glace - Du colorant alimentaire PRÉPARATION ÉTAPE 1 Dans un bol, mélangez la farine, le sucre et la levure ÉTAPE 2 Ajoutez l'œuf entier, le lait et le beurre fondu ETAPE 3 Coupez les Kinders en morceaux et ajoutez les à la pâte. Réservez en quelques uns pour la déco ETAPE 4 Versez la préparation dans des empreintes à muffins et faites cuire 16 minutes à 200° sans préchauffer ETAPE 5 Préparez une chantilly avec la crème, le mascarpone et le sucre glace. Une fois la chantilly montée la diviser, y ajouter les différents colorant alimentaire et mettre dans une poche à... • La suite sur https://www.radiomelodie.com/podcasts/8536-muffins-au-kinder.html
NamPol het 'n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat 'n ernstige waarskuwing rig.
Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise in Ierland, meer as 9 000 kinders, almal jonger as drie, dood is en op die gronde begrawe is. Anna Corrigan se twee broers is in die tehuis gebore.
Die Verenigde Nasies sê geweld teen kinders in situasies van gewapende konflik het in 2024 ongekende vlakke bereik. Die jongste verslag oor Kinders en Gewapende Konflik het 41 370 ernstige oortredings teen kinders bevestig waarvan 36 221 in 2024 gepleeg is. Die sekretaris-generaal se spesiale verteenwoordiger vir kinders en gewapende konflik, Virginia Gamba, sê baie oortredings vind plaas in tye van konflik, maar ernstige skendings gebeur selfs daarna:
Jac de Wet, welvaartbestuurder by PSG Wealth Somerset-Wes, gesels oor finansiële beplanning en beleggings vir kinders se toekoms. Volg RSG Geldsake op Twitter
Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede 'n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op te neem om tragedies te help vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder.
Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om 'n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie onder die invloed te bestuur nie en te verseker dat hul voertuie padwaardig is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol-woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, wat vra dat daar toesig oor kinders moet wees.
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het veiligheidsgidse in Windhoek se Havana-nedersetting versprei om bewusmaking oor seksuele en geslagsgebaseerde geweld te bevorder. Die uitreik het speletjies en kos vir kinders ingesluit. Woordvoerder Jenny Poiyah sê die inisiatief is 'n reaksie op die toenemende gevalle van kindermishandeling en geslagsgebaseerde geweld. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso president Dorothea Nangolo gesels oor die veldtog.
Die DA sê 155 kinders onder die ouderdom van vyf het sedert Januarie vanjaar in openbare gesondheids-inrigtings gesterf as gevolg van wanvoeding. Volgens die party is die meeste gevalle in Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal aangeteken. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die statistiek bekend gemaak in sy antwoord op 'n geskrewe parlementêre vraag. Michele Clarke van die DA sê die krisis word vererger deur stygende werkloosheid en lewenskoste:
In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, oor die belangrike rol van emosies in ons lewens. Sy deel praktiese insigte oor emosionele regulering, hoe om kinders te help om emosioneel veerkragtig te wees, en hoe om hoop te behou te midde van negatiewe emosies. Luister gerus na hierdie gesprek vol deernis en kundigheid – nou beskikbaar as potgooi op www.capepulpit.co.za.
Kan ek sê ‘dit raak my nie'? Uiteraard, nee!
Die Namibiese polisie sê hy het alle leidrade in verband met die sewe sitplek taxi en die vermoedelike poging tot ontvoering van ‘n leerder by die Moses Garoëb-skool in die hoofstad vroeër die week opgevolg. Daar is geen inligitng nie. Die woordvoerder van die mag, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het weer die publiek gemaan om eerder klagtes by die polisie aan te meld as om sake om sosiale media te deel.
Te midde van landwye betogings ná die moorde op skoolmeisies in Okahandja, sê aktiviste en politici dat die toename in geweld teen kinders kommerwekkend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavanga, wat sê dit was nog altyd 'n probleem en 'n oproep vir ernstige ingryping herhaal.
Send us a textGenesis 26:18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee. Daar is 'n neiging in hierdie hoogs-tegnies, vinnig-bewegende, KI-gedrewe wêreld waarin ons leef, om die wysheid van ons voorvaders (as ek so 'n outydse woord kan gebruik) af te maak as grootliks irrelevant vir die era waarin ons leef.Soveel van die vanselfsprekende, grondliggende waarhede en praktyke wat deur die eeue aan ons oorgelewer is, is tersyde gestel met 'n "ons-weet-deesdae-van-beter" houding. Ons weet verandering is onvermydelik; en as ons mooi daarna kyk, was sommige van die sosiale veranderinge inderdaad positief.Vroue word nie meer as minderes en vloerlappe behandel nie; al is die balans vandag nog nie heeltemal perfek nie. Kinders word nie meer “gesien, maar nie gehoor nie.” Maar die verwerping van goddelike wysheid het 'n paar verskriklike, verwoestende gevolge gehad.Dit is amper asof ons hierdie ou fonteine van wysheid aan die eenkant stelselmatig opgevul en toegestop het, en dan staan ons hier aan die anderkant en wonder hoekom ons van die dors vergaan.Genesis 26:18 Isak het toe die putte oopgegrawe wat in sy pa Abraham se tyd gegrawe is en wat na Abraham se dood deur die Filistyne toegegooi is. Isak het die name wat sy pa aan die putte gegee het, weer aan hulle gegee.Ek wonder of dit nie tyd is om weer daardie ou putte oop te grawe nie. Ons kan vandag steeds baat deur te drink uit die putte van God se tydlose wysheid – die wysheid van sy liefde, sy vrede en sy krag. Hier is jou uitnodiging en ‘n uitdaging. Kom terug na die ou put - die put van God se Woord en drink diep.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word in haglike omstandighede aangehou. Hy het president Cyril Ramaphosa bedank vir sy ondersteuning met vredespogings en 'n beroep gedoen vir sterker globale druk op Rusland om die oorlog te beëindig:
Die bekende Namibiese oogarts dr. Helena Ndume sê kinders is veral kwesbaar as hulle swak sig of ander sigprobleme ervaar. Sy het die aanmerkings gemaak by ‘n geleentheid van die Vision for the Future-projek van die Michelle McLean Kindertrust. Die projek ondersteun oogsorg vir kinders.
Die Verenigde Nasies sê handeldryf in kinders bly steeds 'n laekoste en laerisiko, maar hoëwinsmisdaad, wat jaarliks miljarde inbring. Volgens die jongste Global Report on Trafficking in Persons, maak kinders 38 persent van die slagoffers wêreldwyd uit, met 'n aansienlike toename onder meisies. Die Spesiale Verteenwoordiger van die VN se sekretaris-generaal vir Geweld teen Kinders, Najat Maalla M'jid, sê misdaadleiers gebruik kunsmatige intelligensie om hulle uitgawes te verlaag en die waarskynlikheid van opsporing te verminder:
Ouers en voogde van wees- en weerlose kinders ontvang tans ‘n maandelikse staatstoelaag van 350 Namibiese dollar. Meer as 10 persent van die Namibiese bevolking val in dié kategorie. Die uitvoerende direkteur van die ministerie van geslagsgelykheid, Ndiitah Nghipondoka-Robiati, het meer:
Kry die nuus soos dit breek.
Ses kinders is onlangs in 'n hospitaal in Kavango-Oos opgeneem nadat hulle giftige wilde sampioene geëet het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, wat sê dit kan die gevolg wees van 'n gebrek aan kos in minder bevoorregte huishoudings. Schernick sê gemeenskappe behoort opgevoed te word oor wat eetbaar is en wat nie.
Die Big Walk for Little Warriors, georganiseer deur die Kankervereniging van Namibië en die Lions-klub, sal op 15 Februarie plaasvind ter viering van Wêreld-kinderkankerbewustheidsdag. Geleenthede sal in Swakopmund en Windhoek gehou word. Volwassenes kan vir 50 dollar deelneem en kinders vir 20. Kinders in skooldrag is gratis in Swakopmund. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging het meer.
NamPol het 'n ontstellende toename in die uitbuiting van kinders deur prostitusie en die kommerwekkende sirkulasie van verwante inhoud op sosiale media waargeneem. Die mag doen 'n beroep op ouers, opvoeders en voogde om te weet wat kinders doen, hulle op te voed oor die gevare van onsedelike praktyke en oop kommunikasie aan te moedig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vanessa Maresch, die besigheidsontwikkelingsbestuurder by Salt Essentials IT. Salt Essentials bestuur die inligtingsministerie se kletsbot genaamd isecure.na, waar die publiek inligting oor aanlynveiligheid kan kry. Maresch gee wenke aan ouers om hul kinders aanlyn veilig te hou.
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, het 'n nuwe program aangekondig wat daarop gemik is om wanvoeding onder kinders in die streek aan te spreek. Die inisiatief, wat deur die goewerneur se kantoor gelei word, sal voedselhulp aan 460 kinders en 40 volwassenes verskaf. Verskeie belanghebbendes is by die program betrokke en werk saam om mense in nood te ondersteun. Nganate het aan Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid van die program en ander inisiatiewe beklemtoon om die gesondheid en welstand van kwesbare inwoners van die streek te verbeter.
Vinnige tegnologiese ontwikkeling verander die daaglikse lewe en hele sektore van die samelewing. Kinders vandag word gekonfronteer met konstante verandering, anders as vorige generasies wat geleidelike oorgange gesien het, dus het die vermoë om aan te pas deurslaggewend geword. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bjorn Wiedow, die stigter van Robotschool, wat beklemtoon dat die blootstelling van kinders aan tegnologie, ook in skole, noodsaaklik is vir hul latere sukses.
“The place where God calls you to is the place where your deep gladness and the world's deep hunger meet.” - Frederick Buechner
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het die afgelope jaar aanhou fokus op die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap gesê die regering het die strafregstelsel se vermoëns versterk en die ondersteuning vir oorlewendes verbeter. Ramaphosa sê die belangrikste aspek is die beskerming van jong meisies en vroue in die land:
Die SOS Village het die belangrikheid daarvan beklemtoon om 'n veilige ruimte vir kinders gedurende die feestyd te skep, om te verseker dat hulle 'n betekenisvolle en genotvolle vakansie het. Hierdie oproep tot waaksaamheid kom in die lig van die talle verkragtingsake en onveilige aktiwiteite wat onlangs aangemeld is. Die organisasie doen 'n beroep op ouers en voogde om ekstra versigtig te wees om hul kinders se veiligheid te verseker, insluitend waar hulle speel, saam met wie hulle is en die aktiwiteite waaraan hulle deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Shimaneni, die waarnemende hoof vir fondse en kommunikasie by die SOS Village, wat sê kinders moet te alle tye beskerm word.
Soos die jaar tot 'n einde kom, reik baie sopkombuise uit vir skenkings om hul pogings te help ondersteun, veral gedurende die vakansieseisoen. Een so 'n inisiatief is Ebenezer sopkombuis in Havana, wat 'n Kerspartytjie vir kinders in nood reël. Die sopkombuis doen 'n beroep op die publiek om by te dra om hierdie 'n spesiale en onvergeetlike dag vir die kinders te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die stigter en president van die Ebenezer sopkombuis, Martha Festus, wat sê die Kerspartytjie het ten doel om vreugde aan kinders in die omgewing te bring. Hulle nooi ondersteuning deur skenkings, hetsy in die vorm van kos, geskenke of ander bydraes.
Die gesondheidministerie het inentings aan 3 813 kinders landwyd verskaf en noodsaaklike vitamien A-aanvullings gegee om hul immuniteit te versterk. Boonop het 2 643 kinders ontwurmingsbehandeling ontvang om die opname van voedingstowwe en algemene gesondheid te verbeter. Gesondheidminister Kalumbi Shangula beklemtoon dat die aanspreek van wanvoeding en die verbetering van openbare gesondheid 'n samewerkende, multisektorale benadering vereis wat verder gaan as gesondheidsorgdienste.
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, het skole veroordeel wat weier om kos aan ongedokumenteerde leerders in Mpumalanga te gee, en noem dit 'n skending van fundamentele menseregte. Makaneta het beklemtoon alle kinders verdien toegang tot voeding en ondersteuning, ongeag immigrasiestatus. Makaneta sê die uitsluiting weerspreek Suid-Afrika se grondwetlike verbintenis tot kinderregte. Hy het owerhede versoek om gelyke toegang tot etes te verseker:
NamPol adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het onlangs die belangrikheid van openbare nakoming van die Drankwet se regulasies beklemtoon. Met skole wat vroeër as gewoonlik vir die verkiesings gesluit het, het sy sjebiens, kroeë en kerke aangemoedig om geraas tot die minimum te beperk om te verhoed dat leerders en studente wat vir nasionale eksamens voorberei, ontwrig word. Hierdie oproep het ten doel om 'n gunstige studie-omgewing gedurende hierdie kritieke tyd te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi gepraat wat haar punte uit die mediaverklaring herhaal het en bygevoeg dat die polisiemag die land op die hart dra terwyl die Namibiese verkiesing nader kom.
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het aangekondig 'n toksikologieverslag het bevestig 'n organofosfaat-chemikalie, Terbufos, het die dood van ses kinders in Naledi, Soweto, veroorsaak. Die leerders het vroeër die maand siek geword nadat hulle versnaperings geëet het wat by 'n plaaslike spaza-winkel gekoop is. Motsoaledi sê lykskouings-monsters het bevestig die chemikalie is in die kos gevind. Hy sê in hierdie stadium is daar geen vasgestelde verbintenis met die winkel nie, terwyl verdere ontleding aan die gang is:
Die minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi het bevestig besmette voedsel in Gauteng het die dood veroorsaak van ses kinders in Naledi, Soweto. Die owerhede het beslag gelê op onwettige chemikalië by 'n winkelsentrum in Johannesburg terwyl daar beweer word tekens van die stof is aangetref in die spazawinkel-produkte wat die kinders geëet het. Hy het bevestig vier verdagtes is in hegtenis geneem:
Die Dag van die Namibiese Kind is net soveel 'n dag van nadenke en voorspraak as 'n viering. Alhoewel Namibië aansienlike vordering gemaak het, soos die inwerkingstelling van die Wet op Kindersorg en Beskerming, is daar steeds aansienlike uitdagings wat kinders daagliks in die gesig staar. Dit sluit in armoede, mishandeling en beperkte geleenthede vir 'n beter toekoms. Ingrid Husselmann, 'n kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die situasie gesels.
Die land herdenk die Dag van die Namibiese Kind en die regering werk aan kwessies om ontwikkeling en toekomsvooruitsigte vir kinders te verbeter. Dit is volgens maatskaplike welsyn-minister Doreen Sioka, wat by 'n herdenking in Otjinene gepraat het. Sioka sê die regering verseker verbeterde gesondheidsorg vir die Namibiese kind, toegang tot onderwys en beskerming teen geweld en uitbuiting. Sioka doen 'n beroep op meer bewusmaking van die uitdagings wat kinders in Namibië in die gesig staar. Sy het ook 'n boodskap vir kinders.
Die NamPol-bevelvoerder in die Zambezi-streek, kommissaris Andreas Shilelo, sê voorlopige ondersoeke dui aan dat die vier kinders wat Maandag in 'n ou, ongebruikte vrieskas in die Cowboy-nedersetting vasgekeer was, moontlik drie uur lank binne was voordat twee dood ontdek is. Die ander twee is na die Katima Mulilo-staatshospitaal gehaas, waar hulle met hul aankoms dood verklaar is. Volgens Shilelo is die kinders, wat nie verwant was nie, deur 'n opsigter gevind wat na hulle begin soek het nadat hulle vir 'n ruk lank nie gesien is nie. Shilelo het namens NamPol medelye met die families uitgespreek. Hy maan inwoners om waaksaam te wees oor items wat kinders se veiligheid in gevaar kan stel.